Skoolsake - Midstream College...1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake...

2
1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR It's the Circle of Life. And it moves us all Through despair and hope. Through faith and love Till we find our place. On the path unwinding In the Circle. The Circle of Life... Circle of Life from The Lion King – Elton John & Tim Rice Met die 2019-skooljaar wat sy laaste stuiptrekkinge gee, neem mens onwillekeurig die jaar in oënskou. Ek glo ons almal het momente beleef wat ons nooit sal vergeet nie en ek hoop meeste van hierdie herinneringe in die kringe van die lewe was positief. Op ‘n persoonlike noot is my swaer (Anneke se broer) dr Naude Keyter vroeër die maand oorlede. Hy het na ‘n motorfietsongeluk amper vyf jaar terug nooit herstel nie – ek sal hom onthou vir sy ondeunde glimlag. Hy het baie pasiënte se lewens aangeraak en die lewe voluit geleef. Die verganklikheid van die mens en die onvoorspelbaarheid van die lewe is opnuut deur sy dood beklemtoon – koester die tyd wat julle met vriende, familie en geliefdes spandeer. Ons land het ook verskeie hoogtepunte en laagtepunte (Eskom om een te noem) beleef. Een van die onvergeetlike momente was die Wêreldbekerfinaal en ongekende vreugdetonele tydens die Springbokke se feesvieringe aldaar en ook later ter plaatse. Hulle het weer hoop na ons land gebring en opnuut gestalte aan die volgende woorde van Nelson Mandela gegee: Sport has the power to change the world, it has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Midstream College het ook ‘n geseënde jaar beleef, maar ten spyte van vele oorwinnings was daar ook genoeg nederlae om ons nederig te hou. Die leerders van die College het gedurende die laaste 13 jaar ‘n integrale deel van die groei en prestasies van die College uitgemaak. Ek wil graag elke leerder salueer vir julle bydrae, hoe groot of klein, wat die metamorfose van die College gedryf het en die College verander het in ‘n beter plek vir almal. Voorts wil ek lof bring aan elke onderwyser vir hul toewyding aan die onderwys en opvoeding van ons leerders. Terwyl hul menige akademiese, sport-, kultuur- en persoonlike uitdaging oorkom het, het hulle ‘n groot verskil in die lewens van kinders gemaak. Julle het ‘n fenomenale skool gevorm waarin die meeste leerders kan floreer en net hulself kan wees. Na analogie van die Olimpiese Spele se leuse: Citius, Altius, Fortius (Vinniger, Hoër, Sterker) het julle leerders geïnspireer om die Midstreamfamilie en -gees te omarm en na die beste van hulle vermoë te presteer. Lojale en ondersteunende ouers staan sentraal in hierdie proses en is eie aan sukses. Dankie dat julle daar is vir julle kinders, die College en ons gemeenskap. Agter elke suksesverhaal van 2019 is daar leerders wat deur hul ouers en onderwysers ondersteun is. Gevolglik aan al ons ouers en onderwysers: Thank you; dankie; ngiyabonga; ke a leboga; enkosi. MIDSTREAM COLLEGE Omsendskrywe 17/2019 • 26 November 2019

Transcript of Skoolsake - Midstream College...1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake...

Page 1: Skoolsake - Midstream College...1 012 661 2341 012 661 2340 college@midstreamcollege.co.za Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR It's the Circle of Life. And it moves us all Through

1

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR It's the Circle of Life. And it moves us all Through despair and hope. Through faith and love Till we find our place. On the path unwinding In the Circle. The Circle of Life...

Circle of Life from The Lion King – Elton John & Tim Rice Met die 2019-skooljaar wat sy laaste stuiptrekkinge gee, neem mens onwillekeurig die jaar in oënskou. Ek glo ons almal het momente beleef wat ons nooit sal vergeet nie en ek hoop meeste van hierdie herinneringe in die kringe van die lewe was positief. Op ‘n persoonlike noot is my swaer (Anneke se broer) dr Naude Keyter vroeër die maand oorlede. Hy het na ‘n motorfietsongeluk amper vyf jaar terug nooit herstel nie – ek sal hom onthou vir sy ondeunde glimlag. Hy het baie pasiënte se lewens aangeraak en die lewe voluit geleef. Die verganklikheid van die mens en die onvoorspelbaarheid van die lewe is opnuut deur sy dood beklemtoon – koester die tyd wat julle met vriende, familie en geliefdes spandeer. Ons land het ook verskeie hoogtepunte en laagtepunte (Eskom om een te noem) beleef. Een van die onvergeetlike momente was die Wêreldbekerfinaal en ongekende vreugdetonele tydens die Springbokke se feesvieringe aldaar en ook later ter plaatse. Hulle het weer hoop na ons land gebring en opnuut gestalte aan die volgende woorde van Nelson Mandela gegee:

Sport has the power to change the world, it has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand.

