Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

16
Dien die NWU-Puk vir ‘n termyn, deur aansoek te doen vir ‘n portefeulje op een van die Studenteraadsportefeuljes se Uitvoerende Komitees (UK).

description

Jou gids tot elke UK-portefeulje

Transcript of Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

Page 1: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

”“

WEES INGELIGRAAK BETROKKE

Jou gids tot elke UK-portefeulje

STUDENTITEIT GEWAARBORG

Dien die NWU-Puk vir ‘n termyn, deur aansoek te doen vir ‘n portefeulje op een van die Studenteraadsportefeuljes se Uitvoerende Komitees (UK).

Page 2: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

SRAdjunk & StudentebelangeBinne die bedrywige kampuslewe van die NWU-Puk, is dit nodig om soms net te kan stil raak en in die mens-wees van alle studente om te sien. Aspekte soos emosionele bystand, geestelike belewenisse en ook die uitleef van ons universiteit se waardes vorm die kern van hierdie portefeulje. Studentebelange vorm deel van die hartjie van studentwees en dit poog om daardeur na die menswees en inderwaarheid die belange van ons studente om te sien.

Studentebelange UK & O&B-Komitee: FinansiesDit is die taak van hierdie portefeulje om alle finansies van die O&B-komitee en die Studentebelange UK te hanteer. Verrig normale penningsmeesterspligte: stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volle-dige finansiële verslag op, vir SR: Adjunk & Studentebelange. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Han-teer ook alle rekeninge van die portefeulje en aanvaar verant-woordelikheid vir die in- en uitvloei van geld.

Studentebelange UK & O&B-Komitee: SekretaresseVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig al-gemene kantoorwerk, behartig korrespondensie, doen lokaal-besprekings en hou die kantoor netjies en in stand. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn.

Studentebelange UK & O&B Komitee: Borge/FondswerwerVerantwoordelik vir die werwing van borge vir die projekte van SR: Adjunk & Studentebelange. Verantwoordelik vir ’n begroting vir borgskappe en ’n volledige borgregister. Sorg ook vir volledige borgversorging ten opsigte van die betrokke borge van SR: Adjunk & Studentebelange.

Die volgende portefeuljes vorm deel van die O&B-komitee, asook die Adjunk & Studentebelange UK.

Studentebelange UK & O&B Komitee: Noodhulp & StudentebelangeNeem beheer oor alle studentebelange sake. Reël vergaderings met Studentebelange HK-lede en SOS-portuur-helpers. Skakel ook met die Gesondheidsentrum. Koördineer Waardeweek, asook een ander groot projek om waardege-drewenheid te bevorder. Loods waardebewusmakingsaksies en –projekte. In beheer van die SOS-portuurhelpers en kwes-sies daaromtrent te hanteer.

O&B-komitee:

Die volgende portefeuljes maak deel uit van die O&B-komitee: • Ondervoorsitter: Intern/Monitor• Ondervoorsitter: Ekstern/Tegnies • Finansies/Penningmeester (komitee, UK &Portuurhelpers)• Sekretaresse (komitee, UK & Portuurhelpers)• Borge (komitee, UK & Portuurhelpers)• Noodhulp en studentebelange(2)• Menseregte• HK-lede• Privaatstudente• Radebekendstelling/amfisessies• Tegnies: Rekenaar•Tegnies: Vervoer(2)• Tegnies: Klank en Toerusting (2)• Interne Skakeling• Dorpskoshuise• Eksterne Skakeling en PUK-Gids• HK-lede & menseregte intern• Klerasie,Bemarking & Publikasies (Klerasie vir komitee, UK en • Portuurhelpers)• Transformasie• Navorsing en Beleid• O&B DVD

Verantwoordelik vir die reël en uitvoer van die totale O&B-program. Verleen hulp tydens O&B – aan enige betrokkenes.

SRAKademiese raad

Die SR: Akademiese Raad is hier om studente te ondersteun met enige klagtes of vrae rakende akademiese behoeftes. Deur ons onderskeie projekte onder andere Loopbaanweek, Rapport Top-Dosent, Mini-Opedag en ons Akademiese gesprekke, verseker ons dat akademie op die voorgrond sal bly en dat studente op hoogte gehou word van beroepsgerigte inligting.

Page 3: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

Ondervoorsitter:Tree as voog en bestuurder van die AR-komitee op en lei vergaderings en aksies met die komitee. Tree ook op as voor-sitter en delegeer werk na die UK en komitee, indien die voor-sitter afwesig is of dit van hom/haar verlang word. Dié per-soon behartig die tug van die Akademiese Raad (UK, komitee, HK-lede en ASV-voorsitters) en reguleer die uitvoer van kantoordiens. Kontroleer ook die bywoning van alle vergaderings d.m.v. presensielyste. Hy/sy skakel ook met die HK-lede deur alle HK-vergaderings by te woon en ver-wante inligting deur te gee. Tydens O&B skakel hy/sy met die O&B-komitee om te verseker dat enige akademiese klagtes aangespreek word. Die Leeslaboratorium behoort ook deurlopend deur hierdie persoon geskakel te word.

AdministrasieVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules, presensie ens. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: Akademiese Raad, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Dié persoon beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkies-ing. ’n Lys van HK-lede word ook deur hom/haar opgestel en op datum gehou. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn.

SkakelingBevorder die skakeling tussen SR: Akademiese Raad en HK-lede, UK-lede, ASV-lede, asook met die onderskeie SR-por-tefeuljes. Behartig die opknapping van die kantoor en laat maak balkies vir die UK. Dié persoon reël ook die interne UK- en komitee-afsluitingsfunksie, die oordrags- en borgfunksie, alle aksies tydens O&B en help met die kos-, venue- en ander reëlings van aksies. Hanteer ook die klerasie van die UK en komitee. Die jaarlikse Prestige Funksie word deur hierdie per-soon gereël.

Finansies en BorgeVerrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle reke-ninge van SR: Akademiese Raad en aanvaar verantwoordelik-heid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. Sy/haar plig is ook om fondsinsamelingsprojekte te koördineer en te inisieer en borge in te samel vir die SR-portefeulje. Daar moet ook ten alle tye by die proses, wat deur SR: Interne Koör-dinering daargestel is, gehou word.

Akademiese Studenteverenigings (ASV’s) InternAlle bestaande ASV’s se grondwette en reglemente moet op datum gehou word deur hierdie persoon. Hy/sy moet toesien dat ASV’s effektief funksioneer en gereeld verslag doen hier-oor. In samewerking met SR: Finansies moet daar ook beheer uitgeoefen word oor ASV’s se begrotings. Hy/sy moet ook so veel as moontlik ASV-aksies bywoon en toesien dat ASV’s hul vergaderings bywoon. Reguleer ook die verkiesings van ASV’s.

Akademiese Studenteverenigings (ASV’s) EksternDit is die plig van dié persoon om nuwe ASV’s by te staan in die opstel en goedkeuring van hul gronwet en reglemente,

as skakel te dien tussen AR en ASV’s en die funksionering van ASV’s te bevorder (veral t.o.v. die klagtekanaal), ASV-evaluering te onderneem en beheer uit te oefen oor ASV-aksies en hul jaarbeplannings. Enige klagtes vanaf ASV’s, rakende AR, word deur hom/haar hanteer en rapporteer dit aan die voorsitter. Verseker ook dat effektiewe kommunikasie tussen AR en ASV’s plaasvind, sien toe dat ASV-vergaderings en aksies bygewoon word deur die voog-UK-lede en reguleer die verkiesings van die ASV’s.

ProjekteOrganiseer vasgestelde, asook ander projekte (bv. Tafelkalen-der, Akademiese Gesprekke, skakeling met Loopbaansentrum vir Loopbaanweek). Dit is die plig van dié persoon om projekte aan te pak wat ten einde tot die visie en missie van SR: Akademiese Raad bydra. Projekte wat erkenning verleen aan studente in koshuise vorm ook deel van sy/haar pligte en dien as motivering vir studente. Help ook met die insameling van borge.

ReklameDie plig van dié UK lid is om die bemarking van alle AR-projek-te uit te voer (ten minste een week voor die betrokke aksie), om AR in ’n positiewe lig te stel en by te dra tot die visie en missie, om die webblad van die AR te hernu en te op te da-teer, om alle powerpoints benodig saam te stel en die rade-bekendstelling tydens O&B te hanteer. Hy/sy skakel ook met SR: BOB en SR: MEK i.v.m. alle bemarking op kampus en dien as skakelpersoon tussen die webmeesters van elke ASV. Enige kreatiewe en/of kunstige werk (verjaarsdag-, bedank-ingskaartjies, sertifikate, plakkate ens.) word ontwerp deur hom/haar. Dié persoon neem dan ook volle verantwoordelik-heid vir die Rapport Top Dosent-projek.

