Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

72
SENWES scenario AUGUSTUS 2011 DOUGLAS CRAWFORD Springbokklere vir oud en jonk Springbokklere vir oud en jonk Gesels oor pekanneute as alternatiewe gewas Gesels oor pekanneute as alternatiewe gewas KLANTETYDSKRIF VIR PRODUSENTE SENWES SCENARIO AUGUSTUS 2011 ONDERSTEUN DIE BOKKE ONDERSTEUN DIE BOKKE

Transcript of Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

Page 1: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

SENWES

scenarioAUGUSTUS 2011

DOUGLAS CRAWFORD

Springbokklere vir oud en jonk Springbokklere vir oud en jonk

Gesels oor pekanneute as alternatiewe gewas Gesels oor pekanneute as alternatiewe gewas

KL

AN

TE

TY

DS

KR

IF V

IR P

RO

DU

SE

NT

E S

EN

WE

S S

CE

NA

RIO

AU

GU

ST

US

20

11

ONDERSTEUN DIE BOKKE

ONDERSTEUN DIE BOKKE

Page 2: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

PANNAR sonneblombasters behaal die top drie plekke in die LNR nasionale proewe oor twee jaar. PAN 7057, PAN 7049, PAN 7050 en PAN 7033 almal met bruinroesweerstand vorm ’n gedugte pakket. Die basters is sinoniem met hoë opbrengspotensiaal en wye gebiedsaanpasbaarheid.

Die pakket word aangevul met ’n Clearfield® baster vir doeltreffende na-opkoms onkruidbeheer asook basters met ’n hoë oleïensuurinhoud.

PRESTASIE BEPROEFDE SAAD

2011/SUN/A/09

ons sonskyn in jou beursie

PRESTASIE BEPROEFDE S

www.pannar.com

Vir meer inligting kontak: Tel: (033) 413 9500 [email protected]

WÊRELDWYE NAVORSING PLAASLIKE PRESTASIE

Page 3: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

1

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

ALGEMEEN 3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer64 LEEFSTYL: Argilla; Fliekresensie; en Braai vir

jou erfenis35 DRUPPELS OP DIE DAK: Hoe ry die boere,

sit-sit vas... RUBRIEKE56 VIR DIE SIEL: Soos suurdeeg54 AGRI-WENKE: Waak teen oor-optimisme68 IN MY VISIER: ‘n Pa moet ‘n laaitie hê KOMPETISIE65 ‘n Digitale fotoraam kan joune wees

NUUS57 Royal Bafokeng belange nou in Senwesbel hande 58 (018) 464-7799 – Jou graanmark-inbellyn61 NWU Rekenaarsentrum kry Senwes naam63 Toekomsfokusdag: 21 September 201163 Agri Mega-week: 14 tot 16 September 2011

PROMOSIE-ARTIKELS10 Hydro Health: Les jou dors met gesonde water15 Efekto: Lente sorg vir ‘n lowergroen grasperk 48 Jonnson: High performance workwear for

your feet

REDAKTEURSBRIEF 2 Pens en pootjies in die modder

HOOFSTORIE 4 Produsente besef al meer belangrikheid van

bekalking – Tweede landboukalk-aanleg geopen

LANDBOU-TEGNIEK16 Wat is jou optimum mielieplantpopulasie?

SENWES VILLAGE11 Johan laat wiel met John Deere verkope11 Village hersien produkreekse12 Fokus op: Springbokklere 14 Saam kry ons oplossings20 SKF Agri Hub: ‘n Produk uit die boonste rakke

SENWES GRAINLINK24 HOSO-inligtingsdae bevorder bewusmaking 26 Die Noordelike Halfrond se mielielanderye lyk só 28 Die voordeel van konsekwente graangradering32 Wil jy jou graan opgradeer?32 An "evening" protein complex regulates

plant growth32 Aanlynregistrasie vir voedselbesigheids-

operateurskodes

KOLLIG OP DOUGLAS CRAWFORD40 Dié boompie is 'n goeie alternatief

SENWES CREDIT46 Vyf welsynorganisasies wen geluk TOEKOMSBLIK52 Sal plaagdoders die aarde vernietig? – Die

mites en feite FINANSIËLE RESULTATE8 Senwes lewer goeie resultate in uitdagende jaar

Die beste raad wat Douglas Crawford al ooit ontvang het, is om pekanneutbome te plant. 13 jaar terug het hy sy eerste boord geplant en hy is nie vir ‘n dag spyt oor dié besluit wat hy gemaak het nie. Lees meer op bladsy 40.

AUGUSTUS 2011 inhoud

•••

Dui Senwes Scenario-artikels aan wat beskikbaar is op Senwes se webwerf by www.senwes.co.za

Page 4: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

2

SENWES Scenario<< >>

2

HOOFREDAKTEUR Johan Grobler, Assistent Hoofbestuurder:

Korporatiewe Bemarking, Senwes, Tel: (018) 464-7199

E-pos: [email protected]

UITGEWER Johan Smit, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 553 7806 E-pos: [email protected]

REDAKTEURRuth Davies, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 083 583 5243E-pos: [email protected]

MEDEWERKERS Koos Barnard, dr Gerhard Verdoorn, ds Willie Botha, Izak du Plessis, Johan du Toit, Johan Smit, JanDirk Engelbrecht, Thys Grobbelaar, Ilana Koegelenberg, Ronél Koen, Gerrit Oost-huizen, Suzanne Marshall, Peter Mascher,

Jacques Odendaal, Mariana Purnell, Castuff Sekgala, Mauritz van Heerden, Theo Venter.

ADVERTENSIES Ingrid Bailey, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 744 6971 E-pos: [email protected]

UITGEGEE EN GRAFIES VERSORG DEUR INFOWORKS

Uitlegkunstenaar: Joanie Scheepers /Ashley Erasmus

Tel: (018) 468-2716, Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572

SUBSKRIPSIE JanDirk Engelbrecht

Tel: (018) 464-7604 Faks: 086 504 2313

E-pos: [email protected]

EIENAAR Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570

Tel: (018) 464-7800

DRUKWERK Colorpress

Tel: (011) 493-8622

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. • Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

SENWES SCENARIO

••• REDAKTEURSBRIEF

Pens en pootjies in die modder

So twee maande terug pak ek die pad Hoopstad toe aan vir ‘n afspraak met ‘n Senwes klant. Ek geniet dit veral om dié tyd van die jaar op die pad in die platteland te wees, want dan is daar baie aksie op die landerye...maar vanjaar het die prentjie op sommige plekke in die Senwes gebied ietwat anders daar uitgesien.

Meeste landerye wat verlede jaar dié tyd al gestroop was, het vanjaar nog vol mielies gestaan; met nie ‘n stroper in sig nie, terwyl ander landerye stuk-stuk gestroop was met ‘n stilstaande, moedelose stroper in die middel daarvan. Wat ‘n frustrasie moet dit nie wees om te stroop en vas te val, te stroop en vas te val, te stroop...

Dit laat my toe dink aan die dag wat ek met vier wiele my moses teëgekom het. Net voor ‘n pretdraf wat ek bygewoon het, reën dit katte en honde, en sorg vir ‘n modderbad op die pretdraf se parkeerterrein. Soos wat ek die aand uitry, sien ek ‘n 4x4 wat klaar pens en pootjies in die modder vassit en ek besluit toe om nie in sy spore te volg nie, maar eerder die “droër” pad te kies – die een oor die gras...Toe ek my weer kom kry, is my kar se vier wiele besig om slote te grawe. Daarna was dit nie net my motor wat gelyk het asof hy een of ander 4x4-baan aangedurf het nie, maar ek self ook. Dit laat verstaan ‘n stadsmeisie so iets van moedeloos vasval...

Thys Grobbelaar skets die prentjie van die afgelope stroopseisoen op bladsy 35, terwyl Landboudienste op bladsy 54 wenke vir produsente gee oor wat hulle te doen staan ná so ‘n nat winter.

Daar is maar min gewasse wat só baie reën kan hanteer, maar ‘n gewas wat redelik robuust teen baie water is, is pekanneute. Douglas Crawford, ‘n produsent in die Vaalharts-skema, vertel op bladsy 40 hoekom dié boom so ‘n goeie alternatief is om mee te boer.

So gepraat van gehardheid. Die geharde Springbokrugbymanne draf binnekort op die veld om ons land se naam te gaan hoog hou in die 2011 Rugby Wêreldbeker in Nieu-Seeland. Om hulle tuis te ondersteun, maak seker jy trek ook jou groen en goud aan. Indien jy nog nie ‘n trotse ondersteunersrugbyhemp of -baadjie in jou kas het nie, blaai na bladsy 12. Senwes verkoop Springbok ondersteunersdrag vir die hele gesin en die fondse is ten bate van Agri Securitas.

Rugby en die braaivleisvuur is sinoniem in Suid-Afrika. Onthou, dit is Nasionale Braaidag op 24 September vanjaar – om meer oor die geskiedenis van dié dag te lees, blaai na bladsy 66.

Go Bokke!

Groete

RuthSenwes Scenario is in 2010 deur die Suid-Afrikaanse

Publikasie Forum (SAPF) aangewys as die Beste Eksterne Tydskrif met ’n beperkte begroting.

Ruth Davies

Page 5: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

3

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

>> SAYS WHO?

>> SAYS WHO?

You've got to get your first tackle in early,

even if it's late. – RAY GRAVELL –

I prefer rugby to soccer. I enjoy the violence in rugby, except when they start biting each other’s ears off.

– ELIZABETH TAYLOR –

Pieter & Tsepo ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

Remember that rugby is a team game; all 14 of you make sure you pass the ball to Jonah.

~ A fax to the All Blacks before the 1995 World Cup semi-final.

Source: http://www.scouting.org.za/songs/southafrican.php

>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS

Source: http://www.boererate.com; http://www.sariemarais.com/boererate.html; en http://peterjasie.co.za/boererate.html

Stem: ’n Goeie en onskadelike raat om die stem te versterk, is om die wit van ’n eier op te klits met suurlemoensap en ’n bietjie suiker by te voeg. Puisies: Maak ‘n pasta van drie eetlepels heu ning en een teelepel kaneelpoeier. Smeer die pasta aan die besmette dele voor slaaptyd en was dit in die oggend af. Na twee weke is alle puisies van die wortel af verwyder.Moesies: Om ‘n moesie te verwyder, druk ‘n knoffel-huisie stukkend, plaas dit op die moesie en hou dit in plek met ‘n pleister. ‘n Ander metode is om ‘n aspi rienpil daarop te sit en dit te bedek met ‘n pleister.Migraine: Drink 20 ml asyn baie stadig en die hoof-pyn is gewoonlik binne 10 minute skoonveld.Papiersnye: Sit onderlaag op. S

Shosholoza was originally a sad song sung by people during hard labour, sometimes far away from home. It has become one of South Africa's most popular songs, especially as an anthem at sporting events.

Shosholoza, shosholoza Kulezontaba Stimela Sphuma South Africa Wenu Yabaleka Wenu Yabaleka, Kulezontaba Stimela Sphuma South Africa

Rough English translation: Move faster, You are mean-dering on those mountains, The train is from South Africa. You accelerate, on those mountains, The train is from South Africa. “Shosholoza” means “Go for-ward” or “Make way for the next man”. The word also sounds like the noise of a steam train. “Stimela” is the Zulu word for a steam train. S

The meaning of SHOSHOLOZA

Baie produsente het vanjaar ‘n moeilike mieliestrooptyd beleef met stropers wat vasgeval het in die modder, na die reën wat buite die normale reëntyd geval het.

Page 6: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

4

SENWES Scenario<< >>

4

SENWES Scenario<< >>

4 ••• HOOFSTORIE

’N DOELTREFFENDE BEKALKINGS-PRO GRAM MET GOEIE KWALITEIT LAND BOUKALK TESAME MET AL DIE TEGNOLOGIE WAT PRESI SIE BOERDERY MOONTLIK MAAK, IS DEUR SLAG GE-WEND VIR VOL HOU BA RE GEWAS PRO-DUKSIE. GRAS LAND ONDER NEMINGS, ‘N FILI AAL MAAT S KAP PY VAN SENWES BPK EN NWK BPK, IS GERAT OM PRO DUSENTE HIER IN TE ONDERSTEUN, NÁ DIE AMP TELIKE OPENING VAN HUL TWEEDE LANDBOUKALK-AANLEG BY BRITTEN IN JUNIE VANJAAR.

> TEKS: JASPER DREYER EN JOHAN SMIT> FOTO’S: RUTH DAVIES EN VERSKAF

Volhoubare ekonomiese gewas-produksie is slegs moontlik indien ten minste die volgende twee toestande bereik word: die onder-houd van die fisiese en chemiese eienskappe van die grond op aanvaarbare vlakke en die produsering van optimale oesopbrengste.

Daar is baie veranderlikes wat ‘n direkte in-vloed op gewasproduksie het. Indien hierdie faktore nie optimaal bestuur word nie, kan sub-optimale oesopbrengste verwag word. Enige aksie wat nie

korrek gedoen word nie of agterweë gelaat is, kan die oesopbrengs verlaag.

WAT IS GRONDSUURHEID?Daar is ‘n hele aantal faktore wat in ag geneem moet word by die definisie van suurgrond. In die breë beskou, is daar basies twee definisies vir suurgrond.

• Die ph(H2O) is laer as 7,0; en• Daar is ‘n relatiewe oormaat suurvormende ka-

tione (H+ en Al3+) teenoor basisvormende katione (Ca2+, Mg2+, K+, Na+).

Tobie Martini en Dirk Laas, albei produsente van Ottosdal, het die amptelike opening van die nuwe aanleg bygewoon. Verskeie agente vanuit die kalk en -kunsmisbedryf was ook dié dag teenwoordig.

••• HOOFSTORIE

- Tweede landboukalk-aanleg geopen

Produsente besef al meer belangrikheid van bekalking

Page 7: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

5

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

5

SENWES Scenario<< >>

5HOOFSTORIE •••

vervolg op bladsy 6

Buiten ‘n besoek aan die nuwe aanleg, het die media ook die kalkgroef, waar die rots geskiet word, op 29 Junie vanjaar besoek. Van links is: Johan Norval (Landbouweekblad), Chris van Rooyen (Korporatiewe Bestuurder: Grasland), Lindi van Rooyen (Farmer’s Weekly), Jan Dibitsa (drywer van dié laaigraaf), dr Pieter Haumann, Willie Louw (SA Koöp/Noordwes Nuus/Koringfokus/NWK Arena), Hopewell Radebe (Business Day) en Ruth Davies (Senwes Scenario).

SENWES Scenario<< >>

Die graad van grondsuurheid of alkaliniteit, uitge-druk as grond pH, is ‘n groot veranderlike wat ‘n wye reeks grondchemiese en biologiese prosesse beïnvloed. Die chemiese veranderlikheid beïnvloed grootliks die opneembaarheid van voedingstofele-mente sowel as toksiese stowwe deur die plant se wortels. Die aktiwiteit van grondmikro-organismes word ook deur die grond se pH beïnvloed.

Verskeie faktore het ‘n invloed op grond pH. Die twee basiese faktore is die balans tussen suur en nie-suur katione op die grondkolloïede-oppervlak, asook die balans tussen H+ en OH–-ione in die grond oplossing. Hierdie balanse word grootliks bepaal deur die aard van die grondkolloïede. Onlosmaakbaar verbind aan grondsuurheid is die toksisiteit van die nie-voedingselement naamlik aluminium (Brady & Weil, 2008).

OPHEFFING VAN GRONDSUURHEIDDie kalkbehoefte van grond kan gedefinieer word as die hoeveelheid kalk wat toegedien moet word om te verseker dat grondsuurheid nie ‘n beperkende faktor in gewasproduksie is nie. Die beperkings hou verband met laer basisversadiging, toksiese vlakke van aluminium en mangaan, verminderde beskik-baarheid van die meeste plantvoedingselemente en ‘n laer aktiwiteitsvlak van mikro-organismes. Verder word ‘n gunstiger grondomgewing geskep waar plante kan groei (MVSA, 2007).

KALKBEHOEFTEBEPALINGDie eerste stap in die bepaling van kalkbehoefte is die vasstelling van die grond se suurheidstatus deur

Francois Strydom (Direksielid: Grasland), Heinrich Krüger (Voorsitter: Grasland) en dr Pieter Haumann (Hoofbestuurder: Grasland) voor die Britten-aanleg.

ontleding van ‘n verteenwoordigende grondmonster. Om vas te stel of dolomitiese of kalsitiese kalk toegedien moet word, is die Mg- en Ca-ontleding van die grond nodig.

Daar bestaan verskeie metodes om kalkbehoefte te kwantifiseer. Metodes wissel van laboratoriummetodes waar grond geïnkubeer of getitreer word, met CaCO3, of Ca(OH)2, of waar pH-metings in bufferoplossings gedoen word, tot berekenings met uitruilbare Ca, Mg,

Page 8: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

6

SENWES Scenario<< >>

66666 ••• HOOFSTORIE

Kalsitiese landboukalk-aanleg in Noordwes geopen

DIE NUWE LANDBOUKALK-AANLEG WAT GRASLAND ONDERNEMINGS OP 29 JUNIE VANJAAR BY SY BRITTEN-MYN IN BEDRYF GESTEL HET, BESKIK OOR DIE NUUTSTE VERWERKINGSTEGNOLO-GIE, VERDUBBEL DIE PRODUKSIEKA-PASITEIT VAN DIE BRON EN VERBETER UITLAAIPROSESSE OOK AANSIENLIK.

Dié tweede aanleg by Britten – wat langs die N12 tussen Christiana en Bloemhof in die Noordwes Provinsie geleë is – is langs die be-staande aanleg opgerig teen ‘n koste van R9 miljoen en word aangewend vir kalsitiese landboukalk terwyl die oorspronklike aanleg vir die verwerking van dolo-mitiese landboukalk aangewend word. Die uitbreiding stel Britten-myn in staat om die jaarlikse produksie van ongeveer 80 000 ton vir normale werksure te verdubbel na sowat 160 000 ton per jaar.

“Grasland glo in die landbou en daarom inves teer ons daarin,” het Heinrich Krüger, Voorsitter van Grasland Ondernemings, tydens die inbedryfstelling op 29 Junie aan verteenwoordigers van kunsmis-maatskappye en produsente gesê.

HOËR PRODUKSIEKAPASITEITBritten-myn word gereken as ‘n strategiese bron vir die voorsiening van kalk aan die landboubedryf. Beperkte beskikbaarheidsvlakke het in die verlede daartoe gelei dat nie aan die vraag voldoen kon word nie. Die investering in ‘n tweede aanleg het die produksiekapasiteit egter verdubbel en die beskik-baarheid van kalk aansienlik verhoog. Fokus is ook geplaas op die produkkwaliteit deur die aanwen-ding van stofverwydering en terugplasing asook die uitbreiding van infrastruktuur om ‘n verhoogde uitlaaitempo te verseker.

NUWE VERWERKINGSTEGNOLOGIEDie aanleg beskik oor die nuutste tegnologie wat daartoe lei dat kalkproduksie meer ekonomies gedoen kan word. Vertical Shaft Impactors (VSI)

vervolg van bladsy 5

Produsente besef al meer belangrikheid van bekalking

K en suurheid. Verder word bekalkingsnorme wat uit regressievergelykings ontwikkel is, gebruik ten einde ‘n werkbare kalkaanbeveling te kan maak.

PRAKTIESE OORWEGINGS EN AANBEVELINGSGrondversuring op veral sandgronde is ‘n voort-durende proses en moet gereeld gemonitor en opgehef word om te sorg dat grondsuurheid so ver moontlik optimaal vir gewasproduksie bly. Die meeste suksesvolle graanprodusente bekalk elke derde jaar in ‘n rotasie ‘n derde van hul lande per jaar. Meerjarige gewasse soos lusern, weidings en bome word minder dikwels bekalk. Indien die aanvanklike bekalking te min was en dit nie gemonitor word nie, vind oesverliese dikwels plaas. Die kwa liteit van die oes word ook dikwels benadeel.

Dit behoort uit die voorafgaande duidelik te wees dat bekalking deeglike beplanning en monitering vereis. Oes- en kwaliteitsverliese is dikwels baie meer as die koste om betyds en genoegsaam te bekalk.

Deeglike grondontledings en landinspeksie is al manier om laasgenoemde vas te stel. Sodoende kan die grond se reaksie sowel as die kalk se gedrag vasgestel word. Bekalking kan sodoende in die toekoms meer doeltreffend gedoen word (MVSA, 2007).

VerwysingsBRADY, N.C. & WEIL, R.R. 2008. The nature and properties of soils. 14th edition. Upper Saddle River: Pearson Prentice Hall.

