SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN...

12
SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKA ® Bemarkingsbrosjure vir voornemende studente

Transcript of SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN...

Page 1: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

BWI

SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKA®

Bemarkingsbrosjure vir voornemende studente

Page 2: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

INHOUDSOPGAWEHOU JY VAN WISKUNDE? ...............................................................................................3TOELATINGSVEREISTES ...................................................................................................3PROFESSIONELE KWALIFIKASIES .....................................................................................3WAT IS RISIKO? ..............................................................................................................4WAT IS DATA-WETENSKAP? ...........................................................................................4WAT IS AKTUARIËLE WETENSKAP? .................................................................................5WAT IS KWANTITATIEWE RISIKOBESTUUR? .....................................................................6WAT IS FINANSIËLE WISKUNDE?.....................................................................................8WAT IS BEDRYFSANALISE? .............................................................................................8WAT SÊ MENSE OOR BWI? ...........................................................................................10TAALBELEID VAN DIE NWU ..........................................................................................11BEURSE BESKIKBAAR ....................................................................................................11KONTAKBESONDERHEDE ..............................................................................................11

Page 3: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

3

HOU JY VAN WISKUNDE?

As Wiskunde jou gunsteling vak op skool is moet jy dit oorweeg om in te skryf vir een van die Bedryfswiskunde en Informatika®- (BWI-) kursusse wat deur die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika® aan die Noordwes-Universiteit aangebied word.

Die BWI-programme bestaan tans uit vier kursusse:• Kwantitatiewe Risikobestuur (bekend as die B-been)• Finansiële Wiskunde (bekend as die W-been)• Bedryfsanalise (bekend as die I-been)• Aktuariële Wetenskap (bekend as die A-been)

Vir meer inligting oor die kursusse, besoek ons webwerf: www.nwu.ac.za/bwi.

TOELATINGSVEREISTES

Wiskunde hoër as 70% (vlak 6) en ‘n APS-telling van ten minste 32. Hoe hoër jou Wiskunde-punt egter is, hoe beter is die kans dat jy die kursusse in die BWI-program sal slaag.

Watter skoolvakke het jy nodig?Alle programme vereis ten minste graad 12-Wiskunde. Hoewel dit nie ‘n streng vereiste is nie, word alle leerders aangeraai om Inligtingstegnologie te neem, en leerders wat die A- en B-been wil volg, word aangeraai om Rekeningkunde te neem.

PROFESSIONELE KWALIFIKASIES

Professionele kwalifikasies waarvoor jy voorberei word:• FASSA – Fellow of the Actuarial Society of South Africa• FIA - Fellow of the Institute of Actuaries• PRM – Professional Risk Manager

Die Hons BSc Aktuariële Wetenskap program van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika® (BWI) is geakkrediteer by die Institute and Faculty of Actuaries (IFA) om vrystelling vir CT1-CT8 (sien http://www.actuaries.org.uk) aan te beveel. Die Sentrum vir BWI is ook geakkrediteer vir dieselfde programme (A101 - A103 en A201 - A205) by die Aktuariële Genootskap van Suid Afrika (http://www.actuarialsociety.org.za/)

Die Hons BSc in Kwantitatiewe Risikobestuur is geakkrediteer deur PRMIA (Professional Risk Managers’ International Association) vir vlakke I en II van die PRM (Professional Risk Manager)-kwalifikasie. (sien http://www.prmia.org/)

Page 4: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

4

Na voltooiing van die Hons BSc is BWI studente goed voorberei om ook die FRM (Financial Risk Manager) en CFA (Chartered Financial Analyst) eksamens te skryf.

WAT IS RISIKO?

Aangesien al vier BWI-programme hoofsaaklik op risiko konsentreer, moet die basiese elemente van risiko verduidelik word. Risiko verskyn in talle vorms, en elke persoon en organisasie het met risikos te make.

As kundiges met die meet en bestuur van risiko, spreek aktuarisse en risikobestuurders ‘n belangrike behoefte in ons samelewing aan. Hulle bydrae tot die samelewing se sielkundige, fisiese en ekonomiese welsyn is groot.

