UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die...

14
1 Geagte ouers Welkom terug aan al ons ouers wat verlede jaar deel van ons span was en baie welkom aan al ons nuwe ouers. Die jaar het baie vinnig begin – die eerste keer in ‘n lang tyd dat ons so vroeg in Januarie ons deure moes oopmaak. Ons hoop dat u ‘n aangename vakansie beleef het en reg is vir 2019. Ons Graad 12 leerders van 2018 het puik presteer en ons wil hulle graag dan ook weer gelukwens. Ons het die 32 kandidate met ‘n gemiddelde van meer as 80 % reeds, soos gebruiklik, tydens ‘n saalbyeenkoms vereer en aan elkeen ‘n pen geskenk om hulle met hulle prestasies geluk te wens. Kortliks opgesom: ons het 172 kandidate ingeskryf en 171 het geslaag. ‘n Hele 144 kandidate het universiteitstoelating gekry (83,7 % van die klas!) Verder het 15 van die kandidate die pragtige vermag deur onderskeidings in al hulle vakke te kry. ‘n Verdere 6 leerders het onderskeiding in 6 van die 7 vakke gekry. Danelle van Hoogstraten was die toppresteerder en Alexa le Roux en Kobus Jordaan was gesamentlik tweede. Die skool het ook by die Leeuwenhof-prysuitdeling ‘n toekenning ontvang vir ons prestasie in Engels Huistaal. Soos u dus kan sien: ‘n puik vertoning deur die klas van 2018. Ons graad 12’s van 2019 het reeds die jaar afgeskop met die gebruiklike matriekkamp. Hulle was hierdie jaar weer by True North naby Grabouw. ‘n Storm het hulle by hulle aankoms verwelkom, maar die program het goed verloop en die kamp het baie goed afgeloop. Ons graad 8’s het hierdie jaar begin met ‘n verwelkoming waar tradisionele sportitems vir hulle en hulle ouers aangebied is. Dit is ‘n inisiatief van die SBL en het groot aftrek gekry. Hulle spesiale daguitstappie is geskeduleer vir bietjie later die kwartaal. Dit lyk asof die graad 8’s baie goed aanpas en ons sien uit na hulle bydrae tot die skool die volgende 5 jaar. Ons wil ook graag ons onderwysers terug verwelkom. Ons hoop ook dat u ‘n aangename vakansie beleef het en oorgehaal is vir die uitdagings van ‘n nuwe skooljaar. Baie geluk aan mnr Arno Jordaan wat die vakansie die vaderskaptitel ontvang het. Ons wens hom en sy vrou en die nuwe aankomeling alles van die mooiste toe. Ons het ook ‘n aantal nuwe onderwysers in diens geneem. Ons sien uit na hulle bydrae en die nuwe kundigheid wat hulle bring, Dus welkom aan Me Schnehage (adjunk-hoof). Sy gaan ook wiskunde onderrig. Mnr Bloem gaan Lewenswetenskap en NW onderrig, me Loubser gaan LO onderrig. Me Wharren is die nuwe aanwins in die Engels department, (sy kom in die plek van me Van Huyssteen wat einde 2018 afgetree het), mnr Landman is die nuwe RTT-onderwyser (hy vervang me Francis wat die onderwys verlaat het). (Vervolg Bladsy 2.) HOËRSKOOL SEDERT 1827 DURBANVILLE UITGAWE 1/2019 UIT DIE KANTOOR Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected] 1 2 3 3 3 3 4 4 5 5 5 7 8 8 8 11 12 UIT DIE KANTOOR DURBIES SORG WEER VIR PUIK MATRIEKUITSLAE KLINKKLAAR KLANKE SPIN GURU KOM BREI DURBIES KRIEKET DURBIES BERGFIETS OEFEN HARD DURBIES GAAN LOER IN BY KENRIDGE DURBIE SWEMMER PRESTEER BY SA KAMPIOENSKAPPE DURBIES RUGBYPROGRAM VERANDER LEERDER SE LEWE DURBIES GRYPHON HOKKIE AMBASSADEURS DURBIES MENTORSKAPPROGRAM DURBIES GRAAD 8 BAADJIESEREMONIE DURBIES HOU INTERHUIS ATLETIEK OUD-DURBIES SE CD OP DIE RAKKE DURBIES NEEM DEEL AAN PUMA SCHOOL OF SPEED OUD-DURBIE WEN DIE KONTRAK DURBIES BIED DUTCH HOKKIEKLINIEK AAN OUD-DURBIE WEN DIE KON SPORTSUITSLAE

Transcript of UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die...

