thedadeliverydaily.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie stad wat almal insluit is een waar...
Transcript of thedadeliverydaily.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie stad wat almal insluit is een waar...
Die volgende vyf jaar: Lewer dienste en geleenthede vir almal
DA-manifes vir Kaapstad, 2011
1
Inhoud:
Voorwoord deur Patricia de Lille Die geleentheidstad Die veilige stad Die stad wat omgee Die stad wat almal insluit Die doeltreffende stad Slot
2
Voorwoord deur Patricia de Lille:
Kaapstad is ’n wonderlike stad. As almal saamwerk, kan dit selfs beter word. In die
afgelope vyf jaar het die DA-bestuur baie gedoen om die lewens van al die mense in
Kaapstad te verbeter. Vandat die DA-administrasie in 2006 sy amp aanvaar het, het hy
Kaapstad verander in die metro wat die beste in die land bestuur word. In die praktyk
het ons beleid ’n positiewe uitwerking op elke deel van ons stad gehad, en nou kan ons
sê Kaapstad is waarlik ’n stad vir al die mense.
Die afgelope termyn was egter net die begin. Baie werk is nog nodig om die oop, geleentheidsamelewing vir almal te bou. Hierdie manifes vir die volgende vyf jaar sit ons
visie vir Kaapstad uiteen.
Dis ’n manifes wat op die sterkpunte van ons rekord bou en op die toekoms gerig is. Dit
sê wat ons nog kan doen om Kaapstad selfs beter te maak. Ons moet nooit aanvaar
iets is bloot goed genoeg nie. Ons moet altyd meer probeer doen vir die mense wat ons
dien.
Ons plan vir Kaapstad staan op vyf pilare: die geleentheidstad; die veilige stad; die stad
wat omgee; die stad wat almal insluit; en die doeltreffende stad. Saam sal hierdie
strategiese fokuspunte ons in ’n nuwe ampstermyn rigting gee.
Die geleentheidstad is een waar die stad die bemagtigende omgewing vir ekonomiese
groei en belegging skep. Dit is waar toestande in die stad beleggers lok wat dan bydra
om die stad te bou en werkgeleenthede vir Kaapstad se mense te skep.
Die veilige stad is een waar geen inwoners in vrees leef nie. In samewerking met die
gemeenskappe en ander belanghebbers sorg die stad dat die strate vir almal veilig is.
3
Die stad wat omgee is een waar basiese dienste vir almal gelewer word. Dit is waar alle
burgers, veral dié met die grootste behoefte, toegang tot elektrisiteit, water, sanitasie en
vullisverwydering kry. Eers as dié behoeftes bevredig is, kan ons waarlik van die
skepping van geleenthede vir ons burgers praat.
Die stad wat almal insluit is een waar elke inwoner tuis voel en ’n aandeel aan die
toekoms het. Regering draai om verhoudings, en ons wil hê dat mense moet weet hulle
het ’n vennoot in die regering wanneer besluite wat ’n invloed op hul lewens het, geneem word. Dit gaan om verhoudings wat tussen gemeenskappe geskep word sodat
ons ware eenheid in ons uiteenlopendheid kan vind.
Die doeltreffende stad is een waar die regering sonder korrupsie is, deursigtig is, aan sy
burgers se behoeftes gehoor gee, ’n beter toekoms probeer skep en sorg dat politici
altyd die mense dien.
Die DA het as regering geweldig gevorder, en het Kaapstad gehelp om die wonderlike
stad te wees wat hy is. As hy die kans sou kry om weer te dien, sal hy steeds in die
rigting van ’n selfs beter toekoms beweeg en sorg dat die stad sy volle potensiaal
bereik. Hierdie manifes is ons plan om daardie visie waar te laat word. Dit is ’n stap-vir-
stap-benadering om Kaapstad ’n waarlik verenigde stad te maak wat geleenthede vir al
sy burgers skep.
4
1) Inleiding
Op 18 Mei 2011 gaan Kaapstad se burgers in hul stemdistrikte vir hul wyksraadslede
stem, en oplaas vir die party wat hulle graag vir die volgende vyf jaar aan die stuur wil
sien.
Dit is ’n keuse wat sal bepaal in watter soort stad Kaapstad se mense graag sal wil
woon. ’n Stem vir die DA en sy kandidate beteken ’n stem om steeds die oop, geleentheidsamelewing vir almal in Kaapstad te bou.
Met ‘oop’ bedoel ons ’n samelewing waarin mense die reg het om hulself te wees en hul
eie pad deur die lewe te bepaal. ’n Oop samelewing is op die handves van menseregte,
die oppergesag van die reg, demokratiese besluitneming, deursigtigheid,
toerekenbaarheid en verdraagsaamheid gegrond. In ’n oop samelewing beskerm
onafhanklike instelling mense teen magsmisbruik; is die media vry en die burgery
onafhanklik.
Met ‘geleentheid-’ bedoel ons ’n samelewing waarin mense die middele kry om hul regte
te benut en hul omstandighede te verbeter sodat hulle lewens kan lei waaraan hulle
waarde heg. Die staat erken sy plig om dinge vir mense te doen wat hulle nie self kan
doen nie. Ons glo dit sluit geleenthede vir herstel in. Ons kan die erfenis van apartheid
nie ontken nie, en doen dit ook nie. Terselfdertyd glo ons elke burger moet
verantwoordelikheid aanvaar om die geleenthede wat gebied word, te benut.
Met ‘vir almal’ bedoel ons ’n samelewing wat waarlik aan almal behoort wat daarin
woon; waarin alle Suid-Afrikaners – ongeag hul velkleur of omstandighede van hul
opvoeding – dieselfde regte en toegang tot geleenthede kry wat hulle nodig het om hul
lewens te verbeter. In ’n samelewing vir almal is herstel van vorige diskriminasie
noodsaaklik, en word dit gemik op dié wat steeds onder die gevolge van daardie
diskriminasie ly.
5
In die afgelope vyf jaar het die DA groot vordering gemaak om dié soort samelewing in
Kaapstad te skep. In dié tyd het die DA naam gemaak vir sy skoon en doeltreffende
bestuur, maar ook omdat hy die fisiese, ekonomiese, kulturele en maatskaplike
toestande geskep het waarin geleentheid kan gedy, en alle individue hul volle
potensiaal kan bereik.
