teenspanning November Desember November...jy die ruitveer aan, bemors dit die hele ruit, en forseer...

24
Vir meer inligting besoek ons webwerf by www.zs6mrk.org NOVEMBER / DESEMBER 2010

Transcript of teenspanning November Desember November...jy die ruitveer aan, bemors dit die hele ruit, en forseer...

Vir meer inligting besoek ons webwerf by

www.zs6mrk.org

NOVEMBER / DESEMBER 2010

2

2. Indeks

3. Jesus in ons lewe

4. Klubsake

5. Veiligheid & wenke

6. Veiligheid & wenke vervolg

7. Aardverwarming

8. Goeie soldeerlas

9. Nood kommunikasie in Chili

10. Uit toeka se dae

11. Uit toeka se dae vervolg

12. Om weerstand te meet

13. Terug na basies

14. ARRL pos

15. ARRL pos vervolg

16. Herdenkings

17. Impak van tegnologie

18. Impak van tegnologie vervolg

19. Wat’s te ete?

20. Jongspan

21. MRK trofee’s

22. TNT / MRK verlede

23. Laaste gedagte

VOORSITTER Thys Maree ZS6MJM. 012-3321415; 0825656087; [email protected]

ONDERVOORSITTER Nick Smit ZR6NSP. 082-4465926; mailto:[email protected]

SEKRETARIS Johann du Plessis ZS6PSS. 012-3321431;

0824461581; [email protected] TESOURIER Louis Mitchell ZS6LWM. 0825583817;

[email protected]

WEBMEESTER Thys Maree ZS6MJM. 012-3321415; 0825656087; [email protected]

TEGNIESE KOöRDINEERDER Sam van Zyl ZS6JZ. 0824472081;

[email protected] JEUGKOöRDINEERDER Johann du Plessis ZS6PSS. 012-3321431;

0824461581; [email protected]

SKAKELBEAMPTE Chris Smit ZS6FCS. 012- 3331826 0824641007; [email protected]

REDAKTEUR Marco J Nel ZS6MJ. 0797898686

[email protected]

November / Desember Jaargang 47/nr.2 Elektronies 41 Posbus 31653

Waverley 0135

3

Dit is Kersfees en die sneeuvlokkies sak aanhoudend neer op die aarde. Klein Andries staan by sy kamervenster

en kyk verwonderd uit na buite toe. Hulle woon hier in die koue land, maar elke keer as hy sien hoe die sneeuvlokkies soos donsige veertjies uit die lug kom, bly dit vir hom maar te mooi. “ Môre, boetman. Het jy lekker geslaap?” vra sy ma skielik agter hom en hy kyk met ‘n glimlag om.

“Ja, dankie, Mamma. Kyk hoe mooi is dit buite,” sê hy dan en kyk saam met haar weer deur die venster. “ Dit is pragtig en ek wil hê jy moet my kom help om vir ons ‘n mooi sneeuman hier reg voor ons voordeur te kom bou wanneer jy klaar jou pap geëet het.” “’n Sneeuman? Is dit omdat dit Kersfees is of hoekom wil Mamma ‘n sneeuman juis vandag hê?”

“Jy weet mos dat ons elke jaar met Kersdag ‘n groot vuur in albei die kaggels maak… dat ons lekker kos maak en dat almal wat hier verby stap welkom is om in te kom en saam met ons Kersliedere te kom sing, nè?” “Ja, Mamma, maar wat het dit met die sneeuman te doen?”

“Ons gaan die een arm van die sneeuman bokant sy kop in die lug bou en ‘n hoed in sy hand sit. Dit beteken ons groet al die mense wat hier verby stap. Dan gaan ons ‘n karton met ‘n boodskap om sy nek hang waaop ons gaan skryf. Almal wat wil inkom en ‘n ietsie saam met ons eet en saam met ons sing sal welkom wees… dit sal ons skryf.

Ons gaan die groot stoepligte almal laat brand en flikkerliggies aan die boom langs die sneeuman hang sodat mense duidelik die boodskap kan sien.” “Ons het dit nog nooit voorheen gedoen nie, Mamma. Hoekom dan hierdie jaar?”

“Pappa sê dat baie mense hierdie jaar hulle werk verloor het en baie mense het nie meer ‘n huis om in te woon of elke dag kos om te eet nie. Ons weet ons kan nie almal help nie, maar ons wil graag op hierdie mooi dag iets vir hulle doen. Vir een dag sal hulle ten minste kan lekker eet en saam met ons bly wees oor die geboorte van Jesus

wat ons elke jaar op hierdie dag vier en vir Hom dankie sê vir al ons seëninge. “ “ Hoe gaan al daardie mense van die dorp hiervan weet? Ons bly mos buite die dorp, Mamma.” “Pappa het gehoor dat al die mense sonder huise vanaand deur die dorp en ook by die plase om gaan stap om

Kersliedere te sing, so hulle sal almal hier by ons verby stap en dan kan hulle sien hulle is welkom om in te kom.” “ Nou is ek haastig dat ons daardie sneeuman bou. Kan ek sommer gou my pap eet?” vra Andries nou opgewonde. Sy ma glimlag en stap saam met hom kombuis toe. Daarna trek sy hom warm aan en dan stap hulle na buite toe

waar hulle stukkie vir stukkie aan die groot sneeuman begin bou. Teen middagete se kant is hulle kant en klaar. Die swart hoed is stewig bo die sneeman se kop aan sy hand vasgemaak en die karton met die vriendelike woorde op hang groot en duidelik leesbaar om sy nek.

Daardie aand sit klein Andries weer by ‘n venster in die sitkamer naby die een kaggel. Sy ogies brand al soos hy kyk wanneer die mense dan gaan kom. En dan hoor hy die mooi stemme… stemme van mense wat almal saam Die Heiland is gebore, sing en hy kyk in die rigting waaruit die stemme kom. Omtrent twintig mense kom met ligte

in hulle hande deur die sneeu aangestap en sing. Hy sien hoe hulle by die sneeuman vassteek en skielik bly almal doodstil en gesels sag met mekaar sodat Andries niks kan hoor nie. Dan kom een man stadig na die voordeur toe en lui die klokkie. Andries draf saam met sy ma om

die deur te gaan oopmaak en luister dan hoe sy hulle vriendelik innooi. Hy het gedink sy ma het hopeloos te veel kos gemaak, maar nou is hy bly dat sy het, want hierdie is ‘n klomp mense wat duidelik baie honger is. Hy kyk na hulle terwyl hulle eet en in sy hartjie kom ‘n groot blydskap dat hy deel kan wees van hierdie mense se

een aand waarin hulle kan sien dat hulle nie vergete is nie. Hy maak stil sy ogies toe en sê dankie vir die Here vir ‘n mamma en pappa soos syne wat gehelp het om dit moontlik te maak. Veel later gaan sit hulle almal op die mat voor die kaggels en terwyl hulle na die flikkerende liggies en blink

ornamentjies aan die Kersboom kyk, speel sy ma klavier en sing hulle verder lekker Kersliedere saam. Andries verwonder hom aan al die mense wat so gelukkig en tevrede lyk al het hulle soveel probleme. En hy weet… dit is omdat hulle glo dat die Here wie se geboorte hulle hier saam met hulle vier wel vir hulle oplossings sal bring.

Dit het laat geword voordat die mense begin opstaan het om verder te stap. Andries se ma het vir elkeen ‘n sakkie eetgoed gegee waarvoor hulle baie dankbaar was en Andries het steeds met ‘n baie lekker gevoel in sy hartjie gaan slaap.

