Reseda uitgawe 1 15 april 2014

17
Manjifieke Minnieweek MEGAN JANSE VAN VUUREN W at Minnieweek aan elke inwoner van die koshu- is bied is ’n week propvol pret aktiwiteite waar dames die geleentheid kry om saans vir ’n ruk van die akad- emie te ontsnap en aan ou vriendskappe te bou en nu- wes te vorm. Die week se verrigtinge het Maandag die 10de Maart in Boere Bar afgeskop, waar die dames in ’n gesellige atmos- feer saamgetrek het en vol- gens ’n ‘boere of bikers’ tema aangetrek het om koshuisver- gadering te hou. Dinsdagaand het ouma- grootjies, oumas en ma’s met piekniekmandjies en kom- berse in Koekeloer vergader om die nuwe generasie met die jaarlikse ‘ma-en-dogter- aksie’ in hul families te verwel- kom. Daarna het hulle ’n paar oupagrootjies, oupas en pa’s by Excelsior manskoshuis ont- moet om ’n groot familiefees te hou. Die aand van die twaalfde is die dames, aangetrek as ’n gunsteling karakter in ’n bly- spel, na Music Café waar net die braafste onder die lot op die verhoog gaan karaoke het. Vir Donderdag moes die dames hul gereed maak vir ’n vree(t)same dag. In die Min- jonet eetsaal is daar tydens middagete ’n lang tafel uitge- sit waar die inwoners van die koshuis ’n maaltyd saam kon geniet. Daardie selfde aand het ‘gang-kook’ plaasgevind, waar elke gang die geleent heid kry om ’n gekose land in ’n stalletjie uit te beeld. Die maaltyd wat vir die stalletjie voorberei word, is noodwen- dig die belangrikste element en moet ’n goeie idee van die land se kookkuns skep. Die 14de Maart is die dames weer opgeroep om mekaar op dié Vrydagaand met hul vaardigheid in toneelspel te vermaak, waarná hulle die Minnieweek Bucket List buite gangverband moes voltooi. Saterdagaand is die naweek op ’n huislike manier met ’n informele dinee by die Snow Flake gebou afgesluit. Ter afsluiting van Minnieweek is ’n sambreelfunksie te Oudrift Riverside Lodge op Maandag 17 Maart gehou. Hierdie is ’n spesiale funksie waar alle tweedejaar dames se sam- brele aan hul oorhandig word as simbool van hul volwaar- dige senioriteit. Elke tweedejaar en senior kan met sekerheid getuig dat hierdie funksie een is wat van uiterse trots straal. Die week kon nie op ’n hoër noot afsluit nie.

description

Minjonet se inhuisjoernaal wat berig doen oor alle gebeurtenisse.

Transcript of Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Page 1: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Manjifieke Minnieweek

MEGAN JANSE VAN VUUREN

Wat Minnieweek aan elke inwoner van die koshu-

is bied is ’n week propvol pret aktiwiteite waar dames die geleentheid kry om saans vir ’n ruk van die akad-emie te ontsnap en aan ou vriendskappe te bou en nu-wes te vorm.

Die week se verrigtinge het Maandag die 10de Maart in Boere Bar afgeskop, waar die dames in ’n gesellige atmos-feer saamgetrek het en vol-gens ’n ‘boere of bikers’ tema aangetrek het om koshuisver-gadering te hou.

Dinsdagaand het ouma-

grootjies, oumas en ma’s met piekniekmandjies en kom-berse in Koekeloer vergader om die nuwe generasie met die jaarlikse ‘ma-en-dogter-aksie’ in hul families te verwel-kom. Daarna het hulle ’n paar oupagrootjies, oupas en pa’s by Excelsior manskoshuis ont-moet om ’n groot familiefees te hou.

Die aand van die twaalfde is die dames, aangetrek as ’n gunsteling karakter in ’n bly-spel, na Music Café waar net die braafste onder die lot op die verhoog gaan karaoke het.

Vir Donderdag moes die dames hul gereed maak vir ’n vree(t)same dag. In die Min-

jonet eetsaal is daar tydens middagete ’n lang tafel uitge-sit waar die inwoners van die koshuis ’n maaltyd saam kon geniet. Daardie selfde aand het ‘gang-kook’ plaasgevind, waar elke gang die geleent heid kry om ’n gekose land in ’n stalletjie uit te beeld. Die maaltyd wat vir die stalletjie voorberei word, is noodwen-dig die belangrikste element en moet ’n goeie idee van die land se kookkuns skep.

Die 14de Maart is die dames weer opgeroep om mekaar op dié Vrydagaand met hul vaardigheid in toneelspel te vermaak, waarná hulle die Minnieweek Bucket List buite

gangverband moes voltooi. Saterdagaand is die naweek

op ’n huislike manier met ’n informele dinee by die Snow Flake gebou afgesluit. Ter afsluiting van Minnieweek is ’n sambreelfunksie te Oudrift Riverside Lodge op Maandag 17 Maart gehou. Hierdie is ’n spesiale funksie waar alle tweedejaar dames se sam-brele aan hul oorhandig word as simbool van hul volwaar-dige senioriteit.

Elke tweedejaar en senior kan met sekerheid getuig dat hierdie funksie een is wat van uiterse trots straal.

Die week kon nie op ’n hoër noot afsluit nie.

Page 2: Reseda uitgawe 1 15 april 2014
Page 3: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Só heet die koerantMEGAN JANSE VAN VUUREN

Reseda: geslag plante waar-toe die Minjonet (of dan

mignonette) behoort. Só heet die koshuis se splinternuwe koerant ook – Reseda. Die naam van ons koshuis, Min-jonet, het sy oorsprong uit die Franse taal wat ‘fyn blou blommetjie’ beteken. Daar word ’n simboliese waarde van ‘waardigheid’ aan hierd-ie blommetjie geheg, wat dit meer veelseggend en toepas-lik op hierdie pragtige koshuis maak.

Hierdie blom vereis om deur die groenvinger gepam-perlang te word en is veral bekend vir sy welriekende geur. Die plant varieer in grootte en kleur, vanaf ’n iet-wat rooierige kleur, tot liggeel tot ’n groen witterigheid. Dit is dan voor die hand liggend waarom die eerste deel van die slagspreuk van die koerant ‘Jou Geur’ is en waarom dit op Minjonet van toepassing is: in verskeidenheid is daar ’n sterk gemeenskaplikheid wat alle afsonderlike dele tot ’n een-

heid verbind. Die volgende deel van die slagspreuk, ‘Jou Garde’, sluit direk hierby aan deurdat dit dui op ’n aantal persone iets gemeen het en in hierdie geval: ons liefde en passie vir ons koshuis, ons heenkome, ons tuiste.

