veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap....

12
veeVERNUF stockSENSE 2012 ISSUE 4 Intervet SA (Pty) Ltd. Reg. No. 1991/006580/07 20 Spartan Road Isando 1600 R.S.A Private Bag X2026 Isando 1600 Tel +27 (0) 11 923 9300 Fax +27 (0) 11 974 9320 www.msd-animal-health.co.za Rooiwater is ’n protozooiese bosluisoordraagbare siekte van beeste wat van die grootste verliese by veeboere in Suid-Afrika veroorsaak. Twee tipes Rooiwater kom in Suid-Afrika voor naamlik Afrika Rooiwater ( Babesia bigemina ) en Asiatiese of Europese Rooiwater ( Babesia bovis ). ROOIWATER in Suid Afrika 4 6 7 11 – Dr Tom Strydom Asiatiese Rooiwater word slegs deur die Asiatiese bloubosluis, Rhipicephalus microplus, oorgedra terwyl Afrika Rooiwater deur die Afrika bloubosluis, Rhipicephalus decoloratus, sowel as die Asiatiese bloubosluis oorgedra kan word. Die rooipoot bosluis, Rhipicephalus evertsi evertsi, kan ook ’n rol in die oordraging van Afrika Rooiwater speel, maar die rol wat die bosluise speel is baie laer as in die geval van bloubosluise. Die bosluise word vektore van die siekte genoem. Die verspreiding van beide Afrika en Asiatiese Roowater in Suid-Afrika word geassosieer met die verspreiding van die onderskeie vektore. Gunstige toestande vir beide bloubosluis spesies is tradisioneel warm, vogtige toestande, maar die bosluise het deur die land versprei deurdat boere diere aangekoop het wat met bosluise besmet was. Die bosluise het dan ook aangepas om te oorleef in hierde “nie-gunstige” toestande. Nuutste navorsing het getoon dat Afrika Rooiwater oor die grooste deel van Suid-Afrika voorkom en net die droër dele van die land soos die Noord-Kaap en die Groot Karoo is vry van die siekte. Asiatiese Rooiwater daarenteen kom voor oor die grootste deel van die Limpopo Provinsie, Gauteng, Mpumalanga, Kwazulu-Natal en teen die Oos- Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus van die bosluis vandat die larfies op die bees klim totdat die wyfies volgesuig is word op een gasheer voltooi. Simptome van Rooiwater Rooiwater in beeste word gekenmerk deur depressie, verlies aan eetlus, ’n hoë koors (>40.5 ºC), bloedarmoede en tipiese rooi-swart uriene, vandaar die naam Rooiwater. Geelsug kan in sommige diere gesien word. In die geval van Asiatiese Rooiwater word dieselfde simptome as met Afrika Rooiwater gesien maar in die meeste gevalle met die siekte gaan die dier in skok weens die aansameling van parasiete in sy perifere bloedvate wat lei tot ’n suurstoftekort in sy organe, orgaanversaking en akute dood. In sekere gevalle van Asiatiese Rooiwater word ook Serebrale Rooiwater gesien. In die geval samel die parasiete in die bloedvate van die brein van die dier aan en veroorsaak senuwee simptome in die dier. Die prognose (sukses van behandeling) van Serebrale Rooiwater is baie swak en diere wat die simptome toon moet dus van kant gemaak word. Asiatiese Rooiwater is dus in die meeste gevalle ’n per- akute siekte en beeste wat met die siekte besmet word vrek ten spyte van behandeling wat toegepas word. Die vermoede is daarom dat die grootste verliese van Rooiwater in Suid-Afrika weens Asiatiese Rooiwater is. Die voorkoms van Rooiwater in beeste word deur ’n veearts bevestig deur ’n bloedsmeer van die siek of dooie dier te maak en dit onder ’n mikroskoop te ondersoek. (Sien Figuur 1 en 2) Die gebruik van BENERIL ® RTU en IMIZOL RALGRO: verhoogde winste Deon van Emmenis Dr Pierre Jansen van Vuren SKAAP BROMMERS (Lucillia cuprina) Jacques van Rensburg MORAXELLA BOVIS

Transcript of veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap....

Page 1: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

veeVERNUFstockSENSE2012

ISSUE 4

Intervet SA (Pty) Ltd.

Reg. No. 1991/006580/07 20 Spartan Road Isando 1600 R.S.APrivate Bag X2026 Isando 1600 Tel +27 (0) 11 923 9300 Fax +27 (0) 11 974 9320 www.msd-animal-health.co.za

Rooiwater is ’n protozooiese bosluisoordraagbare siekte van beeste wat van die grootste verliese by veeboere in Suid-Afrika veroorsaak. Twee tipes Rooiwater kom in Suid-Afrika voor naamlik Afrika Rooiwater (Babesia bigemina) en Asiatiese of Europese Rooiwater (Babesia bovis ).

ROOIWATER in Suid Afrika

4

6

7

11

– Dr Tom Strydom

Asiatiese Rooiwater word slegs deur die Asiatiese bloubosluis, Rhipicephalus microplus, oorgedra terwyl Afrika Rooiwater deur die Afrika bloubosluis, Rhipicephalus decoloratus, sowel as die Asiatiese bloubosluis oorgedra kan word. Die rooipoot bosluis, Rhipicephalus evertsi evertsi, kan ook ’n rol in die oordraging van Afrika Rooiwater speel, maar die rol wat die bosluise speel is baie laer as in die geval van bloubosluise. Die bosluise word vektore van die siekte genoem.

Die verspreiding van beide Afrika en Asiatiese Roowater in Suid-Afrika word geassosieer met die verspreiding van die onderskeie vektore. Gunstige toestande vir beide bloubosluis spesies is tradisioneel warm, vogtige toestande, maar die bosluise het deur die land versprei deurdat boere diere aangekoop het wat met bosluise besmet was. Die bosluise het dan ook aangepas om te oorleef in hierde “nie-gunstige” toestande.

Nuutste navorsing het getoon dat Afrika Rooiwater oor die grooste deel van Suid-Afrika voorkom en net die droër dele van die land soos die Noord-Kaap en die Groot Karoo is vry van die siekte. Asiatiese Rooiwater daarenteen kom voor oor die grootste deel van die Limpopo Provinsie, Gauteng, Mpumalanga, Kwazulu-Natal en teen die Oos-Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap.

Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus van die bosluis vandat die larfies op die bees klim totdat die wyfies volgesuig is word op een gasheer voltooi.

Simptome van RooiwaterRooiwater in beeste word gekenmerk deur depressie, verlies aan eetlus, ’n hoë koors (>40.5 ºC), bloedarmoede en tipiese rooi-swart uriene, vandaar die naam Rooiwater. Geelsug kan in sommige diere gesien word.

In die geval van Asiatiese Rooiwater word dieselfde simptome as met Afrika Rooiwater gesien maar in die meeste gevalle met die siekte gaan die dier in skok weens die aansameling van parasiete in sy perifere bloedvate wat lei tot ’n suurstoftekort in sy organe, orgaanversaking en akute dood. In sekere gevalle van Asiatiese Rooiwater word ook Serebrale Rooiwater gesien. In die geval samel die parasiete in die bloedvate van die brein van die dier aan en veroorsaak senuwee simptome in die dier. Die prognose (sukses van behandeling) van Serebrale Rooiwater is baie swak en diere wat die simptome toon moet dus van kant gemaak word.

Asiatiese Rooiwater is dus in die meeste gevalle ’n per-akute siekte en beeste wat met die siekte besmet word vrek ten spyte van behandeling wat toegepas word. Die vermoede is daarom dat die grootste verliese van Rooiwater in Suid-Afrika weens Asiatiese Rooiwater is.

