1
Kamp datums vir 2017
Faan Meintjies ( S ) ............. 27 - 29 Jan
Aasvoêlkrans (G) ................ 24 - 26 Febr
KDP Wildtuin ……………… 24 - 28 Mrt
Presidente (Klipdraai ) ……. 13 –17 Apr
Buffelspoort ( S ) …………. 19 - 21 Mei
Leeudoringstad ( S) ….. 23 - 25 Jun
( S) ………… 07-09 Jul
Klub Louico (AJV) ………. 25 - 27 Aug
Wesvalia (S ) …………. 22 - 25 Sept
Kongres) ……… 13—15 Okt
Parys (S) ……..…… 27 - 29 Okt
Louico ( S) - Afsluiting) …… 24 - 26 Nov
VCP (S) ………………… 01— 03 Des
Belangrike Verjaarsdae
8 Jan …...Rista Pretorius
16 Jan ….. Mouton Pretorius
31 Jan ….. Liesbet Broodryk
2 Mrt ….. Daan Basson
27 Mrt ….. Daan Jacobs
9 Jun …. Faan j v Rensburg
4 Aug ….. Jan Broodryk
9 Aug … Eliza j v Rensburg
6 Sept .. Eurika Gouws
23 Sept .. Laetitia Gouws
27 Sept .. Nita van Heerden
14 Okt …. Jaco Gouws
14 Okt …. Johann Gouws
7 Nov …. Herman van Heerden
Publieke Vakansie dae 01 Mei ….. Werkersdag
02 Mei ….. Openbare Vakansiedag
16 Junie ….. Jeugdag
9 Aug ….. Vrouedag
24 Sept ….. Erfenisdag
16 Des ….. Versoeningsdag
25 Des ….. Kersdag
26 Des ….. Gesinsdag
Streeks - Dagbestuur Voorsitter : Jaco Gouws - Sel nr. 0833974277
Ondervoorsitter : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412
Penningmeester : Johann Gouws - Sel nr. 0824173583
Redaksie : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412
Sekretaresse : Laetitia Gouws - Sel nr. 0829580860
Snr. Burger Sameroeper: Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412
Addisionele lid : Faan Janse van Rensburg - Sel nr. 0833821571
Addisionele lid : Mouton Pretorius - Sel nr. 0832876586
Jaargang 8 Uitgawe 6 Jul. 2017
Leeudoringstad - Winter kamp
Dis die middel van die jaar en voel soos gister toe ons tot laatnag wakker gebly het
om die nuwe jaar in te wag met vrolikheid, musiek, sang en blydskap. Wat die jaar verder vir ons inhou, sal net Onse GOD en Vader weet, maar ons is nie bekommerd nie! Al kom die laaste gedeelte van 2017- ons sien daarna uit! Korter nagte en langer dae ons sien uit na die warmer dae – jippie !! Maande se beplanning begin vorm aanneem, hoe nader ons aan ons jaarlikse koue-naweek- winterskamp - datum kom. “Julle wat in die winter gaan uitkamp - en dan nogal langs die rivier – julle moet jul koppe laat lees!!!”, is die aanmerkings wat ons hoor - maar kamp gaan ons kamp !!
Vrydag : Vroeg oggend, met die winters sonnetjie wat flou skyn, loop ons met eet-
goed, klere en baie komberse tussen huis en woonwa. Ons moet net oppas om nie vir Plassie raak trap nie - sy weet wat gebeur en sy wil saam gaan kamp ! Vroeg druk ons die kar se neus in die wind na Leeudoringstad, Plassie bestudeer die pad en landskap so staan-staan tussen die twee voorste sitplekke. Die pad is kort en ons arriveer gou by die kampterrein op die plaas langs die Vaalrivier. Da-delik word die karavaan staan gemaak en alles uitgepak. So tussen die uitpak, kook die water vir warm moer koffie – stoele word oopgevou en val ons daarin sodat ons lui-lui die middag kan ingaan. Herman en Nita kan nie glo dat hulle die keer eerste by die kampplek is nie.
Dawid, Ester en Mouton, Rista en hulle gesinne arriveer, vinnig voordat jy mes kan sê is hulle klaar opgeslaan – ons almal stoot Dawid se karavaan (met moeite!) vorentoe (met die handbriek aan! ) voordat dié jocky wiel in n gat beland en ons besluit om dit netso te los – heelwat later.
Karavaan opgeslaan langs rivier Rustig langs Vaal rivier Nita lees Kindel - lui lekker vrydag middag
2
Rietspruitdam
Here on the banks of the Rietspruit Dam Recreation Resort you almost literally Camp with your feet in the water. The shady willow trees above your head and the lush green grass under your feet, make this resort a paradise for outdoor enthusi-asts. The camping stands spacious and equal, each having a braai, pow-er point and access to a water point. The ablution block is within walking distance of all the sites.
The dam's power supply for its clean water is the Eye of Schoonspruit and therefore ideal for fishing and water sport enthusiast. The resort also offers facilities like a swimming pool, kiosk, cycle path, recreation hall and a playground for the younger crowd.