Hierdie nuwe koerant hoop om dit wat in die naam en slagspreuk vervat is, ook prak-ties uit te voer deur ons ‘garde’ (lesers) deur middel van ons unieke ‘geur’ te verbind en die eenheid in verskeidenheid te

Reseda Blomplant

Sambreelinhuldigings funksieINGRID BEHRENS

Die spesiale aand het toe uiteindelik aange-

breek. Die aand waarvoor die tweedejaar inwoners van Minjonet Dameskoshuis al die hele jaar lank voor wag. Na hierdie unieke geleen-theid is die groep stylvolle dames volwaardig deel van Minjonet.

Na dae lange reën was die weer perfek en die atmosfeer asemrowend. Lineke Hat-tingh (voormalige Primaria) het almal verwelkom by die Oudrift River Lodge en Oom Sarel van der Walt (Huisvad-er) het die geleentheid op ’n gepaste wyse geopen en elke meisie herinner hoekom hulle hulle lewens gerig na Bo moet leef. Lineke Hattingh het dit weer duidelik gestel wat dit vir die inwoners van Minjonet beteken om dames met harts-tyl te wees. Konstanze Bosman (Primaria) het ’n spesiale brief aan elke tweede jaar gerig wat in haar afwesigheid deur Lineke Hattingh gelees is.

Om die aand vir elke tweede-jaar nog meer spesiaal te maak het elkeen die geleentheid gekry om hulle sambreel per-soonlik te ontvang saam met die volledige beskrywing van die betekenis van ’n dame met styl. Al die senior dames van Minjonet het hulle sambrele gelig en die tweedejaars die geleetheid gegee om onder-deur te loop. ’n Betekenisvolle eed is deur die tweedejaars groep afgelê om die beteken-is en waarde van hulle plek in die koshuis te beklemtoon. Die oomblik waarvoor almal gewag het, het uiteindelik aangebreek. Die tweedejaars het almal saam hulle sambrele gelig en oop-gemaak en daarna was hulle opreg deel van die senior groep van Minjonet Dameskoshuis.

Die fotohoekie het die tweedejaars die geleentheid gegee om hierdie aand vir altyd te onthou. Om die spesiale geleentheid mee af te sluit was daar versnapper-ings beskikbaar vir almal en nog herinneringe saam met hartsvriendinne is vasgelê.

Blikkieskosdag WENNERS!

Page 4: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Voormalige Viooltjie-prinses reik na hoër hoogtesCHRISTELLE VENTER en REINETTE STEYN

Terwyl die PUK-rugby-manne in ʼn brute stryd

op die veld tydens Varsi-ty Cup verwikkel is, is die dames van die kampus in ʼn stryd van ʼn heel ander soort geswoeg - Mejuffrou Varsity Cup.

Dit is alombekend dat Minjonet oor talle skoon-hede beskik, maar een dame in besonder het haar skoon-heid nog verder verwesenlik toe sy as tweede prinses uit hierdie kompetisie getree

het. Danelle Swanepoel, tweedejaarinwoner, is te danke aan haar persoon-

likheid en prag met hierdie uitstaande titel bekroon.

Dié voormalige Vioolt-

jie-inwoner is die 17de Maart tydens die Varsity Cup wedstryd tussen Pukke en UJ aangekondig en het weereens met ’n kroon (’n item wat elke Viooltjie-in-woner besit) op haar kop gespog.

’n Hartlike geluk vanaf Minjonet met haar presta-sie en die manier waarop sy die proses met ware Min-jonet-styl afgelê het. Inwon-ers is trots om te sien hoe hul koshuis deur een van vele unieke dames buite kos huisverband verteenwoor-dig word.

UILSTREKEMEGAN JANSE VAN VUUREN

Vir diegene wat gereeld ’n vars asem in Bee

Square kom skep, sou die skielike verskyning van ’n rooi-en-blou uilbeeldjie in die boom waarskynlik ’n verrassing wees. Die rede daarvoor is dat dié uiltjie wat ‘Rennie’ heet, vir sowat ’n jaar en ’n half op reis was om ander dele van die PUK te verken. Rennie is een van Minjonet se gelukbringers wat die eerstejaars van 2012 vaagweg sal onthou. Dit was in dié jaar dat Rennie die geleentheid gesien het om sy vlerke te sprei en saam met die manne van Patria na hul koshuis te vlieg. Aangesien ’n sekere aksie, op ’n sekere aand moes verdaag en hy nog glad nie uitgekuier was nie, het hy net eenvoudig geen ander keuse gehad as om saam te gaan nie (al het die kêrels

hom hoe hard gesoebat om maar eerder te bly). In Patria was hy gelukkig genoeg om op twee verskillende gange in dié kort tydperk te woon en ’n klompie nuwe vriende te maak. Na nie te lank nie, het die skuld aan hom begin vreet en hy het maar besluit om weer huiswaarts te keer om as doring tussen sy ge-liefde rose te kom bly. Dit is dan met die grootste plesier dat ons Rennie terugverwel-kom en ’n oog oor hom hou sodat hy nie vinnig weer sulke impulsiewe besluite sal neem nie. Hou die volgen-de uitgawe dop om meer oor Rennie se geboorte en kinderlewe hier in Minjonet uit te vind.

Reseda Advertensies

Page 5: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Alle goeie dinge bestaan uit drieMINKI SHUTTE

In ’n wêreld waar mededin-ging een van die mens se

belangrikste prioriteite ge-word het, is daar darem een kompetisie op die PUK wat ’n mens weer na realiteit laat terugkeer en anders na die konsep daarvan laat kyk, Jooldebutante.

Minjonet is hierdie jaar geseënd met ses meisies in die top veertig waarvan drie in die amptelike (pi-enk-ovie-dreaers) top-14 is.

Skoonheid is nie die enig-ste wapen vir hierdie mesies nie en liefdagigheid speel ’n groot rol.

Die top-40 die meisies moes elk binne ’n sekere tydperk ’n bepaalde bedrag geld ins-amel, vir onderhoude gaan, liefdagigheidsaksies onders-teun asook elk hul eie profiel van die reis opstel. Die top-14 meisies word dan aangekon-dig wat beteken dat hul die titel as jooldebutant verdien het en ontvang dan bekende ‘pink overall’ .

