SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot...

66
UP gereed om landbou- uitdagings oor die volgende honderd jaar die hoof te bied Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria (UP) het op 7 November tydens ʼn galageleentheid nie alleen sy honderdjarige bestaan van landbou gevier nie, maar terselfdertyd vir dr Johan van Zyl, voormalige Visekanselier en Rektor van UP en huidige HUB van African Rainbow Capital, as die UP Landboukundige van die Eeu aangewys. ‘Dit is dié jaar die herdenking van ʼn honderd jaar van landbouwetenskap by die Universiteit van Pretoria. ʼn Eeufeesviering moet nie selfvoldaanheid Lees meer oor meerkatgedrag op bladsy 44. ...vervolg op bladsy 3. 2017 Desember Uitgawe 2 Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe www.up.ac.za SQUARED 2 UP SQUARED 2 UP 1

Transcript of SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot...

Page 1: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

UP gereed om landbou-uitdagings oor die volgende honderd jaar die hoof te biedDie Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria (UP) het op 7 November tydens ʼn galageleentheid nie alleen sy honderdjarige bestaan van landbou gevier nie, maar terselfdertyd vir dr Johan van Zyl, voormalige Visekanselier en Rektor van UP en huidige HUB van African Rainbow Capital, as die UP Landboukundige van die Eeu aangewys.

‘Dit is dié jaar die herdenking van ʼn honderd jaar van landbouwetenskap by die Universiteit van Pretoria. ʼn Eeufeesviering moet nie selfvoldaanheid

Lees meer oor meerkatgedrag op bladsy 44.

...vervolg op bladsy 3.

2017Desember

Uitgawe 2

Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

www.up.ac.za

SQUARED2 UP

SQUARED2 UP 1

Page 2: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Boodskap van die Dekaan

Dit was inderdaad ’n jaar van feesviering vir die Fakulteit Natuur- en Landbou-wetenskappe, en die Landboukomponent van die Fakulteit het sy eeufees op ’n skittergeleentheid op 7 November gevier (bladsy 1).

Soos altyd het ons baie om mee te spog oor die uitstaande prestasies van ons personeellede. Prof Esté van Marle-Köster van die Departement Vee- en Wildkunde is verkies tot president van die South African Society for Animal Science op die Vereniging se 50ste kongres, en sy is die eerste vrou ooit wat hierdie posisie beklee (bladsy 8). Twee briljante navorsers in die Departement Genetika, dr Vinet Coetzee en dr Sanushka Naidoo, was in die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een van haar studente, mev Danielle Twilley, is met Biotech Fundi-toekennings vereer (bladsy 25).

In April 2018 sal die eerste wêreldkonferensie oor sorghum in meer as 30 jaar gesamentlik aangebied word deur die Feed the Future Innovation Lab for Collaborative Research on Sorghum and Millet van die Kansas-staatsuniversiteit in die VSA en die Universiteit van Pretoria (UP). Prof John Taylor en dr Janet Taylor van die Departement Verbruikers- en

Voedselwetenskap sal onderskeidelik as voorsitter en sekretaris van die konferensie se Suid-Afrikaanse reëlingskomitee optree (bladsy 14).

Verskeie hoëprofielaanstellings is vanjaar in die Fakulteit gedoen. Prof Elna Buys is aangestel as Hoof van die nuut saamgesmelte Departement Verbruikers- en Voedselwetenskap (bladsy 29), en prof Bernard Slippers is aangestel as Direkteur van FABI (bladsy 30). Prof Paulette Bloomer is aangestel as Hoof van die nuut saamgesmelte Departement Biochemie, Genetika en Mikrobiologie (bladsy 32), en prof Marietjie Potgieter is heraangestel as Adjunkdekaan vir Onderrig en Leer (bladsy 31).

Deur multidissiplinêre navorsing, asook onderrig- en leeraktiwiteite in die Fakulteit, poog ons om ’n verskil in die wêreld te maak. As deel van ’n internasionale samewerkingsprojek is innoverende navorsing deur dr Pieter Olivier  van die  Department Dierkunde en Entomologie gedoen oor hoe woudrande ’n globale impak op woudgewerweldes het. Dr Olivier en sy span het data oor meer as 1 500 woudgewerweldes versamel, en hul werk is onlangs in Nature gepubliseer (bladsy 46).

Ons studente het ons ook trots gemaak. Twee nagraadse studente, mnr Marc W van Goethem, ’n finalejaar-PhD-student in die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (SMEG), en me Hilde von Grüning, ’n MSc-student in die Universiteit van Pretoria Instituut vir Volhoubare Malariabeheer (UP IVMB), was onder die top-100 studente in die gesogte GradStar-toekennings vir 2017 (bladsy 18).

Nog talle uitstaande prestasies deur ons personeel, studente en filiale

kan genoem word, en ons is baie trots op hulle almal. Met hierdie nuusbrief wil ons sommige van hierdie prestasies uitlig, en ons hoop u sal hierdie nuus oor die jongste ontwikkelings in die Fakulteit geniet.

Ons wens u almal die beste toe vir die komende feesgety en ons vertrou dat u in 2018 met nuwe krag sal terugkeer.

Prof Jean Lubuma

Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Prof Jean Lubuma Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

RedakteurMartie Meyer (Redakteur)

[email protected] 420 5498 (kantoor)

012 420 5895 (faks)Kamer 8-9

LandbouwetenskappegebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Grafiese uitleg en ontwerpMarguerite Hartzenberg

Active Space Designs072 447 6865

[email protected]

TaalversorgingUP Taaldienste

Spesiale dank aan Louise de Bruin en Ansa Heyl as akademiese skrywers

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir

artikels na [email protected]

Die Fakulteit is nou ook op Facebook. Besoek asb die bladsy en ‘like’ ons.

SQUARED2 UP2

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

sBo

odsk

ap v

an d

ie D

ekaa

n

Page 3: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

bring nie; dit bied vir ons die geleentheid om oor die verlede na te dink, bestek te neem van die huidige en die toekoms te oorpeins. Ons moet ʼn toekomsvisie formuleer om ons gekose bestemming te bereik en die grondslag te lê vir die volgende honderd jaar van landbouwetenskap aan die Universiteit. Die Universiteit is goed geposisioneer om die uitdagings wat landbou in die oë staar, die hoof te bied,’ het prof Cheryl de la Rey, Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, gesê. Prof De la Rey was een van die hoofsprekers by die amptelike eeufeesvieringe.

Dr Johan van Zyl, ʼn voormalige dekaan van die Fakulteit, UP-alumnus en HUB van African Rainbow Capital, het die kritieke rol van akademiese instansies in die toekoms van voedselproduksie beklemtoon. ‘Daar is ʼn paar megatendense wat die samelewing oor die algemeen en die rol van landbou in besonder sal vorm en beïnvloed. Dit sluit in die totstandkoming van megastede,

vooruitgang in biotegnologie en die vierde industriële revolusie, wat tot drastiese veranderinge, ʼn nuwe norm en baie uitdagings sal lei. In landbou sentreer hierdie uitdagings hoofsaaklik op opleiding en navorsing.’

‘Landbou is vandag baie meer kompleks aangesien dit nie meer net boederyverwante kwessies behels nie, maar ook kwessies wat met ʼn wyer ekostelsel te doen het. Ons sal van landbou as ʼn enkelvoudige dissipline moet wegbeweeg na ʼn multidissiplinêre benadering wat fokus op die groter kwessies in landbou. Ek glo dat die Universiteit van Pretoria goed geposisioneer is om aan te hou om ʼn leiersrol in hierdie verband te speel — byvoorbeeld, in die 2017 Center for World University Rankings beklee UP die tweede plek ter wêreld vir die studie van mikologie op grond van die navorsing wat deur die Fakulteit se Instituut vir Bosbou- en Landboutegnologie (FABI) gedoen word,’ het dr Van Zyl bygevoeg.

Van links: Prof Anton Ströh (Viserektor: Institusionele Beplanning), prof Edward Webb (Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), dr Johan van Zyl (UP Landboukundige van die Eeu en HUB van African Rainbow Capital), prof Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor) en prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Dr Johan van Zyl

SQUARED2 UP 3

Toekennings en Prestasies

Page 4: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Dr Van Zyl is ook tydens die galageleentheid as die Universiteit van Pretoria se Landboukundige van die Eeu aangewys. Hy word vereer vir sy invloed op sowel die Fakulteit as die landbousektor as geheel. Dr Van Zyl was een van die leidende geeste met die stigting van die Fakulteit se Nagraadse Skool van Landbou- en Landelike Ontwikkeling, en het ʼn belangrike rol gespeel in die totstandkoming van FABI by UP. Oor die afgelope paar dekades het hy ʼn merkwaardige impak op sy alma mater, die Universiteit van Pretoria, gehad. Dr Van Zyl dien steeds op die UP-Raad. Hy is waarlik ʼn uitstaande landbouwetenskaplike met twee doktorsgrade, meer as 300 wetenskaplike publikasies, vele eerbetonings uit die bedryf en ʼn loopbaan wat strek van die akademie tot by die bedryf en gemeenskapsontwikkeling.

Prof Piet Hammes, prof Robin Barnard, prof Hannes Robbertse, dr Johan van Zyl, dr Heinz Meissner, dr Jan Hofmeyr, prof Hettie Schönfeldt, dr Raymond Naude, dr Nina Strydom en dr Phillip Strydom

Prof Cheryl de la Rey en dr Johan van Zyl

“Landbou is vandag baie meer kompleks

aangesien dit nie meer net boederyverwante kwessies behels nie,

maar ook kwessies wat met ʼn wyer ekostelsel te

doen het.”

SQUARED2 UP4

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 5: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Dr Johan van Zyl en prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe)

Prof Lise Korsten (Departement Plant- en Grondkunde)

Regs: Prof John Annandale (Departement Plant- en Grondkunde), mev Sandra Annandale, prof Edward Webb (Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies) en prof Elize Webb (Fakulteit Gesondheidswetenskappe)

Onder: Dr Johan van Zyl, prof Brenda Wingfield (Departement Genetika), prof Fanus Venter (Department Mikrobiologie en Plantpatologie) en prof Mike Wingfield (Direkteur: FABI)

SQUARED2 UP 5

Toekennings en Prestasies

Page 6: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die NEF is ’n platform wat wetenskaplikes help om wêreldprobleme op te los deur toonaangewende denkers op die gebied van die wetenskap, beleid, nywerheid en burgerlike samelewing in Afrika byeen te bring. As ’n inisiatief van die Afrika-instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIWW) en die Robert Bosch Stiftung mobiliseer die NEF die skerpste breine om na die knaendste probleme te kyk deur die lens van Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (WTIW) asook die sosiale wetenskappe.

Dr Vinet Coetzee se liefde vir wetenskap en biologie is versterk deur ’n biologie-onderwyser op hoërskool wat leerders aangemoedig het om selfstandig te wees en verder as die handboek na antwoorde te soek. Coetzee het haar BSc, Honneurs en MSc in Genetika aan UP behaal. Tydens haar Honneursjaar het sy begin belangstel in navorsing oor menslike maatkeuse, of meer algemeen, navorsing wat daarop gemik is om te verstaan hoekom ons mense as aantreklik en gesond beskou. Die enigste probleem was dat niemand in Suid-Afrika hierdie tipe navorsing gedoen het nie, en daarom het sy haar studieleier, prof Jaco Greeff genader, wat prof Louise Barrett (van Liverpool, VK) oorreed het om Coetzee se navorsingstudieleier te

word. Sy het die navorsing vir haar magistergraad oor die rol van genetiese diversiteit in immuunverwante gene oor gesigsvoorkoms gedoen, voordat sy ’n beurs van prof Dave Perrett aan die Universiteit van St Andrews in Skotland gekry het om haar PhD onder sy leiding te voltooi.

Coetzee se PhD-werk het fasiale adipositeit (of vetheid van die gesig) geïdentifiseer as ’n robuuste leidraad tot gesondheid en aantreklikheid waaroor daar nog min navorsing gedoen is, en sy het ook spesifieke fasiale afmetings geïdentifiseer wat met gewig verband hou. Terwyl sy aan haar magister en PhD gewerk het, het sy vyf portuurbeoordeelde referate gepubliseer en verskeie reistoekennings ontvang, waaronder die Grindley-toekenning van die Vereniging vir Eksperimentele Sielkunde. Coetzee het na Suid-Afrika teruggekeer, waar sy twee gesogte nadoktorale genootskappe voltooi het en by die Universiteit van Pretoria aangesluit het, eers as dosent en in 2017 as Senior Lektor.

Haar navorsing fokus op die ontwikkeling van vinnige, bekostigbare en nie-indringende metodes om kinders vir voedingstofgebreke en aangebore toestande te sif deur rekenaarmodelle te leer om die skakels tussen fisiese eienskappe en hierdie toestande te herken. Coetzee se span het ’n 3D kamera ontwikkel wat een tiende van die prys van vergelykbare kommersiële stelsels kos. Hulle gebruik hierdie stelsel tans om die spesifieke fasiale eienskappe te identifiseer wat met Downsindroom by swart babas geassosieer word, te identifiseer en beoog om hierdie navorsing na ander toestande uit te brei. Die langtermyndoel van die projek is om ’n fasiale siftingsinstrument te ontwikkel wat dokters kan help om ’n verskeidenheid toestande akkurater te identifiseer. Hierdie instrument sal veral van nut wees in situasies waar dokters onvoldoende ervaring van hierdie toestande en te min fondse vir omvattende toetsing het. Die 3D kamera word ook gebruik in die African Longitudinal Facial Appearance and Health (ALFAH)-studie, ’n baanbrekersprojek wat sy in 2016 begin het. Die studie sal die verband tussen gesigsvoorkoms, verskeie gesondheidsmetings (soos hormone, bloeddruk, liggaamsamestelling, ens) en genetiese merkers by 4 000 swart deelnemers toets. Coetzee het vir die NEF-genootskap aansoek gedoen om haar netwerk van medewerkers in Afrika te vergroot, haar navorsing aan ’n internasionale gehoor bekend te stel en te help om wetenskap uit Afrika te bevorder.

Coetzee het reeds 22 referate in portuurbeoordeelde joernale gepubliseer, wat al meer as 800 keer aangehaal is. Sy is in 2015 aanvaar as ’n lid van die Royal Society van Suid-Afrika en het sedertdien verskeie toekennings ontvang, insluitende ’n UP-toekenning as Uitsonderlike Jong Navorser. In 2016 en 2017 is sy ook

Twee UP-genetici as NEF-genote gekiesTwee briljante vroulike navorsers in die Departement Genetika aan die Universiteit van Pretoria (UP), dr Vinet Coetzee en dr Sanushka Naidoo, is in die kollig deurdat hulle albei gekies is as Next Einstein Forum (NEF)-genote* van 2017 tot 2019.

SQUARED2 UP6

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 7: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

gekies as ’n finalis vir die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF) Suid 32 Ontluikende Navorser-toekenning.

Dr Sanushka Naidoo is ‘n Senior Lektor in die Departement Genetika en ’n kandidaat vir Medeprofessor. Sy is President van die Suid-Afrikaanse Genetikavereniging vir 2017/2018 en het ’n Y-gradering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting ontvang (2015-2020).

Haar navorsing handel oor plantverdediging by bosspesies, met klem op Eucalyptus. Bosbome is langlewende organismes wat in hul leeftyd aan talle plae en patogene blootgestel word. Dr Naidoo fokus op meganismes wat breëspektrum- en langdurende weerstand kan verleen deur geenfamilies en reponse op plae en patogene te ontleed. Sy gebruik genoomredigeringstegnologie (CRISPR) om plante met gewenste eienskappe te ontwikkel. Met die ontwikkeling van nuwe tegnologieë staan nuwe geneties gemanipuleerde gewasse op die punt om opbrengste te verhoog en beskerming teen plae en

patogene te verleen in veeleisende klimaatstoestande in Afrika.

Naidoo reken ons is beter toegerus om hierdie kennis aan te wend om een van Afrika se grootste uitdagings – voedselsekerheid – die hoof te bied. Haar ouers was onderwysers en het haar aangemoedig om vrae te stel oor die wêreld rondom haar. Op skool het sy aan Olimpiades in wiskunde en wetenskap deelgeneem, en sy is deur haar wetenskaponderwyser geïnspireer om ’n natuurleweklub te stig. Die klub het ’n dammetjie gebou en ’n volledige ekostelsel op die skoolterrein ontwikkel om biologielesse te fasiliteer. Naidoo het deelgeneem aan ‘n wildernisleierskapskool wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad aangebied is. Die week lange staptog deur die Umfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal het haar liefde vir en weetgierigheid oor natuurstelsels en wisselwerking tussen spesies aangevuur.

Naidoo het ’n BSc aan die Universiteit van KwaZulu-Natal behaal met omgewings- en selbiologie as hoofvak. Vir haar magistergraad aan die Universiteit Stellenbosch het sy in molekulêre biologie gespesialiseer. Haar navorsing was toegespits op die uitdrukkingspatroon van ’n belangrike ensiem in die sukroseroete by suikerriet. Deursettingsvermoë en passie het tot ’n onderskeiding gelei en die geen is gepatenteer. Voordat sy met haar PhD begin het, het Naidoo by die Universiteit van Kaapstad gewerk as ’n mikroreekswetenskapbeampte. Sy het daarna die Mellon-stigting se Mentorstoekenning ontvang om haar PhD in plantbiotegnologie aan UP te voltooi, en sy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatoloë se toekenning vir die beste PhD-referaat ontvang.

Dr Naidoo het vir die NEF-genootskap aansoek gedoen om haar toegang tot effektiewe samewerking uit te brei en volgendegeslagdenke met wetenskaplikes, sosiale wetenskaplikes, skole, gemeenskappe en regeringsleiers van Afrika te lewer. Sy wil onderwys en aanvaarding fasiliteer wat tot ’n groter impak van plantbiotegnologie op die samelewing lei. Sy reken Afrika se jeug moet wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde bestudeer om sterk, tasbare natuurpatrone te ontdek. Kennis van sulke patrone kan ingespan word om die vasteland se unieke uitdagings die hoof te bied.

* Die NEF-genootskap is ’n tweejaarprogram wat erkenning aan Afrika se beste jong wetenskaplikes en tegnoloë verleen. Hierdie topgerekende navorsers en ontluikende leiers, van wie ten minste 40 persent vroue is, het ’n geleentheid om hul wetenskaploopbaan te bevorder deur onder meer hul werk op unieke NEF-kolligsessies by internasionale NEF-byeenkomste aan te bied. Die NEF-genote word outomaties vir die NEF-gemeenskap van wetenskaplikes ingeskryf – ’n eksklusiewe netwerk wat aan lede geleenthede bied vir oorlegpleging, toekennings, navorsingsamewerking, praatgeleenthede en loopbaanmentorskap. In ruil neem lede deel aan nasionale en kontinentale beleidformulering, multidissiplinêre navorsing en innovasie, lei openbare betrokkenheid oor wetenskap en tegnologie in Afrika en verskaf mentorskap vir jong wetenskaplikes en studente.

SQUARED2 UP 7

Toekennings en Prestasies

Page 8: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Prof Esté van Marle-Köster, Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde, is tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Veekundevereniging (SASAS) se 50ste Kongres, wat gedurende September in Port Elizabeth gehou is, as president van dié Vereniging gekies. Nadat sy vroeër, vanaf 1999 tot 2000, as die eerste vroulike lid in die raad gedien het, is sy nou die eerste vroulike president in dié Vereniging se geskiedenis.

Prof Van Marle-Köster is reeds die afgelope 22 jaar by onderrig en navorsing betrokke. Nadat sy ‘n MSc (Landbou) in Veeteelt aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het, was sy etlike jare lank in die veekundebedryf werksaam voordat sy in 1995 by UP aangesluit het. Daarna het sy ‘n PhD (Agric)-graad in Veeteelt en Genetika, met die fokus op molekulêre tegnologie in plaasdiere, in UP se Departement Vee- en Wildkunde voltooi. Sy het ook die fokusgebied vir genoomnavorsing en die toepassing daarvan op plaasdiere in die Departement ingestel.

Oor die jare heen was sy betrokke by verskeie navorsingsprojekte, wat navorsing oor die genetiese biodiversiteit van plaaslike hoender-, bok- en veerasse ingesluit het. Haar mees onlangse projekte het ten doel om enkelnukleotiedpolimorfisme (SNP)-merkers en -skyfies te gebruik om genotipiese data in genoomwye assosiasiestudies te genereer. Sy is die hoofondersoeker vir ‘n projek oor genoomseleksie in verskeie Suid-Afrikaanse beesrasse en die koördineerder van die subkomitee vir navorsing in die Beesvleisgenoomprogram, asook die koördineerder vir die Suiwelgenoomprogram wat deur die Tegnologie-innovasie-agentskap (TIA) befonds word.

Prof Van Marle-Köster het reeds talle artikels in portuurbeoordeelde vaktydskrifte gepubliseer, is die skrywer van hoofstukke wat in boeke ingesluit is, en het as studieleier/promotor vir verskeie meester- en doktorale studente opgetree. Sy het ‘n C2-gradering van die NNS ontvang en is as ‘n Professionele Veekundige by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Beroepe (SACNASP) geregistreer.

Prof Este van Marle-Köster gekies as president van Suid-Afrikaanse Veekundevereniging

Prof Esté van Marle-Köster

SQUARED2 UP8

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 9: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Prof Mike Wingfield, Direkteur van die Instituut vir Bosbou en Landboubiotegnologie (FABI) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en die President van die Internasionale Unie van Bosnavorsingsorganisasies (IUFRO), het onlangs die Chinese Regering se Vriendskapstoekenning vir 2017 ontvang.

Die toekenning is aan prof Wingfield toegeken om sy 20 jaar lange samewerking met Chinese kollegas op die gebied van boomgesondheid te erken. Dit het byvoorbeeld gelei tot die instelling van ’n formele boomgesondheidsprogram met die Chinese Eukaliptusnavorsingsentrum (Chinese Akademie vir Bosbou) en FABI, bekend as die CERC/FABI-boombeskermingsprogram (CFTPP).

Die CFTPP het en lewer steeds uitgebreide navorsingsuitsette oor boomsiektes en insekprobleme in natuurlike woude en plantasies in China en elders in die wêreld. Hierdie samewerking het ook geleenthede vir baie Chinese en Suid-Afrikaanse studente gebied om nagraadse grade in die boomgesondheidsgebied te voltooi. Die Chinese Regering se Vriendskapstoekenning is deur Chinese

Prof Mike Wingfield ontvang Vriendskapstoekenning van Chinese Regering

Visepremier Ma Kai aan prof Wingfield tydens ’n seremonie in die Groot Saal van die Mense toegeken en dit is gevolg deur ’n galageleentheid wat deur die Chinese Premier Sy Eksellensie Li Keqiang aangebied is.

Prof Wingfield se besoek aan China het ook die geleentheid gebied om met verskeie kollegas te skakel wat noue bande met IUFRO het. Dit sluit in vergaderings met dr Shirong Liu, Visepresident van die Chinese Akademie vir Bosbou en IUFRO President se genomineerde en lid van die Raad van IUFRO, tesame met sy personeel; mnr Zhao Shucong, Voorsitter van die Raad van APFNet waarmee IUFRO ’n MVO onderteken het; mnr Peng YouDong, Vise-administrateur van die Staatsbosbou-administrasie en sy kollegas; mnr Li ZhiYoung, Vise- Uitvoerende Direkteur van INBAR (Internasionale Bamboes- en Rottangvereniging) en sy kollegas, asook dr ShuaiFei Chen, Buitengewone Personeellid van FABI, wat aan prof Wingfield steun gebied het en wat voornemende nuwe CERC/FABI-studente van ZhangJiang gebring het om toekomstige navorsingsprojekte te bespreek.

Mike Wingfield en Chinese Visepremier Ma Kai

SQUARED2 UP 9

Toekennings en Prestasies

Page 10: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Prof Marion Meyer ontvang toonaange-wende SAAB Goue MedaljeVanjaar het prof Marion Meyer van die Departement Plant- en Grondkunde slegs die vyftiende ontvanger van die gesogte Goue medalje van die Suid-Afrikaanse Botanistevereniging (SA Association of Botanists (SAAB)) geword.

Hierdie medalje is die SAAB se belangrikste erkenning van uitstaande navorsing op die gebied van plantkunde en word slegs in uitsonderlike omstandighede aan uitmuntende kandidate toegeken.

Prof Meyer se navorsingsimpak wêreldwyd word op verskeie maniere weerspieël. Sy werk is alreeds ongeveer 2 560 keer aangehaal en hy word deur die Thomson Reuters Essential Science Indicators (ESI) as ’n ‘hoogs gesiteerde wetenskaplike’ bestempel (top 1% van wêreldwye navorsingsuitset). Hy spog ook met ’n besonder hoë getal aanhalings (ongeveer 25) per referaat op die gebiede farmakologie en toksikologie, en ongeveer 17 sitasies per referaat op ‘alle gebiede’. Volgens Scopus is sy H-indeks 30.