Facilities 40 waterfront camping stands each with power point and braai
30 non-waterfront camping stands with power point
Upgraded spacious ablution facilities
Family bathrooms
Recreation Hall
Vehicle friendly slip for boats and jet skis
Kiosk
Inside warm water pool
Outdoor pool with slide
Playground
Water sports like jet-ski ride, ski and boating
Fishing
Bird watching
Indoor entertainment, trampo-line, table tennis, big screen
Kry Informasie vanaf - http://www.rietspruitdam.co.za/facilities_rietspruit.html
`n Rukkie later kom Pieter, Karina en hul gesin ook en baie gou is die kara-vaan op sy plek en al die tente opgeslaan. Later kom Laetitia met haar kroos ook daaraan en is bekommerd dat Jaco en sy tweeling broer met hulle karava-ne nie al hier is nie. Die vraag is nog in die lug toe arriveer die manne met die winterson wat vinnig besig is om verdwyn agter die horison.
Omtrent met die spoed van lig word die braai-area verlig met Mouton se boom lig. Die jongmanne bring die braaier en boma nader en die ander skuif weer hul stoele en tafels om die vuur. Dadelik verskyn iemand met vuurhoutjies wat die verskillende houtvure aan die brandsteek – met die donker kom die koue en raak dit tyd vir braai..Aan die een kant van die braaier is die braai kole reg en
die manne se braaitange swaai rond terwyl die verskillende vleissoorte omge-draai word. Die boma se vlamme lek hoog die lug en maak die omgewing lek-ker warm. Na ete vertrek die jonges na die grasdakhuis en die oues vandae skuif in rondom die boma vuur met ietsie warm of koud in hul hande terwyl daar lank en rustig gekuier word. Iemand vra hoe laat is dit en ons besef dis amper middernag – nag ou Grote.
Saterdag : Baie vroeg word sommige ouens wakker gemaak deur n
woefie wat wil gaan piepie, en staan dan ongeduldig en wag dat die hondjie klaar moet maak, want ons wil verder gaan slaap. Dawid kry n oproep van Renier af – hy was in n motorongeluk – dadelik vertrek Dawid en Ester na die ongelukstoneel – ons hou ons asems op vir verdere nuus. Oggendlig verskyn, en sommige van ons staan op , stort drink koffie en vertrek na die plaas waar die veteraan trekkers een vir een .“gestart “ word.. Met almal aan die gang word ons getrakteer met die heerlikste ontbyt denkbaar, in een van die opge-maakte store.
Dawid se Explorer Jockey wiel in gat Die Pretorius girls slaan toe oe op Karina en Nita gesels dik stukke
Ester en Laetitia kry baie koud Liezel en ma Eurika neem blaas kans Roedolf en Jaco - hard besig ?
Kampstories word vertel om vuur Jongklomp om Boma - soek hitte Jaco , Attie en Mouton besig om te Braai
Jaco - “kom julle ek wil ry !” Ontbyt vir `n Koning Trekkers ge- “start” wag om te ry
3
NOG FOTO`S VAN NAWEEK KAMP
“Dis tyd” - sê die manne- en dié wat wil saam ry, moet op die sleepwaens, wat vol wit mielies is, klim. Daar stoot die swart rook al uit die uitlaat pype. Twintig kilometers se op-winding wat voorlê!. Die nege veteraantrekkers, met volgelaaide sleepwaens, is gewillig, om ten spyte van hul ouderdom, nog te sorg vir opwinding - want die vinniges steek die ander stadiger trekkers verby. Met ± 10 kilometers agter die blad gaan ons Jannie Gouws, wat van die plaashuis begin draf het, verby – hy wink en ons laai hom op. ”Dis genoeg vir die dag, ek ry nou verder saam.” sê hy. By die graansilo’s klim ons passasiers af, word die waens geweeg, leeg gemaak en weer geweeg... ons wa het `n volle 5.2 ton mielies gelewer, baie dankie!
Met almal afgelaai, staan die veteraan trekkers saam met die silo personeel reg vir n foto. Dan begin die terugtog – oop en toe plaas toe! . By die plaas word al die veteraan trekkers met sleepwaens gebêre en die vure aangesteek. Ons word getrakteer op lekker braaivleis en slaai. n Middagete uit die boonste rakke! Essie, Linda en Porra Esterhuizen verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee. Terug by die kamp, waar van ons vriende agtergebly het, om aandete voor te berei, sien ons dat top chefs Swanepoel en Ford besig is om `n nr. 10 potjie te vul met hoender stuk-ke en groente. Die son sak laag toe ons geleentheid kry om van die heerlikste hoender-potjie, slaaie en brood in te skep. Manne kreun want die kos is baie lekker, smaaklik en onverbeterlik! – komplimente aan die chefs. Weereens gaan die jonges na die grasdak en die volwassenes skuif in rondom die boma met ietsie warm of koud in hul hande Daar word lank en rustig gekuier totdat dit tyd word vir slaap – “nag Dawid,.... nag Ester,..... nag Jaco, ..... nag Mouton, .... nag Eurika, ...,. nag Pieter, .... nag John-boy!”