As die risikobestuursprogramme wat aktuarisse en risikobestuurders ontwikkel nie bestaan nie, sal ons ekonomie nie kan groei soos dit wel gebeur nie.

Dink na oor die volgende:• Sal soveel mense bereid wees om ‘n huis te besit as daar nie brandversekering is nie?• Sal ‘n maatskappy ‘n fabriek bou wat deur ‘n aardbewing verwoes kan word as dit nie

deur versekering beskerm word nie?• Sal mense vandag geld bestee en steeds seker wees van hulle toekoms as daar nie

aftreeprogramme is nie?• Sal die motors wat mense ry veilig wees as die onderdele nie deeglik getoets word

met behulp van wiskundige tegnieke wat aktuarisse, ingenieurs en risikobestuurders algemeen gebruik nie?

• Sal ouers riskante en avontuurlike ontspanningsaktiwiteite soos rotsklim en ski beoefen as hulle kinders ‘n finansiële ramp sou beleef indien ‘n ongeluk gebeur?

• Sal die banke (en die geld wat daar gedeponeer word) veilig wees as hulle bates en laste nie versigtig bestuur word om finansiële risiko te beheer nie?

• Sal die opbrengs op ons beleggings hoog wees as finansiële instellings soos effektetrust, banke en versekeringsmaatskappye nie gesofistikeerde tegnieke gebruik om opbrengste te verbeter sonder om die risiko te veel te verhoog nie?

WAT IS DATA-WETENSKAP?

Data-Wetenskap (bekend as Bedryfsanalise) verwys na die vaardighede, tegnologie, toepassings en praktyke vir voortdurende herhalende verkenning van reuse databasisse om insig te bekom en besigheidsbeplanning te bevorder. Data-Wetenskap kyk vorentoe met inagneming van besigheidsdoelstellings.

Dink ’n bietjie aan die volgende:• Die datapakhuise van sommige groot kleinhandelaars bevat tans inligting gemeet in

Page 5: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

petagrepe (1 miljoen gigagrepe). Hoe kan dit ontleed word en in hul sakebeplanning gebruik word?

• Hoe kan ’n kombinasie van maatskaplike netwerk- en ander kliëntedata gebruik word om kliëntegedrag in ’n telekommunikasieomgewing te voorspel?

• Elke keer as klante hul kredietkaarte in ’n kruidenierswarewinkel gebruik, het hulle magtiging daarvoor nodig. Bedrogopsporing in hierdie soort transaksie moet byna onmiddellik plaasvind.

WAT IS AKTUARIËLE WETENSKAP?

Die toekoms is onseker. Sommige van die gebeure wat kan plaasvind, is ongewens. Risiko is die moontlikheid dat ‘n ongewenste gebeurtenis sal plaasvind.

Aktuarisse is kundiges in:• Die evaluering van die waarskynlikheid van toekomstige gebeure• Die ontwerp van kreatiewe maniere om die waarskynlikheid van ongewenste gebeure

te verminder• Die vermindering van die impak van ongewenste gebeure wat wel plaasvind

Die impak van ongewenste gebeure kan emosioneel sowel as finansieel wees. Die vermindering van die waarskynlikheid van hierdie gebeure help om emosionele pyn te verlig. Tog kan gebeure soos die dood nie heeltemal vermy word nie. Dit is dus belangrik om die finansiële impak daarvan te verminder. Aktuarisse is die voorste kundiges wat maniere kry om risiko te bestuur. Dit neem ‘n kombinasie van sterk analitiese vaardighede, sakekennis en begrip van menslike gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

Hulle werk is intellektueel uitdagend en hulle word baie goed betaal. Aktuarisse is sleutelspelers in die bestuurspan van die maatskappye wat hulle in diens het. In ‘n snelveranderde wêreld met nuwe risikos en die voordurende behoefte aan meer kreatiewe maniere om dit aan te pak, is daar altyd geleenthede vir persoonlike en professionele groei in ‘n aktuariële loopbaan, asook die plesier van lewenslange leer. Die meeste aktuarisse werk in ‘n aangename omgewing saam met ander kundiges en geniet die respek van hulle kollegas.

