Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die drie
middelste vingers styf teen mekaar
lê, en staan vir God, die Vader,
God die Seun, en God die Heilige
Gees. Die pinkie en die duim bind
hulle as intieme eenheid saam.
INLEIDING Lynnwoodrif Gemeente wil in 2016 dissipel-
wees, dienskneg-wees, in-verhouding-
wees… IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES.
Onder hierdie inspirerende sambreel-tema
wil ons as Gemeente AKTIVEER 2020 verder
uitrol. Ons beplan drie reekse vir 2016 -
Reeks 1: Wie is God?; Reeks 2: Die Here se
roeping op ons elkeen se lewe, en Reeks 3:
Elkeen is begaafd! En op Sondag 28
Februarie skop ons eerste reeks af!
Ons wil graag elkeen in Lynnwoodrif Gemeente uitnooi om die volgende drie
weke in te skakel by hierdie In Diepte-reeks. Maak by jouself, of saam met jou
gesin en vriende ʼn commitment tot die preekreeks (oggend- en aanddiens)
én om in te skakel by ʼn Bybelstudie- en/of Omgeegroep vir hierdie drie weke.
Elke tema sluit af met idees en voorstelle oor Praktiese Geloofsgewoontes.
Richard Forster skryf dat Spiritual Disciplines nie wetties of as ʼn las benader
moet word nie… Nee, ons beoefening en deelneem aan Geloofsgewoontes
moet telkens vir ons vreugde verskaf! Vreugde… omdat ons groei in ʼn meer
intieme verhouding met die Here. Wanneer ons aan hierdie preekreeks en
groeptemas deelneem, sal ons die geleentheid hê om telkens bekendgestel
te word aan ʼn Geloofsgewoonte, dit saam met ander gelowiges in te oefen,
en dit dan deel te maak van ons eie verhouding met die Here. Welkom by AKTIVEER 2020! Geniet hierdie avontuurlike geloofsreis saam met
ons!
ʼn Paar gedagtes oor Reeks 1: Wie is God? God openbaar Homself as verhoudingswese daarin dat ons Hom – deur die
Woord - leer ken as Vader, en as Seun, en as Heilige Gees. Iemand het
geskryf dat elke Persoon van die Drie-Persoon-God eer en heerlikheid
toebring aan die ander. En, daar is ʼn woord hiervoor, Perichoresis – die woord
choreografie is hiervan afgelei. God in Sy Drie-Persoon-Wese is in ʼn konstante
dans van eer en heerlikheid met Homself, en skryf hierdie persoon, word ons
uitgenooi om saam met God te dans. Dit is in hierdie dans-met-God dat ons
begin lewe, heel word, nuwe skepsels word! Maar omdat ons na Sy beeld
(verhoudingswese) geskape is, kry ons eie, ware mens-wees sy mooiste
1
uitrukking wanneer ons in verhouding is met Hom, met mekaar, en met
ander. Ons hoop… en het ʼn heerlike verwagting dat hierdie reeks vir elkeen ʼn meer
intieme ken van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees sal
gee, maar dat ons besig-wees met Sy Woord ook ons beeld/prentjie van
Hom sal herstel waar dit dalk skeefgetrek was. En mag hierdie nuwe ken, en
nuwe ervaar van Hom ons inspireer tot aanbidding, verering en diens.
Seënwense en liefdegroete
Die Leraars, Lynnwoodrif Gemeente
2
Hoe om die boekie te gebruik
Dié is ’n besonderse reeks wat wag! Die reeks gaan oor wie God die Vader,
die Seun en die Heilige Gees is. Dit word ook so in die boekie uitgelê, met die
eerste tema wat dan handel oor God die Vader, dan God die Seun en die
reeks word afgesluit met God, die Heilige Gees.
Daar is heerlike materiaal en ’n geloofsgewoonte wat jy of kan uitbrei
of nuut kan aanleer, na elke tema. Dus, is die boekie uitgewerk in drie temas
wat dan die reeks by Lynnwoodrif Gemeente opmaak.
