UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en...
Transcript of UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en...
![Page 1: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/1.jpg)
1
TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE
Die skool waar elkeen iemand is!
ber 2012
UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013
be
r 2012
IN HIERDIE UITGAWE:
Skoolhoof se Brief 2
Mooi Maria-opvoering 4
Klaskapteins 2013 4
Kunsuitstappie 4
My School-kaart 5
The Blue Parade 6
Sportuitslae 7
Ons Borge 9
KONTAK ONS:
Tel / faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)
Algemeen: [email protected]
Sport: [email protected]
Kultuur: [email protected]
Bemarking: [email protected]
Alumni: [email protected]
Klerewinkel: [email protected]
Boekekamer: [email protected]
BELANGRIKE DATUMS:
FEBRUARIE 21 SR-Kenmekaar
27 Bloedskenk
SR-Leierskapseminaar
OSB-Verkiesing
28 Sjampanjeproe
(tbv Matirekafskeid)
MAART 01 Wêreldbiddag vir Vroue
Gr. 12-Kunsuitstappie
04 Skoolure verander: 07:45 – 14:30
05 Jaarbladfoto’s: Somersporte
Engels-Olimpiade
06 B-Liga Swemkampioenskappe
07 JAM-Koffiekroeg: Ouditorium
08 JAM: Boys’ / Girls’ Night
12 Rekenaarolimpiade
14 Mnr. & Me. Durbie-Kleedrepetisie
15 Mnr. & Me. Durbie: Gala-aand
18 Erekleure-funksie
19 Wetenskap-Olimpiade
20 Stigtingsdagvieringe
Orkestoer na Hartenbos
21 MENSEREGTEDAG
22 SKOOLVAKANSIEDAG
28 SKOOLSLUITING
![Page 2: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/2.jpg)
2
Geagte Ouers
Dit is sommer baie lekker om hierdie brief
vandag te begin. Baie geluk aan ons
leerders wat tydens die Ko-Ed atletiek
weggestap het met die meeste van die
toekennings.
Die dogtersatletiekspan was die wenner van
die dogtersafdeling. Leiere Falck het die
beste vertoning op die baan gelewer en
Michael Badenhorst het die beste vertoning
van al die veldatlete gelewer. Hierdie twee
atlete was dus volgens die ASA-tabel die
beste atlete van die dag.
Alexis Hickson was die D. o.14 Victrix
Ludorum en TJ Campbell die S. o.17 Victor
Ludorum. Van die 14 rekords wat verbeter is,
het ons atlete 9 verbeter! Voorwaar‘n
kragtoer.
Baie geluk aan die atletiekafrigters – om
mee te ding teen skole met heelwat meer
diepte, beteken net eenvoudig harder werk
en dit het ons atlete en afrigters dan ook wel
gedoen. Ons sien uit na die kompetisie
volgende jaar.
Ons leerders het op die pawiljoen ook nie op
hulle laat wag nie. Ons is, wat getalle
betref, totaal oordonder, maar harde werk
deur die geesbouspan en die dirigente -wat
reeds verlede jaar - begin het, het die
gewenste resultaat gelewer. Ons dirigente
was uitstekend voorberei en op die dag in
staat daartoe om die beste uit die pawiljoen
te haal.
Laasgenoemde het dan ook puik gereageer
en met hulle dissipline en toewyding gesorg
dat die kleiner skool weer die beste was.
Hierdie is’n besonderse prestasie en ek weet
dat almal wat daar was, sal saamstem dat
ons poging as groots beskryf kan word.
Ons leerders (atlete en toeskouers) se
gedrag en dissipline was skitterend en
persoonlik het dit vir my van die dag
uitgestaan. Dus baie geluk aan die meisies
en manne van The Blue Parade. Ons is trots
op julle.
Baie dankie aan elke ouer wat so geduldig
kinders vervoer het – sonder u hulp sou dit
net nie kon nie.
Baie dankie ook aan al die afrigters en
beamptes en toesighouers wat die dag nie
net moontlik nie, maar ook aangenaam
gemaak het.
Ek wil graag vir me Wallace en me Kok
uitsonder vir hulle onvermoeide werk om die
pawiljoen weer eens die kampioene te
maak en me Esterhuyse vir haar ywer om die
beste uit ons atlete te haal. Me Blom het die
administrasie rondom die atletiek hanteer en
mnr Minnie die reëlings rondom die
byeenkoms. Baie dankie aan elkeen van
julle vir die ekstra moeite en aandag.
