School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok,...

9
9 CONSERVANCY® GCA Reg. 009 Spring started rather early this year, but still no rain had fallen to date. Devastating fires swept through large parts of our Conservancy, causing much damage to our veld. I remember that spring 2015 started off with soaking rain. Let us pray that the rest of September will soon bring some relief. School Rangers Course The School Rangers course presented at Casa Lee Lodge was a very great success! Learners participated in all the events with enthusiasm, staring off with a wetland adventure that spelled the highlight of the course for most of them! We owe Kobus and Lynn Vermaak and their staff our very grateful thanks as their passionate contribution made the 3 days truly memorable for the children. And the lecturers were all as enthusiastic as the learners. One of the Senior School Rangers, Werner Schulte, followed our course up with an advanced snake handling course with Johan Marais that now enables him to handle all kinds of venomous snakes. On the next page we have a collage of photos of these enjoyable days! Spring sightings Very early Monday morning 5 September, during first light, Dries and Venessa Cremer saw three kudu bulls in the bush along their road. Dries was lucky to “shoot” one of the young males with his cell phone. He apologises for the quality of the photo, as it was still quite dark and the animals were skittish. Arbor Day We are pleased to report that some of our members planted trees during Arbor week. We heard that Dries Cremer planted 10 trees. Well done! One of his secrets to success is the manure tea that he uses on his plants. He says the tea does wonders to start off seedlings and is pure gold for your earthworm population. When used as a foliar spray, it protects your plants from mildew and rust, tomatoes in particular will benefit from it. We asked him for the recipe: Manure tea Fit a tap to the bottom of a 200 litre drum. Place the drum on a stand or structure to aid with water pressure and fill the drum with water. Fill an orange (lemoen) bag with well composted manure or compost. Hang the bag inside the water and stir once a day. You can start using the manure tea after three days. Also use as a foliar spray, but dilute with 80% water.

Transcript of School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok,...

Page 1: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

CONSERVANCY® GCA Reg. 009

Spring started rather early this year, but still no rain had fallen to date. Devastating fires swept through large parts of our Conservancy, causing much damage to our veld. I remember that spring 2015 started off with soaking rain. Let us pray that the rest of September will soon bring some relief.

School Rangers Course The School Rangers course presented at Casa Lee Lodge was a very great success! Learners participated in all the events with enthusiasm, staring off with a wetland adventure that spelled the highlight of the course for most of them! We owe Kobus and Lynn Vermaak and their staff our very grateful thanks as their passionate contribution made the 3 days truly memorable for the children. And the lecturers were all as enthusiastic as the learners. One of the Senior School Rangers, Werner Schulte, followed our course up with an advanced snake handling course with Johan Marais that now enables him to handle all kinds of venomous snakes. On the next page we have a collage of photos of these enjoyable days!

Spring sightings Very early Monday morning 5 September, during first light, Dries and Venessa Cremer saw three kudu bulls in the bush along their road. Dries was lucky to “shoot” one of the young males with his cell phone. He apologises for the quality of the photo, as it was still quite dark and the animals were skittish.

Arbor Day

We are pleased to report that some of our members planted trees during Arbor week. We heard that Dries Cremer planted 10 trees. Well done! One of his secrets to success is the manure tea that he uses on his plants. He says the tea does wonders to start off seedlings and is pure gold for your earthworm population. When used as a foliar spray, it protects your plants from mildew and rust, tomatoes in particular will benefit from it. We asked him for the recipe:

Manure tea Fit a tap to the bottom of a 200 litre drum. Place the drum on a stand or structure to aid with water pressure and fill the drum with water.

Fill an orange (lemoen) bag with well composted manure or compost. Hang the bag inside the water and stir once a day. You can start using the manure tea after three days. Also use as a foliar spray, but dilute with 80% water.

