Saterdag20Oktober2012 DieBurger Majola ‘skeur€¦ · Saterdag20Oktober2012 DieBurger Aktueel 3...

1
Aktueel 3 Saterdag 20 Oktober 2012 Die Burger Die Oos-Kaapse Junior Kinderkoor onder leiding van Hanlie Young hou op Saterdag 3 November by die Laerskool Summerwood oudisies vir die 2013-koorjaar. Kinders uit die Nelson Mandelabaai-metropool en omliggende dorpe wat volgende jaar in gr.1 tot 4 sal wees, is welkom om ’n oudisie af te lê. Vir meer inligting besoek die koor se webblad by www.ecjcchoir.com, bel Janine by 0 072 872 6382 of stuur ’n e-pos- boodskap na [email protected] om ’n oudisietyd te bespreek. Voor van links is Maudé Vrolick (11), Kate Meyburgh (7), Melany Meyer (9), Nicole Weideman (10), Matthew Visagie (9) en Cassidy Dennis (9). Middel van links is Lara Strauss (9), Nande Mzaidume (10), Mbali Mpon- do (10), Ngcali Simka (10) en Tamika Wagner (11). Agter van links is Chloë Johns (10), Kelly le Roux (11), Emma van Heerden (10) en Anél Young (10). Foto: VERSKAF Koor soek weer kinderstemme Eduan Roos JOHANNESBURG. – Gerald Ma- jola is verblind deur geld, het krieketondersteuners én die rege- ring belieg en het steeds geen be- rou oor die skade wat hy dié sport berokken het nie. Dáárom is dié 52-jarige Oos-Ka- penaar gister gepos as uitvoeren- de hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA) – meer as twee jaar nadat hy bykans R2 miljoen se onge- magtigde bonusgeld in sy sak ge- steek het. Majola is Woensdag deur ’n on- afhanklike tugkomitee skuldig bevind op nege klagte van korrup- sie en wanbestuur, en is gister summier afgedank deur adv. Ka- rel Tip SC, voorsitter van dié ko- mitee. Hy is in Maart geskors weens die R4,7 miljoen se bonusse wat hy vir homself en ander KSA- werknemers beding het tydens die Indiese Premierliga-toernooi en die Kampioenetrofeereeks in 2009. Daarvan het Majola self sowat R1,8 miljoen gekry, sonder om dit aan KSA se uitvoerende raad of dié beheerliggaam se besoldi- gingskomitee te verklaar. “Majola het toegelaat dat hy verblind word deur geld en het al- le etiese perspektief verloor,” het Tip gister gesê. “Hy wou homself verryk deur finansiële voordele waarop hy nie geregtig was nie, en dít ten koste van sy werkgewer.” Volgens Tip het Majola sy bes gedoen om dié bonusse weg te steek en het sy volgehoue ontken- ning van enige ongerymdhede die land se krieket in twee geskeur. “Sy (Majola se) optrede het groot verdeeldheid veroorsaak en het onnoembare skade aangerig aan KSA en krieket in die land. “Daar is geen teken van berou (by Majola) nie. Trouens, die bo- nustransaksie is só in KSA se re- kening aangedui om opsporing te vermy.” Nóg erger is dat hy uitdruklik daaroor gelieg het vir die sportmi- nister (Fikile Mbalula), die ad- junkminister (Gert Oosthuizen) en die parlement.” Majola het nie gister se verrig- tinge by dié organisasie se hoof- kantoor in Johannesburg byge- woon nie. “Hoewel Majola gesê het hy soek ’n kans om sy naam in ere te herstel, het hy gekies om dit nie te doen nie,” het Tip gesê. “Hy was deurgaans bereid om sy eie selfsugtige belange te stel bó die van die land se krieketbe- stuur en -ondersteuners.” Majola wou by navraag nie kommentaar lewer nie. Pumezo David, sy regsverteen- woordiger, het vroeër aan Sapa gesê hy “steur hom nie aan die uitkoms van die verhoor nie”. Volgens David is dokumente reeds bedien aan alle respondente in Majola se arbeidshof-aansoek, onder wie pres. Jacob