Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots....

11
Natuur- wetenskappe 3 de Jaar Kwartaal 2 Mengsels Oplossings & Oplosbaarheid Die Water-siklus Naam en Van: ________________________________________ Jaargroep: ____________________

Transcript of Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots....

Page 2: Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots. Distillasie. Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof

Mengsels is orals waar jy kyk. Meeste dinge in die natuur is ook mengsels. Kyk na

rotse, die oseaan, of selfs die atmosfeer. In sommige mengsels is die verskillende

materiale duidelik sigbaar na vermenging. ‘n Mengsel van grondbone en rosyne is ‘n

voorbeeld van so ‘n mengsel. Hoe kan ons die grondbone en rosyne skei? Wel, ons

kan eenvoudig die rosyne tussen die grondbone uithaal!

‘n Mengsel van grondbone en rosyne.

Kan jy dink aan ander mengsels waarin die verskillende materiale duidelik sigbaar is

na vermenging? Kyk na die prente hieronder vir ‘n paar idees.

‘n Mengsel van verskillende kleure jellieboontjies. ‘n Mengsel van verskillende vrugte in ‘n vrugteslaai.

2

Page 3: Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots. Distillasie. Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof

‘n Mengsel van swane en eende op ‘n meer. ‘n Mengsel van rooi-, groen- en geel-soetrissies.

‘n Mengsel van verskillende blomme. ‘n Mengsel van verskillende skulpe op die strand.

In ander mengsels is die materiale so goed vermeng dat dit lyk asof die een

materiaal in die ander materiaal ‘verdwyn’ het. Sulke mengsels word oplossings

genoem. Ons sal binnekort meer oor oplossings leer.

Kom ons kyk eers na die volgende konsepte:

MengselOns het reeds gesien dat mengsels orals rondom ons is. In kort, dit is iets wat

geskei kan word in twee of meer stowwe.

Oplossing‘n Oplossing is wanneer twee of meer stowwe oplos (verdwyn) in mekaar. Die stof

wat oplos word die opgeloste stof genoem. Die stof wat nie oplos nie word die

oplosmiddel genoem. Bv. soutwater = water (oplosmiddel) + sout (opgeloste stof)

VastestofVastestowwe is voorwerpe wat stewig en stabiel is. Hulle behou hul vorm en kan

hard, sag, groot of klein wees. Bv. ‘n jellieboontjie.

Vloeistowwe

Vloeistowwe kan vloei en neem die vorm van die houer waarin dit is aan. Daarom

kan ons sê dat dit nie ‘n vaste vorm het nie. Bv. water.

Oplosbaar

3

Page 4: Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots. Distillasie. Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof

Dit beteken dat ‘n stof die vermoë het om op te los in ‘n oplosmiddel. Bv. suiker is

oplosbaar, omdat dit in water kan oplos (verdwyn).

Nie-oplosbaarDit beteken dat ‘n stof nie die vermoë het om in ‘n oplosmiddel op te los nie.

Bv. suiker is nie-oplosbaar in olie nie.

Suiwer-stowwe‘n Suiwer-stof bestaan uit een enkele soort molekules. Dit is ‘n stof wat nie geskei

kan word deur fisiese-metodes soos filtrasie, verdamping of distillasie nie. Bv. yster,

hout, koper, water, goud, suurstof, suiker ens.

Aktiwiteit 1Beantwoord die volgende vrae.

1. Wat presies is ‘n ‘mengsel’?

______________________________________________________________

______________________________________________________________

2. Wat noem ons ‘n mengsel wat lyk of dit inmekaar verdwyn?

___________________________

3. ‘n Stof wat oplos noem ons die _____________________________.

4. ‘n Stof wat nie oplos nie noem ons die _________________________.

5. In ‘n oplossing van water en sout, sal water die ________________________

wees en sout die ___________________________.

6. Teken ‘n skets van enige mengsel waaraan jy kan dink. (Wenk: Kyk na die

voorbeelde op bl.2&3 vir leiding en gebruik kleur.)

4

Page 5: Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots. Distillasie. Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof

Skeiding van mengselsDatum:___________________

In die volgende afdeling gaan ons die verskillende maniere om mengsels te skei,

bestudeer. Dit is moontlik om materiale te meng in baie verskillende kombinasies.

Die material in ‘n mengsel wat vermeng is sal nie verander nie. Hulle behou hul

individuele eienskappe (voorkoms). Soms is dit moontlik om ‘n mengsel te skei in

die oorspronklike individuele materiale waarmee jy begin het

Kom ons kyk na ‘n paar metodes wat gebruik word suiwer-stowwe te vorm deur

mengsels te skei.

‘n Magneet‘n Magneet word gebruik om metale van nie-metale te skei. Bv. dit kan gebruik word

om yster van sand te skei.

Filtrasie

5

Page 6: Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots. Distillasie. Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof

Filtrasie is ‘n metode wat gebruik word om vastestowwe van vloeistowwe te skei.

Die vloeistowwe beweeg deur die gaatjies van die filtreerpapier. Die vastestof-

deeltjies is te groot en haak vas, wat beteken dat dit agterbly.

‘n Mengsel van vastestowwe en. vloeistowwe

VerdampingVerdamping word gebruik om ‘n opgeloste stof van ‘n oplossing te skei.

Wanneer ons soutwater verhit, sal die water verdamp, wat soutkristalle

agterlaat.

Sifting‘n Sif is ‘n instrument met baie gaatjies, wat gebruik word om kleiner deeltjies van

groter dele, of vloeistof van vastestowwe te skei. ‘n Eenvoudige vergiettes wat jou

ma in die kombuis gebruik is ‘n goeie voorbeeld. Wanneer sy die spaghetti en water

mengsel deur die vergiettes gooi, word die water van die gekookte spaghetti gesif.

Spaghetti in ‘n vergiettes.

Handsortering

Wanneer daar fisiese verskille tussen materiale is wat jy van mekaar kan skei, is dit

maklik om hulle te identifiseer en die materiale met die hand te sorteer. Bv. sortering

van smarties en jelly tots.

Distillasie

6

Page 7: Westcliff School of Skills – Labor Ornat  · Web viewBv. sortering van smarties en jelly tots. Distillasie. Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof

Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof gesuiwer

word deur dit te kook, en die dampe (gas) kondenseer. Bv. souwater kan in

varswater verander word deur distillasie. Verskeie vorme van brandstof, soos petrol,

word geskei van ruolie deur distillasie. Alkoholiese drankies word ook gemaak deur

distillasie; die alkohol word afgekook vanaf die res van die mengsel en versamel in ‘n

gekonsentreerde

(verwyder water) vorm.

Die Distillasie-proses.

Aktiwiteit 2Kyk na die tabel hieronder. Dit bevat prente van mengsels.

1. Vir elke mengsel in die tabel, skryf uit watter materiale dit bestaan, in die

middelste kolom .

2. In die laaste kolom, skryf hoe jy die mengsel sou skei.

Prent van mengsel Materiale in die mengsel Hoe sou jy dit skei?

7