UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 12 12 Mei 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons mammas! Gholfdag 11 Mei Baie dankie aan Johan Nel (Beheerliggaam) en sy span met die puik reëlings vir ons jaarlikse gholfdag. Baie dankie aan elke ouer wat ‘n bydrae gelewer het om van dié dag ‘n spoggeleentheid te maak. Toelatings 2018 Die aansoekproses het op 2 Mei geopen en sluit op 12 Junie 2017. Besoek gerus die webtuiste vir meer inligting. Let asb. daarop dat indien u ‘n Laerskool Fairland-ouer is, u die proses soos uiteengesit op ons webtuiste, moet volg. Wintersdrag Ons beskou die tydperk tot 19 Mei as ʼn oorgangstydperk en dus kan die leerders somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 22 Mei is wintersdrag verpligtend. Revue Die laaste pylvlak lê voor ons. Baie sterkte aan die leerders en personeel. Ons glo dit gaan weer ‘n uitsonderlike produksie wees. Baie dankie ook aan al die ouers wat ons gehelp het deur kaartjies terug te gee aan die skool vir herverkoop. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT KULTUUR 15 Mei Revue 18:30 Openingsaand 16 Mei Revue 18:30 17 Mei Revue 14:00 Middagvertoning 17 Mei Revue 18:30 18 Mei Revue 18:30 19 Mei Revue 14:00 Middagvertoning 19 Mei Revue 18:30 Gala-aand SPORT 20 Mei Rugby en Netbal: Trinity-toernooi 24 Mei Mini-netbal en TAU-rugby (tuis)

Transcript of UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons...

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 12 12 Mei 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Gelukkige Moedersdag aan al ons mammas!

Gholfdag – 11 Mei

Baie dankie aan Johan Nel (Beheerliggaam) en sy span met die puik reëlings vir ons jaarlikse gholfdag. Baie dankie aan elke ouer wat ‘n bydrae gelewer het om van dié dag ‘n spoggeleentheid te maak.

Toelatings 2018

Die aansoekproses het op 2 Mei geopen en sluit op 12 Junie 2017. Besoek gerus die webtuiste vir meer inligting.

Let asb. daarop dat indien u ‘n Laerskool Fairland-ouer is, u die proses soos uiteengesit op ons webtuiste, moet volg.

Wintersdrag

Ons beskou die tydperk tot 19 Mei as ʼn oorgangstydperk en dus kan die leerders somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 22 Mei is wintersdrag verpligtend.

Revue

Die laaste pylvlak lê voor ons. Baie sterkte aan die leerders en personeel. Ons glo dit gaan weer ‘n uitsonderlike produksie wees. Baie dankie ook aan al die ouers wat ons gehelp het deur kaartjies terug te gee aan die skool vir herverkoop.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 15 Mei Revue 18:30 Openingsaand

16 Mei Revue 18:30

17 Mei Revue 14:00 Middagvertoning

17 Mei Revue 18:30

18 Mei Revue 18:30

19 Mei Revue 14:00 Middagvertoning

19 Mei Revue 18:30 Gala-aand

SPORT 20 Mei Rugby en Netbal: Trinity-toernooi

24 Mei Mini-netbal en TAU-rugby (tuis)

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

2

VERJAARSDAE

Baie geluk aan Johan Nel (beheerliggaam) wat 15 Mei verjaar. Mag dit vir jou ‘n geseënde nuwe lewensjaar wees.

REDAKSIE

Die afgelope paar maande het op meer as een manier ons skool en sy mense uitgedaag. Die revue met massadeelname van ongeveer 1200 leerders word nie oornag aanmekaar geslaan nie en moet soos enige groot professionele produksie deur ‘n stel voorbereidende stappe gaan. Anders as die meeste produksies, moes ons egter met ons normale dagprogram voortgaan en aan al die eise van ‘n gewone skooldag probeer voldoen. Glo my, dit was nie maklik of eenvoudig nie. En hou in gedagte dat die rolverdeling van 1200 akteurs/dansers/sangers almal tussen die ouderdomme van 6 en 13 jaar oud is. Dan dink ek, kan ons vandag ons hoede lig vir ‘n span opvoeders, administratiewe personeellede, terrein- en gebouepersoneel en leerders wat bloed gesweet het om hierdie produksie te laat gebeur.

