Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en...

26
VrydagNuus 12 SEPTEMBER 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Word deel van die gesprek – gaan maak ’n draai op facebook.com/NGWesSuidKaap en kyk wat gesê word op Twitter by @WSKaap. Jou bydrae is welkom! SINODALE NUUS 1. NG Alg Sinode: Toerustingsondag 14 September 'n Herinnering: die NG Algemene Sinode se Netwerk vir Lidmaatbemagtiging (waarop elkeen van die sinodes verteenwoordig is), vra gemeentes se aandag vir Sondag 14 September as Toerustingsondag. Die netwerk wil saam met Bybel-Media gemeentes help om dié Sondag op ’n besonderse manier te gebruik. Enkele wenke is hier . 2. NG Kerkfamilie: Emeriti-Tee vir Gesellige Saamkuier Tweejaarliks kuier die moderatuur van die Wes-en-Suid- Kaap Sinode gesellig saam met die emeriti. Hierdie lekker saamkuier vind vanjaar om 10:00 (Dinsdag 4 November in George en Woensdag 5 November in die Strand) plaas. Let daarop dat dié uitnodiging alle emeriti insluit, ook diegene wat in ander sinodes afgetree het en intussen verhuis het, sowel as dié wat die dag toevallig in die omgewing is. Weduwees van predikante is net so welkom! Klik hier en kom kuier

Transcript of Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en...

Page 1: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

VrydagNuus12 SEPTEMBER 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Word deel van die gesprek – gaan maak ’n draai op facebook.com/NGWesSuidKaap en kyk wat gesê word op Twitter by @WSKaap. Jou bydrae is welkom!

SINODALE NUUS1. NG Alg Sinode: Toerustingsondag 14 September'n Herinnering: die NG Algemene Sinode se Netwerk vir Lidmaatbemagtiging (waarop elkeen van die sinodes verteenwoordig is), vra gemeentes se aandag vir Sondag 14 September as Toerustingsondag. Die netwerk wil saam met Bybel-Media gemeentes help om dié Sondag op ’n besonderse manier te gebruik. Enkele wenke is hier.

2. NG Kerkfamilie: Emeriti-Tee vir Gesellige SaamkuierTweejaarliks kuier die moderatuur van die Wes-en-Suid-Kaap Sinode gesellig saam met die emeriti. Hierdie lekker saamkuier vind vanjaar om 10:00 (Dinsdag 4 November in George en Woensdag 5 November in die Strand) plaas. Let daarop dat dié uitnodiging alle emeriti insluit, ook diegene wat in ander sinodes afgetree het en intussen verhuis het, sowel as dié wat die dag

toevallig in die omgewing is. Weduwees van predikante is net so welkom! Klik hier en kom kuier saam! Kontak Salomi 021 957 7202 of [email protected] teen 30 Oktober.

3. Arbeidsbediening: Van Bendeleier na Trein-evangelis!’n Storie van hoop. Op Donderdag 4 September het Roy Stamper sy merkwaardige verhaal aan Huis de Kuilen, Kuilsrivier vertel. Hy is in diens van Arbeidsbediening se Transnetbediening op die treine van die Skiereiland en getuig graag hoe die Here van hom ’n nuwe mens kom maak het en hoe hy weer ’n kans in die lewe gekry het – van bendeleier na trein-evangelis. Lees sy volledige verhaal by https://www.facebook.com/KommissieGetuienisaksie.

Page 2: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Ds Thys du Toit – Met medelyeInligting oor die dood van ds Thys du Toit (emeritus, voorheen predikant by NG Tafelberg) is reeds verlede week aan predikante en kerkkantore gestuur. Ds Matthys Michiel du Toit (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede. Ons innige simpatie aan sy vrou, Hennie, en die drie kinders, Pieter, Annelize en Marié. Lees gerus die huldeblyk van die Ring van Kaap de Goeie Hoop aangeheg.

2. Onthou! US Teologie: Waarheid en VersoeningOnthou asseblief hierdie konsultasie, ’n belangrike terugblik op die aanbiedings van die geloofsgemeenskappe by Die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK), met ’n spesifieke fokus op versoening in post-WVK Suid-Afrika. In die gees van 20 jaar van demokrasie word geloofsgemeenskappe genooi om hul rol in versoening in SA vandag by hierdie konferensie te bespreek. Die WVK-herverhoor sal gelei word deur die Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu as voorsitter en vind op 8-9 Oktober in Stellenbosch plaas. Belangrik: bevestig jou teenwoordigheid teen 1 Oktober. Aangeheg is meer.

3. Vir Musiekbediening: Brandhout Multitracks vir GemeentesangBrandhout is ’n nuwe produk van Flam in “multitrack” formaat. As jy iets van

musiek weet, ken jy dalk die uiteenlopende voordele hiervan vir jou musiekbediening: om dieselfde lied op honderde verskillende maniere te gebruik en selfs te

besluit watter instrumente jy wil aan- of afsit! Lees gerus onderaan meer en kyk na die You Tube-verduidelikings.

4. Badisa Nuus4.1 Beveilig jou KindBy Badisa Trio se Algemene Jaarvergadering (15 Oktober om 18:30 by NG Bellville-Uitsig) tree kliniese sielkundige, Naomi van Wyk, as spreker op. Sy gesels oor die baie aktuele saak van kinderbeskerming en hoe om jou kind teen seksuele misbruik te beveilig. Die volkleur pamflet met meer inligting is hier. Lees ook gerus hulle persverklaring by NUUT op www.kaapkerk.co.za en bevestig teenwoordigheid voor of op 8 Oktober by 021 976 8706.

4.2 Badisa se Poppie Projek’n Unieke poppie (wat elk ’n werklike kind aan wie kinderbeskermingsdienste gelewer word, verteenwoordig), gee jou of jou organisasie die kans om ’n bydrae te lewer tot maatskaplike dienste vir kinders en terselfdertyd sosiale bewustheid te kweek. Benewens die pragtige poppies, is sleutelringe, yskasmagnete en ander items ook te koop. Lees hier meer en ondersteun gerus hierdie verdienstelike projek van Badisa Trio .

