Ramaphoria begin taan - Ecsponent...Nuusbrief Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus...

4
ecsponuus Financial Services Nuusbrief ▪ Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus is besig om al hoe meer te skuif na die stryd in die ANC en aanstaande jaar se verkiesing ten koste van die ekonomie en werkskepping. Die verkiesing van president Cyril Ramaphosa was veronderstel om ‘n waterskeiding te wees wat die land tot ‘n markgerigte ekonomie sou lei waar grootskaalse werkgeleenthede geskep word. Die Ramaphoria van die eerste kwartaal het egter in die tweede kwartaal verdwyn. Die sakesektor kon nie daarin slaag om die positiewe sentiment te omskep in nuwe besigheid nie en verbruikers het ook vertroue verloor. Die afname in vertroue is duidelik te sien in die FNB en Buro vir Ekonomiese Ondersoek se vertrouensindeks vir verbruikers, wat van 26 punte in die eerste kwartaal tot 22 punte in die tweede kwartaal afgeneem het. Die SA Kamer van Koophandel en Nywerheid se indeks vir handelsaktiwiteite het ook van 40 punte in Mei tot 37 punte in Junie teruggesak. Dit gaan nie maklik vir president Ramaphosa wees om ‘n dekade van ekonomiese wanbestuur en plundering van die staatskas te herstel nie. Die skade van die vorige bewind is baie groter as wat verwag is en sal eers ná die verkiesing daadwerklik aangespreek kan word. In die tweede helfte van die jaar sal diens- leweringsbetogings en looneise ook na verwagting toeneem. In sekere streke, soos Hermanus waar by die R40 miljoen se skade aangerig is, het betogings die streeksekonomie reeds tot stilstand gedwing. Verbruikers en besighede word lamgelê deur die politieke onsekerheid, swak wisselkoers en die petrolprys wat onverpoos bly styg. Groot plaaslike maatskappye sit met berge kontant wat hulle weens die heersende ekonomiese en politieke onsekerheid nie wil belê nie. Volgens die Sentrum vir Mededinging, Regulering en Ekonomiese Aktiwiteite van die Universiteit van Johannesburg sit die JSE se top vyftig maatskappye met R1.4 triljoen wat bestee kan word. Dit ten spyte daarvan dat moeilike tye soms die beste beleggingsgeleenthede bied. Net so is die besighede geneig om te veel op die doen en late van die regering te fokus, eerder as op die besigheid self. En al hoe meer mense raak toenemend afhanklik van die regering om vir hulle te sorg, eerder as om skouer aan die wiel te sit. Tog is dit die verbruiker wie bepaal wat die vraag en dus die besteding in die ekonomie is. Daarom is persepsies en sentiment baie belangrik. Daar moet juis gewaak word teen oormatige pessimisme en veral teen populistiese neigings en anti-sake retoriek. Hoewel dit moeilik gaan wees om die ekonomie weer op die been te bring, kan ons weer die wa deur die drif trek. Daar is baie geleenthede in die land wat benut kan word en verskeie redes waarom SA steeds belowende opsies vir belegging bied: Ramaphosa kom sy beloftes na In sy staatsrede is daar verskeie ondernemings deur president Ramaphosa gegee en ‘n ontleding toon dat hy reeds 70% van sy beloftes gestand gedoen het. Grondwetlike demokrasie staan sterk Die toesighoudende meganismes soos die howe en vrye media staan stewig en openbare debat word gevoer, soos met die gesprekke oor grondhervorming wat landwyd plaasvind. 1 Ecsponent is a FPI Corporate Partner TM vervolg op volgende bladsy

Transcript of Ramaphoria begin taan - Ecsponent...Nuusbrief Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus...

Page 1: Ramaphoria begin taan - Ecsponent...Nuusbrief Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus is besig om al hoe meer te skuif na die stryd in die ANC en aanstaande jaar se verkiesing

ecsponuusFinancial Services

Nuusbrief ▪ Augustus 2018

Ramaphoria begin taanDie land se fokus is besig om al hoe meer te skuif na die stryd in die ANC en aanstaande jaar se verkiesing ten koste van die ekonomie en werkskepping.

Die verkiesing van president Cyril Ramaphosa was veronderstel om ‘n waterskeiding te wees wat die land tot ‘n markgerigte ekonomie sou lei waar grootskaalse werkgeleenthede geskep word.