Vanaf webblad “WOES”

Roepsein: Roepsein: Roepsein: Roepsein: ZS6MRK Herhaler:Herhaler:Herhaler:Herhaler: 145.750 MHz. 51.750 MHz. 438.750 MHz. 438.575 MHz. Posbus: Posbus: Posbus: Posbus: 31653 Waverley 0135 Bank: Bank: Bank: Bank: ABSA Tak 335045 Rek no: Rek no: Rek no: Rek no: Tjek 0600 162020 Klubhuis: Klubhuis: Klubhuis: Klubhuis: hv. Mills & Breyer laan Waverley Webblad: Webblad: Webblad: Webblad: www.zs6mrk.org - volg skakel na ons nuwe webblad!volg skakel na ons nuwe webblad!volg skakel na ons nuwe webblad!volg skakel na ons nuwe webblad! EEEE----pos: pos: pos: pos: [email protected] Byeenkomste: Byeenkomste: Byeenkomste: Byeenkomste: Gewoonlik die 3de Saterdag van elke maand by die Klubhuis behalwe wanneer anders af gekondig Bullitins: Bullitins: Bullitins: Bullitins: Sondae 11: 15 op die onderskeie Herhalers sowel as 14,225MHz ESB. Echolink via ZS6FCS. (Volg aangeduide skakels) Woensdae 19:30 heruitsending op 145.750 FM en 3,640 MHz ESB. Luister op Woensdae aande net na die bulletin heruit sending 19:30 op 145.750 FM na tegniese besprekings en neem saam deel. Elke 2de Woensdag aand om 19:00 is dit die bulletin van ZS6JVT. Die stem van ons jeug.

4

Neem kennis van adres verandering asb!

So lank as wat TNT/MRK al bestaan, net so lank het ons

posbus behoue gebly by dieselfde adres. Maar dit het egter

tyd geword om die geskiedenis boeke aan te vul met die

adres veranderring na meer as 47 jaar.

Die nuwe adres is as volg: Posbus 31653

Waverley

0135

Deur Johan Nel ZS6JPN

5

Ek het nou al so baie gepraat oor veiligheid, dat dit noual sekerlik vervelig moet wees. Ongelukkig is die realiteit daarvan nie vervelig nie. Misdaad is

iets wat al erger word, tenspyte van sogenaamde statistieke wat wys dat dit afneem. Hoe dit ookal sy, ek wil tog maar weereens waarsku om altyd

waaksaam tewees. Onthou dat die sukses van 'n booswig se aanval berus op

die verrassings-element, wanneer hy jou onverwags aanval. Hul aanvalle is gewoonlik wanneer en waar jy dit die minste sal verwag. Dit is dan ook nie

ongewoon om uit die Kerk te kom, en te vind dat jou motor sonder jou

vertrek het nie. Motorwagte by inkopie-sentrums is redelik betroubaar, maar onthou dat hulle

nie onfeilbaar is nie. Hulle kan nie regtig die veiligheid van jou motor

waarborg nie. Ek het al aanskou hoe iemand 'n motorwag uitskel, omdat hy glo toegelaat het dat die motor langs hom se deur teen sy motor oop gestamp

word. Hierdie mense kan werklik nie vir sulke swak gedrag aanspreeklik

gehou word nie. Hulle kan ook nie alles sien wat gebeur nie. As jy dan jou motor in 'n klein spasie tussen ander motors wil inwurm, dan moet jy maar

sulke skade verduur.

Onthou om maar altyd die motordeure gesluit tehou terwyl jy ry. Vermy ooglopende gevaarlike plekke soos taxi-staanplekke, stil straatjies en donker

plekke. Stop eerder 'n entjie verder op 'n veiliger plek. Motorkapers het nou

'n nuwe taktiek uitgedink. Hulle gooi jou met 'n eier teen die voorruit . Skakel jy die ruitveer aan, bemors dit die hele ruit , en forseer jou om te stop.

As bestuurder glo jy dadelik dat dit kinderstreke is, en wil dan hul nekke gaan omdraai. Dit is egter net daar dat jou nek moontlik omgedraai word.

Moenie die ruitveer aanskakel nie, en moet vir niks stop nie. Jy is

waarskynlik in 'n lokval so, ry net dat jy wegkom. Die ander slenter is 'n doelbewuste ongeluk. Iemand ry doelbewus in jou vas,

sommer met 'n fiets, of hardloop kamma teen jou motor vas daar in die stad.

Pasop, dit is dikwels net 'n manier om jou te laat stop en jou uit jou motor tekry. Ry eerder reguit na die naaste polisiestasie en meld die saak aan.

Hulle val gewoonlik sagte teikens soos vroue en ou mense aan. As jy alleen

in die motor is, dan is jy natuurlik die perfekte slagoffer. As jy dus nie anders kan as om in so 'n gevaarlike plek in tegaan nie, neem dan soveel moontlik

mense saam met jou.

Vervolg op bladsy 6

Moet nie absoluut vertrou op jou alarm en ander stelsels wat deur vervaardigers en ander groot organisasies geinstalleer is

nie. Omdat daardie stelsels identies in duisende motors toegepas word, weet die skelms presies hoe om verby dit tekom. Maak

gebruik van daardie stelsel maar, installeer gerus maar ook jou

eie unieke kontrepsie, of verteekte skakelaartjie. Daardie stuk staalklamp aan die stuurwiel en rathefboom werk ook nog steeds. Sorg net dat jy die stuur

heeltemal na eenkant draai voordat jy daardie klamp aansit . Die insleep

voertuig wat die motor agter oplig, sukkel om jou motor reguit op sy voorwiele tesleep as dit in 'n gedraaide posisie vas is.

Dit kan jou baie geld en elende spaar.

Tuis kan ons ook nooit versigtig genoeg wees nie. Tydens die lekker reën een nag so 2 weke gelede, het ons besoek ontvang van 2 ongenooide menere.

Alles dui daarop dat hulle ons beslis goed deur gekyk, en hul bewegings

vooraf beplan het. Hulle het duidelik gemerk dat daar kameras op die perseel is, en toe vanaf die buurman se perseel, onder deur my kameras se dekgebied

oor die muur geklouter. Baie slim van hulle. Wat hulle egter nie geweet het

nie, is dat ek ook kameras het wat terug kyk. Hulle kon nie hierdie kameras van die straat sien nie, en het dus 'n groot verrassing op die lyf geloop toe ons

op hulle toesak. Onthou dat hierdie alles in gietende reën gebeur het.

Dit vertel vir my dat die mense juis dan hul kans waag, omdat hulle weet dat mense eenvoudig nie lus het om in die middel van die nag in die reën uit

tegaan nie. Ja, ek het nie in daardie stadium 'n hond gehad nie, maar het baie vinnig

daarna wel een aangeskaf. Onthou dat honde nie jou veiligheid absoluut kan

verseker nie, maar hulle help beslis baie. Ek het in baie jare nooit enige inbrake gehad nie, maar die oomblik dat ek sonder 'n hond was, toe probeer

hulle. Baie mense verdeel hul erwe met hekke.

Niks fout daarmee nie, maar groot sorg en beplanning moet daarmee toegepas word. Skelms lok eenvoudig die honde in een gebied in deurdat een

hul verpes en besig

hou op een plek, terwyl sy makker die

hek agter hulle toe-

maak. Met die honde uit die pad, doen hulle

dan wat hulle wil.

Gaan kyk mooi of jou hekke nie jou

veiligheid bedreig nie.

