WEEKLIKSE 08 Mei2020 PITKOS · 2020-05-08 · REËNVAL Oos-Vrystaat Dorp April 2020 totaal 2019/20...
Transcript of WEEKLIKSE 08 Mei2020 PITKOS · 2020-05-08 · REËNVAL Oos-Vrystaat Dorp April 2020 totaal 2019/20...
08 Mei 2020
WEEKLIKSE
PITKOS
PITKOS
INHOUD
Internasionale landbou
- Afrika fokus: Zambië
- VSA-aanplantingsvordering
Plaaslike landbou- In- en uitvoer van mielies- Produsentelewerings
NuusNasionale en Internasionale Nuus
WisselkoersOorsig oor die ZAR en VSA dollar-beweging
Prys-risikobestuurMinimum/Maksimum opsie-strategie
Weer- Plaaslike weervooruitsigte- Weervooruitsigte vir Noord- en Suid-Amerika
PariteiteInvoer- en uitvoerpariteite van geelmielies
PLAASLIKE
WEER
Veertien-dae weervooruitsig:
Droë toestande word in die volgende twee weke verwag. Dit sal die oestempo van beide mielies en sojabone versnel. Aangesien produsente hul graan vroeër sal kan insamel, sal dit druk plaas op pryse in die nabye maand, maar sal ondersteuning bied vir verdere maande.
INTERNASIONALE
WEER
Tien-dae weervooruitsig: Noord-Amerika
Goeie reënval in die weste van die mieliegordel sal die reeds-aangeplante graan ondersteun. Gemiddeldereënval in die ooste sal grondvog ondersteun en die aanplantingstempo versnel.
Tien-dae weervooruitsig: Suid-Amerika
Droë weer regoor Argentinië sal die oesproses, wat reeds die vyf-jaar gemiddeld oorskry het, ondersteun.
Verligting kan in die komende week in die suidelike streke verwag word, waar mielies dringend reën nodighet.
REËNVAL
Oos-Vrystaat
Dorp April 2020 totaal
2019/20Seisoentotaal
April 2018/19
April 2017/18
Bethlehem 51 424 115 0
Frankfort 125 741 164 0
Harrismith 130 601 160 0
Heilbron 130 737 124 0
Kroonstad 48 515 209 0
Marquard 57 402 139 0
Senekal 38 431 121 0
Theunissen 90 488 224 0
Ventersburg 68 560 222 0
Wes-Vrystaat
PLAASLIKE
Dorp April 2020 totaal
2019/20Seisoentotaal
April 2018/19
April 2017/18
Allanridge 73 687 241 0
Bloemfontein 80 487 128 0
Bothaville 117 697 167 0
Bultfontein 74 518 205 0
De Brug 95 529 135 0
Losdoorns 74 711 231 0
Orkney 60 723 173 0
Viljoenskroon 63 578 245 0
Welkom 87 571 258 0
Wesselsbron 83 681 242 0
Mpumalanga
Dorp April 2020 totaal
2019/20Seisoentotaal
April 2018/19
April 2017/18
Bloemhof 100 583 126 0
Delareyville 61 658 221 0
Derby 65 490 190 0
Klerksdorp 127 936 287 0
Lichtenburg 77 533 134 0
Ottosdal 63 351 221 0
Potchefstroom 85 804 183 0
Regina 90 672 153 0
Sannieshof 45 323 174 0
Schweizer-Reneke 64 596 165 0
Ventersdorp 98 670 255 0
Dorp April 2020 totaal
2019/20Seisoentotaal
April 2018/19
April 2017/18
Amersfoort 52 399 16 0
Balfour 47 343 35 0
Bethal 34 394 52 0
Carolina 119 449 11 0
Delmas 100 756 55 0
Ermelo 59 736 57 0
Greylingstad 112 701 95 0
Hendrina 130 946 124 0
Middelburg 91 816 52 0
Morgenzon 132 806 215 0
Standerton 121 579 9 0
Wonderfontein 55 634 126 0
Noordwes
PLAASLIKE
REËNVAL
INVOER- EN UITVOER-
PARITEITE
Dit blyk duidelik dat die geelmielie SAFEX-prystans op uitvoerpariteit verhandel.
