Woorde Vir Pappa

32
Statistieke Met twee plaasaanvalle nou per dag sou ons deeglike syfers verwag Sowat tweeduisend is nou reeds vermoor baie meer het hul besittings verloor Soms liggaamlik tog ongedeerd of “net” onsedelik onteerd Alleen soms om trauma te verwerk in opstalle soos tronke versterk Dertig persent slagoffers is nou swart Wat deel in hierdie pynigende smart (Dit word al meer namate meer met grondhervorming gevestig word) Reeds twintigduisend wrede plaasaanvalle Met sporadiese masjiengeweerknalle Maar behoorlike syfers ontbreek Terwyl die geweldspiraal hom wreek Koue kliniese syfers kan in elk geval niks nie wegneem van hierdie bitter-gure gal Herman Toerien Geen volk kan rus By Volksrust, Julie 2006 Huil my heimatland Huil hartstogtelik hard Bykans geen nuusdekking Asof hierdie aanval nooit plaasgevind het nie Die keer, fisies ongedeerd Die man en vrou alleen Maar onlangs nog moes die slagoffer se pa sy seun se weggeskiete kakebeen

Transcript of Woorde Vir Pappa

Page 1: Woorde Vir Pappa

Statistieke Met twee plaasaanvalle nou per dag sou ons deeglike syfers verwag Sowat tweeduisend is nou reeds vermoor baie meer het hul besittings verloor Soms liggaamlik tog ongedeerd of “net” onsedelik onteerd Alleen soms om trauma te verwerk in opstalle soos tronke versterk Dertig persent slagoffers is nou swart Wat deel in hierdie pynigende smart (Dit word al meer namate meer met grondhervorming gevestig word) Reeds twintigduisend wrede plaasaanvalle Met sporadiese masjiengeweerknalle Maar behoorlike syfers ontbreek Terwyl die geweldspiraal hom wreek Koue kliniese syfers kan in elk geval niks nie wegneem van hierdie bitter-gure gal Herman Toerien Geen volk kan rus By Volksrust, Julie 2006 Huil my heimatland Huil hartstogtelik hard Bykans geen nuusdekking Asof hierdie aanval nooit plaasgevind het nie Die keer, fisies ongedeerd Die man en vrou alleen Maar onlangs nog moes die slagoffer se pa sy seun se weggeskiete kakebeen

Page 2: Woorde Vir Pappa

in die donker veld gaan soek Toe ook, so wreed soos die aanval was was amper al die media stil By Winburg, Julie 2006 Nou is sy vry Saak teruggetrek Maar eers moes sy drie nagte aanrandings in ‘n sel verduur Die Here, sê sy, Het haar vrede laat vind Swakkeres sou knak Sy het ‘n plaasinbreker probeer keer En hy loop steeds vry (My dank aan Radio Pretoria wat dikwels my enigste bron van plaasaanvalle is. Hierdie stasie is in ‘n verbete hofstryd gewikkel om met sy uitsendings te mag voortgaan nadat s uitsaailisensie geweier is). By Thabazimbi, Julie 2006 Knak hom soos ‘n Carling Apartheid is dood Lank lewe apartheid In hierdie rasverskeurde land Rassisme in nood verdiep in nydigheid Mense in ‘n land sonder band “Die staat se saak is weer swak,” sê nog ‘n landdros. “Die getuienis voor my is van ‘n ongeluk, nie van moord nie.” Waar die staat verbete ‘n boer se borgtog wil keer ‘n moordsaak-vennyn teen hom voer...

Page 3: Woorde Vir Pappa

hom ‘n les wil leer? Sy bang gees in ‘n sel wil knak Met borg nou daarvan verlos Rassistiese betogers Vloek en gil en jil Die smerige opstokers ‘n Land in grou dieptes versak met geen probleem opgelos straatregeer die spul Herman Toerien Onderstebo land (Suid-Afrikaners wat hulself teen gewapende aanvallers verdedig, of ontvlugtende misdadigers gewond het, moes al verskeie kere verbysterd ervaar dat hulle, die slagoffers, van moord of poging tot moord aangekla word, en vir tye in selle aangehou word. Pas, in die Vrystaat, het twee polisielede ‘n verdagte veedief aangekeer. Die veedief het egter die een polisieman met ‘n mes doodgesteek en op vlug geslaan. Die ander polisieman het die verdagte in die sitvlak geskiet, en aangekeer. Die polisieman staar nou ‘n aanklag van poging tot moord in die gesig). Flitsend verskiet die ster Van die aarde diep na die hemel

- stuur die boodskap na ver nog ‘n goeie boer is pas vermoor en sy vrou se verkragtingsgil gesmoor walgend – waar plaasaanvallers wemel Alles is verkeerdom hier In ‘n mooie land waar bloed op reën Kan vry moordenaars vier ‘n Polisieman hoor in verdriet hy het sy maat se moordenaar geskiet klag teen hom – poging tot moord – laat mens ween Herman Toerien By Boshoff Julie 2006 Boervrou wat tem Bang