Hierdie meisies neem dan verder aan liefdadigheid deel, reël die SJGD ‘sand, see en skulp’ kamp waar hulle jong kindertjies vir die eerste keer see toe neem. Hulle staan ook as die ‘Woman of Worth’ of WOW-komitee bekend, wat verantwoordelik is om later in die jaar ’n deurnag-sokkie vir liefdagigheid te reël.

By hierdie jaar se lief-dadigheidsbal, waar die JOOL-koningin aangekondig word, is twee Minjonet-in-woners as die wenners van

die volgende aangekondig: Neline Minaar as Tweede Prinses en Jandra Degenaar as Mej. Ovie.

“Vir my was dit lekker toe ons agter die deur gelê het, almal saam uitgeput, warm met ons groot rokke en ons wag net dat die mense nou moet huis toe gaan,” vertel Neline.

Die drie meisies is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en hul raad aan enige iemand wat dié pad wil stap is: “Go for it!”.

“Die Here maak alles nuut”- Marlandi Küssman

“Be the person your dog thinks you are”- Jandra Degenaar

“Die Here se plan vir jou gaan al jou ver-wagtinge oortref.”- Neline Minaar

Page 6: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Tienie van WykO/Prim, Eerstejaars, AkademieVerjaarsdag: 22 Junie

Jan-Ben WieseBorge, Fondsinsamel-ing, Finansies, Klera-sie, Fin-JOOL, Klubhu-is Finansies.Verjaarsdag: 15 De-sember

Leon RoetsPrimarius, Seniorbond, Tug: SeniorsVerjaarsdag: 19 Sep-tember

Nicol GoodwinJOOL & ProjekteVerjaarsdag: 22 Mei

MarinusPawsonKultuur, PublikasiesVerjaarsdag: 26 Junie

1. Wat is jou studierig-ting?Ek is besig met die tweede en finale jaar van my Meestersgraad in Chemiese Ingenieur-swese.2. Wat is jou gunsteling kleur?Blou is my gunstel-ingkleur, Patria Blou.3. Is jy tans in ‘n ver-houding?Ek is tans in ‘n verhoud-ing, vir 10 maande sover, en ek beplan dat dit nog lank moet hou.4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ja en nee, ek dink ek kan ‘n geleentheid spesiaal maak, en iemand anders baie spesiaal laat voel, sonder om hartjies, rose en vlinders om elke hoek en draai te sien.5. Kies enige letter van die alfabet.P6. Sal jy oor 50m nat gras rol vir R500?Ek dink nie daar sal eni-ge skade wees om oor 50m nat gras te rol nie, so vir R500, verseker.

1. Wat is jou studierig-ting?B.Sc Fisika en Chemie, tans NGOS.2. Wat is jou gunsteling kleur(e)?Blou/Rooi/Groen.3. Is jy tans in 'n ver-houding?Ja.4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ja, sal meer inligting by die meisie moet kry.5. Kies enige letter van die alfabet.R6. Wat is die grootste leuen wat jy al vir jou ouers vertel het?Dat dit nie ek en my bro-ers was wat al ons bure se kuikens doodgeskiet het met ketties nie.

1. Wat is jou studierig-ting?B.Com GR, al gaan dit maar moeilik met tye.2. Wat is jou gunsteling kleur?Verseker enige skaker-ing van blou.3. Is jy tans in 'n ver-houding?Nee.4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Jiggels, ek probeer maar...5. Kies enige letter van die alfabet.B, hoekom?Ek weet nie..6. Wat sing of wens jy kon jy sing in die stort?Slegs opera ;)

1. Wat is jou studierig-ting?B.Ing Meganiese Inge-nieurswese2. Wat is jou gunsteling kleur?Blou3. Is jy tans in 'n ver-houding?Ja, ek het die mooiste meisie op die PUK.4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ja,verseker. Behalwe dat al my vriende my gewoonlik kom vra vir idees wat hulle vir hulle meisies kan doen, het ek twee susters wat my dwing om my roman-tiese sy uit te bring.5. Kies enige letter van die alfabet.A6. Wat sal jy nooit weer doen nie?By Jeffreysbaai is daar ’n plek waar mens van ’n hoë rots moet afspring (voel soos 100m) en ek het die water ’n bietjie hard getref.

1. Wat is jou studierig-ting?B.Com FinansiëleReken-meesterskap2. Wat is jou gunsteling kleur?Rooi3. Is jy tans in 'n ver-houding?Nee. (En ek verkies dit so)4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ek het my dae wat ek ro-manties kan wees, maar ek is chilled daaroor. Ek het nie iemand om voor romanties te weesnie.5. Kies enige letter van die alfabet.Q6. Wat is die stoutste ding wat jy al ooit gedoen het en was jy uitgevang?Ek is nie iemand wat stoute dinge doen nie. ;) (As ek doen, weet nie-mand daarvan nie en sal ook nooit weet nie).

NET-PArfek - MARLANDI KüSSMAN

Page 7: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

MarinusPawsonKultuur, PublikasiesVerjaarsdag: 26 Junie

Adolph KleynhansSport, TweedejaarsVerjaarsdag: 31 Mei

Estiane de LangeSJGD, Studentebe-lange, Multimedia, SekretarisVerjaarsdag: 20 Feb-ruarie

Elric PretoriusAKSA,Werwing, In-standhoudingVerjaarsdag: 30 April

Bennie GenisSosiaal, KlubhuisVerjaarsdag: 27 Maart

1. Wat is jou studierig-ting?B.Com FinansiëleReken-meesterskap2. Wat is jou gunsteling kleur?Rooi3. Is jy tans in 'n ver-houding?Nee. (En ek verkies dit so)4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ek het my dae wat ek ro-manties kan wees, maar ek is chilled daaroor. Ek het nie iemand om voor romanties te weesnie.5. Kies enige letter van die alfabet.Q6. Wat is die stoutste ding wat jy al ooit gedoen het en was jy uitgevang?Ek is nie iemand wat stoute dinge doen nie. ;) (As ek doen, weet nie-mand daarvan nie en sal ook nooit weet nie).

1. Wat is jou studierig-ting?B.Ing Chemies2. Wat is jou gunsteling kleur?Blou3. Is jy tans in 'n ver-houding?Dis ingewikkeld4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ek los dit vir julle om uit te vind en te bepaal…5. Kies enige letter van die alfabet.A6. As jy enige mascot kon wees, wat sal dit wees. Hoekom?Die Pukki, want hy kry drukkies by die meisies en Potch het die moo-iste meisies!

