Rooimier 9 - 2016

4
No. 9 Maart 2016 Nuusbrief : Sentrale Volkskool Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel : 056 2125 731 Hillstraat 92 Kroonstad [email protected] Uit die Hoof se kantoor : Ek, ek, ek.... nog ‘n slegte uitvloeisel is sogenaamde menseregte. Jy kan niks aan my doen nie. My handves van menseregte sê dat ek kan doen wat ek wil, anders kry ek my prokureur. “I demand!” Klink dit bekend? Ek eis my regte. Hierdie menseregte ding vat ons partykeer so ver dat ons sommer van die Here ook dinge begin eis. Ons wil op ons regte as Christen staan en die Here druk om nóú te doen wat Hy belowe het. Ja, ons kan en moet die Here aan Sy beloftes herinner, maar nou doen ons dit vir ons eie, sondige en selfsugtige begeertes. Ek is onlangs deur ‘n oefening met gebed, waar ek besluit het ek gaan vir so ‘n week NIKS van die Here vra nie. Ek gaan nie vra vir versorging, geld, oplossings, beskerming, vertroosting... niks nie. Ek het besluit ek gaan die Here net prys vir alles. Bv :Here, hierdie situasie is voor my, ek prys U dat U die beste sal weet en my sal help om dit op te los. Ek het na drie dae opgegee, en besef ek het hierdie “give me, give me” mentaliteit. Ek wil net hê! Here, U sê mos: Ek wil julle die lewe gee en dit in oorvloed. Dus Here, dok nou daai geld en goedjies op.... en dit terwyl Joh 10:10 regtig niks met die materiële te doen het nie. Hy praat van die ware lewe, die ewige lewe. Joh 15:12 Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Om dit reg te kry, kan ons nie in hierdie “ek, ek”-mentaliteit vasval nie. As ons dit doen, wil ons liewer ontvang as om te gee, liewer voor draf as agter, liewer gehelp word as om te help, liewer vra as prys, liewer my belange as joune. Ek dink ook dis hoekom daar so baie bedrog is. Ek wil hê wat eintlik aan jou behoort. Ek sal die maatskappy se geld steel, dan kry jy nie ‘n bonus nie. Het jy al iemand se voete gewas? Dis nogal ‘n moeilike ding om te doen. Jy moet jouself stroop van jou trots en waardigheid om voor iemand te kniel en tussen sy tone te was. Jesus het dit gedoen, onthou jy? Jesus het sovêr gegaan om te sê: Ek het gekom om te dien, nie om gedien te word nie. Jesus het nooit “ek-ek” mentaliteit geopenbaar nie. Beslis nie aan die kruis nie, want niks daarvan was vir Homself nie. Dit was vir die wêreld, vir jou en vir my. As Jesus ons dan só dien, moet ons mekaar ook dien. Kruisig die eie ek, en wees bereid om die minste te wees. Geagte ouers, Indien daar iemand is wat belangstel om hul besighede te adverteer by Sentrale Volkskool, kontak my gerus op 082 576 6467. Daar is kontrakte beskikbaar vir advertensieborde wat ons op die heining rondom die skool wil opsit. Hoop om spoedig van u te hoor. Maretha Pelser Wysheid maak ’n mens vriendelik, dit verander ’n strak gesig.” - Prediker 8:1 6 April 2016 : Klas - en individuele foto’s. Drag : Somerdrag Sene ouers! Ons sportdag kom al hoe nader. Hou 9 April oop! Ons het regg elke Sene ouer se hulp nodig om van hierdie dag ‘n sukses te maak. As daar ouers is wat bereid is om ‘n donasie te gee vir die dag, sit dit asb in ‘n koevertjie gemerk “Sportdag” en stuur dit na die klas onderwyser. Enige ouer wat nog nie laat weet het of hulle kan kom help nie, stuur net ‘n sms na 080 576 6467 en ek sit u naam op die lys. Ons kan nie wag om die dag saam met u te kuier nie! Maretha Pelser 082 576 6467

description

Nuusbrief 9/2016

Transcript of Rooimier 9 - 2016

Page 1: Rooimier 9 - 2016

No. 9 Maart 2016

Nuusbrief : Sentrale Volkskool Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel : 056 2125 731 Hillstraat 92 Kroonsta d

