TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter...

16
health TWEEDE UITGAWE 2020 IN HIERDIE UITGAWE: • Hoofbeampte se boodskap • Verbeter sirkulasie in u bene • Jig • Chroniese hoes • Feite wat u oor sinusinfeksies behoort te weet • Bad: Wenke om droë vel te verlig • Sien om na u gesondheid: Voorkomende toetse • Tyd om op te hou rook • Wat u behoort te weet oor COVID-19 en hoe om uself en ander te beskerm • Bedrog en misbruik • Transmed se webtuiste se selfdiens- fasiliteit • Gesondheidswenk: Bou spierkrag • Rook en tandvleissiekte • Belangrike kontakbesonderhede Trans Welkom by die tweede uitgawe van TransHealth vir 2020

Transcript of TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter...

Page 1: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

healthTWEEDE UITGAWE 2020

IN HIERDIE UITGAWE:• Hoofbeampte se boodskap

• Verbeter sirkulasie in u bene

• Jig

• Chroniese hoes

• Feite wat u oor sinusinfeksies behoort te weet

• Bad: Wenke om droë vel te verlig

• Sien om na u gesondheid: Voorkomende toetse

• Tyd om op te hou rook

• Wat u behoort te weet oor COVID-19 en hoe om uself en ander te beskerm

• Bedrog en misbruik

• Transmed se webtuiste se selfdiens-fasiliteit

• Gesondheidswenk: Bou spierkrag

• Rook en tandvleissiekte

• Belangrike kontakbesonderhede

TransWelkom by die

tweede uitgawe van

TransHealth vir 2020

Page 2: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

Hoofbeampte se nota

2

Petrus WassermannHoofbeampte

Welkom by die tweede uitgawe van TransHealth vir 2020. Mens kan amper nie glo dat ons onsself binnekort op die rantjie van die winter bevind nie. Soos ons winter nader en die weer koeler raak, wil ons u aanmoedig om ekstra goed na u gesondheid om te sien.

Ek hoop u het die vorige uitgawe van ons nuusbrief insiggewend gevind.

In hierdie uitgawe verduidelik ons wat jig is, hoe dit behandel word en hoe om hierdie pynlike en verswakkende aanvalle te verhoed. Ons voorsien ook inligting oor hoe om sirkulasie in u bene te verbeter en oor chroniese hoes.

Laastens, en die belangrikste, is u welstand vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19, sowel as wenke om infeksie te verhoed.

Lekker lees!

Petrus WassermannHoofbeampte

Hier is ‘n paar maniere om

sirkulasie te verbeter:

Swak sirkulasie kan ‘n reeks ongemaklike newe-effekte

veroorsaak, soos die versameling van bloed en vloeistof in ledemate, koue

voete en hande, moegheid en seerheid wat veroorsaak word deur

die opbou van melksuur in die spiere. Wanneer gesonde sirkulasie herstel word, ontvang weefsel en spiere die suurstof en voedingstowwe wat hul

benodig om te genees. Hierbenewens beweeg bloed meer doeltreffend deur u are en slagare.

Page 3: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

sirkulasie in u bene

32

LIG U BENE OPIndien u opmerk dat u enkels en voete swel, probeer u bene oplig. Wanneer u voete opgelig is, stuur dit bloed terug in die teenoorgestelde rigting na u hart toe, wat verhoed dat bloed in die laer ledemate versamel. Deur te verhoed dat bloed in die bene versamel word swelling en die risiko om ‘n bloedklont te ontwikkel verminder.

VERLOOR GEWIGDeur oorgewig te wees maak dit moeiliker vir u bloed om doeltreffend te vloei en plaas druk op u slagare en are. Om ‘n gesonde gewig te handhaaf, verbeter u kardiovaskulêre gesondheid.

REGULEER U BLOEDDRUKHoë bloeddruk kan ‘n toestand bekend as arteriosklerose veroorsaak, wat u slagare verhard en bloedvloei blok.