Page 4: Woorde Vir Pappa

en vrou alleen boer sy En vir “veiligheid” woon sy in die dorp Hier in die dorp “Veilig” toegesluit in haar vesting-huis Hier is sy vermoor Deur ‘n buitekamer-venster, Dan deur die plafon Af in die huis Om haar te versmoor Vrou-alleen Tem sy die Wes-Vrystaatse elemente Maar in die dorp In haar vesting-huis word sy vrou alleen gewurg en vermoor Herman Toerien Julie 2006 By Swartruggens (Dit blyk dat hierdie nie ‘n plaasmoord was nie. Hierdie tipe marteling het egter reeds verskeie kere tydens plaasaanvalle gebeur, en dui aan dat ook dorpsbewoners of voorstedelike inwoners nie gespaar gaan bly nie. Volgens Media 24 se elektroniese argiewe wil dit voorkom of daar al oor agtien plaasaanvalle berig is waar die slagoffers met kookwater gebrand is, oa een wie se voetsole afgesny en toe in ‘n bad kookwater gegooi is). Moord en trauma – kinders ‘n Gesin saam rustig voor die TV die aand ‘n Tenger eenbeenpa, die ma, ‘n sewejaarseun en die dogtertjie net maar drie

Page 5: Woorde Vir Pappa

Dan, skop hulle die deur af – val dadelik die pa en ma met messe aan Dan – aanhoudend en aanhoudend – Brand die pa en ma en seuntjie – gooi kookwater oor hul neer – alles moes die dogtertjie aanskou Dan, met ‘n veter, verwurg hul die tenger, eenbeenpa Bind die ander vas, Plunder en plunder – maar geen wapen of kluis – Skop alles stukkend wat hul nie kon vat. En dan... Laat ‘n vernielde gesin met vermoorde pa om hul trauma uit te leef Herman Toerien Trane loop oor jou, polisie Trane vloei vrylik, ‘n paar mense huil emosioneel Drie polisievoertuie is daar, Ses polisiebeamptes ... met masjiengewere Die toneel van ‘n plaasaanval? Ja, maar die plaasaanval was jare tevore Nou die owettige begrafnis van ‘n plakkerskind “Ons hou die begrafnis hier, om ‘n presedent vir nog te skep met die oog op ‘n grondeis” het die amptenaar vir die boer gesê Nou vind hierdie begrafnis plaas, sonder bodemtoetse vir gesondheid In sandgrond... waar almal die fonteinwater drink

Page 6: Woorde Vir Pappa

Die hordes polisie hier om die boer te keer om die onwettige begrafnis te keer al het die boer alles probeer om ‘n waardige begrafnis vir die kind in die dorp te kry Die kind se pa, kon by sy werkgewer ‘n voorskot kry Dis tussen Bethlehem en Harrismith Kort tevore was daar ‘n plaasaanval met die polisie eers vier uur later heel laaste op die toneel En ook naby kort tevore, by Verkykerskop, neem dit die polisie twee ure Om die drie kilometer na ‘n plaasaanvaltoneel te kom -glo lekker gesuip en ook heel laaste op die toneel.... Hoe laag kan mense daal, om die dood van ‘n tweejaar kind, so blatant vir politieke gewin uit verband te ruk? Herman Toerien By Leslie, Julie 2006-07-10 Asseblief, moenie skiet nie! Vreesbevange, nadat haar ouma voor haar tweemaal geskiet is en dood voor haar voete lê Dis ‘n verskrikking vir die kind dié... Alleen by die moordenaar en ouma “Kom help pappa asseblief!” dis wat sy benoud oor die selfoon sê

Page 7: Woorde Vir Pappa

Die moordenaar gryp die foon en gooi die ouma op die kind Pappa bel die ouma se foon Die kind spartel om dit te vind Bloedbesmeer en vreesbevange Skuil die kind Tot hul haar vind Die polisie neem hom gevange Wie kan hierdie kind se vrees verstaan? Voor haar is haar ouma tweemaal geskiet en steeds is die moordenaar daar vroetel en soek om te plunder Vreesbevange op haar sel Bel sy haar pappa daar ver Die moordenaar besef wat sy doen, Gryp die selfoon en slinger die dooie ouma oor die kind. “Moet my nie doodmaak nie,” pleit sy ‘n Geskokte pa bel die ouma die kind hoor die sel lui en spartel benoud om te antwoord Sy voer haar pa se opdragte uit, Gaan skuil in ‘n bakkie op die plaas Kruisement waar die redders die kind bloedbesmeer vind. Herman Toerien Ly in stilte en swye vir 2010 Hoekom die erge wreedheid met misdaad nou? vra die minister handjies styf vasgevou Van brûe word motoriste met klippe doodgegooi By kruisings lê dood kapingslagoffers in bloed getooi ‘n Joernalis wat doodgeskiet is trek gou die aandag te midde van doodslag het die media dit nie verwag afgestomp om te berig van nog ‘n moord en nog sodat wrede moord nie meer nuus is nie... vergesog? Algaande word plaasmoorde wreder en wreder