Hy was vanaf 2001 tot 2013 die hoof van die voormalige Departement Plantkunde het in 2009, 2012 en 2015 Uitnemende Akademiese Presteerder-toekennings van UP ontvang.

Sy navorsing is hoofsaaklik toegespits op die isolering, identifisering en werking van sekondêre verbindings van medisinale en giftige plante. Verskeie nuwe verbindings met bioaktiwiteit op erektiele disfunksie, malaria, tuberkulose en ander patologiese bakterieë is geïsoleer uit plante wat tradisioneel gebruik word. Metabolomiese benaderings (meestal NMR) word in verskeie projekte gebruik om biomerkers en bioaktiewe verbindings te identifiseer. Prof Meyer werk met verskeie internasionale instansies saam, onder andere met die ITMO-universiteit in St Petersburg, Rusland

Prof Marion Meyer

SQUARED2 UP10

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 11: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Melissa van der Merwe van die Universiteit van Pretoria se Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling het nie net vroeër vanjaar die Universiteit by die International Food and Agribusiness Management Association (IFAMA) se konferensie in Miami, Florida verteenwoordig nie, maar was ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse universiteite se gevallestudiespan wat IFAMA se Internasionale Gevallestudiekompetisie gewen het.

Dié kompetisie, wat vanjaar vir die 12de keer gehou is, bring studente van oor die hele wêreld byeen om hul ondersoek- probleemoplossingsvaardighede te demonstreer deur innoverende oplossings vir praktiese uitdagings voor te stel. Die kompetisie bied aan studente en hul universiteite ’n verhoog waarop hulle die volgende generasie agrisakeleiers aan die wêreld kan voorstel.

Die Gevallestudiekompetisie bestaan uit twee rondes. Tydens die voorlopige ronde word daar van spanne met tussen drie en vyf lede verwag dat hulle ’n ingewikkelde gevallestudie binne slegs vier uur moet deurwerk. ’n Lewenswerklike uitdaging wat deur ’n toonaangewende landbou-onderneming ervaar word, word in gevallestudieformaat aan die spanne gestel. Die opdrag is dan dat hulle ’n kreatiewe en praktiese oplossing vir die probleem moet vind en ’n aanbieding moet beplan om hul oplossings aan ’n paneel beoordelaars voor te lê. Ses spanne word gekies om deel te neem aan die eindronde, waarvoor ’n addendum tot die geval voorsien word. Die spanne word dan ’n verdere vier uur toegelaat om aan die uitgebreide geval te werk voordat hulle weer hul innoverende oplossings aan ’n span beoordelaars moet voorlê. Die beoordelaars vir die eindronde sluit verteenwoordigers in van die landbou-onderneming waaroor die gevallestudie handel.

Vanjaar was Bayer Crop Science die onderneming waaroor die gevallestudie gehandel het. Alhoewel die maatskappy daarin geslaag het om sy globale voetspoor deur sy voedselkettingvennootskap uit te brei, het hy voor uitdagings te staan gekom wat betref sy uitreiking na kleinskaalse boere ten einde toegang tot opkomende ekonomieë te verkry. Aangesien Van der Merwe en haar span uit Afrika gekom het, het hulle nie net die unieke uitdaging waarvoor Bayer te staan gekom het verstaan nie, maar kon hulle ook voorkomende maatreëls voorstel wat landbou-ondernemings wat hul voetspoor in opkomende ekonomieë wil vergroot, kan tref om sommige van die potensiële probleme die hoof te kan bied. Dit het aan hulle ’n mededingende voordeel gegee toe hulle teen sommige van die beste universiteite in die wêreld te staan gekom het.

Die Suid-Afrikaanse span se voorlegging, getitel ‘Selling Lindiwe’s story’, het die verhaal vertel van ’n vroulike kleinskaalse kassaweboer in Mosambiek wat ná haar man se dood die hoofbroodwinner vir haar gesin geword het. Die span het gewys hoe Bayer in dié situasie ’n belangrike rol kan speel deur nie slegs chemikalieë aan hierdie boere te verkoop nie, maar – en dit is nog belangriker – hoe hulle die verhale van kleinskaalse boere soos Lindiwe kan verander. Hulle

het aanbeveel dat die maatskappy ’n strategies vennootskap moes sluit met ABInBev, die grootse koper van die kassawe wat deur die kleinskaalse boere verbou word. Die kassawe word as ’n goedkoper plaasvervangerbasis vir brou van bier gebruik. Hulle het ook aanbeveel dat Bayer gebruik moes maak van die dienste van ’n plaaslike vennoot, Value Chain Insights (’n denkbeeldige maatskappy wat aan die Suid-Afrikaanse span behoort en deur hulle bestuur word), wat begrip het van die politieke, sosiale en ekonomiese omgewing van die opkomende ekonomieë en dus die verhouding tussen Bayer en die kleinskaalse boere sou kon fasiliteer.

Volgens die beoordelaarspaneel het die Suid-Afrikaanse span se innoverende benadering en motivering vir belegging in ’n strategiese vennootskappe met ABInBev en Value Chain Insights verder as finansiële voordele gestrek om ook korporatiewe sosiale verantwoordelikheid en algehele landelike ontwikkeling in te sluit. Lindiwe se verhaal was egter die deurslaggewende faktor. Die Suid-Afrikaanse span was die enigste wat ’n menslike element en ’n storie ingesluit het en sodoende die dikwels onsigbare kleinskaalse boere sigbaar gemaak het. Die beoordeelaars was van mening dat die Suid-Afrikaanse span bo die ander spanne uitgestaan het deurdat hulle nie net begrip getoon het vir die uitdagings waarmee die kleinskaalse boere te kampe het nie, maar ook vir die uitdagings waarvoor landbou-ondernemings wat hul sakebedrywighede na opkomende ekonomieë wil uitbrei te staan kom.

Toe die Suid-Afrikaanse span oor hul ervaring uitgevra is, was die antwoord dat hulle op elke spanlid se sterk eienskappe en ondervinding gefokus het en net hul bes gedoen het. Hul raad aan toekomstige studentespanne is: ‘Dink buite die boks!’

Span Suid-Afrika, die wenners van die 12de IFAMA Internasionale Gevallestudiekompetisie. Van links: JW Swanepoel (Universiteit van die Vrystaat), Melissa van der Merwe (Universiteit van Pretoria), Heinrich Jantjies (Universiteit van Stellenbosch), en Johann Boonzaaier (Universiteit van Stellenbosch)

Melissa van der Merwe

UP-student deel van wenspan in 2017 IFAMA-gevallestudiekompetisie

SQUARED2 UP 11

Toekennings en Prestasies

Page 12: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika (ASSA) het sy jaarlikse RGA-prys vir die Beste Gepubliseerde Navorsing van 2016 aan navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) toegeken vir ’n artikel getitel ‘Systemic banking crisis early warning systems using dynamic Bayesian networks’. Die medeskrywers van die navorsing is dr Joel Dabrowski (voorheen nadoktorale genoot in die Departement Aktuariële Wetenskap), dr Conrad Beyers (Barclays Africa-leerstoel in Aktuariële Wetenskap, Departement Aktuariële Wetenskap) en prof Pieter de Villiers (Groephoof: Seinprosessering en Telekommunikasie, Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese).

Dr Beyers het ’n PhD in Wiskunde aan UP behaal en is as aktuaris gekwalifiseer deur die Instituut en Fakulteit van Aktuarisse. Prof De Villiers het sy PhD in Inligtingingenieurswese aan die Cambridge-universiteit behaal en spesialiseer in datawetenskaptoepassings in ingenieurswese en finansies.

Die navorsing dra by tot die groep metodologieë wat gemik is op die opsporing van finansiële krisisse voordat dit gebeur. Die literatuur oor vroeëwaarskuwingstelsels vir bankkrisisse is jare lank deur twee metodes oorheers, naamlik die seinekstraksiemetode en die logitmodelmetode. Hierdie metodes kan egter nie veranderinge in die finansiële stelsel oor tyd vasvang nie. In hierdie studie word Bayes-netwerke as sistemiese vroeëwaarskuwingstelsels vir bankkrisisse toegepas. Hierdie dinamiese Bayes-netwerke bied maniere om ’n stelsel se gedrag oor tyd te modelleer en dan die waarskynlikheid van ‘n dreigende krisis te raam. Die resultate toon dat die dinamiese Bayes-netwerkmodelle akkurater vroeë waarskuwings as die konvensionele metodes kan bied.

’n Voorbeeld van die toepassing van die model verskyn in die figuur hieronder. Finland se bankkrisisse van 1990-1995 en 2008 word voorspel. Die swart streep toon die waarskynlikheid van ’n krisis, die liggrys area toon die driejaartydperk wat tot ’n krisis lei, en die donkergrys area toon die tydperk van die krisis self.

Hierdie vroeëwaarskuwingstelsels kan nuttig wees vir sentrale banke, waar ’n vroeë ingryping beduidend daartoe kan bydra om finansiële krisisse en finansiële onstabiliteit te vermy. Aangesien die teoretiese metodes wat gebruik word van algemene aard is, kan die model potensieel ook nuttig wees in verskeie ander omgewings, insluitende individuele banke en beleggingsfondse.

Die studie is gedoen met steun van die Barclays Africa-leerstoel in Aktuariële Wetenskap, wat in 2013 ingestel is en sedertdien ’n toonaangewende sentrum vir aktuariële en risikonavorsing in Suid-Afrika geword het. Die Leerstoel het ’n sterk interdissiplinêre benadering en betrek navorsers en nagraadse studente vanuit verskeie vakgebiede, insluitende aktuariële wetenskap, bankreg, ekonomie, ingenieurswese, geowetenskappe (UP Natuurrampsentrum), wiskunde en statistiek. Die hooffokusgebiede van die Leerstoel is risikomodellering vir finansiële stelsels, kredietrisikomodellering (insluitende kredietgraderings) en finansiële toepassings van datawetenskap.

UP-navorsers ontvang RGA-prys van ASSA

Dr Conrad Beyers

SQUARED2 UP12

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 13: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die gradeplegtigheid op 6 September 2017 was ’n spesiale geleentheid vir die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling. Tydens hierdie plegtigheid het Melissa van der Merwe en Danie Jordaan, albei dosente in die Departement, hul Philosophiae Doctor-grade in Landbou-ekonomie ontvang.

In haar proefskrif, getitel ‘Asymmetric information, principal-agent behaviour and governance mechanisms in the South African lamb supply chain’, het dr Van der Merwe ondersoek na die ontwikkeling en sukses van nisskaapprodukte ingestel deur op kollektiewe reputasies, agentskapsteorieprobleme en die belyning van toepassings- en bestuursmeganismes in die Karoo-skaapvoorsieningsketting te fokus. Die Bill en Melinda Gates-stigting en die Suid-Afrikaanse Rooivleisnavorsings- en Ontwikkelingstrust het die navorsing befonds.

Die studie het vier joernaalreferate opgelewer, waarvan twee reeds vir publikasie aanvaar is met medeskrywers JF Kirsten en JH Trienekens. Die eerste een sal in die International Food and Agribusiness Management Review verskyn as ‘The Karoo Meat of Origin certification scheme: A silver bullet‘, en die ander een in Agricultural Economics as ‘Information sharing as a safeguard against the opportunistic behaviour of South African Karoo Lamb farmers’. Op ’n vraag oor haar drome vir die toekoms het dr Van der Merwe gesê: ‘Ek beleef reeds my droom. Ek is so passievol om studente te onderrig en oor die persoonlike ontwikkeling van my studente dat ek nie kan dink ek sal ooit iets anders doen nie. Dit gebeur nie dikwels dat jy ’n werk het waaroor jy mal is nie, en wat so baie tot die samelewing bydra.’

In dr Jordaan se proefskrif, getitel ‘Agribusiness value chain fragility and coordination strategies: Case studies of South African value chains‘, kom hy met ‘broosheid’ vorendag as ’n verskynsel in agrisakekettings. Volgens dr Jordaan kry agrisakekettings te doen met toenemende

wisselvalligheid, kompleksiteit en onsekerheid wat hulle toenemend kwesbaar maak vir opeenvolgende en plofbare gevolge. In die studie is ’n goue draad gekry van kritieke elemente wat die broosheid van die oorkoepelende ketting raak, terwyl ander elemente die broosheid van bepaalde rolspelers in die ketting raak as gevolg van hul unieke eienskappe. Die Bill en Melinda Gates-stigting en die Suid-Afrikaanse Rooivleisnavorsings- en Ontwikkelingstrust het ook hierdie navorsing befonds.

Twee referate uit dr Jordaan se navorsing word tans vir publikasie in internasionale portuurbeoordeelde joernale oorweeg. As ’n ontluikende akademikus in landbou-ekonomie en agrisake is dr Jordaan se visie om sy akademiese profiel te versterk, die Departement se navorsingsprofiel in agrisake te vergroot en op ’n sinvolle wyse tot die kontinentale agrisakediskoers by te dra. Sy onmiddellike ambisie is ’n nadoktorale genootskap om meer navorsingsuitsette en projekte vanuit die PhD-proefskrif na die akademiese hoofstroom teweeg te bring. Hy is passievol oor kapasiteitbou, en hy waardeer dit om onderrig te gee in die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, asook in die Samewerkende Magister in Landbou en Toegepaste Ekonomie-program. Met die oog daarop om die Departement en die Universiteit se profiel te verhoog, is hy gedrewe om skakels met agrisakeondernemings, universiteite en navorsingsnetwerke op die vasteland te ontwikkel ten einde ’n kontinentale navorsings- en uitreikagenda te bevorder.

Die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling is trots daarop om dr Van der Merwe en dr Jordaan as lede van sy span te hê, en die Departement is opgewonde oor hul bydraes tot die Universiteit van Pretoria se missie in die strewe na erkenning en uitnemendheid in sy kernfunksies – navorsing, onderrig en leer.

Een departement – twee nuwe PhD’s

Dr Melissa van der Merwe Dr Danie Jordaan

SQUARED2 UP 13

Toekennings en Prestasies

Page 14: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die wêreld se eerste konferensie oor sorghum in meer as 30 jaar sal in April 2018 gesamentlik deur Kansas State-universiteit, VSA, se Feed the Future Innovation Lab vir medewerking in navorsing oor sorghum en manna en die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied word.

Prof John Taylor en dr Janet Taylor van die Departement Verbruikers- en Voedselwetenskap dien onderskeidelik as voorsitter en sekretaris van die plaaslike Suid-Afrikaanse organisasiekomitee vir hierdie konferensie met die tema ‘Sorghum in the 21st Century: Food, Feed and Fuel in a Rapidly Changing World’.

Die sorghumkonferensie sal alle aspekte van sorghum dek, insluitend genomika, verbouing, agronomie, voedselwetenskap- en tegnologie, diervoeding, biobrandstowwe, kleinskaalse en ontluikende kommersiële sorghumboerdery, menslike voeding en gesondheids-, markontwikkelings-, asook bedryfs- en verbruikersbehoeftes.

Sorghum, die wêreld se vyfde belangrikste graangewas, is inheems aan Afrika en is besonder goed aangepas vir verbouing in Afrika se droë en subtropiese omgewing. Sorghum is ʼn hoogs veelsydige gewas, asook ʼn voedsame, tradisionele graanstapel vir voedsel en drankies en nou ook ʼn spesialisvoedselgraan, en graan- en biomassabron van veevoer en biobrandstof.

Die fokus van die konferensie is op die unieke kenmerke van sorghum en hoe dit kan help om die dreigende bekommernisse van die een-en-twintigste eeu aan te spreek, insluitend voedsel- en voedingsekuriteit, klimaatsverandering, hernubare energie en omgewingsvolhoubaarheid.

Prekers by die konferensie sluit in prof Gebisa Ejeta, sorghumverbouer van Purdue-universiteit en wenner van die 2009 wêreldvoedselprys, proff David Jordan en Emma Mace van die Universiteit van Queensland wat die genoomvolgorde van 40 verskillende tipes sorghum bepaal het, en prof Joseph Awika van Texas A&M-universiteit, ʼn kenner op die gebied van gesondheidsbevorderende eienskappe van sorghum.

Ander personeel van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe wat by die reël van die konferensie betrokke is, sluit in proff Sheryl Hendriks, Gyebi Duodu, Riëtte de Kock en Naushad Emmambux. Mnr Abadi Mezgebi, ʼn PhD-student van Ethiopië, is ʼn lid van die subkomitee vir die konferensie se studenteafdeling.

Vir verdere inligting kontak John direk by 012 420 4296, óf stuur ʼn e-pos aan [email protected] óf besoek die webwerf van die Wêreldkonferensie oor Sorghum by https://21centurysorghum.com

UP mede-aanbieder van Internasionale Konferensie oor Sorghum in 2018

Prof John TaylorDr Janet Tayor

SQUARED2 UP14

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 15: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling het besonder goed presteer op die jaarlikse konferensie van die Landbou-ekonomievereniging van Suid-Afrika (AEASA), wat in September in Durban gehou is. Nie net is meer as ’n derde van die aanvaarde mondelinge referate deur personeel en studente van die Universiteit van Pretoria (UP) gelewer nie, maar die span van Pretoria het ook talle pryse verower.

Lede van die Departement se doseerkorps het die eerste en die tweede prys vir beste referate gewen. Dr Danie Jordaan het die eerste prys gekry vir sy referaat getitel “Measuring the fragility of agribusiness value chains: A case study of the South African lamb chain‘, en dr Melissa van der Merwe het die tweede prys ontvang vir haar referaat, ‘Investing in collective reputation: Sheep farmers, geographic indicators and collective action in the Karoo, South Africa’.

Ander UP-prestasies sluit in toekennings vir die beste referaat wat deur ’n PhD-student aan die konferensie voorgelê is, deur Colleta Gandidzanwa, en vir die beste gepubliseerde artikel in die joernaal Agrekon. Laasgenoemde referaat handel oor vraagelastisiteite in

UP-landbou-ekonome room van die oes by AEASA

die Suid-Afrikaanse vleisbedryf en is deur Delport, Louw, Davids, Vermeulen en Meyer in Agrekon 56(1) gepubliseer in hul hoedanigheid as navorsers in die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid. Tracy Davids het die tweede prys vir die beste gepubliseerde artikel gekry, vir haar werk oor die mededingendheid van die Suid-Afrikaanse braaikuikenbedryf. Die toekenning vir die beste plakkaataanbieding is gemaak aan die UP-span, befonds deur die Landbounavorsingsraad, vir hul datareddingswerk ter nagedagtenis aan wyle dr Frikkie Liebenberg, wat baanbrekerswerk op hierdie gebied gedoen het.

Verder het prof Sheryl Hendriks erkenning ontvang vir haar beduidende bydrae tot die impakfaktor van die Vereniging se joernaal Agrekon, aangesien referate met haar as skrywer en medeskrywer 55% van die joernaal se impakfaktoraanhalings vir 2016 bygedra het.

Op dieselfde byeenkoms is prof Ferdi Meyer tot die Vereniging se nuwe visepresident verkies.

Die Departement is trots daarop dat hul harde werk vrug dra en dat studente en personeellede verseker dat Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria sinoniem met uitnemendheid is.

Van links: Prof Meyer, me Davids, me Louw, dr Van der Merwe, prof Machethe, dr Jordaan, me Gandidzanwa en me Mamabola.

SQUARED2 UP 15

Toekennings en Prestasies

Page 16: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Span Tukkies is vir die vierde opeenvolgende jaar onoorwonne na die Veeplaas-studentevasvra op die 50ste jaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (South African Society for Animal Science – SASAS).

Die vasvra is ’n gereelde item op die kongres en is oop vir alle Veekunde departemente aan Suid-Afrikaanse universiteite. Elke span het drie deelnemers, wat finalejaarstudente in Veekunde of besig met nagraadse studie (MSc-vlak) in Veekunde moet wees. Alle deelnemers moet jonger as 25 jaar wees.

Vrae gaan oor reproduksie, fisiologie, voeding, teling en genetika by diere, en toegepaste dierewetenskap. Na die eerste ronde vorder die drie spanne met die hoogste tellings na die eindronde, waar vrae aan elke span individueel gestel word. Die span wat in die eindronde die meeste vrae korrek beantwoord, wen die vasvra.

Wenners van 2017 se SASAS Veeplaas-studentevasvra (Stockfarm-tydskrif). Van links: Span Tukkies: Reinhardt Steyn, Jani de Vos en Matthew Hughes.

Tukkies wen vierde SASAS Veeplaas-studentevasvra

‘Die verpersoonliking van ʼn goeie en inspirerende dosent’ en ‘hy bring altyd opwinding in die klas in en toon deursettingsvermoë en passie vir sy vakgebied.’ Dit was maar enkele van die opmerkings deur studente wat mnr Nick de Beer, dosent in Chemie, as die Beste Eerstejaardosent in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) op 1 Desember 2017 aangewys het.

“In sy klasse stel hy studente voor intellektuele uitdagings en gee talle voorbeelde om op ons eie te gaan doen wat hy dan in die volgende klas bespreek,” was nog ʼn student se waarneming oor mnr de Beer se vermoëns as eerstejaardosent.

Hierdie Toekenning is deur die Fakulteit se studentehuis, NATHouse, van stapel gestuur ter erkenning van die ekstra moeite wat die eerstejaardosente met hul onderrig-en-leer-aktiwiteite doen. Volgens dr Quenton Kritzinger, beskermheer van NATHouse: “hul pogings word werklik deur die studente waardeer en hierdie Toekenning dien as aansporing vir die dosente.”

Nick de Beer aangewys as Beste Eerstejaardosent in NLW

Daar was ook opregte dankbetuiging aan NATHouse se lede van die uitvoerende komitee vir hul moeite met die reëlings (onder andere, die bemarking, verkryging van nominasies en die stemproses) wat met die Toekenning gepaard gegaan het.

Die ander genomineerdes vir die Toekenning was: dr Kershney Naidoo (Genetika), dr Rory Biggs (Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), dr Damilola Momodu (Fisika), dr Nina Strydom (Statistiek), dr Janet van Niekerk (Statistiek), mnr Johan Janse van Rensburg (Fisika) en dr Jan Harm van der Walt (Wiskunde en Toegepaste Wiskunde).

Dr Quenton Kritzinger (NATHouse-beskermheer), Joseph Ocailap (Visevoorsitter en Tesourier: NAThouse), prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en mnr Nick de Beer.

SQUARED2 UP16

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 17: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Twee wetenskaplikes van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW)is onlangs by die Vroue in Wetenskap-toekennings (WISA 2017) vereer, wat deur die Minister van Wetenskap en Tegnologie Naledi Pandor aangebied is. Prof Riette de Kock het die Vooraanstaande Vrouenavorser: Navorsing en Innovasie-toekenning ontvang, terwyl me Andrea Wilson, ‘n PhD student in die Departement Genetika en FABI, ‘n DWT-beurs ontvang het.

Die toekennings gee erkenning vir die prestasies van prominente vroulike wetenskaplikes en verskaf motivering vir die verhoogde deelname van vroulike wetenskaplikes in navorsing. Die tema vir WISA 2017 is ‘Vroue se ekonomiese bemagtiging in die veranderende

Twee NLW-wetenskaplikes word by Vroue in Wetenskap-toekennings 2017 vereer 

wêreld van werk’ (in ooreenstemming met die Verenigde Nasies Kommissie vir die Status van Vroue-prioriteitstema vir 2017).

Prof De Kock is ‘n medeprofessor in Voedselwetenskap aan UP. Haar navorsing fokus op die optimalisering van die sensoriese eienskappe van voedsel en drank wat tot die voedingstatus en welstand van verbruikers in Afrika suid van die Sahara bydra.

‘Dit is vir die Universiteit van Pretoria ‘n eer dat ons vroulike wetenskaplikes, asook studente, met hierdie gesogte toekennings vereer word. Ons wens hulle almal geluk met hul harde werk en toewyding tot uitnemendheid,’ het prof Stephanie Burton, Viserektor vir Navorsing en Nagraadse Studies gesê.

Prof Riëtte de Kock Me Andrea Wilson

SQUARED2 UP 17

Toekennings en Prestasies

Page 18: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Twee nagraadse studente van die Fakulteit Natuur- en Landbou-wetenskappe (NLW), mnr Marc W van Goethem, ’n finalejaar-PhD-student in die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (CMEG), en me Hilde von Grüning, ’n MSc-student in die Malaria Molekulêre Parasitologie-laboratorium, was onder die top 100 studente in die roemryke GradStar-toekennings vir 2017. Dertig studente van die Universiteit van Pretoria is gekies.

Mnr Van Goethem het die volgende gesê: “Hierdie toekenning beteken vir my baie. Eerstens wil ek die verskeie borge van die toekennings bedank vir hul steun om ons met die mentors in die bedryf te laat skakel en om so ’n wonderlike konferensie aan te bied. Ek het ’n wonderlike ervaring in die Gradstar-program gehad, en ek sal volhard in my wetenskaplike navorsing en wil studente meer oor die wetenskap deur middel van verskillende wetenskap-kommunikasieplatforms leer.”