KorrespondensieBehartig enige korrespondensie van AR, reguleer die effek-tiwiteit van die klagtekanaal (en herevalueer indien nodig) en implimenteer dit op kampus en koshuise. Neem verant-woordelikheid vir die navorsing en opknapping van akademiese kwessies, in terme van die ontstaan, hantering en moontlike oplossings daarvan. Bogenoemde kwessie sluit ook die funksionering van toets- en eksamenstelsels op kampus in. Sorg vir kommunikasie tussen die akademiese bestuur op kampus, fakulteite, skole, klasse en studente. Hy/sy sorg ook dat belangrike akademiese prosedure-inligting (o.a. registra-sie, klagtes en formatiewe assessering) studente op ’n ver-staanbare wyse bereik, met die doel om dit te vergemaklilk. Dié persoon bevorder ook Akademiese Ondersteuningsdiente onder studente en dien as skakelpersoon tussen die SR en alle Nagraadse studente.

HK-ledeHanteer alle skakeling met Akademiese HK-lede – veral tydens registrasie. Dié persoon stel ’n O&B-program vir Akademiese HK-lede op sorg dat hulle op datum van alle relevante in-ligting is. Hy/sy wys ook UK-lede as voogde vir koshuise aan en kontroleer die voogskap en kontreel die effektiwiteit van Akademiese Raadgewers in die onderskeie koshuise (in samewerking met die betrokke UK-voog). Sien ook toe dat HK-lede verslae indien wat op standaard is.

Page 4: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

SRAKSA - aktuele sakeAKSA se hoofdoelwitte is om sosiale integrasie, diver-siteit en eenheid op kampus te bevorder, asook vraagstukke rondom aktuele sake op kampus te identifiseer wat problematies kan word. Ons tree op as skakel met die Gesondheidsorgsentrum om die be-wusmaking van gesondheidskwessies aan te spreek. In samewerking met Beskermingsdienste is ons ook verant-woordelik vir studente se werk-sekuriteit en veiligheid.

OndervoorsitterBied ondersteuning aan die voorsitter en staan vir hom/haar in wanneer hy/sy afwesig is. Dien op die dagbestuur van SR: AKSA. Dien ook as voorsitter van die Dissiplinêre Komitee van AKSA, asook van SR: AKSA-komitee (d.w.s. die lei van komiteev-ergaderings en delegering). Hanteer in samewerking met die voorsitter aktuele sake wat onder geen ander SR-portefeulje val nie en neem verantwoordelikheid vir die beoordeling van die AKSA-multikulturele lied-beker tydens Bingle-sêr.

SekretarisDien op die dagbestuur van SR: AKSA. Verantwoordelik vir die administratiewe take rondom vergaderings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van AKSA, doen nodige lokaal-besprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Die sekretaris beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter.

Interne Skakeling: BeskermingSkakel direk met Departement Beskermingsdienste oor die veiligheid van studente op kampus. Verantwoordelik vir studente se parkeerprobleme- en boetes, die verbetering van studente se veiligheid op kampus en die bevordering van die beeld van Beskermingsdienste, onder studente.

Borge en Fondswerwing: InternOm interne borge te werf vir SR: AKSA. Borgvoorleggings en kontrakte word deur hom/haar gedoen. SR: Interne Koördiner-ing het ’n borgwerwingsprosedure waarby gehou moet word. Daar word met borge geskakel en gekommunikeer – ook wan-neer borge na toepaslike funksies genooi word (borgversorg-ing).

Borge en Fondswerwing: EksternOm eksterne borge te werf vir SR: AKSA. Borgvoorleggings en kontrakte word deur hom/haar gedoen. Moet ook by SR: In-terne Koördinering se prosedure hou. Skakel met borge wan-neer borge na toepaslike funksies genooi word (borgversorg-ing). Verantwoordelik vir groot voorleggings en die relevante dokumentasie wat daarmee saamgaan.

GemeenskapsuitreikSkakel met SR: SJGD-projekkoördineerder en organiseer en implimenteer die doelstellings van AKSA in die gemeen-

skapsuitreik-projekte. Sy/haar plig is om ’n volhoubare projek op die been te bring en te fasiliteer.

FinansiesHou toesig en oefen beheer uit oor die finansiële sake van SR: AKSA. Hy/sy skakel gedurig met SR: Finansies en stel aan die begin van die termyn ’n begroting op vir SR: AKSA. Stel maanddeliks ’n finansiële verslag op wat aan die voorsitter voorgelê word. Dié UK-lid dien ook op AKSA se dagbestuur.

EerstejaarskampTref alle reëlings rakende SR: AKSA se jaarlikse eerste-jaarskamp: identifiseer ’n kampterrein, werf eerstejaars, stel ’n begroting op en stel ’n vraelys vir terugvoering op die kamp op. Reël ’n opvolgaksie na afloop van die kamp.

BemarkingVerantwoordelik vir die bemarking van alle SR: AKSA-projekte: skakel met SR: BOB vir enige bemarkingsgeleentheid en ver-sprei plakkate wat as bemarkingsmateriaal dien. In samewerk-ing met Grafies reël dié UK-lid die radebekendstellingsvideo en dagboekfoto. Bly op hoogte met die NWU se KID.

GrafiesEnige grafiese werk waarna SR: AKSA verlang. In samewerking met Bemarking reël dié UK-lid die radebekendstellingsvideo en dagboekfoto. Bly op hoogte met die NWU se KID.

HK-lede: SkakelingSkakel met die verskeie AKSA-HK-lede en verleen bystand. Roep in samewerking met die voorsitters vergaderings met die HK-lede byeen. Reël in samewerking met die ondervoorsit-ter die HK-opleidingskamp. Neem verantwoordelikheid vir die SR: AKSA algehele trofee, asook die Multikulturele Lied-trofee. Dien ook op AKSA se dagbestuur.

Interne Skakeling: GesondheidSkakel met die Gesondheidsentrum en woon MIV/Vigs Advies-raadvergaderings saam die voorsitter by. Reël aksies gesond-heid en welstand onder studente te bevorder (bv. Wellness Day). Verantwoordelik vir die bewusmaking van algemene siektes onder studente. Werk saam met die Gesondheidsen-trum t.o.v. die misbruik van alkohol en ander afhanklikheids-middele. Student Social Events (SSE)Verbeter die sosiale kommunikasie tussen die studente van minderheidsgroepe en die SR. Sorg vir sosiale integrasie onder studente op verskeie vlakke, maar veral i.t.v. diversiteit.

Sosiaal en KlerasieReël sosiale aksies, onder andere: binne SR: AKSA, asook met ander SR-portefeuljes, die interne UK- en Komitee-afsluitings-funksie, die oorgragsfunksie en UK-vakansie. Hanteer alle ver-jaarsdae en gelukwensings namens SR: AKSA. Verantwoorde-lik vir die klerasie van SR: AKSA.

Page 5: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

AKSA - aktuele sake SRBemarking & openbare betrekkinge

Ondervoorsitter: BemarkingDien as skakel tussen die voorsitter en die UK, bied onder-steuning aan die voorsitter en neem verantwoordelikheid vir die verkiesing van die BOB-komitee. Hy/sy tree as voog van die komitee op: delegeer werk na die komitee, reël komiteev-ergaderings. Dit is ook dié UK-lid se plig om die plasing van onreëlmatige plakkate, kennisgewings, pamflette, baniere en ander reklamemateriaal op kampus te bekamp en toe te sien dat oortreders gekontak en indien nodig, gestraf word. Staan aan die hoof van alle reëlings rondom die bekendstelling van die SR-plakkaat, asook die jaarlikse Werwingstoer.

Ondervoorsitter: Openbare BetrekkingeDien as skakel tussen die Werwing HK-lede, die voorsitter en Dept. Bemarking en Kommunikasie. Neem verantwoordelik-heid vir die werwingskompetisie tussen die verskeie koshuise en staan die Projekte UK-lid by met die verkiesing van die Opedagkomitee. Dit is dus ook dié persoon se plig om toe te sien dat die werwingsboekie op standaard en verstaan-baar is en om redelike sperdatums aan die betrokke HK-lede te stel. Bied ook ondersteuning aan die voorsitter en neem die rol van die voorsitter in, indien hy/sy afwesig is.

SektretarisVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig al-gemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: BOB, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Die sekretaris beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Verleen ook hulp aan die Interne Skakeling UK-lid met alle verjaarsdae en gelukwens-ings namens SR: BOB en vir die maak van UK-balkies.

PenningmeesterVerrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: BOB. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: BOB en aanvaar verantwoordelikheid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finansiële aspekte van SR: BOB.

BorgeSamel borge en advertensies in vir die SR-portefeulje se pro-jekte (meestal vir die Dagboek) en klerasie. Dié persoon moet ingelig wees oor alle teenprestasies wat SR: BOB aan instan-sies kan bied. Stel ’n borgooreenkoms/-kontrak op vir ’n borg

SR: Bemarking en Openbare Betrekkinge (BOB) bemark die NWU-Puk met entoesiasme en trots. Opedae, kampus- en koshuisbesoeke, sportdae, werwingsgeleenthede, die studentedagboek, asook alle promosies en bemarking op kampus, maak dié mense opgewonde.

en sorg ook dat die betrokke partye daarvoor teken. Verant-woordelik vir ’n begroting vir borgskappe en ’n volledige bor-gregister. Sorg ook vir volledige borgversorging. Volg ten alle tye die borgwerwingsriglyne, soos deur SR: Interne Koördinering deurgegee.