Page 2: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

Page 3: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

Petro Lemmer

Boophone disticha (Cape poison bulb, Seeroogblom)

Scadoxus puniceus Red paintbrush, Rooikwas Cyrtanthus contractus (Fire lily, Brandlelie) Asclepias aurea (Golden star drops Goue sterretjies)

Eulophia clitellifera (Ground orchid, Grondorgidee Crinum graminocola (Grasveld crinum)

Raphionacme galpinii Melkbol

Ocimum obovatum subsp. obovatum (Cat’s whiskers / Kattesnorre)

Page 4: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

Deur: dr Sux Zietsman (Pr.Sci.Nat.)

n die volgende paar aflewerings van Haakdoring gaan ons kortliks almal se reg tot ʼn gesonde, bewaarde en veilige omgewing beskou. Gepaard daarmee sal ons aandag gee daaraan dat dit ons eie verantwoordelikheid is om te sorg dat ons só ʼn omgewing het. Regte en verantwoordelikhede kan nie van mekaar geskei word nie en om die omgewing wat Haakdoring se lesers graag sou wou hê, te behou of te verkry, sal elkeen sy/haar deel moet doen. Dis nie ʼn verantwoordelikheid wat baie

moeite verg nie. Al wat dit vereis, is ʼn bietjie kennis van die Suid-Afrikaanse omgewingswetgewing en die besef dat die publiek ʼn uiters belangrike rol in die uitvoering van dié wette speel. Ons moet net eenvoudig betrokke raak by ons plaaslike omgewing anders gaan ons hom sonder twyfel verloor. Haakdoring bedien ʼn uiteenlopende leserskring binne ʼn mooi, gediversifiseerde en interessante omgewing. Dis is in baie opsigte ʼn tipiese stedelike randgebied, maar vanweë sy geografiese ligging, die kultuur-historiese asook ekonomiese en industriële ontwikkelingsgeskiedenis van die hele Groter-Pretoria- en Noordelike Gauteng-gebied, is dit ʼn hoogs komplekse omgewing. Kompleksiteit bring altyd ʼn groot aantal en verskeidenheid probleme en bedreigings mee. Daarom is die Haakdoring se diensgebied nie ʼn maklik omgewing om te bestuur nie. Dink maar net al die pragtige natuurgebiede, wildsplase, produktiewe boerdery-ondernemings en kultuur-historiese erfenisterreine binne die gebied en u sal moet erken dat dit ʼn besondere omgewing is.

Danksy Suid-Afrika se uitstekende omgewingswetgewing is dit egter moontlik om hierdie gebied te beskerm, maar ons moet almal weet van die toepaslike wette en besef dat ʼn wet net effektief kan wees as dit afgedwing word. Dit is ons verantwoordelikheid dat dit afgedwing word. Suid-Afrika is die eerste – en tot dusver die enigste – land in die wêreld waar elke burger se reg tot ʼn gesonde omgewing deur die Grondwet (Wet 108 van 1996) verskans word. Hierdie reg is as sodanig beskryf in die Oktrooi van Menseregte wat Seksie 24 van die Grondwet uitmaak. ʼn Grondwetlike bepaling moet wetlik afdwingbaar wees; dus moes ʼn handvol omgewingsverwante wette

ontwikkel word. Boonop is alle ander wette onderworpe aan die Grondwet en moet gevolglik in pas met die omgewingsbepalings daarvan wees. U kan dus duidelik sien dat ons die Wet aan ons kant het. Maar die afdwinging van ons reg, is grootliks ons verantwoordelikheid – geen regering of “derde party” gaan ons belang namens ons beskerm nie. Geen normale landsburger loop heeldag met ʼn kopie van die Grondwet in sy of haar binnesak rond nie. Tog het die meeste van ons darem ʼn idee van ons regte en verpligtinge wat daarin omskryf is. Verder word ons aandag voortdurend op ons belastingsverpligtinge, die reëls van die pad, openbare sedelikheid, algemene wetsgehoorsaamheid, ensovoorts gevestig en ons weet almal dat ons ʼn gekwalifiseerde reg tot vrye spraak, vrye beweging, onderwys, mediese dienste en bowenal ʼn reg tot lewe het. Ons reg tot ʼn bevorderlike omgewing kom egter selde te berde en meeste landsburgers is nie eers bewus daarvan nie. Dis is tyd dat almal bewus word van hulle omgewingsregte en in die volgende aflewerings sal ons die Nasionale Omgewingsbestuurswette (nommer 107 van 1998 en nommer 8 van 2004) onder die loep neem.