BLY GEHIDREERU bloed bly doeltreffend vloei as u gehidreer is. Wanneer u gedehidreer is verkry u liggaam vloeistof vanuit u bloed wat meer vloeitrae (verdikte) bloed veroorsaak. U behoort te mik daarvoor om agt glase water ‘n dag te drink.

INDIEN MOONTLIK, MAAK TYD OM REGOP TE STAANOm vir verlengde tydperke te sit is nie gesond vir sirkulasie nie. Deur vir ure lank te sit verswak u beenspiere en word bloedvloei na die laer ledemate vertraag. Stadige of swak sirkulasie verhoog die kanse om bloedklonte te ontwikkel. Probeer om van tyd tot tyd regop te staan om te help om u bloedvloei te verhoog. Regop staan help om die kleppe in u are sterker te maak, wat bloedvloei terug na u hart toe gelei.

MASSERINGMassering bevorder sirkulasie deur drukking per hand tydens massering toe te pas. Die drukking help om bloed deur areas wat belemmer is te laat vloei. Die vrystelling van drukking veroorsaak, en laat toe, dat bloed met voedingstowwe en stuurstof na binne vloei. Melksuur word ook vanuit die spiere gespoel, wat die sirkulasie van die limfvatstelsel verbeter.

Massering verbeter nie net sirkulasie en bloedvloei nie, maar verlaag ook bloeddruk en stres, wat liggaamsfunksie verbeter en ‘n uiters belangrike rol in ‘n gesonder lewenstyl kan speel.

VERMINDER STRESMediese navorsing bewys dat hoë stresvlakke ‘n negatiewe uitwerking op bloeddruk het. Dit is baie belangrik vir u gesondheid om stres deur middel van gesonde gewoontes soos oefening en om buite te kom te reguleer.

BORSEL DROË VELDeur vel te borsel help om bloed in die regte rigting te beweeg en om limfvloei en dreinering te bevorder. Dit is ook ‘n baie goeie manier om u vel af te skilfer. Die meeste gesondheids-voedselwinkels verkoop liggaamsborsels. Soek een met stywe, plat hare en begin by u voete en werk boontoe.

NEEM ‘N BAD‘n Bad is ‘n uitstekende manier om sirkulasie tydelik te bevorder. ‘n Warm bad veroorsaak dat u slagare en are uitsit en rek, wat bloed toelaat om makliker te vloei. Warm tee of water sal ook dieselfde uitwerking hê.

VERBETER

Vervolg op bladsy 4

Page 4: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

4

JIGKOMPRESSIESOKKIESKompressiesokkies is ontwerp om sagte, geleidelike druk toe te pas wat by die enkels begin en met die bene op beweeg. Die doel van die druk is om bloedvloei terug na u hart te stoot en te verhoed dat dit in u bene versamel.

HOU OP ROOKIndien u rook, hou op. Nikotien, die aktiewe bestandeel in alle tabakprodukte, beskadig die wande van u slagare en veroorsaak dat u bloed dikker word, wat dit moeilik maak vir bloed om deur u are te beweeg.

VERHOOG OMEGA-3-VETSUREOmega-3-vetsure help om die vrystelling van stikstofoksied te verhoog, wat bloedvate laat uitsit en bloedvloei verhoog. Hierdie vette verlaag ook die ophoping van plaatjies in u bloed, wat die risiko om bloedklonte te vorm verminder. Vetterige vis, soos salm en makriel, is uitstekende bronne van omega-3-vetsure.

VOLG ‘N GESONDE DIEETVerhoog u inname van vrugte en groente. Probeer om die hoeveelheid vleis in u dieet te beperk en sny versadigde vet uit. Verlaag ook u inname van natrium. Deur ‘n gesonde, gebalanseerde dieet te handhaaf sal help om u bloeddruk te stabiliseer, u cholesterol te verlaag en u gewig gesond te hou. Voedingsbronne, insluitend vitamien-E en -C en omega-3-vetsure, is almal kern tot ‘n gesonde kardiovaskulêre stelsel.