Page 1: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

1

Geagte ouers

Welkom terug aan al ons ouers wat verlede jaar deel van ons span was en baie welkom aan al ons nuwe ouers.

Die jaar het baie vinnig begin – die eerste keer in ‘n lang tyd dat ons so vroeg in Januarie ons deure moes oopmaak. Ons hoop dat u ‘n aangename vakansie beleef het en reg is vir 2019.

Ons Graad 12 leerders van 2018 het puik presteer en ons wil hulle graag dan ook weer gelukwens. Ons het die 32 kandidate met ‘n gemiddelde van meer as 80 % reeds, soos gebruiklik, tydens ‘n saalbyeenkoms vereer en aan elkeen ‘n pen geskenk om hulle met hulle prestasies geluk te wens.

Kortliks opgesom: ons het 172 kandidate ingeskryf en 171 het geslaag. ‘n Hele 144 kandidate het universiteitstoelating gekry (83,7 % van die klas!) Verder het 15 van die kandidate die pragtige vermag deur onderskeidings in al hulle vakke te kry. ‘n Verdere 6 leerders het onderskeiding in 6 van die 7 vakke gekry. Danelle van Hoogstraten was die toppresteerder en Alexa le Roux en Kobus Jordaan was gesamentlik tweede. Die skool het ook by die Leeuwenhof-prysuitdeling ‘n toekenning ontvang vir ons prestasie in Engels Huistaal. Soos u dus kan sien: ‘n puik vertoning deur die klas van 2018.

Ons graad 12’s van 2019 het reeds die jaar afgeskop met die gebruiklike matriekkamp. Hulle was hierdie jaar weer by True North naby Grabouw. ‘n Storm het hulle by hulle aankoms verwelkom, maar die program het goed verloop en die kamp het baie goed afgeloop.

Ons graad 8’s het hierdie jaar begin met ‘n verwelkoming waar tradisionele sportitems vir hulle en hulle ouers aangebied is. Dit is ‘n inisiatief van die SBL en het groot aftrek gekry.Hulle spesiale daguitstappie is geskeduleer vir bietjie later die kwartaal. Dit lyk asof die graad 8’s baie goed aanpas en ons sien uit na hulle bydrae tot die skool die volgende 5 jaar.

Ons wil ook graag ons onderwysers terug verwelkom. Ons hoop ook dat u ‘n aangename vakansie beleef het en oorgehaal is vir die uitdagings van ‘n nuwe skooljaar. Baie geluk aan mnr Arno Jordaan wat die vakansie die vaderskaptitel ontvang het. Ons wens hom en sy vrou en die nuwe aankomeling alles van die mooiste toe.

Ons het ook ‘n aantal nuwe onderwysers in diens geneem. Ons sien uit na hulle bydrae en die nuwe kundigheid wat hulle bring, Dus welkom aan Me Schnehage (adjunk-hoof). Sy gaan ook wiskunde onderrig. Mnr Bloem gaan Lewenswetenskap en NW onderrig, me Loubser gaan LO onderrig. Me Wharren is die nuwe aanwins in die Engels department, (sy kom in die plek van me Van Huyssteen wat einde 2018 afgetree het), mnr Landman is die nuwe RTT-onderwyser (hy vervang me Francis wat die onderwys verlaat het).(Vervolg Bladsy 2.)

