Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is,...

25
Matteus 5:13-20 – Vyfde Sondag na Epifanie – 9 Februarie 2014 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Matteus 5:13-20..................................5 1.3 Vorige riglyne.............................................. 6 1.4 Eksegetiese opmerkings......................................6 2 Erediens........................................................7 2.1 Tema........................................................ 7 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................7 2.3 Liturgie.................................................... 7 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................8 3.1 Rus......................................................... 8 3.2 Liedere.................................................... 10 4 God praat met ons en ons luister...............................11 4.1 Familie-oomblik............................................ 12 4.2 Preekriglyn................................................ 12 5 God stuur ons om te leef.......................................17 6 Volgende erediens..............................................19 1 Oorsig 1

Transcript of Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is,...

Page 1: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Matteus 5:13-20 – Vyfde Sondag na Epifanie – 9 Februarie 20141 Oorsig.............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Matteus 5:13-20...................................................................................................5

1.3 Vorige riglyne..........................................................................................................................6

1.4 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................6

2 Erediens..........................................................................................................................................7

2.1 Tema.......................................................................................................................................7

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................7

2.3 Liturgie....................................................................................................................................7

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................8

3.1 Rus..........................................................................................................................................8

3.2 Liedere..................................................................................................................................10

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................11

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................12

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................12

5 God stuur ons om te leef..............................................................................................................17

6 Volgende erediens........................................................................................................................19

1 OorsigIn die sleutelteks word sout en lig gebruik om te verduidelik dat gelowiges nie in hulle gehoorsaamheid aan die wet en in hulle getuienis oor Jesus terug moet deins of dit so selfgesentreerd soos die Fariseërs doen nie.

1

Page 2: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

1.1 Ander teksteJesaja 58:1-9a (9b-12)

Wys my volk op hulle oortredinge

58 Die Here sê:Roep uit volle bors,

moet niks verswyg nie!Laat jou stem hoor,

duidelik soos ’n ramshoring!Wys my volk op hulle oortredinge,die afstammelinge van Jakob

op hulle sondes.2Hulle vra wel elke dag na my wil,asof hulle graag wil weet

wat Ek van hulle verwag.Hulle gee voor dat hulle ’n nasie is

wat doen wat reg isen hom aan die bepalings

van sy God hou.Hulle vra My wel

om regverdige beslissingsasof hulle van my teenwoordigheid hou.3Hulle vra:“Waarom vas ons, maar U sien dit nie,

verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?”Dit is omdat julle op die vasdae doen

wat julle wilen die mense wat vir julle werk,

nog harder laat werk.4Julle vasdae loop uit op twis en rusie,julle dam mekaar met die vuis by.Julle kan nie op hierdie manier vasen dan verwag dat julle gebed

verhoor sal word in die hemel nie.5Is dit ál wat Ek op ’n vasdag wil hê:net dat ’n mens homself verneder,dat hy sy nek buig soos ’n biesieen in sak en as sit?Noem jy dít ’n vasdag,’n dag waarvan die Here hou?6Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie:om dié wat onregverdig

gevange gehou word, te bevry,om die juk wat op mense druk, af te haal,om verdruktes vry te maak,om elke juk te breek?7Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,van jou brood gee nie,dat jy aan die armes en die dakloses

2

Page 3: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

’n blyplek gee nie,dat wanneer jy iemand sonder klere sien,jy vir hom klere gee nie,dat jy jou medemens

nie aan sy lot oorlaat nie?

8Dan sal die lig vir jou deurbreeksoos die rooidag,

jy sal gou herstel.Hy wat jou red,

sal voor jou uit gaan,die mag van die Here

sal agter jou aankom.9Dan sal jy roep,

en die Here sal antwoord,jy sal om hulp roep,

en Hy sal sê: Hier is Ek!

As jy sorg dat mense nie meer by jouverdruk word nie,

nie meer gedreigen vals beskuldig word nie,

10as jy jou wy aan dié wat honger het,as jy voorsien in die behoeftes

van dié wat in nood is,sal die lig vir jou skyn

wanneer dit donker is,sal wat vir jou nag is,

word soos die helder middag.