[email protected]

Uit die Hoof se

kantoor : Ek, ek, ek.... nog ‘n slegte uitvloeisel is sogenaamde menseregte. Jy kan niks aan my doen nie. My handves van menseregte sê dat ek kan doen wat ek wil, anders kry ek my prokureur. “I demand!” Klink dit bekend? Ek eis my regte. Hierdie menseregte ding vat ons partykeer so ver dat ons sommer van die Here ook dinge begin eis. Ons wil op ons regte as Christen staan en die Here druk om nóú te doen wat Hy belowe het. Ja, ons kan en moet die Here aan Sy beloftes herinner, maar nou doen ons dit vir ons eie, sondige en selfsugtige begeertes. Ek is onlangs deur ‘n oefening met gebed, waar ek besluit het ek gaan vir so ‘n week NIKS van die Here vra nie. Ek gaan nie vra vir versorging, geld, oplossings, beskerming, vertroosting... niks nie. Ek het besluit ek gaan die Here net prys vir alles. Bv :Here, hierdie situasie is voor my, ek prys U dat U die beste sal weet en my sal help om dit op te los. Ek het na drie dae opgegee, en besef ek het hierdie “give me, give me” mentaliteit. Ek wil net hê! Here, U sê mos: Ek wil julle die lewe gee en dit in oorvloed. Dus Here, dok nou daai geld en goedjies op.... en dit terwyl Joh 10:10 regtig niks met die materiële te doen het nie. Hy praat van die ware lewe, die ewige lewe. Joh 15:12 Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Om dit reg te kry, kan ons nie in hierdie “ek, ek”-mentaliteit vasval nie. As ons dit doen, wil ons liewer ontvang as om te gee, liewer voor draf as agter, liewer gehelp word as om te help, liewer vra as prys, liewer my belange as joune. Ek dink ook dis hoekom daar so baie bedrog is. Ek wil hê wat eintlik aan jou behoort. Ek sal die maatskappy se geld steel, dan kry jy nie ‘n bonus nie.

Het jy al iemand se voete gewas? Dis nogal ‘n moeilike ding om te doen. Jy moet jouself stroop van jou trots en waardigheid om voor iemand te kniel en tussen sy tone te was. Jesus het dit gedoen, onthou jy? Jesus het sovêr gegaan om te sê: Ek het gekom om te dien, nie om gedien te word nie. Jesus het nooit “ek-ek” mentaliteit geopenbaar nie. Beslis nie aan die kruis nie, want niks daarvan was vir Homself nie. Dit was vir die wêreld, vir jou en vir my. As Jesus ons dan só dien, moet ons mekaar ook dien. Kruisig die eie ek, en wees bereid om die minste te wees.

Geagte ouers, Indien daar iemand is wat

belangstel om hul besighede te

adverteer by Sentrale Volkskool,

kontak my gerus op

082 576 6467.

Daar is kontrakte beskikbaar vir

advertensieborde wat ons op die

heining rondom die skool wil

opsit. Hoop om spoedig van u te

hoor.

Maretha Pelser

“Wysheid maak ’n mens vriendelik, dit verander ’n strak gesig.”

- Prediker 8:1

6 April 2016 :

Klas - en individuele

foto’s.