ProjekteVerantwoordelik vir alle reëlings rondom SR: BOB se projekte – in samewerking met Dept. Bemarking en Kommunikasie. Projekte sluit onder andere die volgende in: Fakulteitsdae, Mini-Opedag, Opedag en Rugby Skouspel. Dit is ook sy/haar plig om werk na die UK en komitee te delegeer. Organiseer ook ander werwingsgeleenthede wat op kampus plaasvind (algemene kampusbesoeke uitsluitend) en neem ook verant-woordelikheid vir die verkiesing van die Opedagkomitee. Eksterne SkakelingTree as koördineerder van alle skole-, koshuise- en kampusbe-soeke op en skakel op ’n daaglikse basies met Dept. Bemarking en Kommunikasie se bemarkers. Neem ook verantwoordelik-heid vir die evaluering en punte berekening van alle koshuise se koshuisbesoeke.

Interne SkakelingBehartig die kantoor se netheid in samewerking met die sek-retaris en hanteer verjaarsdae en gelukwensings namens SR: BOB, asook die maak van UK-balkies. Indien enige kampe, be-hartig dié persoon ook die organisering daarvan. Hy/sy is ook aan die hoof van alle reëlings rondom Dagboekdinee en die bekendstelling van die Dagboek. Alle aksies (Oordragsfunksie, O&B-aksies ens.) rakende die UK, komitee en ander SR-porte-feuljes word deur dié persoon gereël.

Bemarking en PromosiesHanteer alle promosiegeleenthede op kampus (interne en eksterne instansies) en skakel deurlopend met Beskermings- en Tegniese Dienste om goedkeuring vir promosies te verkry. Koördineer betaling van studente wat werk tydens promosies en skryf (in samewerking met Ondervoorsitter Bemarking) plakkaatboetes uit en vorder die geld in. Hanteer ook die ver-spreiding van plakkate, strooibiljette en ander bemarkings-materiaal van buite instansies op kampus. Verdeel die UK en komitee by verskillende sones op kampus en neem verant-woordelikheid vir die opstel en uitstuur van fakture na in-stansies wat promosies en bemarking op kampus gedoen het.

Publikasies en SportdaeSamel alle relevante inligting vir die Puk-Dagboek in en sien toe dat alle foto’s betyds geneem en ingedien word (bv. van HK-lede, ASV’s, substrukture van die SR ens.) en gaan dan ook alle inligting na om te verseker dat als korrek is. Dié persoon koördineer ook sportdae en sporttoere in samewerking met

Page 6: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

Dept. Bemarking en Kommunikasie – dit sluit die bevordering van die NWU-Puk se beeld by Varsity Cup ook in. Hy/sy delgeer werk rakende sy/haar portefeulje na die komitee, om die las ligter te maak. Die sportdag-werwingskompetisie word ook deur dié persoon gekoördineer.

GrafiesOntwerp plakkate, logo’s en enige ander bemarkingsmateri-aal soos benodig en maak ter selfde tyd seker dat alle korpo-ratiewe materiaal aan die NWU se KID-standaarde voldoen. Maak seker dat plakkate gestempel is voor dit opgesit kan word. Grafies is ook verantwoordelik vir die voorblad van

SRFinansiesSR: Finansies keur op ‘n daaglikse basis alle transaksies van SR-portefeuljes en ASV’s goed. Ons speel ook ‘n bestuurs- en adviserende rol rakende begrotings en transaksies van koshuise. Ons skakel dan ook met Beurse en Lenings en reël Big Prims, ‘n jaarlikse geleent-heid vir koshuise om geld in te samel vir minder bevoorregte studente.

OndervoorsitterNeem die voorsitter se pligte in, indien die voorsitter afwesig is en dien as skakel tussen die voorsitter en UK, wanneer dit van die voorsitter verlang word. Delegeer werk vanaf die voor-sitter na die UK en komitee en bestuur ook die UK. Behartig interne tug van UK- en komiteelede. Ondersteun die voorsitter ten alle tye en help hom/haar uit waar nodig.

SekretarisVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: Fi-nansies, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Die sekretaris beskik oor ’n volle-dige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Hanteer ook alle verjaarsdae en gelukwensings namens SR: Finansies.

SkakelingReël sosiale aksies binne die UK, met ander portefeuljes, die UK- en Komitee-afsluitingsfunksie, asook die oordrags- en borgfunksie. Die persoon laat maak ook balkies vir die UK en hanteer skakeling met die media m.b.t. SR: Finansies-projekte.

FinansiesStel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: Finansies. Hou die UK op hoogte van die verloop van fi-nansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Finansies en aanvaar verantwoordelikheid vir die in- en uitvloei van geld

gedurende projekte.

BorgeDié persoon se verantwoordelikheid is om borge vir SR: Finan-sies se projekte en klerasie te werf. Stel in samewerking met die Finansies UK-lid ’n begroting vir borgskappe op. Skakel deurlopend met borge, hou ’n volledige borgregister en sorg vir volledige borgversorging.

KlerasieHanteer die klerasie van die UK en komitee, deur met klerever-skaffers te skakel en seker te maak dat alle klerasie aan die ver-eistes van die NWU se KID voldoen.

BemarkingVoer alle bemarking van SR: Finansies uit: skakel met SR: BOB i.v.m. alle bemarking op kampus, ontwerp en versprei alle plakkate (in samewerking met Grafies UK-lid) en sien toe dat die klerasie voldoen aan die vereistes van die NWU se KID.

Akademiese StudenteverenigingsHanteer die bestuur en uitvoerende gesag oor alle projekte geloords deur ASV’s en tree op as skakelpersoon (in same-werking met die voorsitter). Kontroleer die begrotings en fi-nansiële verslae van alle ASV’s en sien toe dat die besteding van ASV’s met hul begrotings ooreenstem. Dié persoon lei ook vergaderings met die Finansiële ASV-lede. Die tug van Finan-siële ASV-lede word ook deur dié persoon hanteer.

FSD – AlgemeenTree as skakelpersoon met FSD op, deur middel van die vol-gende: dra inligting rakende beurse en lenings oor aan koshuise, kommunikeer vanaf en na FSD tydens vergaderings met HK-lede, neem verantwoordelikheid vir die opleiding van die UK t.o.v. beurse en lenings (in samewerking met FSD) en alle dae waartydens FSD bekendgestel word te reël en te koör-dineer (bv. Opedag, Eerste dag van O&B ens.).

FSD - PrimfondseAdministreer onder andere die aansoeke vanaf koshuise om geld vanuit hul primfondse te bekom. Skakel ook tussen die

die werwingsboekie, visitekaartjies van die koshuise en bied grafiese bystand vir die SR se verkiesingsveldtogte én dien op die redaksie van die SR. Begroting gaan ook saam enige druk-werk gepaard.

DagboekredakteurDié UK-lid se plig is om die Puk-Dagboek vir die daaropeenvol-gende jaar vroegtydig saam te stel, te laat druk en te help met die bemarking en verkope daarvan. Hy/sy is ook aan die hoof van die redaksiespan en die delegering van take rakende die Dagboek. Om grafiese bystand te verleen aan enige BOB-pro-jek en om enige take te verrig soos deur die voorsitter bepaal.

Page 7: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

Finansies

primarii en primariae van die onderskeie koshuise en die ad-ministreerders van die primfondse. Hanteer dan ook alle kom-munikasie aangaande primfondse en neem verantwoordelik-heid vir die verdeling van die insamelings tydens SR: Finansies se jaarlikse fondsinsameling van die onderskeie koshuise se primfondse.

GrafiesOntwerp plakkate en enige ander bemarkingsmateriaal soos benodig en maak ter selfde tyd seker dat alle korporatiewe materiaal aan die NWU se KID-standaarde voldoen. Skakel met SR: BOB wanneer plakkate goedgekeur en gestempel moet word, voordat dit opgesit kan word. ’n Begroting gaan ook saam enige drukwerk gepaard.

ProjekleierVerantwoordelik vir die inisiëring, beplanning, organisering en aktivering van fondsinsamelingsprojekte. Verseker ook dat taakverdeling geskied voor die aanvang van projekte. Verskaf hul aan ander UK-lede met betrekking tot projekte en uitvoer-ing daarvan. Hierdie persoon staan ook aan die hoof van die Finansies Komitee en hanteer alle kommunikasie tussen die komitee en die UK.