MVSA. 2007. Bemestingshandleiding. Sewende hersiene uitgawe. Lynnwoodrif. S

••• HOOFSTORIE

Senwes Landboudienste se grondtegnoloë staan gereed om te help met grondklassifikasie en ruitpatroon-monsterneming. Skakel Jacques Odendaal by 083 458 1296 of Almero Olwagen by 083 320 0599 vir meer inligting.

>>

Page 9: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

7

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

7HOOFSTORIE •••

sowel as Horisontal Shaft Impactors (HSI) is in die nuwe aanleg geïnstalleer. Met VSI-tegnologie kan in-standhouding vinniger plaasvind, wat ook lei tot hoër produksie per maand. Die beproefde HSI-tegnologie is robuust en betroubaar vir primêre en sekondêre breking terwyl die VSI-tegnologie doeltreffend is om die fyner materiaal te verwerk.

VERHOOGDE UITLAAITEMPOTen einde die wagtyd van produsente of vervoerkon-trakteurs effektief aan te spreek, is twee addisionele laaigrawe aangeskaf – een vir dolomitiese en een vir kalsitiese kalk. Die laaikapasiteit is dus verhoog van die vorige 3 ton per bak na sowat 5 ton per bak, wat die uitlaaiproses aansienlik versnel.

HERWINNING VAN STOF‘n Doeltreffende stofaanleg is aangebring wat veral vir die nuwe aanleg, maar ook later vir die oorspronk-like aanleg, voordelig sal wees. In die verlede het stof – die fynste en reaktiefste deel van die kalk – gedurende die maal- en sifproses weggewaai. Die stofaanleg vang bykans alle stof op tydens verwer king en plaas dit terug in die kalk. Dit verbeter die kwaliteit van die kalk.

ALGEMEENGrasland Ondernemings, ‘n vlak-3 bydraer tot Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, speel ‘n leidende rol in die verskaffing van kwaliteit dolomi-tiese en kalsitiese kalkprodukte in die Noordwes Provinsie terwyl sowat ‘n kwart van alle kalkprodukte aan die noordelike verbouingsgebiede van Suid-Afrika verskaf word.

Die Britten-myn is geleë in die Noordwes Provin-sie, sowat 30 km oos van Christiana en 30 km wes van Bloemhof op die N12-roete. Die afsetting kom voor op die plaas Kareepan 298 en bestaan uit afwisselende lae van harde kalkkreet met onder-liggende sagte amorfe-kalk. Die bron bestaan uit variërende hoeveelhede kalsiet en dolomiet. Ander kalkbronne waaroor Grasland Ondernemings beskik, is sy Buhrmannsdrif-kalsiet (naby Mafikeng) en Marico-dolomiet (naby Zeerust). S

“Die uitbreiding stel Britten-myn in staat om die jaarlikse produksie

van ongeveer 80 000 ton vir normale werksure te verdubbel na sowat

160 000 ton per jaar.”

OORSAKE VAN GRONDVERSURING

Grondversuring is ‘n natuurlike proses betrokke in die proses van grondvorming. Suurheid en alkaliniteit word gekwantifiseer deur van die pH-skaal gebruik te maak. Dit word uitgedruk as die aktiwiteit of konsentrasie van die H+ ione in ‘n oplossing. Om die proses van grondversuring en die bestuur daarvan te verstaan, is dit nodig om te weet waar die H+-ione vandaan kom.

Hieronder volg ‘n kort beskrywing van die verskillende prosesse wat H+-ione tot die grond-sisteem toevoeg en gevolglik tot grondversuring bydra.

1. Natuurlike versuring Onder natuurlike toestande neig gronde om

suur te word as gevolg van koolsuurgas (CO2) in die atmosfeer wat in reënwater oplos om ‘n swak suur, naamlik koolsuur te vorm.

2. Suurdeponering Verbranding van fossielbrandstowwe soos

steenkool en olie, wat baie toegeneem het die afgelope 200 jaar, stel groot hoeveel-hede NOx- en SO2-gasse in die atmosfeer vry. Hierdie gasse verbind met reënwater om swaelsuur en salpetersuur te vorm. Hierdie sure is die bron van protone (H+-ione) wat die versuringsproses dryf.

3. Ammoniumbevattende kunsmis Bemesting met hoë peile van ammoniumbe-

vattende misstowwe is die grootste enkele bydraer tot grondversuring onder gewas-produksie. Landboukalk moet gevolglik ge-reeld toegedien word om hierdie versurende effek teen te werk. Die versurende eienskap van ammoniumbevattende misstowwe is gesetel in die nitrifikasieproses wat protone (H+-ione) en nitraat-ione (NO3-) vrystel.

Die werklike versuring wat plaasvind, word grootliks bepaal deur die somtotaal van die NO3- -ione in die grond. Indien al die NO3- deur die plant opgeneem word, is die netto versuring nul. Die hoeveelheid versuring wat in die bogrond oorbly, is direk eweredig aan die hoeveelheid nitraat wat nie deur die plant geassimileer word nie en as basiese nitraatsoute uitgeloog word (MVSA, 2007).

SENWES Scenario<< >>

Page 10: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

8

SENWES Scenario<< >>

8 ••• FINANSIELE RESULTATE

Senwes lewer goeie resultate in uitdagende jaarSENWES HET GOEIE RESULTATE BEHAAL VIR DIE FINANSIËLE JAAR TOT 30 APRIL 2011, GEDURENDE ‘N JAAR WAT GEKENMERK IS DEUR HEELPARTY LANDBOUSPESIFIEKE UITDAGINGS. DIE BESIGHEIDS MO DEL IS OOK AANGEPAS DAT DIT RISIKO-AVERS IS IN TYE WAAR DIE STERK RAND DRUK OP MARGES PLAAS.

Die omset is met 19,7% laer hoofsaaklik weens die laer kommoditeitspryse in die na-oes-voor-aanplantingsperiode tot November 2010, maar dit is eerder die R471 miljoen netto wins voor belasting, rente, depresiasie en amortisasie (EBITDA) wat aantoon dat Senwes sy besigheids-

basis kon handhaaf en selfs met 3,4% teenoor die vorige jaar kon uitbrei.

Die netto wins na belasting het met 4,8% na R219 miljoen gegroei en ‘n 20,7%-opbrengs op ekwiteit is behaal. R588 miljoen se welvaart is geskep vir aandeelhouers in die betrokke jaar, wat

Die 2011 Senwes Jaarverslag is op 1 Augustus vanjaar aan aandeelhouers uitgepos. Die volledige jaarverslag kan ook op Senwes se webtuiste by www.senwes.co.za afgelaai word.

Vir aandeelhouers• Inligtingsvergaderings is tydens die jaar onder oorsig

gehou, sowel as vergaderings met groot aandeel-houers om pertinente sake wat in die openbaar uitgespeel het, onder hulle aandag te bring.

Klante en verskaffers• Senwes Village doen ‘n opname onder sy klante

waardeur klante ons inlig oor hul persepsie van ons diensvlakke en die areas waarop verbeter moet word.

• Senwes handhaaf deurlopende skakeling en betrokkenheid met sy verskaffersnetwerk deur middel van persoonlike vergaderings, verskaffersforums en -konferensies en elektro-niese interaksie.

Werknemers• Die Senwes 2020 web-gebaseerde “blog” het

werknemers in staat gestel om aktief en direk deel te neem aan die ontwikkeling van die Senwes 2020 strategie.

Gemeenskap en verenigings • Senwes betrek belanghebbendes, insluitend

gemeenskapsorganisasies, nie-regeringsorga ni-sasies, akademiese instellings en bedryfsorga-nisasies in ‘n gees van vennootskap. From Greens 2 Dreams, Senwes Spinners, Jongboer Toekomsfokus-dag, R1 miljoen-kompetisie, Graduates-program en die Entrepreneurs kompe-tisie is maar net van die sosiale- en omgewings-projekte waarby Senwes vanjaar betrokke was.

SENWES SE BETROKKENHEID BY BELANGHEBBENDES: 2010/2011-TERUGBLIK

Page 11: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

9

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

9FINANSIELE RESULTATE •••

44,5% se kapitaalgroei- en dividendopbrengs verteenwoordig.

SENWES GRAINLINK (GRAANBERGING EN MARKTOEGANG)• Grainlink bly die vernaamste winsbydraer van

die Senwes-groep met ‘n bydrae van 68% tot die bedryfsinkomste vir die jaar.

• Strukturele veranderings aan die bergingstarief-stelsel en ‘n doelbewuste aggressiewe verkry-gingsaksie het bewese addisionele graanvolumes verseker en mededingendheid verhoog.

• Die divisie het bepaalde geleenthede in die graan-mark benut en het daarin geslaag om ‘n bedryfs-wins na rente van R252 miljoen af te lewer.

• Die vestiging van ‘n bewese voetspoor in die SAOG-streek het ook momentum gekry en is reeds in ‘n volgende fase van ontplooiing. Die logistieke arm is ook verder uitgebrei en bewese tonne is deur die maatskappy in die 2011-finansiële jaar verskuif.

SENWES VILLAGE (MEGANISASIE EN HANDELSNETWERKE)• Hoë mielievoorraadoordragte van die

2009/2010-seisoen gevolg met nog ‘n goeie produksiejaar het graanpryse afgedwing tydens oestyd na vlakke laer as produksiekoste en die eerste keer in die afgelope vier jaar is netto boerderyverliese wyd gerealiseer.

• Kliënte se balansstate het gemiddeld met nagenoeg 10% verswak en kliënte het hul kapitaalvervangingsprogram uitgestel na ‘n volgende jaar.

• Meganisasie-omsette was gevolglik onder geweldige druk en tekens van herstel was eers sigbaar nadat die mielieprys met 25% sedert Desember 2010 gestyg het in navolging van die bullopie op die Amerikaanse mielieprys.

• Die divisie kon steeds daarin slaag om R65 miljoen se bedryfswins af te lewer ten spyte van die moei-like omstandighede.

VOORUITSIGTE

• Voedselsekerheid en -veiligheid raak toenemend ‘n internasionale vraagstuk en meer spesifiek landbouverwante besighede word al meer op die voorgrond en op die inkopielys van groot be-leggers geplaas. Die internasionale beleggersge-meenskap kyk baie noulettend na hierdie sektor.

• Afrika is een van die onontginde voedselpo-tensiale van die wêreld.

• Na gelang van die prys wat herstel, word groter mielieaanplantings en groter koringaanplan-tings vir die komende jaar verwag. Gegewe goeie saadverkope is die vroeë aanduidings dat genormaliseerde koringaanplantings sal plaasvind. Die afskaling van die vorige jaar sal dus herstel word.

• Hoër kapitaalspanderings deur produsente word vanjaar verwag – wat ‘n positiewe uitwer-king op ons meganisasiebesigheid kan hê.

• Hoë ru-oliepryse plaas inflasionistiese druk op insette. Die fundering van die balansstaat sal dus ‘n uitdaging vir produsente wees hierdie jaar, gegewe hoër insette en hoër krediet.

• Senwes moet homself posisioneer om ‘n wesenlike plaaslike speler te wees en ook die sprong te maak na ‘n streekspeler in sub-Sahara Afrika. Vennootskapsbesigheid, reorganisasie en konsolidasie van bestaande bedrywe sal deel uitmaak van die volgende drie jaar se fokus. Navolging en prioritisering van ons 2020-visie sal verder aandag geniet.

DIVIDEND‘n Finale dividend van 25 sent per

aandeel is verklaar, onderhewig aan bekragtiging deur aandeelhouers op die

algemene jaarvergadering, wat op 26 Augustus 2011 plaasvind.

SENWES CREDIT (KREDIETVERSKAFFING)• Die boek het weereens goed presteer en weinig

agterstalligheid was op jaareinde aanwesig. R50 miljoen bedryfswins na rente is afgelewer terwyl gesonde kredietpraktyke minimale afskry-wings tot gevolg gehad het.

Senwes se appèl teen die Mede-dingingstribunaal aangaande die sogenaamde margedruk-klagte het geslaag met koste. Die groep is in proses om die oorblywende industrie-wye GSI-saak oor die beweerde vasstelling van graansilo-bergingstariewe te skik. Die hofaksie teen PricewaterhouseCoopers is ook gedurende die jaar onder oorsig geskik. S

Page 12: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

WATER = LEWE

www.senwes.co.za • Augustus 2011

10

SENWES Scenario<< >>

10 ••• PROMOSIE-ARTIKEL: HYDRO HEALTH

Les jou dors met gesonde water

Hydro Health waterkiosks is by alle Senwes Villages aangebring. Klante kan hulle eie houers bring en van die hoë-kwaliteit, gesuiwerde water tap.

DIE GESONDE KEUSEHydro Health-water word gesuiwer deur die proses van tru-osmose en word met osoon en ‘n ultravioletlig behandel.

Hydro Health-water is gesuiwer van ongewenste, opgeloste stowwe, gevaarlike chloor en 99,9% bakterieë en virusse. Nóg ‘n hoogtepunt, is die bekostigbaarheid van die water.

Die water word ook in 500 ml, 5 liter en 1,5 liter bottels verpak en word by alle Senwes Villages verkoop. Die volledige Hydro Health-watersuiweringsprodukreeks kan ook by Senwes Villages gekoop word.

Kyk uit vir spesiale pryse op dié reeks by Senwes Village gedurende September en Desember vanjaar.

So, waarvoor wag jy? Neem vandag die besluit om ‘n gesonde keuse vir jou en jou gesin uit te oefen! S

Water, water, waterSonder kos kan jy maar gaan

Sonder water sal jy gaan staan

SENWES HET HANDE GEVAT MET HYDRO HEALTH EN SEDERT 1 AUGUSTUS VANJAAR KAN ALLE SENWES KLANTE SKOON, GESUIWERDE WATER TEEN UITERS BEKOSTIGBARE PRYSE BY ALLE SENWES VILLAGES KOOP.

“Hydro Health-water is gesuiwer van ongewenste, opgeloste stowwe,

gevaarlike chloor en 99,9% van bakterieë en virusse.”

Só lyk een van Senwes Villages se Hydro Health waterkiosks.

Page 13: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

111111SENWES VILLAGE •••

KLANTE SE PRODUKBEHOEFTES EN VERKOOPSPATRONE VERSKIL VAN GEBIED TOT GEBIED EN DAAROM HET SENWES VILLAGE DIT GOED GEDINK OM ‘N ONTLEDING VAN DIE HELE PRODUKREEKS TE DOEN TEN EINDE BY DIE VERANDERDE BEHOEFTES VAN SY KLANTE AAN TE PAS.

Village hersien produkreekse

“Die gevolg van die ontleding was dat alle handelsname ten opsigte van die totale voorraad-model nie meer beskikbaar sal wees by alle Villages nie, maar ‘n méér volledige reeks per handelsnaam. In plaas van byvoorbeeld agt handelsname ten opsigte van gereedskap, sal daar voortaan ‘n maksimum van drie handelsname in ‘n Village wees. Dit stel Senwes Village in staat om ‘n groter verskeidenheid produkte binne elke handels naam aan die klant beskikbaar te stel,” het Neel Rust (Bestuurder: Algemene Handel) verduidelik.

Die hersiende, volledige produkreekse is vanaf mid-del Augustus vanjaar by Senwes Villages beskikbaar. S

Vir meer inligting skakel vir Neel Rust by (018) 464-7467.>>

Johan Botha (Heelwerktuigbemarker: Senwes Village, Lichtenburg) het vroeër vanjaar die geleentheid gekry om John Deere se fabrieke in Indië, Meksiko en Duitsland te gaan besoek, nadat hy deur John Deere as Senwes se beste heel-werktuigbemarker aangewys is. Johan het in September en Oktober verlede jaar ‘n totaal van 21 John Deere trekkers verkoop. Hy was een van drie John Deere handelaars se heelwerktuigbemarkers wat dié oorsese reis gewen het. Hy was ook een van dié drie wat die meeste trekkers verkoop het – baie geluk Johan!

Johan laat wiel met John Deere verkope

S

Page 14: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

12

SENWES Scenario<< >>

1212 ••• FOKUS OP: SPRINGBOKKLERE

>MODELLE: RENSKÉ VENTER; JAN ROSE; B.G. UYS; JANELLE GROBLER; GAVIN, LEANRI EN SCOTT WILLIAMSON.

>FOTOGRAAF: PAUL VAN BILJON

Hier kom die groen en goud

DIT IS ‘N JAAR NA DIE SOKKER WÊRELDBEKER EN DIT IS WEER TYD OM JOU GROEN EN GOUD MET TROTS AAN TE TREK...MAAR DIÉ KEER VIR DIE SPRINGBOKKE.

Senwes, in samewerking met Noord-wes Krieket en Agri SA, verkoop ‘n wye verskeiden-heid Springbokhemde en -baadjies vir mans, vroue en kinders by ons Village in: Bloemfontein, Klerksdorp, Kroonstad, Potchefstroom, Vereeniging en Welkom.

BESTEL KLERE AANLYNDie klere kan ook op Senwes se webtuiste by www.senwes.co.za bestel word.

Alle winste wat vanuit dié projek gegene-

reer word, is ten bate van Agri Securitas, wat fokus op landelike

veiligheid asook die Senwes Spinners Krieket Ontwikkelings-

program, wat fokus op krieket-ontwikkeling in die landelike

gemeenskappe in Senwes se bedieningsgebied. S

Page 15: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

13

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

131313FOKUS OP: SPRINGBOKKLERE •••

Verskeidenheid MANSHEMDE vanaf

R195 elk.

Verskeidenheid DAMESHEMDE vanaf

R195 elk.

HEMDE vir KINDERS vanaf

R165 elk.

Verskeidenheid MANS-EN DAMESBAADJIES vanaf

R375 elk.

Met erkenning aan die Luiperds. Vir enige navrae, skakel Christelle Gericke (Noordwes Krieket) by (018) 294-6666.

Sho

shol

oza

Page 16: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

with Wonder Bio-Carbon fertiliser’s

NEW

1414 ••• VILLAGE

Saam kry ons oplossingsVIR SENWES IS DIT ‘N AANWINS WANNEER PRODUSENTE AAN ‘N KLANTEFORUM BEHOORT, OMDAT ONS OP HIERDIE MANIER NADER AAN ONS KLANTE LEEF, WAT ONS IN STAAT STEL OM DIE BEHOEFTES VAN ONS KLANTE MAKLIKER TE BEPAAL.

Produsente vergader vier keer ‘n jaar met hul betrokke Village bestuurder om klagtes en bekommernisse, wat verwant is aan Village, aan Senwes deur te gee. ‘n Klanteforum is ‘n plek waar ‘n probleem aangespreek word, oplossings vir dié probleem gekry word en binne ‘n sekere tyd aange-spreek word.

Dit is ook ‘n platform waar Senwes Village be-langrike inligting vir die produsente kan deurgee. ‘n Voorsitter en verteenwoordigende produsente vanuit die boereverenigings woon die vergaderings by, maar enige produsent is welkom om ‘n vergadering by te woon.

Volgens Riaan Wilken (Bedryfsbestuurder: Vil-lage, Kleinhandel) is die forums ‘n goeie manier vir produsente om hul sê te sê en ook terugvoer en inligting van Senwes Village te ontvang. Indien jy graag aan ‘n klanteforum wil behoort en meer inligting daaroor verlang, skakel vir Riaan Wilken by (018) 464-7570. S

Page 17: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

15

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

15PROMOSIE-ARTIKEL: EFEKTO •••

Lente sorg vir ‘n lowergroen grasperkDIE REGTE SEISOENALE SORG EN ‘N GOEIE BEMESTINGSPROGRAM SAL JOU GRASPERK GESOND HOU EN BETER IN STAAT STEL OM PLAE EN SIEKTES HEELJAAR TE WEERSTAAN. DIT SAL ‘N MOOI GRASPERK NOG MOOIER MAAK!

Die volgende aspekte moet oorweeg word wanneer jy ‘n nuwe grasperk beplan. 1. Beplan eers die presiese plek en haal alle onge-

wenste onkruid of plante uit. 2. Gebruik Efekto Roundup om die onkruid heelte-

mal uit te roei. 3. Berei nou die grond voor. 4. Sprinkel Wonder Superfosfaatkorrels + C (8)

egalig oor (90 g per m²) óf dien organiese Won-der beenmeel (60 g tot 80 g per m²) toe. Werk dit ongeveer 20 cm diep in die grond in.

5. Strooi dan Wonder 2:3:2 (14) + C (8) SR* korrelkunsmis (30 g tot 60 g per m²) of Wonder Organic Fertiliser All Purpose + C (8) (50 g tot 80 g per m²) oor en hark die gebied heeltemal gelyk. Die voorbereide grond is nou reg vir saai.