Page 3: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

5. Stellenbosch Besprekingsgroep: Grondbesit in SAMet soveel berigte oor grondsake in die media, is hierdie beslis ’n aktuele saak. Op Dinsdag 16 September gesels dr Ntozakhe Cezula (US Ou Testament) oor die onderwerp Source of hope or bone of contention? A Christian perspective on land ownership in South Africa. Die gesprek is oudergewoonte in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal en begin om 17:00. Belangstellendes kan onderaan meer inligting kry.

6. VBO Pastorale Berading: Verliese en Rou by KindersVeral met die oog op ons lesers in die Noord-Kaap: Wentzel Coetzer bied op Saterdag 1 November in Potchefstroom ’n kursus oor pastorale begeleiding rakende verliese, hartseer en die rouproses by kinders aan. VBO-punte kan hiermee verdien word. Onderaan is meer hieroor.

7. Jonges in Kerk gee Moed Clem Marais skryf in Namibië se nuusbrief: " ‘Dis die kerk daar in Katutura, Reverend.’ So antwoord Douglas my toe ek hom vra van watter Metodiste Kerk hy lidmaat is. Ons was die week saam by 'n opleidingsessie vir kerke se media-amptenare. Hy't nie my vraag geantwoord nie. Ek het gewonder of dit die United Methodist Church of dalk die Methodist Church in Southern Africa is. Moet ons nie dalk van Douglas-hulle 'n les leer nie, ons wat so oorhoops is met die spesifieke denominasie waaraan ons behoort?” Lees gerus hier ...

8. UV: Meestersgraad in Christelike SpiritualiteitDaar is nog enkele plekke vir die nuwe inname vir hierdie Meestersgraad wat in 2015 en 2016 aangebied word, beskikbaar. Enigiemand wat belangstel, moet so gou as moontlik vir prof Francois Tolmie by 083 450 5412 of [email protected] kontak. Meer inligting is beskikbaar by http://www.ufs.ac.za/spirit.

9. Grondwet beskerm juis GodsdiensAllerlei e-posse en SMS’e doen die rondte oor godsdiens in skole. Gustav Claassen, moderator van die NG Noordelike sinode en die kerk se woordvoerder oor Opvoeding en Onderwys, skryf: “Skole met ’n Christelike etos moet sorg dra dat die regte van verskillende geloofsgemeenskappe en mense wat nie noodwendig met ’n skool se etos en beleid saamstem nie, eerbiedig word. Belangstellendes kan die volledige artikel (met dank aan Beeld van 4 September 2014) hier lees.

10. Vir Beplanning (rondom Braaidag )Met die oog op nuus en inligting vir plasing in VrydagNuus: onthou asseblief dat Woensdag 24 September(Erfenisdag) ’n vakansiedag is. (Dis mos ook Nasionale Braaidag. Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu is die beskermheer van dié inisiatief, wat nasiebou bevorder ) Nuus vir die uitgawe van 26 September moet dus reeds op Dinsdag 23 September om 12:00 by [email protected] wees. Die laaste uitgawe van VrydagNuus vir die kwartaal is die uitgawe van 2 Oktober.

Page 4: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Bellville-Uitsig: HuweliksvoorbereidingHuweliksvoorbereidingklasse vir alle voornemende huwelikspare word van 15-17 September by Bellville-Uitsig (Ridgeworthrylaan 17, Ridgeworth, Bellville) aangebied. Kontak Francois by 082 781 6854 vir meer inligting.

2. NG Gemeente Stellenbosch-Wes: Preek van die LeekHiermee 'n herinnering aan Stellenbosch-Wes se Preek van die Leek-reeks. Sekere openbare figure sal gedurende September op Sondagaande om 18:00 in die kerkgebou van Stellenbosch-Wes (hoek van Alexander- en Papegaaistraat) as lekepredikers optree. Hierdie Sondag (14 September) is Martelize Brink, RSG-omroeper, aan die woord. Lees hier verder.

3. NG Gemeente Durbanville-Bergsig3.1 Geestelike GroeiVan Durbanville-Bergsig ontvang ons die versoek om twee geleenthede vir geestelike groei op hulle kalender bekend te maak. Die eerste kursus, oor geestelike aanvalle en geestelike oorlogvoering, is van 26-28 September en word deur Pieter en Helene Theron (en onder leiding van Eric Swanepoel) aangebied. Meer daaroor is aangeheg.

3.2 Die Heilige GeesOor drie Sondae (7, 14 en 21 September) bespreek Durbanville-Bergsig ook die doping en vervulling met die Heilige Gees, sowel as die gawes van die Gees. Lees hier verder.

KEN JOU AFKORTINGS1. SARKDie Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) staan onder leiding van Biskop Ziphozihle Siwa (Metodiste Kerk van Suidelike Afrika). Die SARK se missie: to work for moral reconstruction in South Africa, focusing on issues of justice, reconciliation, integrity of creation and the eradication of poverty and contributing towards the empowerment of all who are spiritually, socially and economically marginalised. Lees hier meer oor die SARK.

2. TEASAThe Evangelical Alliance of South Africa (TEASA) werk saam met kerke om onder meer sake van belang met die regering en in die openbare sektor aan te spreek. Klik hier vir meer.

3. WCRCDie World Communion of Reformed Churches (WCRC) bestaan uit 229 lidkerke, waarvan die NG Kerkfamilie een is. Chris Ferguson het onlangs die pos van

Page 5: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

algemene sekretaris van die WCRC by Setri Nyomi oorgeneem – lees gerus die berig hieroor hier.(Sien ook Ten Laaste onderaan).

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Bybel-Media JaarverslagEnkele feite uit BM se jongste Jaarverslag:

BM het in 2007 weer met ’n eie publikasieprogram begin ná die ontknoping vanaf Lux Verbi. In die afgelope boekjaar tot 31 Maart het ’n rekordgetal van 33 nuwe titels verskyn.

Die webtuiste www.flam.co.za kry gemiddeld 5 500 unieke besoekers per maand, gemiddeld ’n 1 000 per maand méér as die vorige jaar.

