Vanderkloof historiese joernaal preview
-
Upload
albert-van-der-westhuizen -
Category
Documents
-
view
304 -
download
46
description
Transcript of Vanderkloof historiese joernaal preview
INHOUD / INDEX
Species in Rolfontein Nature Reserve 3
Fish Species in Vanderkloof Dam 4
Rolfontein Map 5
Vanderkloof Dam Map 6
Die Vanderkloofskema en P. K. le Rouxdam 7
Planne om die Oranje Op te Dam 8
Conroy – Kinkel in die Kabel 9
1957 Beplande Skema 10
’n Splinternuwe ‘Spookdorp’ 11
Water Affairs / ESKOM Power Station 18
Original Landscape Aerial Photo 21
Orange River Development Map 22
National Grid / Cross-section through
Power Station 23
Dam Construction 24
Ontstaan van Vanderkloof Dorp 27
Road Map to Vanderkloof 29
Chariot Nuusbrief 1972 30
Chariot Newsletter 1973 41
Memories of Davies Family 46
Glancing back: High Lights of the Year 1977 53
Where Was What / Waar Was Wat? 54
Vanderkloof se Inwoners Vertel 58
Ontmoet ons Inwoners – Sedert 1986 66
Die Skakel....... 1986 73
Die Skakel....... 1987 76
Vanderkloof Vakansieoord…1987 84
Die Skakel.......1988 85
Die Kwikstertjie......1996 96
Die Kwikstertjie......1997 102
Die Kwikstertjie......1998 108
Die Kwikstertjie......1999 113
Die Kwikstertjie......2000 120
Die Kwikstertjie......2001 125
Die Kwikstertjie......2002 132
Die Kwikstertjie......2003 137
Die Kwikstertjie......2004 141
Die Kwikstertjie......2005 144
Die Kwikstertjie......2006 147
Die Kwikstertjie......2007 150
Die Kwikstertjie......2008 155
Die Kwikstertjie......2009 164
Die Kwikstertjie......2010 170
Experiencing Vanderkloof 2010/11 174
Die Kwikstertjie......2011 178
Die Kwikstertjie......2012 184
Hoe Ondervind Inwoners Nou Vanderkloof 190
Die Kwikstertjie......2013 193
Stand van Die Dam / Level of the Dam 200
Vanderkloof Experience 2011/ 2013 201
Die UV se PPP Voorlegging – 4/4 2013 210
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 9
aanlê. Die bou van die wal en die kragsentrale
met sy kragdrade sal oor die £15 miljoen kos. Die
tweede deel van die skema is die bou van die
Prieska-samevloei skema om 13,000 morge te
besproei. Dit sal £4,000,000 kos.
Die derde stap is die bou van die suidoewerkanaal
(gemerk A op die kaart) vir die hele Hopetown en
Strydenburg – koste £2,750,000. Die sub-suidkanaal
(B) langs die rivier af tot by die Oranjerivier-stasie,
volg dan teen ’n koste van £2,750,000. Die De Aar-
Ongerskanaal (C) word dan gebou om die Smartt-
sindikaat-dam te voed - £2¾ miljoen. Dit sal die dele
Petrusville, Philipstown, De Aar en Britstown bedien.
Die vierde stap is die bou van die noordoewerkanaal
(D) wat die bestaande Riet-rivierskema en die dele
rondom Douglas sal voed – koste £3½ miljoen.
Terselfdertyd sal die laaste deel van die kragsentrale
teen £2 miljoen voltooi word.
Die laaste vier stappe is ’n sub-noordkanaal (E) aan
die Vrystaatse kant tot by Belmontstasie – koste £1½
miljoen: die Sandveld (F) en Beervleikanaal (G) vir
Brakrivier (5,000 morge), Beervlei (40,000 morge) en
die Hopetownse sandveldgebied (15,000 morge).
Koste £7¾ miljoen: die uitbreiding van die
Rietrivierse besproeiingsgebied tot aan die noord-
elike oewer van die Vaalrivier (H) - £4¾ miljoen. Die
agtste en laaste stap is die verhoging van die
damwal met 40 voet van 310 na 350 voet. Dit sal die
dam se inhoud op 3,300,000 morgvoet te staan
bring.
In die Oranjerivier, sowat 1,500 myl lank, vloei
jaarliks 2,500,000 morgvoet water weg wat 100
miljoen ton slik see toe neem. Soos die posisie nou
is, word net vyf persent van die rivier se water benut
deurdat net 25,000 morg besproei word.
Mnr. C.A. van der Merwe van Douglas wat hom al
lank vir die skema beywer, sê dis moontlik die
grootste en goedkoopste skema wat die land kan
bou. Die dam sal die rivier, veral vir Upington en die
laer dele, beteuel. Die Boegoebergskema sal van
water voorsien kan word en wel in so ’n mate dat
uitbreidings later moontlik sal word. Die land se
veestapel sal met ’n hele paar miljoen opgeskuif kan
word. Die produksievermoë van droë dele sal met
100% kan styg. Goedkoop elektrisiteit sal kan volg en
dele wat op die oomblik sonder water moet
klaarkom, sal moontlik nog in die toekoms juwele
van
die land kan word.
(This article proves conclusively that at the time of
Vankloofdam being build, the farm Vanderkloof
existed here.)
Conroy – Kinkel in die Kabel
Aangesien die naam Conroy telkemale opduik, is dit
so bietjie verder nageslaan en is die volgende in die
argiewe van die Universiteit van die Vrystaat
opgespoor:
Andres Meintjes Conroy is op 27 Oktober 1877 op
Hanover gebore.
In 1910 dien hy in die eerste Provinsiale Raad van
Kaapland. Neem deel tydens die Rebellie as
kommandant van die kommando Cradock-
Philipstown in 1914 die Kalahari en Duitswes-Afrika.
In Februarie 1917 word hy verkies as Volksraadslid
vir Victoria-Wes vir die Suid-Afrikaanse Party. Dien
as lid van die Senaat van Oktober 1927 tot Mei 1929
en weer van Januarie 1932 tot Desember 1951.
Senator Conroy dien van 6 September 1939 tot 3
Junie 1948 as Minister van Lande en Besproeiing in
die Kabinet van Generaal Smuts. Hy was getroud
met Wilhelmina Louisa Steytler en het vier kinders.
Hy bring sy laaste jare op sy spogplaas Koppieskraal
deur (wat vir baie jare nie meer aan die Conroy’s
behoort), aan die Rietrivier by Koffie-fontein en sterf
op 7 Desember 1951. Daar is baie ander
interessante feite oor sy betrokkenheid by die
Kakamas-nedersetting, geveg teen die Afrikaner-
Broederbond en die reeks van 12 koerante wat aan
hom behoort het.
Die dokumente is gedurende November 1983 deur
mnr. Andrew Conroy aan die Instituut vir Eietydse
Geskiedenis geskenk.
Aangesien Senator Conroy duidelik op hoogte was
met beplannings vir besproeiing, kan dit aanvaar
word dat hy die plaas Dooren Kuilen na Vanderkloof
hernoem het, toe hy dit aangekoop het. Die plaas
Vanderkloof is verkoop aan Gawie van der Merwe,
waarna Senator Conroy die plaas Koppieskraal
aangekoop het.
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 18
Length of Dam: 114 km
Volume of Excavation: 2429 million m³
Capacity of the 4 sluice gates: 8 500m³/s
Crown flooding: 13 500m³/s
Shore line length: 365km
The catchment area is 88 500² km, of which 70390²
km is upstream of the Gariep Dam with an annual
rainfall of 1 000 mm+ per annum in the Lesotho
mountains and op to 300 mm per annum at the
dam. With the construction of the Gariep- and
Vanderkloof dams, thousands of hectare agricultural
land was converted in highly productive irrigation
land. It is estimated that as much as 174 000 hectare
will ultimately be served below the Vanderkloof
Dam, of which 51 000 hectare has already been
developed.
The canal on the right bank is 14 km, has a capacity
of 57m³/s and serve as the main canal for the
irrigation on the northern bank. This was completed
in 1975 as the largest canal in the country. The
Ramah side-canal stretches a further 81.1 km and
serve a total of 5 400 hectare. Over-head irrigation,
now generally used, has resulted in a massive
increase in efficiency and a huge decrease in labour
costs. During the drought of the 80’s it was decided
to build the Orange-Riet Canal, which joins on to the
Riet River-scheme serving the Jacobsdal-irrigation-
scheme. The beautiful green irrigation lands nestling
in the rocky ridges is a site to behold. The water pipe
line which supplies water to Koffiefontein was
completed in June 2000.
It was originally envisaged that the right bank canal
would extend to the Brak River Valley in the Prieska
/Britstown area and the Carnarvon valley, Beervlei
area, Sak River Valley and Koa River Valley. Financial
viability of the developments required, however, it
was decided not to proceed with the extensions of
the right bank canal, which now stops near
Hopetown. Similarly the left bank canal from the
dam to Hopetown, which would supply irrigation
along the left bank of the Orange River, was not
constructed. All irrigation along this stretch is
supplied directly from the river using pumps.
Hence the statement that the completion of
developments of this massive project will stretch
over many decades.
Eskom Power Station
The P. K. le Roux Dam (Vanderkloof Dam) forms part
of the Orange River Project, the largest engineering
and water conservation project ever attempted in
South Africa. The combined storage and diversion
dam also incorporates the Vanderkloof hydro-
electric power station which is connected to Eskom’s
national distribution network. The dam was officially
opened by the Prime Minister, The Honourable B. J.
Vorster, on 17 November 1977. Mr. & Mrs. John Vorster / Hazel & Dale Hobbs & Alan Davies
Orange River Project
The Orange River rises in the Drakensberg inside the
eastern boundary of Lesotho and flows in a westerly
direction across South Africa for about 2100 km
through regions of steadily decreasing rainfall and
increasing aridity until it finally reaches the Atlantic
Ocean at Alexander Bay.
