IEDERARK September.pdf · Ons beplan om met die fondse loophulp/loophulpe aan te skaf vir...

16
1 22 September 2013 Uitgawe 28/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK Blydskap laat ‘n mens se gesig straal, smart maak ‘n mens ter - neergedruk. Spr 15:13 Sondag 22 September Erediens Geen Koffiediens Botswana Uitreik 09:15 Maandag 23 September Botswana Uitreik Dinsdag 24 September ERFENISDAG (Braaidag) Botswana Uitreik Woensdag 25 September Botswana Uitreik Donderdag 26 September Botswana Uitreik Vrydag 27 September Botswana Uitreik Mannebiduur Botswana Uitreik 07:00 Saterdag 28 September Wat gebeur DV die volgende week ….

Transcript of IEDERARK September.pdf · Ons beplan om met die fondse loophulp/loophulpe aan te skaf vir...

  • 1

    22 September 2013 Uitgawe 28/2013

    IEDERARK NG KERK MIEDERPARK

    Blydskap laat ‘n mens se gesig straal, smart maak ‘n mens ter-

    neergedruk. Spr 15:13

    Sondag

    22 September

    Erediens

    Geen Koffiediens

    Botswana Uitreik

    09:15

    Maandag

    23 September

    Botswana Uitreik

    Dinsdag

    24 September

    ERFENISDAG (Braaidag)

    Botswana Uitreik

    Woensdag

    25 September

    Botswana Uitreik

    Donderdag

    26 September

    Botswana Uitreik

    Vrydag

    27 September

    Botswana Uitreik

    Mannebiduur

    Botswana Uitreik

    07:00 Saterdag

    28 September

    Wat gebeur DV die volgende week ….

  • 2

    Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

    018-2948197 018-2977926

    082 340 7549 083 262 6783

    Kerkkantoor

    018-2948121

    Faks—018-2943900

    Sluit by ons aan op

    NG Kerk Miederpark

    -2-

    HOSPITAAL OPNAMES

    Wanneer lidmate van die gemeente op-

    geneem word in Potch Medi-Kliniek, moet

    hulle asseblief by opname duidelik meld

    dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

    park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

    liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

    taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te

    spoor.

    BANKBESONDERHEDE:

    NG Kerk Miederpark,

    ABSA Tjekrek 680 590

    591 , Potchefstroom

    NG Kerk Miederpark

    Sending, ABSA Tjekrek

    405 041 9146,

    Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

    http://www.ngkmiederpark.co.zamailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • 3

    KONGO VERITAS

    Ds Dawie en Naomi

    Bid asb vir: Die Veritas Konferensie 23 – 30 September. Vir `n paar van die afgevaardigdes wat nog sukkel met hulle visums. Bid asb vir ’n geseënde tyd vir almal.

    MALAWI SENDING

    (Pieter Loots)

    Bid asb: Vir my bure wat deur baie moeilikhede gaan; Bid vir ons Malawi Christene om tot `n seën te wees vir almal wat ons pad kruis; Bid asb vir Engela van der Merwe se ma wat baie siek is .

    BOTSWANA SENDING

    (Jerry en Magda)

    Jerry hulle se seine is so swak dat ons nie kan deurkom na hulle nie. Ek weet net hy sou so graag versoeke wou stuur dus:

    Asseblief, bid vir hom en Magda dat ons Here Jesus hulle elke dag sal help en bystaan in alles wat hulle daar doen. Dat Hy die mense op hulle pad sal stuur wat vir Jesus nodig het.. Dat Hy Sy muur van vuur van beskerming rondom Magda en Jerry sal hou om hulle te bewaar.

    ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige

    mens raak uitgeput. Spr 17:22

    SENDING GEBEDSVERSOEKE

    -3-

  • 4

    Bestuur ‘n gesin soos jy ‘n klein vissie sal gaarmaak—met groot sorg. Chinese spreuk

    -4-

    HOSPITAAL SENDING

    (Petro)

    Dit is weer Puk Kandelaar wat vandag die boodskap van Ver-lossing vir die pasiënte in Potch Hospitaal bring. Bid asseblief vir hulle. Bid asb vir:

    2 Persone wie se bene die week geamputeer is as gevolg van gangreen. Iemand met ‘n erge virus infeksie in die long. Dat die Here elke dag vir Petro sal toerus met die no-dige wysheid en krag. Dat Hy vir haar elke boodskap in haar hart sal bêre wat sy nodig het vir al die pasiënte en ook die personeel.