Kruisgewys word vier maal jaarliks en word gratis aan meer as 3 000 kerk- en gemeenteleiers van ’n verskeidenheid denominasies gestuur.

Finansies het ’n totale omset van R 32,3 miljoen vir die afgelope boekjaar hanteer. Daarvan het R 9,5 miljoen direk aan bedienings binne die kerk en wyer gegaan.

Kry die volledige Jaarverslag by www.bmedia.co.za.

2. Missie Japan: Video’sEnige gemeente (of individu) wat Stéphan van der Watt-hulle in Japan ondersteun, kan gerus oorweeg om ’n uitstekende video oor Missie Japan se werk te gebruik. Kry dit by http://www.missiejapan.co.za/algemeen/celebrating-the-growth-since-1974-trailer/.

3. Shepherd’s Square NuusbriefIn die jongste uitgawe verwys Gerhard Bothma na daardie pyne wat elke dominee op een of ander stadium ervaar. Hy herinner dat dit ’n gemeenskaplike deel van predikante se werk is. Lees gerus die nuusbrief van UV se Shepherd Sentrum (vir die begeleiding van geestelike leiers) hier – en maak ’n punt daarvan om jou dominee te ondersteun

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente Swellendam: KermisSwellendam hou kermis op Saterdag 20 September by SwellenMark vanaf 09:30 tot alles verkoop is. Gaan geniet basaar-kerrie, basaar-poeding, die teetuin, die Lekkerbek-plaasstal, pannekoek, jaffels, worsbroodjies, die kindertafel en heerlike gebak. Navrae: Barbara du Toit (028 514 1225).

2. NG Gemeente Prince Alfred’s Hamlet se Nuus2.1 'n Viering van 60 jaar met Adam BarnardVir dagboeke: As deel van die gemeente se viering van 60 jaar, tree Adam Barnard op Saterdag 1 November by NG Prince Alfred’s Hamlet op. Kaartjies by die kerkkantoor 023 313 3694. Die gemeente het op Sondag 2 November 'n

Page 6: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Dankofferfees: elkeen bring sy gawes of dit wat hy/sy gemaak het om te verkoop aan mekaar en gesellig saam te kuier op die kerkterrein.

2.2 Gydosig LiggiefeesSoos voorheen, nooi Prince Alfred’s Hamlet almal weer na die Gydosig Aftreeoord se besondere Liggiefees. Vanjaar vind dit op Vrydag 28 en Saterdag 29 November plaas. Teken die datum beslis aan en gaan beleef 'n wonderwêreld van liggies en heerlike eetgoed. Meer oor die gemeente se betrokkenheid en die doel van die fees is hier.

3. Ramot: Eerste Basaar in 50 Jaar!Alle belangstellendes word nou al versoek om 'n nota te maak van Ramot se eerste basaar in 50 jaar! Dit gebeur op Saterdag 28 Februarie 2015. Stella Opperman, Bemarker, vra dat julle die datum solank merk: hier kom 'n bielie van 'n basaar, klink dit Kontak Stella by [email protected] met enige navrae.

4. NG Gemeente Nieuwoudtville: BasaarOnthou asseblief van Nieuwoudtville se allerlekkerste basaar op Saterdag 4 Oktober vanaf 09:30 in hulle kerksaal. Teken hierdie datum (in die skoolvakansie!) aan en gaan geniet sommer die naweek in hulle pragtige omgewing. Daar is selfs spesiale afslag op akkommodasie! Klik hier en kontak die kerkkantoor by 027 218 1047 of [email protected] - almal hartlik welkom.

5. NG Stellenberg en Vosburg: Vleisfees!Onthou gerus van die bekende Vosburg Vleisfees en kontreimark, met al wat 'n skaap- en wildsvleissnit is, op Vrydag 12 September vanaf 14:00 by Stellenberg. Die beste gehalte vleis, netjies verpak, gaar braaivleis en ander lekkernye, demonstrasies vanaf 17:00, konfyte, atjar, gebak, speletjies en vele meer! Sien die volkleur pamflet hier. Almal welkom!

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Meer – Vakatures.

1. Leraar vir Sri Lanka gesoekHelderberg Uitreik se Sri Lanka-projek is nou reeds vir baie jare in vennootskap met die Christian Reformed Church in Sri Lanka (CRCSL). Dié kerk het tans ’n behoefte aan ’n geordende leraar van gereformeerde agtergrond met ervaring in pastoraat om twee Engelssprekende gemeentes in Colombo te bedien. Reageer voor 26 September; kry meer inligting hier.

2. NG Gemeente Bainsvlei: Leraar

Page 7: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Die NG Gemeente Bainsvlei is ’n voorstedelike gemeente aan die westekant van Bloemfontein geleë, nog plaas, nog stad. ’n Unieke gemeente wat op pad is met kerkvernuwing, maar tog ook konserwatief bly. Saam met die voltydse leraar, is ’n volle Tentmakerleraar tans aan die gemeente gekoppel. Hier is tans ’n vakature vir ’n leraar: klik hier en doen aansoek voor 30 September.

3. Badisa Beaufort-Wes: Maatskaplike WerkerBadisa is ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaapland) en die VGKSA (Kaapland). Die Beheerraad van Badisa Beaufort-Wes wag aansoeke in vir ’n 8/8ste maatskaplike werker. Reageer teen 17 September – aangeheg is meer oor die posvereistes en voordele.

Ten LaasteKerk op die MarkpleinVroeër hierdie week het ’n ekumeniese afvaardiging van SA-kerkleiers (waaronder lede van die SARK, TEASA en WCRC) ’n gesprek met die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) gehad. Die doel: om eerstehands die feite oor die Departement se posisie tov die krisis in Irak, sowel as humanitêre hulpverlening in te win. Meer as ooit is dit duidelik dat die Kerk ’n rol het om te speel, ’n stem het om te laat hoor. Verdere gesprekke word beplan. Kom ons bid vir almal wat hierin leiding moet gee.

Mooi naweek!