Page 8: Woorde Vir Pappa

Dit sal nie stede toe kom nie, weet hul beter Maar dan is dit daar en volg die skok Niks meer help al die syfergejok Om die twintig-tien wêreldbekersokkertoernooi te red moet hulle nou die misdadigers goed looi maar die misdaad self hoort nie aan die groot klok dis dislojaal en kan die grootsheid hier blok. Kruisig dan maar die wat treur, Misdaadslagoffers sonder salf vir die seer wat die illusie versteur dat misdaad lankal, lankal is reeds gekeer Herman Toerien Julie 2006 By Harrismith Sondagoggend So dikwels Sondagoggende slaan skurke Sondagontheiligend toe

- skreeuend, wandadig, wreed sleep niksvermoedende kerkgangers deur opstalle met die geur van Sondagmaal swaar... Dis weer Sondag; wag vir gaste vir daardie Sondagmaal Oorval eers vrou en dogter en dan swaar gewapen ook die man Dreigend om te skiet terwyl hul plunder Wapens en nogmaals wapens Goddank – die keer geen moord Maar die geroofde wapens is nie vir ‘n piekniek geneem... Herman Toerien Junie 2006 By Clarens Op die bloedspoor Al op die nat bloedspoor skuifel hy waar hy en sy bejaarde vrou bly Skuifel hy na die slaapkamer aan na waar hul lewensjare saam taan

Page 9: Woorde Vir Pappa

Op hul wye bed, onder bebloede lakens lê sy hul plek van gebed is die slagplek plek waar sy nou ly Herman Toerien Junie 2006 By Windserton Tot die dood kom Herhaaldelik het hulle al gekom Beroof, geskiet Het hy egter vasgebyt En steeds sy plaaswinkel gehou Maar dan, dan skiet hulle hom dood Herman Toerien By Barberton Junie 2006 Skoen aan ander voet Dié keer, Goddank, was die skoen aan die ander voet Vier sterk het hul gekom geskiet op die boer en werker Maar hy skiet terug, die aanvaller-skut noodlottig getref nog een gevang, twee hol weg... soos die lafaards wat hul is. Herman Toerien By Bloemfontein Junie 2006 Slagoffer gehang Hulle het die doodstraf afgeskaf; Dis wreed en skend die menseregte van moordenaars en kinderverkragters sê hulle ....

Page 10: Woorde Vir Pappa

In die Vrystaatse winterkoue – opgehang soos ‘n stuk nat biltong maar eers gemartel en gewurg Sy sonde? Hy het die bakkie en selfoon besit wat die skurke wou hê Weer kom dit naby my ... ‘n hanetreetjie van my vestinghuis my gesin, reeds agter tralies en duiwelsvurk Maar is dit genoeg? Herman Toerien By Carolina, Junie 2006 My huis my vesting nie meer Drie maal kom hulle... Die derde maal is dit moord Die vorige slagoffer lê nog in die lykshuis koud Dan skiet die lafaards die ou man dood Sommer deur die deur Verbrysel sy bejaarde vrou se hand met ‘n haelgeweerskoot Bind haar vas – die lafaards Binne ‘n week, binne ‘n radius van net tien kilometer ‘n hanetreetjie van die plaasskooltjie waar skoolkinders strategiese inligting oor plaasbeskerming vir ‘n skooltaak moes kry word drie keer aangeval Eers die swart boer en sy vrou En terwyl hulle steeds in die hospitaal lê Nog ‘n aanval – die keer die gewere gebuit vir die moord En dan die moord Weke later sterf ook die swart boer

Page 11: Woorde Vir Pappa

In sy bejaardheid kon hy dié trauma nie verwerk O Heer, o Heer Die land is gek Slegs U kan heel Dié gebrek Herman Toerien Junie 2006 By Queenstown Nie soos ‘n koningin – Is die ou vrou vernederend in haar hoenderhok vermoor Die laakbare lafhartiges So braaf om die ou vrou met messe neer te fel, en soos ‘n skaap keelaf te sny Slaan nou voet in die wind As haar ou man haar gille hoor en nadersukkel om te help; voor sy haar lewenstryd verloor Sy syg dan neer Van hoendernis besmeer terwyl donsies om haar dans Dan hardloop die “vegters” weg, Klone van vroeëre “vegters” Wat o so dapper landmyne op plaaspaaie gestel het en babas laat disintegreer het Herman Toerien Vrot appels Dis nie net julle skuld – ek weet Maar, alewig daardie woordjie “maar,” Julle weet mos hoe rasgevoelig hierdie land was, is en steeds sal wees... Dit kos net een dronk vrot appel – Al is dit ook ‘n tronkvoël begenadig Wat sy hand lig, ondiskreet skiet Dan weergalm dit:

Page 12: Woorde Vir Pappa

“Kill the Boer, kill the farmer!” Die bloed is op hul hande – ek weet Maar minstens het daarvan ook op die vrot appels gespat. Ek wys vinger, ek weet, En boonop wys vier terug na my Te dikwels het die wag voor my mond die trekpas gekry Ragfyn die gevoelens van hulle en van julle en van ons in hierdie bloedbevlekte land. Rassisme is lank nie verbrand Dit word steeds gestook deur ‘n regering wat ontspoor Swyg as hulle en julle gil die kreet: “Kill the Boer, kill the farmer!” Dis skandalig, dis wreed maar moenie help gevoelens stook Herman Toerien Die kamera kyk soos hy wil of moet? Geskok, pateties huilend... Nog minstens ‘n week agter tralies Aangekla van moord, verander na strafbare manslag en terug na moord Hy het gedink, sê hy Hy skiet ‘n hondsdol hond Toe kry ‘n kind ‘n doodskoot in die kop. Hierdie een saak, op TV weer en weer Wys die jillende massa, wat eis dat hy moet ly

Page 13: Woorde Vir Pappa

...al is hy nog nie eens aangekla nie Hy is skuldig vir die SABC want hy is wit, hy is Afrikaans en, veral, hy woon op grond ... ‘n kleinhoewe wel, maar hy is ‘n boer – on-ver-geef-lik Terwyl die SABC dié perd al meer en meer holrug ry naderhand die dooie perd looi van die nare boer... vind die een ongerapporteerde plaasaanval na die ander plaas... Openbare uitsaaier? Openbare verleentheid Openbare skande Herman Toerien Die media So afgestomp Bevooroordeeld Polities korrek Of maar net sat vir slegte nuus? Van die SABC, His master’s voice, Of die ministers se Skandelike saampraatpers; Van hulle word dit verwag Om doodstil te swyg, Swyg oor boerebloed Opgesuig deur die droë grond Wreder en wreder Word aanval na aanval Om steeds die nuus te haal, Te skok en vrees aan te blaas... Tot ‘n boer se hakskeensenings afgekap Sodat hy nog kan beleef Hoe sy ou vrou se kop

Page 14: Woorde Vir Pappa

Wreed ingeslaan word... Dan, met gate in die rug Ook hy vir ewig Neer sal sink Hieroor darem hier en daar In die media ‘n piep. Maar dan, as die suurstofpomp oue, Sy gesin met ‘n knopkierie Moet verweer Teen die vuur van masjiengeweer swyg amper al die media stil Herman Toerien The pool In their as yet unchallenged young love the pair drinks up the tranquillity of the fountain pool A glorious first picnic Sunday after their honeymoon Light classical music mingles with birds with song Suddenly she jumps up, laughing, stripping and dashes into the tranquil pool he follows, dives, splashing cold water over her beautiful body Suddenly, from out of the bushes they were there Machine guns pumping lead in the pool Helpless, bud naked in the bloody pool He sinks – his hair an island in the blood Then they drag her fighting beautiful body out gang raping … and leaving her sobbing broken body next to the bloody pool Herman Toerien Weerlig Hoe anders as ons sonskyn sorgvrye Kleinbrakse somer-kindweestyd... Henkie, vandag het ek jou weduwee gesien; nog ongelooflik jonk, amper kind lyk sy En tog, dis al ‘n paar jaar

Page 15: Woorde Vir Pappa

dat jy en jou ewe jong swaer deur plaasaanvallerkoeëls afgemaai is Hoe anders dink mens nou Die weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek, sê hulle maar toe julle geskiet is, bebloed op TV gewys is, toe, my kleintyd-vakansietydbuurman, was dit die vyfde weerligslag raak Ons het saam gaan steentjies vang Ons het saam saans polsend gedisco Ons gesinne is Sondae saam na die Strooidakkerkie met die mure wat kon opslaan... ook daar in CSV-kerskonserte gespeel Ons het saam op die rivier geroei en geseil Kleinbrak se brekerbranders mak gery Nou Henkie, is dit vir altyd verby Herman Toerien Plaasaanval Die groot en sterk growwe hand vou styf om die kluit Soos sy stukkende hart om sy binnepyn sluit Kragtig kramp die geëelte boerehand die kluit vas Die kluit tot stof en as die groot hand traag oopvou plas ...‘n traan in die handvol stof Die vingers vou oop en die stof stroom uit die growwe hand Eers oor die klein wit kissie van sy blouoog meisiekind, Wat so onbesorg kon lag en speel in die dwarrelwind Dan oor die wit kis van sy stewige boerklong-seun Op die lande en by die vee was hy reeds ‘n steun En dan oor die rooshoutkis van sy lieflike lewensmaat Wreed uit sy lewe gebreek om hom nou reeds alleen te laat Sy skouers ruk en pluk onbedaarlik op en af, en nog ‘n traan val in die rou en oop blommegraf Vertroostende hande druk ook stom van pyn Sy rukkende skouers saggies en verdwyn Dan skommel sy rolstoel ongelyk Weg, weg terwyl hy stip ver weg kyk “O Heer, o Heer, laat hulle leer om hieruit te leer om die slagting te keer,