Dié gunstige prys verhanding bied Suid-Afrika die geleentheid om geelmielies diepsee uit te voer siende dat die prys nou laag genoeg verhandel.
INTERNASIONALE
LANDBOUFOKUS: Zambië
Mielies:
• Graanpryse is onder druk as gevolg van die vroeë oes en diegoeie kondisie van graanaanplantings.
• Produsente het die regering versoek om uitvoere na dieKongo aan te moedig om pryse te ondersteun.
• Daar word bespiegel dat die regering ingestem het om83 000 ton meel wat deur plaaslike meulenaars bewerk is,uit te voer. Die bewerings sal egter eers ná die eersteoesskatting bevestig kan word.
• Uitvoere na die Kongo sal dus eers oor die volgende 2-3 wekemoontlik wees, wat egter te laat sal wees aangesien dieKongo dan reeds met hul eie oesproses sal begin.
LANDBOU
Mielies: Vorige jaar
= 21%
Vorige week
= 27%
Huidige week
=51%
5-jaar gemiddeld
=39%
Sojabone: Vorige jaar
= 5%
Vorige week
= 8%
Huidige week
=23%
5-jaar gemiddeld
=11%
VSA aanplantingsvordering soos op 04 Mei 2020
INTERNASIONALEINTERNASIONALE
PLAASLIKE
LANDBOU
• Uitvoer = 12 350 t• Vorige week = 12 350 t• Invoer = 0 t
Witmielies
• Uitvoer = 3 454 t• Vorige week = 3 454 t
• Invoer = 0 t• Vorige week = 0 t
Geelmielies
Meeste WM-uitvoer:
Zimbabwe
MeesteYM-uitvoer:
Swaziland
YM-invoer
vanaf
N/A
2020/21 seisoen
PLAASLIKE
LANDBOUOliesade-produsentelewerings
Pro
gres
iew
eTo
nn
emaa
t
Sojaboon-produsentelewerings Sonneblom-produsentelewerings
2020 2019 2020 2019
400 000 80 000
350 00070 000
300 000
250 00060 000
200 000 50 000
150 00040 000
100 000
30 00050 000
- 20 000
10 000
0Datum 29/02 - 07/03 - 14/03 - 21/03 - 28/03 - 04/04 - 11/04 - 18/04 - (1) 25/04-
06/03/2020 13/03/2020 20/03/2020 27/03/2020 03/04/2020 10/04/2020 17/04/2020 24/04/2020 01/05/2020
Die rand het effens sterker teenoor die
Amerikaanse dollar verhandel, wat druk op die
plaaslike graanmark geplaas het. Alhoewel SAFEX
hoofsaaklik positief gesluit het, is dit waarskynlik eerder te danke aan die opwaartse beweging in die
Amerikaanse mark.
Volgens die tegniese analise kan die rand verder versterk en oor die lang termyn punte onder die
R17,00 vlak teiken.
WISSELKOERS
R/$
NASIONALE ENINTERNASIONALE
NUUS
Die insameling van die 2019/20-seisoen sojaboon-oes in Argentinië staan tans op 68,2%, wat 14% vinniger is as die vorige jaar se tempo van 57,7%. Reën het wel die oestempo in die afgelope week belemmer, maar dit was nie swaar genoeg om die proses te stop of skade aan die sojabone aan te rig nie. Die huidige oesopbrengs word op 2,9 ton geskat wat ‘n totale oes van 49.5 miljoen ton vir die land sal verseker.
Lees meer by: http://www.soybeansandcorn.com/news/Ma y6_20-201920-Argentina-Soy-Harvest-Ahead-of-Average-Apporaching-70Mening:Goeie opbrengste sal produksie-volumes van sojabone verhoog en wêreldpryseonder druk plaas.
