file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014. . Teken In. II. Teken Uit. W....

22
VrydagNuus 15 AUGUSTUS 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Taal en Menswaardigheid Dis darem 'n wonderlike genade dat God in die besluit om God aan ons te bekend te stel, nie by ons verbygegaan het nie – nie ons menswees geminag het nie – maar juis deur en as 'n mens-kind, God by ons geword het: begryplik in ons spraak en in ons ervaringswêreld. Jesus. Sodat ons sal weet, sonder twyfel sal weet, van Gods liefde vir mense, vir die skepping/veelal en ons juis daarom in God se oë waardig is. Menswaardig. Godwaardig. Lees gerus die voorlegging deur Elize Morkel by die Kaapse NG-Moderamen vandeesweek ... en toets jouself daaraan. SINODALE NUUS 1. NG Wes-en-Suid-Kaap Moderamen Benewens inligting oor besluite en verklarings vanuit die Moderamen (en wat gedurende die afgelope week deur ModeramenNuus aan gemeentes gestuur is), het daar ook verskeie berigte oor hierdie vergadering in Die Burger verskyn. Belangstellendes kan meer daaroor lees by www.kaapkerk.co.za Dokumente – In die Media . (Met dank en erkenning aan joernalis, Anika Marais, wat ook op die vergadering teenwoordig was). 2. Vir Dagboek: NGK Algemene Sinode 2015-sitting Dr Kobus Gerber laat weet: Die sitting van die NG Kerk Algemene Sinode word beplan vanaf Sondag 4 tot Vrydag 9 Oktober 2015 op die kampus van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria. Maak gerus 'n aantekening hiervan op kalenders en in dagboeke.

Transcript of file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014. . Teken In. II. Teken Uit. W....

Page 1: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

VrydagNuus15 AUGUSTUS 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Taal en MenswaardigheidDis darem 'n wonderlike genade dat God in die besluit om God aan ons te bekend te stel, nie by ons verbygegaan het nie – nie ons menswees geminag het nie – maar juis deur en as 'n mens-kind, God by ons geword het: begryplik in ons spraak en in ons ervaringswêreld. Jesus. Sodat ons sal weet, sonder twyfel sal weet, van Gods liefde vir mense, vir die skepping/veelal en ons juis daarom in God se oë waardig is. Menswaardig. Godwaardig. Lees gerus die voorlegging deur Elize Morkel by die Kaapse NG-Moderamen vandeesweek ... en toets jouself daaraan.

SINODALE NUUS1. NG Wes-en-Suid-Kaap ModeramenBenewens inligting oor besluite en verklarings vanuit die Moderamen (en wat gedurende die afgelope week deur ModeramenNuus aan gemeentes gestuur is), het daar ook verskeie berigte oor hierdie vergadering in Die Burger verskyn. Belangstellendes kan meer daaroor lees by www.kaapkerk.co.za – Dokumente – In die Media. (Met dank en erkenning aan joernalis, Anika Marais, wat ook op die vergadering teenwoordig was).

2. Vir Dagboek: NGK Algemene Sinode 2015-sittingDr Kobus Gerber laat weet: Die sitting van die NG Kerk Algemene Sinode word beplan vanaf Sondag 4 tot Vrydag 9 Oktober 2015 op die kampus van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria. Maak gerus 'n aantekening hiervan op kalenders en in dagboeke.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Met Medelye ...1.1 Ds William Jende oorledeDs William Jende (voorheen van die VGK Nyanga) is op Dinsdag 5 Augustus na 'n kort siekbed in Mosselbaai oorlede. In die Kaapse Skiereiland was hy binne die NGK bekend agv sy betrokkenheid by Masibambane, wat 'n skakel-struktuur tussen die NG Kerk en 'n aantal Xhosa-sprekende VGK gemeentes in die

Page 2: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Skiereiland is. Hy word op Saterdag 16 Augustus om 10:00 in Mosselbaai begrawe. 'n Huldeblyk deur kollega Ab Ijzerman is aangeheg.

1.2 Ds Basie Greyling gegroetDs Albertus Johannes (Basie) Greyling is op Woensdag 6 Augustus oorlede op die ouderdom van 78 jaar. Die gedenkdiens het op 11 Augustus by Huis Andre van der Walt in Bellville plaasgevind. Ds Greyling was voor sy aftrede leraar op Eendekuil, Hoopstad, Parowvallei-Wes, Parowvallei en Parow-Noord. 'n Huldeblyk is hier beskikbaar.

2. Kry die Feite oor Die Bybel: 'n Direkte Vertaling (BDV)Sommige van ons lesers het dalk ook (weer) die petisie teen Die Bybel: 'n Direkte Vertaling (BDV) via e-pos en sosiale media (Facebook, WhatsApp, BBM, ens) ontvang. Dit versprei allerlei leuens, waarop Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika reeds in ʼn verklaring reageer het. Belangstellendes kan dit gerus op http://www.bybeldirektevertaling.co.za lees; klik hier. Quintus Heine skryf: “Stuur dié inligting asseblief ook aan elkeen wat die petisie rondstuur – en dankie vir u volgehoue ondersteuning en gebed vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika: ʼn Bybel vir elkeen.”