Die voorkoms van Rooiwater in beeste word deur ’n veearts bevestig deur ’n bloedsmeer van die siek of dooie dier te maak en dit onder ’n mikroskoop te ondersoek. (Sien Figuur 1 en 2)

Die gebruik van BENERIL® RTU en IMIZOL™

RALGRO: verhoogde winste Deon van Emmenis Dr Pierre Jansen van Vuren

SKAAP BROMMERS (Lucillia cuprina) Jacques van Rensburg

MORAXELLA BOVIS

Page 2: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

Epidemiologie van Rooiwater in die bosluiseIn die geval van Afrika Rooiwater word die vektore met die siekte besmet wanneer larfies op ’n besmette of draer dier voed. Die siekte word dan van die larfies deur die nimf stadium van die lewensiklus aan die volwasse bosluise oorgedra. Besmette wyfies wat van die dier afval dra dan weer die siekte deur die eier stadium (eiers word op die grond gelê) na die volgende geslag van larfies oor. Ons noem dit trans-ovariale oordraging. Die nimfe en volwassenes van die volgende nageslag dra dan die siekte oor aan vatbare diere.

Met Asiatiese Rooiwater is die verloop byna dieselfde deurdat besmette wyfies die siekte trans-ovariaal aan haar nageslag oordra, maar in die geval dra slegs die larf stadium van die bosluis die siekte aan beeste oor. Die larfies verloor die siekte na oordraging, maar die daaropvolgende nimfe word weer met die siekte besmet wat weer die siekte aan die volwasse bosluise oordra.

Immuniteit en weerstand in die dierBeide Rooiwaters het waarskynlik hulle ontstaan in die tropiese dele van die wêreld gehad en alhoewel alle beesrasse vatbaar is vir die siektes, is Sanga en Zebu rasse meer weerstandbiedend teen die siektes as Europese rasse. Europese rasse wat nie voorheen aan die siektes blootgestel was nie, is veral hoogs vatbaar vir beide Rooiwaters. In die meeste diere ontwikkel ’n langdurige immuniteit wat selfs lewenslank kan wees na ’n enkele blootstelling aan die siektes.

Diere wat herstel het van Afrika Rooiwater het wel ’n mate van immuniteit teen Asiatiese Rooiwater maar die omgekeerde is nie waar nie.

Kalwers van koeie wat geen immuniteit teen Rooiwater het nie is vatbaar vir die siekte vanaf geboorte tot 2 maande ouderdom. Vanaf 2 maande ouderdom het die kalf dan ’n nie spesifieke natuurlike immuniteit teen die siekte wat tot ongeveer 8 maande ouderdom duur.

Kalwers van koeie wat voorheen aan ’n spesifieke Rooiwater blootgestel was en wat immuun is teen die Rooiwater is immuun teen die siekte van geboorte tot ongeveer 8 maande ouderdom. Die eerste 2 maande van die kalf se immuniteit in die geval word van die biesmelk van die ma af gekry en word passiewe immuniteit genoem.

Die immuniteit van kalwers is egter nie absoluut nie. Kalwers waarvan die immuun-stelsel nie optimaal is nie bv diere wat siektes soos BVD onder lede het, wat onder voed is of hoë parasiet ladings (interne sowel as eksterne parasiete) het, kan vatbaar vir Rooiwater wees.

So kan selfs ouer diere wat voorheen aan die siekte blootgestel was en immuniteit teen die siekte ontwikkel het vatbaar vir die siekte raak tydens “stress” toestande.

Beheer van RooiwaterDie ideaal om Rooiwater in ’n kudde te beheer is om na ’n situasie van endemiese of enzootiese stabiliteit op die plaas te streef. Per definisie is endemiese stabiliteit vir Rooiwater die teenwoordigheid van beide vektore, Afrika sowel as Asiaties bloubosluise, en beide Rooiwaters, Afrika en Asiatiese Rooiwater, met minimale siekte op die plaas en in die kudde.

Om immuniteit teen Rooiwater in die kudde te verseker moet diere van ’n jong ouderdom af, tussen die ouderdom van 3 tot 8 maande, aan die siekte blootgestel word. Daarom is dit van uiterste belang dat die boer moet weet watter een van Asiatiese of Afrika Rooiwater op sy plaas teenwoordig is. Die besmettingsyfer van bloubosluispopulasies op plase met Rooiwater is baie laag. In die geval van Asiatiese Rooiwater kan dit so laag as 0.04% wees en in die geval van Afrika Rooiwater 0.26%. Dus word hoë getalle van die verskillende bosluise spesies op die kalwers benodig om te verseker dat hulle deur ’n natuurlike besmetting op ’n jong ouderdom aan die siekte blootgestel word.

Oor die algemeen word aanvaar dat die situasie met Afrika Rooiwater in Suid-Afrika, waar die siekte voorkom, redelik stabiel is. Weens die lae besmettingsyfer van Asiatiese bloubosluise met Asiatiese Rooiwater (ongeveer 6 maal laer as in die geval van Afrika Rooiwater) word dit egter aanvaar dat die situasie met die siekte onstabiel is en dat endemiese stabiliteit, deur op natuurlike besmettings staat te maak, nie haalbaar is nie.

BosluisbeheerBeide Rooiwaters kan beheer word deur diere vry van bosluise, veral bloubosluise, te hou. Weeklikse dip van diere met wateroplosbare dipmiddels moet dus toegepas word. Die prosedure word egter nie aanbeveel nie en boere wat wel die prosedure toepas, moet seker maak dat die dipmiddel wat op die plaas gebruik is, effektief is om die bosluise te beheer. Bloubosluisweerstand teen dipmiddels het oor die afgelope 15 jaar in Suid-Afrika dramaties toegeneem en op sommige plase kan die bosluise nie meer suksesvol deur dompeldip of handbespuiting beheer word nie. Deur diere skoon van bosluise te hou word die kudde volledig vatbaar vir Rooiwater en wanneer die diere dan aan die siekte blootgestel word kan die boer groot verliese lei.

Ons moet onthou dat enige middel wat vir die beheer van bloubosluise geregistreer is Rooiwater kan beheer, maar die middels sal nie die siekte voorkom nie. So bv sal Asiatiese Rooiwater nie voorkom word deur beeste met middels wat ’n sistemiese werking soos bv die makrosikliese laktoon groep van middels (bv IVOTAN en SOLUTION®

2

Figuur 1: Afrika rooiwater parasiete (Babesia bigemina) in ’n bloedsmeer soos onder ’n mikroskoop gesien teen 100 x vergroting

Figuur 2: Asiatiese rooiwater parasiete (Babesia bovis) in ’n bloedsmeer soos onder ’n mikroskoop gesien teen 100 x vergroting

Page 3: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

2012ISSUE 4

3

3.5% LA) of ‘n bosluis groei-inhibeerder (bv AcATAk®) te behandel nie. Om bosluise met die middels te beheer moet die larfies eers bloed suig en dit neem gewoonlik 4 tot 5 dae voordat bosluise deur die middels geaffekteer word. Aangesien larfies van die Asiatiese bloubosluis verantwoordelik is vir die oordraging van Asiatiese Rooiwater, sal die siekte reeds aan die diere oorgedra wees voordat die larfies met die middels geaffekteer is.

