taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn...

21
HOËRSKOOL FRAMESBY AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 JUNIE 2014 VRAESTEL 2 TYD : 2 H 30 MIN. PUNTE: 80 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1 Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2 Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op die volgende bladsy. 3 Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4 Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te help. 5 Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6 Nommer die antwoorde presies soos in die vraestel. 7 Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 8 Skryf netjies en leesbaar. 9 Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute

Transcript of taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn...

Page 1: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

HOËRSKOOL FRAMESBY

AFRIKAANS HUISTAALGRAAD 12JUNIE 2014VRAESTEL 2TYD : 2 H 30 MIN.PUNTE: 80

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1 Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2 Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op die volgende bladsy.

3 Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Gedigte (30)AFDELING B: Prosa (25)AFDELING C: Drama (25)

4 Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te help.

5 Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6 Nommer die antwoorde presies soos in die vraestel.

7 Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

8 Skryf netjies en leesbaar.

9 Voorgestelde tydsindeling:

AFDELING A: ongeveer 40 minuteAFDELING B: ongeveer 55 minuteAFDELING C: ongeveer 55 minute

Page 2: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-2-

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTEVoorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY1. Nuus uit die Binneland Opstelvraag 10 4

OF2. ‘n Tipe epistemologie van water

Konteksvraag 10 5

OF3. Een sprong vir ... Konteksvraag 10 6

OF4. Busrit in die aand Konteksvraag 10 8

ENOngesiene gedig: VERPLIGTE vraag.5. Elegie vir ‘n skoolloopbaan Konteksvraag 10 9

AFDELING B: ROMANBeantwoord EEN vraag.*7. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 11

OF8. Die kwart-voor-sewe-lelie Konteksvraag 25 11

AFDELING C: DRAMABeantwoord EEN vraag.*9. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 13

OF10. Krismis van Map Jacobs Konteksvraag 25 14

* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSVRAAG uit AFDELING B en AFDELING C.

Page 3: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-3-

KONTROLELYS

Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord het.

AFDELING VRAAG-NOMMER

GETAL VRAE BEANTWOORD

MERK

A: Gedigte(Voorgeskrewe gedigte)

1–4 2

A: Gedigte(Ongesiene gedig)

5 1

B: Roman(Opstel- of kontekstuele vraag)

6-7 1

C: Drama(Opstel- of kontekstuele vraag)

8-9 1

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C.

Page 4: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-4-

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAGLees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Nuus uit die binneland - Peter Blum Vir Dirk Opperman

123456789

10

11121314151617181920

21222324252627282930

Soms in die winter as die reën sag stuif op grasperke, dig en diep soos ‘n tapyt – as hy die rotsige bergreeks wegskuif agter ‘n misgordyn – as voor die ruit popliere, eike en kastaiingbome drome saamvloei, en ons versink in blaargroen drome terwyl ons oor ‘n ou beskawing lees – dan gryp die onwerklikheid ons met die loop van waters wat kalmeer, en in die gees vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

Soms in ‘n najaarsdag se skemerty stap ons in ‘n stil straatjie en gewaar deur ‘n ou bolig, kunstig uitgesny in vlegtende patroon van druif en blaar, die lig van verre dae: Ons word gesluk soos deur ‘n mond; die luiterse getik van ‘n ou horlosie vervang ons ontstoke harte se ritme in die kamerhoek, en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke in die vernislaag van ‘n Delftse doek.

Maar as die bergwind so rukkerig waai en tussen ons rondkrap soos ‘n stok in ‘n miershoop – in die palms blaai nes ‘n barbaar in ‘n keurige boek – dan is ons rillend buite alle mure wat ons opstapel in redelike ure met doel en plan – ruik ons droogte en brand, en gerug van sprinkaan, aardbewing en oproerop daardie skroeiende binnelandse lug

Page 5: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-5-

3132

dan, dan weet ons op watter vasteland ons boer.

[Uit: Steenbok tot Poolsee, 1955 ]

In die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die droombeelde oor ander kontinente én die werklikheid van Afrika te beskryf.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde en verwys ook in jou antwoord na die voorwaardes waaronder die droombeelde in strofe 1 opgeroep word Lewer ook kommentaar op die geldigheid van die insig waartoe die spreker kom.

