VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by...

22
Volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys Deel van die Solidariteit Beweging SKOLE- ONDERSTEUNING- SENTRUM Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion Tel: 012 612 0234 E-pos: [email protected] VYFPUNT- PLAN

Transcript of VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by...

Page 1: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Volgehoue en volhoubarehervatting vankontakonderwys

Deel van dieSolidariteit Beweging

SKOLE-ONDERSTEUNING-

SENTRUM

Von Wi l l ichlaan 284, Die Hoewes, Centur ion

Tel : 012 612 0234

E-pos: [email protected]

VYFPUNT-PLAN

Page 2: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Melanie BuysHoof: OntwikkelingSkoleondersteuningsentrum

Agtergrond

Sedert die Covid-19-virus wêreldwyd in ’n pandemie ontwikkel het, is onderwys swaar getref. Die meeste lande het besluit om skole as voorsorgmaatreël te sluit, omdat virusse maklik in skole versprei.

Drastiese inperkingsmaatreëls het onderwys in Suid-Afrika op verskeie maniere ernstig beïnvloed. Ouers het besef hoe ’n groot rol onderwysers in hul kinders se lewens speel. Skole het besef hoe moeilik dit is om onderrig voort te sit as leerders nie skool toe kan kom nie, veral omdat leerders nie almal dieselfde toegang tot die internet en basiese digitale toerusting het nie.

Onderwysers moes vinnig nuwe kennis en vaardighede bekom om lesse op te neem en hulpbronne elektronies beskikbaar te stel. Ouers, leerders en onderwysers het dringend inligting ingewin oor platforms wat klasse en onderrigmateriaal aanlyn beskikbaar stel. Sedert inperking benut 97 114 leerders Die Wolkskool se gratis aanlyn klasse, en meer as 5 000 matriekleerders skakel elke weekdag in op direkte uitsendings van klasse in agt kernvakke. Gereelde blogs op die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se webblad, skole.co.za, hou onderwysers ingelig tydens die krisis.

Die SOS se aanlyn seminare dra by om onderwysers en skoolbesture toe te rus met noodsaaklike nuwe kennis: Die SOS se seminaar oor die gebruik van Zoom in aanlyn klasse is deur 2 008 onderwysers landwyd bygewoon, en 806 skoolhoofde en lede van skoolbeheerliggame het deelgeneem aan die SOS se Leierskapseminaar oor die impak van Covid-19 op skole. Aanlyn kursusse vir onderwysers oor afstandonderrig en die optimale benutting van ondersteunende tegnologie word sedert inperking gratis deur die SOS aangebied en word bygewoon deur duisende Afrikaanse en Engelse onderwysers landwyd.

In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde leerders bied, is opnuut tydens hierdie krisis beklemtoon.

Tegnologie het alternatiewe onderrig in die tyd van inperking moontlik gemaak, maar dit is ’n tydelike maatreël wat tans nie deur alle leerders gebruik kan word nie. Om die verlies aan leer sover moontlik te beperk en die agterstand in te haal, en te verseker dat die lesse wat uit hierdie krisis geleer is ook op die langtermyn optimaal benut word, stel die SOS in samewerking met Solidariteit ’n vyfledige plan voor.

InleidingHierdie dokument is ontwikkel deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS) in samewerking met lede van die SOS se Leierskapvereniging, lede van skoolbeheerliggame en die Solidariteit Beweging, ten einde ’n strategiese raamwerk vir die volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys daar te stel.

Hierdie insette word beoog as bydraend tot en in lyn met die Departement van Basiese Onderwys (DBO) se nasionale strategie om die invloed van Covid-19 op onderwys aan te pak. Die voorstelle is daarop gemik om die verlies aan onderrigtyd so gou moontlik binne ’n veilige en gesonde skoolomgewing in te haal, sinvolle assessering moontlik te maak en die waarde van aanlyn onderrig as ondersteunend tot leer te optimaliseer.

Skole speel ’n sleutelrol in maatskaplike sorg van kwesbare leerders en is die doel-treffendste plek om vir Covid-19 te toets. *

2 Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za

Page 3: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

INHOUD

HERVATTING VAN KONTAK-ONDERWYS OP ’N VEILIGE MANIER

04

AANHANGSEL B

HERSTRUKTUREER & HERPRIORITISEER SKOOLKALENDER

06

HERSIEN SKOOLBEGROTING OM BEHEERLIGGAAMPOSTE TE BEHOU

07

DIGITALE STRATEGIE VIR SKOLE

08

HERSIENING VAN KURRIKULUM EN BEVORDERINGSTRATEGIE

12

e-leer

20

AANHANGSEL A14

Page 4: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

KONTAKONDERWYSop ’n veilige manier

Skole is die middelpunt van sosiale aktiwiteite en menslike interaksie vir kinders. Die huidige gebrek aan sosialisering is reeds duidelik.

Solank skole op goeie higiëne en gesonde

persoonlike afstandfokus, kan die verspreiding

van virusse beperk word.

