SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers...

12
SKAPE ALGEMEEN : UREUM WAARSKUWING (slegs waar en indien van toepassing) Asyn is ‘n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer ‘n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml). Beskerm voer teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ‘n oplossing drink, kan vergiftig word. Hierdie dierevoedsel bevat ‘n NPN-bron en moet streng volgens aanbevelings gevoer word. Moenie saam met ‘n ander NPN-bevattende veevoedsel voer nie. Raadpleeg ‘n veekundige. Genoegsame weiding en/of ruvoer moet altyd beskikbaar wees. Wanneer daar oorgeskakel word van ‘n NPN-vrye veevoedsel na ‘n NPN- bevattende veevoedsel is dit raadsaam om ‘n 50/50 mengsel van twee soorte veevoedsel oor ‘n periode van 4 - 6 dae te voer. ----o0o---- UREA WARNING (only where and if appropriate/applicable) Vinegar is an effective remedy against NPN poisoning. Mix with an equal amount of water. Dose half a bottle per calf or large sheep or 2 - 4 bottles per head of cattle (1 bottle = 750 ml). Protect this farm feed against rain. NPN is soluble and animals drinking such a solution could be poisoned. This feed contains a NPN source - feed strictly according to feed recommendation. Do not feed this farm feed indiscriminately with other NPN containing farm feeds. Consult an animal scientist. Good quality roughage and/or grazing should always be available. When replacing a NPN-free feed with a NPN consisting feed, it is recommended to feed an adaptation period of 4 - 6 days, in which the feed is mixed 50/50.

Transcript of SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers...

Page 1: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

SKAPE

ALGEMEEN: UREUM WAARSKUWING (slegs waar en indien van toepassing)

• Asyn is ‘n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke

hoeveelheid water en doseer ‘n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

• Beskerm voer teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ‘n oplossing drink, kan vergiftig word.

• Hierdie dierevoedsel bevat ‘n NPN-bron en moet streng volgens aanbevelings gevoer word. Moenie saam met ‘n ander NPN-bevattende veevoedsel voer nie. Raadpleeg ‘n veekundige.

• Genoegsame weiding en/of ruvoer moet altyd beskikbaar wees. • Wanneer daar oorgeskakel word van ‘n NPN-vrye veevoedsel na ‘n NPN-

bevattende veevoedsel is dit raadsaam om ‘n 50/50 mengsel van twee soorte veevoedsel oor ‘n periode van 4 - 6 dae te voer.

----o0o----

UREA WARNING (only where and if appropriate/applicable)

• Vinegar is an effective remedy against NPN poisoning. Mix with an equal amount of water. Dose half a bottle per calf or large sheep or 2 - 4 bottles per head of cattle (1 bottle = 750 ml).

• Protect this farm feed against rain. NPN is soluble and animals drinking such a solution could be poisoned.

• This feed contains a NPN source - feed strictly according to feed recommendation. Do not feed this farm feed indiscriminately with other NPN containing farm feeds. Consult an animal scientist.

• Good quality roughage and/or grazing should always be available. • When replacing a NPN-free feed with a NPN consisting feed, it is recommended to

feed an adaptation period of 4 - 6 days, in which the feed is mixed 50/50.

Page 2: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

RIGLYNE:

VOERKRAAL (SKAPE): Die volgende aksies is krities belangrik by inname van diere in ‘n voerkraal:- a) behandeling van inwendige en uitwendige parasiete, b) ent teen bloednier en ander respiratoriese siektes (raadpleeg ‘n veearts). c) maak gebruik van groeistimulante. Aanpassing (10 - 14 dae): Skape eet 3,5 - 4,2% van liggaamsmassa. Aanpassing van diere op ‘n graandiëet is ‘n baie belangrike aspek van die resultate wat verkry word in voerkraal. Begin met Skaapgroei teen 400 gram per lam per dag - die helfte in die oggend en die helfte in die middag. Vermeerder met 100 gram per lam per dag tot lammers/skape ad lib eet. Lusern, of ander hoë kwaliteit ruvoer, moet ad lib beskikbaar wees vir eerste 14 dae. Kripspasie: 20cm per dier in aanpasfase 10cm per dier na aanpasfase Vloerspasie: 1,5 - 2,5m² per dier Drinkwater: Maak waterkrippe skoon twee maal per dag. Lammers drink 4 - 6 liter water per dag. LAMMERS - KRUIPVOER: VOORDELE VAN KRUIPVOER:-

- Bevorder rumenontwikkeling - Lammers groei vinniger - Lammers speen makliker sonder speenskok - Lammers weeg swaarder op speenstadium en pas makliker aan in voerkraal - ‘n Moet in die vroegspeenstelsel

Kruipvoerbakke moet verkieslik toe wees sodat voer nie kan nat reën nie. Kruipvoerbakke se openinge vir merino’s moet 18cm wees en vir vleisrasse moet die opening 20 - 22cm wees.