Aktuarisse is die analitiese ruggraat van ons samelewing se finansiële sekuriteits-programme. Hulle is die breinkrag agter die finansiële beskermingsmaatreëls wat ons in ons persoonlike lewens geïmplementeer het sodat ons ons daaglikse lewe kan lei sonder om ons te veel te bekommer oor wat die toekoms vir ons inhou. Dit is die maatreëls wat ons teen die lewe se rampe beskerm. Die insig in risiko wat aktuarisse het, help ook om te verseker dat ons spaargeld hard werk vir ons sodat alles wat ons lief het en vir ons kosbaar is, kan groei en floreer. Die werk van aktuarisse is tot ons almal se voordeel.

Page 6: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

6

Wat maak Aktuariële Wetenskap aan die NWU uniek? Die aktuariële program aan die NWU is nou verweef met die Bedryfswiskunde en Informatika®- (BWI-) program. Die BWI-program is bekend in die finansiële bedryf en word deur Absa asook SAS finansieel ondersteun.

Die beste presteerders in die Aktuariële Wetenskap-program kan ook aansoek doen om ‘n meestergraad in BWI te voltooi. Dit is ‘n unieke program wat op die behoeftes van die bedryf konsentreer en ook aan die studente unieke loopbaangeleent- hede verskaf, veral in die finansiële sektor.

Die fokus van die aktuariële program aan die NWU is op Ondernemingswye Risikobestuur, terwyl ander universiteite op spesialisgebiede soos pensioene, gesondheids- of lewensversekering konsentreer. Hierdie fokus is gekies omdat dit aansluit by die BWI se risikobestuur- en risiko- ontledingsfokusareas. Studente wat beoog om vir die BWI meestersgraad in te skryf, kwalifiseer in elke studiejaar vir Absa-beurse, afhangende van hulle akademiese prestasie. Watter vrystellings bied die NWU? Die NWU is tans geakkrediteer om vrystellingsaanbevelings vir vakke A101-A103 en A201-205 van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (ASSA), dit is vakke CT1 tot CT8 van die IFA,te gee. Daar is ‘n vooruitsig vir akkreditasie in kursus A301 (Aktuariële Risikobestuur)

ASSA het ‘n verdere genootskap beginselkursus F106 (Ondernemingswye Risikobestuur) geloods in middel 2010. Hierdie is tans ‘n fokus-area in die BWI meestersgraad en al- hoewel dit nie lei tot vrystelling nie, word die kursus so aangebied om studente voor te berei op die professionele eksamen. Loopbaangeleenthede in Aktuariële Wetenskap?• Aktuaris• Risikobestuurder Waar gaan ek werk?Hoofsaaklik in groot maatskappye in die finansiëledienstesektor (byvoorbeeld Sanlam, Liberty, Old Mutual, Momentum, Absa, KPMG, Ernst & Young en PricewaterhouseCoopers).

WAT IS KWANTITATIEWE RISIKOBESTUUR?

Die belangrikheid van risikobestuur tot op die hoogste vlakke van organisasies word deesdae al hoe meer erken, waar dit in sy breedste vorm bekend staan as Ondernemingwye Risikobestuur (ORB). Die belangrikste tipes is mark-, krediet- en operasionele risiko.

Markrisiko is die risiko dat veranderings in die finansiële markpryse en -koerse die waarde van die firma se posisies sal verlaag. Kredietrisiko is die risiko dat ‘n verandering in die

Page 7: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

kredietgehalte van‘n teenparty die waarde van die bank sal raak. Operasionele risiko verwys na potensiële verliese wat die gevolg is van onvoldoende stelsels, bestuursmislukking, foutiewe kontroles, bedrog en menslike foute.