Ons opvoeders is mense met deursettingsvermoë, entoesiasme (al is hulle moeg en bietjie keelvol), kreatiwiteit en doelgerigtheid. Hulle rol in die samestelling van die revue mag en moet NOOIT onderskat word nie. Die belangrikste en grootste kompliment is dat nie een van hulle spesialiste is in die veld nie, maar desondanks, ‘n reusetaak uiters suksesvol aangepak en voltooi het! Dit maak van hulle almal superhelde in my oë. Die feit is dat dit alles draai om ons kinders. Ons hoef nooit ooit te twyfel oor die waarde wat dit aan ons leerders se skoollewens toegevoeg het nie. Die genot op hulle gesiggies en die trots waarmee hulle moeilike choreografie baasgeraak het, is klinkklare bewys van ‘n onvergeetlike ervaring vir die meeste van hulle. Daarbenewens kweek dit goeie dissipline, leer hulle van spanwerk en toewyding en ook om iets onselfsugtigs te doen om aan ander plesier te verskaf. Waardevolle lewenslesse. Aan al die ouers, veral die mammas, wat ingespring het om te help op soveel maniere (kostuums, afrigting, choreografie en toesig), julle is ons vangnette! Baie, baie dankie aan elkeen van julle vir julle onbaatsugtige hulp!

‘n Spesiale dankie ook aan ons hoofborg vir die pragtige programme/kaartjies, Carl en Adele Brückner

en ook aan Eddie Muller van Proson Staging wat die ekstra myl geloop het om aan ons produksie fantastiese klank, beligting, verhooginkleding, alle media, die voorportaaldekor en sommer net algemene raad en bystand verleen het. Ons waardeer al jou insette ongelooflik baie. Ons hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit so baie van almal vereis het en u waardering sal betoon as u die opvoerings kom bywoon volgende week. Komplimenteer asb. u kinders en ook die personeel vir “a job well done”!

Sien julle by “Druk die groen knoppie”!

Erika

AKADEMIE

Die akademiese program gaan soos normaalweg voort tydens die revue. Leerders moet sorg dat hul asb. op datum bly!

Eksamenrooster (voorlopige datums):

Tweede Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 2 Junie Wiskunde Wiskunde SW Wiskunde

Ma. 5 Junie Engels Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 6 Junie

LO

Wo. 7 Junie

Do. 8 Junie NW NW LV EBW

Vr. 9 Junie LV LV Engels (common) SK

Ma. 12 Junie Afrikaans Engels Wiskunde (common) NW

Di. 13 Junie Tegnologie

Wo. 14 Junie SW SW NW (common) Engels

Do. 15 Junie SW

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

3

KULTUUR

REVUE: 15 – 19 MEI 2017

REVUE NUUSBROKKIES

Kaartjieverkope: Hou asb. School Communicator dop!

Skoolprogram tydens revueweek

Die normale skoolrooster word gevolg.

Die foto’s wat op 5 Mei geneem is, sal ook beskikbaar wees na afloop van die revue. Besonderhede i.v.m. bestellings volg later.

Daar sal ook ‘n vollengte DVD gemaak word van die revue. Al die aande word opgeneem en ‘n “beste weergawe” word dan die revue-DVD. Besonderhede oor bestellings volg later.

Die skool sal op die normale tye uitkom, behalwe op die twee dae waarop daar middagvertonings ook is.

Middagvertonings: Woensdag 17 Mei en Vrydag 19 Mei – skool sluit om 12:00! Toesig sal gereël word vir leerders wat nie 12:00 huis toe kan gaan nie! Naskoolsentrum gaan normaalweg voort.

WENKE VIR DIE LEERDERS SE WELSYN TYDENS REVUE

Die skool sal op Woensdag 17 Mei en Vrydag 19 Mei om 12:00 sluit as gevolg van die middagvertonings. Pak asb. vir u kinders kospakkies in vir die aandete en/of middagete. Leerders sal nie toegelaat word om rond te loop as hulle in kostuum is nie. Stuur gerus ook ‘n kussing en slaapsak/kombersie saam, veral vir die juniors en dan ook veral op die dae wat dubbelvertonings het. Hulle moet soveel as moontlik tussenin rus, want die week sal baie van hulle verg. Ons is BAIE opgewonde!!

