Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat...

6
Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop Matteus 28:18-20 #2 Die nagmaal 1 Korintiërs 11:23-26 In Mattheus 28:18-20 spesifiseer Jesus se instruksies dat die kerk daarvoor verantwoordelik is om Jesus se woord te leer, dissipels te maak en daardie dissipels te doop. Hierdie dinge moet oral gedoen word tot… aan die voleinding van die wêreld”. Bladsy van 1 6 Wat is ’n ordonnansie? Ordonnansies is visuele hulpmiddels om ons te help om beter te verstaan, te waardeer en te getuig wat Jesus Christus vir ons in sy verlossingswerk bereik het. Dit is deur Christus ingestel. Aangesien die doop en die nagmaal die enigste rituele is wat kwalifiseer, is daar net twee ordonnansies, en nie een van hulle is ’n vereiste vir verlossing nie. Ordonnansies word algemeen beskou as daardie dinge wat Jesus vir ons gesê het om saam met ander Christene te doen. Wat is ’n sakrament? Die Rooms-Katolieke godsdiens, Oos-Ortodokse godsdiens & Gereformeerde Kerke gebruik die term “sakrament” om te verwys na ’n ritueel wat daartoe lei dat God se genade aan die individu bewys word. Katolisisme beoefen 7 sakramente: Die doop, voorstelling as lidmaat van die kerk, die heilige nagmaal, bieg/skuldbelydenis, die huwelik, geestelike ordes en die salwing van siekes. Katolisisme glo dat die sakramente nodig is vir verlossing en dat dit die instrumente is waardeur genade tot redding verkry word. In teenstelling daarmee vertel die Bybel ons dat genade nie deur uiterlike simbole gegee word nie, en dat geen rituele “noodsaaklik is vir redding nie”. Genade is gratis ! Titus 3:4-7 sê ... Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan

Transcript of Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat...

Page 1: Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2

Les #15 - Wat is die Doop

Wat is die doop?

Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer...

#1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2 Die nagmaal – 1 Korintiërs 11:23-26

In Mattheus 28:18-20 spesifiseer Jesus se instruksies dat die kerk daarvoor verantwoordelik is om Jesus se woord te leer, dissipels te maak en daardie dissipels te doop. Hierdie dinge moet oral gedoen word tot…

“aan die voleinding van die wêreld”.

Bladsy ! van !1 6

Wat is ’n ordonnansie?

Ordonnansies is visuele hulpmiddels om ons te help om beter te verstaan, te waardeer en te getuig wat Jesus Christus vir ons in sy verlossingswerk bereik het.

Dit is deur Christus ingestel. Aangesien die doop en die nagmaal die enigste rituele is wat kwalifiseer, is daar net twee ordonnansies, en nie een van hulle is ’n vereiste vir verlossing nie. Ordonnansies word algemeen beskou as daardie dinge wat Jesus vir ons gesê het om saam met ander Christene te doen.

Wat is ’n sakrament?

Die Rooms-Katolieke godsdiens, Oos-Ortodokse godsdiens & Gereformeerde Kerke gebruik die term “sakrament” om te verwys na ’n ritueel wat daartoe lei dat God se genade aan die individu bewys word. Katolisisme beoefen 7 sakramente: Die doop, voorstelling as lidmaat van die kerk, die heilige nagmaal, bieg/skuldbelydenis, die huwelik, geestelike ordes en die salwing van siekes. Katolisisme glo dat die sakramente nodig is vir verlossing en dat dit die instrumente is waardeur genade tot redding verkry word.

In teenstelling daarmee vertel die Bybel ons dat genade nie deur uiterlike simbole gegee word nie, en dat geen rituele “noodsaaklik is vir redding nie”.

Genade is gratis ! Titus 3:4-7 sê ...

“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan

Page 2: Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2

Les #15 - Wat is die Doop

Dus, selfs al was daar geen ander rede daarvoor nie...

Die doop is belangrik omdat Jesus dit beveel het.

Wat beteken die woord “doop”?

Die Engelse woord “baptism”… …is ’n transliterasie van die Griekse woord “baptizo”.

In die Bybel is die Griekse woord vir “doop” of “baptism” die woord “baptizo”, wat beteken ...

“om ’n voorwerp in iets anders, soos ’n vloeistof bv. water of kleurstof, te dompel of te onderdompel.”

Wat is die metode om die doop uit te voer?

Onderdompeling is die enigste manier om te doop.

Bladsy ! van !2 6

Transliterasie dra die spelling van ’n woord in die alfabet van een taal oor na die alfabet van ’n ander taal. So word die Griekse woord “baptizo” die Engelse woord

Die Griekse woord “Baptizo”…

Beteken nooit om te giet/gooi of te besprinkel nie.

Die Griekse woord wat “giet/gooi” beteken, is “cheo”.

Die Griekse woord wat “besprinkel” beteken, is “rantidzo”.

Giet en besprinkeling voldoen nie aan die simboliek wat met die doop geassosieer word nie.

Page 3: Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2

Les #15 - Wat is die Doop

Vir wie is die doop?

Die doop is vir gelowiges – Mense wat hul geloof in Jesus Christus alleen gestel het vir hul verlossing.

Byvoorbeeld: - Handelinge 2:38 + 41 - Handelinge 8:12 - Handelinge 8:36-39 - Handelinge 10:44-47

Die doop is ’n simbool dat die gelowige hom-/haarself vereenselwig met Christus in sy dood, begrafnis en opstanding.

Die doop illustreer…

Die dood, begrafnis en opstanding van Christus.

Die doop illustreer terselfdertyd ook...

Ons dood vir die sonde en ons nuwe lewe in Christus.

