Volume 3, Uitgawe 03/12 28 September 2012 De La Hayelaan ...€¦ · moet ouers ook hulle kinders...
Transcript of Volume 3, Uitgawe 03/12 28 September 2012 De La Hayelaan ...€¦ · moet ouers ook hulle kinders...
Geagte Ouer en Leerder
Die volgende stelling is aan ons
almal bekend: “Daar is slegs twee
dinge wat ons aan ons kinders kan
gee. Die een is wortels, die ander
vleuels.”
Wortels moet ons anker sodat
stormwinde ons nie kan platvee of
wegwaai nie, sodat ons staande
kan bly. Vir ons as gelowige
skoolgemeenskap is die penwortel
ons Christelike geloof.
Maar daar is ook nog ander wor-
tels : 'n Liefdevolle ouerhuis waar
ons geleer het om te waag; ‘n Afri-
kaanse kultuurgemeenskap wat 'n
ryke erfenis bied; ‘n skool met
tradisies wat ons bind deur waardes
van lojaliteit, integriteit, eerlikheid en
hardwerkendheid.
Op talle terreine kan jy die wortels
wat loot skiet, sien. Ek dink on-
willekeurig aan die twee jonge
dames wat elke oggend reeds
vroeg by die skool sit en leer.
Klokslag sal hulle sonder uitsonde-
ring elke oggend opstaan en my
vriendelik groet as ek by die skool
aankom. Die lewe is vir hulle 'n lied
en hulle skool hulle trots en hulle
wortels is gevestig en sterk.
Ons leerders is besonder netjies en
hulpvaardig. Ons leerderleiers het
deur die kwartaal verskeie hoog-
waardigheidsbekleërs en personeel
van ander skole met vernuf en
grasie ontvang. Die reaksie
bevestig net my vermoede dat
hierdie leiers se wortels reeds diep
geanker is.
Hierdie tradisies en waardes wil ons
nog verder verstewig en uitbou.
Daarom sal die skool geen steen
onaangeraak laat om elke leerder
wat gevestigde wortels het nie, te
help om regop te staan te midde
van die sterk winde van die lewe
daarbuite.
Hierdie skool het die personeel,
fasiliteite en die wil om elke leerder
te anker en gereed te maak vir die
toekoms.
Vleuels is om te waag. Daarvoor is
‘n goeie selfbeeld en selfvertroue
nodig. Dit is om nuwe uitdagings te
aanvaar; dit is om die geleenthede
wat jou ouers en die skool jou bied,
te benut; dit is om kreatief te wees.
Met vleuels kan jy uitstyg bo die
gemiddelde en 'n hoë ideaal najaag;
‘n verskil maak in die gemeenskap
wat jy dien.
Op akademiese gebied, olimpiades,
ekspo’s en die Taalbond het ons
leerders uitgestyg bo die gemiddeld.
Met ons wintersporte het ons
ongekende hoogtes bereik en het
talle leerders wat WP-kleure
ontvang het, gewys dat die leerders
van die Hoërskool Bellville weier om
gemiddeld te wees en het hulle
vleuels gesprei sodat hulle kan
uitstyg.
Maar dit is die “gewone” leerder wat
dag na dag die skool ondersteun
het, wat bewys het dat ons almal
hoog kan vlieg. Watter wonderlike
gesig was dit nie tydens die inter-
skole op die pawiljoene en velde nie.
Die passie en geesdrif was duidelik
sigbaar en dit beteken net dat ons
uitstyg bo die gemiddeld en hoë
ideale najaag.
Aan die matrieks: Dennis Watley
het gesê : “Success is almost to-
tally dependent upon drive and per-
sistence. The extra energy required
to make another effort or try
another approach is the secret of
success.”
Ons as skool het jou wortels
geanker. Ons het vir jou talle
geleenthede gebied om jou vleuels
te sprei. Dit is nou die tyd van die
jaar waar die laaste bietjie energie
en deursettingsvermoë nodig is om
jou ideale te bereik. Gebruik jou
tyd in die vakansie nuttig! Werk ou
vraestelle deur, woon lenteskole by
en neem ‘n ruskans!
Ek dra hierdie kwartaal op aan elke
personeellid. Ware opvoeders, vry
van eersug en magsdrif, met
koersgewende denke en 'n stille
invloed. Opvoeders wat leerders
wortels en vleuels gegee het sodat
elkeen van hulle gereed is vir die
toekoms.
Paratus ad Omnia
(Gereed vir alles)
Deon du Plessis
SKOOLHOOF
De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected]
Volume 3, Uitgawe 03/12 28 September 2012
BLADSY 22 HOËRSKOOL BELLVILLE
Die Engelse skrywer, Samuel Johnson
skryf, “Groot take word nie deur krag
volbring nie, maar deur volharding.”
Wyse woorde wat direk verband hou
met prestasies op alle gebiede, ook
akademiese prestasies. Baie leerders
ken die vreugde van sukses wat bereik
is deur pligsgetroue, harde werk, ander
moet nog leer dat sukses volharding en
toewyding verg. Op akademiese gebied
moet ouers ook hulle kinders
aanmoedig en bemoedig om te volhard
in die strewe om hulle potensiaal te
bereik.
Die graad 12graad 12graad 12graad 12----leerdersleerdersleerdersleerders het hierdie
kwartaal proefrapporte ontvang wat ‘n
aanduiding gee van hoeveel tyd hulle in
die vakansie moet insit om in die eind-
eksamen suksesvol te wees. Die ure
wat tydens die vakansie aan akademie
gewy word, is van uiterste belang,
maar ook die feit dat leerders bietjie
moet ontspan voor die finale eksamen.
Dit is noodsaaklik dat graad 12-
leerders alle klasse in die eerste week
van die laaste kwartaal sal bywoon
waar noodsaaklike remediëring en
vaslegging geskied. ‘n Uitdeelstuk oor
‘n Lenteskool in Paarl is reeds aan
leerders oorhandig en ekstra
hersieningsklasse sal ook in sekere
vakke by die skool vir ons leerders
aangebied word. Detail sal op die In-
ligtingsaand deurgegee word.
‘n Paar belangrike datums vir graad 12-
leerders:
♦ 12 Oktober 12 Oktober 12 Oktober 12 Oktober
Laaste skooldag en uitdeel van ek-
samendokumente. Name van leer-
ders wat toekennings ontvang op
die Prysuitdeling, word ook bekend
gemaak.
♦ 16 Oktober 16 Oktober 16 Oktober 16 Oktober
Inligtingsaand oor reëlings tydens
die Eindeksamen. Alle Gr 12-leer-
ders en hulle ouers moet hierdie
geleentheid bywoon vanaf 18:00
tot 19:00 in die skoolsaal.
♦ 18 Oktober 18 Oktober 18 Oktober 18 Oktober : Prysuitdeling.
♦ 22 Oktober 22 Oktober 22 Oktober 22 Oktober : NSS-eksamen begin.
Rapporte vir leerders in Gr. 8 tot 11Gr. 8 tot 11Gr. 8 tot 11Gr. 8 tot 11
word in die eerste week van volgende
kwartaal aan die leerders uitgedeel.
Let asb. daarop dat jaarpunte 25%
van die leerder se finale bevorde-
ringspunt uitmaak en dat alle leerders
hard moet werk in die laaste kwartaal
om te sorg dat hulle sukses behaal.
Ouers se belangstelling, motivering en
kontrole speel ‘n belangrike rol ook in
die akademiese suksesse van leer-
ders. Skoolbywoning en daaglikse
huiswerk is van groot belang. Let ook
asb. daarop dat die finale graad 11-
punte bepalend is vir toelating tot ter-
siêre inrigtings.
Die eksamen begin vir graad 11-
leerders op Woensdag, 7 November
en vir graad 8 tot 10 op Maandag,
12 November, en duur tot 30 Novem-
ber. Die laaste skooldag is op
7 Desember wanneer rapporte aan
leerders oorhandig word.
Om die verkryging van handboeke te
vergemaklik, is daar besluit op ‘n
nuwe handboeksisteem waar leerders
al hulle handboeke (WKOD en ander
handboeke) op een punt kan afhaal
nadat hulle ‘n huurbedrag vir boeke,
wat in die verlede deur leerders
aangekoop is, by die finansiële kan-
toor inbetaal het. Boeke wat leerders
self aangekoop het vir 2012 sal
steeds soos voorheen teruggekoop
word vir krediet op die bedrag wat
betaal moet word vir die gebruik van
handboeke die volgende jaar.
Ons vra u geduld met die oorskakel-
ing na ‘n nuwe sisteem en vertrou dat
u die nuwe stelsel meer verbrui-
kersvriendelik sal vind. Verdere be-
sonderhede sal volgende kwartaal
deurgegee word.
.
Vanaf Maandag 27 Augustus tot
Vrydag 7 September is die nuwe
Senior– en Graadleiers vir 2013 ge-
kies. Baie geluk aan al die nuwe
leiers. Die nuwe leiers word
ingehuldig tydens die Prysuitdeling
op Donderdag, 18 Oktober 2012.
Die inskrywings vir die Graad 8’s vir
2013 het gesluit en ons is baie op-
gewonde om in Januarie 2013 ons
nuwe Graad 8’s te ontvang.
Daar is tans 239 Graad 8’s ingeskryf
hoofsaaklik vanaf die Laerskole Bell-
park, Bellville-Noord, Bastion, Mikro
Brackenfell en 14 ander laerskole.
Dit is vir ons as skool wonderlik dat
daar so baie sterk kandidate vanaf
ons voederskole in 2013 by die
Hoërskool Bellville gaan aansluit.
Daar is te veel leerders wat afwesig
is sonder enige geldige rede. Daar is
ook te veel ouers wat leerders on-
tydig en vir ongeldige redes uitteken.
Baie akademiese tyd gaan verlore.
BLADSY 33 VOLUME 3, UITGAWE 03/12
Baie dankie aan Ons Hemelse Vader vir
Sy getrouheid en guns op ons skool se
VCSV.
Ons het al mooi aktiwiteite beleef soos
ons avontuurkamp vir meer as 70
Graad 8’s by Bonnievale, staptog tus-
sen Mc Gregor en Greyton, Leeukop-
klim, Oranjerivier “Riverrafting”, VCSV-
week, leerders wat gaan toer het in
Europa, BHS Got Talent, ongelooflike
sprekers soos Reggie van Miami, jeug-
groep vanaf Toronto, sendelinge van-
uit Vancouver en so kan ons aangaan.
Hierdie kwartaal se hoogtepunte was
veral ons uitreike by twee geleenthede
na Delft, insamelings vir Ruyterwacht,
ons gebedsgeleentheid vir alle sport-
spanne voor interskole, gesamentlike
interskole “praise and worship” saam
met DF en 'n gebedsweek na inter-
skole.
Een van ons graad 12-leerders, Esma-
ré Carstens wen die VCSV Wes-Kaap
se koekkompetisie. Die VCSV van
Suid-Afrika is vanjaar 116 jaar oud.
Alle eer aan Jesus!
Die twee-en-twintigste Johann Vos
Klavierkompetisie het vanjaar plaasge-
vind. Daar was 'n rekord aantal inskry-
wings van besonder hoë gehalte en die
beoordelaars was dit eens dat die
standaard besonder hoog was. Veral in
die junior afdeling was daar besondere
groot belangstelling.
Ons het ook vanjaar 'n nuwe afdeling,
genaamd die Piccolo afdeling, ingesluit
en dit is spesifiek gerig op leerders in
grade 6 en 7. Hulle mag op enige in-
strument deelneem en dit was lekker
om o.a. 'n fagot, 'n trompet en fluit as
deel van hierdie afdeling te kon hoor
tesame met die klavierdeelnemers.
Die wenner in die junior afdeling was
Leslie Wu en in die senior afdeling was
dit Yohan Chun.
Die beoordelaars vir die finale ronde
was Prof. Hubert van der Spuy,
mev. Rensche Janse van Rensburg en
mnr. Pieter Kooij.
Die dramavereniging het ‘n bedry-
wige kwartaal agter die rug. Sean
van Noordwyk, een van ons graad
12-leerders, se stuk Lied van die Lied van die Lied van die Lied van die
Kinders Kinders Kinders Kinders het by die toneelfees van die
Tygerberg Eisteddfod opgetree en
baie goed gedoen. Sean het ook ‘n
nominasie ontvang in die kategorie
vir beste teks. Die stuk het ook
tydens die aanddiens op 16 Septem-
ber by die Heidekoppie-gemeente in
Brackenfell opgetree.
Die produksie Bruidjie Dit en Bruidjie Bruidjie Dit en Bruidjie Bruidjie Dit en Bruidjie Bruidjie Dit en Bruidjie
Dot Dot Dot Dot het aan die Durvanville
Toneelfees, asook die ATKV Tiener-
toneelfees deelgeneem. In beide
kompetisies het hulle baie goed
gevaar. Des-Lee McKenzie, Sean
van Noordwyk en Athina Jansen het
verskeie toekennings ontvang. Des-
Lee is ook genomineer as beste
byspeelster tydens die Durbanville-
fees.
Daar is 7 graad 11-regisseurs wat
tans aan hulle produksies werk. Die
opvoerings vind op 1 November
plaas.
Op 28 September 18:10 vertrek
Marlize du Plessis, Barrinique Mor-
man, Carly van Wyk, Tiffany Abdol en
Gitte von Wielligh, saam met vyf
leerders van Isilimela High School, na
Seattle, VSA. Hulle gaan die Sep-
tembervakansie in Rooseveldt High
School deurbring as gaste van
Hands for a Bridge, Roosevelt. Ons
glo dat dit 'n wonderlike onder-
vinding vir hulle gaan wees.
Die koor het weer 'n baie besige
kwartaal gehad. Daar is aan die vol-
gend optredes deelgeneem:
8 Augustus
(Etensuurkonsert) - middaguur
konsert saam met die Pretoria Girls
High se orkes.
16 Augustus
Helderberg Eisteddfod in Somerset-
Wes (wen dié afdeling met ’n Cum
Laude-toekenning) en word uitgenooi
na die pryswennerskonsert.
19 Augustus
Interskole konsert saam met die
Hoërskool DF Malan.
30 Augustus
Koorafsluiting
Die Koor word aangewys as die al-
gehele wenners van die gemengde
kore in die Helderberg en Stellen-
bosch Eisteddfods. Hulle ontvang in
beide gevalle 'n Cum Laude-
toekenning (>90%).
Die orkes het 'n besige, maar baie
suksesvolle kwartaal agter die rug.
Met baie ure se toegewyde oefening
het die orkes sy grootste hoogtepunt
van die jaar bereik deur die ope-
afdeling by die Tygerberg Eisteddfod
met 95% te wen. Die beoordelaar se
terugvoer was veral baie positief. Die
interskole-konsert saam met DF Ma-
lan het vir 'n wonderlike afsluiting na
die jaarlikse interskole gesorg en die
"Ode to Joy" met die massakoor en -
orkes was 'n hoogtepunt.
"Metronym" en "Sinatra in Concert"
het die gehoor gaande gehad en
"Persis" is perfek uitgevoer. Die
orkes het ook Lentedag gevier met
'n orkesfees saam met die Duitse
orkes Stadtkapelle Fellbach, Durban-
ville en DF Malan. Die fees is met 'n
tipiese Duitse mars afgesluit, gespeel
deur 'n massa-orkes van meer as
200 spelers.
BLADSY 44 HOËRSKOOL BELLVILLE
‘n Vriendelike, dog baie ernstige,
versoek is dat u as ouer/voog sal
toesien dat u kind, se skooldrag en
voorkoms op die eerste dag van die
nuwe kwartaal, volgens die ge-
dragskode van die skool sal wees.
Ons gaan baie streng optree teenoor
leerders wat dit nie nakom nie. In-
dien 'n leerder nie op die eerste dag
volgens die gedragskode is nie, sal u
as ouer/voog gekontak en versoek
word om die leerder te kom haal.
U word asseblief versoek om weer
aanhangsel A op bladsy 23 – 26 in
die Paratus te gaan lees.
Somersdrag word gedra vanaf
8 Oktober 2012 (sien gedragskode
bl. 24-25 in die Paratus)
11 Okt : Orkes Gala-aand + RSG-
uitsending
15 Okt : Begrotingsverg. (19:00)
18 Okt : Prysuitdeling
19 Okt : Uitstapdag—Graad 12
22 Okt : NSS Eksamen begin
1 Nov. : Toneelaand : Graad 11-
regisseurs
9 Nov. : Krieket Oudskoliere
11 Nov. : 75 jr Kerkdiens-afsluiting
Ons kinders se veiligheid bly ‘n
uitdaging! Baie dankie aan al die
ouers wat ons alreeds so goed
ondersteun het met R550-bydraes
(of selfs meer). Ons sal julle op
hoogte hou van die vordering.
Ons het die afgelope kwartaal nog
steeds baie probleme gehad met
selfone in die skool. Let asseblief op
na die volgende:
♦ Daar word van leerders verwag
om sellulêre telefone en soortge-
lyke toestelle tydens skooltye,
binne die skoolgebou, buite sig
en afgeskakel te hou.
♦ Indien dit nodig sou raak om in `n
noodgeval van die telefoon ge-
bruik te maak kan die leerder by
die kantoor aanmeld en reëlings
tref.
♦ Die skool aanvaar geen verant-
woordelikheid vir die verlies van
sodanige toestelle nie.
♦ Indien ‘n leerder ‘n “sellulêre of
toestel“-oortreding begaan, sal
die toestel afgeneem word vir een
week addisioneel tot die straf-
maatreël. (Sellulêre telefoon sal in
‘n verseëlde koevert in die kluis
gebêre word vir die tydperk.)
♦ Tydens eksamens en toetse mag
die leerder glad nie ‘n selfoon op
hom/haar hê nie. Dit moet in sy/
haar tas, afgeskakel, voor in die
klaskamer geplaas word. Indien
dit op die leerder gevind word
tydens die eksamen of toets, kry
die leerder nul vir daardie vraestel
en die leerder verskyn voor die
dissiplinêre komitee waar ‘n ad-
disionele straf ook aan hom/haar
toegeken sal word.
Kom luister na ons blaasorkes, koor
en talentvolle oudskoliere op 11 Ok-11 Ok-11 Ok-11 Ok-
tober om 19:15 tober om 19:15 tober om 19:15 tober om 19:15 in die skoolsaal.
Kaartjies te koop @ R30 by me Den
Haan.
Ons is nog steeds baie bekommerdOns is nog steeds baie bekommerdOns is nog steeds baie bekommerdOns is nog steeds baie bekommerd, dat
iemand nog baie seer gaan kry. Daar is
daagliks toenemende klagtes van leer-
ders wat na skool onverskillig/roekeloos
ry met hulle motors en motorfietse.
Padreëls word totaal en al verontag-
saam.
Leerders moet in besit wees van ‘n wet-
tige bestuurslisensie. Daar gaan in die
toekoms streng opgetree word deur die
verkeersdepartement.
Motorfietse moetmoetmoetmoet tydens skoolure in die
fietshok toegesluit word. Motorfietse wat
nie tydens skoolure daar geparkeer is
nie, sal gekonfiskeer word.
Geen leerder mag sy motor of motorfiets
tydens skoolure besoek nie.
Geen leerder mag op die skoolterrein ry
nie.
Middae tydens sport mag leerders slegs
by die sportgronde se hek in en uit gaan
en hulle motors/motorfietse parkeer by
die pawiljoen , kleedkamers en hokkie-
velde.
Onthou asb om u MAKRO kaart en My
School kaart te gebruik
BLADSY 56
Die rugby het die seisoen op ‘n baie hoë
noot afgesluit deur die Hoërskool DF Ma-
lan in die interskole ‘n goeie loesing te
gee. 8 uit die 10 spanne het gewen. Die
O/19A-span het ook die seisoen afgesluit
deur nie een wedstryd in die Noordelike
Voorstede te verloor nie. Baie geluk,
met ‘n puik seisoen. Die O/15A-span is
by die jaarlikse rugbyprysuitdeling
aangewys as die span van die jaar. Hulle
was die seisoen
onoorwonne die sei-
soen en het ‘n totaal
van 104 drieë ge-
druk. Ryan Muller en
Marco Joubert is ook
ingesluit in die WP
O/15-Elite-oefen-
groep. Baie geluk,
Seuns.