The idea of harnessing the biggest river in South
Africa for the benefit of the whole country, dates
back to 1928, which finally resulted in the White
Paper being tabled in Parliament in 1962.
The implications:
• Arid semi-desert area could be irrigated, providing
food and water to millions of people.
• Decentralisation of industry and utilisation of
labour resources.
• Establish stable farming communities and inhibit
the flow of population from the country to cities.
• Increase the value of agricultural production by
millions of rand every year.
• Control the devastating floods to which the lower
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 28
Vrystaat kant het wit van die kapok gelê.
Desember 1973: Vakature vir ‘n kleuterskool
assistent. Salaris beloop R50 per maand.
Februarie 1974: Goeie reën val en die Gariepdam
loop oor. Groot konsternasie heers, want die
kofferdam by Vanderkloof is onder water.
In 1977 word Vanderkloof weereens ‘n spookdorp.
Die mobiele woonhuise word verwyder, die asbes-
panele van baie huise word herwin en baie van die
res word platgestoot. SAPD en Waterwese
personeel word verplaas en verhuis. Vervalling het
vinnig ingetree en plunderaars is so aktief dat die
Bergsig toegespan en met ‘n hek toegesluit is, waar
die huise – ook in Waterkant – behoue gebly het, na
Oom John Freund se geveg om die dorp te behou,
suksesvol was. In vroeg 1980 is al die bestaande
huise op ‘n openbare veiling verkoop.
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 36
U.C.D.B.D.: Die personeel wens aan almal op die
projek ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige
Nuwejaar toe.
Children’s Christmas Party
This was a great success with over 200 children and
a number of parents attending. The Hall with its new
curtains, Christmas tree and decorations looked
really beautiful. The community is much indebted to
the volunteers led by Wally Burmeister who put in
so much hard work to provide the children with
their traditional Christmas party. A special word of
thanks to Jeanne de Bruijn who painted the large
mural and also to those who kindly donated money
or goodies.
Arrivals
Mr. & Mrs. Clements – new immigrants to South
Africa from New Zealand.
Mr. & Mrs. La Roche – from Argentina via the U.K.
Swimming Gala
A swimming gala will be held during the school
holidays. The date will be announced shortly. Last
year most of the competitors were boys – this year
we look forward to more girls competing.
ONE OF US VANDERKLOOFIANS
False grin
Dentures missing,
“Peace cats”
Your “withit” denims....
Your groovy shirt....
Your clogs.
You think you are one of us –
Well we’ve news for you.
News for you......
And your old lady –
Aren’t her legs A little podgy ...
Her bottom Too protruding
too old For Hotpants?
You haven’t fooled us you know.
And her figure ......
In trying...
To come down....
To our level..
You passed us on the way.
There are stacks of young people In the world
Do we need more?
Great you think you’ve closed the “gap” ...
Take a bow – Hey
Mr. Withit and Mrs. Sexy – You’re Great!
“An Anonymous Working Teenager”
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 44
few more hours in bed, and eventually 10 teams set
off to try and unravel the twisted thinking of the
organisers in order to find the answers to the 34
questions on route to the Luckhoff Hotel. The cars
driven by Rita Browne and Derek Godfrey obviously
took the bit between their teeth and made straight
for Luckhoff, fortunately the crews got things under
control and they were back in the event before the
first check point, very professionally run by Harry
and Maureen Hogg, shut down. Imagine the
consternation caused when the only filling station
along the route, at Orania, had no petrol! However,
they redeemed themselves by quickly fixing up
Angus Macdonald’s dangling generator.
Eventually, after 270 km of motoring, all of the
starters arrived at the finish and then gathered for a
meal at Luckhoff Hotel. The organisers retired to the
bar and sorted out the results which were:
Winner: Driver; Kevin Riddle, navigator; Joe Havel-
ka; aided and abetted by Liz Hogg. Bonus points:
100, Penalty points: 40.
The best lady driver award was taken by Chris Smith,
navigator, husband Rod. Bonus points: 130, Penalty
points: 92.
Bottles of champagne were handed out and the
event was voted a success.
Our next social event will be the Film Show in the
Staff Mess on Monday July 2nd at 8pm.
Next competition will be Driving Tests, at the usual
venue behind the stores area, on Sunday July 29th
at 10am.
Contract Bridge News
In a duplicate bridge match against Orania, played at
Orania on Friday evening, 15th June, 8 players from
here beat Orania. The relevant 8 players, or four
couples, were selected by the members of the club
and their superior experience proved too much for
Orania. The latter team however, gave a very good
account of themselves considering the few players
at Orania. Furthermore, they get full points for the
excellent eats and refreshments provided during the
match.
The match provoked so much interest, that we are
looking for the next opponent to conquer!
Dames Klub Nuus
(In both English and Afrikaans)
Die Kersfees fonds dans wat gehou is op 9 Junie was
goed ondersteun. ‘n Groot dankie aan Gert Jordaan
vir die doeltreffende poging wat hy aangewend het
om kaartjies te verkoop. Ons finansies lyk nou
heeltemal beter.
Ons wil graag ons spyt uitspreek teenoor die persone
wat graag na die dans wou kom, maar weens die
Pinkster nie kon kom nie. Ons sal probeer om in die
toekoms nie funksies te reël wat met Kerklike-
byeenkomste sal bots.
Baie dankie aan mev. Rautenbach en haar helpsters
vir die versiering van die saal. Dit was pragtig! Baie
dankie ook aan die gawe mans wat nadat hul dors
geles is, die balans van hulle “pool” aan die
Kersfonds geskenk het. Dit was ‘n prysenswaardige
gebaar.
Besoek aan die Bantoe Kampong
Op die 12de Junie het ‘n klompie van ons die voorreg
gehad om na die kampong te gaan en Mr. Aldrich
was so vriendelik om ons rond te neem. Ons sê baie
dankie aan hom vir ‘n interessante agter-middag.
Gekostumeerde Dans – 7 Julie
“Sprokies verhale” – of soos u wil. (U mag in gewone
klere kom as u dit verkies, maar – u moet asseblief
‘n masker dra). Maskers sal vanaf vandag by die
Supermark verkoop word teen 20c stuk, ten
behoewe van die Skoolfonds. Die orkes is die “Fair-
mates” van Kimberley en die kroeg word verskaf
deur Luckhoff Hotel. Etes is verkrygbaar teen ‘n
ekstra fooi. Toegang is R1 per persoon. Tyd: 8nm.
Hierdie dans is ten behoewe van ons Kersfonds.
Toekomstige Vergaderings
25 Julie: Macramé – die kuns van dekoratiewe
knoopwerk. ‘n Boeiende, maklike, goedkoop en
handige kunswerk.
29 Augustus: Macramé vervolg.
September: Herfs mode-parade.
Speelgoed vir Kleingoed
Daar was groot belangstelling hierin en pragtige
speelgoed is gemaak en ontvang. Baie dankie aan
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 50
He was a Prefect and used to play the lead role in
our Gilbert and Sullivan Operas at CBC which were
presented each year. He was very popular and very
entertaining. He studied drama at UCT after
matriculating. He used to ride around VDK on his
Honda scooter visiting just about everybody.
It is interesting to read the blog on VDK site of all the
birds and animals that have been identified in the
region. I suppose the construction activities and
blasting scared them away at the time of
construction. We saw baboons from time to time
and a Klipspringer on rare occasions. There was an
incident when a rhino was seen wandering through
the neighbourhood in Gansie somewhere in the
vicinity of the shops in the middle of the night. I
think it was seen by a night-watchman on patrol and
apparently he literally bumped into the rhino
because it didn’t have “headlights”. It then
apparently entered the property where an elderly
lady lived and when she went to investigate, found
the rhino at her front door. She got the fright of her
life and ran to her bedroom and went and stood on
her bed.
I suppose that VDK and SA was a very different place
to what it is now. In those days there was no TV, and
the speed limit was 80 Km/h throughout SA, so the
people at VDK had to find ways to entertain
themselves. Hence the treasure hunts etc. that were
organised. I remember there were parties /
celebrations just about every weekend. Also our
fathers worked and most mothers stayed at home.
Fathers worked from 07H00 till 17H00 Mondays to
Fridays and From 07H00 till about 13H00 on
Saturdays. VDK was a hive of activity, in total
contrast to what it is like now. With some of the
houses that are holiday homes, adding to the
quietness of the town.
We also used to go down to the river on a Sunday to
swim. We couldn’t swim near the construction site
so our parents would drive us down along the river
to a nice remote place and we would spend the
whole day there. Some would go fishing and run
around the bush. Playing in the river, especially
when it was very low, and building “dams’’ on the
river bank was always great fun.
Many men worked on the project because accom-
modation was relatively cheap and the pay was
good. Young and unmarried women were few and
far between and I think this also resulted in single
men not staying very long. Miss van Rooyen only
stayed for 1 year. The pay may have been good but
that was it. That is probably why the majority were
married couples and most with children. Alan and Geraldine Davies
Contributed by Geraldine (Davies) Bloom.
Elizabeth (Liz) is the daughter of (Sir)Harry and
Maureen Hogg. She worked at the consultants’
offices as a draughtswoman and became engaged to
a British civil engineer, Philip Gorringe. They had a
huge wedding in Kimberley to which all the senior
staff on the site were invited. They were a delightful
couple who ran the weekly movies at both the
recreation hall and the single quarter’s hall. They
arranged car treasure hunts and we had a great
time treasure hunting with the rest of the staff (both
the staff of the consultants and construction sides
took place – even some of the Petrusville and Luckoff
folk were friends who joined us). I seem to remember
some fuss about the millstones but just cannot
remember although I have wracked my memory.