    ANGOLA SENDING

    (Freddy)

    Gert het weer Seronga toe gegaan om te help. Hy het aangegaan met die bou van die biblioteek, asook ’n afdak vir die motorvoertuie. Die biblioteek se dak is voltooi en die vloer is gegooi. Die plafon moet nog ingesit word. Gert was in die tyd werklik Freddie se hande, want Freddie kon toe meer tyd aan opleiding en die verkondiging van die Woord

    gee. ’n Groot dankie aan Gert. Freddie het in Aug weer begin met die EBC 2 jaar diploma-kursus. Daar was 8 studente. Vir 10 dae is hul oorlaai met kennis en huiswerk. (Lesley doen ook die kursus) Paul en Engela van die Nehemia kursus het ook kom besoek aflê, en kon hul mekaar bemoedig en sendingprobleme bespreek. Alles draai om die verheerliking van die Here.

    Bid aub vir Willie (sendeling) en Estelle in Seronga, wat werksaam is saam met Freddie en Lesley. Hulle het van hul ondersteuning verloor. Vir Jerry en Magda wat net aan die anderkant van die Delta werksaam is. Bid vir die studente dat hul sal volhard.

    MARELET SENDING Dankie:

    Dankie vir my werkspermit! Dankie vir elkeen wat die werk hier ondersteun deur gebed, finansies, ens.

    Bid vir:

    Ek het myself ‘n maand kans gegee om aan te pas en reg te kom by die skool. Nou wil ek graag begin om so ‘n bietjie taal aan te leer. Die energie is egter nog nie daar nie! Ek het in die week besef dat my ys-tervlak baie laag was (ek wou sommer omkap!) Daarna het ek gaan yster en Vit C pille kry. Ek behoort teen volgende week soos die man van staal te voel . Bid asb dat ek die regte tye sal maak vir taalstudies. Hier is ‘n dierbare ou mensie, G wat ons klasse skoon-maak. Sy is in ‘n tehuis vir kinders wat uit die kinderhuis moes gaan agv ouder-dom. Bid dat Vader haar sal seën. Bid asb ook vir ons hoof, Gillian, sy het erge rugpyn.