Dit is besonders om ’n jaartema te hê met die fokus op die Kragveld
van die Heilige Gees! Omdat dit vir ons as gemeente so kosbaar en belangrik
is om in dié Gees te werk en te lewe is daar ook aan die einde van die
boekie ’n Gebedsjoernaal ingesluit, waar jy kan aanteken waarvoor jy bid en
wanneer dié gebed beantwoord word, selfs op maniere wat jou verstom laat
staan!
Mag hierdie reeks vir jou opwindend, Geesvervuld en met iets laat wat
die Here as Vader, Seun en Heilige Gees binne in jou kom plant het.
3
WIE IS GOD, DIE VADER?
1. Lees die volgende drie Skrifgedeeltes in die Ou Testament - Eksodus 4:22-
23; Deuteronomium 1:31 en Psalm 103:13. Wat “hoor” julle in hierdie
gedeeltes oor God? Watter beeld/prentjie skets hierdie gedeeltes oor God? 2. Wanneer Jesus se dissipels Hom vra om hulle te leer bid (Lukas 11:2 &
Matteus 6:9), leer Hy hulle die “Onse Vader”-gebed – soos ons dit noem.
Hierdie gebed is ook ʼn geliefde en gunsteling lied. Ons sing self die woorde
“Ons Vader”… maar het ons al regtig gedink wat ons bid of sing met die
woorde “Ons Vader”? Wat beteken hierdie woorde vir jou?
3. Gesels oor die volgende vrae, Hoe het dit gebeur dat ons God kan
aanspreek as Vader? Hoe gebeur dit dat ons in ʼn vader-kind-verhouding met
God kan staan?
4. Lees Johannes 3 – Jesus en Nikodemus se gesprek, en gesels oor die vraag,
Hoe werk geestelike geboorte? (Vers 3, “opnuut gebore”, of “uit die Gees
gebore” – vers 8).
5. Johannes 3:8 lees, ***“Die wind waai waar hy wil”. Lees Genesis 1:1-2, Lukas
1:34-35, en 1 Petrus 1:3, en gesels oor die misterieuse tog kragtige wyse
waarop God deur Sy Gees werk/skep. Help die tekste in Genesis 1 en Lukas 1
ons om iets méér en beters van die Gees se lewe-skeppende werk te
verstaan? Het jy al hierdie kragtige, nuut-skeppende, lewe-skeppende
werking van Sy Gees in jou lewe beleef?
4
6. 1 Petrus 1:3 vertel van die Vader se groot ontferming, en eggo dit Psalm
103:13 se kosbare woorde, “Soos ʼn vader hom ontferm oor sy kinders…”. Lees
Klaagliedere 3:21-23 en gee geleentheid dat elkeen kan vertel van sy/haar
ervaring van die Vader se ontferming in/oor sy/haar lewe.
7. Wat – reken julle – sou die gepaste respons wees op hierdie ontferming van
die Vader oor ons? Lees gerus wees 1 Petrus 1:3, so ook Maleagi 1:6.
GELOOFSGEWOONTE
1. Sing Lied 266, Die Onse Vader, saam.
2. Gee geleentheid vir stil-gebed, en moedig elkeen aan om hul gebed af te
skop met “Vader” of “My Vader”.
3. Vra een van die groeplede om Psalm 95:1-2,6-7 voor te lees: “Kom, laat
ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding
vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange!
Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor
die Here ons Skepper! Hy is ons God en ons is Sy volk, Sy kudde, Sy skape,
deur Sy hand versorg”.
4. Maak ʼn ooreenkoms met mekaar om in die komende week doelbewus die
Here God – as Vader – te aanbid. Let ook op na ander karaktereienskappe
van God, die Vader. In vandag se tema het ons van Sy ontferming geleer.
Prys Hom daarvoor. En, teken die ander karaktereienskappe wat jy in die
Woord raak-loop in jou joernaal aan. Gebruik hierdie nóg en méér leer ken
van die Here God om Hom te aanbid.