Die meerderheid van lande in die wêreld het hul skole weens die Covid-19-pandemie gesluit. Daar is egter lande soos Swede, Taiwan en Singapoer

waar skole nie gesluit is nie, omdat dié lande se regerings besluit het om ’n alternatiewe werkwyse te volg om die verspreiding van die koronavirus te verlangsaam. In sommige lande het skole soos normaal oopgebly en in ander

kon kinders en hul ouers kies om steeds skool te gaan of om van die huis af lesse te volg. Intussen het skole in Denemarke op 15 April heropen en het lande soos Oostenryk, Tsjeggië, Noorweë, Italië en Spanje planne in plek om skole oor die volgende paar dae te begin heropen. In Australië is slegs dié skole gesluit wat in gebiede met ’n hoë voorkoms van die koronavirus geleë is.

Hervatting van

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za4

Page 5: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Voorbeelde hoe skole in die VSA sosiale afstand doeltreffend toepas: https://www.latimes.com/california/story/2020-04-14/la-schools-coronavirus-reopening-changes-social-distancing

Higiëne, opleiding & goeie kommunikasie

Skoolhoofde het ’n konsepplan aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, voorgelê, wat die SOS volledig ondersteun. Dit is ’n praktiese plan met ’n deeglike uiteensetting van stappe en ver-antwoordelikhede, en behoort vir alle skole te werk.

(Sien Aanhangsel A op bladsy 14: Draft proposal for the opening of schools after lockdown – 4 May 2020.)

Die streng inperkingsmaatreëls in Suid-Afrika sal waarskynlik geleidelik ná 30 April opgehef word en besighede en instellings in staat stel om weer aan die gang kom. Skole sal waarskynlik van die laaste instansies wees wat weer volledig kan funksioneer met alle personeel en leerders teenwoordig. Die meeste ouers sal begin werk voordat hul kinders voltyds terugkeer skool toe.

Solank skole op goeie higiëne en ’n gesonde persoonlike afstand fokus, kan die verspreiding van virusse beperk word. Een personeellid

moet aangewys word om as kontakpersoon op te tree, leerders wat simptome toon, te verwys vir toetsing en verantwoordelikheid te neem om te reël van pro-aktiewe mediese dienste. Daar word aanbeveel dat minstens een persoon per skool ’n kursus vir voorkoming en beheer van Covid-19 volg: https://openwho.org/courses/COVID-19-IPC-EN

’n Segspersoon moet by elke skool aangestel word om gereeld met die ouers, en waar nodig met die media, te kommunikeer en hulle op hoogte

te hou van verwikkelings wat met Covid-19 verband hou. Paniek wat deur sosiale media gesaai kan word, moet vermy word deur akkurate en gereelde kommunikasie aan ouers.

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 5

Page 6: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

SKOOLKALENDERHerstruktureer & herprioritiseer die

Vakansies sal deur die DBO hersien en bekend gemaak word. Deur ’n week van die Julie-vakansie en ’n week in die September-vakansie te wen, kan 10 skooldae ingehaal word.

Verlore onderrigtyd kan verder deur die verlenging van die skooldag tot 16:00 opgevang word. ’n Langer skooldag maak langer periodes moontlik. Twee periodes van 30 minute elk se werk kan in een langer periode van 45 minute ingepas word, omdat oorsig van die vorige periode onnodig is en tyd wat aan klaswisseling spandeer word, uitgeskakel word.

Skole kan self besluit hoe die skooldag aangepas kan word om meer klastyd toe te laat.

Buitemuurse bedrywighede, uitstappies en sportgeleenthede wat klastyd beïnvloed, moet tot die minimum beperk word om meer klastyd en geleentheid vir huiswerk en aanlyn onderrig toe te laat.

Vakansieverkorting, langer skooldae, inperking van buitemuurse aktiwiteite

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za6

Page 7: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

SKOOLBEGROTINGom beheerliggaamposte te behou

Die SOS het begrip en simpatie vir die finansiële posisie waarin sommige ouers weens die Covid-19-krisis gedompel is. Skole moet maniere bedink waarop hierdie ouers geakkommodeer kan word, sonder om die volhoubare bedryf van die skool in gedrang te bring.

Die meeste skoolbeheerliggame dra die finansiële gesondheid van die skool, sowel as dié van ouers op die hart, en het reeds ’n aantal

besparingsmaatreëls geïmplementeer. Skool-besture en skoolbeheerliggame werk aan oplossings vir die verlies aan skoolgeld a.g.v.

ouers wat hul werk/inkomste verloor het, of nie skoolgeld betaal nie omdat skole a.g.v. die inperking gesluit is. Beheerliggame moet ’n aanpassing van hul skoolgeldbeleid oorweeg om ouers tegemoet te kom, volgehoue en voorspelbare inkomste te verseker en slegte skuld te beperk.