Immunisering van dierea) Inenting van kalwersDie enigste manier om te verseker dat kalwers wel op 3 tot 8 maande ouderdom aan die siekte blootgestel word, is om die kalwers met die lewendige entstof van Onderstepoort te ent. Entstowwe teen beide Rooiwaters is beskikbaar en word direk van Onderstepoort Biologiese Produkte bestel. In Suid-Afrika word diere egter deesdae net teen Asiatiese Rooiwater ingeënt en daarom gaan die hantering van die entstof hier bespreek word.

Die entstof word op droë ys versend en net genoeg entstof wat op een dag gehanteer kan word moet bestel word tensy ’n bron van droë ys beskikbaar is om die entstof wat nie gebruik word nie, bevrore te hou. Die entstof kan nie in ’n huishoudelike vrieskas gestoor word nie aangesien die temperatuur daarvan nie koud genoeg is vir die stoor daarvan nie.

Die entstof word teen ’n dosis van 1 ml per dier binnespiers toegedien. Kalwers jonger as 2 maande moet nie geënt word nie aangesien passiewe immuniteit wat van die ma verkry word, die effektiwiteit van immuniteit van die entstof kan beinvloed.

b) Inenting van diere ouer as 8 maandeDiere ouer as 8 maande het geen immuniteit teen enige Rooiwater as hulle nie voorheen daaraan blootgestel was nie. Daarom moet ouer diere wat met die entstof geënt word gemonitor word vir die siekte na inenting. Die eerste koorsreaksie na inenting teen Afrika Rooiwater word gewoonlik 7 dae na inenting en met Asiatiese Rooiwater 10 tot 14 dae na inenting gesien.

Diere wat ’n koorsreaksie toon moet onmiddelik met ’n middel wat diminazene bevat soos bv BERENIL® RTU of imidocarb soos bv IMIZOL™ behandel word. Diere moet nie met enige van die 2 middels behandel word voordat hulle nie koorsreaksies getoon het nie. Indien dit gedoen word sal beide diminazene en imidokarb die effektiwiteit

van die entstof neutraliseer en sodoende voorkom dat die diere immuniseer. Tydens inenting teen Asiatiese Rooiwater moet die temperatuur van diere gemeet word vanaf dag 5 tot dag 21 na inenting Dit neem ongeveer 6 weke vir diere om immuniteit teen die siekte te ontwikkel na inenting. Daarom moet diere skoon gehou word van bosluise tydens hierdie 6 weke periode voordat hulle aan die veldstam van Rooiwater blootgestel word deur hulle bv weekliks met TAkTIc® cATTLE SPRAY, wat amitras bevat, te dip. Dit word dus aanbeveel dat inenting van diere ouer as 8 maande in die wintermaande geskied wanneer bosluisegetalle laer en makliker beheerbaar is.

Diere wat met imidokarb (IMIZOL™) behandel was moet nie met Asiatiese Rooiwater entstof ingeënt word binne 4 maande nadat hulle behandel is nie. So moet diere ook nie binne 2 maande nadat hulle met diminazene (BERENIL® RTU) behandel is, geënt word nie. Die middels sal die infeksie vir hierdie onderskeie periodes steriliseer en voorkom dat die diere immuniseer. Wanneer die diere geimmuniseer het, sal die middels egter nie die siekte “steriliseer” soos wat algemeen aanvaar word nie. Die dier se immuniteit kan nie gesteriliseer word nie en slegs toestande wat die dier se immuunstelsel affekteer kan veroorsaak dat die diere weer vatbaar raak vir die siekte.

Behandeling van RooiwaterMiddels wat effektief is om Rooiwater te behandel is middels wat diminazene bevat soos bv BERENIL® RTU en imidokarb bevat soos bv IMIZOL™. Die sukses van behandeling word egter bepaal hoe vroeg in die verloop van die siekte die diere behandel word. Die prognose van die siekte in diere met gevorderde Rooiwater raak swakker en kan intensiewe behandeling deur die veearts nodig wees om die diere te red. Selfs met intensiewe behandeling kan die prognose steeds laag wees. In die geval van ’n uitbreek van Rooiwater in ’n vatbare kudde moet die hele kudde met IMIZOL™ of BERENIL® RTU geblok word deur die diere met die aanbeveelde dosis soos op die pamflet van die produkte aangedui, te behandel. Boere wat halwe of kwart dosisse van BERENIL® RTU gebruik om hulle diere te blok loop die risiko dat die Rooiwater parasiete weerstand teen die middel sal ontwikkel en sal dit oor ‘n periode nie meer suksesvol wees om die siekte te behandel nie.

Verwysings

1) Infectious diseases of Livestock with special references to Southern Africa: J.A.W Coetzer, G.R Thomp-

son en R.C Tustin Vol. 1

045/1208

TAkTIc® cATTLE SPRAY Amitras 12.5% (Reg no. G2535 Wet 36/1947) BENERIL® RTU Diminazene 0.07g per ml (Reg no. G2702 Wet 36/1947) IMIZOL™ Imidocarb dipropionate 12% (Reg no. G0831 Wet 36/1947) IVOTAN Ivermektien 1% (Reg no. G2858 Wet 36/1947)

SOLUTION® 3,5% LA Abamektien 1.25% + Ivermektien 2,25% (Reg no. G3689 Wet 36/1947)

Page 4: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

4

Die gebruik van beneriL® rTu en iMiZOL™

Bestuursmaatreëls om finansiële verliese te voorkom korrekte Galsiekte & Rooiwater Terapie

1. Verlaag kudde stres Beeste wat van galsiekte of rooiwater herstel het is draers/ tydelike reservoirs. Stres in sulke beeste kan kliniese siekte tot gevolg hê.

Produk BERENIL® RTU (0.07g/ mL Diminazene)

IMIZOL™ (12% Imidocarb)

2. Voorkom oormatige bosluislading OP VELD

Strategiese dipping in die lente om aantal nuwe generasies te beperk en herfs om aantal eiers wat oorwinter en in die lente uitbroei te verlaag - met na-dip veld rotasie strategie in beide gevalle.

Verpakking 20ml en 100ml (Rooiwater behandeling)

40ml en 100ml (Rooiwater en Galsiekte behandeling)

3. Voorkom oormatige bosluislading OP BEESTE deur ‘n goed deurdagte dipstrategie

Vir elke ~7 sigbare, volwasse volgesuigde bloubosluiswyfies is daar ~1,000 moeilik sigbare bosluise (larwes, nimfe, nie-volgesuigde wyfies en mannetjies). Net ’n klein fraksie hiervan dra die rooiwater organismes. Hoe meer rooiwater organisme generasies in die bosluispopulasie toegelaat word, hoe meer virulent word die siekte in die bees – vandaar meer vrektes laat in die seisoen.

Melkonttrekking Geen. Geskik vir behandeling en blok van rooiwater in lakterende suiwelkoeie.

Vyf (5) dae. Geskik vir droë suiwelkoeie by die aanvang van die droë periode, suiwelverse en alle vleisbeeste

4. Weidingsbestuur Min beeste op ’n relatief groot kamp vir ’n lang tyd lei tot verhoogde bosluisgetalle per bees. Hoër druk beweiding (groter getal beeste per wei area vir ’n korter tyd) lei tot ’n laer bosluislading per bees.

Vleisonttrekking 21 dae 28 dae

5. Strategiese gebruik van entstof

Gebruik rooiwater en galsiekte bloedentstowe in 5 - 9 maande oue vervangingsverse. Galsiekte- en Asiatiese rooiwater (B. bovis) verleen bykans lewenslange immuniteit, terwyl die immuniteit teen Afrika rooiwater (B. bigemina) net ongeveer 9 maande duur in die afwesigheid van bosluis skraag uitdaging.

