ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg...

7
Sellulêre respirasie Eksperiment 1 Doel: om te ondersoek of suurstof nidig is vir sellulêre respirasie. Kontrole Eksperiment 1. Wat kan waargeneem word na `n paar ure? 2. Waarom beweeg die gekleurde water op in die plastiekbuis by die eksperiment? 3. Watter gevolgtrekking kan gemaak word? Eksperiment 2 Doel: om te ondersoek of koolstofdioksied gedurende selluêre respirasie vrygestel word. 1

Transcript of ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg...

Page 1: ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3) 2.Die diagram hieronder verteenwoordig

Sellulêre respirasie

Eksperiment 1

Doel: om te ondersoek of suurstof nidig is vir sellulêre respirasie.

Kontrole Eksperiment

1. Wat kan waargeneem word na `n paar ure?

2. Waarom beweeg die gekleurde water op in die plastiekbuis by die eksperiment?

3. Watter gevolgtrekking kan gemaak word?

Eksperiment 2

Doel: om te ondersoek of koolstofdioksied gedurende selluêre respirasie vrygestel word.

1

Page 2: ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3) 2.Die diagram hieronder verteenwoordig

1. Wat is die doel van die helder kalkwater?

2. Waarom word daar `n verskeidenheid van lewendeorganismes in die eksperiment gebruik?

3. Watter waarneming kan gemaak word?

4. Tot watter gevolgtrekking kan jy kom?

Eksperiment 3

Doel: om te ondersoek of warmte-energie gedurende selluêre respirasie vrygestel word.

Eksperiment Kontrole

1. Hoekom word kiemende sade in eksperiment gebruik?

2. Hoekom word sade gekook in die kontrole?

3. Hoekom word die doodgekookte sade van die kontrole gesteriliseer?

2

Page 3: ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3) 2.Die diagram hieronder verteenwoordig

4. Hoekom word die flesse onderste bo gedraai tydens die eksperiment?

5. Hoekom is die lesing by die aanvang van die eksperiment geneem?

Aanvullende vrae

1 Verskeie biochemiese prosesse word in Vraag 1.1 – 1.4 beskryf. Verskaf vir elkvan die prosesse die volgende:

a) die korrekte biologiese naam van die prosesb) die presiese plek waar dit plaasvind

1.1 Glukose word omgeskakel na pirodruiwesuur met ‘n klein hoeveelheid ATPas wins. (2)

1.2 In die teenwoordigheid van suurstof word die pirodruiwesuur afgebreek na koolstofdioksied. (2)

1.3 Lig energie word benodig om watermolekules op te breek om waterstof tevorm en suurstof vry te stel. (3)

1.4 Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3)

2. Die diagram hieronder verteenwoordig die apparaat wat gebruik is tydens ‘n ondersoek. Na ‘n tydperk van 24 uur word rooi waterstofkarbonaatindikator by elke proefbuis gevoeg.

WENK: Waterstofkarbonaatindikator word gebruik om die verandering in koolstofdioksiedkonsentrasie as volg aan te dui:

Dit verander van rooi na pers wanneer die CO2 vlakke daal. Die verander van rooi na geel wanneer die CO2 vlakke styg.

3

water-slak

water-plantwater

Proefbuise A tot C in die donker

Page 4: ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3) 2.Die diagram hieronder verteenwoordig

2.1 Stel EEN doel voor vir hierdie ondersoek. (2)

2.2 Wat is die doel van proefbuis A? (2)

2.3 Waarom word die proefbuise in die donker gehou? (2)

2.4 Tabuleer die resultate na 24 uur, wat in proefbuise A, B en C waargeneem word. (4)

2.5 Lys TWEE maniere waarop die proses wat in proefbuis C plaasvind biologies belangrik is.(2)

3. In ‘n industriële brou proses word gis by 'n suikeroplossing gevoeg en by 25 ° C gelos. Die suiker word omgeskakel na glukose en dan ondergaan die suiker fermentasie.

3.1 Wat is die produkte van fermentasie? (3)3.2 Noem TWEE maniere waarop die bogenoemde proses ekonomies belangrik is. (2)3.3

a) Hierdie tipe biochemiese proses vind ook by diere plaas. Watter produkte word tydens die proses in dierweefsel geproduseer? (1)

b) Watter effek het hierdie produk op die spiere? (1)3.4 a) Noem die organel waarin aërobiese respirasie plaasvind. (1)b) Noem die twee fases van aërobiese respirasie wat nie tydens fermentasie voorkom nie. (2)

4. Gebruik die onderstaande diagram om die vrae wat volg te beantwoord.

4.1 Benoem prosesse A en B. (2)4.2 Voorsien organelle C en D van byskrifte. (2)4.3 Noem die pigment in organel C wat verantwoordelik is vir proses A. (1)4.4 Noem die tipe energie wat by 1 ingaan en by 6 uitgaan. (2)4.5 Watter gasse word deur nommers 2 en 4 voorgestel? (2)4.6 Verskaf byskrifte vir molekules 3 en 5. (2)4.7 Dui aan of die volgende deel is van proses A of B.

(a) Ligfase (b) Glikolise (c) Krebsiklus (3)

4

Page 5: ªre-respirasie … · Web view1.4Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3) 2.Die diagram hieronder verteenwoordig

4.8 Proses B vind in die teenwoordigheid van suurstof plaas.

(a) Hoe sou 'n sel energie verkry as suurstof nie teenwoordig was nie? (1)(b) Veronderstel dat hierdie 'n gissel is, noem die produkte van die proses genoem in 4.7(a) (2) (c) Noem DRIE maniere waarom die proses genoem in 3.1.7(a) ekonomies belangrik is. (3)

5