SLUIT VOEDSEL IN WAT BLOEDVLOEI EN -SIRKULASIE VERHOOGVerskeie soorte voedsel verbeter bloedvloei. Deur hierdie voedsel by u dieet in te sluit, tesame met oefening, is ‘n uitstekende manier om u sirkulasie natuurlik te verbeter. Voorbeelde sluit in rooipeper, granate, uie, kaneel, knoffel, beet, vetterige vis, borrie, blaargroente, sitrusvrugte, okkerneute, tamaties, bessies en gemmer.

Bron: https://restoremd.io/improve-circulation-legs/

Jig is een van die pynlikste vorms van artritis wat hedendaags

ervaar word.

Vervolg van bladsy 3

Page 5: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

54

DIE OPBOU KAN LEI TOT:• skerp uriensuurkristal-afsettings in die

gewrigte en veral in die tone• opeenhoping van uriensuur (bekend as

‘tophi’) wat soos klonte onder die vel lyk• die vorming van nierstene vanuit uriensuur

in die niere.

Jig veroorsaak ernstige pyn, swelling, rooiheid, hitte/warmte en styfheid in die gewrigte. Dit beïnvloed nie net die groottone nie, maar ook ander areas soos die boë van die voete, die enkels, knieë, vingers, gewrigte en elmboë.

DIE RISIKOFAKTORE OM JIG TE ONTWIKKEL IS:

• familiegeskiedenis van jig• om van die manlike geslag te wees• hoë bloeddruk• vetsug of oormatige toename in gewig, veral

tydens jeug• matige tot swaar alkoholinname• abnormale nierfunksie.

HIERBENEWENS KAN SEKERE FAK-TORE JIG VEROORAAK, SOOS BY-VOORBEELD:

• onlangse chirurgie• dehidrasie• gewrigsbesering• oormatige eet en alkoholinname• stres• veranderinge in dieet• sekere voedsel, soos rooivleis en ryk

voedsel.

HOE WORD JIG GEDIAGNOSEER?

Tekens en simptome van jig sluit in:• hoë vlakke van uriensuur in die bloed• uriensuurkristalle in gewrigsvloeistof

• meer as een aanval van akute (skielike aanvang) artritis

• artritis wat in een dag ontwikkel en ‘n geswelde, rooi en warm gewrig veroorsaak

• aanval van artritis in slegs een gewrig, gewoonlik in ‘n toon, enkel of knie.

HOE KAN JIG BEHANDEL WORD?Wanneer u behandeling benodig vir ‘n akute aanval van jig sal u dokter se hoof-behandelingsdoelwitte die volgende wees:

• beëindiging van die akute aanval en pynverligting

• voorkoming van herhaalde aanvalle indien dit dikwels voorkom deur daaglikse voorkomende gebruik van medikasie

• voorkoming van verdere opeenhoping van uriensuurkristalle en die oplossing van bestaande opeenhopings.

U dokter kan medikasie voorskryf om akute aanvalle te verlig en voorkomende medikasie om toekomstige aanvalle te verhoed. Neem altyd die medikasie wat u dokter voorskryf soos aangewys.

‘n Voorkomende onderhoudsprogram behoort ook gevolg te word om die verwering van been- en gewrigskraakbeen (beskermende weefsel) en nierskade te verhoed. Onderliggende vetsug, hoë bloeddruk en hoë cholesterolvlakke behoort beheer te word.

WAT KAN U DOEN OM JIG-AANVALLE IN DIE TOEKOMS TE VERHOED?

• Handhaaf ‘n gesonde, gebalanseerde dieet. Vermy voedsel wat hoog is aan puriene, soos rooivleis, sommige seekos en orgaanvleis, soos lewer. U behoort voedsel te vermy wat u vind u beïnvloed.

