RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke...

10
1 Uitgawe 36 In hierdie uitgawe: Bl Dis Kersfeestyd 1 Inspirasie 2 Afdelingsnuus: Paardekloof 3 Lindeshof 3 Tandfontein 3 Sneeuwkop 4 Dutoit Vrugte 5 Oos-Kaap 5 Algemeen: Dutoit Agri Tegniese Dienste 6 Cherry Time 7 Dutoit EU B.V. 8 Gesondheid 8 Aanstellings 10 MISSIE Ons produseer, verpak, bemark en versprei kwaliteit landbouprodukte op ‘n geïntegreerde, volhoubare, winsgewende, wetenskaplike en markgedrewe grondslag tot bevrediging van ons kliënte en ander belanghebbendes. VISIE Dié voorkeurverskaffer van spesialis varsprodukte in Suid- Afrika KERNWAARDES Betroubaarheid Lojaliteit Ordelikheid Menswaardigheid Dis Kersfeestyd! 2019 snel vinnig by ons verby terwyl daar nog ’n laaste paar take afgehandel moet word, voordat ons die jaar groet, so amper asof daar nie ‘n volgende jaar gaan wees nie. Dit bly egter ‘n tyd van die jaar waar ons tyd moet afknyp om terug te kyk. Ons is gelukkig om ‘n voorspoedige jaar met ons mense te deel. ‘n Jaar waarin ons as besigheid op baie vlakke geseënd was: ‘n goeie oes met positiewe mark terugvoering. Daar was wel uitdagings, maar ons bou voortdurend saam aan die Dutoit Visie: Die voorkeur verskaffer van spesialis vars produkte in Suid-Afrika. Kerstyd is ook familietyd. Dutoit funksioneer as ’n maatskappy wat as ’n familie saamwerk. Ons almal, saam met ons vennote, verskaffers en kliënte, vorm uiteindelik deel van die Dutoit-familie. Baie dankie vir elke spanlid se bydrae tot ons familie-besigheid. Kom ons bou saam aan 2020, ‘n nuwe jaar vol suksesstories. Kersfees is ’n tyd van liefde, met die voorbeeld van ons Hemelse Vader wat Sy enigste Seun gestuur het om ons hier op aarde te lei. Dit is ’n tyd om mekaar lief te hê. Mag elkeen gedurende die feesseisoen kosbare tye saam hul families geniet en Sy vrede ervaar. Ons het gedurende die jaar ook afskeid geneem van ’n Dutoit-familie pionier, (oom) Jan Linde du Toit. Hy sal altyd onthou word vir sy ongelooflike bydrae tot die besigheid en ons mense. Ons is dankbaar vir die mooi herinneringe wat ons altyd sal bybly. Geseënde Kersfees en beste wense vir 2020! Wishing all family members peace and love this holiday season. May you feel the joy in your home that you bring to the Dutoit company. Pieter du Toit & Willem Coetzee RONDOMNUUS DESEMBER 2019

Transcript of RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke...

Page 1: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

1

Uitgawe 36 In hierdie uitgawe: Bl Dis Kersfeestyd 1 Inspirasie 2

Afdelingsnuus: Paardekloof 3 Lindeshof 3 Tandfontein 3 Sneeuwkop 4 Dutoit Vrugte 5 Oos-Kaap 5 Algemeen: Dutoit Agri Tegniese Dienste 6 Cherry Time 7 Dutoit EU B.V. 8 Gesondheid 8 Aanstellings 10

MISSIE Ons produseer, verpak, bemark en versprei kwaliteit landbouprodukte op ‘n geïntegreerde, volhoubare, winsgewende, wetenskaplike en markgedrewe grondslag tot bevrediging van ons kliënte en ander belanghebbendes.

VISIE

Dié voorkeurverskaffer van spesialis varsprodukte in Suid-Afrika KERNWAARDES Betroubaarheid Lojaliteit Ordelikheid Menswaardigheid

Dis Kersfeestyd!