Me Von Grüning is ’n MSc-student in die Malaria Molekulêre Parasitologie-laboratorium onder die SARChI-leerstoel in Volhoubare Malariabeheer met prof Lyn-Marie Birkholtz in die Departement Biochemie en ook ’n lid van die Universiteit van Pretoria Instituut vir Volhoubare Malariabeheer (UP IVMB). Haar MSc-werk is getiteld “CRISPR/Cas9 mediated deletion of genes encoding putative cell cycle regulators in Plasmodium falciparum”. In hierdie studie is sleutelreguleerders van die atipiese selsiklus van die parasiet P. falciparum geïdentifiseer en vervolgens met gebruik van die beroemde CRISPR-genoomredigeringsinstrument geneties gemodifiseer. Dit is gedoen om te bewys dat hierdie regulerende elemente noodsaaklik vir die oorlewing van parasiete is en derhalwe in toekomstige chemiese ingrypings geteiken kan word.

Twee NLW-nagraadse studente ontvang Gradstar-toekennings

Die invloedryke GradStar-toekennings 2017 verleen erkenning aan Suid-Afrika se top 100 talentvolle universiteitstudente wat nie net akademies uitblink nie, maar ook leierskap en betrokkenheid in hul onderskeie gebiede openbaar. Studente is geïdentifiseer op grond van ’n streng vier-fase-beoordelingsproses met behulp van werkvelle, mondelinge aanbiedings en vraelyste. Die kriteria sluit in die kandidaat se vermoë om logies en lateraal te dink en om probleme op te los, sy of haar gesindheid, altruïsme en kommunikasievermoë. Die geleentheid, wat deur BlackBark-produksies aangebied is, het gedurende September 2017 by die Indaba Hotel, Spa & Konferensiesentrum plaasgevind.

Studente en potensiële werkgewers is met mekaar in kontak geplaas sodat tersaaklike onderwerpe en aktuele sake as deel van werksessies en skakelsessies bespreek kon word. Vername persone wat teenwoordig was, was die merkwaardige GradStar-beskermheer en motiveringspreker (en hoofspreker) dr David Molapo, asook SA se jongste parlementslid Hlomela Bucwa, wat albei begeesterde toesprake gelewer het oor die aangryp van die lewe se geleenthede, aktiewe deelname aan die samelewing se bedrywighede en die baan van ’n weg na oplossings vir SA se toekomstige uitdagings. Maatskappye wat betrokke was, sluit in Fasken Martineau, FNB, Comair, PWC en Khonology. Dit het die studente die geleentheid gebied om nie net onderling te skakel en van die bedryfsektore te leer nie, maar ook die ontvangers van die RisingStar-toekennings te ontmoet en mentors te identifiseer.

Vir meer inligting oor die GradStar-toekennings, besoek http://gradstar.co.za/ asook die amptelike Facebook-blad by https://www.facebook.com/GradStarSA/.

Mnr Marc W van Goethem Me Hilde von Grüning

SQUARED2 UP18

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 19: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

UP-alumna ontvang gesogte Britse Statebond-studiebeurs 

Me Estine Clasen, ‘n alumna van die Universiteit van Pretoria (UP), het ‘n Britse Statebond-studiebeurs vir die 2017-inname ontvang. Sy studeer tans vir ‘n MSc in biotoestelle aan die Universiteit van Southampton in die VK.

Me Clasen het in 2009 met ‘n BSc (Veterinêre Biologie) begin maar het na ‘n BSc (Biotegnologie) oorgeskakel en die graad in 2011 behaal. In haar finale jaar het sy ook ‘n jaarlange mentorskapprogram aan UP se Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) voltooi, waar sy dit geniet het om te leer oor die daaglikse aktiwiteite van werk in die natuurwetenskappe.

Die jaar daarna het sy vir ‘n BIng (Elektroniese Ingenieurswese) aan UP ingeskryf, en sy het hierdie kwalifikasie in 2016 behaal. Haar finalejaarprojek vir hierdie tweede graad, wat in samewerking met die WNNR gedoen is, het haar ‘n geleentheid gebied om in hul laboratoriums met opwindende tegnologieë en toerusting te werk. Dit het bygedra tot haar begeerte om haar studie voort te sit en biologiese wetenskappe en elektroniese ingenieurswese te kombineer. ‘My kennis van biotegnologie, biochemie, genetika en mikrobiologie, saam met vaardighede in elektroniese ingenieurswese, plaas my in ‘n unieke posisie om biologiese probleme deeglik te verstaan en ingenieurswese-oplossings vir hierdie probleme te kry,’ verduidelik sy.

Sy het vir die Statebondsbeurs aansoek gedoen, met UP as haar benoemingsagentskap, en sy sê haar studieleier sedert 2016, dr Trudi-Heleen Joubert, het haar die hele tyd ondersteun. ‘Ek het dr Joubert in 2015 genader om meer oor haar navorsingsgroep uit te vind en my finalejaarprojek saam met haar te doen. Ek het toe al vir haar gesê ek wil baie graag my magistergraad in die VK gaan doen. Sy het my gesteun in die proses van aansoek doen by universiteite in die VK en ook met my beursaansoeke.’

Me Clasen beskryf haar tyd by UP as ‘n interessante reis, veral die oorgang van natuurwetenskappe na ingenieurswese, wat volgens haar meer verskil het as wat sy verwag het. ‘Dit was nie altyd maklik nie, maar as ek alles kon oordoen, sou ek dieselfde opvoedkundige baan gevolg het. Ek glo dat elke keuse in die lewe ‘n verskil maak, en ons moet besluit of die verskil wat ons elke dag maak, positief of negatief sal wees. Om nie te besluit om iets te doen nie, is ook ‘n keuse, dikwels met dieselfde gevolge as om iets drasties te doen. Ek probeer om elke dag te laat saak maak deur eenvoudig vorentoe te beweeg, al is dit party dae baie klein treetjies, in die rigting van my drome en om ‘n positiewe invloed te hê. As ek terugkyk na my jare by UP, kan ek nou sien dat elke dag saak gemaak het, en dat ek hierdie nuwe geleentheid nie sou gekry het sonder om oor die afgelope paar jaar elke dag stap vir stap daarvoor te werk nie,’ sê sy.

Die Statebondstudiebeurs en -genootskapsplan is een van die grootste en mees gesogte beursskemas vir internasionale studie ter wêreld. Sedert dit in 1959 ingestel is, het nagenoeg 30 000 individue baat gevind daarby, en ongeveer 25 000 van hulle het toekennings gekry wat deur die Britse regering befonds en deur die Statebondstudiebeurskommissie in die VK bestuur word. Die

Statebondsmagisterbeurs verskaf aan ontvangers 12 maande ondersteuning ter voltooiing van ‘n voltydse gedoseerde nagraadse kwalifikasie aan ‘n kwalifiserende Britse universiteit, en dek ook studente se reiskoste na en van die VK, klasgeld, eksamengeld, ‘n persoonlike onderhoudstoelae om hul verblyf en lewenskoste te dek en, indien van toepassing, ‘n bedrag om die koste verbonde aan die skryf van ‘n proefskrif of verhandeling te dek. Na afloop van die beurs moet Suid-Afrikaanse studente terugkeer en in hierdie land bly vir ‘n tydperk van ten minste vyf jaar.

Ontvangers van hierdie gesogte beurse moet aan streng keuringsmaatstawwe voldoen, met besonder klem op die akademiese meriete van kandidate, die kwaliteit van hul navorsingsvoorstelle en die waarskynlike impak van die voorgestelde werk op die ontwikkeling van hul tuislande. Kandidate is ook daarvoor verantwoordelik om toelating tot hul gekose instellings in die VK te verkry voordat hul beursaansoeke ingedien word.

Statebondsbeurse en -genootskappe in die VK vir aansoekers uit ontwikkelende Statebondslande, soos Suid-Afrika, word deur die Britse departement vir internasionale ontwikkeling befonds, met die doel om tot die VK se internasionale ontwikkelingsoogmerke en breër oorsese belange by te dra deur uitnemendheid in Britse hoër onderwys te steun en die Statebondsbeginsels te bevorder.

Me Leanne van Zyl, bestuurder van nagraadse studiebeurse aan UP, koördineer die adverteer, administrasie en voorlopige keuring van aansoeke vir hierdie toekennings. Die voorlopige lys van suksesvolle kandidate van UP word aan Universiteite Suid-Afrika gestuur vir die nasionale keuringsproses, waarna ‘n finale lys van kandidate aan die Stigting voorgelê word vir finale keuring.

Klik hier vir meer inligting oor internasionale beursgeleenthede tot beskikking van UP-studente.

Ms Estine Clasen

SQUARED2 UP 19

Toekennings en Prestasies

Page 20: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Universiteit van Pretoria (UP) het ‘n lang en trotse tradisie as een van die hoofborge van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes. Die 2017 Expo-borgskap van 3 tot 6 Oktober in Johannesburg was geen uitsondering nie. Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) het twee beurse ter waarde van R48 000 aan vyf leerders in graad 11 en graad 12 toegeken.

Die Expo, wat deur dr Derek Gray geïnisieer en 37 jaar gelede by UP van stapel gestuur is, groei steeds en word deur die departemente Openbare Ondernemings, Wetenskap en Tegnologie en Basiese Onderwys ondersteun en onderskryf. Leerders van graad 7 tot 12 kry jaarliks die geleentheid om hul wetenskapprojekte in baie verskillende kategorieë ten toon te stel.

Die Expo is op 5 Oktober vir die publiek oopgestel en ouers en ander belangstellendes het die geleentheid gekry om toekomstige wetenskaplikes en ander innoveerders se vindingryke projekte te besigtig. UP-personeel kon ook met opvoeders, ouers en leerders gesels en vir hulle meer inligting gee oor die verskillende graadprogramme wat beide fakulteite aanbied.

Benewens die UP Derek Gray Award het NLW twee beurse van R24 000 elk toegeken. Me Thajna Sweparsad van Ladysmith Hoërskool in Noord-KwaZulu-Natal het ‘n beurs vir haar projek getitel A novel approach to economically rehabilitate degraded ecosystems ontvang. Me Ntombizonke Nsibande van die Hoërskool Hlamvana in KwaZulu-Natal Noordkus se beurs is vir haar projek getitel Colocation esculent (amadumbe) nutritious flour in die kategorie Voedselwetenskap, Voedseltegnologie en Gesond Eet toegeken.

Die jong wetenskaplikes is almal geesdriftig oor hul projekte en wil graag sien dat hul innovasies in die toekoms geïmplementeer

word. Die Departement Wetenskap en Tegnologie se direkteur-generaal, dr Phil Mjwara, het al die wenners wat Suid-Afrika by die internasionale wetenskapskou verteenwoordig, gelukgewens en ander deelnemers aangemoedig om nie hul projekidees te laat vaar nie.

Die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes se uitvoerende direkteur, mnr Parthy Chetty, het beklemtoon dat al die beoordelaars en personeel aan diens by die Expo vrywillig en onbaatsugtig hul tyd opgeoffer het om wetenskapopvoeding te bevorder en die potensiaal van die leerders ontwikkel

.

UP ondersteun Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes met beurse 

Bo: Me Thajna Sweparsad Onder: Me Ntombizonke Nsibande

SQUARED2 UP20

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 21: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

UP is gasheer vir Praktyks-gemeenskap vir die uitwissing van malariaDie Universiteit van Pretoria (UP) sal as gasheer optree vir die eerste praktyksgemeenskap wat spesifiek op die uitwissing van malaria toegespits sal wees en wat by die UP Instituut vir Volhoubare Malariabeheer (UP IVMB) gesetel sal wees. Hierdie inisiatief van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) is ‘n poging om maniere te voorsien waarop geïntegreerde trans- en veeldissiplinêre oplossings geïmplementeer kan word om aandag te skenk aan samelewingsuitdagings en uiteindelik deur bewysgebaseerde navorsingsbevindinge veranderings in die lewens van Suid-Afrikaners teweeg te bring. Die doelwit wat praktyksgemeenskappe graag wil bereik is om navorsinggedrewe, innoverende oplossings te voorsien wat beleidsontwikkeling sal inlig en lei, en navorsingsuitsette om te sit in tasbare uitkomste met maatskaplike en/of ekonomiese gevolge.

Die voorgestelde Praktyksgemeenskap vir die Uitwissing van Malaria sal die huidige kundigheid van vyf Suid-Afrikaanse DWT/NNS-navorsingsleerstoele (SARChI) by vier van die vooraanstaande navorsingsintensiewe universiteite in die land inkorporeer. Onder hulle is prof Lyn-Marie Birkholtz van die Universiteit van Pretoria, die huidige bekleër van die Leerstoel in Volhoubare Malariabeheer in die Departement

Biochemie, wat die nuwe praktyksgemeenskap sal lei. Prof Birkholtz is ook onlangs ingelig dat haar SARChI-aanstelling met ingang 2018 vir ‘n verdere tydperk van vyf jaar verleng sal word.

Suid-Afrika hoop om malaria binne die volgende vyf jaar uit te wis, en dit sal gesamentlike en gefokusde navorsing en operasionele pogings vereis. Volgens prof Birkholtz bevind navorsers in Suid-Afrika hulle in ‘n unieke situasie, aangesien verskeie navorsingsaktiwiteite in die land, wat verskeie SARChl-leerstoele insluit, reeds die uitwissingstrategie ondersteun. ‘Strategies maak dit sin om die aansienlike beskikbare kundigheid in dié verband saam te voeg tot ‘n gefokusde praktyksgemeenskap wat aan ons die nodige getalsterkte sal gee om vooruit te beweeg met die Suid-Afrikaanse agenda vir die uitwissing van malaria,’ sê sy.

Die praktyksgemeenskap sal fokus op intervensiestrategieë vir die uitwissing van malaria, onder andere die ontdekking van nuwe geneesmiddels (prof Kelly Chibale, Universiteit van Kaapstad, Leerstoel in Ontdekking van Geneesmiddels) wat gebruik word saam met geoptimaliseerde leweringstelsels (prof Bert Klumperman, Universiteit Stellenbosch, Leerstoel in Gevorderde Makromolekulêre Argitekture) teen beide malariaparasiete (prof Lyn-Marie Birkholtz, UP, Leerstoel in Volhoubare Malariabeheer) en muskietvektore (prof Maureen Coetzee, Universiteit van die Witwatersrand, Leerstoel in Mediese Entomologie en Vektorbeheer) en binne ‘n malaria-uitwissingsomgewing gemodelleer word (prof Jacek Banasiak, UP, Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Biowetenskappe en Bioingenieurswese). Die praktyksgemeenskap sal hierdie interaksies integreer en formaliseer en sal vir die eerste keer navorsingspogings in Suid-Afrika koördineer met die oog op die ontdekking van geneesmiddels wat die uitwissing van malaria moontlik sal maak. Die praktyksgemeenskap se betekenis en innovasie is dus veranker in sy strategieë wat toegespits word op die ontdekking van geneesmiddels wat malaria kan uitwis deur oplossinggeoriënteerde navorsing wat sal lei tot innovasies wat oplossings bied vir samelewingsuitdagings in Suid-Afrika.

Die Praktyksgemeenskap vir die Uitwissing van Malaria het die potensiaal om oor die volgende paar jaar ‘n beduidende bydrae te lewer tot die uitwissing van malaria in Suid-Afrika (en die streek) deur nuwe gesondheidsinnovasies te voorsien en strategiese besluite te beïnvloed. Daarbenewens sal die interdissiplinêre en geïntegreerde aard van die navorsing wat deur die praktyksgemeenskap onderneem word ook lei tot die opleiding van ‘n nuwe generasie Suid-Afrikaanse wetenskaplikes in die implementering van strategieë om siektes uit te wis.

Volgens prof Tiaan de Jager, Direkteur van die UP IVMB en die MNR se Samewerkende Sentrum vir Malariabeheer, was die trans- en veeldissiplinêre benadering van die UP IVMB uiters geslaagd. Hy het daarop gewys dat die praktyksgemeenskap dit ‘n stap verder gaan voer deur die denkleiers in die land in die stryd teen malaria byeen te bring en het bygevoeg dat hy trots is op die feit dat UP as gasheer vir die Praktyksgemeenskap vir die Uitwissing van Malaria gaan optree, wat die goeie werk wat deur prof Birkholtz se SARChI-leerstoel gedoen word weerspieël.

Prof Lyn-Marie Birkholtz

SQUARED2 UP 21

Toekennings en Prestasies

Page 22: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

“Moenie toelaat dat jou agtergrond jou toekoms bepaal nie. Droom groot en moenie huiwer om nuwe gebiede te ondersoek nie.” Dit is die wyse woorde van mej Fhatuwani Nemakhavhani (26) wat onlangs die eerste swart vroulike aktuaris was wat ooit by die Universiteit van Pretoria (UP) afgestudeer het.

Fhatuwani is ‘n sterk en moedige jong vrou afkomstig van die dorpie Tswinga, wat sowat agt km van Thohoyandou in die Limpopo-provinsie geleë is. In 2009, as ‘n jong matrikulant, het sy op eie houtjie per bus na Pretoria gereis om vir haar studies in Aktuariële Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria in te skryf.

Met ʼn glimlag verduidelik sy, sy het die busrit na Pretoria minder skrikwekkend ervaar as toe sy in haar matriekjaar vir haar onderhoud om vir ʼn beurs aansoek te doen by die Suid-Afrikaanse Aktuaritsontwikkelingsprogram (South African Actuaries Development Programme, SAADP)* na die Universiteit van Witwatersrand moes gaan, waar sy op haar eie haar weg na Wits moes baan van Johannesburg se Parkstasie af. “Dit het my werklik hare op my tande gegee.”

Fhatuwani het versot geraak op Wiskunde toe sy ‘n geleentheid gebied is om in te skryf vir graad 9 en 10 by Allen Glen High School in Johannesburg. Sy was tydelik onder die sorg van haar ma se werkgewer wat destyds in Gauteng gewoon het. “Ek moes aanpas om al my vakke

in Engels te leer – dit was ‘n groot kulturele en taalverandering. Maar sodra ek Wiskunde gesnap het, het ek besef dat ek nie Engels volmaak hoef te bemeester om in Wiskunde te presteer nie. Ek het goed gevaar in Wiskunde, en in Graad 10 het ek tweede plek in Wiskunde in my graad behaal. Ek het besef dat ek so versot was op Wiskunde dat ek ‘n loopbaan daarvan kon maak.”

“In Graad 11 het ek teruggekeer na my voormalige hoërskool, Marude Sekondêre Skool in Venda, om my hoërskoolloopbaan te voltooi en was nou ‘n toppresteerder in Wiskunde. Van die eerste kwartaal in graad 11 af tot ek gematrikuleer het, het ek eerste gestaan in my klas. Matriek was nogtans vir my ‘n uitdagende jaar omdat ek nie geweet het wat ek op universiteit gaan studeer nie, afgesien van of ek hoegenaamd die geleentheid sou hê om toegang te verkry tot tersiêre opleiding. My moeder, ‘n huiswerker, was nie in staat om vir my tersiêre opleiding te betaal nie, wat beteken het dat ek my tot ander middele sou moes wend om my studies te finansier. Dit het my aangemoedig om hard te studeer en op my boeke te fokus met die hoop om genoeg punte te behaal om ‘n beurs te ontvang.”

“Dit was ’n gelukskoot dat ek genooi is om Limpopo se matriek-somerkamp by te woon. Dit is georganiseer deur die Thuthuka-program en die Departement Wetenskap en Tegnologie. Dit was daar dat ek twee baie belangrike dokumente ontvang het wat ʼn omwenteling in my lewe

Fhatuwani Nemakhavhani – die eerste swart vroulike aktuaris uit UP se geledere

Me Fhatuwani Nemakhavhani

SQUARED2 UP22

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 23: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

te weeg sou bring. Die eerste was ‘n beursaansoekvorm van SAADP om Aktuariële Wetenskap te studeer. Op hierdie stadium het ek nie eens geweet waaroor Aktuariële Wetenskap gaan nie. Al wat ek geweet het, was dat jy goed in Wiskunde moes wees en goeie punte in Engels moes behaal om die kursus te kan doen. Tydens die kamp het ek ook ‘n senior studente-adviseur van UP, mnr Fred Ratshisevhe, ontmoet, wat my voorsien het van UP se toelatingsaansoekvorm wat uiteindelik die enigste universiteit sou wees waarvoor ek aansoek gedoen het. Aan die einde van 2009 was ek die eerste student in my skool se geskiedenis om Wiskunde met ʼn punt van 100% te slaag. Ek is ook genooi om die provinsiale matriektoekenningsfunksie in Polokwane by te woon.”

Ten spyte van haar uitstekende matriekuitslae, is Fhatuwani ongelukkig nie die SAADP-beurs toegeken nie. Vir die17 jarige was dit verpletterende nuus, maar dit het haar nie daarvan weerhou om by UP te studeer nie. “Ek het gevoel dat ek in die steek gelaat is, en was op die punt om my drome prys te gee om universiteit toe te gaan omdat ek geen geld gehad het nie.” Maar ‘n belangrike oproep het van Fred gekom, terwyl sy tuis was, wat haar die goeie nuus gegee het dat sy aanvaar is om Aktuariële Wetenskap aan UP te studeer. Dit was nie die goeie nuus waarvoor Fhatuwani gehoop het nie, maar toe Fred hoor dat sy ‘n beurs geweier is, het hy ʼn baken van hoop vir haar geword en deur sy aanmoediging en hulp is sy in Asterhof-koshuis opgeneem, en het sy ʼn lening van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) ontvang. “Ek het myself belowe dat ek hard sou werk en almal verkeerd bewys en ‘n plek in SAADP sou verdien. Na die eerste semester het ek vier onderskeidings van my sewe vakke gekry en toe het die SAADP my ‘n volle beurs vir my onderrig en koshuisgeld gegee “

In haar tweede jaar het Fhatuwani ook ‘n Golden Key-lid geword en is gekies as lid van UP SIFE (Studente in Vrye Onderneming – nou bekend as Enactus) waarvan die doel is om oplossings te vind vir probleme wat studente op kampus ervaar. In haar voorgraadse studie het sy ook ‘n toekenning ontvang ter erkenning vir die feit dat sy ál haar Statistiekmodules van eerstejaar tot derdejaar met lof geslaag het. Sy het einde 2011 haar baccalaureusgraad voltooi en was die enigste swart Suid-Afrikaner in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe om haar graad in Aktuariële Wetenskap met lof (cum laude) te verwerf.

“In 2012 het ek vir my honneursgraad in Aktuariële Wetenskap ingeskryf. Tydens my honneursjaarstudies het ek ander SAADP-studente onderrig terwyl ek ook ʼn assistentlektor was in Statistiek. Daarby was ek ook die adjunkpresident van die Studentevereniging van die Vereniging van die Suid-Afrikaanse Swart Professionele Aktuarisse (ASABA), en tesourier van die Kampuskruistog vir Christus.

“Ek is ewig dankbaar vir die geleentheid om by UP te studeer, en vir my vriende se ondersteuning en mentorskap. Ek was baie kieskeurig met die keuse van vriende, want ek moes op my studies fokus en seker maak om reg te laat geskied aan my beurs. Een van my beste vriende was Emily Ngu (Mbatu), ‘n meisie uit Kameroen, wat besonder skrander was en ʼn agtergrond soortgelyk aan my eie gehad het, en ons het besonder goed oor die weg gekom. Die biblioteek was ons tweede tuiste gedurende ons universiteitsjare,” het sy erken.

Fhatuwani erken ook die rol van me Refilwe Lehobo van UP SAADP, wat in haar akademiese en persoonlike lewe ‘n belangrike rol gespeel het.

Nadat sy haar honneursgraad behaal het, het sy in 2013 by Liberty Life as aktuariële ontleder begin. Sy is in 2015 tot senior aktuariële ontleder bevorder en daarna het sy die rol van spesialis aktuariële ouditeur onderneem. In Julie 2017, op 25-jarige ouderdom, het Fhatuwani haar finale aktuariële eksamen geslaag om ‘n dubbelkwalifikasie te behaal, naamlik: FASSA (Fellow of the Actuarial Society of South African) en CERA (Certified Enterprise Risk Management Actuary). Sy werk tans vir ABSA Life in die Kapitaal- en Balansbestuurspan.

“Ek het altyd geweet dat daar iets groter in my toekoms was, ten spyte van alles wat teen my gestapel was,” het Fhatuwani verduidelik toe sy gevra is oor haar sukses op so jong ouderdom. “Ek het geweet dat God ‘n meesterplan vir my gehad het, en ek moes Hom ten volle vir my toekoms vertrou. My geloof het my altyd krag gegee en God het my nooit verlaat nie.”