Page 16: Woorde Vir Pappa

want niemand verdien hierdie seer” - Herman Toerien

Salfie vir die eina (Vir Anri) “Salfie vir die eina, mamma, seblief mamma.” Grootoog kyk die blou ogies van die blondekop kind Tussen kort vingers op die magie Sypel die stroompie bloedrooi bloed. Dieselfde skurkekoeël het haar pappa se nek deurboor “’n Salfie vir die eina, mamma, seblief mamma,” vra die blondekop – klein en nog meer peuter as kind met die bloedrooi bloed op haar magie Met steeds die skurkestryd wat woed Klein en dapper veg sy tot sy die lewenstryd verloor Geen salfie help vir hierdie seer Wat soos ‘n kanker kruip en verwoes Die grafstene word al hoe meer Die skurkestryd wat steeds meer verwoes Slegs die Heer se salf werk nie half Herman Toerien Mentaliteit van die plaasaanvaller Waar lê ons land se morele grense? Want hulle maak nou jag op ons mense Die boer se bloed vloei traag en taai op die vloer Sy vrou se bloed spat teen die muur Hulle sê, in hierdie land moet ons nog boer En al brand ons harte soos vuur terwyl die skote in die kamer skerp knetter en klap die vrou se kop word met die hamer inmekaar gekap Tien jaar van die grondwet vier hulle nou vanjaar ..ekskuus – ons vier dit...al is dit bitter swaar hulle vertrap die bloed van ons mense want hulle maak nou jag op ons mense geskiet en dan doodgeskop gelaat selfs die hond ly hul wrede hol haat Is dit sommer al? Is ons land dan mal?

Page 17: Woorde Vir Pappa

Herman Toerien Spineless scum Sometimes they come by day Sometimes they come by night Sometimes they come with knives and sometimes they come with machine guns Sometimes they rob Sometimes they torture Sometimes they rob and torture And sometimes they torture and then murder But they all attack like cowards Making sure the victims are defenceless, old and frail, Or unarmed… When matched, even unequal these cowards flee like scared rabbits Not even the guts of a meerkat Standing first to observe do they have Herman Toerien

Trappe van vergelyking

‘n gil ‘n ruwe mes swiep

en die bloed spuit en vloei ‘n priesterhand gryp die kloppende hart

uit die oopgekerfde rukkende liggaam uit omhoog Bloed vloei die trappies af, die slagting duur voort en voort

en die hele piramiede word algaande druipend in bloed rooi getooi onder gil juigende ‘n massa want hul songod se bloedlus word versadig uit hul paleisvenster kyk Cortez se wreedaards geskok na die Asteekse

bloedorgie

500 jaar later ‘n wit kruis

stille getuienis nou van nog ‘n plaasmoord

nog een geruk uit boerehart

Page 18: Woorde Vir Pappa

nog ‘n stukkende liggaam na die graf Wit kruisies kruip inderhaas die heuwel uit

Die gedenkheuwel van boeresmart word al witter getooi En steeds hard en histeries klink die kreet: Kill the boer, kill the farmer

In hul leunstoele gemaklik sal beskaafde leiers skaars ‘n woord te sê hê nie Herman Toerien Plaasaanval: Gebed by die graf deur ‘n nabye familielid (Volgens die melodie van Psalm 40, 1936-beryming) Heer hoor nou ons stukkende harte huil want woorde in ons monde stol... Woeste emosies ons koppe tol Haat om elke hoek van ons wese skuil...

- Met woeste wreedheid en haat In plasse bloed doodgelaat Gekom gemoor gegaan ‘n gesin weggeveeg ‘n baba wees laat staan

lewe wat aanbeweeg Om vyf oop grafte staan stukkend ons nou Stomme trane oor ons wange rol... Sal vergifnis ooit ons harte vou? Nou is ons harte van rouheid vol

- maar nou eers Heer gee ons krag asseblief nou dag vir dag tot ons eers sterker is troos in ons harte lê tot ons weer weerbaar is

moed vir more kan hê My hart verstar, my woorde stol, daarom bid ek uit u Boek (Psalm 40:4 – effens aangepas) Net om u wil te doen soos in u Boek

- die wonderskrif wat nooit vergaan – dit klaar van ons geteken staan dit wil ons Heer, van ganser harte soek – ons bied U hart en hande in wil’ge offerrande – al wat ons is en het:

Page 19: Woorde Vir Pappa

diep in ons ingewand waar liefdeˆen ywer brand draag ons u heil’ge wet Herman Toerien Junie 2006 Vrede van die Vrystaat Idillies mooi teen die rantjie glim die opstal in yl winterson Digby Vrede, Vrede van die Vrystaat Maar vanoggend wemel die werf; krioel polisie en spooorsnyers In die opstaldeur huil die hond histeries ...want sy baas en nooi is weg Hy, sy bejaarde baas geskiet Haar het hulle met ‘n skêr vermoor Privaat, voorbeeldig hierdie ou mense van Vrede van die Vrystaat Doodgelaat by honger en dors diere Dae later eers gevind Eerbiedwaardige oues se gebreekte lyke dae gelos tot ‘n nederige veewagter hulle by die kermende Bruno vind Net een wapen geroof, twee oues vermoor So berig die koerant – en roep dit op die voorblad uit Vort daarmee die vrotse spul om stellig weer te moor Herman Toerien Junie 2006 Smerige sel van selfverdediging Grieselrig die geselskap hier in ‘n smerige sel beknop Die waardige boer of boervrou se misdaad? Selfverdediging – skandalig, sê hulle Beskerming van lewe, gesin, huis en haard is nou strafbaar met die dood Die stadige dood van verval, vernederende bondelverkragting, vigs verwerplike selfverdediging, sê hulle

Page 20: Woorde Vir Pappa

Herman Toerien Junie 2006 Cullinan se juweleroof “He is dead, our job is done” – een van die aanvallers In die nag het die skurke gekom... Skiet lustig met masjiengewere, teen die ou man en sy knopkierie, sy enigste wapen om te beskerm: sy vrou, sy kleinkinders en hom Terwyl hy al baie lank vir sy vuurwapenlisensie wag Hulle skiet die ou man – dink hy is dood – Roof juwele en plunder en ... lafaards wat hulle is vlug hulle die donker in as twee sektorlede kom Herman Toerien Maar ook... “Opkomend,” sê hulle, moet ook boer. Maar dan, swart en vrou, opkomende suiwelboer sy... Sommer deur die venster skiet die skurke... En dood lê die gewese opkomende boer nou in bloed voor haar dogter platgeskiet Op die boeke maar net nog een Magielsburgse polisiestatistiek Herman Toerien

‘Die Stem’ van ‘n Boer

In die melodie van Die Stem - CJ Langenhoven - Abrie JF Kilian

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, Rooi die bloed van onse mense oor die plase afgevee. Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.

Page 21: Woorde Vir Pappa

Klink die gil van ‘n bejaarde toe ‘n aanvaller haar betree.

Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa – Hoor ek die benoude uitroep, van ‘n boer wat na hulp vra.

Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika. Nog ‘n boer is wreed vermoor, wat die media glad nie pla: Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra: Uit die land! Sê die minister, as jul oor die misdaad kla.

Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika Hul verdiende loon sê almal, word geuiter agterna.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:

Kom die aanvaller in die dag, om te moor en af te knou - Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou –

Trane oor haar sagte wange, verkrag vermoorde vrou

Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly: Smekend soebat na genade, het die mes oor die keel gegly.

Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. Goddeloos in diepe wese, het genot in moord verkry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer – ‘n Regering sonder dade, harte ongenesend seer.

Ons moet op staan, saam staan, voort gaan en ons self voor God bekeer.

Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer. O O O

O * * * * Abrie Kilian

Sonet van die laaste uur Sondag wind ritselend die goue veld

van die ‘n Vrystaatvlakte vêr. Dit is stil na ‘n storm se gedreun, kras galm van ‘n lammer se geblêr.

Hosannas was nog vars en galme geneurie onderbreek deur knal van angstige vuur

Page 22: Woorde Vir Pappa

Slagdag se stank van rooi gespat stollend dronk drup vanaf die muur

Terwyl boer onderbewustlik wag vir die dag

en die aanvaller beplan aan sy uur. Sit dood al reeds aasend en gluur.

Hoe lank moet ons bewustelik sit wag terwyl die regering beplan per uur.

Staan Justitia hand-vol, blind en tuur. Abrie Kilian

Hyms and Screams -Abrie JF Kilian

Church bells and hymns, choirs that echoes red and blue the coloured glass of grace.

Voices that in unity that give thanks to the Lord serenity and peace radiating from a face.

Gunfire and screams, barks that echoes red the stain that bleach a victims blood. Voices in anxiety that pleads for mercy chaos and anarchy a criminal flood.

Another farm attack ripping through the page. A governments silence still but an empty stage.

Headlines bold of a Sunday massacre.

And law that protects the criminal mind And no comforting hand for a victim to find. A community in pain pleading for help

* * * * *

Father land

-Abrie JF Kilian

The sun rises over her distant horizons. Jungles, savannas, deserts and mountains. She wakes up from her deep evening slumber refreshed by her Nileish-Victorian fountains.

Page 23: Woorde Vir Pappa

Another day to drink from the blood of mortals, Soil sucking unquenchable her grounds. Natural disasters and poverty her thorns Amplified the silhouettes of sunset sounds.

Africa you can’t hide your tears anymore.

It’s your time to reach out and rise from the floor. In your brokenness you are instrumental.

Africa you have been chosen to show the Father’s heart.

Forgive and repent and pray a salvation start. Live through the quenchable blood of Christ.