Zuma. Pitout van Sherwood is die skrywer van vandeesweek se wenbrief. In die brief “Stakings nie die enigste antwoord” (DB, 13.10) tref die skrywer ’n analo- gie tussen sokker en die werk- plek en maak die punt dat “ ’n mens jou nooit in sukses in kan staak nie”. Die skrywer vra as voor- beeld of “Manchester United ’n plaaslike sokkerspeler ’n reu- sekontrak (sal) aanbied omdat hy as speler – of eerder as sta- ker – hul oog getref het”. Pitout skryf verder “sleutel- woorde wat suksesvolle mede- dingers kenmerk is harde werk, innoverende denke, pro- duktiwiteit, toewyding en en- toesiasme, uitstekende pro- dukte of dienste teen die beste pryse, maar beslís nie stakings nie”. ) Die skrywer wen ’n geskenk- bewys van R200. Skakel Die Burger se nuuskantoor by 0 041 503 6111 om dit op te eis. )Pos briewe aan Die Burger Brieweblad, Posbus 525, Port Elizabeth 6000; e-pos na [email protected] of faks dit na 041 503 6136. Merk dit duide- lik as briewe. ) ’n Wenbrief word elke Sater- dag aangewys en alle briewe wat in die week gepubliseer is, word oorweeg. ‘Sukses kom nie deur te staak’ PORT ELIZABETH. – Op die in- ternet stem Suid-Afrikaners al fluks vir Shell, wat die kortlys van drie kandidate vir die jaar- likse Rubber Dodo-toekennings gehaal het. Dié toekenning word sedert 2007 aan die maatskappy, in- stansie of mens toegeken wat volgens die Sentrum vir Biolo- giese Diversiteit (CBD) hul “bes doen om die wildlewe of onge- repte natuur te verwoes”. Die dodo is ’n voël wat net in Mauritius voorgekom het en deur die mens uitgewis is. Hoewel Shell se skaliegasplan- ne in die Karoo nie deel is van die benoeming nie, noem talle Suid-Afrikaners dit wel in die kommentaarkassie by die elek- troniese stembus. “Shell is bewus van hierdie benoeming en toekenning. “Ons het egter niks om verder by te dra nie,” het Janine Nel, woordvoerder van Shell Suid-Afrika Upstream, gerea- geer. Shell se twee Dodo-prys-oppo- nente is die Amerikaanse sena- tore James Inhofe en Jon Tester. Inhofe is benoem omdat hy klimaatsverandering ontken. Tester steun weer wetgewing wat die opheffing wil hê van die beskerming van wilde wolwe in dele van Amerika. Shell is benoem omdat dié in- ternasionale gas- en oliereus on- danks groot potensiële mariene- lewe-gevaar steeds wil deurdruk met sy planne om olie in die Ark- tiese Oseaan te ontgin. Stemme vir vanjaar se toeken- nings kan nog tot 25 Oktober uit- gebring word by www.ca- re2.com/news/mem- ber/100731150/3470242. ) Die CBD (www.biologicaldi- versity.org) is ’n Amerikaanse bewaringsorganisasie wat deur middel van navorsing, weten- skap, wetgewing en die media probeer om bedreigde spesies van uitwissing te red. – Mariska Spoormaker Shell kry dalk ‘prys’ vir ontginningsplanne Sal die gas- en oliereus Shell vanjaar die Rubber Dodo-toeken- ning ontvang? Foto: CENTRE FOR BIODIVERSITY Elsabé Brits KAAPSTAD. – Die hasie wat ge- vind is vir ’n jong kankerlyer van die Moederstad is toe nie die regte “tweeling” nie. Nic Henshilwood (9) van Wyn- berg, wat skildklierkanker het, sal drie dae lank in isolasie be- handel word – sonder dat sy ouers aan hom kan raak – met net ’n speelgoedhasie vir troos. Maar dit moet ’n instaan-hasie wees, want alles wat saam met hom in isolasie is, sal vernietig moet word omdat die medikasie radioaktief is. Sy regte “Rabbit” kan dus nie oor twee weke saam na die Groot- te Schuur-hospitaal gaan nie, het sy ma, Barbara, gesê. “Ons