vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit...

23
1 Ned. Geref. Kerk Sinode WES-TRANSVAAL Inligtingsdokument vir lidmate van gemeentes in Wes-Transvaal oor die stem vir die voorgestelde wysiging van die Artikel 1 van die Kerkorde Hierdie stemproses is juis so dat elke lidmaat wat deel is van die geloofsfamilie van die NG Kerk, geleentheid kry om deel te neem aan die proses. ’n Demokratiese reg uit te oefen. Hul stem in die Kerk te laat hoor! Baie mense vra hoekom moet ek as lidmaat stem? Die appèl-uitspraak van 27 November 1998 in die Koppies- hofsaak tussen die NGKA en VGKSA genoodsaak dit dat lidmate moet stem. Dáár is beslis dat geen meerdere vergadering eiemagtig die Belydenisgrondslag en/of Kerkorde kan wysig sonder dat ’n tweederdemeerderheid van die plaaslike gemeentes daartoe ingestem het nie. Artikel 1 van die Kerkorde handel oor die NG Kerk se belydenisgrondslag. Dit verduidelik wat die boustene van ons geloofsleer is. Dit is waarop ons antwoord by: Die doop van ons kinders; wanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word (belydenisaflegging); wanneer kerkraadslede bevestig word en Bedienaars van die Woord gelegitimeer en/of bevestig word.

Transcript of vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit...

Page 1: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

1

Ned. Geref. Kerk SinodeWES-TRANSVAAL

Inligtingsdokument vir lidmate van gemeentes inWes-Transvaal oor die stem vir die voorgestelde wysiging

van die Artikel 1 van die Kerkorde

Hierdie stemproses is juis so dat elke lidmaat wat deel is van die geloofsfamilie van die NG Kerk, geleentheid kry om deel te neem aan die proses. ’n Demokratiese reg uit te oefen. Hul stem in die Kerk te laat hoor!

Baie mense vra hoekom moet ek as lidmaat stem? Die appèl-uitspraak van 27 November 1998 in die Koppies-hofsaak tussen die NGKA en VGKSA genoodsaak dit dat lidmate moet stem. Dáár is beslis dat geen meerdere vergadering eiemagtig die Belydenisgrondslag en/of Kerkorde kan wysig sonder dat ’n tweederdemeerderheid van die plaaslike gemeentes daartoe ingestem het nie.

Artikel 1 van die Kerkorde handel oor die NG Kerk se belydenisgrondslag. Dit verduidelik wat die boustene van ons geloofsleer is. Dit is waarop ons antwoord by:

Die doop van ons kinders; wanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word (belydenisaflegging); wanneer kerkraadslede bevestig word en Bedienaars van die Woord gelegitimeer en/of bevestig word.

Hierdie proses oor Artikel 1 van die Kerkorde het reeds by die Algemene Sinode van 2011 begin toe die Algemene Sinode besluit het om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dit aan die Moderamen opgedra het om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel. By die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou stem uit te bring.

JY AS LIDMAAT WORD UITGENOOI OM TE STEM…

Artikel 1 van die Kerkorde waaroor dit gaan:

Page 2: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

2

Die Huidige Artikel 1 van die Kerkorde wat reeds sedert 1962 deel van die Kerkorde is:

Die Nederduits-Gereformeerde Kerk staan gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naamlik die sewe en dertig artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en vyf Dordtse Leerreëls

(Later in hierdie inligtingstuk sal u meer hoor van die Sinode van Dordrecht 1618-1619 en die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die vyf Dordtse Leerreëls.)

Die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde (besluit van die Algemene Sinode Oktober 2013):

1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. 2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in 2.1.1 die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en 2.1.2 die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. 2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie. 3 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ʼn uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

Meer oor Belydenisse en Belydenisskrifte:

Terwyl ons oor die belydenisse van ons kerk praat, is dit goed om net weer te sê wat ‘n belydenis is, hoe dit tot stand kom en wat die gesag daarvan is.