Kwantitatiewe Risikobestuur aan die NWU dek die volle reeks onderwerpe in hoofstroom-risikobestuur en -ontleding en die toepassings daarvan. Die kurrikulum sluit byvoorbeeld markrisiko, kredietrisiko, operasionele risiko, volatiliteitsmodellering, kredietmodelle, Basel II regulasies en -benaderings, tydreeksontledings, statistiese modelle en waarskynlikheid, prysing en verskansing van afgeleide instrumente, bateprysdinamika, risiko-ontleding, rentekoerse en valutaprosesse, beleggingsbesluitneming, sowel as ander statistiese vakke van belang vir praktiese finansiële modellering in. Dit sluit praktiese ontledings met die jongste sagtewarepakkette soos SAS Risk Dimensions, SAS Operational Risk, SAS Credit Solutions, BARRA en ALMAN in.

Loopbaangeleenthede in Kwantitatiewe Risikobestuur?As jy in die B-been van die BWI-program spesialiseer, is tipiese poste in die finansiële sektor:

• Mark- of Kredietrisiko-analis/bestuurder• Handelsbankier• Korporatiewe Bankier• Tesourie-analis• Risiko-analis/bestuurder• Besluitondersteuningsanalis• Beleggingsanalis• Finansiële Ingenieur

Waar gaan ek werk?Hoofsaaklik in groot maatskappye in die finansiëledienstesektor (byvoorbeeld Absa, SAS, Barclays, Nedbank, Transunion, Standard Bank, KPMG, Ernst & Young en Pricewaterhouse-Coopers).

Page 8: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

8

WAT IS FINANSIËLE WISKUNDE?

Finansiële Wiskunde is ‘n florerende gebied van die moderne wetenskap.Die talle toepassings het noodsaaklik geword vir die daaglikse funksionering van die wêreld se finansiële instellings. Gevolglik is ‘n deeglike kennis van die beginsels en tegnieke van finansiele ingenieurswese noodsaaklik vir ‘n verantwoordelike benadering tot die ver- handeling, batebestuur en risikobeheer van ingewikkelde finansiële posisies. Finansiële Wiskunde aan die NWU dek ‘n verskeidenheid onderwerpe in hoofstroom wiskundige finansiering en die toepassings daarvan.

Die kurrikulum sluit byvoorbeeld die prysing en verskansing van afgeleide instrumente, bateprysdinamika, risiko-ontleding en uiterste gebeure, rentekoerse- en valutaprosesse, krediet- en inflasie-gekoppelde produkte, reële opsies, stogastiese optimalisering en beheer, en beleggingsbesluitneming, sowel as ander wiskundige vakke van belangvir praktiese finansiële modellering in.

Dit sluit praktiese ontledings met die jongste sagtewarepakkette soos SAS Risk Dimensions, SAS Optimisation, en SAS ETS in.

Loopbaangeleenthede in Finansiële WiskundeAs jy die W-been van die BWI-program spesialiseer, is tipiese poste in die finansiële sektor:

• Finansiële Produkontwikkelaar• Gestruktureerde Finansieringspesialis• Finansiële Ingenieur• Finansiële Wiskundige

Waar gaan ek werk?Hoofsaaklik in groot maatskappye in die finansiëledienstesektor (byvoorbeeld Absa, SAS, Barclays, Nedbank, Transunion, Standard Bank, KPMG, Ernst & Young en PricewaterhouseCoopers).

WAT IS BEDRYFSANALISE?

Bedryfsanalise is ’n snel ontwikkelende gebied waarvan die toepassings ’n wye reeks industrieë dek. Die gebied is ideaal geskik vir daardie studente wat ’n aanleg vir Wiskunde en ’n lewendige belangstelling in rekenaarprogrammering het. Tans is daar talle werkgeleenthede in verskillende bedryfsektore, bv. die finansiële, industriële, kommunikasie-, kleinhandel- en mynbousektor.