Die Ramaphoria van die eerste kwartaal het egter in die tweede kwartaal verdwyn. Die sakesektor kon nie daarin slaag om die positiewe sentiment te omskep in nuwe besigheid nie en verbruikers het ook vertroue verloor.

Die afname in vertroue is duidelik te sien in die FNB en Buro vir Ekonomiese Ondersoek se vertrouensindeks vir verbruikers, wat van 26 punte in die eerste kwartaal tot 22 punte in die tweede kwartaal afgeneem het. Die SA Kamer van Koophandel en Nywerheid se indeks vir handelsaktiwiteite het ook van 40 punte in Mei tot 37 punte in Junie teruggesak.

Dit gaan nie maklik vir president Ramaphosa wees om ‘n dekade van ekonomiese wanbestuur en plundering van die staatskas te herstel nie. Die skade van die vorige bewind is baie groter as wat verwag is en sal eers ná die verkiesing daadwerklik aangespreek kan word.

In die tweede helfte van die jaar sal diens-leweringsbetogings en looneise ook na verwagting toeneem. In sekere streke, soos Hermanus waar by die R40 miljoen se skade aangerig is, het betogings die streeksekonomie reeds tot stilstand gedwing.

Verbruikers en besighede word lamgelê deur die politieke onsekerheid, swak wisselkoers en die petrolprys wat onverpoos bly styg.

Groot plaaslike maatskappye sit met berge kontant wat hulle weens die heersende ekonomiese en politieke onsekerheid nie wil belê nie. Volgens die Sentrum

vir Mededinging, Regulering en Ekonomiese Aktiwiteite van die Universiteit van Johannesburg sit die JSE se top vyftig maatskappye met R1.4 triljoen wat bestee kan word. Dit ten spyte daarvan dat moeilike tye soms die beste beleggingsgeleenthede bied.

Net so is die besighede geneig om te veel op die doen en late van die regering te fokus, eerder as op die besigheid self. En al hoe meer mense raak toenemend afhanklik van die regering om vir hulle te sorg, eerder as om skouer aan die wiel te sit.

Tog is dit die verbruiker wie bepaal wat die vraag en dus die besteding in die ekonomie is. Daarom is persepsies en sentiment baie belangrik. Daar moet juis gewaak word teen oormatige pessimisme en veral teen populistiese neigings en anti-sake retoriek.

Hoewel dit moeilik gaan wees om die ekonomie weer op die been te bring, kan ons weer die wa deur die drif trek. Daar is baie geleenthede in die land wat benut kan word en verskeie redes waarom SA steeds belowende opsies vir belegging bied:

Ramaphosa kom sy beloftes naIn sy staatsrede is daar verskeie ondernemings deur president Ramaphosa gegee en ‘n ontleding toon dat hy reeds 70% van sy beloftes gestand gedoen het.

Grondwetlike demokrasie staan sterkDie toesighoudende meganismes soos die howe en vrye media staan stewig en openbare debat word gevoer,soos met die gesprekke oor grondhervorming wat landwyd plaasvind.

1

Ecsponent is a FPI Corporate PartnerTM vervolg op volgende bladsy

Page 2: Ramaphoria begin taan - Ecsponent...Nuusbrief Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus is besig om al hoe meer te skuif na die stryd in die ANC en aanstaande jaar se verkiesing

Suid Afrika: [email protected] • 087 8080 100 • Fintech Campus, Hv Botterklapper- en Ilangastrate, Die Wilgers, Pretoria, GautengHierdie inhoud is uitsluitlik voorsien ter inligting en moet nie as beleggingsadvies geag word nie.

2

Staatsondernemings word reggerukRaadslede met Gupta-bande by Eskom, SAA, SA Express, Transnet en Denel is onder meer verwyder en vervang met geloofwaardige sakelui met uitstekende kwalifikasies en werketiek.

Pragmatisme vind grondslagDie landskap is besig om te verander en ons is geleidelik besig om ‘n nuwe pragmatiese manier te vind om dinge te doen en te beweeg van ‘n vrye mark na ‘n meer sinvolle gekontroleerde mark van toedeling.

Groot geleenthede in SA Suid-Afrika bied baie vir beleggers. Ons is een van die vyf vinnigste groeiende ekonomieë in Afrika en is een van die gevorderdste ontwikkelende lande met die infrastruktuur van ‘n tipiese nywerheidsland. Dit is veral ons mededingende finansiële sektor, mineraleskatte en wetenskaplike standaarde wat die land aantreklik maak en wat verder ontsluit kan word.