Marieta Visagie

NG Wes-en-Suid-Kaapland Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 086 582 9487 [email protected]

-------------------------------------------------------------

TOERUSTINGSONDAG14 SEPTEMBER 2014

Sondag, 14 September, amptelik geoormerk as Toerustingsondag.

Die Netwerk vir Lidmaatbemagtiging wil met die hulp van Bybel-Media gemeentes help om Toerustingsondag vanjaar op ’n besonderse manier te gebruik. ’n Paar wenke:

1. Maak gerus gebruik van die preek in Woord en Fees-preekstudies en liturgiese voorstelle (BM/Communitas). Dié Sondag se Skrifgedeelte is Romeine 14:1-12. ’n Preekskets, liturgie, verdere toeligting en ’n toepaslike PowerPoint-aanbieding is te kry by www.bybelmedia.co.za (onder

Page 8: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

"gemeentedienste/luisterseisoenpreke"), of www.gemeentes.co.za en ook www.seisoenvanluister.co.za.2. Daar is ’n kort videogreep (Gebed om leerbaarheid) om aan die begin of die einde van die erediens te vertoon, aflaaibaar by http://gemeentepakket.bybelmedia.org.za/toerusting. 3. Maak seker dat u die koerant Nuwe Harte, wat saam met Kerkbode en Kruisgewys uitgestuur is, ontvang het. Die Sondag wat vir dié wye aksie vir moraliteitsvernuwing geskeduleer is, is ook 14 September, en die tema is: Nuwe harte luister na mekaar. Die preekstudie waarna hierbo by punt 1 verwys word, sluit daarby aan.4. Hopelik het u reeds ’n aantal kopieë van Gestuur bestel om dit op Toerustingsondag in die gemeente bekend stel. (Dit is die verkorte groepstudie wat op ’n eenvoudige manier gemeentes sal help om die epogmakende verslag van Nelus Niemandt en Piet Meiring oor gestuurdheid, wat tydens verlede jaar se Algemene Sinode aanvaar is, in hulle alledaagse lidmaatskap te integreer.) Bestel dit hier: http://www.bmedia.co.za/shopindex.php. (Bestellings van meer as tien eksemplare kwalifiseer vir 10% afslag.)

Dr Jannie le Roux (sameroeper)Tel 021 856 1385

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

DS MM DU TOITONBESTREDE MOSIE VAN ROUBEKLAG

Die Ring neem met leedwese kennis van die afsterwe van Ds MM du Toit aan kanker. Hierdie begaafde seun van die kerk het met groot seën vanaf 1985 tot met sy aftrede in 2005 in die Ring van Kaap die Goeie Hoop, gewerk. Thys was 'n kenner van die Gereformeerde teologie en student van die geskiedenis. Hy kon uiters onderhoudend gesels. Hy was ook besonder knap met die pen en was 'n gewilde bydraer van artikels in tydskrifte en briefskrywer aan koerante.

Op die gebied van finansies het hy 'n reuse bydrae gelewer. Hy was bekend daarvoor om met groot pastorale bewoënheid te ywer om predikante en gemeentes waar geldelike nood gedreig het vanuit bronne, waarvan min ander geweet het, te help. Die gemeente van Tafelberg sal Thys altyd dankbaar bly vir sy visie om 'n parkeergarage te bou ten einde dié sukkelende gemeente se finansiële toekoms te verseker. Die Sinode van die Ned. Geref. Kerk in SA het groot baat gevind deur sy teenwoordigheid op die destydse kommissies van Toesig en Kontrole asook dié van die Predikante Pensioenfonds.

Almal wat Matthys Michiel du Toit geken het, sal hom besonderlik mis. Ons bid graag sy dierbare vrou Hennie, wat hom so getrou bygestaan en teen die einde

Page 9: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

so voortreflik versorg het, die Here se besondere seën toe. Ons weet sy kinders en kleinkinders sal na hom verlang, maar die aangename herinneringe sal hulle nooit verlaat nie. Ons verseker graag die gesin asook die uitgebreide geloofsfamilie van ons opregte meegevoel en bid hulle 2 Kor. 1 vers 3 toe: “Aan God die Vader van onse Here Jesus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid vertroos Hy ons...”

(Aanvaar op 3 September 2014 in Milnerton tydens die sitting van die Ring Kaap die Goeie Hoop).

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

KONSULTASIE-AANKONDIGING‘N TERUGBLIK OP DIE AANBIEDINGS VAN DIE GELOOFSGEMEENSKAPPE BY

DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) –MET ‘N SPESIFIEKE FOKUS OP VERSOENING IN POST-WVK SUID-AFRIKA

aangebied deurdie Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch in samewerking met die Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation

Datum en Tyd: 8 Oktober 2014, (Woensdag) 09:00 – 17:009 Oktober 2014, (Donderdag) 09:00 – 16:00

Lokaal: Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch

Die doelwitte van die konsultasie van geloofsgemeenskappe soos deur die WVK:By die Waarheid-en-Versoeningskommissie se Geloofsgemeenskappe-verhoor in 1997 het verskillende Christelike kerke sowel as ander geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika voorleggings gemaak oor hul rol in die geskiedenis van ons land, asook oor hul verbintenis ten opsigte van die toekoms. In die gees van 20 jaar van demokrasie word die geloofsgemeenskappe weer genooi om hul rol in Suid-Afrika vandag te bespreek.

Die doelwitte van die herverhoor is:- Om die proses van versoening weer op die hoof-agenda van alle geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika terug te plaas;- Om ʼn bydrae te maak tot versoening en nasionale eenheid in die huidige Suid-Afrikaanse konteks;

Page 10: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

- Om by te dra tot die ontwikkeling van verantwoordelike en realistiese versoeningstrategieë vir geloofsgemeenskappe, en om praktiese voorstelle te maak oor hoe die uitdagings van versoening en nasiebou in ons land aangespreek kan word.

Struktuur van die program: Die WVK-herverhoor sal gelei word deur Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu as voorsitter, bygestaan deur enkele WVK-lede.

Dag 1 en die oggend van Dag 2 sal bestaan uit bydraes van die godsdiensleiers wat in 1997 voor die WVK getuig het, gevolg deur bydraes oor versoening deur huidige godsdiensleiers. ‘n Paar kerke wat in 1997 nie teenwoordig was nie, is ook uitgenooi om bydraes te lewer.

