28 Junie - 4 Julie 2020
Die Covid-19 virus raak ons almal op een af an-
der manier. Bid dat die Here ons daarvan sal be-
waar en dat ons Sy liefde in hierdie tyd sal leef
teenoor mekaar. Ons vra spesiale voorbidding vir
ons leiers en ons gesondheidspersoneel.
Gesinne wat geliefdes verloor het en nie
geleentheid het om behoorlik afskeid te
neem nie.
Sake-ondernemings wat sukkel om te oor-
leef.
Die veiligheid van onderwysers en leerders
wat skool bywoon
Die beskerming van mediese personeel wat
blootgestel word aan die Corona-virus
Arm gemeenskappe in ons land wat nie
genoeg kos het nie.
Ons nooi jou graag uit na ons aanlyn bediening.
Kliek gerus die skakels hier onder:
Facebook & YouTube:
NG George Bergsig
Video van die Preek is Sondae 08:00 beskikbaar.
Webblad: www.george-bergsig.co.za
Tuiskerk-blad & Bulletin op ons webblad
Sel / WhatsApp: 079 136 8107
[email protected] (navrae)
[email protected] (media)
Dra asb die sake vir Voorbidding aan die Here op:
Teen die kultuur van geweld teen vroue en
kinders
Cremhog, Badisa, VGK sopkombuis en an-
der organisasies se bediening aan mense
in nood.
Andre en Lidy van der Bergh:
Veiligheid en beskerming (fisies en vir
ons gesondheid) wanneer ons families
besoek om kos en klere uit te deel.
Die aannemingsproses van Amber, dat
dit vinnig gefinaliseer sal word. Sy is
nou reeds meer as twee jaar by ons.
Lidy se weeklikse video boodskap, dat
dit die kinders en ouers sal bereik en
dat God dit sal gebruik sodat die
kinders geestelik kan groei.
INkonteks: Bid vir die wêreldekonomie
Hoeveel geloof is genoeg?
Markus 9:14-29
Ds. Hannes Pretorius
2
Sluit aan by ons AANLYN-BEDIENING via WhatsApp
Kliek gerus op die SKAKELS:
Om daaglikse boodskappe van Bemoediging te ontvang.
Om deel te word van ons WhatsApp Kommunikasie groep vir oa. ska-kels na Eredienste, Lofsang, Kindertyd, Tuiskerk, Bulletin en gebedsver-soeke.
Siekes in die gemeente (a-z) - Fil 4:6
Alida Viljoen, André en Anita Cornelissen,
Annelie Schwertseger, Annie van Vuuren,
Barry van Ginkel, Bertha Bester, Bottie & Rita
Bothma, Brian Starke, Connie Jordaan,
Corné Snygans, Daan Marais, Danie Gouws,
Dirk Louw, Dirkie Botha, Elizabeth Retief,
Elize Colton, Erna Viljoen, Gerrit Schoeman,
Gregory Gregg, Hugo van Dyk, Jessie Rademan,
John & Nadine Levey, Kobus Botha,
Kobus Esterhuizen, Koos Theunissen,
Lenie Gerber, Magdaleen Heydenrych,
Magiel Gouws, Marietsen Serfontein,
Otto van Vuuren, Philna Nelson, Pierre & Marie
Loubser, Rosie Cilliers, Thea Bantjes,
Wera de Beer, Wilna du Toit, Willie du Plessis,
Wollie Wolmarans.
Seënwense aan die seniors 80 jaar en
ouer wat hul geboortedag herdenk
Ons innige meege-
voel met die familie
van Sam van Zyl,
Groenkloof,
wat oorlede is, asook
met Andre en Jani
van der Berg.
Sy ma is oorlede.
Lief & Leed
So 28 Jun: Hennie Coetzee.
Di 30 Jun: Toet Hoepfner.
Vr 3 Jul: Elizabeth Hofmeyr.
Sa 4 Jul: Ida Jordaan.
So 28 Jun: Liam de Wet, Martie Lamprecht,
Max Nel, Ewan Philpott, Anrich Schrade.
Ma 29 Jun: Christiaan Jacobsz, Stefan le Roux,
Martin Lombard, Johan Martins,
Heinrich Nel, Henlie Sparks,
Theunie van Tonder, Billie van Wyk.