In Kaapstad het die DA aan al sy burgers gelewer, en veral aan die armes. Meer as in
enige metro in die land het die DA-bestuur in Kaapstad geleenthede gebied aan dié wat
werklik ’n helpende hand nodig gehad het. Die sleutel was ’n onderskeid tussen mense
wat hul skulde nie kán betaal nie, en die wat bloot nie wíl nie.
Ten opsigte van dié wat nie wíl betaal nie, maar dit wel kan bekostig, het die Stad groot
vordering met die invordering van skuld gemaak. Die Stad het die beste
invorderingstelsel in die land. Vir dié wat nie kán betaal nie, het die Stad ’n stewige
fondament geskep om hul lewens te verbeter.
Die DA se beleid rakende armlastiges het die armste burgers in staat gestel om gratis
toegang tot dienste soos elektrisiteit, water en sanitasie te kry. Sodoende het die Stad ’n
omgewing vir mense geskep waarin hulle en hul gesinne kan gedy; waar hulle die
fondament het om te kan voortbou op die geleenthede wat hulle kry, sodat hulle daarna
hul eie geleenthede kan skep.
Diens aan die armes was een van die DA se prioriteite, en dit het gehelp om baie
mense se lewens ten beste te verander. Kaapstad het waarlik die stad geword wat aan
al die mense behoort.
Ondanks die geweldige vordering wat ons gemaak het, lê daar egter nog baie werk
voor. Weens die groot uitdagings van die verlede, en ongelykhede as gevolg daarvan, is
die totstandkoming van die oop, geleentheidsamelewing vir almal ’n langtermynprojek
wat steeds voortgaan.
6
Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap, wat ook deur die DA beheer word, kan
hiermee help. Daar is baie geleenthede vir sinergie tussen die Provinsiale Regering en
die Metro. Ons werk reeds nou saam op die terrein van ekonomiese ontwikkeling,
gesondheid, onderwys en veiligheid. Saam kan die DA-besture in Kaapstad en die
Wes-Kaap in die jare vorentoe selfs meer doen vir die mense wat hulle dien.
Namate die verkiesing nader kom, bied ons hiermee ons visie vir Kaapstad oor die
volgende vyf jaar aan. Soos alle goeie skattings is dit ’n visie wat op ons ondervinding
en suksesse gegrond is. Dit word aangebied binne die perke van wat moontlik en
haalbaar is.
Die visie rus op vyf sleutelpilare.
Die eerste pilaar is om te sorg dat Kaapstad steeds as ’n geleentheidstad bly groei. Hiervoor wil ons sorg dat Kaapstad bly uitbrei; om belegging te lok, en groei en
werk te skep. Welvaart is die sleutel tot verbetering en vordering. Die voorsiening en
instandhouding van ons ekonomiese en maatskaplike infrastruktuur is krities vir dié
sukses.
Die tweede is om te sorg dat Kaapstad ’n al hoe veiliger stad word. Ons sal die
metropolisie en verkeersdienste, asook openbare-private vennootskappe, benut om om te sorg dat elke inwoner veilig voel.
Die derde pilaar is om te sorg dat Kaapstad as ’n stad selfs meer omgee. Dit
beteken die Stad sal steeds gratis basiese dienste soos water, elektrisiteit,
vullisverwydering, sanitasie, behuising en primêre gesondheidsorg aan die mees
behoeftiges bied. ’n Mens kan eers geleenthede begin bou as daardie basiese regte
bevredig is.
7
Die vierde is om te sorg dat Kaapstad ’n insluitende stad word. Die DA wil hê alle
inwoners moet tuis voel, en voel hulle het ’n aandeel in die toekoms. ’n Regering is ’n
vennootskap met burgers, en ons wil hê mense moet voel hulle is gelyk en neem deel
aan die besluite wat hulle raak. Die uiteenlopendheid van ons mense en onderlinge
verdraagsaamheid vir mekaar se kulture is ons krag, en ons sal verdraagsaamheid van
uiteenlopendheid nog meer steun en bevorder.
Die laaste pilaar is om te sorg dat Kaapstad steeds ’n goed bestuurde stad bly;
een sonder korrupsie, wat deursigtig, kliënt-vriendelik en doeltreffend is. Na alles is
enige regering daar om die mense wat hom gekies het, te dien. Die burgers is ons
kliënte, en ons wil hê hulle moet voel dat hulle die beste moontlike diens kry.
Dit is die fondament waarop ’n toekomstige Kaapstad gebou kan word. Ons het baie
bereik, maar baie werk lê nog voor. Net as ons met Kaapstad se inwoners saamwerk,
sal ons kan sorg dat sowel die Stad as alle individue hul volle potensiaal bereik.
8
2) Die geleentheidstad
In enige samelewing is min dinge vir burgers van groter belang as werk. ’n
Werkgeleentheid het jou hele lewe lank sowel tasbare as ontasbare gevolge. Dit bring
mee dat jy vir jouself en jou gesin kan sorg. Dit stel iemand in staat om soos ’n aktiewe
lid van die gemeenskap te voel wat iets bydra. Dit gee individue die mag om hul eie
besluite in die lewe te neem. Bowenal gee dit waardigheid aan mense. Sonder
waardigheid beteken al die grondwetlike regte waarvoor ons baklei het, bitter min.
Individuele waardigheid en integriteit is die boustene vir die geleentheidsamelewing. Die
daarstelling van ’n ekonomiese omgewing waarin meer werk geskep kan word, is ’n
hoeksteen van die DA se plan vir Kaapstad.
Dit moet altyd ’n regering se plig wees om die ruimte en omgewing te skep waarin
werkskepping kan groei. Dit beteken dat belegging asook beplanning vir ontwikkeling
aangemoedig moet word, en daar gesorg moet word dat die stad vir mense en
sakeondernemings werk. Dit beteken nie afhanklikheid van die Stad as die enigste
werkskepper nie. Só ’n benadering kan nie volgehou word nie. Dit smoor groei. Dit
neem inisiatief van mense weg. Dit skrik skeppendheid af. Dit doen aan die hand dat
mense nie die vermoë het om hul eie weg deur die lewe te baan nie. Dit bring mee dat
mense nie meer geleenthede vir hulself en ander skep nie. Bowenal beteken dit dat
mense van die regering afhanklik word, in plaas daarvan om op hul eie bene te staan.
