0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

14
Blokraai -PRET saamgestel uit vandag se koerante Maklik om uit te druk! 4 September 2021

Transcript of 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Page 1: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Blokraai-PRET

saamgestel uit vandag se koeranteMaklik

om uit te

druk!4 September 2021

Page 2: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Supersudoku 36Die supersudoku bestaan uit 16 vierkante van vier blokkies by vier blokkies elk. Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elk van die 16 vierkante van 4x4 blokkies die syfers 0 tot 9 en die letters A tot F bevat. Wiskunde is nie nodig nie.Die raaisel word met logika en beredenering opgelos.

Soek die woorde 36

Pretblad1 uit 7 4 September 2021

In die blok is 43 woorde verskuil. Hulle kan horisontaal, vertikaal, diagonaal en in enige rigting van bo na onder of omgekeerd loop. Kyk of jy almal kan opspoor.

waag; waaier; waarvan; waks; wals; wang; want; ware; warmte; waslap; water; watse; week; weer; wees; weet; weke; wekker; wens; werd; werf; werklikheid; wesens; wetenskaplike; wetgewer; wieg; wild; wins; woed; woel; woes; wol; woonwa; woordvoerders; word; wors; wraak; wurm; wyer; wyke; wyser; wysie; wyte.

Page 3: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

LetterspelDie letterspel word vir jou plesier geplaas; daar is geen prysgeld nie. Hier volg die reëls: Elke blokkie in die raaisel het ’n syfer wat ’n letter in die alfabet voorstel. Die enigste leidrade is die letters wat reeds ingevul is. Daarmee moet jy uitpluis watter letters in die alfabet die ander syfers voorstel. Die oplossing verskyn volgende week.

Pretblad2 uit 7 4 September 2021

36

Page 4: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Crossword

Pretblad3 uit 7 4 September 2021

206Across7. Biased or prejudiced (6)8. Floor of a fireplace (6)9. Something added to food, primarily for the savour it imparts (9)10. Place in considerable disarray (3)12. Ate between meals (7)14. Eco-friendly colour (5)16. Intense anger (usually on an epic scale) (5)18. Imagination unrestricted by reality (7)21. Lowest whole number (3)22. Hormone produced by the adrenal cortex (9)25. Light creamy dessert (6)26. Genteel women (6)

Down1. Apprentice doctor (6)2. Shabby old clothing (4)3. Item of jewellery that is of little value (7)4. Repetitive song in a single tone (5)5. Metal container (3)6. Venus de Milo, for one (6)11. Worry unnecessarily (4)13. Metropolis or metropolitan area (4)15. Of or relating to the sense of touch (7)17. Price demanded for the release of a hostage (6)19. Verse form with 14 lines (6)20. One stroke over par (5)23. Carbonated drink (4)24. Teaspoonful (abbr) (3)

Page 5: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Kriptiese blokraai

Pretblad4 uit 7 4 September 2021

Dwars1. Kleurlose blits wat jou dalk in die hakskeen kan byt! (7)4. Dit moet natuurlik verdien kan word (5)7. As sy vrou dit dra, is hy ’n pap een (5)8. Nikse wat soos ’n watergogga lyk (5)9. Hulle is opstandig, maar gaan darem uiteindelik lê (7)10. Moslemdans met swaarde wat op ’n solfanoot eindig (6)12. Sal jy iets uitrig met troepe wat nie naby is nie? (6)15. Om iets bymekaar te maak moet die mans lei (7)17. Hy begin met die heersende smaak en vertoon ook klere (5)18. Beoefen dié deel van ’n leer (5)19. Is u teen formele seremoniële drag?(5)20. ’n Aar met buite om nóg are(7)

Af1. Ketelbraaitoestel in die bewer se tuiste! (5)2. Eindig met ’n Russiese munt in die modderige fontein (7)3. Lugkastele in Italië se hoofstad (5)4. Vir die leërafdeling is daar elke dag bier (7)5. Moets en moenies bepaal die bedryfsomvang (5)6. Vrywaring teen moontlike verliese in 5 (7)10. Sit die kat maar buite die bomvrye kanonstelling (7)11. Bloedverwante (7)13. Om rampe te voorkom bly weg van hierdie distillasie (7)14. Gebruik ’n toemotor om na die danse te gaan (5)15. Binnenooi en onder kruisverhoor plaas (5)16. Spaar die roedes nie en geniet daarna espressoko�e (5)

35Daar is een prys van R200 vir Kriptiese blokraai 35. Stuur jou inskrywing (met jou voorletters en van, adres en selfoonnommer) na [email protected]. Skryf “Kriptiese blokraai 35” in die onderwerpveld. ’n Selfoonnommer móét verskaf word en inskrywings moet ons binne twee weke bereik.

