Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

22
Cover www.myinnerhope.com

Transcript of Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Page 1: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Cover

www.myinnerhope.com

Page 2: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Waar Hoop Kan Begin

Alle gedeeltes van hierdie boekie mag afskrifte van gemaak word vir verspreiding of persoonlike gebruik, maar geen gedeelte mag gebruik

word om ’n wins te maak maak nie. www.myinnerhope.com

Page 3: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Waar Hoop Kan Begin Ons lewe in ’n gebroke wêreld waar slegte dinge met goeie mense gebeur, en hartseer oral om ons is. Elkeen van ons was al seergemaak op een of ander manier. Of dit nou fisies of emosioneel was, en of dit opsetlik was of nie, seer bly seer. Met dit gesê, nie een van ons is perfek nie. Elkeen van ons het al iets gedoen wat nie reg was nie, tot al was dit net iets kleins, dit beteken nog steeds dat ons nie perfek is nie(1).

God aan die ander kant is perfek, en het alles perfek gemaak, insluitend die mens. Die mens was in beheer geplaas van God se skepping en was die gawe gegee om tussen reg en verkeerd te kan kies(2). Ongelukkig het die eerste mense die verkeerde keuse gemaak, en dit het veroorsaak dat hulle, en ook die res van die skepping versleg het(3). Aangesien ons almal van hulle afkomstig is, is ons geensins anders as hulle nie(4). Want hoe kan iemand wat dan nie meer perfek is nie, dan ’n nagelslag hê wat perfek is?

Dis onmoontlik.

Elkeen van ons weet in ons binneste dat daar meer in die lewe is as wat ons om ons sien. Ons het hierdie drang, of lus om vir meer te wil lewe, maar ook vir ‘n doel. Ons weet ook dat daar iets kort is in ons lewens, maar weet nie wat nie. Die rede hoekom ons so voel, is omdat ons losgemaak is van Dit wat ons Ware Lewe gee(5).

Alhoewel ons as mens in beheer geplaas is van die skepping, behoort alles nog steeds aan God. Dit beteken, wanneer ons verkeerd optree teenoor mekaar of die natuur, tree ons eintlik

(1)Romeine 3:23. (2)Genesis 2:17. (3)Genesis 3:6. (4)Romeine 5:12. (5)Jesaja 59:2.

1

Page 4: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

verkeerd op teenoor God, want als behoort aan Hom. Dit is wat ons sonde noem. En tenspyte van die feit dat God ons oneindig lief het, sou Hy bloot ons sonde ongestraf los, sou dit indirek beteken dat Hy dit goedkeur.

Ongelukkig is daar ’n regverdige straf vir ons elkeen se sondige natuur, asook ons sondige dade(1). Want soos wat ons nounet gesien het, elke verkeerde ding, is eintlik gedoen teenoor die Almagtige en Volmaakte God. En alhoewel ons nie daarvan hou nie, is die enigste voldoende straf, die Hel(2). Die Hel is 'n plek van pyn en lyding, waar 'n mens sal brand in vuur vir ewig en ewig.

Die enigste manier hoe ons hierdie straf sou kon vryspring, sou wees om 'n waardige, en gelykstaande opoffering te maak vir ons wat so sondig is. Maar omdat ons nie volmaak is nie, kan ons nie ’n waardige offer maak nie(3).

MAAR Die Goeie Nuus is dat God elkeen van ons oneindig baie lief het, en Hy wil nie hê enige van ons moet Hel toe gaan nie. Met dit in gedagte het God, wat totaal perfek is, Aarde toe gekom as Sy eie seun, Jesus. Op Aarde het Hy die perfekte lewe kom lei, sonder sonde, en toegelaat dat Sy eie skepping Hom doodmaak, sodat ons die ewige lewe kan kry. God het mens geword sodat Hy ons straf namens ons kon vat(4). Hy is gehang en vasgespyker aan ’n hout kruis, sonder dat Hy ooit enige iets verkeerd gedoen het. Toe, 3 Dae later, het God Jesus fisies laat opstaan uit die dood voordat Hy teruggekeer het Hemel toe, om vir ons n plek daar voor te berei(5).