HK-ledeTree op as skakelpersoon (in samewerking met die voorsitter) van die Finansies HK-lede en verleen ook ondersteuning aan die HK-lede. Vorder alle finansiële verslae vanaf HK-lede in, en gaan dit dan na. Neem leiding tydens vergaderings (indien die voorsitter afwesig is), asook met Big Prims om te sorg dat alle Finansies HK-lede op hoogte van sake is. Tree ook deurlopend met die finansiële adviseur (by die kantoor van die Stu-dentedekaan) wat met die Finansies HK-lede se geldsake werk.

UK-ledeDié persoon moet ten alle tye beskikbaar en toeganklik wees vir enige ander Finansies UK-lid (van ander SR-portefeuljes) van t.o.v. enige saak rakende sy/haar portefeulje. Hy/sy moet ook verseker dat hul maandelikse finansiële verslae inge-handig word en deur elke verslag werk en uit te kyk vir enige ongerymdhede.

KlubhuiseNeem verantwoordelikheid vir die regulering en kontrolering van enige uitgawes wat te doen het met klubhuise van koshuise. Hy/sy gee ook raad rondom die finansiële bestuur van klubhuise.

SRinterne koördineringSR: Interne Koördinering hanteer die toepassing en regulering van alle reglemente, reëls, regulasies en beleide wat op elke student van toepassing is. In samewerking met Bemarking & Kommunikasie koördineer dié portefeulje ook alle borge van die studentegemeenskap. Neem ook verantwoordelikheid vir die indiening van argiewe.

OndervoorsitterVerleen ondersteuning aan die voorsitter of neem sy/haar pligte in, indien die voorsitter afwesig is. Dié persoon behoort ’n subkomitee aan te stel en te bestuur om ad-hoc pligte uit te voer, indien nodig. Hy/sy staan koshuise by met vrae i.v.m. reglemente en kan in samewerking met die voorsit-ter beleide skryf, sou daar so ’n behoefte ontstaan. Staan belanghebbendes by met die goedkeuring van brywarings-vorms vir aksies of funksies en hanteer enige ander reglement/beleidskwessies wat mag opduik (in samewerking met die voorsitter). Dit is ook sy/haar plig om toe te sien dat UK-lede hul pligte uitvoer.

Sekretaris/SekretaresseSien toe dat alle sekretaresse van die uitvoerende komitees behoorlike sekretariële opleiding ontvang en gaan op ’n gereelde basis deur die notules van koshuise, om te verseker dat dit volledig is en op die regte wyse hanteer word. Samel alle kontakbesonderhede van die verskeie UK- en HK-lede in en stel dan ʼn volledige adreslys saam. Hierdie lys moet binne ʼn maand na aankondiging aan al die SR-lede en koshuise ges-tuur word via e-pos.

Borge en FinansiesVerrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn

’n volledige finansiële verslag op, vir SR: Interne Koördinering. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Interne Koördinering. Dié UK-lid se plig is ook om fondsinsame-lingsprojekte te koördineer en te inisieer en borge in te samel vir die SR-portefeulje. Hy/sy staan ook alle SR-portefeuljes by met fondswerwing gerigte vrae en sien toe dat borgversorging in al die SR-portefeuljes geskied.

Argief en Eksterne ReglementeVorder deur die loop van die jaar die verskeie SR-portefeuljes se argiefmateriaal in en stoor dit. Ook verantwoordelik vir die koördinering van alle UK Argief portefeuljes en vir die inneem en bewaring van alle eksterne reglemente van beide verenigings en onderliggame.

Page 8: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

SRJOOLJOOL staan vir Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid. Reël en organiseer alle aspekte rakende JOOL. Jaarlikse aksies soos JOOL-week, JOOL vlotbou, JOOL vertonings, JOOL vlotoptog en JOOLympics word deur dié portefeulje gereël. Alle gelde wat deur JOOL ingesamel word, word aan SJGD (Studente JOOL Gemeenskapsdiens) oorbetaal en hulle befonds weer hul gemeenskapsprojekte daarmee. JOOL is ‘n bewys dat ons as studente ond deel kan doen vir liefdadigheid, op ons eie unieke studente manier.

Ondervoorsitter: BorgeLid van die dagbestuur van JOOL. Bestuur die subkomitee en delegeer alle interne UK- en Komiteewerk vanaf die voorsitter. Skakel met borge en ander instansies en pas verantwoorde-like borgversoring toe. Reël promosies en bemarking namens JOOL en hanteer die bestelling van blikke vir JOOL-Blikskud. Behartig alle administrasie rondom JOOL pledge line. Skakel ook gereeld met JOOL HK-lede en gee verwante inligting deur. Ondervoorsitter: Bedryf en ProjekteLid van die dagbestuur van JOOL. Bestuur die subkomitee (lei alle vergaderings en aksies van die komitee) en delegeer alle interne UK- en Komiteewerk vanaf die voorsitter. Skakel ook gereeld met JOOL HK-lede en gee verwante inligting deur. Tree in as voorsitter wanneer hy/sy afwesig is. Bestuur Finan-siële JOOL van alle koshuise, asook die administrasie daarvan. Neem verantwoordelikheid vir die Events Act vir JOOL en JOOLympics en koördineer en insinieer fondsinsamelingspro-jekte.

Menslike Hulpbron-bestuurDien op die dagbestuur van JOOL. Verantwoordelik vir die administratiewe take rondom vergaderings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van JOOL, doen nodige lokaal-besprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Die sekretaris beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Hanteer ook alle verjaarsdae en gelukwens-ings namens JOOL. VoorraadBeheer alle drank- en koeldrankaankope en laat maak naam-balkies vir die UK. Neem verantwoordelikheid vir die maak en opplak van stickers op die blikke vir blikskud en die graveer van die regte nommers op elke blikdeksel. Hanteer ook die klerasie van die UK en komitee. Koördineer die JOOL-stoor se geriewe, asook die biertuine tydens JOOLympics. Dié persoon reël ook die ys- en glasbestellings vir JOOLlympics en plaas die bestellings vir sleepnaamborde en temabord wat op die JOOL-plaas opgesit word.

FinansiesStel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n finansiële verslag op. Oefen beheer uit oor alle finansiële sake en hanteer alle rekeninge van JOOL. Hanteer tydens JOOL en JOOLympics alle kleingeld en tel alle inkomende geld. Dié persoon sien ook toe dat geld veilig

gestoor word na afloop van die aksie/gebeurtenis. Samel ook komiteegelde in.

IT: Tegnies en Klein ProjekteHanteer elektroniese media (Facebook, eFundi, ens.). Bestuur die administrasie van kleinprojekte (bv. Patches-projek) en lewer bystand met die organisasie van vlotoptog. Hanteer en bestuur JOOL se radio’s en luidsprekers en neem ook verantwoordelikheid vir die klank en musiek tydens aksies, kampe en ander JOOL-geleenthede. Verantwoordelik vir alle reëlings rakende Pot & Pons.

SosiaalReël alle UK- en komitee-aksies, HK- en komiteekampe, die UK-vakansie en JOOLympics se fun-sporte. Neem verantwoorde-likheid vir die reël van biertente tydens JOOL-week. Sorg ook dat kantoor ten alle tye skoon en netjies is.

BemarkingBestuur en voer alle bemarking van JOOL-projekte uit: ontwerp en laat druk bemarkingsmateriaal, skakel met SR: BOB i.v.m. alle bemarking op kampus en verf die duikweg-muur. Ontwerp ook die sleepnaamborde, asook die temabord wat op die JOOL-plaas opgesit word. Die kantoormure word ook deur dié UK-lid geverf en op datum gehou.

Publikasies-AdminWerf advertensies vir die Pukkie wat jaarliks verskyn en hanteer alle administrasie rondom die Pukki (bv. verkoop-stoere).

Publikasies-UitlegVersamel alle inhoud en foto’s vir die Pukkie, lê die Pukkie uit. In kort sorg dié persoon dat die Pukkie op standaard en dat dit vroegtydig gedruk en gereed is vir verkope. Hy/sy is ook ver-antwoordelik vir die uitgee van JOOLyt en ander publikasies.

TegniesHou die JOOLplaas in stand en kyk na veiligheid tyden JOOL-week (bv. vlotbou-veiligheid). Bestel staal, plastiek en polisterien vir vlotbou en sit die sleepnaamborde en tema-bord op by die JOOLplaas. Dié persoon is ook verantwoordelik vir alle tegniese toerusting en die JOOL-bakkie. Keur ook vlot-beplanning (in samewerking met die dagbestuur) goed. SkakelingVerantwoordelik vir die radebekendstellingsvideo, skakel met die media en ook met kleiner borge (bv. debs-pryse). Reël die onthaal van beoordelaars vir Pot & Pons en Vlotbeoordeling. Reël ook alles rondom Suit Up Night.

Page 9: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

JOOLRekreasieBehartig alle administratiewe reëlings van alle rekreasie-akti-witeite. Reël JOOL-sport en X-spele. Skakel met enige persoon of organisasie wat betrokke is by enige JOOL-aktiwiteit en ook met ander portefeuljes betrokke by die rekreasie-aktiwiteite.