Bedryfsanalise (soms genoem Data-wetenskap) verwys na die vaardighede, tegnologie, toepassings en praktyke vir deurlopende herhalende verkenning en ondersoek van reuse databasisse om insig te bekom en sakebeplanning te bevorder. Programmatuur vir

Page 9: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

Bedryfsanalise is gewoonlik gebaseer op wiskundige algoritmes wat ontwikkel is om groot datastelle te ontleed (waarna dikwels verwys word as Big Data). Dit stel gebruikers in staat om data vanuit baie verskillende dimensies of hoeke te ontleed en te kategoriseer, en die verhoudings wat geïdentifiseer is op te som en dit te gebruik vir voorspellingsanalise. Bedryfsanalise word vandag primêr gebruik deur maatskappye met ’n sterk verbruikersfokus – kleinhandels-, finansiële, kommunikasie- en bemarkingsorganisasies. Dit stel hierdie maatskappye in staat om verwantskappe te bepaal tussen “interne” faktore soos prys en produkposisionering, en “eksterne” faktore soos ekonomiese aanwysers, mededinging, markgebeurtenisse en kliëntedemografie. Dit stel hulle verder in staat om te voorspel wat die impak sal wees van bepaalde aksies of gebeure op verkope, kliëntetevredenheid en korporatiewe winste. Met bedryfsanalise sou ’n kleinhandelaar verkooppuntrekords van kliënte se aankope kon gebruik om toegespitste promosies van stapel te stuur, gebaseer op ’n individu se aankoopgeskiedenis. Deur sosialenetwerkdata te voeg by kliëntedata kan ’n telekommunikasiemaatskappy byvoorbeeld voorspel watter kliënte na sy mededingers sal verskuif.

Bedryfsanalise aan die NWU dek ’n volle reeks onderwerpe in hoofstroombedryfsanalise en die toepassings daarvan. Die geïntegreerde kurrikulum sluit byvoorbeeld in praktiese data-ontginning, statistiese tydreeksanalise, oorlewingsmodelle, statistiese modelbou, neurale netwerke, multikriteria-besluitneming en databestuur, asook ander statistiese en inligtingstegnologie-rigtings wat daarmee verband hou.

Dit sluit praktiese analises in met die modernste programmatuurpakkette soos SAS Enterprise Miner, SAS ETS, SAS Rapid Predictive Modeler, SAS Enterprise Guide en SAS Forecast Studio.

Loopbaangeleenthede in Bedryfsanalise?In elke besigheidsektor kom bestuurders te staan voor die uitdagings van groot datastelle en hulle het mense nodig wat beskik oor gevorderde analitiese vaardighede ten einde die besigheidsgeleenthede te ontgin wat in hierdie datastelle opgesluit lê. Individue met gevorderde analitiese vaardighede is tans hoog in aanvraag.

As jy sou spesialiseer in die I-been van die BWI-program, sou tipiese werkge- leenthede die volgende wees:

• Datawetenskaplike• Kwantitatiewe Strateeg• Kredietrisiko-analis/-bestuurder• Besluitondersteuningsanalis• Finansiële Statistikus• Data-ontginningsanalis• E-handelsbesigheidsanalis• Bedroganalis• Databasisbemarkingsanalis• Strategiese Besigheidsanalis

Page 10: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

10

Waar gaan ek werk?Meestal in groot maatskappye (bv. Foschini, Woolworths, Edgars, Makro, Absa, Barclays, Nedbank, Transunion, Standard Bank, KPMG, Ernst & Young en PricewaterhouseCoopers), SASOL, AngloPlatinum of TELKOM.

WAT SÊ MENSE OOR BWI?