HOËRSKOOL SEDERT 1827DURBANVILLE

UITGAWE 1/2019

Uit die Kantoor

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

1

2

3

3

3

3

4

4

5

5

5

7

8

8

8

11

12

Uit die Kantoor

dUrBieS SorG Weer Vir PUiK MatrieKUitSLae

KLinKKLaar KLanKe

SPin GUrU KoM Brei dUrBieS KrieKet

dUrBieS BerGFietS oeFen Hard

dUrBieS Gaan Loer in BY KenridGe

dUrBie SWeMMer PreSteer BY Sa KaMPioenSKaPPe

dUrBieS rUGBYProGraM Verander Leerder Se LeWe

dUrBieS GrYPHon HoKKie aMBaSSadeUrS

dUrBieS MentorSKaPProGraM

dUrBieS Graad 8 BaadJieSereMonie

dUrBieS HoU interHUiS atLetieK

oUd-dUrBieS Se Cd oP die raKKe

dUrBieS neeM deeL aan PUMa SCHooL oF SPeed

oUd-dUrBie Wen die KontraK

dUrBieS Bied dUtCH HoKKieKLinieK aan oUd-dUrBie Wen die KonSPortSUitSLae

Page 2: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

2

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

¥ 32 A- gemiddeldes

¥ 93,43% Toppresteerder - Danelle v Hoogstraaten

¥ 6 leerders bo 90% gemiddeld

¥ 15 leerders met 7 A’s

¥ 6 leerders met 6 A’s

¥Baie geluk DURBIES, ons is trots op julle - HSD Personeel

K.Jordaan 92,43%

A.le Roux 92,43%

A.Klopper 91,43%

#TrotsDurbanville

MATRIEKUITSLAE Klas van 2018

HOËRSKOOL DURBANVILLE

Sedert 1827

D.vanHoogstraaten 93,43%

S.Hellmann 90,57%

L.Loubser 90%

dUrBieS SorG Weer Vir PUiK MatrieKUitSLaeDie Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg.

Dié groep Durbies het gesorg vir 32 A-gemiddeldes. Hier is ’n kort oorsig: 32 A-gemiddeldes 312 onderskeidings 15 leerders met 7 A’s 6 leerders met 6 A’s Toekenning vir beste vordering in Engels Huistaal

Mnr Van den Heever het aangesluit as IGO- en Tegnologie onderwyser en me Le Roux skakel in by die Wiskunde-departement. Me Prinsloo gaan Afrikaans onderrig en me K. van Zyl het aangesluit by die Geografie en SW-departement. Me Burger neem by die Rekeningkunde-departement die leisels oor by Me Pohl. Me Nell het ‘n paar dae voor die einde van die vierde kwartaal bedank en me D. Van Zyl is in haar plek aangestel. Lg moet nog haar maand kennisgeetydperk inwerk en sluit eersdaag by ons aan. Intussen los me Viviers in haar plek af.

Ons graadhoofde vir die jaar is die volgende:Graad 8 : Me Adams en Me Van NiekerkGraad 9 :Me Farmer en Me EsterhuyseGraad 10 :Me Van Heerden en Mnr Van DeventerGraad 11 : Me Fourie en Me Van Wyk Graad 12 : Me Minnie

U kan hulle skakel in verband met u kind: vanaf akademie tot dissipline. Mnr Meyer is verantwoordelik vir die dissipline van die graad 10 tot 12 seuns en Mnr Faber vir die graad 8 en 9 seuns. Me Schnehage sal die dogters se dissipline hanteer.

Ons skool beskik ook oor ‘n stewige leerder- ondersteuningspan wat bestaan uit Mnr Hickman (sielkundige), Me Avenant (maatskaplike werker) en Me Kruse wat betrokke is by die span as spesialis op die gebied van die ontwikkeling van lewensvaardighede.

Indien u ‘n navraag het oor kultuuraangeleenthede, kan met mnr Jan Burger in verbinding tree. Indien u sportverwante navrae het, kan u met mnr Freddie Brooks en Nicolaas Minnie skakel.

Navrae oor finansies gaan na me Yolandie Vermeulen.

Navrae oor skoolveiligheid, skoolrisikobestuur en dissiplinêre ondersoeke en verhore gaan na mnr Sakkie van der Westhuizen.

Ons het vanjaar twee nuwe klaskamers betrek wat ‘n groot deel van ons behoefte aangespreek het. Die meeste van ons onderwysers het nou hulle eie klaskamers.

Ons nuwe saal/veeldoelige sentrum vorder baie fluks. Ons sien uit daarna om eersdaags weer die hele skool tydens byeenkomste in dieselfde vertrek te hê. Tans pas daar net 3 grade in in die ouditorium en dit bring maar sy groot kwota frustrasies mee.

Die leerders sien veel meer uit na die kafeteria wat natuurlik ook ‘n groot behoefte gaan aanspreek.

Hopelik sal ons teen Mei in ons nuwe gebou kan wees.Ons kry soms, na ‘n somervakansie, dat van die leerders kopluise het. Ek het vroeër ‘n skrywe hieroor uitgestuur. Lees dit asseblief deeglik.