5
WIE IS GOD DIE SEUN?
Ek wonder deesdae: Wat het geword van positiwiteit? Wysheid, verrassings
en verbeelding, al hierdie lekker goed wat sin gee aan die lewe. Die slegte
goed in die lewe is al wat in gesprekke op kom, byvoorbeeld, misdaad,
emigrasie, belaglike belastingskale, die jongste skindernuus oor mense in die
kerk, oor mense by die werk of oor familielede. Die grootste gesprek wat
almal prikkel of meeste se dag omvergooi is die onderwerp van geld. Die
goeie in die lewe word misgekyk of vermy.
KRY DIE GEDAGTES AAN DIE GANG
Die woordjie ‘Juk’ kom twee keer voor in hierdie teks. Al Juk wat ek geken het
toe ek jonger was is as jy juk dan moet jy krap. Wonder jy nie ook wat
beteken die woord Juk nie? Dalk het jy dit al iewers gehoor. ʼn Juk is die
harnas of `ʼn stuk las wat op ʼn os se skouers kom.
Hoekom dra hierdie os die las op sy skouers? Want die osse is veronderstel om ʼn ossewa te trek. Op die ossewa word ʼn vrag goed op vervoer en soms is die
wa te swaar vir twee osse om te trek, dan sit die persoon wat agter die stuur
van die osse sit, nog ʼn ry osse aan. Dalk is ek so onkundig hieroor, omdat
mens nie werklik vandag nog so iets kry nie. As ons vandag iets swaar moet
vervoer, dan kry ons net ʼn Hilux bakkie of ʼn trok om dit te vervoer.
As ons kyk na ’n direkte vertaling vanuit die Griekse Bybel waarin die Nuwe
Testament oorspronklik in geskryf was, dan maak dit meer sin: Jesus sê: Kom
na My toe almal wat moeg is en swaar dra aan laste, en Ek sal julle rus gee.
6
En dan sê Jesus ook, Neem my juk op julle en leer van My. Ek dink hierdie
beeld pas eintlik mooi in by hierdie teks. Jesus sê, leer van My, want ʼn lewe
saam My is lig en nie so swaar soos die las op ’n os se skouers nie. Jesus wys
aan elkeen van ons dat ʼn lewe saam Hom nie so swaar is soos die laste van
die lewe nie. Jesus nooi elkeen uit, deur te sê ‘Kom na My toe’ om jou laste
op Hom uit te pak en lig te dra aan ’n lewe saam Jesus, ’n lewe waar Christus
se koninkryk waar is.
Waar het daar onlangs in jou iets gebeur waar jou juk verlig is en jy daaroor
verstom staan?
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
‘Juk’ het ook ’n ander betekenis – Om ’n ‘juk’ te onderhou en te leer, het in
die Joodse geloof beteken om die wet te onderhou. Die wet is die tien
gebooie van Moses soos ons dit vandag ken.
IS JOU GODSDIENS LEEG EN VOL ’N STEL REËLS?
Dan vra Jesus vir ons en sê: Neem My manier van lewe aan, want dit is juis nie
ʼn stel reëls nie, dit sal rus bring vir julle gemoed. Dit is ’n eenvoudiger en ligter
manier van leef. Hierdie manier van leef dra nie die swaar laste van die lewe
nie, maar ’n ligte las waar Jesus saam jou stap.
Dié manier van leef beteken nie ons gaan sit op die strand en lewe is goed
nie. Dit beteken ons gaan moet moeite doen om te leer van hierdie
koninkryk. Om te leer van die koninkryk, moet ons leer van Jesus se lewe,
soos ons dit vind in die evangelies. is jou godsdiens leeg en vol ’n stel reëls?
Hierdie manier van leef beteken nie ons gaan sit op die strand en die lewe is
net goed nie. Dit beteken ons gaan moet moeite doen om te leer van
hierdie koninkryk. Om te leer van die koninkryk, moet ons leer van Jesus – die
eienskappe van Hom.