[10]

OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAGLees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

‘n Tipe epistemologie van water – Breyten Breytenbach

123456789101112131415161718192021

Die hemel was somber suf van die gietende reënskeef gearseer, gebuig deur windstrome...Dit was getint in vuur se kleure voortgebring uit

bliksemskigtewat die wolke gereep en verfladder het, die fakkelswaarvan die groot waters oor die oorspoelde valleiegeslaan en oopgekloof het, en waar dié ontbloot ishet die omgebuigde boomkruine sigbaar geword in die

dieptes...dat jy daar kon sien saamgewriemel op die baie bergspitseallerlei diere die marmotjies die girafs die skuifelende reptieleoplaas getem met die peupel mans en vroue wat boontoegevlug het met kind en kraai. En die landeryeonder water se brandertoppe was besaai van tafels,katels, arke, balies, kosyne, stompe, karavane, vrieskaste,kateders, kroegtoonbanke en ‘n flottielje vlottesaamgeflans in nood en vrees vir die dood(so glibberig, so log), waarop ‘n norring vare en moere met

krooskon hurk terwyl hulle arpeggio’s eoniese kreteen verwyte en jammerklagte uiter, lamgeslaan

Page 6: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-6-

22232425

deur die wind se woede wat die waters laat rollaat rol laat rol het ... tesame met die glinsterendegroen lyke van die verdrinktes, ‘n mompeling van dooie vleis weer en weer ... [Uit:Die ongedanste dans-Gevangenisgedigte, 1975-1983,2005]

2.1 Verduidelik kortliks die betekenis van die titel in jou eie woorde. (1)

2.2 Benoem en verduidelik die beeldspraak in reël 2. (2)

2.3 Lewer kommentaar op die geslaagdheid van die tipografie in reël 4. (2)

2.4 Verklaar die gebruik van die beletselteken in reël 9. (1)

2.5 Lewer kommentaar op die woorde arpeggio’s eoniese krete in reël 20 .(2)

2.6 Evalueer die gebruik van talle enjambemente in hierdie gedig. (1)

2.7 Sou jy sê die natuurramp word effektief in hierdie gedig beskryf? Motiveer kortliks (1)

[10]

OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAGLees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Een sprong vir... - Joan Hambidge

1234

5678

91011

Jy wil weetwaarom herstel ek nie –want jy het my die maan,sterre en uitspansel beloof.

Jy stuur my na die maan en á la Neil Armstrong beweegek in die lugdrukvrye atmosfeer,(dis verby, dis verby, dis...) op die silw’rige planeet.

Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glasgenaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,wys my foto’s vir diegene wat wil sien,

Page 7: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-7-

121314

15161718

neem stukkies maankors saamen weet ná maandedie maan is hiér.

Jy wil weet waarom vergeet ek nie –omdat ek weet die maanis beslis nie van kaas.

3.1 Hoe noem ons ‘n strofe soos strofe 1 wat uit vier reëls bestaan? (1)

3.2 Verduidelik die implikasie van die spreker se woorde in reël 5. (1)

3.3 Benoem die beeldspraak in reël 5. (1)

3.4 Lewer kommentaar op die parentese in reël 10. (1)

3.5 Watter ooreenkomste bestaan tussen die lugskip van glas en poësie? (2)

3.6 Wat is die stukkies maankors waarna daar in reël 14 verwys word? (1)

3.7 Lewer kommentaar op die gebruik van die akuut in reël 16. (1)

3.8 Stem jy saam met die spreker se mening in die laaste strofe? Motiveer kortliks. (2)

[10]

OF

Page 8: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-8-

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAGLees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Busrit in die aand - Elisabeth Eybers

123

456

789

101112

131415

161718

Elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit sit hulle suf, met monde moeg gesluit, die werkers van die stad wat huis toe gaan.

Skaduwee-skimme gly verby … Dis laat en lang ligvaandels wapper oor die straat soos oor ’n dam die blinkpad na die maan.

Ons ploeg deur stormsee met ons kaperskuit: die stuurman aan die wiel, die passasiers die buit wat ons as slawe huis toe bring vanaand …

Die vaartuig waggel afdraand, om die draai, met skril gekners en skommelende swaai, en hyg en skok en snork en swoeg opdraand

terwyl ons, soos twee kinders opgetoë, mekaar toelag met glinsterende oë … Asof hul jammerlik hul lot kan raai

sit hulle suf, met monde moeg gesluit, elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit, die werkers van die stad wat huis toe gaan.