kom nou net van die hos- pitaal en toetse af. Dis nie ’n mak- like tyd nie.” Hulle het drie weke gelede ’n knop in sy nek ontdek en hy is da- delik geopereer. Aanstaande week sal hy eers ’n diagnostiese skandering onder- gaan en die radioterapie sal waar- skynlik die week daarna wees. Dit behels radioaktiewe jodium in die vorm van een pil, maar hy moet vir twee tot drie dae in isolasie wees. “Ons sal baie beperkte toegang tot hom hê,” het sy ma gesê. Hulle is nie seker of hulle hom eers ag- ter glas sal kan sien nie. Sedert eergister soek die hele land saam op sosiale netwerke na die presiése dubbelganger wat vir “Rabbit” kan instaan, maar dit is nog nie gevind nie. Die een wat in Pretoria gevind is, was toe nie heeltemal die regte hasie nie. Die hasies is sowat tien jaar gelede in Woolworths verkoop. Nic se pa, Stuart, het op Face- book gevra na die hasie, want hul kind het nog sedert sy geboorte nie een dag sonder die hasie deur- gebring nie. Hulle is oorweldig deur mense se reaksie om te soek. “Dit is alles baie vir Nic om te verwerk, maar hy is ’n spesiale kind wat baie verstaan.” Sy suster, Annabelle (5), “weet haar broer is siek en sy is baie be- kommerd oor hom”, het hul ma gesê. KAAPSTAD. – Pres. Jacob Zuma en die DA het gister hulde ge- bring aan Bafana Bafana se as- sistent-afrigter. Thomas Madigage is Donder- dagnag in ’n motorongeluk on- derweg na Limpopo oorlede. Madigage het Bafana Bafana en die nasionale afrigter, Gor- don Igesund, pas gehelp om die span van Kenia, die Harambe Stars, op hul tuisveld in Nairobi te klop. Zuma het gesê Madigage was nie net een van die jongste af- rigters in die land nie, maar het homself ook as speler vir Jomo Cosmos, SuperSport en Bafana Bafana bewys. “Madigage sal altyd onthou word vir sy spoed en beweeglik- heid op die veld. Hy kon ook doele oor ’n lang afstand aante- ken,” het Zuma gesê. Hy het bygevoeg die hele Suid-Afrika rou saam met Ma- digage se gesin. Winston Rabotapi, DA-LP, het gesê sy party is diep geskok oor Madigage se dood. “Hy sal altyd onthou word vir sy diens aan sokker,” het hy ge- sê. – Michelé O’Connor Madigage ‘onthou vir sy spoed’ Thomas Madigage Foto: GALLO KORRUPSIE, WANBESTUUR Majola ‘skeur krieket in twee’ Tugkomiteehoof sê hy het etiese perspektief verloor Gerald Majola Nic se hasie toe nie die regte ‘tweeling’ nie Nic Henshilwood (9), sy ma, Barbara, en sy suster, Annabelle (5). Foto: VERSKAF LOS ANGELES. – Justin Tim- berlake en Jessica Biel het ge- trou. “Die seremonie was pragtig en dit was spesiaal om deur fa- milie en vriende omring te wees,” lui ’n verklaring wat die nuutgetroudes aan die glanstyd- skrif People uitgereik het. Die paartjie, wat in Desember verloof geraak het nadat hulle sedert 2007 aan en af uitgegaan het, het in die suide van Italië trou aan mekaar gesweer. Dit was egter nie onmiddellik duide- lik op watter dag die seremonie plaasgevind het nie. People sal volledige besonder- hede oor die bruilof – insluitend eksklusiewe foto’s, in volgende week se uitgawe publiseer. Timberlake het in die 1990’s roem verwerf as ’n lid van die popgroep N’Sync en later as ’n solokunstenaar, maar hou dees- dae sy lyf akteur. Biel het bekendheid verwerf met haar rol in die televisiedra- ma 7th Heaven, en het meer on- langs in die rolprentweergawe van The A-Team verskyn. – Reu- ters en Sapa-AP Timberlake en Biel trou in suide van Italië Justin Timberlake en Jessica Biel Foto: AP