* * * * *

Somerswaeltjie Ses teen een – 6 AK’s teen 1 pen wat hy heel laaste gebruik het om die ANC se telefoonnommer op sy lessenaarskryfblok neer te skryf ...om hulle te bel: seker te maak oor die voorwendsel waaroor die ses daar was … net die laaste twee nommers het ontbreek, want hy het nie tyd gehad om die nommer volledig neer te skryf voordat hy met ‘n koeëlreën afgemaai is nie. Dr. Jurie Geldenhuis, stoetteler bloei dood op sy plaas by Hartbeesfontein Dit was nog voor ontbyt en sy vrou was nog in haar japon. Toe sy die lawaai buite hoor en die kamergordyne oopmaak kyk sy vas in die loop van ‘n geweer. Wonder bo wonder het sy dit oorleef. Toe sy na sy studeerkamer hardloop, was hy bloeiend...maar nog lewend. Met die huisbediende en plaaswerkers wat om haar staan en weier om haar te help (want hulle was kop-in-een-mus – mense wat jarelank daar gewerk het) om hom op te tel, het sy met haar fyn liggaampie

Page 24: Woorde Vir Pappa

haar lang, lenige man alleen in die motor gesleep jaag teen 160 km oor ‘n plaaspad met hom dokter toe – te laat... soos die Elwekoning … By sy somerdagbegrafnis sal ek nooit die enkele swaeltjie wat dwarsdeur die diens hoog teen die spierwit koepelvormige gewelf van die volgepakte kerk gedartel het, nooit vergeet nie … om en om het hy gesweef-vlieg; ek het so heeltemal onlogies die gevoel gekry: dis Jurie, en hy het kom groet; miskien selfs, met die edel geaardheid wat hy gehad het, ook gevra: vergewe hulle … want wat maak ‘n swaeltjie in die somer so allenig daar bo teen die wit koepel? ‘n Swaeltjie draai bowe in eensame vlug … dis al, het ek aanhoudend bly dink. So raak ‘n mens se kop onlogies wanneer jy sin probeer maak, né. Dan, en daarom, maak een foto wat oorsee buite verband geruk word, my woedend. Babs Cloete Weer by Carolina, Julie 2006 Moenie weerstand bied – SAPD Hierdie ou oom, Alleen met sy brakkie Sou nie weerstand kon bied

- al wou hy ook Maar moenie weerstand bied Raai die polisie aan Weerstand maak die skurke kwaad En laat hulle dalk moor Weerloos vasgebind op sy bed Moet die oom aanskou Hoe sy huisheiligdom Geskend en geplunder word

Page 25: Woorde Vir Pappa

Hulle laat hom fisies ongedeerd Maar sy gees erg gekneus... Hoe moet mens weet Wanneer om weerstand te bied By Swartruggens het die eenbeenpa Geen weerstand gebied Tog is hy en sy gesin gemartel En hy wreed vermoor ‘n Gesin hul pa verloor al kon swak hy skaars spartel Herman Toerien Julie 2006 Woorde wat ween Kan ‘n mens...nee, hoé kan ‘n mens paslike woorde vir hierdie trauma vind? Net as mens dink die wrede opsies is uitgeput, dan wys die wreedaards dis nog net die begin Hoe dood moes iemand wees om hom vyf keer in die gesig te skiet? Net om sy motor te roof Hoe taai moes die vyf en tagtigjarige wees dat hy so met kookwater verbrand is dat hy die helfte van sy voet verloor? Junie 2006 was ‘n slagting Maar hef aan sou nou kom In Julie 2006, net een provinsie Vyf aanvalle in dertien uur As die ou man, sy hele lewe sterk nou kort-kort skielik hartroerend huil Dan weet mens, dan weet mens daar is nie woorde wat die wrede trauma kan verwoord

Page 26: Woorde Vir Pappa

Die ou man weet waar om woorde te vind Hy vind dit in die Ware Woord Ons weet, uiteindelik sal hy vertroosting vind By God’s vertroostende Woord Herman Toerien Die sterre wink Hoe ver is die blink naaste ster? Ver genoeg van hierdie gru geweld? Of gaan dit hier maar nes daar ver? Sou hierdie wreedheid ook daar kon geld? Herman Toerien Julie 2006 By Hertzogville Drie maal skeepsreg Drie maal, maar nou was dit skeepsreg trek die ou man van sy plaas weg Hy knip sy wortels vir goed Hy moes vir gru misdaad boet Alles het hulle geneem En los die ou man alleen Herman Toerien Misdaadparadys Mercurius teenaan die son ...eenkant kokend warm hel ...anderkant buitenste duisternis koud Stadig draai, warm, dan koud Venus, amper vyf maal kokend warm ‘n gifatmosfeer, verbryselend swaar Mars, ver en koud ‘n luglagie hopeloos te flou om die mens te onderhou

Page 27: Woorde Vir Pappa

Jupiter, Saturnus, Neptunus En Uranus Gasplanete sonder vaste voet Pluto, so koud Daar op sy verste vries selfs die atmosfeer Maar die aarde hier met lower tropiese woude Sierlike sandduine Silwer branders in die Helder son ‘n Romantiese maan, sterre-diamante ‘n Kaggelvuur beskut teen die winterreën Blou-blou berge ver Met alles wat lewe het God die mense gegee Dis op die aarde hier waar skurke geen perke ken om nuwe wreedhede te bedink om Gods skepsels te vermoor Herman Toerien Hond Net ‘n hond Maar die mens se beste vriend Word gewond Gee sy lewe vir sy beste vriend Herman Toerien Doel op sy tyd Op my seer knieë Heer vra ek weer om te leer Die pyn kom weer en weer en maak my bitter seer