3. Inklusiewe Liturgie in Interkulturele GemeentesGemeenteleiers en lidmate word hartlik uitgenooi na ’n werkswinkel om mekaar te help met praktiese riglyne en hulpmiddels vir aanbidding en die liturgie aan gemeentes in inklusiewe en kultuursensitiewe eredienste. Dit vind plaas op Saterdag 23 Augustus van 09:00-12:00 by VGK Scottsdene en word aangebied deur Hugenote Kollege, KGA en GKS. Klik hier vir meer inligting en reageer voor 21 Augustus.

4. Stellenbosch Besprekingsgroep: Dialoog tussen GodsdiensteDie Stellenbosch Besprekingsgroep vergader op Dinsdag 19 Augustus vanaf 17:00 in die Kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Hierdie keer bespreek dr Retief Müller die moontlikheid van konstruktiewe dialoog tussen die Christendom en Afrika tradisionele godsdienste. Volledige inligting hieroor is aangeheg.

5. Badisa Algemene JaarvergaderingOns herinner aan Badisa se Jaarvergadering op Dinsdag 19 Augustus om 18:00 vir 18:30 by die NG Kerk Durbanville-Bergsig (Bolandweg, Durbanville). Die spreker is Marlene le Roux, direkteur by Kunstekaap. Belangrik: neem asseblief jou

selfoon of tablet saam, want dié tegnologie gaan in die aand se program aangewend word. Reageer so gou moontlik na [email protected] of 021 957 7130. Klik ook by NUUT op www.kaapkerk.co.za vir die volkleur uitnodiging.

6. Help NG Gamkavallei met Slaginstrumente vir Orkes!

Page 3: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Uit Beaufort-Wes ontvang ons nuus oor NG Gamkavallei se speelskooltjie waar wonderlike werk met 4-5jarige kinders gedoen word. Om hierdie kinders aan musiek bloot te stel, wil hulle met 'n slagorkes begin. Enigeen wat weet van skole (of individue) wat slaginstrumente het om aan hulle te skenk, kan Rene Potgieter kontak by [email protected] of die kerkkantoor skakel by 023 414 2803. 'n Lekker manier om 'n groot verskil in kinders se lewens te help maak – Red.

7. Storie van Hoop: Kerk in Aksie in RustenburgDs Willem Immelman (NG Rustenburg-Bergsig) vertel op 'n YouTube-video hoe die Ring van Rustenburg meer as R5 miljoen in hulp verleen het tydens die onlangse mynstaking. Meer omvattende hulp is ook gelewer. Luister gerus na die getuienis.

8. Waar kry ek Doop- en Geslagsregisters?Die Argief en sinode ontvang gereeld navrae van persone wat hulle geslagsregisters navors en soek na doop-, huweliks of lidmaatregisters. Al hierdie registers in die Argief is op mikrofilm geplaas en op Stellenbosch by die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) beskikbaar vir navorsing. Genealoë (en andere) kan GISA dus skakel by 021 887 5070 / [email protected] of hulle webblad besoek by www.gisa.org.za.

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Helderberg: RimpelweekHelderberg Gemeente (Firmountweg 82) bied van Maandag 18 tot Donderdag 21 Augustus om 19:00 'n Rimpelweek aan. Dit is 'n geleentheid vir mense om saam te dink en te wonder oor 'n paar sake wat ons almal raak. Dit begin saans met 'n kort inset deur 'n spreker en daarna is daar tyd om heerlik saam te gesels oor die onderwerp. Meer oor die sprekers en onderwerpe is onderaan beskikbaar. Gaan gesels gerus saam!

2. NG Gemeente Melkbosstrand: Stephan Joubert werp LigMelkbosstrand bied van 17 Augustus tot 28 September 'n reeks aan met die tema Ligdraers van Jesus. Prof Stephan Joubert begin die reeks op Sondag 17 Augustus om 09:30 met die boodskap God is Lig. Hy tree ook die aand om 19:00 op. Ander temas in die reeks is onder meer Jesus ons Lig, Die Heilige Gees lei ons na die Lig en God se Woord as Lig. Gaan luister gerus – almal is welkom!

3. NG Gemeente Kaapstad dink oor Geloof en Sosiale GeregtigheidSkop jou Saterdagoggend af met 'n insiggewende gesprek oor geloof en sosiale geregtigheid. Gaan gesels saam by NG Kaapstad se Kerksentrum (Kloofstraat 55) om 09:30 op Saterdag 16 Augustus. Die publieke teoloog en outeur, Jim Wallis, tree op en dr Braam Hanekom, dr Nadine Bowers du-Toit en Sivuyile Kotela gesels as paneel ook saam. R30 pp - betaling by die deur of elektronies.