1. Wat is jou studierig-ting?Meesters in IT2. Wat is jou gunsteling kleur(e)?Navy en Wit3. Is jy tans in 'n ver-houding?JA4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ek glo so.Behandel my meisie soos 'n meisie behandel moet word. Vat blomme, maak die deur oop en op spesiale geleenthede prober ek my bes om haar spesiaal te laat voel, al is dit nou 'n aand onder die sterre of 'n middag by die see as die sonsak met 'n lekker glas rooiwyn.5. Kies enige letter van die alfabet.X6. As jy die geleentheid kon kry om enige aktrise te kan soen of op 'n date te gaan met haar, wie sal dit wees? Ek sal baie graag saam met Sandra Bullock op 'n date gaan, omrede ek dink sy is ongelooflik goed in wat sy doen en ek dink sy is 'n baie interessante mens.

1. Wat is jou studierig-ting? Ag nee, regtig? (MBW en 'n graad in langpouse {Rekreasie}, finale jaar)2. Wat is jou gunsteling kleur(e)?Swart, wit en grys3. Is jy tans in 'n ver-houding?Nee4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Hmmmm, moontlik, ek probeer my bes. Ek dink buite die boks en prober kreatief wees om dit spesiaal te maak en hopelik 'n bietjie haar knieë lam te maak in die proses. Ek geniet die ou cliché’s, deur oopmaak, rooi rose en verrass-ings...5. Kies enige letter van die alfabet.G6. Verkies jy blond of brunette by 'n meisie? Blond

1. Wat is jou studierig-ting?Meganiese ingenieur-swese (al kom dit nie so voor nie)2. Wat is jou gunsteling kleur?Gunsteling kleur: verseker blou (verskeie redes daarvoor, naamlik: PATRIA BLOU, Blou bul blou en ek kom van die plaas af waar die moo-iste blou te siene is)3. Is jy tans in 'n ver-houding?Ek is nie tans in 'n ver-houding nie. (Ek is dalk te kieskeurig of trek nie meisies se aandag nie. Een van die 2 )4. Klassifiseer jy jouself as romanties. Hoekom?Ek doen ja. As die oomb-lik reg is, moet 'n meisie spesiaal voel en geen twyfel he dat jy omgee nie. (Dit gaan maar oor respek en omgee)5. Kies enige letter van die alfabet.X (Dalk het dit te doen met wiskunde, of nie?)6. Wat is jou gunsteling kougom maak en geur?Dentyne Strawberry (Dis blykbaar goed vir jou tande)

Page 8: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Eerstejaarskonsert se kaarte val regMEGAN JANSE VAN VUUREN

As die kaarte val’ en jy het jou hand reg gespeel,

stap jou sleep met ’n algehele vierde plek uit veertien ander slepe weg. Dis ook presies wat Minjonet en Patria met hierdie jaar se eerstejaarskon-sert op die 24ste Januarie op die Sanlam Ouditorium se verhoog gedoen het. Met die kaartland, Casino Royale, in die mag van die kwaadwillige Ace se hande na die shred-ding van die Koning en Kon-ingin van Harte, moes Jack van Harte slim planne beraam om weer aan bewind te kom. ’n Undercover kaart, ’n slow mo fisiese geveg en kara-te-kaphoue maak deel uit van die ekwilibrium wat uitein-

delik deur die regte ‘Jack van Harte’ in Casino Royale herstel word. Propvol belaai met skerp choreografie, sang, toneelspel, humor, begeleid-ing en gedetailleerde dekor, was hierdie konsert genoeg om die gehoor op ’n avontuur na ’n ander land te neem. Om so ’n topproduk-sie op die planke te bring, sit nie in elke ou se skoene nie, maar die seniors, eerstejaars en kultuur HK-lede van dié twee koshu-ise het hope energie en harde werk ingesit om wel daarvan ’n sukses te maak. Buiten die tops algehele plek, spog hulle ook met gesamentlike derde plekke vir ‘beste begeleiding’ asook ‘beste eie komposisie’ en gesamentlike eerste plek-ke in die kategorieë ‘beste toneelspel’ en ‘ beste cho-

Sêr: Take TwoMEGAN JANSE VAN VUUREN

As jy die klanke van enge-lekore en nagtegale saans in jou kamer hoor in-stroom, is jy nie vêr van die waarheid af nie. Die twin-tig nuwe “sêrries” is reeds hard aan die oefen vir kam-pussêr wat in Juliemaand plaasvind. Stembou, asemhaling, gesigsuitdruk-kings, diafragma-oefen-ing, improvisasie en selfs huppelsang (die aksie om gelyktydig te huppel en sing) is in hul daaglikse oefenprogram ingesluit. Buiten die ‘strawwe’ oe-fening, sal elke dame kan getuig van die hope pret

wat in die sangsessies plaas-vind. Met ’n inbly-naweek, die 28ste Februarie tot die 2de Maart, reeds agter die rug, is die dames goed op skedule om oor vier maande die gehoor en beoordelaars se oordromme aan die brand te sing. Hierdie jaar is die groep bevoorreg genoeg

om twee puik musikante as afrigters te hê: Veritas se koshuismoeder,Tammy Erridge Aslett, wat in 2012 die hoofrol van Sandy in die blyspel Grease, wat deur die NWU aangebied is, vertolk het, asook Stephanie le Roux as hulpafrigter, wat die afgelope paar jaar al verskeie

wen-sêrgroepe afgerig het. Met hope positiwiteit, en-toesiasme en goeie leiding is hierdie twintig dames nie bereid dat enigiets hier die jaar in hul pad sal staan om ’n professionele en afgeronde produksie in die Totiussaal en op die Ouditorium op die planke

Page 9: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Gangsêr – meer as net sangtalentPETI ALBERTS

Al het die spanning met die aanbreek van gangsêr hoog geloop, het die gees en opge-wondenheid van die meisies in die gange oorheers.

Gangsêr is nie sommer net nóg ‘n aktiwiteit nie, dis die gangaktiwiteit waar elke meisie haar musikale drome kan uitleef sonder skaamte en elke oomblik daarvan geniet. Dis (gelukkig) nie nét musi-kale talent wat op die aand van die 19de Februarie in Koekeloer getoets is nie, maar ook die kreatiwiteit van elke gang se unieke kostuumont-werp en versteekte humor in hul optredes.