Vir die afgelope vyf jaar het die DA-bestuur hard gewerk om Kaapstad in ’n plek vir
groei en werk te omskep. Die Stad het ondanks moeilike ekonomiese tye daarin
geslaag.
Dit was die gevolg van die volgende:
Goeie, skoon regering
9
Doeltreffende regering wat rompslomp verminder
Regering wat individue aanmoedig om hul drome na te jaag
Regering wat individue die werktuie gee om te slaag
Belegging in infrastruktuur
Volhoubare belegging
Konsekwente begroting vir infrastruktuur en geleenthede
Sorg dat die Stad veiliger word
Sorg dat die Stad skoon is
Help die armes deur ’n vernuwende beleid rakende armlastiges
Aaneensluiting van verskeie gemeenskappe in die metro
Sorg dat Kaapstad sowel binne- as buitelands ’n aantreklike belegging- en
sakebestemming word
Voorkeur aan voldoende beplanning vir ontwikkeling
In samewerking met Kaapstad se mense het die DA-bestuur die grondslag vir ’n
bemagtigende omgewing vir werk geskep. In die afgelope vyf jaar is die volgende
ingrepe gedoen om dié omgewing te skep:
Die skepping van ’n werkgeleentheid-sentrum vir die Stad wat mense inligting
gee oor watter werk beskikbaar is
Kapitaalbesteding van R19 miljard oor 5 jaar
Besteding aan herstelwerk en instandhouding van R8 miljard oor 5 jaar
Belegging in grootmaatinfrastruktuur om die ekonomie te laat werk en mense
basiese dienste te gee – onder meer paaie, water- en rioolstelsels, en krag-
aansluitings
Goeie regulering deur doeltreffende verordenings wat rompslomp verminder
sodat dit maklik is om nuwe sakeondernemings te registreer
Openbare vervoer – die Geïntegreerde Snelvervoerstelsel, wat gemeenskappe
verbind, gaan binnekort in werking tree ná samewerking met ons vennoot in die
nasionale regering
Doeltreffende kredietbeheer
10
Kortings op heffings vir armes wat die betalings nie kan bekostig nie
Aanbou van ’n vesel-optiese netwerk wat geboue en gebiede orals in die metro
verbind
Dié laaste punt is een van die Stad se belangrikste ingrepe. Dit is in wese ’n interne
stedelike netwerk wat alle geboue in die Stad verbind. Die aanvanklike netwerk bestaan
uit 480 km se vesel-optiese kabels. Fase een van die projek is reeds afgehandel. Dit
voorsien ’n basiese netwerk waarby ondernemings kan baat en kan uitbrei na gebiede
waar die infrastruktuur te duur was vir die ondernemings om dit self te bou, en verbind
66 munisipale geboue met sewe skakelsentrums. Bykomende vermoë sal vir gebruik
deur die private sektor beskikbaar wees, wat die basiese infrastruktuur sal bied sodat
ondernemings kan floreer en nuwe gemeenskappe kan inskakel. ’n Nuwe DA-bestuur
sal dié netwerk selfs verder uitbrei.
Om die bemagtigingsomgewing te skep waarin sakeondernemings kan groei, sal ’n
nuwe DA-bestuur op vorige suksesse voortbou. Ons sal nuwe inisiatiewe aanpak wat
sal bewys dat Kaapstad die vernuwendste metro in die land is.
Hierdie nuwe inisiatiewe sal onder meer die volgende insluit:
Uitbreiding van die vesel-optiese netwerk na alle uithoeke van die metro oor ’n
tydperk van tien jaar
o Die netwerk sal die basiese infrastruktuur skep sodat ondernemings kan
uitbrei na gebiede wat voorheen ontoeganklik was
o Dit sal alle munisipale geboue aaneenskakel
o Dit sal ’n kernnetwerk wees wat die hele stadsgebied dek
o Dit sal ’n vertroude voorsiener van netwerk-infrastruktuur wees, met
veelvuldige netwerke wat dieselfde gedeelde infrastruktuur benut
o Dit sal skakeling en ekonomiese bedrywigheid steun en sorg dat Kaapstad
’n globale tegnologiese en kreatiewe middelpunt word
11
o Die netwerk sal die Stad nie net R60 miljoen per jaar spaar nie, maar sal
binne 7 jaar vir homself betaal
o Die Stad sal die netwerk-lisensie steeds bly besit
o Alle sakeondernemings sal netwerkruimte kan huur en dus geld spaar
omdat hulle nie in hul eie infrastruktuur hoef te belê nie; tot dusver het dit
groei in ekonomies agtergeblewe gebiede in die wiele gery
o Die Stad sal boonop al die skakelstasies vir die netwerk voorsien
o Die netwerk sal nie net geriewe vir sakeondernemings bied nie, maar ook
opwindende sosiale geleenthede
o Dit sal bykomende vermoë skep om die KnapKaap-program in biblioteke
uit te brei
o Die netwerk sal ’n geleentheid vir video-koppelings skep en alle
Stadsdienste goedkoper maak, m.a.w. ’n kind in ’n kliniek in Khayelitsha
kan deur middel van ’n video-koppeling deur ’n spesialis in ’n ander kliniek
ondersoek word. Dit is net een van talle nuwe moontlikhede wat Kaapstad
se plek as ’n stad van wêreldgehalte herbevestig
Uitbreiding van die Geïntegreerde Snelvervoer- (GSV-) stelsel
o Elke stad van wêreldgehalte het ’n puik openbare vervoerstelsel