11Die Here sal jou altyd deur lei;selfs in dor streke

sal Hy in jou behoeftes voorsien.Hy sal jou sterk maak.Jy sal wees soos ’n tuin met volop water,soos ’n fontein waarvan die water

nie opdroog nie.12Jou mense sal die ou puinhope herbou,die fondamente herstel

wat al geslagte lank bestaan.Jy sal bekend staan as ’n volk

wat sy afgebreekte mure herbou,wat sy strate herstel

sodat daar weer mense kan woon.

13As jy nie op die sabbat oortree nie,op my heilige dag doen

net wat jy wil nie,as jy die sabbat ’n vreugde noem,as jy die heilige dag van die Here

in ere hou,

3

Page 4: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

as jy dit eer deur nie jou gewone gangte gaan nie,

nie te doen net wat jy wil nie,en nie handel dryf nie,14sal jy vreugde vind in die Here.Ek sal jou die land

weer in besit laat neem,Ek sal jou laat eet van die opbrengs

van die land van jou vader Jakob.Ek, die Here, het dit gesê.

1 Korintiërs 2:1-12 (13-16)

Paulus se prediking

2 Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 2Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. 3Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. 4Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.

Die openbaring deur die Gees van God

6Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan ’n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. 7Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. 8Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. 9Maar soos daar geskrywe staan:

“Wat die oog nie gesienen die oor nie gehoor het nie,”

en wat in die hart van ’n mensnie opgekom het nie,

dit het God gereed gemaakvir dié wat Hom liefhet.

10Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God. 11Watter mens ken die verborge dinge van ’n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. 12Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. 13Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer.

So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. 14Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. 15Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. 16Daar staan geskrywe:

“Wie ken die gedagtes

4

Page 5: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

van die Here?Wie sal hom raad gee?”

Maar ons, ons het die Gees van Christus.

Psalm 112:1-9 (10)

Die regverdige sal nooit wankel nie

112 Prys die Here!

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind

in die gebooie van die Here. 2Sy nageslag is ’n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseën: 3daar is oorvloed en rykdom in sy huis. Wat hy doen, is reg en blywend: 4hy laat sy lig in die donker uitstraal

vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig. 5Dit is ’n goeie mens wat hom ontferm

en wat uitleen en in al sy sake reg optree. 6Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. 7Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here. 8Hy voel hom veilig,

hy is nie bevrees nie: hy sal die neerlaag van sy vyande

aanskou. 9Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien. 10Die goddelose sien dit

en raak ontsteld, hy kners op sy tande van magteloosheid. Van die begeertes van die goddelose

kom daar niks.

1.2 Fokusteks: Matteus 5:13-20Die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld

(Mark 9:50; Luk 14:34–35)

13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.

5

Page 6: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

14“Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Die vervulling van die wet

17“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. 18Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.

19“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. 20Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”

Versoening

21“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; men elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. 22Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ’n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ’n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

23“As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, 24laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

25“As iemand ’n regsaak teen jou begin, kom betyds tot ’n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. 26Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.”

1.3 Vorige riglyneDaar is geen vorige riglyne nie.

1.4 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2013-2014 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

Die preekskets bou op informasie in Woord en Fees.

m Eks. 20:13; Deut. 5:176

Page 7: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondDie reeks foto’s is deur Sgt Pepperedjane by flickr.com onder creative commons lisensie. Die paar foto’s het dieselfde tema en gevoel, so kan maklik gebruik word as bv. agtergrond vir die tema-skyfie, agtergrond vir liedere ens. Onthou dat kerkgeboue verskil! Indien nodig, kan jy die agtergronde donkerder maak of ’n dun raampie om die letters sit.

2.3 LiturgieAanvangslied 157 Here Jesus ons is saam vs 1,2

Aanvangswoord

Seëngroet (Uit 1 Kor 1)

Verootmoediging 491 ‘k Het Jesus lief Hy is my lig en krag vs 1,2,3,4,5

Wet Gebruik die gedeelte uit Jesaja 58 wat wil uitspel dat opregte vroomheid alle terreine van die lewe raak en nie net sommige nie...