(1)Romeine 6:23. (2)2 Thessalonicense 1: 8-9. (3)Romeine 8:3. 4)1 Petrus 2:24. (5)Johannes 14:3.

2

Page 5: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

SOOS DIT NOU STAAN God gee nou aan elkeen van ons die geleentheid om sy offer te aanvaar wat Hy namens ons gemaak het(1). So net soos die eerste mense ’n keuse gehad het tussen reg en verkeerd, het ons ook nou ’n keuse(2). God wil nie hê ons moet Hel toe gaan nie, en dis hoekom Hy ’n gelykwaardige prys namens ons betaal het(3). Hy wil graag hê dat ons saam met Hom in Sy Koningkryk moet lewe. Dit is ’n plek met geen sonde of hartseer nie, ’n plek waar daar net geluk en vrede is, vir ewig en ewig.

HOEKOM IS ALMAL DAN NIE GERED NIE? Omdat God so volmaak is, en omdat Hy ons so perfek liefhet, sal Hy Homself nooit op ons afdwing nie. Maar die uitnodiging om gered te word is beskikbaar vir almal, en al wat ons moet doen, is om te erken dat ons sondig is, en vir God toe te laat om ons na ’n beter toekoms toe te lei.

Deur net dit te doen, vergewe God ons onvoorwaardelik vir enige sonde. Hy doen dit deur die offer te aanvaar wat Hy namens ons gemaak het(4). Hierdeur word ons daarvan gespaar om Hel toe te gaan, en word dan toegelaat om saam met God in Sy Koningkryk te lewe vir ewig.

VOOR DIT TE LAAT IS Een van die dinge wat menswees so moeilik maak, is die feit dat ons nooit weet wanneer ons doodgaan nie. Ons almal hoop vir ’n lang gelukkige lewe, maar vir so baie mense, eindig hulle lewens wanneer hulle dit die minste verwag, en dan is dit te laat. Daar kom ook ‘n tyd wanneer God alle dinge gaan stop, en beoordeel(5). Hy kan dit doen want Hy het alles gemaak. Dus, of ons daarvan hou, of nie, dit kom, en dis nader as wat ons dink.

(1)Johannes 3:18. (2)Genesis 2:17. (3)2 Petrus 3:9. (4)1 Petrus 2:24.(5)Johannes 12:48

3

Page 6: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

DIE KEUSE Ek bid dat jy besef hierdie die waarheid is, en besef dat God lief is vir jou(1). Hy wil jou so graag red, maar Hy kan dit slegs doen as jy erken dat jy sondig is, en Sy opoffering aanvaar wat Hy namens ons gemaak het(2). Hy gee nou vir jou die kans om gered te word. Moenie wag nie. Jy weet nie hoe lank jy nog oor het op Aarde nie.

Al wat nodig is, is om God te vra vir vergifnis, en om Hom toe te laat om ons na ’n beter toekoms toe te lei. Ons kan dit doen deur met Hom gewoonweg te praat, of selfs deur ons gedagtes. Want God is oral en ken elke gedagte wat jy dink(3).

Daar is nie ’n perfekte manier om dit te doen nie, so praat gerus soos jy gemaklik voel(4). Hier is ’n voorbeeld:

“Hallo God. Dis ek. Ek is nie seker wat dié alles beteken nie, maar ek besef en aanvaar dat ek sondig is, en verkeerde

dinge doen het. Ek vra dat U my asseblief sal vergewe, en dankie dat U die straf namens my gevat het. Asseblief maak my ’n beter

mens, en wys vir my meer van U goedheid en wie U is. Help my ook aseblief om U te vertrou met my lewe”

Moet asseblief nie wag totdat dit te laat is nie. Hierdie is nie ’n stokperdjie of ’n idee wat ons van hou nie.