Hersien

Aansoeke vir volledige of gedeeltelike kwytskelding van skoolgeld moet op die korrekte manier ingedien en oorweeg word.

Agterstallige skoolgeld moet aktief inge-vorder word in die geval waar ouers nie vir vrystelling aansoek gedoen het nie.

Beperk uitgawes tot die noodsaaklikste. Skaal kapitaalprojekte af, en verleen prioriteit aan die implementering van die digitale strategie.

Voordat afleggings oorweeg word, ondersoek alternatiewe waarop die salarisrekening gesny kan word, soos belastingverligting en heronderhandeling van Artikel 38A-vergoeding aan personeel in diens van die staat.

Waar afleggings onvermydelik is, moet werk-nemers ondersteun en ingelig word omtrent hul regte en spesiale werkloosheidversekerings- voordele. (Vir meer inligting, besoek Solidariteit se spesiale webblad by corona.org.za.)

Ouers behoort gedeeltelike vrystelling van koshuisgeld te kry vir die ses weke wat leerders nie in die koshuis ingewoon het nie.

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 7

Page 8: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Internettoegang om volgehoue kommunikasie en aanlyn

onderrig moontlik maak, is nie meer ’n nuttige ekstra

nie, maar noodsaaklik vir alle leerders. Die beskikbaarheid van

leerhulpmiddels en -platforms om tegnologie optimaal te benut

en ’n vervlegteleerbenadering te ondersteun, is net so ’n noodsaaklike deel van die

digitale strategie. Die gehalte van beskikbare skoolhulpbronne en -platforms verskil baie en moet krities beoordeel word wat die

onderrigbenadering, KABV-belyning en gehalte van die inhoud betref,

om te bepaal óf en hoe dit gebruik kan word om leer aan te vul.

DIGITALE STRATEGIEvir skoleIn lande waar skole omvattend van tegnologie gebruik maak, soos Swede, Singapoer en Suid-Korea, kon onderrig tydens die pandemie sonder onderbre-king met afstandsonderrig voortgaan. Die noodsaak van ’n digitale strategie vir skole in Suid-Afrika het tydens die staat van inperking duidelik geword.

e-leer

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za8

Page 9: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Minimum toerusting vir aanlyn onderrig

Bepaal die minimum digitale infrastruktuur en tegnologie vir elke klas. Tref ’n onderskeid tussen die tegnologie wat tot die onderwyser se beskikking moet wees, en tegnologie wat tot elke leerder se beskikking is.

Om van Die Wolkskool gebruik te maak, moet leerders toegang tot ’n rekenaar, slimfoon of tablet met bestendige internettoegang hê. Die Wolkskool is webgebaseerd en dus is dit nie nodig om bykomende programmatuur af te laai nie. Leerders gaan voorts van ’n moderne webblaaier (browser) soos Chrome, Edge, Safari of Firefox gebruik moet maak. Internet Explorer is verouderd en behoort nie meer gebruik te word nie. Die Wolkskool beveel Chrome aan.

01

Toegang tot data

Die belang van voldoende internetkapasiteit en die behoefte aan bekostigbare data vir alle skoolgaande leerders in Suid-Afrika is tydens die inperking bevestig. Met betrekking tot dataverbruik, gebruik Die Wolkskool ’n gemiddeld van 8Mb per minuut. Ons is besig om video’s te optimaliseer om in lyn te wees met YouTube se bedryfstandaard van 5Mb per minuut. Leerders kan ook van ’n slimfoon gebruik maak; hierop sal die dataverbruik minder wees as op ’n rekenaar.

Skole moet oorweging gee aan die implementering van ’n leerderbestuurstelsel (LMS) in die skool, sodat aanlyn leer doeltreffend met tradisionele leer in ’n klas gekombineer kan word as deel van ’n vervlegteleermodel. ’n LMS hanteer die administrasie, dokumentasie, rapportering en aflewering van opvoedkundige inhoud. Daar is verskeie platforms beskikbaar, insluitend Die Wolkskool, Google Classroom, Microsoft Office Suite, Remind, ClassDojo, Edmodo en Moodle. Elkeen van dié platforms is uniek en grootliks afhanklik van internettoegang. Skole moet die funksies van die onderskeie platforms deeglik ondersoek. Ongeag watter opsie die skool kies, moet dit met goeie opleiding vir onderwysers, ouers en leerders gepaard gaan.

Daar word tans met diensverskaffers onderhandel om Die Wolkskool as ’n nulkoers (zero-rated)-platform te registreer om datakoste vir leerders te verminder. Die DBO se ondersteuning word verlang, aangesien dit tot voordeel van alle Afrikaanse openbare skole en leerders sal wees. Topdog, Siyavula en die DBO se aanlyn platform het reeds ’n nulkoers en bied hoofsaaklik hulpbronne in Engels aan.

Die Wolkskool se slimfoontoepassing word tans ontwikkel, wat dit moontlik sal maak om inhoud op die toestel te stoor. Leerders sal dan inhoud kan aflaai wanneer hulle toegang tot voldoende WiFi het en later kan gebruik, selfs wanneer hulle nie internettoegang het nie.