GRASPERKSORG Lentetyd is voedingstyd in die tuin. Dien Wonder Superfosfaatkorrels + C (8) toe, aangesien hoë fosfaatvlakke goeie wortelgroei aanhelp. Die korrels moet in die grond ingewerk word. Dien Wondersol All Purpose toe om halfgevestigde grasperke goed te laat groei.

GRASSADE Mayford All Seasons Evergreen mengsel is vir volson- en halfskadugebiede en bly heeljaar groen – selfs wanneer dit blootgestel is aan ryp. Skadu is die belangrikste oorsaak van kaal kolle op gras-perke, omdat die meeste grasperke in Suid-Afrika kikoejoe- of Cynodon-grasse is, wat nie in die skadu floreer nie. Gebruik Mayford Shade Over Coarse vir skadugebiede.

GRASPERKONDERHOUD As jy ‘n 100% natuurlike produk wil gebruik wat stadiger werk, maar jou tuinomgewing op die lang duur verbeter, kies die 100% natuurlike Wonder Organic Vita-boost misstof (in pilvorm). Noodsaaklike plantvoedingstowwe word stadig in die grond vryge-stel, wat mikrobiese aktiwiteit aanwakker en ander voedingstowwe aan die plant beskikbaar stel.

Gebruik Wonder Organic Fertiliser Lawn and Leaf + C (8) vir grasperke, immergroen plante en struike met hoër NPK-vlakke (50 g - 80 g per m²) of Wonder Organic Vita-boost met sy hoër NPK-vlakke en mikro-elemente (150 g - 500 g per m²).

Gebruik Wonder Vitaliser Lawn & Leaf 7:1:3 (15) + C (8) SR* volhoubare vrystellingskunsmis met bio-koolstof, vir vinnige voedingskrag en omgewingsbewaringseienskappe op die lang duur, vroeg in die lente en elke vier weke daarna (20 g - 30 g per m²). Wonder se kunsmis met bio-koolstof as basis, is omgewingsvriendelik en help met die verhoogde waterhouvermoë van die grond en met die verhoging van gewenste mikro-organismes in die grond.

Gebruik Wonder Vitaliser All Purpose 3:2:1 (19) + C (8) SR* volhoubare vrystellingskunsmis vir die hoogste konsentrasie van voeding met onmiddel-like resultate teen 30 g per m² vroeg in die lente en elke vier weke daarna.

ONKRUID- EN PLAAGBEHEER Beheer onkruid op die grasperk met ‘n onkruiddoder soos Efekto Hormoban APM, Efekto Turfweeder APM of Efekto Banweed MA. Bruinerige, grys motte dui aan dat ‘n plaag grasperkruspers aan die kom is, wat beheer kan word deur gereeld Wonder 4:1:1 met Karbariel korrelkunsmis of natuurlike Efekto Eco insekbeheer te gebruik.

Efekto Lawn Fungicide en Efekto Fungi-Nil 500 WP is breëspektrum-swamdoders en moet as deel van ‘n spuitprogram gebruik word om gewone gras-perksiektes soos bruinvlek en dollarvlek te behandel.

Lees en volg altyd alle etiketvoorskrifte en voor-sorgmaatreëls voor gebruik. Wonder en die Wonder logo is geregistreerde handelsmerke van © Agro-Serve (Edms) Bpk. Alle regte voorbehou. S

Page 18: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

> TEKS: MAURITZ VAN HEERDEN

16 ••• LANDBOU-TEGNIEK

Wat is jou OPTIMUM mielieplantpopulasie?

SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011

IN DIE HOËTEGNOLOGIE-ERA WAARIN ONS NOU LEEF EN BOER, BLY DIE VRAAG ALTYD, DOEN ONS DIE REGTE GOED? MET DIE HUIDIGE VARIASIE IN KLIMAAT, BLY DIE PLANT VAN DIE REGTE PLANTPOPULASIE ALTYD ‘N RISIKO. DIE VRAAG IS OOK OF ’N MEERKOPPIGE- OF ENKELKOPPIGE VARIËTEIT GEPLANT MOET WORD.

Mielieplantpopulasie is een van dié belangrike bestuursbesluite wat ’n impak op opbrengs het. ’n Optimum plantpopulasie sal op die effektiefste wyse die beskikbare lig-energie en grondvog benut, sonder om opbrengs te verlaag, buiten die groter interplantkompetisie.

Optimum plantpopulasie kan variëer as gevolg van verskille in omgewing, klimaat en genetika. Die optimum ekonomiese plantpopulasie is die stand waar dit die winsgewendste is – saadkoste, graanprys en opbrengs (Sien grafiek 1) in ag geneem. Ons moet in aanmerking neem dat die

genetika so verbeter het, dat mielies nog steeds onder stremmingstoestande, soos hoë popula-sie, droogte ensovoorts kan produseer. Van die moderne- of enkelkoppige basters moet teen hoër populasies geplant word om hul genetiese poten-siaal te benut.

ALGEMENE PUNTE BY PLANTPOPULASIEHoër plantpopulasies verhoog interne plantkompeti-sie ten opsigte van water, sonlig en voedingstowwe wat individuele plante se opbrengs kan verlaag. Al-hoewel die hoër plantpopulasie ’n algehele opbrengs verhoging per eenheidsoppervlakte teweegbring, gebeur dit deur die volgende opbrengskomponente te optimaliseer: • Die aantal koppe per eenheidsoppervlakte;• Aantal pitte per kop; en• Die massa van elke pit – pitmassa.

Om te fokus op plantgenetika is dit belangrik om te kyk na die volgende punte:• Opbrengsstabiliteit oor omgewings;• Verhoogde wortel- en stamsterkte;• Verhoogde toleransie tot droogtestremming en

hoë plantpopulasie-stremming;• Weerstand teen steriliteit;• Fokus op die verskille tussen ouer en nuwe gene-

tika (basters);• Hoër blaaroppervlakte indeks, wat dan meer

sonlig kan opneem; • Hoër fotosintese-tempo; en• Hoër uitstralingseffektiwiteit gedurende graan-

vulling.

Daar is ‘n plant- en kophoogtereaksie met ver-hoogde plantpopulasie. By hoër stande is die neiging van basters dat die planthoogte asook die kophoogte hoër is. Omvalprobleme kan dus voorkom indien ‘n té hoë stand geplant word. Met ‘n hoër populasie sal die aantal pitrye per kop dieselfde bly, maar die aantal pit per ry sal minder word. Dit word gewoonlik gekenmerk aan kleiner koppe per plant. Enkelkoppige basters het gewoonlik

Page 19: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

17

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

17171717LANDBOU-TEGNIEK •••

meer pitrye per kop en kan dus groter koppe hê as meerkoppige basters. VERSKILLENDE PLANTPOPULASIES VAN LAAG TOT HOOGWatter populasie moet ek kies?By die bepaling van watter populasie jy gaan gebruik, is dit baie belangrik om klimaat in aanmerking te neem, tesame met potensiaal van grond en grondtipe, omrede dit waterbeskik-baarheid bepaal.

Grondwaterkapasiteit is ‘n sleutelfaktor in die bepaling van plantpopulasies – dus speel grond-voorbereiding ‘n belangrike rol in vogbestuur. Gebruik ‘n realistiese opbrengsmikpunt en pas die regte basterkeuse daarby aan. Meganisasie of implemente speel ook ‘n groot rol omrede dit ry- en interryspasiëring bepaal.

Kry die hoogste populasie wat ondersteun word deur: • Optimalisering van basterprestasie;• Voldoende hantering van normale reënval of

besproeiingskapasiteit; • Grondtipe en grondvrugbaarheidsvlakke;• Ryspasiëring; en• Opbrengs.

Hierdie populasie moet aanpas sonder om die volgende te veroorsaak: • Plantstremming;• Oormatige omval “stalk lodging”;• Oesbaarheidsverliese (omval en koppe wat afval); en• Ekonomiese verlies.

Deur laer populasies te plant, is die ekonomiese risiko groter as die potensiële verlies wanneer ‘n hoër plantestand geplant word. Hier maak die basterkeuse wat meerkoppig of enkelkoppig is, saak. Meerkoppige basters doen beter by laer stande as enkelkoppige basters. Opbrengsver-hogings as gevolg van populasie is baie meer dramaties by hoër opbrengsvlakke (Grafiek 2). Daar is ook faktore wat kan bepaal dat laer plant-populasies geplant moet word, soos:• Ryp;• Koue en/of nat gronde;• Saailingplae (siektes en insekte); en• Omgewingstoestande met plant.

Grafiek 1: Basterreaksie tot plantpopulasie.

OPBRENGS (TON/HA)

PLANTPOPULASIE (N/HA)

11,25

42 280 59 040 73 800 88 560 103 320

10,62

10,00

9,37

“Deur laer populasies te plant, is die ekonomiese risiko groter as die po-tensiële verlies van wanneer ‘n hoër plantestand geplant word.”

86 100

vervolg op bladsy 18

Page 20: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

Plant by ‘n populasie vir maksimum opbrengspoten-siaal en gebruik nuwe genetika wat aangepas is vir nouer rye en hoër plantpopulasies. Dit is nie altyd nodig om die plantpopulasie te verhoog as nouer rye gebruik word nie. Graankwaliteit moet ook in aan-merking geneem word met plantpopulasies. Som-mige basters het die vermoë om met kopgrootte daarby aan te pas, veral ten opsigte van kopsiektes. Verwysings• Keith O’Bryan (Navorsing Pioneer Hi-Bred) S

1818 ••• LANDBOU-TEGNIEK

‘n Woerts warts mielie en voor jy jou oë uitvee is daar baie geld in jou sak!.c

o.za

L/23

65/P

ione

er

en vennoot

“Plant by ‘n populasie vir maksimum opbrengspotensiaal en gebruik nuwe genetika wat aangepas is vir nouer rye en hoër plantpopulasies.”

OPBRENGS (TON/HA)

PLANTPOPULASIE (N/HA)

7,50

5,00

2,50

9 840 29 520 54 120 78 720

1990

1970

1950

1930

Grafiek 2: Genetiese vordering en voordeel.

vervolg van bladsy 17

Wat is jou optimum mielieplantpopulasie?

Mauritz van Heerden is die Tegniese Inligtingsbestuurder by Pioneer. Skakel hom by 082 885 3962 vir meer inligting.

>>

Page 21: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 22: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

20

SENWES Scenario<< >>

2020 ••• SENWES VILLAGE

SKF Agri Hub: ‘n Produk uit die boonste rakkePRODUKTIWITEIT IS DIE SLEUTEL TOT ENIGE SUKSESVOLLE BESIGHEID EN DIESELFDE GELD VIR PRODUSENTE IN DIE HEDENDAAGSE HOOGS KOM-PE TE RENDE LANDBOU-INDUSTRIE. VAN DAG SE LANDBOUMARK VEREIS TOERUSTING WAT PRODUK TIWITEIT KAN VERHOOG, MAAR STEEDS OM GE WINGSVRIENDELIK IS. SKF HET REEDS BEWYS DAT HUL AGRI HUB DAAROP TOEGE SPITS IS OM AAN ALLE EIEN SKAPPE VAN BETROU-BAARHEID, GEHALTE, PRODUKSIE EN BEKOSTIGBARE INSETKOSTE EN OMGEWINGSBE WARINGSMAATREËLS TE VOLDOEN.

Volgens Thinus Lindeque (Sleutel-rekeningbestuurder: SKF, Handelvoertuie en Land-bousektor) is hul doelwit om uitmuntende produkte teen billike pryse te lewer en sodoende almal te laat wen. “Ons wil nooit ‘n produsent sien sukkel met ‘n probleem waarvoor ons reeds ‘n bekostigbare oplossing bied nie. Ja, kwaliteit kom teen ‘n prys, maar veral in die geval van die SKF Agri Hub, word die verskil in aanvangskoste baie vinnig teruggewerk deur besparings oor die leeftyd van die laer.”

MEER OOR DIE AGRI HUBAgri Hubs het ‘n baie unieke seël spesifiek vir uiters stowwerige en modderige omgewings wat deur SKF ontwikkel en suksesvol getoets is. Dié hermitiese seël verseker dat daar geen olieverlies oor die leeftyd van hierdie eenheid plaasvind nie.

Die SKF Agri Hub het ‘n dubbele verseëlingsmega-nisme – eerstens ‘n dinamiese seël gebaseer op ‘n spesiale labirint, wat sorg vir uitstekende verseëling teen klippe, modder en stof en tweedens ‘n spe-siale O-ringstelsel aan die kouterkant wat statiese afdigting meebring. Die eenheid is dus besonder beskut teen stof- en modderintreding.

Al hierdie eienskappe sorg dat die SKF Agri Hub betroubaar is en feitlik geen onderhoud verg nie. Die SKF Agri Hub word nou ook standaard op alle Equa lizer planters geïnstalleer.

PRODUSENTE GESELS OOR SKF AGRI HUBMichael de Jager van Kruidfontein – ‘n plaas in die Bothaville-distrik – se familie boer sedert die 1970’s op Kruidfontein en daar word tans mielies en ko ring op die plaas verbou. “Om suksesvol te boer in die huidige hoogs kompeterende mark,

Michael de Jager (regs) en sy pa, Michael, van Kruidfontein is baie in hul skik met SKF Agri Hub se produkte.

www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >>

Page 23: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

21

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

2121SENWES VILLAGE •••

moet inset koste so laag as moont-lik gehou word. Akkurate boerde-rymetodes is

een manier om ‘n gesonde wins

te wys, maar deur slimmer te werk te

gaan, word onkoste nog verder verlaag,” sê De Jager.

Hulle besluit in 2009 om die SKF Agri Hub op hul planter kunsmis voorsnyers te installeer, het alle verwagtinge oortref. “Ons sal nooit kon voor-spel het dat die SKF Agri Hubs hulle so uitstekend van hul taak kon kwyt nie; en dit oor twee plant-seisoene sonder enige onderbreking,” sê ‘n baie tevrede De Jager.

Hy voeg by: “Danksy SKF Agri Hub se 100%-be-troubaarheid, kan ons op maksimum produksie reken waar staantyd weens herstelwerk nou feitlik onge-hoord is.” In 2009 en 2010 is daar op Kruidfontein onderskeidelik 2 000 hektaar geplant en alhoewel die kouters afgewerk het en hulle nou op ‘n tweede stel werk, was dit nog nie nodig om ‘n enkele laer te vervang nie. “Die SKF Agri Hub het die 4 000 hektaar sonder moeite en sonder enige onderbrekings bewerk en die gepaardgaande tyd- en geldbesparing is ab-soluut ongelooflik,” aldus De Jager.

De Jager is goed bekend met SKF se produkte en noem dat SKF se gehalte en betroubaarheid van-selfsprekend is. “Die kleiner SKF-laers wat ons op sommige van ons ander plaastoerusting gebruik, het presies dieselfde betroubare eienskappe. Die SKF Agri Hub mag nou wel aanvanklik effens duur-der wees, maar omdat hulle gehalte ongeëwenaar is, is dit op die lang duur ‘n uitstekende beleg-ging. Dit het vir ons gedurende die afgelope twee plantseisoene soveel tyd en onkoste bespaar dat ek meer as my oorspronklike belegging teruggekry het. Ek sal daarom, sonder om te skroom, my SKF Agri Hubs vir die volgende plantseisoen vervang – indien dit sou nodig wees,” sê hy.

Deon Bergh van Diepkuil – ‘n plaas in die Bothaville-distrik Deon en sy bestuurders, Frans Jonker en Jan Marais, asook hul span toegewyde plaaswerkers, bestuur ‘n vaartbelynde, doeltreffende en winsgewende boerdery. Dié familieplaas verbou reeds sedert 1991 hoofsaaklik graan, maar daar word ook grondbone en sonneblom verbou.

“Ons wagwoord is noukeurigheid – seker een van die belangrikste aspekte van goeie plaasbestuur en dit geld deurgaans vir die verbouingsproses,” noem Jonker. Ons is altyd op die uitkyk vir nuwe maniere waarop onkoste besnoei kan word en doen gedurig navorsing oor die beste en mees doeltreffende me-todes moontlik om seker te maak dat Diepkuil altyd ‘n voorsprong geniet wanneer dit by winsgewendheid en produksie kom.”

Algehele betroubaarheid is vir dié span van die grootste belang en nadat hulle van SKF Agri Hub se uitstekende tyd- en kostebesparingseienskappe

SKF verseker betroubaarheid en verbeterde produkti-

witeit. Só lyk Diepkuil se lande.

Ar

ee‘n g

te wysslimmer

g d

SKF versekeen verbe

witeit.land

vervolg op bladsy 22

“Die SKF Agri Hub het vir ons gedurende die afgelope twee plantseisoene soveel tyd en

onkoste bespaar dat ek meer as my oorspronklike belegging

teruggekry het.”

“Danksy SKF Agri Hub se 100%-betroubaarheid, kan ons op

makisimum produksie reken waar stilstaan weens herstelwerk nou

feitlik ongehoord is.”

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

Page 24: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

22

SENWES Scenario<< >>

22222222 ••• SENWES VILLAGE

gehoor het, het hulle besluit om die eenhede vir hul planters aan te koop. Met 30 SKF Agri Hubs op Diepkuil se drie planters, het hul produksie aansienlik verhoog. Meer hektare word nou per dag geplant, sonder enige onderbrekings en foute en ‘n gemiddeld van 50 ha meer per dag, as wat voor die Agri Hubs moontlik was, word gereeld bereik.

Op Diepkuil word daar op noukeurigheid ge-fokus en SKF se Agri Hubs het ‘n groot aandeel in dié plaas se aansienlik verbeterde produkti-witeit. Die feit dat SKF Agri Hubs geen smering of onderhoud vereis nie, help dat Diepkuil nie net verhoogde produksie toon nie, maar lei ook tot betekenisvolle besparings op tyd en toerusting. Omgewingsbewaring is vir Diepkuil se span ook van kardinale belang en met SKF Agri Hubs wat nie olie gebruik nie, is daar geen gevaar van grondbesoedeling nie. Jonker ver-duidelik dat die laers wat hulle voorheen gebruik het, gereelde smering geverg het, wat nie net probleme geskep het nie, maar ook baie duur en tydrowend was.

Jonker noem dat hulle ook ander SKF-produkte op Diepkuil se toerusting gebruik en dat SKF-laers in

vervolg van bladsy 21

SKF Agri Hub: ‘n Produk uit die boonste rakke

Daar is geen twyfel oor SKF se doeltref-fendheid nie. Só lyk Kruidfontein se lande.

fel ref-

al die toerusting loop. “Ons is meer as geluk-kig met SKF se produkte, gehalte, betroubaarheid en verrigtingseienskappe. Ons koop nooit ‘n produk omdat dit goedkoop is nie en SKF-laers val beslis nie in die lae pryskategorie nie. In die landbouindustrie bestaan daar eintlik geen teenstanders vir SKF-gehalte en -betroubaarheid nie en daarom betaal hierdie voorslaglaers sommer binne ‘n japtrap vir hulself. Ons is seker dat ons ‘n slim belegging gemaak het, wat binne ‘n kort periode rente sal betaal. Wat dus dalk aanvanklik na ‘n duur aankoop lyk, is eintlik oor die langer termyn ‘n groot bespa ring,” verduidelik Jonker.

www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >>

Reinhardt Joubert (Sleutelrekeningbestuurder: SKF), Frans Jonker (Diepkuil Plaasbestuurder) en Michael de Waal.

“Meer hektare word nou per dag geplant, sonder enige onderbrekings en foute en ‘n

gemiddeld van 50 ha meer per dag, as wat voor die Agri Hubs moontlik

was, word gereeld bereik.”

Die artikel is aangepas vanuit persverklarings wat uitgereik is deur SKF Agri Hub.

>>

Page 25: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

SKF AGRI HUBGeghries vir ‘n leeftyd

Waar kan ek die SKF AGRI HUB koop?Dié produk is beskikbaar by jou naaste Senwes Village onderdele.

• Verhoog landbou-produktiwiteit tot 150%• Geen hersmering• Omgewingsvriendelik• Maklike installering en vervanging• Koste-effektief• Bestuurskoste verminder tot en met 90%• Maklike instandhouding

VERKOOPSVOORDELE

DIE SKF HUB IS ‘N VOLLEDIGE EENHEID WATGESEËL EN GEGHRIES IS VIR ‘N LEEFTYD.