Skuldbelydenis Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 1

Vryspraak 1 Johannes 1:6-9

Aanvaarding van vryspraak 232 Diep o God diep neergeboë vs 2

Riglyn om te lewe (Jesaja 58)

Loflied 196 O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4

Epiklese Gebed: Martin Luther omarm sy swakhede in gebed:Skriflesing Matteus 5:13-20Prediking

Gebed

Geloofsbelydenis Geloofsbelydenis ahv Kolossense 1

Offergawes

Wegsending 488 Helder skyn U lig vir die nasies vs 1,2,3,4

SeënMusikale Amen F361. Laat Dit So Wees (Amen)

(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)

7

Page 8: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusAanvangslied 157 Here Jesus ons is saam vs 1,2

Aanvangswoord Voorganger: Mense vra na my wil.Gemeente: Ons weet U soek barmhartigheid.Voorganger: Mense gee voor dat hulle reg doen.Gemeente: Ons weet U soek bevryding vir onderdruktes, stukkendes en gevangenes.Voorganger: Mense vas en mense bid.Gemeente: Ons weet U soek u Seun Jesus Christus se opregtheid onder ons. Voorganger: Mense doen wat hulle wil.Gemeente: Ons weet U soek liefdevolle gehoorsaamheid aan U wet.Almal: Amen (aangepas uit Jes 58:1-10).(Uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2013-14)

Seëngroet Aan die gemeente van God in ................................................, wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here.Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! (Uit 1 Kor 1)

Verootmoediging 491 ‘k Het Jesus lief Hy is my lig en krag vs 1,2,3,4,5

WetGebruik die gedeelte uit Jesaja 58 wat wil uitspel dat opregte vroomheid alle terreine van die lewe raak en nie net sommige nie...

Wys my volk op hulle oortredinge,die afstammelinge van Jakob

op hulle sondes.2Hulle vra wel elke dag na my wil,asof hulle graag wil weet

wat Ek van hulle verwag.Hulle gee voor dat hulle ’n nasie is

wat doen wat reg isen hom aan die bepalings

van sy God hou.Hulle vra My wel

om regverdige beslissingsasof hulle van my teenwoordigheid hou.3Hulle vra:“Waarom vas ons, maar U sien dit nie,

verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?”Dit is omdat julle op die vasdae doen

wat julle wilen die mense wat vir julle werk,

nog harder laat werk.8

Page 9: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

4Julle vasdae loop uit op twis en rusie,julle dam mekaar met die vuis by.Julle kan nie op hierdie manier vasen dan verwag dat julle gebed

verhoor sal word in die hemel nie.5Is dit ál wat Ek op ’n vasdag wil hê:net dat ’n mens homself verneder,dat hy sy nek buig soos ’n biesieen in sak en as sit?Noem jy dít ’n vasdag,’n dag waarvan die Here hou?

Skuldbelydenis Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 1

Vryspraak 1 Johannes 1:6-96As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. 7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Aanvaarding van vryspraak Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 2

Riglyn om te lewe6Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie:om dié wat onregverdig

gevange gehou word, te bevry,om die juk wat op mense druk, af te haal,om verdruktes vry te maak,om elke juk te breek?7Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,van jou brood gee nie,dat jy aan die armes en die dakloses

’n blyplek gee nie,dat wanneer jy iemand sonder klere sien,jy vir hom klere gee nie,dat jy jou medemens

nie aan sy lot oorlaat nie?

8Dan sal die lig vir jou deurbreeksoos die rooidag,

jy sal gou herstel.Hy wat jou red,

sal voor jou uit gaan,die mag van die Here

sal agter jou aankom.9Dan sal jy roep,

en die Here sal antwoord,

9

Page 10: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

jy sal om hulp roep,en Hy sal sê: Hier is Ek!