(Skrywer se kontakbesonderhede: [email protected])

Page 5: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

Uit “Oppie Koppie”

en van die bekendste geluide wat ons hierdie tyd van die jaar in ons Bewarea begin hoor is dié van

sonbesies. Hierdie luidrugtige insekte behoort tot die orde Hemiptera, ‘n baie groot groep insekte waaraan

‘n groot verskeidenheid goggas behoort: waterhondjies, spoegbesies, plantluise, dopluise, sonbesies en

ook weeluise! Hoewel hulle so verskillend is, het hul almal een ding in gemeen, naamlik ‘n stewige, skerp

buisvormige monddeel wat hul diep in hul voedingsbron druk en waarmee hulle hul kos opsuig.

Die meeste van hierdie insekte is vegetariërs soos byvoorbeeld plantluise en

die meeste stinkgoggas en ook sonbesies, maar baie spesies is vleisvretend

(oftewel suigend) en het ‘n baie spesifieke dieet, soos die roofwantse (Engels

“assassin bugs’ en Duits “raub wanze”) wat in ‘n wriemelende rowersbende ‘n

duisendpoot aanval en heeltemal uitsuig. Weeluise leef uitsluitlik van

mensebloed, maar mens kry ‘n weeluisspesie wat net soos die soort lyk wat

op mense voed, behalwe dat dit harig is en uitsluitlik van vlermuisbloed leef.

Om terug te keer na die sonbesies. In hierdie

geval is die vroulike geslag nederig en stil en is dit

die manne wat raas. Elke mannetjie het ‘n koepelvormige “dekseltjie” op sy

agterlyf, een onder elke vlerk. Die dekseltjie se rand is met ‘n stewige ring

vasgegroei aan sy agterlyf en ‘n sterk spiertjie span tussen die agterlyf in die

middel van die ring en die bol van die dekseltjie. Wanneer hy die spier

saamtrek, duik die dekseltjie in en as hy die spier ontspan duik die dekseltjie

weer uit om ‘n klik-klik geluid te maak. As die spier teen hoë spoed saamtrek

en ontspan veroorsaak dit ‘n aanhoudende skril geluid wat versterk word deur

die koepel van die vlerke. As een mannetjie lostrek en

begin “sing”, hoor die ander mannetjies dit (hul ore sit

onder hul agterlyf!) en val in ‘n koor in. Die wyfies kan

dan kies en keur watter Pavarotti haar die meeste geval.

Die meeste insekte van hierdie orde, waarvan die

Engelse gewone naam “Bugs” is (Duits “wanze”, kom ons

noem hulle in Afrikaans sommer net “Goggas” in

teenstelling met insekte van ander ordes soos “skoenlappers”, “kewers” en

“springkane”) het pragtige kleure, met Engelse name wat baie beskrywend is, soos

“Picasso bugs” en “Rainbow shield bugs”.

‘n Ander kenmerk wat “goggas” met mekaar deel, is dat hulle byna almal kliere

het wat ‘n vloeistof met weersinwekkende skerp reuk afskei. Sommige is selfs

instaat om hierdie vloeistof ‘n paar sentimeter ver in die rigting van voornemende

predatore te spuit. Daarom noem ons hulle dikwels “stinkgoggas”. Dieselfde reuk

wat ‘n plantsuigende stinkgogga afskei, word ook deur bloedsuigende weeluise

afgeskei. Hoewel die afstootlike vloeistof stink en brand waar dit met die menslike

vel in aaraking kom, is stinkgoggas tog heerlik met ‘n neuterige smaak wanneer

hul in olie bros gebraai as ‘n tradisionele lekkerny voorgesit word!

Fotos uit Field guide to insects of South Africa

Picker et al 2002, Struik Uitgewers.

Page 6: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

deur dr Lou Coetzer

ie van ons ken nie vyebome nie? Die bekendste hiervan is sekerlik makvye (Ficus carica) waarvan die vrugte meesal vars geëet word, maar wat ook in die vorm van vyekonfyt so gewild is. Hoewel talle makvy-kultivars vandag in ons land gekweek word, is hulle almal uitheems ‒ hulle is dus van elders ingevoer. Die tweede groep ken ons as wildevye wat onder natuurlike toestande op baie plekke in die veld voorkom. Hulle is almal inheems en is deel van ons natuurlike flora. Makvye is reeds van vroeg af bekend toe hulle baie lank gelede, soveel as 3000 jaar gelede, uit wildevye veredel en deur kwekers aangeplant is.