o Tot dusver kon baie mense in Kaapstad nie hul volle potensiaal bereik nie,
omdat hulle nie vryelik orals in die metro kon rondbeweeg nie
o Nuwe fases van die GSV sal tydens ’n nuwe DA-termyn ingestel word,
onder meer dienste na Khayelitsha en Mitchells Plain
Die skepping van ’n sentrum om klein ondernemings te help
o Dié sentrum sal ondernemings met registrasie en allerlei rompslomp help
o Dit sal nuwe ondernemings help om met bestaandes in wisselwerking te
tree, en raad en steun te kry
o Dit sal op die Barcelona-sentrum geskoei wees
12
o Die belangrikste is dat dit ’n sentrum vir vernuwing, skepping en
geleentheid sal wees
Die skepping van ’n Wes-Kaapse Ekonomiese Ontwikkelings-agentskap
o Dié agentskap sal in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale
Regering (onder DA-beheer) en ander ekonomiese belanghebbers werk
o Die bedoeling is dat die agentskap hom sal bemoei met bedrywighede
soos ondernemingsontwikkeling, handel- en beleggingsbevordering, en
die skepping van ’n ekonomiese visie vir die stadsgebied
Verbetering van stadsbeplanning en regulasies
o Die DA sal die rompslomp en burokrasie wat nuwe inisiatiewe in die Stad
tans in die wiele ry, stroomlyn
o Nuwe verordenings wat die beplanningsproses rasionaliseer, sal ingestel
word
o Regulasies sal dit ten doel hê om die Stad vir almal (en veral
sakeondernemings) toeganklik te maak ten einde groei aan te help
o Die beplanningsbestel sal die nuwe Burgemeestersraad se volle aandag
kry
o Die Stad se beplanningskantoor sal die regte personeel en hulpbronne kry
en sal op die behoeftes van sowel inwoners as ondernemings reageer
Bo en behalwe dié inisiatiewe sal die stad steeds in infrastruktuur belê. Sulke
kapitaalbelegging maak die ruggraat van die ekonomie uit. Die Stad sal ook ’n nuwe
gebeure-strategie bekend stel wat selfs meer beleggings na die metro toe sal lok. Die
skepping van ’n aanloklike omgewing vir groot gebeure sal die Stad nog meer verenig
en al die mense insluit, maar sal ook groei lok en op nuwe maniere werk skep.
Deur wisselwerking tussen ondernemings en individue te vergemaklik om beleggings
aan te moedig, sal Kaapstad die beste omgewing in die land vir nuwe ondernemings en
werkgeleenthede wees.
13
3) Die veilige stad
’n Stad kan net doeltreffend en doelmatig bedryf word as sy burgers se veiligheid
verseker word. Mense kan nie toegang tot geleenthede kry as hulle nie veilig en
gemaklik voel nie. Net so is dit een van ’n regering se basiese pligte om te sorg dat sy
mense nie in vrees leef nie. Die Stad Kaapstad het bewys dat indien die metropolisie
doeltreffend benut word, en genoeg hulpbronne het, dit ’n kragtige wapen teen misdaad
is.
Kaapstad het bewys dat ’n stad die SAPD deur die slim en strategiese benutting van
hulpbronne kan help om mense te beveilig. Misdaad raak alle Suid-Afrikaners, maar in
die afgelope vyf jaar was Kaapstad voor wat plaaslike teenmisdaad-inisiatiewe betref.
Die tasbare resultate beteken dat mense veiliger voel en hul stad kan geniet.
Die Stad staan sterk teen misdaad. Dit is die gevolg van die volgende:
Doeltreffende politieke bestuur
Genoeg begrotingstoewysings waar hulpbronne nodig is
Samewerking tussen die Stad en burgers
Samewerking tussen die Stad en die SAPD
Samewerking tussen die Stad en die provinsiale regering
Doeltreffende benutting van beperkte hulpbronne
Toewyding om veiligheidspersoneel te ontwikkel en op te lei
Navolging van internasionale beste praktyk
Vernuwende oplossings
14
Deur alle belanghebbers te betrek en met hulle saam te werk, het die DA-bestuur
Kaapstad in ’n veilige stad verander wat deur al sy burgers geniet kan word. In die
afgelope vyf jaar is die volgende vernuwings en programme in die Stad ingestel:
Tussenregerings- en internasionale samewerking:
Interaksie met die Nasionale Vervolgingsgesag en Departement van Justisie om
gemeenskapshowe te skep. Dié howe het agterstande verminder en gesorg dat
oortreders vinnig verhoor word
Samewerking met die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap rakende die Veilig
Tuis-veldtog en die Taakspan vir Prioriteitsmisdade
Instelling van ooreenkomste rakende die uitruiling van inligting met verskeie
polisiemagte in die buiteland
Inligtingstegnologie (IT):
Miljoene rande is aan ’n noodradio-roeteringstelsel bestee
Die instelling van ’n nuwe kringtelevisiestelsel
Dit instelling van ’n nuwe IT-stelsel wat alle polisiereaksie-eenhede koppel om
vinniger reaksietye mee te bring
Personeel:
R8 miljoen is aan ’n opleidingskollege vir plaaslike veiligheidsbeamptes bestee.