I remember a treasure hunt, arranged by Peter and
Virginia Ross, the first RE before my late ex husband
Alan Davies, took over. Husbands and wives were
separated and I was paired with Harry Hogg whose
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 64
dié omie wat Oom Sakkie – wat in Prediker vir die
Hervormde Kerk was – kom vra het, wanneer hulle
hier is met vakansie, sal hy vir hulle ’n erediens
aanbied. Op daardie stadium was die naaste kerk,
die NG Kerk in Petrusville en die ander op Philips-
town en De Aar. Hy het natuurlik ingestem en so is
die heel eerste kerkdiens in Vanderkloof deur Oom
Sakkie in die DKW (dans, kerk en werk) lapa by die
vakansieoord en karavaanpark gehou, met almal wat
bek en pote het, dié was daar. Later is daar kerk
gehou in die klein saal van die stadsaal waar daar
ook ’n preekstoel was.
Tannie Corrie vertel in die tyd wat hulle nog net hier
kom vakansie hou het, bly hier ’n groot vrou – baie
bekkig - hier onder op die hoek by die woonstelle en
Oom Sakkie is besig om ’n boom af te saag, toe sy
hom byloop met: “Luister, hier slaap ons tussen een
en twee, OK?!”, wat Oom Sakkie totaal oorbluf het.
Dieselfde tannie is skynbaar die oorsprong van al die
byname op die dorp. So het Piet Visser, Piet
Miljoenêr geword en aangesien die munisipaliteit op
daardie stadium deur haar beskou is as die Mafia,
het sy die enigste Koninklike bynaam ooit gegee, die
van King Dawid.
Lorraine Devenish het op daardie stadium oorkant
hulle in die munisipale woonstelle gebly. Tannie
Corrie onthou die sokkies en kompetisies vir Mej.
Waterdruppel, Boot, ensovoorts wat oom Duppie en
Lorraine in die vakansies gereël het vir die jong-
mense by die lapa. Dan staan almal so rondom die
lapa waar daar geparadeer word vir die kompetisies.
So vra iemand “wie het gewen?” en ’n ander
antwoord “al die ou ooie het alweer gewen!” wat
almal laat skater het van die lag.
Op daardie stadium was die skool een van die hoof
areas wat deur bobbejane geteister was, dat die dak
van die skoolgebou swart gesit het van die bobbe-
jane en die skool partykeer moes toemaak om eers
weer die bobbejane te verdryf – wat die gevolg was
van die kinders wat kos vir hulle gegooi het.
Vanderkloof was op daardie stadium, behalwe vir
die bobbejane, ‘n stil en rustige plek met die
ribbokke en springhase wat veral aan Waterkant en
Ribbokrant se kant gereeld gewei het. Die ribbokke
is tot 2011/2 nog opgelet in die dorp maar soos
meer en meer honde aangeteel in die dorp, so het
die bokke die wyk geneem.
Toe hulle hierheen gekom het, is daar by die Steyns
en die Spangenbergs nog met ’n notisetjie oor die
toonbank kruideniersware gekoop. Die Vissers het
dit omskep in ’n selfhelpwinkel – Piet en Gerda was
toe nog al twee by Natuurbewaring betrokke.
Voor 1994 was daar net eenvoudig geen kriminele
dade in Vanderkloof. Op daardie stadium was dit
hoofsaaklik pensioenarisse wat in die munisipale
woonstelle in Madeliefie gebly het, maar hulle het
kennis gekry om dit toe te ontruim en dit is nou ’n
woonplek vir kleurling, munisipale werkers en
polisie. Besopenheid onder hulle en die meegaande
dade, is aan die orde van die dag…. en nag. Baie van
die anderskleuriges het ook in Eskom se huise in
Heide ingetrek, in dermate dat sommige mense dit
toe Meidelaan begin noem het.
Hulle ry gereeld rond in die dorp om te sien wat aan
die gang is en hoeveel vakansiegangers in die dorp
is. So ry hulle op ’n dag op na Joey’s Hotel, met ’n
stasiewa wat in die hek by hulle verbyry en die man
lyk vir Tannie Corrie bekend. Hulle sien die hotel se
mense staan buite en waai sleutels om die
insittendes se aandag te trek. Toe vind hulle uit dit is
Chris Barnard, die hartchirurg, wat hul huis se
sleutels daar vergeet het, en hul gryp die sleutels en
sit hul agterna tot amper by die sirkel, waar die
sleutels aan hulle oorhandig is. ’n Rukkie daarna toe
hulle weer hier is, vind hulle uit dat Karin Barnard –
op daardie stadium Chris Barnard se vrou - daarna
die kamers van die hotel ingerig en die binnenshuise
versiering kom doen het. Die gordyne en duvets was
dieselfde met die pragtigste fyn afwerkings.
Oom Sakkie vertel van die Vanderkloof Belastings
Verenging – (VBV) vergadering wat hy bygewoon het
in die tyd wat die waterpyp-projek aan die gang was
en twee voertuie uit die dorp gesteel is. Die stasie
bevelvoerder, Marius (Kitaarsnaar) en Frans is ook
daar. Iemand het die idee voorgestel dat daar by die
enigste ingang van die dorp ’n verkeers-monitor-
kamera opgesit moet word en daarom is die polisie
toe ook teenwoordig. Maar die installasie van dié
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 74
patterns mesh in a kind of "scissoring" motion
creating the cutting or grinding function of the
stones. When in regular use stones need to be
dressed periodically, that is, re-cut to keep the
cutting surfaces sharp. Millstones need to be evenly
balanced, and achieving the correct separation of
the stones is crucial to producing good quality flour.
The experienced miller will be able to adjust their
separation very accurately. The weight of the runner
stone is significant (up to 1500 kg) and it is this
weight combined with the cutting action from the
porous stone and the patterning that causes the
milling process. They are valued between $1 500 -
$6 000 – R15 870 – R63 480.
‘n Enkele Brief – Talle Werk
Skaars was die Huisgenoot van 20 Maart (1986) op
straat met my brief onder die hofie Platteland Soek
Werkloses of mense begin van heinde en ver bel –
maklik twintig oproepe per uur die eerste ruk. Toe
begin die briewe instroom.
‘n Jong paartjie met ‘n jaar oue babatjie is aangestel
om my hotel te bestuur. Die hotel op Kraankuilstasie
– Mekka van stoomtrein-entoesiaste – het nuwe
personeel bygekry en so ook die hotel op Vander-
kloof, by die P. K. le Roux-dam. Daar word nog
onderhandel met aansoekers vir poste by die
vakansie kamers en kafee op Vanderkloof.
Al die poste is gevul deur mense wat gereageer het
op my brief, vertel Joey Engelbrecht van Petrusville.
Ek het nooit kon dink dat Huisgenoot so ‘n magtige
medium is nie! Ek wens ons het werk gehad vir al die
aansoekers.
Alle navrae wat van lesers ontvang is, is aan Mev.
Joey Engelbrecht gestuur. Die korrespondensie oor
werkloosheid word nou afgesluit. – Red.
Die briefie is deur Tannie Doreen Grobbelaar in
2012 raak gelees en ingestuur na Die Kwikstertjie.
Drakensberg Seunskoor Besoek
Mr. A. Odendaal, toerbestuurder van die beroemde
Drakensberg Seunskoor, het tydens ‘n kort besoek
verlede week, bevestig dat die koor op Saterdag, 13
September op Vanderkloof sal aankom. Hulle sal die
aand om 19h30 ‘n konsert in die Vanderkloof
stadsaal hou, Sondagoggend ‘n paar koorstukke in
die N. G. Kerk Petrusville tydens die kinderdiens
lewer, Maandag etlike besienswaardighede op
Vanderkloof besoek, tennis speel, ens. en dan
Dinsdagoggend vertrek.
Bielie van ‘n Angelier
Die oudste inwoner van Vanderkloof, die 86-jarige
Tannie Maritta Nieuwoudt van Aalwynstraat, is die
trotse kweker van ‘n bielie van ‘n angelier.
Die pragtige pienk blom het ‘n deursnee van 12 cm
en het ‘n l-a-a-a-n-g steel. Sy het twee jaar gelede
steggies gekweek van blomme se stele en vanjaar
die eerste prag angeliere gepluk.
Wys jou net waartoe ons senior burgers nog in staat
is!
Eerste Jaarlikse Tuinkompetisie op
Vanderkloof
Mev. Corrie Bester van Aandblomstraat het die
eerste prys verower in die eerste tuinkompetisie wat
op Vanderkloof gehou is.
Die Stadsraad het geen vaste reels vir die kompetisie
neergelê nie of om inskrywings gevra nie en
sodoende die beoordelaars ‘n vrye hand gegee om
alle tuine te besigtig.
Die beoordelaars, Mev. Ronella Rademeyer van
Jakkalskuil, Petrusville en Mnr. Taetse Vorster van
die Ketelfontuin Kwekery op Colesberg, het dan ook
die hele Vanderkloof kruis en dwars gery om die
wenners te kon aanwys. Hulle was baie beïndruk
met die algehele prentjie en netheid van
Vanderkloof se tuine.
Mnr. Jan Vermeulen van Tjienkeriestraat het die
tweede prys verower en Mnr. Naas le Roux van
Proteastraat die derde plek.
Hartlik geluk aan die drie ywerige tuiniers!
Sertifikate en pryse sal op 3 Januarie 1987 tydens
die groot braai kompetisie en afsluiting van die
Karnaval tydperk by die Klubhuis oorhandig word.
Mnr. Taetse Vorster het aangebied om inligtings
praatjies oor tuinuitleg te hou en ook om te
verduidelik op watter wyse die beoordeling geskied.
Nou is die tyd om te begin met ‘n eie tuinbouklub vir
Vanderkloof.