[Uit: Die stil avontuur, 1939 ]

4.1 In die eerste twee tersines is daar indirekte tydsaanduidings wat by die titel aansluit.Stem jy saam? Bewys jou antwoord met ‘n gepaste aanhaling. [1]

4.2 Watter inligting in die gedig bevestig dat die spreker nie een van die werkers is nie? [1]

4.3 Watter tegniek gebruik die spreker in strofe 1 om die klem op die werkers (r.3) te plaas? [1]

4.4 Haal die reël aan waar die spreker se romantiese verbeeldingsvlug begin. [1]

4.5 Verklaar die ironie in reël 9. [1]

Page 9: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-9-

4.6 Bespreek die effek van die polisindeton in r.12. [1]

4.7 Hoe verskil die “ons” in r.7 van die “ons” in r.13? [1]

4.8 Bewys dat die gedig ‘n sikliese verloop het. [1]

4.9 Omskryf die tema van die gedig in nie meer as vier geskrewe reëls nie. [1][10]

EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Elegie vir ‘n skoolloopbaan - Ansa van der Walt

123456789101112131415161718192021222324

dan lyk grootword só:tot hier gebring met brooden (vergeef die cliché)daaglikse nektar van godebehoort my kaalvoete nou streng gesprokealleen oor die aarde te kan loopvrywillige dissipel van kleindogtertjiedromemaar ek weetdrome soos skooljare loop vinnig doodof wreed en oninhaalbaar skeefteen nou se vurige voornemenssal ons mekaar vergeetkyk my opvolgers wag reeds gretig en gereedom jou lyf beter as ek te bewoonen t.s.v. die seremoniële traneskud ek oomblikke graagmy voete skoon van jou stofo, ons sal terugverlangaanvanklik nog kan agterblyas naamgraffiti op voosgekerfde bankof iets wat ons bereik hetsal vir eers nog in die leë leë gangevan ‘n vreemde more kan bly hangen jý?

Page 10: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

25 jý-9-

262728293031323334353637383940

wil ek met die hoogmoedvan ‘n jong profeet beweersal in toevalligheid vermommy iewers langs die baie mores teëkomwaar ek dalk suksesvol en geleerdjou met koue troos sal laat weetek het uiteindelik die sondige grensvan verbeelding verbreekmy kleintydse mentor speel-speelsummier in die pad van ontgroei gesteeken dit sal seer wees liewe skoolso seer soos die skoolbaadjiewat ek vandagsoos ‘n lewende se velvan my lyf afslag

5.1 Verskaf ‘n sinoniem vir elegie in die titel van hierdie gedig. (1)

5.2 Wie is die aangesprokene in die gedig? (1)

5.3 Hoekom is reël 8 skielik soveel korter as die eerste sewe reëls? (1)

5.4 Wie is moontlik die opvolgers na wie daar in reël 13 verwys word? (1)

5.5 Op watter maniere sal die spreker deur haar skool onthou kan word? (2)

5.6 Ons lees ‘n sterk aanklag in reël 31-35 raak. Verduidelik die spreker se houding en uitlatings in jou eie woorde. (2)

5.7 Die skoolbaadjie (reël 37) word met ‘n lewende se vel (reël 39) vergelyk.Watter simboliese waarde verkry die skoolbaadjie dus in die gedig? (1)

5.8 Dink jy dit is bloot toevallig dat hierdie gedig uit veertig reëls bestaan? Motiveer kortliks.

(1)

[10]TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 11: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-11-

AFDELING B: ROMAN DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord EEN vraag.

Beantwoord óf die opstelvraag óf die kontekstuele vraag

VRAAG 6: OPSTELVRAAG

In die roman Die kwart-voor-sewe-lelie vind ons twee verhaallyne – die van die werklikheid en dié van Iris se verbeelding.

Bespreek hierdie stelling in ‘n opstel van 400 – 450 woorde en wys hoe hierdie fantasiekarakters Iris se werklikheid draagliker maak. Sê ook hoe ‘n gebrek aan kommunikasie met die mense rondom haar, daartoe lei dat hierdie karakters ‘n groter impak op haar lewe het. Evalueer eindelik of hierdie fantasiekarakters Iris enigsins baat.

