Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er...

10
Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling | Julie 2019 | #29 Talig

Transcript of Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er...

Page 1: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

Nuusbrief van die ATKV se Taal-en-kultuurafdeling | Julie 2019 | #29

Talig

Page 2: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

Die vierde industriële revolusie. Dit is die nuwe gonswoorde en in ons gesprekke wonder ons hoe

ons onsself hierin moet posisioneer. Die futuristiese flieks van ’n dekade of twee gelede word nou werklikheid. Die nuwe tegnologie en die kunsmatige intelligensie maak soveel onmoontlike dinge moontlik. Ons lewe langer en die afgeleë dele van wêreld word makliker bereikbaar – die wêrelddorp is in sig.

In hierdie tye kan ’n mens nie anders as om aan Wisława Szymborska, ’n bekende Poolse digter en Nobelpryswenner vir letterkunde (1996), se woorde te dink nie: “Ons lewe langer, maar minder presies en met korter sinne. Ons reis vinniger, meer en verder; maar in plaas van herinneringe, bring ons foto’s terug.”

Hoe gaan taal in die toekoms lyk? Sal ons nog oor ons reise kan praat/

skryf en sal mense daarna luister/lees? Of gaan ons lewens net deur die lens van Instagram beskou word?

Mense gaan waarskynlik na ons era terugkyk en net hulle koppe oor ons ongegronde vrese skud. Ek onthou uit my Duitse letterkundegeskiedenisklasse dat ons dosent vertel het hoe bekommerd mense was oor die verval wat boeke meebring (dit was nadat boeke met die boekdrukkuns meer algemeen beskikbaar geraak het vir die breër publiek en mense met hulle neuse in die boeke gesit het). Kan jy dink dat mense bekommerd was oor jongmense wat lees? Nou raak ons bekommerd omdat ons jongmense (en ons ook) ’n dubbele lewe in die sosialemediawêreld lei! Nou wens ons maar hulle het gelees ...

Ongeag hoe die kommunikasiemedia van die toekoms sal lyk, my hoop is dat die sinne in ons taal nie te kort sal word nie en dat ons genoeg tyd sal maak om reisherinneringe te koester.

Karien Brits Taalliefhebber en toevallig ook die redakteur

DIE TOEKOMS VAN TAAL

Page 3: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

Om mijn kennis van Afrikaanse literatuur te vergroten, heb ik tijdens mijn reis door Zuid-Afrika bij het letterkundig museum van Bloemfontein voor weinig geld een stapeltje boeken gekocht van auteurs die ik nog niet goed kende. Zo ook Wat is ’n gewone man van D.P.M. Botes, die ik alleen van naam ken. Voordat ik het boek opensla lees ik even zijn wikipediapagina door: Sestiger, een polemiek over plagiaat, contact met mensen als Walter Battiss, Sipho Sepamla en Wopko Jensma. Wat is ’n gewone man blijkt zijn eerste bundel te zijn, dus ik heb hier vroeg werk in handen. Ik ben benieuwd.

Het eerste wat opvalt als ik het boek opensla is de typografie. Het lijkt de Vlaamse Paul van Ostaijen wel! Nu is Botes ook afgestudeerd op futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere

Wat is ’n gewone man van D.P.M. Botes

boeken ben ik tot nu toe zelden onder de indruk van de meer typografische aspecten van boeken en andere uiterlijke kenmerken. Eigenlijk heeft alleen de recente Bibi Slippers indruk gemaakt met de vorm van haar boek. De andere boeken moeten het enkel van de inhoud hebben, maar ook Wat is ’n gewone man ziet er prachtig uit in deze uitgave uit 1965 door de Afrikaanse Pers-Boekhandel uit Johannesburg.