Page 4: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Besprekings noodsaaklik. E-pos Louis van der Riet by [email protected] om jou plek te bespreek en vir enige inligting of bankbesonderhede. Lees hier meer.

4. NG Durbanville-Bergsig: Familie en Gesinsweek met Brad SadlerDurbanville-Bergsig se Familie- en Gesinsweek met Brad Sadler vind van 24-28 Augustus om 19:00 by die kerk plaas. Brad is ’n geakkrediteerde spreker van Focus of the Family SA. Sy passie vir gesonde gesinsverhoudings en ouerskap is wyd bekend. Maak nou al die datums in jou dagboek vas, vra hulle. Rig navrae aan [email protected] of 021 976 4106. Die volkleur uitnodiging is by NUUT op www.kaapkerk.co.za te siene.

5. NG Parow-Panorama ontvang Stephan JoubertAlmal word genooi om op Maandag 25 Augustus om 19:00 saam met Stephan Joubert (leier van die bekende eKerk) by NG Kerk Parow-Panorama, Rembrandtsingel 14, Panorama te kom gesels oor Wie is dié Jesus wat ons aanbid, asook saam met hom 'n ligte ontbyt te kom geniet op Dinsdag 26 Augustus om 08:30 in die kerksaal teen R30 per persoon. Lees hier.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Bybel-Media Nuus Die week is die fokus op die jongste Kerkbode, drie uitsonderlike Doop-publikasies en 'n LiG-lesersdag in Gauteng, laat weet Hans Steyn uit Wellington.

Nagmaal in 'n pizzaplekNG Krantzkloof in Durban hou gereeld 'n pizza-aand. Dan word 'n lang tafel in 'n plaaslike pizzarestaurant bespreek en 'n groep lidmate gaan eet saam uit. Na die ete bedien die dominees dan die nagmaal daar in die openbaar aan hul mense. Dit klink na iets baie eenvoudigs, maar op verskeie vlakke word dit 'n buitengewone aand.

Lees ook: Vrystaters hou sinode oor Belhar Comrades-myle koop hoop vir kleuters

Die ‘ongemaklike seën’ van welvaart Die kerk en grondhervormingLees hier meer.

2. Kerkbode se Spesiale BelydenisuitgaweNa aanleiding van verskeie navrae vir ekstra kopieë van die belydenisuitgawe van 1 Augustus word oorweeg om meer daarvan te druk. Gemeentes wat daarvan wil bestel, moet hul bestellings (minimum van 50) asb voor of op 9 September by Charlene Kruger by [email protected] plaas. Dit sal in die

Page 5: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

week van 15 tot 19 September versprei word. Rig navrae aan Charlene by [email protected] of 021 864 8278.

3. CLF: Gestremdheid in die Kollig op 24 AugustusCLF se nuwe pamflet “Gestremd maar nie nutteloos nie” kyk na vyf gestremdes se verhale, wat die Bybel oor gestremdheid sê, gestremdheid en woede, hoe God mense in lewenskrisisse bystaan en hoe om oorwinnend te lewe. 'n Tweede pamflet wat hierdie onderwerp aanspreek, “Gestremdheid en die kerk” gee 10 wenke hoe om 'n gestremd-vriendelike kerk te wees, die rol van die kerk in die gestremde gemeenskap. Klik hier.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. Vredelust Living Network Krisissentrum Kuier Lekker!Vredelust se Krisissentrum bied 'n gesellige fondsinsamelingsgeleentheid aan op Saterdag 27 September om 09:30 vir 10:00 by die Vredelust NG Kerk Ouditorium, 13e Laan 87, Bellville. Met spreker Mandi du Plooy (aktrise, Kwêla-veldaanbieder) wat fokus op Daar is altyd Hoop!, seremoniemeester: Dieter Voigt (Pasella) en sang deur Jacus en Lina Hattingh, beloof dit 'n heerlike oggend te wees. Kaartjies: R100 pp by Vredelust Mediasentrum, Living Network Krisissentrum, Welgemoed NG Kerkkantoor en HJ Properties. Navrae: Louise by 021 950 4455 of [email protected].

2. NG Gemeente Laaiplek: BasaarLaaiplek se basaar is op Saterdag 23 Augustus. Vanaf 09:30 is pannekoek en “brêkkiebun” te koop; om 10:00 open die basaar en kan alles gekoop word wat lekker is! Gebaktafels, sosaties, vetkoek, melkkos, poeding, slaaie, kerrie-en-rys, lasagne, potjiekos, “slaptjips”, vleistafel en dit alles word afgesluit met die veiling. Sien jou daar, nooi hulle. Skakel die kerkkantoor by 022 783 0046 met navrae.