Tydens die middagsessie van Dag 2 sal plaaslike en internasionale deelnemers voorleggings maak.

Die laaste sessie op Dag 2 sal fokus op voorstelle vir die pad vorentoe.

Let wel:Tee/koffie sal bedien word. Konferensiegangers is verantwoordelik vir hul eie middagete.

Parkering: Beperkte parkering is beskikbaar op die gronde van die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

Kontak:Vir verdere inligting, kontak:Prof Christo Thesnaar, sel: 084 573 4322; e-pos [email protected]; Helette van der Westhuizen, sel: 072 547 9464, e-pos [email protected] of skakel 021 808 9560 gedurende kantoorure.

Dit is noodsaaklik om u plek te bespreek. RSVP by Lee-Anne Roux per e-pos [email protected] voor of op 1 Oktober 2014.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BRANDHOUT MULTITRACKSHULPMIDDEL VIR GEMEENTESANG

Ds Faani Engelbrecht skryf: “Ek was lanklaas so opgewonde oor ’n produk van Flam! Ons noem dit Brandhout Multitracks. OK, ek weet as jy “brandhout” hoor, dan dink jy aan ’n lekker kaggelvuur of dalk aan ’n braaivleisvuur. Maar luister

Page 11: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

mooi: jy weet hopelik teen hierdie tyd Flam kry sy naam van Jeremia 20:9 waar Jeremia sê wanneer hy oor die goedheid van die Here wou stilbly het dit in hom geword soos ’n vuur wat brand. Flam wil mos die vuur van aanbidding in gemeentes brandend hou.

En dalk weet jy al van Flam se Brandstof-produkte (Brandstof I, II en III) – dit is ’n DVD wat jy in jou rekenaar of DVD-speler druk en dan kom die woorde en musiek op, sodat jy saam met ’n groep mense kan sing. Brandstof is gemik op kleingroepe en gemeentes waar daar nie ’n band beskikbaar is nie en julle graag Flam-songs wil sing. Elke DVD het twee 10 minute lange aanbiddingsessies. Dit gee Brandstof vir daardie vuur van Jeremia.

Ons nuwe produk noem ons egter BrandHOUT! En dit is in multitrack formaat. Brandhout Multitracks is backtracks op steroids. ‘Backtracks’ is ‘begeleidingsnitte’ in goeie Afrikaans. So, multitracks is multiliniêre begeleidingsnitte. Dit sou ek egter nooit verkoop kry nie, of hoe? So, kom ons noem dit “Brandhout Multitracks” – dis makliker om te onthou.

Hoekom multitracks in jou musiekbediening gebruik? Eerstens, wat is ’n multitrack? Wanneer enige lied opgeneem word, word elke instrument en stem in ’n laag opgeneem wat ’n track of layer genoem word. Aan die einde van die opnameproses neem die vervaardiger of producer al hierdie tracks en dan word dit gemeng - daar word ’n ‘final mix’ – ’n finale meng - gedoen wanneer die vervaardiger besluit hoe hard elke layer moet wees. Wat ons kry op CD’s, of songs wat ons aflaai, is musiek wat deur so finale meng gegaan het. Brandhout Multitracks gee vir jou ’n lied – met al sy verskillende lae apart - en met behulp van ’n eenvoudige, gratis rekenaar-programmetjie, Audacity, kan jy nou self die vervaardiger van die lied wees.

Hoekom sou jy dit wil gebruik? Ons gee elke laag vir jou eintlik as ’n aparte mp3. Alles in een folder. En jy kan hulle aan en afsit soos jy dit wil. Om wat mee te maak? Hoekom sal ek nou dit wil doen? Dink net gou hoe jy dit in jou musiekbediening kan gebruik:- Die probleem vir almal wat backtrax gebruik, is dat na ’n paar keer se gebruik, jy dit later presies ken – en dit raak afgesaag en eentonig. Brandhout Multitracks gee jou die vermoë om dieselfde lied elke week so bietjie anders te laat klink. En jy kan grootliks bepaal hoe jy dit wil laat klink.- Die tracks wat jy gebruik, wens jy nie soms jy kan daardie dromme afgesit het – sodat jy dit in jou gemeente se oggenddiens kan gebruik nie? Of die distorsie van die elektriese kitare dreun deur jou gehoorapparaatjie – jy wens jy kon daardie kitaarspeler laat evaporeer? Met Brandhout Multitracks kan jy selfs besluit hoe klassiek of hoe kontemporêr jy die lied wil laat klink. En jy kan dit elke keer verander soos jy wil of soos wat die tipe erediens van jou vra. - Of dalk is die tracks wat julle het te vinnig of te stadig of te hoog of te laag? Die antwoord is Brandhout Multitracks. Dieselfde lied kan op 100de verskillende maniere gebruik word.- Of: Wie van ons, selfs in groter gemeentes, het nie al gesit met die probleem – jy het ’n klavierspeler en ’n sanger, maar jou dromspeler en kitaarspeler is op

Page 12: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

vakansie – en daar is niemand wat hulle kan vervang nie. Multitracks gee jou die opsie om te besluit watter instrumente jy wil aan of afsit.

Ons het 20 liedere op hierdie manier beskikbaar gestel – jy kan hulle bestel deur te skakel na 0860 26 33 42 - of e-pos [email protected] of [email protected] Moet ek sê wat dit kos? R150 vir een – of as jy al 20 bestel, stuur ons dit vir jou op ’n geheuestokkie of CD en jy kry hulle vir slegs R100 een – dis R2000 vir 20 multitracks!

Kyk gerus na die tutoriale op ons YouTube kanaal (https://www.youtube.com/watch?v=LftxOO6-TZE en http://youtu.be/a7LSFV7LyNI). Ons wys daar hoe maklik jy Brandhout Multitracks in jou bediening kan gebruik.

Vir meer info besoek ons webtuiste, kerkmusiek.bybelmedia.org.za of e-pos my of Ilse by [email protected] of [email protected].