Dis die waarheid, en nou lê die keuse by jou:

Kies jy?

Lewe of dood? – God se Koninkryk of die Hel?

(1)Johannes 3:16. (2)1 Johannes 1:9. (3)Psalms 139:2-4. (4)Romeine 10:9.

4

Page 7: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Wat Nou? Indien jy waarlik God se opoffering namens jou aanvaar het, dan gaan jy vir ewig lewe in die Koninkryk van God. Deur Jesus se opoffering te aanvaar, aanvaar jy dat jy vol sonde was, maar nou is jy geestelik weer gebore(1)(2). Ons sê dan iemand is “wedergebore”. As jy ’n “wedergeborene” is, beteken dit jy is nou ’n splinternuwe mens, en as gevolg hiervan, verdien jy nie meer om gestraf te word nie. Nie vir iets wat jy verkeerd gedoen het in jou verlede nie, maar ook vir dit wat jy nog gaan doen in die toekoms nie. Jesus het jou skoon gewas, en deur Sy perfekte offer te aanvaar, is jy heeltemal skoon van alle sonde… Verlede, nou en in jou toekoms(3).

Die Doop Toe Jesus nog fisies op Aarde was, het Hy vir ons instruksie gegee om nuwe gelowiges te doop, en hulle te leer wat dit beteken om ’n Christen te wees(4). Hierdie boekie help ons met die basiese beginsels van Christenskap, en die Doop simboliseer die nuwe lewe van iemand wat gered is. Die doop is wanneer ons hele liggaam onder water gedoop word as simbool dat ons sondes afgewas word. Dit simboliseer ook Jesus se dood toe Hy gesterf het vir ons sondes. Wanneer ons dan opstaan uit die water uit, simboliseer dit ook Jesus wat uit die dood uit opgestaan het, maar ook ons nuwe lewe in Hom(5).

Om gedoop te word red jou nie, slegs om die offer te aanvaar wat Jesus namens ons betaal het. Maar Jesus het ook baie duidelik vir ons gesê wat Hy van ons verwag, so daar is dus geen rede om dit nie te doen nie.

(1)Johannes 3:5. (2)2 Korinthiërs 5:17. (3) (4)Romeine 6:3-4. (4)Matteus 28:19-20. (5)Romeine 6:3-4.

5

Page 8: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Daar is nie ‘n perfekte manier om iemand te doop nie, maar die prosedure werk gewoonlik soos volg:

’n Mede gelowige laat die persoon wat gedoop word in sy arms rus terwyl hulle in die water is, dan word die persoon wat gedoop

word se kop onder die water gesak vir ‘n oomblik. Voor die persoon gedoop word sê die doper gewoonlik die volgende :

“ Ek doop jou in die naam van Die Vader, die Seun En die Heilige Gees ”

God is 1, maar 3 God is een God wat bestaan uit drie “Persone”. God bestaan uit God die Vader, God die Seun (Jesus), en God die Heilige Gees – Al drie in een(1). God verander nie van die een na die ander nie. Hy is ook nie 3 verskillende Gode nie, maar is ten alle tye die 3 in 1 God. Hy is soveel groter as wat ons ooit kan besef. As gevolg hiervan is dit vir ons onmoontlik om die Grootheid van God perfek te kan verstaan. ’n Manier om dit te probeer verstaan is soos om 3 verskillende kante van iets op dieselfde tyd te kan sien.

• God die Vader is die Een wat die besluite neem

• God die Seun (Jesus) is die fisiese verteenwoordiging van God

• God die Heilige Gees is die teenwoordigheid en krag van God

Die God wat ons aanbid is oral om ons(2), en ook binne-in gelowiges(3). God is nie n standbeeld wat deur die mens gemaak is nie. Hy is nie ’n voorvader nie, en onsself is nie gode nie.

(1)1 Johannes 5:7. (2)Spreuke 15:3. (3)Johannes 17:21.