3. NG Kaapstad: Ontbyt met eKerk Learning CommunityDie Groote Kerk, in samewerking met eKerk se Learning Community, bied op Dinsdag 26 Augustus 'n geleentheid aan waar gesels word oor Hoe moet kerkbywoning in 2014 en verder lyk. Die ontbyt (08:00-10:00 by Emily’s Restaurant in Kloofstraat) is ten bate van die SA Kinderhuis, terwyl die verdere gesprek (met Chris Kamalski, Stephan Joubert en Pierre Engelbrecht) van 11:00-16:00 by die Groote Kerk in Kloofstraat plaasvind. Sien meer hier en skakel Magriet by [email protected].

4. NG Gemeente La Belle: BasaarLa Belle hou basaar op Saterdag 30 Augustus om 09:00 op die gronde van NG De la Bat vir Dowes (Herta Louwstraat 29, Loumar). Gaan geniet al jou basaargunstelinge: heerlike gebak, pannekoek, poeding, hamburgers, handwerk, groente en vrugte, drinkgoed en vele meer. Daar is selfs snoek en patat op die spyskaart! Vir meer inligting skakel Anita by 021 945 2810.

Page 6: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

5. NG Gemeente Kenridge: Kuns vir die KoningKenridge bied op 13 September om 18:30 'n kunsuitstalling, Kuns vir die Koning, aan. Die gewilde Andriëtte Norman tree op en wyn en ligte versnaperinge word aangebied; koste R 150 pp. Ook op 13 September, om 10:30, word 'n bederf-oggend vir vroue aangebied. Tee en demonstrasies van lekkernye en tafeldek kunsies (R 50 pp). Dit alles ten bate van Alta du Toit Nasorg. Kontak 021 913 4206 of [email protected] vir kaartjies en klik hier vir die spesiale uitnodiging.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

Steinthal Landgoed: Administratiewe Beampte Die Beheerraad van Steinthal Landgoed ('n program van die VGKSA Kaapland Sinode) wag aansoeke in vir die vakature as administratiewe beampte. Aansoeke moet hulle voor 3 September bereik. Lees onderaan meer.

Ten Slotte

Ek glo in hierdie Vadermet die wondernaam:"Ek is wat Ek is",werkwoordelik onvoltooidvoortdurend God.

Ek glo aan die vergiffenis dat Genade altyd groter isas my sonde en geskiedenis.

- Uittreksel uit Wilhelm Jordaan se “Blydenuus van die Geloof”. Kry die volledige belydenis hier.

Ben du ToitMarieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

DS WILLIAM JENDE OORLEDE

Page 7: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Ds Jende (voorheen van die VGK Nyanga) is op Dinsdag 5 Augustus na 'n kort siekbed in Mosselbaai oorlede. Hy word op Saterdag 16 Augustus om 10:00 in Mosselbaai begrawe.

Ds Jende het Nyanga VGK bedien vanaf 1998 tot 2008, toe hy om gesondheidsredes met vervroegde pensioen afgetree het. Die laaste jare van sy bediening het sy oë baie verswak. Later was hy heeltemal blind. Sy vrou, Elizabeth, het hom daardie tyd in die bediening sterk ondersteun deur bv die Bybel en formuliere te lees in die eredienste, asook om te help met die nagmaal.

Hy was volledig drietalig, wat gemaak het dat hy orals in die breë kerk goed kon inskakel en sy bydrae tot eenheid kon maak. Binne die VGK het hy op baie komitees gedien. In die Kaapse Skiereiland was hy binne die NGK bekend agv sy betrokkenheid by Masibambane, wat 'n skakel-struktuur tussen die NG Kerk en 'n aantal Xhosa-sprekende VGK gemeentes in die Skiereiland is. Die VGK Ring van Ebenezer onthou hom as 'n toegewyde mens wat baie interessante stories kon vertel.

Ds Jende het sy opleiding as evangelis by die Decoligny Teologiese Skool (in Mthatha) binne die NGKA ontvang. Hy het eers as evangelis gewerk en het later verder gestudeer en is toe as predikant bevestig.

Hy laat sy vrou, kinders en kleinkinders agter.

Ds Ab Ijzerman

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

DS BASIE GREYLINGHULDEBLYK

Kort huldeblyk deur ouderling Johannes Barnard, leier-ouderling te NG Gemeente Parow-Noord:

Ds Basie Greyling se verblyf tydperk te Parow-Noord was 1/6/2001 tot 29/2/2004.

Hy word onthou vir sy vriendelike glimlag, sy ernstige preke, asook dat hy 'n man van gebed was. Hy word ook onthou vir sy besondere menslikheid.

Hy was iemand wat bereid was om hom te hou by die uitsprake van die Bybel wat gehoorsaamheid betref. Hy was byvoorbeeld oortuig daarvan dat, as ons onvergewensgesind is, God nie ons gebede verhoor nie.

Page 8: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Ds Basie het gereeld huisbesoek gedoen, veral by Huis Uitsig.