• Verhoog u inname van vloeistof. Dit is baie belangrik om die moontlikheid te verminder dat uriensuurkristalle in die nierweë vorm.

• Vermy alkohol. Dit vertraag die verwydering van uriensuur.

• Oefen gereeld en handhaaf ‘n gesonde liggaamsgewig.

JIGJig word veroorsaak

deur die opbou van ‘n stof wat as uriensuur bekend staan.

Jig is ‘n behandelbare siekte.

Page 6: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

6

Chroniese hoes

Almal hoes van tyd tot tyd. Selfs al doen u dit dikwels, kan die rede daarvoor iets

so eenvoudig soos ‘n prikkelmiddel in die lug,

allergieë of ‘n verkoue of griep wees.

,,WAT IS ‘N CHRONIESE HOES?‘n Hoes kan soms ongemaklik wees, maar dit dien eintlik ‘n nuttige doel. Wanneer u hoes bring u mukus en vreemde materiaal vanuit u lugweë voort wat gevoeligheid in u longe kan veroorsaak. Hoes kan ook as gevolg van inflammasie of siekte wees.

Almal hoes van tyd tot tyd. Selfs al doen u dit dikwels, kan die rede daarvoor iets so eenvoudig soos ‘n prikkelmiddel in die lug, allergieë of ‘n verkoue of griep wees. Hoes kan egter ‘n teken van ‘n akute of chroniese probleem wees wat behandeling vereis.

‘n Hoes wat agt weke of langer duur staan as ‘n chroniese hoes bekend. ‘n Chroniese hoes is nie iets om te ignoreer nie. Indien dit nie behandel word nie kan dit inmeng met daaglikse aktiwiteite en u snags wakker hou.

Page 7: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

In die oorgrote meerderheid van gevalle kan ‘n chroniese hoes suksesvol behandel

word.

ONTHOU:

7

WAT KAN ‘N CHRONIESE HOES VEROORSAAK?Sommige van die algemeenste oorsake van ‘n chroniese hoes sluit in:• post-nasale drup – mukus wat teen die

agterkant van die keel afdrup; word gewoonlik deur allergieë veroorsaak

• asma• gastro-esofageale reflukssiekte (ook as

sooibrand bekend) – ‘n toestand waar suur vanuit die maag terug in u keel opstoot

• chroniese brongitis en ander vorms van chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte (COPS)

• infeksies, soos longontsteking of akute brongitis

• rook.

U kan tesame met ‘n hoes ander simptome ervaar, afhangende van die oorsaak van die hoes. Algemene simptome wat dikwels saam met ‘n chroniese hoes gaan sluit in:• ‘n gevoel van vloeistof wat teen die

agterkant van u keel afdrup

• sooibrand• hees stem• loopneus• seer keel• verstopte neus• hyg• kortasem.

HOE SAL U DOKTER DIE OORSAAK VAN U CHRONIESE HOES VIND?U dokter sal ‘n geskiedenis van simptome opstel. Hy of sy kan u vra oor allergieë, medikasie wat u neem, of u rook of in die verlede gerook het, u blootstelling aan chemikalieë tuis of by die werk of onlangse siekte. U dokter kan ook vra vir ‘n X-straal. Afhangende van die uitslae van die X-straal kan hy of sy vra vir toetse om die oorsaak van u hoes te vind of u na ‘n spesialis verwys. Wanneer u dokter weet wat die oorsaak van u hoes is, sal hy of sy behandeling kan aanbeveel.

Page 8: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

98

FEITE wat u oor sinusinfeksies behoort te weetWAT IS SINUSINFEKSIE EN SINUSITIS?Sinusinfeksie of sinusitis is ‘n algemene toestand wat verwys na inflammasie van die sinusse en neusgange.

