Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig....

5
1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR Die skool het Woensdag die matrieks en hulle ouers gegroet. Hulle het ook hulle laaste saalbyeenkoms bygewoon en die voorreg gehad om die ghong te slaan. Me Heléne Meyer en mnr Hannes Verhoef het hul gegroet en hulle nalatenskap, asook die feit dat hul voorberei is vir die doolhof van volwassenheid wat vir hulle wink, beklemtoon. Ek wil graag elke graad 12-leerder en hul ouers baie sterkte toewens vir die komende eksamen. Vergun my ook om elke onderwyser te bedank wat ʼn aandeel in die matrikulante se onderrig en opvoeding die laaste vyf jaar gehad het. Hul heel laaste funksie is ons jaarlikse prestige prysuitdeling vir gr. 8 tot 12- leerders wat Maandagaand plaasvind. There is no passion to be found than playing small – in settling for a life that is less than the one you are capable of living. Nelson Mandela Mag die matrieks van 2019 hierdie woorde ter harte neem en strewe na uitnemendheid en voluit leef terwyl hulle elke geleentheid aangryp wat hul pad kruis: Carpe Diem! Maandag sal die huidige graad 11’s hul plek op die galery inneem en so met hul finale hoërskoolreis begin. ‘n Spesiale gelukwensing aan al die leerders wat so skitterend gedurende die vakansie presteer het. ‘n Spesiale vermelding aan Merrick Brett (haal Titans skolekrieketspan en die SA o. 19-oefengroep) en Veronique Rossouw (Landswye bergfietswenner). Verwys verder na die nuusbrief vir ander top kultuur- en sportprestasies gedurende die afgelope klompie weke. Ek wil voorts graag alle gr. 8 tot 12-ouers uitnooi na die laaste Koffie-met-Carel-geleentheid vir die jaar. Sluit gerus Donderdag, 7 November om 07:30 by my aan in die personeelkamer vir ‘n informele kuier en gesprek rondom die skool. Ek hoop om baie van u daar te sien. Indien u belangstel, laat weet asseblief vir Debbi by [email protected] indien u dit wil bywoon. Akademie GRAAD 8-11 JAARPUNTRAPPORTE Dié rapporte word op Vrydag, 25 Oktober uitgereik. 2019 MATRIEKUITSLAE Uitslae sal op Dinsdag 7 Januarie 2020 tussen 08:00 en 09:00 by die skool beskikbaar wees. Indien leerders of hulle ouers/voogde dit nie in persoon kan kom afhaal nie, moet geskrewe toestemming aan ‘n derde party gegee word om dit te doen. Uitslae wat nie dan afgehaal is nie, sal eers weer op Maandag, 13 Januarie 2020 beskikbaar wees wanneer die skool vir die personeel heropen. Let daarop dat die aansoeke vir hernasien van MIDSTREAM COLLEGE Omsendskrywe 15/2019 • 17 Oktober 2019

Transcript of Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig....

Page 1: Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig. Die bergfietsryers het hul seisoen op n hoë noot tydens die nasionale kampioenskappe

1

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR Die skool het Woensdag die matrieks en hulle ouers gegroet. Hulle het ook hulle laaste saalbyeenkoms bygewoon en die voorreg gehad om die ghong te slaan. Me Heléne Meyer en mnr Hannes Verhoef het hul gegroet en hulle nalatenskap, asook die feit dat hul voorberei is vir die doolhof van volwassenheid wat vir hulle wink, beklemtoon. Ek wil graag elke graad 12-leerder en hul ouers baie sterkte toewens vir die komende eksamen. Vergun my ook om elke onderwyser te bedank wat ʼn aandeel in die matrikulante se onderrig en opvoeding die laaste vyf jaar gehad het. Hul heel laaste funksie is ons jaarlikse prestige prysuitdeling vir gr. 8 tot 12-leerders wat Maandagaand plaasvind.

There is no passion to be found than playing small – in settling for a life that is less than the one you are capable of living.