DebutanteReël die debutante-kompetisie en sorg dat die debutante ten alle tye ingelig bly en die kompetisiereëls gehoorsaam. Neem verantwoordelikheid vir alle reëlings rondom die fondsin-

sameling van debutante en die reël van die liefdadigheidsbal.

Interne sakeReël bloedskenkgeleenthede in samewerking met die Bloed-bank. Versorg die komitee op ’n geestelike vlak en ondersteun en bemoedig die UK. Dié persoon reël Klankgrens, asook kos vir die volgende tydperke: JOOL-week (5 aandetes vir die UK en 2 aandetes vir die komitee) en JOOLympics (2 aande vir die UK en Rekreasiekomitee).

SRKoshuisraadKoshuisraad is die studente se stem op die Studenteraad. Dié portefeulje werk hoofsaaklik deur die prims van elke koshuis, maar indien enige student vrae oor die NWU-Puk of koshuisverwante sake het, kan ‘n mens hier kom draai. Koshuisraad verteenwoordig en ondersteun die studente.

OndervoorsitterNeem die plek van die voorsitter in, indien hy/sy afwesig is. Organiseer die prim-opleidingskamp, asook die prim-bekendstelling. Kontroleer alle SR-portefeuljes se HK-vergade-ringpresensielyste en gee kwartaallikse terugvoer aan primarii en huisouers (aangaande presensiekontrole van HK-vergader-ings). Neem ook verantwoordelikheid vir die tydige indiening van lyste aan die Studentedekaan, voor die uitbetaling van leierskapsbeurse. In beheer van enige boete wat uitgereik word aan UK-lede, asook tugprosedures.

Sekretaris/SekretaresseVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules, presensie ens. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: Koshuisraad, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Dié persoon beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkies-ing. ’n Lys van HK-lede word ook deur hom/haar opgestel en op datum gehou. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn.

Ad hoc-lyste en KoshuisraaddineeTree op as administreerder van die Ad hoc-lysstelsel van ko-shuise. Reël die Koshuisraaddinee en neem verantwoordelik-heid vir alle finansiële aspekte van SR: Koshuisraad. Tree ook op as borgwerwer vir die portefeulje, in samewerking met die lid vir Skakeltoer en Borge.

FinansiesStel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: Koshuisraad. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf

die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Koshuis-raad en sien toe dat geld veilig gestoor word na afloop van ’n aksie/gebeurtenis. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finansiële aspekte van SR: Koshuisraad.

Skakeltoer en BorgeOrganiseer die jaarlikse Prim-skakeltoer na Maties, asook die Prim- en SR-skakeltoer na Pretoria. Tree ook op as borgwerwer, in samewerking met die Finansies UK-lid.

Subportefeuljes:

SR: Koshuisraad Voorsitter verdeel dan ook die volgende subportefeuljes onder die verskeie UK-lede.

PublikasiesHierdie persoon is verantwoordelik vir die ontwerp van be-markingsmateriaal en alle grafiese materiaal (video’s, plakkate, inligtingsblaaie en advertensies), asook die opstel vir Prim@info. Bystand met alle ontwerpe in die verskillende por-tefeuljes asook verantwoordelik vir alle grafiese materiaal.

Prim-belangeHierdie sub-portefeulje wat saam met ’n hoofportefeulje val, (enige persoon by wie dit die beste pas). Dit behels die gees-telike leiding van die UK asook tussen die prims. Hy/sy is verantwoordelik vir weeklikse/kwartaallikse Bybelstudie vir die UK-lede. Bemoediging ten alle tye vir die UK en Prims – dit kan ondersteuning, kaartjies, ensovoorts insluit.

Page 10: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

SRkunsteraadSR: Kunsteraad hanteer alle kunste-verwante aksies: Ee-rstejaarskonsert, koshuistoneel, skeppende kuns, reg-deur tot by enkelsêr. Elke student kry hiér die geleent-heid om om hul talente te ontdek en te ontwikkel. As jy voel jy het ‘n lied in jou hart of ‘n huppel in jou stap, kom word deel van die hartklop van die NWU-Puk.

Ondervoorsitter: AdminSien toe dat die administratiewe UK-lede se pligte nagekom word en neem die pligte van die Voorsitter oor, indien hy/sy afwesig is. Dien as voorsitter van die Kunstekomitee, vergader gereeld met hulle en gee alle pligte en take deur. Alle gedelegeerde take van die Voorsitter uit te voer. Dien ook op die Kunste-dagbestuur. Ondervoorsitter: ProjekteSien toe dat die projekgedrewe UK-lede se pligte nagekom word en neem die pligte van die Voorsitter oor, indien hy/sy afwesig is. Ondersteun die Voorsitter in sy/haar pliguitvoering. Voer ook alle gedelegeerde take van die Voorsitter uit en dien op die Kunste-dagbestuur.

Sekretaris Verantwoordelik vir die administratiewe take rondom vergaderings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: Kunsteraad, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Die sekretaris beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is ver-antwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Hanteer ook alle verjaarsdae en gelukwensings namens SR: Kunsteraad.

Finansies Verrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: Kunsteraad. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Kunsteraad en aanvaar verant-woordelikheid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finansiële aspekte van SR: Kunsteraad.

Eksterne skakeling Verantwoordelik vir die opdatering van die lys van eregaste, die nooi en hantering van eregaste, beoordelaars en seremo-niemeesters vir aksies wat deur SR: Kunsteraad gereël word.

Onderliggame Skakel deurentyd met alle Kunste onderliggame en gee noodsaaklike inligting deur. Reël vergaderings met die onder-liggame, saam met die UK.

HK-lede Behartig alle skakeling met die Kunste HK-lede en verskaf noodsaaklike inligting. Kontroleer die uitgee en insameling van die verskeie trofees van die aksies wat deur SR: Kunsteraad aangebied word. Borge en FondswerwingVerantwoordelik vir die werwing van borge, waar nodig, vir die projekte van SR: Kunsteraad. Verantwoordelik vir ’n begroting vir borgskappe en ’n volledige borgregister. Sorg ook vir volledige borgversorging ten opsigte van die betrokke borge van SR: Kunsteraad. Interne Skakeling Hanteer alle interne sake binne die Kunste UK, behartig die kl-erasie van die UK en sien om na alles in en om die SR: Kunsteraad kantoor. Hanteer ook geskille binne die UK (indien moontlik). Projekte & Ad hoc In samewerking met Puk-Kunste reël dié UK-lid die jaarlikse Pukki Talentfees. Reël ook die jaarlikse Kunstedinee. Tegnies en Toerusting Verantwoordelik vir die reël van alle tegniese aspekte en toerusting tydens alle aksies wat gehou word deur SR: Kun-steraad.

Multimedia & Bemarking Behartig die punteberekening van aksies gereël deur SR: Kunsteraad. Verantwoordelik vir die bemarking van SR: Kunsteraad, asook alle multimedia take en reklamewerk. Hy/sy tree ook in samewerking met SR: Bemarking en Openbare Betrekkinge om seker te maak dat alle bemarkingsmateriaal voldoen aan die vereistes van die NWU-Puk se KID.

Addisionele lid Indien so ’n UK-lid benodig word: organiseer die nasionale universiteite-sêr kompetisie, asook –debat.

Page 11: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

SRmedia & kommunikasieMedia en Kommunikasie (MEK) is wat dit basies sê. MEK se werk is om te kyk dat die kommunikasie vanaf die SR die media bereik. Verder is dit ook MEK se plig om as skakel tussen die SR en die algemene student te wees. Die fokus is daarom om te kommunikeer wat die SR op kampus doen en benodig ook terugvoer vanaf die studente. MEK probeer om alle studente ten alle tye ingelig te hou, deur gebruik te maak van verskeie kommunikasiemediums en -platforms.

OndervoorsitterBestuur die SNAPit-komitee en reël ’n UK-kamp. Verskaf ’n KID-handleiding aan koshuise en HK-lede. Gee terugvoer aan die SR rakende KID-verwante kwessies en sien toe dat die NWU-Puk bevorder word, in samewerking met Bemarking & Kom-munikasie (BEK). Hanteer alle tug van SR: MEK en neem leiding, indien die voorsitter afwesig is.

Sekretaresse & Interne SkakelingVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules, presensie ens. Verrig algemene kantoorwerk, doen nodige lokaalbesprekings en hou die kantoor netjies. Dié persoon beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK. Bespreek alle datums, op-dragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Ook verantwoordelik vir klerasie vir die UK en organiseer alle interne en eksterne aksies waarby die UK of komitee betrokke is.

FinansiesStel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n finansiële verslag op. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake. Hanteer ook alle rekeninge van SR: MEK en aanvaar verantwoordelikheid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek.

BorgeSamel borge en advertensies in vir die SR-portefeulje se pro-jekte. Dié persoon moet ingelig wees oor alle teenprestasies wat SR: MEK aan instansies kan bied. Stel ’n borgooreenkoms/-kontrak op vir ’n borg en sorg ook dat die betrokke partye daarvoor teken. Verantwoordelik vir ’n begroting vir borg-skappe en ’n volledige borgregister. Sorg ook vir volledige borgversorging. Volg ten alle tye die borgwerwingsriglyne, soos deur SR: Interne Koördinering deurgegee.