WAT IS DIE FUNKSIE VAN DIE SINUSSE?Die menslike skedel bevat vier pare hol, luggevulde holtes bekend as sinusse. Dit is verbind aan die spasie tussen die neusgate en die neusgang (agter u neus). Sinusse help om die skedel te insuleer, sy gewig te verminder en die stem toe te laat om daarin te weerklink. Die vier hoof-sinuspare is:

• frontale sinusse (in die voorkop)• maksillêre sinusse (agter die wangbene)• etmoid-sinusse (tussen die oë)• sfenoid-sinusse (agter die oë).

Die sinusse bied beskerming teen kieme, soos virusse en bakterieë. Die sinusse word bedek deur ‘n slymlaag en selle met klein haartjies op hul oppervlakke (‘cilia’) wat help om bakterieë en besoedelingstowwe vas te keer en na buite te dryf.

Akute sinusitis duur minder as agt weke en kom oor die algemeen nie meer as drie keer per jaar voor nie, met elke episode wat nie langer as 10 dae lank duur nie. Medikasie werk akute sinusitis oor die algemeen doeltreffend teen. Suksesvolle behandeling werk skade aan die slymvoering van die sinusse en die omliggende skedelbeen teen.

Chroniese of herhalende sinusitis duur langer as agt weke en kom meer as vier keer per jaar voor, met simptome wat gewoonlik meer as 20 dae lank duur.

WAT IS DIE VROEË TEKENS EN SIMPTOME VAN ‘N SINUSINFEKSIE OF SINUSITIS?Die vroeë simptome van sinusitis sluit in ‘n loop- of verstopte neus, post-nasale drup, oorpyn, pyn of drukking om die oë of wangbene, geswelde gesig, duiseligheid, kopseer, seer keel, koors, slegte asem, tandpyn of sensitiewe tande, moegheid, hoes, verlies aan ‘n sin vir reuk, gehoorverlies en tinnitus (gesuis in die ore).

Page 9: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

98

Sinusitis is ‘n algemene toestand wat geklassifiseer kan word as akuut (skielike

aanvang) of chronies (langtermyn), wat die algemeenste soort is.

,,

HOE WEET EK OF EK ‘N SINUSINFEKSIE HET?Sinusinfeksies en sinusitus word gewoonlik gediagnoseer deur te kyk na ‘n geskiedenis van die simptome en ‘n fisiese ondersoek. Toetse kan RT-skanderings en ultraklanke insluit.

Akute sinusitis duur gewoonlik vir korter as agt weke of kom nie meer as drie keer per jaar voor nie, met elke episode wat nie langer as 10 dae duur nie.

Chroniese sinusitis duur langer as agt weke en kom meer as vier keer per jaar voor, met simptome wat gewoonlik langer as 20 dae duur.

Sinusitis kan veroorsaak word deur virusse, allergene, besoedelingstowwe, bakterieë en swamme.

HOE OM ‘N SINUSINFEKSIE TE VOORKOMVoorkoming van ‘n sinusinfeksie kan afhang van die oorsaak daarvan, maar die prognose vir

sinusinfeksies is gewoonlik goed wanneer dit spoedig behandel word. Diegene met chroniese sinusitis kan herhaalde aanvalle van die toestand ervaar as daar strukturele of allergiese oorsake daarvoor is.

WAT IS ‘N SINUSINFEKSIE (SINUSITIS)?Sinusitis is ‘n ontsteking van die sinusse en neusgange. Sinusinfeksie kan ‘n kopseer of drukking in die oë, neus, wang-area of aan een sy van die kop veroorsaak. ‘n Persoon met ‘n sinusinfeksie kan ook ‘n hoes, seer keel, koors, slegte asem en ‘n verstopte neus met dik afskeidings ervaar.

Sinusitis is ‘n algemene toestand wat geklassifiseer kan word as akuut (skielike aanvang) of chronies (langtermyn), wat die algemeenste soort is.

Bron: https://www.emedicinehealth.com/ sinus_infection/article_em.htm

Page 10: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

1110

• Verminder die temperatuur: Gebruik warm water. Vuurwarm water verwyder u vel se natuurlike olies.