Op 15, 16 en 18 Mei 2017 kom die skool gewone tyd uit, maar op die twee dae wat daar ook middagvertonings (17 en 19 Mei) is, kom die skool egter om 12:00 uit. Toesig sal gereël word totdat die skool uitkom vir die leerders wat nie op daardie dae om 12:00 kan huistoe gaan nie.

KOSVERKOPE TYDENS REVUE ‘n Uur voor elke vertoning en ook tydens die pouses sal die volgende eet- en drinkgoed te koop aangebied word by die saal. Kredietkaart-fasiliteite sal beskikbaar wees.

‘Footlong’ worsbroodjies R30

Kerrie en rys R30

Vetkoek met maalvleis R25

Geroosterde steak wraps R30

Geroosterde hoender wraps R30

Geroosterde tramezzini R30

Koeldrank R10

Water R10

Koffie/Tee R15

Ondersteun hulle gerus!

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

4 NASKOOLSENTRUM TYDENS REVUE Tydens die revueweek funksioneer die naskoolsentrum soos normaalweg. Belangrike datums Kleedrepetisie (volle grimering en kostuums) Vr. 12 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd Tegniese repetisie Ma. 15 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd Juf. Erika en personeel

SENIORKOOR

Ons nader nou die eerste optrede vir 2017. Vrydag 26 Mei. Die brief met volledige inligting volg

binnekort. Net kortliks 'n paar reëlings. Die kaartjieverkope kan gedoen word volgens die inligting reeds

deurgegee op die School Communicator.

Kleredrag tydens optredes vir alle seniorkoorlede is grys langbroek, grys kouse, wit skoolhemp, skooldas

en formele kleurbaadjie ('blazer'), netjiese skoolskoene en netjiese hare.

Neem kennis dat alle oefeninge normaal sal voortgaan, behalwe op die datums hieronder uiteengesit.

Belangrike datums

15-19 Mei Revue (Geen oefening op 16 Mei nie)

26 Mei Megafest optrede

30 Mei Normale oefening voor eksamen begin.

6 Junie Geen oefening weens eksamen

13 Junie Geen oefening weens eksamen

20 Junie Normale oefening

27 Junie Laaste oefening voor die vakansie

Megafest

Kaartjies kan bespreek word vanaf 24 April 2017 en is aanlyn beskikbaar teen R80 per kaartjie. Volg die volgende skakel (www.quicket.co.za) en soek vir Megafest. Kaartjies sal slegs aanlyn beskikbaar wees.

Kaartjies moet vertoon word vir toegang tot die vertoning.

JUNIORKOOR

24 Mei - Megafest (sien Communicator vir kaartjie-besonderhede) 26 Julie - Foyer Produksies

Juniorkoor kleredrag

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2 boksterte Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swart belt en skoolskoene.

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Visuele kuns

Belangrike datums

Rondte 2: Gr. 4 - gr. 7 23 Junie (meer inligting volg later) Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

5

DANS

GEEN oefening gedurende Revue nie.

DRAMA

GEEN oefening gedurende Revue nie.

SPORT SPORTOEFENTYE EN WEDSTRYDE GEDURENDE DIE REVUE: Rugby: GEEN oefening vir TAU-rugby of seniorspanne nie Netbal: SLEGS Maandag 15 Mei Maandag: Sessie 1 14:15 – 15:00 Sessie 2 15:05 – 15:50 Mini-netbal: GEEN oefening nie (o/6- tot o/9-spanne) Tennis: GEEN oggendoefeninge nie (junior- en seniorspanne)

Skaak: GEEN oefening nie

Hokkie: GEEN oefening nie (seuns en dogters)

Wedstryde vir die week van 15 – 20 Mei:

Ma. 15/05: Rugby: o/9 tot o/11A & B-spanne (ligawedstryde weg vs L/s Pres. Steyn)

Di. 16/05: Rugby: 1ste – 3de spanne (ligawedstryde weg vs L/s Pres. Steyn) Netbal: o/10 tot o/13D-spanne tuis vs Boskop Primary (D10-liga)

Wo. 17/05: Mini-netbal: o/9 (2 spanne by L/s C de Wet en 2 spanne by L/s Esperanza)

Do. 18/05: Netbal: o/10 tot o/13D-spanne tuis vs Cooper College (D10-liga)

Sa. 20/05: Trinity Festival: Rugby: o/7- tot o/13-spanne Netbal: o/7- tot o/13-spanne

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017 KAAPTOER 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

HOKKIE

Die Kaaptoer is om die draai, dus wil ons graag met hokkievaardighede begin vir die o/12- en o/13-

seuns en -dogters.