De inhoud maakt in de eerste instantie ook een goede indruk. De verwachtingen van de typografie worden waargemaakt: de gedichten doen modernistisch aan en sluiten zo aan bij het werk van auteurs als Martinus Nijhoff en de eerder genoemde Paul van Ostaijen. Dit is vooral te merken in de grote rol die de stad speelt in de gedichten. In het begin van de 20e eeuw was, in elk geval in Europa, de stad een belangrijk thema in literatuur en poëzie. De steden groeiden en werden grote bruisende centra waar altijd wat te beleven viel. Deze nieuwe ervaring inspireerde veel auteurs tot enthousiaste werken waarin de stad een grote rol speelt. Vóór de Eerste Wereldoorlog zijn deze werken vaak heel enthousiast. De mogelijkheden van de stad en de moderne tijd lijken eindeloos en men wil er ten volle gebruik van maken. Na 1918 maakt dit soms plaats voor meer cynisme: de oorlog heeft zijn sporen in de stad achter

gelaten en men ziet dat de nieuwe massacultuur ook zo zijn nadelen heeft.

Dit is allemaal goed te merken in deze bundel van Botes. Het eerste deel van de bundel heet dan ook “My stad o my stad.” De stad is een plek geworden die dan wel veel mogelijkheden kan bieden, maar men moet voorzichtig zijn, want het kan ook gevaarlijk zijn. Men kan zozeer opgaan in de stad dat men de eigen identiteit kwijtraakt. Daarom wordt de bundel afgewisseld met gedichten die reflecteren op persoonlijke relaties: de relatie met de moeder, met enkele geliefden, maar ook met mensen die de risico’s van de stad hebben onderschat en er dus aan onderdoor zijn gegaan, zoals de “dame sonder persoonlikheid” uit het gedicht “meisie voor spieël” (p. 17).

Wie Botes fijn vindt schrijven en eens een Nederlandse dichter wil proberen zou ik aanraden, lees Paul van Ostaijens bundel Music Hall of Martinus Nijhoffs lange gedicht “Awater”. Mocht het moeilijk zijn de Nederlandse edities hiervan te verkrijgen, de laatste is ook in het Engels vertaald door David Colmer.

- Francine Maessen

Page 4: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

Vreesloos, vasberade, passievol en gemeenskapsgedrewe ... hierdie vier jongmense het ’n storie om te vertel en dit in Afrikaans! Junie was Jeugmaand en Afrikaans.

com plaas die kollig op jongmense wat ’n verskil in hulle gemeenskappe maak. Ons videoreeks: Sê jou sê gee dié jong stemme ’n platform en elkeen vertel ’n storie wat inspireer.

Die belangrikste boodskap wat dié vier deel, is dat jou omstandighede en waar jy vandaan kom, beslis nie jou toekoms hoef te benadeel nie. Jou wortels is dikwels die vrugbare grond waar jy wortel skiet, ontwikkel en groei om die beste JY te wees. Elkeen het ’n besonderse storie en werk hard om hul drome waar te maak, terwyl hulle ook teruggee in hul gemeenskappe ... elkeen het ’n droom en ’n plan om dit waar te maak. Kyk hier (https://afrikaans.com/afrikaans-vandag/se-jou-se-in-afrikaans-dit-is-jeugmaand-n-reeks/) na die videoreeks!

William Sezoe is ’n jong en gedrewe taalaktivis, voorsitter van ’n ATKV-jeugtak asook vervaardiger en mede-

Hul sê hul sê inAFRIKAANS

aanbieder van sy eie radioprogram. https://afrikaans.com/aan-die-woord/jeugmaand-ontmoet-vir-william-sezoe/

Beata Bena-Green is ’n jong en suksesvolle aktrise wat oorloop van ambisie en dryfkrag. Sy gebruik haar storie om jong kinders teen boelies te bemagtig ... https://afrikaans.com/afrikaans-vandag/se-jou-se-in-afrikaans-dit-is-jeugmaand-n-reeks-beata-bena-green/

Charné Arendse is ’n voltydse student met ’n florerende fotografiebesigheid. Hierdie jong entrepreneur weet waarheen sy op pad is. Sy het ’n strategie ... ’n droom met ’n plan! https://afrikaans.com/afrikaans-vandag/jeugmaand-ontmoet-vir-charne-arendse/

Jessie George het haar eie organisasie sonder winsoogmerk gestig en sy help die kinders van Ravensmead met wiskunde en lees! https://afrikaans.com/afrikaans-vandag/se-jou-se-in-afrikaans-dit-is-jeugmaand-n-reeks/

Page 5: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

Daar is ’n sekere gesegde waaroor ons moet praat. Die Afrikaanse gesegde is: “’n Appeltjie met iemand te skil hê”. As ek ’n appeltjie met jou te skil het beteken dit dat ek op jou vingers wil tik; met ander woorde daar word geraas (bron: Johanna de Wet: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings. Protea Boekhuis 2010). Die HAT praat ook van ʼn aksie teen iemand hê.