Dit sal darem maar lekker wees om al drie
die trofeë gelyk hier te hê. ‘n Paar jaar terug
het dit onwerklik gelyk, maar dit begin al
meer moontlik te word.
Dankie aan dr. Rust en me. Marisa Theron
wat die hempies vir die atlete en die
onderwysers geborg het. Dit het ons atlete
sommer laat uitstaan en die lekker gevoel
van spanwees geskep. Wees seker dat ons
dit baie hoog op prys stel – dit was’n
besonderse gebaar.
Baie dankie ook aan almal wat vir my goeie
wense op my verjaarsdag gestuur het. Die
graad 10 –graadraad het dit ‘n fantastiese
onthou-geleentheid vir my gemaak.
Ons beweeg nou weer in die rigting van ons
spansportsoorte. Ek wil net graag weer‘n
paar reëls uitlig en onderstreep:
Ouers mag glad nie inmeng nie – beslis nie
tydens wedstryde of oefensessies nie. Indien
u ’n bydrae wil maak, kontak ons
sportbestuurder, mnr N.Minnie, en hy sal u
versoek verder hanteer.
Uit die Hoof se Kantoor
![Page 3: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/3.jpg)
3
Wanneer ‘n sportspan/individu onder die
vaandel van die Hoërskool Durbanville op
die veld gaan, geld die skoolreëls. Indien u
nie daarby hou of wil hou nie, moet u die
skoolhoof kom spreek. Ons kan nie ons sport
doeltreffend bestuur as daar verskillende
reëls vir elkeen geld nie. Dissipline bly die
hoeksteen van enige sportsoort.
Drank en skoolsport gaan nie saam nie.
Sekere sportsoorte leen hulle daartoe (soos
krieket op Nuweland), maar ons wil dit glad
nie langs ons velde hê nie.
Ons afrigters is baie bekwaam en besluit
op’n wedstrydplan en kies spelers wat by die
plan inpas. Ek ondersteun elke afrigter se
keuse omdat hulle kenners op hulle gebiede
is en versoek u om dieselfde te doen. Indien
u kind nie die span van sy keuse haal nie,
spoor hom/haar aan om maar net harder te
werk en die geleentheid aan te gryp
wanneer dit opdaag.
Ons wil onder geen omstandighede
toeskouers hê wat uitstaan omdat hulle swak
gemanierd is nie.‘n Besoekende skoolhoof
het ons hokkie-ouers verlede jaar
gekomplimenteer op wat hy bestempel het
as hulle grondige kennis van die spel en hulle
bereidwilligheid om wedersyds applous te
gee. Ek weet dit is ook so by ons ander
sportsoorte – kom ons hou by die kode van
die goeie toeskouer wat al vir etlike jare by
ons in gebruik is.
Onthou die skeidsregters is, soos ons almal,
menslik en kan foute begaan. Kom ons is nie
daarop uit om foutvinderig te wees nie,
maar ons gee liewer erkenning vir goeie
vertonings deur die manne en dames met
die fluitjies.
Die WKOD het aanpassings in die kurrikulum
aangekondig. Daarvolgens moet ons
skooldag 25 minute langer wees. Die
personeel en die SBL het baie gedebatteer
en gewik en geweeg en uiteindelik besluit
om die skool om 7:45 te laat begin en die
sluitingstyd sal dan 14:30 wees.
Daar is baie voor te sê om die skool later te
laat begin en later te laat uitkom, asook om
die skool ‘n halfuur vroeër te laat begin. Ons
oordeel egter dat die nuwe tyd die geskikste
vir die grootste groep sal wees.Dit gee die
personeel nog kans om hulpklasse aan te
bied en die sportoefeninge om so te begin
dat ons (veral in die winter) nog in daglig
kan klaarmaak.
Bostaande reëling sal geld vanaf Maandag
4 Maart.
Groete tot volgende keer.
George Germishuys
Tydens die skoolhoof, mnr. George
Germishuys se afgelope verjaardagvieringe
is hy verras met ‘n wonderlike geskenk.
Michelle Fivaz, ma van Christo Fivaz (gr. 9),
het in samewerking met kommandeur
Andrew Souma van Simonstad, vir hom ‘n
besigtigingstoer gereël op ‘n duikboot.