Page 26: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

24

SENWES Scenario<< >>

2422422424242424242422222222422222224244444444444444424444244444444444424444444 ••• GRAINLINK

HOSO-inligtingsdae bevorder bewusmaking DIE HOË OLEÏENSUURSONNEBLOM (HOSO)-INLIGTINGSDAE WAT VANJAAR PLAASGEVIND HET, HET SUKSESVOL VERLOOP MET HEELWAT BELANG-STELLING ONDER PRODUSENTE. LATER IN DIE JAAR WORD ‘N VOL-LEDIGE VERSLAG BESKIKBAAR GE STEL OM DIE RESULTATE VAN DIE DRIE PROEFAANPLANTINGS BEKEND TE MAAK.

>TEKS: MARIANA PURNELL

Om voort te bou op die HOSO-evalu-asies van 2009/2010, het Senwes weer in die 2010/2011-seisoen HOSO-aanplantings by leier-produsente in drie ander gebiede geëvalueer, naam-lik Bloemfontein, Viljoenskroon en Ventersdorp.

Demonstrasieproewe is op geselekteerde plase geplant onder toesig van Senwes Landboudienste. Produsente-inligtingsdae is by al drie proefpersele aangebied. Die belangstelling was goed en die sprekers, veral Kobus Duvenhage van Vergezocht Plant Oils, se bydraes was baie insiggewend vir produsente.

Vergezocht Plant Oils, in die Bainsvlei-area van Bloemfontein, is tans die enigste oliepers wat HOSO prosesseer en die olie bemark by supermarkte en gesondheidswinkels. Hulle beplan om later satelliet olieperse elders op te rig. Hierdie satelliet koue-pers-aanlegte, sal die saad plaaslik pers en die rou olie dan na die sentrale aanleg op Bainsvlei stuur om te raffineer.

Streng IP-vereistes om die unieke kwaliteite van HOSO te bewaar, is noodsaaklik. Dit beteken geen vermenging van HOSO met konvensionele saad mag plaasvind nie. Die aanplanting, stroop, berg-ing en verwerking van HOSO moet dus in isolasie plaasvind.

Ten einde te voldoen aan verbruikers se behoefte vir gesonder voedsel, het verskeie maatskappye wat peuselhappies vervaardig, reeds aangedui dat hulle in HOSO sou belangstel. Pepsico, die houer-maatskappy van Simba, gebruik in Europa, Amerika en Argentinië slegs HOSO-olie in hul peuselhappie-aanlegte.

Agricol, Pannar en Syngenta, die verskaffers van HOSO-saad, was weer eens die medewerkers op hierdie projek. Sewe HOSO-kultivars wat tans kommersieel beskikbaar is, is vergelyk met konven-sionele sonneblom in vier strookaanplantings en twee statistiese proewe. S

Wessel Lemmer (Senior Ekonoom: Marknavorsing, Graan SA), Kobus Duvenhage (Bestuurder: Verge-zocht), John Gossayn (Viljoenskroon) en Cobus van Coller (Viljoenskroon) hou 'n bottel Vergezocht hoë oleïensuursonneblom-olie vas. Van die HOSO-proewe is op John se plaas geplant.

“Die aanplanting, stroop, berging en verwerking van HOSO moet

dus in isolasie plaasvind.”

24 ••• GRAINLINK

Vir meer inligting, kontak Mariana Purnell (Bestuurder: Spesiale Produkte, Grainlink) by (018) 464-7271 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

>>

Page 27: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 28: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

26 ••• GRAINLINK

www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >>

Dié Noordelike Halfrond se mielielanderye lyk sóTERWYL MEESTE MIELIEPRODUSENTE IN SUID-AFRIKA DIE AFGELOPE SEISOEN MET HUL HANDE IN HUL HARE SIT OMDAT HULLE NIE IN HUL LANDERYE KON INKOM NIE, HET SOMMIGE LANDE IN DIE NOORDELIKE HALFROND MAAR OOK HUL EIE MIELIEPRODUKSIEFRUSTRASIES OP HUL OESKALENDERS.

>TEKS: THEO VENTER

VSAOeskalender vir die VSA

Jan Feb

PlantBestuiwing

Oes

Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Die VSA is die wêreld se grootste mielieprodusent. Hierdie jaar kan hul ‘n rekord mielie-oes van rondom 340 - 350 miljoen ton hê. Bestuiwing van mielies het vroeg in Julie afgeskop vir die suidelike dele van die mieliebelt, waar mielies aan die einde van April reeds geplant was. Aan-plantings is vertraag deur die aanhoudende reën wat in Mei geval het. Bestuiwing sal in die noordelike dele tot in Augustus geskied. Gunstige toestande word gedurende bestuiwing voorspel en produsente verwag goeie opbrengste.

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Suidelike Planttyd

Noordelike Planttyd

Suidelike Oestyd

Noordelike Oestyd

Sjina is die wêreld se tweede grootste mielie-produsent en kan tussen 170 - 180 ton mielies hierdie seisoen produseer. Dié land het twee mie-liegebiede en in die suide is die stroopproses reeds aan die gang. Dié gebied is aanvanklik deur droogte geteister. In Junie het daar egter baie reën geval en sekere gebiede het verspoel. Groenteproduksie het veral skade opgedoen, maar die mieliegebied het beter hiervan afgekom.

In die noorde word gunstige toestande gedurende bestuiwing voorspel. Oor die algemeen word ‘n goeie oes hier verwag. Sjina se verbruik neem vinnig toe en hulle het reeds hierdie seisoen ernstig begin invoer. Invoere sal heel waarskynlik 15 jaar die meeste wees.

SJINAOeskalender

Page 29: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

27

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

PlantOes

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

PlantBestuiwing

Oes

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

PlantBestuiwing

Oes

Die Europese Unie produseer ongeveer 60 miljoen ton mielies. Frankryk produseer die meeste mie-lies, met 13,5 miljoen ton; gevolg deur Italië, met 8,8 miljoen ton. Warm en droë toestande met die aanloop tot die plantseisoen het bekommernis oor die oes aangewakker. Aanplantings het wel flink gevorder met die droër weer, maar ‘n warm en dor April en Mei het skade aangerig. Sedert begin Junie het daar egter goeie reën geval om verdere ver-liese te voorkom. Onlangs was toestande meestal gunstig.

VOORMALIGE SOWJETUNIE

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

PlantBestuiwing

Oes

Die voormalige Sowjetunie-lande produseer ongeveer 25 miljoen ton, met die Oekraïne aan die voorpunt met 15 miljoen ton. Hierdie seisoen het ook droog afgeskop, nadat dié land verlede jaar deur die ergste droogte in 50 jaar getref is. Gedurende die res van die seisoen het daar egter goeie reën geval en oor die algemeen sal ‘n goeie mielie-oes realiseer.

Meksiko sal die seisoen ongeveer 24 miljoen ton mielies produseer waarvan 75% witmielies is. Meksiko plant ook twee mielie-oeste. Die sentrale gebied plant die meeste mielies (tabel hier bo is vir dié gebied).

Die noordweste stroop vanaf einde Januarie tot Maart. In Februarie is die noordweste deur swaar ryp getref en tot 3,9 miljoen ton mielies (16% van die totale oes) het in die slag gebly. Baie van die mielies kon egter oorgeplant word. Die finale verlies word rondom 2,1 miljoen ton beraam, wat nou deur invoere aangevul moet word. Omdat die verlies op witmielies was, het hulle na Suid-Afrika gedraai vir invoere. Vanaf die einde van verlede seisoen tot einde Junie was daar reeds 347 485 ton uit Suid-Afrika na Meksiko verskeep.

2727GRAINLINK •••

KANADAOeskalender vir die grootste gedeelte van Kanada

EUROPAOeskalender vir die grootste gedeelte van Frankryk

MEKSIKOOeskalender vir die grootste gedeelte van Meksiko

Kanada sal ongeveer 11,5 miljoen ton mielies hierdie seisoen produseer. Suid-oos Kanada produ-seer amper al die land se mielies. Dié gebied grens aan die VSA se mieliebelt en is eintlik ‘n verlenging daarvan. Dieselfde nat toestande wat in die VSA ge-heers het, het in Kanada ook geheers. Vooruitsigte hier is ook meestal gunstig. S

Theo Venter is ‘n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

>>

Page 30: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

28

SENWES Scenario<< >>

28 ••• GRAINLINK

Die voordeel van konsekwente graangradering

GRAANKWALITEIT VERWYS NA DIE VEILIGHEID EN HIGIËNE VAN GRAAN, DIE TOEPASLIKHEID VAN DIE GE-HALTE VIR SPESIFIEKE EINDGEBRUIKE EN VERWERKING ÉN IN SOMMIGE GEVALLE, DIE SAMESTELLING VAN GRAANVARIËTEITE OF KULTIVARS. DIE VISIE VAN SENWES SE SILO’S IS OM DINAMIES TE WEES EN MET INNOVASIE EFFEKTIEF TE REAGEER OP DIE VERANDERENDE OMSTANDIG-HEDE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GRAANBEDRYF.

>TEKS: MARIANA PURNELL

Graderingsregulasies bied kwa-liteitbeheer vir die hele graanbedryf. Graangrade is ‘n maatstaf van graankwaliteit en dus is graanin-speksie en graderingsdienste op graanbesendings van uiterste belang. Wetenskaplike en tegniese programme en dienste ondersteun die bepaling van die kwaliteit van graanbesendings. DUIDELIKE RESULTATE VIR SENWES KLIËNTEGraderingsregulasies bepaal die definiëring van graderingstandaarde en verseker dat hierdie stan-daarde konsekwent toegepas word en konsekwente resultate vir Senwes se klante verskaf aan beide die lewerings- en afnemerkant van ‘n transaksie. Die regulasies bied ‘n uiteensetting van die be-leid en amptelike prosedures vir die metodiek van monsterneming asook die riglyne vir ‘n reeks ander bepalings.

Monsterneming vir inspeksiedoeleindes moet voldoen aan die vereistes wat in hierdie handleiding uitgelig word. Onderworpe aan die regulasies, sal ‘n

Page 31: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

29

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

292929GRAINLINK •••

inspekteur ‘n amptelike ondersoek van graan doen deur ‘n verteenwoordigende monster van die graan te neem op die voorgeskrewe wyse.

Die operateur van ‘n graansilo sal daarin die nodige toerusting installeer vir die doeltreffende en akkurate weeg, monsterneming, inspeksie, grade-ring, kwaliteitsbepalings, droging, skoonmaak en berging van alle graan, graanprodukte en sifsels wat by die graansilo ontvang of versend word. Die instandhouding van sodanige fasiliteite, toerusting en die struktuur van die graansilo, word voorgeskryf in die regulasies.

“‘n Graderingstelsel verseker dat die produk van alle produsente

dieselfde beoordeel word.”

Die graderingstelsel bied ‘n reeks van maksimum toe-laatbaarheidsvlakke vir ‘n verskeidenheid van belang-rike eienskappe en aldus word die onderskeie grade bepaal. Dit verseker dat graan aan sekere funksiona-liteite voldoen en binne spesifieke perke vry is van siekte, skadelike sade of ander nadelige faktore.

‘n Graderingstelsel verseker dat die produk van alle produsente dieselfde beoordeel word. Daarby is dit gefokus op die klant se eindgebruiksver-eistes vir graan en is gebaseer op wetenskaplike ondersteuning. Die standaarde wat op graan toegepas word, om te verseker dat dit aan ‘n spesifieke graad voldoen, is gebaseer op die finale produkvereistes. Dit beteken dat die graderingsfaktore vir graan altyd relevant sal wees tot klante se behoeftes.

Die graadbepalings van graan en die ooreen-stemmende maksimum toelaatbaarheidsvlakke is ontwikkel met die doel om ‘n positiewe impak te hê op die eindgebruiksfunksionaliteit. Wanneer klante graan volgens die amptelike grade by Senwes koop, is dit nie vir hulle nodig om staat te maak op bykomende kontrakspesifikasies nie. Hulle kan verseker wees van die bevredigende prestasie van sodanige graan.

Alle lewerings en besendings by ‘n Senwes silo word vergesel deur ‘n dokument wat die produsent of koper se versekering van graankwaliteit is. Indien daar ‘n geskil oor enige aspek van die graan se

graad of prestasie is, sal Senwes onmiddellik onder-soek instel.

Die verspreiding van silo’s in Suid-Afrika en die infrastruktuur het bygedra tot ‘n vervoer- en hante ringstelsel wat veroorsaak dat graan van dieselfde graad gekombineer en gemeng word in ‘n silobuis. Slegs met uitvoerbesendings word graan wat in die verskillende streke geproduseer is, vermeng wanneer dit die eindpunt vir uitvoer bereik. Hierdie faktore verminder die plaaslike variasie en dra by tot eenvormigheid tussen en binne ‘n soortgelyke graad. Tydens die laai van ‘n uitvoerskip, word die graan deurlopend geïnspekteer om te verseker dat elke vrag graan steeds aan die amptelike standaarde wat vir elke graad vasgestel is, voldoen.

Alle graan wat by Senwes ingeneem word, moet aan streng gehaltebepalings voldoen. Aspekte wat oorweeg word, is insekbesmetting,

Op grond van wat Senwes se klante ons meege-deel het tydens landswye vergaderings en fokus-groepe, klante-onderhoude en ‘n uitgebreide werknemersopname, fokus Senwes se silo’s op die volgende belangrike areas:

Geloofwaardigheid. Die geloofwaardigheid van ons diens moet onbetwisbaar wees. Ons diens is waardevol vir die kopers en verkopers, want dit is ‘n onafhanklike beoordeling van wat gelewer en ontvang word.

Akkurate en konsekwente resultate. Ons resultate is landswyd akkuraat en konsekwent. Ons maak staat op goeie prosedures en weten-skap in die verskaffing van uniforme graderings-dienste. Hoogs opgeleide personeel. Aangesien jy op ons vertrou, moet ons mense hoogs opgeleide, professionele persone wees wat in voeling is met ons klante, gemotiveerd is en in staat is om probleme te identifiseer en te voorkom.

vervolg op bladsy 30

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

SENWES SE FOKUS

Page 32: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

30

SENWES Scenario<< >>

30 ••• GRAINLINK

Mariana Purnell is die Bestuurder: Spesialis Produkte by Senwes Grainlink. Indien jy enige kommentaar het of meer inligting wil ontvang, kontak Pieter Malan (Assistent Hoofbestuurder: Graanbedryf) by (018) 464-7395.

>>

swambesmetting, ander graangewasse of vreemde materiaal soos strooi, onkruid of ander moontlike ongewensde materiaal. Hierdie kontinuïteit dra betekenisvol by tot die instandhouding van eenvor-migheid en kwaliteit.

Streng graderingstandaarde en skoonmaakpro-sedures verseker dat kopers die gehalte kry waar-voor hulle betaal. Dit is ‘n voordeel vir meulenaars, aangesien die oormatige skoonmaak van graan kan lei tot hoër kostes vir die bedryf en instandhouding van skoonmaaktoerusting. Skoner graan sal ook lei tot hoër opbrengste by prosessering.

Graanveiligheid is nog ‘n belangrike kwaliteits-verbintenis. Senwes monitor voortdurend die chemiese residue, die voorkoms van swamme en mikotoksiene. Hierdie voorsorgmaatreëls gee klante die versekering dat hul graanaankope aan die strengste voedselveiligheidtoleransies sal voldoen.

Die graderingsregulasies bevorder billike sake-praktyke en ‘n mededingende bemarkingsomgewing. Senwes fasiliteer die bemarking van graan en olie-sade en deur die korrekte toepassing van die grade-ringsregulasies, bevorder die maatskappy regverdige en mededingende handelspraktyke tot die algehele voordeel van verbruikers en die landboubedryf.

Die graderingsregulasies verseker ook erkende en betroubare beskrywings van die gewaskwaliteit en waarde én bevorder ekonomiese gesondheid en welvaart in die landbou. Dit dra by tot die suksesvolle bemarking van Suid-Afrika se graan en verwante landbouprodukte deur die skepping van standaarde vir kwaliteitsbepalings en voorsien riglyne vir die onpartydige regulering van hante-ringspraktyke. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye verseker die voortdurende ontwikkeling en instandhouding van eenvormige Suid-Afrikaanse standaarde vir inspeksie en weeg-prosedures van graan.

Hierdie artikel is voorberei onder die gesag van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye met die doel om duidelikheid en deursigtigheid in die graanbedryf te bevorder. S

WAT ELKE KLANT VAN SENWES SE SILO’S KAN VERWAG:

• Hoflikheid en respek. Jy sal bygestaan word deur 'n beleefde, behulpsame en kun-dige persoon wat professionele behandeling, objektiwiteit en vertroulikheid bied.

• Billikheid. Ons dienste sal objektief wees, ongeag die rol wat jy speel in die landbou – van produsent tot hanteerder en eind-verbruiker. Dit verseker regverdigheid en gelykheid in die mark.

• Duidelikheid. Ons sal aan jou verduidelik wat ons doen, hoe graangradering werk en wie om te kontak vir verdere hulp.

• Toeganklikheid. Ons is beskikbaar om jou met integriteit en professionaliteit te dien en om met individue en organisasies te praat. Besoek jou naaste silo of kontak ons per brief, e-pos, telefoon of faks.

• Tydigheid met lewering en laai van vragte. Ons sal met elke besending wat uitgelaai word, ‘n amptelike graanverskepingsdokument voorsien wat beide ‘n inspeksie- en weegver-slag bevat. Ons sal ook met elke besending wat aan ons gelewer word, ‘n amptelike graanont vangsdokument voorsien wat beide ‘n inspeksie- en weegverslag bevat.

vervolg van bladsy 29

Die voordeel van konsekwente graangradering

www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >>

Page 33: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 34: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

32

SENWES Scenario<< >>

3232 ••• GRAINLINK

Wil jy jou graan opgradeer?SENWES KOM PRODUSENTE VANJAARTEGEMOET DEUR ‘N KEUSE AAN HULLE TE BIED OM HUL GRAAN OP TE GRADEER.*

Die vereistes vir opgradering is soos volg:

DEFEKTE BO DIE SIF MAG NIE MEER WEES AS:

Witmielies: • 5% WM1 • 11% WM2 • 28% WM3

Geelmielies:• 7% YM1• 18% YM2• 28% YM3

* Voorwaardes• Produsente kan in bogenoemde gevalle opgra-

deer, maar ‘n massa-aanpassing sal ter sprake wees.

• Bogenoemde vergunning is geldig vir mielielewe-rings vanaf 11 Julie 2011.

• Senwes behou die reg voor om dié vergunning op enige tydstip te beëindig. S

Skakel jou silobestuurder of vir Faan Schoeman (Bestuurder: Graanhantering) by (018) 464-7185 vir meer inligting.

>>

An "evening" protein complex regulates

plant growth Researchers at the University of California (UC), San Diego in the USA have uncovered the mechanism by which many plants, including corn and sorghum, adjust the pace of their growth such that they grow faster at night.

In a study being published in the journal Na-ture, the researchers describe their discovery of a protein complex, they call the "evening complex", that regulates the rhythmic growth of plants dur-ing the night. More importantly, says the press release, the researchers show how this protein complex is intricately coordinated through each 24 hour day with the genes that promote stem elongation – in a way that could enable plant breeders to engineer new crops that grow faster and produce higher yields.

Steve Kay of the UC says: "Now that we understand what the gas and the brakes are in controlling plant growth, we can manipulate those to maximise biomass deposition. We could do it by putting the gas on more or putting the brakes on less or probably in a more sophisticated way by combining the gas and brakes so that we allow the plant to maximise available nutrients, which will allow it to maximise biomass deposition. This could be a way to optimise plant growth for a particular environment where we don't want to add additional nutrients to the soil.”

He adds that another potential application of the evening complex is in making food crops more tolerant of cold temperatures and freezing. S

Source: UC San Diego; Author: Kim McDonald

Aanlynregistrasie vir VoedselbesigheidsoperateurskodesDie Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kondig hiermee aan dat alle Voedselbesigheidsoperateurs (VBO’s) (soos produsente, verpakkers, verwerkers, vervoer ders ensovoorts) van gereguleerde landbouprodukte van plantaardige oorsprong en plaaslike markte, hul voedselbesigheid aanlyn kan registreer.

Dié elektroniese fasiliteit van die aanlynregistrasie van Voedselbesigheidsoperateurs sal ‘n proses van opsporing in plek stel, sodat produkte in die voorsie-ningsketting opgespoor kan word. Alle produkte wat

vir verkoop op die plaaslike sowel as die uitvoermark bestem is, moet met ‘n VBO-kode gemerk wees byko-mend tot ander merkingsvereistes.