Behandeling van Galsiekte

Nie effektief teen Galsiekte (Moet nie die dosis binne 4 weke herhaal nie)

Dosis is 2.5ml/ 100kg, wat NIE die infeksie steriliseer (bly ’n draer) en ook nie die bestaande immuniteit kan affekteer nie

6. Gebruik van voorkomende behandeling

Wanneer beeste van ’n skoon area na ’n bosluisbesmette area verskuif word (weidingsnood, droë koeie na veldkampe, skoubeeste van of na ’n besmette area) kan 2.5ml IMIZOL™ / 100kg lewende massa toegedien word.

Behandeling van Rooiwater en blok van uitbrake

5mL/ 100kg binnespiers (Moet nie die dosis binne 4 weke herhaal nie)

1.0mL/ 100kg onderhuids of binnespiers. Dit behandel die sub-kliniese, inkuberende gevalle

Nawerking 2 en 4 weke beskerming vir onderskeidelik Asiatiese en Afrika Rooiwater.

4 en 8 weke beskerming vir onderskeidelik Asiatiese en Afrika Rooiwater slegs na die 1mL/ 100kg dosis.

8 en 16 weke beskerming vir onderskeidelik Asiatiese en Afrika Rooiwater slegs na die 2.5ml/ 100kg dosis.

Bestuur die ROOIWATER en GALSIEkTE RISIkO verantwoordelik met BETROUBARE en oor die jare BEPROEFDE produkte vir die voorkoming en behandeling van bosluisoorgedraagde siektes. Galsiekte (anaplasmose) en rooiwater (babesiose, Afrika of Asiatiese rooiwater ) vereis ‘n totale risiko bestuursstrategie:

Verwysings:• Coetzer J.A.W. & Tustin R.C. (ed) 2004 Infectious Diseases of Livestock. 2nd edn. Oxford Univ. Press• Callow 1974 The immunity of Cattle to babesia argentina after drug sterilisation of infections of varying duration.

Austr Vet Jnl 50:5-10• Taylor R.J. & McHardy N 1979 Preliminary observations on the combined use of imidocarb and Babesia blood

vaccine in cattle JSAVA 50:326-329• Kuttler et al 1974 The chemotherapeutic efficacy of imidocarb diproprionate on concurrent bovine anaplasmosis

and babesiosis. Tropical Animal Health & Production. 6:71-78• LHPG Review 2002 Siektetendense: Rooiwater; p8-10• Coetzee J et al. 2004 World Buiatrics Congress Quebec

IMIZOL™ Imidocarb dipropionate 12%Reg no. G0831; Wet 36 / 1947

051/1208

BERENIL® RTU Diminazene 0.07g per mlReg no. G2702, Wet 36 / 1947

Page 5: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

A4 Imizol Brochure-ENG-PRESS.ind1 1 2/12/11 4:11:26 PM

Page 6: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

6

RALGRO®:Verhoogde winste Deon van Emmenis / Dr Pierre Jansen van Vuren

In vandag se boeredery is die druk al hoe meer op boere om meer kilogram per hektaar te produseer. Voedsel produksie kom onder groter druk aangesien die wêreld bevolking van 7 biljoen sal spring na 9 biljoen teen 2050. Die uitdaging is om produksie te verdubbel en terselfde tyd jou produsie kostes te verlaag met ± 50%, dus bly die vraag, hoe kan ons, ons produksie verdubbel?

Deesdae het ons mineraal lekke, produksie lekke, vitamieninspuitings en nog meer beskikbaar, om die boer te help om sy doelwitte te bereik.

Die vraag is : waarom nie ook faktore wat ’n dier laat groei, soos bv. sy hormoon produksie, voedsel metabolisme, spierbou, verteringsdoeltreffendheid en aptyt, stimuleer nie. Die belegging wat die boer maak in addisionele voer, lekke en vitamienes lewer `n vinniger rendement en sodoende word die opbrengs op sy belegging verhoog.

Waarom stimulante?Kliere wat groei hormone in die dier se liggaam produseer kan aktief of onaktief wees. Sou `n boer wou hê dat so ’n dier vinniger moet groei of beter moet presteer kan die proses gestimuleer word. Die stimulasie lei daartoe dat die kliere meer groei hormoon produseer, wat dan verskeie prosesse in die liggaam versnel. Die resultaat is dat die dier die voer beter benut, vinniger groei en uiteindelik meer inkomste en beter winste vir die boer genereer.

Hoe werk die RALGRO® stimulant?Kliere wat groei hormone (pituitêre klier) produseer is onder beheer van ’n sekere deel van die brein, naamlik die hipofise klier. Die hipofise klier produseer chemiese transmitters wat ander kliere aktiveer om groei hormone te produseer. Sou ’n mens die hipofise klier stimuleer, word daar meer groei hormone geproduseer wat die dier se groei versnel sonder hormonale wanbalans. Daarteenoor mag `n hormonale wanbalans ontstaan wanneer `n groeistimulant met slegs een hormoon toegedien word.

Die volgorde waarin groei in `n kalf plaasvind is: eerstens die skelet( beenstruktuur); dan sy spiere en eers later word die vet neergelê. Sou ’n mens die proses versnel deur stimulasie, word meer beengroei in die gegewe tyd

gevorm met `n gevolglike groter raamwerk dier waarop meer spiere gebou kan word.

In die spierbou stadium word die spiervesels gestimuleer om vinniger voedingstowwe op te neem. As die voedingstowwe vinniger uit die bloed geabsorbeer word, word die aptyt gestimuleer met verhoogde voeromset. Die voedingstowwe word ook baie vinniger in spier omgesit nadat dit opgeneem is en daarom verhoog die uitslag persentasie van die diere. Die gevolg is dat die kalf baie vinniger gewig aansit.

Hoe gebruik ons RALGRO® in ’n bestuursprogram?Die implantaat werk vir 60 tot 90 dae, dit kan op `n dier so vroeg as 3 maande oud gebruik word. Kom ons gaan kyk na bees en skaap produksie.

Beesproduksie:In die praktyk word kalwers, as hulle vir die eerstekeer op `n ouderdom van drie maande ouderdom gehanteer word, geïmplanteer. Ons wil die kalwers so vroeg as moontlik implanteer om die maksimale voordeel van beengroei te benut. Afhangende van die kwaliteit van die voer en die intensiteit van die bestuursprogram, kan die kalwers elke 60 tot 90 dae geherïmplanteer word. Waar kalwers elke 60 dae geïmplanteer word, word die maksimale resultate verkry.

Skaapproduksie:Uitskot lammers kan op ’n ouderdom van drie maande en ouer geïmplanteer word. Ons wil gewoonlik lammers afrond net na speen om dan daai ekstra voordeel uit die lammers te verkry. Lammers word oorwegende slegs eenmalig geïmplanteer, daar is min tot geen voordeel met addisionel implanteering nie. Waar lammers vir ’n periode van 60 dae gevoer word, word die maksimale resultate verkry.

Direkte resultate van’n implantaat bestuursprogram.

• Groter raamwerk dier word verkry.• Hoër speenmassas• Verhoogde uitslagpersentasies – meer

geld in sak• Verhoogde daaglikse gewigstoenames

(GDT`s) – diere word vroeër bemark• Verbeterde voeromset verhoudings

(VOV) – voerrekening laer

Ander voordele wat RALGRO® bied in:

Beeste• Uiers van verse ontwikkel beter.• Bulkalwers se testikel ontwikkeling

word onderdruk, kastrasie is dus nie nodig nie. Dit lei ook tot kalmer bulletjies

• Die diere is kalmer en rustiger wat beter immunisering tot gevolg het, na prossesering.