Nelson Mandela Mag die matrieks van 2019 hierdie woorde ter harte neem en strewe na uitnemendheid en voluit leef terwyl hulle elke geleentheid aangryp wat hul pad kruis: Carpe Diem! Maandag sal die huidige graad 11’s hul plek op die galery inneem en so met hul finale hoërskoolreis begin. ‘n Spesiale gelukwensing aan al die leerders wat so skitterend gedurende die vakansie presteer het. ‘n Spesiale vermelding aan Merrick Brett (haal Titans skolekrieketspan en die SA o. 19-oefengroep) en Veronique Rossouw (Landswye bergfietswenner). Verwys verder na die nuusbrief vir ander top kultuur- en sportprestasies gedurende die afgelope klompie weke. Ek wil voorts graag alle gr. 8 tot 12-ouers uitnooi na die laaste Koffie-met-Carel-geleentheid vir die jaar. Sluit gerus Donderdag, 7 November om 07:30 by my aan in die personeelkamer vir ‘n informele kuier en gesprek rondom die skool. Ek hoop om baie van u daar te sien. Indien u belangstel, laat weet asseblief vir Debbi by [email protected] indien u dit wil bywoon.

Akademie GRAAD 8-11 JAARPUNTRAPPORTE Dié rapporte word op Vrydag, 25 Oktober uitgereik.

2019 MATRIEKUITSLAE Uitslae sal op Dinsdag 7 Januarie 2020 tussen 08:00 en 09:00 by die skool beskikbaar wees. Indien leerders of hulle ouers/voogde dit nie in persoon kan kom afhaal nie, moet geskrewe toestemming aan ‘n derde party gegee word om dit te doen. Uitslae wat nie dan afgehaal is nie, sal eers weer op Maandag, 13 Januarie 2020 beskikbaar wees wanneer die skool vir die personeel heropen. Let daarop dat die aansoeke vir hernasien van

MIDSTREAM COLLEGE

Omsendskrywe 15/2019 • 17 Oktober 2019

Page 2: Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig. Die bergfietsryers het hul seisoen op n hoë noot tydens die nasionale kampioenskappe

2

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

vraestelle reeds op 13 Januarie 2020 sluit en dat dit aanlyn by www.ieb-online.co.za. gedoen moet word. Alle inligting oor die hermerkproses word in die uitslagkoevert bevat.

NOVEMBER-EKSAMENROOSTER Die finale weergawe hiervan is op die skool se webtuiste beskikbaar en is ook reeds op die leerders se tabletrekenaars gelaai. Alle vorige proefweergawes moet asseblief geïgnoreer word. U word weereens daarop gewys dat geen leerder vir verlengde vakansiedoeleindes van ‘n eksamenvraestel verskoon sal word nie.

SENIOR AFRIKAANSOLIMPIADE Midstream College het vanjaar weereens puik presteer met drie leerders, te wete Cara Venter, Henk Venter en Karlie Claassen onder die Top 10-leerders in die land. Cara het algeheel derde geëindig. Ons is voorwaar trots op hierdie leerders. Die Top 3-uitslae by Midstream College is soos volg:

Hu is ta a l E e rs te A dd is ione le T aa l

P le k N aam Resu l ta at N aam Resu l ta at

1. Ruelé van Zyl 78% Cara Venter 94,6%

2. Dian du Toit 76% Henk Venter 93,1%

3. Liandri du Toit 75,3% Karlie Claassen 92,3%

BEELD KREATIEWE SKRYFKOMPETISIE Baie geluk aan Karli Smith in graad 12 wat 20ste in hierdie kompetisie geëindig het.

OUERPORTAAL VIR HUIDIGE GRAAD 12’s Midstream College het na ‘n nuwe verbeterde administratiewe stelsel, Ed-admin, oorgeskakel. Hierdie program bied baie nuwe en interessante gebruiksfunksies wat onder meer ‘n ouerportaal insluit. Die ouerportaal kan aanlyn bereik word en bied aan u ‘n verskeidenheid gebruiksopsies wat onder andere toegang tot skoolrapporte verleen. Neem kennis dat u vir die ouerportaal-webtuiste moet registreer. (Verwys asb. na die e-pos wat op 10 Oktober aan alle graad 12-ouers gestuur is.) Ouers met leerders in graad 8-11 sal per e-pos in kennis gestel word wanneer hulle kan registreer.

SKRYFBEHOEFTES & HARDEKOPIE-HANDBOEKE 2020 ‘n Vriendelike herinnering dat die bestellings vir skryfbehoeftes en hardekopie-handboeke vir 2020 nou oop is. Bestellings kan geplaas word op www.mcboekwinkel.co.za. Die webblad sluit op 28 Oktober 2019 om 12:00 vir bestellings. Meer inligting oor die afhaal van pakkette sal later verskaf word.