6 Vervolg vanaf bladsy 5

Inligting van Mieliestronk Ter voorbereiding vir leerling take

7

Diere vreet plante, of vreet ander diere

wat plante gevreet het, en haal asem deur suurstof in te asem, wat in hul liggame met koolstof verbind en as koolstofdioksied uitgeasem word. En nadat plante en diere gevrek het, word hul opgegaarde koolstof deur ontbinding eweneens aan die lug toevertrou. Maar die mens se bedrywighede sorg op veral twee maniere vir ’n "kortsluiting" in die koolstofkringloop. Deur van fossielbrandstowwe gebruik te maak, versnel ons die vrylating in die atmosfeer van koolstof wat andersins miljoene jare in gesteentes opgesluit sou gebly het. En deur woude met vuur te vernietig, stel ons koolstofdioksied veel vinniger in die aarde se dampkring vry as wat natuurlikerwys deur ontbinding sou gebeur het. Wat kan dan gedoen word om hierdie "kortsluiting" enigsins te probeer herstel sonder om ook tegnologiese vooruitgang in die proses te kortwiek? Dit is die dilemma van groot nywerheidslande, maar ook ontwikkelende lande soos Suid-Afrika. Die voor die hand liggende oplossing is om enersyds minder fossielbrandstowwe te verbrand en andersyds op groot skaal bome aan te plant. Dit is egter makliker gesê as gedoen. In ons eie land met sy groot neerslae laegraadse steenkool kan "vuil" krag baie goedkoper opgewek word as sogenaamde "skoon" krag wat nie so omgewingsbesoedelend is nie. Gelukkig lyk dit of die Suid-Afrikaanse Departement van Omgewingsake bereid en gereed is om die probleem van lugbesoedelende kragsentrales vorentoe met mening te pak. Reuse-boomaanplantings is straks minder haalbaar, omdat Suid-Afrika se landbougrond so beperk is. Tog bly dit ’n ideaal waaraan daar deurlopend gewerk kan word.

Aardverwarming

en die kweekhuis-effek Vervolg vanaf Teenspanning September/ Oktober 2010

Hierdie artikel eindig met die

Teenspanning Januarie Februarie 2011 uitgawe.

8

Hou die soldeerbout vas soos ‘n pen waarmee jy gaan skryf. Onthou om nooit aan die warm punt te vat nie.

Plaas ‘n klein bietjie soldeersel op die punt van die soldeerbout. Dit sal

sorg dat die soldeersel vloei.

Druk die soldeerbout op die oppervlakte wat gesoldeer moet word.

Maak seker dat die soldeerbout aan die been van die komponent en die koper op die bord raak. Moenie die bout langer as 4 sekondes teen die

koper en been vasdruk nie.

Druk ‘n bietjie soldeersel op die las. Die soldeersel sal nou glad vloei op

die koper en teen die been van die komponent.

Die soldeersel moet nou ‘n vulkaan vorm, soos op skets, aangetoon. Die soldeersel moet op die las gedruk word en nie op die bout nie.

Verwyder die soldeersel en dan die bout terwyl die las stil gehou word.

Gee die soldeersel ‘n oomblik om af te koel.

Inspekteer die las van naby. Die las moet blink en ‘n vulkaan vorm hê.

Indien nie moet u weer die las verhit en ‘n bietjie soldeersel aanwend.

Deur Johan, ZS1RX

Met ‘n bietjie oefening

is dit maklik

HET JY GEWEET? Die eerste faksproses was in 1843 gepatenteer deur Alexander Bain, maar

faksmasjiene is eers in 1964 in gebruik geneem. In 1888 het Frank Sprague 'n

elektriese spoorweg voltooi , maar elektriese lokomotiewe is eers in 1895 bek-

endgestel. In 1911 het Eugene Ely 'n vliegtuig op 'n boot geland, maar vlieg-

dekskepe is eers 20 jaar later vervolmaak.

9

Die heldhaftige redding van die 33 vasgekeerde mynwerkers in

die San José-myn van meer as 700 m diep, het die verbeelding van die ganse wêreld aangegryp. Die myners wat vir 69 dae

vasgekeer was (5 km van die myningang af) was almal in merkwaardig goeie gesondheid toe hulle deur middel van ‘n

doelgemaakte kapsule, die Fenix, na die oppervlak gebring is. Dit is die langste tyd wat enige vasgekeerde mynwerkers nog

ooit lewend na die oppervlak gebring is.

Volgens die Radio Club de Chile (RCCH), dié land se IARU-lidvereniging, het radioamateurs

van die Radio Club Copiapó, CE1CPI, ondersteunende kommunikasie verleen tussen die amptenary en die

noodtoerusting-operateurs in die San José-mynkompleks, asook die gesinne van die vasgekeerde mynwerkers en die amptenary

in Copiapó. Die myn is in die Atacama-woestyn, sowat 43 km van die Chileense dorp Copiapó.

“Daar is geen ander wyse van kommunikasie op die toneel nie,”

het Radio Club Copiapó se President José Maldonado Lazo, CE1RXY, tydens die reddingsoperasie gesê. ”Die groep werk in die area van die

myn met drie telefone, terwyl radioamateurs in Copiapó al die nodige doen vir SENCO ( ʼn konstruksiefirma), SAMU (ambulanse en noodhulp), die binnelandse

administrasie, brandweer en polisie. Ons doen dit met graagte”.

Sommige van die 80 lede van die Radio Club Copiapó het

radioamateurtoerusting in die mynkompleks opgerig en vrywilligers van die klub het sedert die instorting op 5

Augustus gebeur het, in skofte ondersteuningskommunikasie verskaf. Dié diens, saam met

addisionele mobiele polisiestasies, hospitale en die brandweer het almal wat betrokke was, op hoogte gehou

met die behoeftes en dringende vereistes. Die Suid-Afrikaanse firma Murray en Roberts het die

gespesialiseerde boortoerusting voorsien.

RADIOAMATEURS VOORSIEN KOMMUNIKASIE

TYDENS DIE CHILEENSE MYNRAMP

Die doelgemaakte FENIX

San José-mynwerkers op die Chile landsvlag

Rede vir die RSA vlag in die agtergrond is die

Suid-Afrikaanse firma,

Murray en Roberts met hul gespesialiseerde

boortoerusting wat uit gehelp het.

Berig geneem uit die SARL bulletin van 16 Oktober 2010

Met dank aan en

skriftelike goedkeuring van “Die Bronberger”

10

PAJAMA DONKIES BRING PRETORIA SE POS EN SORG VIR

‘HEBRAS’ EN ‘ZORSES’ Vanuit Bronberger Februarie 2009

‘n Poskoets is mos iets wat deur perde getrek word. Verbeel jou nou wat Pretorianers van die laat 1800’s se reaksie was toe die bekende Zeerberg poskoets een mooi dag agter ‘n span sebras op

Kerkplein opdaag. Die klok wat seremonieel gelui is as die poskoets aanland, het waarskynlik meer mense as net

diegene wat ‘n brief verwag het, nadergelok. In haar Pretoria geselsbrief, skryf Rosa Swanepoel

dat perdesiekte ‘n groot probleem was in die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek. Die firma Green & Erasmus het in Julie 1876 die kontrak gekry om pos in die republiek te vervoer en hulle het

gebruik gemaak van Cob & Co se koetse. Minder as ‘n jaar later berig De Volkstem egter dat die

firma 70 perde verloor het weens perdesiekte. Nuwe perde is aangekoop en in September berig De Volkstem dat ‘n nuwe poskontrak toegeken is.

Geen wonder die Zeederberg broers het probeer sebras inspan as trekdiere vir hul poskoetse nie.

Blykbaar het die eksperiment nie op die lange duur geslaag nie, omdat die sebras nie so beheerbaar soos perde was nie.

ELANDE

Alois hugo Nellmapius, vriend van paul Kruger en sakeman wat Irene tot stand gebring het, he took probeer om sebras en

selfs ook elande in te span as trekdiere. Blykbaar was die elande ‘n groter sukses.