• Reik na matige produkte: Gebruik matige, geurlose reinigers.

• Hou dit kort: Beperk tyd in die bad of stort tot vyf tot 10 minute om te verhoed dat u vel uitdroog.

• Druk u vel droog: Druk u vel liggies droog met ‘n sagte handdoek.

• Bevogtig onmiddellik: Wend bevogtiger aan terwyl u vel steeds klam is om vog binne te hou.

Bad: Wenke om droe vel

te verlig

Wanneer u bad, volg

hierdie wenke om droë vel te

verhoed of om te keer dat droë vel

vererger.

Het u geweet?• Tabakgebruik verhoog die risiko

van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, prostaat, serviks en bors.

• Tabak en tweedehandse rook bevat meer as 1 400 gevaarlike en skadelike chemikalieë en waterpyprook bevat meer as 300 gevaarlike en skadelike chemikalieë.

• Verlaag die risiko van kanker• Verlaag hartklop en bloeddruk• Haal meer doeltreffend asem• Skakel kortasem uit wanneer u stap• Lewe ‘n langer en gesonder lewe• Meer fisiese energie• ‘n Goeie rolmodel vir ander te

wees

Bron: CANSA

Ophou rook kan

‘n positiewe uitwerking op u gesondheid en

lewenstyl hê.

Tyd om op te HOU ROOK

Page 11: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

1110

SIFTINGSTOETS VERWANTE TOESTAND HOE DIKWELSGesondheidsondersoek-voordeel- Cholesterol (vingerprik)- Glukose (vingerprik)- Bloeddruk- Spiermassa-indeks

Hierdie toetse is by aangewese diensverskaffer (ADV)-apteke wat kliniekdienste verskaf beskikbaar

CholesterolDiabetes mellitusBloeddruk

Een toets per jaar vir begunstigdes oor die ouderdom van 25

Totale cholesterol Hoë cholesterol Een toets per jaar vir begunstigdes oor die ouderdom van 25

Glukose (vingerprik) Diabetes mellitus Een toets per jaar vir begunstigdes oor die ouderdom van 25

Prostaatspesifieke antigeen (PSA)-vlak

Prostaatkanker Een toets per jaar vir mans oor die ouderdom van 50

Papsmeer Servikale kanker Een toets per jaar vir vroue oor die ouderdom van 18

Mammogram Borskanker Een toets elke twee jaar vir vroue oor die ouderdom van 40

Kwantitatiewe polimerase-kettingreaksie (kPKR)

Moeder-na-kind-oordrag van MIV in pasgeborenes

Een keer in ‘n leeftyd

As ‘n lid van Transmed het u toegang tot siftingsvoordele vir die vroeë opsporing van siektes. Ons wil u aanmoedig om van hierdie voordele gebruik te maak, aangesien dit belangrik is om te verseker dat mediese toestande vroeg opgespoor word. Die sifting vir vroeë opsporing is apart van u dag-tot-dag-voordele en word nie vanuit daardie limiete betaal nie.

Hieronder is ‘n lys van siftingstoetse vir vroeë opsporing wat deur die Fonds gedek word:

Sien om na u gesondheid: Voorkomende toetse

Onthou: Mens staan ‘n beter kans op herstel deur

vroeë opsporing.

Page 12: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

Wat u van COVID-19 behoort te weet om uself en ander te beskerm

U WELSTAND IS VIR ONS BELANGRIK

EN OM DIE KURWE VAN

KORONAVIRUS-INFEKSIE PLATTER TE

MAAK, VOORSIEN ONS U VAN ‘N

HERINNERING AAN DIE TEKENS EN

SIMPTOME VAN COVID-19, SOWEL AS

WENKE OM INFEKSIE TE VERHOED.

HOE VERSPREI DIT?U kan aansteek deur:• respiratoriese druppels wanneer ‘n besmette

persoon hoes, nies of praat• nou persoonlike kontak, soos aanraking of

handskud met ‘n persoon wat besmet is• aan ‘n oppervlak of voorwerp met die virus op

te raak en aan u mond, neus of oë te raak.