Groete tot volgende keer.

G.L. GermishuysSKOOLHOOF

Page 3: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 1/2019

3

SPin GUrU KoM Brei dUrBieS KrieKet

#DurbiesKrieket

Op Dinsdag 22 Janurie 2019 was van ons krieketseuns bevoorreg genoeg om met Mnr Harry Shapiro (Krieket SA High Performance spin bowling guru) te werk.

Baie dankie vir u tyd, die Durbies het baie geleer en dit geniet!

dUrBieS BerGFietS oeFen Hard

Met: Hoërskool Durbanville Koor

Liedere van kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Deon Meiring, Koos du Plessis, Karen Zoid en Spoegwolf word uitgevoer as koormusiek in ’n produksie wat gebind word met vers- en blaasensemble-interludes. Die bindingsteks word deur Johan Rademan voorgedra. Kaartjies: http://bit.ly/2Unk53T

#SanlamMusiekfees

KLinKKLaar KLanKe

Ons Durbies is hard aan die oefen tydens die Saterdae oefensessies.

Hierdie sessies is vir ons fietsryers en hul ouers. Leerders en ouers is welkom om by dié groep aan te sluit en ons wonderlike bergfietsroetes ten volle te benut.

Baie dankie ook aan ons Durbie-ouers wat als moontlik maak, ons waardeer julle!

#DurbiesKoor

#DurbiesFamilie

#DurbiesMTBdUrBieS Gaan Loer in BY KenridGe

Baie dankie aan die Laerskool Kenridge wat ons genooi het om deel van hul Hoërskole Aanbieding te gewees het. Dit was lekker om die Kenridge leerders en ouers te ontmoet en te gesels.

Ons sien uit om julle by ons Opedag op 21 Februarie 2019 te verwelkom.

Raak deel van die Durbie-familie!

Page 4: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

4

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

#DurbiesRugby

Die Hoërskool Durbanville het in 2014 ‘n ondersteunersprogram vir leerders - Ondersteun ‘n Durbie, op die been gebring.

Die program behels die ondersteuning vanaf plaaslike besighede en Durbanville-ondersteuners om belowende, minderbevoorregte leerders die geleentheid te bied om hul skoolloopbaan by die Hoërskool Durbanville voort te sit. Die betrokke borg kry in ruil vir hul bydrae ‘n belastingsertifikaat en word op hoogte gehou van die leerder se vordering en presatsies.

Dennian du Toit kom van die plattelandse dorpie, Ceres en het vanjaar sy Matriek by die Hoërskool Durbanville voltooi. Dennian het in 2014 as ‘n sku, teruggetrokke, maar ywerige graad 8 leerder by die skool ingestap. Hy maak vanjaar klaar as lid van die Studenteraad, Geesbouspan, Interskole Atletiek Dirigent, Eerste Rugbyspan en lid van die Atletiekspan.

Dennian se nederigheid, harde werksetiek, vriendelikheid en behulpsaamheid, maak van hom ‘n rolmodel vir enige jong leerder. Hierdie seun kom van moeilike omstandighede en het homself bewys as iemand wat vir geen uitdaging terugstaan nie. Hy gaan volgende jaar by die Laerskool Panorama sy internskap doen, terwyl hy deur unisa onderwys gaan swot. Die Durbanville-ondersteunersgroep het ‘n borgskap vir Dennian gekry om volgende jaar aan te by die Durbanville Koshuis, waar hy as mentor vir die jonger leerders optree en diens sal doen.

Baie dankie aan Mnre. Tiron Theart, Brian le Roux en Christo Brand van DurBell Engineering wat Dennian hierdie geleentheid gebied het, wat hy nie voorheen sou gehad het nie. Deur julle ondersteuning oor die jare, kan Dennian volgende jaar die grootmenswêreld met selfvertroue aandurf.

Dankie ook aan al ons plaaslike maatskappye wat by die skool, en veral by die Ondersteun ‘n Durbieprogram, betrokke is. Ons waardeer julle insette en die feit dat julle saamwerk om vir leerders ‘n beter toekoms te verseker.

Hoërskool Durbanville se Zander van Zyl het sy plek in die Wes Kaap (WP, Boland en SWD) skole swemspan losgeswem.