Projekte & Sosiale MediaKom met nuwe en oorspronklike idees vorendag om kommu-nikasie op kampus te verbeter en inisieer ander projekte wat onder SR: MEK val. Koördineer ook hierdie projekte en dele-geer pligte vir elke projek onder die UK-lede. Verantwoordelik vir die SR se sosiale media en ook om gereelde opdaterings te doen. Help ander SR-portefeuljes met bemarking deur middel van sosiale media. Webmeester-TegniesRekenaarondervinding ten opsifte van toerustig en program-matuur is noodsaaklik vir hierdie portefeulje, asook IT-kennis van programme soos Windows, Office, Groupwise, Novell en die Internet (hardeware en sagteware). Bevorder dan ook die IT-dienste van die NWU-Puk onder studente. Skep en admini-

streer onder andere die SR se webblad.

IT-TegniesBied rekenaarondersteuning aan alle ander SR-portefeuljes in die SR-kantoor. Dit sluit onder andere in: die uitsortering van netwerkprobleme en drukkersprobleme. Verantwoordelik vir die back up van SR-portefeuljes se lêers. Bied ook tegniese ondersteuning tydens LAN League. Verleen hulp aan UK-lid Webmeester, indien nodig.

Grafies & MultimediaStaan die webmeesters by met kreatiewe insette tydens die ontwerp van NWU-Puk webblaaie. Ontwerp telefoonlyste, kantoordiensrooster, verjaarsdagkaartjies, balkies, naam-borde en enige ander moontlike materiaal wat binne die kantoor gebruik sal word. Verantwoordelik vir die uitleg van SR@info. Samel alle SR@info-inligting van ander portefeuljes in en publiseer dit op eFundi, Facebook en Twitter. Gee gede-taileerde inligting vanaf die SR aan PUKfm en Wapad deur en dien deurentyd as skakel tussen MEK en kampusmedia.

Sosiale media bestuurder & BemarkingVerantwoordelik vir die SR se sosiale media en gereelde op-daterings. Help ander SR-portefeuljes met bemarking deur middel van sosiale media. Dateer in samewerking met UK-lid Grafies timeline covers en ander grafika op. Laai SNAPit-foto’s binne 48 uur na afloop van ’n aksie op Facebook. Ook verant-woordelik om SNAPit-foto’s te sif. Skep inhoud vir die SR se sosiale media platforms. Tweet ook tydens SR-aksies. Voer alle bemarking van SR: MEK-projekte uit en hanteer alle bemark-ing minstens twee weke vóór die betrokke aksies geskied. Verantwoordelik vir die ontwerp en druk van bemarkingsma-teriaal.

Interne MediabestuurderBestuur en ontwerp die SR se inhuisjoernaal Uitverklap. Reik in samewerking met die Voorsitter persverklarings uit en neem verantwoordelikheid vir die SR@info bylaag wat met Opedag en die Ontvangs van eerstejaars verskyn. Woon gereeld ver-gaderings saam met die Eksterne Mediabestuurder, Wapad en PUKfm by. Verleen hulp aan SR-lede, indien hulle deur die me-dia gekontak word. Organiseer ook die verloop van die rade-bekendstellingsvideo’s.

Eksterne Media BestuurderHou weeklikse vergaderings saam met Wapad en PUKfm en ontvang hulle ook met verskeie SR-aksies. Sien toe dat kam-pusmedia uitgenooi word na SR-aksies en versterk die SR en kampusmedia se bande. Ontvang alle klagtes van kampusme-dia teenoor die SR en spreek dit ook aan, in samewerking met die Voorsitter van SR: MEK.

Page 12: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

SRSJGDSJGD (Studente JOOL Gemeenskapsdiens) is die NWU-Puk se geregistreerde NPO (nie-winsgewende welsynsorgan-isasie). In samewerking met die koshuise en projekleiers, bestuur ons as studente ongeveer 80 projekte om hulp aan minderbevoorregtes vanuit die gemeenskap, te verleen. SJGD is betrokke by verskeie kategorieë van behoeftes, naam-lik: vroeër kinderontwikkeling, kinder en jeugdiges, kwesbare volwassenes en uitreikprogramme.

Ondervoorsitter: AdministrasieDien op die Tugkomitee en kan óf tot Tugvoorsitter óf tot Tu-gondervoorsitter verkies word deur die UK en voorsitter. Neem die rol van die voorstitter in, indien die voorsitter afwesig is.. Koördineer ook die administrasie van die komitee en neem verantwoordelikheid vir die reël van alle oplei-dingskampe en –geleenthede. Behartig alle verskonings wat deur UK-lede gemaak word.

Ondervoorsitter: ProjekteDien op die Tugkomitee en kan óf tot Tugvoorsitter óf tot Tugondervoorsitter verkies word deur die UK en voorsitter. Koördineer alle projekte in samewerking met die voorsitter en dien as hoof van die uitbetalingskomitee en verrig alle ad-ministratiewe take in verband hiermee.Sy/haar taak is ook om die evalueringsproses te koördineer en om met alle beoorde-laars van die jaareind projekevaluering in kontak te tree. Koör-dineer dan ook die konsultante, asook die JOOL-debutante beoordeling.

SekretarisVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules en presensie. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: BOB, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Die sekretaris beskik oor ’n volle-dige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn.

FinansiesVerrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: SJGD. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: SJGD en aanvaar verantwoordelikheid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finansiële aspekte van SR: SJGD.

Bemarking, Sosiaal en KlerasieReël alle sosiale aksies binne die UK, asook met ander SR-por-tefeuljes, asook die interne UK- en komitee-afsluitingsfunksie en oordragsvergadering.. Reël promosies namens SJGD en hanteer die verspreiding van promosiemateriaal. Dié persoon hanteer ook klerasie van die UK en komitee, deur met klere-verskaffers te skakel. Voer alle bemarking van SJGD-projekte uit en skakel met die media oor betrokke aksies. Skakel ook met Dept. Bemarking en Kommunikasie as deel van die kam-

pus se reputasiebestuur, asook met SR: BOB i.v.m. alle bemarking op kampus. Reël dan ook in samewerking met JOOL, die uitbetalingsfunksie.

BemarkerSamel borge en advertensies in vir die SR-portefeulje se projekte en klerasie. Dié persoon moet ingelig wees oor alle teenprestasies wat SR: SJGD aan instansies kan bied. Stel in samewerking met die SR se regsadviseur ’n borgooreenkoms/-kontrak op vir ’n borg en sorg ook dat die betrokke partye daarvoor teken. Verantwoordelik vir ’n begroting vir borg-skappe en ’n volledige borgregister. Sorg ook vir volledige borgversorging.

Vervoer en TegniesHanteer alle vervoeraangeleenthede en organiseer SJGD-Bus-toere. Behartig alle tegniese reëlings rondom SJGD-funksies, asook die uithuur en instandhouding van SJGD se klankstelsel. Sorg ook dat enige ander tegniese toerusting in ’n goeie toe-stand bly en dat die SJGD-stoor instand gehou word – asook ’n volledige inventaris.

Eksterne BetrekkingeReël verskeie aksies soos Blikkieskosdag en Kaalvoetdag. Projekontwikkeling en Internasionale StudenteSpoor geskikte gemeenskapsdiensprojekte op en bou ’n da-tabasis daarvolgens op. Lig HK-lede en Projekleiers in oor wat bemagtiging, bewusmaking en volhoubaarheid behels. Skakel en werk saam SJGD-konsultante en monitor die vordering van bemagtiging in projekte. Neem inisiatief om nuwe projekte se potensiaal te ontwikkel, behartig die kwartaalikse opvolg en evaluasie van alle SJGD-lede se aksies en projekte en ook die kwartaalikse opvolg en evaluasie van alle SJGD-lede se aksies en projekte. Behartig die ontvang en uitstuur van prosesver-slae van SJGD-lede en dateer die projekdatabasis voortdurend op. Ook verantwoordelik vir die behoeftebeplaings van HK-lede, Projekleiers en SJGD ASV-lede.

Internasionale studenteDien as skakel tussen die Internasionale Studentekantoor, in-ternasionale studente en SJGD. Werf ook internasionale stu-dente om by SJGD betrokke te raak. Hanteer alle dokumen-tasie rakende die aansoek, projekinskakeling en terugvoer. Versorg internasionale studente se behoeftes en betrek hulle by SJGD-aksies soos Kaalvoetdag en Blikkieskosdag.

PublikasiesOntwerp alle SJGD-bemarkingsmateriaal, asook alle grafiese materiaal soos video’s, plakkate, inligtingsblaaie en adverten-sies. Tree op as redakteur van die SJGD-nuusbrief en neem

Page 13: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

verantwoordelikheid vir alle take rakende die nuusbrief.