Ons geskiedenis van wilskragSuid-Afrika het ‘n verlede van “kry dinge gedoen” soos die motorbedryf en hernieubare krag wat baie suksesvol in SA gevestig is.

Trek sokkies opAs almal hul sokkies optrek en harder werk, kan dit net voorspoedig gaan. In die Weskus word ‘n lewensles vertel van die pa wat sy seun vra om “geld” te spel. Die seun spel g-e-l-d en kry ‘n oorveeg. Jy spel “geld” as volg: w-e-r-k, sê sy pa, en die les het van sy seun ‘n baie suksesvolle sakeman gemaak.

Wat gebeur met die rand?Gaan die rand aanhou verswak en moet ek so gou moontlik my geld buiteland toe skuif?

Die wisslevalligheid en onlangse verswakking van die rand is vir baie beleggers rede tot kommer. Dit is veral ná toenemende tekens van politieke onstabiliteit en aanduidings dat die ekonomie besig is om te krimp.

Emosie kry die oorhandEmosie kan maklik die oorhand kry en is vet op die vuur vir beleggers wat “sommer alles buiteland toe wil skuif” wanneer betogers die N3 ontwrig of Delareyville lamlê. Op dié manier word geld impulsief geskuif, eerder as om ‘n deurdagte besluit op grond van ‘n bewese strategie te maak.

Rand wispelturigDie rand is ‘n baie wisselvallige geldeenheid en geneig om te oorreageer op positiewe óf negatiewe nuus. Elke

groot verswakking van die rand word gewoonlik gevolg deur ‘n tydperk van oormatige verstewiging.

Die meeste beleggers is daarna spyt dat hulle impulsief, in reaksie op die rand se verswakking, hul geld buiteland toe geneem het.

Die wisselvalligheid kan ‘n mens die afgelope drie jaar sien. In 2015 het die rand tydens Nenegate tot byna R17.00 teen die dollar verswak en ná die verkiesing van president Cyril Ramaphosa het dit weer tot R11.50 verstewig. Sonder Ramaphosa sou die rand na verwagting vandag terug op R17.00 of swakker gewees het.

vervolg op volgende bladsy

Page 3: Ramaphoria begin taan - Ecsponent...Nuusbrief Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus is besig om al hoe meer te skuif na die stryd in die ANC en aanstaande jaar se verkiesing

Swaziland: [email protected] • +268 2417 1616 • 7 The Gables, Ezulwini, SwazilandBotswana: [email protected] • +267 391 8756 • Eenheid G3, Victoria House, Plot 132 Independencelaan, Gaborone, Botswana

3

Insiggewend is dat beleggers, volgens beleggingshuise, selfs tydens die maande toe die rand verstewig het, hul geld die land uitgeneem het. Dit is omdat die situasie in ons land ook ander risiko’s inhou.

Die vraag is of die vlak van politieke en ekonomiese verdraagsaamheid nou oorskry is?

Die laaste strooi was sekerlik die swak plaaslike opbrengste die afgelope drie jaar en die Suid-Afrikaanse ekonomie wat in die eerste kwartaal vanjaar ‘n negatiewe opbrengs van 2.2% getoon het. In Mei het handelsbedrywighede, volgens BankservAfrica se indeks, boonop met 2% afgeneem — die skerpste sedert 2013.

Ontluikende lande kwesbaarDie verstewiging van die dollar en die stygende rentekoerse in Amerika beteken dat die geldeenhede van ontluikende lande, soos SA, verkoop word, omdat die lande hul skuld, veral in dollar, moeiliker sal kan vereffen.

Ontluikende lande word ook vermy weens die moontlike handelsoorlog tussen Amerika en die res van die wêreld waar die ontluikende lande aan die kortste ent sal trek. Hierdie lande is boonop blootgestel aan die gevolge van die Amerikaanse sanksies teen China (die rand het met die aankondiging tot bykans R14/$ verswak) omdat dit groei in China sal benadeel. Dit beteken ontluikende lande sal minder na China kan uitvoer.

Wêreldfondse vaar goedSekere internasionale beleggingsfondse, soos globale aandelefondse, toon uitstekende opbrengste en klop ons eie aandelemark die afgelope vyf jaar.