Transcript of Saterdag20Oktober2012 DieBurger Majola ‘skeur€¦ · Saterdag20Oktober2012 DieBurger Aktueel 3...

Page 1: Saterdag20Oktober2012 DieBurger Majola ‘skeur€¦ · Saterdag20Oktober2012 DieBurger Aktueel 3 Die OosKaapse Junior Kinderkoor onder leiding van Hanlie Young hou op Saterdag 3

Aktueel 3Saterdag 20 Oktober 2012 Die Burger

Die Oos­Kaapse Junior Kinderkoor onder leiding van Hanlie Young hou op Saterdag 3 November by die Laerskool Summerwood oudisies virdie 2013­koorjaar. Kinders uit die Nelson Mandelabaai­metropool en omliggende dorpe wat volgende jaar in gr. 1 tot 4 sal wees, is welkomom ’n oudisie af te lê. Vir meer inligting besoek die koor se webblad by www.ecjcchoir.com, bel Janine by 0 072 872 6382 of stuur ’n e­pos­boodskap na [email protected] om ’n oudisietyd te bespreek. Voor van links is Maudé Vrolick (11), Kate Meyburgh (7), Melany Meyer (9),Nicole Weideman (10), Matthew Visagie (9) en Cassidy Dennis (9). Middel van links is Lara Strauss (9), Nande Mzaidume (10), Mbali Mpon­do (10), Ngcali Simka (10) en Tamika Wagner (11). Agter van links is Chloë Johns (10), Kelly le Roux (11), Emma van Heerden (10) en AnélYoung (10). Foto: VERSKAF

Koor soek weer kinderstemme

Eduan Roos

JOHANNESBURG. – Gerald Ma-jola is verblind deur geld, hetkrieketondersteuners én die rege-ring belieg en het steeds geen be-rou oor die skade wat hy dié sportberokken het nie.

Dáárom is dié 52-jarige Oos-Ka-penaar gister gepos as uitvoeren-de hoof van Krieket Suid-Afrika(KSA) – meer as twee jaar nadathy bykans R2 miljoen se onge-magtigde bonusgeld in sy sak ge-steek het.

Majola is Woensdag deur ’n on-afhanklike tugkomitee skuldigbevind op nege klagte van korrup-sie en wanbestuur, en is gistersummier afgedank deur adv. Ka-rel Tip SC, voorsitter van dié ko-mitee.

Hy is in Maart geskors weensdie R4,7 miljoen se bonusse wathy vir homself en ander KSA-werknemers beding het tydensdie Indiese Premierliga-toernooien die Kampioenetrofeereeks in2009.

Daarvan het Majola self sowatR1,8 miljoen gekry, sonder om ditaan KSA se uitvoerende raad ofdié beheerliggaam se besoldi-gingskomitee te verklaar.

“Majola het toegelaat dat hyverblind word deur geld en het al-le etiese perspektief verloor,” hetTip gister gesê.

“Hy wou homself verryk deurfinansiële voordele waarop hy niegeregtig was nie, en dít ten kostevan sy werkgewer.”

Volgens Tip het Majola sy besgedoen om dié bonusse weg testeek en het sy volgehoue ontken-ning van enige ongerymdhede dieland se krieket in twee geskeur.

“Sy (Majola se) optrede hetgroot verdeeldheid veroorsaak en

het onnoembare skade aangerigaan KSA en krieket in die land.

“Daar is geen teken van berou(by Majola) nie. Trouens, die bo-nustransaksie is só in KSA se re-kening aangedui om opsporing tevermy.”

Nóg erger is dat hy uitdruklikdaaroor gelieg het vir die sportmi-nister (Fikile Mbalula), die ad-junkminister (Gert Oosthuizen)en die parlement.”

Majola het nie gister se verrig-tinge by dié organisasie se hoof-kantoor in Johannesburg byge-woon nie.

“Hoewel Majola gesê het hysoek ’n kans om sy naam in ere teherstel, het hy gekies om dit nie tedoen nie,” het Tip gesê.

“Hy was deurgaans bereid omsy eie selfsugtige belange te stelbó die van die land se krieketbe-stuur en -ondersteuners.”

Majola wou by navraag niekommentaar lewer nie.

Pumezo David, sy regsverteen-woordiger, het vroeër aan Sapagesê hy “steur hom nie aan dieuitkoms van die verhoor nie”.

Volgens David is dokumentereeds bedien aan alle respondentein Majola se arbeidshof-aansoek,onder wie pres. Jacob Zuma.