Page 3: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

3

Belydenisse word gebore vanuit die konflik van teenstrydige uitkomste in die vraag na die betekenis van die Evangelie.So ‘n belydenissituasie kom nie oornag tot stand nie, om die waarheid te sê, dit is die laaste aksie in ‘n verstaanskonflik – ‘n daad van belydenis. In so ‘n belydenis tref jy nie vryblywende opinies aan nie, maar verbindelike uitsprake waarin die geloofsverstaan en identiteit van ‘n belydende gemeenskap op die spel is: hulle sê by wyse van spreke dat hulle ontrou teenoor God en teenoor hulleself/mekaar sal wees as hulle sou swyg terwyl ‘n afwykende leer verkondig word en mense in ooreenstemming daarmee begin lewe. In die reël word so ‘n belydenis op skrif gestel. ‘n Belydenis word ‘n belydenisskrif as ‘n geloofsgemeenskap dit amptelik (gesamentlik en publiek) ‘omhels’ en aanneem as uitdrukking van die eie geloofsverstaan. Dit kan uiteraard net sin maak as die ‘inhoude’ van hierdie belydenis binne hierdie geloofsgemeenskap in die prediking, kategese en lewenswandel aanwesig is, m.a.w. as hierdie belydenisinhoude die identiteit van die geloofsgemeenskap mede-bepaal.Wat is die gesag en status van belydenisse/belydenisskrifte? Die belydenisskrifte se gesag is toegekende gesag deur ‘n geloofsgemeenskap. Hierdie toekenning of toesegging van gesag geskied op grond van die vaste oortuiging dat die belydenis die waarheid van die Woord betroubaar vertolk. Dit beteken egter ook dat belydenisse nie ewig-geldende, onveranderlike dekrete is nie, maar mensewerk wat in beginsel hersienbaar is en ook aangevul kan word in nuwe situasies wat mag ontstaan.Omdat geloofsverstaan verdiep en verruim kan word, insig in en kennis van die Skrif kan toeneem, kan ‘geloofsantwoorde’ aan die orde kom wat nie voorheen so verwoord is nie. Omdat toegekende gesag afgeleide gesag is, (geen belydenis of belydenisskrif kan bo die Bybel geag word nie) moet die ‘lewenssirkel’ tussen gelowige lees en luister na die Skrif én die gelowige (belydenismatige) antwoord in woord en daad daarop, voortgaande lewenspraktyk word. Die ideaal is dat ons nie net ‘n ‘belydeniskerk’ is nie, maar in die volste sin van die woord ‘n belydende kerk sal wees en al meer sal word.

Net om u geheue te verfris, ’n paar woorde oor ons huidige ses belydenisskrifte:

Page 4: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

4

2.1.1 van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde praat van die Ekumeniese belydenisse (nie genoem in die huidige Artikel 1 van die Kerkorde nie, die Apostoliese Geloofsbelydenis of Twaalf Artikels word wel in die Heidelbergse Kategismus behandel en daar is ’n vermelding van al drie in een enkele sin in die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 9):

Apostoliese Geloofsbelydenis:Ontstaan: 150 n.C. – vyfde eeu

Samestellers:Dit is nie deur die apostels self opgestel soos ’n ou legende dit wil hê nie. Mense wat in die vroeë kerk gedoop is, of ouers wat hulle kinders wou doop, moes ’n eenvoudige belydenis van geloof aflê. In 150 n.C. was die basiese vorm hiervan reeds in Rome bekend. Hierdie belydenis is algaande uitgebrei totdat dit sy huidige vorm in die vyfde eeu gekry het.

Inhoud:Die hoofsaak van die evangelie word kernagtig in twaalf hoofpunte saamgevat. Hierin word bely wat die hoofwerk van elkeen van die drie Persone van God, naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees is.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees;Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;Die vergewing van sondes;Die opstanding van die vleesEn 'n ewige lewe.

Geloofsbelydenis van NiceaOntstaan:325/381 n.C.Samestellers:Verwarrende opvattings oor die verhouding van die drie Persone van die Godheid tot mekaar en oor die verhouding tussen die Godheid en mensheid van Jesus het vroeg in die vierde eeu ontstaan. By die Sinode van Nicea in 325 n.C. (die eerste ekumeniese konsilie) het hulle nie letterlik die belydenis opgestel nie, eers na 362 n.C. het dit ontstaan en dit is verder uitgebrei op die tweede ekumeniese konsilie te Konstantinopel 381 n.C., terwyl nog later “en die Seun” [by die

Page 5: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

5

uitgaan van die Heilige Gees] daaraan toegevoeg is. Dit word daarom ook die “Niceno- Constantinopolitanum” genoem. Inhoud:Hierdie belydenis is, net soos die Twaalf Artikels, ’n kernagtige samevatting van die hoofpunte van die evangelie. Die volgende punte is bygevoeg:

’n Kort uiteensetting van die verhouding van Jesus tot die Vader en ’n Kort uiteensetting van die verhouding van die Heilige Gees tot die Vader en die Seun.