Kultuur ARS LOQUENDI Dinsdagaand het die jaarlikse Ars Loquendi galadinee plaasgevind. Die dinee is die hoogtepunt van die openbare spraakkursus wat in die derde kwartaal plaasgevind het. Die kursus is voltooi deur ongeveer 30 graad 10’s en 11’s wat hul openbare redevoeringsvaardigehde verfyn het. Baie geluk aan al die leerders wat die kursus suksesvol voltooi het. Zanele Thekiso was die wenner van die voorbereide afdeling en Dihan de Bod het die onvoorbereide afdeling gewen. Dit was 'n wonderlike aand wat deur die leerders en ouers geniet is.

Page 3: Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig. Die bergfietsryers het hul seisoen op n hoë noot tydens die nasionale kampioenskappe

3

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

(p)ARTICIPATE Baie dankie aan al die leerders wat vir (p)Articipate ingeskryf het. Die verkose items wat tydens die gala-aand gaan plaasvind, is op die leerders se tabletrekenaars bekend gemaak. Geluk aan al hierdie leerders wat aangewys is om tydens die gala-aand op te tree. Vertoningstye van die gala-aand is as volg:

Vir leerders: Woensdag 23 Oktober 2019 18:30 vir 19:00

Vir ouers: Donderdag 24 Oktober 2019 18:30 vir 19:00 Kaartjies vir die onderskeie vertonings is teen R20 elk beskikbaar. Kaartjies kan soos volg by me Mari du Preez bespreek/gekoop word:

per e-pos by [email protected]

gedurende pouses vanaf Maandag 21 Oktober tot Woensdag 23 Oktober in E13.

Sport Die sport het die jaar op ‘n besondere hoogtepunt geëindig. Die bergfietsryers het hul seisoen op ‘n hoë noot tydens die nasionale kampioenskappe afgesluit. In die kompetisie waarvan 87 skole gekwalifiseer het, het ons dogterspan derde geëindig en in die algehele kompetisie het Midstream College vierde geëindig. Baie geluk aan Veronique Rossouw wat ook as die nasionale kampioen in die dogters o.15-afdeling gekroon is. Die eerstesagtebalspan het die C-liga vir die eerste keer gewen deur met Sutherland in die finaal af te reken. Die eerstekrieketspan het sy seisoen ewe eens op ‘n hoogtepunt afgesluit met oorwinnings oor Oos-Moot en Montana. Baie geluk aan hierdie spelers en spanne wat die skool so trots maak. ‘n Besondere woord van gelukwensing aan Merrick Brett en Jonathan Muller wat onderskeidelik vir die Titans o. 19- en o.15-krieketspanne gekies is. Merrick Brett is ook in die SA-oefengroep ingesluit waaruit die span vir die o. 19-wêreldbeker vir 2020 gekies gaan word. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Baie geluk ook aan Nico Els wat deel was van die Gauteng-Noordgholfspan wat aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem het en algeheel tweede geëindig het. Nico is ook tot die SA-skolegholfspan verkies. Brynne van Zyl het ook in ruitersport uitstekend presteer deurdat sy vir die Suid Afrikaanse Vaulting-span gekies is om in Mauritius deel te neem en Courtenay Botha is die afgelope vakansie as die beste junior dresseringruiter aangewys tydens die SA Derby . Geluk ook aan die derde gholfspan wat hulle liga gewen het. Ons sê sterkte aan al die atlete wat more en Saterdag aan die Top 30-byeenkoms in Potchefstroom en ook moreaand by Hoërskool Centurion gaan deelneem. Sien asseblief die inligting oor ons worpe atletiekursus op die webblad.

KRIEKET O ppo nent Resu l ta at K omment aa r

EERSTESPAN Montana Midstream 280/8

Montana 267 Wen met 13 lopies

Dian Clark 130 lopies Nathan Jooste 47 lopies; 2/37 in 10 beurte Guy Brett 3/54 in 10 beurte

Oos-Moot Oos-Moot 152 Midstream 153/7 Wen met 3 paaltjies

Divan Esterhuizen 4/40 in 10 beurte Nathan Jooste 4/17 in 10 beurte

Page 4: Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig. Die bergfietsryers het hul seisoen op n hoë noot tydens die nasionale kampioenskappe

4

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

O ppo nent Resu l ta at K omment aa r

1B SPAN Wonderboom Midstream 357

Wonderboom 71 Wen met 286 lopies

Matthew Wise 102 lopies; 3/10 in 6 beurte Jonathan Muller 51 lopies Richard Williams 51 lopies Rhynardt Henning 50 lopies