[25]

OF

VRAAG 8: KONTEKSVRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

1234567891011121314

“Hy het hard met sy tong geklik en ‘n krummel teen sy baadjielapel gespoeg. “Jy soek moeilikheid en jy gaan dit kry.”“Wat is jou naam?” het ek gevra omdat ek gevoel het ‘n mens kan nie jou lewensfilosofie sit en verduidelik aan iemand wie se naam jy nie eens ken nie.“Billy. Joune?”“Iris.”Hy het wreed geglimlag en ek moes toegee, hy het baie goeie tande. “My suster is ook Iris.” “Daar het jy dit dan,” het ek voldaan gesê. “En waar is jou taxi?”Hy het sy hand gewaai in die rigting van ‘n ry geparkeerde geel taxi’s. “Dis my etensuur.”“Is dit al so laat?” Ek het na my horlosie geloer. “Sowaar. Jy sien, my ouma het haar eie spesiale Engel gehad en ek het die gevoel die man is nou by my.Saamgevlieg, blykbaar.”

Page 12: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-12-

15161718192021222324252627282930313233343536

Billy het sy oë gerol. “Uh-huh.”“Dis dié dat ek seker nie so versigtig is soos ek behoort te wees nie. Ek reken die Engel sal my pootjie of so iets as ek te ver gaan.”Hy het sy kop geskud en die plastiekbekertjie tussen sy groot hande verfrommel.“Mense luister nooit regtig na my nie. Veral nie my familie nie.”“Is dit so?”“En dan is daar my naam. Iris. In die mitologie het dit twee verskillende betekenisse gehad. Ek glo nie eintlik die laaste een nie, maar die een is wel van toepassing.” “Maar dan is daar ook die blom. Het julle ook irisse in julle tuine?”“Uh-huh,” het hy weer gesê en ‘n sigaret uit sy baadjiesak geskud. Hy was kennelik nie verwant aan die bestuurder wat my en Joe by die park afgelaai het nie.“Hulle blom net een keer per jaar,” het ek hom herinner.“En dis miskien ook een van die redes waarom ek nie altyd nee sê as ek dit behoort te doen nie. Ek glo al sedert my skooldae dat ek, soos my botaniese naamgenoot,die een of ander tyd moet blom en dat ek dus te alle tye gereed moet wees en nooit‘n nuwe aanbod van die hand mag wys of ‘n potensieel opwindende situasie onbenut mag laat nie.” “My suster het nooit aan hierdie goed gedink nie. Iris is haar naam. Dis al. Toeval, dis wat dit is. My ander suster is Daisy.”

7.1 In watter een van die ruimtes waarin en waarteen die roman afspeel, bevind Iris haar in hierdie snit uit die roman? (1)

7.2 Haal agt opeenvolgende woorde uit hierdie gedeelte aan wat aansluit by die rede waarom Iris haar nou in dié ruimte bevind. (1)

7.3 Identifiseer die soort verteller in hierdie roman. (1)

7.4 Waarom, meen Billy, soek Iris moeilikheid? (2)

7.5 Herlees reël 15 -19

7.5.1 Watter handeling van Billy dui daarop dat hy swaar sluk aan die teenwoordigheid van die Engel? (1)

7.5.2 Noem die betekenis wat Iris hier aan die Engel heg en motiveer of hy daaraan voldoen het. (3)

Page 13: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-13-

7.6 Herlees reël 20

Het Iris rede om hierdie stelling te maak? Motiveer kortliks hoekom jy so sê. (2)

7.7 Hoekom is dit vir Iris belangrik dat die lelies net een keer per jaar blom? (2)

7.8 Watter betekenisse het haar naam in die mitologie gehad en met watter mitologiese betekenis van haar naam stem sy saam? (3)

7.9 Hoekom stem sy nie met die ander mitologiese betekenis saam nie? (1)

7.10 Watter afleiding kan jy uit die teks maak oor Iris se houding teenoor die lewe? (3)

7.11 Evalueer Billy se perspektief oor die betekenis van Iris se naam en gee jou opinie oor Iris se lewensfilosofie. (3)

7.12 Iris se naïwiteit blyk duidelik uit hierdie gedeelte. Motiveer die stelling met voorbeelde uit dié gedeelte. (2)

[25]TOTAAL AFDELING B: [25]

EN

AFDELING C: DRAMAKRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord EEN vraag.

Beantwoord óf die opstelvraag óf die kontekstuele vraag

VRAAG 8: OPSTELVRAAG

Krismis van Map Jacobs bestaan uit intrige en subintrige.

Bespreek hierdie stelling in ‘n opstel van 400 – 450 woorde en bring dit in verband met die tema van vryheid en uitgelewerdheid. Verwys in jou antwoord na Map en Cavernelis. Sê of hierdie tema sterk genoeg in die intrige sowel as die subintrige na vore kom.