Drag : Somerdrag

Sentie ouers! Ons sportdag kom al hoe nader. Hou 9 April oop! Ons het regtig elke Sentie ouer se hulp nodig om van hierdie dag ‘n sukses te maak. As daar ouers is wat bereid is om ‘n donasie te gee vir die dag, sit dit asb in ‘n koevertjie gemerk “Sportdag” en stuur dit na die klas onderwyser. Enige ouer wat nog nie laat weet het of hulle kan kom help nie, stuur net ‘n sms na 080 576 6467 en ek sit u naam op die lys. Ons kan nie wag om die dag saam met u te kuier nie! Maretha Pelser 082 576 6467

Page 2: Rooimier 9 - 2016

12 Maart Gr. 1 Visvangkompetisie by Koppiesdam

0/7 en 0/8 Rugby en Netbaldag in Viljoenskroon

14 Maart Hokkieafrigters woon kliniek by om 15:00 by skool

15 Maart Kleuterskooluitstappie

Netbaldogters “Shadow” by Spur vanaf 18:00

16 Maart 0/9, 0/11 en 0/13 Toere na Potch en Bloemfontein (RUGBY)

17 Maart 0/9, 0/11 en 0/13 Toere na Potch en Bloemfontein (Slegs 0/12 & 0/13 Netbaldogters)

18 Maart 0/9, 0/12 en 0/13 Toere na Potch en Bloemfontein

Skool sluit 10:00

29 Maart Fichies o/11 vs Senties om 14:00 by die skool

5 April Skool open om 07:10 vir personeel(Personeelvergadering)

Skool open om 08:00 vir leerlinge

8 April NVS hokkieproewe in Welkom

9 April Senties se Sportdag by die skool

Keanu Swanepoel

Eksamen Rooster : Maart - 2016

Maart Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

4 Maart Geografie

7 Maart Wisk 1 Wisk 1 Geskiedenis

8 Maart Wisk 1 NW Geskiedenis EBW

9 Maart Wisk 2 Wisk 2 Wisk 2 Wisk

10 Maart NW Geskiedenis NW NW

11 Maart Engels Engels Engels Engels

14 Maart Afrikaans Geografie Afrikaans Tegnologie

15 Maart Geografie Afrikaans Geografie Afrikaans

Baie geluk Nicole Hugo

Sy het deelgeneem

aan die Fezile Dabi

Atletiekbyeenkoms

en is 1’ste in

spiesgooi.

Baie geluk

Nicole, Senties is

trots op jou! ’

Aandag alle ouers :

Skool open 5 April 2016 om 08:00 vir alle

leerlinge

Page 3: Rooimier 9 - 2016

Koshuishoekie … Opsaal Koshuis : Die koshuis is vir my baie lekker, want daar is nie

‘n ma wat heeldag raas oor leerwerk en huiswerk

nie en steeds word ons huiswerk gedoen. Ons

doen ook lekker dinge by die koshuis soos swem,

speel krieket, speel saam vriende voor op die

grasperk en nog baie meer. Die ding wat ek die

meeste van die koshuis hou is die koshuis tannies

se kos.

Opsaal Koshuis is beslis ‘n plek om jou tweede

huis te noem.

Louw Erasmus - Graad 7

S.O Klas koor : Die S.O koor tree op by Kroonstad Noord - gemeente tydens ‘n ringsitting.

Page 4: Rooimier 9 - 2016

Senties Uitslae :

Skaak :

Baie dankie aan die leerders wat

Saterdag aan Welkom Gimnasium

Skaakkampioenskappe deelgeneem het.

Senties is trots op julle!

Heylie Els, Katryn Els, Katya Steyl,

Ewald Erasmus en Anavrin Louw

Tweekamp : Baie geluk aan Burger Marais wat vir die 0/13 Seuns Noord-

Vrystaat span gekies is. Senties is trots op jou!

Baie sterkte aan DJ &

Dendré wat gekies is om

vanaf 10 - 12 Maart aan

die SA Kampioenskappe in

PE te gaan deelneem.

Ons is trots op julle!

Hokkie : Baie geluk aan die volgende seuns & dogters wat in die Lejweleputswa ingesluit is.

Dogters : Nicole de Nysschen, Lizé Relling, Joret Olivier, Jané Vorster, Lanel Olivier, Megan Alexander.

Seuns : DW Staal, Burger Marais, Jerry Malefane, Louwtjie Greyling, Joshua Serfontein, Henry Myburgh, Louis Cronje