VBO’s word dus aangemoedig om aanlyn te registreer om toegang tot die nuwe VBO-Inligtingstelsel te kry. Voedselbesigheids-operateurs kan inteken by http://fbo.daff.gov.za. S

Page 35: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 36: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 37: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

35

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

3535DRUPPELS •••

vervolg op bladsy 36

Hoe ry die boere, sit-sit vas

VAN DIE SUID-WESTELIKE DISTRIKTE IN DIE SENWES-BEDIENINGSGEBIED HET IN DIE AFGELOPE PRODUKSIESEISOEN TOT 900 MM MEER REËN ONTVANG AS HUL LANGTERMYNGEMIDDELD. DIE BAIE REËN HET BYGEDRA TOT PANNE WAT VOL GEWORD HET EN IN DIE LANDE BEGIN INSTOOT HET. STROPERS HET VASGEVAL EN VAN DIE PRODUSENTE MOES KOLLE GESAAIDE LANDERYE, WAT NIE GESTROOP KON WORD NIE, NET SO LAAT STAAN.

>TEKS EN FOTO’S: THYS GROBBELAAR

Die 2010/2011-produksieseisoen het baie laat begin, met geen reën vroeg in die voorjaar nie. Dit het teen die tweede helfte van Oktober 2010 begin reën en produsente kon hier en daar in die Senwes-gebied begin grond voorberei en ‘n paar produsente kon wel begin plant.

Dit was eers teen die helfte van November wat dit werklik goed oor die grootste gedeelte van die gebied begin reën het. Die reën het egter steeds weggebly in die westelike gedeeltes van die Noord-

‘n Hartseer gesig.

‘n Bo-aansigfoto wys dat sommige dele in landerye meer water gekry het as die res.

wes Provinsie. Hier kon produsente eers teen die einde van Desember en begin Januarie vanjaar met grondvoorbereiding en die plantproses begin.

Almal was wel daarvan bewus dat ‘n La Niña-tipe seisoen voorspel was. Uit historiese reënvalgegewens is vasgestel dat ‘n La Niña tipe seisoen konstant hoër reënval tot gevolg het. El Niño-tipe seisoene se uitkoms is nie konstant nie – baie nat of baie droë seisoene kan hier volg. ‘n La Niña-tipe seisoen word veral gekenmerk deur baie natter toestande in die westelike gedeelte van die somerreënvalgebied – dit is wat derhalwe ook die afgelope seisoen ondervind is. Sekere grondtipes kon net nie al die water hanteer nie en gewasskade is redelik algemeen oor die Senwes-gebied gerapporteer. Daar word ook verwag dat hierdie seisoen se mielie-opbrengs gemiddeld laer as die vorige produksieseisoen gaan wees.

Page 38: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

36

SENWES Scenario<< >>

36 ••• DRUPPELS

vervolg van bladsy 35

Hoe ry die boere, sit-sit vas

Die Petrusburg-distrik, wat gewoonlik as ‘n relatiewe droë distrik gekenmerk word, het vir die maande van Desember tot einde Februarie, 789 mm reën ontvang. Dié distrik se langtermyn gemid delde reënval is 483 mm vir die hele sei-soen. Geen gedeelte van die tradisionele Senwes gebied het minder reën ontvang as die langter-myngemiddelde reënval nie.

Verder het daar ook bo-gemiddelde reën ge-durende Junie voorgekom. Die westelike distrikte het weer oormatige hoeveelhede reën ontvang. Die noord-oostelike gedeelte van die tradisionele Sen-wes gebied het nie die oormatige hoeveelheid reën, veral in die tweede helfte van die seisoen, ontvang nie. Die infrastruktuur, soos paaie, het veral erg deur die reën deurgeloop. Produsente was vir ‘n geruime tyd genoodsaak om alternatiewe paaie te gebruik om by hulle naaste dorp uit te kom. Vragmotors, trekkers en sleepwaens het vasgeval. Produsente was ook genoodsaak om van die grondpaaie self weer rybaar te maak. Om paaie weer begaanbaar te maak, moes vragte gruis, klippe en grond op eie onkoste aangery word. Die ontydige reën gedurende Junie het die stroopproses verder vertraag.

Produsente wat beplan het om winterkoring aan te plant, moes in baie gevalle dié planne net so laat vaar. Oorlêlande het panne en moerasse geword en selfs nie eers trekkers wat toegerus is met rusperbande kon in die lande met die plan-ters kom nie. Só is die gulde geleentheid om die oormatige oordraagbare vog met winterkoring te benut, daarmee heen. Waar daar wel suksesvol koring aangeplant kon word, behoort dit oor ‘n goeie potensiaal te beskik.

Behalwe vir die oormatige reënval gedurende die verloop van die seisoen, het die uitermatige hoë persentasie minimum relatiewe lugvogtigheid, die afdroging van veral die mielie-oes verder vertraag. Dit is duidelik uit Tabel 1 dat die gemiddelde mini-mum persentasie relatiewe lugvogtigheid amper 20% hoër was hierdie seisoen as die langtermyn-gemiddeld. Die minimum persentasie relatiewe lugvogtigheid bepaal die afdroogtempo van die oes. Senwes se witmielie-oes is jaarliks teen die einde van Junie gewoonlik reeds 40% gelewer. Vanjaar is slegs 22% van die verwagte oes gelewer. Wat geelmielies aanbetref, is daar gewoonlik 53% van die verwagte oes teen die einde van Junie gelewer. Hierdie seisoen is die kumulatiewe lewering, tot en met Junie, slegs 37% van die verwagte oes.

TABEL 1: GEMIDDELDE MINIMUM PERSEN-TASIE RELATIEWE LUGVOGTIGHEID PER MAAND OOR DIE LANG TERMYN EN IN DIE 2010/2011-PRODUKSIESEISOEN.

Gemiddelde minimum % relatiewe lugvogtigheid per maand

Tydperk Jan Feb Mrt Apr Mei

Langtermyn 35,9 35,9 33,8 31,9 29,4

2010/2011-produksieseisoen

57,5 57,2 45,5 51 41,1

Anders as produsente, was die eende in die sewende

hemel oor die baie reën wat

geval het.

Sommige plaaspaaie was onrybaar en produsente was genoodsaak om van die grondpaaie self weer rybaar te maak.

n

te er

Apw

she

baigeval

Page 39: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

37

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

>>

3737DRUPPELS •••

Die artikel en figure is saamgestel in Julie 2011 deur Thys Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes Grainlink), Ronél Koen (Senior GIS-tegnoloog: Senwes Landboudienste) en Suzanne Marshall (GIS-tegnikus: Senwes Landboudienste).

Sommige produsente moes vanjaar oesters inspan.

Figuur 1: Die figuur dui die verskil ten opsigte van die 2010/2011-produksieseisoen se reënval (Julie 2010 tot Junie 2011), teenoor die langtermyn gemiddelde reënval (Julie tot Junie; 1998 - 2010) aan. Die langtermynreënval is van hierdie seisoen se reënval afgetrek.

Figuur 3 dui die reënval van die 2010/2011-produk-sieseisoen in Suid-Afrika aan. Soos normaalweg met ‘n La Niña-tipe seisoen verwag word, het die westelike gedeelte van die somerreënvalgebied in verhouding baie meer reën as die oostelike gedeeltes ontvang. Inderwaarheid het gedeeltes van Mpuma-langa ‘n droogte tydens die periode van Februarie tot einde Maart hierdie seisoen ervaar.

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKINGDaar was definitief nie ‘n tekort aan vog in gewas-produksie in die Senwes gebied hierdie produksie-seisoen gewees nie. Té veel reën het egter skade in sekere distrikte veroorsaak en sekere produsente gaan baie swak oeste lewer. Die vooruitsigte vir ‘n redelike koringoes in die Suid-Vrystaat lyk baie be-lowend. Daar is wel groot gedeeltes van dié gebied wat baatgevind het by die bo-gemiddelde reën-val. Die weidings het baie goed gegroei, maar die kwaliteit daarvan is na só ‘n nat jaar nie besonders goed nie en gevolglik moet produsente die nodige aanvullings doen.

Figuur 2: Die werklike reënval wat in Junie 2011 gerealiseer het.

Figuur 3: Persentasie van normale reënval vir die seisoen Julie 2010 tot Mei 2011 (Gegrond op voor-lopige data. Die aantal stasies gebruik, kan verskil afhangend van die databeskikbaarheid.)

“Die Petrusburg-distrik, wat gewoonlik as ‘n relatiewe droë

distrik gekenmerk word, het vir die maande van Desember tot einde

Februarie, 789 mm reën ontvang.”

Page 40: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 41: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

uppe

mar

keti

ng A

0443

4/SS

2

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Posbus 2801, Halfway House, 1685

Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461

DEKALB® en AgCelenceTM

vennootskap.

Uitmuntende produkte. Uitmuntende resultate.

Page 42: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

40

SENWES Scenario<< >>

vervolg op bladsy 42

4040 ••• KO LLIG OP DOUGLAS CRAWFORD

Dié boompie is ‘n goeie alternatief

DIE OORBRUGGINGSTYDPERK VANAF DIE VESTIGING TOT DIE PRODUKSIE VAN PEKANNEUTE MAG DALK LANK WEES, MAAR AS DIÉ BOOMPIE EERS VOLWASSE IS, BRING DIT GOEIE GELD IN EN IS DIT WELISWAAR ‘N UITSTEKENDE ALTERNATIEF OM DIE RISIKO IN JOU BOERDERY TE VERSPREI. DOUGLAS CRAWFORD (55), VAN MAGOGONG, VERTEL HOE SY PAD GELOOP HET TOT BY DIE DROOM WAT HY VANDAG MET PASSIE UITLEEF.

>TEKS: RUTH DAVIES>FOTO’S: WAYNE VILJOEN

Na skool het Douglas sy BSc-graad in Bodemkunde en Geologie verwerf, waarna hy sy tweejaar diensplig voltooi het. In sy tweede jaar van diensplig het hy navorsing oor die mobiliteit van Suid-Afrikaanse weermagtenks en pantservoertuie vir Krygkor gedoen. Hierna is hy na die Buffelsfon-tein goudmyn, geleë naby Klerksdorp, waar hy as geoloog begin werk het.

Twee jaar later betree hy die kunsmisbedryf, waar hy by Sasol as landboukundige werksaam was. Nadat Sasol sy hele bemarkingspan afgedank het, het Douglas ‘n Kynoch agentskap opgeneem en kunsmis aan besproeiingsprodusente in die Hopetown/Luckhoff-gebiede verkoop. In 1997 verkoop hy sy veegrond met die doel om met pekan-neute te boer in die Vaalharts-besproeiingsgebied.

DIE PEKANNEUTDROOM WORD VERWESENLIKIn 1998 het hy sy eerste pekkanneutboord geplant en in 2004 het hy en sy vrou, Lorraine, na die plaas net duskant Magogong silo getrek. “Dit is een van die beste gewasse om mee te boer en een van die

redes hiervoor is dat dit ‘n winsgewende boerdery is. Op die oomblik subsidieer die pekanneute (83 ha) al my ander gewasse, naamlik koring (75 ha), gars (50 ha), grondbone (75 ha), mielies (70 ha) en lusern (25 ha).”

Van die 83 ha pekanneutboorde is 40 ha in volle produksie, 8 ha is ses jaar oud en 35 ha is twee jaar oud. Dit neem ‘n boord tien jaar om sy volwasse stadium te bereik. Van ongeveer jaar vier af begin die boom pekanneute te dra, maar dit verskil van kultivar tot kultivar. Vir kommersiële doeleindes begin ‘n mens op jaar sewe te oes en op jaar tien bereik die boom sy piek-oes. “Pekanneute is goed aangepas in die Noord-Kaap. Dit kan hoë temperature en baie reën hanteer, maar die temperature moet verkieslik nie onder -5°C daal nie,” verduidelik hy.

Volgens Douglas word die boom in die eerste drie jaar gesnoei, sodat dit ‘n sterk, sentrale leier kan vorm. Vanaf jaar tien is dit goeie praktyk om die hele boom meganies te snoei, sodat lanings gevorm kan word en sonlig in die boord kan inkom. “Indien jy nie wil hê dat jou produksie moet daal nie, moet jy sonligbestuur toepas – dit is uiters belangrik,” sê hy.

KULTIVARS, GROND, KUNSMIS EN OESTYDNet soos ander kontantgewasse het pekanneute ook verskillende kultivars. “Die kultivar wat die gewildste is om uit te voer, is Chocktaw, omdat dit ‘n groot neut is. Nog ‘n kultivar wat goed presteer, is Wichita.” Hy gebruik kultivars soos Ukulinga, Western, Navaho en Pawnee se stuifmeel vir kruis-bestuiwing.

“Ek beplan om in die nabye toekoms ‘n oesmasjien aan te skaf vir my

pekanneutboerdery. Die masjien sal die tyd wat ons nou oes, halveer.”

Page 43: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

41

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

4141 KO LLIG OP DOUGLAS CRAWFORD •••

Douglas meen ‘n voorvereiste vir sukses is dat jy ‘n duidelike, geformuleerde doelwit moet hê, oor genoeg kundigheid en bestuurs-vaardighede moet beskik en goeie finansiële beplanning moet toepas.

Page 44: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

42

SENWES Scenario<< >>

4242 ••• KO LLIG OP DOUGLAS CRAWFORD

vervolg van bladsy 40

Dié boompie is ‘n goeie alternatief

Alhoewel die boom baie goed presteer in diep sandgronde, omdat dit ‘n penwortelstelsel het, glo Douglas dat die bome ook baie goed aard in kleie-rige gronde, omdat die vrugbaarheid van die gronde, veral ten opsigte van kalsium en magnesium, baie beter is as dié van sandgronde. Sy boorde is toegerus met ondergrondse drupperstelsels – kunsmis word deur middel van druppers toegedien. Douglas het ‘n kunsmisprogram wat jaarliks in Oktober afskop en tot in Maart strek. Sinkbespuit-

ings word gedurende die eerste helfte van die groei-seisoen gedoen. “Pekanneutbome is sinksensitief en neem dus moeilik sink op,” vertel hy.

Die oesproses begin reeds in Mei wanneer die neute wat deur die wind afgewaai is, deur die ar-beiders opgetel word. “As al die blare van die bome afgeval het, begin ons ons bome aan die begin van Junie te skud. Die oesproses strek gewoonlik oor twee maande.”

Hy lewer sy pekanneute aan Kalahari Desert Products, Swiss Gourmet, SA Pekans en GWK. Die neute word deur hulle gegradeer en uit die kern uit word die prys bepaal – dit wissel so tussen R34/kg en R37/kg.

OORGENOEG WATEROns oessekerheid is hoog omdat ons genoeg water hier by ons het. “Prof Kader Asmal, wat in 1994 tot 1999 Minister van Waterwese en Bosbou was, was visionêr toe hy bepaal het dat al die waterskemas in die land geprivatiseer moet word.”

Die Vaalharts-produsente het betroubare syfers wat hulle help om besproeiingskedulering toe te pas, wat weer help om die weeklikse waterbeplanning te doen.

Pekanneute word gevestig met vloedbesproeiing of spilpunt. Wanneer die boom ‘n meer uitgebreide

Voor jy pekanneute kan plant, is dit nodig om ‘n grondopname te doen, die voedingstatus van die grond asook die diepte en tekstuur van die grond te bepaal. ‘n Klimatologiese opname moet ook gedoen word om te bepaal of daar aan die klimaatsvereistes vir die verbouing van pekanneute voldoen word.

As die hulse oopmaak en die blare van

die boom afval, is dit tyd om

die boom te skud.

Page 45: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

43

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

43 KO LLIG OP DOUGLAS CRAWFORD •••

vervolg op bladsy 44

wortelstelsel het, word druppers gebruik. “Om produktiewe besproeiingsgrond om te skakel van kontantgewasse na permanente gewasse, soos pekanneutboorde, is kapitaal-intensief.”

DIE PIONIERS VAN PEKANNEUTE“Tydens ‘n besoek aan Kalifornia, VSA, het ‘n lig by my opgegaan toe ek sien hoe gevorderd hulle pekanneutverbouingspraktyke is. In die VSA het ek ook gesien watter masjinerie ek in my boerdery moet hê. Ek het twee jaar gelede vir my ‘n snoei-masjien vanaf die VSA ingevoer,” vertel hy.

ARBEIDERS EN MEGANISASIEDouglas se pekanneutboerdery is gedeeltelik geme-ganiseerd. “Ek beplan om in die nabye toekoms ‘n oesmasjien aan te skaf om die tyd bestee aan die oesproses te halveer,” sê hy. Ten opsigte van sy kon-tantgewasse is hy reeds gemeganiseerd. In totaal het hy 48 tydelike werkers en 24 permanente werkers in diens en hy lei sy werknemers multidissiplinêr op.

Hy glo dit is belangrik om jou boerdery uit te brei om sodoende die skaal van ekonomie te benut en hy glo ook dit is belangrik om die nuutste tegnologie oordeelkundig aan te skaf.

2011 SE R1 MILJOEN-WENNERDouglas het in Senwes se R1 miljoen-kompetisie vanjaar as eerste prys wenner weggestap. R500 000 is teen sy 2010/2011-somerproduksierekening

teruggeskryf. “Dit was ‘n oorweldigende verrassing,” vertel hy opgewonde.

Deel van die kompetisie was dat die vyf wenners (lees meer oor die res van die wenners op bladsy 46 in die uitgawe) ‘n welsynsorganisasie van hul keuse moes nomineer vir wie Senwes R60 000 elk geskenk het. Die organisasie wat Douglas besluit het om te ondersteun, is Huis Andalusia op Jan Kempdorp. Dié tehuis vir bejaardes bied nie al-leen huisvesting vir verswakte en semi-verswakte bejaardes nie, maar het ook verskeie wooneen-hede vir persone wat nog onafhanklik kan funk-sioneer. Die tehuis gaan die geld wat Senwes aan hulle geskenk het, aanwend om hul koelkamer te vervang.

‘N TROTSE SENWES KLANTDouglas maak van die hele Senwes pakkie gebruik. “Al my kontantgewasse se produksielenings neem ek by Senwes Credit uit. Ek lewer my koring, gars en

Douglas was een van vanjaar se finaliste in Sen-wes se R1 miljoen-kompetisie. R500 000 is teen sy 2010/2011-somerproduksierekening teruggeskryf.

SO TERLOOPS...

Drie dinge wat vir jou belangrik is: My vrou, Lorraine, my geloof in God en goeie gesondheid.Beste advies ooit ontvang: Die wyle Chris Theunissen, wat een van die eerste persone was wat ‘n volle perseel pekanneute gevestig het, het my oorreed om pekanneute te plant.

Wat lê op jou bedkassie? Boeke, flitse, knipmesse en foto’s.Gunsteling dis: Bobotie.Gunsteling poeding: Lorraine se spesiale pekanneuttert met room.Wat is jou boerderytoekomsplanne? Ons langtermynplan is om op pekanneutproduksie te fokus.

“Prof Kader Asmal, wat in 1994 tot 1999 Minister van Waterwese

en Bosbou was, was visionêr toe hy bepaal het dat al die waterskemas in die land geprivatiseer moet word.”

Page 46: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

44

vervolg van bladsy 43

Dié boompie is ‘n goeie alternatief

mielies by die Senwes silo op Magogong en doen ook my graanbemarking deur Senwes. “Die finansierings-arm is die belangrikste komponent van ‘n besigheid en Senwes voorsien in al my finansiële behoeftes. Hulle diens is uitstekend en professioneel.”

SY REGTERHAND IN DIE BESIGHEIDDouglas het sy eie “Minister van Finansies”, soos hy dit stel, wat hom in sy boerdery help. Sy vrou en sy vennoot in die besigheid, Lorraine, sorg dat die administrasie en finansies van die besigheid seepglad verloop.

“Dit is een van die beste gewasse om mee te boer en een van die redes hiervoor is dat dit ‘n winsgewende

boerdery is.”

Die oesproses. Die boom word geskud en die neute val op die nette, waarna die werkers dit optel en in sakke pak.

••• KO LLIG OP DOUGLAS CRAWFORD

Vroeër jare het Douglas se werkers die neute self met die hand uitge-soek en verpak, maar hy het verlede jaar ‘n skoonmaakaanleg op sy plaas opgerig, wat die werkstempo vinniger maak.

Hul vier kinders – Francois, Leandri, Lee en Tammy – woon almal tans in die buiteland. “Ons het ons kinders groot gemaak met die denkwyse om die wêreld te gaan verken. Ons maak egter ‘n punt daarvan om elke jaar ten minste een keer vir hulle te gaan kuier,” vertel Lorraine.