’n Appeltjie met iemand skil beteken in Duits “mit jemandem ein Hühnchen rupfen“. Ons weet mos ’n mens kan nie so maklik gesegdes en idiome van die een na ’n ander taal vertaal nie. Ofskoon daar heeltemal ander woorde gebruik word, bly die idioom se betekenis dieselfde. Maar kom ons vertaal dit direk, dan beteken die Duitse woorde: “met iemand ’n hoender pluk”! Dit dui op ʼn onaangename gesprek. Hoekom skil júlle ’n appeltjie en hoekom pluk óns ’n hoender se vere uit? Ek vind dit baie interessant dat onderskeidelik in Afrikaans ’n appeltjie en in Duits ’n hoender gebruik word. Maar ons stem saam dat dit kos moet wees.

Kyk, ek wil graag nog ’n paar idiome en gesegdes noem wat direk (in die geval van Afrikaans en Duits) vertaal kan word:

Wie A sê, moet ook B sê – Wer A sagt, muss auch B sagen

Aanstaltes maak – Anstalten machen

’N APPELTJIE METIEMAND TE SKIL HÊ

Bronne: 1https://de.w

ikipedia.org/wiki/D

oppelte_Verneinung. 2Negation in Chinese: A corpus-based study. http://eprints.lancs.ac.uk/70/1/N

egation_in_Chinese_for_JEAL.pdf. 3Raidt, E.H. 1983. Einführung in G

eschichte und Struktur des Afrikaans. U

itgegee deur Wissenschaftliche B

uchgesellschaft, Darm

stadt. 4Wolf, N

.R. 2000. Syntax des M

ittelhochdeutschen. In Sprachgeschichte: ein Handbuch zur G

eschichte der deutschen Sprache und ihrer Erforschung. U

itgegee deur de Gruyter, B

erlin, New

York. 5https://ww

w.philhist.uni-augsburg.de/lehrstuehle/germ

anistik/sprachwissenschaft/ada/runde_3/f07f_f08a/ 6 https://de.statista.com

/statistik/daten/studie/109/um

frage/unbeliebte-dialekte-in-deutschland/ en https://ww

w.abendblatt.de/m

einung/article215193005/Saechsisch-ist-der-unbeliebteste-deutsche-Dialekt.htm

Op alles ja en amen sê – Zu allem Ja und Amen sagen

Blaffende honde byt nie – Bellende Hunde beißen nicht

Duisend dode sterf – Tausend Tode sterben

Hemel en aarde beweeg – Himmel und Erde bewegen

Iemand heuning om die mond smeer – Jemandem Honig um den Mund schmieren

Die kinderskoene ontgroei – Den Kinderschuhen entwachsen

’n Padda in die keel hê – Einen Frosch im Hals haben

Skoenmaker, hou jou by jou lees! – Schuster, bleib bei deinen Leisten

Lang vingers hê – Lange Finger haben

Twee van my gunstelingidiome in Afrikaans is: “Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond” en “Agteros kom ook in die kraal”.

Wat is jou gunstelingidioom?

- Alexander S. Mickel

Page 6: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

In hierdie reeks oor die taalpolitiek en -beleid van die Europese Unie wil Karien Brits die Europese en Suid-Afrikaanse taallandskappe saam met die Talig-leser verken.

Om die een of ander rede kyk sommige Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners dikwels na Europa vir antwoorde op komplekse taalsake. Dit is opvallend hoe mense die bestaan van

Afrikaans regverdig omdat Duitsland Duits het, Nederland Nederlands en dan nie om te praat van die Nederlands naas Frans en Duits in België nie. Dan is daar natuurlik hierdie verlange na ons (verbeelde?) wortels in Europa. Daar word groot waarde aan alles Europees geheg! Europa word dikwels as die bakermat van die beskawing beskou.