Ons landloopatlete het die seisoen met
welslae aan verskeie byeenkomste deel-
geneem . Ons is baie trots op Zani Kru-
ger wat in die Wes-Kaapspan vir die SA
Kampioenskappe is wat in Rusten-
burg plaasvind vanaf 27 tot 29 Septem-
ber 2012 . Zani het 8 September in Dur-
ban aan die Federasie SA Kampioen-
skappe deelgeneem en het ‘n 5de plek
behaal. Welgedaan en sterkte vir Rusten-
burg!
Ons het hierdie kwartaal geen liga-
wedstryde gespeel nie, omdat ons ge-
kwalifiseer het om aan die Oosstreek
Topskoletoernooi deel te neem. Ons
vaar baie goed en dring deur om aan die
WP-Topskoletoernooi deel te neem waar
ons bronsmedaljes, 'n trofee en 'n wis-
seltrofee verwerf. Ons sluit die jaar op 'n
hoogtepunt af!!! Geluk aan al die
spelers!!!
Die dogtershokkie het die seisoen
uitstekend gevaar. Die o/19A-span het
die seisoen onoorwonne geëindig.
Hulle het ook die pragtige uitslag in
interskole behaal deur DF Malan die
eerste keer in die geskiedenis van inter-
skole in ‘n baie spannende wedstryd te
wen. Hulle het deur die seisoen teen
verskeie van die premierligaspanne
gespeel en gewen. Hulle het die sei-
soen altesaam 80 doele aangeteken en
staan slegs 3 doele af, wat ‘n
uitstekende prestasie is. Welgedaan,
dogters. Dogtershokkie speel dan van
volgende jaar af in die premier liga.
Die ander spanne het ook ‘n goeie sei-
soen beleef en dogtershokkie wen dan
1 en speel 2 wedstryde gelykop tydens
interskole.
Daar was ‘n ware brawe poging deur al
ons seunshokkiespelers. Al die spanne
het aansienlik beter gevaar as verlede
jaar en daar is ‘n duidelike opswaai in
seunshokkie by die Hoërskool Bellville
te bespeur. Ons is vol vertroue dat ons
volgende jaar nog beter sal vaar, veral
in die Interskole.
Dankie vir almal se veggees en fantas-
tiese gees! Welgedaan, manne.
Dit was ook die eerste keer in die inter-
skolegeskiedenis dat ons die eerstepan
rugby, eerstespan netbal en eerste-
span dogtershokkiewedstryde wen.
Welgedaan!
Tydens Interskole was dit vir ons ‘n
riem onder die hart om te sien hoeveel
leerders in skoolklere die interskole by-
gewoon het. Die feestelike atmosfeer
met die duisende toeskouers, drumline
en dirigente het bygedra tot ‘n uiterse
suksesvolle interskole. Ons was baie
trots toe ons leerders aan die einde van
die eerste rugbywedstryd soos een
man opstaan en die skoollied uit volle
bors gesing het.
Die netbal het die seisoen ook op ‘n
hoogtepunt afgesluit deurdat die
meeste van die spanne hul inter-
skole wedstryde gewen het. Ons
O/19E-span het in die uitspeel
wedstryde gespeel en ongelukkig
verloor. Welgedaan, dogters.
Die seisoen is die gholfspelers se
vaardighede regtig getoets deur die
nat winter wat ons beleef het. Niete -
min kan ons baie trots wees op Ian
Snyman wat gekies is om Suid Afri-
ka gedurende die Toyota Junior
Wêreldbeker te verteenwoordig.
Nathan Botha is uitgenooi om aan
die “WP Junior Matchplay Champion
-ships” deel te neem en Zilke Bal het
Boland verteenwoordig in Orkney.
Sy het 11de geëindig in die netto
kompetisie uit 30 deelnemers. Sy
het die prys gewen vir die beste net-
to telling in die 2de rondte.
Baie dankie aan al die afrigters vir
hul ure se opoffering, insae en tyd
wat julle die winterseisoen aan ons
leerders afgestaan het. Dankie aan
die ouers en vriende van die Hoër-
skool Bellville vir hul ondersteuning
deur die seisoen. Welgedaan Hoër-
skool Bellville!
BLADSY 55 VOLUME 3, UITGAWE 03/12