2019 snel vinnig by ons verby terwyl daar nog ’n laaste paar take afgehandel moet word, voordat

ons die jaar groet, so amper asof daar nie ‘n volgende jaar gaan wees nie. Dit bly egter ‘n tyd van

die jaar waar ons tyd moet afknyp om terug te kyk.

Ons is gelukkig om ‘n voorspoedige jaar met ons mense te deel. ‘n Jaar waarin ons as besigheid

op baie vlakke geseënd was: ‘n goeie oes met positiewe mark terugvoering. Daar was wel

uitdagings, maar ons bou voortdurend saam aan die Dutoit Visie: Die voorkeur verskaffer van

spesialis vars produkte in Suid-Afrika.

Kerstyd is ook familietyd. Dutoit funksioneer as ’n maatskappy wat as ’n familie saamwerk. Ons

almal, saam met ons vennote, verskaffers en kliënte, vorm uiteindelik deel van die Dutoit-familie.

Baie dankie vir elke spanlid se bydrae tot ons familie-besigheid. Kom ons bou saam aan 2020, ‘n

nuwe jaar vol suksesstories.

Kersfees is ’n tyd van liefde, met die voorbeeld van ons Hemelse Vader wat Sy enigste Seun

gestuur het om ons hier op aarde te lei. Dit is ’n tyd om mekaar lief te hê. Mag elkeen gedurende

die feesseisoen kosbare tye saam hul families geniet en Sy vrede ervaar.

Ons het gedurende die jaar ook afskeid geneem van ’n Dutoit-familie pionier, (oom) Jan Linde du

Toit. Hy sal altyd onthou word vir sy ongelooflike bydrae tot die besigheid en ons mense. Ons is

dankbaar vir die mooi herinneringe wat ons altyd sal bybly.

Geseënde Kersfees en beste wense vir 2020! Wishing all family members peace and love

this holiday season. May you feel the joy in your home that you bring to the Dutoit

company. Pieter du Toit & Willem Coetzee

RONDOMNUUS DESEMBER 2019

Page 2: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

2

INSPIRASIE

Die Wes-Kaap gesondheidswerkers kom gereeld die eerste Woensdag van die maand vir die waardes-projek bymekaar. Die waardestema het deur die jare uitgebrei om nou oor baie meer sake te handel. Maatskaplike kwessies word gereeld bespreek en die verwagting is dat die werkers ook hulle kennis met die gemeenskap moet deel. Tydens die byeenkoms van 6 November, het een gesondheidswerker die sessies beskryf as "die nagmaalstafel waar hulle elke maand hul brood en drank" vir die maand wat voorlê, kom kry. Dit is ons oorwoë mening dat die wedersydse ondersteuning van die werkers onder mekaar, die inligting wat hulle kry van die susters, die kwessies wat aangespreek word, help om hulle toe te rus en te energeer vir dit wat hulle moet doen. Die afgelope jaar het ons die eerste ses maande op die kwessie van verslawing gewerk: Die oorsaak van verslawing, hoe om ‘n verslaafde te help, hoe om vas te stel op watter fase van verslawing 'n persoon is. Ons is bewus gemaak van die subtiele wyses waarop drankmisbruik bevorder word en 'n kultuur geskep word wat op die lange duur nie gesond is nie. Die semester is afgesluit met 'n blitskursus in die beginsels, moets en moenies van berading soos aangebied deur Marieta van Schalkwyk. Tydens die tweede semester is gefokus op 'n verskeidenheid kwessies: Bou die regte fondament vir 'n gesonde verhouding met jou kind, Help jou kind gesonde keuses maak en Tienerswangerskappe. Op 6 November het die kwessie van geestesgesondheid onder die soeklig gekom. Roderick Muller het met die dames kom gesels oor veral depressie, selfdood, angstoestande en beklemtoon hoe belangrik dit is om nie net 'n vinnige pilletjie uit te deel nie, maar na mense te luister, omdat die dieper probleme dikwels eers na vore kom wanneer 'n mens regtig belangstel. Dit is ontstellend dat depressie toenemend onder tieners voorkom en dat tienerselfdood ook al meer voorkom. Gesondheidswerkers (wat amper soos "algemene praktisyns" is wat mense met verskeidenheid sake kan help) moet dus die sensitiwiteit ontwikkel en leer om dieper na 'n kind se gemoed te kyk. Hiermee ons hartlike dank vir elke gesondheidswerker wat deur die jaar hard gewerk het om bewusmaking van verskeie kwessies te doen en by hulle gemeenskappe betrokke te raak. Die taak is nie aldag maklik nie, want daar is soveel kwessies wat moet aandag kry. Om die gemeenskap bewus te maak van die rol wat hulle eie leefstylverandering kan speel om siektes te voorkom, is een ding. Om hulle te oortuig om hulle gedrag blywend te verander, is veel moeiliker. Soms voel ’n mens dalk na moed-opgee, maar dan gebeur daar weer net iets wat 'n mens klein suksesse laat smaak en opnuut moed laat skep. Volhard net! Oor volharding het iemand eenkeer gesê: Volharding is 'n groot deel van sukses. As 'n mens lank genoeg aan 'n deur klop, móet jy uiteindelik iemand daarbinne wakker maak. Baie dankie ook aan ons susters wat die gesondheidswerkers ondersteun en 'n groot bydrae lewer tot 'n effektiewe diens wat 'n verskil maak. Ons sê ook baie dankie aan elke Bestuurslid wat hulle gesondheidswerkers ondersteun en aanmoedig. Mariette le Roux