6

Page 9: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

As standbeelde enige krag gehad het, hoekom het hulle die mens nodig om hulle te maak? As ons voorvaders soveel krag het, hoekom is hulle nog steeds dood? En as onsself gode was, hoekom is die wêreld en baie van ons se lewens so stukkend?

Daar is geen ander gode, behalwe die Een Ware Lewende God nie(1), en hy het opdrag gegee dat ons geen ander mensgemaakte gode of voorvaders mag aanbid nie(2). As Christen het ons die geleentheid om ’n egte verhouding met die Skepper van die heelal the kan hê. En die beste deel hiervan is:

Hy het ons meer lief as wat ons ooit kan besef.

Wat nou? Die oomblik wat jy Jesus aanvaar as die Een wat jou gered het (jou Verlosser) begin die Heilige Gees van God om met jou nuutgebore gees te werk. Dit stel jou in staat om ’n lewe te lei wat die wêreld ’n beter plek sal maak(3). ’n Lewe wat ander mense help om nie Hel toe te gaan nie, en een wat God se liefde aan almal om jou wys.

Dis baie belangrik om te weet dat jy nie gedwing word om enige iets te doen nie, want ons is gered deur dit wat Jesus namens ons gedoen het, nie omdat ons iets gedoen het nie. Maar hoe kan enige iemand toelaat dat mense om hulle Hel toe gaan as jy dan self weet hoe om gered te word?

Jy was gered omdat jy gewys was hoe om gered te word. Of dit deur iemand was wat jou vertel het, deur ’n boekie soos dié een, of enige ander manier. Die feit is, jy was ingelig, en mense kan net

(1)Jesaja 44:6. (2)Exodus 20:3. (3)Filippense 1:6.

7

Page 10: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

gered word as ons hierdie waarheid met hulle deel en dis waar ons elkeen ons doel kry(1).

Voor Jesus die Aarde fisies verlaat het na Sy opstanding, het Hy instruksie gegee dat ons die Evangelie moet versprei aan hulle wat dit nie ken nie. Evangelie beteken die Goeie Nuus. Ons moet met mense die Goeie Nuus deel dat daar ’n rede is om te lewe, en dat hulle nie Hel toe hoef te gaan wanneer hulle doodgaan nie(2). Ons moet deel dat enige iemand vergewe kan word vir enige iets. Maar net as hulle erken dat hulle sondig is, en ook die offer aanvaar dat God deur Jesus ons van ons sondes skoon gewas het(3).

Dit Beteken O n s h e t d i e g e l e e n t h e i d o m m e n s e t e h e l p o m verantwoordelikheid te neem vir wie hulle is, en alles wat hulle al gedoen het. Ons doen dit deur hulle te help om hul vertroue in God te sit, die enigste Een wat hulle kan red.

Ons het almal ’n bydrae om te lewer. Party mense is geroep om oorsee te gaan en die Goeie Nuus daar te versprei aan mense wat nog nooit gehoor het van God nie. Terwyl ander mense geroep is om die Goeie Nuus te versprei sommer daar in hulle omgewing. Ons is ook elkeen geroep om mekaar the help om die Goeie Nuus te kan versprei. Maar hoofsaaklik is dit belangrik om te verstaan dat ons elkeen geroep is om ’n lewe te lei wat anders is as die mense om ons wat nie gered is nie. Ons as Christene is geroep om goeie lewens te lei. Lewens wat ’n voorbeeld is van dit wat reg is, en lewens wat vir die wêreld te wys dat God almal lief het, maar ook elkeen wil red vir die Ewige Lewe(4).

(1)Romeine 10:14-17. (2)Markus 16:15-16. (3)1 Johannes 1:9. (4)Johannes 13:35.