Watter eienskappe (in die teks en ander) is vir jou besonders van Jesus? En
wat beteken die eienskappe vir jou in jou persoonlike reis? ___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
7
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
Jesus se woorde in Matteus 11:28: “Kom na My toe...” is ons gemeente se
leuse en visie. Die Bybel is getuienis van mense wat na Jesus toe gegaan het
– en rus gevind het. Waarom maak Jesus die uitspraak: “kom na My toe”?
Wat Johannes in Lukas 3 vir die Jode gesê het, is vir ons ore ook bedoel: Om
’n verbondskind te wees, gedoop te wees, is op sigself nie genoeg nie. Nee,
die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe wat goeie
vrugte dra, sê hy in vers 9. Dink jy dat dit juis sigbaar word wanneer ons na
HOM toe gaan. Bespreek die stelling.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
Die bekende teoloog Dietrich Bonhoeffer, wat gesterf het in die tweede
wêreld oorlog, het gesê: “And a Christianity without discipleship is a
Christianity without Christ”. Bespreek die stelling en gesels daaroor van hoe
ons dissipels van God kan wees en (selfs) word. Is dit nie juis Jesus se
uitnodiging in Matteus 11:28 wat ons oprig tot dissipels nie?
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
Ons is nuwe mense deur Jesus Christus, Hy nooi ons uit om na Hom toe te kom
en kondig die koninkryk van God aan. Ons lewe nie meer soos die ou mense
nie. Aangesien ons nuwe mense is, kies ons dan om sekere dinge nie te doen
nie. Die stelling is baie belangrik. Met vandag se moderne wetenskap en
liberale teologie sal party dié stelling nie ondersteun nie. Bespreek in die
groep of dit vir julle ’n waarheid is en hoe die Gees ons begelei in keuses.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
8
Baie mense onderstreep in hulle Bybels Matteus 11:28: “Kom na My toe, almal
wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Dat hierdie versie vir baie gelowiges belangrik is is ook nie vreemd nie, want
Jesus praat hier van dinge wat ons dikwels aan ons eie lyf ervaar: om hard te
werk, uitgeput te wees, oorlaai te wees, en om te kan rus.
Die vraag wat egter hier belangrik is is wat Jesus hier met “rus” bedoel. Party
mense meen dat Jesus hier na liggaamlike rus verwys, dit wil sê, rus vir ons
dikwels uitgeputte en oorlaaide liggaam. Want Jesus, sê het dit self geken. In
Johannes 4:6 lees ons byvoorbeeld dat Jesus “moeg was van die reis.” En net
so het Hy by verskeie geleenthede vir sy dissipels gesê, en ek neem Markus
6:31 hier as voorbeeld, “kom julle alleen saam met my na 'n stil plek toe en rus
'n bietjie.” Met ander woorde, Jesus het geweet wat dit beteken om
liggaamlik moeg te wees, en daarom praat Hy hier van die fisiese rus van die
liggaam, die herlaai van die batterye, soos ons dit soms uitdruk.
Hoe kan julle elke dag onthou dat julle nuwe mense in Jesus is en dus heilig
moet lewe?
___________________________________________________________________________
Dink na oor die manier waarop die koninkryk in jou lewe kom en groei.
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
God se genade transformeer ons van die persoon wat ons was voordat ons
Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het tot die persoon wat God in
gedagte het ons moet wees in Christus en deur die kragveld van die Heilige
Gees.
Jesus sê, Leer van My, want ek sal julle rus gee vir julle gemoed.
GELOOFSGEWOONTE
1. Bespreek wat die koninkryk van God is.
2. Raak dan stil vir 3 minute. Elkeen dink na oor Jesus se “Kom na My toe” in
sy/haar lewe. Moenie net dink in terme van wat God vir jou doen nie, maar
veral ook wie God deur sy genade vir jou is. Gee ruim tyd vir getuienisse en
kyk of julle sekere patrone kan raaksien van hoe julle Jesus se genade ervaar.