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge;en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye;(God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader;deur wie alle dinge ontstaan het;wat ter wille van ons, die mens, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is;en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte; wat opgevaar het na die hemel, en wat sit aan die regterhand van die Vader;wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het, wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie;en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word, wat gespreek het deur die heilige profete.Ons glo aan een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels.Ons bely een doop tot vergifnis van sondes;ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die lewe van die toekomstige eeu. Amen. Geloofsbelydenis van Atanasius:Ontstaan:Vierde eeu n.C.

Samestellers:Hierdie belydenis reageer op die dwalings van daardie tyd. Dit handel veral oor die verhouding van die drie Persone van die Godheid tot mekaar en oor die manier waarop Jesus mens geword het. Die belydenis word aan die kerkvader Atanasius toegeskryf wat in die vierde eeu n.C. geleef het. Na alle waarskynlikheid het hy dit nie opgestel nie. Dit stam waarskynlik omstreeks 500 uit Spanje of Suid-Frankryk. Vir sover bekend is dit in die 13de eeu met die ander twee ekumeniese belydenisskrifte gelykgestel. Dit word ook die “Symbolum Quicumque - na die eerste woorde - genoem.

Inhoud:Die inhoud bestaan uit:

’n Breedvoerige beskrywing van die verhouding van die drie Persone van die Drie-eenheid tot mekaar. Alles draai om die eenheid in die Drieheid en die Drieheid in die eenheid.

’n Verduideliking van die manier waarop Jesus mens geword het en wat die verhouding tussen sy Goddelike en menslike natuur is.

Page 6: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

6

1. Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou.2. As iemand dit nie heeltemal en ongeskonde bewaar nie, sal hy sonder twyfel ewig verlore gaan.Die algemene geloof is: 3. Ons moet die één God in die Drievuldigheid en die Drievuldigheid in die Eenheid eer,4. sonder om die persone te vermeng of die substansie te deel.5. Want die persoon van die Vader is 'n ander, van die Seun is 'n ander (en) van die Heilige Gees is 'n ander.6. maar die Vader en die Seun en die Heilige Gees is één Godheid met gelyke eer en mede-ewige majesteit.7. Hoedanig die Vader is, sodanig is ook die Seun (en) sodanig is ook die Heilige Gees.8. Die Vader is ongeskape, die Seun is ongeskape (en) die Heilige Gees is ongeskape;9. die Vader is onmeetlik, die Seun is onmeetlik (en) die Heilige Gees is onmeetlik;10. die Vader is ewig, die Seun is ewig (en) die Heilige Gees is ewig.11. Nogtans is dit nie drie Ewiges nie, maar één Ewige,12. net soos ook nie drie Ongeskapenes of drie Oneindiges nie, maar één Ongeskapene en één Oneindige.13. net so is die Vader almagtig, die Seun almagtig (en) die Heilige Gees almagtig;14. en tog is daar nie drie Almagtiges nie, maar één Almagtige.15. So ook is God Vader, God is Seun en God is Heilige Gees;16. en tog is dit nie drie Gode nie, maar dit is één God.17. Net so is die Heer Vader,, die Heer Seun (en) die Heer Heilige Gees;18. en tog is dit nie drie Here nie, maar dit is één Heer.19. Want soos ons deur die Christelike waarheid gedwing word om elke Persoon afsonderlik God en ook Here te noem, so is dit ons ook deur die algemene geloof verbode om van drie Gode of Here te praat.20. Die Vader is deur niemand gemaak of geskep of verwek nie;21. die Seun is deur die Vader alleen, nie gemaak of geskep nie, maar verwek;22. die Heilige Gees is deur die Vader en die Seun, nie gemaak, geskep of verwek nie, maar Hy gaan van die Vader en die Seun uit.23. So is daar dan één Vader, nie drie Vaders nie; één Seun, nie drie Seuns nie; één Heilige Gees, nie drie Heilige Geeste nie.24. En in hierdie Drievuldigheid is niks eerder of later nie en is niks meer of minder nie, maar al drie persone is onderling mede-ewig en volkome aan mekaar gelyk. 25. só, dat in alle opsigte, soos alreeds hierbo gesê is, die eenheid in die Drievuldigheid en die Drievuldigheid in die eenheid geëer moet word.26. Daarom, wie dus salig wil word, moet só oor die Drievuldigheid voel. 27. Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy ook getrou aan die menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.Die regte geloof is dan:28.dat ons glo en bely dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelyk God én mens is.29. Hy is God uit die substansie van die Vader, voor alle tye verwek én mens uit die substansie van sy moeder, in die tyd gebore;30. volkome God, volkome mens met 'n redelike siel en menslike vlees,31. aan die Vader gelyk na sy Godheid, minder as die Vader na sy mensheid.32. En al hoewel Hy God is en mens, is Hy nogtans nie twee nie, maar één Christus.33. één nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie, maar deur die aanneming van die mensheid in God.34. één, nie deur vermenging van die substansie nie, maar deur die eenheid van die Persoon.35. Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens één Christus,