8

Page 11: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Aangesien God al ons sondes vergewe het wat ons al gedoen het in die verlede, en ook dit wat ons gaan doen in die toekoms, beteken dit dat ek

nou maar kan doen wat ek wil? Ja en nee. - Ja, jy kan doen wat jy wil, MAAR, as jy regtig ’n wedergeborene is, gaan jy ’n beter lewe wil lei as van tevore. Daar is wel ’n deel van jou wat nog steeds gaan wil lewe soos voorheen. Bedoelend, deur net te fokus op jouself, maar jou nuut gebore gees, gaan God gelukkig wil maak en fokus op dit wat werklik belangrik is(1). Om wedergebore te wees is om te besef dat elkeen van ons se lewens mekaar sin beinvloed, en dit is juis hoe God ons gebruik. Jesus het gesê ons dade sal wys wie ons regtig is(2), en dat ons slegs deur Sy krag sulke lewens sal kan lei(3).

Ons is gered deur geloof. Geloof in wat Jesus vir ons gedoen het, en nie wat ons doen nie. Maar alles wat ons op Aarde doen gaan nog steeds veroordeel word deur God wanneer ons fisies doodgaan. Dit is hoe ons beloning in God se Koningkryk bepaal gaan word(4). Maar met dit gesê, God oordeel regverdig, en Hy gaan ons nie net sommer beloon vir dit wat ons gedoen het nie. Hy gaan kyk hoekom ons gedoen het wat ons gedoen het. God ken ons harte en weet wanneer ons goed doen net om gesien te word, en wanneer ons iets doen uit liefde uit(5).

Om gered te word, beteken nie dat ons nie meer slegte dinge gaan wil doen nie, maar eerder meer en meer besef dat verkeerde dinge, sleg is vir ’n rede. Dit beteken jy gaan uit jou hart uit ’n beter mens wil wees as van tevore, en ook wil aanhou verbeter(6). God wil graag in ons lewens wees, en deur dit, ons ook help om ons medemens te red.

(1)Romeine 7:22-23 (2)Lukas 6:43-45. (3)Galasiërs 5:16 . (4)Efesiërs 6:7-8. (5)1 Korinthiërs 3:13-15. (6)Galasiërs 5:16-26.

9

Page 12: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Nadat ek gered is, kan ek dit verloor? As God iets doen, dan doen Hy dit perfek. So, as jy die offer wat Jesus namens ons gemaak het aanvaar, dan is jy perfek gered, en niks sal dit ooit van jou af kan wegvat nie.

Ongelukkig het Jesus, toe Hy nog fisies op Aarde was, gesê dat baie mense na Hom toe gaan kom en vra waarom hulle nie gered is nie, en dat Hy sal antwoord, dat Hy hulle nooit geken het nie(1).

Dis ongelukkig die waarheid dat baie mense in ’n emosionele oomblik sal sê: “God, asseblief red my en vergewe my sondes”, maar dit ook gou daarna vergeet.

Hierdie mense het nooit werklik God geken nie, en dus nooit regtig God toegelaat om hulle lewens te verander vir die beste nie. Ware redding beteken om Jesus se offer te aanvaar met jou hart en jou denke. Dit beteken om eerlik te erken jy het God se redding nodig in jou lewe, en Hom dan toe te laat om jou na ’n beter lewe toe te lei(2).

Asb weet ook dat dit nie nou beteken dat jy jou lewe in vrees moet lewe nie, want al wat dit gaan doen is jou ’n gevangene hou van vrees. God wil juis vir ons net vreugde en vrede hê, nie vrees en onsekerheid nie. Die blote feit dat jy bekommerd is hieroor, wys dat God met jou werk. Dit is van hierdie oomblik af dat dit in jou alledaagse lewe kan begin wys. Indien jy nog onseker is of God jou werklik gered het of nie, maak seker en vra vir God om jou van jou sondes te vergewe. Onthou dan net ook dat om gered te word beteken ’n ewige verhouding met God.

(1)Matteus 7:21-23. (2)Matteus 13:18-23.

10

Page 13: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

So, begin nou lewe ten volle. Moenie terug kyk en fokus op sonde en slegte dinge nie. Wees opgewonde oor jou toekoms en groei in jou verhouding met die God van die heelal. Ons doen dit deur te bid, Bybel te lees en ook deur met ander gelowiges te gesels.