02

Toegang tot toestelle

Die ideaal is dat tegnologie en hulpmiddels wat leerders tydens inperking kan help om met onderrig voort te gaan, tot elke leerder se beskikking moet wees, al is hulle nie by die skool nie. Waar leerders nie oor die nodige tegnologie beskik nie, kan skole sentrums inrig – met behulp van borge en die DBO – waar leerders kan werk. Skole kan ook oorweeg om ’n biblioteek- of uitleenstelsel vir toerusting wat aan die skool behoort, in te stel.

03

Toegang tot leer-materiaal en hulp

Skole moet verseker dat alle leerders toegang tot onderwyshulpbronne het. Onderrigmateriaal en huiswerk kan in digitale formaat aanlyn beskikbaar gestel word vir almal wat reeds internettoegang het, maar leerders het ook die opsie om drukstukke van huiswerk weekliks op bepaalde tye tydens inperking by die skool af te haal.

Ouers se betrokkenheid en vermoë om leerders tuis met skoolwerk of met tegnologie te help, verskil. Leerders moet die geleentheid hê om by ’n sentrum by die skool die nodige hulp en toegang tot tegnologie en data te kry as dit nie tuis beskikbaar is nie.

04

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 9

Page 10: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Die digitale strategie moet deel vorm van elke skool se strategieverbeteringsplan en onderrigbenadering, en moet nie afsonderlik daarvan aangepak word nie.

Sien UNESCO se voorstelle vir voort-gesette onderwys in Aanhangsel B (bladsy 20) asook hul oplossings vir aanlyn leer by https://en.unesco.org/covid19/educationresponse/solutions

Dink nuut oor onderrig

Opleiding enondersteuning

Nie alle onderwysers is ervare in die benutting van tegnologie nie en min onderwysers het al lesse opgeneem of aanlyn aangebied. Die SOS bied tans gereeld gratis opleiding om tegnologie optimaal te benut. Opnames van aanlyn opleidingsessies en opsommings van lesings word vir lede van die SOS se vakverenigings op die Onderwysersplatform beskikbaar gestel. Skole word aangemoedig om al hulle onderwysers as lid van ’n toepaslike vakvereniging te registreer. Daar is byvoorbeeld tydens inperking gratis aanlyn opleiding aangebied in die gebruik van Zoom. Die geleentheid is deur meer as 2 000 onderwysers bygewoon. Die SOS se opleiding fokus vanjaar spesifiek op vervlegte leer en onderrig in die digitale era.

05

i

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za10

Page 11: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Die Wolkskool as aanlyn leerplatform

Die Wolkskool, ’n produk van die SOS, bied aan leerders ’n gevestigde aanlyn leerplatform in Afrikaans, in lyn met KABV-vereistes. Leerders kan tuis, teen hul eie pas, leerinhoud deur middel van hoë kwaliteit videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in kernvakke soos Wiskunde, Wetenskap en Afrikaans Huistaal bemeester. Terselfdertyd word onderwysers en ouers op hoogte gehou van hul kinders se vordering.

Die Wolkskool bied nou tydens die staat van inperking en tot 30 Junie 2020 gratis toegang vir leerders. Voortgesette gebruik van Die Wolkskool sal teen ’n gesubsidieerde prys vir die res van die jaar aan leerders en onderwysers beskikbaar gestel word, ondersteunend tot ’n vervlegteleerbenadering in kontakonderrig, wat teen daardie tyd waarskynlik hervat is. Die Wolkskool werk deurlopend om sy aanlyn aanbod uit te brei sodat leerders in alle grade toegang tot aanlynmateriaal in minstens agt kernvakke kan hê.

Wanneer skole klasse geleidelik vanaf 4 Mei infaseer, kan Die Wolkskool aanvullend tot kontakklasse en huiswerk benut word. Onderwysers wat hul leerders as groep registreer, kan aanlyn toetsresultate van Die Wolkskool ontvang, en hul klasse en huiswerk daarvolgens aanpas om leemtes aan te pak.

Om die waarde van moedertaalonderrig te ontsluit, is dit belangrik dat aanlyn leermateriaal en stelsels in leerders se moedertaal beskikbaar is. Die Wolkskool (wolkskool.co.za) fokus daarop om onderrig in Afrikaans aan te bied. Daar is egter internasionaal en plaaslik ook verskeie aanlyn leeropsies in Engels beskikbaar.

06

Waar parallelmediumskole Die Wolkskool vir Afrikaanse leerders gebruik en soortgelyke ondersteuning aan Engelse leerders wil bied, is die volgende goeie Engelse opsies beskikbaar:

https://e-academyonline.co.za/https://pocketacademy.co.za/https://mathsbuddy.co.za/https://m.siyavula.com/https://www.mytopdog.co.za/

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 11

Page 12: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

KURRIKULUMen bevorderingstrategie

Die verlies aan onderrigtyd as gevolg van Covid-19 en gevolglike inperking, skep die noodsaak (en geleentheid) om die oorvol KABV te hervorm.