  • 5

    Die taal van vriendskap is nie woorde nie, maar betekenisse. Henry David Thoreau

    -5-

    VERJAARSDAE VAN GEMEENTE – SEPTEMBER 2013 Daan Kershoff 1/9 Wian Visagie 13/9

    Grieta Hanekom 1/9 Marinda v Reeuwyk 14/9

    Harry Swart 2/9 Cameron Hill 14/9

    Charlie Hudson 3/9 Karen Foord 14/9

    Melissa Coetzee 3/9 Johan Harms 15/9

    Sanet Dippenaar 3/9 Anda Harmse 15/9

    Rudi van Rooyen 4/9 Fanie Botha 16/9

    Johan Eloff 4/9 Don Berry 16/9

    Dalene Fourie 5/9 Theron Jacobsohn 17/9

    Ettienne Pretorius 5/9 Pauline vd Merwe 17/9

    Jaco Diedericks 6/9 Francois Smith 17/9

    Anthea Wiese 6/9 Lina den Heijer 17/9

    Quintin Esterhuizen 6/9 Naliza Mouton 17/9

    Selwyn Hollamby 6/9 Hans Grobbelaar 17/9

    Henk Pretorius 7/9 Boet Potgieter 18/9

    July Schoeman 8/9 Casper Nel 18/9

    Laurie-May Henrico 9/9 Koos Mynhardt 19/9

    Riana Conradie 9/9 Ria Casthanho 20/9

    Alet Eloff 10/9 Anika Joubert 20/9

    Hannelie Claassen 10/9 Johan Grobler 20/9

    Shené Agenbag 10/9 Francois Meyer 20/9

    Mariska van Niekerk 11/9 Larumay Bronkhorst 21/9

    Lettie van Heerden 13/9 Helen v Niekerk 21/9

  • 6

    Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend. Spr 24:26

    -6-

    Helgaard van Zyl 22/9 Kelly Nortje 29/9

    Lina Cornelissen 23/9 Elmie Wolmarans 29/9

    Andries Smith 23/9 Heinie vd Berg 30/9

    Susan Erasmus 23/9 Melinda Smith 30/9

    Hennie Erasmus 23/9 Cindy Lombard 30/9

    Elanie Joubert 23/9 Neels Kershoff 30/9

    Charmaine du Toit 24/9 Beverly vd Heever 30/9

    Anton Swanepoel 24/9

    Dirk vd Westhuizen 25/9

    Johan Swart 25/9

    Annemarie Swanepoel 26/9

    Muriel Coetzee 26/9

    Helga Wolliase 26/9

    Lynette Ferreira 26/9

    Sonja Scheepers 26/9

    Daan Coetzee 26/9

    Herculene Kotze 27/9

    Francois Haarhoff 27/9

    Annemarie van Wyk 27/9

    Elizca Stemmet 28/9

    Willem Nolte 28/9

    Maretha Venter 28/9

    Suzette Pretorius 29/9

    Christo Duminy 29/9

  • 7

    -7-

    Vriende is daardie enkele mense wat vra hoe dit met jou gaan, en dan wag vir die antwoord.

    KRUIS MEDIA UITVERKOPING

    DATUM: 6 OKTOBER 2013 PLEK: NG MIEDERPARK –

    KRUIS MEDIA

  • 8

    -8-

    Die doel van die lewe is om ‘n lewe met ‘n doel te leef. Richard Leider

    VERKOPING Selgroep 64 beplan om teen einde Oktober ‘n verkoping van tweedehandse items te hou. Dit is nou lente en ons sorteer mos nou ons kaste uit. ENIGE oortollige items sal welkom wees:

    klere (ook kinder-en babaklere) Skoene Beddegoed Gordyne Enige breekgoed en kombuisware Ornamente Ensovoorts!

    Ons beplan om met die fondse loophulp/loophulpe aan te skaf vir bejaa-rdes in ons gemeente. Indien u kan help, sal ons dit waardeer as u dit by die kerkkantoor aflewer. Merk dit asseblief “Sel 64-projek”. U kan dit ook by Dassie Lombaard, Uit-sigstr 28 (0845004828 / 018-2932437) besorg. Ons is ook bereid om dit by u af te haal.

  • 9

    -9-

    U lei my met U raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. Ps 73:24

    Lieflike droom – ’n Huldeblyk aan Gé Korsten (Afr./veeltalig) (A) Tenoor Jannie Moolman en bariton Riaan Hunter neem die gehoor op ’n nostalgiese musiekreis met musiek van Gé Korsten. Aangevul met videomateriaal en foto’s word Korsten se verhaal van kindsbeen af tot met sy tragiese dood vertel. Die program sluit treffers soos “Liefling”, “Seeman” en “Lied van die lewe” in, terwyl “Jerusalem”, “Amazing Grace” en “Nessun Dorma” die gehoor sprakeloos sal laat. Klipdrift @ Roots – 90 min. – R100 24 Sept. – 16:00, 25 Sept. – 17:00, 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 09:30, 28 Sept. – 12:00

    Hierdie produksie sal heel moontlik nie weer opgevoer word nie en daarom wil ons net van die geleentheid gebruik maak om vir soveel moontlik aanhangers van Ge Korsten die geleentheid bied om die produksie te sien. Daar sal 5 vertonings plaasvind by die Klipdrift @ Roots saal. Ons het ook die tye so gekies dat nie een van die vertonings in die aand sal plaasvind nie sodat ons bejaar-de mense dit maklik kan bywoon.