Page 7: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

7

36. wat gely het om ons saligheid ontwil, ter helle neergedaal het, op die derde dag weer opgestaan het uit die dode,37. opgevaar het na die hemel, aan die regterhand van die Vader sit en van daar sal kom om hulle wat nog lewe én hulle wat alreeds gesterf het te oordeel;38. by wie se koms alle mense weer sal opstaan wat die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; 39. hulle wat goed gedoen het, sal die ewige lewe ingaan, maar die wat kwaad gedoen het, in die ewige vuur.40. Dit dan is die algemene geloof: as iémand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig word nie.

2.1.2 van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde praat van die drie formuliere van eenheid (hierdie belydenisskrifte is te omvattend om hul volledig in hierdie inligtingsdokument te plaas. U kan gerus u leraar om die volledige bewoording vra of dit self op internet kry.)

Nederlandse GeloofsbelydenisOntstaan:1561

Skrywer:Guido de Brés

Omstandighede wat lei tot die ontstaan van die Belydenisskrif:Spanje regeer oor groot dele van Europa. Die koning van Spanje is Rooms-Katoliek. Katolieke wil botsende sienings uitroei. De Bres se belydenis het ten doel om as 'n verduideliking van die gereformeerde geloof in Nederland teenoor koning Philip van Spanje te dien. Op 2 November 1561 word die belydenis met 'n brief wat aan die koning gerig is oor die poort van die kasteel gegooi. Die owerheid reageer skerp. Hulle brand De Bres se studeerkamer met alle kopieë van die belydenis daarin af en in 1566 word hy gevang en opgehang.

Indeling van die belydenisskrif:37 Artikels

Fyner indeling: God sy openbaring en sy Woord – Artikels 1-11 Die skepping, voorsienigheid, sondeval en verlossing – Artikels 12-17 Die verwerwing en toe-eiening van die heil (saligheid – Artikels 18-26 Die kerk: Artikels 27-37

Heidelbergse Kategismus

Page 8: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

8

Ontstaan:1563

Skrywer:Ursinus en Olevianus

Omstandighede wat lei tot die ontstaan van die Belydenisskrif:Nederland was onafhanklik van Spanje. Die kerk en die staat was een. Die keurvors van die Palts in Duitsland ('n gereformeerde) wou 'n leerboek hê om groter eenheid onder gereformeerdes te bewerk en om daaruit vir die kinders die evangelie te leer. Ursinus en Olevianus kry toe die opdrag om die kategismus (leerboek) op te stel. Hulle was van Duitsland. In 1563 is hierdie Kategismus van Heidelberg goedgekeur.

Indeling van die Belydenisskrif:129 vrae en antwoorde en drie dele: sonde; verlossing en dankbaarheid

Fyner indeling:Vier kernstukke word behandel:

Geloof (die Twaalf Artikels) Gebod (Die Tien Gebooie) Gebed (Die Onse Vader gebed) Genademiddels (Doop en Nagmaal)

Dordtse LeerreëlsOntstaan:1618-1619

Skrywer:Sinode van Dordrecht

Omstandighede wat lei tot die ontstaan van die Belydenisskrif:In die 16de en in die begin van die 17de eeu was daar in Nederland 'n groot stryd tussen twee gereformeerde groepe: die Remonstrante (mense wat meer klem lê op die mens se aandeel in geloof) en die Kontraremonstrante (dit is gereformeerdes wat meer klem lê op God se kant in die geloof). Die stryd het veral oor die uitverkiesing, die vrye wil van die mens, die weg van saligheid en volharding van die gelowiges gegaan. Prins Maurits het ingegryp en 'n sinode bymekaar-geroep. By die Sinode van Dordt (1618-1619) is die Remonstrante se standpunt op grond van die Bybel verwerp.

Indeling van die Belydenisskrif:Vier leerstukke in vyf hoofstukke

Fyner indeling: Die Goddelike uitverkiesing en verwerping Die dood van Christus en die verlossing van die mens deur sy dood Die mens se verdorwenheid en bekering tot God Die volharding van die heiliges.

Page 9: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

9

Hierdie ses belydenisskrifte het u as lidmaat ook leer ken tydens u kategetiese onderrig.

2.2 van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde praat van die Belydenis van Belhar (die insluiting van hierdie belydenis in die belydenisgrondslag van die NG Kerk is opsioneel: “op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie.”)