Ons onthou hom as 'n pligsgetroue leraar.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

WERKSWINKEL: AANBIDDING EN LITURGIE IN INTERKULTURELE GEMEENTES

Datum: Saterdag 23 Augustus 2014Tyd: 09:00 – 12:00Plek: VGK Scottsdene, Hoek van Joseph- en Traviatalaan, Scottsdene

Gemeenteleiers en lidmate word hartlik uitgenooi na ’n werkswinkel om mekaar te help met praktiese riglyne en hulpmiddels vir die uitdagings wat aanbidding en die liturgie aan gemeentes stel wat inklusiewe en kultuursensitiewe eredienste wil ontwikkel en uitbou.

Hierdie werkswinkel sluit aan by die afgelope konferensie oor Interkulturele Gemeente-wees wat 22-23 Julie by Chrismar Villas / Bellville Dienssentrum aangebied is.

FasiliteerdersDawid van HuffelPhilip BothaRyk van Velden

KosteR30 per persoon

AanbiedingstaalAfrikaans & Engels

RegistrasieKontak: Hugenote Kollege | Isebell Appollis | 021 873 1181 | [email protected]

Inskrywings sluit Donderdag 21 Augustus 2014

VennoteHugenote Kollege | Connect – Enhancing ConnectionsKommissie vir Getuienisaksie (KGA)Raad vir Gemeente Ontwikkeling en Kerklike Samewerking (GKS)

Page 9: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

STELLENBOSCH STUDIE- EN BESPREKINGSGROEPONS GODSDIENS EN DIE WETENSKAPPE

Volgende Byeenkoms

Datum en tyd: Dinsdag 19 Augustus, om 17:00 tot 18:00 lesing (oor die ondergenoemde onderwerp) en daarna bespreking tot 18:30.

Onderwerp: Verinheemsing of algehele teenstand: is konstruktiewe dialoog tussen die Christendom en Afrika tradisionele godsdienste moontlik?

Spreker: Dr Retief Müller, Ekklesiologie/Kerkgeskiedenis, US.

Plek: Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal, hoek van Merrimanlaan & Martinsonstraat, Uniepark, Stellenbosch.

Dr Retief Müller se voordrag handel oor:Verinheemsing of algehele teenstand: is konstruktiewe dialoog tussen die Christendom en Afrika tradisionele godsdienste moontlik?

Die vraag in bogaande subtitel is nou verwant aan die meer algemene vraag oor interreligieuse dialoog. Is ware gesprek tussen godsdienste moontlik? Is dit sinvol? Is dialoog nie maar net evangelisasie onder ’n ander naam nie? Of alternatiewelik, as dialoog werklik plaasvind lei dit dan nie onafwendbaar to ’n vorm van sinkretisme nie?

Hierdie is almal belangrike vrae wat nie sommer maklik beantwoord behoort te word nie. Teoloë en godsdiensfilosowe worstel al lankal met hulle implikasies. Dus wil ek in my lesing hierdie vrae ’n bietjie oop laat en eerder die argument maak dat ons binne die konteks van die Christelike geloof in Afrika inderdaad ’n spontane dialoog sien tussen die nalatenskap van die Christendom soos oorspronklik hiernatoe gebring deur westerse sendelinge aan die een kant, en die Afrika inheemse godsdienste aan die ander kant. In ’n sekere sin het sendelinge doelbewus hierdie dialoog bewerkstellig. Aan die ander kant kan dit ook gesien word as ’n voetsool-vlak ontwikkeling wat gedryf word deur gewone kerklidmate.

Dr Retief Müller behaal die grade BA (teologie) en BD aan die Universiteit van Pretoria, sy ThM aan die Columbia Theological Seminary (VSA) en sy PhD aan die Princeton Theological Seminary. Tans is hy senior lektor in kerkgeskiedenis by

Page 10: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

die US. Hy is onlangs bevestig as NGK dosent en predikant gekoppel aan Stellenbosch-Noord Gemeente.

Prof P E WaltersTel 021 808 3366

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE HELDERBERGRIMPELWEEK

Helderberg Gemeente (Firmountweg 82) bied van Maandag 18 tot Donderdag 21 Augustus 'n Rimpelweek aan. Dit is 'n geleentheid vir mense om saam te dink en te wonder oor 'n paar sake wat ons almal raak. Dit begin saans om 19:00 met 'n kort inset deur 'n spreker en daarna is daar tyd om heerlik saam te gesels oor die onderwerp.

Maandagaand word ingelei deur Christa Benade-Thom (psigiater) waartydens ons reguit met mekaar gaan gesels oor intimiteit binne gevestigde verhoudings. Dinsdagaand gaan Geoff en Eileen Stenekamp (afgetrede ingenieur), die ouers van 'n kind wat gay is, met ons gesels oor Gay en gelowig. Woensdagaand gaan Juan van Wyk (sielkundige) ons 'n bietjie help met die saak waarmee ons almal stoei: Konflik – innie kombuis en innie werk. Donderdagaand gaan Marina Swart (sielkundige) ons help met huweliksverryking – hoe groei ons in ons huweliksverhouding – ons is vryers en vennote van mekaar.

