preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die...

28
1 Korintiërs 1:10-18 – Derde Sondag ná Epifanie – 26 Januarie 2020 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................2 1.2 Fokusteks: 1 Korintiërs 1:10-18.............................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................5 1.4 Vorige stof.................................................5 1.4.1 Hier is die 1999 preekvoorstel:...........................5 1.4.2 Hier is die 2011 preekvoorstel:...........................7 2 Erediens.......................................................10 2.1 Tema.......................................................10 2.2 PowerPoint agtergrond......................................10 2.3 Liturgie...................................................11 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................12 3.1 Rus........................................................12 3.2 Liedere....................................................13 4 God praat met ons en ons luister...............................16 4.1 Familie-oomblik............................................16 4.2 Preekriglyn................................................17 5 God stuur ons om te leef.......................................20 6 Volgende erediens..............................................20 1 Oorsig Die sleutelteks (1 Kor 1:10-18) volg op laas week se teksgedeelte (1 Kor 1:1-9) en skets die agtergrond vir die brief, naamlik die verdeeldheid in die gemeente. In Christus, in wie se kruisdood daar 1

Transcript of preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die...

Page 1: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

1 Korintiërs 1:10-18 – Derde Sondag ná Epifanie – 26 Januarie 20201 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: 1 Korintiërs 1:10-18.............................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................5

1.4 Vorige stof.............................................................................................................................5

1.4.1 Hier is die 1999 preekvoorstel:.........................................................................................5

1.4.2 Hier is die 2011 preekvoorstel:.........................................................................................7

2 Erediens.......................................................................................................................................10

2.1 Tema...................................................................................................................................10

2.2 PowerPoint agtergrond.......................................................................................................10

2.3 Liturgie................................................................................................................................11

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................................................................................12

3.1 Rus......................................................................................................................................12

3.2 Liedere................................................................................................................................13

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................16

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................16

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................17

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................20

6 Volgende erediens.......................................................................................................................20

1 OorsigDie sleutelteks (1 Kor 1:10-18) volg op laas week se teksgedeelte (1 Kor 1:1-9) en skets die agtergrond vir die brief, naamlik die verdeeldheid in die gemeente. In Christus, in wie se kruisdood daar krag opgesluit lê, is ons egter almal een. Ook die metafoor van lig wat laas week in die Jesaja-teks gebruik is, word hierdie week deur Jesaja 9 en Psalm 27 gebruik. Jesaja vertel van die Lig wat sal kom en die psalmis besing God as Lig en Redder. Matteus 4:12-23 vertel die verhaal van Jesus wat sy openbare optrede begin en sy eerste dissipels roep. Jesus leer die mense, verkondig dat God se koninkyk naby gekom het en doen verskeie genesings. In Jesus Christus sien ons die nuwe dag wat breek, die Lig wat na die wêreld kom.

1

Page 2: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

1.1 Ander teksteJesaja 9:1-4

Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn.

2U het dié wat nie meer ’n nasie was nie, baie gemaak,hulle blydskap groot gemaak.

Hulle het hulle in u teenwoordigheidverbly

soos mense bly is in die oestyd,soos hulle juig wanneer hulle

die buit verdeel.3Soos die dag toe Midian verslaan is,het U die juk verbreek

wat op die volk gedruk het,die stok waarmee hulle geslaan is,

waarmee hulle gedryf is.4Elke soldateskoen wat in die oorlog

gebruik is,en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word,

deur die vuur verteer word.Psalm 27:1, 4-9Van Dawid.

Die Here is my lig en my redder,vir wie sou ek bang wees?Die Here is my toevlug,vir wie sou ek vrees?

4Net een ding het ek van die Here gevraen dit sal ek najaag:dat ek my hele lewe lank

in sy huis mag woonom sy goedheid te beleween daaroor na te dink in sy tempel.5Op die dag van gevaar sal die Here

my wegsteek in sy huis,my veilig laat skuil in sy woonplek,my hoog op ’n rots laat staan;6ek sal in sy woonplek

onder trompetgeklankmy offers bring,

ek sal ’n lied sing,ek sal sing tot die eer van die Hereterwyl ek neerkyk

op die vyande rondom my.

7Luister tog na my, Here, as ek roep;wees my genadig en verhoor my gebed.8Ek onthou wat U gesê het:“Julle moet My kom dien!”Ek is hier om U te dien, Here.

2

Page 3: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

9Moet U tog nie vir my verberg nie,moet my tog nie wegstuur

terwyl U toornig is nie,want U was nog altyd my hulp.Moet my tog nie verstoot en verlaat nie,want U alleen is die God wat my red.

Matteus 4:12-2312Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe

gegaan. 13Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali. 14So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is:

15“Jy, gebied van Sebulon en gebiedvan Naftali, aan die seekanten oorkant die Jordaan,Galilea waar die heidene woon!

16Die volk wat in duisternis woon,het ’n groot lig gesien;hulle wat in die skemerlandvan die dood lewe,vir hulle het die lig opgegaan.”

17Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Die roeping van die eerste dissipels(Mark 1:16–20; Luk 5:1–11)

18Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om ’n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. 19Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.21Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus ’n seun van Sebedeus, en

sy broer Johannes. Hulle was in ’n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, 22en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Weldade aan baie mense(Luk 6:17–19)

23Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak

1.2 Fokusteks: 1 Korintiërs 1:10-181 Van Paulus, wat deur die wil van God geroep is om 'n apostel van Christus Jesus te wees, en van die broer Sostenes.2Aan die gemeente van God in Korinte, wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here.3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

3

Page 4: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Danksegging4Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, 5want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. 6Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig 7dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. 8Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. 9God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.

Verdeeldheid in die gemeente

10Ek doen 'n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging. 11Ek sê dit, my broers, omdat van Chloë se mense my vertel het dat daar onenigheid onder julle is. 12Daarmee bedoel ek dat een sê: "Ek is vir Paulus;" een: "Ek is vir Apollos;" een: "Ek is vir Sefas;" en een: "Ek is vir Christus."13Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop? 14Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispus en Gaius. 15Niemand kan dus sê dat julle in my naam gedoop is nie. 16Nee, ek het ook nog die huisgesin van Stefanas gedoop, maar verder weet ek nie of ek nog iemand gedoop het nie. 17Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, en dit nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sou die kruis van Christus sy krag verloor.