ASV-KoördineerderDien as skakel tussen SR: SJGD en die SJGD ASV-lede, lei alle SJGD ASV-vergaderings en koördineer verpligtinge van ASV-lede. Kommunikeer deurlopend met SR: Akademiese raak so-dat alle partye ingelig is. Evalueer ook die projekte van SJGD ASV-lede.

NWU-PUK ProjekkoördineerderLei alle Projekleiervergaderings en koördineer alle aktiwiteite van die Projekleiers. Dien as skakel tussen SR: SJGD en die Pro-jekleiers, bestuur alle projekte van Projekleiers en geen alle noodsaaklike inligting deur aan diegene. Behartig die jaar-likse marathon dans. Verantwoordelik vir die verkiesing van Projekleie komiteelede.

KoshuiskoördineerderLei alle HK-vergaderings en dien as skakel tussen HK-lede en SR: SJGD. Dien ook as skakel tussen al die beoordelaars van SJGD-verslae en onderhoude en help met die reël van

beoordelaars aangeleenthede. Koördineer koshuisprojekte en verskaf alle noodsaaklike inligting. Behartig alle reëlings van uitstallingdag in samewerking met die UK-lid Projekkoör-dineerder.

Koöperatiewe IdentiteitBehartig die Koörporatiewe Identiteit (KID) van SJGD, asook die radebekendstellingsvideo. Behartig ook alle skakeltoere na verskeie SJGD-projekte.

Organisasie SkakelpersoonTree as skakelpersoon tussen CANSA en SJGD op. Lei alle stu-dente gemeenskapsdiens organisasie vergaderings en koör-dineer aktiwiteite van hierdie organisasies. Skakel ook tussen dié organisasies en SR: SJGD en verseker dat elke organisasie ’n beplanning van hul aktiwiteite inhandig in die begin van elke termyn, asook ’n verslag aan die einde van die termyn. Bevorder die samewerking tussen die verskeie organisasies en identifiseer en ontwikkel samewerkingsgeleenthede. Reël ook die jaarlikse studente gemeenskapdiens gespreksforum.

SRSkakelingSR: Skakeling is ‘n opwindende portefeulje wat geleen-theid skep vir sosiale interaksie tussen algemene NWU-Puk studente, asook met interne- en eksterne bestu-urstrukture, -liggame en -instansies. Skakeling fokus op die bou van ‘n Puk-identiteit onder die algemene student met Toeka Makiti. Mnr & Mej Kampus is nog ‘n kampusaktiwiteit waaraan enige student kan deel-neem. Sleepaankondigingsfunksie, Media Bekendstel-lingsfunksie, Gogga & Muskiet en skakeltoere na ander universiteite en na ons susterkampusse (Vaal Driehoek & Mafikeng) is deel van ons nie-kompetisie gedrewe ak-sies. Skakeling fokus ook op die bou van verhoudings tussen die bestuurstrukture van die NWU-Puk.

OndervoorsitterDelegeer alle werk vanaf die voorsitter na die UK en komitee en lei alle vergaderings met die SR: Skakeling komitee en neem die rol van die voorsitter in, indien die voorsitter afwesig is. Hy/sy bestuur ook die komitee vir die termyn en koördineer en organiseer sake wat die Sosiale HK-lede raak. Skakel ge-reeld met alle Sosiale HK-lede deur alle HK-vergaderings by te woon en alle verwante inligting aan hulle deur te gee. Neem ook verantwoordelikheid vir sosiale aksies met die HK-lede, kommunikeer alle reëls en regulasies ten opsigte van drankli-sensies, aksietye en reëls oor koshuisaksies en reël die Sosiale HK- en Skakelin UK-kamp. Dié persoon reël ook die SR- en HK-Gogga-en-Muskiet 1 & 2 aksies, asook die SR: Bosberaad .

FinansiesVerrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: Skakeling. Hou die UK

op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen be-heer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Skakeling en aanvaar verantwoordelik-heid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finansiële aspekte van SR: Skakeling.

Grafies & MediaDie plig van dié UK lid is om die bemarking van alle Skakeling-projekte uit te voer, om Skakeling in ’n positiewe lig te stel en by te dra tot die visie en missie en die radebekendstelling tydens O&B te hanteer. Hy/sy skakel ook met SR: BOB en SR: MEK i.v.m. alle bemarking op kampus en dien as skakelper-soon tussen die webmeesters van elke ASV. Enige kreatiewe en/of kunstige werk (verjaarsdag-, bedankingskaartjies, serti-fikate, plakkate ens.) word ontwerp deur hom/haar.

Interne SkakelingGee alle reëls rakende die maroenbaadjie aan ander UK-lede deur. Verantwoordelik vir alle aksies waarby die UK betrokke is. Dit sluit aksies met die komitee en ander UK’s in. Koördineer ook alle aksies wat tussen die verskeie UK’s in die O&B-tydperk plaasvind.

BorgeDié UK-lid se plig is ook om fondsinsamelingsprojekte te koör-dineer en te inisieer en borge in te samel vir die SR-portefeulje. Dus, genoeg fondse om funksies te betaal, om byvoorbeeld pryse in te samel vir die wenners van Mnr. en Mej. Kampus, met gastehuise te skakel om gratis verblyf te kry vir boorde-laars en om take onder UK- en Komiteelede te versprei vir die insameling van pryse. Borgversorging is net so ’n belangrik deel van sy/haar pligte. Daar moet ook ten alle tye by die pros-

Page 14: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

es gehou word, wat deur SR: Interne Koördinering daargestel is.

SekretaresseVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules, presensie ens. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: Skakeling, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Dié persoon beskik oor ’n volle-dige lys van besonderhede van die UK en is verantwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. ’n Lys van HK-lede word ook deur hom/haar opgestel en op datum gehou. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Dié persoon hanteer ook alle verjaarsdae namens Skakeling,

insluitend: geskenke, sjokolades vir HK-lede se verjaarsdae, geskenke vir die Rektor, Studentedekaan, Visekanselier, beide Viserektore, Studentedekaan se sekretaresses, SR: sekreta-resse, sowel as die SR: Finansiële Assistent. Na afloop van elke aksie (Limerick Lodge kamp, SR-beplanningskamp, ens.) die lokaal/venue te herbespreek.

Mnr en Mej KampusDien as voorsitter van die Mnr. en Mej. Kampus komitee en neem verantwoordelikheid vir die reël en organisering van die verkiesing, aankondiging van finaliste, administrasie, fotoses-sie en uitvoering van Mnr. en Mej. Kampus. Dié persoon is ook verantwoordelik vir die VIP-funksie van Mnr. en Mej. Kampus, die delegering van enige take na die UK en komitee, asook die opvolg daarvan.

SRSport & RekreasieSR: Sport & Rekreasie vorm ‘n groot deel van die studentelewe op kampus. Hierdie portefeulje reël die meeste van die koshuisligas en help met die bevordering van NWU-Puk Sport. Daar word ook ‘n kamp vir eerstejaars gereël waartydens elkeen aan die verskeie Puk-strukture blootgestel word. Sport & Rekreasie reël ook eerstejaarsdinee wat tydens O&B plaasvind.

Ondervoorsitter Neem die voorsitter se pligte in, indien hy/sy afwesig is en voer spesiale take soos deur voorsitter bepaal uit. Bestuur die Sport & Rekreasie komitee en kommunikeer met hulle op ’n gereel-de basis. Koördineer al die komitee se funksies en aksies. Reël ook alle kampe van die komitee. Bepaal in samewerking met die voorsitter die sportbekerpunte.

Sekretaresse en SkakelingVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules, presensie ensovoorts. Algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie, doen lokaalbesprekings en hou die kantoor netjies. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Verantwoorde-lik vir alle aksies met die komitee, ander UK’s en skakel ook met ander universiteite rakende sport.

Projekte en FinansiesBestuur en koördineer projekte: onder andere om die SR: Erekleure dinee in samewerking met die Sportburo te reël, maar dien ook as penningmeester. Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volle-dige finansiële verslag op, vir SR: Kunsteraad. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Kunsteraad en aanvaar verantwoordelik-heid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finansiële aspekte van SR: Kunsteraad.

Projekte en Borge Bestuur en koördineer eerstejaarsdinee en neem verant-

woordelikheid vir die werwing van borge. Dié UK-lid se plig is ook om fondsinsamelingsprojekte te koördineer en te inisieer en borge in te samel vir die SR-portefeulje. Daar moet ook ten alle tye by die proses gehou word, wat deur SR: Interne Koör-dinering daargestel is.

Bemarking en KlerasieBemark SR: Sport & Rekreasie en sy aktiwiteite aan die stu-dente, deur reklamemateriaal te vervaardig en te versprei. Hanteer alle klerasie en samel sportbepalings in, sodat dit saamgevat kan word in ’n fixture boekie. Kommunikeer alle aktiwiteite aan SR: MEK, sodat dit op alle kommunikasieme-diums van die SR bemark kan word. Kommunikeer ook met kampusmedia.