Page 3: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

LAMKRUIPMEEL/-KORRELS: Samestelling:

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIES EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 180 g/kg Min. Vog 120 g/kg Min. Vet 25/70 g/kg Min./Maks. Vesel 150 g/kg Maks. Kalsium 10 g/kg Maks. Fosfor 4,0 g/kg Min.

Aanbeveling: Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in kruipvoerbakke. Geen aanpassing nodig as op bogenoemde ouderdom begin word nie. Verskaf vrye toegang tot lamkruipvoer en sien toe dat voerbakke altyd vol is. Voordele van TW Lamkruipvoer: ‘n Ureumvrye produk met hoë kwaliteit verbyvloei-proteïene en lusern, wat spiergroei by jong lammers bevorder. Gebruik: Voorsien aan lammers tot op die ouderdom van ±50 dae en skakel dan oor na TW Skaapgroei. SKAAPGROEIMEEL/-KORRELS {ook bekend as RAM, LAM & OOIGROEIMEEL/-KORRELS} [V21256]: Samestelling:

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIES EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 150 g/kg Min. Proteïen vanaf NPN 9,6 % Maks. Energie 11,4 MJ/kg Min. Vog 120 g/kg Min. Vet 43,2 g/kg Min. Vesel 55,4 g/kg Maks. Kalsium 8,1 g/kg Maks. Fosfor 3,8 g/kg Min.

Page 4: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

Voordele van TW Skaapgroeivoer: Met TW Skaapgroei se hoë persentasie kwaliteit verbyvloei proteïene wat afkomstig is van ‘n wye reeks natuurlike proteïene, maak dit hierdie produk een van die mees veelsydigste en doeltreffendste produkte beskikbaar. Aanbeveling:- Gebruik -

• As kruipvoer vanaf 50 dae ouderdom tot na speen. • As aanpasrantsoen en vir ligte lammers onder 32kg in voerkraal . • As voerkraalrantsoen vir vleisrasse wat neig om oorvet te word. • Vir uitgroei van stoetramme vir veilings en skoue. • Genoegsame goeie kwaliteit ruvoer moet te alle tye beskikbaar wees. • Gee vrye toegang tot voer.

SKAAPAFROND {ook bekend as RAM, LAM & OOI-AFROND} [V16691]: Samestelling:

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIES EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 130 g/kg Min. Proteïen vanaf NPN 11,7 % Maks. Energie 11,4 MJ/kg Min. Vog 120 g/kg Min. Vet 25/70 g/kg Min./Maks. Vesel 150 g/kg Maks. Kalsium 15 g/kg Maks. Fosfor 3 g/kg Min.

Voordele van TW Skaapafrondvoer: Dit is ‘n baie smaaklike produk en die goeie balans tussen natuurlike proteïene en die energievlakke van Skaapafrond verseker hoë groei, optimale uitslagpersentasie en baie goeie karkaskwaliteit. Aanbeveling: Skaapafrond is ‘n voerkraalrantsoen wat gebruik word vir die afrond van lammers en volwasse diere vir slag.

• Tydens die eerste 2 weke moet addisionele ruvoer voorsien word om diere aan te pas.

• Diere moet volledig aangepas word op TW Skaapafrond en kan daarna ad lib gevoer word (sien aanpas onder voerkrale op bl. 2).

• Aanpas van diere is uiters belangrik.

Page 5: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

• Pas behoorlike voerkripbestuur toe en monitor innames om moontlike

siektetoestande dadelik waar te neem. SKAAPGROEI HPK {ook bekend as RAM, LAM & OOIGROEI HPK} [V22965]: Samestelling:

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIES EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 340 g/kg Min. Proteïen vanaf NPN 26,53 % Maks. Energie 9 MJ/kg Min. Vog 120 g/kg Min. Vet 25/75 g/kg Min./Maks. Vesel 120 g/kg Maks. Kalsium 40 g/kg Maks. Fosfor 7 g/kg Min.