Baie dankie, me. Fivaz vir hierdie besondere
voorreg vir ons hoof!
Op die foto hieronder verskyn mnr.
Germishuys en sy vrou, me. Dorette
Germishuys saam met dr. Rust Theron, die
voorsitter van die Beheerliggaam. Die
parate matrose wat die agterste linie dek, is
Rowan Wolmarans, Philip Jacobs en MC van
der Walt.
KAPTEIN, SPAN DIE SEILE!
![Page 4: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/4.jpg)
4
Barend Erlank is verkies tot klaskaptein vir die
gr. 11A-klas.
C. Esterhuyse
Die gr. 12-kunsleerders onderneem op 1
Maart ‘n uitstappie na die Goodman-,
Everard Read- asook die Nasionale
Kunsgalerye gedurende skooltyd. Ouers sal
eersdaags ‘n kennisgewingbrief, asook
vrywaringsvorm ontvang.
H. Rebel
KULTUURNUUS
“MOOI MARIA” KOM KUIER IN DURBANVILLE !
MOOI MARIA, deur Pieter Fourie, is een van die beste en mooiste toneelstukke wat
ooit in Afrikaans geskryf is. Onder regie van Albert Maritz wen dit in 2011 by Aardklop
die toekennings vir beste produksie, beste regisseur en beste aktrise.
Saam met die produksie tree ook twee topgehalte Tienertoneelstukke op:
o HS Brackenfell se “Sjuut!! (Netnou hoor die gode ons!)”
(2012-finalis in ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie.)
o HS Durbanville se “Japie”
(Eenvrou-kragtoer wat beoordelaars in vervoering gehad het.)
Datum: 20 - 22 Februarie
Plek: HS Durbanville ouditorium
Tyd: 19:00
Toegang: R100 (Volwassenes)
R40 (Skoliere en studente)
Program:
20 & 21 Feb: Mooi Maria (met “Sjuut!!” voor pouse)
22 Feb: Mooi Maria (met “Japie” voor pouse)
Besprekings open Maandag, 4 Februarie
Neelie Griebenow: 079 441 5219 / [email protected]
KLASKAPTEINS KUNSUITSTAPPIE
![Page 5: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/5.jpg)
5
My School MyVillage My Planet-Program
Die MySchool-program is 'n unieke fonds-
insamelingsprogram wat broodnodige
fondse insamel vir skole en liefdadigheids-
organisasies regoor die land, sonder dat dit
jou 'n sent kos.
MySchool dra elke maand meer as R3
miljoen by tot hulle begunstigdes! Die beste
deel: Dit kos jou, as 'n ondersteuner, nie 'n
sent om 'n verskil te maak nie!
Kids:
Hoe werk die Program?
Fondse word op 'n maandelikse basis
ingesamel vir ons skole. Gebruik eenvoudig
jou MySchool Ondersteunerskaart wanneer
jy by een van die MySchool-vennote koop;
waaronder Woolworths, Engen QuickShops,
Waltons, kalahari.com, Jack's Paint, Toys R
Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick,
om net 'n paar te noem. Hulle gee namens
jou 'n persentasie van die bedrag wat jy
bestee het aan jou skool. Daar is geen kostes
vir jou nie!
Partners:
Watter voordele hou dit in?
Samel fondse in vir jou skool sonder dat dit
jou 'n sent kos;
Skole kan die fondse aanwend op enige
wyse soos hulle verkies;
Kry maandelikse terugvoering via die
MySchool-staat oor die bedrag
wat ingesamel is;
Kaarthouers kwalifiseer outomaties om
deel te wees van die Woolworths
WRewards-program (i.e. tot 20% kitsafslag
op meer as 300 items in die winkel)
Elke keer as jy jou MySchool-kaart gebruik,
kwalifiseer jy vir 'n reeks bykomende
voordele soos:
Spesiale laer pryse op uitgesoekte
produkte,
uitnodigings na voorskoue van
uitverkopings, en
spesiale promosies en weggee-produkte
Besoek www.myschool.co.za vir meer detail-info.
Hoe begin ek?
1. Doen aansoek vir jou kaart deur die
aangehegte aansoekvorm te
voltooi en terug te stuur na die skool.