As jy sorg dat mense nie meer by jouverdruk word nie,

nie meer gedreigen vals beskuldig word nie,

10as jy jou wy aan dié wat honger het,as jy voorsien in die behoeftes

van dié wat in nood is,sal die lig vir jou skyn

wanneer dit donker is,sal wat vir jou nag is,

word soos die helder middag.(Jesaja 58)

Loflied 196 O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4

3.2 LiedereF69. Was My Skoon

(RUBRIEK: Kruisfuur – Gebed / Skuldbelydenis)

Teks en Musiek: Hannes Grabe© MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz)

Kom en reinig my, o HeerWeek my sonde en skuld in die bloed van u SeunEk staan skuldig voor U, HeerDie verlore kind kom vra ‘n tweede kans

Was my skoon, maak my rein,Laat U lig weer deur my skynNeem my hart, maak dit nuut,Laat my lig na ander skynWas my skoon, maak my reinLaat u lig weer deur my skyn

Laat u Gees my hart deurspoelBring u vrede en rus, u genade oor myMaak my wit net soos die sneeuEk wil heilig leef, gewy aan U, my Heer

F113. Here Jesus, U Skyn Oor Almal

(RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Diens en Getuienis)

10

Page 11: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Oorspronklike titel: Shine, Jesus, shineTeks en Musiek: Graham KendrickAfrikaanse vertaling: Breda Ludik© 1987 Make Way Music(Opgeneem in Jeugsangbundel II)

Here Jesus, U skyn oor almal,met die glans van u liefde skyn U.Skyn op ons tot ons oë oopgaan.Maak ons vry om te lewe voor U.Skyn oor my. Skyn oor my.

Refrein: Soos lig wat skyn in die donker van hierdie wêreld,soos lig wat skyn, skyn die Heer in ons.Kom, Jesus, kom en verdryf al die donker in ons.Kom laat u liefde die wêreld oorwin.

Here, maak my ‘n lig wat helderskyn om liefde te dra, al verder.Skyn deur my tot die hele wêreld,weet dat U vir ons almal gesterf het.Skyn deur my. Skyn deur my.

Refrein:

4 God praat met ons en ons luisterEpikleseGebedMartin Luther omarm sy swakhede in gebed:

“Here, my beker is leegen ek verlang dat U my weer sal vul.Ja, Here, kom vul my!My liefde is maar lou –kom, Here, en maak my weer warm, vurig . . .dat my liefde sal uitstraal na hulle naby my.My geloof is nie sterk nie en dit wankel tog so maklik –ek twyfel soms en ander kere sukkel ek om te vertrou.O Here, help my. Sterk my geloof en vertroue.Ek is arm en U is ryk –en U het juis gekom om vir armes u genade uit te deel.Ek is ’n sondaar, U is regverdigen daarom bly ek aan u sy.Ek het niks om U aan te bied nie.Ek kan alleen maar van U ontvang.”(Uit Bybelmedia se Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2011-12.)

11

Page 12: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Skriflesing Matteus 5:13-20Prediking

4.1 Familie-oomblikHier is ’n gesprek oor sout waarvoor jy popcorn gaan nodig hê. Jy het twee houers nodig, een met sout, die ander sonder sout. Onthou dat as jy sout oor koue popcorn gooi, dit nie so lekker is as wanneer jy die sout op die warm popcorn sit nie. Moet dus nie die popcorn waaroor jy die sout gooi vir hulle gee om te eet nie, liewer die een wat jy vooraf voorberei het.

Hou julle van sout? Hoekom?

Hoe gebruik julle sout by die huis? Op braaivleis. Op eiers. In kos. Op Biltong.

Wat doen die sout? Dit gee smaak. Dit keer dat kos sleg raak. Dit laat kos langer hou.

Ek het hier ’n bakkie sout. En ek het ’n bakkie sand.

Sal jy die sout in jou kos gooi?

Sal jy die sand in jou kos gooi?

Sê nou ek meng ’n bietjie van die sand met die sout. Sal jy dit dan eet?

Watter een verkies julle? Suiwer sout, ja.

Jy het ook net bietjie nodig. Dan maak dit alles anders.