Een Jaar Oud
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 80
Ons het met ‘n paar van die dames gesels en hulle
was almal baie beïndruk met Vanderkloof in die
algemeen en die bootritte in besonder.
Camissa? Die nuwe naam vir Joey’s Hotel. Hierdie
woord was die oorspronklike naam van die Oranje-
rivier – nog voordat hy as die Gariep bekend was en
dit beteken: “Waar die groot water bymekaar kom”.
Heel paslik nè!
Bekende Skrywer nou op Vanderkloof
I.D. Lamprecht, bekende skrywer van boeiende
speurverhale, en sy gesin is nou ten volle ingeburger
in Botterblomstraat. Baie welkom!
5 Van sy boeke is tans by die biblioteek beskikbaar:
‘n Brug oor die Kloof, Die Verminker, Kat aan die
Stert, Die Sondebok, Die Bakgoed van Agan en Pluk
vir jou ‘n Blom.
Kovsie Studente se Besoek
Eenhonderd en tien Kovsie student het Petrusville
en Vanderkloof oor die naweek besoek op hul
fietstoer van 1,000 km met die doel om fondse in te
samel vir Sending Kerk Bybelverspreiding. Hulle het
reeds 200 km agter die rug en het Maandag op die
tweede skof na Middelburg vertrek.
Die studente het in die N. G. Jeugsentrum by die
Havenga-brug oornag waar hulle Saterdagaand deur
die Vrouediens van die N. G. Gemeente, Petrusville
met braaivleis getrakteer is.
Tydens die kinderdiens in die N. G. Kerk, Petrusville
Sondagoggend, het hulle etlike pragtige gewyde
liedere gelewer.
Na die diens het hulle besoeke gebring aan die
Douglas Hey Limnologiese Instituut en die Rolfontein
Natuurreservaat op Vanderkloof, waarna hulle deur
die Vanderkloof Vrouediens vir middagete onthaal
is.
Rina Hugo Trek ‘n Vol Saal
Hierdie was ‘n aand wat nog lank onthou sal word.
Die geleentheid het sommer lekker afgeskop met
lekker etes wat te koop aangebied was deur die
dames van die Vrouediens van Vanderkloof en
Petrusville. Dié een wat met ‘n leë maag die
opvoering tegemoet gegaan het, moet net weet dit
was sy eie skuld.
Johan Stemmet was ook baie op sy stukke en het
ons laat skater met sy pittige stories, veral sy fyn
spot met sy deel van die land, die pragtige
Namakwaland, wat hy dan ook baie treffend in sy
liedjies beskryf. Bitterfontein met al sy baie kinders,
soos hy sê, al sewe van hulle.
Musiek van hoogste gehalte, dit is ‘n feit. Pouse was
daar weer genoeg warm en koue drinkgoed vir die
wat dors geword het. Die soet eetgoed het dan ook
baie aftrek gekry en alles was heerlik. In die tweede
helfte, het Rina Hugo ons vermaak met ewe mooi
ligte liedjies. Rina en haar man Johan van Rensburg
wat die klavier so meesterlik bespeel het, kan baie
trots wees op hulle pragtige twee kinders.
Die twee, ‘n seun en ‘n dogter, is net so musikaal
soos hul ouers. Ma en dogter het dan ook baie mooi
saamgesing en so het pa en seun ons vermaak met
pragtige klavierspel en die seuntjie het meesterlik in
sy hoedanigheid agter die tromme gelyk.
Ek kon nie help om te sien hoe hy agter die tromme
uitloer na die gehoor nie. Die ander twee musikante,
miskien vir ons minder bekend, was net so puik en
het musiek gelewer so na ons harte. Voor die aand
in aanvang geneem het, het Ds Theron so lig-weg
gesê “vanaand gaan Vanderkloof ‘swing’” en dit was
wáár woorde, die gehoor het elke oomblik geniet.
Ons as publiek sê dankie aan die mense wat
gemoeid was met die organisasie op alle vlakke
verbonde.
Die Vrouediens van Vanderkloof en Petrusville kon
die mooi bedrag van R1636 as netto wins aan die
Jeugkampterreinfonds oorbetaal.
Ds Johan Theron sê met so ‘n vol saal klop ‘n mens
se hart sommer warm, nè....! Mense ons maak weer
so. M.P.
Senior Burgers Rojaal Onthaal
As mens sien hoe lieflik die kinders en oumense
mekaar se geselskap geniet en dinge saam doen,
dan besef jy dat daar op Vanderkloof nie so iets soos
die s.g. ‘generation gap’ is. Ons ken almal mekaar en
die SB’s waardeer dit dat die kinders en jongmense
altyd so bereid is om iets vir ons te doen.
Baie dankie Leonie, ouderlingsvroue: Jackie Benade,
Hettie Coetzee, Tossie Louw, Jeanette Lubbe;
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 86
Wysheid Klub om hierdie baie belangrike
byeenkoms by te woon en om tenminste een ekstra
persoon saam te bring.
Minister Beïndruk
Mnr. Barend du Plessis, Minister van Finansies,
vergesel van Mnr. Attie Jooste, L.V. vir De Aar
kiesafdeling, het Vanderkloof op Vrydag 13 Mei
besoek. Hy het die middagmaal in die Camissa Inn
saam met die Burgemeester van De Aar, Hopetown,
Britstown, Colesberg en Vanderkloof genuttig. Ook
aanwesig was verteenwoordigers van genoemde
dorpe se Kamers van Koophandel en Korporasies.
Die Minister, wie deur Mnr. Jooste na Vanderkloof
genooi is, was baie beïndruk deur die dorp se
netheid en skoonheid. Hy is deur ons Burgemeester
Mnr. Ivan Martin bedank vir sy besoek.
Mnr. du Plessis het die aanwesiges oor verskeie sake
rakende die streek ingelig.
Munisipaliteit Begroting 1988/89
Tydens die raad se Spesiale Vergadering op 18 Mei is
die 1988/89 begroting ten bedrae van R731 597
goedgekeur. Dit verteenwoordig ‘n geringe
persentasie bo die boperk van 13.5% deur die
Provinsiale Administrasie gestel. Die raad was weens
voorgenome uitbreidings by die ontspanningsoord
genoodsaak om addisionele bedrae te begroot.
Eiendomsbelasting is slegs van .019/Rand na .02/
Rand verhoog. Dit verteenwoordig ‘n 5% aanpassing
op ‘n woonhuis van gemiddelde grootte. Alle dienste
is weens verhoogde kostes aangepas. Kapitale werke
is drasties met 14% ingekort. Ad-hoc kapitaal
uitgawe vir die eerste fase van die ontspanningsoord
is ‘n bedrag van R954 500 begroot.
Met alle aanpassing in berekening gebring verteen-
woordig die maandelikse rekening vir ‘n gemiddelde
huishouding bereken soos op Julie 1987 teenoor
Julie 1988 slegs 10.57% en is hierdie aanpassing nog
vêr onder die inflasiekoers.
Genomineer vir Stadsraad Verkiesing
Nege kandidate is genomineer vir die Munisipale
verkiesing wat gedurende Oktober gehou gaan
word. Vyf van die kandidate is huidiglik raadslede.
Die stadsraad bestaan uit ses lede. Die Onder-
Burgemeester, John Freund het hom nie weer ver-
kiesbaar gestel.
Die huidige lede is: Mnre. I. D. Martin –
Burgemeester, A. J. Coetzee, I. S. le Roux, A. Jooste,
en W. Cullinan.
Nuwe kandidate is: Mnre. P. Bester, N. White, J.
Vermeulen, G. Torr en Mev. M. Pieters.
Kliniek
Onthou Woensdae en Vrydae tussen 10 – 11 vm. is
Suster Grobbelaar beskikbaar vir ou mense en
immunisering.
KLOP-KLOP
Ons verneem dat daar by jong meisies se vensters
en deure geklop word op baie verdagte tye. Die
persoon/persone wat die klopwerk doen, moet
ernstig besin, dit kan ongemaklik raak. Die dames
het alle nodige voorsorgmaatreëls getref en die
polisie sal ook voortaan daar patrolliediens doen.
Daar bestaan reeds ‘n vermoede wie die rus-
verstoorder(s) is, en die saak geniet aandag.
ONTVANGS KLAGTES
U skrywe van 18 Maart 1988 verwys in hierdie
verband, ons heg met graagte ‘n Frekwensie-kaart
aan, waarin die korrekte ontvangs frekwensies aan-
gedui word. Dit blyk dat die De Aar Sendstasie die
beste ontvangs aan u behoort te bied, alter-
natiewelik kan u Springfontein of Prieska probeer. Ek
vestig graag u aandag daarop dat die S.A.U.K. vir
beste ontvangs ‘n buite FM-antenna aanbeveel.
Indien u enige radio- of televisie ontvangs probleme
sou ondervind nooi ons u uit om Mnr. Graham Reilly
van ons Middelburg-kantoor te skakel op telefoon-
nommer 0483 - 23166/7.
U is altyd welkom om my weer te skakel indien u
enige verdere probleme sou ondervind.
A.P.J DIPPENAAR – Bestuurder: Tegnies O.V.S.
Swak Ontvangs
Dit is nou ‘n geruime tyd wat van die inwoners van
Vanderkloof tydig en ontydig steurings op die TV-
stelle ondervind. Met soveel klagtes wat nou
ondersoek word deur die Poskantoor sal daar heel
moontlik ‘n verbetering ondervind word, binne die
volgende paar dae of weke.
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 106
wenner sal eers na ‘n 2de beoordeling in Oktober
bekend gemaak word.
Florapark deur Vandale Beskadig
Kwaaddoeners het onlangs skade aangerig by die
Karooparkie aan die bopunt van Madeliefie -
voorheen bekend as die Aalwynpark.