Di 30 Jun: JC Barnard, Amelia Croukamp,
Johan de Bruyn, Berdien Gouws,
Deidré Hall, Elsa Luyt, Marius Nel,
Volker Schillack,
Vernette van der Merwe,
Henriëtte van Niekerk.
Wo 1 Jul: Sarie Erasmus, Marie Jackson,
Hester Nel, Dominique Snygans,
Jenny van der Walt, Jan Combrink.
Do 2 Jul: Alida Gerber-Lategan, Ria Jonck,
Casper Lombard.
Vr 3 Jul: Magdaleen du Plessis, Hardus Fivaz,
Ralie Odendaal, George Snygans.
Sa 4 Jul: Yvette Borrett, Marina Flear,
Gerald Janse van Rensburg,
Deon Steenkamp, Johann Troskie.
Hartlik geluk aan ons lidmate wat verjaar
3
Een manier om sinvol besig te kon bly in die grendeltyd, is
om baie van ons verskuilde talente en gawes, wat in die be-
sige roetine van 'n "normale lewe" agterwee gebly het, te be-
oefen in hierdie tyd.
Nou het baie mense meer tyd gehad om kreatief te wees.
Was jy in die tuin doenig? Het jy jou kombuis herontdek?
Dalk het jy jou houtwerk gereedskap, verfkwaste of 'n vergete
musiekinstrument afgestof.
Hier is jou geleentheid om jou Grendel-talente met die ge-
meente te deel. Wys ons waarmee jy besig was in en om die
huis: stokperdjies, resepte, projekte of kunswerke.
Ons beplan om 'n e-boek saam te stel wat op die gemeente
se webblad gepubliseer word. Afdelings sluit in Kosmaak,
Tuinmaak, Kunswerke en Huisprojekte – daar is beslis 'n
kategorie vir elkeen in die huis!
Lidmate wat hulle vlyt/craft projekte wil deel kan een of 'n
paar foto's stuur met 'n kort beskrywing daarby. As daar 'n
storie, getuienis of Skrifgedeelte saam met die projek gaan,
vertel dit ook.
Ons sien opgewonde uit om grendelstories te hoor en die
vlytige talente van ons lidmate te bewonder!
Stuur jou foto('s) en storie teen Vrydag, 10 Julie 2020 na
[email protected] of na ons sel / WhatsApp no
079 136 8107.
Ons mik om die e-boek voor die einde van Julie te publiseer.
Grendel-vlyt E-boek
4
Hulp aan behoeftiges
Baie van ons lidmate wil graag betrokke raak
by mense in ons gemeente wat swaarkry en
behoeftig is. Dankie vir julle diensbaarheid en
omgeeharte!
Dit is agv. die grendeltyd moeilik om self na
so 'n gesin in nood te gaan. Die beste manier
om te sorg dat jou bydrae by hulle uitkom,
hetsy in die
vorm van kon-
tant of van ‘n
kospakkie, is
om direk in ons
gemeente se
gewone bankre-
kening ‘n de-
posito te maak
en dit aan te dui as: Gemeente-nood.
Daar is tans 8 gesinne vir wie ons daaruit
voorsien. As jy weet van mense wat fisies
swaarkry, stel een van ons leraars in kennis
sodat ons die nodige aan hulle kan voorsien.
CREMHOG
Sopkombuise in Thembalethu
Die VGK gemeente in Thembalethu het 4 sop-
kombuise waar hulle sop en kos voorsien aan
behoeftiges in die gemeenskap en in Mandela
Village plakkerskamp.
Hulle benodig sopbestanddele soos boontjies, lensies, groente, pasta, vleis, soppoeier en brood,
blikkieskos of enige nie-bederfbare produkte. Gee dit asb af by die kerkkantoor.
Rosemoor skuil-
ing sluit op 30
Junie. George
Munisipaliteit
werk hard om
soveel as moontlik mense uit te plaas dat hulle
nie hoef terug te gaan straat toe nie. CREMHOG
ondersteun tot 30 Junie met etes en ook met uit-
plasings. Vanaf middel Julie word ons Kiosk– en
straatbediening hervat. Ons beplan om opleiding
en dissipelskap saam met die kos bediening te
hervat. Baie dankie vir jul ondersteuning die
laaste 3 maande. Daar is steeds groot uitdagings
wat nou te middle van Covid19 voorlê. Hou
asseblief aan met jou gebede en ondersteuning.