“My ervaring van BWI-gegradueerdes is dat hulle goed vergelyk met die beste gegradueerdes van universiteite in die VK wat ons aanstel.”- Ian Wilson, Hoof van Groothandel Kredietrisiko meting: Groepsrisiko, Barclays, Londen

“Die BWI-program word hoog aangeskryf en is deur mense in die bedryf vir my aanbeveel. Dit word met betrekking tot fokus en praktiese oriëntering as uniek in Suid-Afrika beskou.”- Marija OjdanicStudent uit Joegoslawië

“Die SAS-instituut glo dat die wêreldleidende programme by BWI uitnemende kundiges aan ons kliënte lewer. Die kern van hierdie sukses word gevind in die gehalte van hulle studente, onderrig en leierskap.”- Murray de VilliersAlgemene Bestuurder: Akademiese Program vir Midde-Ooste en Afrika

“Die BWI-programme is meer op die behoeftes van die bedryf toegepas en gefokus as die ooreenstemmende programme in Duitsland. In Duitsland word vakke soos Ekonomie en Wiskunde afsonderlik onderrig, terwyl die BWI-programme daarop konsentreer om hierdie kennis te integreer om werklike besigheidsprobleme op te los.”- Anne-Susann SchlatowUitruilstudent: Universiteit van Rostock, Duitsland

“BWI-studente werk in ‘n aantal gebiede in Absa wat wissel van Risiko, Interne Oudit, Inligtingsbestuur, Tesourie en Reguleringsverslagdoening tot by Barclays self. Die terugvoer van hierdie gebiede is konsekwent positief, met ‘n hoë mate van waardering vir die volwassenheid en goed afgeronde, relevante kwantitatiewe risikokennis en –vaardighedevan die gegradueerdes.”- Neels ErasmusHoof: Universiteits- en Korporatiewe Oorsig: Absa

“Dit was vir my aangenaam om in vorige jare drie BWI-gegradueerdes aan te stel, en almal van hulle is supersterre!”- James SutherlandBestuurder: Analitiese Intelligensie (AI), Absa Groep Inligtingsbestuur

Page 11: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

11

Sekretaresse:Christelle KlaassenE-pos: [email protected]: 018 299 2575

Finansiële Bestuurder/Beurse:Thys CronjeE-pos: [email protected]: 018 299 2577

Skakel- en Bemarkings-bestuurder:Mandie GeldenhuysE-pos: [email protected]: 018 299 2581

TAALBELEID VAN DIE NWU

Die voorgraadse klasse op die Potchefstroomkampus word in Afrikaans aangebied. Tolkdienste (na Engels) is beskikbaar vir die voorgraadse Aktuariële program. Die voor-graadse BWI (B- W- en I-been) programme word op die Vaaldriehoekkampus in Engels aangebied. Om studente goed op die bedryf voor te berei, word alle nagraadse klasse in Engels aangebied.

BEURSE BESKIKBAAR

KONTAKBESONDERHEDE

Direkteur:Prof. Riaan de JonghE-pos: [email protected]: 018 299 2585

Hoof: SAS Lab en BWI ProfessioneleMeestersprogrammeHelgard RaubenheimerE-pos: [email protected]: 018 299 2565 Genomineerde Akkreditasie Aktuaris/Vakgroepvoorsitter: BWI-programmeJanette LarneyE-pos: [email protected]: 018 299 2502

NWU-merietebeurseMerietebeurse is vir studente beskikbaar. Akademiese toppresteerders op skool kan in hulle eerste studiejaar vir tot 110% afslag op klasgelde kwalifiseer.

Administratiewe Beampte: Voorgraadse BeurseTel: 018 299 4245

Absa-beursskema‘n Absa-beursskema is ook beskikbaar vir akademiese toppresteerders wat die BWI-kursus wil volg.

Administratiewe Beampte: Voorgraadse LeningsTel: 018 299 2193

Page 12: SENTRUM VIR BEDRYFSWISKUNDE EN INFORMATIKAnatural-sciences.nwu.ac.za/sites/natural-sciences.nwu.ac.za/files/files... · gedrag om programme wat risiko beheer te ontwerp en te bestuur.

BWI

Posadres:Sentrum vir BWI

Noordwes-UniversiteitPrivaatsak X6001Potchefstroom

2520

Algemene Inligting:Sentrum vir BWI

E-pos: [email protected]/bwi

Tel: +27 18 299 2575Faks: +27 18 299 2584

NWU Registrasiekantoor:Tel: +27 18 299 2458