Die drie top globale aandelefondse in Suid-Afrika het, volgens Morningstar, die afgelope vyf jaar gemiddeld tussen 13 en 14% per jaar gelewer. Die FTSE/JSE Algemene Indeks het oor dieselfde tydperk ‘n opbrengs van 9.16% per jaar getoon.

Baie mense wil in spesifieke sektore, soos tegnologie, belê en dan is Naspers eintlik die enigste opsie op ons beurs. Globale aandelefondse bied beleggers geleenthede om in goeie tegnologie-aandele soos Facebook, Apple, Microsoft en Amazon te belê.

Globale fondse bied blootstelling aan lande, soos China en Indië, met hoë groeikoerse en ook die geleentheid om in meer bestendige ekonomiese streke en spesialissektore soos biotegnologie te belê.

Ontwikkelende lande soos Suid-Afrika is baie blootgestel aan kommoditeite/hulpbronne en beleggers belê juis in ontwikkelde markte en lande wat anders op wêreldgebeure reageer. RandverskansersOm jou geld na die buiteland te skuif, is gelukkig nie die enigste manier om jou geld teen ‘n verswakkende Suid-Afrikaanse ekonomie te beskerm nie. Baie beleggers het reeds onregstreekse blootstelling aan die buiteland met randverskansingsaandele soos Richemont, MTN, SAB Miller en Ecsponent Limited – 30% van Ecsponent Limited se bates is in Amerikaanse dollar en Euro gedenomineer. Van hierdie maatskappye is plaaslik genoteer, maar verdien die grootste deel van hul inkomste in die buiteland.

Skuif om die regte redesDie onsekere politieke klimaat is een van die swakste redes om geld buiteland toe te skuif. Die hoofredes behoort diversifikasie te wees, die behoefte van die belegger en aptyt vir risiko.

Buitelandse beleggings is ‘n belangrike deel van ‘n goed saamgestelde en gediversifiseerde beleggingsportefeulje. Dit is egter nie ‘n magiese bateklas wat outomaties rykdom gaan verseker nie en baie beleggers is ontevrede met hul buitelandse opbrengste, veral as die wisselkoers ook teen hulle draai!

Page 4: Ramaphoria begin taan - Ecsponent...Nuusbrief Augustus 2018 Ramaphoria begin taan Die land se fokus is besig om al hoe meer te skuif na die stryd in die ANC en aanstaande jaar se verkiesing

Suid Afrika: [email protected] • 087 8080 100 Fintech Campus, Hv Botterklapper- en Ilangastrate, Die Wilgers, Pretoria, GautengSwaziland: [email protected] • +268 2417 1616 • 7 The Gables, Ezulwini, SwazilandBotswana: [email protected] • +267 391 8756 • Eenheid G3, Victoria House, Plot 132 Independencelaan, Gaborone, BotswanaHierdie inhoud is uitsluitlik voorsien ter inligting en moet nie as beleggingsadvies geag word nie.

4

Hierdie besluite kan jou finansieel knou óf dit kan die weg baan tot ‘n sorgvrye lewenstyl en gemaklike aftrede.Vooropgestelde idees en beperkte kennis laat ons dikwels verkeerde finansiële besluite neem. Boonop neig ons om dieselfde foute te herhaal, want daar is geen onfeilbare padaanwysers op die gebied nie.

Met die regte leiding kan jy egter die slaggate vermy deur eerstens ‘n ontleding van jou volle risiko-situasie te laat doen, gevolg deur deeglike finansiële beplanning.

‘n Volledige risiko-profiel kyk na die volgende drie aspekte:1. Die mate van risiko wat nodig is om jou finansiële

doelwitte te bereik, gegewe die beskikbare finansiële bronne;

2. Risiko-kapasiteit: die mate van finansiële risiko wat die belegger kan bekostig om te neem, en

3. Risiko-verdraagsaamheid: die vlak van finansiële risiko waarmee die belegger emosioneel gemaklik voel.

As die korrekte risiko-ontleding en die nodige finansiële beplanning rondom die risiko gedoen word, sal jy finansieel op koers bly.