Page 28: Woorde Vir Pappa

+ Om my geloof te sterk U Gees in my laat werk Tot uitbou van U kerk en vir u te kan werk = Bo vermoë beproef sal u keer U sal betyds keer en koester Heer Brei ook my geloof vreesloos en sterk om nog steeds beter vir u te kan werk Herman Toerien Help! En tweespraak “Help” roep die getraumatiseerde uit “Sjuut!, dis dislojaal, dit skaad die land toeriste sal skrik, werkloosheid sal groei.” “Maar ek het pyn, ontsettende pyn!” “Verlaat die land, die kla skaad my sak, Weg onder my oë uit, Weg uit my gedagtes!” “Help, nou is ek alleen, alleen met hierdie pyn! By die post traumatiese skok Kom ook nou sekondêre pyn!” “Bly stil, jy ruïneer my planne, jy is onwelkom hier!” “Hoe moet ek dit verwerk? Hierdie pyn, hierdie seer? As ek moet opkrop En niemand dit deel? ‘n Pyn wat terugkaats van ‘n verharde hart bly soos ‘n dolksteek elke keer.”

Page 29: Woorde Vir Pappa

Herman Toerien August 2006, Wartburg Death awaits in the cane fields From hiding in the sugar cane they came shooting at the bakkie to kill and lame Two farm shooters spreading lead Firing fro and meaning dead the bullet stuck in the chest Stuck in for ever to rest Today the Windy Hill missed out on a kill Herman Toerien Lappop Van onder die lyk kruip die kind uit Bebloed, waansinnig bang Gryp haar lappop, Geskeur met spierwit watte wat by die borsie uitdop Besete pluk en pluk die watte uit die pop Soos om die geskokte seer uit haar eie borsie te skeur syg sy hartverskeur tussen haar ouers se lyke neer Herman Toerien Special design tools of terror These bullets not only rip trough flesh They tear into and maim the soul From the wounds pours not only blood but the wounded soul sticks into the gaping hole The knife they used to skin the old gent’s foot sole rips into and tortures the soul

Page 30: Woorde Vir Pappa

the terror agents bemused The boiling water poured on the skin Causes the soul to wear thin The body kicks in pain The soul horror yells in vain The match they used To set alight the screaming dame Tortures the soul to maim The terror agents bemused Herman Toerien

Plaaskind - Abrie JF Kilian

Sweet verkwik op sy jong voorkoppie stadig al steierend teen die wang vloei

Asem verberg om hartklop te stil terwyl moeder in die kombuis van pyn gil.

Met vinger in die ongemaalde mieliesak

word elke mielie onseker getel. Arm om hoof agter vaatjie verskuil sit skulfer voet kind saggies en huil.

Kinders van die verskroeide aarde eens op ‘n tyd in ‘n grot geskuil. Kinders van in ‘n plaasaanval witkruisie op dié berg gestal.

Moet hul tog nie verhinder nie laat hul reguit na My toe kom.

Vee Christus die trane van hul wang sing hul ewig in hemelse gesang.

O * * * *

The spear of the nation needs to melt. The spear of the nation needs to melt. In the hands of angry warriors it continues, Red, shedding blood, and covering, Those curses are cancelled,

Page 31: Woorde Vir Pappa

Hatred bubbling boiling, put to shame. Just emotion spreading like an ill wind , fanned by press and dark forces, Where and why does it continue, When Christ has died and so too my friends. The Bible once full and strong, Is now but two pages long. The other pages, Where are they? In the book, but in the heart. They’re gone. The preacher doesn’t mention them. The heart is now grown cold, The church is not as strong. But in the air, there is a song, a song of triumph. like a movement in the berry trees. That which was lost will be found. And like a mighty army. Those who seem to be dead will rise. Hope and peace will dawn again . When truth once dead is born. Guy Solomon Sprokie vir ‘n plaaskind Slaap nou lekker sag my kind Buite pluk saggies die wind Voor die vensters is die tralies lekker yslik dik Terwyl die staanhorlosie die nagure wegtik Liewe Jesus is hier by jou grootman Hy sal jou trou bewaar soos net Hy kan Teddie en seekoei lê teenaan jou snoesig saam Wagter en Bruno patrolleer die werf tesaam Langsaan slaap pappa en mamma lig Die baie gewere binne sig Die tweerigting radio altyd aan Buite helder skyn die gele maan Grootman, jy moet lekker slaap More kom skeer hulle skaap Dan moet jy kom help keer En jou oorleefstryd leer

Page 32: Woorde Vir Pappa

Slaap maar rustig Grootman Herman Toerien