Na afloop van die onderhoud gee Douglas vir my ‘n paar pekanneute vir padkos. Op pad terug huis toe, besluit ek dit is tyd dat ek my heel eerste pekanneuttert gaan bak! S

Page 47: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 48: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

46

SENWES Scenario<< >>

46 ••• SENWES CREDI T

Vyf welsynsorganisasies trek voordeelSENWES HET AAN VYF KLANTE ELK ‘N GEDEELTE VAN R1 MILJOEN TOEGEKEN ÉN ‘N TOTALE BEDRAG VAN R300 000 AAN VYF WELSYNSORGANI-SASIES GESKENK AS DEEL VAN DIE MAATSKAPPY SE JAARLIKSE R1 MILJOEN-KOMPETISIE.

Senwes Scenario se redaksie het by die finaliste, wat elkeen ‘n deel van R1 mil-joen gewen het om teen hul Senwes somerproduk-sierekening af te skryf, gaan aanklop om meer uit te vind oor hul boerderye en hul gekose welsynsorga-nisasies.

WERNER ERWEE (WESSELSBRON) – R250 000Werner is die vierde geslag Erwees wat op sy plaas boer. Hy is met Marie getroud en hulle het drie kinders. Werner boer op sowat 1 800 ha met hoof-saaklik vee. Op sy grond het hy ‘n Holstein-melk-koeikudde, sowat 120 koeie sterk en ‘n Bonsmara-kudde waarvan hy die speenkalwers aan voerkrale verkoop. Hy plant ook sy eie ruvoer aan en ‘n bietjie mielies vir kuilvoer.

Sy pad met Senwes“Senwes help ons baie – dit is maklik om hul gou-gou te bel om ‘n trekker te herstel,” vertel Marie. “Die Village-afdeling het alles beskikbaar wat ons nodig het met vinnige, vriendelike diens.”

Sy welsynsorganisasieWerner het die Vrystaat Versorging in Aksie op Wesselsbron aangewys as die organisasie om by Senwes se skenking te baat. Hul hooffokusareas is kinders en gesinne, veral vrouens en bejaardes. Die skenking gaan gebruik word om projekte in die gemeenskap te begin, wat mense se lewenskwaliteit sal verhoog.

MIENIE ALBERTS (VENTERSDORP) – R125 000 Mienie se man is drie jaar terug oorlede en toe moes sy self verder aangaan met die boerdery. Sy plant hoofsaaklik mielies onder spilpunt en dit word afgewissel met koring en droëbone. Sy plant droë-

Werner Erwee en sy vrou, Marie. Mienie Alberts en haar twee seuns, Henk (links) en Japie (regs).

Page 49: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

47

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

47 SENWES CREDI T •••

land sonneblom en mielies op ‘n wisselboustelsel en 20% van haar boerdery is met beeste.

Haar pad met Senwes“Senwes is vir my ‘n riem onder die hart; die mense is werklik lojaal teenoor ons. Dit wat ek vra en wat doenbaar is, dit doen hulle vir my.”

Haar welsynsorganisasieMienie se organisasie was die SAVF Tehuis (Ven-tersdorp) wat fokus op die 24-uur-versorging van verswakte bejaardes. Dié organisasie gaan Senwes se skenking aanwend om hul dak te herstel.

PETRI MAREE (BRANDFORT) – R75 000 Volgens Petri is sy hart al van kleins af in die boer-dery. 60% van sy boerdery bestaan uit vee – hoof-saaklik Dohne Merino skape. Hy het ook vleisbeeste (Drakensbergers) en ‘n groot deel van sy bedryf is tef. Hy is getroud met Marie.

Sy pad met Senwes“Ek kan nie sonder Senwes boer nie,” vertel Petri. “Senwes lewer ‘n bydrae tot al my vertakkings en voorsien my van die nodige produksiekapitaal; eko-nomiese, kundige en tegniese raad en onderdele.

Dit is vir my belangrik om ‘n goeie verhouding met my naaste Villages te hê en ek kry baie goeie diens van hulle af.”

Sy welsynsorganisasiePetri het, met behulp van Senwes, uitgereik na die Vrystaat Versorging in Aksie Rusoord – ‘n tehuis vir bejaardes. Hulle poog om ‘n gelukkige, veilige hawe met baie moontlikhede vir die inwoners te skep. Die geld vanaf Senwes sal aangewend word om volwasse doeke te koop (hulle gebruik ongeveer 540 ‘n maand), sowel as om arbeidsterapiebenodighede aan te koop.

SEBASTIAAN STEYN (HENNENMAN) – R50 000 Dié 27-jarige boer al ses jaar vir sy pa en is die sewende geslag wat op dié plaas boer. Sy boerdery bestaan uit 90% saaiery (sonneblom en koring) asook 10% eksotiese wild, soos buffels en goue wildebeeste. Daar is ook ‘n voerkraalvertakking op die plaas met skape en beeste.

Sy pad met Senwes“Senwes is in alle fasette van jou boerdery betrokke. Enigiets wat jy nodig het in die boerdery, kan hulle vir jou kry. Hulle spaar ons baie tyd en met graanbe-marking help hulle ons bitter baie.”

Sy welsynsorganisasieSebastiaan se organisasie van keuse was die Northern Free State Care Givers op Kroonstad. Hulle spreek die behoefte van tuisversorging by kanker-pasiënte aan. Die skenking gaan gebruik word om volwasse doeke te koop, sowel as ekstra voeding en om verpleegsters te betaal. S

Petri en sy vrou, Marie.Sebastiaan Steyn (middel) saam met sy pa, Dries, en ma, Louwra.

DOUGLAS CRAWFORD – R500 000

Lees meer oor Douglas se boerdery, sy pad met Senwes en sy welsynsorganisasie op

bladsy 40 van die uitgawe.

Page 50: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

48

SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011

48

SENWES Scenario<< >>

4848 ••• PROMOSIE-ARTIKEL: JONSSON

Leading technology and superb design features are integrated to produce a shoe fit for purpose. For decades, Jonsson has been manufacturing workwear for some of the toughest work environments in the world and has become Southern Africa’s leading brand and a symbol of durable, high quality workwear.

Now, the latest technology and design features have been integrated into the Jonsson’s footwear range, contributing to make it the most enduring, smart and safe footwear on the market.

IT’S ALL IN THE DETAIL• Our full-grain buffalo leather has been selected for

its quality, strength and endurance and the vamp lining is made from a viscose blend for comfort and has been treated with ultra fresh. The ultra fresh process utilises a strong anti-bacterial and anti-fungal resin, which prevents foot odour.

• The shape on which the Jonsson safety footwear is made, is the foundation of the shoe. It is formed according to the foot’s natural shape and

High performance workwear for your feetINNOVATION, DURABILITY AND COMFORT WITH ABSOLUTE PROTECTION. THAT'S WHAT YOU CAN EXPECT FROM JONSSON WORKWEAR.

the fit is made so there is plenty of space where it’s needed, yet the foot will sit close to the places where it needs support. The shape has a unique fit which takes into account the toes’ lengths in the mould.

• The steel toe cap can withstand an impact load of 200 joules. It is designed with a bevelled wall which offers a wide fit to accommodate most South African feet.

• The mid-sole is integrated into the shoe, to prevent nails and sharp objects protruding up through the sole.

• The density and hardness of the TPU are important factors in the design of both the inner and outer soles.

• The Energiser footbed insock is made from 100% Merino wool that offers respiration, absorbency and comfort. It has also been treated with ultra fresh and has an EVA heel cup and a Poron insert for extra comfort. Jonsson Workwear products are created for living and working hard. S

Whatever your 24/7 lifestyle demands, Jonsson cuts a trail through the industry.

Safety from the ground up.

www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • Augustus 2011SENWES Scenario<< >>

Page 51: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd
Page 52: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

50

SENWES Scenario<< >>

50 ••• TOEKOMSBLIK

Sal plaagdoders die aarde vernietig?- Die mites en feiteINTERNETFORUMS EN OPENBARE MEDIA SKETS DIKWELS ‘N VERDOE-MENDE PRENTJIE OOR DIE TOEKOMS VAN DIE MENSDOM. AS ‘N MENS TUSSEN DIE LYNE LEES HOE PLAAG-DODERS BESIG IS OM MENSE EN DIE OMGEWING TE VERGIFTIG, LOS DIT JOU MET DIE VRAAG OF PLAAGDOD-ERS DIE AARDE EN DIE MENSDOM REGTIG GAAN VERNIETIG, OF IS DIT MAAR SENSASIE WAT DEUR SOMMIGE INDIVIDUE EN INSTITUTE AANGEBLAAS WORD?

>TEKS: DR GERHARD VERDOORN

‘n Groot persentasie van dié doempro-fete se skrywes is blote sensasie en is gegrond op ge-isoleerde navorsing waarna daar na plaagdoders slegs as kontaminante gekyk word. Verder is die resultate van sosiologiese ondersoeke gebaseer op gemeen-skappe wat verarm is en waar die verantwoordelike gebruik van plaagdoders beslis nie die norm is nie.

In die landbousektor is daar letterlik miljoene produsente oor die aarde heen versprei. Die grootste persentasie produsente gebruik wel plaagdoders vir gewasbeskerming en dieregesondheid, terwyl daar al hoe meer geneig word na meer omgewingsversoen-bare landboumetodes wat minder giftige plaagdoders insluit. Daar is ongetwyfeld probleme met plaagdoders in verskeie dele van die wêreld asook met verskeie produkte. Die probleme is egter selde produkverwant, maar eerder metodiekverwant. ‘n Goeie voorbeeld is die dilemma waarin para kwat, die bekende onkruid-doder, homself bevind. Mense word in verskeie lande met parakwat, hetsy chronies of akuut, vergiftig. Die gevaarklokke lui dus soos brandweersirenes in som-mige lande, terwyl para kwat in plekke soos Suid-Afrika, nie eers die radarskerms haal nie.

Page 53: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

51

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

TOEKOMSBLIK •••

MITES OOR PLAAGDODERSTussen die lyne lees ‘n mens van die impak wat parakwat op mense het, maar as jy die ver-grootglas verstel vir dieper insig, dan kom daar ‘n skokkende beeld na vore. Die plekke waar para kwat wel mense vergiftig, is plekke waar die toe dieners met hulle rugsakspuite geen besker-mende klere dra nie. Dit is blote logika dat sulke praktyke tot vergiftiging sal lei. Om parakwat as ‘n baie gevaarlike stof te gaan etiketteer, is belaglik, want dit is wanpraktyke wat tot kontaminasie en vergif tiging lei, nie chemiese produkte nie. Plaaslik sterf sowat vier tot tien mense per jaar van para-kwat – almal selfmoordgevalle. Die boodskap vanuit die buitewêreld is dus vals as hulle verkondig dat parakwat ‘n uiters gevaarlike stof is, sonder om dit oop en bloot te stel dat dit gevaarlik raak as mense die produk nie korrek aanwend nie.

“Die groot vraag wat ontstaan, is of plaagdoders die aarde en die mens-dom gaan vernietig, of is dit maar

sensasie wat deur sommige individue en institute aangeblaas word?”

Daagliks lees ‘n mens ook van die effekte van plaagdoders op die mense se hormoon- en geslagstelsel. Plaagdoders word afgemaak as produkte wat ‘n geweldige negatiewe impak op die stelsel het, maar dit is eensydig, want meeste sulke studies is proefbuisstudies waar daar op sellulêre vlak gewerk word. As sulke effekte werklik in die praktyk sou manifesteer, sal die mens en ander lewende organismes daarmee heen wees. Wat sommige navorsers nalaat, is om hulle proefbuiseksperimente in die veld te gaan doen, waar daar benewens plaagdoders, ‘n ongekende aantal ander faktore is wat mense en ander lewende organismes kan benadeel.

DDT is seker ‘n goeie voorbeeld waar dit “bewys” is dat dit tweeslagtigheid veroorsaak, maar dit is ‘n papierstudie met opnames onder die bevolking, sonder dat daar enige fisiese en kliniese bewyse bestaan vir die “resultate”. Navorsers het die swak voeding, drank- en alkoholmisbruik, MIV/VIGS, geslagsiektes, ondertrouery, swak waterkwaliteit en menige ander faktore bloot geïgnoreer en die voorkoms van ‘n hoë persentasie tweeslagtigheid aan DDT toegeskryf, bloot omdat DDT in daardie gebiede gebruik word.

Moderne plaagdoders raak al hoe meer teikenspesifiek en in die algemeen al hoe minder giftig. Maatskap-pye spandeer letterlik tot 400 miljoen Amerikaanse dollar om nuwe chemiese middels te ontwikkel, wat die peste en plae effektief kan beheer, maar waarvan die moontlike impak op mense en die omgewing nie noemenswaardig is nie. Die formulasies waarin sulke produkte beskikbaar gestel word raak ook al hoe meer teikenspesifiek, met ander woorde die landbousektor saai nie meer die wêreld met hoogs toksiese middels soos in die “goeie ou dae” nie.

Wat ook al hoe meer na vore kom in die mo derne landbou-samelewing, is middels wat nog nie eers goed gedefinieer kan word nie en wel ‘n groot bydrae tot die bestuur van peste en plae lewer. Daar is onder andere die plaagdoders van natuurlike oorsprong, soos asadiragtien en spinosad grondverrykingsmiddels, wat gunstige swamme en bakterieë in die grond vestig en sulke middels word komplementêr tot die klassieke plaagdoders in geïnte greerde plaagbeheer gebruik. Dit lei sonder twyfel tot beter produktiwiteit en minder nega-tiewe impakte op die omgewing en mense. Hierdie beweging na “sagter” plaagbestuur is vinnig aan die ontwikkel en dit word verwag dat daar in die nabye toekoms ‘n vloedgolf van nuwe tegnologieë bekend gestel gaan word, wat landbou meer omgewings-versoenbaar gaan maak. Dink maar net aan die positiewe bydrae wat die geneties gemodifiseerde gewasse reeds gemaak het, met minder gebruik van insekdoders en hoër opbrengste.

‘N NEGATIEWE BEELD VAN PLAAGDODERSDie een vlaggie wat egter soos ‘n gevaarteken net nie wil ophou waai nie, is die een wat die misbruik

vervolg op bladsy 52

Plaagdoders moet verantwoordelik gebruik word.

Page 54: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

52

SENWES Scenario<< >>

L/23

66/P

i

••• TOEKOMSBLIK

van plaagdoders vertel. Dit maak nie saak hoe “veilig” ‘n plaagdoder is nie; as dit nie per korrel aangewend word nie, is die kans op ‘n fiasko baie goed. Bygesê is dit nie net die onverantwoordelike gebruik nie, maar ook dinge soos die bestuur van uitgediende plaagdoders en leë plaagdoderhouers wat die hele prentjie donker inkleur.

Ou plaagdoderhouers lê die wêreld vol en kan die grond, water en lug ernstig besoedel. Daar is ook gereeld gevalle waar produkte, so oud soos arseen-dipstowwe, diere op plase vergiftig. Leë houers wat op plase rondlê en meestal nog plaagdoder bevat, eindig in die hande van onkundige mense, wat dit as houers vir kos en drinkgoed gebruik. Dit het natuurlike ernstige nagevolge vir sulke mense. Mense wat plaagdoders kwaadwillig misbruik om die re mee te vergiftig, dra by tot die negatiewe beeld wat rondom plaagdoders aan die opbou is.

DIE VOEDSELVEILIGHEIDSPRENTJIE LYK POSITIEF VIR LANDBOUDaar is egter iets wat baie positief is vir die toe-koms: Voedselveiligheid uit ‘n plaagdoderoogpunt is reeds aan die toeneem, omdat die toleran-sies baie strenger word, weens openbare druk. Dit beteken dat produsente baie versigtiger met plaagdoders werk om te verseker dat voedsel nie residuvlakke van plaagdoders bevat wat skadelik vir mense kan wees nie.

Dit het ‘n verdere positiewe uitwerking, naam-lik dat omgewingskontaminasie met plaagdoders

ook verminder. As ‘n mens in ag neem dat nuwe plaagdoders se toksikologiese profiele al hoe beter raak, met ander woorde minder giftig raak, dan is die prentjie vir ons voedsel baie goed. Soos wat tyd verloop, sal die ouer en meer giftige produkte met nuwer produkte vervang word. Die residu van ou en hardnekkige plaagdoders, soos DDT, sal ook mettertyd verminder, soos wat die natuur met daardie molekules klaarspeel.

“As ons die plaagdoders tot ons beskikking korrek en effektief

gebruik, dan is dit wel die toekoms.”

MEER KOMMERWEKKEND AS PLAAGDODERSIn die breër konteks van die landbou is daar egter dinge wat baie meer kommer as plaagdoders be-hoort te wek. Ons land se waterkwaliteit is aan die afneem, met riool en mynbesoedeling wat ernstige afmetings aanneem. Die verryking van natuurlike water met rioolverwante fosfate en nitrate is uiters kommerwekkend, om dan nie eers van biologiese besoedeling en patogene te praat nie.

Mynwater wat die oppervlaktes bereik, dra uiters skadelike metale en sure – iets wat vir ge-wasproduksie ‘n dodelike slag kan toedien. ‘n Mens wonder soms of die anti-plaagdodergroepe al ooit van die effekte van waterbesoedeling gehoor het?

vervolg van bladsy 51

Sal plaagdoders die aarde vernietig?- Die mites en feite

Page 55: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

Ons het gewaarsku dis ‘n mielie met ‘n probleem: As jy nog wou oordink, is jou doppie reeds geklink!

.co.

zaL/

2366

/Pio

neer

Dr Gerhard Verdoorn is ‘n Direkteur van die Griffon Gifinligting sentrum en ‘n Konsultant vir die Vereniging van Dierege sond heids- en Plantbeskermingsverenigings van Suid-Afrika (AVCASA). Kontak hom by 082 446 8946 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

>>

TOEKOMSBLIK ••• 53

TREE VERANTWOORDELIK OPDit is nie tyd om oorgerus oor plaagdoders te word nie. Dinge sal beter gaan, maar dan moet ons in die landbou ook voor ons eie deur skoonvee. Onwet-tige gebruik, onverantwoordelike gebruik, opgaar van plaagdoders, swak bestuur van leë houers en die gebruik van produkte vir doeleindes anders as dit wat op etikette aanbeveel word, is dodelik vir die beeld van landbou en gooi net olie op die vure van die anti-plaagdodergroepe.

“Onwettige gebruik, onverantwoorde-like gebruik, opgaar van plaagdoders, swak bestuur van leë houers en die gebruik van produkte vir doeleindes anders as dit wat op etikette aanbe-

veel word, is dodelik vir die beeld van landbou en gooi net vet op die vure

van die anti-plaagdodergroepe.”

Produsente in die vrugtebedryf het al met hulle GlobalGAP-werkswyses bewys hoe ‘n mens die omgewing en die voedsel veiliger kan maak deur net die plaagdoders korrek en in geïnte-greerde plaagbeheerprogramme aan te wend. Die graanbedryf is al in volle swang met geneties gemodifiseerde gewasse en minimumbewerking en dit dra ook by tot ‘n veiliger omgewing en beter voedselkwaliteit.

Miskien lê ons groot uitdaging in Suid-Afrika by die massas mense wat graag tot die formele land-bou sou wou toetree, maar nie oor die kundigheid beskik nie. Hulle is ongelukkig uitgelewer aan die fortuinsoekers wat onwettige plaagdoders, asook plaagdoders sonder enige opleiding, aan hulle verskaf. Sulke mense is nie gerat om plaagdo-ders verantwoordelik te gebruik nie en ‘n mens ys by die gedagte dat hulle voedsel met gebrekkige

kundigheid moet produseer, terwyl hulle plaag-doders onwetend verkeerd gebruik. Gelukkig is die kommersiële produsente goed ingelig en word daar meestal met omsigtigheid met plaag-doders gewerk.

‘N WÊRELD SONDER PLAAGDODERSSommige mense sou bitter graag wou sien dat daar geen plaagdoders gebruik word nie, maar is dit enigsins werkbaar? Die kanse daarvoor is maar skraal, want ons gebruik plante en diere vir vesel en voedselproduksie, wat al deur die eeue heen geselek teer is vir maksimum opbrengs, maar daar-voor het ons die natuurlike weerstand teen peste en plae ingeboet. Plaagdoders is tans die enigste uitweg om dit te beheer en ons moet daarmee saamleef. Ons taak is om die toekoms van die aarde en al sy inwoners te verseker met optimum voedselproduksie met die kleinste moontlike impak op die mens en die omge wing. As ons die plaagdo-ders tot ons beskikking korrek en effektief gebruik, dan is dit wel die toekoms.