Page 6: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

SudokuMoeilikheidsgraad: Klippe kouVoltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3-kassie die syfers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen. G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Lees meer by http://wikipedia.org/wiki/Sudoku.

Pretblad5 uit 7 4 September 2021

212

Page 7: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Fotoblokraai

Pretblad6 uit 7 4 September 2021

36

Drie lesers kan elk met Naweek+ se blokraaisel R450, R250 of R150 kry. Vul jou besonderhede hier in en stuur dit saam met die voltooide raaisel na [email protected]. Skryf “Fotoblokraai 36” in die onderwerpveld. Jy móét ’n selfoonnommer verskaf, en inskrywings moet ons binne twee weke bereik. As die wenner nie binne ’n week telefonies bereik kan word nie, word die prys oorgedra.

Naam: ............................................................................................................................................................................................................ Selfoonnommer: .........................................................................................................................................................................................Adres: .....................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Page 8: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Oplossings

Pretblad7 uit 7 4 September 2021

Crossword [205 3 September]Across: 7. museum, 8. needle, 9. Asia, 10. towering, 11. curious, 13. agree, 15. using, 16. undress, 18. bathroom, 19. Tips, 21. proper, 22. larger.Down: 1. bugs, 2. relationships, 3. amateur, 4. known, 5. refrigerators, 6. blankets, 12. upstairs, 14. animals, 17. court, 20. pies.

Kriptiese blokraai [33 14 Augustus]Dwars: 1. aardbewings; 6. Kaïro; 8. kerwe; 10. enorm; 11. armoede; 13. Sterkstroom, 19. garante; 22. Negus; 23. osoon; 24. euwel;25. sleghorende.Af: 1. afkeer; 2. reihout; 3. brommer; 4. nakom; 5. sorge; 7. spanspele; 9. etes; 12. oho; 14. Eva; 15. rendeer; 16. opgewen; 17. agio; 18. yssleë; 20. Rooms; 21. nonne.

Sudoku [211 3 September]

Fotoblokraai [34 21 Augustus]

Supersudoku [35 28 Augustus]

Soek die woorde [35 28 Augustus]

Letterspel [35 28 Augustus]A-16; B-3; C-23; D-20; E-4; F-2; G-6; H-12; I-18; J-1; K-11; L-14; M-5; N-17; O-7; P-9; R-15; S-19; T-13; U-21; V-8; W-10; Y-22.

Page 9: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Blokraai-PRET

saamgestel uit vandag se koeranteMaklik

om uit te

druk!29 Augustus 2021

Page 10: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Blokraai

Naam......................................................................... Tel...................................... Faks of e-pos.............................................................Vul jou naam en adres in, neem ’n foto van jou voltooide raaisel en e-pos dit na [email protected]. Skryf asseblief die nommer van die blokraaisel in die onderwerpveld.

Pretblad1 uit 5

489Twee kanse om R500 te wenVersteek in die sirkels, afwaarts gespel, is die woord vir ’n belangrike teken in die metrieke stelsel. SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit op 4 September om 12:00 en elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e word verreken. Die wenner word op 19 September aangekondig.

29 Augustus 2021

Page 11: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

BlokmakierieIn die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi het (jy lees die sin van bo af ondertoe).