Jesus sê in die Bybel: 13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.”

Jesus wil hê dat ons soos suiwer sout sal wees. Ons moenie met sand gemeng wees nie.

Wat het Hy bedoel?

In Jesus se tyd het mense sout gebruik om kos lekker te laat smaak en veral dit lank te laat hou, soos ons ook doen. Want, onthou, hulle het nie yskaste gehad nie. Kos het daarom maklik sleg geraak. Sout het kos langer laat hou en gekeer dat dit sleg raak.

Dit is hoe Jesus wil hê dat ons moet wees.

Ons moet die lewe lekker maak vir ander. Nie die hele tyd met ’n suurgesig rondloop nie. Glimlag, help waar jy kan, geniet wat jy doen, luister na ander, veral na jou ma en pa, speel saam as daar iets gedoen word.

Ons moet sorg dat mense vriende bly en nie vir mekaar kwaad raak nie. Ons moet hulle help as hulle sukkel met mekaar. Soms het mense net nodig dat iemand na hulle luister. Ander kere moet ’n mens sommer net iets anders gaan doen. Dan trek jy hulle aandag af en kom dinge sommer vanself reg.

12

Page 13: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Dit is hoe Jesus wil hê dat ons moet wees. Ons moet soos suiwer sout wees. Anders is ons soos sout wat eintlik net goed is om buite weg te gooi.

Maar daar is nog ’n les wat ons van sout moet leer.

Ek het hier Popcorn vir julle saamgebring.Die een Popcorn bakkie het sout. Die ander een het nie sout nie.

Watter een dink julle smaak die lekkerste?

Ek wil die een popcorn bakkie ook nou sout maak.As ek die sout langs dit neer sit. Gaan dit nou reg smaak?

Nee, ek moet dit ingooi!Dit is ook van ons lewe waar.

Wat beteken dit nou weer om sout te wees?

Ons moet die lewe lekker maak vir ander. Dit help nie ons dink ons moet die lewe lekker maak vir ander en dan doen ons die nooit nie. Die sout moet opgegooi word. Ons moet soos sout wees en soos sout optree.

Ons moet sorg dat mense vriende bly en nie vir mekaar kwaad raak nie. Dit help nie ons praat nie met hulle nie. Ons moet hulle gaan help. Dan is ons die tipe sout wat Jesus graag wil hê dat ons moet wees.

Hier het ek vir elkeen 'n pakkie popcorn om julle te herinner. Julle kan dit natuurlik ook eet. Dit het reeds sout op.

4.2 Preekriglyn'n Ou mite vertel die verhaal van 'n godin wat altyd ongesiens rondbeweeg het. Mense het van haar bewus geword, omdat sy soveel seëninge en gawes agtergelaat het. Uit bome wat deur vure in die bos swart gebrand is, het skielik nuwe takkies en blare gespruit wanneer sy verbybeweeg het. Waar sy langs waterstrome gestap het, het Viooltjies opgeskiet om die omgewing te versier. Poele met stilstaande, verrotte water het skielik verander in bruisende fonteine met sprankelende water. Verdroogde landskappe het skielik begin bloei met nuwe lewe en skoonheid sodra sy teenwoordig was.

Daar word ook die verhaal vertel van 'n pragtige prinses wat as geskenk aan 'n sekere koning gestuur is. Rondom haar het 'n soet geur gehang, net soos die wonderlike geur wat die godin Afrodite omring het. Sy het so vars soos die môredou gelyk, en haar asem was soos die geur van die wonderlikste rose. Maar in die atmosfeer rondom haar was die dood opgesluit. Van haar kinderdae het hierdie pragtige jong vrou net gif as voedsel gekry. Sy is so deursuur van die gif, dat haar lewe giftig geword het. Sy het haar asem oor 'n klomp insekte uitgeblaas, en in 'n oogwink lê hulle dood aan haar voete. Sy sou die mooiste blom op haar skoot neersit, waarna dit onmiddellik sou verwelk en uitdor. Selfs die voëltjies in die bos wat in haar omgewing gekom het, het dood neergeval.