Die opleiding en ontwikkeling van diegene wat die Stad se burgers moet dien,
was geweldig suksesvol, sodat die Stad sy eie veiligheidsvermoë kon bou
Die skepping van spesialiseenhede in die metro om misdaad te bestry, onder
meer die “Copperheads”, die Dwelm-eenheid, die Eenheid vir Ontheemdes, die
Grondbesettingseenheid en die Spookpatrollie-eenheid
Die inwerkingstelling van ’n oudit van metropolisie-doeltreffendheid
Instelling van ’n fiksheid- en personeeltevredenheidbeleid vir metro-
polisiebeamptes
Die instelling van ’n beampte-huurstelsel, waardeur sakeondernemings
veiligheidsbeamptes kan huur
15
Die instelling van ’n verkeersreëlaarstelsel waardeur tien nuwe verkeersreëlaars
gestuur kan word om verkeersbedrywighede te help beheer
Die instelling van veiligheidsbeamptes in Muizenberg en Khayelitsha wat die
bedrywighede van alle veiligheid- en nooddienste in gemeenskappe koördineer
Kapitaal en toerusting:
Die verkryging van 9 nuwe brandweerwaens, 2 watertenkwaens, 4
reddingsvoertuie, 13 bykomende voertuie vir die metropolisie, 23 bykomende
voertuie vir wetstoepassing en 30 nuwe motorfietse vir verkeersdienste
Twee nuwe brandweerstasies is in Brackenfell en Macassar geopen
Die skepping van ’n nuwe Rampgevaar-bestuursentrum
Beter kapitaalbesteding van die begroting vir veiligheid en sekuriteit, van 64% in
2006/2007 tot 91% in 2009/2010
Opknapping van die Metropolisie se oproepsentrum
Bedrywighede:
Die inwerkingstelling van Operasie Coca, Razor en Choke, met weeklikse
misdaadklopjagte deur die metropolisie
Maatskaplike ingrepe:
Open dwelmbehandelingsentrums in Tafelsig, Mitchells Plain en Tableview
Ontwikkel ’n ingrypingsprogram met nieregeringsorganisies (NROs) waardeur
haweloses skuiling en rehabilitasie kry en werkgeleenthede aangebied word
Wetgewing:
Aanvaar nuwe verordenings, onder meer: die Diereverordening; die Graffiti-
verordening; Verkeersverordening; die Verordening op Strate, Openbare Plekke
en Ergernisse; en die Bouverordening
Vennootskappe:
Uitgebreide Buurtwagskemas
16
Voortsetting van die Kaapse Vennootskap. Dit is ’n vennootskap tussen
sakeondernemings en die Stad in die sakekern. Misdaad in die sakekern het sedert 2000 met 90% gedaal
Die instelling van die program vir Beskerming teen Geweld deur Stedelike
Opknapping in Khayelitsha. Sedert die aanvang van die program het die
moordsyfer in Khayelitsha met 24% gedaal
Dié program is moontlik een van die Stad se durendste erfenisse. Die program het dit
ten doel om misdaad te verminder deur die breë omgewing in ’n gemeenskap te
verbeter. Dit word gedoen met beter infrastruktuur, onder meer veilige wandelpaaie en
gebiedsbeligting, die instelling van gebiedspatrollies en die skepping van
vennootskappe met gemeenskap- en ander organisasies om toegang tot dienste te
verbeter. Dié organisasies is onder meer die SAPD, buurtwagte, die metropolisie en
gemeenskapsleiers.
Met internasionale befondsing het die Stad reeds R50 miljoen in dié projek in Harare,
Khayelitsha, belê, en dit onlangs in Kuyasa en Site C in Khayelitsha ingestel.
Sommige van die elemente wat in Harare in Khayelitsha gelewer is, is onder meer:
’n Verkragtingskrisiskantoor, wat meegebring het dat 70% van
verkragtingsoorlewendes formele klagte by die SAPD indien. Dis belangrik omdat
’n hoë persentasie van verkragtings gewoonlik nie aangemeld word nie.
Die BGSO (wat is dit? Spel dit uit) het ook met die Universiteit van die Wes-
Kaap (UWK) ’n vennootskap geskep om ’n regskliniek met gratis regshulp by die
Khayelitsha-hof te bied
Gemeenskapspatrollies is ingestel en deur die Gemeenskapspolisiëringsforums
gekoördineer, met 150 aktiewe patrollies, onder meer oor naweke
As gevolg van die BGSO-ingrepe was daar ’n daling in moord en ander
kontakmisdade
17
Tot op hede is daar in Harare, Khayelitsha, sowat R50 miljoen in die volgende
soort infrastruktuur belê om ’n veilige omgewing te skep:
o Veilige en goed beligte wandelpaaie en fietsroetes
o Spoedwalle en verkeerskalmering by skole
o Gemeenskapsgeboue
o Formele en informele sportgeriewe
o Infrastruktuur vir informele handelaars
Dié prestasies saam bewys dat die DA in die afgelope vyf jaar ’n positiewe uitwerking
op misdaad en toenemende veiligheid in die Stad gehad het. Daar was egter talle
struikelblokke wat uit die weg geruim moes word, onder meer versekering dat
professionele veiligheidsbeamptes die regte poste beklee. Dit het beteken dat die
metropolisie en nooddienste geherkapitaliseer moes word. Dit het ook meer
kapitaalbesteding op alle terreine meegebring.
Soos Kaapstad se inwoners weet, kan veiligheid met die regte leierskap en strategie
mettertyd verbeter. Ons is vol vertroue dat ons op ons vorige suksesse sal kan voortbou
en veiligheid in die Stad oor die volgende vyf jaar selfs verder sal kan verbeter.
As die DA herkies word, sal ’n DA-bestuur die volgende doen:
Gaan voort met die burgerlike oorsigkomitee wat vir al die Stad se
veiligheidsdienste verantwoordelik is
Brei die buurtwagprogram na nuwe gebiede uit
Sorg vir meer knap polisielede en veiligheidsbeamptes en sorg dat hulle oral in
die metro ontplooi word
Brei die kringtelevisiestelsel in die volgende 5 tot 10 jaar na die hele stad uit
Skep nuwe veilige huise vir sekswerkers in die stadskern en ander gebiede
Probeer om maatskaplike werkers met die ontugpatrollies uit te stuur
Brei die suksesse van die BGSO na Hanoverpark, Manenberg en Gugulethu uit
Sorg dat alle veiligheid- en nooddienste genoeg hulpbronne het
18
Dit is moontlik om ’n selfs veiliger Stad te skep. Met die volle betrokkenheid van
gemeenskappe en die strategiese toewysing van hulpbronne, asook die navolging van
internasionale beste praktyk, kan ons misdaad hokslaan. In die afgelope vyf jaar het die
stad talle van die SAPD se pligte oorgeneem waar daardie diens vermoë kortgekom
het. Ons kan steeds met die hulpbronne en mense wat ons het, ’n veilige samelewing
bly bou.
4) Die stad wat omgee
’n Stad wat omgee, is een wat basiese dienste aan almal lewer, veral skoon water,
elektrisiteit, sanitasie, vullisverwydering, behuising en primêre gesondheidsorg vir dié
wat dit die nodigste het. Net as dié basiese behoeftes bevredig is, kan ons oor die
voorsiening van geleenthede vir almal praat.
Die DA-bestuur van die afgelope vyf jaar het groot vordering met die voorsiening van
basiese dienste gemaak. Ons het inderdaad die beste rekord van enige metro in die
land wat die voorsiening van basiese dienste aan die Stad se mense betref.