Wat is gebed, en hoekom moet ons bid? “Bid” is maar net ’n mooi woord om te sê jy gesêls met God. God is orals en Hy is Almagtig. Dit beteken Hy weet alles, en kan alles doen. Hy weet ook alles van jou af, selfs dit wat jy dink. Die feit is egter, dat God weet wat jy gaan bid nog voordat jy doen(1). So waneer jy bid, wil God net hê jy eerlik moet wees. Jy kan in jou gedagtes met God gesêls, of jy kan hardop met Hom praat. Jy hoef ook nooit bekommerd te wees asof God gaan weet jy praat met Hom, of asof Hy jou gaan verstaan nie. God geniet elke oomblik wat ons met Hom kommunikeer, en dus wil Hy hê ons moet soveel met Hom praat as wat ons kan(2).

Deur gereeld te bid word ons verhouding met God sterker in dieselfde manier as wat goeie kommunikasie ’n vriendskap verbeter. Dit help ons dan ook om te besef dat God werklik oral om ons is. Dit is egter deur gebed wat ons meer sensitief begin word vir Sy Heilige Gees wat ons lei om beter besluite te maak en beter lewens te lei(3). Soms in die vorm van daardie klein sagte stem diep in jou binneste.

Wanneer ons ’n sterk verhouding met God het, gaan ons Hom met ons kan voel praat deur Sy Gees, sonder om noodwendig te kan verduidelik hoe. Dit is egter deur hierdie selfde Gees wat God ons lei om meer te weet van Hom, om die verskil beter te kan verstaan tussen reg en verkeerd, en ook wat Hy van ons af verwag(4).

(1)Psalms 139:4. (2)Filippense 4:6. (3)Galasiërs 5:16-17. (4)Johannes 16:13.

11

Page 14: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Dit is ook deur Sy Gees wat God Sy krag aan ons as gelowiges beskikbaar stel om Sy wil in hierdie Wêreld te kan verrig(1).

Wat is die Bybel, en hoekom moet ons dit lees? Die Bybel is ’n samevatting van ou geskiedenis boeke, briewe, voorspellings, liedere en gedigte. Dit is alles geskrywe naby aan die tyd van die bebeure. Deur mense wat of al die benodigde informasie gehad het, of selfs deel was van dit wat gebeur het. Ons glo ook dat die skrywers gelei is deur die Gees van God, sodat geen inligting uitgelaat of verdraai sou word nie(2). Hierdeur verkry ons insig oor hoe God gewerk het met die mensdom deur die eeue van geskiedenis, wat Sy doel is vir ons lewens en wat Hy beplan vir die toekoms. Wat die Bybel onderskei van soveel ander boeke daar buite, is dat alles wat in dit staan, absoluut waar is.

Die Bybel is basies verdeel in 2 dele: Die Ou Testament en die Nuwe Testament

Die woord “Testament” beteken ooreenkoms, en dit verwys na ’n ooreenkoms tussen God en die mens. Die Ou Testament/ooreenkoms was dat ons perfek moes lewe om God se guns te verkry, maar ons kon dit nie regkry nie. So dis hoekom God vir ons ’n uitweg beskikbaar gestel het. Hy het dit gedoen deur ons straf op Homself te neem toe Hy as Jesus Aarde toe gekom het en aan die kruis gesterf het. Hierdie is die beginsel van die nuwe en finale Testament/ooreenkoms tussen God en die mens(3). Bedoelend: Indien jy gered wil word, hoef jy bloot die realitiet te aanvaar dat Jesus reeds namens ons gesterf het vir ons sondes. Sy offer word dan dus aanvaar as jou offer, en jy word skoongewas van enige skuld(4).

(1)Romeine 8:11. (2)2 Timoteus 3:16. (3)Hebreërs 8:6-13. (4)1 Johannes 1:9.