Ek bevind my nou effens op onbekende terrein met hierdie pseudofilosofiese benadering tot taal. Ek wil net graag probeer vasstel of ons na Europa vir oplossings moet kyk, of anders gestel, of daar goeie standaardpraktyke is wat ons kan oorneem.

Kom ons staan ’n bietjie stil by Europa. Wat weet ons werklik van Europa? Dalk onthou ons uit geskiedenis dat die lande binne Europa se grense al baie verskuif het. Ongelukkig, dink ek, kyk ons te oppervlakkig na die taalsamestelling van hierdie kontinent en is dit dalk goed om dit te ondersoek. Dit sal in hierdie reeks onder die loep kom. Vir die doeleindes van hierdie opiniestuk gaan daar net oorsigtelik na die taalbeleid van die Europese Unie gekyk word.

Daar is 24 amptelike tale in die Europese Unie: Bulgaars, Deens, Duits, Engels, Esties, Fins, Frans, Grieks, Hongaars, Iers, Italiaans, Kroaties, Letties, Litous, Maltees, Nederlands, Pools, Portugees, Roemeens, Sloweens, Slowaaks, Spaans, Tsjeggies en Sweeds. Met so ’n klompie tale is dit belangrik dat daar ’n taalbeleid is wat seker maak dat al die tale tot hulle reg kom. Gaan loer gerus op http://www.europarl.europa.eu/factsheets/nl/sheet/142/language-policy na die taalbeleid. Meertaligheid speel ’n sentrale rol in hierdie taalbeleid. Ek haal graag uit die Nederlandse weergawe van die taalbeleid aan:

“In het kader van de bevordering van mobiliteit en intercultureel begrip heeft de Europese Unie (EU) het

wat kan Suid-Afrika op taalbeleidsvlak leer?

DEEL 1

Die Europese Unie

Page 7: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

leren van talen aangewezen als een belangrijke prioriteit en financiert zij talloze programma's en projecten op dit gebied. Meertaligheid speelt volgens de EU een belangrijke rol in het Europese concurrentievermogen. Een van de doelstellingen van het Europese taalbeleid is dan ook dat iedere Europese burger naast zijn moedertaal twee andere talen beheerst.”

Terloops, die ATKV volg ook ’n meertaligheidsbenadering en die ATKV se taalbeleid hanteer meertaligheid soos volg:

“Die ATKV erken dat die vestiging van geïnstitusionaliseerde en individuele meertaligheid ʼn pertinente bydrae sal lewer tot die heropbou en versoening van die Suid-Afrikaanse gemeenskap.”

Wat is die verskille en ooreenkomste tussen Suid-Afrika en die Europese Unie? Ons moet onthou dat die nasiestaatgedagte van die 19de eeu nog vars in die wêreldgeheue is – dit is waar een dominante groep politieke en ekonomiese beheer neem. Dit beteken dat daar Frans in Frankryk, Engels in Engeland, Spaans in Spanje, gepraat word. Dit is natuurlik iets wat sekere groeperinge in die Europese Unie probeer afskud. Dit raak wel ’n uitdaging vir die kleiner lidlande om nie deur groter tale ingesluk te word nie. Dit verklaar waarom die taalbeleid nodig is en hoekom daar soveel klem op meertaligheid gelê word. Meertaligheid blyk die oplossing in Europa te wees.

Aan die ander kant is meertaligheid soms ’n gelaaide term in die Suid-Afrikaans konteks. Afrikaans het in die vorige eeu tot in die jare negentig goeie behandeling deur die regering gekry. Die ander Afrikatale het nooit die aandag gekry wat Afrikaans gekry het nie. Met die skryf van die nuwe grondwet, kry die Afrikatale die amptelike status wat hulle nog altyd verdien het – myns insiens. Die Afrikataaldepartemente was verheug, want daar

was hoop dat die belangstelling in die tale sou toeneem. En toe gebeur die teenoorgestelde. Amal is toe nie so positief oor meertaligheid nie. Ouers stuur hulle kinders na Engelsmediumskole. Meertaligheid word gesien as iets wat in die townships hoort. Engels word die nuwe statussimbool. En o wee, as Afrikaanssprekendes van meertaligheid praat, word dit weer as ’n dekmantel gesien om Afrikaans te bevorder. In die Suid-Afrikaanse konteks moet ons op ’n manier anders oor meertaligheid praat as in Europa.