Die Wes-Kaap swemspan het aan die SA Skole Swemkampioenskappe by die Ellis Park stadion, in Johannesburg, deelgeneem. Zander het puik gevaar en die volgende medaljes ingepalm:- silwer 200m rugslag- silwer 100m rugslag - brons 50m rugslag

Baie geluk Zander, ons is trots op jou!

dUrBie SWeMMer PreSteer BY Sa KaMPioenSKaPPe

dUrBieS rUGBYProGraM Verander Leerder Se LeWe

#DurbiesSwem

V.l.n.r. Tiron Theart, Brian le Roux, Dennian du Toit, Christo Brand

Page 5: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 1/2019

5

Twee van ons Durbie-hokkiespelers is aangewys as Gryphon Hockey geborgde spelers. Hierdie spelers het onlangs hul Gryhon Hokkie toerusting ontvang.

Baie geluk Lisa Kömmer en Luhann Pienaar, ons is trots op julle!

dUrBieS GrYPHon HoKKie aMBaSSadeUrS

38 van ons gr 9 leerders het op Saterdag 19 Januarie 2019 by die Taaibosch kampterrein gekamp as deel van ons nuwe Mentorskapprogram.

Dankie aan Oud-Durbie Flip Vorster en Henda Joubert en die span van True North Experiences.

#DurbiesMentorskap

dUrBieS MentorSKaPProGraM

#TrotsDurbanville

#DurbiesHokkie

dUrBieS Graad 8 BaadJieSereMonie

Op Maandag 21 Januarie 2019 het ons graad 8’s hul Durbie-baadjies ontvang tydens die jaarlikse baadjieseremonie.

Werk hard en bring eer aan die Durbies wat voor jou was en los ‘n positiewe nalatenskap vir Durbies wat in die toekoms dié baadjie gaan dra.

Wees trots en straal dit uit.

Geniet elke oomblik en leef voluit!

Page 6: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

6

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

PERDRY SAFARI AVONTUUR KAMPE

19 – 22 MAART 2019 & 26 – 29 MAART 2019

Perde hantering/rykursusse

Prakties & Teorie

Swem & Kano

Spanspele

Watervalle

Hierdie is ‘n gesonde wegbreek vir u kind waar hy/sy beslis homself sal geniet, nader aan die natuur kom en ‘n spesiale band vorm met ‘n perd.

────

Alles insluitende prys: R2000.00 per kind

────

Besprekings noodsaaklik. Daar is beperkte verblyf vir belangstellende ouers ook.

OUDEBOSCH GASTE PLAAS

dUrBieS adS

Page 7: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 1/2019

7

dUrBieS HoU interHUiS atLetieK

Nie eens die reën kon die Durbies se gees blus nie.

Die Hoërskool Durbanville het op Vrydag 18 Januarie 2019 die jaarlikse Interhuis Atletiekbyeenkoms aangebied. Die wind en weer het dit nie maklik gemaak nie, maar soos die afgelope paar jaar, het ‘n hele paar rekords weer in die stof gebyt.

Baie geluk aan al die deelnemers op die baan, sowel as op die pawiljoen. Sterkte met die voorbe-reiding vir Interskole Atletiek en geniet elke oomblik. #DurbiesAtletiek

Page 8: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

8

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Oud-Durbies, Divan van der Walt en Wian Theron, van die groep DUST se CD is nou beskikbaar by musiekhandelaars en aanlyn.

Maak seker jy ondersteun hulle!

oUd-dUrBie Wen die KontraK

#TrotsDurbanville

oUd-dUrBieS Se Cd oP die raKKe

Oud-Durbie, Demi-Lee Moore, is die aan die einde van 2018 aangekondig as die algehele wenner van Via TV se opwindende sangkompetisie, Die Kontrak.

Demi-Lee het vanaf die eerste rondte gewys dat sy een van die top deelnemers is en dit was natuurlik geen verassing toe sy die finaal gehaal het saam met Ivan Roux nie.

As deel van die finaal, moes deelnemers saam met ‘n groep spesialiste in die musiekindustrie werk, wat ‘n enkelsnit opname in die ateljee en die maak van ‘n musiekvideo ingesluit het. Demi het intussen ‘n CD uitgereik en ‘n “country” treffer saam met Steve Hofmeyr opgeneem.

Hierdie Oud-Durbie wen ‘n plate kontrak met Coleske Artists ter waarde van R1 000 000.00.