12

Page 15: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Die twee dele in van die Bybel kan soos volg verduidelik word: In die Ou Testament sien ons hoe God alles uit niks uit gemaak het, en ook hoe Hy deur die geskiedenis gewerk het met Sy plan om almal te red wat bereid is om te erken dat hulle redding nodig het. Ons lees hier oor die geskiedenis van die wêreld tot ongeveer 2000 jaar gelede. Die ou Testament is ook gevul met gedigte en liedere wat ons help om meer te verstaan wie God werklik is. Terwyl die profetiese boeke, wat ook in die ou Testament gevind word, vir ons meer leer oor die geskiedenis, en hoe die toekoms gaan afspeel in harmonie met God se volmaakte plan.

In die Nuwe Testament sien ons die langverwagte Verlosser verskyn, ongeveer 400 jaar na die Ou Testament eindig. Dit begin met 4 verskillende weergawes van dieselfde storie wat deur vier verskillende persone geskryf is, elkeen uit hul persoonlike oogpunt. Hierdie vier boeke deel met ons hoe Jesus op Aarde geleef het, en hoe Hy Sy lewe vir ons opgeoffer het. Na hierdie vier boeke lees ons oor hoe die eerste Christen kerke gestig is, en het ons ook die geleentheid om sommige van die briewe te lees wat aan hierdie kerke gestuur is gedurende daardie tyd. Die Nuwe Testament eindig met ’n boek wat fokus op hoe die wêreld gaan eindig en ook God se oordeel, maar terselfde tyd herinner dit ons dat God alles onder beheer het, en wys dat ons reeds gered is.

Wat is ’n kerk, en moet ek by een aansluit? ’n Kerk is ’n gebou, of plek waar Christene bymekaar kom om God te eer vir wat Hy als in ons lewens doen. Maar die Bybel sê ook dat ons as gelowige mense die kerk is(1). Dit help ons om te besef dat die gebou nie eintlik belangrik is nie, net die Waarheid wat daar verkondig word. Die Waarheid bedoelend dat God ons

(1)1 Korintiërs 3:9.

13

Page 16: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

gered het deur Sy Seun Jesus, wat in ons plek gesterf het vir ons sondes, en deur dit, die prys betaal het wat ons nie kon nie.

Om lid te word van ’n kerk is ’n baie goeie besluit, want ons as Christene is nou een familie, en deur dit kan ons saam staan in hierdie donker wêreld(1). Ons is hier om mekaar te help, maar ook om dié te help wat nog nie die waarheid van Jesus gehoor het nie, of dit dalk nog nie aanvaar het nie.

So, as dit enigsins moontlik is vir jou, soek ’n kerk en sluit aan. Maak egter asb seker dat hulle die waarheid, soos geskrywe in die Bybel, verkondig. Lees jou Bybel en bid oor alles vir leiding, want ongelukkig verdraai mense soms die waarheid van die Bybel soos dit hulle pas. Die kern waarheid om op te fokus, is dat ons slegs gered kan word deur wat Jesus in ons plek gedoen het.

Ons is geroep om van die wêreld ’n beter plek te maak, maar ongelukkig is daar steeds bose magte om ons, wat God se goeie werke probeer stop(2). Die wêreld en die Duiwel wil nie hê God moet mense red nie, so daar mag altyd mense wees wat die lewe, en jou Christenskap gaan probeer moeilik maak. Moet egter nie bekommerd wees nie, want God is sterker as enige-iets wat die wêreld, of die Duiwel jou kant toe kan gooi(3). God het jou alreeds gered van die Hel af, en Hy sal jou nie nou los nie(4).

(1)Efesiërs 2:19. (2)1 Petrus 5:8. (3)1 Johannes 4:4. (4)Filippense 1:6.

14

Page 17: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Wie is Satan, Lucifer of die Duiwel? In die begin, toe God die heelal gemaak het, het Hy ook geestelike figure gemaak wat ons engele noem. Engele het verskillende take, en een van daardie take is om ons te help(1). Soos ons, het hulle ook vrye wil, maar daar is egter ’n verskil; Ons is gemaak in die beeld van God, wat beteken ons is meer spesiaal as enige iets anders wat gemaak is(2).