Onderwysers kla reeds ’n geruime tyd dat die kurrikulum dikwels te wyd en oppervlakkig is. Om te verseker dat leerders noodsaaklike kennis en vaardighede as boustene vir die volgende jaar se werk ontwikkel, is die volgende nodig:

Hersiening van die

Herverpak die KABV-inhoud. Besluit wat oorgeslaan en in ’n volgende jaar afgehandel kan word, of in geheel uitgelaat kan word. Identifiseer dít wat as boublokke vir opeen-volgende konsepte dien en wat tersiêre onderrig gaan ondersteun. Herbeplan sodat slegs die essensiële inhoud (80%) oorbly.

Onderwysers is al lank van mening dat die KABV oormatige assessering vereis wat nie noodwendig doeltreffend is nie. Indien die Junie-eksamen geskrap word en klem geplaas word op formatiewe assessering pleks van summatiewe assessering, kan leerders steeds kernvaardighede in elke fase bemeester, terwyl tyd gewen word deur die administratiewe las te beperk wat eksamens meebring. Daar moet meer gefokus word op assessering vir leer pleks van assessering van leer.

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za12

Page 13: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Hierdie dokument is opgestel deur die SOS in samewerking met sy lede en ander belanghebbendes in Suid-Afrikaanse onderwys. Dit is ’n werkdokument en is oop vir verdere insette en aanpassings namate die Covid-19-situasie ontwikkel. Terugvoer en kommentaar kan per e-pos gerig word aan:Melanie Buys, Hoof: Ontwikkeling van die SOS – [email protected]

Die SOS sal binne sy vakverenigings vir 6 kernvakke elk ’n paneel van ervare onderwysers saamstel om die 80% van die inhoud te identifiseer en ’n hersiene assesseringsraamwerk daar te stel vir elke vak. Raamwerke sal aan die Minister en die DBO voorgehou word. Die SOS sal die DBO bystaan om die hersiene raamwerke te implementeer en sal help met die afneem van ’n gestandaardiseerde eksamen aan die einde van die jaar – soortgelyk aan die gestandaardiseerde eksamen wat die SOS reeds jaarliks nasionaal afneem en oor verslag doen. Dit is noodsaaklik dat ’n gestandaardiseerde eksamen aan die einde van die jaar moet plaasvind vir alle grade, in die lig van die unieke situasie wat deur die Covid-19-krisis geskep is. Die hoofrede hoekom dit sinvol sal wees, is omdat die situasie uniek is en skole volgende jaar ’n betroubare prentjie van ’n kind se vermoë sal wil sien.

Ten slotte

HOE LYK DIE STAND VAN LEER IN JOU SKOOL?Dié vraelys: https://forms.gle/3DfYdkcojfvuoLPq8 kan deur onderwysers, die skoolbestuur en lede van die beheerliggaam voltooi word. Terugvoer sal per e-pos gestuur word aan elkeen wat die vraelys invul, en kan dien as besprekingsdokument oor vernuwende onderwys in jou skool.

skole.co.za Vyfpuntplan vir volhoubare en volgehoue skool tydens en ná Covid-19 Skoleondersteuningsentrum 13

Page 14: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Aanhangsel A

Voorstel van skoolhoofde aan Angie Moshekga, minister van basiese onderwys, insake die hervatting van kontakonderrig ná die staat van inperking. Gestuur op 14 April 2020.

DRAFT PROPOSAL FOR OPENING OF SCHOOLS AFTER LOCKDOWN – 4 MAY 2020

Currently schools and School Governing Bodies are experiencing the following problems:

1. Learners are at home, not receiving proper:a. education b. nutrition

2. Because learners are not at school, some parents have stopped paying school fees. This may lead to retrenchment of staff.

3. School buildings are not occupied and are being vandalised.

4. The possibility of online school is difficult for many parents because of a lack of internet access and a lack of resources and devices.

5. Parents are not paying for aftercare due to the service not being provided. This may lead to retrenchment of staff.

6. Public transport, the school tuck shop, etc. are losing business and are considering the possibility of retrenchment of staff.

7. Children who are victims of domestic abuse are especially vulnerable during the lockdown.

With the lockdown possibly ending at the end of April, businesses will be gradually opening up again and schools will probably start last. What will happen to the learners at home when parents are at work?

I hereby would like to propose the following phasing in of school at the end of the lockdown period: Starting on Monday, 4 May 2020.