Waar: Laerskool Fairland A-veld

Tyd: 14:00 – 15:30.

Voorlopige datums: 4 Mei, 11 Mei, 25 Mei (Oefening: NIE tydens revue-opvoerings nie)

Aangebied deur: Juff. Emily-Kate en Mariёtte

LET WEL: Dit is nie verpligtend nie.

Spesiale vermelding: Juan Schoeman en Franco Vosloo word in die “Team of the Tournament” opgeneem. Tydens hierdie wedstryd verloor hul 2 – 1 vs Parktown Boys High se o/14A-span.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

6

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan.

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefening register gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie! Belangrike datums Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus vir Top 8- seuns en –dogters Seniortennisliga (Jhb-liga) Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

Laerskool Tygerpoort se Makro Interskole Tennistoernooi Die seuns en dogters A-spanne het verlede Vrydag en Saterdag aan Laerskool Tygerpoort se Makro Interskole Tennistoernooi in Pretoria deelgeneem. Die seuns en dogters het deelgeneem as een span.

Uitslae Vrydag: Fairland wen 18 – 12 vs Randhart

Saterdag: Fairland verloor 21 – 9 in die finaal vs Laerskool Tygerpoort en verower dus silwermedales.

Baie geluk aan hierdie tennisspelers met die puik uitslae. Dankie aan juff. Tineke Schutte en Karen Brits wat hulle vergesel het.

JUNIORTENNIS

Spesiale vermelding: Luan Espach het ook net een wedstryd tydens die Truida Kestell tennistoernooi te Bethlehem verloor.

NETBAL

JOMO-liga (A- tot C-spanne)

Vriendskaplike wedstryde teen L/s Roodekrans o/10A verloor 19 – 8 o/10B gelykop 10 elk o/10C wen 9 – 6 o/11A verloor 22 – 13 o/11B verloor 13 – 9 o/11C wen 13 – 11 o/12A verloor 25 – 12 o/12B verloor 19 – 15 o/12C verloor 10 – 9 o/13A wen 14 – 13 o/13B wen 15 – 12 o/13C wen 16 – 13

VOORLOPIGE JOMO-ligabepalings (o/10- tot o/13A- en C-spanne)

11 Mei vs Kenmare (t) 25 Mei vs Fontainebleau (t) 1 Junie Distrik-uitspele 7 Junie Cluster-uitspele 9 & 10 Junie Gauteng-uitspele

VOORLOPIGE D10-ligadatums (D-spanne)

Donderdag 11 Mei vs TrinityHouse (Randpark) (t) Dinsdag 16 Mei vs Boskop Primêr (t) Donderdag 18 Mei vs Cooper College (t) Donderdag 25 Mei vs L/s Unika (w)

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

7

MINI-NETBAL

Belangrike datum: o/9-spanne 20 Mei o/6 – o/8 TrinityHouse, Randparkrif)

RUGBY

Die o/8- tot o/11A- en B-spanne asook ons 1ste-, 2de- en 3de-spanne het Donderdag in die superliga

teen Laerskool Herderkruin gespeel. Die uitslae was soos volg:

o/8 A verloor 10 – 5 o/9 A wen 22 – 15 o/9 B wen 27 – 5

o/10 A verloor 19 – 14 o/10 B wen 7 – 5 o/11 A wen 7 – 5

o/11 B wen 34 – 5 3de span wen 33 – 5 2de span verloor 17 – 10

1ste span verloor 29 - 14

Ligabepalings

Maandag 15 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg – o/9A- & B- tot o/11A- & B-spanne) Dinsdag 16 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg – 1ste tot 3de spanne)

(Geen alternatiewe datums is beskikbaar vir L/s Pres. Steyn wedstryde nie!) Dinsdag 23 Mei vs L/s Kenmare (weg) Woensdag 31 Mei vs L/s Randhart (tuis) Dinsdag 6 Junie vs L/s Roodekrans (tuis) Kwartfinaal 15 Junie H/s Florida (voorlopig) Semi-finaal 21 Junie H/s Florida (voorlopig) Finaal 24 Junie H/s Monument