Page 3: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

3

PAARDEKLOOF

AFDELINGNUUS

Dutoit Gholfdag: Carel Cronje het Saterdag 12 Oktober die jaarlikse Dutoit individuele stableford kompetisie met 41 punte gewen. Namens almal op Paardekloof wil ons hom hartlik geluk wens met sy tweede wen! Netbal Klub: Paardekloof het gedurende 2019 twee netbalspanne ingeskryf om deel te neem aan verskeie wedstryde wat deur die Witzenberg Sub-Distrik Unie gereël word. Ons het tweede geëindig in die A-liga. Mnr. Cronje word bedank vir die motivering en aanmoediging. Baie dankie aan elke speler, julle is puik!

LINDESHOF

Wêreldvigsdag: Die gesondheidswerkers van Lindeshof, Sarah Jiemies en Jo-Ann Beukes, het op Maandag 2 Desember 'n Wêreldvigsdag bewusmaking gehou. Hulle het gefokus op die bewusmaking van MIV asook omgee vir mense wat met die siekte gediagnoseer is. Daar is 'n praatjie in die kliniek aangebied, wat opgevolg is met een-tot-een gesprekke. 250 rooi strikkies en pamflette is aan bestuur, plaaswerkers, asook die instandhoudingspan wat op Lindeshof werksaam was, uitgedeel.

TANDFONTEIN

SA Ruiterpad Vereniging - Nuwelingsrit 2019 – Onder leiding van Deon en Annatjie van Zyl. Vrydagaand 1 November het baie van die deelnemende ruiters op Waboomsrivier by Gerrit (Kulu) & Lenie van Zyl se grasperk bymekaargekom. Daar was tente opgeslaan en beddens reggemaak in die skuur. Die ruiters het vroeg gaan inkruip ter voorbereiding van Saterdag en Sondag se rit.

Page 4: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

4

Daar het Saterdagoggend ‘n groep van 23 ruiters deur die boorde van Tandfontein gery. ’n Trop ribbokke en pragtige waterstrome was te siene. Almal het in Baliesgat se pragtige kloof afgery en by die kampeerplek afgesaal om middagete te geniet. Daarna maak hul kampvuur en kuier later heerlik oor ‘n vleisie en vertel stories van die dag se rit. Sondagoggend vroeg word daar weer vuur gemaak vir ontbyt, voordat daar opgesaal word na Leeuwrivier se kant van die plaas. Die pas is heelwat vinniger, want die paaie is sanderig. Daar word gery tot by Dam 2000 waarna daar ‘n draai gery word deur die Vleilandbewaringsgebied, terug na Tandfontein.