Bewyse van hoe die landbou meer omge wings-versoenbaar raak, is oral oor die land te sien. Blou-kraanvoëls word met ope arms oral deur produsente verwelkom, terwyl daar op baie plekke meer klein soogdiere as ‘n paar dekades gelede is. Deel van dié sukses kan toegeskryf word aan meer verant-woordelike plaagdodergebruik en ook die uitfasering van die hardnekkige plaagdoders wat alles in die ou dae vergiftig het.

Dit is beslis nie alles donker vorentoe nie. Daar is baie ligpunte en dit word deur die landbougemeen-skap gevestig met meer volhoubare en verantwoorde-like voedsel- en veselproduksie. Ons as mens, die omgewing en produsente baat daarby. S

Page 56: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

54

SENWES Scenario<< >>

• Lande wat kalk benodig, moet vroegtydig bekalk word. Dit is ook nou die tyd om solank kunsmis vooraf in te sit, indien dit die praktyk is.

• Indien dit nie nodig is vir ‘n meganiese bewer-kingsaksie nie, kan onkruid maklik en vinnig met Roundup beheer word.

• Indien daar voldoende vroeë plantreën teen einde September voorkom, sal daar ‘n geleent-heid wees om vroeë sonneblom te kan plant. Kry dus planttoerusting vroegtydig in orde.

• Wees versigtig vir oor-optimisme as gevolg van die afgelope nat seisoen by die laer potensiaal gronde.

• Die kommoditeitspryse het verbeter en grond-vogtoestande is die beste in jare, met die gevolg dat ‘n mens kan verwag dat produsente “lus” gaan wees vir groot plant. Kry solank jou voetwerk reg wat betref die aankoop of bestel van saad van populêre kultivars, wat dalk mag uitverkoop.

• Doen landinspeksies op koringlande, sodat siektes en plae vroegtydig geïdentifiseer kan word. Spuit onkruiddoder waar nodig op laat koringaanplantings.

DIEREPRODUKSIE• Daar moet nie later as September teen alle

vlieënde insekdraende siektes (vlieë, muskiete en muggies) geënt word nie. Ook teen bloutong, drie-dae-stywe-siekte, wesselsbronsiekte en perdesiekte.

• Spons-, lam- en miltsiekte behoort nou reeds klaar geënt te wees. Het diere wat die eerste

keer teen hierdie siektes geënt is, twee entings gekry? Indien jy nou nee geantwoord het, sorg dat alle jong diere hulle tweede enting kry (ses tot agt weke na die eerste enting).

Waak teen oor-optimisme

54 ••• AGRI-WENKE

DIE BO-NORMALE GOEIE REËN WAT GEDURENDE DIE LAAT SOMER, HERFS EN VROEË WINTER VOORGEKOM HET, HET TOT GEVOLG DAT DIE GROND-PROFIEL VIR DIE SOMERSEISOEN BAIE NAT GAAN WEES.

Dit is nou die tyd om te begin met die voorbereiding van die lande ná stroop, veral ten opsigte van grondmonsternemings vir bemestingbe-planning en grondkartering vir opbrengspotensiaal-bepaling, indien dit nog nie gedoen is nie.

Gaan kyk veral na die gronde wat geneig is om natter te wees as die ander (versuipgronde) en om hulle eerste te begin bewerk en te plant om plek te maak vir die somerreën wat kom. Wees versigtig om oor-optimisties te wees, as gevolg van die afgelope nat seisoen en winter op lae poten-siaal gronde. Doen die nodige grondvogmetings vir oespotensiaalbepalings.

AKKERBOU• Wees versigtig om meganiese smeeraksies/ver-

digting te skep, aangesien hierdie nat grondtoe-stande die moontlikheid daarvan bevorder.

• Stropers en tapkarre het ook bygedra tot groter grondkompaksie as onder normale droër grond-toestande. Doen moeite en grawe profielgate, sodat die effek en effektiwiteit van bewerking ondersoek kan word.

"Indien daar voldoende vroeë plant-reën teen einde September voorkom,

sal daar ‘n geleentheid wees om vroeë sonneblom te kan plant."

AKKERBOU

GROENTE• Aartappels kan in sommige dele

al geplant word en koolplantjies kan uitgeplant word.

• Beet, wortels en spinasie moet eerder nader aan September geplant word.

• As gevolg van moontlike koueskade, moet daar tot Oktober gewag word voor

gewasse soos tamaties en groen-boontjies geplant word.

Page 57: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

55

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

Dié artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Gerrit Oosthuizen, Izak du Plessis, Castuff Sekgala, Jacques Odendaal en JanDirk Engelbrecht (Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604 vir meer inligting.

>>

• Kyk sommer ook bietjie na die verse en eerste-kalf-koeie, wat eersdaags moet gedek raak, se kondisie en gewigte. Indien nodig, voorsien hulle van ‘n produksielek om seker te maak hulle begin die dekseisoen op die regte voet.

• Bespreek sommer ook die veearts om die bulle so agt weke voor die dekseisoen begin, te onder-soek vir vrugbaarheid. Laat dan sommer die bulle terselfdertyd ook toets vir veral trichomoniase en vibriose.

• Gewigsverlies gedurende hierdie tyd is nie ‘n skande nie, maar diere moet nie meer as 12% liggaamsmassa verloor nie.

• Wees op die uitkyk vir borsluise by beeste en brandsiekte by skape.

• Onthou om mooi na hoogswanger en lakterende koeie te kyk. Vul hul dieet aan met proteïen- en energielekke teen 1 kg per dier per dag (meng 150 kg proteïendraende voer en 100 kg graan of gruis).

LANDBOU-EKONOMIE• Dit gebeur van tyd tot tyd dat onder andere

boer derybesighede hul in ‘n situasie bevind waar gepoog word om ‘n sekere peil van besigheidsakti-witeite te handhaaf met onvoldoende hulpbronne.

• Hierdie toestand word algemeen na verwys as oorhandeldrywing (“over-trading”) en kom veral voor wanneer die boerdery in ‘n sterk groeifase verkeer en uitbreiding vinniger plaasvind as wat die kontantvloei toeneem.

• Indien hierdie situasie nie daadwerklik aange-spreek word nie, kan dit ernstige gevolge vir die voortbestaan van die boerdery inhou.

• Eksterne en interne oorsake:- Inflasie en belasting;- Uitputting van bedryfskapitaal; en - Ooruitbreiding.

• Tekens dat ‘n onderneming in ‘n toestand van oorhandeldrywing verkeer, kan gewoonlik afgelei word vanuit ‘n ontleding van die finan-siële jaarstate en bankrekening. Dit, asook die gevolge, sal in die volgende uitgawe bespreek word. S

5555AGRI-WENKE •••

Page 58: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

56

SENWES Scenario<< >>

••• VIR DIE SIEL

Soos suurdeegds W

illie

Both

aa

Lees Matt 13:31 - 33

Tradisioneel verstaan ons die gelykenis van die mosterdsaadjie en die suurdeeg as parallelle van mekaar. Die een ego as’t ware net wat die ander een reeds gesê het en sodoende word die boodskap van God se groeiende koninkryk beklemtoon. Die mosterdsaadjie is klein en word ‘n groot boom. Die suurdeeg is min, maar deursuur al die deeg.

Daar is egter ook ‘n ander minder bekende verduideliking van God se koninkryk wat soos suurdeeg is. Om dit beter te verstaan moet ons die simboliek van suurdeeg in die Bybelse tyd begryp. Suurdeeg het ‘n baie negatiewe betekenis gehad. Dit is geassosieer met morele korrupsie of verrotting.

HOE IS SUURDEEG GEMAAK? Suurdeeg is in die antieke tyd gemaak deur ‘n stuk brood in ‘n donker, bedompige area te plaas totdat muf op die brood gevorm het. Die brood het verrot en tot niet gegaan. Hieruit is die gis verkry, wat later weer in die bakproses gebruik sou word. Dit is dus baie anders as die suiwer gis wat ons vandag ken.

Tydens die fees van die ongesuurde brood in die Ou Testament is daar verwag dat geen

gesuurde brood geëet mag word nie. Daar mag selfs geen suurdeeg in iemand se huis gewees het nie – dit was onrein en het die suiwerheid van hulle menswees voor God in gedrang gebring. Ook in die Nuwe Testament word die negatiewe betekenis van suurdeeg voortgesit. So waarsku Jesus teen die suurdeeg van die Fariseërs. Een slegte appel kan al die ander heerlike appels bederf. Verder is dit interessant dat daar in die Grieks nie regtig gepraat word van suurdeeg wat in die deeg gemeng word nie, maar eerder in die deeg weggesteek word. Die wegsteek, die onreinheid van die suurdeeg en die negatiewe verbintenis van die vrou wat dit doen, skets vir die Jood wat na Jesus geluister het, ‘n prentjie van onreinheid.

Hoe bring ons egter dié negatiewe vergelyking met die positiewe koninkryk van die hemel in verband met mekaar? God se koninkryk is immers heilig en goed! Miskien lê die antwoord daarin dat die eindproduk van dit wat die suurdeeg doen, goed is. Heerlike brood is die resultaat van die suurdeeg. Jesus word in Matteus 12 deur die Fariseërs lasterlik as die owerste van die bose uitgemaak. Jesus se werk, wat vir die Jode soos onrein suurdeeg voorgekom het, is uiteindelik lewensveranderend. In die letterkunde staan hierdie tipe beeldspraak as ‘n diafoor en nie as ‘n metafoor bekend nie. Die negatiwiteit van die boodskap vir die Jode dui op die positiwiteit van die koninkryk van die hemel. Jesus kom en verander ook radikaal al die negatiwiteit oor wat en wie rein en onrein is. Die resultaat van die koninkryk van God is dat almal wat in Hom glo saam met Hom in sy heerlikheid sal deel. Intussentyd groei God se koninkryk soos ‘n mosterdsaadjie of deursuur dit ons werklikheid soos suurdeeg. S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsche Hervormde Ge-meen te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

>>

KONINKRYK VAN GOD = SUURDEEG

• Die koninkryk van God is soos suurdeeg waarvan ‘n klein bietjie ‘n groot klomp deeg deursuur.

• Die negatiewe assosiasie beklemtoon die positiewe karakter van die koninkryk van die hemel.

• Een slegte appel, maak die hele kas sleg. Net so kan ‘n klein bietjie goed ‘n reuse verskil maak.

Page 59: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

Dis mos potensiaal!

Dis mos saad!Dis mos saad!

uppe

mar

keti

ng A

0389

5SS

Jy kan op DEKALB® se witmielies vertrou, want dit bied jou:• uitstekende kwaliteit• goeie staanvermoë, en• die hoogste opbrengs!*

Die DEKALB®-vennootskap bied werklik toegevoegde waarde. Maak seker jy plant die beste!* Bewys uit LNR-proewe van die afgelope drie jaar.

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za

Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8201 of [email protected]

van BASFDEKALB® van Monsanto & AgCelenceTM van BASF.Uitmuntende produkte. Uitmuntende resultate.

e is Kliëntentakte kon

® van Monsanto & AgCelenceTM van BASF.nde produkte Uitmuntende resultate

Dis mos mielies!™

DKC78-15BDKC78-45BRDKC78-35RDKC77-61BDKC77-85BDKC79-05

Nuut

Wit-mielies

5757NUUS •••

Royal Bafokeng belange nou in Senwesbel hande

SENWES HET AANGEKONDIG DAT DIE ROYAL BAFOKENG AGRI INVESTMENTS (EDMS) BPK, ‘N VOLFILIAAL VAN DIE ROYAL BAFOKENG HOLDINGS (EDMS.) BPK, OP 1 JULIE 2011 ‘N OOREEN-KOMS AANGEGAAN HET MET SENWES-BEL BPK., INGEVOLGE WAARVAN DIT SY 17% AANDEELHOUDING IN SENWES, WAT DIT VYF JAAR GELEDE VERKRY HET AS DEEL VAN DIE SWART BEMAGTI-GINGSKONSORTIUM, VERKOOP HET.

Die aandele word gekoop teen huidige markwaarde en indien die transaksie suksesvol geïm-plementeer word, sal Senwesbel die houer word van 58% van die uitgereikte aandele in Senwes Bpk.

“Senwes waardeer die rol en waarde wat die Royal Bafokeng gedurende die afgelope jare tot Senwes se besigheid toegevoeg het en beskou die transak-sie as die eerste werklike suksesvolle swart bemag-tiging in die landbousektor. Buitengewone waarde is vir ons vennote geskep met gepaardgaande voordele wat na al ons belanghebbendes gevloei het,” het Francois Strydom, (Besturende Direkteur: Senwes) gesê.

Die transaksie is onderhewig aan die voldoening of afstanddoening van sekere opskortende voor-waardes en Senwes sal die aandeelhouers ingelig hou rakende die verwikkelinge in die verband. Die transaksie sal Senwes se Swart Ekonomiese Bemagtiging-status nie verswak nie, maar eerder opwindende bemagtigingsgeleenthede skep. “Die verwikkelinge skep nuwe geleenthede om Senwes se bemagtigingstruktuur te herevalueer en dit ten beste te posisioneer vir die toekoms,” het Strydom gesê. S

Page 60: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

58

SENWES Scenario<< >>

585858 ••• NUUS

(018) 464-7799 ~ Jou graanmark-inbellynDIT WAS NOG NOOIT SO MAKLIK OM DIE DAAGLIKSE MARKVOOR-UITSIGTE TE KRY NIE. JY HET NIE EENS INTERNET NODIG NIE – SKAKEL EENVOUDIG NET DIE NUWE SENWESMOBI INFOLINE INBELLYN EN KRY DIÉ INLIGTING ENIGE TYD, ENIGE PLEK.

Dié daaglikse vooruitsig van wat Senwes Grainlink verwag vir die betrokke dag se Safex-markte is nou beskikbaar in ‘n een tot twee minuut-lange opsomming deur die SenwesMobi InfoLine by (018) 464-7799 te skakel. Dit is ‘n gratis diens vanaf Senwes, so gratis minute geld dus en slegs normale netwerk-oproeptariewe is van toepassing.

Hierdie inligting bemagtig klante met inligting van die dag se verwagte markbewegings om beter besluite te kan neem. Die boodskap is normaal-weg tussen 08:30 en 09:00 lewendig, voordat die graanmark open.

OP JOU SELFOONSTAP 1 STAP 2 STAP 3

12:00 PM 12:00 PM 12:00 PM

Gaan na www.senwes.mobi op jou selfoon. Klik op “Markpryse en verslae”.

Klik op “Daaglikse Markverslag (oudio)”.

Jy het nou die keuse om die ver-slag af te laai in MP3-formaat of om op die “Skakel nou”-opsie te klik, wat dan ‘n selfoonoproep na die SenwesMobi InfoLine by (018) 464-7799 sal maak.

* Let wel: Die MP3-formaat kan nie deur alle selfoonmodelle gespeel word nie.

Page 61: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

59

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

NUUS ••• 59

OP JOU REKENAAR

Indien jy meer inligting oor die SenwesMobi InfoLine verlang, kontak vir JanDirk Engelbrecht (Digitale Platform Inhoud- en Inligtingspesialis: Senwes) by (018) 464-7604 of [email protected]. Rakende die inhoud van die oudio-markverslag kan jy vir Theo Venter (Graanspesialis: Senwes Grainlink) skakel by (018) 464-7723.

>>

Op Senwes se tuisblad by www.senwes.co.za het jy die opsie om die daaglikse oudio-markverslag af te laai om op die internet te luister.

Só lyk die “pop-up” wanneer jy op “Luister” klik.

HOE DIE PROSES WERK• Elke oggend om 08:15 neem een van die Safex-

makelaars die boodskap op in die ateljee by die Senwes Hoofkantoor.

• Daarna word sagteware gebruik om foute uit te vee, om die klankbaan te optimaliseer en om dit in die regte formate te stoor vir aanwending op die verskeie digitale mediums.

• As die span tevrede is met die boodskap word dit deur middel van meestal geoutomatiseerde prosesse op die telefoonstelsel, www.senwes.co.za en www.senwes.mobi gepubliseer.

HOEKOM ‘N INBELLYN?• Om vir alle gebruikers te probeer voorsiening maak

en omdat almal nie toegang tot die internet het nie.

• Senwes het ‘n unieke klantebasis met unieke eienskappe en behoeftes, wat nie noodwendig almal ewe gemaklik is met die gebruik van tegnologie nie.

• Omdat ons inligting aan ons gebruikers wil verskaf wanneer, waar en hoe hulle dit beno dig.

• Dit is ‘n eenvoudige wyse om kennis oor te dra. S

NUUT!Senwes Grainlink lewer

daagliks lewendige Safex-markkommentaar.

Page 62: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

60

gedugte witbasters

PANNAR maak skoonskip in die 2009/’10 LNR nasionale proewe deur die toppresteerders in mielies, sonneblom, sojabone, droëbone en sorghumkategorieë te lewer!

PAN 6Q-445B was die toppresteerder die afgelope twee seisoene in die LNR en PANNAR nasionale proewe. Saam met PAN 5Q-433B vorm dit ’n gedugte pakket gekenmerk deur sterk meerkoppigheid, kompensasie vermoë, wye gebiedsaanpasbaarheid en stabiliteit.

PAN 5Q-433BPAN 6Q-445B

PRESTASIE BEPROEFDE SAAD

2011/MAIZE/A/01

www.pannar.com

Vir meer inligting kontak: Tel: (033) 413 9500 [email protected]

WÊRELDWYE NAVORSING PLAASLIKE PRESTASIE

Page 63: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

61

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

61

SENWES Scenario<< >>

Abacus® verwesenlik die AgCelenceTM-belofte. Jou gewasse groei meer doeltreffend deur verbeterde stikstofopname en fotosintese. Dit lewer dus ’n beter oes en hoër opbrengs.

Abacus® help plante beter groei.

uppe

mar

keti

ng A

0526

5/SS

-1

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852 , Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected].

Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Versigtig. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket.

Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

6161NUUS •••

NWU-rekenaarsentrum kry Senwes naam

Senwes het ‘n borgskap aan die Skool vir Ekonomie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Ekonomiese en Bestuursweten-skappe toegeken vir die omskepping van ‘n teoretiese lesinglokaal in ‘n praktiese rekenaarsentrum, wat in die toekoms Senwes se naam sal dra.

Die sentrum, wat amptelik in Junie op die Potchef-stroomkampus geopen is, word sedert Mei vanjaar vir opleiding in Navorsingsmetodes en Ekonometrie gebruik. Dit is ook ‘n plek waar nagraadse studen te aan hul navorsing kan werk. Ten opsigte van Ekono-metrie, rus die sentrum studente beter toe deur ingewikkelde ekonomiese probleme met behulp van rekenaarpakkette op te los. “Dié rekenaarsentrum is ‘n unieke voorbeeld op kampus van waar die privaatsektor en die akademie mekaar ontmoet. Die sentrum sal nagraadse studente help om die teorie wat hulle in Ekonomie, Risikobestuur en Internasio-nale Handel leer, toe te pas,” het prof Wilma Viviers (Direkteur: Skool vir Ekonomie, NWU) gesê. S

Die rekenaarsentrum is toegerus met 50 rekenaars en die inrigtingskoste van die sentrum is gesamentlik deur Senwes en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurs-wetenskappe voorsien.

Senwes wil graag sy meegevoel uit-spreek teenoor die familie en vriende van Sarel Greyling (Bestuurder: Me-ganisasie, Senwes Village) wat op 26 Julie vanjaar vroeg oggend in sy slaap

oorlede is. Sarel was vir menige Sen-wester nie net ‘n kollega nie, maar ook ‘n vriend.

In memoriam

Page 64: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

SENWES VILLAGE is jou eenstop landbou-, buitelewe- en boerderymeganisasie-onderneming vir deskundige, allesomvattende professionele diens en produkreekse van die hoogste gehalte. ‘n Honderd jaar se ervaring, goeie infrastruktuur gerugsteun deur die beste kwaliteit produkte, vriendelike en kundige diens, asook goeie naverkopebystand, maak Senwes Village jou belangrikste landbou- en besigheidsvennoot.

Senwes Village beloof ‘n inkopie-kuierervaring waar vriende gereeld bymekaar kom en in mekaar se sukses deel. Ons kweek langtermyn vriendskappe en bied uitstekende produkte sodat jy winsgewend kan groei.

Die hoë standaarde waarteen ons dienslewering meet, verseker uitmuntendheid in die verskaffing van kwaliteit produkte en diens, om sodoende langtermyn verhoudings van wedersydse vertroue te bou.

In ons VILLAGE skep ons ‘n beter toekoms

village

TOLVRY: 080 941 4011 | www.senwes.co.za | www.senwes.mobi

BREEK NUWE GROND

Page 65: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

63

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

Abacus® verwesenlik die AgCelenceTM-belofte. Dit beheer Noordelike Blaarskroei, Grysblaarvlek en bruin roes op mielies en Asiatiese sojaboonroes effektief. Dit bied verbeterde bemarkbare kwaliteit.