Alhoewel die voorgeskrewe lied “Eighteen ‘till I die”, die trotse temalied van Min-jonet was, het elke gang die geleentheid gehad om hulle eie tema te kies. Dít het om-trent ’n verskeidenheid van

vermaak opgedis. Viooltjies was ‘Uit Op ’n Leeujag’ met uitrustings en toerusting wat hul verseker goed gekamoe-fleer het. Poison Ivy het in ’n ligte luim met verskeie poli-tieke partye die spot gedryf. Leeubekkie het met zombies, wat enigeen in die nag sal laat skrik, die rekenaarspeletjie ‘Plants vs. Zombies’ uitge-beeld. Iris het dié wat selde in die gimnasium uitkom effens skuldig laat voel met ’n spottende vertoning oor ‘Die Vet Eksperiment’. Kruidjie-Ro-er-My-Nie het Beverly Hills se ‘Doctor 90210’ gebruik en die verspotheid van plastiese sjirurgie uitgelig.

Die aand is met vreugde en trots afgesluit en die resultate is as volg: in die vyfde plek - Leeubekkie, vierde - Viooltjies, derde - Poison Ivy, tweede - Kruidjie-Roer-My-Nie en die wenners van die aand was niemand anders as Iris nie.

BERNADETTE JACOBS

Vanjaar se gangdebat het gesorg vir groot opwinding en vuurwerke voor Poison Ivy as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Die aand het op die af-geskop in Koekeloer met die debatspan van Iris wat ewe braaf die gedugte Huiskomi-teespan aangedurf het. Iris se argument dat Afrikaans as voertaal van die Noord-wes-Universiteit se Potchefst-roomkampus afgeskaf moet word, is baie vinnig doodge-

praat deur die HK se uiters passievolle, dog geslaagde argumente.

Viooltjies en Leeubekkie het mekaar volgende die stryd aangesê en die teer sakie, Kos op die PUK, aangedurf. Leeubekkie was oortuig daarvan dat die versnaperings op die PUK niks te doen het met studente se ongesonde lewenstyl nie, en kort nadat die vurige debat begin het, moes Viooltjies die knie buig en saamstem.

Een van die taaiste argu-mente van die aand was

beslis die argument tussen Poison Ivy en Kruidjie-Ro-er-My-Nie. Hul het mekaar aangevat oor die anonimiteit van programme soos die AKSA-aksie, Biggest Loser. Poi-son was vas oortuig dat deel-nemers anoniem behoort te bly, terwyl Kruidjie hul verse-ker het dat die deelnemers se name publiek gemaak moet word. Die spanning het hoog geloop, en alhoewel die gehoor kon sien dat die stryd uiters geniet word, was die twee gange baie ernstig oor hul onderskeie standpunte.

Hierdie twee gange is dan ook deur die beoordelaars gekies om hul argumente vir die finaal van die gangdebat op te skerp. Die onderwerp: Doorsindroom, feit of mite? Die argument het gou ve-rander van pret na ernstige sake, later na ’n regte oorlog. Die gehoor is vermaak en terselfdertyd verstom deur die ongelooflike redenasies wat tussen dié twee gange ontstaan het. Op die ou end het Poison Ivy as wenners uit die stryd getree, en ‘doorsin-droom’ is as mite verklaar.

Hul praat dooie jakkalse aan die draf!

Page 10: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

SUZETTE VAN HEERDEN

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die klokke

begin lui vir die sleepkos- huise. Ja, dit ís trouaksietyd.

Op 25 Februarie is Min-jonet Dameskoshuis in die eg met Patria Manskoshuis verbind. Die gaste is ter-uggeneem na ’n antieke tydperk met ‘Vintage met twist’ as tema en in Patria se klubhuis en ontspanningsaal onthaal. Daar was ’n gelag vir toesprake, gesokkie oor die

Net-Parfekte Vintage Trouedansvloer en vreugdevolle bande wat gebou is, nes dit ’n goeie troue betaam.

“Ek het nooit gedink ek gaan meer as een troue hê nie, maar om saam met agt ander vriendinne te trou en dit saam my koshuissussies te kan deel, is die kersie op die koek” was Anneri Nel, Min-jonet-eerstejaars HK-lid, se beskrywing van die ervaring. Eerstejaars HK-lid van Patria, Tienie van Wyk, het gesê dat dit vir hom ’n ‘NET-PARfekte’ troue was.

SEWE-nde dae van reën en JOOL-blommeMARLANDI KÜSSMAN

JOOL- Jou onbaatsugtige opoffering vir liefdadigheid, met ander woorde, jou onbaatsugtige opoffering vir slaap en hierdie jaar, jou opoffering vir droë en skoon klere, om nie eers te praat van jou skoene nie.

NET-PARfek is hierdie jaar nie net geseën met ’n sewende plek vir die vlot onder die afdeling Prak-JOOL nie, maar ook met onop-houdelike reënbuie so tussen deur die struktuurbou en blommetjies vou. Strukture, popkoppe, JOOL-narre en veiligheid het deel uitgemaak van dié puntetoekenning. Volgens Lizanne, JOOL-HK-lid, was die tema van die vlot ron-dom ’n politiese tema gerig met mitologiese karakters se lywe gemeng met moderne politiese figure se koppe.

Prak-JOOL, wat uit die vlot asook Pot-en-Pons bestaan, is een van drie afdelings waaraan die portefeulje geken word. ’n Vyfde plek is

verlede jaar aan NET-PARfek toegeken vir hul Pot-en-Pons afdeling. Hiérdie afdeling vereis die opmaak van ’n stalletjie volgens ’n tema en in hul geval, Arabies, asook die maak van ’n potjie-kos en ’n pons wat by die tema aansluit.

Die tweede afdeling is JOOL-spele waaronder JOOL-lympics val. Hierdie onderafdeling het tydens Pot-en-Pons plaasgevind waar dit van elke koshuis vereis word om ‘n senior-span in te skryf wat

deur die nag ’n oefenfiets trap. Die koshuis wat die meeste kilometers kan aanteken, kry die hoogste puntetoekenning. Daar is ook ’n eerstejaarspan wat gedurende O&B by die ander onderafdeling, JOOL-111, betrokke was. Hier neem ’n span eerstejaars, teen ’n gemete tyd, aan verskeie aksies deel. Die punte van hierdie al-gehele afdeling is nog nie finaal bekend nie.

Fin-JOOL is die derde afdel-ing. By hierdie afdeling word

daar van elke koshuis verwag om teen sekere datums ’n min-imum bedrag per kapita in te samel. Die eerstejaars sowel as die JOOL-komitee is in groepe gedeel om op ’n kreatiewe manier ’n bedrag geld in te samel. Daar word tans aan hierdie afdeling gewerk.

“Dit was vir my ’n heerlike uitdaging en ’n groot voorreg om JOOL aan te pak saam met my uitstekende komitee en die res van Minjonet,” het Lizanne gesê.