SKAAPKRAAL

VSA Besoek: Johann Raal en Johan Cronje het die Patatseisoen afgeskop met ‘n besoek aan Amerika. Die doel van die besoek was om nuwe praktyke en meganisasie metodes in patatverbouing te ondersoek. Die besoek het begin by een van ons kultivareienaars Louisiana State University (LSU) in Baton Rouge. Daarna het ons LSU se patat navorsingstasie besoek naby Chase in die noorde van Louisiana. Dit is die enigste van sy soort in die wêreld omdat die fokus daar 100% op navorsing en die ontwikkeling van patas is. Daar het ons nuwe idees waargeneem wat ons in die nuwe seisoen se plantaksie kan toepas. In Louisiana het ons ook LSU se jaarlikse velddag bygewoon by Black Gold Farms. Al die rolspelers in die patatbedryf van verskeie state het die geleentheid bygewoon. Ons het ook Matthews Ridgeview Farms se fasiliteite in Arkansas besoek. Daar het ons verskeie masjinerie gesien wat ons in die toekoms kan gebruik. Ons besoek het in Orlando Florida geëindig waar ons amper vir Orkaan Dorian ontmoet het. Gelukkig was ons vlugte vroeg genoeg bespreek en kon ons terugkeer. Produksieseisoen: Ons het vanjaar 44ha patats geplant wat uit 5 kultivars bestaan, 2x Oranjevleis en 3x Witvleis. Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as gevolg van die koue wat ons in Oktober beleef het. Ons het 30% minder hitte-eenhede in Oktober 2019 teenoor Oktober 2018 gehad.

Page 5: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

5

Ons het met die ingang van hierdie seisoen ‘n nuwe planter laat bou. Ons fokus met die plantmetode is om ‘n beter grootte verspreiding te kry wat ‘n hoër uitvoerpersentasie kan beteken en om moontlik vroeër te kan oes met gevolglike kostebesparings. Ons het die aksie oor ongeveer 12ha en verskeie kultivars uitgerol, die tekens is reeds daar vir moontlike sukses. Upot is ook tans besig met ‘n projek waar hulle ranke maak. Die eerstes hiervan is reeds op Platkloof geplant en almal betrokke is baie opgewonde oor die proses tot dusver. Ten spyte van die uitdagings gedurende die seisoen, voorspel ons steeds ‘n goeie opbrengs. Die proewe gaan verseker ʼn positiewe bydra lewer. Johann Raal

We are pleased to announce that Dutoit pack house was awarded the Peter Dall Excellence Award for consistent quality excellence in 2019. Congratulations to the Dutoit Vrugte team for this fantastic achievement. Quality is the cornerstone of the Pink Lady® business. Consumers have come to know and love the Pink Lady® brand and are prepared to pay more for a premium prod-uct, but then they expect a product of the utmost con-sistent quality. Here we are reliant on our pack houses to adhere to the Pink Lady® quality specifications in the Pink Lady® brand manual to pack the finest fruit under the brand name. It is pack houses like Dutoit that make it pos-sible to deliver on this promise.

OOS-KAAP

Dutoit Oos-Kaap het op 23 November ’n Gesondheidsdag aangebied: georganiseer deur George Bokkies, Sr. Melanie en verskeie Gesondheidswerkers. Die doel van die dag was om mense bewus te maak van hul eie gesondheid en om gesonde lewensstyl te handhaaf. ‘n Gesonde lewenstyl verseker ‘n gesonde liggaam, wat minder siekte en meer lewenslus vir almal beteken. Daar is baie wat jy kan doen om ‘n gesonder lewenstyl vir jou en jou familie te verseker, sonder om baie geld te spandeer. Voorkoming is beter as genesing. Sommige siektes is onvermydelik, maar daar is baie wat jy kan doen om so lank as moontlik gesond te bly of selfs te verhoed dat jy siek word. Sowat 250 deelnemers het aan die dag se verrigtinge deelgeneem. Dit sluit bestuurders asook Hoofkantoorpersoneel en baie ondersteuners in. Die dag het begin met ‘n optog, gevolg met ‘n 5km pretdraf, 80m stap (bejaardes), Netbal en Aflos.