Sondag : Sommige van ons probeer laat slaap, ander durf die koue ablusieblok aan
vir stort, Dawid en Mouton stook die vuur sodat ons hitte kan kry om die oggendkoue te help verdryf. Soos die ouens gereed maak, kom hulle een-een nader, met koffie bekers (of n bier) en kuier saam om dié warm boma. Gas “burner” word onder die hoenderpotjie aan die brand gesteek om dit warm te maak. Die dames kry die bykosse bymekaar. Na ete vergader almal rondom die warm boma vir die afsluiting. Jaco neem die afsluiting waar – hy bedank Onse Hemelse Vader asook almal vir hul teen-woordigheid en almal wat bygedra het om van die naweek so n groot sukses te maak! Alles: van vuurmaak, vleisbraai, slaai voorberei, potjie maak, hout gaan haal, karavane opslaan en om almal te laat lag het, baie dankie daarvoor! Jaco sluit met gebed af.
Jaco het ons almal weereens uitgenooi na die volgende kamp, te Louico ( par-ty het gevra ons moet kyk na ander kampterreine - indien moontlik ). Dié kamp sluit ons jaarlikse AJV in, maar die nie- lede is ook welkom om die kamp by te woon (hulle is mos nie- betalende lede ) . Die kamp sal plaasvind gedurende die naweek van die 25-27 Augustus 2017. Die kamp terrein sal nog aangekondig word. Ai die afslaan en wegpak bly maar nie lekker nie, maar moet gedoen word. Almal
wag totdat al die karavane gehak is – toe word daar gegroet. Mooi ry en Bly ! .
Wit mielies word afgelaai Jannie die fikse “ dice “ons trekker Lekker sag sit ons op die wit mielies
Michaela,Liezel , Nadine vol mielie pitte
Herman - “ stadig kerels verkeer voor”
Lenise, Mizelle, Jannie, Nedine trek hitte van vuur.
Wie is wie - Is dit eerste Johann of Jaco ?
Jaag né en dan oor n vaste wit streep ook !
Karina, Chloé met Pieter , vroeg oggend
Eurika gee aandag aan Plassie Vis is gevang en pan gebraai - Lekker ! n Hoenderpot 1000
dankie Pieter Dawid
Bykosse vir `n Koning - dankie Dames
ONS RYKDOM - wat geld nie kan koop nie
4
World Para Athletics Championships14-23 July
Liezel Gouws gaan aan die
Wereld Spele vir
gestremde atlete in Lond-
en deelneem. Die byeen-
koms word vanjaar vir die
agtste keer aangebied
sedert die eerste spele in
Duitsland in 1994
plaasgevind het. Daarna is dit by die volgende lande aange-
bied.
Sy het haar eerste Internationale byeenkoms in 2013 in
Frankryk deelgeneem waar sy die vierde plek in die 400m
finaal behaal het. Op daardie stadium was sy slegs 14 jaar
oud en moes teen wereld kampioene regoor die wereld
meeding.
In 2015 was sy weer deel van die Suid Afrikaanse span wat in
Doha Qatar gaan deelneem het. Ongelukkig moes sy ontrek
aangesien sy n groot voet operasie moes ondergaan. Dit het
haar n groot terugslag gegee en sy moes weer van voor af
terug baklei om by die wereld standaard tye aan te pas.
In 2016 is sy gekies om Suid Afrika by die Paralimpiese Spele
in Rio te teenwoordig. Alhoewel sy nie n medalja kon huis
toe bring nie was dit vir haar baie goeie ondervinding om
weer teen die wereld se beste atlete te kon meeding.
Sy het in albei haar items in die finaal gekwalifiseerg en alge-
heel agste in die 100m en sewende in die 400m ge eindig.
Haar gunsteling item is eintlik die 800m maar word ongeluk-
kig nie in haar klas internationaal aangebied nie. Sy kon wel
vroeer vanjaar tydens die Suid Afrikaanse Kampioenskappe
in Port Elizabeth daarin geslaag het om haar eie wereld
rekord wat sy in 2015 opgestel het in die item te verbeter.
Sy sien baie uit na die byeenkoms en het reeds Maandag
oggend 10 Julie net na sewe in Londen aangekom. Sy het
darem genoeg tyd om haar voor te berei waar sy Saterdag 15
Julie aan die 200m finaal gaan deelneem. Dit is 21:56 Suid
Afrikaanse tyd. Haar ander items is 20 Julie 400m finaal 21:35
en 22 Julie die 100m. Die uitdun rondte begin 12:10 en die
finaal is 21:40.
Ons wens vir haar sterkte toe en hoop dat dit goed sal gaan.
Liezel gouws
1998
(details) Birmingham United
Kingdom
2002 (details)
Lille France
2006 (details)
Assen Netherlands
2011 (details)
Christchurch New Zealand
2013 (details)
Lyon France
2015 (details)
Doha Qatar
2017 (details)
London United Kingdom
Top Related