Pretblad2 uit 5 29 Augustus 2021

Dwars1. Sy kleintjie is ’n windwyser in die vorm van ’n vlaggie3. As gevolg van (afk.)9. Akteur12. Wat rus sou doen, in die uitdrukking14. Van lug voorsien15. Die Romeinse Ryk het bly voortbestaan in die eerste aantal van hulle in die huidige jaartelling17. Hy is die vierkantswortel van homself18. Erge kwellings wat bv. jong kwaaddoeners hul ouers kan besorg20. Die frase omnia vincit . . . van die Latynse digter Vergilius beteken “liefde oorwin alle dinge”22. Konsertina-polkas, -walse en -vastrappe, as’t ware26. Duitse Renaissance-skilder met die voornaam Albrecht27. Brie, camembert, gouda, asook mondseer (!) plus nog ’n menigte ander soorte29. Groep wat saamwoon en ten gunste van menslike naaktheid in die vrye natuur is36. Skyf se middelpunt37. Eetvisse wat amper die ander woord vir ’n brein is!38. Baie klein parasiet wat selle in organismes besmet en slegs d.m.v. elektronmikroskope waargeneem kan word40. Korter mamma?41. In aller . . . is inderhaas42. Oumagrootjies se volksmedisyne43. Oud word is glo nie vir hulle nie45. Suid-Afrikaanse Engels (afk.)46. Kry dit tog en hou op!47. Gesteente waarmee die Voortrekkermonument in Pretoria gebou is48. Omstrede insektedoder wat glo gou in die voedselketting beland, kortweg

Af1. Skrywers is sulke mense – hulle kan hulle dinge baie goed voorstel in hul gedagtes2. Nasionale Tegniese Sertifikaat (afk.)3. Woorde, gewoonlik voornaamwoorde, wat terugwys na woorde wat vroeër in die teks gebruik is4. Aan wie het, sal ge-. . . word5. Afbetaal of delg, soos jou skuld6. Lawaaierige voëls wat ook 100 jaar binnehou!7. Tweevlerkige insekte wat siektes versprei deur kos te besmet8. Inhegtenisneming10. Wat die haan nie met ’n eier kan doen nie11. Ontsteekte stukkende plek aan die liggaam13. Uitroep, soos wanneer die bogenoemde dalk net te erg gevoel word16. Uitvoerende komitee (afk.)18. Met jou ore waarneem19. Sonder betekenis21. ’n Gewese SA president (sy van)23. Dinge afpak wat in ’n houer of ’n sekere ruimte op ’n voertuig is24. Wat die status het van ’n beroemde persoon wat deur baie mense bewonder word25. En andere (afk.)28. Ongehoorsamer30. 504 vir Vespasianus of noemnaam vir De Villiers!31. Steun of bemoedig32. Stukke gereedskap waarmee geprik word33. Elektriese eenhede wat dalk klink soos ’n troetelnaam vir ’n bejaarde familielid!34. Internasionale lughawe . . . Tambo35. Invorder39. Internasionale Ruimtestasie (afk.)44. Erg moeg vir waar jy in Londen plaasgeneem het?

Page 12: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Junior blokraaiKompetisieHet jy die junior blokraai geniet? Stuur vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as jou naam en jou ouderdom) na [email protected] en jy kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai hoef nie alles sigbaar te wees nie.