9
3. Watter betekenis het Jesus se “Kom na My toe”, binne die konteks van die
wêreld waarin ons vandag lewe? 4. Neem genoeg tyd om saam te bid en Jesus te dank vir al sy genade oor
ons lewe. (Dalk twee-twee saam)
10
WIE IS GOD, DIE HEILIGE GEES? God die Heilige Gees is die laaste van die drie Persone van die Drie-Eenheid
wat ons behandel. Hy is op Pinksterfees uitgestort en van toe af die Een wat
die Kerk inspireer en lei. Hierdie kleingroepbespreking sal meer aspekte oor
die Heilige Gees hanteer as wat in die preek hanteer is. Julle kan ook kies
watter dele julle hier wil doen. Ons bely die volgende oor die God die Heilige Gees:
Ons glo... in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die
Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet
word, wat gespreek het deur die heilige profete (Geloofsbelydenis van Nicea). In ons Belydenis is daar vier dinge wat ons oor die Heilige Gees bely. Kyk
hoeveel hiervan julle kan raaksien. Wat dink julle sou elk van hierdie dinge
beteken.
KRY DIE GEDAGTES AAN DIE GANG – LEES GEN. 1:1-3
God die Heilige Gees was ook in die Ou Testament teenwoordig, tog op ʼn
anderste manier as waarop ons Hom in die Nuwe Testament leer ken. In
die Ou Testament leer ons Hom ken as iemand met besonderse krag. Lees
Gen. 1:1-3. Wat merk jy op van die Heilige Gees en hoe sou dit vandag
van toepassing wees as Lynnwoodrif Gemeente ’n Jaartema, Deur die
Kragveld van die Heilige Gees, het?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
In die Nuwe Testament leer ons die Gees van God op ander maniere ken.
Hy word ook met nuwe name benoem. Lees die volgende gedeeltes, wat
is die name wat die Heilige Gees hier kry en waarom sou Hy hierdie hê
(Matt. 1:18; Matt. 12:28; Matt. 10:20; Rom. 8:9; Luk. 4:18-19)? Wat beteken
die nuwe name vir jou?
11
OP WIE FOKUS DIE HEILIGE GEES? LEES 1 KOR. 12:3; ROM. 8:9.
As jy in een sinnetjie moet sê, wat dink jy, vir wie verheerlik die Heilige Gees
eintlik en waarom (1 Kor. 12:3; Rom. 8:9)?
___________________________________________________________________
___________________________________________________________________
Die Heilige Gees is in die Kerk soos ʼn ma in ʼn gesin. ’n Goeie ma sal nooit haarself op die
voorgrond stoot nie, maar altyd haar man en kinders. Sy sal sorg dat hulle kos en klere
het, mooi aangetrek is en genoeg kos om te eet. Sy sal toesien dat hulle gesond is. Sy sal
altyd op die agtergrond wees. Sy sal gelukkig wees solank dit met haar gesin goed
gaan. So is die Heilige Gees ook. Die Heilige Gees stoot Homself nooit op die voorgrond
in die Kerk nie, maar altyd, ja altyd vir Christus. Alles wat die Heilige Gees onder mense
doen (heiligmaking en bekering) en in die gemeente (gawes en groei) doen, is om
Christus op die voorgrond te skuif. Daar waar mense dus die Heilige Gees bokant
Christus verheerlik, is ’n verdraaiing van die rolle van die Drie-eenheid.
DIE HEILIGE GEES IS DIE WELDOENER / VOORSPRAAK VIR MENSE IN NOOD – LEES J OH. 14:16-18, 25-26; 15:26-27; JOH. 16:7-13; 16; 1 JOH.