Volgens die nuutste oesskattingsverslag salSuid-Afrika ‘n totale oes van 17,52 miljoen ton graan en oliesade produseer. Dieindrukwekkende syfer sal die derde grootsteoes op rekord in Suid-Afrika wees en is ‘n verhoging van 31,3% jaar-op-jaar. Dié groot oes sal uitvoere en die ekonomiese vloeistimuleer. ‘n Verdere daling in oliepryse in Mei sal produksiekostes verlaag en tesame met die versnelling in die oestempo, produsenteaanspoor om opvolggewasse te plant om voordeel te trek uit die laer insetkostes.
Lees meer by: https://www.bizcommunity.com/Article/196/74 1/203479.html
Mening: ‘n Groter oes sal uitvoere ondersteun enekonomiese vloei stimuleer, maar ook druk op plaaslike graanpryse plaas.
Suid-Afrika is baie afhanklik van die invoer van landbou-insette. Na raming word meer as 80% van die vraag na huishoudelike kunsmis en meer as 95% van die plantbeskermingschemikalieë ingevoer. Plaaslikepryse is dus onderworpe aan dieselfde vraag-en-aanbodkragte wat internasionale markte dryf.
Hierdie invoer-afhanklikheid beteken dat plaaslikeverbruikers selfs meer kwesbaar is noudat die beskikbaarheid van produkte weens die Covid-19-pandemie afgeneem het. Die distribusie van produkteis ook problematies weens inperkings-maatreels. Daarbenewens beteken die swakker rand dat dit al duurder is om insetprodukte in te voer, wat kostes virdie eindverbruiker verhoog.
Lees meer by: https://www.engineeringnews.co.za/article/south-african-agriculture-is-dependent-on-imports-for-key-inputs-2020-05-01/rep_id:4136
Mening: Duurder bemesting en plantbeskermings-tegnologiesal insetkostes verhoog en lei tot minimalewinste vir produsente
Oesvordering in Argentinië 2020-produksieseisoen kan ekonomie positief beinvloed
Covid-19 beperk die invoer vanbelangrike landbou-insette
PRYS
RISIKOBESTUUR
-400
-300
-200
-100
0
100
200
300
2200 2300 2400 2500 2600 2700 2800 2900 3000 3100 3200 3300 3400 3500 3600
Min/Maks prysMinimum/Maksimumprys:
Hoe werk dit?
‘n “Put“ opsie word vir die kliënt aangekoop om ‘n minimumvlak vas te stel. Om die koste laag te hou, word daar terselfdertyd ‘n “call” opsie verkoop, wat die maksimumprys vir die kliënt vasstel.
Indien die markprys in die toekoms die maksimumvlak (“call” opsie) bereik, ontvangdie kliënt ‘n kort “future” posisie wat hulle dwing om hulle produk teen dié vlak telewer.
Indien die minimumvlak (lang “put” opsie) van die markprys bereik word, is die kliënt daarvan verseker dat hulle teen die minimumvlak kan lewer, ongeag hoe verdie mark onder die vlak daal.
Veronderstel die kliënt doen ‘n min/maks prys soos op die grafiek:
Die kliënt koop ‘n “put” opsie @ R2 560 (minimumvlak) teen ‘n koste van R120/t.Die kliënt verkoop ‘n “call” opsie @ R3 000 (maksimumvlak) teen ‘n premie van R25/t. Dus kan die kliënt nou ‘n minimum van R2 560/t en ‘n maksimum van R3 000/t vir hul graan ontvang.
Die strategie kos die kliënt in effek R120 (put) – R25 (call) = R95/t
OPSOMMING
• Droë weer oor die volgende twee weke sal druk
plaas op die markpryse vir naby maande
aangesien dit die vroeë oestempo sal versnel.
• Amerika het die wêreld weereens herinner hoe
vinnig aanplanting kan geskied, met indrukwekkende
vordering van 24% in een week.
• Die Suid-Afrikaanse geldeenheid verhandel effens
sterker teenoor die Amerikaanse dollar en bied
weerstand teen opwaartse prysbewegings op die
plaaslike graanmark.
RANDAGRI
Tel: +27 (0) 13 243 1166E-pos: [email protected]: www.randagri.co.zaAdres: Samora Machelstraat 24,
Middelburg, Mpumalanga
KONTAK ONS
“What would life be if we had nocourage to attempt anything.”
- Vincent Van Gogh