Belydenis van BelharOntstaan:Oktober 1982 wat finaal vasgestel is in April 1986

Samestellers:NG Sendingkerk (NGSK)

Inhoud:

Die oorspronklike teks soos dit in 1986 deur die sinode van die destydse NG Sendingkerk goedgekeur is:1. Ons glo in die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe.

2. 0ns glo aan een heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag. Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in die kerk as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is; Efesiërs 2:11-22

dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe en opdrag is; dat dit 'n samebindende krag is deur die werking van Gods Gees, maar terselfdertyd 'n werklikheid is wat nagejaag en gesoek moet word en waartoe die volk van God voortdurend opgebou moet word; Efesiërs 4:1-16

dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wêreld kan glo dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is wat reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag hê nie, maar bestry moet word; Johannes 17:20-23

dat hierdie eenheid van die volk van God op 'n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen;

Page 10: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

10

Filippense 2:1-51 Korintiërs 12:4-31

daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee; daarin dat ons een geloof deel, een roeping het, een van siel en een van sin is, een God en Vader het, van een Gees deurdrenk is; van een brood neem en uit een beker drink, met een doop gedoop is, een Naam bely, aan een Heer gehoorsaam is, vir een saak ywer, een hoop met mekaar deel; saam die hoogte en breedte en diepte van die liefde van Christus leer ken; saam opgebou word tot die gestalte van Christus, tot die nuwe mensheid; saam mekaar se laste ken en dra en so die wet van Christus vervul, mekaar nodig het en mekaar opbou, mekaar vermaan en mekaar vertroos, saam met mekaar ly vir die geregtigheid, saam bid, saam diensbaar is aan God in hierdie wêreld, saam stry teen alles wat hierdie eenheid mag belemmer of bedreig;Johannes 13:1-171 Korintiërs 1:10-13Efesiërs 4:1-6Efesiërs 3:14-201 Korintiërs 10:16-171 Korintiërs 11:17-34Galasiërs 6:22 Korintiërs 1:3-4

dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God;Romeine 12:3-81 Korintiërs 12:1-11Efesiërs 4:7-13Galasiërs 3:27-28Jakobus 2:1-13

dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde vir lidmaatskap van hierdie kerk is.

Daarom verwerp ons enige leer wat óf die natuurlike verskeidenheid óf die sondige geskeidenheid so verabsoluteer dat hierdie verabsolutering die sigbare en werksame eenheid van die kerk belemmer of verbreek of selfs lei tot ‘n aparte kerkformasie;

wat voorgee dat hierdie geestelike eenheid werklik bewaar word deur die band van die vrede wanneer gelowiges met dieselfde belydenis van mekaar vervreem word ter wille van die verskeidenheid en vanweë die onderversoendheid;

wat ontken dat 'n weiering om hierdie sigbare eenheid as 'n kosbare gawe na te jaag sonde is;

wat uitgesproke of onuitgesproke voorgee dat afkoms of enige ander menslike of sosiale faktore medebepalend is vir lidmaatskap van die kerk.

3. 0ns glo dat God aan sy kerk die boodskap van versoening in en deur Jesus Christus toevertrou het; dat die kerk geroep is om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees; dat die kerk salig genoem word omdat hulle vredemakers is; dat die kerk deur woord en daad getuies is van die nuwe hemel en die nuwe aarde waarop geregtigheid woon;2 Korintiërs 5:17-21Matteus 5:13-16

Page 11: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

11

Matteus 5:92 Petrus 3:13Openbaring 21-22 dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoendheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in 'n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring; Efesiërs 4:17-6:23Romeine 6Kolossense 1:9-14Kolossense 2:13-19Kolossense 3:1 - 4:6

dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking daarvan in die weg gestaan word indien dit verkondig word in ‘n land wat op Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig;

dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die evangelie by voorbaat verloën, ideologie en dwaalleer is.

Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die evangelie of die wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in so 'n situasie sanksioneer en daardeur die bediening en belewing van die versoening in Christus by voorbaat belemmer en van krag beroof.

4. Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is, ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat dit vir Hom reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek;Deuteronomium 32:4Lukas 2:14Johannes 14:27Efesiërs 2:14Jesaja 1:16-17Jakobus 1:27Jakobus 5:1-6Lukas 1:46-55Lukas 6:20-26Lukas 7:22Lukas 16:19-31

dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom;Psalm 146

Page 12: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

12

Lukas 4:16-19Romeine 6:13-18Amos 5

dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die verontregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.

Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van veronregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so 'n ideologie te weerstaan nie.