Abacus® beheer blaarsiektes effektief.

uppe

mar

keti

ng A

0526

5/SS

-2

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852 , Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected].

Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Versigtig. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket.

Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

6363NUUS •••

Toekomsfokusdag: 21 September 2011

Die Senwes Jongboer Toekomsfokus-dag, wat aangebied word in samewerking met Graan SA, Agri NW en Vrystaat Landbou, vind op 21 Sep-tember 2011 op NAMPO Park, Bothaville plaas.

Die drie sprekers vir vanjaar is:

• Guy Lundy (Professionele spreker, strategiese konsultant en futuris), sal ‘n blik gee oor “Suid-Afrika ná 2014 en verder”.

• Prof Herman van Schalkwyk (Rektor: NWU, Potchefstroomkampus) sal “die rol van moderne landboupraktyke in boerderysukses” bespreek.

• Reinhardt Joubert (Weerintelligensiestelsels), sal gesels oor “klimaat- en omgewingsveranderinge”.

Registrasie begin om 08:30 en die koste beloop R50 per persoon. RSVP asseblief voor of op 7 September 2011 by Marlize van Agri NW by (018) 632-2987 of Sulene van Vrystaat Landbou by (051) 444-4609.

Agri Mega Week: 14 tot 16 September 2011Die jaarlikse Agri Mega Week wat van 14 - 16 September op Mega Park, buite Bredasdorp plaas-vind, se tema “Landbou vir die Mense” beloof om met vanjaar se ekspo alle verwagtinge te oortref.

Gefokus op die kleingraan-, suiwel-, vee- en wolbedrywe word almal uitgenooi om deel te wees van 'n opwindende propvol program.

Die hoogtepunt op dié jaar se program is gewis die aanbieding van die gesogte Merino Classic, die grootste byeenkoms vir Merino-telers jaarliks, waar verskeie veldstoeterye en kuddes beoordeel word, vagkompetisies plaasvind en ook vele ander aktiwiteite soos 'n modeparade beplan word.

Senwes Grainlink se verkrygingsafdeling gaan self ook ‘n stalletjie by die skou hê, waar hulle onder andere markinligting aan produsente gaan gee.

Toegangsgeld vir die ekspo is R25 vir volwas-senes en R10 vir skoolgaande kinders. S

>>Vir meer inligting, besoek gerus die Agri Mega webtuiste by www.agrimega.co.za of kontak Reinette Basson by (021) 863-0397 of [email protected].

Page 66: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

64

SENWES Scenario<< >>

64 ••• LEEFSTYL

Fair game Met Sean Penn, Naomi Watts, Bruce McGill

Vanaf die talentvolle regisseur van The Bourne Identity, kom dié aangrypende wareverhaalriller geïnspireer deur die ervaring van die werklike CIA-beampte, Valerie Plame (gespeel deur Noami Watts).

Wanneer Plame se man, Joe Wilson (Sean Penn), ‘n koerantberig skryf wat die grondslag van die Ameri-kaanse oorlog op Irak uitdaag, besluit die George Bush-administrasie om Plame se geheime agent-status uit te lek. Dit laat nie net haar internasionale

>> VIR DIE FLIEKVLOOIEkontakte kwesbaar nie, maar haar beroep lei daar onder en haar lewe is in gevaar. Jare later veg die werklose Plame, wat in die openbaar verneder is, ‘n venynige stryd om haar naam skoon te kry, die rekord reg te stel en te verhoed dat haar gesin uitmekaar val.

Dit is aan die brand met pittige dialoog, ‘n boei ende intrige en spanning wat jou hart telkemale vinniger laat klop. Fair Game is ‘n avon-tuur wat so ongelooflik is, dat dit bloot waar moet wees! S

HOEKOM BLY ARGILLA ‘N TREFFER IN DIE KOMBUIS?• Min water en olie word gebruik in die stoom-

braaiproses.• Jou maaltyd kan in die oond gelos word totdat

dit gaar is. • Argilla pottebakkery kan in die oond, mikrogolf-

oond en skottelgoedwasser gebruik word. • Dit is nie nodig om die oond vooraf te verhit nie –

die pottebakkery kan in die koue oond gesit word wat dan eers aangeskakel word – so spaar ‘n mens ook elektrisiteit.

• Meer tyd vir jouself en jou familie. Dit neem slegs 15 minute om die kos in jou Argilla potte te sit en dan in die oond.

• Betaal met kontant, kredietkaart of lay-buy.

Probeer gerus dié watertandlekker sagopoeding in jou Argilla potte uit.

SAGOPOEDINGBestanddele • 250 ml sago • 1,5 liter melk• Knippie sout • 1 teelepel margarien• 3 eiers, geskei • 250 ml suiker• 1 teelepel vanieljegeursel

Metode• Kook 500 ml melk vir 10 minute in die mikrogolf-

oond. Laat lê die sago vir 3 tot 4 ure in dié melk. • Kook 1 liter melk, sout en margarien op hoog vir

10 minute in die Gourmet Deep Roaster bak.• Klits die eiergeel van die drie eiers en suiker

totdat dit romerig is. • Sit in die mikrogolfoond vir vyf minute. Roer

goed. • Sit weer in die mikrogolfoond vir nog vyf minute.

Roer goed. • Voeg eiermengsel by, roer en sit in mikrogolfoond

vir nog vyf minute. Roer goed. • Voeg die styfgeklopte eierwit en vanieljegeursel by. • Roer liggies.• Laat dit afkoel en set vir 15 minute. • Geniet met appelkooskonfyt en vla.* Om oorkook te verhoed, sit die deksel skeef op. S

ARGILLA IS ‘N UNIEKE, HANDGEMAAKTE PRODUK WAT VAN ENIGE BOER OF SY VROU ‘N KRANIGE KOK SAL MAAK. DIT IS BAIE MAKLIK OM ‘N GEREG IN DIÉ POTTE AANMEKAAR TE SLAAN EN BOONOP IS DIT OOK GESOND.

Wen ‘n stel Argilla potte

>>Vir meer inligting oor Argilla óf om self vir jou van die Argilla kombuisware aan te skaf, skakel vir Betsie Grobbelaar by 083 287 5249 of (018) 468-5199.

>> WEGGEEPRYS

Staan ‘n kans om só ‘n stel Argilla potte te wen. Sms Senwes + Argilla + jou naam + e-pos adres na 31022. Kompetisie sluit 15 September 2011. Standaard Sms-tariewe geld.

Page 67: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

65

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

Plante hanteer strestoestande beter met Abacus®

Abacus® verwesenlik die AgCelenceTM-belofte. Gewasse hanteer strestoestande soos droogte, hael, sonbrand en hitte beter.

uppe

mar

keti

ng A

0526

5/SS

-3

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852 , Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected].

Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Versigtig. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket.

Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

HOE SKRYF EK IN?Sms die woord Senwes + Scenario + jou naam + e-posadres na 31022 en staan 'n

kans om die digitale fotoraam te wen. Die kompetisie sluit op 15 September 2011.

Standaard sms tariewe geld. S

6565KOMPETISIE •••

‘n Digitale foto raam kan joune wees

WOU JY NOG ALTYD DAARDIE AVON-TUURLUSTIGE VAKANSIE MET JOU FAMILIE

EN VRIENDE DEEL, SONDER OM JOU HARDE BAND FOTO-ALBUM ELKE KEER UIT DIE KAS TE HAAL? ‘N DIGITALE FOTORAAM

KAN JOU DIÉ MOEITE SPAAR.

SIT DIE ELEKTRONIESE FOTORAAM OP JOU WERKSTAFEL OF KOFFIETAFEL EN DEEL SÓ ELKEEN VAN JOU HERINNE-

RINGE MET JOU KUIERGASTE. DIE GEBRUIKERSVRIENDELIKE DIGITALE

FOTORAAM KAN OOK MUSIEK EN FLIEKS SPEEL EN DIT HET ‘N INGEBOUDE

KALENDER EN HORLOSIE.

WENNER JUNIE 2011: Melanie Weilbach (Koppies) het die 3-in-1 koffiekroeg gewen. Baie geluk!

Neem kennisIndien jy vir dié kompetisie inskryf, verbind jy jouself daartoe om enige promosiemateriaal of inligting van Senwes te ontvang, totdat jy dit kanselleer. Vir enige navrae of om op inligting of promosiemateriaal uit te teken, stuur ‘n e-pos na [email protected].

Page 68: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

66

SENWES Scenario<< >>

••• LEEFSTYL

BRAAI vir jou erfenisDIE VERSKEIDENHEID BRAAISTYLE ONDER SUID-AFRIKANERS – VAN SPITBRAAI TOT POTJIES, SNOEK-BRAAI EN SELFS VEGETARIESE BRAAIDISSE – WYS DUIDELIK DAT BRAAI DEEL IS VAN ONS NASIONALE IDENTITEIT. DAAR IS DALK KULTUURVERSKILLE TUSSEN DIE MENSE VAN SUID-AFRIKA, MAAR AS DIT KOM BY FEESVIER, HET ONS ‘N MANIER GEVIND OM VER-SKILLE UIT DIE WEG TE RUIM – OM ‘N BRAAIVLEISVUUR. DIT IS SEKER WAAROM NASIONALE BRAAIDAG OP 24 SEPTEMBER, WAT EINTLIK AS ERFENISDAG BEKENDSTAAN, GEVIER WORD.

Nasionale Braaidag is ‘n inisiatief wat vir die afgelope ses jaar deur Jan Braai (Jan Scannell) gedryf word, met die doel om alle Suid-Afrikaners aan te moedig om op 24 September van elke jaar te braai – hierdeur word ‘n nasionale dag van viering geskep. Die idee van samesyn, Ubuntu, is vir hom nog altyd fassinerend. Hy het gou besef dat dit ‘n gedeelde erfenis is wat Suid-Afrikaners in harmonie kan laat saamleef – ‘n gedeelde erfenis sluit oomblikke in van gedeelde geskiedkundige gebeure, kontemporêre sosiale aktiwiteite en die gemeenskap like ideale van alle burgers. Dit is gebeure soos die 2010 Sokker Wêreldbeker, die 1994-verkiesing en die daaropvolgende geskied-kundige oorwinning in die 1995 Rugby Wêreldbeker

asook die 2010 Super 14 semi-finaal wat in Soweto gespeel is, wat ons as ‘n land verenig.

Ongelukkig kom sulke geleenthede net sporadies voor en kry Suid-Afrikaners nooit die geleentheid om soos die Iere met St Patricks Day, die Franse met Bastille Dag en die Amerikaners met hul Onafhank-likheidsdag, jaarliks as ‘n nasie saam fees te vier nie. Jan het daarom besluit om Nasionale Braaidag in te stel, want al noem ons dit verskillende dinge soos Chisa Nyama, Ukosa en braaivleis, is daar min dinge wat ware Suid-Afrikaners so opgewonde maak soos die geur van ‘n vleisie op die kole.

Met die afskop van die 2011 Rugby Wêreldbeker-toernooi om die draai, is dit tyd om te begin gereed-maak vir ‘n braai én om Jan Braai se wens om 2011 se Nasionale Braaidag die grootste braaige-leentheid in die geskiedenis te maak, waar te laat word. Hy glo dat niks by ‘n regte houtvuur kan kom nie. “Gas is die woord vir die mense wat saam met jou kom braai en nie iets waarmee jy braai nie,” noem hy met ‘n glimlag. Hy glo ook dat braai een van die gesondste maniere is om kos gaar te kry omdat al die vet uitdrip en dit is “groen” omdat jy

Jan Braai kry vir Desmond Tutu solank in die braaigees vir Nasionale Braaidag.

Die reeks, Jan braai vir erefenis, word tans Vrydagaande om 18:30 op kykNET uitgesaai.

Page 69: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

67

SENWES Scenario<< >>Augustus 2011 • www.senwes.co.za

LEEFSTYL •••

krag spaar. Hy verduidelik ook verder dat diere gras en groente vreet en dit dan in vleis omskakel. “As jy dus vleis eet, eet jy eintlik vitamienpille,” spot hy.

Jan het onlangs sy droom om binne veertig dae by veertig van Suid-Afrika se erfenisgebiede te braai, nagejaag. Al veertig plekke wat hy as deel van dié toer gekies het, verteenwoordig verskillende aspekte van Suid-Afrika se ryk en diverse erfenis. Jan wil Suid-Afrikaners oor hul erfenis laat nadink. Hy glo dat erfenis iets is wat vir ons ‘n werklikheid moet wees – iets wat lewe en nie net in stowwe-rige museums en by morbiede oorloggedenktekens gevind word nie. Dit is juis die groot gebeure in óns leeftyd wat die erfenis van ons toekoms moet word en weer met ‘n braai gevier kan word. Een van dié plekke is die presiese staanplek waar Joel Stransky in 1995 die wenpunte met sy doelskop aangeteken het en Suid-Afrika vir die eerste keer die Rugby Wêreldbeker-kampioene gemaak het.

Buiten vir dié kolletjie op die gras, het hy ook besoek gebring aan al agt van Suid-Afrika se wêrelderfenisgebiede – onder andere die Vrede-fortkoepel naby Parys, die Drakensberge en Robben Eiland. Hy het selfs tydens sy deelname aan die Argus-fietswedren tyd afgestaan om eers te braai en het ewe waaghalsig op die punt van “Kimberley se gat” ‘n braaivleisvuurtjie aangesteek. Jan het seker

>>Dié artikel is aangepas vanuit persverklarings wat Braai4Heritage saamgestel het. Vir meer inligting skakel Frans de Villiers by 083 693 3820.

gemaak dat hy op die laagste en hoogste punte van Suid-Afrika asook op die uithoeke van die land se grense ‘n vleisie braai. Tydens sy 40 dae lange reis, wat ook as ‘n reeks vir kykNET verfilm is, het hy met verskeie leiers van die gemeenskap gesels om ondersteuning vir 2011 se Braaidag in te win.

“Gas is die woord vir die mense wat saam met jou kom braai en nie

iets waarmee jy braai nie.”

Jan Braai hoop dat vanjaar se Braaidag die grootste nog gaan wees. Hy glo dat die Braai4Her-itage-inisiatief dit moontlik kan maak om alle Suid-Afrikaners wêreldwyd een dag per jaar om braaivleisvure te verenig.

Wees deel van dié geskiedkundige geleent-heid en maak seker dat jy op 24 September om ‘n braaivleisvuurtjie vergader om vir jou erfenis te braai. S

“As jy vleis eet, eet jy eintlik

vitamienpille.”

Page 70: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

www.senwes.co.za • Augustus 2011

68

SENWES Scenario<< >>

68686868 ••• IN MY VISIER

Moet? ’n Laaitie? En wat dan van ’n lady’tjie? Hulle is mos tog te ougat – vra bietjie die pa’s met lady’tjies…hulle ruil hul dogters vir niks. Oukei, toegegee, dametjies is pragtig, maar met ‘n “laaitie” bedoel ek eintlik enige tipe laaitie. Dit maak nie eintlik saak of jou laaitie ’n laaitie of ’n lady’tjie is nie, solank jy ’n “laaitie” van enige van die geslagte het.

Maar ek moet egter nogal toegee dat ek glad nie omgee dat my laaities, laaities is nie. Klein lady’tjies raak mos later dogters en dogters raak jonge dames vol geheimenisse wat pa’s nie altyd so goed verstaan nie – pa’s verstaan dan nie eens hul eie komplekse ladies, skuus, hul dierbare eggenotes nie.

Laaities dink soos pa’s; is impulsief soos pa’s; tree soms onverantwoordelik op soos pa’s (toe hulle jonk was) hou van dieselfde speelgoed soos motors en bikes en gewere en gadgets; en channel hop net soos hul pa’s. Is iets verlê in die huis, soek hulle net so sleg soos hul pa’s (“mans kan nie soek nie,” sê die antie wat my bed deel gereeld vir my). Laaities vergeet ook om melk te koop by die kafee, kom met die verkeerde winkelbestelling tuis of ’n produk wat dubbel duurder is as die een wat Ma gewoonlik koop.

Ja, pa’s en laaities het baie in gemeen en as jy as pa gelukkig is, deel hulle ook die liefde vir jou stokperdjie – in ons geval is dit jag. Dit was aan al hierdie pa- en laaitie-dinge wat ek gedink het toe ek en my oudste seun onlangs in Alldays se wêreld op koedoespore loop stap het. Ek het die .375 H&H en hy die 7 mm Mauser gedra. Die bos was bitter ruig en die jag uiters moeilik.

Dit was Seun se eerste boservaring in ses maande – hy studeer mos deesdae doer onder in die Kaap om slim te raak vir eendag se selfsorg. Hy het dié uitkomkans in die bos baie geniet, al was die oggende koud, die wild skaars en ons bene saans moeg gestap. Ek het dit ook geniet so saam met my oudste in die bos – beslis nie net omdat hy al die vleis gebraai en ontbyt en koffie gemaak het én ek hom kon rondstuur nie, maar ook oor hy mos my eie bloed is.

Vadersdag daar in die boendoes het ’n lekker verrassing gebring – ’n stywe druk en ’n soen vol op my mond (al is hy reeds 20) en ’n kaartjie om dankie te sê oor ek glo so af en toe agter hom kyk. Hy het ook kaartjies saamkarwei van ons jongste, nog

’n laaitie laaitie (wat sý aanhef begin het met “Ou Ballie”) en natuurlik een van die liewe oumissies.

Ons het hard gejag, maar soos dit soms die geval is, het die koedoes ons bly ontwyk tot op die laaste dag. Ons was laatmiddag aan’t aanstryk terug kamp toe, toe ’n tweejaaroue kombuisbulletjie hom misgis met sy versigtigheid en op die verkeerde tyd en plek kom gesig wys. En toe hy dié geleentheid kry, skiet Seun soos ek graag wou hê hy moes – presies waar dit saak maak op die doodmaakplek. Toe ons by die koedoe kniel, was ek trots en dankbaar.

Dit was so lekker om te weet dat hy ons tydjie saam geniet het en dat die bos nog in sy bloed is. Prakties-gesproke is Seun mos nou groot, uit die huis uit, en daar is baie dinge wat ’n 20-jarige dalk eerder sou wou doen as om van sonop tot sononder agter spore aan te stap. Hoe lekker was dit nie om te weet dat die dinge wat vir my belangrik is, ook vir hom tel.Nou kan ek maar net hoop dat hierdie jong jagter ook die regte spoor op die lewenspad sal bly volg. Dat hy my foute sal raaksien, dinge wat ekself nie wil erken of naam gee nie en dat hy dit sal vermy. Dan móét hy mos die reënboog se punt vind.

Ja, ’n pa moet ’n laaitie hê, want in hom sien jy dikwels jouself en leer jy hoe om hom te leer om die regte spoor te neem. ’n Laaitie of ’n lady’tjie is ook dié bewys dat daar iemand baie spesiaal in jul lewens is, die skepping se mooiste sieraad, ene wat die naam “Mamma” dra. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

>>

'n Pa moet 'n laaitie hêKoos BarnardKo

www.senwes.co.za • Augustus 2011

Koos Barnard se laaitie, Dandrej.

Page 71: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

PANNAR sonneblombasters behaal die top drie plekke in die LNR nasionale proewe oor twee jaar. PAN 7057, PAN 7049, PAN 7050 en PAN 7033 almal met bruinroesweerstand vorm ’n gedugte pakket. Die basters is sinoniem met hoë opbrengspotensiaal en wye gebiedsaanpasbaarheid.

Die pakket word aangevul met ’n Clearfield® baster vir doeltreffende na-opkoms onkruidbeheer asook basters met ’n hoë oleïensuurinhoud.

PRESTASIE BEPROEFDE SAAD

2011/SUN/A/09

ons sonskyn in jou beursie

PRESTASIE BEPROEFDE S

www.pannar.com

Vir meer inligting kontak: Tel: (033) 413 9500 [email protected]

WÊRELDWYE NAVORSING PLAASLIKE PRESTASIE

Page 72: Senwes Scenario Augustus 2011 Finaal.indd

SENWES

scenarioAUGUSTUS 2011

DOUGLAS CRAWFORD

Springbokklere vir oud en jonk Springbokklere vir oud en jonk

Gesels oor pekanneute as alternatiewe gewas Gesels oor pekanneute as alternatiewe gewas

KL

AN

TE

TY

DS

KR

IF V

IR P

RO

DU

SE

NT

E S

EN

WE

S S

CE

NA

RIO

AU

GU

ST

US

20

11

ONDERSTEUN DIE BOKKE

ONDERSTEUN DIE BOKKE