Midstream College het ook ‘n geseënde jaar beleef, maar ten spyte van vele oorwinnings was daar ook genoeg nederlae om ons nederig te hou. Die leerders van die College het gedurende die laaste 13 jaar ‘n integrale deel van die groei en prestasies van die College uitgemaak. Ek wil graag elke leerder salueer vir julle bydrae, hoe groot of klein, wat die metamorfose van die College gedryf het en die College verander het in ‘n beter plek vir almal. Voorts wil ek lof bring aan elke onderwyser vir hul toewyding aan die onderwys en opvoeding van ons leerders. Terwyl hul menige akademiese, sport-, kultuur- en persoonlike uitdaging oorkom het, het hulle ‘n groot verskil in die lewens van kinders gemaak. Julle het ‘n fenomenale skool gevorm waarin die meeste leerders kan floreer en net hulself kan wees. Na analogie van die Olimpiese Spele se leuse: Citius, Altius, Fortius (Vinniger, Hoër, Sterker) het julle leerders geïnspireer om die Midstreamfamilie en -gees te omarm en na die beste van hulle vermoë te presteer. Lojale en ondersteunende ouers staan sentraal in hierdie proses en is eie aan sukses. Dankie dat julle daar is vir julle kinders, die College en ons gemeenskap. Agter elke suksesverhaal van 2019 is daar leerders wat deur hul ouers en onderwysers ondersteun is. Gevolglik aan al ons ouers en onderwysers: Thank you; dankie; ngiyabonga; ke a leboga; enkosi.

MIDSTREAM COLLEGE

Omsendskrywe 17/2019 • 26 November 2019

Page 2: Skoolsake - Midstream College...1 012 661 2341 012 661 2340 college@midstreamcollege.co.za Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR It's the Circle of Life. And it moves us all Through

2

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Cause in my African dream, there’s a new tomorrow My African dream is a dream that we can follow And though it would seem my hope’s an illusion My African dream is an end to the confusion

African Dream – Vicky Sampson

Hoop, wat is hoop? Dis as ons harte na mense terugdraai Hoop, wat is hoop? As jy struikel sal jy weer opstaan Hoop wees die hoop. Steek jou hande uit na mekaar Hoop, dis 'n stem wat sê: As jy moeg is, sal ek jou dra Bring die hoop weer terug

Hoop – Joe Black My boodskap aan julle almal gedurende hierdie Kersgety en ook vir 2020 is een van hoop. Laat ons hande vat en saam ‘n positiewe impak op die mense om ons en ook op ons land hê. My uitdaging aan elke leerder is om opnuut elke geleentheid wat hom voordoen met beide hande aan te gryp en so ‘n positiewe invloed om almal om jou te hê. Kom laat ons die verskil wees wat ons in ons land wil sien. Sluit gerus aan by een van die raadskomitees en kom maak ‘n verskil. Mag ons glase volgende jaar nie net half vol wees nie, maar oorloop van hoop en liefde. Fokus op die positiewe en help om die evangelie van hoop te verkondig. God beloof ons nie ‘n lewe sonder opdraandes nie. Nes ‘n sin-grafiek, word opdraandes deur afdraandes gevolg. Met Jesus Christus ons Heer aan ons kant sal ons enige uitdaging die hoof kan bied. Mag julle almal ‘n ontspanne, sorgvrye vakansie en ‘n 2020 vol van liefde en hoop beleef.

Gee geloof en hoop en liefde, Heer. Amen. Here in die Hemel da’ bo, laat my weer in die engel glo. Laat die Dawidster skyn in hierdie nag. Heer, hou oor ons die wag, wees alomteenwoordig. Ons oë altyd op u gerig.

Suidlandgebed – Lize Beekman

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes, sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag 23 Januarie 2020