5.0ns glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.Efesiërs 4:15-16Handelinge 5:29-331 Petrus 2:18-251 Petrus 3:15-18

Jesus is die Heer.

Aan dié enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, kom toe eer en heerlikheid in ewigheid.

Die begeleidende brief by die Belydenis van Belhar Die Sinode van die voormalige NG Sendingkerk (NGSK) in Suid-Afrika het reeds in 1982 met die aanvaarding van die Belydenis van Belhar as ’n konsep ’n begeleidende brief goedgekeur om altyd daarmee saam te lees. 1. Ons is daarvan bewus dat daar in die lewe van die kerk oomblikke kan ontstaan van soveel erns dat die kerk die noodsaak kan voel om opnuut sy geloof te bely in die lig van ’n spesifieke situasie. Ons is daarvan bewus dat so ’n daad van belydenis nie ligtelik gedoen word nie, maar slegs as geoordeel word dat die hart van die evangelie self op die spel staan en bedreig word. Na ons oordeel verg die kerklike en politieke situasie binne ons land en veral binne die NGK-familie tans so ’n beslissing. Ons doen hierdie belydenis dus nie as ’n teologiese gespreksbydrae of as ’n nuwe samevatting van al ons geloofsgoedere nie, maar as ’n kreet uit die hart, as ’n dwang wat ons opgelê is om die evangelie ontwil in die lig van die oomblik waarin ons staan. Ons bely saam met vele ons skuld daarin dat ons nie altyd duidelik genoeg hieroor getuig het nie en gevolglik medeverantwoordelik is daarvoor dat wat as sonde ervaar en bely is of as sonde ervaar en bely moes word, mettertyd gegroei het tot vanselfsprekendhede en Skrifvreemde ideologieë en dat die indruk by vele geskep is asof die evangelie nie waarlik op die spel was nie. Ons spreek hierdie belydenis uit, omdat ons oordeel dat allerlei teologiese argumente daartoe bygedra het om aspekte van die waarheid so eensydig te beklemtoon dat dit in die leuen verander het. 2. Ons is daarvan bewus dat die enigste gesag agter so ’n belydenis en die enigste grond waarop dit uitgespreek kan word die Heilige Skrifte as die Woord van God is. Volkome bewus van die waagstuk verbonde aan so ’n daad, oordeel ons tog dat ons geen ander keuse het nie. Ons is boonop daarvan bewus dat geen ander motiewe of oortuigings, hoe geldig hulle ook al mag wees, ons die reg veroorloof tot ’n daad van belydenis nie. Dit moet ’n kerklike handeling wees ter wille van die suiwerheid en die geloofwaardigheid van die kerk en sy boodskap alleen. Sover dit moontlik is voor die mense verklaar ons hiermee dat ons enigste dryfveer geleë is in ons vrees dat die waarheid en krag van die evangelie self bedreig word in hierdie situasie. Ons wil geen groepsbelang dien, partyskappe bevorder, teologieë bevorder of bymotiewe verwesenlik