Christus die krag en die wysheid van God18Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

19Daar staan tog geskrywe:

"Die wysheid van die wyses

sal Ek vernietig,

en die geleerdheid

van die geleerdes

sal Ek tot niet maak." a

20Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? 21Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. 22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

a Vgl. Jes. 29:14

4

Page 5: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

26Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. 27En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, 28en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. 29Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. 30Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. 31Daarom, soos daar geskrywe staan:

"Dié wat wil roem,

moet in die Here roem." b1

1.3 Eksegetiese opmerkingsRaadpleeg gerus Woord en Fees vir bykomende agtergrond oor die teks en konteks. Dit is beskikbaar by www.bmedia.co.za. Onderstaande preekskets maak deels gebruik van Woord en Fees.

1.4 Vorige stofDaar is twee vorige preekriglyne gepubliseer:

1 Korintiers 01_10-18.doc

1 Korintiers 01_10-18.htm (1999)

1 Korintiers 01_10-18.ppt

1.4.1 Hier is die 1999 preekvoorstel:Kinders hou 'n ouer nederig! Dit is nou die een feit waaroor alle ouers sal saamstem. Jy begin net dink dat jou kind weet wanneer om asseblief en dankie te sê, en dan maak hy asof hy nog nooit die woorde gehoor het nie die oomblik as julle by ander mense kom. Jy is seker jou kind eet die netjiesste in die dorp, en dan laat val sy haar bordjie eetgoed op jou vriendin se ligte mat. Dan besef 'n mens net weer: Kinders bly kinders bly kinders!

Soos 'n kind egter groter word, verwag 'n mens al meer volwasse optrede van hom. En as so 'n groterwordende kind dan steeds nog 'n kind se streke uithaal, word ons simpatie al minder. Dít is basies die probleem waarmee Paulus spook as hy daar in Efese sit en allerhande negatiewe berigte oor die gemeente in Korinte bereik sy ore. Hulle het onder Paulus se prediking tot geloof gekom, die evangelie leer ken, die pad van Christenskap begin loop. Nou verwag Paulus dat daar al 'n bepaalde vlak van geloofsgroei moes gekom het, dat hulle al geestelik sterk as gemeente moes staan.

Maar die teendeel het in Korinte gebeur. In plaas van kragtig hulle gemeente op te bou, is hulle besig om verdeeldheid te saai. Die saak waaroor dit gaan is: Watter dominee preek die beste? Groepe het in die gemeente begin vorm rondom die persoonlikhede van die geestelike leiers. Paulus het die gemeente gestig, en 'n groot groep het hom derhalwe sterk ondersteun. Nadat Paulus weg is uit die gemeente het Apollos vir 'n tyd daar gewerk, en dit blyk dat hy 'n meer begaafde prediker as Paulus was, sodat 'n groep hulle by hom geskaar het. Nog 'n groep het gesê: Nee, Petrus (of Sefas soos hy ook genoem is) was die eintlike stigter van die kerk. Nog 'n groep het skynbaar geredeneer dat hulle

b Vgl. Jer. 9:24

1 Anon, 1998. Die Bybel: Nuwe Vertaling, Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

5

Page 6: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

nie menslike leiers nodig het nie, maar sommer vir Christus direk as hulle partyleier nadergetrek. Op dié manier is die liggaam van Christus in Korinte in verskillende rigtings uitmekaargetrek.

Hierdie perikoop sou deur 'n prediker na 'n eie situasie waar daar miskien verdeeldheid of toutrekkery voorkom en/of na die verdeeldheid tussen kerke in ons kerkfamilie en breër nog in die land deurgetrek kon word. Ek haal graag 'n paragraaf aan van Fee (1987:47) waarin hy die Amerikaanse situasie beskryf: 'The problem that Paul addresses at the outset of this letter is probably the best known of them all. Moreover, because our own experience is of a church divided, and especially because we have also experienced painfully destructive quarrels within the church in various ways, we instinctively feel ourselves immediately in touch with their problem'. Kan ons nie in Suid-Afrika hierop 'Amen' sê nie!

Binne die eie gemeentesituasie sou die lidmate hulleself kon afvra: 'Hoe is dit met ons gesteld'? Dalk nie heeltemal soos in Korinte nie, of dalk tog! In die meeste gevestigde kerke het daar oor jare 'n tradisie gevestig dat die gemeente grootliks draai om die persoon en optrede van die predikant. Vroeër jare was dit nog meer so.

Dit dateer veral uit 'n tyd toe die predikant saam met die onderwyser en die landdros en die dokter die enigste mense op die dorp met geleerdheid was. Die posisie van die predikant het intussen in 'n groot mate verander, en tog geld baie van die verwagtings vandag nog. Daarby is dit so dat waar daar meer as een predikant in 'n gemeente werk, hulle voortdurend teen mekaar opgeweeg en afgespeel word. Dan is daar nog die verdere verskynsel van vorige predikante wie se spook so sterk in 'n gemeente kan loop dat die huidige leraar beswaarlik sy werk kan doen. Hier moet die eie gemeente maar hand in eie boesem steek oor die verwagtings van en optrede teenoor leraars. Dalk is daar mense wat net die eredienste bywoon waar die een dominee preek, ens.

Maar daar is ook ander moontlikhede. Iemand is dalk nie beskikbaar as ouderling nie omdat sy grootste aartsvyand daar is, of ek kom nie by die vrouediens uit nie omdat na my mening die dorp se grootste skinderbek gereeld daar is. Dan moet ons mooi dink oor die situasie in Korinte. Dan gaan dit waarskynlik vir ons nog oor mense, en nie oor Jesus Christus en Hom as die Gekruisigde nie. Maar in ons gespartel binne die NG Kerkfamilie (en ook binne ander ekumeniese verhoudinge) om 'n weg uit die verdeeldheid sou 1 Kor 1:10-17 beslis ook 'n rol kon/ moet speel. Paulus se beroep, sy pleidooi om eensgesindheid (letterlik om uit een mond te praat) mag nie op dowe ore val nie. Karl Barth se woorde beklemtoon die erns: Jede Kirchenspaltung ist als solches ein finsteres Rätsel, ein Skandal (Elke kerkverdeling is as sodanig 'n duistere raaisel, 'n skandaal.) (aangehaal deur Naudé 1997:168).