  • 10

    -10-

    Dis net wanneer jy jouself vergeet dat jy nader kom aan God. Henry David Thoreau

    Christen-Moslem-debat

    Prof. James White is een van die voorste Christen gespreksvoerders met Moslems in Amerika. Op Donderdagaand 3 Oktober debatteer hy met een van die voorste Moslem debatteerders, Adv. Yusuf Ismail, oor die betroubaarheid van die Nuwe Tes-tamentiese weergawe van die leerstellings van Jesus Christus; asook die betroubaar-heid van die Koran se weergawe van die leerstellings van Muhammed. Dit behoort baie leersaam te wees vir Christene oor hoe Moslems hieroor dink, asook oor hoe om met Moslems hieroor te praat. Die debat vind om 18:30 in die Ouditorium van die Studentesentrum op die NWU-PUK-kampus plaas. Die gegewens is soos volg:

    18:30-20:30: Debat in Sanlam Auditorium, NWU: 1. Is the N.T. a Reliable Record of Jesus' Teachings? 2. Is the Quran a Reliable Record of Muhammad's Teachings?"

  • 11

    -11-

    Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

    Matt 5:3

    KERKTUIN

    Die gemeentebestuur is besig met ʼn omvattende projek om die hele voortuin by die kerk oor te doen. Professionele mense is aan die werk wat weet wat hulle doen. Dit neem ongelukkig lank om die reuse projek in fases te voltooi. Ons wil die hele ge-meente uitnooi om saam te werk deur spesifieke plante te skenk. Dalk het jy van die plante in jou tuin wat jy vir ons wil skenk. Onthou net die spesifieke plante word benodig! Bel Annemarie Swanepoel van Tip Top tuine by 082 253 1448 as jy kan help. (Hulle is gemeentelede van Miederpark en doen groot moeite met ons tuine.) By voorbaat dankie!

    Plante benodig vir die kerktuin: Mondogras groen groot Mondo Variegata (wit en groen blare) Acorus gold (geel gras) Dietes Grandiflora(wilde iris0 Vlasse (enige kleur) Gaura Pienk(Butterfly bush) Water irisse Wit Varkore Clivias

  • 12

    -12-

    Kom kuier by die Kuierkombuis en help só om ander te help! Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Die Bult bedryf vanjaar weer die gewilde Kuierkombuis tydens Aardklop. Die Kuierkombuis het oor die afgelope paar jaar bek-endheid verwerf onder feesgangers en Potchefstroomers vir heerlike middag-en aandetes. Die etes bestaan uit ‘n keuse van wildsvleispastei, gerookte varkboud en lasagne bedien met vier slaaie. Vanjaar bied die Kuierkombuis vir honger feesgangers ‘n heerlike Boere-ontbyt vanaf 07:00 tot 11:00 in die oggend. ‘n Klein, medium of groot ontbyt kan geniet word en daar is ook ‘n gesondheids-ontbyt vir meer gesond-heidsbewuste feesgangers! Indien u nie tydens etenstyd by die Kuierkombuis kan uitkom nie, kom geniet enige tyd ‘n lekker sny gebakte kaaskoek, pekanneuttert, wortel-of sjokoladekoek op die stoep! In die kerksaal word verskeie kunstenaars se werk uitgestal en verkoop so daar is meer op die spyskaart as net lekker eetgoed! Alle wins wat deur die Kuierkombuis gemaak word tydens Aardklop word uitgedeel aan instansies wat finansiёle hulp benodig. Dít is die dryfveer wat die gemeente jaar-na-jaar aanspoor om hard te werk en geld in te samel. Vanjaar word drie instansies finansieёl gesteun deur die Kuierkombuis-wins nl. Die President Kruger-kinderhuise, die Simon Coetzee Trust en die Viljoen Trust. Die Kuierkombuis is op die hoek van Molen en Borcherd straat, Potchefstroom.