Die Hoërskool Durbanville en die hele Durbanville-gemeenskap is baie trots op wat Demi-Lee Moore bereik het.

dUrBieS neeM deeL aan PUMa SCHooL oF SPeedBaie geluk aan ons atlete wat op Saterdag 26 Januarie 2019 aan die PUMA School of Speed #1 deelgeneem het.

Baie geluk Cole en Damian met 1ste en 3de plek in die verspring en aan Cole Williams met sy 4de plek in die finaal van die 400m.

Ons is trots op julle!

#DurbiesAtletiek

#TrotsDurbanville

Page 9: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 1/2019

9

dUrBieS adS22119 CETAPHIL SUN GENERIC A5 SPEC SHEET_STG RR+3 SC_CTP.pdf 1 2018/11/15 1:17 PM

Page 10: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

10

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maatskappy te neem langs die

hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld. Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport.

Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

#DurbieADS

#DurbiesGeeOm

WooLWortHS MY SCHooL- & MaKro Kaarte

raaK BetroKKe en MaaK ‘n VerSKiL.Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur-banville kan sonder veel moeite, deurlopend

bydra tot die skool.

Deur die implimentering van hierdie projekte, word ‘n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban-ville die begunstigde te maak op u Woolworths

My School kaart sowel as u Makro kaart.

Indien u nog nie ‘n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

dUrBieS adS

C2M Chartered Accountants Inc. gooi hulle gewig behoorlik in by Hoërskool Durbanville.

C2M, een van die trotse borge van Hoërskool Durbanville het ‘n projek geloods waar hardwerkende, behoeftige leerders die geleentheid gebied word om by Hoërskool Durbanville skool

te gaan.

Om by te dra tot hierdie projek, gaan laai die gratis applikasie af vanaf die Apple App Store of Google Play. Soek met die

sleutelwoord C2M. Vir elke applikasie wat afgelaai word, sal C2M R50 bydra tot hierdie projek.

Ons waardeer C2M Chartered Accountants Inc se bydraes tot ons skool en ons skolegemeenskap en vra dat ouers hierdie

inisiatief sal onder-steun, siende dat dit gratis is.

#DurbiesGeeOm

C2M raaK BetroKKe

Page 11: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 1/2019

11

dUrBieS Bied dUtCH HoKKieKLinieK aan

Die Durbie Ondersteunersdrag-projek word saam met Laer-skool Durbanville gedryf om te verseker dat ons Durbie-ondersteuners eenvormig kan ondersteun langs die velde en bane. Bestelvorms is beskikbaar op die d6 Connect en op die Facebook blad. Maak seker om betyds u bestelling te plaas. Die ondersteunersdrag sal in die Durbanville Klerewinkel beskikbaar wees.

Ondersteun asb. hierdie insisiatief en ondersteun ons Durbies met trots langs die bane en velde. #Durbies

dUrBieS onderSteUnerSdraG BeSKiKBaar

Vanjaar was die eerste keer wat Durbanville Hokkie die immersgewilde Dutch Hokkiekliniek aangebied het. Hierdie kliniek word jaarliks aangebied deur Sportways en Princess Hokkie. Vanjaar se Durbanville kliniek was propvol met 80 jong ywerige hokkiespelers van die omliggende laerskole wat die kliniek bygewoon het.

Dankie aan ons Hoof van Hokkie, Mnr. Robin Pearton vir hierdie inisiatief en sy span afrigters asook ons Durbies Hokkiekomitee vir hul harde werk en ondersteuning. #DurbiesHokkie

Page 12: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

12

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

SPortUitSLae

SeUnS 21 – 25 Januarie

1 vs Curro DU gelykop 6 – 6

2 vs Stellenberg gelykop 6 – 6

3 vs Bellville wen 12 – 0

4 vs DF Malan verloor 4 – 8

5 vs Edgemead verloor 2 – 10

doGterS 21 – 25 Januarie

1 vs Stellenberg verloor 4 – 8

3 vs DF Malan verloor 0 – 12

WP tennisBaie geluk aan die volgende leerders wat ongeneem is in WP Tennisspanne:

JW WesselsLouwrens Wessels Chris LaubscherJoshua LouwMia Pretoriusdeniël rademeyer

Welgedaan julle, julle maak ons trots!