'n Paar reëls van Naudé (1997:172) haak aan by Paulus se verontwaardiging in hierdie perikoop (veral waar hy in vers 13 vra: Is Christus dan in stukke verdeel?) en behoort ook die belangrikheid van 'n ernstige strewe na eenheid in die kerk van Christus by lidmate aan te wakker: 'Daar is siniese mense wat al sê die eenheid tussen voorheen strydende politici en sportliggame is 'n groter bron van hoop vir Suid-Afrika as die (nog ontwykende) eenheid onder die NG Kerkfamilie. As dit kom by eenheid, is op byna alle terreine al sukses behaal: selfs die rolbalklubs vaar beter as die kerk. Daar word gesê die hele poging is eintlik nou te laat, selfs oorbodig. Dis 'n skande op die kerk. Nee, moet ons sê, dis 'n skande op die evangelie. Dis vir God Drie-enig skandalig'.

Sal dit nie 'n blye dag wees nie as lidmate in 'n gemeente onderling en die kerk van Christus op alle vlakke kan sê: 'Ons is een in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging' (vers 10). Ons weet ons heil lê in Christus wat vir ons die verlossing bewerk het. Daarom kyk ons nie langer vas in mense

6

Page 7: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

en hulle verskille nie. Dit gaan vir ons ook nie langer oor menslike wysheid nie, maar oor ons gemeenskaplike verlossing in Jesus Christus. Fee (1987:66) dui aan die hand van ons teks 'n moontlike weg uit die huidige fragmentasie van kerke aan: 'It probably lies less in structures and more in our readiness to recapture Paul's focus here - on the preaching of the cross as the great divine contradiction to our merely human ways of doing things'.

1.4.2 Hier is die 2011 preekvoorstel:Watter datum verteenwoordig die grootste oomblik in die twintigste eeu? Waar en wanneer is ons op die mees verrassende manier oorval deur goedheid, genade, vryheid en geregtigheid?

Vir baie mense, insluitend Time Magazine, is die val van die Berlynse muur op 9 November 1989 die glorierykste oomblik van die twintigste eeu. Vir 28 jaar lank het hierdie muur Oos-Duitsers verhinder om vrylik na Wes-Berlyn te beweeg. Die muur het Berlyn, soos 'n uitgestrekte letsel van 45 km lank, verdeel, families uitmekaar gehou, en verhinder dat die onderdane van die kommunistiese bewind vryelik na die Weste kon beweeg. Dosyne mense het hul lewens verloor terwyl hulle oor die muur probeer ontsnap het.

Op 9 November 2009 het Berlyn die 20ste herdenking van die val van die muur gevier. 'n Fees van Vryheid, waarheen hooggeplaastes van oor die hele wêreld genooi is, is gehou. 'n Hoogtepunt was toe meer as 1,000 kleurvolle domino-teëls van polistireen, elk meer as 2,4 meter hoog, in fases omgestoot is.

Gebruikers van die sosiale netwerk, Twitter, het 'n virtuele Berlynse Twittermuur geskep waar boodskappies geplaas kon word om die val van die muur te gedenk. Massa Chinese twitter-gebruikers het die kans aangegryp om te proteseer teen die Great Firewall of China, 'n poging deur die Chinese regering om internettoegang te beheer en te sensureer. Die Berlynse Twittermuur is blitsig deur die Chinese owerhede geblokkeer.

'n Internasionale projek, die Reis van die Muur, is ook sedert Mei 2009 in verskeie lande geloods. Twintig simboliese stene uit die Berlynse muur is na lande soos Korea, Siprus en Jemen gestuur waar die daaglikse lewe gekenmerk word deur doelbewuste skeiding en die oprigting of instandhouding van mure wat verdeeldheid bevestig. In hierdie lande word die simboliese stene gebruik as aansporing om te werk vir die val van mure wat mense skei en inperk.

Mure tussen Christene

Dit is maklik om die kommuniste en ander magsbehepte politieke regimes te teiken as dit oor mure tussen mense gaan. Die gemeente in Korinte is 'n voorbeeld van hoe maklike Christene onderlinge mure van verdeeldheid bou.

In die inleidende gedeelte van 1 Korintiërs vestig Paulus die gemeente se aandag op die werk van God. God het die gemeente is Christus geroep en geheilig. Die gemeente moet verenig met Christus as gemeente saamleef.

Ons teksgedeelte volg onmiddellik op die inleiding van die brief. Die eerste en die grootste saak wat Paulus in die gemeente aanspreek, is die verdeeldheid en partyskappe. Dat eenheid die eerste saak is wat hy hanteer, dui op die besondere belang daarvan. Mens kan so gewoond raak aan verdeeldheid dat jy dit as normaal aanvaar. Paulus sien dit nie so nie. Daar mag nie verdeeldheid tussen Christen wees nie.

Verdeeldheid word aangeblaas

7

Page 8: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Ontstellende berigte het Paulus via ene Chloë se mense bereik dat verdeeldheid onder die Korintiërs aangeblaas word. Hierdie verdeeldheid sentreer rondom leiers en invloedryke persone in die gemeente.

Sommige sê "Ek is vir Paulus, ek behoort aan Paulus". Ander sê weer dieselfde van Apollos en Sefas. Die leiers het – bedoeld of onbedoeld, gewillig of onbewustelik, die fokus van die verdeeldheid geword.

Die blote bestaan van 'n Paulusgroep dui daarom dat daar ook 'n anti-Paulusgroep was. Sommige Korintiërs het die ander werkers wat in hul gemeente gearbei het, bo Paulus verkies. Later verwys Paulus na Apollos as sy medewerker (3:6-9). Apollos was waarskynlik die tweede evangelis in Korinte (Paulus het geplant, Apollos het natgemaak...). Dalk was Apollos 'n baie goeie en wyse spreker, iets wat Paulus nie noodwendig was nie. Die Sefasgroep was waarskynlik die groep wat die Joodse invloed op die Christendom verteenwoordig het.

Die verskriklike gevolg van hierdie verdeeldheid is dat die leiers op dieselfde vlak as Christus geplaas word. Trouens, in Korinte word Christus maar net die hoof van nog 'n groep in die gemeente, naas Paulus, Apollos en Sefas (1:12). Die verdeeldheid ontstaan omdat leiersfigure 'n prominensie kry wat kompeteer met die werk van Christus. Niks wat die apostel Paulus, of enige ander persoon, vir die gemeente gedoen het, mag in die middelpunt van hul lewe staan nie. Al wat die deurslag gee, is dit wat Christus gedoen het.

In die res van die brief lees ons hoedat die verdeeldheid selfs nog dieper onder die Korintiërs geloop het. Daar is hofsake, huweliksprobleme, onenigheid oor die nagmaal, oor die gawes van die Gees, oor die betekenis van die opstanding.

Verdeeldheid aangespreek

Paulus spreek die verdeeldheid in Korinte op twee gronde aan.

Eerstens noem hy die gemeente "broers". Deur hulle vereniging met Christus het die lidmate van die gemeente in 'n nuwe verhouding tot mekaar beland. Hulle is nou broers en susters, lede van die familie van God. In 'n huishouding, onder die leierskap van 'n liefdevolle Vader, kan daar nie sprake wees van verdeeldheid nie. Die kwaliteit van die verhoudinge moet die van liefdevolle onderlinge bande wees, soos dié van broers en susters.

Tweedens roep hy die Korintiërs in die Naam van Christus op om eensgesind te wees. Hy doen dit dus namens Christus, op gesag van Christus. Uit eerbied vir Christus, moet hulle eensgesind wees.

Waaruit bestaan die eenheid? Paulus beklemtoon:

Eenheid van gesindheid: Eensgesindheid is 'n keuse dat mense met mekaar sal bly praat, en sal bly luister, totdat daar wedersydse begrip en konsensus groei. Eensgesindheid is 'n keuse om verskille nie tot verdeeldheid te verhef nie, om leerbaar te bly en aan te hou soek na dit wat saambind en na die waarheid, eerder as dit wat verdeel.

Eenheid van oortuiging: 'n Gedeelde oortuiging is 'n konsensus oor die weg waarop die Here die gemeente stuur. Eenheid word gebou op grond van die oortuiging dat God die gemeente roep en heilig, en dat die pad wat die gemeente loop gekenmerk word deur die liefde, self-prysgawe en naastediens wat die evangelie kenmerk. 'n Eenheid van oortuiging groei uit die onderrig oor die inhoud van die evangelie, en wat dit beteken om as 'n dissipel van die Here te lewe.

8

Page 9: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Christus breek mure af

Christus is nie in stukke verdeel nie (1:13). Christus is die fokus van die gemeente. Christus skep deur sy persoon en werk die eenheid waarin die gemeente moet lewe en waaruit hulle God moet dien.

Paulus gebruik die doop as 'n voorbeeld om sy punt te illustreer. Verdeeldheid ontstaan wanneer die dopeling beleef dat die doop hom of haar in die klub inlyf waarvan die een wat die doop bedien die hoof is. Nee, niemand word in die naam van die doopbediener gedoop nie. Die doop, wie dit ook al bedien, lyf jou in by die een liggaam van Christus.

Ons inlywing in die een liggaam van Christus geskied deur die krag van die kruis waarin daar vir ons redding is. Hierop wil Paulus fokus, nie op dit wat verdeeldheid skep nie.

Die hele Korintiërbrief word 'n intense kragtoer waarin Paulus hulle onderrig oor die inhoud van Christus, die Gekruisigde en lewende Here, se verlossingswerk en die implikasies daarvan vir die Korintiërs. Hy doen dit om eensgesindheid en 'n eenheid van oortuiging by die gemeente te vestig.

Gewoond aan mure?

Ons kan so gewoond raak aan verdeeldheid, dat ons ons verontwaardiging daaroor kan verloor. Ons kan vergeet dat verdeelheid Christus in stukke skeur en die krag van die saambindende, verlossende kruis ondermyn.

Dirkie Smit vertel in sy boek, Dieper as wat ons dink (Lux Verbi-BM) van 'n gesprek oor kerkeenheid waaraan Kardinaal Walter Kasper van die Vatikaan deelgeneem het. Dié gesprek herdenk die merkwaardige dag in Augsburg, 31 Oktober 1999, toe Katolieke en Lutherane met 'n gesamentlike verklaring die historiese verdelings tussen hulle oorbrug het.

Smit onthou: "Dit is 'n moeilike gesprek, want kerkhereniging is altyd moeilik. Omdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer. En – veral – omdat die gevolge so vanselfsprekend geword het, ons so gewoond is aan ons skeurings, ons apart wees en ons anders wees. Omdat ons niks anders ken en eintlik verwag nie.

Kardinaal Kasper herinner die aanwesiges toe aan 'n ánder merkwaardige dag, in Berlyn, op 9 November 1989, toe die muur se val die historiese verdeling tussen oos en wes oorbrug het. Indien iemand daardie oggend – herinner Kasper – vir verbygangers sou vra hoe lank dié muur nog sou staan, sou die meerderheid vir seker gesê het dat hulle tog só bly sou wees as hulle kleinkinders eendag deur die Brandenburghek kon loop. Maar daardie selfde aand nog, sê hy, sou die geskiedenis herskryf word, tot almal se stomme verbasing. Eendag gaan ons net so verbaas ons oë uitvee as God se Gees die onoorkomelike mure wat ons so lank verdeel, afbreek."

Smit vervolg: "Maar die geskiedenis is magtig – dit kry 'n houvas op ons, maak ons magteloos, hou ons gevange. Dit gebeur in ons eie lewe, in ons kerke, in ons samelewings. Sodat ons dikwels nie regtig glo dat iets ooit gaan verander nie – selfs al wens ons dit wil! Dat ons selfs nie verwag dat dit waarvoor ons dalk jare pleit en werk ooit gaan gebeur nie! Ons raak te gewoond aan die mure om ons en tussen ons. Ons glo later in húlle – gevangenes van ons eie verlede, al bely ons ook wat. Selfs as dinge verander, leef baie van ons steeds as gevangenes van die geskiedenis. Want dit is al wat ons ken en al wat ons kan. Asof die mure nooit geval het nie."

Hou rekening met die Een wat mure laat val

9

Page 10: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Gemeentes staan voor groot uitdagings. Baie gemeentes beleef self die verskriklike pyn wat met partyskappe en verdeeldhede gepaard gaan, net soos in Korinte. Die uitdaging is om van onsself en ons eie naam weg te kyk, en vir Jesus Christus raak te sien. In sy Naam is daar eenheid, in ons name is daar verdeeldheid.

Die Familie van NG Kerke staan voor geweldige uitdagings in Suid-Afrika. Die mure tussen die NG Kerk, VG Kerk, RCA en NGKA is so hoog, en die blaam vir die pyn van die verlede en die instandhouding van die mure so groot, dat ons sukkel om mekaar te hoor. Sal ons op Christus kan fokus, sy vergifnis omhels, en dit ook aan mekaar kan bedien?

Baie families is verskeur. Trots is geskend, verbittering vier hoogty. Hoe kan ons die kruis van Christus, die krag van ons verlossing, aangryp op 'n manier wat ons weer aan mekaar bind?

By baie werkplekke is daar volop Christene en volop verdeeldheid. Hoe sou Christene kon leer om hande te vat, saam te bid, te werk en te leer onderweg na die eenheid van herstelde verhoudinge?

In die Suid-Afrikaanse samelewing is daar baie verdeeldheid. Feitlik niemand hanteer die belydenis van die lewende Here Jesus as Verlosser as die saambindende krag wat mense oor alle ander grense kan saambind in diens van eenheid, geregtigheid en vrede nie. Wat sou dit van gemeentes vra om saam aan hierdie visie in plaaslike gemeenskappe te begin bou?

'n Gebed

By die Brandenburghek in die "Room of Silence" is daar 'n gebed wat deur baie jare gebid is voordat die Berlynse muur geval het. Dit lui soos volg: "Oh Lord, our planet Earth is only a small star in space. It is our duty, to transform it into a planet whose creatures are no longer tormented by war, hunger and fear, by race, colour and ideology. Give us courage and strength to begin this task today so that our children and children's children shall one day carry the name of 'Man' with pride."

Miskien moet ons die gebed verander vir die kerk: "O Here, ons kerk is slegs 'n klein deeltjie van u groter kerk. U weet hoe verdeeld ons is en hoe baie verdeeldheid gebou is op ras, klas, agtergrond, geslag en ideologie. Dit is ons plig en vreugde om van u kerk iets beters te maak, 'n plek en gemeenskap waar daar geen stryd, ongeregtigheid, onversoendheid en verdeeldheid meer sal wees nie. Dit is ons plig en vreugde om vir U te vra: 'Help ons om te sien wat ons kan doen sodat ons minder ontrou aan die waarheid van u kerk sal wees'. Gee ons die moed en krag om vandag hierdie taak te begin sodat ons kinders en kleinkinders eendag sal sê: 'Ons voorouers was Christene en ons dra die naam 'Christen' met trots."

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondSerenity … bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg en geknip met Picasa III. Beskikbaar by

https://www.google.com/search?lr=&biw=1920&bih=920&tbm=isch&sxsrf=ACYBGNSQteJPaQ-w3wTdDp7MdkiYPt3IxA%3A1578548859150&sa=1&ei=e74WXtXhCJepgAak1bOwAQ&q=serenity+wallpaper&oq=serenity+wallpaper&gs_l=img.3..0l6j0i5i30l4.119264.125554..125926...0.0..0.282.5122.2-19......0....1..gws-wiz-

10

Page 11: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

img.......35i39j0i67j0i131.pFX3i-zZlac&ved=0ahUKEwiVi4rg6PXmAhWXFMAKHaTqDBYQ4dUDCAc&uact=5#imgrc=qZurB84KEvLfZM:

Divided… bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg. Beskikbaar by

https://www.google.com/search?lr=&biw=1920&bih=969&tbm=isch&sxsrf=ACYBGNSz6cD-RwY-dmzD1hYXXiuL-CWYMg%3A1578548628847&sa=1&ei=lL0WXsCoM4LHgQbI9rvQDQ&q=divided+&oq=divided+&gs_l=img.3..35i39l2j0l8.73376.73376..73999...0.0..0.294.822.2-3......0....1..gws-wiz-img.3_Oj9G-S70g&ved=0ahUKEwjAwqHy5_XmAhWCY8AKHUj7DtoQ4dUDCAc&uact=5#imgrc=K9Vwb9oD6yVrnM:

United… bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg. Beskikbaar by

https://www.google.com/search?lr=&biw=1920&bih=920&tbm=isch&sxsrf=ACYBGNSVGNYfPH_LxuvCOL_0anjI5eIUhg%3A1578548850366&sa=1&ei=cr4WXtv_FY-0gAbfuL4o&q=united+people&oq=united+people&gs_l=img.3..0i67j0l9.5777.7207..7667...0.0..0.284.2369.2-9......0....1..gws-wiz-img.......35i39.ykaHU-_gfc8&ved=0ahUKEwjbgPLb6PXmAhUPGsAKHV-cDwUQ4dUDCAc&uact=5#imgrc=_0AYvfhC6Eb2-M:

2.3 LiturgieRUS Toetrede Lied 154 of VONKK 254 Votum Psalm 27: 1 en 4SeëngroetLofsang Lied 330 Wet Romeine 13:8-10Verootmoediging (uit die Liturgie van die Franse Gereformeerde Kerk)Genadeverkondiging (uit Ps 27 en Jes 9).Geloofsbelydenis (Belydenis van Belhar) Lied 264 of Flam 206HOORGebedSkriflesing 1 Korintiërs 1:10-18Familie-oomblikPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Flam 132 of Lied 520 of Lied 523 SeënRespons VONKK 204

11

Page 12: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeLied 154 Kom nou tesaam, laat ons vergader ofVONKK 254 God is hier [bekende melodie] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0254/

VotumPsalm 27: 1 en 4

Die Here is my lig en my redder,vir wie sou ek bang wees?Die Here is my toevlug,vir wie sou ek vrees?

4Net een ding het ek van die Here gevraen dit sal ek najaag:dat ek my hele lewe lank

in sy huis mag woonom sy goedheid te beleween daaroor na te dink in sy tempel.

Seëngroet

LofsangLied 330 Die volk wat in die donker wandel

WetRomeine 13:8-108Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. 9Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 10Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.

VerootmoedigingHere God,wie se wil dit is dat al u kinders een in Christus moet wees;ons bid vir die eenheid van u kerk.

Vergewe ons trots en ons gebrek aan geloof,aan begrip en aan liefdadigheid,wat die oorsake van ons verdeeldheid is.

Verlos ons van ons engheid,van ons bitterheid,uit ons vooroordele.

Leer ons om die genadegawes te erkenonder almal wat u aanroepen die geloof van Jesus Christus, onse Here, bely.(uit die Liturgie van die Franse Gereformeerde Kerk)

12

Page 13: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

GenadeverkondigingVoorganger: Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn.Gemeente: Die Here is my lig en my redder,vir wie sou ek bang wees?Die Here is my toevlug,vir wie sou ek vrees? (uit Ps 27 en Jes 9).

GeloofsbelydenisOns glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe.Ons glo aan een heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag.Ons glo dat hierdie eenheid van die volk van God op 'n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee;Ons glo dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God;dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde is vir lidmaatskap van hierdie kerk.Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus, sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.Jesus is die Heer!Aan dié enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, kom toe die eer en heerlikheid in ewigheid.

Lied 264 Hoe heerlik is die Jesus-naam! OfF206. Ons glo (Jesus Is Die Heer) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f206/

3.2 LiedereVONKK 254 God is hierTeks: Hannes van der Merwe 2012 © Musiek: BLAENWERN – William Rowlands 1905© Teks: 2013 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Toetrede en Aanroeping / Doop / Nagmaal / Die Kerk

1. God is hier en ons, sy kinders,bring voor Hom ons lof, gebed.Mag ons hier ontdek die rykdomwat ons reeds in Christus het.Hier kom ons met ons verskille,al ons gawes en vermoë,en U bind ons tot ‘n eenheidomdat ons in Jesus glo!

2. God is hier ook in simbole

13

Page 14: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

van sy liefde en sy trou.Hier’s die tafel, hier’s die doopvont,hier’s die Woord waarop ons bou.Mag die boodskap klink in waarheid;mag ons hart ontvanklik wees.Mag ons hier weer nuutgemaak word,aangeraak deur God se Gees.

3. God is hier en in sy kuddeleer ons dat die Heer voorsien.Hier kan ons ook daarop antwoordsoos ons leer om God te dien.Hier is dienaars van die Diensknegin aanbidding bymekaar.Hier leer ons wat dit betekenom die boodskap uit te dra.

4. Here God, u kerk aanbid Uook te midde van ons stryd,in ‘n tyd van haat en twyfel,as getuies wêreldwyd.Hier, vandag, ontvang ons loflied,ons berou en ons gebed,ons geloof in Jesus Christus,U, die Here wat ons red. F206. Ons glo (Jesus Is Die Heer)(RUBRIEK: Flam – Geloofsbelydenis) Teks: Nico Simpson Musiek: Riaan Steyn, Jandré Viljoen, Neil Büchner© 2011 Flam Musiek-Uitgewers (Geskep tydens die NG Kerk Sinode Wes- en Suid-Kaap, Mei 2011)

1. Ons glo … in U alleen.Saamgebring deur u Woord,versamel deur u Gees,beskerm en versorg.

Refrein:Jesus is die Heer.Aan U kom toe die eerheerlikheid in ewigheid,Jesus Christus, U’s die Heer.

2. Ons glo … versoen deur U –tot een beker en brood – deur een doop gedoopen ons bely een Naam.

14

Page 15: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Refrein:

3. Ons glo … gedring deur Utussen haat en doodbreek U skeidings aflaat ons vredemakers word.

Refrein:

4. Ons glo… bevry deur U,in ’n wêreld vol noodis U by dié wat lyen ons sal U daarin volg.

Refrein:

5. Ons glo … geroep deur Uselfs in weerstand en strafom U alleen as Hoofte leef en te bely.

Refrein: (x2)

F132. Uit Een Hart (RUBRIEK: Flam – Lof / Geloofsbelydenis / Ekumene / die kerk) Oorspronklike titel: One Song of PraiseTeks en musiek: Bob Fitts Afrikaanse vertaling: Piet Smit © Scripture in Song

1. Vader van liefde, bron van ons kragons bring in aanbidding ons loflied aan U.Here U het belowe om hier by ons te weesas ons saam is in u Naam, in waarheid en gees.

2. Jesus, ons Redder, Immanuelons kom ons lewens as lof-offer gee.Ons wil uit een mond u ryk en krag besingen aan U, o Skepper, Heer, ons loflied bring.

3. Gees van die waarheid, Helper uit Godleer ons om in liefde soos Jesus te dien.En bind ons dan saam, Heer soos ons hier voor U staanom met liefde in ons hart na die wêreld te gaan.

Sodat ons uit een hart in eenheid kan belydat U Erekoning is en dit altyd sal bly.

Help ons om uit een hart in eenheid te bely

15

Page 16: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

dat U Erekoning is en dit altyd sal bly.

VONKK 204 Mag Die Vrede Van Ons HemelvaderTeks: Hannes van der Merwe 2010/2012 © Musiek: CHRISTINE – Cecilia van Tonder 2010 (Pro Deo)Kantoryverwerking: Cecilia van Tonder 2012 (Pro Deo) © 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Klassiek – Toetrede en Aanroeping / Gebede / Uitsending

1. Mag die vrede van ons Hemelvader,die genade van sy Seun, ons Heer,die gemeenskap met die Gees van Waarheidoor ons harte en verstand regeer.Refrein:Heer, ons loof U as die grote Koningwat regeer oor alles wat bestaan.Ons erken U as ons Heer en Meester,Jesus Christus, ons prys u Naam

2. Mag die vrede wat bo ons verstand is,en genade wat ons nuut laat wees,en die eenheid van geloofsgemeenskapons verbind in hart en ook in gees.Refrein:Heer, ons loof U as die grote Koningwat regeer oor alles wat bestaan.Ons erken U as ons Heer en Meester,Jesus Christus, ons prys u Naam.

4 God praat met ons en ons luisterGebed

Skriflesing1 Korintiërs 1:10-18

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblikGesels oor die konsep van “verdeeldheid” deur te praat oor dinge wat saam hoort. Deesdae kan TV’s nie werk sonder ‘n afstandbeheer nie. Tandeborsel en tandepasta. Ketel en deksel. Kragdraad en kragprop. Hier kan jy ‘n volledige hulpmiddel aflaai (wat eintlik fokus op 1 Konings). Bladsy 16 is ‘n klomp alledaagse goed wat verdeel is. (Hier is die hulpmiddel van dieselfde produk, wat focus op 1 Korintiërs 10 – dis ‘n volledig uitgewerkte byeenkoms.) Laat almal saamwerk om uit te werk wat pas by wat en gesels oor verdeeldheid en ons eenheid in Christus. Verduidelik dat Paulus vir die mense in Korinte ‘n brief skryf, omdat hulle verdeeld was. Op bladsy 14 van hierdie dokument is daar ‘n inkleurprent van waar die brief vir die mense in Korinte voorgelees word.

16

Page 17: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Of wat van ‘n kul-toertjie?! Hier kan jy sien hoe om twee stukkies tou een te maak terwyl jy gesels oor Korinte, verdeeldheid en eenheid.

As jy ‘n storie wil vertel, kan jy gerus kyk na “When Pencil Met Eraser”, beskikbaar op Kindle. Potlood teken prente, maar Uitveër vee oral uit en maak in die proses ‘n heel ander prent. Wanneer Potlood blomme teken, maak Uitveër ‘n paadjie in die blomme. Hulle hou aan stry, totdat Uitveër Potlood help verstaan dat hulle saam beter is.

“How to lose all your friends” kan ook goed werk.

BybelMedia se “Woord en Fees” stel voor: "Sun bread" deur Elisa Kleven is 'n gepaste boek om vir die kinders voor te lees. Vir nog voorstelle, sien http://worshipingwithchildren.blogspot.com/2013/12/year-third-sunday-after-epiphany-third.html

4.2 PreekriglynDie gemeente van Korinte was 'n kopseer. Hulle is deur struweling en verdeeldheid gekenmerk.

Die stad self was 'n sieraad. Korinte was destyds 'n redelik nuwe Romeinse stad, gebou op die oorblyfsels van die ou Griekse stad wat in 146 vC verwoes is. Dit was Julius Caesar wat in 44 vC die "nuwe" Korinte as Romeinse vesting herbou het.

Ongeveer 'n 100 jaar vóór die skryf van 1 Korintiërs het die inwoners van Korinte met trots aan hulleself as 'n Romeinse stad op Griekse bodem gedink. Deur die Romeinse boustyl en Romeinse kultuur was dié stad verbind met die hoofstad van die wêreld, Rome.

Werf eie volgelinge

In Paulus se tyd was dit nie ongewoon nie om in Korinte sprekers te vind wat hulle intellektuele vermoëns in dié besondere stad kom vertoon het. Die inwoners was daarom gewoond om die een ná die ander spreker aan te hoor wat probeer het om mekaar met hulle welsprekendheid te oortref. In dié stryd van slimmighede sou hierdie sprekers mekaar met kwinkslae en woordkunsies probeer troef, terwyl die toehoorders oor die uiteindelike wenner besluit.

Van hierdie sprekers is met die etiket "Sofis" gemerk. Dit was 'n neerhalende titel wat dui op aanstellerigheid en 'n opgeblase selfbeeld. Paulus gebruik hierdie beeld om die verdeeldheid in Korinte aan die orde te stel. Terwyl dit tipies van die Sofiste was om volgelinge te werf en vir dié volgelinge om met mekaar slaags te raak oor wie die beste orator was, was hierdie styl in die kerk van Jesus Christus taboe.

Iets in die woorde van die mense van Chloë, moes hierdie beeld by Paulus losgemaak het. In sy geestesoog kon hy sien hoe gemeentelede hom, Paulus, Apollos, Petrus en selfs Christus, soos Sofiste aangehang het. Deur hulle onderskeie leermeesters as ideaal voor te hou, het groepe volgelinge met mekaar slaags geraak en het die gemeente gedreig om uitmekaar te spat. Dit alles getuig daarvan hoe jammerlik hulle die bal van die evangelie en kerkwees misgeslaan het, 'n vergissing wat ongelukkig steeds sy kop in die kerk van Jesus Christus uitsteek.

Partyskappe

Oor die presiese aard van die Korintiese partyskappe is al baie geskryf. Ons weet egter steeds nie alles oor die destydse situasie nie. Miskien is dit 'n bedekte seën. Op 'n manier word ons deel van die destydse storie wanneer ons in ons tyd ook spanning in die kerk en gemeente beleef. Daar is immers

17

Page 18: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

altyd 'n voorlopigheid in ons kerkwees. Ons is kerk in die tyd tussen die eerste en tweede koms van Koning Jesus.

Die verskynsel van partyskappe is baie bekend aan ons.

Ons ken almal die groot internasionale figure wat op TV optree en in hul persoonlike stralers regoor die wêreld vlieg om nog volgelinge (en geld) te maak. Baie van hulle tree soos Messiasse op. Hulle beloof ook genesings en ander wonderwerke – gewaarborg – terwyl die kollektebord ook omgestuur word.

Selfs in ons eie land is daar mense wat byna tot nasionale verlossers verhef word. Hulle byeenkomste en gebede word soms gesien asof dit van groter belang is as plaaslike eredienste en aanbidding van die naamlose en gesiglose kinders van die Here.