Die VBV het pas met die hulp van ‘n plantkundige
alle grasse en struike in die park geïdentifiseer,
netjiese nommerplaatjies is by die plante aangebring
en ‘n spesie lys is saamgestel. Dit is in ‘n houer by
die ingang aangebring vir leen-gebruik deur
besoekende natuurliefhebbers. Die vandale het
sieklike genot geput uit die verwydering van sowat
die helfte van die nommerplaatjies, wat op ‘n hoop
gegooi is. Dit is net nie moontlike om die 24 penne
op hul regte plek terug te plaas , sonder om weer ‘n
plantkundige in diens te neem.
Die saak is by die polisie aangemeld wat dit
ondersoek. Daar word vermoed dat dit sekere
jongmense van ons dorp was.
Sangaande
Op inisiatief van die VBV hou Vanderklowers nou
gereeld sangaande. Dit is gesellig en informeel. Ligte
moderne en ouer liedjies, sowel as geestelike liedere
word gesing. Almal met of sonder ‘n stem is welkom
waar dit die laaste Vrydagaand van die maand aan
huis van vriende plaasvind.
“Lekker Sing” Groei Steeds
Sommer net lekker saam sing van ou bekende
liedjies een keer ‘n maand, neem steeds toe in
gewildheid. Soveel so, dat die byeenkoms van
privaat wonings na die stadsaal geskuif moes word
en hulle selfs al gevra was om by ‘n verskeidenheids-
konsert op te tree. Niemand is professioneel, almal
is hartlik welkom.
Hulle sal ook op Oukersaand per vragmotor deur die
dorp ry en Kersliedere sing. Wie daaraan wil
meedoen, sorg dat jul 18h00 by die stadsaal
bymekaar kom.
Pluimbalklub Herleef
Nog ‘n sportsoort is nou weer bygevoeg tot die
verskeidenheid reeds in Vanderkloof. Op Vrydag-
aande en sekere aande word gespeel. Skakel
Annatjie Nel vir meer inligting.
Pyl-en-Boog-Jagter van Naam
Om ‘n Blesbok op 35 meter deur ‘n 14 jarige boog-
skutter met ‘n hart skoot plat te trek, wil gedoen
word! Vanderkloof se kampioen is Clayton-John
Torr, wie deur Mynhardt Herold vergesel is na
Freddie Freund se jagplaas. Pyl en boog was van
kleins af sy voorliefde, maar na sy tweede boog
aangeskaf is, het hy nét vir die sportsoort geleef en
ook voël en vis pyle aangeskaf. Daarmee gewapen
het hy op ‘n dag, tot groot ontsteltenis van ma
Marlene die Oranje op eie houtjie aangedurf. ‘n
Rukkie later is sy gekalmeer met ‘n vis wat hyself
gepyl het.
Hengelklub Gestig
Soos dit ‘n oewerdorp betaam, het ons weer ‘n
hengelklub. Hierdie mans en vrouens stel hoë
vereistes aan lede en wil ‘n goeie naam dra by
inwoners en besoekers. By die stigters byeenkoms is
‘n be-stuur aangewys met David Pieters as
voorsitter. Lede sluit in die van die distrik en
Petrusville.
Die Grotes word Aangekeer
Die Rolfontein Hengelklub het sy 1ste maandelikse
hengelkompetisie van die seisoen Saterdag 13
September – ‘n ideale dag – aangebied. Nie minder
as 58 inskrywers het meegeding om ‘n totale
prysgeld van R500!
Die swaarste baber was ‘n yslike 8.5 kg van Koos Ja-
cobs Jr., terwyl David Pieters se karp van 5.5 kg die
wenner van dié afdeling was. Clayton Torr het die
swaarste geelvis (0.625 kg) en die swaarste vis deur
‘n junior (3 kg) uitgetrek. Die swaarste moddervis
(0.89 kg) was aan die hoek van Riaan Verwey, terwyl
Lourens Nel se 8 visse aan hom die prys vir die
meeste visse besorg het. Die klub spog met 84 lede.
Rolbalnuus in Vanderkloof
Die Rolbalklub met sy 36 lede het ‘n goeie jaar
beleef. Die klubkampioene is soos volg: Mans pare:
LP Vermaak/Jopie Fourie; Dames pare: Mary
Martin/Lettice Burmeister; Dames enkel: Annatjie
Voigt; Gemengde pare: L.P Vermaak/Annatjie Voigt;
Gemengde 3-span: Tossie Louw, Jopie Fourie/
Jeanette Lubbe. David Pieters is die Conroy mans
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 115
plavei. Seker nie die mooiste oplossing, maar
blykbaar die mees ekonomiese. In die middel sal
daar ‘n hoë staalstruktuur opgerig word met ‘n
roterende bord met die dorp se naam. Ons dank aan
Mr. Meiring.
Muur van Herhindering
Hierdie aksie het gevorder tot die stadium waar die
VBV Vereniging nou ‘n opname kan maak by
inwoners, om vas te stel of daar genoeg belang-
stelling bestaan. Aangesien daar inwoners is wat dit
sal verkies, behoort voorsiening gemaak te word.
Inwoners sal binnekort deur bestuurslede besoek
word om ‘n behoefte-opname te maak. Indien daar
genoeg belangstelling is, sal die bestuur dit verder
voer in samewerking met die plaaslike owerheid en
binne gesondheidsregulasies. ‘n Geskikte terrein,
rustig en esteties mooi, sal gevind moet word. Dit sal
beskeie wees, maar so ontwerp dat dit uitgebrei kan
word.
Strate Word Herseël
Dit is 1ste keer in die bestaan van die dorp, dat
herseëling van sy strate op so ‘n skaal aangepak is en
die stadsklerk Wouter du Toit sê dit behoort vir 15
jaar goed te hou.
R220 000 is bewillig vir hierdie fase van sommige
strate met sowat 32 000 vk. km wat reeds gedoen is,
wat deur ‘n raadgewende ingenieur as dringend
gegradeer is. Die res sal oor die volgende paar jaar
gedoen word, waarvoor daar elke jaar R100 000
voor bewillig sal word.
Waterpype Gee Probleme
Die afgelope tyd word baie probleme ondervind met
die bars van waterpype. Volgens Wouter du Toit
skenk hulle tans aandag aan die herstel van kleppe
en lugkleppe om te verhoed dat ‘lug hamers’ die
pype laat bars. Geld vir die doel is reeds by die
Distriksraad aangevra en daar is beding vir ‘n
noodfonds omdat die werk dringend is, en die
Distriksraad se begroting nog nie goedgekeur is.
Skietbaan Ontsier
En dít deur sy eie lede? Wouter du Toit moes hul
vriendelik versoek om blikke, bottels, kartondose en
ander ‘teikens’ sowel as patroondoppies self te
verwyder.
Vuurwerke PASOP
Inwoners word daaraan herhinder dat ‘n boete van
R5000 en/of 12 maande gevangenis jou voorland is
indien jy sonder toestemming enige plek binne die
munisipale gebied vuurwerke afskiet!
Samesmelting van Munisipaliteite
Die owerheid is tans besig met die her-afbakening
van munisipaliteite en beplan om dit landswyd te
verminder van 843 na 338. Ten spyte van alle
moontlike argumente, blyk dit onafwendbaar dat
Vanderkloof, Petrusville en Philipstown sal
saamsmelt in een munisipaliteit.
Munisipaliteit is J2K-Gereed
Na die aankoop van nuwe rekenaars, aangesien die
oues nie daarvoor aangepas kon word, is die
munisipaliteit nou volgens Wouter du Toit, vir die
jaar 2000 gereed.
Wat kragvoorsiening betref, het Eskom aangedui dat
hulle wel aanpasbaar is om krag na 24h00 op te wek,
maar inwoners word aangeraai om elektriese-
toebehore aangeskakel te hou, volgens Wouter.
Agie se Laaste Snik – Klip in die Bos
Wat gaan ons doen om Vanderkloof van stagnasie
te red?
Hoe meer Senior burgers hier kom aftree, hoe meer
huise kom goedkoop op die mark a.g.v. skielike
siektes of af sterftes.
Selfs die jonger garde wat kom kuier het word dan
verloor. Die 8-punt aksieplan dus:
1. Stappe om te verseker dat dit nie nodig is vir
bejaardes om te verhuis vir versorging elders.
Kleiner behuising moet hier beskikbaar wees.
2. Ouer-wordendes moet aanvaar die nodige
geriewe vir versorging van bejaardes sal nie deur
enige instansie opgerig word, mits hul bereid is
om geld beskikbaar te stel om op die waglys te
kom – natuurlik teen billike rentekoerse.
3. Die munisipaliteit moet sy kant bring, aangesien
enige bejaarde wat hier versorg word, kinders het
wat kom kuier en soek gerieflike, netjiese
huisvesting (oord) - asook dienste soos
maatskaplike, versorging en medies waarby die
hele dorp sal baat.
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 120
Die Kwikstertjie......2000
Vanderklower Word Kits Miljoenêr
So het J2K een van ons inwoners oploop gehad:
Vra vir sy handelsbank vir ‘n staatjie, asseblief. Sit sy
bril op, lees, haal die bril af, vryf sy oë uit, kyk weer.
Het dit tóg reg: gekrediteer met R20 161 703.00.
Tel die syfers vóór die desimale punt – 8. Dan Ís dit
mos 20 miljoen plus? Nou wat gemaak? Skaars
geslaap. Die volgende oggend weereens die staat
betrag. Dis vanuit ‘n ander rekening van hom na dié
een oorgeplaas. Kon nie soveel in daai rekening
gewees het.... kon daar?
Gaan vra dié keer ‘n staat van die ander rekening,
asseblief.
Klim eers in die kar en haal diep asem en kyk. Ja,
daar is daai groot som op dié rekening ook! Toe eers
sien hy die minus tekentjie voor die balans – hier is
hy ‘n bankrot miljoenêr. Terug bankbestuurder toe.