TAU-RUGBY

Belangrike datums: 20 Mei (toernooie) TrinityHouse, Randparkrif

SKAAK

Skaakkliniek: Word vir tweede kwartaal beplan.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

KULTUUR

Kiara Prall (gr. 6/37) het op Saterdag 29 April deelgeneem aan die South Coast Highland dans-kompetisie. Hierdie is ‘n jaarlikse kompetisie wat in Amanzimtoti gehou word waar dansers van regoor die land deelneem. Sy het 1 goue-, 3 silwer- en 1 bronsmedalje verower. Sy het ook algeheel 2de geëindig in die Highland dansafdeling.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

8

SPORT

Payton Kleynhans het op Vrydag 5 Mei 2017 deelgeneem aan die Sentraal-Gauteng Distrik Gimnastiekkompetisie, wat gehou is te Kemptonpark. Sy het junior half-ereklere verwerf en sal die Sentraal-Gauteng A-span verteenwoordig by die provinsiale kompetise aan die einde van Mei 2017.

ALGEMEEN

NASKOOLSENTRUM

NASKOOLSENTRUM TYDENS REVUE

Tydens die Revueweek funksioneer die naskoolsentrum soos normaalweg.

VERE-KAS

VERE-KAS

Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

WOW-SPELFEES 2017

Al ons gr.1- tot gr.7-leerders het verlede week deelgeneem aan die eerste rondte van die WOW-spelfees

vir 2017. Baie dankie aan elke deelnemer wat so entoesiasties hul woorde vanjaar aangeleer het. In

dieselfde asem ook dankie aan elke ouer wat hul kinders aangemoedig het om nuwe woorde en die

korrekte spelling daarvan aan te leer. Al is jy nie deur na die volgende rondte nie, onthou dat jy nou kennis

in pag het wat niemand van jou kan wegneem nie.

Die volgende leerders is deur na die tweede ronde, wat ook skriftelik van aard sal wees. Dit sal gedurende die laaste twee weke van die tweede kwartaal geskied. Vanaf die derde rondte sal daar mondeling getoets word.

Gr.1

Lana Bouwer Gebhardt Brits Ryan Cronjé Ryan Cronjé Timea Croucamp Sean du Plessis Jano Greyling Emmari Henning Cian Jonck Bernard Judels Annabelle Kirstein Payton Kleynhans Wian Maartens Ethan Merrington André Minnaar Micke Niemandt Lizé Pelser Rouxlé Pelzer Corneli Remmers Megan Stahmer Anina Strauss Anya van Aswegen Zander van Blerk Anrich van Zyl Wynand van Zyl Alicia Viviers Leila Westley

Gr.2 Ruben Bredenkamp Ruaan du Toit Chanél Calitz Danika du Toit Shylah Edwards Callum Filmalter Chris Fourie Kaelyn Grobler Mia Groeneveld Bridgetta Kleynhans Taliya Moolman Zeanté Nel Juan Nieuwenhuizen Ilke Otto Caton Potgieter Symohne Schutte Mia Swanepoel Dominic Tait Willem Theron Nathan van der Berg Miané vd Westhuizen Ilze van Niekerk Mareli Wessels Marieke Wiggett

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

9 Gr.3 Hailey Armstrong Mice Aucamp Caiden Bouwer Carla Cloete Andrea Cuyler Declan Daniell Anais Esterhuizen Cara Kilian Chané Liebenberg Niel Marais Luan Moolman Mia Moore Nina Nieuwoudt Amy Olivier Robyn Richardson Brigitte Robinson Jadon Schneider Janesca Swart Nina Theron Zanique Theron Jako Martin Müller Simoné van Aswegen Marlené van Niekerk Gustav Vorster Kaelin Vosloo

Gr.4 Eric Beyl Daniël Booysen Ruan Booysen Reghardt Brooks Jaco Dannhauser Nicola du Plessis Anika du Preez Luan Espach Bianca J van Rensburg Megan Jooste Caitllin Keuler Ruan Keyter Nina Kotzé Mia le Grange Mischa Olivier Monique Pietersen Klarissa Pretorius Mieke Raubenheimer Franco Roos Josiah Stroh Natanya Swart Jean Taljaard Dirk van den Berg Zander van Tonder Rico Vosloo