Op ’n tyd, na God die wêreld gemaak het, het een van die hoë rang engele teenoor God gerebeleer. Hy het dit gedoen omdat hy jaloers was, en wou bo God geëer word(3). Toe het God hom, en al sy volgelinge uit die Hemel gegooi. Wanneer die tyd reg is, gaan God hulle egter in die Hel gooi vir ewig en ewig(4). Dié rebel het baie name, maar die mees bekendste is: Duiwel, Satan of Lucifer

Dit is waar dat Satan mag het in hierdie wêreld, maar slegs omdat God dit tydelik toelaat, en selfs laat saamwerk met Sy plan om ons te red(5). Dit is wel goed om te verstaan dat wanneer ons gered is, kan nie Satan, of sy bose engele (wat ons demone noem) ons kan forseer om enige iets te doen wat ons nie wil doen nie. Die rede hiervoor is omdat ons gevul is met die Heilige Gees van God.

Satan gaan egter nog steeds aanhou om ons te probeer verlei met ons eie slegte drange, maar dit bly ons keuse wat ons wil doen en wie ons volg: God of die Duiwel(6). Gelukkig leer die Bybel vir ons dat al wat ons hoef te doen is om hierdie versoeke te weerstaan, en Satan sal vlug(7). Deur dit toe te laat, toets God ons ware self, en in effek kan ons ook groei as Christene.

(1)Hebreërs 1:14. (2)Genesis 1:27. (3)Jesaja 14:12-16. (4) Openbaring 20:10. (5)Romeine 8:28. (6)Jakobus 1:13-15. (7)Jakobus 4:7.

15

Page 18: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Ongelukkig gaan die Duiwel sy oorblywende tyd gebruik om ons te herinner dat ons nie God se liefde verdien nie. Hy doen dit deur ons te te laat dink aan ons verlede en swakhede, en so waar soos wat sommige van dit dalk mag wees, moet ons net onthou:

God sal ons altyd liefhê, en Hy sal ons nooit verlaat nie. Vertrou op God. Sy liefde is volmaak.

(Hebreërs 13:5)

’n Laaste gedagte Onthou dat ons gered is omdat God ons lief het, en omdat daar

’n groter doel is vir ons lewens. Moet dit nooit vergeet nie, en onthou dat God alles gegee het om jou te red, so Hy sal nie

toelaat dat enige iets met jou gebeur wat nie ’n groter doel later het nie(1).

Ek bid dat God in jou lewe sal werk, en dat jy Sy liefde vir jou elke dag mag ervaar. Mag hierdie liefde jou ook dan aanspoor om Sy

lig en liefde uit te straal na die wêreld om jou.

Tot Jesus weer kom Amen

(1)Romeine 8:28.

16

Page 19: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Indien jy hierdie boekie gelees het en meer wil weet, kontak ons asb om:

• ’n Bybel te kry

• Om enige vrae te vrae

• Of om meer uit te vind oor die Hoop wat God ons gee

Ons besonderhede is soos volg: Telefoon in Suid-Afrika: 073 314 6148

Buite Suid-Afrika: 0027 73 314 6148 Epos: [email protected]

Web-blad: www.myinnerhope.com

Indien jy belangstel in ’n gratis

Bybel Beginsels boekie

Kontak ons of laai jou gratis weergawe af by:

www.myinnerhope.com

Page 20: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Notas of gedagtes ——————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————

vvww.myinnerhope.com

Page 21: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Notas of gedagtes ——————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————

vvww.myinnerhope.com

Page 22: Waar Hoop Kan Begin - ebook 3 - My Inner Hope

Alle gedeeltes van hierdie boekie mag van afskrifte gemaak word vir verpreiding of persoonlike gebruik, Maar geen gedeelte mag gebruik

word om ’n wins te maak maak nie. www.myinnerhope.com