Ds Faani Engelbrecht kan gekontak word op sy sel: 083 856 1951 of e-pos: [email protected] of [email protected].

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

STELLENBOSCH STUDIE- EN BESPREKINGSGROEPONS GODSDIENS EN DIE WETENSKAPPE

Vriende, let asseblief op dat daar ’n nuwe reeling vir die toegang tot ons gespreksgroep is. Die ingang skuif nou na die Uniepark-kant van die sentrum (hout deure). Dit laat ons toe om ongehinderd in te gaan met oop deure. Ons is ook dan afgeskort van die kleuterskool en hoef nie die ingang op te pas nie.

Volgende byeenkoms

Datum en tyd: Dinsdag 16 September 2014, om 17:00 tot 18:00 lesing (oor die ondergenoemde onderwerp) en daarna bespreking tot 18:30.

Onderwerp: Source of hope or bone of contention? A Christian perspective on land ownership in South Africa

Spreker: Dr Ntozakhe Cezula, Ou Testament, US.

Plek: Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal, hoek van Merrimanlaan en Martinsonstraat, Uniepark, Stellenbosch.

Dr Ntozakhe Cezula spreek ons toe oor:

Page 13: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Source of hope or bone of contention? A Christian perspective on land ownership in South Africa

The discussion will examine the fulfillment of the land promise in the OT as a source of hope. This is particularly significant in our contemporary context in which land has become a contested issue. The fulfillment of the land promise in the OT as a source of hope and its provisos, particularly the theology and ethics thereof will be examined. The discussion will then grapple with the question whether can fulfillment of the land promise in the OT be a source of hope for communities in South Africa? Finally, the fulfillment of the land promise in the OT will be placed in the South African context.

Dr Cezula enrolled for his BTh at Stellenbosch University in 2002. He graduated in 2005 and in 2006 enrolled for MDiv. The following year, 2007, he enrolled for Licentiate in Theology and was also legitimated the same year at the Stellenbosch NGK Moederkerk. In 2008 he enrolled for PhD in Old Testament part-time. In the same year he was also ordained at Colesberg to serve four Uniting Reformed Church congregations (De Aar, Hanover, Colesberg and Petrusville). In January this year he started at Stellenbosch University as a lecturer in Old Testament.

Piet WaltersSekretarisTel. 021 883 3690E-pos: [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------

PASTORALE BERADINGSKURSUSVERLIESE, HARTSEER EN DIE ROUPROSES BY KINDERS

SATERDAG 1 NOVEMBER – POTCHEFSTROOMPROF WENTZEL COETZER

Tot en met die sestiger jare was daar ’n sterk denkstroom wat die standpunt gehuldig het dat jong kinders nie werklik in staat is om die emosie van rou te ervaar nie. Latere navorsing het egter al meer die teendeel begin bewys en ‘n algemene uitspraak wat sedertdien deur talle gehuldig word, is: “Anyone old enough to love, is old enough to mourn.”

In hierdie kursus gaan daar op aspekte soos die volgende gefokus word: Patologiese of gekompliseerde rou by kinders Kort termyn energie ontladings gedrag

Page 14: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Kreatiewe intervensies om die rouproses te bevorder Die belangrikheid en voordele van rituele Die impak van oorgangsgebeure en veranderinge (verhuising, egskeiding, verlies van troeteldier, terminale siekte, verwerping, ens.) Normale fases van die rouproses (verskillende modelle) Praktiese riglyne vir die begeleiding

Plek: Studente Hervormde Kerk – Silwerstraat 19 (net langs klein kragstasie)Datum: Saterdag 1 November 2014Tyd: 08.00 - 13.00 (5x VBO-punte kan verdien word deur NG leraars)GPS-koördinate: Suid: 26.41.590 - Oos: 27.5.079Koste: R200 pp

Egpare - R300Handleiding te koop (opsioneel): R160 (posgeld: R25 ekstra)Fooie kan inbetaal word by:ABSA spaar rek: 9061802135 – takkode: 335138 – rek naam: S E CoetzerNavrae en bespreking: 0836600409 of 018-2947457 of [email protected].

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

JONGES IN DIE KERK GEE MY MOED...Clem Marais

"Dis die kerk daar in Katutura, Reverend."

So antwoord Douglas my toe ek hom vra van watter Metodiste Kerk hy lidmaat is. Ons was die week saam by 'n opleidingsessie vir kerke se media-amptenare. (Die opleiding is deur die Raad van Kerke gereël.)

Hy't nie my vraag geantwoord nie. Ek het gewonder of dit die United Methodist Church of dalk die Methodist Church in Southern Africa is. Vir manne van my jare is dit nog belangrike inligting. Maar Douglas en sy portier het vrede met sulke tegniese besonderhede. Hy's 'n lojale Metodis in Katutura, en dis vir hom genoeg.

Onwillekeurig het ek gewonder: Moet ons nie dalk van Douglas-hulle 'n les leer nie, ons wat so oorhoops is met die spesifieke denominasie waaraan ons behoort?

Ek het regtig moed geskep toe ek met jonger kerkmense skouers geskuur het die week. Hulle entoesiasme om die media innoverend in die kerk te gebruik, staan uit! Boonop is dit dan ook nog uiters vaardige mense. Baie was studente in kommunikasie-kunde. Hulle vrymoedigheid om voor die groep van digby 40 op te

Page 15: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

tree, het my verstom! En dit is jonges wat deur hulle onderskeie kerke gestuur is om die opleiding by te woon!

Skiet die NG Kerk nie dalk ook hier te kort nie? Dit is nie eers deel van ons kultuur om jonges by dergelike geleenthede te betrek nie. Dus het ek nagelaat om vir gemeentes kennis te gee van die opleidingsgeleentheid.

Dalk is ek na die week bietjie minder pessimisties oor die kerk in die breë. Daar is tog bekwame en gewillige jongmense vir wie hulle verhouding met die Here nog belangrik genoeg is dat hulle aktief by hul denominasies betrokke is. En vir hierdie ouens is die grense tussen denominasies dikwels eerder stippellyne as dik, swart grense.