Pitout van Sherwood is dieskrywer van vandeesweek sewenbrief. In die brief “Stakingsnie die enigste antwoord” (DB,13.10) tref die skrywer ’n analo-gie tussen sokker en die werk-plek en maak die punt dat “ ’nmens jou nooit in sukses in kanstaak nie”.

Die skrywer vra as voor-beeld of “Manchester United ’nplaaslike sokkerspeler ’n reu-sekontrak (sal) aanbied omdathy as speler – of eerder as sta-ker – hul oog getref het”.

Pitout skryf verder “sleutel-woorde wat suksesvolle mede-dingers kenmerk is hardewerk, innoverende denke, pro-

duktiwiteit, toewyding en en-toesiasme, uitstekende pro-dukte of dienste teen die bestepryse, maar beslís nie stakingsnie”.) Die skrywer wen ’n geskenk-bewys van R200. Skakel DieBurger se nuuskantoor by0 041 503 6111 om dit op te eis.)Pos briewe aan Die BurgerBrieweblad, Posbus 525, PortElizabeth 6000; e-pos [email protected] of faks ditna 041 503 6136. Merk dit duide-lik as briewe.) ’n Wenbrief word elke Sater-dag aangewys en alle briewewat in die week gepubliseer is,word oorweeg.

‘Sukses kom nie deur te staak’

PORT ELIZABETH. – Op die in-ternet stem Suid-Afrikaners alfluks vir Shell, wat die kortlysvan drie kandidate vir die jaar-likse Rubber Dodo-toekenningsgehaal het.

Dié toekenning word sedert2007 aan die maatskappy, in-stansie of mens toegeken watvolgens die Sentrum vir Biolo-giese Diversiteit (CBD) hul “besdoen om die wildlewe of onge-repte natuur te verwoes”.

Die dodo is ’n voël wat net inMauritius voorgekom het endeur die mens uitgewis is.

Hoewel Shell se skaliegasplan-ne in die Karoo nie deel is van

die benoeming nie, noem talleSuid-Afrikaners dit wel in diekommentaarkassie by die elek-

troniese stembus.“Shell is bewus van hierdie

benoeming en toekenning.“Ons het egter niks om verder

by te dra nie,” het Janine Nel,woordvoerder van ShellSuid-Afrika Upstream, gerea-geer.

Shell se twee Dodo-prys-oppo-nente is die Amerikaanse sena-tore James Inhofe en Jon Tester.

Inhofe is benoem omdat hyklimaatsverandering ontken.Tester steun weer wetgewingwat die opheffing wil hê van diebeskerming van wilde wolwe indele van Amerika.

Shell is benoem omdat dié in-

ternasionale gas- en oliereus on-danks groot potensiële mariene-lewe-gevaar steeds wil deurdrukmet sy planne om olie in die Ark-tiese Oseaan te ontgin.

Stemme vir vanjaar se toeken-nings kan nog tot 25 Oktober uit-gebring word by www.ca-re2.com/news/mem-ber/100731150/3470242.) Die CBD (www.biologicaldi-versity.org) is ’n Amerikaansebewaringsorganisasie wat deurmiddel van navorsing, weten-skap, wetgewing en die mediaprobeer om bedreigde spesiesvan uitwissing te red. – MariskaSpoormaker

Shell kry dalk ‘prys’ vir ontginningsplanne

Sal die gas­ en oliereus Shellvanjaar die Rubber Dodo­toeken­ning ontvang? Foto: CENTRE FORBIODIVERSITY

Elsabé Brits

KAAPSTAD. – Die hasie wat ge-vind is vir ’n jong kankerlyer vandie Moederstad is toe nie die regte“tweeling” nie.

Nic Henshilwood (9) van Wyn-berg, wat skildklierkanker het,sal drie dae lank in isolasie be-handel word – sonder dat sy ouersaan hom kan raak – met net ’nspeelgoedhasie vir troos.

Maar dit moet ’n instaan-hasiewees, want alles wat saam methom in isolasie is, sal vernietigmoet word omdat die medikasieradioaktief is.

Sy regte “Rabbit” kan dus nieoor twee weke saam na die Groot-te Schuur-hospitaal gaan nie, hetsy ma, Barbara, gesê.