Dit wil voorkom asof selfs buffels gebruik is vir vervoer. Rosa skryf dat sy op ‘n interessante stukkie geskiedenis afgekom het in die Staats Almanak van 1899. onder die

Departement van die Kommissaris van Polisie van Pietersburg en klein Letaba was daar een “zwarte Voetpolitie

te Buffels”

Waar die polisieman op ‘n buffel se rug ‘n rare gesig sou wees, was die gebruik van sebras om koetse te trek daardie jare nie so ongewoon nie. Sebras is

reeds in 1874 in Parys, Frankryk as trekdiere gebruik. In Engeland het die diereversamelaar, Lord

Rothschild, gereeld deur London gery met sy befaamde sebra-koets. In 1907 het Rosendo Ribeiro, die eerste dokter in Nairobi, Kenia, huisbesoek op ‘n sebra gedoen.

In die mid-1800’s het Goeweneur George Grey sebras na Nieu See-

land uitgevoer vanaf sy vorige pos in Suid-Afrika. Hy het die sebras gebruik om sy koets te trek op

Kawau, ‘n eiland wat aan hom behoort het.

Lord Rothschild neem ‘n enkele sebra deur London se strate.

Die foto van di e Zeeder berg Poskoets met sy span sebras is in die ‘ Lantern’ van Juni e 1983 gepubliseer.

Met dank aan en skriftelike

goed-keuring van ‘Die Bronberger’ .

11 INBREEK

Kaptein Horace Hayes het in 1891 ‘n volwasse bergsebra-hings binne twee dae ingebreek. Die hings was blykbaar so

mak dat selfs kaptein Hayes se vrou op hom gery het en gereeld

op hom afgeneem is. In 1893 verduidelik hy hoe moeilik of maklik verskillende rasse sebras ingebreek kan word in ‘Points of the Horse’. Hy sê dat Burchell se sebra die maklikste is om

in te breek en beskou die sebras as ideale rydiere omdat hulle immuun is teen die byt van die tsetsevlieg. Hy noem ook dat die kwagga maklik ingebreek en gewoond gemaak kan word aan ‘n

saal en toom. Selfs in ons eie omgewing is daar ‘n mak sebra wat gery kan

word. In Mei 2003 is daar berig oor hoe Lila Oechler dit reg gekry he tom Nyamazan, toe vier jaar oue

Burchell sebra, mak te maak. Hy word gelanseer, het vinnig leer spring en klim sonder probleme in ‘n perdewaentjie om vervoer te word.

In die laat 1800’s moes sebras egter nie net ingebreek word nie – hulle moes hard werk as trekdiere.

Omdat sebras geneig is om paniekerig te raak onder druk, het mense begin om sebras met perde en donkies te kruis.

Die kruisings vind vandag steeds in sentrale Kenia plaas en die diere word gebruik om deur die Kenia-bergstreek te trek.

KRUIS

Volgens kenners word die kruising van ‘n sebra met ‘n perd, ponie of donkie’n ‘zebroid’ genoem. Daar is egter fyner onderskeie te tref:

Voldens Wikipedia is ‘n ‘zorse’ ‘n kruising tussen ‘n sebra-hings en ‘n perd-merrie. Die kruising tussen ‘n sebra-merrie en perd-hings word ‘n ‘hebra’ genoem. ‘n ‘Zedonk’ is ‘n kruising tussen ‘n sebra-hings en donkie-merrie. ‘n ‘Zonkey’ is die kruising tussen ‘n sebra-merrie en ‘n donkie-hings. Blykbaar word

‘zedonks’ soms in dieretuine geteel omdat hulle baie soos die uitgestorwe kwagga lyk. Net soos die muil, is al die kruisings sterile. Daar is baie voorbeelde van die kruisings dwarsdeur die geskiedenis. In 1815 het Lord Morton ‘n kwagga-hings met ‘n vos Arabier-merrie gekruis. Romulus is die naam van die

‘zorse’ wat in die 1800’s geteel is deurJjames Cossar Ewart. Hy he took ‘n Arabier-merrie gebruik. Soortgelyke eksperiment is uitgevoer deur die Amerikanse regering en die resultate het verskyn in ‘Cenetics in Relation to Agriculture’ deur E.B. Babcock en R.E. Clausen en in ‘The Science of Life’

deur H.G. W ells, J. Huxley en G.P. W ells.

WEERSTAND

In die 1970’s is ‘zedonks’ geteel by die Colchester Dieretuin in Engeland om trekdiere te bied met ‘n merkwaardige weerstand teen siektes. ‘n ‘New York Times’ berig van 16 Junie 1973 noem dat die

kruising tussen ‘n sebra en donkie by die Jerusalem dieretuin gebore is. Hulle het hom ‘n ‘hamzab’ genoem. ‘n ‘Zony’ genaamd Zedland is in 2001 in Cumbria, England gebore nadat ‘n sebra in ‘n kamp

gelaat is by ‘n zetland ponie. In 2005 het ‘n Burchell sebra, genaamd Allison, ‘n vulletjie met die naam van Alex gekry. Die pa was ‘n donkie wat in die hoogland plantasie in die St Thomas-streek van Barados rondgeloop het. In 2007 is

een van die wêreld se bekendste ‘hebras’ genaamd Eclyse’ in ‘n safaripak in Schloss Holte-Stukenbrock, Duitsland gebore. Haar pa was ‘n perd genaamd ‘Ligers, tigons,

and Zorses, Oh My’!

Mak sebra in oos-Afri ka

OM WEERSTAND VAN 0,05 OHM TOT 10 OHM TE MEET

Dit is nie maklik om weerstande met ‘n laer waarde as 10 ohm akkuraat te meet nie. Nie een van

my digitale of analoogmeters slaag daarin om aan hierdie vereistes te voldoen nie. Die kring en bespreking wat volg kom waarskynlik uit ‘n Practical Electronics of Practical Wireless van gister se jare maar dit is tot ‘n mate bruikbaar.Die kringdiagran hieronder kan gebruik word om

waardes tot ongeveer 10 ohm te lees.

Die meter het ‘n volskaal uitwyking van 500µA met ‘n interne weerstand van so ongeveer 75 ohm. As VR1 so gestel word dat die meter volskaal uitwyk word 25 mA stroom deur die battery gelewer. Die newesluiting weerstand R2 (1.5 ohm in hierdie geval ) kan volgens die formule : Rm

Rs= N-1 bepaal word. Waar Rs die waarde van R2 en Rm die interne weerstand van die meter is. N is die

vermenigvuldigings faktor. In hierdie geval wil ons hê dat die 500µA meter 25 mA moet lees.

Die vermeningsvuldigings faktor N is dus 50 (500µAx50=25mA). Aangesien die interne weerstand van die meter hoog is in vergelyking met die 1.5 ohm newesluiting

kan die werklike interne weerstand van die meter as weglaatbaar groot beskou word en kan dit vir

verdere berekenings geignoreer word.Ons kan dus nou aanvaar dat die 500µA meter slegs ‘n weerstand van 1.5 ohm het. As ‘n 1.5 ohm weeratand nou oor die toetspunte geplaas word, word die

stroom deur die meter gehalveer en sal dit 250µA registreer Sê 6 ohm word oor die toetspunte

geplaas is die faktor 1 tot 4 of slegs 20% van volskaal uitwyking sal afgetrek word dws 400µA sal

registreer. Die tabel hieronder gee ‘n aanduiding van wat die meter sal lees met waardes tussen 0.05 ohm en 12 ohm.

Skaallesing Weerstand Skaallesing Weerstand Skaallesing Weerstand

Mikroamp Ohm Mikroamp Ohm Mikroamp Ohm 16 0.05 31 0.01 125 0.5

200 1.0 250 1.5 250 1.5 283 2.0 310 2.5 333 3.0

363 4.0 383 5.0 400 6.0 420 8.0 435 10.0 445 12.0

Ek het ‘n grafiek ohms Y-as teenoor meterskaallesing X-as getrek vir gebruik saam

met my meter. Die grafiek hier regs weergee dit.