2. Of, doen aanlyn aansoek:
www.myschool.co.za
3. Of,per telefoon by 0860 100 445. (Onthou, ons skoolnaam is die begunstigde.)
4. Het jy reeds 'n kaart?
Verander of voeg 'n begunstigde/skool by
– jy het nie 'n nuwe kaart nodig nie.
Kontak eenvoudig vir MySchool.
ELKE TRANSAKSIE TEL –
WORD DEEL VANDAG!
![Page 6: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/6.jpg)
6
SPORTNUUS
‘n Blou golf van ongelooflike gees, entoesiasme en toewyding het Vrydag, 15 Februarie
die Bellville Atletiekstadion getref. Veni, vidi, vici! Julius Caesar se gevleuelde woorde
na ‘n kort oorlog teen Pharnaces II van Pontus, is tekenend van die Durbies se durf: die
Durbies het en masse gekom, gesien wie is die vyand en oorwin! Of so byna oorwin,
maar met die terugneem van die Gees- & Dirigentebeker en met nege van die 14
rekords in ons sak, het die Durbies so goed soos oorwin.
‘n Kort “oorlog” was dit miskien, maar die aanloop en voorbereiding tot hierdie stryd
was weliswaar nie kort nie. Die toewyding van personeel, leerders en ouers het sonder
twyfel bygedra tot die sukses van die dag. Baie geluk aan elke deelnemer op die
pawiljoen en op die baan en veld. Julle is almal ware wenners! Ons opponente is
waarskynlik “blou” van jaloesie op die krag en gees van The Blue Parade!
*******
‘n Gelukwensing van Marisu Rocher, ‘n ouer:
Geagte Mnr Germishuys, Personeel en Leerlinge
Weer eens is ek trots om ‘n Durbie-ouer te wees ! Baie geluk met Vrydag se uitslae ! Die Gees,
Atletiek en Maniere van die Durbies was ongelooflik ! Baie, baie dankie en baie, baie geluk !
![Page 7: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/7.jpg)
7
KO-ED BYEENKOMS
Beste Dogterspan van die dag
Beste op ASA-tabel:
Leiere Falck: Do.14 90m - hekkies
Michael Badenhorst: So.19-gewigstoot
Victor / Victrix Ludorum:
Alexis Hickson: o.14
TJ Campbell: o.17
Rekords:
Marna Louwrens: (o.17) 3000m
Michael Badenhorst: (o.19) gewigstoot
Leiere Falck: (o.14) 90m hekkies
Tijan Malherbe: (o.19) diskus
Bertmari Kraay: (o.15) 800m
Rowan Wolmarans: (o.17) gewigstoot
Derick Turner: (o.15) spiesgooi
Sherene Adams: (o.15) spiesgooi
Leiere Falck: (o.14) 400m
M. Blom
LIQUI FRUIT-BYEENKOMS
Tydens die Liqui Fruit-byeenkoms op Vrydag,
1 Februarie het 60 Durbies deelgeneem en
puik gepresteer! Die dogters o.15-aflosspan:
Mienka Rossouw, Bertmari Kraay, Silvia van
Rooyen en Leiere Falck het die beste gevaar
in hul ouderdomsgroep en ‘n trofee verwerf.
M. Blom
Tydens ‘n interskole-swemgala by Fairbairn
College Donderdag, 7 Februarie het ons
swemmers baie goed gevaar. Die Durbies
behaal ‘n puik tweede plek en ons mis die
eerste plek met slegs 20 punte! Die
volgende swemmers het almal eerste plekke
behaal:
Mattieu Bettings
Marinelle Wegman
Dian Kuhn
Arno Nothnagel
Jean Rabie
Jana van Rooyen
Marna Louwrens
Aflosspanne:
O.16-Seuns
O.14-Seuns
O.14-Dogters
I. Keet
Saterdag 02 Februarie vs Milnerton
O.14 A
Durbanville 159/8
Beste kolwers:
Jean Aucamp 102*
Milnerton 139 almal uit
Beste boulers:
Jean Aucamp 4/20
Durbanville wen met 20 lopies.
J.van Deventer
O. 15 A
Durbanville 53/7
Milnerton 52 almal uit
Durbanville wen met 3 paaltjies.
H.Jordaan
O.19A
Milnerton 211 almal uit
Beste boulers:
Emce van der Walt 5/61
Durbanville 117 almal uit
Durbanville verloor met 94 lopies.