WAT IS DIE SIMPTOME?COVID-19-simptome kan wissel van matige of geen simptome nie tot ernstige siekte. Die algemene tekens van infeksie sluit in:• koors• hoes• kortasem• asemhalingsprobleme.

WIE LOOP ‘N RISIKO?• Almal loop ‘n risiko om COVID-19 te kry.• Diegene wie die hoogste risiko loop om

ernstige komplikasies te ontwikkel is pasiënte wie ouer as 60 jaar oud is, pasiënte met chroniese siektes soos diabetes, hartsiekte en respiratoriese siektes of pasiënte wie immuunonderdruk is – byvoorbeeld, diegene met kanker of wie ‘n orgaanoorplanting gehad het.

VERHOED DIE VERSPREIDING VAN COVID-19• Was u hande: Was u hande gereeld met seep

en water of gebruik ‘n handreiniger.• Bedek ‘n hoes of nies: Bedek u hoes of nies

met u mou of ‘n weggooibare snesie.• Moenie aanraak nie: Vermy aanraking van u

oë, neus of mond met ongewaste hande.• Hou u afstand: Vermy nou aanraking met

mense wie siek is.• Bly tuis: Indien u ‘n koors of respiratoriese

simptome soos ‘n hoes ervaar, bly tuis.• Kry hulp: Indien u simptome van COVID-19

ervaar, tree met u gesondheidsorgverskaffer in verbinding.

12

COVID-19

Page 13: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

Bedrog en misbruikBedrog bly steeds ‘n groot kommer vir die meeste mediese skemas en kos elke jaar miljoene rande. Soos u moontlik bewus is, hoe meer bedrog daar is, hoe hoër word maandelikse bydraes om die verliese as gevolg van bedrog te dek. Ons het maatreëls in plek gesit om bedrog en die misbruik van voordele op te spoor en te betuur. U kan tot hierdie poging bydra deur ons bedrogkits-lyn anoniem by 0800 000 436 te skakel. Indien u bewus is van enige diensverskaffer of lid wat die eisestelsel misbruik, moedig ons u aan om u maandelikse eisestate na te gaan om die eise-inligting te bevestig ten einde te verseker dat alle besonderhede waar en korrek is. MELD ASSEBLIEF ENIGIETS VERDAG AAN.

Die Transmed-webtuiste se selfdiens-fasiliteitIs dit nie in hierdie besige tye ‘n welkome verligting om toegang tot dienste te hê wat u in staat stel om die jongste inligting oor u mediese fonds-plan te verkry volgens u daaglikse skedule en nie slegs gedurende kantoorure nie? U kan toegang tot u inligting verkry waarokal u is, wanneer u wil, deur by www.transmed.co.za aan te teken.

Indien u nog nie geregistreer het nie, besoek www.transmed.co.za, kliek op ‘Sign in’ in die boonste, regterkantste kant van die blad, kliek op ‘Member’ en ‘Register’ en volg die maklike stappe.13

Gesondheids- wenk: BOU SPIERKRAG

12

Om spiere te bou is nie net vir diegene wat fiksheid as ‘n stokperdjie beskou nie. Spierkrag is noodsaaklik vir goeie gesondheid. Sterk spiere versterk bene, beheer bloedsuiker, verbeter cholesterolvlakke, help om ‘n gesonde gewig te handhaaf, verminder gewrigspyn en beveg matige depressie.

Page 14: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

1514

ROOKen tandvleissiekte

Daar is ‘n groter moontlikheid dat rokers hul tande

sal verloor.