“Ons kom nou net van die hos-pitaal en toetse af. Dis nie ’n mak-like tyd nie.”

Hulle het drie weke gelede ’nknop in sy nek ontdek en hy is da-

delik geopereer.Aanstaande week sal hy eers ’n

diagnostiese skandering onder-gaan en die radioterapie sal waar-skynlik die week daarna wees. Dit

behels radioaktiewe jodium in dievorm van een pil, maar hy moetvir twee tot drie dae in isolasiewees.

“Ons sal baie beperkte toegang

tot hom hê,” het sy ma gesê. Hulleis nie seker of hulle hom eers ag-ter glas sal kan sien nie.

Sedert eergister soek die heleland saam op sosiale netwerke nadie presiése dubbelganger wat vir“Rabbit” kan instaan, maar dit isnog nie gevind nie. Die een wat inPretoria gevind is, was toe nieheeltemal die regte hasie nie. Diehasies is sowat tien jaar gelede inWoolworths verkoop.

Nic se pa, Stuart, het op Face-book gevra na die hasie, want hulkind het nog sedert sy geboortenie een dag sonder die hasie deur-gebring nie.

Hulle is oorweldig deur mensese reaksie om te soek.

“Dit is alles baie vir Nic om teverwerk, maar hy is ’n spesialekind wat baie verstaan.”

Sy suster, Annabelle (5), “weethaar broer is siek en sy is baie be-kommerd oor hom”, het hul magesê.

KAAPSTAD. – Pres. Jacob Zumaen die DA het gister hulde ge-bring aan Bafana Bafana se as-sistent-afrigter.

Thomas Madigage is Donder-dagnag in ’n motorongeluk on-derweg na Limpopo oorlede.

Madigage het Bafana Bafanaen die nasionale afrigter, Gor-don Igesund, pas gehelp om diespan van Kenia, die HarambeStars, op hul tuisveld in Nairobite klop.

Zuma het gesê Madigage wasnie net een van die jongste af-rigters in die land nie, maar hethomself ook as speler vir JomoCosmos, SuperSport en BafanaBafana bewys.

“Madigage sal altyd onthouword vir sy spoed en beweeglik-heid op die veld. Hy kon ookdoele oor ’n lang afstand aante-ken,” het Zuma gesê.

Hy het bygevoeg die heleSuid-Afrika rou saam met Ma-digage se gesin.

Winston Rabotapi, DA-LP, hetgesê sy party is diep geskok oorMadigage se dood.

“Hy sal altyd onthou word virsy diens aan sokker,” het hy ge-sê. – Michelé O’Connor

Madigage‘onthou virsy spoed’

Thomas Madigage Foto: GALLO

KORRUPSIE, WANBESTUUR

Majola‘skeurkrieketin twee’Tugkomiteehoof sê hy hetetiese perspektief verloor

Gerald Majola

Nic se hasie toe nie die regte ‘tweeling’ nie

Nic Henshilwood (9), sy ma, Barbara, en sy suster, Annabelle (5). Foto:VERSKAF

LOS ANGELES. – Justin Tim-berlake en Jessica Biel het ge-trou.

“Die seremonie was pragtigen dit was spesiaal om deur fa-milie en vriende omring tewees,” lui ’n verklaring wat dienuutgetroudes aan die glanstyd-skrif People uitgereik het.

Die paartjie, wat in Desemberverloof geraak het nadat hullesedert 2007 aan en af uitgegaanhet, het in die suide van Italiëtrou aan mekaar gesweer. Ditwas egter nie onmiddellik duide-lik op watter dag die seremonieplaasgevind het nie.

People sal volledige besonder-hede oor die bruilof – insluitendeksklusiewe foto’s, in volgendeweek se uitgawe publiseer.

Timberlake het in die 1990’sroem verwerf as ’n lid van diepopgroep N’Sync en later as ’nsolokunstenaar, maar hou dees-dae sy lyf akteur.

Biel het bekendheid verwerfmet haar rol in die televisiedra-ma 7th Heaven, en het meer on-langs in die rolprentweergawevan The A-Team verskyn. – Reu­ters en Sapa­AP

Timberlake enBiel trou insuide van Italië

Justin Timberlake en Jessica BielFoto: AP