73’s de Theo ZS6ATO

12

13

‘n Verwante komponent is die potensiometer met ‘n veranderlike weerstand. Dit is kenmerkend saamgestel as ‘n ronde koolstof spoor met ‘n sekere weerstandwaarde en ‘n kontakarm wat geskuif

kan word oor die spoor wanneer jy die kontrole knop draai. Die weerstand van die een kant van die spoor tot by die ander bly konstant, maar die weerstand tussen albei kante en die kontakarm hang af van die posisie van die kontrole knop.

Die simbool vir ‘n potensiometer lyk as vo lg:

Die twee punte van die koolstofspoor word verteenwoordig deur die ver

bindings aan die bo en onder kant van die diagram. Die weerstand tussen hierdie punte is onbeweeglik. Die pylpunt verteenwoordig die kontakarm.

Die drie terminale is gemerk “ A”, “B” en “W” (vir “kontakarm”) sodat daar na hulle verwys kan word in die verduideliking wat volg. Hulle word nie gewoonlik so gemerk nie. Veronderstel die potensiometer het ‘n waarde van 10 KO (10 000 ohms). Die beteken dat die weerstand tussen A en B

altyd 10 KO sal wees. Wanneer die kontakarm in ‘n sentrale posisie is, soos voorgestel in die diagram, dan sal die weerstand tussen A en W omtrent helfte van dit wees – bv. 5 KO, en die weerstand tussen B en W sal dan die ander helfte van die weerstand wees, ook 5 KO.

Veronderstel jy draai die kontrole knop sodat die kontakarm nader is aan A as aan B. Dan sal die weerstand tussen A en W minder wees as half, bv. 2 KO. Die weerstand tussen B en W sal die oorblywende 8 KO (in hierdie geval) wees van die totale weerstand van 10 KO. Eweneens, as jy die

kontakarm al die pad na B stel, dan sal die weerstand tussen B en W 0O (nul) wees, terwyl die weerstand tussen A en W die hele 10 KO sal wees. So die weerstand tussen A en W en die weerstand tussen B en W, wanneer dit bymekaar getel word,

is altyd gelyk aan die weerstand vanaf A na B, wat die waarde is van die potensiometer. Potensiometers word dikwels gebruik as kontroles op elektroniese apparaat byvoorbeeld die volumekontrole op ‘n klankversterker of ‘n radio-ontvanger.

Daar is ook ‘n ander simbool vir ‘n potensiometer:

In die simbool verteenwoordig net die boonste en die onderste lyne die konneksie punte. Die lyn met die pyltjie punt verteenwoordig nie ‘n aparte

konneksie nie, maar beteken dat die weerstand variant is. Dit verteen woordig kenmerkend dieselfde komponent as die meer gebruiklike drie -terminaal simbool soos bo. Nogtans word net twee terminale gebruik: een kant van die koolstof spoor en die kontakarm.

Die ander kant van die koolstof spoor bly onverbonde. Al is die simbole vir die potensiometer vertikaal geteken, terwyl die simbool vir die weerstand horisontaal geteken is, is dit suiwer net vir gerieflikheid. Enige va n die simbole, soos

meeste elektroniese simbole, kan óf horisontaal óf vertikaal geteken word.

Opsomming Weerstand is ‘n elektroniese komponent met ‘n gesette weerstand, toleransie en krag vermoë. Die toleransie is die persentasie waarvan die werklike weerstand mag afwyk van die nominale waarde van die weerstand. Die waarde en toleransie van weerstande verteenwoordig die gebruik van die

weerstand se kleurkode. Die potensiometer is ‘n verstelbare weerstand.

Kontakarm

Die Potensiometer

Inligting geneem uit

RAE handleiding.

14

Ek woon nie gereeld rugby wedstryde by nie maar die enkele skole rugby wedsryde in

die Kaap (seker by ons ook) was opmerklik weens hoe vurig die kantlynstaners te kere gaan en hul menings luidskeel uitskreeu oor die spelers en die skeidsregter - my

laat dink di's nes soos op ons forum!

Hierdie berig kom uit die jongste uitgawe van die ARRL se maandblad QST:

Say Yes Kay Craigie, N3KN President, ARRL

Did you ever stop and reflect on how you got to where you are today? A few days after the ARRL Officer elections last January, I asked myself how I became the fourteenth person to

follow in the footsteps of the League's founding president Hiram Percy Maxim, WIAW. I thought the answer would be a long, convoluted story of my life, but I was wrong. It's simple,

really. I'm president of the ARRL today because twenty-six years ago, someone else said "no."

Shortly after getting my ticket in 1983, I volunteered to re-start the newsletter for my home

radio club in the Philadelphia suburbs. I didn't know much about ham radio yet and knew nothing about doing a radio club newsletter. When did a little thing like not quite knowing

what you're doing ever stop a ham radio operator? Undaunted, or maybe just oblivious, I started re-inventing the journalistic wheel, and club members liked the results.

A year later, the ARRL Eastern Pennsylvania Section Manager decided to start a newsletter for his Field Organization volunteers and Affiliated Club officials. He asked the Section

Emergency coordinator, who knew everybody in Eastern PA and was himself a former newsletter editor, to find an editor for the new publication.

The first person to whom the SEC offered the Eastern Pennsylvania job said "no." He added, however, "Why don't you talk to Kay?"

By that time I had upgraded to Advanced, was working on my WAS and DXCC awards, and knew which end of the soldering iron gets hot.

I didn't know much about the League, though, apart from what I read in QST every month. But when the SEC asked if I would be interested in doing a newsletter for the ARRL’s Eastern

Pennsylvania Section, I said, "Yes, sure, I can do that." The next thing I knew, I was appointed Assistant Section Manager, and one thing led to

another. The line between saying "yes" to that newsletter opportunity and becoming ARRL president twenty-six years later is as straight as a line ever is in a person's life story.

It chafes my ego to admit it, but I know I was not the first choice to do the Eastern Pennsylvania newsletter. I wasn't the first person they asked.

But I was the first one who said "yes."

That's what leaders in our Amateur Radio family have in common. No matter how we differ in our educational or occupational backgrounds,

whatever the demographic details of our personal lives,

BERIG UIT QST, DIE MAANDBLAD

VAN DIE ARRL

Vervolg op bladsy 15

Voorsien deur Johann, ZS6PSS

regardless of our license cl ass or favorite things to do in Amateur Radio, we are the

first ones who say "yes". Yes, I'll do the public service event. Yes, I'll sell tickets at the hamfest. Yes, I'll help you

study for your license. Yes, I'll give a talk at the club meeting. Yes, I'll be a net control. Yes, I'll join ARES. Yes, I'll show you how to operate a contest. Yes, I'll help clean up after Field

Day. Yes, I'll teach you the Morse code. Yes, I'll go on the DXpedition. Yes, I'll run for offi ce in the club. Yes, I'll organize the antenna work party.

I don't care if you are so new you have to sneak a peek at your license to remember your

callsign, or have been licensed so long you can copy code in ancient Egyptian hieroglyphics. You can be a leader in Amateur Radio. It all begins with saying "yes".

What you invest in the stock market can disappear. The property you bought may be worth less today than what you still owe on it. Amateur Radio is different. What you invest in

Amateur Radio - your willingness to lead, to serve, to work, and to learn - can never be lost. It will pay you back many times over and in ways you can't imagine. All Ii did was agree to

edit a newsletter, and look what happened to me! I'm sure many of you have a story to tell about how your life changed when ham radio presented an opportunity and you were the

first one who said, "Yes, sure, I can do that".