DUTOIT VRUGTE

Page 6: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

6

Jumbo Bees is aangewys as die die span met die beste gees en Die Arende met die beste uitrustings. Baie dankie aan elke

deelnemer en ondersteuner, julle het die dag ‘n fees gemaak.

Die Oos-Kaap se gesondheidswerkers het gedurende September hul Nasionale sertifikate ontvang. Estelle Engelbrecht (Philani) het die plegtigheid gelei. Dutoit Agri het oor die jare etlike gesondheidswerkers deur Philani Opleiding en Ontwikkelingsentrum laat oplei, die eerste groep so vroeg as 2009. Hierdie persone werk in verskillende afdelings waar hulle woon en verrig verskeie take soos bv. om die klinieksusters by te staan met administratiewe take, noodhulp toe te pas in die geval van beserings en om pasiënte te prioritiseer wat die klinieke besoek. Hulle help ook in die bewaarskole en nasorgsentrums, waar hulle die kinders se fisiese versorging kan monitor.

Baie geluk aan hierdie gesondheidswerkers: Jacobus Bambi (Jagersbos), Maria Palmer (Lab), Anthea Davids (Meulrivier), Edwina Blaauw (Koukamma Fruit Packers), Gennine Stone (Meulrivier). George Bokkies

DUTOIT AGRI TEGNIESE DIENSTE

Op 10 Oktober 2019 het die nuwe steenvrugseisoen met die Flavela nektarien op Swartdam afgeskop. Die seisoen is sewe dae vroeër as die vorige jaar. Die vroeë nektarien kultivars arriveer goed by die oorsesemarkte wat voordelig is vir die seisoen vorentoe. Daar word vanjaar gefokus op optimale plukrypheid met die oog om meer uniforme vrugrypheid te verkry. Optimale plukrypheid is ‘n groot uitdaging met die variërende klimaattoestande wat vanjaar ondervind word. Vrugrypheid word daagliks tussen die Landgoedere en die Tegniese span gemonitor om optimale vrugkwaliteit vir kliënte te verseker. Die suikervlakke van die vroeë nektariens was nie so hoog soos beplan nie, alhoewel die eetkwaliteit steeds van hoë gehalte is. Tot op hede is daar drie kultivars wat veral uitgestaan het, naamlik Royal Ruby (Swartdam), Honey May (Excelsior) en Spring Princess (Excelsior). Die perske, Spring Princess van Excelsior, het vanjaar ‘n besonderse mooi rooiblos getoon.

Page 7: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

7

CHERRY TIME

Crispy is tans besig met 'n goeie nekarienoes, wat ons opgewonde maak vir die vrugte wat nog oppad is vanaf die Kouebokkeveld Landgoedere. Die afgelope twee weke se hoë temperature bring sy uitdagings, maar het ook sy positiewe om sodoende vruggroei en akkumulering van suikers te bevorder. Daar word verwag dat die later seisoen nektarien kultivars, vanaf week 51, baie goeie vruggrootte en suikervlakke gaan bevat. In die Wes-Kaap is die produksie van pruime vanjaar taamlik minder. Dit word toegeskryf aan ongunstige klimaatstoestande (hoë temperature en lae relatiewe humiditeit) gedurende die bestuiwingsperiode. Alhoewel, met laer produksie word groter vrugte en beter suikervlakke verkry.

In teenstelling met die Wes-Kaap, lyk die pruimproduksie in die Langkloof vanjaar belowend. Die eerste pruime word in week 50 verwag. Swartdam het reeds hul seisoen met Alpine op 26 November afgesluit, maar daar is ‘n groot volume nektariens nog oppad tot einde Maart. Die Landgoedere, tesame met die Tegniese span, werk hard en doen alles in hulle vermoë om die beste moontlike kwaliteit vrugte aan almal te voorsien. Rudolph Cronje

Cherry Time has truly been something of a rarity. It's been a tough season with extreme weather conditions ranging from heat waves during flowering to ice rain before harvest. However, we're delighted to have shared some of the few cherries we have available with our Cherry Time family. We apologise to those who missed their cherry fix. We would've loved to share Cherry Time with all of you. Thank you so much to everyone for your support. ‘Tis the season to be cherry and we hope you have a very merry time.