Self uit die veld geslaan, bely hy dat hy in sy hele
loopbaan nog nie so ‘n inskrywing gesien het!
Dit sal reggestel word, ontspan!
Nou daag sy gereelde maandelikse staat op en
siedaar: die fout is reggestel – na 3 dae, maar vir die
3 dae word hy aangeslaan met R16 378.21 rente op
die oortrokke rekening! ‘n Week later daag die staat
van die ander rekening ook op ...... daar behoort vet
rente te wees op so ‘n groot balans?
Nog nooit! Die transaksie is na 3 dae gekanselleer,
sonder enige rente. Weer bank toe en vra weer . . . .
asseblief!
Die kits-amper-miljoenêr verkies, vir sy bank se
onthalwe, om anoniem te bly. . . .
Kersliedere Op Die Dam
Kersfees was vir die Kambrosangers hartroerend toe
hulle van Koos Wiese se luukse boot op die dam
Kersliedere gesing het. Terwyl die boot rustig vaar
en die water slegs klein golfies maak, het die groep
lustig uit volle bors gesing.
Al kon baie mense dit nie hoor, was dit vir die
sangers ‘n belewenis om op die wyse die Kindjie van
Kersfees te besing.
En volgende jaar DV maak hulle weer so!
Kom Ons Ondersteun Mekaar
Ons het mekaar nodig. Selfs kompeterende
besighede moet soms saamwerk. ‘Diens’ is
inderdaad waarom dit gaan, nie nét om pryse, ook
oor beskikbaarheid, vriendelikheid en diens-
willigheid. Een leser wil juis weet of ons genoeg op
gehalte diens ingestel is – is dit net inwoners wat so
geïgnoreer word deur klerke, dat mens skaars
opgemerk word as jy inkom, of word besoekers ook
so sleg behandel? Hopelik nie, want vakansiegangers
en besoekers is noodsaaklik vir ons ekonomie. Ons
moet top-gehalte diens aan elke inwoner lewer
sodat dit, soos die gewoonte om almal op straat
vriendelik te groet, kenmerkend van die dorp word.
Dit is onaanvaarbaar van plaaslike besighede dat hul
pryse dubbeld is wat jy in Bloemfontein betaal.
Mens wonder waarom sakeondernemings nog nie
daaraan gedink het om een-kanaal-aankope te
ondersoek, of is dit onrealisties om te verwag dat
opposisies so sal saamwerk – wat dan van
soortgelyke ondernemings in die streek? Veral met
die hoë koste van brandstof, is samewerking uiters
noodsaaklik om realistiese pryse te handhaaf. As
vriende saammaak om inkopies elders te gaan doen,
waarom nie besighede?
Groot getalle van ons inwoners is pensioenarisse
wat hul sente versigtig moet omdraai – veral in die
lig van huidige rentekoerse en dus kan nie van hul
verwag word om ten alle koste plaaslik aan te koop
en dus is plaaslike besighede slegs ‘n nooddiens.
Rolfontein
‘n Deeglike voorlegging is aan die Noord-Kaap Prov.
Dep. Van Natuurbewaring en Toerisme voorgelê,
waarin die beter benutting van Rolfontein as jag-en
wildsbesigtingsplaas gemotiveer word. Die terug-
voering is dat daar tans enkele tesourie- en
regsaspekte is wat opgeklaar moet word. Daarby
stem hulle saam dat jag ‘n integrale deel van
natuurbewaring is, dat Rolfontein ‘n deel uitmaak
van Vanderkloof en dat die plaaslike gemeenskap
inspraak behoort te hê, en dat die Departement
graag daarin wil saamwerk. Die VBV komitee is
oortuig dat ons plan, ekotoerisme in ons gebied kan
bevorder.
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 136
in Kimberley.
Vanderkloof beklee huidiglik die 3de plek in die
Conroy liga en kan heel bo wees as van ons beste
spelers so wou deelneem – met ‘n prysgeld van
R2000 vir die klub. Carpobrutus Quadrifidus
Nuwe Inwoners
Pieter Cronjé - Luckhoff: Protea. Vars groente.
Petro/Pieter Venter - Britstown distrik: Gansie.
Maureen/George/gesin Hammond - KBY: Nerine.
Reinet/Albert van Vuuren - PTA: Heide.
Kleintjie/Gerrit du Toit - Luckhoff: Freesia. werk by Bertus v.d. Westhuizen.
Letia/Willie Pretorius - Luckhoff distrik: Botterblom. Kunsmis/saad-bedryf. Cornѐ v.d. Walt nou Stottelaar - Petrusville distrik nou Frans se vroutjie: Gansie. Meisie/Johan Cloete - De Aar: Sewejaartjie.
Maritsa Loubser en Conrad Jacobs - Petrusville: Protea.
Joey/Lou Dannhauser - Lyttelton: Tjienkerientjie.
Koekoe Claasen - Potchefstroom: Striata. Onderwyseres in Koffiefontein.
Succulents: Stapelia Rufa
Sekelblaarplakkie - Crassula Falcata
Wisdom:
The people who get on in this world
are the people who get up and look for the
circumstances they want and
if they can't find them, make them.
George Bernard Shaw
Gasteria Nitida
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 145
uitgebeeld word. Koffie, koeksisters en melktert sal
te koop wees om met die goeie geur van Afrikaner-
trots mee te ding.
Volkspele Herleef
Thea Ferreira roep die inwoners op om te help om
weer die Volkspele beweging te laat herleef – om
16h30 op Maandag 13 Junie in die N. G. Gemeente-
sentrum.
Kinders tussen 10 – 12 word deur Thea self en Ruan
Brits met die trekklavier begelei, en Magdaleen
Venter begelei die volwassenes, om weer heerlike
volkspele te doen soos van weleer!
Volkspele laer gestig
Onder leiding van Bea/Willie Olivier van Kimberley is
ons eie volkspele laer gestig. ‘n Diploma kursus in
volkspele en volksang is 29 – 30 Julie deur Willie in
die N. G. Gemeente-sentrum aangebied, sê Thea
Ferreira.
Die verkose bestuur is: Thea Ferreira, Len de Jager,
Magda Münz, Tilla de Jager en Ansie Brits wat julle
hartlik nooi om aan dié sielevreugde deel te neem.
Jaarlikse Regatta
Vir die 7de agtereenvolgende jaar is dit weer die
inter-universiteite se roei kampioenskappe op
Vanderkloof. Die deelnemers is van Universiteite te
Johannesburg, Wits, Pretoria, Port Elizabeth, Fort
Hare, Kaapstad, KwaZulu Natal, Stellenbosch en
Rhodes. 6 Bane is benut op die baie lae dam, en
Johannesburg het geseëvier.
Die studente het gesorg vir ‘n inkomste van R300,
000 vir die dorp in verblyf, brandstof, drank en etes.
Dit is onwaar dat daar skade berokken is by die Oord
– dit was die rustigste groep studente ooit. Verskeie
studente het ook reeds besprekings gemaak vir die
Kersseisoen.
Motorfietse Trek Saam
Die Diamond City Drifters Motorcycle Club se
jaarlikse saamtrek vind hier in die woonwapark plaas
van 9 – 12 September.
Botterblomstraat sal Saterdag 10 September van
10h00 tot 13h00 gesluit wees vir verkeer, maar
almal is welkom om die toertjies wat hul uitvoer, by
te woon.
± 400 Motorfietse gaan deur elke straat ry om hul
roete te voltooi. Die ingang na die woonwapark
word deur hulself beman en die toegang is R130/
persoon. Verskeie stalletjies sal van Vrydag tot
Sondag in die lapa heerlike eet- en drinkgoed
verkoop.
Vanderklowers Trap Fiets
Met die groot droom om die Cape Argus fietsren
volgende jaar te gaan ry, het het ons ± 800 km oor 4
maande geoefen. 3 x per week: die 60 km oor die
Havengabrug en terug; Na die Scheiding pompstasie;
Petrusville, opdraandes uit en afdraandes teen 70
km per uur gevlieg, vertel Johan Oelofse.
Die 1ste uitdaging was 6 November met Bloem-
fonteinse OFM Classic fietsren oor 160 km. Ons het
7h20 weggespring en 12h15 klaargemaak, met die
afsny tyd eers 15h00 en daarmee gekwalifiseer vir
die Cape Argus. Vanderkloof is die ideale plek om te
oefen want daar is genóég styl opdraandes. Kom ry
saam en word ook fiks!
Rolbalnuus
By die Koffiefontein Vleisdag was die 1ste prys ‘n
bees en 4 bokke wat deur spelers van Bloemfontein
gewen is.
2de Prys was ‘n rooihartbees en 2 bokke wat deur
David Pieters, LP Vermaak, Leon Waldeck en Fanus
Viviers gewen is.
4de Prys was 6 bokke wat deur Tossie Louw se span
gewen is. Vanderkloof het die ligawedstryd teen
Hanover gewen! Aloe Aristate
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 163
� Deel tydskrifte, koerante en DVD’s met bure en
vriende.
� Mik vir ‘n 5 minute stort – jy sal nog steeds
skoon kom!
� Koop minder. Kan jy dit leen, huur of 2de-hands
bekom?
� Skakel ligte af as jy die vertrek vir meer as 1
minuut verlaat.
� Skakel TV en videospeletjies af en gaan speel
buite of gaan stap.
� Herstel lekkende krane.
� Gebruik herbruikbare items vir piekniek of
visvang, soos enamel, en ruim jou rommel op.
� Trek elektriese apparate uit, wanneer nie in
gebruik.
� Sonligte in die tuin stoor sonkrag gedurende die
dag en gebruik dit saans vir lig.
� Gebruik herbruikbare bottels gevul met water,
i.p.v. gebottelde water te koop.