ARRL President Kay Craigie, N3KN, lives in Blacksburg, Virginia, with her husband Carter Craigie, N3AO, and their Jack Russell Terrier, Frodo. Originally from Atlanta, Georgia, Kay

graduated from Georgia State College (now Georgia State University) in 1968 and then moved to Pennsylvania to earn a PhD from the University of Pennsylvania in Philadelphia.

She taught at the University of Maryland for three years in the 1970s. Later, she taught part-time at Cabrini College in Pennsylvania and worked on the non-instructional staff at a

high school. She moved to Virginia in 2007. First licensed in 1983, Kay has been a Volunteer Examiner for more than 20 years. She

became ARRL Section Manager for East ern Pennsylvania in 1986 and Atlantic Division Vice Director in 1990. Six years later she became Atlantic Division Director, in 2000 was

elected Vice President, moved up to First Vice President in 2006, and in 2010 was elected President.

On the air Kay enjoys DXing, award-hunting - she just earned VUCC on 6 meters from her new grid square, EM97 - and contesting on CW, phone, and digital modes, and is involved

with Skywarn. Her husband Carter, N3AO is a retired

college professor. Their daughter Jenny Riffe,

KA3WVD, lives in Virginia with her husband and two

children. Ja, menere, die nuwe president van die ARRL is

'n dame!

Vervolg vanaf bladsy 14 15

As jy lid van die klub is & jou naam nie hier genoem is nie, laat weet asseblief enige

komitee lid dat ons dit kan regstel en ons databasis kan bywerk!

16

07 November; Verjaarsdag van Paul, ZR6PAR. Seun van Paul, ZS6PR en Cicille, ZS6CJR.

08 November; Verjaarsdag van George, ZS6NE. 08 November; Verjaarsdag van Liesel, kleindogter van Marten, ZS6ZY en Gertie.

09 November; Huweliks herdenking van George, ZS6NE met Elsa. 12 November; Verjaarsdag van Jakes, kleinseun van Louis, ZS6BUS en Katy.

13 November; Verjaarsdag van Chris, ZS6CVE. 13 November; Verjaarsdag van Gerrie, ZS6GSB.

15 November; Verjaarsdag van Dylan, seun van Quartus, ZS6QDW en René, ZU6MA. 17 November; Verjaarsdag van Nick, ZR6NSP.

17 November; Verjaarsdag van Johann, ZS6PSS. 25 November; Huweliks herdenking van Nico, ZS6OI met Cyrillene.

26 November; Verjaarsdag van Theo, ZS6TEO. 26 November; Verjaarsdag van Dané, dogter van Quartus, ZS6QDW en René, ZU6MA.

27 November; Verjaarsdag van Frikkie, ZR6APL. Seun van Pieter, ZS6LC en Louise. 30 November; Verjaarsdag van Marco, ZS6MJ.

02 Desember; Huweliks herdenking van Pieter, ZS6LC met Louise. 05 Desember; Verjaarsdag van René, ZU6MA.

06 Desember; Verjaarsdag van Erica, dogter van Johan, ZS6JPN en Jenny, ZS6JWN. 07 Desember; Verjaarsdag van Soné, dogter van Johann, ZS6PSS en Kobie.

08 Desember; Verjaarsdag van Anelinne, LV van Sam, ZS6JZ. 08 Desember; Verjaarsdag van Elrika, ZS1BEL. LV van Ben, ZS1BEN.

10 Desember; Verjaarsdag van Lezanne, dogter van Elize, ZR6ELZ. 15 Desember; Heweliks herdenking van Johan, ZS6JPN met Jenny, ZS6JWN.

15 Desember; Huweliks herdenking van Sam, ZS6JZ met Anelinne. 21 Desember; Verjaarsdag van Juandré, seun van Marco, ZS6MJ en Andrietté, ZS6AN.

21 Desember; Verjaarsdag van Felix, seun van Marten, ZS6ZY en Gertie. 23 Desember; Verjaarsdag van Evette, dogter van Johann, ZS6PSS en Kobie.

23 Desember; Verjaarsdag van Johann, seun van Johann, ZS6PSS en Kobie. 24 Desember; Verjaarsdag van Marten, kleinseun van Marten, ZS6ZY en Gertie.

27 Desember; Verjaarsdag van Hester, LV van Albert, ZR6VON. 30 Desember; Verjaarsdag van Werner, seun van Johan, ZS6JPN en Jenny, ZS6JWN.

Sewende belofte van tien. BELOFTES VAN JESUS

As jy My liefhet, As jy My liefhet,

sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie.

As Ek ’n plek in jou huwelik het, As Ek ’n plek in jou huwelik het,

sal julle vir mekaar lief wees en julle geluk sal ek in my hande sal julle vir mekaar lief wees en julle geluk sal ek in my hande

bewaar en vashou!bewaar en vashou!

17

In my daaglikse aktiwiteite gebruik ek,

sonder om ’n oomblik na te dink oor hoe dit ontwikkel het, tegnologie wat oor die

afgelope 100 jaar die mens se lewe aansienlik vergemaklik maar ook ’n

geweldige verandering teweeg gebring het. Gevorderde tegnologie het ongekende

hoogtes ingeskiet en soos ek opgroei vorder dit steeds met rasse skrede op alle terreine.

Vir my staan daar veral twee dinge kop en skouers uit – elektrisiteit en elektronika.

Hoe afhanklik is ons van tegnologie? As al

die tegnologiese uitvindings van die afgelope 100 jaar môre verdwyn, hoe sal dit die

mensdom se bestaan beїnvloed? Kyk maar net watter impak een uitvindsel, elektrisiteit,

op ons hedendaagse lewens het. Mens druk ’n knoppie en daar is lig. Skakel ’n radio of

TV aan en daar is nuus in klank of beeld. Die huidige kragonderbrekings laat mens besef

dat ons net nie meer sonder elektrisiteit kan klaarkom nie. Die vordering op die gebied

van elektronika is verstommend. Kameras maak nou van elektronika gebruik en het

fotografie goedkoper gemaak omdat die beeld digitaal op die kamera se geheue

vasgelê, op die rekenaar afgel aai en die geheuekaart weer gebruik kan word.

Met die vermoë en tegnieke waaroor die

mens tans beskik word satelliete in die ruimte geplaas wat vir kommunikasie deur

middel van radiogolwe, in plaas van telefoonlyne, dwarsoor die wêreld benut

word. Wat meer is, satelliete toegerus met kameras en radiotoerusting word na ander

planete, en verder, gestuur om die buitenste ruimtes te verken en kennis uit te brei.

Selfone en goedkoop rekenaars is besig om internet selfs na onbereikte

plattelandse gebiede en lande te bring, - dit

het ’n groot impak op afstandsonderrig en demokratisering. Daar is bevind dat met

beter tegnologie, die gemiddelde lewensverwagting met 10 jaar verhoog het

tussen 1960 en 1994.

Die afgelope 100 jaar het meer verandering gesien as die afgelope 5000 jaar. Die dors na

wetenskaplike kennis is grensloos en daar behoort nie enige hindernisse te wees wat die

verkryging van sodanige kennis beperk nie. Wetenskaplike kennis kan ons slegs op die

lang duur baat en ons dalk selfs help om natuurlike katastrofes te voorkom.

Kom ons kyk na ’n paar wetenskaplike en

tegnologiese uitvindsels oor die afgelope eeu, wat ons wêreld verander het.

1901 - Marconi stuur op 12 Desember die

eerste telegrafi ese sein per radio oor van Engeland na Amerika.

1903 - Wright broers slaag met ’n suksesvolle gemotoriseerde vlug.

1920 - Op 23 Februarie begin die wêreld se 1ste radio nuusdiens.

1921 - Radionuusdienste in die VSA ingestel.