Die Rimpelweek is gratis – 'n houer sal wel beskikbaar wees vir diegene wat 'n donasie wil gee om die oorhoofse onkostes te dek.

Helderberg kerkkantoor: 021 851 5582.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE PAROW-PANORAMAGELEENTHEID SAAM MET STEPHAN JOUBERT

Stephan Joubert is die brein agter eKerk. Hy het dit saam met 'n span vriende gestig en lei die eKerk van die stigtingstyd af.

Die visie van die eKerk: Om vir mense oor die virtuele ruimtes te vertel van die Goeie Nuus dat Jesus Christus die Heer en Redder is. Juis op die internet moet

Page 11: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

hierdie fantastiese boodskap op nuwe maniere weerklink: om gelowiges regoor die aarde te bemoedig en geestelik toe te rus; om konkrete hulp te verleen aan gelowiges wat swaarkry; om van tyd tot tyd toerusting te bied aan Christengroepe regoor die wêreld deur middel van besoeke, kursusse en prediking.

Almal word genooi om op Maandag 25 Augustus om 19:00 saam met Stephan Joubert by NG Kerk Parow-Panorama, Rembrandtsingel 14, Panorama te kom gesels oor Wie is dié Jesus wat ons aanbid, asook saam met hom 'n ligte ontbyt te kom geniet op Dinsdag 26 Augustus om 08:30 in die kerksaal teen R30 per persoon.

Kaartjies is te koop by die kerkkantoor (weeksdae 09:00-13:00).

Navrae: 021 930 3100.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BYBEL-MEDIANUUSBRIEF 13/2014

Lees in die Kerkbode van 15 Augustus ...

Nagmaal in 'n pizzaplekGereeld op 'n Donderdagaand word daar in die NG gemeente Krantzkloof in Durban 'n pizza-aand gehou. Dan word 'n lang tafel in 'n plaaslike pizzarestaurant bespreek, en 'n groep lidmate gaan eet saam uit. Na die ete bedien die dominees dan die nagmaal daar in die openbaar aan hul mense. Dit klink na iets baie eenvoudigs, maar op verskeie vlakke word dit ‘n buitengewone aand.

‘Die kerk het my gehelp’Hy was 22 jaar in die tronk vir moord en roof. Satanisme en bendegeweld was sy ding. Maar hy het tot bekering gekom en 'n bediening by die historiese moederkerk in Durban help hom nou.

Hanswors vir die HereNadat Izak Kloppers sy teologiestudies voltooi het, was daar nie 'n beroep na 'n gemeente toe nie. Maar hy het ander maniere gevind om die Here te dien – onder meer as hanswors vir die Here. Lees ook: Vrystaters hou sinode oor Belhar Comrades-myle koop hoop vir kleuters

Page 12: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Die ‘ongemaklike seën’ van welvaart Die kerk en grondhervorming

Jongste Bybelkor-publikasiesDrie uitsonderlike publikasies oor die doopOntvang wat vir jou gegee is ... Coenie Burger en Andries CilliersHoe die doop ons kan leer om met Christus te leefDie doop is ʼn wonderlike en unieke gawe wat die Here aan sy kerk gegee het om ons te help om die evangelie te verstaan, om ons in ons geloof vas te maak, en om ons vir ons navolging van Christus op te bou.

Die doop is net te belangrik om nié daaroor te praat nie. Maar in plaas daarvan om oor die wanneer en die hoe van die doop te praat, kan ons die gesprekke positief draai deur te praat oor hoekom die doop ingestel is. ʼn Gesprek oor die betekenis en waarde van die doop vir gelowiges sal ons baie nader aan mekaar kan bring, en dit is waarmee hierdie boek mense wil help.ʼn Deel van die storie agter hierdie boek is ʼn merkwaardige dokument wat in 1983 verskyn het – Baptism, Eucharist and Ministry. Dit verduidelik die betekenis en waarde (die hoekom) van die doop waaroor honderde kerke in die hele wêreld saamstem.Prys: R109,95 (BTW + posgeld ingesluit). Reeds beskikbaar.

Ontvang wat vir jou gegee is ... Coenie Burger + Andries CilliersHoe die doop ons kan leer om met Christus te leef

40-dae-programMet hierdie 40-dae-program kyk die skrywers vanuit gedeeltes in Matteus se Evangelie na die doop. Dan staan hulle ʼn week lank stil by elk van die vyf gawes wat ons by die doop ontvang. • Deur die doop word ons met Jesus verenig.• Deur die doop ontvang ons vergifnis van sonde en ’n nuwe manier van leef.• Deur die doop ontvang ons die Heilige Gees.• Deur die doop word ons verbind met die liggaam van Jesus – dit is die kerk.• Deur die doop word ons geroep tot diens in die koninkryk.