Garsfontein Midstream 172 Garsfontein 173/2 Verloor met 8 paaltjies

Mathhew Wise 73 lopies n.u.n. Rhynardt Henning 1/23 in 6 beurte

DERDE SPAN Garsfontein Garsfontein 175/9

Midstream 176/3 Wen met 7 paaltjies

Kyle Möller 30 lopies Jarod Williams 4/29 in 4 beurte

o 15A SPAN Montana Midstream 136

Montana 137/1 Verloor met 9 paaltjies

Christopher Williams 1/4 in 5 beurte

Oos-Moot Oos-Moot 251 Midstream 253/6 Wen met 4 paaltjies

Rhynardt Henning 107 lopies Nicolaas Verhoef 4/38 in 10 beurte

o 14A SPAN Oos-Moot Oos-Moot 149

Midstream 153/3 Wen met 7 paaltjies

Iwan van Eeden 71 lopies n.u.n. ; 3/21 in 7 beurte

Montana Montana 324/4 Midstream 152/7 Verloor met 173 lopies

Christiaan Maré 29 lopies n.u.n. Brendan Coetzee 3/64 in 10 beurte

SAGTEBAL Te am O ppo nent Resu l t

o 14A Gerrit Maritz 14-18

o 16A CR Swart 14-17

o 19A Sutherland 13-6

TENNIS Agt van ons junior seuns het aan die jaarlikse Boland Landbouskooltoernooi in die Paarl deelgeneem en agste uit twaalf skole geëindig. Baie geluk aan Christon Basson, Liam Bender, Paul Kruyshaar, Henro Steyn, Marcello Schmidt, Christiaan Grové, Michael Harding en Joshua Rouncivell.

RUITERSPORT Baie geluk aan die volgende ruiters wat Ekurhuleni by die SANESA-kompetisie verteenwoordig het: Brynne van Zyl (7 dissiplines), Jaiden Booth (3 dissiplines), Natalie Paynter (1 dissipline) en Abigail Howarth (3 dissiplines). Op grond van hul prestasies by die SANESA-kompetisie is die volgende ruiters ook vervolgens gekies om Gauteng tydens die nasionale kampioenskappe te verteenwoordig: Brynne van Zyl (7 dissiplines), Jaiden Booth (3 dissiplines) en Abigail Howarth (3 dissiplines).

Page 5: Skoolsake - Midstream College...Sport Die sport het die jaar op n besondere hoogtepunt geëindig. Die bergfietsryers het hul seisoen op n hoë noot tydens die nasionale kampioenskappe

5

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Geluk ook aan al die ruiters wat daartoe bygedra het dat Midstream College die SANESA-toekenning ontvang het as die top skool in die Ekurhuleni-streek.

ERKENNING VAN BUITE-SKOOLSPORT TRAMPOLIENSPRING Baie geluk aan Corine de Beer wat twee eersteplekke verwerf het tydens die nasionale kampioenskappe wat die afgelope vakansie in Kaapstad plaasgevind het. BLOU BULLE-JEUGRUGBY Geluk aan Jayden van Tonder wat tydens die afgelope vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi vir die Blou Bulle o. 16-span deelgeneem het. KARATE Die volgende leerders het aan die Karate Suid-Afrika-liga in Durban deelgeneem en as volg presteer:

Kata Kumite Spankata

Reece Baynes Brons Deelname

Justin Baynes 5de Brons Goud

Dihan de Bod 5de Brons

Aydin Jacobs Deelname 5de

Algemeen TWEEDEHANDSE WINKEL Hierdie winkel, wat onder die Bondevpawiljoen geleë is, is gedurende skoolkwartale op Maandae en Woensdae van 07:00 tot 08:00 oop. Skakel gerus vir Hestha (082 520 0478) vir alternatiewe reëlings.

PRAATJIE OOR DIE GEVARE VAN PORNOGRAFIE Maree Crabbe is ‘n kenner oor die gevare van pornografie en sy bied ‘n praatjie daaroor aan by Cornwall Hill College op 24 Oktober om 18:00. Toegang is gratis en u is welkom om dit by te woon. Sy sal die volgende aanspreek:

Wat ouers van pornografie moet verstaan en hoe dit jong mense se begrip en verwagting van seks beïnvloed.

Hoe kan ouers hulle kinders se gesonde sosiale en seksuele ontwikkeling in die pornografiese era ondersteun?

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes, sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag, 31 Oktober 2019