Voordele van hierdie produk: Hierdie is ‘n baie smaaklike produk wat hoë kwaliteit natuurlike proteïene bevat en baie laag is in NPN-proteïene. Mengsels:

(1) (2) (3)

TW Skaapgroei HPK 250kg 250kg 350kg Melassemeel 80kg 80kg 80kg Lusern 150kg 80kg 120kg Mielies 520kg 590kg 450kg

Samestelling:

VOEDINGSTOF (1) (2) (3) EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 150 145 175 g/kg Min. Proteïen vanaf NPN 12,6 13 15,1 % Maks. Energie 10,75 11 10,5 MJ/kg Min. Vog 120 120 120 g/kg Min. Vet 33 33 32 g/kg Min. Vesel 75 60 70 g/kg Maks. Kalsium 12,7 11,8 16 g/kg Maks. Fosfor 3,5 3,6 4 g/kg Min.

Page 6: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

Aanbeveling: Meng hierdie konsentraatproduk goed met ander voorgeskrewe roumateriale. 1. Aanpasrantsoen in voerkrale en vir die uitgroei van stoetdiere vir skoue en veilings (ad

lib lusern, of ander hoë kwaliteit ruvoer, moet beskikbaar wees). 2. Voerkraalrantsoen na aanpas vir vleisrasse wat neig om oorvet te word. 3. Kruipvoerrantsoen vir selfmeng. (Telwiedrè Lamkruip is ‘n meer geskikte kruipvoer

in beginstadium as bogenoemde mengsel). SKAAPAFROND HPK {ook bekend as RAM, LAM & OOI-AFROND HPK} [V22966]: Samestelling:

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIES EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 300 g/kg Min. Proteïen vanaf NPN 39,6 % Maks. Vog 120 g/kg Min. Vet 25 / 75 g/kg Min./Maks. Vesel 120 g/kg Maks. Kalsium 40 g/kg Maks. Fosfor 7 g/kg Min.

Voordele van hierdie produk: Die smaaklikheid van hierdie produk verseker hoë innames en die egalige vermenging daarvan verseker konstante innames van goed vermengde voer. Goeie groei, hoë uitslagpersentasie en goeie karkaskwaliteit word verkry met die gebruik van hierdie produk. Mengsels:

(1) (2) (3)

TW Skaapafrond HPK 250kg 250kg 200kg Melassemeel 80kg 80kg 80kg Lusern 150kg 80kg - Mielies 520kg 590kg 640kg Gras - - 80kg

Page 7: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

Samestelling:

VOEDINGSTOF (1) (2) (3) EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 140 135 110 g/kg Min. Proteïen vanaf NPN 22 22,8 22 % Maks. Energie 10,7 11 10,5 MJ/kg Min. Vog 120 120 120 g/kg Min. Vet 30 33 33 g/kg Min. Vesel 80 65 72 g/kg Maks. Kalsium 10 9,4 6,9 g/kg Maks. Fosfor 3,5 3,5 3,2 g/kg Min. Aanbeveling:

1. Aanpasrantsoen in voerkrale. 2. Afrondrantsoen in voerkrale vir lammers. 3. Afrondrantsoen in voerkrale vir volwasse diere.

LAMHOKKIEKORRELS [V23927]: Tweelingooie: Ooie moet aangepas word op die TW Lamhokkiekorrels vir die optimale benutting en vertering van voedingstowwe in die korrels. Die aanpas veroorsaak ook dat ooie genoegsame melk produseer en dat sterk gesonde lammers van 4 – 5 kg gebore word, wat ‘n beter kans op oorlewing het en swaarder speengewigte tot gevolg het. As TW Lamhokkiekorrels begin voer word, moet alle lekbyvoeging gestaak word. Pas soos volg aan:- 4 weke vòòr lam – 500 gram per dag 3 weke vòòr lam – 750 gram per dag 2 weke vòòr lam – 1 kg per dag 1 week vòòr lam – 1,25 kg per dag Ná lam kan tweelingooie 2,5 kg per ooi per dag gevoer word vir 75 dae totdat lammers gespeen word. Die ander 4½ maande gedeelte van die 8 maande lamsiklus moet lek gevoer word teen gemiddeld 300 gram per dag. Lammers moet toegang tot TW Kruipkorrels hê vòòrdat hulle uit die lamhokke kom op dag 3 – 5. ‘n Lam eet ±25 kg Kruipkorrels op tot en met speen. Enkelingooie: Pas soos volg aan:- 2 weke vòòr lam – 500gram per dag 1 week vòòr lam – 750gram per dag 3 dae in lamhokkie – 2kg per ooi per dag

Page 8: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

As daar nie voldoende kos is vir enkelingooie nie kan 1 kg TW Lamhokkiekorrels aan ooie gevoer word per dag. Die ander 4½ maande van die 8 maande siklus moet lek gevoer word teen ±300 gram per ooi per dag. Samestelling:

VOEDINGSTOF EENHEID MIN/MAKS

Proteïen 185 g/kg Min. Energie 10 MJ/kg Min. Vet 35 g/kg Min. Vesel 110 g/kg Maks. Kalsium 12 g/kg Maks. Fosfor 4,2 g/kg Min.