Dié studiegids is ontwikkel om gebruik te word saam met die uitgebreide boek Ontvang wat vir jou gegee is (deur dieselfde skrywers).Prys: R75,00 (BTW + posgeld ingesluit). Reeds beskikbaar.

Ontvang wat vir jou gegee is ... Tinus van ZylHoe die doop ons kan leer om met Christus te leef

KleingroepgidsHierdie 6-weke-kleingroepgids gaan oor hoe die doop ons in ons dissipelskap help, en hoe dit ons kan leer om met Christus te leef. Die eerste week fokus op

Page 13: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

die doop en dissipelskap. Die vyf weke wat volg, fokus elk op die vyf gawes wat ons by die doop ontvang.

Die grondslag van hierdie kleingroepgids is die dokument Baptism, Eucharist and Ministry. Hierdie verslag bevat waarhede oor die betekenis van die doop waaroor baie kerke oor die wêreld heen saamstem – oor wat God vír ons, mét ons en ín ons kom doen by, in en deur die doop.

As ons as gelowiges die inhoud en betekenis van ons doop ernstig opneem, sal dit nie net groter eenheid in die kerk bring nie, maar ook die kerk help om gehoorsamer te wees aan Jesus se groot opdrag om dissipels te maak van die nasies.Prys: R45,00 (BTW en posgeld ingesluit). Reeds beskikbaar.

LiG LESERSDAG met ...Sorina Erasmus (Die Flooze), Hykie Bergh, Adriana Faling en Lina du Plessis• 23 AUGUSTUS 2014 om 09:00 tot 13:00, Kievits Kroon, Pretoria• Gasvroue wat 'n tafel van 10 bespreek, ontvang hulle kaartjie gratis PLUS 'n geskenk ter waarde van R500.• Bespreek voor 20 Augustus 2014 by Karin – [email protected] of 083 293 2848• R300 per persoon – sluit viergang-ontbyt en propvol geskenksak in.

Spesiaal vir alle getroue lesers/ondersteuners in Gauteng-omgewing.

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Groete uit Wellington.

Hans SteynBybel-MediaE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

CLFSONDAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE

24 AUGUSTUS 2014

Page 14: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Op sanger Mathys Roets se Facebook-blad leer jy hom ken as iemand wat nie ophou droom het omdat hy die gebruik van sy bene verloor het nie. Hy ski in die sneeu en op sandduine, ry 4x4, swem en het onlangs 'n goue medalje in 'n 10km rolstoel wedren voltooi. Een van die ander wedren deelnemers sit in 'n rolstoel en is blind en doof – hy kommunikeer met mense as hul op sy hand skryf! 'n Ander deelnemer het geen bene en net een arm, maar voltooi die 10km met sy deursettingsvermoë.

Vir baie mense is die woord “gestremd” sinoniem met hulpeloos, onvermoë en afhanklik wees. Vir ander is dit 'n aansporing tot groter deursettingsvermoë en 'n positiewe ingesteldheid. Dit is hulle wat 'n verskil in die wêreld maak en weier dat die lewe hul platslaan.

CLF se nuwe pamflet “Gestremd maar nie nutteloos nie” kyk na vyf gestremdes se verhale, wat sê die Bybel oor gestremdheid, gestremdheid en woede, hoe God mense in lewenskrisisse bystaan en hoe om oorwinnend te lewe.

'n Tweede pamflet wat hierdie onderwerp aanspreek, “Gestremdheid en die kerk” gee 10 wenke hoe om 'n gestremd-vriendelike kerk te wees, die rol van die kerk in die gestremde gemeenskap en gee inligting oor RampUp, wat die kerk en gestremdes in verhoudingsbou help.

Om gestremd te wees kan baie mense moedeloos en magteloos laat voel, veral as dit gebeur het in 'n situasie waar hul lewens in 'n oogwink verander het. Ons as Christene kan vir hulle hoop bring en hulle medereisiger wees op die pad om weer hul menswaardigheid te herwin en 'n toekomsvisie te ontdek.

Bestel vroegtydig (posstelsel neem 5-6 werksdae) vir 24ste September van hierdie gratis pamflette by 021 873 6964 of besoek CLF se webtuiste by www.clf.co.za en gebruik dit om u gemeente bewus te maak van hoe om persone met gestremdhede met God se liefde te verwelkom.

Besoek gerus ook een van die pamflette se skrywers, RampUp, by www.rampup.co.za vir meer inligting en idees vir hierdie spesiale dag.

Navrae kan gerig word aan mev Hedwig Moore, 021 864 3707of [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

STEINTHAL LANDGOED’N PROGRAM VAN DIE VGKSA STREEKSINODE KAAPLAND

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE

Page 15: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Aansoeke word ingewag vir genoemde pos en moet die Beheerraad van Steinthal Landgoed op of voor 03 September 2014 bereik.