Hierdie twee soorte vyebome was ook in Bybelse tyd bekend met die eerste verwysing na vyebome reeds so vroeg as in Genesis 3:7. Op ander plekke in die Bybel kom dit voor in spreekwoorde en uitdrukkings soos in Lukas 7:44. Sommige verwysings is egter na wildevye en nie almal na makvye nie. Die vyeboom was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis.

In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante opmerking waar Amos teenoor Amasia verklaar "Ek is maar net 'n skaapboer en ek kweek wildevyebome" (NLV). Lees mens hierdie vers in 'n ouer vertaling, staan daar "...ek boer met vee en kweek wildevye." In die Engelse vertaling van hierdie vers staan egter: "....but I am a herdsman and gatherer of sycomore fruit". Drie verskillende weergawes dus van dieselfde grondteks. Volgens prof Amots Dafni van die Universiteit van Haifa in Israel dui die versigtige bestudering van die oorspronklike Hebreeuse teks daarop dat Amos nie vye of vyebome gekweek het nie, maar die vye ge-keepsny het. Die Engelse term vir keepsny is "gashing". Terwyl Amos sy vee opgepas het, het hy die tyd verwyl deur die vrugte van die sycomorus-vye te keepsny. Dit was baie waarskynlik vrugte van Ficus sycomorus wat ook

in Suid-Afrika voorkom, tot 'n hoë boom kan groei, en hier as Gewone Trosvy bekend staan. Volgens ander navorsing kom die vyebome in Amos se tyd oorspronklik uit Etiopië en is via Egipte van steggies (lote) in Palestina gevestig. Later is ook vye-steggies vanuit Griekeland en Turkye na Israel ingevoer wat as Smirna-vye bekend gestaan het.

Hoewel hierdie vysoorte in hulle lande van herkoms vrugte gedra het wat tot volwassenheid ontwikkel en ryp geword het, het dit nie so in hulle nuwe "tuislande" gebeur nie. Die aangeplante bome het goed gegroei, maar het hul vrugte reeds vroeg in die jong en onvolwasse stadium afgespeen sodat die bome geen ryp vrugte gedra het nie. Daar was egter 'n oplossing vir hierdie probleem. Wie dit ontdek het is onbekend, maar iewers het iemand ontdek dat die vrugte wel tot volwassenheid kon ontwikkel indien hulle "beseer" is. Dit was dus reeds in Amos se tyd algemene praktyk om die vyvrugte kunsmatig te "beseer" deur hulle te keepsny om volwasse te word. In die grafkelders van antieke Egiptenare is van hierdie messies met hulle tipiese krom lemme gevind wat vir die keepsny van vye gebruik is. Die vrugte wat op hierdie wyse "kunsmatig" gestimuleer word om volwasse en ryp te word staan as partenokarpiese vrugte bekend. Dit beteken vrugte wat sonder bevrugting gevorm word. Ons is ook bekend met ander vrugsoorte wat op partenokarpiese wyse ontstaan soos piesangs, pynappels en nawellemoene. Kenmerkend van partenokarpiese vrugte is dat hulle geen saad bevat nie. Die "wilde" piesangs waaruit "mak" piesangs veredel is, het wel saad. Maar hoekom het die vyebome wat van steggies gekweek is, se vrugte nie spontaan ryp geword nie en moes hulle kunsmatig met keepsnye aangehelp word? Die antwoord is geleë in die afwesigheid van

Page 7: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

vyewespes ‒ 'n klein soort perdeby. Elke wildevysoort het hul eie en unieke tipe wespe wat by die bestuiwing van die blommetjies betrokke is. Eers net iets oor die vyvrugte.