Ons wil vir elkeen wat op straat nog is kombers
baadjies laat maak. Komberse en goeie 2de
handse skoene is steeds ‘n groot behoefte.
Verder maak ons leë 1liter jogurt houers byme-
kaar om uitdeel-etes in voor te berei. Gee jou
skoon houers asb af by die kerkkantoor.
Persone wat per EFT ‘n bydrae wil maak:
CREMHOG, ABSA, Spaar, Rek no 924 066 5875,
Verwysing: Van & Rosemoor
André Olivier - 082 551 8900
SOPBEDIENING:
Sop kan in 2l roomysbakke by die kerkkantoor
afgegee word. Kontak gerus vir Anna-Marie van
Eck (082 378 4776) vir meer inligting.
5
In hierdie grendeltyd is daar van ons lidmate wat sukkel met emosionele en
sielkundige krisisse.
Indien jy dringend die behoefte het om met ‘n sielkundige te gesels, kan jy gratis kontak maak met ‘n
sielkundige, wat deur E-Kerk gekontak kan word: [email protected]. As dit baie dringend is en jy
iemand plaaslik wil “sien”, kontak gerus vir Ds. Anton wat jou in kontak kan bring met ‘n sielkundige.
Grendeltyd krisis
6
Leraars:
Ds. Anton Louw: 044 871 1212, 083 286 3292
Ds. Hannes Pretorius: 084 456 0401
Ds. Rudolph Grobler: 044 871 5611, 082 820 9899
Douglas Stanley: 072 951 7687 - Jeugwerker
Personeel:
Christa de Meyer: 083 399 1835 - Koster
Martie van Staden: 079 136 8107 - Admin
Marina Victor: 071 591 0217 - Finansies
Wilna Jones: 082 493 2870 - Media
FACEBOOK: NG George-Bergsig | WEB & YouTube: www.george-bergsig.co.za
Kerkkantoor URE: Ma - Vry, 08:00-13:00 | TEL: 044 871 1338 | Sel: 079 136 8107
ADRES: H/v 4de & Meyerstr. | POSADRES: Posbus 4040, George-Oos, 6539
Die afskaf van eredienste het ‘n nadelige invloed op die gemeente se finansies
omdat die erediens dankoffers wat ook die koevertbydraes insluit (wat ‘n belangrike
deel van ons inkomste uitmaak) nou weggeval het.
Ons wil lidmate aanmoedig om asb nog steeds ‘n dankoffer te gee dmv ‘n elektroniese oorbetaling:
NGK George-Bergsig, ABSA, TJEK, REK NO: 890 580 009, TAK: 632 005. VERWYSING: Van & waar-
voor. Epos bewys na [email protected].
Hul gee terugvoer tydens Sondag se erediens.
Armoede in Suid-Afrika is in hierdie tyd baie meer sigbaar as
ooit tevore. Hope mense het hul werk verloor en hul kan nie aan
die daaglikse behoeftes van hul gesinne voorsien nie. RANSOM
FOUNDATION het ‘n enorme groei gesien in die aanvraag na
voedsel, komberse en klere. André en sy span was baie besig
oor die afgelope twee maande. Tydens die inperkingstyd het
RANSOM alreeds meer as 20 000 maaltye voorsien.
Lees meer in ons Nuusbrief: Dumela (PDF). Ons wil vir elkeen uit ons harte dankie
sê wat saam met ons staan deur
middel van gebed en / of finansiële
bydrae. Mag jy die aanwesigheid van
God ervaar en bly groei in jou geloof.
Liefde en vrede Andre, Lidy, Saranda en
Amber.
Besoek gerus ons fantastiese nuwe
webwerf: Ransom Foundations
(www.ransomfoundationsa.org)
Jy kan ons ook vind op facebook:
RansomSA
Lees gerus ons nuutste uitgawe deur hierdie skakel te
volg: Bergsig Nuus - Junie 2020
André & Lidy van der Bergh
Dankoffers
Top Related