Page 13: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

13

nie. Terselfdertyd weet ons dat ons diepste bedoelinge slegs na ware beoordeel kan word deur Hom voor wie alles oop en bloot is. Ons spreek hierdie belydenis nie uit vanaf sy troon en uit die hoogte nie, maar voor sy troon en voor die mense. Ons pleit daarom dat hierdie belydenis nie misbruik sal word deur enigiemand met allerlei bymotiewe nie en dat dit ook nie vanuit sulke motiewe teëgestaan sal word nie. Ons begeerte is om geen valse struikelblokke in die weg te lê nie, maar om heen te wys na die egte struikelblok, die rots Jesus Christus. 3. Ons spreek hierdie belydenis nie uit teen spesifieke mense of groepe van mense of ’n kerk of kerke nie. Ons spreek hierdie belydenis uit teen ’n valse leer, teen ’n ideologiese verdraaiing wat die evangelie self in ons kerk en land bedreig. Ons versugting is dat niemand hulle sal vereenselwig met hierdie verwerplike leer nie en dat almal wat heeltemal of gedeeltelik daardeur verblind is hulle daarvan sal afkeer. Ons is terdeë bewus van die verleidelike aard van so ’n valse leer en weet dat vele wat daardeur gekondisioneer is in mindere of meerdere mate die halwe waarheid leer glo het as die volle. Ons betwyfel daarom nie talle van sulke mense se Christelike geloof, hulle opregtheid, eerlikheid, integriteit en goeie bedoelinge en in baie opsigte lofwaardige handelswyse nie. Juis omdat ons egter die krag van die misleiding ken, is ons daarvan bewus dat nie die erns, opregtheid en intensiteit van ons sekerhede ons vrymaak nie, dog slegs die waarheid in die Seun. Aan dié bevryding het ons kerk en ons land ’n intense behoefte. Ons praat daarom pleitend en nie beskuldigend nie. Ons pleit om versoening, dié egte versoening wat volg op bekering en verandering van gesindhede en ordeninge. Ons is daarby daarvan bewus dat ’n daad van belydenis ’n tweesnydende swaard is, dat niemand van ons die eerste klip kan gooi of nie self ’n balk in die eie oog het nie. Ons weet dat die gesindhede en optrede wat die evangelie teëwerk by ons almal aanwesig is en sal bly. Daarom is hierdie belydenis niks anders nie as ’n oproep tot voortdurende gesamentlike selfondersoek, stryd en bereidheid tot bekering in die Naam van ons Here Jesus Christus in ’n gebroke wêreld. Dit wil geen daad van selfregverdiging en onverdraagsaamheid wees, sodat ons terwyl ons vir andere preek, dalk self verwerplik sal wees nie. 4. Ons bede is dat hierdie daad van belydenis nie valse struikelblokke in die weg sal lê en daardeur valse verdelinge sal veroorsaak en bevorder nie, dog versoenend en verenigend sal wees. Ons is daarvan bewus dat so ’n daad van belydenis en ’n proses van versoening noodwendig veel pyn meebring. Dit verg die pyn van bekering, berou en skuldbelydenis. Dit verg die pyn van lewensvernuwing en -verandering, sowel individueel as gesamentlik. Dit plaas ons op ’n pad waarvan ons die einde nie kan voorsien of na ons eie wense kan manipuleer nie. Op dié pad sal ons onvermydelik intense groeipyne ervaar terwyl ons worstel om die vervreemding, die bitterheid, die onversoendheid en die vrees te oorwin. Ons sal sowel onsself as mekaar nuut moet leer ken en beleef. Ons is terdeë daarvan bewus dat hierdie belydenis roep om die aftakeling van denk-, kerklike en samelewingstrukture wat oor baie jare heen gegroei het. Ons bely egter dat daar ter wille van die evangelie geen ander uitweg moontlik is nie. Ons bede is dat ons broeders en susters dwarsdeur die hele NGK-familie, maar ook daarbuite, hierdie nuwe begin saam met ons sal wil maak, sodat ons sáám kan vry word en sáám hierdie weg van versoening en geregtigheid kan gaan. Ons bede is dat hierdie droefheid gevolglik ’n droefheid tot verlossing sal wees. Ons glo dat dit moontlik is in die krag van onse Here en deur sy Gees. Ons glo dat die evangelie van Jesus Christus hoop, bevryding, heil en ware vrede vir ons land kan en wil bring.

IETS MEER OOR JOU STEM VIR DIE VOORGESTELDE NUWE ARTIKEL 1 VAN DIE

KERKORDE:

Page 14: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

14

U as ingeskrewe Belydende lidmaat van die NG Gemeente ………………….. gaan gevra word om te stem oor die volgende aanbeveling van die kerkraad:

Die Kerkraad van die gemeente het tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op …………………… 2015 besluit om aan te beveel by die gemeente om vir (Ja) of teen (NEE) te stem vir die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde.” Dus u gaan geleentheid kry om of vir (JA) of teen (NEE) te stem vir die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde.

Lees ook asseblief die volgende:

Belhar: Waaroor presies moet NG Kerk stem?

Dinsdag 30 September 2014 3:00 vm.Netwerk24Prof. Piet Strauss

Waaroor gaan die stemmery oor die Belhar-belydenis waaraan kerkrade en gemeentes van die NG Kerk moet deelneem? En waaroor gaan dit nie? Piet Strauss gee ’n uiteensetting.

Die kerkrade en gemeentes van die NG Kerk moet stem oor ’n nuwe artikel 1 van die Kerkorde soos voorgestel deur die Algemene Sinode. Hierdie artikel gaan oor die belydenisgrondslag of diepste identiteit van die NG Kerk.Die voorstel spruit daaruit dat die Belydenis van Belhar op aandrang van die Verenigende Gereformeerde Kerk nou langer as 20 jaar op die tafel van die NG Kerk lê. Vir die VGKSA as ’n jonger kerk in die NG familie is dit die uitdrukking van hul identiteit. En juis omdat die belydenisskrifte van die kerk as ’n reaksie op wat die Bybel oor sekere kernsake van ons verhouding met die Here sê, die lidmate bind, moet kerkrade en gemeentes ook in die saak geken word.Die Algemene Sinode van 2013 het die voorstel wat al van die sinode van Hartenbos in 2004 kom, opnuut gewysig en feitlik eenparig aanvaar.