TW OOILEK [V22967]: Mengsels met TW Ooilek HPK:-

1 2 3 4 5 6 7

Mielies 420 470 520 570 220 620 420

Melassemeel 80 80 80 80 80 80 80

Sout 200 150 200 150 250 150 150

Ooilek HPK 300 300 200 200 450 150 350

1000 1000 1000 1000 1000 1000 1000

Energie ME (MJ/kg) 8.47 9.10 8.91 9.53 7.20 9.75 8.90

Proteïene (%) 18.47 18.84 14.22 14.59 24.47 12.47 21.00

Proteïene vanaf NPN (%) 46.5 45.8 40.4 39.3 52.9 34.7 47.8

Kalsium (g/kg) 13.88 13.89 9.49 9.50 20.46 7.30 16.00

Fosfate (g/kg) 3.54 3.67 3.03 3.17 4.16 2.92 3.93

Inname (g/kg) 200-300

300-500

200-300

300-500

100-200

400-600

150-300

MENGSEL 1: Gebruik as lek op karooveld en op die Hoëveld se natuurlike weidings in die somer. MENGSEL 2: Gebruik in/met dieselfde omstandighede as in mengsel 1 hierbo en die aanbeveling is om te gebruik by ooie met meerling lammers.

Page 9: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

MENGSEL 3: Gebruik as lek op hawer, rooigras, sojaboonreste en ander aangeplante weidings. MENGSEL 4: Dieselfde as 3 hierbo maar hoër innames word verkry en is ideaal vir ooie met meerlinglammers. MENGSEL 5: Gebruik as onderhoudslek op droë winterweiding en oesreste. MENGSEL 6: Vir die afrond van lammers op groen aangeplante weidings. MENGSEL 7: Gebruik in die winter vir diere op droë grasveld en oesreste vir laktasielek, prikkelvoeding en die uitgroei van jong ooie en ramme. TW LANDELEK: Vir weimielies:-

NUTRIëNTE

Energie (ME) 6.29 MJ/kg Ru-proteïene 303.37 g/kg Kalsium 34.97 g/kg Fosfor 4.61 g/kg

Voordele:-

• Klaar gemeng • Bevat buffers om suurpens te voorkom • Vloei maklik deur selfvoerders

Page 10: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

VOLVOER VIR OOIE:

(1) (2)

Mielies 400 420 Melassemeel 80 80 Lusern 400 350 Ooilek HPK 125 - Skaapgroei HPK - 150

1005 1000

Proteïene (%) 15.89 15.42 Energie ME (MJ/kg) 9.95 10.06 Kalsium (g/kg) 11.70 12.86 Fosfate (g/kg) 2.99 2.84 Vesel (g/kg) 127.29 116.34

Volvoer kan vir ooie in lamhokke gevoer word, asook vir ooie met meerlinge wat ekstra byvoeding nodig het. Gebruik op dieselfde aanbeveling as met TW Lamhokkiekorrels.

Page 11: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

VOEDING IN ‘N INTENSIEWE LAMSTELSEL RAMME: Om ‘n hoogs vrugbare kudde te hê, moet daar ook hoogs vrugbare ramme aan-/in= gekoop/gebruik word wat ‘n ooinageslag kan teel wat mèèr vrugbaar is. ‘n Ram dra 75% van die genetiese vordering in ‘n kudde by. Skrotumomtrek vòòr dektyd moet minstens 35cm wees. Ramme met groter testis teel ooie met groter eierstokke wat vroeër ovuleer en mèèr eierselle afskei. Hoe mèèr kere ‘n ram ‘n ooi dek, hoe groter is die kans op meerlinge. Teelramme moet 2 maande vòòr dektyd die regte voeding ontvang, want dit neem 63 dae vir ‘n spermsel om te ontwikkel. Voer ramme TW SKAAPGROEIPILLE teen 2 kg per ram per dag saam met goeie ruvoer, bv. lusern, vanaf 2 maande vòòr aanvang van dekseisoen. Oefen ramme gereeld en doen vrugbaarheidstoetse op hulle (ramme). OOIE: DEKTYD (0 – 50 DAE):- Die kondisie van ooie regdeur die jaar het ‘n groot invloed op die lampersentasie van ooie in die kudde. Meerlinggeboortes is hoogs afhanklik van die kondisie van die ooie tydens paring omdat dit een van die hooffaktore is wat ovulasietempo bepaal. VROEë- EN MID-DRAGTIGHEID (50 – 100 dae): Die volgende eienskappe word positief beïnvloed as ooie tydens vroeë- en mid-dragtigheid, wanneer die plasenta ontwikkel, goeie voeding ontvang:-