• Kalwers kan vroeër gespeen word. Dit gee aanleiding daartoe dat koeie `n beter kans het om hulle reserwes op te bou en hulle fetusse beter te voed. Gevolglik is kalwers by geboorte sterker met `n beter oorlewingsvermoë.

• Koeie in ’n goeie kondisie, sal vroeër beset raak, wat weer lei tot `n korter interkalfperiode.

• Wanneer RALGRO® in `n kommersiële kudde gebruik word, moet die teeldiere op ouderdom gepaar word vir die eerste keer en nie op gewig nie.

Skape• Rammetjies wat vir die voerkraal

bestem is se testikel ontwikkeling word onderdruk, kastrasie is dus nie nodig nie. Dit lei ook tot kalmer rammetjies

• Die diere is kalmer en rustiger wat beter immunisering tot gevolg het, na prossesering.

• Lammers kan vroeër gespeen word. Dit gee aanleiding daartoe dat ooie `n beter kans het om hulle reserwes op te bou en hulle fetusse beter te voed. Gevolglik is lammers by geboorte sterker met `n beter oorlewingsvermoë.

• Ooie in ’n goeie kondisie, sal vroeër beset raak.

PROEF DATA = WINSTERALGRO® SkAAP(Reg. Nr. G1802, Wet 36/1947) In die proef wat gedoen is op skape met drie verskillende aantal staan periodes het die aangewys dat die beste resultate bereik was op ’n staan pe-riode van 60 dae. Sien onderstaande tabelle vir resultate.

Page 7: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

2012ISSUE 3

7

(Fig 2) Verskil tussen begin en slag gewig (60 dae)

Groep Begin Gewig Slag Gewig Verskil GDT

Kontrole 32.78 45.33 12.55 0.209

RALGRO® 30.58 47.5 16.92 0.282

4.37 kg beter as kontrole

(Fig 1) Verskil tussen begin en slag gewig (35 dae)

Groep Begin Gewig Slag Gewig Verskil GDT

Kontrole 39.5 49.3 9.8 0.280

RALGRO® 39.9 51.4 11.5 0.329

1.7 kg beter as kontrole

Die gemiddelde verskil in gewigstoename tussen die RALGRO® groep en die kontrolegroep was ’n allemintige 4.37kg (Fig 2) op 60 dae, wat teen R24-50 per kg, ’n inkomste beteken van R107. 06 per dier. Sou die uitgawe van RALGRO® SkAAP (Reg. Nr. G1802, Wet 36/1947) afgetrek word is die neto inkomste (wins) R100 per dier. Selfs teen ‘n 1.7kg (Fig 1) verskil maak die produsent ’n neto inkomste (wins) van R35.35 per dier.

RALGRO® BEESIn die proef wat gedoen is op beeste met RALGRO® BEES (Reg. Nr. G1406, Wet 36/1947) ’n allemintge groei van R5.13kg (Fig 3)bo die kontrole groep gehad.

Die gemiddelde verskil in gewigstoename tussen die RALGRO® groep en die kontrolegroep was ’n allemintige 5.13kg (Fig 3), wat teen R15-50 per kg, ’n inkomste beteken van R79.52 per dier.

Sou die uitgawe van RALGRO® BEES (Reg. Nr. G1406, Wet 36/1947) afgetrek word is die neto inkomste (wins) R67.70 per dier.

Die oordeelkundige en strategiese gebruik van RALGRO® is uiters belangrik. Skakel u MSD Animal Health verteenwoordige vir enige navrae rakende die posisionering van RALGRO® in u boerdery.

NAVRAE: MSD Animal Health - 0861 838 838

(Fig 3) RALGRO® BEES Proef

GroepAantal diere

Gemiddelde begin gewig

Gemiddelde Slag gewig

Gemiddelde Gewigs

toename

Verskil bo kontrole

Kontrole 186 190.09 kg 249.48 kg 59.39 kg

RALGRO® BEES 182 190.40 kg 254.92 kg 64.52 kg 5.13kg

SkAAP BROMMERS:(Lucillia cuprina)– Jacques van Rensburg, Produk Spesialis Kleinvee

Dit is nie seker presies wanneer die brommerplaag in Suid-Afrika vir die eerstekeer sy kop uitgesteek het nie, maar dit was van die begin van die eeu wat die probleem vererger het. Die probleem het saamgeval met die verskynsel dat brommers skynbaar hul gewoontes aangepas het deurdat hulle verander het van verteerders op karkasse tot ektoparasiete wat op lewende skape teer.

Dit wil lyk of die probleem saam met die wolbedryf onwikkel het3.

Brommers word basies in twee groepe verdeel nl: primêre en sekondêre brommers. Primêre brommers word eerste na diere gelok deur die aanwesigheid van aantreklike verottingstoestande en die bygaande reuke wat dit veroorsaak. In die geval van skape

word hierdie toestande gewoonlik aangehelp deur verskeie omgewing en bestuursfaktore soos bv. nat en vuil wol asook oop wonde en loperige diaree. Die wyfiebrommer Iê haar eiers op hierdie «geurige en aantreklike « wol areas vanwaar hul dan uitbroei om in larwes te ontwikkel. Hierdie larwes groei vinnig en ondergaan twee vervellings tot die stadium waar dit as maaiers bekend staan.

Brommers is vlieë waarvan die maaiers in karkasse van dooie diere, of in wonde op lewende diere, of in albei ontwikkel. Daar is verskeie brommers spesies aan ons bekend maar in hierdie artikel gaan ons slegs fokus op die soorte wat diere aanval en meer spesifiek skape.

References:• 1) Ralgro Technical Manual • 2) Borger.M.L., L.L Wilson , J.D. Sink, L.H. Ziegler and S.L Davis. 1973. J.Anim. Sci36 :706• 3) Williams,J.E., S.J. Ireland, T.A. Mollet, D.L. Hancock, E.E. Beaver and S. Hannah. 1991. J Anim. Sci. 69 :1688• 4) Mader, T.L. 1997. Okla. State Univ. P-957 :88• 5) Kuhl, G.L. 1997.Okla State Univ. P-957 :51

RALGRO® cATTLE (Reg no. G1406 Wet 36/1947) RALGRO® SHEEP (Reg no. G1802 Wet 36/1947)

Page 8: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

8

Sekondêre brommers word gelok deur die verottingsreuke wat afkomstig is van die weefsel verteringsproses van die wonde wat deur die primêre brommers se maaiers veroorsaak word.

Brommeraanvalle op wolskape is reeds vir meer as twee eeue bekend in die Britse Eilande. Sedert die begin van hierdie eeu het die probleem ook in die ander wolproduserende lande soos Suid-Afrika, Australië en die V S A begin. Vroeë ondervinding het getoon dat eienskappe waarvoor geselekteer was ten einde hoër wolproduksie te verkry, bv. plooi-ontwikkeling het die skape meer vatbaar gemaak vir brommeraanvalle4

Brommeraanvalle veroorsaak groot verliese aan wolopbrengs, liggaamsmassa, groeitempo en vrugbaarheid van skape en kan selfs vrektes veroorsaak. Die kostes daaraan verbonde om brommeraanvalle te bestry, asook die skade wat hulle aanrig, beloop letterlik miljoene rande3

.

Daar is in Suid-Afrika hoofsaaklik vier (4) soorte brommers wat skape aanval, maar hulle is nie almal ewe belangrik nie.