� Dra bamboes. Dis ‘n nuwe sagte duursame
materiaal wat van bamboes gemaak word en
baie beter vir die omgewing as enige ander
natuurlike vessel. Bamboes groei maklik en
vinnig, help die lug skoonmaak, het min water
nodig en hoef nie met gif gespuit te word.
Ses Houe
Tydens ‘n TV-onderhoud met die 105-jarige oom
Piet
Steyn van Korsten, word hy gevra wat die geheim
van ‘n suksesvolle huwelik is.
Sy antwoord, 6 houe:
� Kop hou
� Moed hou
� Aanhou
� Uithou
� Rigting hou
� En probeer bek hou.
**************
Wisdom:
One of the Hardest Decision you will Ever Face in
Life is: Choosing to Walk Away ..... or Try Harder.
**************
Indigenous Aloes
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 177
that would go to the trouble of phoning you when a
parcel arrive for you and even deliver it to your
door?! Only in Vanderkloof – granted, this has only
recently become a reality! Or where else can you
even dream of having a single bag of fertilizer
dropped off at your house? Only in Vanderkloof!!
Yes, there are many shops and things missing from
life in Vanderkloof, particularly if you have relocated
from any city. In most cases it can be sourced for
you or you will find somebody who will go out of
their way with innovative ideas to accommodate
your unusual requests. Or any number of people will
offer to assist in getting it from one of the near-by
cities which most seem to visit from time to time.
Sometimes it just require a little extra effort from
your side to gather-up bags of river pebbles instead
of buying ready-made bags and you can have them
for nothing! Therefore, I for one, do not wish for any
chain-stores opening up here and with it bring the
inevitable influx of elements we so dearly appreciate
missing from our village!
One soon get used to drive slap-bang in the middle
of roads leading out of the village to avoid the
potholes and moving back to your lane only if a car
approaches from the opposite direction or
approaching a rise. That is life! Going to the Western
Cape and joining the N1 at Hanover, you think to
yourself “Yippy! Here are shoulders to the road
again,” when in the next instant you hit a stretch
which sounds like you are driving on a corrugated
gravel road with only the flying rocks missing and
you slow down to discover there is nothing wrong
with your vehicle! You are hardly off this stretch and
the traffic comes to a complete stand-still. What the
heck now?! It turns out there are 6 such stretches of
30 km where the traffic is directed onto one lane
whilst the other is repaired and it will take 20
minutes wait at each one of them! Soon you learn to
relax, have your sandwich and coffee (better be pre-
pared!) and you will see in time this blue-clad
mamma waddling out with this huge orange cone,
clearing the way for the 6 – 10 trucks in line in front
of you. As soon as you reach the next finished
stretch, you accelerate dramatically to overtake the
line of trucks, continue at breakneck speed and with
some luck you catch the tail-end of the lot going
through the next stretch being repaired. You have
succeeded in reducing your total travelling time by
20 minutes! But you know what? There are two
reasons to be grateful. One, these trucks at a ratio of
3 to 1 car, means the economy has taken a turn for
the better! Two, unlike Jo’burg where the Pothole
Brigade is filling in with mud and motorists are
tipping them for the consideration and labour, here
the road is receiving a new top surface! And what’s
more, you are driving all of 800 km with a total of 6
traffic lights and zero toll-gates!
On the way back, turning off after Hanover, you are
back to driving slap-bang in the middle of the tarmac
and excitement overtake you for almost being
home..... What a strange phenomena to watch a
truck approaching with a cloud of dust following
it..........on a tarmac? Well, it appears some Council
has learned from Jo’burg’s Pothole Brigade and are
filling the potholes, each making a dip in the road
and then spreading a “film” of mud-coloured tarmac
over each. Well, at least the Council IS paying for
that!! Very intriguing, l-o-n-g after these potholes
were repaired, the warning signs for potholes
remains. Guess they don’t have much faith in their
reparations either, so why remove the signs just to
have to put them up again?
Skilly
Indigenous Aloes
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 194
Hotspot is waar mens ook toegang tot die Internet
kan geniet, kan die Internet nou ook beter benut
word.
Nuwe Inligtingsbord
Die nuwe inligtingsbord soos deur die Sakekamer
voorgestel, in samewerking met die SAPD, vorder
goed.
Dit behoort teen einde Junie sigbaar te wees by die
ingang van die dorp. Ongeveer 16 adverteerders het
alreeds hul betalings gemaak.
Vir potensiële adverteerders wat belangstel, u kan
gerus vir Johan Smit – Voorsitter van die Sakekamer
– skakel.
Vrywillige Brandbestryding- Span
Ongeveer ‘n jaar gelede is ‘n Brandbestryding-span
gestig op Vanderkloof. Vier brande is beman sedert
die stigting, vertel Frans Stottelaar.
Gedurende Maart het daar ‘n struktuur-brand
ontstaan en van die lede is gemobiliseer om
behulpsaam te wees met die bestryding van die
betrokke brand. Na afloop van die brand is daar ‘n
behoefte ge-identifiseer om die formaat van die
span te herstruktureer. Op Dinsdag 12 Maart is ‘n
vergadering belê wat bygewoon is deur 19
vrywilligers. Drie dae later is al hierdie vrywilligers
gemobiliseer om ‘n veldbrand naby die Munisipale
werkswinkels te blus. Begin April het die span hul
eerste amptelike oefening gehou, waar lede
blootgestel is aan die hantering van die brandslange.
Na onderhandelinge met Kimberley Brandweer is
ingestem dat die lede van die span opleiding
ontvang op Vanderkloof. Lede gaan deel uitmaak
van die UPN brandspan en via UPN gemobiliseer
word. Hulle gaan eenkeer elke twee maande
bymekaar kom om te oefen of om vergadering te
hou. Meer vrywilligers sal verwelkom word.
Brandweer Jaarafsluiting
Hierdie noodsaaklike instansie het hul jaar afgesluit
met ‘n heerlike gesellige spitbraai by Ribbok.
Die brandspan se gesinne is ook genooi aangesien
hulle ook gereed moet wees met water, ys,
noodhulp en moet ook die selfone beman.
Individue wat gehelp het met borge, asook die VBV
voorsitter was ook teenwoordig.
Opleidingsertifikate is tydens die geleentheid
oorhandig. Volgende jaar kry die span opleiding in
rampbestuur en tou-opleiding.
In waentjie vir die brand eenheid is intussen deur
lede van die brandspan gebou, en staan gereed vir
die volgende oproep.
Charl Hoffman is die LIGGIE in Ons Lewe
As die wintersonnetjie mos sak, is dit nag. Maar in
Vanderkloof was dit vir die afgelope 6 maande
letterlik en figuurlik NAG. Baie van die dorp se ligte
was buite werking. So jy moes jou stap en trap ken,
as jy na sononder die strate invaar. Ook was dit ‘n
broeiplek vir kwaaddoeners en inbrekers.
Weet nie of dit dalk verband hou met die inbrake by
die OK en die Kerkkantoor op die nag van 1 Mei nie?
Baie inwoners het die Munisipaliteit genader vir
hulp, maar hulle kon nie voldoende aandag aan die
probleem skenk.
Gelukkig kom Charl Hoffman toe tot ons redding. Op
sy eie tyd, eie onkostes en eie arbeid is hy besig om
die dorp se straatligte stelselmatig te herstel.
Die inwoners wil graag baie dankie sê aan Charl vir
sy barmhartigheid! Ons sien dit baie duidelik raak –
dag en nag!
“Los Ons Fraking Karoo Uit!!!”
DIE KAROO:
1. Het meer as 1 miljoen mense in 100 dorpe.
2. Is 400 000 km² groot - sowat 40% van SA se
grond-oppervlakte.
3. Lewer 30% van SA se rooivleis.
4. Lewer 30% van SA se wol
5. Lewer 100% van SA se sybokhaar – 50% van die
wêreld produksie.
6. Tuiste van 7.2 miljoen skape – 4.2 miljoen wol-
skape en 3 miljoen vleisskape.
AfriForum het vroeër vanjaar sy steun toegesê aan
die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) om
hidrobreking (fracking) vir skaliegas in die Karoo
teen te staan. Sedertdien het die groep ‘n reuse
veldtog van stapel gestuur om te probeer verhinder
dat die Suid Afrikaanse regering lisensies toestaan
om die Karoo se ekosisteem en erfenis met hidro
breking te
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 201
Vanderkloof Experience 2011 - 2013
Nature; that is for residents here the major factor
influencing our day to day life – so unlike any urban
city or town. Sitting in your cosy front porch staring
at the play of sun and shadows - on the odd
occasion we have clouds in the sky here too – or
traffic on the Dam, noting the comings and goings of
acquaintances on the street below, whilst absently
knitting or whatever, or watching the monkeys
busily stripping your fruit trees whilst jabbering
away at each other.
Talking about monkeys: A neighbour told me how
they got into trouble with the police – purportedly
pelting revellers with apples. This happened on a
New Years day, which is renowned for the loud,
drunken celebrations at the municipal swimming
pool. They had retired for an afternoon nap to a
room furthest away from the pool side, with their
own radio turned up to drown out most of the
noise. The next thing, they are awakened from a
rather fitful sleep by the police knocking and then
promptly confronting them with a complaint, that
they were pelting the revellers with apples! A few
weeks ago, noticed an apple lying in my back yard
with a bite out of it. Then, a few days later noticed
the monkeys enjoying a feast in the neighbour’s
apple tree and it dawned on me: NOT them –
obviously a close relative to the revellers though!
Conclusion, a total exaggeration, a monkey dropped
an apple running along the fence and this reveller
realizing their howling noise is a flagrant breech of
all acceptable human behaviour, and accepted that
somebody will retaliate!
Find it most intriguing how most relocated urban
dwellers tune-in to nature here and actively start
their own protection programme. May be wrong,
but find this mostly missing from some of our landed
gentry, or simply an indifference perhaps?