Krieket - Januarie

tennis

o19a Krieket vs Brackenfell donderdag 24 Januarie 2019

Brackenfell 81 almal uit

Martin Roux 5/11

Tyron Lampbrecht 3/18

Durbanville 83/2

Dian Barnard 22*

DW du Plessis 19

Regardt Potgieter 18

Durbanville wen met 8 paaltjies

o19a Krieket vs table View Saterdag 26 Januarie 2019

Table View 65 almal uit

Tyron Lampbrecht 3/21

Reyhan Strydom 3/16

Durbanville 67/0

DW du Plessis 30*

Regardt Potgieter 20*

Durbanville wen met 10 paaltjies

o15a Krieket vs Bellville Saterdag 26 Januarie 2019

Bellville 162/9

Durbanville 166/5

Marnus Terblanche 43

Ruben Carstens 30

Durbanville wen met 5 paaltjies

o15a Krieket vs Brackenfell Saterdag 24 Januarie 2019

Durbanville 121/7

Louw Marx 40*

Brackenfell 62/5

Durbanville wen met 59 lopies

o19a Krieket vs Stellenberg Saterdag 2 Februarie 2019

Durbanville 126 almal uit

Dian Barnard 39

Stellenberg 127/7

William Moore 3/15

Durbanville verloor met 3 paaltjies

o15a Krieket vs Brackenfell donderdag 24 Januarie 2019

Durbanville 121/7

Louw Marx 40*

Brackenfell 62/5

Durbanville wen met 59 lopies

Page 13: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 1/2019

13

dUrBieS adS

Page 14: UITGAWE DURBANVILLE › images › nuus › argief › nuusbrief_20190201.pdfMatrieKUitSLae Die Hoërskool Durbanville se Klas van 2018 het vir puik uitslae gesorg. Dié groep Durbies

14

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

JudokasBaie geluk aan die volgende leerders:

Jeandre Matthyse - CWJA kleure. SA Nasionale kampioenskappe - 5de plek seuns o/15 jaar u/42kg

ruandre Maritz - CWJA kleure. SA Nasionale kampioenskappe - 1ste plek Naga-no-kata & 1ste plek Kime-no-kata & 5de plek seuns o/17 jaar u/60kg

Jeandre Matthyse - boys u/14 years u/38kg - 9th place & 4th place in the boys u/14 years team event

ruandre Maritz - boys u/14 years u/ 50kg - 5th place + 2 x 1st place in the boys u/17 years kata division + 4th place in the boys u/14 years team event

SkietDit maak ons baie trots om dit onder u aandag te bring dat Zandré Hansen deelgeneem het aan SAARA WP Kompetisie 1, op Saterdag 2 Februarie 2019. Zandré het die volgende prestasie behaal:

Hy het in die o/16 ouderdomsgroep deelgeneem aan die 10M Olympise Presisie Skiet - Staan

10m olimpies – Mans o/16 - Brons Medalje

Baie geluk Zandré, bou so voort!

SPortUitSLae

Krieket - Februarieo19a Krieket vs tygerberg

Saterdag 24 Februarie 2019Durbanville 190 almal uit

Martin Roux 81

Zak du Toit 28

Tygerberg 140 almal uit

Reyhan Strydom 4/36

Durbanville wen met 50 lopies

o19a Krieket vs Bellvilledonderdag 14 Februarie 2019

Durbanville 51 almal uit

Bellville 52/3

Durbanville verloor met 7 paaltjies

o14B Krieket vs Brackenfell Woensdag 13 Januarie 2019

Durbanville 146 almal uit

Louw Marx 147/5

Brackenfell 25*

Durbanville wen met 59 lopies

o15a Krieket vs Stellenberg Saterdag 2 Februarie 2019

Stellenberg 286/5

Durbanville 158

Wihan Vorster 38

Zander Nel 34*

Durbanville verloor met 128 lopies

o15a Krieket vs reddam dU Saterdag 9 Februarie 2019

Durbanville 304 almal uit

Louw Marx 77

Wihan Vorster 57

Reddam DU 134

Louw Marx 5/12

Durbanville wen met 170 lopieso19a Krieket vs Biskoppe Xi Woensdag 13 Februarie 2019

Biskoppe XI 197/7

Guhan du Bois 2/39

Durbanville 200/9

Dian Barnard 84*

Durbanville wen met 1 paaltjie