Fhatuwani herhaal ‘n boodskap van hoop vir jongmense: “Ek glo in die gebruik van geleenthede, maar jy moet voorbereid wees wanneer geleenthede kom. Moenie bang wees om te droom nie, maar wees gewillig om hard te werk. Daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie. Dit is ook belangrik om mentors te hê; hulle het in my lewe ‘n baie groot rol gespeel. Gebruik ook tegnologie tot jou voordeel – inligting is krag. En onthou waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.”

* Die Suid-Afrikaanse Aktuarisontwikkelingsprogram (South African Actuaries Development Programme, SAADP) is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende maatskappy wat met die steun van Sasria SOC Bpk. gestig is. Die Program beoog om die probleem van die akute tekort aan aktuariële vaardighede in die swart gemeenskap aktief aan te spreek.

Prof Jean Lubuma, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en me Fhatuwani Nemakhavhani

SQUARED2 UP 23

Toekennings en Prestasies

Page 24: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Theodor Loots het in September met ‘n PhD in Wiskundige Statistiek gegradueer. Hy het ook ‘n swart gordel in Judo en speel klavier, viool en kitaar.

Tog vra mense hom of hy hulp benodig om sy veiligheidsgordel vas te maak. Dit is ʼn bron van frustrasie vir Theodor, wat gedeeltelik blind gebore is en in sy derde universiteitsjaar sy visie heeltemal verloor het.

“As ek my werk doen, probeer ek dit so goed soos my kollegas of beter of vinniger doen. Dit neem tyd en jy moet jouself voortdurend bewys, “het Theodor (33) gesê.

In 2000 het Loots die eerste gesiggestremde man geword om ‘n swart gordel in Judo te kry. Hy het toe nog ‘n presedent geskep deur sy meestersgraad in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van Pretoria met onderskeiding te verwerf, gevolg deur sy PhD vanjaar.

Dit is wêrelde verwyder van Graad 10, toe hy 3% gekry het en sy onderwyser hom aangeraai het om Wiskunde op te skop.

‘n Nuwe onderwyser het egter alles verander en sy passie vir getalle het geblom.

Op skool het Theodor toerusting gebruik om die karakters in sy handboeke te vergroot, maar toe hy die beperkte visie wat hy gehad het, ook verloor, moes hy heroorweeg of hy met wiskundige statistieke moes voortgaan en of hy van kursus moes verander.

“Ek sou nie sê om tou op te gooi was nooit ‘n opsie nie (maar) ... ek moes oor my lewe, my beoogde bestemming en die beskikbare opsies oorweeg.”

Op die ou end het Theodor statistiek gekies, weens sy liefde vir getalle. Maar dit was nie maklik nie. Hy moes al sy handboeke in Braille tik voordat hy kon begin studeer.

“Dit het baie lank geduur ... en my Braille is nie baie goed nie.”

Aanvanklik het hy opdragte in Braille voltooi en dit dan voorgelees aan ‘n dosent, wat die opdragte dan getik het. Hierdie omslagtige proses het beteken dat hy ‘n ekstra twee jaar geneem het om sy graad te voltooi.

Harde werk lewer dividende vir blinde wiskunde-fundi

Daarna het die meesters- en PhD-graad gevolg.

Theodor sê hy was passievol oor statistiek as gevolg van die “loutere vreugde om ‘n baie moeilike probleem op te los.” Hy hou van hoe die onderwerp hom in staat stel om met verskillende mense om te gaan.

Theodor se passie is egter nie net vir getalle nie. As ‘n tiener het hy ‘n swart gordel in Judo verwerf. Hy was destyds nog swaksiende en het gesê die prestasie was moontlik omdat hy sekere mense kon identifiseer as hulle naby hom was, afhangende van die lig.

Later het hy musiek opgeneem en begin klavier speel voordat hy na viool en kitaar oorbeweeg het. “Ek was in staat om musiek te lees toe ek jonger was omdat ek dit kon vergroot, maar later het ek meestal op gehoor gespeel.”

Tans werksaam as dosent in Wiskundige Statistiek by UP, het die eggenoot en pa van drie gesê hy beplan om navorsing voort te sit en om te leer musiek lees in braille.

Erkenning: Artikel van die Sunday Times, deur Leonie Wagner

Theodor Loots

SQUARED2 UP24

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 25: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een van haar PhD-studente, mev Danielle Twilley, is vroeër vanjaar met Biotech Fundi*-toekennings vereer.

Prof Lall was die ontvanger van die Biotech Fundi-leeftydbydrae-toekenning, wat rolmodelle erken wat oor ’n lang tydperk ’n beduidende en impakvolle bydrae tot die ontwikkeling en bevordering van biotegnologie gelewer het. Mev Twilley het die Biotech Fundi Nagraadse Toekenning ontvang, wat akademiese uitnemendheid erken en toegeken word aan ’n nagraadse student wat betrokke is by of ’n projek bedryf wat die potensiaal het om ’n gekommersialiseerde innovasie in die biotegnologiesektor te word.

Dit was nie die enigste gesogte toekennings vir prof Lall en mev Twilley nie. As deel van ’n UP-span in medisinale plantkunde wat ook dr Navneet Kishore insluit, het hulle die tweede prys gewen in die GAP Biosciences**-kategorie vir die bevordering van die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse plante tot sonskerms en ’n plantafgeleide verbinding wat beskerming teen melanoom verleen.

Prof Lall was tweede in die Essential Science Indicators-lys van die top-1% aanhalings op die vakgebied farmakologie en toksikologie. Sy geniet internasionale erkenning vir haar navorsing oor die potensiaal van medisinale plante vir farmaseutiese en kosmeseutiese doeleindes, en sy het ’n beduidende bydrae tot die vakgebied medisinale plantkunde gelewer. Sy het verskeie nasionale en internasionale patente verkry en is medeskrywer van ongeveer 125 navorsingsartikels in portuurbeoordeelde joernale en 18 boekhoofstukke. ’n Boek wat sy oor medisinale plante geskryf het, is onlangs deur Elsevier gepubliseer. Die H-indeks vir haar navorsingsartikels is 29 volgens Google Scholar en 24 volgens ISI Web of Science (http://www.researcherid.com/

rid/A-2635-2012), en haar i10-index is 70. Sedert 2016 beklee sy die Nasionale Navorsingstigting (NNF) se SARChI-leerstoel in Inheemse Kennisstelsels (IKS).

Mev Twilley se doktorale navorsing handel oor medisinale plante wat tradisioneel in Suider-Afrika gebruik word vir die behandeling van velsiektes en kanker, wat op grond van hul fitochemie gekies word. Sy fokus op evaluering van die sitotoksisiteit van Suider-Afrikaanse plante op melanoom. Sy het die werkwyse bepaal van die halfsuiwer fraksie van ’n medisinale plant (en plantafgeleide verbinding) wat die vermeerdering van melanoomselle inhibeer. Benewens ander eerbewyse het me Twilley die L’Oreal Vroue in Wetenskap se doktorale genootskap vir Afrika suid van die Sahara vir 2015 gewen, die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings se doktorale studiebeurs (IKS) in 2015, die Beste Mondelinge Aanbieding-toekenning op die Jaarlikse Forum oor die Gebruik van Inheemse Plante in 2014, die Margaretha Mes-medalje vir die beste honneursstudent in Plantfisiologie/Biotegnologie in 2011, en die 2011-toekenning vir die beste honneursaanbieding op die Fanie de Meilllon Nagraadse Simposium.

* Die Biotech Fundi-toekennings is ’n inisiatief van Gauteng se Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (GDLLO). Dit is gemik op die aansporing, ondersteuning, bevordering en ontwikkeling van individue en maatskappye wat ’n beduidende impak op die biotegnologiesektor in Gauteng maak.

**Die Gauteng Accelerator Programme (GAP)-Biowetenskappe-innovasie-toekenning is deel van die GAP-Biowetenskappeprogram, wat deur die Innovation Hub and Technology Innovation Agency (TIA) in samewerking met die Emory-universiteit in Atlanta, Georgia, aangebied word en deur Pfizer geborg word. Hierdie hoogs suksesvolle program is in 2012 van stapel gestuur; dit bereik die top-biowetenskaplikes in Gauteng en het reeds tot meer as R2 miljoen saaibefondsing vir die beste sakeplanne gelei.

http://test.theinnovationhub.com/gap/bio-about/

Gesogte toekennings deur prof Lall en Danielle Twilley opgeraap

Prof Namrita Lall en mev Danielle Twilley Prof Namrita Lall, dr Navneet Kishore en mev Danielle Twilley

SQUARED2 UP 25

Toekennings en Prestasies

Page 26: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Rooivleisnavorsing-en-ontwikkelingstrust (RMRD SA) het mev Hester Vermeulen, ʼn PhD-student en haar medespanlede, prof Hettie Schönfeldt en dr Beulah Pretorius van die Universiteit van Pretoria (UP) op 24 Oktober 2017 in die kategorie ‘Navorsingsprojek’ bekroon. Die span het die toekenning ontvang uit erkenning vir die gehalte navorsingswerk gedoen en die uitsonderlike bydrae wat dit tot die rooivliesbedryf in Suid-Afrika gemaak het.

Mev Vermeulen is ’n PhD-kandidaat (Voeding) onder leierskap van prof Hettie Schönfeldt van die Departement Vee- en Wildkunde en temaleier by die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand. Haar navorsing fokus op die bekostigbaarheid van gesonde eetgewoontes in Suid-Afrika met ʼn gebalanseerde voedselmandjie benadering. Dit sluit ook ʼn gedetailleerde ondersoek na die werklike stapelvoedsel in en rooivleisverbruikspatrone van gemarginaliseerde, middelklas en ryk verbruikers. Die uiteindelik doelwit van die studie is om die gaping tussen die ideale en die werklike voedselinname te kwantifiseer en te interpreteer.

Mev Vermeulen is ʼn landbou-ekonoom wat haar agtergrond in voedselwetenskap (BSc Voedselwetenskap) gekombineer het met voorgraadse en nagraadse opleiding in landbou-ekonomie en ʼn MScAgric Landbou-ekonomie om te spesialiseer in verbruikers voedsel- en voedingsekonomie. Haar belangstellingsvelde sluit in aspekte soos sosioëkonomiese verbruikersdinamika, verbruikersgedrag en voedselkeuses, voedseltendense, voedselver-bruikspatrone, voedsel bekostigbaarheid en voedselsekerheid en voedingsekonomie.

RMRD SA bekroon Hester Vermeulen vir navorsingsprojek

Mev Hester Vermeulen

SQUARED2 UP26

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Page 27: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

SACI-medalje aan dr Lynne Pilcher toegekenDr Lynne Pilcher van die Departement Chemie het die Chemistry Education-medalje van die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (SACI) ontvang. Dit is ’n nasionale toekenning en die hoogste dissiplinespesifieke erkenning vir ’n bydrae tot opvoeding in die dissipline. Die toekenning word gemaak aan ’n lid van die Instituut wat ’n uitstaande bydrae tot chemie-opvoeding gelewer het, op grond van die persoon se gepubliseerde werk in die voorafgaande vyf jaar.

Dr Pilcher het ’n ondersoekgebaseerde praktiese kurrikulum vir die derde jaar in organiese chemie ontwikkel wat ’n Laureaat-toekenning gekry het vir uitnemendheid en innovasie in onderrig aan UP. Die artikel waarin hierdie nuwe kurrikulum beskryf word, is in 2015 in die South African Journal of Chemistry gepubliseer en was die eerste gepubliseerde voorbeeld van ondersoekgebaseerde praktiese opleiding op gevorderde voorgraadse vlak in chemie wat navorsingsprojekte voorafgaan. Deur haar passie om studente te laat leer en sukses behaal, het sy begrip ontwikkel vir studente se frustrasie met tradisionele resepgebaseerde praktika, vir hul vrees vir mislukking en vir hul swakhede.

Lynne Pilcher se aansoek vir befondsing van die Departement Onderwysinnovasie om ’n nuwe praktiese kurrikulum vir die derde jaar in organiese chemie te ontwikkel, het teen die einde van 2012 geslaag. Sy het daarna ’n span byeengebring om die nuwe kurrikulum te ontwikkel. Sy het haar onderrigervaring gekombineer met insette van dr Darren Riley, wat onlangs uit die bedryf by die departement aangesluit het, en Kgadi Mathebata van Chemical Education, en ’n innoverende ondersoekgebaseerde kurrikulum is ontwikkel. Hulle het getoon dat gekontekstualiseerde ondersoekgebaseerde laboratoriumonderrig beter kwaliteit leer moontlik maak, ’n moeilike vak toeganklik en selfs gewild maak en die studente se vermoë in alle gewenste vereistes vir UP-gegradueerdes verbeter. Hierdie prestasie het erkenning gekry toe die Universiteit in 2014 ’n Laureaat-toekenning vir uitnemendheid en innovasie in onderrig aan die span gemaak het.

Sy is in 2015-2016 benoem om die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en UP op die Teaching Advancement at University (TAU)-genootskapsprogram te verteenwoordig op grond van haar erkende

uitnemendheid en leierskap in onderrig. Die program is aangebied onder beskerming van Higher Education Learning and Teaching Association of Southern Africa (Heltasa) en met die steun van die Raad op Hoër Onderwys. Dit het blokweekeenhede, individuele onderrig en ondersoekgroepprojekte behels, en 50 genote uit 20 instellings is vanuit ’n wye verskeidenheid dissiplines getrek in ’n program van 13 maande. Dr Pilcher se projek het ’n studie behels van die invoering van ’n gemengde leeronderrigbenadering vir die eerste jaar in organiese chemie. Sy was die enigste chemikus in die program en is as ’n TAU-genoot aangewys.

Dr Pilcher het ook ‘n toekenning vir beste referaat ontvang op die onlangse “Flexible Futures”-konferensie oor hibriede leer wat in September by die WNNR gehou is. Haar aanbieding was getitel: “Blended Learning: Enhancing student success in Organic Chemistry” en die skrywers was Lynne A Pilcher, Ina Louw, Lizelle Fletcher en Marietjie Potgieter.

Dr Lynne Pilcher

SQUARED2 UP 27

Toekennings en Prestasies

Page 28: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Gedurende die afgelope jaar het mev Carmen Muller, ’n PhD-student in die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, op die gebied van navorsing uitgeblink. Carmen werk onder toesig van prof Hettie Schönfeldt en dr Nicolette Hall en haar navorsing fokus op die diverse eienskappe en teksture van aartappels.

Aan die begin van 2017 het Carmen deur die bemiddeling van Aar-tappels Suid-Afrika ’n beurs van die Aartappelbedryf-ontwikelingstrust (Potato Industry Development Trust (PIDT)) ontvang. PIDT-beurse word toegeken aan studente wat navorsing van hoë gehalte lewer wat ’n bydrae maak tot die Suid-Afrikaanse en wêreldwye aartappelsektor. Met die ondersteuning van prof Schönfeldt het sy sukses behaal met ’n aansoek vir die nuwe befondsing wat deur die DTI THRIP beskikbaar gestel word om uitnemendheid op die gebied van navorsing te ondersteun en te beloon.

In Julie 2017 was sy die ontvanger van ’n beurs van die Franse

Interprofessionele Organisasie vir die Vars Aartappelmark (CNIPT). Dit het haar in staat gestel het om die 20ste Driejaarlikse Konferensie van die Europese Vereniging vir Aartappelnavorsing in Versailles, Frankryk by te woon, waar sy twee mondelinge aanbiedinge oor gehalteaspekte van aartappels gedoen het. Sy was een van nege navorsers uit Suid-Afrika wat die plaaslike aartappelbedryf op die internasionale vlak verteenwoordig het.

Om ’n uiters suksesvolle jaar op die gebied van aartappelnavorsing af te sluit, is Carmen met ’n TUKS Young Research Leader (TYRL)-genootskap beloon. Die doel met hierdie UP-program is om ’n gemeenskap van eendersdenkende jong navorsers tot stand te bring wat oor die eienskappe beskik wat tot die ontwikkeling van UP as ’n navorsingsintensiewe universiteit sal bydra.

Carmen streef na uitnemendheid in alles wat sy aanpak en is passievol oor landbou en die verbetering van die Suid-Afrikaanse landboulandskap.

Navorsing oor aartappels besorg talle toekennings aan Carmen Muller

Carmen Muller

SQUARED2 UP28

Nav

orsi

ng

Page 29: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Prof Elna Buys is aangestel as die Hoof van die nuut-saamgestelde Departement Verbruikers- en Voedselwetenskap vanaf 1 November 2017.

Sy het in 2000 ʼn PhD in Mikrobiologie met spesialisering in Voedselmikrobiologie aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Sy is vir die afgelope 25 jaar by onderrig en navorsing betrokke.

Prof Buys se navorsing fokus op diereprodukte, veiligheid en raklewe. Haar werk is al gepubliseer in talryke ISI-joernale met hoë impakfaktore en sy is ʼn houer van ʼn Suid-Afrikaanse patent. As studieleier het sy al verskeie meesters- en doktorsgraadstudente tot en met afhandeling begelei.

Prof Buys het ʼn C1-gradering van die NNS en het al navorsingstoekennings van die Landbounavorsingsraad en die suiwelbedryf vir haar bydraes tot navorsing en onderrig ontvang. Sy dra op streekvlak by as voedselveiligheidsouditeur vir voedselveiligheidstandaarde en verteenwoordig Suid-Afrika op verskeie staande komitees van die Internasionale Suiwelfederasie.

Voedsel-mikrobioloog aangestel as nuwe Departe-mentshoof van Verbruikers- en Voedsel-wetenskap

Voor hierdie aanstelling was prof Buys die departementshoof van die Departement Voedselwetenskap, wat nog altyd gefokus het op voedselwetenskap en tegnologie van wêreldklas en van belang vir Afrika. Die Afrika-tersaaklikheid is ʼn sterk, kragtige koppelvlak en in sinergie met Verbruikerswetenskap. Prof Buys se visie vir die nuwe departement is dan ook juis om op hierdie indrukwekkende sterk punte van die twee departemente te bou en ʼn uniek-Afrosentriese aanbod in voedsel, voeding en welstand te skep wat werklik aan die behoeftes van gegradueerdes en Afrika-inwoners in die 21ste eeu voldoen.

Gegewe die beskikbare kundigheid op die gebied van voedsel, voeding en welstand sal die nuwe departement die Fakulteit op unieke wyse spesifiek vir die bereiking van die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare onwikkeling kan posisioneer.

Prof Elna Buys

SQUARED2 UP 29

Aanstellings en Aftredes

Page 30: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Prof Bernard Slippers is met ingang van 1 Januarie 2018 amptelik aangestel as professor en Direkteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI).

Prof Slippers het sy PhD in 2003 aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy is daarna as ’n permanente, voltydse akademiese personeellid aangestel in die Departement Genetika (senior lektor van 2003 tot 2006, medeprofessor in 2009 en professor sedert 2013).

Hy is ’n kernspanlid van FABI se Boombeskermingsame-werkingsprogram en Sentrum van Uitnemendheid in Boomgesondheidsbiotegnologie.

Prof Slippers se navorsing fokus op die ekologie en evolusie van insekte en mikroörganismes wat boomgesondheid benadeel, en die ontwikkeling van instrumente om die impak daarvan te versag. Hy gebruik genetiese, genomiese en chemiese instrumente om wêreldwye verspreidingspatrone van indringende boomplae en -patogene te kategoriseer, asook hul bevolkingsdinamika, kommunikasiestelsels en paringstrategieë.

Hy het al meer as 200 referate gepubliseer, waarvan sommige in hoëprofieljoernale soos Science, Trends in Ecology and Evolution en Trends in Plant Science verskyn het. Hy het ook al verskeie boekhoofstukke geskryf. Prof Slippers was reeds studieleier van verskeie nadoktorale navorsers, asook meer as 50 PhD- en MSc-studente.

Hy geniet wye erkenning vir sy navorsing, nasionaal asook internasionaal, insluitende ’n B1-gradering van die NNS, die UP Kanselierstoekenning in 2016, die British Association-medalje (Silwer) en die JE Vanderplank-toekenning van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie.

Prof Slippers is ’n stigterslid van die Global Young Academy (GYA) en die South African Young Academy of Science (SAYAS). Hy is lid van die leierskorps van albei hierdie organisasies, insluitende medevoorsitter van die GYA. Prof

Slippers is ook ’n Young Affiliate van die Academy of Science of the Developing World (TWAS) en lid van die Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAF). Hy lei die ontwikkeling van die Future Africa Institute aan UP – wat gemik is op die ontwikkeling van uitnemendheid in transdissiplinêre wetenskapleierskap vir innovasie in Afrika – asook die verbandhoudende Africa Science Leadership-program.

Prof Slippers en sy vrou staan aan die hoof van die Tuksdorp-koshuis, wat hom in ’n gunstige posisie plaas om die fakulteitsvereiste van transformasie te bevorder.

Prof Bernard Slippers aangestel as Direkteur van FABI

Prof Bernard Slippers

SQUARED2 UP30

Aans

telli

ngs

en A

ftre

des

Page 31: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Adjunkdekaan vir Onderrig en Leer vir nog ʼn termyn heraangestelProf Marietjie Potgieter is heraangestel as die Adjunkdekaan vir Onderrig en Leer in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) vanaf 1 September 2017. Prof Potgieter is Medeprofessor in die Departement Chemie en dien reeds sedert 1 September 2013 as Adjunkdekaan.

Prof Potgieter het ʼn jarelange geskiedenis van bydraes tot wetenskaponderrig in die tersiêreonderrigstelsel. Dergelike bydraes sluit in navorsingspublikasies binne die vakgebied, aanbieding van verskeie lesings by nasionale en internasionale konferensies, asook die verkiesing tot nasionale en internasionale liggame as verteenwoordiger van wetenskaponderrig. Sy dien tans as titulêre lid van die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUPAC) se Komitee vir Chemieonderrig.

Prof Potgieter was die ontvanger in 2008 van die Suid-Afrikaanse Chemie Instituut (SACI) se Opvoedkundemedalje vir haar uitstaande bydrae tot die onderrig van Chemie, asook in 2011 van ʼn nasionale aanprysingstoekenning van die Suider- Afrikaanse Vereniging vir Leer en Onderrig in die Hoër Onderwys (HELTASA), vir uitnemendheid in onderrig en leer.

Sy is die Fakulteit se sleutelaandrywer van studente-sukses en deurset en het verskeie inisiatiewe geïmplementeer om dosente te bemagtig ter verbetering van hul praktyk en ter ondersteuning van studente om hul volle potensiaal te bereik. Die voorafgaande termyn se suksesse sluit in die breë aanvaarding van die hibriedmodel vir onderrig en leer, die bevordering van onderrig-en-leer-geleerdheid (SoTL), die implementering van doeltreffende studenteberading en die mentorskap van jong akademici om as onderwysers te ontwikkel. Sy staan ook aan die stuur van die FLY@NAS-veldtog en is stigterslid van SCIBER Space (Science-based Education Research), ʼn inisiatief wat wetenskaplikes ondersteun in die oorgang van navorsing op hul vakgebied na werklike vestiging as navorsers in wetenskaponderrig.

Prof Marietjie Potgieter

SQUARED2 UP 31

Aanstellings en Aftredes

Page 32: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Professor Paulette Bloomer is met ingang van 1 Januarie 2018 aangestel as hoof van die nuwe departement wat ontstaan het deur die samesmelting van die departemente Biochemie, Genetika en Mikrobiologie.

Prof Bloomer het in 1993 die graad PhD in Dierkunde van die Universiteit Pretoria (UP) ontvang en daarna postdoktorale studies voltooi, onder andere aan die universiteite van Georgia (Athens, VSA), Kaapstad (UCT) en Pretoria. In 1999 is sy voltyds in ʼn akademiese pos as lektor aangestel in die Departement Genetika aan UP, ʼn pos wat sy tot 2000 beklee het, waarna sy bevorder is tot senior lektor van 2001 tot 2003 en medeprofessor van 2004 tot 2009 en uiteindelik tot volle professor in 2010.

Sedert 1999 het sy die programme vir Molekulêre Ekologie en Evolusie gelei. Sy is ʼn spanlid van die Uitnemendheidsentrum (CoE) vir Voëls as Sleutels tot Biodiversiteit by die Percy FitzPatrick Instituut vir Afrika-ornitologie in die Departement Biologiese Wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is ook lid van die Soogdiernavorsingsinstituut (MRI) en die Genoomnavorsingsinstituut (GRI) aan die Universiteit van Pretoria.

Haar navorsing is toegespits op de onderliggende prosesse wat verantwoordelik is vir die ontstaan en instandhouding van die biodiversiteit van werweldiere. Haar navorsing berus op ʼn filogeografiese en bevolkingsgenetiese benadering, ontleen aan die Genoomnavorsingsinstituut. Sy is tans betrokke by projekte wat toegespits is op endemiese spesies

in Afrika, veral Suider-Afrika en die westelike Indiese Oseaan, met besondere belangstelling in hoe spesies en bevolkings aanpas by, of reageer op, omgewingsveranderings oor die lang- en korttermyn.

Talle publikasies van prof Bloomer is opgeneem in International Scientific Indexing (ISI) tydskrifte, onder meer gesaghebbende vaktydskrifte soos Science . Sy het verskeie postdoktorale genote gementor en was studieleier vir meer as 40 MSc- en PhD-graduandi. Sy is ‘n gevestigde navorser en het ‘n NRF C-gradering ontvang. In 2005/2006 was sy ‘n UP Jong Uitstaande Akademiese Presteerder. Sy is ewe entoesiasties oor voorgraadse onderrig as oor haar navorsing.

Prof Paulette Bloomer aan hoof van nuwe departement Biochemie, Genetika en Mikrobiologie

Prof Paulette Bloomer

SQUARED2 UP32

Aans

telli

ngs

en A

ftre

des

Page 33: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Na meer as 30 jaar diens het prof Alet Erasmus in 2017 by die Universiteit van Pretoria (UP) afgetree.

Sy het haar loopbaan by die Universiteit in die middel-1970’s as ʼn junior dosent begin. Sy het haar loopbaan afgeskaal toe haar kinders gebore is, maar aangehou as ʼn deeltydse dosent met betrokkenheid op die gebied van voedsels, kleding, voeding en tekstiele. In die 1990’s is sy in ʼn voltydse, permanente hoedanigheid aangestel en het sy mettertyd meer by nagraadse onderrig en studieleiding betrokke geraak.

Prof Erasmus is in 2014 as Departementshoof Verbruikerswetenskap aangestel, en sy beskou hierdie laaste tydperk as die bevredigendste deel van haar loopbaan. Sy onthou veral kollegiale skakeling, die uitvoering van die akademikus se rol as mentor in studentelewens — veral nagraadse studente, asook ʼn begrip van die vertroue wat die Universiteit in kollegas in leierskapposisies plaas. Dit was vir haar ʼn hoogs bevredigende ervaring om deel van die Departement Verbruikerswetenskap en geassosieer met die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by UP te wees.

Haar nuuskierigheid oor verbruikersgedrag in die handel, huishoudelike tegnologieë en verbruiksershantering van komplekse aankoopbesluite het haar navorsingsbelangstellings gerig, maak haar tot vandag toe opgewonde en is die dryfkrag agter haar navorsingspoging. Prof Erasmus was die eerste Suid-Afrikaner om in 2000 by die beroemde Vereniging vir Verbruikersnavorsing aan te

sluit en haar werk daar aan te bied en dit het gelei tot die maak van uiters waardevolle kontakte wat haar loopbaan verder geïnspireer het. Sy dien ook op die redaksie van die International Journal of Consumer Studies en was in 2012 die redakteur van ʼn spesiale uitgawe. Prof Erasmus het 29 meesters- en 5 PhD-studente gelewer, asook ongeveer 65 publikasies in geakkrediteerde vaktydskrifte. As ʼn NNS C2-aangeslane navorser verstaan sy die uitdagings wat Suid-Afrikaanse akademici in verbruikerswetenskappe plaaslik en wêreldwyd in die gesig staar, en wens sy haar kollegas alles van die beste toe vir die toekoms.

Prof Alet Erasmus tree af

Prof Alet Erasmus

SQUARED2 UP 33

Aanstellings en Aftredes

Page 34: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Wiskunde bied opwindende

fotokompetisie aan

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het vanjaar ‘n fotografie-kompetisie aangebied, met die tema Wiskunde in die Natuur. Enigeen kon aan die kompetisie deelneem, en talle inskrywings het van studente en personeel ingestroom. Die foto’s is deur ʼn paneel beoordeel. Die kompetisie het op 1 Augustus 2017 gesluit en die volgende wenners is aangekondig:

J Jonkman met “Circular motion” is met die eersteprys bekroon. “Turn over a new leaf” van L Bennett was in die tweede plek en R Jafer was derde met “Die volmaakte getal”.

Circular motion

SQUARED2 UP34

Stud

ente

Page 35: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Turn over a new leaf

The perfect number

SQUARED2 UP 35

Studente

Page 36: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Dit is met innige leedwese dat ons die onverwagse afsterwe aankondig van ʼn kollega en vriend, professor George Djolov, ʼn meteoroloog en buitengewone professor in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie.

George is in Bulgarye gebore en het later wyd gereis en gestudeer. Sy lewe is gekenmerk deur ʼn uiteenlopende en uitstaande akademiese loopbaan. Sy studie in Kanada en Rusland is met twee doktorsgrade beloon, die eerste in fisika en wiskunde en die tweede in meganiese ingenieurswese. In sy loopbaan tot en met 1990 was hy professor in Fisika aan die Bulgaarse Wetenskapakademie en het hy ook daar die Instituut vir Ekologie gevestig; hy het as senior raadgewer oor omgewingskwessies vir die kantoor van die Bulgaarse staatspresident gedien; en was voorsitter van die Wêreldfederasie van Ingenieursorganisasies (WFEO) se komitee op ingenieurswese en die omgewing. Gedurende dié tydperk het George ook ʼn noue samewerkingsverhouding gehandhaaf met die Internasionale Instituut vir Toegepaste Stelselontleding se Taakspan oor Energie en Klimaat (IIASA).

ʼn Buitengewone tydperk het in Suider-Afrika gevolg. George het eers opgetree as koördineerder van die BTech-program in Toegepaste Fisika aan die Universiteit van Zimbabwe. In 1996 is hy as Professor en Voorsitter van Fisika aangestel en daarna as Dekaan van die Skool vir Wiskunde en Natuurwetenskap aan die Universiteit van Venda. In 2003 het die Universiteit van die Noorde (nou Limpopo) George aangestel as Professor en Direkteur van die Fakulteit van Fisiese en Minerale Wetenskappe. Tot en met 2006 het hy gedien as HUB van die Nasionale Opleidingsinstituut vir Gemeenskapswater en Sanitasie in Polokwane (destyds Pietersburg).

Na sy formele aftrede het prof George Djolov in 2007 as ʼn meteoroloog en buitengewone professor in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie by UP aangesluit. George was vir die volgende dekade besonder aktief – die meteorologie-program is deur hom aangebied, hy het navorsingsuitsette gepubliseer en nagraadse studente begelei in sy voorkeurstudievelde naamlik teoretiese en numeriese geofisiese hidrodinamika, atmosferiese fisika en grenslaagdinamika, asook klimaatsverandering, lugbesoedelingsmodellering en omgewingsfisika. Tydens sy loopbaan in Afrika het hy meer as R17 miljoen se navorsingstoekennings ingesamel en was hy skrywer van meer as 100 joernaalartikels en medeskrywer van vier boeke. In 2015 het die Internasionale Eurasiese Wetenskapakademie hom vir sy uitnemende loopbaan en bydrae tot wetenskap vereer.

Oor die afgelope drie jaar het hy die Universiteit van Pretoria se laboratorium vir Atmosferiese Studies bestuur. Hy het met die bedryfsektor geskakel, maar sy hoofrol was die steun van navorsing en studieleiding vir studente op die gebied van luggehaltebestuur. George was meer as ʼn kollega aan die Universiteit van Pretoria. Hy was ʼn staatsman vir die akademie en vir talle ook ʼn vriend en vertroueling. Immer nederig, het hy ʼn merkwaardige rapport met studente en kollegas gevestig en sal hy ten seerste deur almal gemis word.

George word oorleef deur sy eggenote, Elsabe, sy seuns George junior en Vladimir en hul kinders Embeth en Yonna, asook sy agterkleinkind Monika.

Afsterwe van prof George Djolov

Prof George Djolov

SQUARED2 UP36

In M

emor

iam

Page 37: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Afskeid van me Yvonne McDermotMe Yvonne McDermot, voormalige personeellid van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, is op 14 November 2017 oorlede ná ‘n lang stryd met gesondheidsverwante probleme.

Yvonne was vir meer as 38 jaar, tot haar aftrede op 31 Januarie 2015, ‘n eerste tegniese assistent in die Departement. Sy was ‘n sorgsame en onbaatsugtige persoon wat bereid was om die ekstra myl vir enige personeellid of student te loop.

Sy word met deernis onthou deur kollegas vir haar unieke persoonlikheid. Yvonne was nougeset in haar werk en kon met ʼn oogopslag ʼn fout in ʼn dokument raaksien wat deur al die ander mense oor die hoof gesien is. Sy kon gelyktydig ‘n aantal sake hanteer sonder om kop te verloor. Haar institusionele kennis van Tuks was bewonderenswaardig en sy kon telefoonnommers, reëls en regulasies uit die vuis opnoem. As sy nie die inligting byderhand gehad het nie, kon sy oombliklik haar hand op die toepaslike lêer lê. Sy was leergierig,

geïnteresseerd in mense en gebeure, stelsels en prosesse en wou het altyd in besonderhede belang gestel. Yvonne was verantwoordelik vir nagraadse sake in die Departement, maar haar impak het baie wyer gestrek.

Haar gesondheid het ná aftrede agteruitgegaan en hoewel sy ‘n dapper poging aangewend het, het sy ongelukkig die stryd verloor. Sy het die ondersteuning van ‘n kring familie en vriende gehad.

Mag sy in vrede rus!

Me Yvonne McDermot

SQUARED2 UP 37

In Mem

oriam

Page 38: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Pain forms the character dokumenteer ’n reis deur dekades van buitengewone subantarktiese omgewingsnavorsing en wildernisavontuur. Dit weerspieël die nostalgie, en die bloed, sweet en trane, van diegene wat op Marioneiland gewerk het, halfpad tussen Suid-Afrika en Antarktika, tuiste van ’n florerende, internasionaal erkende robnavorsingsprogram onder beskerming van die Universiteit van Pretoria se Soogdiernavorsingsinstituut (SNI). Die boek weerspieël iets wat die omvangryke wetenskaplike uitset en bewaringsvoordele nie toon nie: hoe die lewens van baie mense beïnvloed is deur deelname aan die werk op Marion en verskeie ander eilande in die Suidelike Oseaan. Pain forms the character vertel die verhale van diegene wat gelukkig genoeg was om tyd deur te bring in hierdie ongeskonde omgewing met sy unieke inwoners.

Wetenskaplike navorsing op die eilande Marion en Prins Eduard het in alle erns begin tydens die eerste Suid-Afrikaanse Biologiese en Geologiese Ekspedisie na die eilandgroep in 1965 1966. Die boek van 450 bladsye bied ’n eerstehandse relaas van die ‘katjagters’ en ‘robjagters’ van Marioneiland – die verhale van diegene wat saam met die kleurryke en geweldig invloedryke ‘Doc’ Marthán Bester, professor aan die Universiteit van Pretoria, gewerk het.

Prof Nico de Bruyn, van die SNI en ’n oudstudent van prof Bester, is die hoofdryfveer agter rob- en moordvisnavorsing, wat gesamentlik as die Marioneiland Mariene Soogdierprogram (MIMMP) bestuur word. Prof Bester, wat die robprogram begin het en nou aftree, bly aktief betrokke as medeondersoeker van die program.

Die boek het begin toe prof De Bruyn inligting versamel het vir ’n klein, verpersoonlikte boekie met ’n paar dankiesênotas van katjagters en robjagters ter erkenning van die werk en die nalatenskap wat grotendeels deur prof Bester gedoen en opgebou is. Dit het gegroei tot ‘n enorme projek wat die nalatenskap behels van almal wat sedert die begin van die program daarby betrokke was.

Prof De Bruyn en dr Chris Oosthuizen (nadoktorale genoot, SNI) het al die materiaal byeengebring en geredigeer en hierdie boek saamgestel as ’n huldeblyk aan nie net prof Bester nie maar almal wat in hierdie unieke programme gewerk het.

Die titel, Pain forms the character, is ’n gesegde van prof Bester, wat oor die jare gebruik is om sowel katjagters as robjagters te motiveer en te inspireer. Dit weerspieël ook die buitengewone dinge wat ons

Dekades se subantarktiese navorsing gedokumenteer

Krediet: Prof Nico de Bruyn en Tukkie-tydskrif

SQUARED2 UP38

Nav

orsi

ng

Page 39: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Robbejag is gelukkig iets van die verlede, en die groep het ’n nuwe funksie gekry in die koördinering van die wetenskaplike navorsing wat deur verskeie lande oor robbe gedoen word. Die Marioneilandstudies was ’n wesenlike deel hiervan, en die langtermynbevolkingstudies van olifantrobbe in die besonder het een van die internasionale voorbeelde van langtermynstudies oor groot soogdiere geword. Hierdeur is daar gedurende die laaste dekades van die 20ste eeu groot vordering gemaak in ons begrip van bevolkingsprosesse by groot soogdiere.

Om langtermynstudies aan die gang te hou, vereis visie, volharding en leierskap, en prof Marthán het hierdie eienskappe in oorvloed gehad. Dit vereis egter ook wedersydse ondersteuning in ’n klein internasionale gemeenskap van wetenskaplikes, en Marthán was altyd gereed om die groter saak te steun. Nuwe idees en tegnieke is gedeel en data is gepoel om ’n sinoptiese siening van die stand van die ekosisteem te help verskaf. Dit alles het bygedra tot die bou van wat nou ’n baie doeltreffende stelsel is om die stand van die Suidelike Oseaan-ekosisteem te moniteer deur die veranderende vertoning van die predatore bo aan die voedselketting.

’n Bondige oorsig van hoe ekspedisies na Marioneiland werk

Elke jaar teen die einde van Maart kies die SA Agulhas koers na die subantarktiese eiland Marion. Die reis na die eiland duur ongeveer vyf dae – deur van die wildste waters ter wêreld. Op die uitwaartse reis is daar aan boord van die skip ’n nuwe ekspedisiespan wat daar gaan oorwinter, ’n aantal wetenskaplikes en hul medewerkers en studente, beamptes van die Departement van Omgewingsake (DO) en personeel van die nasionale Departement van Openbare Werke – byna 100 individue benewens die skeepsbemanning. Tydens die ‘oorname’ of ‘aflos’ – ’n tydperk van vyf weke wat gewoonlik die hele April insluit – is die basisstasie ’n baie besige plek terwyl navorsingsprogramme verfyn word, nuwe personeel opgelei word, die basisstasie en veldhutte in stand gehou word en voorrade gekonsolideer word. In hierdie tyd is die skip by oseanografiese navorsing in die omringende waters betrokke voordat hy vroeg in Mei na die eiland terugkeer om die terugkerendes op te laai, en die besige oornametyd kom tot ’n einde. Die skip keer na Suid-Afrika terug en laat net die nuwe ekspedisiespan op die eiland agter tot die volgende jaar se ‘oorname’. Elke jaarlikse ekspedisiespan bly ongeveer 13 maande op Marioneiland. 

Pain forms the character Doc Bester, cat hunters and sealers Saamgestel en geredigeer deur Nico de Bruyn en Chris Oosthuizen

Besoek: www.marionseals.com/shop/

ISBN 9780620749121 Prys: R650 Versamelaarsuitgawe, genommerde eksemplare: R900

Die opbrengs uit die verkoop van die boek gaan aan die robnavorsingsprogram.

Krediet: Prof Nico de Bruyn en Tukkie-tydskrif

almal gedoen het in die strewe na kennis en bewaring. Die frase kom dikwels voor in die anekdotes in die boek.

’n Ontvanger van die Poolmedalje en Hoof Wetenskaplike Adviseur vir Voedsel en Landelike Sake vir die Britse regering en professor in biologie aan die Universiteit van St Andrews, prof Ian Boyd, skryf soos volg in die voorwoord: ‘Die 1980’s was ’n goeie tyd om veldnavorsing in die Suidelike Oseaan te doen, en veral oor diere soos robbe. Die marienesoogdierwetenskap was toe in ’n oorgang van ’n aktiwiteit wat saam met die oes of uitdunning van mariene soogdiere plaasgevind het, na een wat op eie voete begin staan het as ’n terrein wat fundamentele vrae in die ekologie stel. Hierdie wetenskap het sy voete begin vind en kon in eie reg suksesvol meeding vir befondsing, en ek, saam met Marthán Bester en andere, was deel van ’n groep wetenskaplikes van dwarsoor die wêreld wat byeengebring is deur die gemeenskaplike belangstelling in die bestudering van die struktuur en funksie van Suidelike Oseaan-ekologie soos gesien deur die venster van mariene soogdiere. Hierdie spesies het lig gewerp op hierdie komplekse stelsel wat van nêrens elders kon kom nie. Marthán was een van die baanbrekers. Die meeste van ons het tussen uitgerekte en soms veeleisende veldwerk vir gereelde vergaderings byeengekom onder beskerming van die Wetenskaplike Komitee oor Antarktiese Navorsing se Spesialisgroep oor Robbe. Hierdie groep is opgebou uit die behoefte om te verseker dat robbejag in die Suidelike Oseaan deur stewige wetenskaplike advies gesteun word.’

Prof Nico de Bruyn

SQUARED2 UP 39

Navorsing

Page 40: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Verskeie Afrikalande neem sterk stappe om wanvoeding die hoof te bied. Hulle het verskeie maatreëls suksesvol geïmplementeer, en dit begin om voeding vir almal te verbeter.

Goeie voeding dra by tot kognitiewe ontwikkeling, beter geleenthede vir kinders om hul potensiaal te verwesenlik en die vermoë om later 'n hoër inkomste te verdien. Dit steun dan weer makro-ekonomiese en samelewingsgroei. Swak voeding, aan die ander kant, benadeel produktiwiteit en is 'n belemmering vir nasionale groei.

In die verlede het Afrika en sy ontwikkelingsvennote byna uitsluitlik op die hantering van ondervoeding gefokus, wat veroorsaak word deur diëte wat laag in kalorieë is. Daar is nou egter breë konsensus dat aandag aan mikrovoedingstof-tekorte en vetsug ook ‹n prioriteit moet wees.

Die Malabo Montpellier Paneel se onlangse verslag oor hoe Afrika ‹n toekoms vry van honger en wanvoeding kan bou, bied 'n gevallestudie van sewe lande. Dit skets hoe Senegal, Ghana, Rwanda, Angola, Kameroen, Ethiopië en Togo ondervoeding, kinderkwyning, dwerggroei en sterftes oor die afgelope 16 jaar beduidend verminder het.

Die verslag verduidelik die institusionele reëlings, programingrypings en implementeringsplanne wat die lande in staat gestel het om ondervoeding by kinders beduidend te verminder. Die bevindings toon dat die keuses wat op sowel makrovlak (beleid) as huishoudingsvlak gemaak is, 'n regstreekse uitwerking op voedingsuitkomste het. Dit bied ‹n padkaart van 12 beleidsprioriteite wat Afrikaregerings kan volg om die voedingsteikens te haal wat in die Volhoubare Ontwikkelinsdoelwitte uiteengesit word.

Die verslag is 'n produk van ‹n paneel van 17 kenners wat gebiede geïdentifiseer het waar Afrikalande op grondvlak vordering maak. Die paneel het ook probeer vasstel wat werk, hoekom en hoe. Die verslag bied praktiese, bewysgebasseerde advies oor beleide, programme en ingrypings.

Nie net ‘n gesondheidskwessie nie

Party van die lande wat in die verslag bespreek word, het aanvanklik hoë koerse van wanvoeding gehad. Hulle het egter merkwaardige vordering met kindervoeding gemaak.

Een bydraende faktor is dat lande begin het met die implementering van multisektorale programme eerder as om bloot op die

gesondheidsektor staat te maak. In sommige gevalle het dit behels dat eenhede geskep is spesiaal met die doel om vlakke van wanvoeding te verlaag.

In Senegal, byvoorbeeld, is ‘n eenheid wat die Cellule de Lutte contre la Malnutrition genoem word, in die eerste minister se kantoor gestig. Dit bied tegniese bystand met die definiëring en implementering van nasionale voedingsbeleid. So ook in Rwanda, waar die nasionale voedingsbeleid deur ‘n inter-ministeriële komitee wat in die eerste minister se kantoor gebasseer is gelei word. Ander ministeries, veral landbou, begin ook om groter verantwoordelikheid te aanvaar, dikwels in samewerking met die privaat sektor. In Kameroen is ‘n Nasionale Raad vir Voedsel en Voeding agt jaar gelede ingestel. Dit is regstreeks aan die kantoor van die president gekoppel en implementeer ‘n beleid van voedselsekerheid en voeding.

Omstreeks dieselfde tyd het Angola ‘n interdepartementele komitee vir voedselsekerheid ingestel. Dit bestaan uit 19 ministeries onder voorsitterskap van die sekretaris-generaal van die eerste minister se kantoor. Die doel is om ‘n netwerk van “parlementariërs vir die stryd teen wanvoeding” te skep.

Hierdie interdissiplinêre benaderings verskil van land tot land. Al die benaderings sluit egter ook beproefde en bewese ingrypings in. Daaronder tel vroeë opsporing en behandeling van kinders in risikosituasies, bevordering van borsvoeding, vitamienaanvulling, verryking van voedsel, tuisproduksie, skoolvoedingsprogramme en maatskaplike toelaes. Feitlik almal benut ook nuwe ontwikkelings in tegnologie, soos om voedingskennis per selfoon te deel.

Maar daar moet nog meer gedoen word. Gesamentlike optrede oor ‘n groot verskeidenheid beleide en praktyke is nodig, insluitende institusionele hervorming, versterking van nasionale landbou en voedingsnavorsing en beter data.

Belangrike beleidslesse

Onder die belangrike lesse uit die sewe lande in die gevallestudie tel die volgende:

• Aanvaar ‘n omvattende beleid oor voeding as ‘n topprioriteit en integreer hierdie elemente in alle sektore.

• Ontwerp programme wat die sinergieë tussen landbou, water, gesondheid en sanitasie benut.

Sewe Afrikalande wys hoe stryd teen wanvoeding gewen

kan word 

SQUARED2 UP40

Nav

orsi

ng

Page 41: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

• Vestig ‘n hoëvlakse koördinasiestelsel vir sigbaarheid en aanspreeklikheid.

• Skep ‘n breë en inklusiewe vennootskap met belanghebbendes uit die openbare sektor, die privaat sektor en die burgerlike samelewing.

• Versterk voedselstelselregulering en maatreëls om die verskaffing van veilige en voedsame voedsel te verhoog en investeer in die verspreiding van bekostigbare en gesonde voedsel vir die armes.

• Investeer in kapasiteit vir krisisvoorkoming en noodingryping om die bedreiging van konflik die hoof te bied. Dit is ‘n deurlopende kwessie in Afrika wat ‘n element van broosheid byvoeg en meer mense van humanitêre hulp afhanklik maak. Dit verhinder lande om op ontwikkelingsgerigte investering te fokus.

• Bou veerkragtigheid deur te investeer in programme wat die voedingstatus van kwesbare bevolkings tydens uiterste weerstoestande beskerm.

Die gevallestudies toon dat Afrikalande wat meer doen as om bloot voedselproduksie te verhoog en wat werklike verbeterings in die kwaliteit en lewering van voedsame voedsel teweegbring, ‘n

beduidende bydrae kan lewer om voedingsvlakke te verbeter. Dit geld veral waar kwesbare groepe geteiken word en as verskeie sektore betrek word.

Die artikel is oorspronklik in The Conversation gepubliseer.

Van links: Sir Gordon Conway (Imperial College London), dr Tom Arnold (Institute for International and European Affairs), Nachilala Nkombo (Interim Afrika Uitvoerende Direkteur: ONE Campaign), prof Joachim von Braun (Center for Development Research (ZEF), Bonn Universiteit), dr Ousmane Badiane (International Food Policy Research Institute), dr Agnes M Kalibata (Alliance for a Green Revolution in Africa), Haar Eksellensie Tumusiime Rhoda Peace (African Union Commission), dr Wanjiru Kamau-Rutenberg (African Women in Agricultural Research and Development), Prof Sheryl Hendriks (Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid, UP) en dr Debisi Araba (International Center for Tropical Agriculture).

Oor die skrywers

Sheryl L Hendriks is professor in Voedselsekerheid en Direkteur van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand aan die Universiteit van Pretoria.

Katrin Glatzel is ‘n navorsingsgenoot aan die International Food Policy Research Institute (IFPRI).

Ousmane Badiane is die Direkteur vir Afrika van die International Food Policy Research Institute (IFPRI).

SQUARED2 UP 41

Navorsing

Page 42: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Meerkatte is fassinerende diere wat ingewikkelde sosiale gedrag vertoon. Hulle leef in groepe van tussen vier en 35 individue en elke groep word deur ‘n dominante broeipaar regeer wat tot 90% van die oorlewende nageslag voortbring. Ander individue in die groep is ondergeskik aan die dominante individu van dieselfde geslag. Ondergeskikte soogdiere vertoon hoë vlakke van samewerkingsgedrag en help met die grootmaak en voeding van kleintjies. Ten spyte van hulle samewerkingsgedrag en hulp met dinge soos voeding en oppas van die dominante paar se telge, is die dominante wyfie aggressief teenoor ondergeskiktes en dit het hoë stresvlakke onder die ondergeskikte wyfies tot gevolg.

Navorsers aan die Universiteit van Pretoria (UP) vorm deel van die Kalahari-meerkatprojek (KMP) in die Noordkaap se Kuruman-reservaat, wat vir meer as 20 jaar al groepe wilde meerkatte bestudeer. Hierdie projek is begin deur prof Tim Clutton-Brock, buitengewone professor by UP en direkteur van navorsing by die Departement Dierkunde aan die Universiteit van Cambridge. Die KMP vind plaas in samewerking met die Universiteit van Cambridge, die Universiteit van Zürich en die UP Soogdiernavorsingsinstituut (SNI). Dit word in Suid-Afrika bestuur deur dr David Gaynor van die SNI en het ten doel om ‘n beter begrip van samewerkingsgedrag in hierdie diere te verkry en daardeur groter insig in die sosiale strukture van soogdiere.

Onlangse studies wat deel van die projek gevorm het, het daarop gefokus om nuwe insigte te verkry oor die instandhouding van samewerkingsgedrag. UP-navorsers van die SNI, insluitende prof Nigel Bennett en prof Andre Ganswindt, Direkteur van die SNI, in

Agter die geheime van meerkatgedrag

samewerking met ander navorsers van die KMP, het tegelykertyd die veelvuldige sosiale, omgewings- en individuele faktore wat die stresvlakke van ondergeskikte meerkatte beïnvloed, ondersoek.

Die studie het probeer bepaal of die konflik tussen dominante en ondergeskikte meerkatte ‘n invloed het op alloparentale sorg as gevolg van wisselende vlakke van die streshormoon kortisol. Dit is gemeet deur te kyk wat die invloed van die streshormoon kortisol op die hulpverlening van ondergeskiktes met die voeding en oppas van kleintjies is, en watter rol voedselbeskikbaarheid en ander eienskappe van die sosiale groep op streshormoonvlakke in ondergeskikte meerkatte het. Deur die stresvlakke in hierdie verskillende scenario’s te bepaal, is groter insig verkry in sosiale konflikte en die koste van samewerking.

Alhoewel sowel manlike as vroulike ondergeskiktes hoër stresvlakke as die dominante meerkatte ervaar, wil dit voorkom asof ondergeskikte wyfies die hoogste kortisolvlakke in hulle plasma het, wat op strawwer kompetisie tussen lede van hierdie geslag mag dui. Kortisol is ‘n hormoon wat betrokke is by die regulering van selmetabolisme en help om stres in die liggaam te hanteer. Dit vorm deel van die groep hormone wat as glukokortikoïde bekend staan. Deur waarneming en die meting van glukokortikoïdvlakke het dit duidelik geword dat dominante wyfies baie aggressief teenoor ander wyfies is. Bevindinge dui op baie hoë vlakke van aggressie wat op ondergeskikte wyfies gerig is wanneer die dominante wyfie dragtig is. Vorige studies deur die KMP spekuleer dat dit waarksynlik is omdat ondergeskikte kleintjies met die kleintjies van die dominante paar kompeteer en die ondergeskikte wyfies hierdie kleintjies dalk kan

SQUARED2 UP42

Nav

orsi

ng

Page 43: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

doodmaak om die oorlewing van hul eie nageslagte verseker. Dit wil voorkom asof dominante wyfies dit probeer verhoed deur die ouer ondergeskikte wyfies uit die groep te skuif voordat hulle geboorte gee. In al hierdie gevalle is daar bevind dat die ondergeskikte wyfies verhoogde glukokortikoïdvlakke in hulle sisteme het.

Op grond van hierdie bevindings het die KMP probeer bepaal of die dominante diere spesifiek teenoor ondergeskikte diere aggressief is om kortisolvlakke strategies te manipuleer en sodoende samewerkingsgedrag te verhoog. Hulle het egter bevind dat dit nie die geval is nie. Alhoewel kortisolvlakke ‘n aansienlike invloed op samewerkingsgedrag het, is dit nie op ‘n eenvoudige, konsekwente manier nie. Lae kortisolvlakke het gemaak dat ondergeskiktes van beide geslagte die kleintjies nog beter opgepas het. Vir voeding, het hoë kortisolvlakke hierdie gedrag onder mannetjies verhoog, terwyl

lae kortisolreseptoraktiwiteit weer voedingsgedrag onder wyfies verhoog het. Dominante wyfiemeerkatte het nie hulle aggressievlakke aangepas om samewerkingsgedrag van ondergeskiktes strategies te verhoog nie. Dit wil voorkom asof die funksie van aggressie wat op ondergeskiktes gerig is, hoofsaaklik is om te verhoed dat hulle voortplant, eerder as om hulle te dwing om saam te werk.

Deur meer insig te verkry in die sosiale strukture en gedrag van meerkatte, hoop dr Gaynor en die KMP om toekomstige bewaringspraktyke vir wildbevolkings te verbeter. Die projek gaan voort om 300 meerkatte in die reservaat op ‘n daaglikse basis te monitor en stel die projek in staat om gedetailleerde inligting oor hoe interaksie tussen individue tot hoër stresvlakke lei en die uitwerking van verskillende individuele gedragspatrone op die leeftydvoortplantingsukses te verskaf.

Vrywilligers in die Kalahari Meerkatprojek

Krediet: KPM

Krediet: KPM

SQUARED2 UP 43

Navorsing

Page 44: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Woude is lewende, natuurlike omgewings met verskeie ongelooflike lewensvorms wat daarbinne bestaan. Hoë bome vorm dakke wat skuiling vir ‘n verskeidenheid spesies bied – waarvan baie net in die woude waar hulle woon, gevind word. Die bodem van die woud is soos ‘n verkeersone van insekte en diere wat voedingstowwe skep vir plante om te gebruik. Baie woudplante is geneeskragtig en help plaaslike gemeenskappe wat in omliggende gebiede woon. Woude word egter bedreig. Houtsaerymaatskappye, mynmaatskappye, landbou, onwettige jagters en stropery, sowel as die ontwikkeling van paaie en ander infrastruktuur, fragmenteer die woude.

In Suid-Afrika alleen het ons 82% van ons kuswoude verloor en 85% van die oorvloed van spesies wat in woude regoor die wêreld beskikbaar is, word deur die fragmentasie van woude beïnvloed. Woudfragmentasie is die opbreek van groot woude in kleiner, meer geïsoleerde weergawes wat deur soorte menslike grondgebruik (matriks-habitatte) “ingebou” word. Die oorblywende fragmente word dan ook aan randuitwerkings blootgestel wat met hierdie matriks-habitatte geassosieer word. Dit is nie ‘n goeie ding nie, want fragmentasie van woude belemmer die skepping van ‘n verskeidenheid nisse wat beskikbaar is, en verminder plekke vir spesies om kos te soek en voort te plant, wat weer veroorsaak dat spesies verlore gaan.

In Suid-Amerika byvoorbeeld, benodig swerfmiere groot bosgebiede om in rond te loop, met swerms insekvretende voëls wat hulle volg. Die fragmentasie van die Amasone beteken dat baie gebiede nie meer skuiling vir hierdie kolonies miere kan bied nie, en baie geassosieerde voëlspesies het ook verdwyn.

Dr Pieter Olivier van die Departement Dierkunde en Entomologie maak deel uit van ‘n span internasionale samewerkers wie se werk onlangs in Nature gepubliseer is, en kyk na die globale impak van woudrande op gewerwelde wouddiere, en versamel data van meer as 1 500 gewerwelde wouddiere. Die studie beklemtoon hoe biodiversiteit as gevolg van ontbossing verander – wat dreig om sommige spesies uit te wis, terwyl ander in die veranderende omgewing floreer.

‘n Woudrand is die koppelvlak tussen woude en nie-bosgebiede. Olivier verduidelik dat randuitwerkings nuwe habitatte skep wat veel skeller as die binnekant van ‘n woud is. Dit is geneig om warmer en droër te wees, met meer blootstelling aan lig. Dit veroorsaak ‘n verandering in plantegroei en bring meer pioniers- en indringerspesies mee. Die studie het data van gefragmenteerde landskappe wêreldwyd versamel om ondersoek in te stel oor hoe woudrande die oorvloed van spesies beïnvloed. Eenduisend seshonderd drie-en-sewentig spesies soogdiere, reptiele en amfibieë is ontleed om te sien hoe hulle op rande reageer. Dikwels word kernspesies wat in

Woude se bestaan word bedreig – en dis ‘n slegte ding 

SQUARED2 UP44

Nav

orsi

ng

Page 45: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

woude woonagtig is deur hierdie nuwe en indringerspesies teruggedruk, wat ‘n scenario van wenners en verloorders skep. Olivier verduidelik die belangrikheid van die behoud van kernspesies omdat hulle nêrens anders kan oorleef nie. Wat die bewaring van hierdie spesies selfs meer sensitief maak, is dat hulle gewoonlik nogal skaars is, en enige klein verandering kan dus ‘n baie dramatiese en dikwels verwoestende uitwerking op hulle hê. Randspesies is egter sterker en kan in die meeste habitatte oorleef.

Hierdie internasionale studie, gelei deur die wêreldkenner in bosfragmentasie professor Robert Ewers van Ekologie aan Imperial Kollege Londen, is ‘n eerste-in-sy-soort-studie wat nuwe ruimtelike en statistiese ontledings gebruik wat data van regoor die wêreld kombineer en ‘n metriese stelsel van fragmentasie-effekte op elke woudspesie skep. Wat die internasionale samewerking uitsonderlik en heeltemal anders as tradisionele fragmentasiestudie maak, is dat dit ‘n hele landskap gemodelleer het, wat randuitwerkings in elke spesifieke scenario regoor die geselekteerde landskap bepaal. Tradisioneel was fragmentasiestudie slegs in staat om vas te stel of randuitwerkings hoog of laag is. Hierdie model kan vasstel of randuitwerkings hoog of laag en ook elke veranderlike tussenin is. ‘n Verskeidenheid woude van regoor die wêreld is bestudeer, van reënwoude soos die Amasone tot kuswoude wat in Suid-Afrika voorkom. Die studie het daarin geslaag om baie akkurate en omvattende resultate te kry wat op 22 landskappe van regoor die wêreld gemodelleer is.

Soos verwag, kan die uitwerking van woudrande op spesies redelik uiteenlopend wees. Die studie verduidelik dat die helfte van die wêreld se woudhabitat nou binne 500 meter van ‘n woudrand is weens die uitbreiding van padnetwerke, houtsaery, landbou en ander menslike aktiwiteite.

Uiteraard reageer die natuur die beste op die natuur en wanneer die woude deur natuurlike grasvelde of bosse omring word, lyk die randuitwerkings nie so erg soos wanneer dit deur suikerriet en plantasies omring word nie. In die eerste

geval is die woudspesies geneig om onaangeraak te wees en randuitwerkings gaan dus ongesiens verby. Wanneer hierdie habitatte in barre menslik omskepte habitatte omskep word, word hoë kontraste en sterk randuitwerkings waargeneem.

Voor Olivier se studie was daar geen rekords oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse kuswoude en waar hulle eens te vinde was nie. Om vas te stel hoeveel van hierdie woude verlore geraak het, het Olivier ‘n model ontwikkel waarin aangedui word waar woude tipies in Suid-Afrika voorgekom het deur na die omstandighede van bestaande woude in die land te kyk en dit met ooreenstemmende toestande elders te vergelyk. Gebiede met soortgelyke klimaatstoestande wat in die afgelope jare waarskynlik kuswoude was, is nou tipies plantasiewoude en suikerriet. Van hierdie model kon Olivier bepaal dat 82% van Suid-Afrika se kuswoude inderdaad verlore gegaan het.

Olivier het steekproewe van voëls en bome in hierdie gefragmenteerde woude geneem om te sien of die grootte van die woud of die habitat wat die woud omring die samestelling van hierdie spesies beïnvloed. Sonder wisselende nisse wat binne die woud beskikbaar is, word ‘n afname in spesies waargeneem. Hy het spesifiek opgemerk dat daar ‘n afname in insekvretende voëls is. Die vereenvoudigde strukture wat gefragmenteerde woude het, het waarskynlik verarmde insekgemeenskappe, wat ‘n afname in verskeie geassosieerde spesies tot gevolg het.

Terwyl die meeste woude regoor die wêreld nie die vernietiging van menslike aktiwiteite kan ontsnap nie, is Suid-Afrikaanse kuswoude in ‘n gelukkige posisie aangesien die meeste oorblywende woude in beskermde gebiede voorkom, soos die iSimangaliso-vleilandpark. As gevolg van hierdie staat van beskerming is Olivier hoopvol dat hierdie woude nie verder gefragmenteer of afgebreek gaan word nie.

Die mynmaatskappy RBM het sedert 1979 sandduine langs die KZN-noordkus ontgin. In die vroeë negentigerjare het hulle egter ‘n uitgebreide rehabilitasieprogram begin wat

SQUARED2 UP 45

Navorsing

Page 46: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

bewaar word? Hierdie span beplan om die antwoorde op hierdie vrae te vind.

Die studie het reeds nuttige inligting vir grondbestuur verskaf, en hierdie model dien as ‘n waardevolle hulpmiddel om bewaringspogings te lei. Die volgende stap van die studie sal hierdie data en sagteware gebruik om bestuurders in staat te stel om “optimale landskappe” te skep wat bosgebruik met biodiversiteitsbewaring kombineer, verduidelik Ewers.

Iemand het eenkeer gesê dat wanneer jy in ‘n woud loop, gaan jy jou verstand verloor, maar jou siel vind. Bosse is terapeuties, verjongend en inspirerend vir die siel, maar meer as dit is daar ‘n groter verantwoordelikheid om die woude van die wêreld te red.

Selfs stadsbewoners wat ver weg van woude woon, het ‘n verpligting om vir die wêreld se woude te sorg. Die beskerming van woude raak almal. As woude gefragmenteer of vernietig word, verloor ons ‘n fundamentele bron van koolstofbergingspotensiaal. Aardverwarming en die drastiese gevolge van klimaatsverandering gaan die onvermydelike resultaat vir ons almal wees.

Erkenning vir foto’s: Prof Robert Ewers, dr Pieter Olivier en LAI Surveys

nou die langste rehabilitasieprogram in Afrika is. Van Olivier se navorsing wat op hierdie rehabiliterende woude gedoen word, dui daarop dat hulle die struktuur, samestelling en funksie wat met ongestoorde kuswoude in die streek verband hou, herstel. Dit is goeie nuus vir spesies wat afhanklik is van kuswoude om te oorleef.

Die internasionale span navorsers beplan om voort te gaan met hul pogings om die optimale beskerming van woude te verseker. Hul werk kyk voorts na die impakte op biodiversiteit vanweë die verlies aan woude en fragmentasie; spesifiek die beste maniere om woude te bewaar, en om wêreldwye isolasie en area-uitwerkings aan te spreek.

Isolasie op globale skaal kyk na die afstand wat gefragmenteerde woude van mekaar geleë is en of spesies tussen hulle kan beweeg. Area-uitwerkings vergelyk fragmentgroottes. Die navorsingspan se toekomstige planne is om vas te stel of dit korrek is om te verwag dat as fragmentgrootte verhoog die aantal spesies ook vermeerder. Is ‘n klein fragment ‘n deelversameling van ‘n groter een en hoe gebruik spesies ruimte binne hierdie gebiede? Is dit beter om een groot fragment te bewaar omdat meer spesies daar bestaan, of moet alle fragmente, ongeag hul grootte,

Die woud-span (van links): Dr Pieter Olivier, dr Pfeifer (hoof outeur van die Nature-artikel), mnr Thabani en mnr Marc Freeman

SQUARED2 UP46

Nav

orsi

ng

Page 47: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Departement Geologie en Master Drilling, ’n Suid-Afrikaanse boormaatskappy wat internasionaal bedrywig is, het vanjaar ’n wetenskaplike boorgat gesink op ’n plaas in Griekwaland-Wes in die Noord-Kaap.

Die Departementshoof en bekleër van die Kumba-Exxaro-leerstoel, prof Wlady Altermann, het ’n wetenskaplike boorgat naby ’n droë rivierbedding verkry wat unieke voorbeelde bevat van gepreserveerde pahoehoe-lawavloeistrukture in die Ongeluk Formasie wat meer as 2 000 miljoen jaar oud is, noord van Prieska.

Met hulp van Kumba Iron Ore het prof Alterman vroeg in 2017 met Master Drilling geskakel om ’n kerngat deur die Ongeluklawa en die Magkanyene Formasie te sink tot in die onderliggende Koegas Formasie. Hierdie opeenvolging van 2,4 tot 2,2 miljard jaar oue gesteentes bevat inligting oor klimaats- en afsettingsveranderinge tydens ’n weinig bekende wêreldwye ystydperk en afsetting van ysterformasies en vulkaniese gesteentes. Die Makganyene-gletserafsettings het een van die ergste klimaatveranderinggebeurtenisse in die aarde se geskiedenis belewe, ongeveer 2,4 miljard jaar gelede, wat gelei het tot ’n afsluiting van oseaniese sirkulasie en tot die bevriesing van die aarde en sy oseane. Vars kernmonsters sal wetenskaplikes help met ’n ondersoek na hierdie prosesse, wat deur ’n beduidende toename in atmosferiese suurstof en ’n dramatiese daling in CO2-vlakke gevolg is. Die inligting wat hulle insamel, kan van onskatbare waarde wees vir wetenskaplikes wat hedendaagse klimaatverandering bestudeer. Die boorwerk sal na verwagting ook die stratigrafiese korrelasies dwarsoor Suid-Afrika verbeter en ekonomiese implikasies hê wat tot die kennis van die mineraalhoudende potensiaal van hierdie formasies kan bydra.

Volgens prof Altermann is hierdie samewerking een van die eerstes in sy soort tussen die mynbedryf en ’n Suid-Afrikaanse universiteit. Dit is gedryf, beplan, befonds en uitgevoer deur slegs plaaslike kundigheid te gebruik. Master Drilling het

Geologie en Master Drilling doen baanbrekerswerk deur wetenskaplike boorsamewerking

geredelik ingestem om hierdie onderneming te steun, te bestuur en ten volle te befonds. Die projek het geleenthede aan die Universiteit van Pretoria geskep vir PhD-, MSc- en BSc-navorsing oor die kern, in samewerking met toonaangewende Suid-Afrikaanse en internasionale wetenskaplikes. Soortgelyke en groter wetenskaplike boorprogramme, soos die boorwerk deur Karoogesteentes deur die CIMERA DWT-NNS-sentrum van Uitnemendheid (waarvan ons Departement ’n lid is), was op internasionale fondse aangewese. Die befondsing van die projek deur Master Drilling is ’n goeie voorbeeld van plaaslike bedryfsbetrokkenheid by basiese en toegepaste wetenskap. Die kern, wat geheime van die aarde se geskiedenis bevat wat nog ontdek moet word, word voorlopig veilig geberg totdat dit deur ’n span navorsers en studente van die internasionale geologiese gemeenskap ontleed kan word.

Voor: Prof Wlady Altermann en Eric Mongameli. Middel: Shadrock Motloung, David Murigwathoho en Piet Noeth. Agter: Lucky Khumalo

SQUARED2 UP 47

Navorsing

Page 48: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Joey Hulbert, PhD-student in die Departement Plant- en Grondkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) en ‘n geaffilieerde navorsingstudent in die Departement Bewaringekologie en Entomologie aan die Universiteit Stellenbosch, het in 2017 meer as 200 gewone jongmense uit die gemeenskap betrek by sy wetenskapprogram – *Cape Citizen SCienCe.

Joey het bevind dat die koördineerders van die projek bewus geraak het van hul ingebore menslike nuuskierigheid en dit geïdentifiseer het as hul “innerlike wetenskaplike”. Daarom was een van die belangrikste doelwitte van die Cape Citizen SCienCe-projek om jeugdiges te help om hul “innerlike wetenskaplike” te bevry. In 2017 is addisionele befondsing deur twee internasionale hulpverleningsorganisasies bewillig, naamlik: die Mathre Education Endowment Award van die American Phytopathological Society, en die Plant Pathology Promotion Fund van die Britse Society of Plant Pathology. Dit het die projek bemagtig om vanjaar op jeugbetrokkenheid te fokus. Die befondsing is aangewend om tien bedrywighede aan te pak wat jeug in die Cape Citizen SCienCe-projek betrek het.

Meer as tweehonderd jeugdiges het deelgeneem aan die projek deur middel van vier innoverende vennootskappe. Baie van die jeug was deel van naskoolse leerprogramme, byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Onderwys- en Omgewingsprojek in Kaapstad, en Vision Afrika in Kayamandi. Addisionele bedrywighede is gereël met die

samewerking van SANParke se Junior Rangers en die Cape Nature Junior Rangers. Elke aktiwiteit is op verskillende gebiede gelei om wetenskaplike ontdekkings wat deur Citizen SCienCe gefasiliteer is, te verbreed.

Jeugburgerwetenskaplikes het as “patogeenjagters” deelgeneem, op soek na plante wat deur plantsiektes geaffekteer is in die natuurlike gebiede van die Wes-Kaap. Hierdie bedrywighede was die eerste ervarings in die natuur vir baie van die leerders, en hul eerste praktiese ervaring van die mikroskopiese wêreld. Organiseerders van Cape Citizen SCienCe is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle ontvang het om hierdie geleenthede aan jongmense beskikbaar te stel en vertrou om in 2018 soortgelyke ervarings te organiseer.

Die doel van Cape Citizen SCienCe was om die publiek in Joey se PhD-navorsing oor die bevolkingsgenetika van Phytophthora cinnamomi en die filogenetika van die Phytophthora-genus in die fynbosbiome van Suid-Afrika te betrek.

Cape Citizen SCienCe is op die been gebring in samewerking tussen die Bosbou- en Landboubiotegnologie-instituut by UP (FABI) en die Departement Bewaring, Ekologie en Entomologie aan die Universiteit Stellenbosch.

*Cape Citizen SCienCe (http://citsci.co.za)

Innoverende wetenskapprojek betrek meer as 200 jongmense in Weskaap

Joey Hulbert raak betrokke by leerders

SQUARED2 UP48

Nav

orsi

ng

Page 49: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die farmaseutiese bedryf moet voortdurend daarna streef om nuwe en innoverende behandelings vir siektes te ontwikkel, maar terselfdertyd moet geneesmiddels nie net geredelik beskikbaar wees vir diegene wat dit benodig nie, maar moet dit ook bekostigbaar wees. Die bedryf as sulks is ietwat van ’n enigma binne die wetenskapsgemeenskap, aangesien die metodologieë waarop dit berus ten spyte van eksponensiële ontwikkelings op dié gebied gedurende die afgelope eeu in wese onveranderd gebly het. Beide groot- en kleinskaalse sintetiese chemie het afhanklik geraak van bondelprosseseringstegnologieë, wat in sommige opsigte verouderd en inherent ondoelmatig geraak het.

As deel van die Departement Wetenskap en Tegnologie se Ketlaphela-program, wat ingestel is met die oog op die plaaslike vervaardiging van farmaseutika, maak ’n span navorsers onder toesig van dr Darren Riley nou van aanhoudende vloei-energie gebruik om die manier waarop sintetiese chemie tans toegepas word uit te daag. Deur van verskeie verskillende mikroreaktors gebruik te maak, maak hierdie tegnologie dit vir reaksies moontlik om in voortdurend vloeiende strome plaas te vind, wat as ’n produksielyn vir die vervaardiging van chemikalieë beskryf kan word. Hierdie tegnologie bied verskeie voordele bo tradisionele bondelverwerking en word oor die algemeen geassosieer met verbeterde opbrengste, verkorte reaksietye, groener verwerking, veiliger bedryfstoestande en, wat die belangrikste is, is dat dit direk van die werkbank na die aanleg kan gaan.

Die groep het die sterkte van die t e g n o l o g i e s u k s e s v o l gedemonstreer as beide ’n h u l p m i d d e l

in die ontdekking van geneesmiddels in ’n vroeë stadium (in welke geval Alzheimer-siekte die teikentoestand is) en ’n hulpmiddel vir prosesontwikkeling. Wat laasgenoemde betref, het die groep sukses behaal met die ontwikkeling van prosesse vir die sintese van verskeie farmaseutiese middels, onder andere Celecoxib, Clozapine en Fluoxetine, wat almal beduidende voordele bo die tradisionele bondelroetes toon.

Hierdie werk is deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT), die Nasionale Navorsingstigting (NRS) Pelchem Edms Bpk en K e t l a p h e l a ondersteun.

Vloeitegniek vir die bou van ’n plaaslike farmaseuties vervaardigingsplatform

SQUARED2 UP 49

Navorsing

Page 50: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Jongste navor-singstoerusting ʼn toevoeging tot Departement FisikaDie Navorsingsgroep vir Koolstofgebaseerde Nanomateriale in die Departement Fisika onder leiding van prof Ncholu Manyala het onlangs van die jongste navorsingstoerusting ontvang. Die resultate wat met behulp van hierdie toerusting verkry word, kan vir publikasies in gerekende wetenskaplike tydskrifte (ISI) gebruik word en van belang wees vir die breër wetenskaplike gemeenskap. Prof Manyala is ook die huidige bekleër van die SARChI Leerstoel in Koolstoftegnologie en -materiale.

Die toerusting sluit in ʼn WITec alpha300 RAS+-stelsel, konfokale Raman-mikroskoop met geïntegreerde atoomkrag mikroskopie (AFM), skanderende nabyveld optiese mikroskopie (SNOM), fotoluminessensie en nanolitografie. Die toerusting kan, onder andere, die volgende doen:

• Hoëresolusie, ultravinnige Raman-beeldvorming met ʼn verkrygingstyd van minder as 1 millisekonde vir ʼn enkele Raman-spektrum

• 3D konfokale Raman-beeldvorming met ʼn spesiale resolusie tot op 200 nm en die vermoë om die verspreiding van chemiese samestellings, materiaalspanning en kristalliniteit bloot te lê

• Raman-spektroskopie en mikro-Raman-metings

• Nanoskaal oppervlaktipering atoomkragmikroskopie: kontak-modus, wisselstroomtapmodus, lateralekragmodus met geen monstervoorbereiding en maklik om in lug en vloeistof te gebruik

• Optiese beeldvorming verder as die diffraksielimietskanderende nabyveld optiese mikroskopie (SNOM) wat ʼn optiese resolusie in die omgewing van 50-100 nm lewer, hoër as die normale konfokale optiese mikroskopie waar resolusie deur diffraksie beperk word

• Nanolitografie vir patroonvorming en die vervaardiging van nanotoestelle soos die veldeffektransistor (FET)

Hierdie toerusting sal ook dien as skakel tussen die nuwe navorsingsvlakmateriale en aanvanklike toestelvervaardiging en toetse, deur gedetailleerde terugvoer op die materiaalvervaardigingsproses te verskaf en die weg te baan vir interaksie met industriële vennote. Selfs belangriker is die feit dat die toerusting gebruik sal word om die wisselwerking tussen nasionale en internasionale laboratoriums te verseker, veral dié by universiteite waar die fokus is op navorsing en die

opleiding van jong navorsers en nagraadse studente.

Op die oomblik geniet navorsing op nanomateriale wêreldwyd baie aandag as gevolg van die vele praktiese aanwendings daarvan, maar dit moet eers goed getipeer en verstaan word. In prof Manyala se groep sal die toerusting gebruik word om die begrip te bevorder van gesintetiseerde koolstofgebaseerde nanomateriale soos gebruik in buigsame deursigtige geleidingselektrodes vir sonselle, geleidingselektrodes vir superkapasitors en hibriede litium ion batterye wat nodig is vir hedendaagse energiestooruitdagings, asook vir gas-/chemiese waarneming.

So ver dit multidissiplinêre navorsing aangaan wat in diens van die breër gemeenskap staan, kan die toerusting in die volgende dissiplines gebruik word:

• Materiaalwetenskappe en -tegnologieë: Nanogestruktureerde oppervlakinspeksie, defek- en residuanalise, oppervlakmodifikasie en stresmeting

• Nanofotonika: Golfleiers, beeldvorming van oppervlakplas-mongolf en oppervlakverbeterde-Raman-beeldvorming (SERS)

• Biochemie: Chemiese beeldvorming sonder die gebruik van fluoresseerkleursels, beeldvorming van selle, weefsels en biolae, monitering van metaboliese aktiwiteite, hoëresolusie fluoresseerbeeldvorming en nanobiomediese studies.

• Farmaseutiese produkte, skoonheidsprodukte en die voedselindustrie: Bestudering van die verspreiding van medikasie en produkhomogeniteit, vaste staat en analise van vreemde partikels en polimorfe tipering

• Forensiese ondersoeke: Veselanalise, handskrifanalise en drukwerk op dokumente en tipering van residue

• Geowetenskap: Petrologie, identifisering en verspreiding van minerale, tipering van organiese en anorganiese komponente, vloeistofinsluiting, geo(mikro)biologie en astrobiologie

• Halfgeleiers en fotovoltaïka: Grootarea wafelinspeksie, defekanalise, stresmetings en belaging

Prof Ncholu Manyala

SQUARED2 UP50

Nav

orsi

ng

Page 51: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

op ‘n lukwartboom geplaas om hul oorlewing en merksigbaarheid te bepaal. Pigmentkonsentrasie en -kleur het geen effek op oorlewing of merksigbaarheid gehad nie. Hoë vlakke van sigbaarheid is slegs sewe dae lank behou en het teen 28 dae na volwasse-ontwikkeling tot 67% gedaal het.

Hierdie resultate toon dat alle getoetste fluoreseer-pigmentpoeierkleure toegedien kan word teen 2 – 4 g/l papie om volwasse oosterse vrugtevlieë te merk. Alhoewel pigmentmerke mettertyd verdwyn geraak het, is dit gelukkig nie ‘n groot probleem in SIT-programme waar miljoene steriele vlieë weekliks vrygelaat word nie en min vlieë ná twee weke van vrylating weer gevang word.

Makumbe se werk is dus ‘n positiewe begin om oosterse vrugtevlieë in die veld en die moontlike toekomstige ontwikkeling van hul beheer deur die aanwending van SIT in Suid-Afrika te bestudeer.

Hierdie resultate word volledig gepubliseer in: Makumbe, L. D. M., Manrakhan, A. en Weldon, C. W. (2017). Optimisation of fluorescent pigment marking for Bactrocera dorsalis (Diptera: Tephritidae). African Entomology 25: 220-234.

Vir meer inligting, kontak dr Chris Weldon, Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van Pretoria: [email protected]

Kleurlopie vir oosterse vrugtevlieëFluoresseerpigmentpoeier kan gebruik word om oosterse vrugtevlieë te merk vir veldeksperimente en om steriele insekte los te laat, sê dr Chris Weldon van die Universiteit van Pretoria. Dit volg op navorsing deur ‘n PhD-student in die Departement Dierkunde en Entomologie om vlieë van dieselfde spesie te onderskei.

Een vlieg lyk dikwels soos ‘n ander, maar die korrekte identifisering van vrugtevlieë in vlieëvangers is belangrik om die besmettingsrisiko vir vrugte wat kommersieel gekweek word te moniteer. Vir wetenskaplikes wat veldeksperimente op pesvrugtevlieë uitvoer, of om gesteriliseerde insekte vir steriele insektegniek- (SIT) programme vry te laat, is dit selfs belangriker om sodanige vlieë korrek te identifiseer.

Louisa Makumbe, ‘n PhD-student in die Departement Dierkunde en Entomologie, het ondersoek ingestel na die moontlikheid om vlieë van dieselfde spesie van mekaar te onderskei. Sy het op die hoogs indringende oosterse vrugtevlieg (Bactrocera dorsalis) gefokus en noemenswaardige resultate behaal, wat nou in die tydskrif African Entomology gepubliseer is. Haar navorsing is deur Citrus Research International, Hortgro Science en die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf befonds.

Makumbe se oogmerk was om die gebruik van fluoresseer-pigmentpoeier te optimiseer om die oosterse vrugtevlieg doeltreffend te merk. Dit is die algemeenste metode om pesvrugtevlieë te merk. Die papies word met die poeier bestrooi. Dit bedek ontwikkelende volwassenes. Wanneer die vlieë hulself versorg, bly van die pigmente tussen hul saamgestelde oë agter. Wanneer dit onder ultraviolet lig bekyk word, kan die helder gloeiende kol tussen die oë maklik gemerkte vlieë identifiseer. Die beste kleur en dosis poeier is reeds bestudeer en bepaal vir sommige vrugtevlieë, soos die Mediterreense vrugtevlieg. Daar is egter geen inligting beskikbaar vir die oosterse vrugtevlieg in dié verband nie.

Makumbe het begin met laboratoriumtoetse oor hoe verskillende dosisse (0, 2, 4 of 6 g/l papie) pienk, oranje, groen, geel, blou en “onsigbare blou” (‘n liggeel poeier wat blou onder ultravioletlig gloei) volwasse-ontwikkeling, oorlewing en die sigbaarheid van merke beïnvloed. Sy het bevind dat die dosis geen effek op volwasse-ontwikkeling gehad het nie, en dat oorlewing – van tot 28 dae – eintlik hoër in gemerkte as ongemerkte vlieë was. Die verskillende kleure het geen invloed op die aantal vlieënde volwassenes of oorlewing na 28 dae gehad nie. Sigbaarheid van merke was tot 14 dae hoër as 90%, en het daarna geleidelik afgeneem. Pienk en oranje merke was na 28 dae die sigbaarste. Sowat 80% van die vlieë het hierdie kleur behou.

Die laboratoriumresultate is daarna onder veldtoestande geverifieer. Makumbe het vlieë gemerk met dosisse van 0 of 2 g/l en in vanghokke

Helder kleurkolle tussen die saamgestelde oë van vlieë en ander liggaamsdele wat onder ultravioletlig gesien word, kan gebruik word om dié wat met fluoreseerpigmentpoeier gemerk is, te identifiseer en om in die veld los te laat. Krediet: Chris Weldon

Die oosterse vrugtevlieg is hoogs indringend en kom nou voor in die boord-oostelike dele van Suid-Afrika. Krediet: Nina Parry

SQUARED2 UP 51

Navorsing

Page 52: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Dit reën al sedert 3 229 miljoen jaar geledeKan ʼn reëndruppel gefossiliseer word? Ongelukkig nie! Reëndruppelfossiele sou ons van ʼn massa inligting voorsien oor oeroue atmosfere, maar selfs wanneer reëndruppels nie wegdryf en in riviere, mere en oseane in dreineer nie, is hulle bestem om te verdamp, op te droog, of in die grond in te perkoleer.

Reëndruppeltrefpunte op nat, modderige grond kan egter bewaar word en sulke gefossileerde reëndruppel-instempels of “kraters” is te vinde in alle uithoeke van die wêreld en vanuit alle geologiese eras van die Aarde se geskiedenis, insluitende die Argeïese eon van tussen 2,5 en 4 biljoen jaar gelede.

Gegewe geoloë se voorliefde vir boorwerk word daar nog ʼn Internasionale Kontinentale Boorprojek (ICDP) in Suid-Afrika beplan. In Oktober 2016 is ʼn veldwerkskool naby Barberton, een van die wêreld se oudste geologiese terreine, georganiseer deur prof Christoph Heubeck van die Universiteit van Jena, Duitsland (ʼn gereelde besoeker aan UP se Departement Geologie). Gaste van die Kumba-Exxaro-leerstoel aan die Departement Geologie het vir ons honneursstudente ʼn seminaar aangebied en vervolgens aan die werkswinkel deelgeneem. Prof CH Heubeck en prof R Mazumder (van die Australiese Curtin-universiteit in Sarawak), dr D Fernandez-Remolar van die Luleå Universiteit van Tegnologie, Swede en dr Mehrnaz Siahi, ʼn nadoktorale navorsingbesoeker aan UP van Iran en die LMU, München, Duitsland, was onder die

ongeveer 60 internasionale deelnemers wat ʼn nuwe avontuur vir vars, onverweerde rotse beplan.

Tydens een van die ICDP-werkswinkel se velduitstappies onder leiding van dr Martin Homann van die Europese Instituut vir Marinestudie, Brest-Iroise, het Tyler Robinson, ʼn geoloog tans betrokke by VTN Mining te Barberton en voormalige student van prof Altermann aan UP (honneurs 2014) ʼn vonds gemaak het: ʼn sandsteenplaat met ʼn skalielaag vol krimpskeure waarop prof Wlady Altermann, departementshoof van Departement Geologie enkele sirkelvormige en langwerpige duike van 2 tot 3 mm in deursnit geïdentifiseer het, wat gefossileerde reëndruppel-instempels verteenwoordig. ʼn Tussengelaagde vulkaniese aslaag in hierdie rotsrif is vroeër as 3229 ± 15 miljoen jaar gedateer (Stutenbecker, 2014).

Hierdie gefossileerde reëndruppel-instempels verteenwoordig dus die wêreld se oudste bewys van atmosferiese neerslag tot op hede, bring die geologie van die Barberton-Makhonjwa-gebergtes weer op die voorgrond en stoot die rekord terug met nog ongeveer 500 miljoen jaar in die rigting van oorsprong van die Aarde. Die vorige oudste bekende reëndruppel- en hael-instempels was ook in Suid-Afrika gevind (in Griekwaland-wes) en is deur verskeie navorsers beskrywe as synde van die ongeveer 2780 miljoen jaar oue T’Kuip-terrein van die Ventersdorpse supergroep (van der Westhuizen et al., 1989; Altermann en Lenhardt, 2012; Som et al., 2012).

Bronverwysings

Altermann, W. and Lenhardt, N. 2012: The volcano-sedimentary succession of the Archean Sodium Group, Ventersdorp Supergroup, South Africa: Volcanology, sedimentology and geochemistry. Precambrian Research, v. 214-215, 60-81.

Som, S.M., D.C. Calting, J.P. Harnmeijer, P.M. Polivka, and Buick, R. 2012: Air density 2.7 billion years ago limited to less than twice modern levels by fossil raindrop imprints. Nature, 484, 359-362

Stutenbecker, L. 2014: Sedimentology, petrography and provenance of the ‘Lomati Quartzite’: Implications for syntectonic Moodies Group sedimentation, Barberton Greenstone Belt, South Africa. M.Sc. thesis (unpublished), Freie Universität Berlin, Dept. of Geological Sciences, 70 p.

Van der Westhuizen, W., Grobler, N., Loock, J. and Tordiffe, E. 1989: Raindrop imprints in the Late Archaean-Early Proterozoic Ventersdorp Supergroup, South Africa. Sedimentary Geol. 61, 303–309 (1989).

Foto geneem van enkele van die wêreld se oudste reëndruppel-instempels aangetref op ʼn rotsoppervlak met krimpskeure in die Moodies-groep van die Barbertonse Groensteen Belt (geneem deur Tyler Robinson)

Prof Wlady Altermann

SQUARED2 UP52

Nav

orsi

ng

Page 53: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Blink toekoms vir wenners

van SAAFoST se Voedselproduk-ontwikkelings-

kompetisie

Voedseltegnologie- en Voedselwetenskapstudente van die Universiteit van Johannesburg, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Venda en die Universiteit van Pretoria (UP) het in Oktober op UP se Hatfieldkampus byeengekom vir die eindronde van die jaarlikse Studentevoedselprodukontwikkelingskompetisie van die South African Association for Food Science and Technology (SAAFoST) se noordelike tak.

Ervare beoordelaars het waargeneem, geproe en met deelnemers onderhoude gevoer oor hul inskrywings. Projekte is geëvalueer op grond van wetenskap toegepas, vertoning en kommersiële potensiaal. Later het studente elk twee minute gekry om hul nuwe produkte aan die gehoor – wat bedryfsverteenwoordigers en talentsoekers ingesluit het – bekend te stel.

Voedselprodukontwikkeling maak deel uit van die kurrikulum vir Voedselwetenskap- en Voedseltegnologie-studieprogramme by al vier universiteite. Elke instelling hanteer dit egter anders wat bestek, tema, struktuur en fokus betref. Wenners is vir elk van die universiteite aangekondig. By UP het span WAFFIBS – bestaande uit die BScHons (Voedselwetenskap)-studente Kgomotso Dhlangamandhla, Dewald Uys, Anton Venter en Adéle Neethling – met die louere weggestap en elkeen het R1 000 verdien, wat deur SAB ABInBev geborg is. WAFFIBS is ’n nuwe, skuldvrye, hoëvesel-roomyskeëltjie met gortvesel as ’n hoofbestanddeel. In die tweede plek was die Crunchie Munchies (Gosiame Phaladi, Bevis, Lerato Malesa en Adri du Plessis), wat ’n gesonder hoëveselalternatief vir huidige sjokoladeversnaperings ontwikkel het. Die derde prys is deur Ursula Bothma, Jillian Oosthuizen, Camagwini Makapela en Danielle Gemeliaris opgeraap met hul B-Fast-ontbytbeskuitjies.

Anton Venter, Adéle Neethling, Dewald Uys, me Ingrid Woodrow (voorsitter SAAFoST noordelike tak), Kgomotso Dhlangamandhla en mnr Can-See Masilela van SEDA (Foto: Jané Marais)

SQUARED2 UP 53

Studente

Page 54: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Van graan na produkte – die PMA-ervaringJean-Pierre Nordier en Dipuo Boshomane, albei finalejaarstudente in Landbou-ekonomie in die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria (UP), het ’n geleentheid gehad om 2017 se Loopbaanpadprogram van die Produce Marketing Association (PMA) se Centre for Growing Talent by te woon. Die geleentheid van vyf dae, wat hulle saam met 36 ander studente van dwarsoor die wêreld bygewoon het, is in New Orleans, VSA, gehou en het op 17 Oktober begin.

Die program is bedoel om die beste en knapste universiteitstudente van dwarsoor die wêreld te lok en aan die internasionale varsprodukte- en blombedryf bloot te stel.

Die eerste drie dae van die program het verskeie opvoedkundige werksessies ingesluit. Tydens hul studie aan UP is Nordier en Boshomane aan verskeie dissiplines op die gebied van voedselwetenskap, plantproduksie, ekonomie en bemarking blootgestel. Hierdie agtergrond het vir hulle baie geleenthede gebied om op ondersoekende wyse te skakel met die wêreldleiers in die varsprodukte- en blombedryf wat hierdie sessies gelei het. Hierdie sessies het hulle boonop voorberei vir sinvolle gesprekke met uitstallers op die ekspovloer.

Om hul belewenis te verhoog, is Nordier en Boshomane aan loopbaanambassadeurs, Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika, en Adolf Kieviet van Freshworld, toegewys wat hulle met ander bedryfslede in aanraking gebring het en geduldig op die ekspovloer saam met hulle gestap en hul talle vrae beantwoord het.

Een van die hoogtepunte van die program was die opening van die Suid-Afrikaanse Departement Handel en Nywerheid se stalletjie op die PMA Fresh Summit se ekspovloer. Tydens die opening het die twee studente die voorreg gehad om ambassadeur Mninwa Mahlangu en ander Suid-Afrikaanse bedryfsleiers te ontmoet. Hierdie geleentheid was bewys van die groeiende geleenthede vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf, en hulle is baie trots om deel daarvan te kon wees.

Hulle ervaring van die 2017 PMA Fresh Summit Convention and Exposition sal ongetwyfeld tot hul sukses as toekomstige praktisyns in die Suid-Afrikaanse landboubedryf bydra.

Nordier en Boshomane is dankbaar teenoor Monsanto South Africa, en veral die besturende direkteur, mnr Kobus Steenekamp, vir sy ruim borgskap, waarsonder hierdie fantastiese leergeleentheid nie moontlik sou gewees het nie.

Die 2017 PMA Fresh Summit-ekspovloer

Universiteit van Pretoria en Universiteit Stellenbosch by PMA, van links: Dipuo Boshomane, Rimelda Matiwane, Cildie van der Walt en Jean-Pierre Nordier

SQUARED2 UP54

Stud

ente

Page 55: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die departemente Verbruikerswetenskap en Voedselwetenskap het nie gewag totdat hulle formeel in een departement* saamgevoeg is voordat hulle begin saamwerk het nie. Vir die tweede opeenvolgende jaar het die nagraadse en voorgraadse studente, saam met baie van die personeel, hul 67 minute bestee deur skoendose vir die Santa-skoendoosprojek (www.santashoebox.org.za) toe te draai en te versier. Die Santa-skoendoosprojek is ’n nasionale liefdadigheidsorganisasie wat skoendose, wat elkeen basiese items bevat (tandepasta, ’n tandeborsel, seep, ’n waslap, ’n stel klere, onderwysvoorraad, lekkergoed en ’n speelding), versamel en versprei aan meer as 1 000 kindersorgfasiliteite dwarsdeur Suid-Afrika en Namibië – baie van hulle in landelike gebiede.

Spesiale dank is verskuldig aan die Verbruikerswetenskap-tekstielstudente, wat meer as 100 stelle klere vir ons skoendose gemaak het, en aan personeel en studente van die twee departemente wat die uitdaging aanvaar het om al die ander items

te versamel wat nodig was om die skoendose vol te maak. Die doel was om ons teiken van 69 skoendose (die gekombineerde totaal van die twee departemente verlede jaar) te haal en dalk te oortref. Danksy die oorweldigende vrygewigheid van personeel en studente sal ’n verstommende 102 skoendose vanjaar geskenk word. Die span geesdriftige pakkers het daarin geslaag om al die skoendose binne ’n uur vol te maak.

Die Departement Verbruikers- en Voedselwetenskap daag ander departemente in die Fakulteit uit om hul 67 minute vir Mandela volgende jaar te gebruik om skoendose toe te draai en by die Santa-skoendoosprojek aan te sluit. Daar is so baie kinders in nood, en saam kan ons hulle help.

*Die departemente het op 1 November 2017 saamgesmelt om die Departement Verbruikers- en Voedselwetenskap in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe te word.

Verbruikerswetenskap en Voedselwetenskap steun Santa-

skoendoosprojek

‘Wat doen jy vir Mandeladag?’

Personeel en studente van Verbruikerswetenskap en Voedselwetenskap besig met die versier van skoendose vir die Santa-skoendoosprojek

SQUARED2 UP 55

Studente

Page 56: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

PMA belê in toekoms van

Landbou-ekonomie-

studente

As die Universiteit van Pretoria se topstudente in Landbou-ekonomie in 2016 het Jodie Vosloo en Koketso Mokoditoa die voorreg gehad om die Career Pathways-program by te woon.

Die program word deur die Centre for Growing Talent van die Produce Marketing Association (PMA) aangebied en word deur AgriSETA asook borge en skenkers van die Sentrum befonds. Dit het saamgeval met die jaarlikse PMA Fresh Connections-konferensie en Handelsuitstalling in Augustus 2017 in Kaapstad. Die doel van die Career Pathways-program is om vir die knapste studente aan geselekteerde universiteite dwarsoor die land geleenthede te skep om met vooraanstaande lede van die varsproduktebedryf kennis te maak.

In belang van leer het die twee studente geleentheidsredes, loopbaanpanele en werksessies bygewoon om hul kennis van die uitdagings en geleenthede vir die varsproduktebedryf te verbreed. Vosloo en Mokoditoa was bevoorreg om mnr Anton Kruger van

die Varsprodukte-uitvoerforum en mnr Piet Prinsloo van ZZ2 as hul onderskeie mentors te kon hê. Hierdie mentors was altyd gereed om pertinente vrae te beantwoord en die studente aan invloedryke bedryfsleiers voor te stel. Hulle het ook ’n geleentheid gehad om met sowel jong as ervare beroepslui in leiersposisies in die varsproduktewaardeketting te netwerk. Hierdie en ander netwerkgeleenthede het hulle gehelp om waardevolle sagte vaardighede in netwerking en kommunikasie te verwerf, wat baie nuttig is in ’n loopbaan as landbou-ekonoom.

Hierdie ondervinding het die studente se passie vir Suid-Afrikaanse landbou verhoog en hulle is gretig om met vrugbare loopbane in dié sektor te begin.

Vosloo en Mokoditoa sê hulle is dankbaar teenoor die PMA Centre for Growing Talent en sy lede wat bereid is om in studente se toekoms te investeer.

Jodie Vosloo en Koketso Mokoditoa

SQUARED2 UP56

Stud

ente

Page 57: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Suid-Afrikaanse Wiskunde-spankompetisie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Aktuarisse (Actuarial Society of South Africa, ASSA) het in September 2017 plaasgevind. Hierdie Olimpiade-tipe kompetisie, waarin hoërskoolleerders in spanformaat kompeteer, word gereël deur die Suid-Afrikaanse Wiskunde-stigting (South African Mathematics Foundation, SAMF), en geborg deur ASSA en Casio.

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) is verantwoordelik vir die Streek Gauteng Noord. Drie junior spanne (graad 8 en 9) en drie senior spanne (graad 10 tot 12) van tien leerders elk is deur UP ingeskryf om die Streek Gauteng Noord te verteenwoordig. Die Junior A-span van Gauteng Noord het vierde in die land gekom, en die Senior A-span van Gauteng Noord het derde in die land gekom.

UP ondersteun SA Wiskunde-spankompetisie

Junior A – Nadia Fourie, Casper-Hugo Pelser, Zerwick de Lange, Elani Smith, Adriaan du Toit, Dalen Lombard, Lethabo Masenya, Chetanya Bansal, Shuaib Nuruddin en Jason Chung

Senior A – Graham Mitchell, Mischa Kuschke, Jialiang Yu, Zian Hoek, Marnus Slabbert, Anton van Wyk, Johannes Conradie, Nian Vorster, Stephan Geyser en Klara Eybers

SQUARED2 UP 57

Studente

Page 58: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Vroeër vanjaar het die Sentrum vir Geo-informatikawetenskappe (CGIS) aan die Universiteit van Pretoria (UP) die 2017-Winterskool oor Deelnemende Waarneming aangebied as deel van die Geomatika- en Deelnameprojek tussen UP en die Karlsruhe-universiteit van Toegepaste Wetenskappe (HsKA) in Duitsland.

Die projek word befonds deur die Baden-Württemberg-stigting onder sy program, die Baden-Württemberg-stipendium vir Universiteitstudente, wat daarop gemik is om studente van die tegnologie- en innovasiestreek van Baden-Württemberg byeen te bring met studente van Suid-Afrika om ondervinding en kennis oor intydse geomatika op te doen. ’n Memorandum van Verstandhouding is in 2016 tussen HsKA en UP onderteken.

Die 2017-Winterskool is amptelik geopen deur dr Lisette Andreae, Hoof van Wetenskap en Opvoeding aan die Duitse ambassade in Pretoria, en deur prof Jean Lubuma, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan UP.

Volgens prof Serena Coetzee, Direkteur van die CGIS, het sewe studente van HsKA UP vir die 2017-Winterskool besoek, asook sewe BSc Hons (Geo-informatika)-studente van UP wat bande met die CGIS het. Die eerste aand is die gaste in Suid-Afrika verwelkom met bier en burgers by Capital Craft Beer Academy. Die studente van die twee universiteite is vanuit die staanspoor by lewendige besprekings betrek, nie net oor geo-informatika nie maar ook oor hul verskillende voorkeure vir kos en musiek.

Die Winterskoolprogram het die deelnemers bekend gestel aan die Alaska informele nedersetting aan die buitewyke van Mamelodi en aan deelnemende mobiele kaarttoepassings. ’n Aantal aanbiedings het teoretiese agtergrond verskaf: dr Carin Combrinck van UP se Departement Argitektuur het die studente geinspireer oor in situ-opgraderings van informele nedersettings en townships; haar honneursstudente het die kaarte voorgedra wat hulle vir hul stadsontwerpprojekte in Mamelodi voorberei het; Nina Honiball van UP se Departement Huisartskunde het haar ervarings oor deelnemende kartering met gemeenskapsgesondheidswerkers in die Stad Tshwane gedeel; dr Nerhene Davis van die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie het die studente ingelei in die uitdagings wat ontwikkelende stede ondervind, en Derrick Kotze van mLabs het leiding gegee oor die ontwikkeling van deelnemende mobiele kaarttoepassings.

Prof Coetzee verduidelik: ‘Die studente het drie mobiele toeps ontwikkel. Met die eerste toep kan gebruikers liggings van omgewingsgevare karteer, soos oop bedrading; die tweede toep teken liggings van gemeenskapsvergaderplekke aan, wat nuttig is vir die beplanning van opgraderings in ’n nedersetting, en die derde toep, ’n paniekknoppie, sê vir die gemeenskap waar om te reageer in ’n noodgeval. Slegs oopbronsagteware is gebruik, insluitende PostgreSQL met PostGIS, Geoserver, Leaflet API en Cordova. Die studente het praktiese vaardighede aangeleer wat hulle sal voorberei vir hul lewe as geo-informatikaberoepspersone: hoe om werk in spanne te koördineer, die harde werklikheid

CGIS bied Winterskool aan met fokus op deelnemende

waarneming

SQUARED2 UP58

Geb

eure

en

funk

sies

Page 59: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Baden-Württemberg-StipendiumDie Baden-Württemberg-stipendium ondersteun die internasionale uitruil van studente en beroepsgekwalifiseerde mense / jong beroepslui. Sedert 2001 is meer as 20 000 jong mense van Baden-Württemberg in staat gestel om tyd in die buiteland deur te bring en is beurshouers van ander lande in staat gestel om Baden-Württemberg te leer ken. Elke jaar ontvang meer as 1 000 jong mense ’n Baden-Württemberg-stipendium.

www.bw-stipendium.de

Baden-Württemberg-stipendium vir UniversiteitstudenteDeur die Baden-Württemberg-stipendium vir Universiteitstudente ondersteun die Baden-Württemberg-stigting innoverende gesamentlike projekte tussen universiteite van Baden-Württemberg en hul internasionale vennote. Die program, wat befondsing van ongeveer €800 000 per jaar verskaf, het in 2011 begin en het sedertdien meer as 50 projekte ondersteun.

Baden-Württemberg StiftungDie Baden-Württemberg-stigting bevorder ’n lewenskragtige Baden-Württemberg met ’n hoë lewenskwaliteit. Dit help om die weg te baan vir topklas navorsing, baie soorte opvoedkundige maatreëls en verantwoordelike omgang met medemense. Die Baden-Württemberg-stigting is een van die vernaamste stigtings in Duitsland en die enigste een wat uitsluitlik en sonder partydigheid in die toekoms van Baden-Württemberg en dus in die toekoms van sy burgers investeer.www.bwstiftung.de

van die lewe in ’n informele nedersetting en hoe geo-informatikatoepassings hulpbehoeftige mense kan help.’

Die studente het geleenthede gehad om sosiaal te verkeer met besoeke aan Freedom Park, ’n wildreservaat waar party van hulle aan die groot katte kon vat, en aan een van die Park Acoustics-konserte. Die besoekers is onthaal met ’n plaaslike braai en potjie, en die plaaslike studente het ’n tuisgemaakte Schwarzwälder Kirschtorte (swartwoudkoek) geproe wat deur die Duitse besoekers gemaak is. Daar was ook tyd vir kaartspeel, bordspeletjies en frisbee, of om net musiek te luister en saam te ontspan. Vriendskappe is in ’n oogwink gesmee, twee weke het verbygevlieg en dit was tyd om afskeid te neem.

Om te sien waaroor die deelnemers oor die Winterskool geblog het, besoek https://bwsgeomaticsandparticipation.wordpress.com/.

Die openingseremonie met dr Lisette Andreae (Hoof van Wetenskap en Opvoeding, Duitse Ambassade, Pretoria), prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, UP); prof dr-ing Gertrud Schaab (Fakulteit Inligtingbestuur en Media, HsKA) en prof Serena Coetzee (Direkteur: CGIS, UP)

SQUARED2 UP 59

Gebeure en funksies

Page 60: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Van 22 tot 23 Junie 2017, het die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde gegons van opwinding. Vier bio-wiskundige aanbiedinge het plaasgevind onder leiding en in die aanwesigheid van etlike buitelandse besoekers.

Die Biomath Forum-aanbiedinge is op 22 Junie op die Prinshof-kampus ingelui met ‘n lesing deur prof Leon Glass (McGill Universiteit, Kanada) oor die onderwerp van die voorspelbaarheid van die risiko van skielike hartsterfte.

Die tweede geleentheid was ‘n nagraadse studentekompetisie, onder die titel “Proefskrif in 3”. Die kompetisie het vereis dat studente hul navorsing voldoende opsom in ‘n aanbieding van drie minute aan gehore van nie-spesialiste met behulp van slegs ‘n enkele skyfie. Dit het op die middag van van 22 Junie plaasgevind en is deur die

Prof Jean Lubuma (Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en me Rebecca Bekker.

buitelandse besoekers beoordeel. Rebecca Bekker was die wenner van die kompetisie. met David Arogunjo, Phindile Dumani en Yash Madanha as naaswenners. Emmanuel Amikiya was egter die gehoor se keuse.

‘n Ope colloquium, aangebied deur die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, was derde in lyn. Die spreker, op die Hatfield-kampus in die laatmiddag van 22 Junie, was prof Peter Hinow (Universiteit van Wisconsin-Milwaukee, VSA). Die fokus van sy gesprek was die lineêre stabiliteit van vertraagde reaksie-diffusie stelsels.

Op 23 Junie, die sluitingsdatum, is tyd op die Hatfield-kampus ingeruim vir ‘n BioMath Forum-lesing deur Peter Rashkov (Instituut vir Wiskunde en Informatika in Bulgarye), oor die onderwerp van “die triviale dinamika in die dubbele fosforilering-defosforileringsiklus”.

Vier geslaagde bio-wiskundige aanbiedinge

SQUARED2 UP60

Geb

eure

en

funk

sies

Page 61: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Departement Fisika het gedurende die Oktoberreses ‘n hoogs suksesvolle nagraadse interdissiplinêre kursus oor sonkrag en fotosintese by die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied. Hierdie unieke kursus, wat vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied is, het studente van ses verskillende departemente aan UP – Fisika, Chemie, Genetika, Mikrobiologie, Plant- en Grondkunde, en Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese – gelok. Alhoewel die kursus hoofsaaklik vir UP-studente bedoel is, het twee studente van die Universiteit van die Witwatersrand en een van CEA-Saclay in Frankryk ook deelgeneem.

Die breë kursusonderwerp is vanuit verskillende hoeke ondersoek en is in lyn gebring met die kundigheid van die dosente wat in die departemente Fisika (Tjaart Krüger, Mmantsae Diale en Michal Gwizdala), Chemie (Shankara Radhakrishnan en Emil Roduner) en Genetika (Steven Hussey en Eshchar Mizrachi) gebaseer is, wat die kursus ‘n ware kruisdissiplinêre geur gegee het. Daarbenewens het die Universiteit ook ‘n aantal voorste internasionale geleerdes as gasdosente verwelkom: Rienk van Grondelle (Departement Biofisika, Vrije Universiteit, Nederland), Emil Roduner (Instituut vir Fisiese Chemie, Universiteit van Stuttgart, Duitsland) en Bruno Robert en Diana Kirilovsky (beide van die Instituut vir Biologiese Tegnologieë, CEA-Saclay, Frankryk). Van Grondelle, Roduner en Robert het lesings oor stimulerende onderwerpe aangebied wat goed bygewoon is en in Sci-Enza (die Universiteit se wetenskapsentrum) aangebied is. Die Franse ambassade in Suid-Afrika het die besoeke van die Franse geleerdes by wyse van die Protea-navorsingsprogram befonds en borg ook die beste student vir ‘n navorsingsinternskap in Frankryk.

Ná die aanvang van die kursus met ‘n kort inleiding tot die kwantum-meganiese basis van lig-materie-interaksie is die diepgaande werking van verskeie fotosintetiese organismes en talle tipes halfgeleier- en chemiese sonselle verduidelik. Strategieë vir die herontwerp van fotosintese is op die laaste dag bespreek en is op die beginsels van sintetiese biologie en bio-ingenieurswese gebaseer. Laastens het Kittessa Roro van die WNNR-energiesentrum deelnemers op hoogte gebring met ‘n algemene oorsig van die Suid-Afrikaanse sonkragbedryf. Verskeie studente het aangedui dat die multidissiplinêre fokus van die kursus die waardevolste aspek vir hulle was.

‘n Reeks assesseringsaktiwiteite het gedurende die lesingweek plaasgevind, wat almal op voorbereidende aktiwiteite gedurende die weke voor die kursuslesings gebaseer was in ‘n tipiese omgekeerde-klas-styl. Alle deelnemers moes ‘n versameling navorsingsartikels bestudeer en een nie-triviale vraag per artikel artikuleer. Elke vraag moes deur twee ander studente beantwoord word. Hierdie vlak van voorbereiding het daarvoor gesorg dat alle studente aktief deelneem. Die vrae en antwoorde is vervolgens tydens die verskillende besprekingsessies bespreek en geëvalueer. Die internasionale gasdosente was die voorste skrywers van sommige van die navorsingsreferate wat in top-gegradeerde wetenskaplike tydskrifte soos Nature en Chemical Society Reviews gepubliseer is. Elke student het ook die taak gehad om twee navorsingsreferate op te som en krities deur middel van ‘n kort voordrag in die teenwoordigheid van alle deelnemers sowel as in die vorm van ‘n skriftelike verslag te evalueer. Alle studente het entoesiasties aan hierdie aktiwiteite deelgeneem en die internasionale kundiges was beïndruk met die hoë vlak en aktiewe betrokkenheid van die studente.

Binne ‘n paar weke nadat die totstandkoming van die kursus by ‘n paar UP-departemente bekend gemaak is, is die limiet van 30 studentedeelnemers bereik. Hierdie relatief klein getal het aktiewe interaksie tussen alle deelnemers moontlik gemaak. Die vlak van belangstelling onder studente beklemtoon die vraag na multidissiplinêre kursusse aan UP en dien as motivering om hierdie kursus jaarliks aan te bied. Die organiseerders oorweeg dit sterk om die omvang van die kursus te verbreed om ook stelsel- en kosteanalise van nuwe tegnologieë in die sonbedryf in te sluit, wat ingenieurstudente kan lok.

Die studentedeelnemers het byna sonder uitsondering genoem dat hulle wens dat hulle die geleentheid gehad het om hierdie kursus as ‘n kredietdraende kursus te neem, byvoorbeeld as deel van hul baccalaureusgraad. Aangesien die Departement Fisika tans die enigste departement in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is wat nagraadse keusemodules aanbied, het die organiseerders ‘n beroep op ander departemente gedoen om strategieë te bedink wat multidissiplinêre kursusse in hulle departemente sal bevorder. Multidissiplinêre navorsing is die toekoms en UP kan en moet die leiding neem om Suid-Afrika na hierdie doelwit te lei.

Prof Emile Roduner

Interdissiplinêre lentekursus oor sonkrag en fotosintese

SQUARED2 UP 61

Gebeure en funksies

Page 62: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Wiskunde se winteroggend-lesing by UPDie Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde se Winteroggendlesing, wat op 25 Augustus 2017 in die hartjie van die winter gehou is, was weer eens ‘n sukses. Die spreker, mnr Martin Sanne van die WNNR, het ‘n praatjie gelewer oor wat hy “die volgende nywerheidsomwenteling” genoem het.

Hy het wêreldwye ontwrigtende veranderinge in die omgewing bespreek, met inbegrip van die globale vervaardigingsbedryf, en hoe hierdie verskynsel nuwe strategiese reaksies en ‘n nuwe toekomsvisie vereis. Hy het verduidelik dat dit nie sin maak om nuwe wyn in ou sakke te gooi en dat volharding met gevestigde gebruike Suid-Afrika nie in staat sal stel om die herindustrialisering van Suid-Afrika te kataliseer nie ten einde sy strategiese streeks- en globale ambisies te bereik.

Sy gevolgtrekking was dat ontwrigtende ontluikende tegnologieë ʼn wêreldwye omwenteling in die vervaardigingsbedryf tot gevolg het, wat ‘n geleentheid bied vir ons vervaardigingsbedryf om eksponensieel te verbeter en sodoende die grootste probleme wat ons samelewing konfronteer, te bowe te kom en ons daardeur in staat sal stel om doelwitte te bereik wat nie voorheen haalbaar was nie – op die gebiede wat deur die land se Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP) vereis word, by name sneller ekonomiese groei en die skep van werkgeleenthede, oorskakeling na ‘n laekoolstof-ekonomie, verbeterde gesondheid, uitbreiding van infrastruktuur en die bou van veiliger gemeenskappe.

Martin se gehoor is geïnspireer deur die insiggewende lesing en was optimisties oor die weg vorentoe.

Mr Martin Sanne

NAS vier Erfenisdag Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NAS) se Transformasiekantoor het hierdie jaar Erfenisdag by Uitspan gevier. Die foto wys van die personeellede in tradisionele drag.

SQUARED2 UP62

Geb

eure

en

funk

sies

Page 63: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

6e uitgawe van Finance and Farm Management bekendgestel

Die 6e uitgawe van die boek Finance and Farm Management is vroeër die jaar by die Universiteit van Pretoria (UP) bekendgestel.

Hierdie publikasie het in sowel akademiese as boeregeledere aansien verwerf, aangesien dit teorie en praktyk kombineer en ʼn breë spektrum onderwerpe in plaasbestuur en finansies dek.

Prof André Louw, bekleër van die Leerstoel in Agrisake in die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling was hoofredakteur en dr Mariette Geyser, tans ʼn boer en voorheen ʼn dosent aan die Universiteit van Pretoria, die mederedakteur. Prof Louw was die outeur van die eerste boek aangesien dit in 1981 vir die eerste keer gepubliseer is en die boek sedert die eerste uitgawe deur Standard Bank geborg is.

Die doel van hierdie boek is om sekere finansiële, sake- en plaasbestuursvaardighede wat in ʼn snel-veranderende en uitdagende wêreld vereis word, te voorsien. Soos in die eerste hoofstuk aangehaal word:

“The modern farm business and agribusiness operate in a complex, profoundly interconnected and rapidly evolving domestic and global environment, largely unrecognisable from just a few decades ago. The pace and frequency of change in this increasingly globalised, highly competitive landscape emphasises the need for a shift in the mind-set of the agricultural businessman away from a linear, static and inward focus to the development of management strategies and tactics that are flexible and adaptable to new developments, challenges and

unforeseen opportunities.”

Die boek se hooffokus is finansiering in landbou en dit sluit in hoofstukke oor sakebeplanning, finansiële bestuur, begrotings, beleggingsbesluite en risikobestuur. Alle bestaande hoofstukke is bygewerk en nuwe hoofstukke is bygevoeg. Laasgenoemde sluit in hoofstukke oor waarde- en voorsieningskettings in landbou, die betreding van Afrika- en ander internasionale markte, en finansieringsbronne. Noemenswaardige hersiening is gedoen oor belastingbeplanning vir plaasondernemings en die strategiese fokus op SEB.

Die teikenmarkte vir die boek is landboustudente, landbouprodusente en landbousakemense. Die boek word ook tans deur die meeste Suid-Afrikaanse universiteite wat Landbou-ekonomie onderrig, voorgeskryf.

Van links: Dr Melissa van der Merwe (UP), prof Andre Louw (Hoofredakteur), me Lindie Stroebel (Algemene Bestuurder: PMA), me Keneilwe Nailana (Standard Bank), mnr Struan Garland (UP), dr Danie Jordaan (UP), dr Mariette Geyser (mederedakteur, boer en voormalige UP-personeellid) en prof Charles Machethe (Waarnemende hoof: Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, UP).

SQUARED2 UP 63

Gebeure en funksies

Page 64: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

‘n Onderwys- en Ontwikkelingstoekenning (TDG) om akademiese personeelontwikkeling in Wiskundige en Statistiese Wetenskappe in Suid-Afrika te versterk, is onlangs by die Universiteit van Pretoria bekendgestel. Hierdie nasionale samewerkingsprojek word ondersteun deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

Die Universiteit van Pretoria is die leidende universiteit met die Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, prof Jean Lubuma as die projekkoördineerder. Benewens die Suid-Afrikaanse universiteite wat vennote in hierdie samewerkingsprojek

is, is die Departement Wetenskap en Tegnologie (DST) / Nasionale Navorsingstigting, Sentrum vir Uitnemendheid in Wiskundige en Statistiese Wetenskappe (MaSS), die Suid-Afrikaanse Statistiese Vereniging (SASA) en die Afrikaanse Wiskundige Vereniging (SAMS) ook nou betrokke.

Volgens prof Lubuma is “hierdie ingryping van waardevolle belang om hoogs opgeleide mannekrag op die kritieke gebied van wiskundige en statistiese wetenskappe te lewer. Die Universiteit van Pretoria beskou hierdie rol as ‘n eer en sal alles in sy vermoë doen om die ander rolspelers te ondersteun.”

Samewerkingsprojek geloods om Wiskunde en Statistiek in SA te verbeter

Van links: prof Loyiso Nongxa (Universiteit van Witwatersrand), prof Kerstin Jordaan (UNISA), dr Danie Uys (SASA) en prof Jean Lubuma (UP).

SQUARED2 UP64

Geb

eure

en

funk

sies

Page 65: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) het op 2 Augustus 2017 die 2017-weergawe van hul jaarlikse basislynbegroting – ’n landbouvooruitskouing vir Suid-Afrika vir die volgende tien jaar – aan die Universiteit van Pretoria bekend gestel. Die BFAP het ’n sterk reputasie ontwikkel vanweë sy betrokkenheid om ’n bydrae te lewer om besluitnemers in die regering, nywerheidsliggame, NRO’s en die private sektor in te lig en te steun. Meer as 200 mense het die geleentheid bygewoon.

Die BFAP het aangedui dat die Suid-Afrikaanse landbou- en agro-verwerkingsbedrywe nou en in die toekoms verskeie uitdagings die hoof sal moet bied. Ná die ernstige droogte van 2015 en 2016 is dit duidelik dat ten spyte van die algehele rekordoes van mielies en sojabone in die huidige seisoen, die herstel van die droogte in die somerreënvalstreek meer as een seisoen gaan neem. Dit is veral so in die veeboerderysektor, waar kuddegetalle weer aangevul moet word en die herstel van weidingskwaliteit tyd neem. Terwyl die somerreënvalstreke in verskillende stadiums van herstel is, bly die situasie in die Wes-Kaap nypend en is daar groot langtermynimpakte in die provinsie as gevolg van ernstige beperkings op die beskikbaarheid van water vir die besproeiing van uitvoerbedrywe met hoë waarde.

Die vooruitskouing van die Suid-Afrikaanse landbousektor moet in die globale konteks gesien word. Voedselpryse is een van die belangrikste dryfvere van voedselsekuriteit in die land. Die onlangse droogte het ’n groot impak op die bekostigbaarheid van stapelmielies gehad, met die koste van ’n enkele porsie mieliemeel wat met 43% toegeneem het,

terwyl die koste van die stapelvoedselmandjie met 22% toegeneem het. Die goeie nuus is dat die koers van die prysinflasie van stapelvoedsel na verwagting met 16% sal daal weens die verbeterde weersomstandighede en die appresiasie van die wisselkoers. Tog word hierdie koers vanaf ’n hoër basislyn gemeet en, in absolute terme, bly die stapelvoedselpryse dus hoog.

Wat die breër voedselstelsel betref, is die grootste bekommernis oor die vooruitsigtydperk steeds die stadige ekonomiese groeikoers en werkloosheid. In terme van klasmobiliteit het Suid-Afrika daarin geslaag om die persentasie van die bevolking wat in die lae inkomstegroep (LSM 1-3) geleef het, van 32 persent tot 8 persent sedert 2005 te verminder. Dit het nie net die algehele vraag na voedsel verhoog nie, maar ook tot ’n verandering in eetgewoontes gelei. Hierdie klasmobiliteitskoers het egter aansienlik gedaal en oor die volgende tien jaar word daar voorsien dat die groeikoers in die vraag na voedsel ’n aansienlike vertraging gaan beleef.

Die BFAP is ’n virtuele netwerk wat individue met multidissiplinêre agtergronde verbind om ’n gekoördineerde navorsingstelsel te skep wat besluitneming binne die landbouvoedsel- en drankstelsel van Suid- en Suider-Afrika inlig. Die kern- analitiese span bestaan uit onafhanklike ontleders en navorsers wat met die Departement Landbou-ekonomie, Uitbreiding en Landelike Ontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria, die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch en die Direktoraat Landbou-ekonomie by die Provinsiale Departement van Landbou, Wes-Kaap, geaffilieer is.

BFAP se basislynbegroting vir 2017 aan UP bekend gestel

Van links: Prof Ferdi Meyer, dr Holger Matthey, me Tracy Davids, dr Mmatlou Kalaba, mev Lulama Ndibongo-Traub en prof Patrick Westhoff

SQUARED2 UP 65

Gebeure en funksies

Page 66: SQUARED2 UP · die nuus toe hulle albei verkies tot Next Einstein Forum (NNS)-genote van 2017 tot 2019 (bladsy 6). Prof Namrita Lall van die Departement Plant- en Grondkunde en een

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het in Augustus vanjaar amptelik die Fakulteit se transformasielessenaar bekendgestel.

Die tema was ‘Transformasie is almal se besigheid’ en die geleentheid was propvol met ʼn verskeidenheid aanbiedings. Prof Jean Lubuma, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die geleentheid amptelik geopen met ʼn verwelkomingsboodskap. Prof Tinyiko Maluleke, Adviseur van die Visekanselier en Rektor, het uitgebrei op die tien beginsels van transformasie. Prof Vinesh Maharaj, Departementshoof van Chemie en fakulteitsverteenwoordiger op die Institusioneletransformasiekomitee het gepraat oor intervensie deur kurrikulumtransformasie. Prof Edward Webb, Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit het onder andere

gefokus op hoe navorsing getransformeer kan word en beklemtoon dat transformasie meer as is as om net die demografie te verander. Prof Mmantsae Diale van die Departement Fisika se aanbieding is gewy aan diversiteit en inklusiwiteit in die Fakulteit.

Voorgraadse en nagraadse studente het ook die geleentheid gehad om hulle ervaring met transformasie te deel, terwyl me Nontando Radebe van Menslike Hulpbronne (MH) gepraat het oor transformasie met betrekking tot MH-beleide. Perspektiewe van twee akademiese departement, die Departement Statistiek en die Departement Verbruikerswetenskap is aangebied, terwyl mnr Jacques Marneweck van die Proefplaas insigte gegee het oor hoe steundienspersoneel transformasie sien.

Prof Jean Lubuma en prof Tinyiko Maluleke

Natuur- en Landbouwetenskappe stel Transformasielessenaar bekend

SQUARED2 UP66

Geb

eure

en

funk

sies