Die uitslag van die Universele Huishoudelike Toegang tot Basiese Dienste- (UHTBS-)
verslag bied bewyse van die DA se lewering van dienste aan die armes. Dit was ’n
studie wat die nasionale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele
Sake verlede jaar opgestel het. Dit het getoon dat die Stad Kaapstad in elke
diensleweringsmaatstaf (water, sanitasie, vullisverwydering en elektrisiteit) die beste in
die land vaar, maar ook die enigste metro is wat basiese toegang tot water aan 100%
van sy burgers bied. Dié rekord bewys ons verbintenis tot die bevrediging van die
behoeftes van alle burgers, en die skepping van ’n samelewing wat omgee.
Die Stad se universele toegang maak ook vir armes se besondere beperkings
voorsiening. Burgers wat in die Stad se register vir armlastiges geregistreer is, kry elke
19
dag 350 liter gratis water. Dis die hoogste toewysing van gratis water in die land.
Water wat op ’n bepaalde dag nie gebruik word nie, word na die volgende dag
oorgedra. Die Stad het ook ’n SMS-lyn en ’n voltydse noodoproepsentrum om inwoners
met water- en sanitasieprobleme te help.
Die beleid rakende armlastiges moet veral genoem word. Dié beleid het die drempel
van dié wat vir volle kortings en gratis dienste in aanmerking kom, verhoog na alle
huishoudings met ’n maandelikse inkomste van minder as R3 000,00 per maand. Dié
wat in aanmerking kom, kry 10,5 kl/maand gratis water, en betaal nie
eiendomsbelasting nie. Huishoudings met ’n kragaansluiting van die Stad wat minder as
450 kWh/maand gebruik, kry ’n gratis toewysing van 50 kWh/maand. Die Stad help
bejaardes en gestremdes ook, en gee hulle kortings tot ’n inkomstevlak van R8 500,00
per maand.
Die Stad het armes se lewens wesenlik beïnvloed. Dit is as gevolg van die volgende:
Die uitwissing van verouderde munisipale skuld Begrotings met die behoeftes van armer inwoners in gedagte
’n Onderskeid tussen dié wat nie vir dienste kán betaal nie, en dié wat nie wíl
betaal nie
Doeltreffende invordering van gelde
’n Doeltreffende rekeningestelsel
Belegging in grootmaat-infrastruktuur
Onder die DA het Kaapstad trouens in die afgelope vyf jaar groot vordering gemaak om
die Stad een te maak wat omgee. Dié prestasie sluit onder meer die volgende in:
Beleid rakende armlastiges:
Die suksesvolle inwerkingstelling van ’n unieke beleid rakende armlastiges
’n Toename in die aantal armes wat die dienstepakket vir armes kry
20
Water:
Belegging in waterinfrastruktuur
Water na woonhuise word nooit afgesny nie
Die inwerkingstelling van ’n watervloeistelsel wat sorg dat watergebruik
gereguleer word
Elektrisiteit:
Belegging in elektrisiteit-infrastruktuur
Die skepping van ’n klagtelyn om kwellings en navrae aan te spreek
Inkomste-invordering:
Regruk van die Stad se bedrywighede rakende inkomste-invordering
Tref ’n onderskeid vir inkomste-invorderaars tussen dié wat nie kán betaal nie, en
dié wat nie wíl betaal nie
Suksesvolle uitreiking van kennisgewings aan dié wat weier om te betaal
Streng afdwinging van invordering vir sakepersele
Behuising:
Verdubbeling van die koers waarteen huise gelewer word
Instandhouding van die Stad se huureiendomme, wat sorg dat armer mense
toegang tot goedkoper akkommodasie kry
Ontvang behuising-akkreditering van die nasionale regering, wat die Stad se
vermoë om bekostigbare behuising vir almal te lewer, versnel Belegging in paaie
Aangaan van finansiële ooreenkomste met finansiële instellings waar grond teen
laer koste verkoop is, met die verstandhouding dat dit vir maatskaplike behuising
ontwikkel sal word
Finansiering, personeelvoorsiening vir en bedryf van verskeie maatskaplike
fasiliteite, onder meer gemeenskapsentrums, sportfasiliteite, biblioteke,
begraafplase, sentrums vir vroeë kinderontwikkeling, dwelmrehabilitasiesentrums
en 130 klinieke vir primêre gesondheidsorg in die Stad
21
Dit was alles baie suksesvol om Kaapstad te verander in ’n stad wat vir al sy inwoners
omgee. Selfs meer kan egter gedoen word, en die volgende vyf jaar sal nuwe
geleenthede bied om op vorige suksesse voort te bou. Indien die DA herkies word, sal
hy die volgende doen:
Sorg dat meer mense vir die armlastige-pakket in aanmerking kom. Dit beteken
die instelling van ’n nuwe kategorie vir huishoudings wat tussen R3 000,00 en R4
000,00 per maand verdien. Dié huishoudings kom in aanmerking vir kortings van
50%. Dié drempels sal elke jaar hersien word
Sorg dat meer bejaardes en gestremdes vir kortings in aanmerking kom. Dit
beteken dat die drempel vir dié wat minder as R10 000,00 per maand verdien om
vir die kortings in aanmerking te kom, verhoog moet word
Finansier primêre gesondheidsorg in die Stad steeds en hou dit in stand
Bou steeds maatskaplike fasiliteite orals in die metro, onder meer sportvelde,
jeug- en gemeenskapsentrums, dwelmrehabilitasiesentrums en biblioteke
Sorg dat almal wat kwalifiseer in die Stad se databasis geregistreer is. Die
huidige diensleweringsrekord is uitstekend, maar dit slaan nie ag op dié wat
reeds as huurders of eienaars in die stad se boeke is nie. ’n Nuwe DA-bestuur
sal agterplaasbewoners op ’n vrywillige grondslag registreer
Ons het reeds baie vordering gemaak, maar moet nog heelwat doen om te sorg dat al
Kaapstad se burgers by ons geleentheidsamelewing kan baat. Net deur dié te help wat
waarlik behoeftig is, kan ons sorg dat hulle ten volle in ons gemeenskap geïntegreer
word. Dit is ons verantwoordelikheid om almal wat dit nodig het, te help sodat hulle vir
hulself en hul gesinne ’n beter lewe kan skep.