One such tale which was related to me had me
tickled pink: The European Swallow is nesting at
most homes here when they arrive in massive flocks
in Spring and frequently, one will take a dive right
through an open door. Not a major crises. Just wait
till it finally takes a break from its swooping flight,
clinging to a curtain and it can gently be taken
outside again. Except if this happens in a building
with exposed rafters – then it’s not all that welcome
because of its droppings on the shelves of
merchandise.
Unfortunately these asbestos walls of the original
homes erected for the dam construction team, are
not as stable as our more commonly known brick
homes – there is a “give” in the whole structure. It
also doesn’t help that our mud is sand, not soil, and
as a result the homes of the swallows are most
frequently half demolished on their return and
major renovations are required. One of our more
industrious residents decided his swallows need a
little help in preserving their home. So, whilst the
swallows resided in Europe, around the nest, bird
netting was stretched – which couldn’t have been an
easy task without the whole mud-structure tumbling
down, attached somehow, and then a layer of
plaster was applied. When the swallows returned, lo
and behold, they accepted that their home was now
plastered and moved in again! Then he noticed that
the eggs are rotting from the blistering hot
corrugated iron roof and therefore he decided that
‘Think Pink’ insulation on top of the roof could solve
their heart ache. This was promptly applied,
between the roof and a sheet of wood on top of
that, bolted to the roof! The seriousness which
accompanied the telling of this tale, had me in
stitches, and probably because of my own
experience, appreciated so much more.
Subsequently discovered they now have two
permanent adobes for their swallows!
Had ‘my’ swallows’ nest collapsing after the chicks
had hatched already. The parents must’ve realized
this is imminent and deserted us, without my
knowledge – meaning they didn’t warn me, or
maybe they did and was too stupid to understand,
cause one was doing a low, lazy, flythrough in the
kitchen one day and then out the door? One day
found this little chick fluttering around on the hot
cement slab and at first studiously ignored it
thinking the parents will solve their own problem.
Eventually, when army ants started to encroach, had
to take a
Verw./ Ref.: Bladsy/Page 212
ook deur privaat konsortiums, soos wat Sabie Sabie
aan privaat konsortiums behoort, maar inskakel by
die Krugerpark. Met die 2 grootste massas water in
Suidelike Afrika, is die potensiaal hier en dan verder
met ‘n lokale vliegveld vir oorsese besoekers om van
Skukuza, vir sy volgende been van die besoek hiér te
kan land. Toerisme is die enigste sektor wat werklik
ontwikkel kan word, aangesien die groei in die
landbou sektor beperk word deur water-regte.
Die proses is deur gevolg, koste beramings ens. en
dit het gefaal by onmin tussen die Provinsies – waar
die Vrystaat aanspraak gemaak het op leierskap in
die projek en daar het die hele projek plat geval.
Ons het baie van daai studie se agtergrond material
gebruik, gaan voort om Vanderkloof te ontwikkel en
uiteraard sal die ander ook later inskakel by die
ontwikkeling, maar ons neem die 1ste tree.
In terme van sport ontwikkeling: die volgende 2
Olimpiese spele gaan gebeur in warm klimate. So die
atlete van bv., die Noordelike halfrond besef hul
moet oefen in ‘n warm klimaat. Die Universiteit is
oorval met navrae oor waar daar geoefen kan word
en in baie opsigte beskik Suid Afrika nie oor ‘n oefen
plek vir die Olimpiese atleet. Dit is die ander idée,
wat ons nou gaan bespreek.
(Hier is na ‘n kaart van Vanderkloof verwys, wat die
areas wat ge-oogmerk is aandui, wat nou by die
Munisipale kantore besigtig kan word)
1. Die Oord het spesifieke voordele en nadele: dis
geskenkte grond, dus mag die Munisipaliteit
nooit daarvan vervreem raak, volgens die wet, en
dus geskik vir PPP.
2. Die oop grond by Rolfontein se ingang en so
tussen die ontwikkelings deur.
3. Die ou rioolwerke, die as-gate waar ook oop
grond lê.
4. Waar die ou oord was of sou wees by die 1ste
sleephelling.
5. Die ongerehabiliteerde grond naby die damwal.
Dis die areas wat ons hier kan oorweeg vir ont-
wikkeling. Vir die 5 ontwikkelings moontlikhede
moet ontwikkelings raamwerke opgestel word. Die
ontwikkelings potensiaal moet ondersoek word,
raam-werke opgestel word en dit laat goedkeur.
Daarvoor moet befondsing gevind word, wat Don sal
toelig.
Ons idees sluit in en ons beklemtoon dat ons geen
beloftes kan maak dat dit wel gaan gebeur:
1. High Performance Watersport: die idee is om
Vanderkloof die Watersport Mekka in Suid Afrika
te maak, waartoe die area hom uitstekend leen.
Dit kan ‘n groot bate vir die gemeenskap wees
want jy praat van ‘n kléin elite groep atlete wat in
‘n afgeleë area kom oefen, soos bv. Michael
Phelps van die VSA gaan oefen in ‘n area van
Colorado wat afgeleë is en daarom presteer hy so
goed. Dit kan onder die vaandel van ‘n
Universiteit gedoen word, aangesien die Noord
Kaap ook ‘n Universiteit kry, afhangend van
wátter Universiteit daarby betrokke wil wees.
2. Bergfietse: paadjies kan daarvoor ontwikkel
word.
3. Perde – Equestrian sport kan hierheen gebring
word en dit word gebaseer op internasionale
wetspraktyk en in terme van PPP praktyke kyk jy
tipies na, tot ‘n 99 jaar huur. Almal is dit eens dat
die Staat nie ‘n sukses maak van sy eie “state
owned enterprises” nie, so jy streef daarna om
die privaat sektor so vêr as moontlik betrokke te
maak by die bestuur. Hulle neem die risiko,
ontwikkel die projek, gee die kapitaal en hy maak
sy geld uit die 99 jaar huur en gee dit dan terug
aan die munisipaliteit.
4. Ontwikkeling van ‘n landgoed by Nr 2 hier bo:
Tipiese Estate met verskillende opsies in terme
van temas.
5. Gholfbaan ontwikkeling sal weereens eerder aan
‘n privaat ontwikkelaar oorgelaat word om op hul
éie grond te ontwikkel, aangesien die gholf-baan
as sulks, selde winsgewend is. Ons kan eerder kyk
om by die gholfbaan poging oorkant die rivier in
te skakel.
6. Eko-toerisme: Oorweeg ‘n marina op die water,
bote en al die ander aktiwiteite wat daarmee
saam gaan, kan oorweeg word. Hierdie oorde is
gefokus op die hoër inkomste groepe, m.a.w. dis
‘n kléin ontwikkeling, hoë waarde plus ‘n
mediese sentrum - tot voordeel van die
gemeenskap - waar ‘n aftree oord onder volle
BESTELLINGS
Die inwoners van Vanderkloof – gewese en huidige – het hierdie joernaal saamgestel uit alle bekende gebeure, wat gelei het tot die stigting van die jongste munisipaliteit in die Noord Kaap. Daar is in die verlede gedelwe so ver terug as 1952 – kort na die einde van die Tweede Wêreldoorlog, toe gesprekvoering skaars begin het oor die ontwikkeling van die Oranjerivier Projek. ‘n Voorskou van die Vanderkloof Historiese Joernaal is op ons webwerf www.vanderkloofdam.co.za gepubliseer om vrye toegang te gee aan enige geïnteresseerde persoon waar ook al op ons planeet. Dit is interessant, leersaam, pragtig, kostelik genoeg om jou te laat skater van die lag, en die heilige, reine waarheid! Dit word beplan om die boek te laat druk
indien daar genoeg belangstelling is.
Dit sal in hierdie vol-grote (A4) gedruk word,
in volkleur, op glanspapier teen ’n koste van
R260 per boek, slegs vir die eerste druk.
Bestellings kan geplaas word per E-pos, wat
insluit pos of straat adres, SEL No. en
hoeveelheid, aan [email protected], of
’n persoonlike besoek aan Aalwynstraat 82,
Vanderkloof.
Geen gelde is betaalbaar op bestelling. 50%
van die koste sal ingevorder word sodra die
nodige hoeveelheid bestellings ontvang is en
die ander 50% wanneer die boeke
beskikbaar is om afgehaal of gepos moet
word. Posgeld is addisioneel.
Gedrukte kopieë van hierdie uittreksel kan
besigtig word by die Biblioteek en
Munisipale kantore te Vanderkloof.
(Enige verdere uitgawes is onderhewig aan koste op
daardie stadium, of verspreiders beslissing.)
ORDERS
The residents of Vanderkloof – past and present - has put together a journal of known events that has led to the establishment of the youngest municipality in the Northern Cape. These events date back to 1952 – shortly after the end of the Second World War, when talks of developing the Orange River Project was in its infancy. A pre-view of the Vanderkloof Historical Journal has been published on our website www.vanderkloofdam.co.za to make it freely accessible to any interested person anywhere in the world. It is interesting, informative, beautiful, funny enough to have you laughing out loud, and above all, the gospel truth! Should there be sufficient interest, it is
planned to publish the book full scale (A4), in
full colour, on gloss paper at a cost of R260
each, for the first edition only.
Orders can be placed by Email, which
includes mail or street address, CELL Nr. and
quantity, to [email protected], or by
paying a personal visit to 82 Aalwyn Street,
Vanderkloof.
No funds are payable on order. 50% of the
cost will be collected once we have received
the required number of orders and the
balance once the books are available for
collection or readied for mailing. Postage will
be additional.
Printed copies of this excerpt may be viewed
at the Library and Municipal offices
Vanderkloof.
(Any further editions are subject to cost at the time, or
outlet decision.)