Die vrug van 'n vy ontstaan uit 'n hele bloeiwyse en word 'n sikonium genoem. Dit bestaan aanvanklik uit 'n skyfvormige bloei-as wat ontogeneties toegevou het om 'n ronde struktuur, die jong vy, te vorm. Dit het 'n opening, die ostiool, aan die teenoorgestelde kant van die bloeisteel wat ons populêr die vrugsteel noem. Die bloei-as is vlesig en dra beide manlike en vroulike blomme wat in een of meer lae aan die binnekant van die vlesige deel voorkom. Die manlike blomme kom meesal naby die ostiool voor en die vroulike blomme beset die res van die binnekant van die sikonium. Hierdie blomme het baie rudimentêre kelk- en kroonblare wat bykans nie sigbaar is nie. Die blomme bestaan daarom dus hoofsaaklik uit geslagsorgane naamlik onderskeidelik stampers en meeldrade. Sommige vroulike blomme het lang style en ander het kort style na aanleiding van hul posisie in die blomlae, want die stempels kom op dieselfde vlak voor. Sodra die vrugte 'n sekere stadium van ontwikkeling bereik, gaan die ostiool oop en wyfiewespes, met baie stuifmeel aan hulle lyfies, word deur die sikonium aangelok en hulle kruip by die ostiool in. Kort daarna maak die ostiool toe. Die wyfies kruip rond binne die sikonium, skuur hulle stuifmeel oral af en lê hulle eiertjies, een per stamper. Maar hulle kies net die kortstylstampers uit waarvan die style 'n raps korter as hul lêbore (ovipositors) is want die eiertjie moet in die vrugbeginsel gedeponeer word. Die wyfie druk dus haar lêboor in al met die styl langs tot by die vrugbeginsel. Daarvoor is die style van die langstylblomme te lank. Sodra al haar eiertjies gedeponeer is, het die wyfiewesp haar taak verrig en sy sterf. Die blommetjies wat eiertjies ontvang het ontwikkel tot sogenaamde "galblomme". Intussen groei die sikonium tot volwassenheid en die eiertjies begin uitbroei. Die eerstes wat uitbroei is die mannetjie wespes. Hulle het groot, sterk kake en knaag die galblomme oop waar wyfiewespe begin "ontpop" en bevrug al die wyfies. Daarna knaag hulle 'n pad oop na buite, gewoonlik langsaan die ostiool verby, waar hulle dan aan hulle einde kom want hulle het hul rol vervul en is boonop blind en vlerkloos. Die wyfies kruip by die geknaagde opening uit en word met stuifmeel bedek deur die helmknoppe van die manlike blomme wat intussen oopgegaan het. Dan vlieg hulle weg op soek na jong sikoniums wat die wyfies aanlok, en so word die lewenskringloop van die wespsoort voortgesit. Die gesamentlike aktiwteite van al die wespes het die sikonium genoegsaam "beseer" om self verder te ontwikkel en ryp te word. Die vyebome in Amos se tyd, asook vroeër in Egipte, is dus van steggies gekweek sonder om daardie bome se wespe saam te neem na hulle nuwe kweekplekke en tuistes. Daarsonder kon die vye nie op natuurlike wyse gestimuleer word om volwasse te word nie en die mens moes 'n hand bysit. Gelukkig het moderne tuinboukundiges daardie vysoorte verder veredel sodat ons vandag "mak" vysoorte kry wat spontaan partenokarpiese vrugte produseer sonder dat die mens daarmee moet help. Hierdie vysoorte is nou selfbestuiwend en produseer wel saadjies. Die meeste ander vrugsoorte benodig egter steeds die dienste van bye en ander insekte om stuifmeel oor te dra om bevrugting en vrugontwikkeling te bewerkstellig.

17 September 2016 Heritage lecture (Afrikaans): The Ox wagon with prof Erik Holm

5 ‒ 8 October 2016 School Rangers Course (Secondary School Part 2)

29 – 30 October 2016 Scorpions lecture and field excursion Jonathan Leeming

12 November 2016 Spider day ‒ field excursion

Page 8: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

Page 9: School Rangers Course Spring sightings Arbor Day 2016...was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante

9

Handy contact details The following persons are all proficient and belong to appropriate associations. (They may charge a small fee to cover transport and any other expenses)

Bees: Piet Rorke cell no. 071 474 8767 (after hours)

Snakes: Catch and release: Dewaal Venter 071 180 9065 (after hours and weekends) Werner Schulte: 082 339 7916 (afternoons and weekends)

Should you know of other persons who provide an ecological service please inform us.

Report Fire to: Dave Roberts 082 924 8932 Abel van Aarde 081 738 0157 Thom Burke 082 565 9393 Karen van Zyl 082 975 8352 Petro Lemmer 078 332 4427 (for fires on Donkerhoek and Pienaarspoort)

Cullinan Conservancy contact details: [email protected] or you can follow us on the Cullinan Conservancy Facebook page or on our website cullinan-conservancy.org