5) Die stad wat almal insluit
22
Die stad behoort aan al die mense. ’n Stad wat almal insluit, is een waar almal tuis voel,
en voel dat hulle ’n aandeel in die toekoms het. Dit is afhanklik van ’n gevoel dat almal
met mekaar verbind is, asook ’n regering wat die behoeftes van alle gemeenskappe
bevredig.
’n Stad wat almal insluit, is een waar alle burgers ’n verbintenis met mekaar en die
stad aanvoel. Dit is een waar die inwoners voel dat hulle die hele stad besit, en nie net
die deel waar hulle woon nie; dat hulle deur sowel hul uiteenlopendheid as iets meer
tasbaar verbind is
’n Stad wat almal insluit, is een waar inwoners deur ’n gedeelde geskiedenis en ’n
gedeelde toekoms verbind word. Dié insluiting is nie oppervlakkig nie, maar is gegrond
op ’n fondament van gedeelde gebeure en plekke waarin alle gemeenskappe as ’n
verenigde stad ’n aandeel wil hê.
Ons kan dit onder meer deur middel van ons erfenisterreine, stadgebeure en
sportbyeenkomste bereik. Die Stad sal sorg dat die instandhouding van Kaapstad se
erfenisterreine ’n prioriteit is.
Dit beteken belegging in die plekke wat al Kaapstad se burgers ’n gevoel van trots
besorg, soos die historiese Stadsaal en die Langa-paskantoor, wat gerestoureer gaan
word as simbole van ’n verenigde stad wat al die mens dien. Dié restourerings sal as ’n
model dien vir beleggings in erfenis-, jeug- en gemeenskapsentrums orals in die Stad.
Dit behels ook die volle benutting van gemeenskaplike sportterreine en die bevordering
van plaaslike sportspanne wat sal help om al die mense as ondersteuners saam te
snoer. Dié belegging in sport moet egter nie net tot professionele spanne beperk word
nie, al is hulle baie belangrik.
23
Deur meer belegging sal die Stad hulpbronne aan plaaslike sportprogramme in verskeie
sportsoorte toewys, en plaaslike deelname en mededinging tussen gebiede aanmoedig.
Sport kan ons stad selfs hegter saamsnoer.
Dié beleggings sal egter niks beteken as gemeenskappe afgesonder word nie. Net deur
fisiese verbindings kan ons maatskaplike en kulturele bande suksesvol bou.
Meer belegging in paaie en vervoer is die sleutel tot dié sukses. Die Stad het reeds baie
in vervoer belê, maar nog ’n DA-termyn bied opwindende vooruitsigte wat openbare
vervoer betref, onder meer die geleidelike uitbreiding van die GVS na selfs meer
gebiede.
Een van die hoekstene van dié poging sal die kommunikasieverbindings wees wat die
DA reeds ingestel het, en wat onder ’n nuwe DA-bestuur in die volgende klompie jare
geleidelik na selfs meer gemeenskappe uitgebrei sal word. Die vesel-optiese stelsel sal
meebring dat alle gemeenskappe gedurig met mekaar in verbinding sal wees. Dit sal
integrasie aanhelp en sorg dat die metro vir almal toegankliker word.
Dit sal steeds ’n DA-bestuur se verantwoordelikheid wees om te sorg dat almal alles
kan geniet wat hy aanbied, maar met die minste moontlike inmenging deur die Raad as
dit nie nodig is nie. Dit beteken dat die nodige infrastruktuur moet bestaan sodat alle
burgers kan baat. Dit sal ’n prioriteit van ’n nuwe DA-bestuur wees om toegang tot
geriewe uit te brei en die vervoernetwerk deur infrastruktuurontwikkeling en belegging in
gemeenskapshulpbronne uit te brei.
Die Stad het op dié gebied reeds baie gevorder:
Fase een van die GVS word vanjaar geleidelik uitgebrei
Fase een van die vesel-optiese netwerk wat die Stad verbind, is vanjaar reeds in
werking gestel
24
’n Doelgepaste oproepsentrum vir die Stad, met ’n enkele navraelyn vir alle
navrae, is met sukses ingestel
Die Stad is ook trots op sy inwerkingstelling en monitering van die Stedelike
Opknappingsprojek in Khayelitsha en Mitchells Plain deur sy Departement vir Stedelike
Opknappingsprogramme. Dit is ’n intersektorale program, en die Stad tree as
inwerkingsteller van pasgemaakte programme op om dié gebiede saam met die
nasionale regering as ons vennoot, op te hef.
Daar was talle prestasies in Khayelitsha, onder meer:
Die konstruksie van die Khayelitsha-stadskern
Die voltooiing van die Khayelitsha-spoorverlengingsprojek
Die aanbou van die Khayelitsha-distrikhospitaal
Daar was ook prestasies in Mitchells Plain, onder meer:
Die opgradering van die Openbare Vervoerstelsels vir Lentegeur en Mandalay
Die ontwikkeling van Mitchells Plain se stadskern
Die voltooiing van die Mitchells Plain-jeug- en -gesinsontwikkelingsentrum
Die aanbou van die Swartklip-streeksportfasiliteit
Die DA is trots op sy deelname aan die verbetering van dié gemeenskappe se
omgewings ten einde ’n meer insluitende stad te bou. Die insluiting van mense beteken
deels om te sorg dat hulle fasiliteite het om die gebiede waar hulle woon te geniet, en
dus hul stad ook. Ons kan en sal egter nog meer doen.
Indien die DA-bestuur vir ’n nuwe termyn verkies word, sal hy die volgende doen:
Sorg dat alle gemeenskappe oplaas deur die vesel-optiese netwerk-projek
verbind word.