1922 - In November begin radionuusdienste in Engeland.

1926 - John Baird lewer 1 ste geslaagde TV-uitsending.

1932 - Britte begin Augustus met

TV-uitsendings.

Voorsien deur Pieter, ZS6LC

Vervolg op bladsy 18

1945 - Die 1ste elektroniese rekenaar!

Elektroniese numeriese integrasie analiseerder en rekenaar

gedemonstreer. Dit het soveel krag gebruik dat dit die ligte gedomp

het. 1958 - Straalvliegtuig sien die lig.

1962 - Begin van videospeletjies. 1967 - Christiaan Barnard doen 1ste

hartoorplanting. 1969 - Apollo ruimtereisegers loop op die

maan. 1970 - Digitale musiek.

1973 - Martin Cooper bedink 1ste selfoon. 1985 - Laserstraal: die laser is

oorspronklik beskryf as ’n oplossing wat ’n probleem soek!

1990 - Hubble ruimteteleskoop gelanseer. 2001 - 1ste generasie ipod vrygestel.

Waarheen nou met lewensveranderende

omwentelinge soos superfoniese vlugte, maanlandings, steenkool, hidrogenasie,

stelselontwerpte huise, breinlobotomie, drupdroog hemde en elektriese

blikoopmakers, gevorderde medesyne wat siekes genees en epedemies beëindig,

ruimtereise, e-besigheid? Meer en meer mense kyk, luister en speel

graag eerder as om te dink, alles net as gevolg van tegnologie. Natuurlik was nie al

die uitvindsels voordelig nie. Atoomwapens en v2 missiele (wat tydens

die 2de wêreldoorlog ontwikkel is) is ook deel van

die pakket! Die wapen tegnologie het nie net oorloë

verander nie, dit het bygedra tot ’n vermorsing van groot

somme geld terwyl weermagte wen of verloor

deur met vuurwapens te skiet.

Sir Isaac Newton het

eenmaal gesê as hy verder

kan sien, was dit omdat hy op die

skouers van reuse gestaan het. Wat vooraf plaasgevind het, het bepaal wat volgende

gaan gebeur.

Uiteindelik is al wat ons kan doen om die groot prestasies van die moderne lewe te

bewonder, te aanvaar. Die moderne lewe is hier om te bly en te besef dat baie goeie

dinge, nie net dié wat gerieflik is nie, maar die moontlikheid om deugsaam te lewe,

daarvan afhang. Ons moet egter besef en erken dat van die dinge wat ons minag deur

ons eie toedoen veroorsaak is deur ons strewe na eie tegniese prestasies. Die vraag

is nou met al die tegnologiese vooruitgang – hoekom word nou meer goedere as ooit

tevore per skip vervoer? Waarom is die vinnig groeiedste bedryf, huishoudelike

DIY – (doen-dit-sel f) stelle? En waarom het ons tans ’n tekort aan elektrisiteit?

Ons hou ons asems op waarheen die

wetenskap en tegnologie ons vat. Min van ons sal egter weer in die 1900’s wou lewe.

Laat ons dus dankbaar wees dat ons die tegnologie van die afgelope 100 jaar môre

skielik verdwyn, ons nog steeds sal kan sien want brille en selfs bifokale lense is al vir

meer as 250 jaar beskikbaar! Sou ek dan dalk ek die beroemde Thomas

Edison van 100 jaar gelede kon gewees het?

Vervolg vanaf bladsy 17 18

19

STYWE PAP

4 koppies 5ml sout

500ml TRADISIONELE BRAAIPAP

Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout l epel en plaas deksel op.

Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml koue water by pap.

Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.

Oud Minister Pik Botha het die volgende gesê oor 'n pot: Potjiekos is nes 'n vrou. Daarom moet 'n mens baie geduldig wees en kry jy

moei likheid as jy die pot te warm maak. As hy te vinnig prut, trek jy jou

stompies uit, en as hy te stadig prut, dan druk jy die stompies weer in. 'n Pot

maak sy eie musiek en ritme het en dat jy dit moet leer ken. 'n Potjie vorm 'n

middelpunt van vriendelikheid en aangenaamheid

BEESSTERTPOTJIE

2 beessterte opgesny 4 wortels in dik skywe gesny

3 medium gekapte uie 1 blikkie botterboontjies sout 1 pakkie beesstertpoeier

250ml beesboeljon 4 aartappels in dik skywe gesny

250ml groenertjies 250g sampioene 6 murgpampoentjies in skyfies 2 uie in skywe gesny

Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier

en boeljon by. Voeg water by en laat prut vi r 2½ uur. Skep vet af. Voeg l aag aartappels en wortels by. Daarna n laag botter-boontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene,

murgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ± ¾ uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone.

Voorsien deur Jenny, ZS6JWN

20

FEIT

Die drukking in die binneste kern van die aarde is so hoog dat yster nie daar sal kan smelt nie! HET JY GEWEET In Amerika word jy ’n ruimtevaarder genoem as jy hoër as 80,5 km bo die aarde in die ruimte

rondbeweeg.

Van die kors tot die kern Deur Martie Swart

Wat sou jy kry as jy die aarde soos ’n ui kon skil?

Atmosfeer

Die aarde se atmosfeer is ’n laag gasse wat die

aarde soos ’n kombers omvou. In daardie laag is ook die lug wat ons elke dag inasem. Die atmosfeer beskerm lewe op aarde deur

die ultravioletstrale van die son te absorbeer. Daar

is geen definitiewe grens tussen die atmosfeer en die buitenste ruimte nie. Die atmosfeer word stadig dunner en dunner tot dit in die ruimte verdwyn.

Grond

Grond word meestal geklassifiseer volgens die

grootte van die deeltjies wat die grond opmaak. Daar is ongeveer ses soorte grond waarin die blomme en plante leef. Sanderige grond voel die

grofste en het ook die grootste deeltjies. Die deeltjies kan met die blote oog gesien word en water dreineer sommer baie vinnig deur sanderige

grond. Slikgrond voel glad en glibberig wanneer dit nat is. Dit is gewoonlik een van die vrugbaarste grondsoorte. Die deeltjies is ook baie kleiner as

sandgrond se deeltjies. Kleigrond is weer klewerig en klonterig en bestaan uit baie fyn deeltjies. Water dreineer nie baie goed deur kleigrond nie.

Leemgrond is ’n mengsel van sand, klei en

slikgrond. Daar word aan leemgrond gedink as die perfekte grond om in te plant. Turfgrond is ’n suur grondsoort. Dié suur grond verhoed dat die

organiese materiaal in die grond ontbind en daarom bevat turfgrond meer organiese materiaal as ander grondsoorte.

Kalkgrond is weer alkalies (die teenoorgestelde van suur) en bevat gewoonlik groot hoeveelhede klippies van

verskillende groottes. Dié grond droog in die somer vinnig uit.

Die buitenste kors en mantel.

Die eerste laag is die kors en dit is die deel wat reg

onder jou voete lê. Jy hardloop en loop elke dag daarop. Die kors bestaan uit drie verskillende soorte rots naamlik graniet, basalt en peridoot en

kan tot 68 kilometer (km) dik wees. Dit is omtrent die afstand tussen Johannesburg en Pretoria! Die mantel lê onder die kors en is ongeveer 3 000 km

dik.

Die boonste lae van

die mantel is van plate gemaak wat soos ’n legkaart in mekaar

pas. As hierdie plate teen mekaar skuur veroorsaak dit drukking wat dan deur vulkane of aardbewings

verlig word.

Die kern

Onder die mantel lê die kern. Die kern bestaan uit

twee lae naamlik die binneste en buitenste deel. Die buitenste deel van die kern is vloeibaar, maar die binneste deel van die kern is ’n soliede

ysterbal. Selfs

met ’n temperatuur van oor die 5 000 °C (grade Celsius) is die kern solied omdat dit onder geweldige druk verkeer.