Duidelikheidshalwe eers waaroor nié gestem word nie.

■ Die stemming gaan nie oor die inhoud van Belhar nie, maar oor hoe Belhar in die NG Kerk hanteer moet word; oor ’n praktiese maatreël om die sterk stemme

Page 15: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

15

in die kerk daarvoor en daarteen te hoor en formeel te erken; om aan albei ruimte te gee omdat albei ’n gerekende groep in die NG Kerk is.Die voorstel wil die huidige situasie in die NG Kerk met ’n artikel in die kerkorde wettig. Belhar moet nie die NG Kerk skeur nie. Dit sou in stryd met Belhar self oor die eenheid van die kerk wees.■ Die stemming verander niks aan die huidige 6 belydenisskrifte en die wyse van hul aanvaarding in die NG Kerk nie. Ons aanvaar hulle steeds as in ooreenstemming van die Bybel. Die argument dat as jy oor Belhar ’n keuse het of as dit opsioneel is, al die belydenisse van die NG Kerk opsioneel word, is nie waar nie. Lees die voorstel. Die hantering van die huidige 6 belydenisse is regtig nie op die tafel nie.■ Die argument dat Belhar deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk word, of jy nou daarvoor of daarteen is, hou ook nie rekening met die voorstel nie. Die voorstel lui dat Belhar in die belydenisgrondslag van die NG Kerk ingetrek word “op so ’n wyse” sodat dié wat wil, dit kan onderskryf en dié wat dit nie as belydenis onderskryf nie, die vryheid daartoe het. Vir hulle is dit nie ’n belydenis nie.“ BELHAR WORD OP SÓ ’N WYSE AANVAAR DAT DIÉ WAT DIT AS BELYDENIS AANVAAR, DIT KAN DOEN EN DIÉ WAT DIT NIE AS BELYDENIS AANVAAR NIE, DIT OOK KAN DOEN. ”Die voorstel wil help dat ons Belhar hanteer en vorentoe gaan. Die saak sal natuurlik met die NG familie uitgepraat moet word. Uit daardie oord het ons reeds van stemme verneem dat die huidige stemproses as ’n proses van die NG Kerk gerespekteer moet word. Die saak sal nie net met die VGKSA nie, maar ook met die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa deurgepraat moet word.Die saak sal ook aan die ander Afrikaanse Kerke oorgedra moet word. Behalwe in die VGKSA, is Belhar nie in al hierdie kerke aanvaarbaar nie.

Waaroor stem die kerkrade en gemeentes?

Die stemming gaan oor die voorstel wat beteken:■ Die bestaande belydenisse word nie geraak nie.■ Belhar word op só ’n wyse aanvaar dat dié wat dit as belydenis aanvaar, dit kan doen en dié wat dit nie as belydenis aanvaar nie, dit ook kan doen.■ Die laaste puntjie in die voorstel lui dat daar by die aanvaarding van nuwe belydenisskrifte – anders as die huidige ses wat nie geraak word nie – geen dwang sal wees nie. Nie eens van my eie kerkraad of sinode nie.

Page 16: vir lidmat…  · Web viewBy die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou

16

Implikasies van jou stem oor die voorgestelde Artikel 1

van die KerkordeJy stem vir (JA) of teen (NEE) die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde.

Om jou te help nadink oor die implikasie(s) van jou stem dié volgende ter inligting:

Indien jy persoonlik nie die Belydenis van Belhar as ’n belydenisskrif onderskryf nie, maar vir ander tog ruimte wil gee wat dit wel wil bely, sou jy JA kon stem.

Indien jy persoonlik die Belydenis van Belhar bely en vir ander tog ruimte wil gee wat dit nie as ’n belydenisskrif wil onderskryf nie, sou jy JA kon stem.

Indien jy persoonlik die Belydenis van Belhar bely en wil hê dat almal dit wel moet bely, sou jy NEE kon stem.

Indien jy persoonlik nie die Belydenis van Belhar as ’n belydenisskrif onderskryf nie en ook nie vir ander ruimte wil gee wat dit wel wil bely nie, sou jy NEE kon stem.

Indien jy persoonlik wil hê dat Artikel 1 van die Kerkorde moet bly soos dit tans verwoord word in die Kerkorde – status quo word gehandhaaf - sou jy NEE kon stem.

Onthou Reglement 24 en Artikel 44.1 van die Kerkorde bepaal: Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met ’n tweederdemeerderheid én twee-derdes van alle kerkrade elk met ’n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het.