2:1-2
Daar is baie vertalings in alle tale vir die Griekse woord “Voorspraak
(Parakleet)”. Vanweë die manier hoe Johannes aantoon hoe Jesus die
begrip het, is dit moeilik om werklik een van die “woordeboek-begrippe”
as ’n volmaakte begrip te beskryf. Mens kan die Griekse woord eerder
met ʼn begrip vertaal of beskryf, nl. dat ʼn “Voorspraak iemand is wat ‘vir
mense in nood is ’n weldoener”. Wat sou dit dan beteken as Jesus ons
Weldoener is (1 Joh. 2:1-2)? _________________________________________
Nou lees ons dat Jesus opgevaar het hemel toe. Beteken dit dat ons nie
meer ʼn Weldoener het nie? Wie is hierdie Voorspraak / Weldoener dan?
(Joh. 14:16-18)?
Kom ons kyk nou na wat die Heilige Gees as Voorspraak en Weldoener
met die gelowiges doen.
a. Die Heilige Gees leer en herinner ons aangaande Jesus – Lees Joh.
14:25-26
Wat sou julle meen beteken dit wat Jesus hier in Joh. 14:25-26 vir die
dissipels se? ________________________________________________________________
______________________________________________________________
Dit beteken dat die Heilige Gees die Christengelowiges ons leer
deur ons te herinner aan wat Jesus onder soortgelyke
omstandighede gedoen het, of sou gedoen het. Die Gees gee nie
“nuwe insigte” nie, maar sê presies dieselfde as wat Jesus gesê het
12
toe Hy op aarde was. Die manier hoe Hy die Kerk leer is om ons
gedurig “terug te bind” aan Jesus. Lees daarom die vier Evangelies
om agter te kom hoe Jesus oor sake gedink het.
b. Die Heilige Gees motiveer ons om getuies te wees – Lees Joh.
15:26-27
Wie is die twee tipe getuies oor Jesus (Joh. 15:26-27; Hand 1:8; 1 Kor.
2:3-5)?
___________________________________________________________
Die getuienis wat die Heilige Gees doen, is om mense te oortuig dat
Jesus die Verlosser is. Alle mense wat deur die Heilige Gees oortuig is
dat Jesus die Verlosser is, word dan weer sendelinge. Ons word deur
die Gees gedring om die boodskap vir ander mense te gaan vertel.
c. Die Heilige Gees kla die wêreld aan oor hulle sonde – Lees Joh.
16:7-13
Van alles wat Jesus in Joh. 14 tot 16 oor die Heilige Gees sê, is
hierdie dalk die moeilikste vir mense in die jaar 2016 om ons eie te
maak. Dit pas nie in daarby wat ons oor Christus en die Heilige Gees
wil hoor – of selfs glo nie. Hier is egter ʼn baie belangrike ding wat
Jesus oor die Voorspraak / Weldoener leer. Lees Joh. 16:7-13 en sê
wat is die ding waarvan die Weldoener nie hou nie.
____________________________________________________________
Volgens Jesus is daar drie bewyse wat die Heilige Gees gebruik om
aan te toon dat die wêreld aan sonde skuldig is. kyk of jy dit kan
vind.
• Bewysstuk een (Joh. 16:9): Die wêreld is skuldig aan sonde.
• Bewysstuk twee (Joh. 16:10: Jesus gaan na die Vader toe.
• Bewysstuk drie (Joh. 16:11): Die oordeel is klaar uitgespreek.
d. Die Heilige Gees lei ons in die “waarheid” – Lees Joh. 14:16; 16:13
Hoe sou jy die hele waarheid van die Heilige Gees beskryf
(Joh. 8:31-32; 14:16; 16:13; 1 Kor. 2:1)? __________________________________________________________________
__________________________________________________________________
In die Evangelie van Johannes is die begrip “waarheid” ’n
verhoudingswoord. Dit dui op die Verlossing wat Jesus gebring het
op grond van Sy verhouding met die Vader en sondaarmense. As
die Heilige Gees ons dus in die hele waarheid lei, beteken dit dus
13
dat Hy die waarheid rakende ons Verlossing daardeur wat Jesus
gedoen het, in die harte van mense plant.