SLEUTELPRESTASIEAREAS

Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die:Betaling van rekeninge, elektroniese betalings, lone, aankope, bestellings, bateregisters, inventaris, skakeling tussen programme, notules, verslae, algemene administratiewe asook sommige sekretariële take van ’n organisasie sonder winsoogmerk.

Die suksesvolle kandidaat:Is ouer as 21 jaar, beskik oor goeie administratiewe vaardighede, goeie kommunikasie en skryf-vaardighede in beide Afrikaans en Engels, sal gekenmerk word deur ’n aangename persoonlikheid, voorbeeldig in lewenswandel, streng dissipline, selfstandige optrede en het die vermoë om in spanverband te werk.

Die minimum kwalifikasie is:Matriek met handelsvakke en rekenaargeletterdheid. Algemene kennis van Windows 7 en Microsoft 2010-pakkette is verpligtend. Kennis van Pastel sal tot u voordeel wees, maar is nie ’n vereiste nie. Kode EB (voorheen kode 8) bestuurslisensie is ook verpligtend.

VERGOEDING

’n Mededingende salaris is onderhandelbaar en sluit in lidmaatskap tot ’n mediese fonds asook ’n aftree- en voorsorgfonds. Behuising subsidie of behuising op die landgoed is tot die beskikking van die suksesvolle kandidaat.

RIG U AANSOEKBRIEF EN VOLLEDIGE CV MET DRIE REFERENTE AAN:

Die BeheerraadSteinthal LandgoedPrivaatsak 4TULBAGH6820

OF e-pos dit aan: [email protected]

Daar sal slegs met kandidate op die kortlys gekommunikeer word.

DIENSAANVAARDING

01 November 2014 of so gou doenlik daarna.

Die Beheerraad van Steinthal Landgoed is nie verplig om hierdie pos te vul nie.

Page 16: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BLYDENUUS VAN GELOOFEk glo in God die Vader die Almagtige Makervan alles in die hemelen alles op die aarde.

Ek glo in hierdie Vadermet die wondernaam:"Ek is wat Ek is",werkwoordelik onvoltooidvoortdurend God.

Ek glo in hierdie Vadervan wie Moses slegs die rugkon sien toe hy gevra het:"Wys my U gesig."

Ek glo in hierdie Vaderdie God wat Liefde isen ons na hierdie aard gevorm hettot vlees uit stof,en dit gevul het met Sy Geessodat ons uit gewone mensesaadmense na Sy beeld kan maak:om hiérin onsself te wees -om lief te hêsonder vrees.

Ek glo in hierdie Vaderwat die waters uit Sy hemel geeas teken van Sy seënsodat elke volk -wit en bruin en swart –in eie taal die Heer kan loofen heersend oor die Skeppingvoort kan gaanom groente in akkers te plantdaarvan te eet en te dank.

Ek glo in hierdie Vaderwat Hom geopenbaar het in Sy Seun,

Page 17: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

die Mens wat tussen ons kom woon hetas die Waarheid teen die Leuen:"Sien dan dié Mens! - die geheim van My gesig."

Ek glo in hierdie Seundie Timmerman van Nasaretwat gekom heten kom om ons te kenelkeen na sy naam -in die fynheid en die grofheid van sy greinen in die jaarringe van sy pyn.

Ek glo in Jesus Christusdie Mens na God se hartwat God se wil gekies hetom deur die haat en klein begripvan mense 'n doringkroon te dra,en van God geskei te wordin die Godverlatenheid van Golgota -die doderyk deurgrond heten opgestaan hetdat ons onvervreem van Godverby die dood ewig vry kan lewe.

Ek glo in hierdie Jesuswat opgevaar het na die Vaderen vandaar die sagte oordeel bringomdat Hy nader aan my isas wat ek aan myself is;my kern ken,verby die veltot in die chemie van die sel;wat weet hoe diep my blindheid isen my vashou –styf teen die braille van Sy lyf.

Ek glo in die Heilige Geesdie Wind van Godwat oor die leegheid van my lewe waaien die koers bepaal -weg van myself weg van Tarsisna die nood in Nineve.

Ek glo aan die kerk wat uit Christus groeitot nuwe skeppingswerk;om alle mensemet geloof en hoop en liefde te verbindaan die Koninkryk van God se Kind.

Page 18: file · Web viewVrydagNuus. 15 AUGUSTUS 2014.  . Teken In. II. Teken Uit. W. ES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF. Taal en Menswaardigheid. Dis darem 'n

Ek glo aan die gemeenskap van stukkende sondaarswat kniel voor die Heiligheid van God.

Ek glo aan die vergiffenis - dat Genade altyd groter isas my sonde en geskiedenis.

Ek glo aan die heropstanding van die liggaamwant ek glo in Christus.

Ek glo aan die ewige lewewat hier beginen ná die dooddie blydenuus bly sing.

(Outeur: Wilhelm Jordaan)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------