- geboortemassa - leeftyd-wolproduksie - veseldikte - groei van lammers tot op 12 – 15 maande ouderdom - leeftyd-reproduksie - ooie se melkproduksie

LAATDRAGTIGHEID (100 – 150 dae): 72% Van die lam se groei en ontwikkeling vind tydens hierdie periode plaas. Primêre wolfollikelontwikkeling vind nou plaas, sowel as die ontwikkeling van die bies en die hoeveelheid melk wat geproduseer word tydens laktasie. Tweelingooie moet minstens 15 kg optel tydens hierdie fase. Ooie wat binne ‘n 3 – 3,5 kondisiepunt lam se lamvrektes is die minimum. Oppas vir oorvetooie wat geneig is tot metabolistiese steurnisse en “melkkoors”. LAMTYD: Ongeveer 70% van alle lamvrektes vind plaas tydens die eerste 48 uur ná geboorte. Die optimum geboortemassa vir lammers is tussen 4,5 – 6 kg. Lammers moet so vinnig as moontlik na geboorte soveel as moontlik bies inneem.

Page 12: SKAPE - telwiedre.co.za vir Handleiding.pdf · Fosfor 4,0 g/kg Min. Aanbeveling : Voer aan lammers vanaf 5 dae ná aanvang van lamseisoen (veral meerlinge) in ... Die ander 4½ maande

VOEDING: DEKTYD:- Tydens voorbereiding, voer ooie TW LAMHOKKIEKORRELS sáám met hoë kwaliteit ruvoer teen 300 gram per ooi per dag. Wanneer ooie gespons word, verhoog inname na 500 gram per ooi per dag. Wanneer ramme uitgehaal word, verminder weer na 300 gram per ooi per dag vir daaropvolgende 2 weke. Skakel dan oor na TW SKAAPGROEIPILLE teen 300 gram per ooi per dag saam met goeie kwaliteit ruvoer of veldweiding, anders moet daar op 500 gram per ooi per dag gebly word as die ruvoer swak en min is. Bly op hierdie voeding tot 6 weke voor lamtyd. LAMTYD:- Vanaf 6 weke vòòr lamtyd voer TW LAMHOKKIEKORRELS soos volg:-

- 6 weke voor lam - 500 gram per ooi per dag - 5 weke voor lam - 750 gram per ooi per dag - 4 weke voor lam - 1,000 gram per ooi per dag (2 voedings) - 3 weke voor lam - 1,25 kg per ooi per dag (2 voedings) - 2 weke voor lam - 1,50 kg per ooi per dag (2 voedings) - Tot en met lam - 1,50 kg per ooi per dag (2 voedings)

Vanaf ná lamtyd kry die ooi TW LAMHOKKIEKORRELS ad lib in lamhokke. Inname wissel van 2 – 3,5 kg per ooi per dag afhangende van die ooi se grootte en hoeveelheid lammers. Wanneer ooie uit die lamhokke kom, ontvang hulle TW LAMHOKKIEKORRELS teen 2,5 kg per ooi per dag saam met goeie ruvoer tot 4 – 6 dae vòòr speen van lammers. Vat alle byvoegings weg op 4 – 6 dae voor speen om melkproduksie van ooie te verminder. Begin weer teen 300 gram per ooi per dag vanaf die vierde dag nadat lammers gespeen is. LAMMERS: Lammers moet kruipvoer ontvang vandat hulle uit die lamhokkies uitkom - gebruik TW LAMKRUIPPILLE tot en met die ouderdom van ±6 weke en verander dan na TW

SKAAPGROEIPILLE in kruipbakke. Na speentyd sit die lammers in ‘n voerkraal en voer TW SKAAPGROEIPILLE saam met lusern vir die eerste 10 dae, waarna lusern dan weggeneem kan word. HPK’S: Telwiedrè Voere beskik ook oor ‘n volledige reeks HPK (hoë proteïenkonsentraat) veevoerprodukte vir die tuis-/selfmeng van rantsoene.