DIE HEILIGE GEES DRING CHRISTENGELOWIGES TOT ʼn SEKERE MANIER VAN LEWE – LEES GAL 5:1, 13, 17, 22-25; EF. 5:18-20; 2 TIM 1:6-8; JAK 3:14-18 Die belangrike ding is dat die Heilige Gees Christengelowiges nie by
bekering los nie, maar begelei op die pad van heiligmaking. Daarom dat
ons ophou om sonde te doen (Lees Rom. 6:1-2; Gal 5:1, 13, 17).
_____________________________________________________________________ Mense sê dikwels ons is vry van “wettiese dinge”. Hulle gebruik dit ongelukkig
meestal as ʼn verskoning vir sonde. Dit is waarvan Paulus hier praat. Dat Christus ons van sonde vrygemaak het, beteken nie dat ons kan sonde doen
nie, want ons het die Heilige Gees in ons. Dit wat die Heilige Gees wil hê,
staan in direkte konflik met die mens se eerste wens is. Ons moet Geesvervuld wees (Ef. 5:18-20). Om Geesvervuld te wees beteken
nie dat mens allerhande snaakse bonatuurlike dinge doen of ervaar nie. As
mens Geesvervuld is, sal jy die vrug van die Gees dra. Wat is dit (Gal 5:22-25)? _______________________________________________________________________ Die Vrug van die Gees begin met liefde. Ons lees dat liefde ook in 2 Tim 1:6-8
belangrik is. Hoe sou jy liefde binne ’n Bybelse konteks beskryf? ________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________ Die liefde van Die Nuwe Testament is nie die indiwidualistiese en emosionele liefdesbegrip soos wat ons dikwels vandag in die jaar 2016 hoor nie. Nee, Die
Bybel dink anders oor liefde: Liefde is van sodanige aard, dat ons in lojaliteit
en verantwoordelikheid teenoor God en ons medemens, die goeie beeld en
naam van God en die Christendom sal hooghou. As Geesvervulde mense,
wil ons nie skaamte en skande aan God en Sy familie in Lynnwoodrif
Gemeente of elders bring nie. Ons keuses en besluite en interpersoonlike
verhoudings, sal deur die Wysheid wat van Bo kom, gedring word. Só sal ons
eerder aan God en ons Christelike familie eer bring. As ons só leef, dan het
ons lief en dan is ons mense van die Heilige Gees. In die lig van bogenoemde, hoe sou jy ʼn Geesvervulde lewe beskryf?
________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________
GELOOFSGEWOONTE
GOD, DIE HEILIGE GEES? Omdat die Heilige Gees “gees” is, is dit dalk moeilik om oor Hom te gesels.
Het julle al daaraan gedink dat ons ook nie die wind kan sien nie, maar dat
14
ons baie kan vertel oor die wind… die skade wat ʼn stormwind aangerig het,
of die heerlike gevoel van ʼn koel namiddag-briesie na ʼn briesend warm dag. Net so kan ons dalk nie die Heilige Gees “sien” nie, maar Sy impak en krag is
duidelik sigbaar. Dink aan hoe die Heilige Gees die plek van Jesus in jou lewe oorgeneem het
(ander Voorspraak). Op watter van die vier funksies van die Heilige Gees as
Voorspraak gaan jy in die toekoms as Geloofsgewoonte fokus? Hoe gaan jy
hierdie week begin om dit te doen en hoe gaan jy daarmee volhou? Vertel
volgende keer vir mekaar hoe julle daarmee vorder.
G
15
4. Gebedsjoernaal
Skryf jou gebedsversoeke hieronder neer en onderneem om elke dag
daarvoor te bid. As gebede verhoor is, skryf die antwoord langsaan neer.
Onthou om dankie te sê. Mag die kragveld van die Heilige Gees jou lei!
Datum Gebedsversoek Datum Antwoord
16
Datum Gebedsversoek Datum Antwoord
17
5. Aantekeninge
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
_________________________________________
18
Top Related