    Jou talente is God se geskenk aan jou. Wat jy daarmee doen, is weer jou

    geskenk aan Hom. Leo Buscaglia

  • 13

    -13-

    17 September 2013 Geagte Leraar, Sal u asseblief so gaaf wees om die volgende aan u gemeentelede bekend te stel? Die immergewilde Francois en Elizabeth Fourie kom deel in die Dienssentrum se 30ste bestaansjaar. Dinsdag 1 Oktober om 09:00 vier ons fees in die Banketsale. Geskenkpakkies, verver-sings, middagete en ‘n genotvolle oggend vir slegs R50-00 per persoon. Almal is welkom. Kaartjies moet vooraf by die Dienssentrum gekoop word. Baie dankie – ons waardeer u hulp. Dienssentrum groete Sanet J. van Rensburg Adjunk Direkteur

    Die gloed van een hartlike gedagte is vir my meer werd as geld. Thomas Jefferson

  • 14

    -14-

    Kom geniet die stilte van die buitelug saam met jou dogter of seun in ‘n tentjie of in ‘n groepshuis by Ruach oord, 20 km buite Potchefstroom. Ons kuier lekker om die Woord en bied ook ‘n verskeidenheid van aktiwiteite aan. Ons gaan lekker in die aand kuier by die boma vuur. Heerlike etes sal bedien word. Kom bou jou verhouding met jou kind! Ons beplan om 2 kampe per jaar te hou as daar meer as een boetie of sussie by die

    huis bly.

    Stuur asb besprekings terug na Essie by Potch Oos Kerkkantoor – Tel/faks 018 290 5036 of [email protected]. Betalings by Potch Oos kantoor (oggende) of direk in die bankrekening: NG Kerk Potchefstroom-Oos, Absa Tjek, 680 580 030. Verwysing: Kamp en Jou Van. Teen Vrydag, 4 Okt 2013 asb.

    Pa en Kind Kamp 11–13 Okt

    Almal Welkom!

    Pa en een kind Kom kamp heerlik

    saam. Aktiwiteite en tyd

    saam met jou kind.Ruach net buite

    Potch.R420 per persoon.

    RSVP 4 OktoberKontak Hilda082 683 0877

    Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad

    doen. Prediker 11:10

    mailto:[email protected]

  • 15

    -15-

    WELKOM IN ONS GEMEENTE

    Vanaf NG Gemeente Bothaville:

    Cecilia Helena Brooks en Chanel Schoonwinkel.

    Bid vir Ander Persone Kolossense 1: 3-6: “Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie, wat julle sowel as die hele wêreld bereik het;”

    Wanneer jy in ‘n hartseer of moeilike tyd bevind is dit maklik vir mense om jou te be-moedig met: “Ek bid vir jou”. Baie keer is dit werklik al wat iemand vir jou kan doen. Bid.

    Paulus het gebid vir kleiner gemeentes wat hy besoek het. Hierdie mense het eintlik tot bekering gekom deur sy bediening. Hy het ‘n baie besondere verhouding met hul gebou. Hulle was lief vir Paulus omdat hy ‘n deel gehad het in die veranderde lewe wat hulle nou gehad het omdat hulle Jesus leer ken het.

    Paulus was ‘n geestelike vader, mentor en leier. Hy het geweet dat hy slegs met God se hulp kon doen wat hy gedoen het.

    Wanneer jy vir iemand bid, dan raak jy betrokke by ‘n taak wat God jou gee. Abra-ham het vir Sodom gebid. Moses het vir die kinders van Israel gebid. Jesus het vir Sy dissipels gebid. Jesus tree vandag nog vir ons in by God ons Vader.

    Begin vandag om elke dag iemand uit te sonder sodat jy vir daardie persoon kan bid. Jy kan intree vir enige persoon se situasie en omstandighede en vir God vra om uitkoms te gee.

    Hemelse Vader, dankie dat ek vir ander kan bid.

  • 16

    -16-

    Redaktrise: Kommentaar en berigte welkom! Naomi Scheepers - 0791349256 [email protected]

    Satan visits Cape Town and meets Gatiep. "Do you know who I am?" "Nay", says Gatiep, "gie my a hint" Satan says, "I am the prince of darkness" "Wow" says Gatiep, "djy's mos die CEO van Eskom"