Page 11: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

WATCH OUT OR GET WETRORISANG MHLABA

On a hot sticky summer day all you ever need is a cold crisp glass of soda and to just relax under a tree. In Minjonet things are done in a unique and different way. On the 22nd of Febru-ary Hombré male residence hosted an exclusive splash party at their hostel and invited Minjonet to cool off the girls in the midst of Potchefstroom’s heat. A bouncy castle and a foam water slide seemed to be the perfect combination for a summer party, but the addition of delicious bites of sweet watermelon made it even more ideal. Guests claim that the party was a great success.

PETI ALBERTS en INGRID BEHRENS

‘Minjonet Informele Dinee 2014’ is vir seker ’n aksie om te onthou. Met uitspattige kostuums en ’n geesdrift-ige atmosfeer was dit die ideale aand waarin herin-neringe van vriendinne in elke oomblik vasgevang kon word.

Die dinee is op 15 Maart in die Snowflake gebou onthaal. Die tafels is met ballonne opgehelder en ’n tafel waar almal wou stop vir ’n lekker of vyf, het een van die mure versier. Sosiale HK-lid, Marioné Bar-nard en haar komitee het hul oortref en met unieke idees en elke gas meer as welkom laat voel. Die dans-vloer het gewemel van lywe wat rond skud, maar nog bedrywiger was die manne wat hul langs die

vuur staan en afsloof het aan boerewors braai sodat almal se hongerpyne met ’n boerie-rol gestil kon word. Die verskeiden-heid van goeie musiek en beter geselskap tussen metgeselle en koshuis-sussies het die aand vir elkeen uniek en spesiaal gemaak.

Hierdie geleentheid is deur Marioné gebruik om die wenners van Gang-kook, Leeubekkie, aan te kondig. Daar is ook terselfdertyd toekennings aan dames wat ’n besonderse indruk in die afgelope jaar gemaak het, uitgedeel. Hierdie spesiale kategorieë het die volgende ingesluit:

Poppie van die jaar - Alta Laubscher

Best dressed - Alta Laubscher Drama Queen - Marlandi

Küssman

Sluiper - Shané Kilian Blommekind - Dune KahlauEinstein - Nelri Kemp Vinkel en Koljander - Lize de

Jager en Hannesci Potgieter.Tortelduiwe van die jaar -

Marioné Barnard en Jaco de Beer.

Clean Freak van die jaar - Janine Wright.

Sosiale vlinder - Marioné Barnard.

Grapjas van die jaar - Michelle Burger.

Paartjie van die aand - Elmari Cilliers en Hugo Richter.

Die aand het geesdriftig voortgegaan met ’n fotohoekie wat deur MSM geborg is om die herinneringe vas te lê. En die dansvloer was tot laat op volle dreef waar hartsvriende en -vriendinne saam kon lag en dans en laf wees.

Manjifieke Minjonet Karnaval

Speed Dating vir EerstejaarsAMORYN SNYMAN en PETI ALBERTS

Op die 26ste Februarie moes eerstejaars uit die

bondel ‘gevreesde’ tweed-ejaars vir hulle ’n ‘Ma’ kies. Hierdie dame koester haar eerstejaar ‘dogter’ vir die res van hul koshuislewe. Hierd-ie aksie word ‘speed dating’ genoem. Elke tweedejaar moes ‘face time’ saam met elke eerstejaar kry, sodat sy ’n ma kon kies wat die beste by haar sou pas. Die linker-

breine by die linkerbreine, die ponytails by die ponytails en die atlete by die atlete.

Dit was nie net ’n geleen-theid vir die eerstejaars om

hulle toekomstige koshuis-moeders te leer ken nie, maar ook vir die tweedejaars om intiem met die nuwe bytjies kennis te maak. Elke by het nou

Page 12: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Konstanze Bosman (Primaria, Seniors en Tug)

1.Wanneer was jou eerste ver-houding en met wie?

In graad 9 met Jason Esterhuizen.2.Wanneer het jy jou eerste soen

gehad?Einde graad 9 en dit was aaklig.3.Wat is jou beste eerstejaarsher-

innering?Die HK-instorming - as gevolg van die trots wat daar uitgestaan het, nie omdat ek dit geniet het nie. Slegs omdat ek gedrewe dames gesien het en beïndruk was. En dan ook sêr.

4.Noem 3 dinge waarvan jy nie van mans hou nie.

-Grillerige toonnaels-As hulle voorgee om ’n gentleman te wees-As hulle ’n groot bohaai maak van rugby (byvoorbeeld as hulle nie kan speel nie, dan dink hulle dat hulle nie mans genoeg is nie)

5.Watter gewoonte sal jy graag van ontslae wil raak?

Om die lyne op die pad te tel terwyl ons ry.

6.Hoeveel kinders wil jy graag eendag hê?

Sewe kinders. Dit is onrealisties, maar definitief ’n droom. Ek hoop dit is drie keer ’n tweeling en dan een laatlammetjie.

Caryn Koekemoer (Onder primaria en Sport)

1.Wanneer was jou eerste ver-houding en met wie?

Dit was in graad 8 met Hans.2.Wanneer het jy jou eerste soen

gehad?In graad 8.3.Wat is jou beste eerstejaarsher-

innering?Toe ons oor Overs se gras gehard-loop het (ek was gevang, maar toe praat ek die outjie om en toe steek hy my weg) en daarna by die Calvyn geswem het.

4.Noem 3 dinge waarvan jy nie van mans hou nie.

-As hulle ’n obsessie het oor gym-As hulle pout in ‘n foto-As hulle permanent by die spieël is14.Beskryf jouself in ’n woord wat met ’n ‘‘B’’ begin.Behulpsaam.

5.Watter gewoonte sal jy graag van ontslae wil raak?

Om my neus hard te blaas.

6.Hoeveel kinders wil jy graag eendag hê?

Drie Kinders.7.Hoekom is daar ’n vervaldatum

op suurroom?Sodat jy nie gegiste room kan geb-ruik nie.

Anneri Nel(Eerstejaars en Sekretaresse)

1.Wanneer was jou eerste ver-houding en met wie?

Dit was in graad 6, met Marius Skempers.

2.Wanneer het jy jou eerste soen gehad?

In graad 8.3.Wat is jou beste eerstejaarsher-

innering?Die aand toe ek my koshuisma gekry het.

4.Noem 3 dinge waarvan jy nie van mans hou nie.