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za14

Page 15: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

PRIMARY SCHOOLS01Period of 4 weeks – from 4 May 2020 to 29 May 2020

The school starts with two grades attending school at the same time. One Intermediate/Senior Phase grade and one Foundation Phase grade. The focus being on Grade 3 and Grade 7, due to Grade 3 being the final year of the Foundation Phase and Grade 7 being important for promotion to Grade 8. For example:• Monday: Grade 3 & Grade 7• Tuesday: Grade 2 & Grade 6• Wednesday: Grade 1 & Grade 5• Thursday: Grade R & Grade 4• Friday: Grade 3 & Grade 7

All educators are at school. There will be no meetings of more than 10 people. The staff will be divided into groups, if necessary, with a space of 3 meters in-between. Educators will spend breaks with their classes, therefore there will not be crowding of staff in the staff room.

No assemblies and/or similar events will be held for learners in groups of more than 10 at a time.

Sport & extra-curricular activities will only start after 6 July, if the Government, Department of Basic Education and the School Governing Body permits.

FOUNDATION PHASE

Learners in the Foundation Phase are divided between all the Foundation Phase educators. Classes will be at approximately 25% capacity, allowing for adequate social distancing in the classroom.

The grade head for each grade will do the planning per grade per day and distribute it to all the Foundation Phase educators, and as a result all learners will be on the same page of the curriculum.

Homework will be given for the coming week.

School hours will be from 08:00 – 13:00. This is to limit traffic at the school gates and to promote social distancing. It will also allow educators time for preparation for class.

There will be separate breaks for classes to ensure social distancing.

INTERMEDIATE/SENIOR PHASE

Learners in the Intermediate/Senior Phase will also be divided into classes of approximately 25% of capacity, allowing for social distancing in the classroom.

The subject head for each grade will do the planning per grade per day and distribute it to

all the applicable educators. In this way all learners will be on the same page of the curriculum.

All the educators teaching a subject, no matter which grade, will be provided with material to teach the specific subject for the specific grade per day.

An adjusted timetable will be compiled and distributed.

Learners will not move between classes; the educators will rotate between classes. This is also to limit contact between learners.

Homework will be given for the coming week.

School will be from 08:30 – 14:00. This is to limit traffic at the school gates and to promote social distancing. It will also allow educators time for preparation for class.

There will be separate breaks per class to provide for social distancing.

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 15

Page 16: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Period of 5 weeks – from 1 June 2020 to 3 July 2020

The school will continue, with four grades at a time. Two Intermediate/Senior Phase grades and two Foundation Phase grades. The focus will still be on Grade 3 and Grade 7, with Grade 1 and 4 added. Grade 1 because it is one of the most important grades for starting school, Grade 4 as it is the first year of examinations.• Monday: Grades 1, 3, 4 & 7• Tuesday: Grades R, 2, 5 & 6• Wednesday: Grades 1, 3, 4 & 7• Thursday: Grades R, 2, 5 & 6• Friday: Grades 1, 3, 4 & 7

All educators are at school. There will be no meetings of more than 10 people. The staff will be divided into groups, if necessary, with a space of 3 meters in-between. Educators will spend breaks with their classes, therefore there will not be crowding of staff in the staff room.

No assemblies and/or similar events will be held for learners in groups of more than 10 people at a time.

Sport & Extra-Curricular activities will only start after 6 July 2020, if the Government, DBE and the School Governing Body permits.

FOUNDATION PHASE

Learners in the Foundation Phase are divided between all the Foundation Phase educators. Classes will be at approximately 50% capacity, allowing for adequate social distancing in the classroom.

The grade head for each grade will do the planning per grade per day and distribute it among all the Foundation Phase educators, and as a result all learners will be on the same page of the curriculum.

Homework will be given for the coming week.

School hours will be from 08:00 – 13:00. This is to limit traffic at the school gates and to promote social distancing. It will also allow educators time to prepare for class.

There will be separate breaks for classes to ensure social distancing.

INTERMEDIATE/SENIOR PHASE

Learners in the Intermediate/Senior Phase will also be divided into classes of approximately 50% of capacity, allowing for social distancing in the classroom.

The subject head for each grade will do the planning per grade per day and distribute it among all the applicable educators. In this way all learners will be on the same page of the curriculum.

All the educators teaching a subject, no matter what grade, will be provided with material to teach the specific subject for the specific grade per day.

An adjusted timetable will be compiled and distributed.

Learners will not move between classes; the educators will rotate between classes. This is also to limit contact between learners.

Homework will be given for the coming week.

School will be from 08:30 – 14:00. This is to limit traffic at the school gates and to promote social distancing. It will also allow educators time to prepare for class.

There will be separate breaks per class to provide for social distancing.

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za16

Page 17: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

SECONDARY SCHOOLS02Period of 4 weeks – from 4 May 2020 to 29 May 2020

GENERAL

The school starts with two grades at a time. The focus will be firstly on the Grade 12’s. Grade 12’s needs to finish 100% of the school year to write examinations. For example:• Monday: Grade 11 & Grade 12• Tuesday: Grade 8 & Grade 12• Wednesday: Grade 9 & Grade 12• Thursday: Grade 10 & Grade 12• Friday: Grade 11 & Grade 12

This will provide for 5 days’ school for Grade 12, 2 days’ school for Grade 11, and 1 day of school for the rest of the grades.