Die groen skaapbrommer: (Lucillia cuprina) – primêre brommer

Die brommer se grootte is soortgelyk aan die van ‘n gewone huisvlieg,

soms effens groter, met ‘n kenmerkende blink-groen kleur. Sy bene is swart, behalwe die boonste dele, of dye-, van die voorbene

wat ook groen van kleur is.

Die groenbrommer, Lucillia cuprina, wat as ‘n primêre

brommer geklassifiseer word, is verantwoordelik vir meer as 90% van die aanvalle op lewendige wolskape wat as ‘n verkieslike proteïenbron vir hul larwes dien2. Die vlieë word aangetrek deur die reuk van vagverrotting wat deur nattigheid in die wol veroorsaak en aangehelp word.

Die wyfie lê sowat 1 000 eiers in haar leeftyd in pakkies van sowat 200 eiers. Wanneer omstandighede gunstig is, broei die eiers 8 tot 12 uur nadat dit gelê is, uit. Die eerste stadium larfie skei verteringsappe af en vernietig die vel en weefsel van die skaap. Die tweede en derde stadium larwes veroorsaak wonde met ‘n kenmerkende verottende reuk. Hierdie maaiers groei baie vinnig en nadat hulle 2 maal vervel het neem dit ongeveer 3-4 dae voordat hulle van die skaap afval vanwaar hulle in die grond inkruip om in ‘n papie te verander. Die maaiers van die primêre brommers is glad. Vanuit die papie kom die nuwe klein vlieg tevoorskyn. Onder gunstige tyoestande kan die hele lewensiklus so kort as 7 dae duur. Gedurende die koue wintermaande kan baie maaiers en papies in die grond bly lê en wag todat dit gunstiger en warmer is voordat hulle verder ontwikkel. Brommeraanvalle vind

gewoonlik gedurende warm, nat tye van die jaar plaas. So min as 7-10 brommers per hektaar kan meer as genoeg skade aanrig indien skape teenwoordig is. Skaapbrommers kan nie eiers lê alvorens hulle ‘n proteïen maaltyd gehad het nie. Na hierdie maaltyd sal die vlieë paar en tot 200 eiers word op ‘n slag lê. Volwasse skaapbrommers kan vir meer as ‘n maand leef en in hierdie maand kan hulle 2-3 keer eiers lê. Sodra die maaiers afval kruip hulle in die boonste lagie van die grond of mis in krale en verander na ‘n papie. Vanuit hierdie papie sal die volgende volwasse brommer weer uitbroei. Onder ideale omstandighede mag hierdie totale siklus in 12 dae voltooi word2.

Die koperstertbrommer: (Chrysomyia chloropyga) – primêre brommerDie koperstertbrommer is effens groter as die groenbrommer en is ‘n verwante primêre spesie van Lucillia cuprina wat skape ook selfstandig aanval. Die brommer is blou-groen van kleur met ‘n kenmerkende omega vormige swart merk op die voorlyf net agter die kop, terwyl die laaste stuk van sy agterlyf ‘n koperagtige of brons-groen kleur het. Hierdie brommer is vir sowat 5-10% van die aanvalle op skape verantwoordelik3

.

Die Bloubrommer: (Chrysomyia marginalis) - primêre brommer Die brommer is blou-groen, groot en lomp, en word ook soms die bloubottel genoem. Bloubrommers is heelwat groter as die ander brommers en maak ‘n kenmerkende gonsgeluid wanneer hulle vlieg. Die brommer is net aktief in die somermaande3.

Die gestreepte groenbrommer: (Chrysomyia albiceps) - Chrysomyia marginalis3 sekondêre brommer Die brommer is blink-groen met swart bene met duidelike swart strepe dwars, tussen die litte, oor die agterlyf. Die sekondêre brommer lê sleg eiers in die wonde indien daar reeds maaiers van die eersgenoemde primêre brommers teenwoordig is. Die maaiers van die gestreepte groenbrommer het vleisagtige uitsteeksels aan hul liggame en hulle vreet die maaiers van die primêre brommers. Hierdie brommers is verantwoordelik vir dieper wonde as die primêre brommer maaiers wat hoofsaaklik oppervlakkig vreet.

Voorkeure en gedrag van brommers in die veld Die brommermannetjies en -wyfies het water en koolhidrate nodig om van te leef. Verder het die wyfies ook proteïene nodig vir die rypwording van hul eierstokke4. Die wyfie se vrugbaarheid asook die ontwikkeling van die larwes hang af van hoeveelheid proteïene wat beskikbaar is. In die veld leef die brommers van die nektar van sekere plante, heuningdou van luise en die mis en vervloeide proteïen van karkasse3. Die brommers bly naby water in die veld, waarsonder hulle nie kan oorleef nie. Dit beteken ook dat ‘n goeie reënjaar ook ‘n “goeie” brommerjaar sal wees. Met swaar

aanhoudende reëns neem brommergetalle egter af, waarskynlik omrede die larwes dan versuip.

Brommers is baie gevoelig vir temperatuurskommelinge. Hul aktiwiteite neem baie af wanneer die temperatuur laer as 17° C daal of indien dit hoër as 30° C styg. Hulle is ook baie onaktief wanneer die wind sterk waai. Brommers vrek maklik indien hulle aan warm, droë weersomstandighede blootgestel word. Onder normale veldtoestande kan ‘n wyfie sowat 2 weke leef.

Die meeste brommers versprei en vlieg nie meer as omtrent 1 tot 2 km vanaf die plek waar hulle uit die papiedoppe gekruip het nie. Soms versprei hulle egter wel verder, met behulp van die wind. Soos die winter naderkom, neem hul aktiwiteit sterk af, minder larwes vorm, en van hulle gaan minder oor in die papiestadium. Brommergetalle bly laer tot in die lente3.

Hoekom is skape vatbaar vir brommer-aanvalle?Dele van die skaap se wol moet tot op die vel nat word en nat bly vir sowat 48 uur voordat ‘n brommeraanval suksesvol kan plaasvind. Lang, fyn wol behou ook water, wat tot op die vel indring, langer as kort wol en bly ook dus langer nat. Oormatig baie sweet en wolvet is ook ‘n goeie kweekbodem vir bakteriese groei. Die bakterieë wat in sulke nat of beswete wol groei, beskadig soms die vel en wolvesels sodat serumagtige afskeidings (vagvrot) vorm, wat dan ook die brommerwyfies aanlok. Reën en dou kan hierdie langdurige benatting van die vag veroorsaak, en net so ook waterige mis as gevolg van wurmbesmettings (word baie keer geassosieer met interne parasiete soos haarwurm en bankrotwurm), koksidiose of sappige groen weiding. Verder kan die wol vuil en nat word wanneer ooie lam, of die wol kan met uriene benat word.

Ander gunstige toestande op die skaap is die stertafsny- en kastrasiewonde, skeerwonde, kopstampwonde (ramme) en bosluisbytwonde.

Velplooie, veral in die broek- en stertgebied, skep ook gunstige toestande vir brommers omdat nattigheid maklik behoue kan bly tussen hierdie plooie. Oormatige plooie langs die vulva kan ook veroorsaak dat uriene nie maklik kan wegvloei nie en die omliggende wol benat asook die vel irriteer4.

Bouvormfoute kan die skaap ook aantrekliker maak vir die brommers. Dit is veral foute soos te nou of spits agterstewe, veral by ooie, te hoë of los skouers en duiwelsgreep agter die skouerblaaie. Die foute skep holtes waarin nattigheid kan aansamel4.