Die doop deur onderdompeling…

Is heeltemal simbolies.

Dien as ’n openbare getuienis van iemand se verlossing.

Hoe werk die beeld van die doop? Wanneer die sondaar sy sonde aan die Here Jesus bely, gaan hy

dood vir die sonde (Romeine 6:11).

Die onderdompeling in water simboliseer die dood vir die sonde.

Die persoon se opstanding uit die water… Simboliseer dat ons van die sonde gereinig

word en ’n nuwe lewe het (Kolossense 2:12).

Romeine 6:4 stel dit so...

“Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.”

Bladsy ! van !3 6

Page 4: Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2

Les #15 - Wat is die Doop

Hier is ’n voorbeeld wat jou sal help om te verstaan wat die doop beteken...

’n Trouring simboliseer die getroude status van die persoon wat die ring dra. Die ring maak nie die persoon getroud nie; dit is bloot ’n simbool wat die persoon as getroud identifiseer. Net so maak die doop nie van ’n persoon ’n Christen nie, maar dit wys/getuig dat die persoon ’n Christen is.

Waarom doop ons nie babas nie?

In die Bybel...

Is slegs gelowiges wat hul geloof in Christus gestel het, gedoop – as ’n openbare getuienis van hul geloof en vereenselwiging met Christus (Handelinge 2:38; Romeine 6:3-4).

Waterdoop deur onderdompeling...

Is ’n stap van gehoorsaamheid na bekering tot Christus.

Is ’n getuienis van geloof in Christus.

Is ’n verklaring van onderdanigheid aan Hom.

Is ’n vereenselwiging met sy dood, begrafnis & opstanding.

Met dit in gedagte, is die volgende duidelik...

Babadoop is nie ’n Bybelse praktyk nie.

’n Baba kan nie sy of haar geloof in Christus plaas nie.

’n Baba kan nie ’n bewustelike besluit neem om Christus te gehoorsaam nie.

’n Baba kan nie verstaan wat die waterdoop simboliseer nie.

Nêrens in die Bybel word genoem dat enige babas gedoop word nie.

Die metode van kinderdoop (besprinkeling en giet) stem glad nie ooreen met die Bybel nie.

Hoe illustreer besprinkeling…

Die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus?

Bladsy ! van !4 6

Page 5: Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2

Les #15 - Wat is die Doop

Is die kinderdoop… Die Nuwe Verbondsekwivalent van die besnydenis?

Volgens hierdie siening …

Net soos die besnydenis ’n Jood aan die Abrahamiese en Mosaïese verbonde deelgemaak het, maak die doop ’n persoon deelagtig aan die Nuwe Verbond van verlossing deur Jesus Christus.

Hierdie siening is ook onbybels !

Die Nuwe Testament beskryf nêrens die doop as ’n vervanging van die Nuwe Verbond vir die Ou Testamentiese besnydenis nie.

Die Nuwe Testament beskryf nêrens die doop as ’n teken van die Nuwe Verbond nie.

Dit is slegs deur die geloof in Jesus Christus wat ons in staat is om die seëninge van die Nuwe Verbond te ontvang (1 Korintiërs 11:25; 2 Korintiërs 3:6; Hebreërs 9:15).

Die doop red nie ’n persoon nie.

Dit maak nie saak of jy gedoop is deur onderdompeling, gieting of besprinkeling nie – as jy nie eers jou vertroue in Christus gestel het vir verlossing nie, is die doop (ongeag die metode) betekenisloos en nutteloos.

Waterdoop deur onderdompeling is ’n stap van gehoorsaamheid wat gedoen behoort te word nadat jy verlos is, as ’n openbare bekentenis van geloof in Christus en vereenselwiging met Hom.

Babadoop... Pas nie by die Bybelse definisie van die doop of die Bybelse

metode van die doop nie.

As Christen-ouers hul baba aan Christus wil toewy, is ’n wydingsdiens heeltemal gepas.

Onthou, selfs al is ’n baba aan die Here toegewy, sal die kind nog steeds later as hy/sy groot is ’n persoonlike besluit moet neem om in Jesus Christus te glo om gered te word.

Bladsy ! van !5 6

Page 6: Wat is die doop?Les #15 - Wat is die Doop Wat is die doop? Daar is twee rituele/ordonnansies wat Jesus aan die kerk gegee het om uit te voer... #1 Die doop – Matteus 28:18-20 #2

Les #15 - Wat is die Doop

Wat van die “huisgesin”-doop… Wat in die Bybel gevind word?

Wanneer ons na die Nuwe Testament kyk, is die naaste aan die babadoop wat daarin gevind word, die verwysing na drie “huishoudings” wat gedoop is.

# 1 In 1 Korintiërs 1:16 sê Paulus... “Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.”

# 2 In Handelinge 16:15 vertel Lukas oor die nuwe bekeerling, Lídia… “En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.”

# 3 In Handelinge 16:33 vertel Lukas… “En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.”

In ieder geval...

Word geen melding gemaak van babas in enige van hierdie gevalle van huishoudelike doop nie.

Is dit ’n argument uit stilte om te sê dat daar klein kindertjies moes gewees het.

Die konsep van babadoop is teenstrydig met die hele boodskap en metode van die evangelie.

Bladsy ! van !6 6

Jong kinders wat ’n belydenis van geloof gemaak het, moet met omsigtigheid gedoop word. Alhoewel kinders tog in staat is om die Evangelie werklik te verstaan en Christus op ’n jong ouderdom te ontvang, is dit beter om te wag totdat daar vasgestel kan word of hulle die betrokke simboliek van waterdoop verstaan. Om hulle te vroeg te doop kan hulle verwar en hulle laat glo dat die water iets te doen het met hul verlossing.