All educators are at school. There will be no staff meetings of more than 10 people. The staff will be divided into groups, if necessary, with a space of 3 meters in-between. Educators will spend breaks with their classes, therefore there will not be crowding of staff in the staff room.

No assemblies and/or similar events will be held for learners in groups of more than 10 at a time.

Sport & extra-curricular activities will only start after 6 July 2020, if the Government, DBE and the School Governing Body permits.

CURRICULUM

Learners will be divided into classes of approximately 40% of capacity, allowing for social distancing in the class.

The subject head for each grade will do the planning per grade per day and distribute it to all the applicable educators. In this way all learners will be on the same page of the curriculum.

All the educators teaching a subject, no matter which grade, will be provided with material to teach the specific subject for the specific grade per day.

An adjusted timetable will be compiled and distributed.

Learners will not move between classes; the educators will rotate between classes.

Homework will be given for the coming week.

School will be from 08:30 – 14:00. This is to limit traffic at the school gates and to promote social distancing. It will also allow educators time to prepare for class.

There will be separate breaks per class to provide for social distancing.

Period of 5 weeks – from 1 June 2020 to 3 July 2020

GENERAL

The school will continue with three grades at a time. The focus will still be on the Grade 12’s. For example:• Monday: Grades 10, 11 & 12• Tuesday: Grades 8, 9 & 12• Wednesday: Grades 10, 11 & 12• Thursday: Grades 8, 9 & 12• Friday: Grades 10, 11 & 12

This will provide for 5 days’ school for Grade 12, 3 days’ school for Grades 10 & 11, and 2 days of school for Grades 8 & 9.

All educators are at school. There will be no staff meetings of more than 10. The staff will be divided into groups, with a space of 3 meters in-between. Educators will spend breaks with their classes.

No assemblies and/or similar events will be held for learners in groups of more than 10 at a time.

Sport & extra-curricular activities will only start after 6 July 2020, if the Government, DBE and the School Governing Body permits.

CURRICULUM

Learners will be divided into classes of 60% of capacity, allowing for social distancing.

The subject head for each grade will do planning per grade per day and distribute it to all the applicable educators. In this way all learners will be on the same page of the curriculum.

All the educators teaching a subject, no matter which grade, will be provided with material to teach the subject for the specific grade per day.

An adjusted timetable will be followed.

Learners will not move between classes; the educators will rotate between classes.

Homework will be given for the coming week.

School will be from 08:30 – 14:00. This is to limit traffic at the school gates. It will also allow educators time to prepare for class.

There will be separate breaks per class to provide for social distancing.

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 17

Page 18: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

FURTHER PROPOSALS03

School Health & Safety Committee: The current committee will be assessed, and the

mandate of the committee will be expanded.

If there isn’t a committee yet, it will be formed with the applicable members as required by law.

The Principal of the school will chair the committee for the Covid-19 specific details.

The committee must ensure that each returning child has had no contact with a suspected Covid-19 patient in the last 14 days before schools re-opened.

The committee will ensure the cleaning and sanitising of the school buildings.

The committee will ensure that all the necessary supplies are ordered and delivered in time. Supplies may include the following:

• thermometers for temperature taking,

• soap for handwashing and cleaning,

• basic cleaning and reusable protective equipment,

• hand sanitisers,

• fumigants and sanitising equipment and materials for buildings,

• cleaning material and equipment for toilets, kitchens, etc. and

• dedicated bins for disposing of material used in sanitising.

The committee must establish communication lines with the nearest medical facility to set up a referral plan for the school.

The committee must inform learners to treat other learners with respect and not to stigmatise any schoolmate who has any form of illness.

The committee must prevent any person with notable Covid-19 symptoms from entering the school and use the communication line of the nearest medical care facility.

The committee will ensure training and documentation for all staff on the symptoms and procedures with regards to Covid-19 and the prevention of the spreading of the virus.

The committee must ensure that educators observe the behaviour of learners during teaching, learning and assessment and inform the principal to follow up quickly on unusual behaviour or symptoms.

Administration staff: Staff with their own offices will be working, providing

for social distancing.

Staff without offices will work according to a timetable to allow for social distancing.

General assistants: All general assistants will return to work. Social

distancing will be key.

General assistants will be provided with protective gear and equipment to service kitchens, bathrooms, etc.

Cleaning staff will be provided with protective gear.

Staff room: The staff room will be moved to the school hall to

provide for social distancing.

No beverages will be provided during this time.

Tuck Shop: The tuck shop may be open but strict regulations will

apply.

Social distancing will be applied between learners who buy from the tuck shop.

Sanitising of school buildings, etc. The school buildings, play areas, etc. will be sanitised

by an approved professional company before 4 May. A certificate should be provided by the company.

The school buildings, play areas, etc. will be sanitised by the schools’ general assistants on a weekly basis with approved products.

Hand sanitiser will be provided for all classrooms and offices.

Hand sanitiser will be provided at the gate for all learners upon entering the school in the morning.

Security guards at the gates will be provided with face masks and hand sanitiser for all learners, parents and visitors.

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za18

Page 19: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Sanitising hand wash will be provided in all bathrooms.

Parents will be requested to provide learners with personal hand sanitisers.

Parents will be requested to provide learners with a reusable face mask, as requested by the Department of Health.

Staff will be requested to wear a reusable face mask, as requested by the Department of Health.

Nutrition: All learners on the schools’ nutritional program can be

provided with meal packs to take home for the coming week/until the next contact session at school.

Transport: Due to the limited number of learners at school, public

transport will not be overcrowded.

Upon arrival at the school, there will be staff in attendance at all gates to ensure that social distancing is adhered to.

Aftercare: The aftercare can continue in the afternoon. Only the

learners at school on that day may attend aftercare. This will ensure that social distancing is adhered to and the capacity of aftercare facilities will be between 25% and 40% for the first 4 weeks, and between 50% and 60% for the following 5-week period.

Communication: Communication through written media, electronic media,

social media, relevant school communication systems, electronic meetings, etc. are essential to the process.

The following stakeholders needs to be included in the communication:

• All staff members,

• School Governing Body,

• Parents and learners,

• Relevant medical facilities in the area,

• Department of Education, and District offices and officials, and

• The community.

With these proposals the main concerns will be addressed – in particular:

1. Learners will receive education between 1 and 5 days per week.

2. Learners on the nutritional programs will be provided for.

3. Safety of the school buildings will improve as it will be occupied.

4. The lack of internet and devices will not be a problem. Learners will be provided with all the necessary material for their week’s schoolwork whilst at school.

5. Parents will be paying their school and aftercare fees. Transport will be used again. The tuck shop will be open. All the above points will ensure reduced job losses.

6. Children who are victims of domestic abuse will be able to receive proper counselling.

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 19

Page 20: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Aanhangsel B

https://en.unesco.org/covid19/educationresponse/globalcoalition#

UNESCO SE TIEN AANBEVELINGS VIR DIE ONTWIKKELING VAN ALTERNATIEWE ONDERRIGMETODES

1. Ondersoek die gereedheid van gemeenskappe om alternatiewe te volg volgens die beskikbaarheid van internet, elektrisiteit en hulpmiddels soos rekenaars, radio, televisie en ander elektroniese hulpmiddels.

2. Leerders met gestremdhede moet in ag geneem word in die ontwikkeling van alternatiewe onderrigmetodes.

3. Die veiligheid van data wat deur ouers, leerders en onderwysers versend word, moet verseker word.

4. Dit is belangrik dat interaksie tussen leerders, ouers en onderwysers geskep word. Die psigologiese gevolge van afsondering moet deur ’n gevoel van gemeenskap tussen almal wat by onderrig betrokke is, verseker word.

5. ’n Deeglike program vir onderrig moet ontwikkel word sodat leerders steeds volgens ’n goeie struktuur kan werk en nie net lukraak met leerwerk voortgaan nie.

6. Onderwysers en ouers moet ondersteuning kry om digitale hulpmiddels te verstaan en die kennis op te doen oor hoe om dit optimaal aan te wend.

7. Die aantal verskillende hulpmiddels wat gebruik word, moet beperk word ten einde verwarring uit te skakel. Fokus op die hulpmiddels wat deur die meeste rolspelers verstaan word en waartoe hulle toegang het. Duplisering moet uitgeskakel word.

8. ’n Stel reëls vir afstandsonderrig moet ontwikkel word sodat alle leerders aan ’n basiese proses van leer voldoen en daar nie groot teenstrydighede in verskillende leerders se vordering ontstaan nie.

9. Duidelike riglyne oor hoeveel tyd elke leerling per dag aan onderrig by die huis moet spandeer, moet neergelê word.

10. ’n Gemeenskap van belanghebbendes moet deur tegnologie geskep word waar ouers, onderwysers en ander rolspelers met mekaar kan skakel, idees kan uitruil en uitdagings kan bespreek.

Parys,Frankryk

Skoleondersteuningsentrum Vyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwys skole.co.za20

Page 21: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Notas

SkoleondersteuningsentrumVyfpuntplan vir volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderwysskole.co.za 21

Page 22: VYFPUNT- PLAN - Skoleondersteuningsentrum · In byna elke skool is daar leerders wat baat vind by voedingskemas. Die waarde van die veiligheidsnet wat skole vir arm en verwaarloosde

Onderwysers moet tegnologie soomloos

in die kurrikulum integreer, pleks daarvan om dit as ’n byvoeging, nagedagtenis of

gebeurtenis te beskou.

Von Wi l l ichlaan 284, Die Hoewes, Centur ion

Tel : 012 612 0234

E-pos: [email protected]

GRAFIESE ONTWERP & UITLEGAksent Media • [email protected]