Dit is alles goed en wel, maar die belewenisse wat mense by hierdie intense byeenkomste het, word dan die platform vanwaar die plaaslike gemeente aangeval en veroordeel word. Die arme plaaslike gemeente kan nie kers vashou by die waarhede wat van die podium uitgeblaker word nie.

Menseverering wat ongetwyfeld tot Christus se vernedering lei, is 'n versoeking wat ten alle koste weerstaan moet word. Ons ken ten dele. Daarom moet ons altyddeur bereid wees om na mekaar en bo alles God se stem te luister. In dié proses moet ons die eenheid nastreef en altyddeur 'n oog op die kruis van die Verlosser hou.

Fokus

Die fokus van Paulus se beredenering moet egter in die oog bly, naamlik dat daar net een Christus is wat gekruisig is. Geen ander geestelike leiers in die verlede, hede of toekoms kan by Jesus Christus kersvashou nie. Ons eenheid le in Hom.

Twee gronde

Paulus spreek die verdeeldheid in Korinte op twee gronde aan.

Eerstens noem hy die gemeente "broers". Deur hulle vereniging met Christus het die lidmate van die gemeente in 'n nuwe verhouding tot mekaar beland. Hulle is nou broers en susters, lede van die familie van God. In 'n huishouding, onder die leierskap van 'n liefdevolle Vader, kan daar nie sprake wees van verdeeldheid nie. Die kwaliteit van die verhoudinge moet die van liefdevolle onderlinge bande wees, soos dié van broers en susters.

Hierdie gesins- en familieterme wat op die vroë kerk van toepassing gemaak is, beskryf die nuwe gehalte van verhoudinge in Christus. Dit was totaal ongewoon aan die destydse samelewing. Familiebande het in bloedfamilies gegeld, maar buitestander was eintlik konkurrente. In Christu word almal egter ingesluit in 'n nuwe familie – bloedfamilie wat alle aardse verdeelheid te bowe gaan. Hier word voormalige vyande broers en susters en geniet onderlinge ondersteuning.

Tweedens roep Paulus die Korintiërs in die Naam van Christus op om eensgesind te wees. Hy doen dit dus namens Christus, op gesag van Christus. Uit eerbied vir Christus, moet hulle eensgesind wees.

18

Page 19: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

Eenheid

Waaruit bestaan die eenheid? Paulus beklemtoon:

Eenheid van gesindheid: Eensgesindheid is 'n keuse dat mense met mekaar sal bly praat, en sal bly luister, totdat daar wedersydse begrip en konsensus groei. Eensgesindheid is 'n keuse om verskille nie tot verdeeldheid te verhef nie, om leerbaar te bly en aan te hou soek na dit wat saambind en na die waarheid, eerder as dit wat verdeel.

Eenheid van oortuiging: 'n Gedeelde oortuiging is 'n konsensus oor die weg waarop die Here die gemeente stuur. Eenheid word gebou op grond van die oortuiging dat God die gemeente roep en heilig, en dat die pad wat die gemeente loop gekenmerk word deur die liefde, self-prysgawe en naastediens wat die evangelie kenmerk. 'n Eenheid van oortuiging groei uit die onderrig oor die inhoud van die evangelie, en wat dit beteken om as 'n dissipel van die Here te lewe.

Christus die eenheid

Christus is nie in stukke verdeel nie (1:13). Christus is die fokus van die gemeente. Christus skep deur sy persoon en werk die eenheid waarin die gemeente moet lewe en waaruit hulle God moet dien.

Paulus gebruik die doop as 'n voorbeeld om sy punt te illustreer. Verdeeldheid ontstaan wanneer die dopeling beleef dat die doop hom of haar in die klub inlyf waarvan die een wat die doop bedien die hoof is. Nee, niemand word in die naam van die doopbediener gedoop nie. Die doop, wie dit ook al bedien, lyf jou in by die een liggaam van Christus.

Ons inlywing in die een liggaam van Christus geskied deur die krag van die kruis waarin daar vir ons redding is. Hierop wil Paulus fokus, nie op dit wat verdeeldheid skep nie.

Die hele Korintiërbrief word 'n intense kragtoer waarin Paulus hulle onderrig oor die inhoud van Christus, die Gekruisigde en lewende Here, se verlossingswerk en die implikasies daarvan vir die Korintiërs. Hy doen dit om eensgesindheid en 'n eenheid van oortuiging by die gemeente te vestig.

Gewoond aan verdeelheid

Ons kan so gewoond raak aan verdeeldheid, dat ons ons vergeet dit pas nie in die Here se kerk nie. Ons kan vergeet dat verdeelheid Christus in stukke skeur en die krag van die saambindende, verlossende kruis ondermyn.

Daarom skerp ons teksgedeelte ons vandag op. Ons moet ons eie ingesteldheid en optrede ondersoek. Hoe ernstig neem ons medegelowiges? Hoeveel gewig dra broers en susters in Christus se belange in my lewe?

Hoeveel gewig dra die nood van die wêreld waarheen Christus ons stuur in ons lewens? Sodra ons op mekaar en die wêreld fokus in liefde en diens, kan ons ons eenheid ernstiger neem en vier.

Jesus Christus is die Koning van die kerk. Ons eenheid is in Hom en deur Hom. Onderlinge stryd en onenigheid, pas eenvoudig nie by ondersteuners van Jesus nie. Ons identiteit en eenheid in Jesus Christus bepaal hoe ons lewe.

19

Page 20: preekriglyne.co.za · Web viewOmdat daar soveel herinnerings is, soveel verwyt en pyn. Omdat die misverstande groot is, die wantroue diep, die verwydering totaal, die wonde seer.

5 God stuur ons om te leefGebedDoen vandag moeite om vir al die kerke in jul omgewing te bid. Kry dalk vooraf spesifieke gebedsbehoeftes. Bid vir die predikante en pastore op die naam.

Dankoffer

SlotsangFlam 132 Uit Een Hart http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f132-in-c/ ofLied 520 Saam buig ons neer om God te eer ofLied 523 Goddelike liefdebande

Seën

ResponsVONKK 204 Mag Die Vrede Van Ons Hemelvader http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00204/

6 Volgende erediens1 Korintiërs 1:18-31

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

20