Pretblad3 uit 5 29 Augustus 2021

Page 13: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Vasvra

Woordslim met die WAT

MoeilikSudoku

Maklik

Pretblad4 uit 5 29 Augustus 2021

1. Watter monument is in Agra, ’n stad aan die Jumnarivier in die Indiese deelstaat Uttar Pradesh? (a) Burj Khalifa; (b) Goue Tempel; (c) Jama Masjid; (d) Taj Mahal.2. Wat is die naam van die eilandgroep met tien bewoonde eilande wat oor ’n afstand van meer as 500 km in die Stille Oseaan lê, ongeveer 4 000 km van Brisbane in Australië? (a) Fidji; (b) Samoa; (c) Tonga; (d) Kiribati.3. Rangskik die agt planete in ons sonnestelsel in die regte volgorde, van dié met die meeste tot dié met die minste mane. (a) Mercurius; (b) Venus; (c) Aarde; (d) Mars; (e) Jupiter; (f) Saturnus; (g) Uranus; (h) Neptunus.4. Hoeveel Amerikaanse presidente was in hul ampstermyn ongetroud? (a) Een; (b) Twee; (c) Drie; (d) Vier.5. Naastenby hoe vinnig beweeg druppels wat vrygestel word wanneer ’n mens nies? (a) 137 km/h; (b) 147 km/h; (c) 157 km/h; (d) 167 km/h.6. Watter land het die meeste dorpe en stede met die naam London (in Afrikaans: Londen)? (a) Brittanje; (b) VSA; (c) Nigerië; (d) Australië.7. Soek vir elke betekenis die regte Latynse uitdrukking. (1) Eendrag maak mag; (2) Waarsonder dit nie kan nie; (3) Pas op vir die hond; (4) Waarheen gaan jy?; (5) Dit is menslik om foute te maak; (a) Ex unitate vires; (b) Quo vadis?; (c) Errare humanum est; (d) Cave canem; (e) Sine qua non.8. Die naam van watter hoofstad in Afrika beteken Olifantslurp, wat verwys na die lang, uitgestrekte vorm wat veroorsaak word omdat twee groot riviere saamvloei? (a) Kaïro; (b) Dodoma; (c) Khartoem; (d) Accra.9. Watter van die volgende lande kon dit al regkry om die Rugby- én die Krieketwêreldbeker te wen? (a) Nieu-Seeland; (b) Engeland; (c) Suid-Afrika; (d) Australië.10. Watter seesoogdier het een ivoortand, waarvan die jaarringe aandui hoe oud die dier is? (a) Tornyn; (b) Beloegawalvis; (c) Narwal; (d) Manatee (lamantyn).

Wat beteken die woord

oba? (a) soort blaasinstrument (b) eier (c) heerser

Page 14: 0409 Saterdag pretblaaie - cdn.24.co.za

Oplossings

Sudoku

Woordslim

Vasvra

MoeilikMaklik

Junior blokraai

Pretblad5 uit 5 29 Augustus 2021

Blokmakierie Versteekte sin: Ton reken boeremusiek is nie vir sissies nie.Dwars: 1. Vaan, 3. A.g.v., 9. Toneelspeler, 12. Roes, 14. Aëreer, 15. Eeue, 17. Een, 18. Hoofbrekens, 20. Amor, 22. Boeremusiek, 26. Dürer, 27. Kase, 29. Nudistekolonie, 36. Kol, 37. Harings, 38. Virus, 40. Ma, 41. Yl, 42. Rate, 43. Sissies, 45. SAE, 46. End, 47. Graniet, 48. DDT.Af: 1. Verbeeldingryke, 2. NTS, 3. Anafore, 4. Gee, 5. Vere�en, 6. Spreeus, 7. Vlieë, 8. Arres, 10. Lê, 11. Seer, 13. Eina, 16. UK, 18. Hoor, 19. Niksseggend, 21. Mbeki, 23. Uitlaai, 24. Ikonies, 25. E.a., 28. Stouter, 30. DIV, 31. Skraag, 32. Else, 33. Ohms, 34. O.R., 35. In, 39. IRS, 44. Sat.

(c) heerserDie woord oba verwys na ’n heerser van enigeen van verskeie inheemse bevolkingsgroepe van Nigerië en Benin. (WAT)