-As hulle stadig is in terme van dinge agterkom-As hulle geen respek toon nie-As hulle aanneem hulle weet wat jy gaan sê en nie luister nie

5.Watter gewoonte sal jy graag van ontslae wil raak?

Om goed op die nippertjie te doen.6.Hoeveel kinders wil jy graag

eendag hê?Twee Kinders.

7.As jy jou naam kon verander, wat sou dit wees?

Annie Brand.30.Watter liedjie som jou lewe

op?

Let my life song sing to you - Cast-ing Crowns.

RORISANG MHLABA

Page 13: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Reseda Resensie

“Wanneer twee ‘onvolkome’ enkellopendes trou, sal hulle verbintenis hulle nie volkome heelmaak nie. Hulle sal steeds twee onvolkome mense wees wat probeer om volkomen-heid in mekaar te vind. Eers wanneer hulle verstaan dat volkomenheid gevind word in ’n verhouding met Jesus kan hulle mekaar begin aanvul. Maar hulle kan mekaar nooit volkome heel maak nie. Die mens is nie geskep om mekaar volkome heel te maak nie, maar om mekaar aan te vul. Om volkome heel te maak is Jesus se verantwoordelikheid en om aan te vul is ’n vrou se voorreg” (Terwyl jy wag: 8).

Kendall en Jones fokus in hi-erdie boek hoofsaaklik op die

vrou se verhouding met God en die vervulling en genesing wat sy van Hom moet ont-vang. Elke vrou moet toelaat dat God, haar Skepper, ook die Koning van haar hart is en dat sy haar waarde eerstens by God moet vind.

God wil elke vrou se eerste liefde wees. As God haar eerste liefde is, sal sy ook an-ders na ’n verhouding met ’n man kyk.

Die verhaal van Rut word omskrywend behandel. Rut was werklik ’n vrou ná God se hart, wat geduldig op die wil en plan van Hom gewag het. Daar is soveel lewenslesse wat elke moderne vrou steeds by Rut kan leer, nie net oor haar verhouding met God nie, maar ook om geduldig te wag vir die regte man. Al die waar-hede in die boek is op die By-bel baseer en daar is heelwat Bybelstudiegedeeltes deur die leser gedoen kan word.

Baie klem word op die feit geplaas dat elke enkellopende vrou haar ‘wagtydperk’ as ’n baie kosbare en spesiale tyd moet sien. Dit is ’n tyd waarin sy op ’n egte en intieme ver-houding met God kan fokus.

Titel: Terwyl jy wag: Leef vervuld todat jou droomman opdaag.

Skrywers: Jackie Kend-ell en Debby Jones.

Uitgegee deur: SCB uit-gewers.

Genre: Geestelik.

LINEKE HATTINGH

Dit is ook ’n tyd waarin Hy haar hart voorberei en haar wil ver-sterk tot die vrou wat Hy wil hê sy moet wees. Dit is werklik ’n lewensveranderende boek. Ek raai enige ongetroude dame

(selfs al is jy in ’n verhouding) om dit te lees.

God ken elke vrou se hart en dit is vir Hom kosbaar.

Die boek is te koop by CUM boeke.

KLEINMENSPENS!NICOLE PRETORIUS

Gebakte aartappelskyfiesBestanddele- 1 aartappel- Olyfolie

Metode- Sny die aartappel in

baie dun skyfies.- Sprinkel liggies met

olyfolie, plaas op mikrogolfbord.- Bak tot krakerig

(“crispy”).Gebakte aartappelskyfiesBestanddele- 1 aartappel- OlyfolieMetode- Sny die aartappel in

baie dun skyfies.- Sprinkel liggies met

olyfolie, plaas op mikrogolfbord.- Bak tot krakerig

(“crispy”).

VrugtekelkieBestanddele- ½ koppie gekapte

aarbeie- 2 bakkies onge-

geurde jogurt- ¼ koppie muesli- heuningMetode- Skep een eetlepel

muesli in elke glasie.- Volg met jogurt en

aarbeie.- Rond dit af met ’n

lepel heuning

“Wees ’n meesters-jef in jou kamermet dié maklike,

gesonde resepte.”- Chef Nicole

Page 14: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Oordenking – “A Broken Hallelujah”

Soms voel dit vir ons asof ons die Here eenkant toe moet skuif as gevolg van ons omstandighede of ons dink ons

kan nie na Hom toe gaan in die moeilike tye nie, want Hy gaan nie verstaan nie of jy het nie die krag om met Hom te gesels nie. Jy voel moedeloos en moeg, asof jy eerder net sal stilbly.

God sê vandag vir jou: “My goodness is not limited to our present circumstances.” & “Don’t let your circumstances de-termine your worship, for He does not reject even a broken hallelujah.”

Gebreek of heel, gaan na Jesus toe met jou omstandighede, al jou vrese en seer en Hy SAL uitkoms bring. Hy wil deel wees van die goeie en die slegte.

Lees: Psalm 51:7 – “My sacrifice, O God, is a broken spirit; a broken and contrite heart you God, won’t despise.”

Luister: The Afters – Broken Hallelujah.

Fotos: Ingrid Behrens

ANé GROENEWALD

Page 15: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

RingbalINGRID BEHRENS

Die Minjonet-ringbalspan het hierdie jaar weereens

hul talent op die ringbalbaan bewys. Die sportliga het vir baie opwinding gesorg en menigte toeskouers het hulle aande geesdriftig langs die baan deurgebring. Met ver-skeie wedstryde teen Bellatrix, Kasteel, Karlien en Vergeet-My-Nie, is die spelers se vaar-dighede deeglik getoets. Die ringbalspan het die vinnige en ingewikkelde spel maklik laat lyk deur nie een wedstryd

te verloor nie en in twee van die wedstryde meer as 40 punte aan te teken. Bellatrix het die meisies opdraande gegee het, maar die bytjies het hulle ware talent gewys

en die wedstryd het uiteinde-lik gelykop geëindig.

Die talentvolle span het on-oorwonne deurgedring na die semi-finaal, waar hulle teen Karlien se eerstespan gespeel

het. Karlien het ongelukkig in hierdie wedstryd die span se onoorwonne streep gebreek en ’n plek in die finaal verwerf. Bellatrix het ook na die finaal deurgedring deur Heide in hul uitkloprondte uit te oorlê.

Sport HK-lid, Caryn Koekemoer het dié jaar se ringbal as ‘besonder lekker’ beskryf. Sy het ook gesê dat die moraal onder die meisies hoog geloop het en die span-lede het mekaar aangevul het. “Dit was vir my net ’n voorreg om saam met elkeen te kon werk en speel.”