Kick start the festive season with our cherry sundae! Let this recipe be the cherry on top... 1. Crush up Cherry Time cherries 2. Microwave heavy cream for 30 seconds.

Remove, add chocolate pieces and stir till smooth 3. Layer the cherries in the bottom of the bowls 4. Scoop in ice cream 5. Crumble in choc chip cookies 6. Drizzle on the chocolate sauce and add a sprinkle of

crushed nuts and a fresh cherry on top

Cherry Time borg Laerskool Gericke se Atletiekbyeenkoms Die byeenkoms het agt skole die geleentheid gebied om teen mekaar op die atletiekbaan mee te ding. Cherry Time is trots om by Laerskool Gericke betrokke te wees en is dankbaar vir die bekwame bestuur en personeel wat saam met ons in vennootskap in die opvoeding van ons kinders en ons werknemers se kinders is. Ons beste wense vergesel Laerskool Gericke!

Page 8: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

8

Meisiekinddag is ‘n wêreldwye beweging gelei deur jeug wat geslagsgelykheid, jeugregte en sosiale geregtigheid bevorder. Sara Jiemies en Jo-Ann Beukes (Lindeshof), Adrieëta Ambraal, (Nooitgedacht) en Sophie de Bruin (Paardekloof) het gedurende Oktober 'n meisiekinddag aangebied. Die volgende onderwerpe was bespreek: seksualiteit, tiener-swangerskap, selfbeeld-ontwikkeling en die gevare van dwelms. Die kinders was deelnemend en het baie vrae gevra.

GESONDHEID

DUTOIT EUROPE B.V.

DUTOIT GROUP renames NICO DE JONG BV into DUTOIT EUROPE BV. We are happy to announce that as of today, our European subsidary will continue under the name of DUTOIT EUROPE B.V. In this way we emphasize our strategy to bring producers closer to the European retail trade with added value at lower cost.

To operate under one name gives clarity to our customers, and emphasizes the direct relationship with the source. As a category service provider, Dutoit Europe will continue to add value to the supply chain for overseas fruit at the lowest cost and control the quality and operations for the EU customers on specification. We are a leading producer and distributor of superior fruit and vegetables. For more information, join us at www.dutoiteu.com. Press release: 2 September 2019.

Page 9: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

9

Verskeie Dutoit afdelings het in samewerking met klinieksusters mense bewus gemaak van die waarde van gereelde

borsondersoeke, wat tesame met papsmere gedoen moet word.

By Dutoit Vrugte het Shernay Nell gereël vir die aanbieding gedoen deur Sr Cedras van die Bella Vista kliniek.

Borsondersoeke en papsmere is op 12 vroue gedoen en 2 vroue is verwys vir verdere ondersoeke.

By Lindeshof het Sr Van Huffel en Sr Hufke van die Op-die-Berg-kliniek borsondersoeke en papsmere gedoen. Dit is

opgevolg met 'n bewusmaking op 28 Oktober in die Lindeshof kliniek waar Sara Jiemies en Jo-Anne gepraat het oor die

belangrikheid van papsmere, borsondersoeke, borskanker en servikale kanker.

Roshelle de Klerk van Vastrap het ook 'n borskankerbewussyn gereël met twee sprekers wat ook aangedui het hoe vroue

self gereeld hulle borste kan ondersoek.

Oktober is borskankermaand. Borskanker is een van die mees algemene kankers onder Suid– Afrikaanse vroue en

affekteer ook mans.

Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of

voel. Tipiese veranderinge sluit in:

- ’n Knop of verdikking in of naby die bors of in die armholte - 'n Verandering in die vorm of grootte van die bors - Kuiltjies of rimpels in die vel van die bors - ’n Tepel wat na binne inkeer - Abnormale afskeiding van die tepel - Skubberigheid, rooi of geswolle vel op die bors, tepel of areola (die donker deel rondom die tepel)

- Die vel van die bors lyk of voel soos lemoenskil

Borskanker wat vroegtydig opgespoor word, kan meer effektief behandel word met 'n groter kans op herstel. Selfs al voel jy

nou gesond, is jou kans om borskanker te kry groter net omdat jy ouer word.

Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag)

Wees bewus van hoe jou borste normaalweg lyk en voel – baie vroue ondervind dat hul borste soms knopperig voel wat

normaal is.

‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3

Lê plat op jou rug met ‘n kussing onder jou regterskouer en jou regterhand onder jou kop Maak klein, ferm sirkelbewegings

met die vier vingers van jou linkerhand in 'n op-en-af patroon oor die hele bors area, onder die arms en op tot by die skouer

Herhaal met die regterhand op die linkerbors.

‘n Kliniese Borsondersoek (KBO) is ‘n visuele en tasbare ondersoek van die hele bors - vanaf die sleutelbeen tot die bralyn

en van die armholtes tot by die borsbeen As jou roetine mediese ondersoek nie 'n KBO deur 'n mediese praktisyn insluit

nie, vra daarvoor. Vroue 40 of ouer, of wat ander risikofaktore het, behoort elke 2 - 3 jaar vir 'n mammogram verwys te

word.

Page 10: RONDOMNUUS DESEMBER 2019 - Dutoit Agri · Skaapkraal 33ha en Platkloof 11ha. Alhoewel die ranke baie goed gevat het, is die groei vanjaar nie so vinnig soos verlede seisoen nie as

10

AANSTELLINGS

AANSTELLINGS: Marius Botha (Joubertina Pakstoor) - Pakhuisbestuurder | Hannes van Rooyen (Dutoit Services) - Produksie-bestuurder | Jennifer van der Merwe (Dutoit Vrugte) - Snr Lynbestuurder | Dawie Bester (Nuweplaas) - Plaasbestuurder | Qamani Doko (Helderwater) - Plaasbestuurder. SKUIWE: Ricardo Hanse (Dutoit Groente) - Lynbestuurder | Klasie van der Merwe (Vastrap) - Landgoedbestuurder | Hannes Saulse (Koukamma Pakstoor) - Versendingsbeampte

Redaktrise: Runei Kotze. Stuur alle kommentaar, versoeke en nuus na [email protected] Telefoonnommer 023 312 1071. Korrespondente in afdelings: Dutoit Hoofkantoor: Adél Ras. Dutoit Vrugte: Andre van Wyk. Dutoit Groente: Florina Ismael. Dutoit Hout: Lucille Jacobs. Kromfontein: Chrisna du Toit. Lindeshof: Louisa Basson. Nooitgedacht: Mabru Marais. Paardekloof: Lenchen Visser. Vastrap: Therina Viljoen. Sneeuwkop: Bets Mostert. Tandfontein: Lina Smit. Skaapkraal: Carmé Steyn. Swartdam: Karin Malan. Excelsior: Theresa Pienaar. Oos-Kaap: Vanessa Strydom. Crispy Farming: Karin November. SeasonFresh: John Davey. Bokkenfontein: Willem Reynolds. Redaksionele beleid: Ons oorweeg alle bydraes, maar behou ons die reg voor om nie alle materiaal te plaas nie. In die oorweging word die totale spasie beskikbaar in ag geneem, asook of die materiaal in lyn is met die visie, missie en waardes van Dutoit Groep.

Bly altyd op hoogte van die nuutste Dutoit Agri nuus: www.dutoitagri.co.za / FB: @DutoitAgri / Instagram: @Dutoit_Agri

In November het Lindeshof ook 'n Movember veldtog gedoen, waarby mans betrek is en bewus gemaak is van die 5

manlike kankers wat in Suid-Afrika mans affekteer en die waarde van gereelde ondersoeke. 21 Persone het die praatjie op

5 November bygewoon en van die mans het besluit dat hulle die psa toetse sal laat doen.

Jiovan Gatyene het op 9 Des 2019 sy Nasionale Diploma in Bedryfsingenieurswese by CPUT ontvang na die voltooiing van sy internskap by Dutoit Vrugte en Dutoit Groente. Baie geluk!