Intervarsity en Tegniese pligte(Pligte van dié portefeulje gaan moontlik aangepas word).Tref alle reëlings ten opsigte van intervarsity en skakel ook met eksterne universiteite, soos die Universiteit van die Vrystaat. Verantwoordelik vir alle tegniese take rakende Sport & Rekrea-sie aangeleenthede. Voorsien alle toerusting soos benodig.

RugbyHanteer alle rugby aangeleenthede van koshuise en verteen-woordig alle vergagderings soos deur die voorsitter bepaal. Skakel ook met HK-lede, rugby convenors en NWU-Puk Sport. Verantwoordelik vir mediese dienste by alle rugbygeleen-thede.

HokkieHanteer alle hokkie aangeleenthede van koshuise en verteen-woordig alle vergagderings soos deur die voorsitter bepaal.

Page 15: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

Skakel ook met HK-lede, hokkie convenors en NWU-Puk Sport. Verantwoordelik vir mediese dienste by alle hokkiegeleen-thede, asook die kwotasies wat daarmee gepaard gaan.Reël ook skeidsregters wat vir die NWU-Puk gekontrakteur is.

NetbalHanteer alle netbal aangeleenthede van koshuise en verteen-woordig alle vergagderings soos deur die voorsitter bepaal. Skakel ook met HK-lede, klubvoorsitters, netbal convenors en NWU-Puk Sport. Verantwoordelik vir mediese dienste by alle netbalgeleenthede, asook die kwotasies wat daarmee ge-paard gaan.

SokkerHanteer alle sokker- en sagtebal aangeleenthede van mans- en dameskoshuise en verteenwoordig alle vergagderings soos deur die voorsitter bepaal. Skakel ook met HK-lede, sokker convenors, klubvoorsitters en NWU-Puk Sport. Verantwoorde-lik vir mediese dienste by alle sokkergeleenthede, asook die kwotasies wat daarmee gepaard gaan. Reël ook skeidsregters om die koshuisliga te behartig.

KrieketHanteer alle krieket- en ringbal aangeleenthede van mans- en dameskoshuise en verteenwoordig alle vergagderings soos deur die voorsitter bepaal. Skakel ook met HK-lede, krieket

convenors en NWU-Puk Sport. Verantwoordelik vir mediese dienste by alle sokkergeleenthede, asook die kwotasies wat daarmee gepaard gaan. Reël ook skeidsregters om die koshu-isliga te behartig.

KleinsporteHanteer alle kleinsport van mans- en dameskoshuise en woon vergaderings by soos deur die voorsitter bepaal. Skakel ook met die HK-lede, klubvoorsitters en Sportburo.

Projekte en alternatiewe sporteReël eerstejaarsatletiek en eerstejaarswem in samewerking met NWU-Puk Sport. Verantwoordelik vir mediese dienste (asook die kwotasies wat daarmee gepaard gaan) tydens die swem- en atletiekgeleenthede. Versterk die Let’s Play-projek deur die insameling van sporttoerusting en die aanbieding van die Let’s Play-projek. Skakel ook met die HK-lede, klub-voorsitters en Sportburo.

KampeReël en organiseer die Enduro Varsity en Elite kamp. Skakel met enige betrokke persone rakende alle kampe. Reël ook die vervoer vir alle kampe, stel programme (in samewerking met die betrokke persone) op, behartig die snoepie in samewerk-ing met die UK-lid Finansies op hierdie kampe en skakel met HK-lede in verband met kampreëlings.

SRverenigingsraadVerenigingsraad is verantwoordelik vir die koördinering van alle nie-akademiese of uitbeeldende kunsverenigings op kampus. Hiér word ‘n platform geskep vir: verenigings om hulself te bemark en te ontwikkel. Hierdie verenigings kan politieke, sosiale, kulturele of geloofsverenigings wees.

OndervoorsitterTree op as skakel tussen die voorsitter en UK, asook as leier van die UK wanneer die voorsitter afwesig is (bied dus ook onder-steuning aan die voorsitter). Delegeer alle interne komitee-werk en neem verantwoordelikheid vir die dissipline van die UK. Die ondervoorsitter hanteer ook interne skakeling wat die volgende insluit: skakeling met UK-lede en HK-lede, asook skakeling met geaffilieerde verenigings. Dié persoon is ook verantwoordelik vir die klerasie van die UK en om te verseker dat die klerasie aan die vereistes van die NWU se KID voldoen.

BemarkingBevorder SR: Verenigingsraad se beeld deur met eksterne be-langegroepe te skakel. Verantwoordelik vir die ontwerp en verspreiding van alle reklameveldtogte binne en buite die kampus, asook enige bemarking van SR: Verenigingsraad se projekte. Skakel gedurende die termyn met SR: BOB i.v.m. alle bemarking op kampus en om te verseker dat alle bemarkings-materiaal aan die vereistes van die NWU se KID voldoen.

FinansiesVerrig normale penningsmeesterspligte: Stel aan die begin van die termyn ’n begroting en aan die einde van die termyn ’n volledige finansiële verslag op, vir SR: Verenigingsraad. Hou die UK op hoogte van die verloop van finansiële sake en oefen beheer oor telefoonoproepe vanaf die kantoor uit. Hanteer ook alle rekeninge van SR: Verenigingsraad en aanvaar verant-woordelikheid vir die in- en uitvloei van geld gedurende elke projek. In kort is dié persoon verantwoordelik vir alle finan-siële aspekte van SR: Verenigingsraad.

BorgeSamel borge in vir die SR-portefeulje se projekte en klerasie. Verantwoordelik vir ’n begroting vir borgskappe en ’n volle-dige borgregister. Sorg ook vir volledige borgversorging. Volg ten alle tye die borgwerwingsproses en –riglyne wat daarges-tel is deur SR: Interne Koördinering.

Verenigings : SekretarisVerantwoordelik vir die administratiewe take rondom verga-derings: skedulering, agendas, notules, presensie ens. Verrig algemene kantoorwerk, behartig korrespondensie van SR: Verenigingsraad, doen nodige lokaalbesprekings en hou ten alle tye die kantoor netjies en in stand. Dié persoon beskik oor ’n volledige lys van besonderhede van die UK en is ver-antwoordelik vir opstel daarvan na afloop van die verkiesing. ’n Lys van HK-lede word ook deur hom/haar opgestel en op

Page 16: Studenteraad Uitvoerende Komitee Bemarking

datum gehou. Bespreek alle datums, opdragte en take met die voorsitter en sorg vir ’n volledige argief aan die einde van die termyn. Hanteer ook alle verjaarsdae en gelukwensings na-mens SR: Verenigingsraad.

Verenigings: AdministrasieBied ondersteuning aan die verskeie verenigings, rakende enige administratiewe sake. Verleen hulp by aksies wat gereël word deur die verenigings en wys betrokkenheid deur te help met reëlings. Sy/haar plig is ook om terug te rapporteer oor administratiewe probleme wat die verenigings ondervind. Die persoon dien ook op die verkiesingskomitee van SR : Verenig-ingsraad.Verenigings: BestuurHierdie UK-lid is betrokke by die bestuursverkiesings van

Voorsitter:e-mail: [email protected]: 018 299 2861

Adjunk & Studentebelange:e-mail: [email protected]: 018 299 2869

Akademiese Raad:e-mail: [email protected]: 018 299 2865

AKSA:e-mail: [email protected]: 018 299 2872

Bemarking & Openbare Betrekkinge:e-mail: [email protected]: 018 299 2880

Finansies:e-mail: [email protected]: 018 299 2871

Interne Koördinering:e-mail: [email protected]: 018 299 2863

JOOL:e-mail: [email protected]: 018 299 2882

verenigings, dien as hoofdagbestuurslid van SR: Vereniging-sraad en ook op die interne verkiesingskomitee. Rapporteer ook terug by die UK oor sake wat verenigings pla. Keur ook in samewerking met die voorsitter alle aksies wat verenigings aanbied goed.

Projekte en Interne SkakelingNeem verantwoordelikheid vir die organisering van alle pro-jekte wat deur SR: Verenigingsraad uitgevoer word. Dié pro-jekte sluit in: enige aktiwiteite wat spesifiek gerig is op die breë studentemassa (bv. bemarkingsveldtogte van verkies-ings), studente-werkswinkels, verenigingsdae, verkiesings en die Bosberaad wat relevant is tot SR: Verenigingsraad of sy petroneerde onderliggame. Enige nuwe projekte wat aange-pak word is ook dié persoon se verantwoordelikheid.

Koshuisraad:e-mail: [email protected]: 018 299 2870

Kunsteraad:e-mail: [email protected]: 018 299 2881

Media & Kommunikasie:e-mail: [email protected]: 018 299 2876

SJGD:e-mail: [email protected]: 018 299 2888

Skakeling:e-mail: [email protected]: 018 299 2887

Sport & Rekreasie:e-mail: [email protected]: 018 299 2864

Verenigingsraad:e-mail: [email protected]: 018 299 2868

Kontak die Studenteraad: