Skoolsake - Midstream College...VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink...

4
1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. Uit: Winternag -Eugene N Marais # Te midde van die winter wat met alle felheid in ons midde is, het die Junie-eksamen ook amper gekom en gegaan. Ek hoop elke matriekleerder kon sy akademiese voete vind en dat die res na die beste van hul vermoë presteer het en hul doelwitte met vlieënde vaandels gedurende die eksamen bereik het. Sterkte aan elke leerder wat môre-oggend die ysbere in die swembad gaan aandurf. My wens aan elke leerder, ouer en veral onderwyser is om die laatslaap en ruskans te benut en kwaliteittyd met jul geliefdes deur te bring. Ek wil graag die graad 10’s en hulle ouers bedank vir hulle bydrae tot hulle Rise Against Hunger-uitreikprojek. Hulle het R155 000 vir hierdie goeie doel ingesamel. Ek hoop die graad 10’s oorleef hulle headmasters- sleepover vanaand. Carpe diem! Aan die einde van die kwartaal wil ek graag hulde bring aan elkeen wat gedurende die kwartaal kinders se lewens aangeraak en help vorm het. Deur die soet smaak van oorwinning en die bitter pil van nederlae en mislukkings op sport-, kultuur en akademiese gebied word leerders voorberei vir die lewe daar buite. ’n Groot woord van dank aan Bondev vir hierdie wonderlike College en aan elke leerder, ouer en kollega wat die Midstreamreis die moeite werd maak. Jou lewe vind vervulling in die mense en geliefdes rondom jou. SOLI DEO GLORIA. # Eugène Nielen Marais (1871-1931) – welbekende Suid-Afrikaanse redakteur, skrywer, digter, juris en natuurkenner Akademie LAASTE DAG VAN DIE KWARTAAL Neem asseblief kennis dat die laaste skooldag om 07:30 met ‘n verpligte vierkantopening vir alle leerders sal begin. As gevolg hiervan sal die eksamensessie om 08:15 ‘n aanvang neem. TWEEDE KWARTAALRAPPORTE EN OUERAAND Dié rapporte sal op Vrydag, 19 Julie uitgereik word. Neem ook kennis van die laaste geskeduleerde oueraand op Woensdag, 24 Julie. Hierdie aand is slegs per afspraak. U word dus aangemoedig om die vakonderwysers te kontak om ‘n afspraak te maak. In sommige gevalle sal die onderwysers u kontak vir ‘n afspraak. Leerders sal dus nie meer besprekingsvorms ontvang nie. MIDSTREAM COLLEGE Omsendskrywe 09/2019 • 13 Junie 2019

Transcript of Skoolsake - Midstream College...VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink...

Page 1: Skoolsake - Midstream College...VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en

1

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR

O koud is die windjie en skraal, en blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. Uit: Winternag -Eugene N Marais #

Te midde van die winter wat met alle felheid in ons midde is, het die Junie-eksamen ook amper gekom en gegaan. Ek hoop elke matriekleerder kon sy akademiese voete vind en dat die res na die beste van hul vermoë presteer het en hul doelwitte met vlieënde vaandels gedurende die eksamen bereik het. Sterkte aan elke leerder wat môre-oggend die ysbere in die swembad gaan aandurf. My wens aan elke leerder, ouer en veral onderwyser is om die laatslaap en ruskans te benut en kwaliteittyd met jul geliefdes deur te bring. Ek wil graag die graad 10’s en hulle ouers bedank vir hulle bydrae tot hulle Rise Against Hunger-uitreikprojek. Hulle het R155 000 vir hierdie goeie doel ingesamel. Ek hoop die graad 10’s oorleef hulle headmasters-sleepover vanaand. Carpe diem! Aan die einde van die kwartaal wil ek graag hulde bring aan elkeen wat gedurende die kwartaal kinders se lewens aangeraak en help vorm het. Deur die soet smaak van oorwinning en die bitter pil van nederlae en mislukkings op sport-, kultuur en akademiese gebied word leerders voorberei vir die lewe daar buite. ’n Groot woord van dank aan Bondev vir hierdie wonderlike College en aan elke leerder, ouer en kollega wat die Midstreamreis die moeite werd maak. Jou lewe vind vervulling in die mense en geliefdes rondom jou. SOLI DEO GLORIA. # Eugène Nielen Marais (1871-1931) – welbekende Suid-Afr ikaanse redakteur, skrywer, dig ter, jur is en natuurkenner

Akademie LAASTE DAG VAN DIE KWARTAAL Neem asseblief kennis dat die laaste skooldag om 07:30 met ‘n verpligte vierkantopening vir alle leerders sal begin. As gevolg hiervan sal die eksamensessie om 08:15 ‘n aanvang neem.

TWEEDE KWARTAALRAPPORTE EN OUERAAND Dié rapporte sal op Vrydag, 19 Julie uitgereik word. Neem ook kennis van die laaste geskeduleerde oueraand op Woensdag, 24 Julie. Hierdie aand is slegs per afspraak. U word dus aangemoedig om die vakonderwysers te kontak om ‘n afspraak te maak. In sommige gevalle sal die onderwysers u kontak vir ‘n afspraak. Leerders sal dus nie meer besprekingsvorms ontvang nie.

MIDSTREAM COLLEGE

Omsendskrywe 09/2019 • 13 Junie 2019

Page 2: Skoolsake - Midstream College...VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en

2

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

ROOSTERVERANDERINGE Ons moes noodgedwonge ‘n aantal veranderinge op die rooster vir die res van die jaar aanbring. Dié veranderinge sal slegs ‘n paar leerders raak. Hulle sal hulle nuwe roosters ontvang sodra die skole heopen.

NOVEMBEREKSAMEN Neem asseblief kennis dat alle leerders tot op die laaste dag van die vierde kwartaal eksamen skryf , d.w.s, 29 November en nie vir verlengde vakansiedoeleindes van geskeduleerde eksamens verskoon kan word nie.

Sport Die wintersport se ligafase is afgehandel en van die seuns- en dogtershokkiespanne het gekwalifiseer om aan verdere wedstryde van die Noordvaalkompetisie deel te neem. Al die rugbyspanne is nog in die wedloop van die Virsekerbekerkompetisie en word die Blou Bulle-finaal na afloop van die vakansie afgehandel. Ons wil vir Dylan Bailey, Jonathan Smit en Hakeem Rapea gelukwens met hul insluiting in onderskeidelik die o. 16- en o. 18-Blou Bulspanne. Baie sterkte ook aan al die leerders wat die vakansie aan interprovinsiale toernooie gaan deelneem.

Die krieket, bergfietsry en sagtebal gaan ook met hul toere solank die vere regskud vir die ligas wat volgende kwartaal gaan begin.

RUGBY Span Tuine Pta-Noord

Eerstespan 29-26 31-20

Tweedespan 8-24 14-42

O. 16A 68-0 69-14

O. 16B 19-24 -

O. 15A 28-14 15-22

O. 14A 25-12 17-19

O. 14B 54-12

NETBAL Span Sutherland Prestige Uitspele Uitspele

Eerstespan 21-29 20-25 12-43 (Eldoraigne) 17-25 (Pta-Noord)

O. 17A 9-34 7-23

O. 16A 28-13 17-14 12-27 (Zwartkop) 12-12 (Southdowns)

O. 16B 11-10 16-9

O. 15A 26-3 14-29

O. 15B 24-11 17-17

O. 15C 17-6 13-12

O. 14A 19-5 14-12 5-28 (Waterkloof) 10-12 (Pta-Noord)

O. 14B 24-11 13-6

O. 14C 14-9 13-6

DOGTERSHOKKIE Span Waterk loof Eldoraigne Uitspele

Eerstespan 0-3 0-0 0-4 (Cornwall Hill)

Tweedespan 0-2 5-1

Derdespan 0-1 4-0

O. 16A 0-1 2-4 1-0 (PHSG)

Page 3: Skoolsake - Midstream College...VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en

3

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Span Waterk loof Eldoraigne Uitspele

O. 16B 0-0 0-0

O. 16C 1-0 3-0

O. 15A 1-3 3-0

O. 15B 0-1 1-1

O. 15C 0-1 2-0

O. 14A 0-2 5-0

O. 14B 0-0 1-0

O. 14C 4-2 1-0

SEUNSHOKKIE Span Uitspele Uitspele

O. 14A 0-1

(Eldoraigne) 5-1

(Cornwall Hill)

RUITERSPORT Kernliga-kwalifiseerder 3

Ruiter Dissip l ine V lak Posisie

Abigail Howarth Equitation 3 2de

Skouspring 3 1ste

Driefase(eventing)-kwalifiseerder 4 en 5

Ruiter Dissip l ine V lak Posisie

Brynne van Zyl Driefase 3 2de

ERKENNING VAN BUITE-SKOOLSPORT JUDO Baie geluk aan Marco van der Westhuizen wat aan die tweede graderingskompetisie van Judo Suid-Afrika vir Noord-Gauteng deelgeneem het en ‘n bronsmedalje in die gewigsklas 56-60 kg verower het. Marco het ook onlangs 'n silwer medalje gekry by Gauteng Ope in Groep 3 vir o. 14 in gewigsklas 56-60 kg. Marco is ook ingesluit in die Tshwanespan wat gedurende Julie aan die Suid-Afrikaanse opekampioenskappe gaan deelneem. DRESSAGE Baie geluk aan Courtenay Botha wat SA Dressage-uitdaging gewen het.

Algemeen KLEREWINKEL Neem asb. kennis van die winkelure gedurende die vakansie:

Gesluit vanaf 14 Junie (16:00) tot 7 Julie,

8 en 9 Julie: oop van 08:00 tot 16:00,

Vanaf 10 Julie: oop van 07:00 tot 17:00.

SPRINGFEST Kaartjies vir SpringFest is beskikbaar by iTickets.

Page 4: Skoolsake - Midstream College...VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR O koud is die windjie en skraal, en blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en

4

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes, sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag, 18 Julie 2019