Luci

llia

cupr

ina3

Chry

som

yia

mar

gina

lis3

Page 9: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

Die sterte wat te kort afgesny is, veral by ooie, maak hulle ook meer vatbaar vir brommeraanvalle. Hulle kan die kort stertjie nie oplig wanneer hulle mis of urineer nie en dan hang die lang wol van die stertpunt in die pad van die uriene en mis en gevolglik word dit gou nat en vorm miskloste. Die vulva is dan ook onbeskermd teen die son en dit kan kanker van die vulva veroorsaak2.

Klontwol, is ‘n toestand wat deur ‘n bakterieë in die vel veroorsaak word en skep ook ‘n ideale omgewing vir die brommers om eiers te lê. Die maaiers broei uit in die klontwol, voed en penetreer dan dieper in die vel in.

Wonde (skeer en ander wonde), vrotpootjie en oë wat traan mag ook aantreklik vir die brommers wees. In alle gevalle is vog egter die gemeenskaplike faktor wat brommeraanvalle vooraf gaan.

kliniese simptome van skape met brommers:Skape wat deur brommers aangeval word is gewoonlik lusteloos en angstig. Die met broek-infeksies, skud gewoonlik die stert, roer die boud spiere en stamp soms die voete. Skape wat die aangetasde dele kan bykom sal die areas byt, skuur en probeer raakskop. Daar is ook a kenmerkende vrot reuk wat naby die diere geruik kan word. Wol mag los vertoon en maklik afgetrek word wanneer hanteer word. Los stukke wol kan ook soms vanself begin afval en die aangetasde dele ontbloot. Teen die tyd is baie van die skade reeds gedoen. By erg en onbehandelde diere mag vrektes voorkom agv skok en sekondêre infeksies2,3.

Behandeling, beheer en voorkoming van brommeraanvalle by skape:Daar is verskeie metodes om brommeraanvalle tot ‘n minimum te beperk. Geeneen van hierdie metodes behoort egter losstaande gesien te word nie.

Bestuurspraktykte:1. Selekteer vir minder geplooide skape;

prul skape met bouvormfoute soos spits agterstewes, hoë los skouers of duiwelsgreep agter die blaaie4.

2. Sny die sterte van ooitjies net lank genoeg om die vulva toe te maak (sowat 3 tot 4 litte lank). Op hierdie lengte kan sy haar stert swaai en ook oplig wanneer sy mis of urineer. So ‘n ooitjie se broek bly skoner en droër. Hierdie lengte sal ook nie ‘n probleem wees tydens dekking nie.

3. Pas skeer en mikskeer van skape, veral ooie, strategies toe om hulle met kort wol in die broekgedeelte te laat gedurende lente-, somer- of herfsseisoene, sowel as in lamtyd. Wanneer mikskeer toegepas word, kan areas rondom ramme se horings, asook ramme en hamels se peesters, ook geskeer word indien brommeraanvalle dikwels op hierdie gedeeltes voorkom2.

Chemiese beheer:1. Ge-infekteerde skape kan gedip word

met ‘n geregistreerde dip soos: ZIPDIP (G381 Wet 36/1947), of DELETE

X5 (G3279 Wet 36/1947). Hierdie dipstowwe sal ‘n direkte dodende uitwerking op die maaiers op die dier hê. Hierdie dipmiddels is ook geregistreer vir bosluis beheer en sal dus ook die wonde wat afkomstig is van die bytplekke van sekere bosluise, effektief voorkom.

2. Om die impak van die behandeling te verleng kan die gebruik van ‘n insekgroeireguleerder (IGR) soos FLEEcEcARE (G1743 Wet 36/1947), tesame met produkte soos, ZIPDIP (G381 Wet 36/1947) gebruik word. Die groeireguleerder verhoed die ontwikkeling (vervelling) van die buitenste skelet van die tussen-stadiums van die brommer larwes en breek dus so die lewensiklus van hierdie parasiet. FLEEcEcARE (G1743 Wet 36/1947) het ook ‘n geregistreerde nawerking om die ontwikkeling van die brommer

larwes te voorkom vir tot 16 weke. Baie belangrik is dat 100% benatting van elke dier verseker moet word en dat alle diere op die plaas gedip moet word. Dompeldipping bly steeds die beste praktyk maar spuit dip metodes kan ook effektief aangewend word.

3. DI-FLY Wound Spray (G2155 Wet 36/1947) kan gebruik word vir kol behandeling van geinfekteerde wonde en besmette areas.

4. ZIPDIP (G381 Wet 36/1947) en DELETE X5 (G3279 Wet 36/1947) moet verkieslik sowat 1 tot 2 maande na skeer toegedien word sodat daar genoeg wol is om die dipstof vas te hou en dus ‘n meer effektiewe werking te verseker. Meer gereelde dip intervalle sal oorweeg moet word waar waar bosluise ‘n groot probleem is.

5. Voorkomende beheer kan strategies aangewend word deur die hele kudde oor die volle lengte van die rug en in die broekgedeeltes te behandel wanneer dit lyk asof ‘n “goeie” brommerseisoen voorlê. Indien lyfaanvalle nie ‘n probleem is nie, kan slegs die broekgedeeltes behandel word. ZIPDIP (G0381 Wet 36/1947) en DELETE X5 (G3279 Wet 36/1947) is goeie middels vir hierdie doel.

6. Inwendige parasiete wat maagwerk mag veroorsaak kan brommeraanvalle vererger en moet voorkomend behandel word. Voorkeurmiddels wat hier van hulp kan wees is NEM-A-RID® 3,75% (G3548 Wet 36/1947) en IVOTAN 1% (G2858 Wet 36/1947) wat geregistreer is vir beheer en voorkoming van interne parasiete soos haarwurm, bankrotwurm, bruinmaagwurm, knoppieswurm, asook UITWENDIGE PARASIETE SOOS neuswurm en bosluise1

.

Vir enige vrae, gebruiks aanbevelings en raadpleging kontak gerus jou MSD Animal Health agent of MSD direk by: 0861 838 838 of +27(0) 11 923-9378 Verwysings:

1. Skaap platform, MSD Animal Health 2010, p92. H.O Mönnig, F.J Veldman. Handboek oor Veesiektes. 1986,

p189-1913. Jan de Wet en Gareth Bath, Kleinvee siektes. 1994, p102-1044. DE VRIES A H, 194.1. Vatbaarheid van Merinoskape vir

brommerbesmetting. Boerdery in Suid-Afrika. Herdruk no 76.• VliegFotos:WikipediaMaaiers wat teer op die lewende skaap3

DELE

TE X

5 (G3

279 W

et36

/194

7)

DI-F

LY®

(G21

55 W

et36

/194

7)

NEM

-A-R

ID®

(G35

48 W

et36

/194

7)

FLEE

cEcA

RE (G

1743

Wet

36/

1947

)

TAkT

Ic®

cAT

TLE

SPRA

Y (G

2535

Wet

36/

1947

)

ZIPD

IP (G

0381

Wet

36/1

947)

2012ISSUE 3

9

Page 10: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

10

A4-Nem-A-Rid AD-ENG-PRESS 18/10/11 5:37 PM Page 1

Composite

C M Y CM MY CY CMY K

Page 11: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

112012ISSUE 3

MoraxELLa boViS

Sal dit jou:Eetlus affekteer?

Geduld met jou vrou en kinders affekteer?

Dryfkrag by die werk affekteer?

Dieselfde tipe scenario is wat gebeur as jou beeste se oë geinfekteer word met Moraxella bovis……….ook genoem “Pink-eye” in beeste.

Moraxella bovis is een van die hoof oorsake van seer oë by beeste en die siektetoestand wat in beeste veroorsaak word is besmetlike kerato konjuktivitis. Moraxella bovis is hoogs aansteeklik en veroorsaak epidemiese uitbreke (10 % - 76 %) van ooginfeksies.