Minjonet se ringbalspan het met ’n algehele derde plek in die ringballiga geëindig.

Tien uit tien vir tafeltennis!

Minjonet se tafeltennis spanne het behoorlik

hulle staal gewys en het as wenners en naaswenners uit die stryd getree .

Die Weet & SWEET het op ʼn ander vlak reg aan sy naam

gekom toe die tafeltennis-liga daar gehou is en die koshuise verbete geveg het om die balletjie op die blad te hou.

Van eerstejaars tot vierde-jaars het die week lange liga met deursettingsvermoë

CHRISTELLE VENTER en REINETTE STEYN

aangepak en die vrugte daarvan gepluk nadat span-A tweede en span-B eerste uit die liga gestap het.

Minjonet se naam is hoog gehou en ons kan nie wag om te sien wat volgende jaar se tafeltennis gaan oplewer nie.

GangsportINGRID BEHRENS

Die spanning loop hoog, die gees is ontembaar,

die gange gaan mekaar wys wie is baas. Die opgewon-denheid styg toe sewe meis-ies per gang gekies is om die hindernesbaan te voltooi.

Met aktiwiteite soos‘n McDonalds Hamburger eet tot ‘n Smartie uit ‘n bak meel uitvis, was die dag ’n reuse sukses.

Die meisies se spiere is or-dentlik getoets met toutrek tussen die gange. Die teen-wordigheid van die gang was die belangrikste faktor en Kruidjie-Roer-My-Nie het in daardie opsig loshande gewen.

In derde plek is dit Leeu-bekkie, die tweede plek word behaal deur Poison Ivy en die wenners van die suk-sesvolle Gangsport was Iris.

Page 16: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Vanaf Lineke na jouWat ’n voorreg is dit

nie om hierdie eerste uitgawe van Reseda uiteinde-lik met julle te kan deel nie. Dit was egter ’n droom wat ek al baie jare vir Minjonet gekoester het en hier is dit uiteindelik, op die perfekte tyd. Mag elke dame wat die koerantjie lees dit baie geniet, baie lag en werklik daardeur geïnspireer word. Mag julle ook daaraan herinner word dat ons deel is van ’n prag-tige koshuis, met wonderlike dames en pragtige tradisies. Wat ’n voorreg is dit nie om in Minjonet te wees nie!

Die belangrikste les wat ek in my jare op die PUK (so halwe dekade of wat) geleer het, is dat jy TYD moet maak vir spesiale mense en die oomblikke wat jy saam met hulle deel. Tyd is so kosbaar; maak seker jy bestee jou tyd en energie aan dinge wat ew-igheidswaarde inhou. Maak jou hart oop vir die mooiheid van die lewe, want dit ís elke

dag rondom jou. Mag julle daarna poog om julle lewens te vul met vrede, vreugde en liefde. Mag elke dame ten volle lééf, want God se plan vir elke dame is soveel groter as haar eie drome. Ek moedig elkeen aan om werklik haar hart vir God se seëninge oop te maak, want Hy wil elke dame in oorvloed seën. Wees dankbaar vir die geleenthede wat ons as jong, gesonde studente het.

Ek is baie dankbaar vir elke redaksielid. Julle het almal bygedra tot ’n nuwe gebeur-tenis in Minjonet. Dit is ’n voorreg om saam met elkeen van julle te werk.

Met die wyse woorde van Gandhi groet ek julle,

“In a gentle way you can shake the world”.

LiefdeLineke

“Die belangrikste les wat ek in my jare op die PUK (so halwe dekade of wat) ge-leer het, is dat jy TYD moet maak vir spe-

siale mense en die oomblikke wat jy saam met hulle deel. “

Oom Sarel sê…Baie hartlik geluk met die

eerste uitgawe van die “Reseda”. Ek glo dat dit won-derlik sal meewerk om een-heid te bou, samehorigheid te kweek en ons beeld uit te bou. Sterkte aan die redaks-ie vir al die harde werk elke kwartaal hieraan gewy word.

Baie geluk met al die presta-sies sover in hierdie jaar, waarvan daar alreeds te veel is om op te noem. Ons gaan nie noodwendig altyd eerste wees nie, maar met goeie beplanning, harde saamwerk

en hartlike eensgesindheid kán ons altyd ʼn krag wees om mee rekening te hou. Konse-kwentheid is belangriker as enkele goeie prestasies hier en daar.

Die afgelope klompie weke was in vele opsigte nie maklik vir die universiteit en die algemene studentelewe ge-wees nie – en so ook vir Min-jonet. ʼn Hele klomp kwessies het in die spervuur beland met ʼn gevolglike gevoel van verlies wat deur koshuise er-vaar is. Ek wil egter graag dat

ons die positiewe sal raaksien. Kom ons bou – nie met wat sogenaamd oorgebly het nie, maar bou op die nuwe uitdagings en geleenthede wat nou voor ons gelê word. Die suksesse van ons univer-siteit en ons koshuis hang nie af van eksterne persone en faktore nie, maar van dit wat ons intern gaan en kan vermag. Moenie julle innerlike krag onderskat nie. Ons lewe gerig na Bo, maar dit is alleen moontlik deur die krag van God se Gees waardeur ons innerlik versterk word. Baie

dankie aan ʼn wonderlike en uiters bekwame HK-span wat die koshuis-sake in besondere moeilike tye moet bestuur en moet leiding gee aan ons dames. Dankie aan elke senior dame wat in hierdie tye ons hande vat en dit sterk maak. Dankie vir elke eerstejaar-dame wat bereid is om saam te bou te midde van nuwe uitdagings.

#DankiePuk en #DankieMinjonet!

Oom Sarel

Page 17: Reseda uitgawe 1 15 april 2014

Reseda Kernredaksie

Van links af:Lineke Hattingh, Marlandi Küssman, Mariana Lemmer, Nicole Pretorius, Christelle Venter, Peti Alberts, Zelda Mans, Rein-ette Steyn, Christelle van Romburg, Suzette van Heerden, Megan Janse van Vuuren, Ané Groenewald.

Journo’sVan Links af:Ingrid Behrens, Amoryn Saayman, Bernadette Jacobs, Minki Schutte, Esta Saayman, Kamagelo Kha-thola, Rorisang Mhlaba.

Redakteur: Lineke HattinghSubredakteur: Marlandi KüssmanUitleg: Carla Mouton\Fotograwe: Ingrid Behrens, Peti AlbertsProeflesers: Christelle Ven-ter, Zelda Mans en Megan Janse van Vuuren.