Gr.5 Karo Bekker Dezi Coetzer Emma du Plessis Lené Dyson Megan Fritz Leah Groeneveld Luke Groeneveld Gardiol Keyter Ellie Knobel Nicola Nel Nina Novella Andrea Pietersen Delané Potgieter Anshe Roos Niquola Suttie Mika Theron Emma van der Waal Kayla van Metzinger Lara van Metzinger Mia van Niekerk Herman Wessels Dawid Wiggett

Gr.6 Duan Brittion Jody Burgers Andries de Kock Chrizelle du Plessis Jana du Plessis Jessica Goosen Megan Grobler Katje Herselman Ezaan Husselmann Caitlin Kruger Mia Marais Fouché Maré Jolene Nel Laura-Leigh Tuohy Ian van Heerden Cayla van Rooyen Francois van Zyl

Gr.7 Andrea Beukes Ané Dannhauser Caley Dames Colleen du Plessis Ilouise du Plessis Reuben du Toit Bennu Dyson Lourens Fourie Tiana Goosen Chantei Hoffman Dané Kotzé Bianca Landman Elize Naudé Lyné Olivier Mia Olivier Maria Prinsloo Alain Robinson Karla Rooseboom Lea Simpson Ryan Snyman Alexa Steyn Marcel Steyn André van Graan Zack van Niekerk

Baie geluk! Leanie Taljaard

VRIENDE VAN FAIRLAND

‘n Groot dankie vir elke leerling wat ‘n pakkie van die huis af gebring het vir die OMGEE-WEEK!!! Ons spens se rakke is nie meer leeg nie!! Ons behoort vir so 3 maande geen aankope van sommige items te doen nie. Baie dankie aan elke onderwyser/es wat hulle klasse so mooi aangemoedig het, dit help as Juffrou of Meneer die leerlinge motiveer en herinner.

As enige iemand dalk vergeet het of nog iets wil skenk, sal ons dit baie waardeer. Ons het min van die volgende items ontvang:

SOPPOEIER CREMORA/MELKPOEIER KOELDRANK (AANMAAK) ONTBYTPAP BLIKKIES VIS BLIKKIES VLEIS RYS

Spensgroete Irene Aucamp (0836517230)

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

10

VVF-PRETLOOP 6 MEI

Daar was ongeveer 465 deelnemers wat op Saterdag 6 Mei die pretloop van Vriende van Fairland bygewoon het.

Baie dankie aan elke personeellid en VVF-bestuurslid vir hul ondersteuning en hulp met die administratiewe reëlings om die dag suksesvol te laat afloop, asook ons borge wat die pretloop moontlik gemaak het, die snoepie, onderwysers en ouers wat op die verskeie punte diens gedoen het. Elke deelnemer se ondersteuning word baie waardeer en dit was voorwaar ‘n baie suksesvolle oggend.

Ons was verheug om weer bekende gesigte by hierdie jaar se pretloop te sien!

Hier volg die uitslae:

8km Tyd

Mans/Hoërskoolseuns: 1ste plek: Hennie Espach 30:40

2de plek: Kyle Swanepoel 31:07

3de plek: Morné Landman 35:59

Dames: 1ste plek: Phylis de Fouw 34:49

2de plek: Antoinette vd Westhuysen 35:47

3de plek: Tanja Jordaan 44:58

4km Tyd

Seuns: 1ste plek: Francois van Zyl 16:02

2de plek: Kean Swanepoel 16:12

3de plek: Corné de Fouw 16:48

Dogters: 1ste plek: Claudi Greeff 19:10

2de plek: Tiffany Adeo 20:59 3de plek: Gaby Ferreira 23:08

Baie geluk aan die wenners en ons hoop om julle volgende jaar weer daar te sien. Groete Vriende van Fairland

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: James van den Heever Groenklas: Ben Pienaar Oranjeklas: Emily Goenewald

Persklas: Kiara Meyer Geelklas: Isobelle Vlok Rooiklas: Channiel Keyter

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Leila Westley Gr. 1/22: Lische Potgieter Gr. 1/24: Mieke Scheltema Gr. 1/25: Luimé Jansen van Rensburg