Kerato-konjuktivits is meer algemeen in jonger diere en die toestand is ook ernstiger. Ouer diere wat nog nie voorheen met Moraxella bovis in aanraking was nie, mag ook besmet raak. Beeste wat donker pigment om hulle oë het, is ook minder vatbaar vir infeksie. In ‘n kudde is daar klinies gesonde draerdiere wat die bakterieë in die oognasale buis huisves. Hierdie diere speel ‹n belangrike rol in die verspreiding van die siekte. Wanneer diere ingekoop word, wat kliniese draerdiere is, word die siekte dan in die kudde ingebring.

VERSPREIDINGVerspreiding van die siekte kan direk met druppelbesmetting tussen diere geskied of indirek versprei word deur vlieë soos bv. die huisvlieg, gesigsvlieë of stalvlieë. Daar is ook gevind dat ‘n mot, Arcyophora longivalvis, op oogsekresies van beeste voed en so die siekte verspei.

Die besmetlike oogsiektes kom meer dikwels voor in die somermaande wanneer vlieë, stof en ultravioletstrale meer voorkom. Stof en grasdeeltjies wat in die oog waai, kan die toestand vererger.

Oorbevolking van diere,‘n Vitamien A tekort, asook stres (vervoer van diere, hoё temperature) kan ook die siektevoorkoms vermeerder.

Gelyktydige infeksies met organismes soos Chlamydophila pecorum, Infeksieuse bees rinotrageitis, (IBR ), Parainfluensa 3 (PI3 ), Adenovirusse asook die oogwurm Thelazia sp. mag ‘n rol speel. Dit wil voorkom dat die besmetting nie van beeste na skape oorgedra word nie.

SIMPTOMEDie inkubasieperiode van Moraxella bovis kan varieer van 2 tot 3 dae tot selfs so lank as 3 weke wees. Een of albei oë mag aangetas word. Eerste tekens is tranerigheid, spasma van die ooglede, ligsensitiwiteit, swelling en verrooiing van die ooglede.

Aanvanklik is die ooguitloopsel waterig en daarna etterig, wat veroorsaak dat die ooglede aanmekaar vaskleef. Die oogbal swel, verander van kleur na wit tot geel-blou en word ondeursigtig. Herstel begin wanneer bloedvaatjies op die kornea sigbaar word, maar ‘n slegte teken is wanneer ‘n seer op die oogbal ontwikkel wat tot permanente blindheid kan lei.

BEHEERDie beste manier van beheer is om die siektetoestand te voorkom deur te ent 3 tot 6 weke voor verwagte uitbrake van Moraxella bovis met ё enstof byvoorbeeld PILIGUARD® PINkEYE - 1 TRIVALENT.

PILIGUARD® PINkEYE – 1 TRIVALENT:• Is die enigste “one-shot” onderhuidse entstof

• Pinkeye voorkomende teenliggame kom in die bloed en trane voor van ingeente diere

Grafiek 1: Beskerm teen die 3 mees kruis beskermende stamme (EPP63, FLA64 and SAH38)

Die kalwers wat geënt is het tot amper 7 keer meer IgA teenliggame in hulle trane as kalwers wat nie geënt is nie.

Dis vroeg oggend en jy word wakker. Jou oë is baie seer. Jy sukkel om te sien en jou oë jeuk en brand……

800

600

400

200

0

STAMME

STAMME

FLA64EPP63 SAH38

11

Figuur 1Vroeg 7 – 14 dae infeksie

Figuur 2Laat – 10 dae PLUS infeksieKliniese draerdiere

Page 12: veestock VERNUF SENSE - MSD Animal Health...Kaapse kus tot by ongeveer Swellendam in die Wes-Kaap. Beide Afrika en Asiatiese bloubosluise is eengasheer bosluise, m.a.w. die lewensiklus

Intervet South Africa (Pty) Ltd Reg. No. 1991/006580/0720 Spartan Road Isando 1600 R.S.A Private Bag X2026 Isando 1600 Tel +27 (0) 11 923 9300 Fax +27 (0) 11 974 9320 www.msd-animal-health.co.za

Wat sê die verbruiker?• Mr Ian Fox beweer “Pinkeye” is ‘n pes, hy sê daar is niks erger

as blinde, siek kalwers of een oog beeste op jou gronde nie. Hy beweer die kostes van ‘n gëinfekteerde kalf of bees is meer as R166/dier as jy al die behandelings, oogklappe en verlore produksie bymekaartel. Hy gebruik PILIGUARD® jaarliks vir sy bestaande kudde en ook vir nuwe diere wat aangekoop is en op die plaas arriveer vir die eerste keer.

• Mr John Abra sê om te voorkom is vir hom standaard op sy plaas. Hy sê vandat hy ent het hy nie uitbrake op sy plaas nie en dus is daar nie diere wat kondisie verloor of wat ’n bron van infeksie op sy plaas is nie.

Voorkoming in die vorm van insekbeheer is ook baie belangrik met spuitmiddels DELETE X5, of opgietmiddels DELETE®, of DELETE® ALL wat piretroiede bevat wat opgegiet kan word.

BEHANDELINGIsoleer aangetaste diere aangesien hulle ‘n bron van besmetting is. Hou hulle in die skadu in ‘n stofvrye omgewing.

Oë moet met antibiotika behandel word en oogsalwe word bo aërosols en poeiers aanbeveel. Raadpleeg ‘n veearts vir ‘n aanbeveling oor watter middel beskikbaar is. Daar moet altyd met die behandeling aangehou word, omdat selfs gevalle wat soms hopeloos lyk dikwels selfs na ‘n week of twee kan herstel.

Die binnespierse toediening van ‘n langwerkende tetrasikliene soos bv. REVERIN LA word aanbeveel en sal ook die draertoestand kan uitskakel. Afhangend van die koste implikasie mag daar oorweeg word om die hele kudde te behandel. Waar erge korneale letsels voorkom, kan die derde ooglid oor die kornea vasgewerk word deur veearts, Vitimiene A; D en E kan ook toegedien word, maar die waarde daarvan is twyfelagtig.

VERWYSINGS• http://.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/beeste-het-seer-oe• Bronne: Infectious Diseases of Livestock. Edited by J. A. W. Coetzer and R. C. Tustin

ISBN 019 576171 • http://www.pinkeye.com.au/default.asp?_DOC_ID=782

PILIGUARD® PINkEYE - 1 TRIVALENT Reg. No. G2803 Wet 36/1947 Contains chemically inactivated cultures of Moraxella bovis isolates referred to by Schering – Plough as Strains EPP 63, FLA 64 and SAH 38 in an oil emulsion adjuvant.

DEL

ETE®

ALL

Reg

. No.

G283

7 W

et 3

6/19

47)

Cont

ains

Am

itraz

2.0

% m

/v, d

elta

met

hrin

0.5

% m

/v,

pipe

rony

l but

oxid

e 2.

0% m

/v

DEL

ETE

X5 R

eg. N

o. G

3279

Wet

36/

1947

Co

ntai

ns D

elta

met

hrin

5%

m/v

DEL

ETE®

Reg

. No.

G28

15 W

et 3

6/19

47

Cont

ains

Del

tam

ethr

in 0

.50%

m/v

, pi

pero

nyl b

utow

ide

2.0%

m/v

REVE

RIN

LA

Re

g. N

o. G

3442

Wet

36/

1947

Ea

ch m

l con

tain

s 20

0mg

Oxyt

etra

cycl

ine