[25]

EN

Page 14: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

-14-VRAAG 9: KONTEKSVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

TEKS 112345

TOMMY: Hé, stop ‘it nou regtig, man! Stop ‘it nou!CAVERNELIS (hulpeloos, maar dreigend): Julle laat staan vir Blanchie!CYRIL: En hoekom nogal? ‘Is mos die waarhied. Blanchie

werk oek mos overtime, even Sondae oek! Net soos jy, ou 6789101112131415161718

dad … jy moet jou soft goods en Blanchie, well …nou ja, geld is geld – it knows no colour, creed or racesoes daai whitey-vrinne van julle oek sê!Mister Cavernelis staan net daar met die fiets, sy lippebeweeg, maar hy sê niks.RICHIE: Dis colour-blind, ja.CAVERNELIS: (met lippe wat bewe): Wat het julle teen

Blanchie, hê? Wat het julle teen haar?TOMMY , wat moeilikheid sien kom, kom nader en staan tussen

Cyril en Cavernelis.TOMMY: Ek sê, stop ‘it nou, man!CYRIL (Oor Tommy se kop): Nee, nie teen Blanchie nie, ou dad, nie teen háár nie, dis teen jóú …

9.1 In reëls 1 en 16 herhaal Tommy dieselfde versoek. Wat is die eintlike rede waarom hy hierdie gesprek probeer stop?

(1)

(1)

9.2 Tommy se optrede in die drama kontrasteer met sy woorde in reëls 1 en 16. Verduidelik hierdie stelling deur jou antwoord met ‘n gepaste voorbeeld toe telig.

(3)

(3)

Page 15: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

9.3 Herlees die neweteks in reël 2.

Bespreek hierdie teenstellende beskrywing van Cavernelis in die ligvan sy karakter en optrede in die res van die drama.

(4)

(4)

9.4 Waarom voltooi Cyril nie sy woorde in reël 6 nie?

(1)

(1)

9.5 Herlees reël 7Na wie verwys Cyril ?

(1)

(1)

9.6 Herlees reël 11.Hoe kontrasteer Richie se woordemet die tema van uitgeworpenheid in die drama?

(3)

(3)

-15-

9.7 Watter bewys, teen die einde van die drama, kan jy aanhaal ter ondersteuning van Cyril se insinuasie dat Blanchie eintlik net ‘n “slagoffer” van haar pa se geldsug is?

(1)

(1)

TEKS 2

Page 16: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die

1234567891011121314151617

MAP: Daar’s … niks wat ons nou kan doen nie … Blanchie … Dit … moet nou … so gebeur …BLANCHIE: Daddy … Ek weet … ek … (Dan skielik, hard.) Johnnie … Wat het … met ons gebeur … Wat … Ek is so … sleg …MAP: sit sy hand op haar mond : Nee! … Jy’s … goed …BLANCHIE: Jy lieg … Jy … lieg, Johnnie … lieg, lieg, lieg!!!MAP asof hy haar geskreeu nie hoor nie : Dit is ek wat sleg

is … Dis … ek … Blanchie … Wat het met ons gebeur …(Hy hou haar vas, styf; sy hom. Hy lig sy oë op). Apostel

George! Here! Ma! … Blanchie … Blanchie … Wat het met ons … gebeur …

BLANCHIE: Ek is so vuil, Johnnie …MAP: Jy is … mooi …BLANCHIE saggies: Johnnie … Wat het ... van ons geword … ‘n Lang stilte.MAP: Alles … en niks … Blanchie …

9.8 Waarom het die hoofkarakter die twee name, Johnnie en Map? (2)

(2)

9.9 Herlees reël 4

Verduidelik die simboliek in die naam soos Blanchie vir Map hier aanspreek. (2)

9.10 Herlees reël 7Verduidelik kortliks, met verwysing na die res van die drama, waarom Blanchie se beskuldiging ironies is?

(3)(3)

9.11 Herlees reël 10 – 11.

Waarom roep hy juis hierdie name uit?

(2)

(2)

9.12 Herlees reël 17.

Watter impliseer Map se woorde vir hom en Blanchie? (2)[25]

TOTAAL: AFDELING C [25]

Page 17: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12 V2Jun201…  · Web viewIn die gedig 'Nuus uit die binneland' word van teenstellings gebruik gemaak om die