Van die belangrikste vooropgestelde idees wat jou planne kan kelder of laat slaag is:

Medies — ek is gesond genoeg Goeie gesondheid is jou welsyn, seker die belangrikste faktor in ‘n mens se lewe. Net 16.9% van huishoudings het volgens Statistieke SA verlede jaar siekefondse gehad en sowat 45 miljoen mense in Suid-Afrika het dit nie. Die nuwe nasionale gesondheidsorgstelsel wil goeie gehalte mediese dekking aan alle mense gee, maar die infrastruktuur om dit te doen, is in hierdie stadium nie naastenby voldoende nie.

Die veiligste is om self te sorg en mediese dekking en versekering teen gevreesde siektes te hê. As ‘n siekefonds te duur is, behoort jy minstens ‘n hospitaalplan met gapingsdekking uit te neem. Dit voorkom dat ernstige ongelukke of mediese situasies, soos kanker, nie jou finansiële ondergang en jou gesin se nagmerrie is nie.

Lewensversekering — ek sal niks oorkom nieAfsterwe stel jou hele gesin bloot indien jy nie behoorlik voorsiening gemaak het nie. Dit geld vir mans, sowel as vroue. Die afgelope drie jaar het sterftes weens kardiovaskulêre siektes onder vroue met 50% toegeneem. Een uit elke vier vroue sal voor die ouderdom van sestig ‘n hartprobleem ontwikkel, volgens die Hart en Beroerte Stigting van SA.

Voldoende lewensdekking wat sal verseker dat jou gesin, en veral jou kinders, finansieel onafhanklik is ná jou dood, is noodsaaklik. Hou ook die koste van opvoeding in gedagte sodat jul drome vir die kinders se toekoms nie saam met jou sterf nie.

Spaar — ek weet niks van beleggings nieSpaargeld skep kapitaal vir beleggings. Sonder om te spaar en vroegtydig te begin belê, sal jy nie jou lewenstandaard kan handhaaf nie. Dit kan jou ook beskerm as daar ingrypende verwikkelinge is, soos dat jy jou werk verloor of in ‘n ernstige ongeluk beland. Tyd is hier meer belangrik as rand en sent. Oor ‘n tydperk van dertig jaar dra jou eie geld net 30% van ‘n gemiddelde opbrengs by, terwyl 70% kom van saamgestelde groei.

Skuld — leef vir die nou Die Reserwebank verwag vyf rentekoersverhogings oor die volgende paar jaar. Skuld gaan dus duurder raak en kan ‘n bose kringloop word as skuld met skuld gedelg word. Inflasie neem ook toe -- van 3.8% in Maart tot 4.6% in Junie en voedselinflasie was in Junie 3.1%. Die petrolprys staan op ‘n rekordvlak (R16.02 binnelands) en kan vandeesmaand met ‘n verdere 19 sent per liter styg. Met stygende pryse die norm, kan groeiende skuld ‘n eenrigtingpad tot ondergang wees.

Diversifiseer — ek belê net by my bankDiversifikasie behels meer as net om jou geld by verskillende beleggingsmaatskappye te belê. Dit is ‘n bestuurstegniek om jou beleggings in so ‘n mate te versprei dat hulle elkeen verskillend reageer op verwikkelinge in die mark. So verminder jy jou algemene risiko, want al daal die mark, sal daar altyd beleggings wees wat voordeel uit die afswaai trek.

Aftrede — daar is nog baie tydDie gemiddelde lewensverwagting in SA is volgens die statistikus-generaal 64.2 jaar. Jy kan egter heelwat langer leef met goeie gesondheid en mediese sorg. Het jy genoeg geld vir die groeiende lewenskoste en veral die mediese uitgawes?

Riskante besluite en verkeerde advies — ek gaan vinnig ryk wordMoenie oordeelsfoute en riskante beleggings maak nie. Geld wat aan vriende en familie geleen word, kan dalk soos mis voor die son verdwyn. Verseker dat dit ‘n geregistreerde finansiële adviseur is wat jou beleggingsdoelwitte formuleer en moenie val vir vinnige geldmaakstories om die braaivleisvuur nie.

Hoewel jy soms in slaggate kan trap en kruispaaie deel van ons lewe is, is daar geen twyfel oor die langtermynvoordele van die korrekte besluite wat met insig gemaak is nie.

Besluite wat jou welvaart bepaalFinansiële besluite, wat strek van die opvoeding van jou kinders tot die dag van aftrede, sal finaal die welstand van jou en jou gesin bepaal.