1. (d) Taj Mahal. Agra bestaan sedert die 16de eeu, toe dit Akbar die Grote se hoofstad geword het. Dit is bekend vir die Taj Mahal, ’n praalgraf van wit marmer wat sjah Jahan in die 17de eeu vir sy vrou, Mumtaz Mahal, laat bou het . Meer as 22 000 arbeiders, verwers, klipsnyers en wewers het 17 jaar daaraan gewerk. Die Pêrelmoskee, wat ook in opdrag van Jahan gebou is, en die Rooi Fort, wat deur Akbar die Grote laat oprig is, is ook in Agra.2. (b) Samoa lê suid van die ewenaar, in ’n eilandgroep wat in 1722 deur Jacob Roggeveen vir Europa ontdek is. Die amptelike naam is die Onafhanklike Staat Samoa, en Apia is die hoofstad. Die twee hoofei-lande is Savai’i en Upolu. Mense bekend as die Lapita het die eilande sowat 3 500 jaar gelede begin bewoon en die Samoaanse taal en kultuur gevestig.3. (f) Saturnus – 82 mane; (e) Jupiter – 79 mane; (g) Uranus – 27 mane; (h) Neptunus – 14 mane; (d) Mars – 2 mane; (c) Aarde – 1 maan; (a) Mercurius en (b) Venus – geen maan. Die 8 planete het saam meer as 200 mane.4. (a) Een. James Buchanan (1857–1861) was die enigste ongetroude Amerikaanse president. Sewe presidente (John Tyler, Millard Fillmore, Benjamin Harrison, Theodore Roosevelt, Woodrow Wilson, Ronald Reagan en Joe Biden) was twee keer getroud. Donald Trump was die enigste Amerikaanse president wat drie keer getroud was. Tyler en Wilson se vroue is in hul ampstermyn oorlede, en albei het weer getrou terwyl hulle president was.5. (d) 167 km/h. Nies word beskryf as ’n krampagtige, onwillekeurige uitstoot van lug deur die neus en die mond, gewoonlik as gevolg van iets wat die neus irriteer, soos ’n infeksie of ’n allergie. ’n Nies kan 100 000 druppels met ’n snelheid van 167 km/h by die mond laat uitspat. ’n Hoes kan tot 3 000 druppels teen 80 km/h vrystel. Die wêreldrekord vir iemand wat onophoudelik genies het, is 977 dae deur Donna Gri¥ths van Engeland. Sy het op 13 Januarie 1981 begin nies en eers op 16 September 1983 ’n niesvrye dag beleef. Sy het in die eerste jaar ongeveer 1 miljoenkeer genies.6. (b) Die VSA het 15 stede of dorpe met die naam London. Ook in 12 ander lande is plekke wat na die Britse hoofstad genoem is, soos Oos-Londen in Suid-Afrika. Kanada se London lê aan die Thames- of Teemsrivier, suidwes van Toronto. London is ook die naam van plekke in Venezuela, Rusland, die Filippyne, Nigerië, Mianmar, Kiribati, Ekwato-riaal-Guinee, Frankryk en Belize.7. (1a) Eendrag maak mag – Ex unitate vires; (2e) Waarsonder dit nie kan nie – Sine qua non; (3d) Pas op vir die hond – Cave canem; (4b) Waarheen gaan jy? – Quo vadis? (5c) Dit is menslik om foute te maak – Errare humanum est.8. (c) Khartoem beteken vermoedelik Olifantslurp, want die stad lê lank en uitgestrek tussen die Wit en die Blou Nyl wat daar saamvloei. (’n Ander moontlikheid is dat dit “plek waar riviere ontmoet” beteken.) Khartoem was teen 1821 ’n kamp vir Egiptiese troepe en het in 1830 die hoofstad van “die Soedanse besittings van Egipte” geword. Mohammed El Mahdi het die Egiptiese besettingstroepe in 1884-’85 verslaan en die stad ingeneem. Lord Kitchener het in 1898 die gebied verower en Khar-toem se status as hoofstad herstel. Die Soedan is van 1899 tot 1956 gesamentlik deur Brittanje en Egipte geregeer. Op 1 Januarie 1956 het dit onafhanklik geword, met Khartoem as hoofstad.9. (b) Engeland en (d) Australië het reeds die Rugby- én die Krieketwêreldbeker gewen. Engeland het die Rugbywêreldbeker in 2003 en die Krieketwêreldbeker in 2019 gewen. Australië het die Rugby-wêreldbeker in 1991 en 1999 gewen en die Krieketwêreldbeker in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015. Net twee ander lande kon tot dusver die Rugbywêreldbeker wen, elk drie keer: Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Vierander lande, behalwe Engeland en Australië, het al die Krieketwêreld-beker gewen, naamlik Indië (2 keer), Wes-Indië (2 keer), Pakistan en Sri Lanka.10. (c) Die narwal is ’n kleinerige tandwalvis met ’n gedraaide ivoorslagtand wat tot 3 meter lank word en ’n spiraalvormige groef het. Daar is twee tande aan die bokaak se punt, maar gewoonlik word net manlike narwals se linkertand so lank. Jaarringe op die tand gee ’n aanduiding van die ouderdom. Narwals kan 115 jaar oud word.

Blokraai [485 1 Augustus]