Page 15: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

1514

WAT IS TANDVLEISSIEKTE?Tandvleissiekte is ‘n infeksie van die tandvleis wat in stadiums ontwikkel. Dit begin met bakterieë op u tande wat onder u tandvleis beland. Tydens die vroeë stadium van die infeksie, bekend as gingivitis, word die tandvleis prikkelbaar en bloei maklik as u u tande borsel. Soos dit erger word, ontwikkel u ernstige tandvleissiekte, bekend as periodontitis. Tydens hierdie stadium trek die tandvleis weg van die tande en vorm klein spasies of holtes wat besmet word. Alhoewel die liggaam se immuunstelsel die bakterieë beveg, word die been en weefsel wat die tande in plek hou vernietig. Wanneer dit gebeur word tande los en kan tandverlies voorkom.

WAARSKUWINGSTEKENS VAN TANDVLEISSIEKTE• Rooi of geswelde tandvleis• Gevoelige of bloeiende tandvleis• Pyn wanneer gekou word• Los tande• Sensitiewe tande• Tandvleis wat van u tande weggetrek het

HOE IS ROOK VERWANT AAN TANDVLEISSIEKTE?• Chemikalieë in tabakprodukte verminder die vloei van

speeksel in die mond, wat dit makliker vir bakterieë maak om aan tande en tandvleis te kleef.

• Rook verswak u immuunstelsel. Dit maak dit moeiliker om tandvleisinfeksie te beveg. Sodra u skade aan u tandvleis het maak rook dit ook moeiliker vir u tandvleis om te herstel.

• Tabakgebruik in enige vorm – sigarette, pype of die kou van tabak – verhoog u kanse op tandvleissiekte.

HOE KAN TANDVLEISSIEKTE VERHOED WORD?U kan help om tandvleissiekte te verhoed met goeie mondhigiëne-gewoontes.• Borsel u tande in die oggend en in die aand.• Vlos elke dag om tussen u tande skoon te maak.• Besoek u tandarts ten minste een keer ‘n jaar vir ‘n

ondersoek en ‘n professionele skoonmaak.• Moenie rook nie. Indien u rook, hou op.

Bron: DENIS

Tandvleissiekte is

‘n algemene

rede hoekom

volwassenes hul

tande verloor en

navorsing toon

dat daar ‘n

groter

moontlikheid is

dat rokers

tandvleissiekte

sal ontwikkel.

Page 16: TWEEDE UITGAWE 2020 - Transmed...vir ons belangrik en om die kurwe van koronavirus-infeksie platter te maak, voorsien ons u van ‘n herinnering aan die tekens en simptome van COVID-19,

DIENS LINK-PLAN SELECT- EN PRIME-PLANNE

Kliëntediens-departement

Universal Healthcare0861 686 [email protected]

0800 450 [email protected]

Lidmaatskap en bydraes 0800 450 010 0800 450 010

Hospitalisasie en grootskaalse mediese voorafmagtiging

Universal Healthcare0861 686 278 0800 225 151

SiekteprogrammeUniversal Healthcare0861 686 278 0800 225 151

Ambulansmagtiging 0800 115 750 0800 115 750

MIV/VIGSUniversal Healthcare0861 686 278

0860 109 793

Tandheelkunde dienste

Universal Healthcare0861 686 278

Select-plan0860 104 941Prime-plan0800 450 010

Optiese dienste

Universal Healthcare0861 686 278

Select-plan PPN 0860 304 060/0861 103 529Prime-plan0800 450 010

Bedrogblitslyn 0800 000 436 0800 000 436

Belangrike kontakbesonderhede

Navrae [email protected] en lidmaatskap [email protected] [email protected] [email protected]élle [email protected] [email protected] gratia [email protected] [email protected] diensverskaffer vir die Link-planUniversal Healthcare [email protected]

Belangrike eposadresse

VRYWARING: Die inligting en artikels in hierdie nuusbrief dien nie as mediese raad of as gronde vir ‘n mediese eis vir enige produk van hoegenaamd enige aard namens die uitgewer, Fonds, Administrateur of die verspreider nie. Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde gesondheidsorgverskaffer vir die diagnose of behandeling van enige siektes of mediese toestande.