Dit is verrykend om jouself bloot te stel aan hierdie heerlike verskeidenheid wat die liewe Vader in sy Kerk akkommodeer!

Met dank oorgeneem uit Feldmuis van 2014-09-10

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------

NG GEMEENTE STELLENBOSCH-WESDIE PREEK VAN DIE LEEK

Die preek van die leek is ’n inisiatief wat in Nederland ontstaan het en wat verlede jaar die eerste keer ook in Suid-Afrika, en wel in Stellenbosch geloods is. Vroeër het predikante groot invloed op die samelewing gehad. Hierdie rol word in 'n moderne samelewings dikwels deur skrywers, komediante, joernaliste, politici en wetenskaplikes oorgeneem, veral wanneer dit kom by die kweek van ʼn profetiese bewussyn oor brandende kwessies in die samelewing.

Die NG Kerk Stellenbosch-Wes skep graag weer hierdie jaar 'n ruimte vir persone uit hierdie omgewings met ʼn Bybelteks in die hand om op die kansel te klim. Ons is nuuskierig om te sien hoe die optrede van so ʼn persoon binne die ruimte van ʼn kerkdiens kan tuiskom waar daar gebid, gesing, gelees en gepreek word.

Die openbare figure wat gaan preek, is nie gekies op grond van hul religieuse geloofsoortuigings nie, maar op grond van hul dapper en kreatiewe deelname aan openbare debatte en hul invloed in die samelewing.

Ons verwelkom hierdie jaar dan ook graag die volgende persone as predikers:7 September om 18:00 – Jannie Durand (Hoof Uitvoerende Beampte van Remgro)14 September om 18:00 – Martelize Brink (RSG Omroeper)21 September om 18:00 – Jean Oosthuizen (Oud-nuusredakteur van Kerkbode)28 September om 18:00 – Louise du Toit (Professor in Filosofie aan die US)

Page 16: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Die preekgeleenthede sal plaasvind op Sondagaande om 18:00 in die kerkgebou van Stellenbosch Wes-gemeente (op die hoek van Alexander- en Papegaaistraat).

Meer inligting oor die projek is te vinde by:www.preekvandieleek.co.za ofhttps://www.facebook.com/PreekvandieLeek

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLE-BERGSIGGEESTELIKE GROEI

Hier is geleentheid vir geestelike groei aangebied by Bergsig deur Pieter en Helene Theron onder leiding van ds Eric Swanepoel.

Datum: 26 - 28 September 2014Tye: Vrydagaand 19:00 – 21:30Saterdag 09:00 – 21:30Sondag 14:00 – 18:00

Koste: R380 per persoon en sluit kursus handleiding in.Persone met handleiding betaal R280 vir die kursus.Pamflette met meer inligting by deure.

Kursusinhoud:Is daar regtig geestelike aanvalle op vandag se gesinne?Hoe beskerm ek my huis teen die Satan se invloed?Hoekom hoor ek nie God se stem nie?Jou en jou gesin se identiteit in ChristusOns geestelike wapens en die bloed van JesusHarte van klip / Innerlike beloftesHoekom raak sommige kinders betrokke in die okkulte? Selfmoordpogings, beskerm jou gesin daarteenVoorsorg om jou kind teen verslawing te beskermKindermishandelingWanneer gaan berading oor in bevryding?Wie behoort bevryding te doen?Geestelike oorlogvoeringInnerlike genesingDie krag van vergifnis en belydenisHoekom is Christene nie vry nie?

Page 17: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Wat verhinder dat mense vry kom?Die Christen en demone – demone ’n werklikheid?Ken die vyand / die aard van demoneTekens van demoniese invloed en manifestasiesSondes van die voorgeslagteDie bevrydingsproses

Navrae: Liezl Loubser [email protected] of 021 976 4106 x106.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLE-BERGSIGKURSUS OOR DIE DIE HEILIGE GEES

Daar is altyd vrae oor die Persoon en gawes van die Heilige Gees.- Doping en vervulling met die Heilige Gees. - Gawes van die Heilige Gees.

Ons bied ’n geleentheid oor drie Sondae aan wat hieroor handel: op 7, 14 en 21 September om 19:00 in die kerksaal.

Tema: 7 SeptemberDoping en vervulling met die Heilige Gees14 en 21 SeptemberGawes van die Heilige Gees

Die enigste koste is vir die handleiding teen R100.

Navrae: Louis Blignault 082 552 1372.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE PRINCE ALFRED’S HAMLETGYDOSIG LIGGIEFEES

Gydosig Aftree Oord is ’n pragtige aftreeoord in Prince Alfred’s Hamlet. Die aftreeoord het ontstaan weens ’n behoefte uit die gemeenskap om ’n plek te skep waar mense kon aftree.

Met die hulp van die kerk is die grond bekom en funksioneer dit al vanaf 1994. Daar is al ’n paar keer aangebou en tans woon hier 65 mense.

Page 18: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Elke jaar teen die einde van November versier ons die hele aftree oord met Kersliggies as ’n fondsinsameling om ons terrein te kan onderhou. Die Liggiefees dien ook as ’n getuienis van Jesus, die Lig wat na die wêreld gekom het om die mensdom te verlig. Elke jaar help 150 vrywilligers uit die gemeenskap om al die kos voor te berei en die liggies op te sit.

Kom kuier saam met ons by vanjaar se Liggiefees. Vrydagaand 28 en Saterdagaand 29 November. Saam met die pragtig versierde terrein is daar ook heerlike plattelandse potjiekos, afval, roosterkoek, sosaties, poedings en heerlike vars produkte, beskuit, pannekoek en kleinkoekies.

Kontak die kerkkantoor by 023 313 3694.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

CHRISTIAN REFORMED CHURCH SRI LANKAGEORDENDE LERAAR

Helderberg Uitreik se Sri Lanka-projek is nou reeds vir baie jare in vennootskap met die Christian Reformed Church in Sri Lanka. Die projek ondersteun tans twee plaaslike leraars/sendelinge in die platteland van Sri Lanka wat wonderlike werk ten opsigte van Koninkryksuitbreiding doen.