N.Minnie
Donderdag 14 Februarie vs Brackenfell
O.14 A
Brackenfell 96/8
Durbanville 58/4
Durbanville verloor met 38 lopies.
J. van Deventer
KRIEKET
SWEM
ATLETIEK
![Page 8: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/8.jpg)
8
Donderdag 14 Februarie vs Elsiesrivier
O. 15 A
Elsiesrivier 27 almal uit
Beste boulers:
Tiaan de Swart 4/8
Durbanville 28/1
Durbanville wen met 9 paaltjies.
H.Jordaan
Saterdag 16 Februarie vs Stellenberg
O. 14 A
Durbanville 47 almal uit
Stellenberg 48/1
Durbanville verloor met 9 paaltjies.
J. van Deventer
O. 15 A
Durbanville 74 almal uit
Stellenberg 80/6
Durbanville verloor met 4 paaltjies.
H.Jordaan
Saterdag 16 Februarie vs De Kuilen
O. 19 A
De Kuilen 103 almal uit
Beste boulers:
Gerhard Alberts 4/24
Louwrens Roux 3/16
Rowan Wolmarans 3/18
Durbanville 106/5
Beste kolwers:
Gerhard Alberts 55*
Durbanville wen met 5 paaltjies.
N. Minnie
28 Januarie – 1 Februarie
SEUNS
1ste span: (geen wedstryd)
2de span: Wen vs Curro 5 - 1
3de span: (geen wedstryd)
4de span: Wen vs Monument Park 5 – 1
DOGTERS
1ste span: Wen vs Bellville 6 - 0
2de span: (geen wedstryd)
3de span: (geen wedstryd)
4de span: Wen vs Tygerberg 6 – 0
11 – 14 Februarie
SEUNS
1ste span: Wen Brackenfell 6 - 0
2de span: (geen wedstryd)
3de span: Gelykop Bellville 3 - 3
4de span: Wen Milnerton 6 - 0
DOGTERS
1ste span: Gelykop Curro 3 - 3
2de span: Verloor Brackenfell 2 - 4
3de span: Wen Brackenfell 5 - 1
4de span: (geen wedstryd)
S. du Toit
Sewe Durbies het op Saterdag, 2 Februarie
die Westelike Provinsie verteenwoordig by
die Highgate Interprovinsiale Tweekamp-
byeenkoms op Oudtshoorn.
435 Atlete van WP, Boland, SWD, OP,
Griekwas, NWK en Vrystaat het deelgeneem.
Marna Louwrens het puik gepresteer deur
met 2347 punte die goue medalje vir dogters
o.17 te verower. Sy is ook aangewys as die
Junior Victrix Ludorum vir die
ouderdomsgroepe o.9 tot o.19. Ander HSD-
atlete het soos volg gepresteer :
Mari Theron o.19 8ste 1915
Pascal Rocher Seniors 6de 1863
Jana van Rooyen o.15 18de 2072
Jansie Slabbert o.13 26ste 1969
Wian Venter o.17 19de 2035
Johan Slabbert o.15 36ste 1702
Ruan Naude o.13 37ste 1667
TENNIS
TWEEKAMP
KRIEKET
![Page 9: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat](https://reader033.fdocuments.net/reader033/viewer/2022060317/607a66e8d297c0409570f268/html5/thumbnails/9.jpg)
9
Atlete van Meerendal, die wenspan van die
atletiektrofee tydens die interhuisatletiek-
byeenkoms, verskyn op die foto hieronder
met die borg van die span, Meerendal
Wynlandgoed:
(vlnr) Willi Botha, algemene bestuurder ;
Leiere Falck wat die meeste punte op die
ABSA tabel behaal hetvir ‘n enkele item, Liza
Goodwin, wynmaker, TJ Campbell, Senior
Victor Ludorum en Piti Coetzee, oud-Durbie
en assistent-wynmaker van Meerendal.
Die dirigente van Diemersdal wys trots na die
trofee wat hulle span verower het vir die
beste gees en sang tydens die interhuis-
atletiekbyeenkoms:
Agter (vlnr): Linda Ntentema, Charmoné
Harris, Lourens van der Merwe, Simoné
Jansen van Vuuren, Mieke van der Riet en
Timmy Van Straaten
Voor (vlnr): Lara Hattingh, JC van Ee en
Ilse Bester
ONDERSTEUN ONS BORGE!