25
Lei voortdurend biblioteekpersoneel op om mense te help om die Stad se
webwerf te benut om belangrike inligting te kry, met inbegrip van werk-
aanbiedings
Brei die GVS steeds na verskillende gebiede in die metro uit
Rig steeds oproepsentrum-telefoonhokkies op in gebiede waar inwoners dalk nie
toegang tot ’n telefoon het nie, sodat hulle by vinnige reaksie op klagtes kan baat
Adverteer die oproepsentrum meer in gebiede waar dit te min benut word
Lok meer internasionale gebeure na die Stad om ons blootstelling en vermoë te
verhoog, onder meer die Wêreldspele en soortgelyke gebeure wat alle inwoners
’n kans sal gee om deel te neem
Verbind die Stad opnuut daartoe om sy erfenis te bewaar, onder meer die
restourering van die Stadsaal en die Langa-paskantoor sodat inwoners trots op
hul stad kan wees
Wys hulpbronne toe vir die aanbou van gemeenskapsentrums en
sportfasiliteite, onder meer:
o Die ontwikkeling van ’n nuwe sportkompleks in Masiphumelele in die
komende jaar
o Opgradering van die Turfhall-stadion
o Opgradering van die Hugenoteplein-saal in ’n jeugsentrum van twee
verdiepings
o Opgradering van die Khayelitsha-gholfbaan
o Volgehoue inwerkingstelling van Stedelike Opknappingsprogramme in
Khayelitsha en Mitchells Plain
’n Stad wat almal insluit, hang daarvan af dat almal deur verbindings en ’n gedeelde
erfenis 'n aandeel in die Stad moet hê. ’n DA-bestuur sal die beginsel steun dat ’n stad
nie net deur die vlak van infrastruktuur-ontwikkeling bepaal word nie, maar ook deur die
belegging wat individue maak in die plek waar hulle woon.
6) Die stad wat goed bestuur word
26
Regerings doen baie dinge, onder meer die voorsiening van dienste, die skepping van
’n veilige omgewing, aanmoediging van werkskepping en om te sorg dat burgers se
lewens verbeter. Dié dinge kan egter net bereik word as die regering sorg vir
doeltreffende bestuur. Dit beteken die regering moet bekwame personeel en
hulpbronne hê, doeltreffend wees, korrupsievry, deursigtig en finansieel gesond wees,
en op sy burgers se behoeftes reageer.
Die DA-bestuur in Kaapstad het reeds ’n goeie naam gevestig, en dit is eintlik die
geheim vir sy welslae. Dit is omdat die Stad nie by enige finansiële skandale betrokke was nie, waarom inwoners voel daar word na hulle omgesien, en waarom die
Stad onlangs weer eens, vir die vyfde jaar ná mekaar, ’n ongekwalifiseerde oudit gekry
het.
Dis belangrik om te weet hoe suksesvol die eenvoudige maatreël van goeie bestuur wat
die DA gevestig is, was. Voordat die DA in 2006 die amp aanvaar het, was die Stad se
tenders vir korrupsie en baantjies vir boeties berug. Dit was standaardpraktyk dat
ongekwalifiseerde kontrakteurs teen hoë pryse kontrakte kry wat hulle nie kan behartig
nie. Dié korrupsie is moontlik gemaak deur die feit dat die toekenning van tenders vir
die publiek gesluit was, en hulle nie insae in die Stad se besteding van hul geld gehad
het nie.
Die DA het die Tenderbeoordelingkomitee vir die Publiek oopgestel. In die afgelope vyf
jaar kon die publiek dié tendervergaderings bywoon. Dié toesig het korrupsie verminder
en gesorg dat dienslewering werklik plaasvind.
Voorts is elke tender van meer as R2 000,00 openlik op die Stad se webwerf
geadverteer, en al die bieërs is ook bekend gemaak. Dit het agteraf-transaksies
uitgeskakel en die publiek volle besit van hul finansies gegee. Die Stad se sake is dus
waarlik vir almal oop.
27
Die DA het ook ’n interne forensiese ondersoek-eenheid ingestel. Dit word tans wyd as
die doeltreffendste eenheid van dié aard in die land erken, en het volle ondersoekmagte
oor alle Stadstransaksies. Niemand geniet beskerming teen sy ondersoekmagte nie,
maak nie saak watter pos beklee word nie. Doeltreffende bestuur van hulpbronne
beteken dat afwykings ondersoek kan word, en oortreders vir vervolging aangemeld kan
word. Dit is die mees regstreekse en praktiese aanwending van die eenheid. Dit is egter
redelik om te sê dat die bestaan en doeltreffendheid daarvan waarskynlik talle gevalle
van korrupsie verhoed het. Een van die groot teenvoeters vir korrupsie is die sterk
moontlikheid dat die oortreder betrap en vervolg sal word.
Indien ’n nuwe DA-bestuur verkies sou word, sal hy dié uitnemendheidstandaarde in
stand hou. Hy sal die volgende doen:
Stel steeds ’n raadslid van ’n opposisieparty as voorsitter van Skoor aan. Dit is
die Stad se staande komitee op openbare rekenings, die enigste van dié aard in
al die metros
Ons sal die Stad se interne forensiese ondersoekeenheid en sy volle
ondersoekmagte steeds bly steun
Ons sal steeds sorg dat alle raadsvergaderings vir die publiek oop is
Ons sal die Stad se Tenderbeoordelingskomitee steeds vir die publiek oopstel
Ons sal tender en bieërs steeds op die Stad se webwerf plaas
’n Regering is net waarlik demokraties, en staan net in diens van die mense, as dit vir
sy burgers – wat sy magte monitor – oop is. Dit is die etos van die DA aan die stuur. Net
deur te sorg dat burgers ons sake deeglik onder oë kan neem, kan ons sorg dat ons
werklik ons mandaat om ’n oop, geleentheidsamelewing vir almal te bou, gestand doen.
28
7) Slot
Die reg om te regeer, moet altyd verdien word, en die kiesers kan dit wegneem as die
regering versuim het om te lewer. Ons glo dat ons in die DA aan Kaapstad se mense
bewys het dat ons ’n party is wat waarlik geleenthede vir almal lewer, en dat ons rekord
daarvan getuig.
Dit was egter net ons eerste vyf jaar. Met die instemming van die kiesers sal dit ons
voorreg wees om die samelewing wat ons almal verdien, te bly dien en bou. Hierdie
manifes is ons plan om daardie doel saam te bereik.
Met jou steun kan ons steeds die party wees wat geleenthede vir almal lewer.
29