Hoe word die meertaligheidsbeginsel van die Europese Unie toegepas? Ek lees onlangs in De Morgen (’n Belgiese dagblad https://www.demorgen.be/es-bebb2c75) die volgende: “De Spaanse premier Pedro Sánchez kan zichzelf ook op de schouder kloppen. Waar zijn voorgangers Mariano Rajoy, José Luis Zapatero en José María Aznar geen enkele rol op het Europese toneel speelden – mede omdat ze niet of nauwelijks Engels spraken – haalt nieuwkomer Sánchez nu moeiteloos de plek van EU-buitenlandchef voor zijn partij- en landgenoot Josep Borrell binnen.” – my beklemtoning. Spaans is nie ’n klein taal nie en tog word die Spaanse politici skynbaar buite die Europese politiek gehou omdat hulle nie Engels praat nie. (Die kwessie van Engels in die Europese politiek is iets wat ’n artikel op sy eie verdien.)

Terug na die vraag: Kan ons na die Europese Unie kyk vir goeie standaardpraktyke wat taal betref? Dit is dalk voortydig om te antwoord, want dit is ’n saak wat meer vlakke het as wat dit met die eerste oogopslag blyk. My voorlopige gevolgtrekking is dat ons eers na die Suid-Afrikaanse konteks moet kyk voordat ons oorsese praktyke wil implementeer.

In die volgende afleweringe sal daar na die taallandskappe in die onderskeie lidstate gekyk word.

Page 8: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n

Jan Rap en sy maat

Jan is ’n baie algemene of gewilde Afrikaanse voornaam wat ook in verskillende uitdrukkings gebruik word, gewoonlik in verbinding met ‘n ander woord om ’n sekere soort mens te tipeer: Een van die bekendste voorbeelde hiervan is Jan en Alleman wat “almal” of “elkeen” beteken en aanvanklik net Jan Alleman was en toe Jan en Alleman geword het. Jan Rap en sy maat beteken ook “almal”, maar was vroeër Jan Rappig wat “skurf” of “vuil” beteken het. Oorspronklik het die uitdrukking dan ook na die skuim of gespuis van die samelewing verwys.

Jansalie is minder bekend en verwys na iemand wat sonder fut en energie is; ’n lamlendige, sufferige persoon; ’n sukkelaar, ’n lamsak. Die

Wat gaan vir

WATsalie is ’n struik waarvan die blare soms in melk gekook word wat dan ’n flou, effens soet smaak aan die melk gee en dit is dan ook die oorsprong van die uitdrukking. ’n Jansalietydperk word volgens die WAT gekenmerk deur agteruitgang en geestelike en ekonomiese doodsheid.

’n Jandooi is ’n baie dooierige, stadige, trae, lustelose, nie-energieke persoon.

Jy kry ook ’n Jan Drel: ’n futlose, onbetroubare persoon en ’n Jan Pampoen, wat iemand is wat dom dinge doen.

As jy Jan se baadjie aan het of jannie is, is jy jaloers. Die meeste uitdrukkings met Jan is baie negatief, maar die volgende situasies kan darem positiewe resultate lewer, nl. Maljan onder die hoenders en Jantjie Rooibeen, wat verwys na ’n jongman wat erg verlief is.

Dr. W.F. Botha

Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur Woordeboek van die Afrikaanse Taal Stellenbosch

Page 9: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n
Page 10: Talig - translators.org.za · futurisme, kubisme, dadaïsme en surrealisme, dus die invloed kan er goed zijn, maar het is bijzonder dat zo sterk te zien. Zeker bij oudere Wat is ’n