Erkenning aan Hoezit. Jeugtydskrif van ATKV.

Skriftelike goedkeuring vir herpublikasie.

21

PROJEKTE TROFEE

Gedurende die AJV van 2009 in gebruik geneem. Rede vir die trofee is om lede aan te moedig om projekte te loods en by te woon.

Beskywing as volg:

Gaan aan die persoon wat volgens die Tegniese komitee die mees vooruitstrewendste

projek geloods het, of die beste projekte

bygewoon het van die jaar wat die AJV voorafgaan.

Hierdie trofee is geskenk deur George Z6ACQ gedurende Junie 1977.

Graveerwerk op die trofee lees as volg:

T.N.T.

B.H.F. Senderjag

Wisseltrofee

Geskenk deur George ZS6ACQ

Junie 1977

In die grondwet staan opgeteken onder 9.1.7: ZS6ACQ Senderjag en

BHF/UHF – trofee:

Aan die persoon wat die hoogste punte

gedurende die jaar in

senderjagte behaal het ooreenkomstig die

puntestelsel in bylae

C, of in ‘n BHF – wedstryd presteer het.

ZS6ACQ SENDERJAG EN BHF/UHF – TROFEE

22

Tak Noord Transvaal herhaler standplaas Verkry vanuit Radio ZS Julie 1979.

Noem maar net die woordjie: ‘UITSTAPPIE’ en hie hele tak se lede luister aandagtig. Só is daar dan ook onlangs besluit om op ’n besigtigingsstoer na die herhalerstandplaas te gaan. ’n

Hele tou motors het teen die berg uit gekronkel en almal het hulle vergaap aan die wonderlike gesig. Die standplaas is, soos die kraai vlieg, sowat 30 km vanaf die middestad van Pretoria waar die hoë

geboue agter die Daspoortrante uitsteek. In die deinsige verte na die noordekant sien mens – effens wasig – die waterberge. Reg suid lê Johannesburg. Benewens die Poskantoor en FM torings breek talle wolkekrabbers soos die Carltonsentrum, die horisonlyn.

Veel nader, so ’n paar kilometer na die suide, strek die Daspoortrant doer van die stad af feitlik parallel met die Magaliesberg van oos na wes tot dáár anderkant die Hartbeespoortdam. Die Magalies kan sekerlik nie kers vashou by die majestieuse berge van die Boland nie, maar

onteenseglik veel ryker as hulle aan die veelbewoë kultuurgeskiedenis van ons ou volkie. Toe die jagters, nog lank vóór die Voortrekkers so tussen 1815 en 1823 in die noorde aangekom het,

het die wil gedy op die deinende grasveld doer onder in die valei, of soos dit genoem word: Die Moot. Teen die bebosde hange van die Cashaneberge – want só het dit toentertyd geheet, na ou Kaptein Cashane – was daar ook nog roofdiere. Cashane is later deur Kaptein Magalie verdryf en

hy het hom in die omgewing van die huidige Witzieshoek gaan vestig. Sedertdien staan dié reeks bekend as die Magaliesberge. In die Anglo Boereoorlog, 1899 – 1902, was die vallei die toneel van menige botsing tussen Boer en

Brit soos by Swartspruit waar hewig geveg is en het die hoefslae van hulle perde weerklink soos hulle die berge oorgesteek het. Soms moes hulle behoedsaam in die donker van die nag al met die berg langs die vyand se laers nader of die steiltes uitjaag om aan die gevreesde geweervuur te

ontkom. Oral op die magaliesberg is nog die oorblyfsels van forte of mure wat tydens hierdie oorlog gebou is om as skanse te dien. Boodskappe is oor-en-weer tussen die forte op die rante per helograaf oorgesein en ek dink

Boer en Brit sou wát wou gee om ’n herhaler soos dié een wat nou daar staan, te kon hê. Nadat almal die omgewing goed bespied het is daar

braaivleisvure aangesteek en was dit ook tyd dat Tak Noord Transvaal se weeklikse bulletin uitgesaai moes word. Gewapen met ’n voustoel en sender het OK Pieter ZS6LC

eenkant gaan sit en vir almal wat wou luister, beskrywe hoe hy die wêreld daar van bo-af sien en watter geskiedkundige waarde dit het.

Alte gou het die dag omgegaan en moes die terugtog berg-af weer aangepak word. Nóg ’n aangename uitstappie van T.N.T.

was verby. Ingestuur deur: Anna Steitler ZS6ATN

Pieter Scholtz ZS6LC besig om Tak Noord Transvaal

se weeklikse bullitin uit te saai vanaf die T.N.T.-herhalerperseel bo-op die Magaliesberge.

23

STIL SLEUTEL Dit is met leedwese dat ons die nuus van Mike van der Westhuizen ZS6UP se

heengaan ontvang het. Mike was vir baie jare ‘n aktiewe lid van Tak Noord-Transvaal en later Magalies Radio-amateur Klub, ‘n beskeie mens met ‘n stil geaardheid wat nooit sy

doktorsgraad “ kop toe” gevat het nie. Hy was wetenskaplik aangelê en, tot die bewindsoorname van die regering, in diens van die Atoomkragraad by Pelindaba.

Mike het met die Junie 1984 uitgawe van Teenspanning begin met ‘n rubriek wat hy “Op die

Radiofront” genoem het. Hy het daarnee volgehou tot die 154ste artikel in die Maart/April 1999 uitgawe, bykans 15 jaar lank en bepaald ‘n uitstaande prestasie. Dit is dikwels deur van

die lede vir my genoem dat hulle heel eerste “Op die Radiofront” lees wanneer Teenspanning afgelewer word. Die reeks was egter nie net in ons eie kring populêr nie. By tenminste een

tak waarvan ek weet, het die bulletinleser gereeld wetenswaardighede uit die rubriek aangebied en Mike is bewonder vir die diepte en wydheid van sy algemene kennis.

Dit was lekker leesstof maar ek wonder hoeveel ooit daaraan gedink het dat Mike baie ure se

leeswerk moes doen en aantekeninge maak om die stof vir sy rubriek te versamel. Sy puik skryftrant het daarvoor gesorg dat dit altyd interessant en leeswaardig gebly het.

Mike was ‘n aansienlike tyd ongesteld en ons gun hom die rus.

Daar is die afgelope tyd drie baie bekende figure uit ons midde weggeruk, twee radio-amateurs en een liefdevolle mensie wat in

stilte haar kant gebring het en veral deur haar familie verskriklik gemis sal word – Gertie du Preez.

Gertie en Marten was 62 jaar in die huwelik aan mekaar se sy. ‘n Tyd gelede het geblyk dat Gertie kanker aan haar tong opgedoen het. Na intensiewe behandeling

was daar geen ander uitweg nie as om ‘n gedeelte van haar tong te verwyder. Dit

het haar spraak verskriklik bemoeilik, sodanig dat sy soms vir Marten moes neerskryf wat sy probeer sê. Later het daar nog twee klonte kanker elders verskyn

wat deur operasie verwyder moes word.

Die lyding wat sy moes deurmaak het gaandeweg sy tol geëis.

Gertie was kunstig aangelë en het die mooiste borduurwerk gedoen wat in hulle

sitkamer te sien is. Sy was ook ‘n bekwame bakster en sy en Marten het wanneer daar iewers nood opgeduik het, fyn gebak verkoop om fondse in te samel vir

noodhulp. Die liefdevolle toewyding aan haar gesin is ‘n groot gemis en ons

innige simpatie gaan aan Marten, hulle kinders en kleinkinders en ons dra hulle graag op aan die Hemelse Vader se kragtige bystand.