Gr. 1/26: Myron-Maxwell van Biljon Gr. 1/27: Mila Lloyd Gr. 2/15: Marlouise van der Merwe Gr. 2/16: De Waal van Breda Gr. 2/17: Luke Vermaak Gr. 2/18: Danika Strauss Gr. 2/21: Taliya Moolman Gr. 2/23: Channah Smit Gr. 3/12: Jordyn de Klerk Gr. 3/13: Chané Liebenberg

Gr. 3/28: Xander van Wyk Gr. 3/29: Rentia Grové

Gr. 3/45: Carla Cloete Gr. 3/46: Stephan Minnaar Goeie gedrag Gr. 1/26 Milla le Roux

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

11 Baie dankie Baie dankie aan elke ouer en leerder vir elke boodskap en bederf op my verjaarsdag. Ek waardeer dit so baie en is regtig geseёnd.

Karen Nel

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

Resonanze Project Musiekskool Tyd om musiek te maak by Resonanze Project Musiekskool!! Skryf in vir individuele lesse (viool, kitaar, klavier, sang, dromme), of kom maak musiek in ’n groep van Marimbas, Kinderkoor, Viole, Klawers of Kleuter Blokfluite! Berario-gemeenskapsentrum, [email protected], 081 351 7491

5 OPREGTE KORTBEEN JACK RUSSELS TE KOOP

- Beskikbaar 16 April 2017(6-7 weke oud)

- 3 tefies en 2 reuntjies

- Geënt en ontwurm met veearts boekies

- Foto’s aangeheg

- R800.00 per hondjie

SEYFFERT STRYDOM 083 259 3392

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

12

Afgetrede dame beskikbaar vir vervoer en versorg van kinders na skool. Eie vervoer, uiters geduldig en liefdevol. Kontak asb vir Judy by 0815677443/[email protected]

Eksamentyd? Jy weet nie waar om te begin nie? Wisk. - en Rek. - werkswinkels voor die eksamen.Daar is verskillende pakette beskikbaar. Minimum van 3 kinders per klas. Bring 2 pelle en baat hierdie eksamen. Pakket 1: Uitwerk van vraestel in gegewe tyd en memo. R200 per kind Pakket 2: Uitwerk van vraestel in gegewe tyd, bespreking van vraestel en memo. R350 per kind Pakket 3: Uitwerk van vraestel gegewe tyd, behandeling van vraestel, memo. 2 ekstra vraestelle vir by die huis en een les die dag voor die vraestel R500 per kind.

Kontak Yolande Potgieter 0836349992

PRIVAAT KOOP: HUIS TE KOOP –MARKETSTRAAT 158, FAIRLAND Baie gerieflike woonhuis – 100m loopafstand vanaf Laerskool Fairland met 3 x slaapkamers Hoofslaapkamer met volledige “en suite”- badkamer, gaste- badkamer, 1 x studeerkamer of 4de slaapkamer, groot loft – (5de slaapkamer / studeerkamer / kunskamer / speelkamer) met 3 x ingeboude kaste / ekstra pakplek, sitkamer, TV-kamer, eetkamer, kombuis, waskamer Groot patio met braaigeriewe, 104m² lapa met braaigeriewe, oorspronklike pizza-oond, kroegfasilitiete, groot swembad – 11m x 6m, volledige bediende- / buitekamer met “en suite” badkamer Dubbelgarage, 2 x dubbel “car ports” en 2 x “Zozo”- hutte

Vir verdere inligting of besigting op afspraak kontak – Tonie Troskie @ 0720409550 (Eienaar)

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Moedersdag aan al ons ...lsfairland.files.wordpress.com/2014/05/vinkie-12-mei-2017.pdfOns hoop dat u die revue sal geniet, sal verstaan waarom dit

14

VERVOER BESKIKBAAR Vervoer beskikbaar vanaf Fairland skool asook Linden. Sporttye kan ook ingepas word. Koste R1 000.00 pm. Skakel Petro: 072 199 6183 HUISHULP OP SOEK NA WERK My name is Amanda Ndlovu and I am looking for part time/full time domestic work. I live in 14th Avenue, Fairland. I can also look after children and do babysitting. For reference please contact Marlene. My contact number is 073 642-5108. and my number is 078 313-7244.