Die Christian Reformed Church in Sri Lanka (CRCSL) het tans ’n behoefte aan ’n geordende leraar van gereformeerde agtergrond met ervaring in pastoraat om twee Engelssprekende gemeentes in Colombo te bedien. Bedieningsverantwoordelikhede sluit prediking, lering, en pastorale versorging in. (Volledige posbeskrywing sal deur die CRCSL voorsien word).

Ervaring in kruiskulturele/interkulturele bediening is ’n sterk aanbeveling en kultuur-sensitiwiteit en buigsaamheid ten opsigte van kultuurverskille is noodsaaklik. Die persoon moet vanselfsprekend vloeiend in Engels wees en moet ’n passie hê vir die uitbreiding van die Koninkryk.

Die geskikte kandidaat sal behuising, ’n vervoertoelaag en ’n leef-toelaag vanaf die CRCSL ontvang en sal onder die toesig en beheer van die CRCSL funksioneer. Bykomende inkomste is die verantwoordelikheid van die kandidaat self.

Die aanstelling sal onder die Projek Sri Lanka van Helderberg Uitreik val en geniet die samewerking van die Kommissie vir Getuienis Aksie van die NG Kerkfamilie van Kaapland. Die CRCSL sal die finale goedkeuring van die aanstelling doen.

Page 19: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

’n Aanvanklike kontrak sal twee jaar duur. Emeriti is ook welkom om ’n CV te stuur.

Navrae: Louise Theron 021 851 5582 of 076 2081565

Belangstellendes kan ’n kort CV in Engels na [email protected] stuur voor 26 September 2014.

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

NG GEMEENTE BAINSVLEI – BLOEMFONTEINVAKATURE: LERAARSPOS

Die droom van die gemeente is dat almal tot bekering moet kom (Rom 10:1) Die bedieningsmodel is gebaseer op dissipelskap.Die fokus is om ’n biddende gemeente te wees.

GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeente Bainsvlei is ’n voorstedelike gemeente aan die westekant van Bloemfontein geleë - nog plaas, nog stad. ’n Unieke gemeente, met ’n eiesoortige karakter wat op pad is met kerkvernuwing, maar tog ook konserwatief bly. Saam met die voltydse leraar, is ’n volle Tentmakerleraar tans aan die gemeente gekoppel. Daar is 878 lidmate woonagtig op hoewes met 339 besoekpunte. Die ouderdomsprofiel van die lidmate is, 27% = <18 jaar; 9% = 19-25 jaar; 27% = 26-45 jaar; 19% = 46-59 jaar; 18% = 60jr+.

LERAARSPROFIEL/VERANTWOORDELIKHEDE:1. Oor ’n passie vir die Evangelie en die werk van die Here op aarde, beskik.2. Sterk leierseienskappe om die besonderse potensiaal van die gemeente ten volle te ontgin en te laat groei na geestelike volwassenheid. Hiervoor is bewese ervaring om mense te inspireer, te mobiliseer en toe te rus, ‘n vereiste. 3. Deur ’n dissipelskapmodel, gemeentebou suksesvol uit te bou by wyse van vernuwende denke om steeds aan die diversiteit van die gemeente te voldoen.4. Sterk leiding neem met alle geestelike opbou- en uitbou-aksies van die gemeente. Toerusting en leiding van die kerkraad en ander groepe binne die gemeente.5. Vermoë om hoë impak eredienste vir alle spiritualiteite in die kerk aan te bied.6. Jeugaktiwiteite te beplan en uit te voer sodat alle jeug vir Christus gewen kan word.7. Multikulturele bediening aan Sotho-lidmate wat bedien wil word.8. Sistematiese huis-, hospitaal- en siekebesoek.

Page 20: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

9. Bewese rekenaarvaardigheid en gebruik van tegnologie in eredienste en ander aanbiedinge.

VERGOEDING LERAAR:1. Gratis verblyf (Pastorie).2. Salaris en ander byvoordele is onderhandelbaar (Sinodale skale as riglyn).

AANSOEKE: Aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar en aansoeke moet daarvolgens ingedien word.

KONTAKBESONDERHEDE:Aansoekvorms en aansoeke by: [email protected] OF pos aansoeke na: NG Kerk Bainsvlei, Posbus 17020, Bainsvlei 9338Verdere inligting: Sonja Stroebel by die kerkkantoor tussen 08:00-15:00 - skakel 051 451 1788.

SLUITINGSDATUM: Aansoeke moet die kerkkantoor voor Dinsdag 30 September 2014 bereik.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BADISA BEAUFORT-WES8/8STE MAATSKAPLIKE WERKER

Badisa is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland).

Die Beheerraad van Badisa Beaufort-Wes wag aansoeke in vir 'n 8/8ste maatskaplike werker.

POSVEREISTES VIR MAATSKAPLIKE WERKER:Kandidate wat Badisa se waardes onderskryf en oor die volgende vereistes beskik, kan aansoek doen:

Graad of Diploma in Maatskaplike WerkRegistrasie by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe as maatskaplike werkerMinstens kode B-rybewysOndervinding van Kinder- en GesinsorgwerkKennis m.b.t statutêre prosedures t.o.v. die Kinderwet en verslagskrywingDie vermoë om gevalle-, groep en gemeenskapswerk op 'n gebalanseerde, geïntegreerde wyse, effektief te verrigRekenaarvaardigheid op woordverwerking-programVermoë om in ’n span saam te werk en vennootskappe te sluitAfrikaans 1ste taal-spreker

Page 21: Web viewWord deel van die gesprek ... (73) was voorheen verbonde aan Benoni-Wes, Fouriesburg en Waterbron. Hy is op Woensdag 3 September aan kanker oorlede

Voordele:Ruim verlofvoordele, mediese fonds en pensioenskema.

Diensaanvaarding: 1 November 2014

Voorsien volledige CV teen 17 September 2014 aan:

Die Bestuurder: Maatskaplike Dienste,Posbus 1071, Beaufort-Wes, 6970E-pos: [email protected] Navrae: Mev Theresa Bredenkamp: 023 414 4801 of 082 936 9124.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------