13

Page 14: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Baie mense is soos hierdie karakters uit die wêreld van mites. Sommiges bring lewe, geur, balans en energie. Ander bring die dood. Sommige is lig, ander is duisternis. Sommige is die sout van die aarde. Ander saai gif en dood.

'n Geseënde lewe

Ons teksgedeelte volg onmiddellik op die Saligsprekinge, die beskrywing van 'n geseënde en werklik gelukkige lewe, waaraan ons verlede week aandag gegee het.

Die Saligsprekinge beskryf die seën wat diegene beleef wat deel aan God se regering. Die laaste saligspreking sluit byna op 'n somber noot af, want dit beskryf die gesindheid van mense buite die Here se regering teenoor Jesus se volgelinge:

"Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg." (11, 12)

Ons teks beskryf die teenoorgestelde. Wat is die volgelinge van Jesus se gesindheid teenoor die wêreld? Hoe tree Christene op in 'n wêreld waarin hulle dikwels vervolg word? Wat is ons teenreaksie?

Jesus gee twee metafore of simbole waarmee ons ingesteldheid teenoor die wêreld uitgespel word:

Julle is die sout vir die aarde Julle is die lig vir die wêreld.

Hendriksen, die bekende Skrifkenner, sê dat Jesus se volgelinge in die geskiedenis dikwels geminag is, en as onbenullig gesien is. Die dissipels word gehaat deur diegene wat eintlik baie aan die Here se dissipels verskuldig is. Want hulle, en nie hulle vervolgers nie, hulle en nie die wêreld van skynheilige ordentlikes en aangeplakte godsdienstiges (soos die Fariseërs en die tollenaars) nie, is die sout van die aarde en die lig vir die wêreld.

'n Geseënde lewe is om soos sout en lig oral voetspore van seën agter te laat. Dit is om die wêreld met smaak, geur, reinheid en lig te vul, en so van die aarde 'n beter plek te maak. Natuurlik produseer dissipels nie self hierdie seën nie. Ons kry die seën om sout en om lig te wees by God, die Koning, en stort dit vryelik in die wêreld uit.

Sout vir die aarde

Sout is iets alledaags en baie goed bekend. Veral in die antieke wêreld was dit selfs veel belangriker en waardevoller as die wesenlike rol wat sout vandag nog speel. Watter eienskappe van sout maak dit so geskik om gelowiges as God se geskenk aan die wêreld te beskryf?

Sout gee smaak. Deur 'n bietjie sout by kos te gooi, word die inherente smaak van die voedsel na vore gebring. Kos is smaakliker, meer genietbaar en aantreklik, wanneer dit gesout word. Net so bring gelowiges smaak in die wêreld. Die vreugde en genot van die lewe as geskenk van God kom in sy volheid na vore as jy sout daarby gooi.

14

Page 15: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Sout preserveer. Voordat vrieskaste beskikbaar was, is sout gebruik om voedsel soos vleis oor lang tye te bewaar. Daar bestaan iets soos biltong, omdat daar sout is. Sout beskerm voedsel en maak dit oor lang tye veilig vir menslike gebruik. Net so beskerm gelowiges as sout die lewe. Die wêreld word 'n veiliger plek waar mense wat die Here gehoorsaam en dien hulle invloed uitoefen. Misdaad daal, respek vir lewe neem toe, en die waardes van integriteit, liefde, omgee en beskerming styg.

Sout genees bederf en verrotting. Dit sluit ten nouste aan by sout se bederfwerende funksie. Mens kan wonde met sout uitwas om infeksie te verhoed of 'n septiese wond te genees. Mense met sinusprobleme gebruik gereeld 'n bietjie soutwater. Ons gooi sout in ons skottelgoedwassers om te help reinig. Tasker skryf die gelowige as sout is 'n morele reinigingsmiddel in 'n wêreld waar die morele standaarde laag is, altyd verander, of selfs nie bestaan nie. Sout se krag lê daarin dat dit 'n verskil maak in 'n wêreld waar bederf so maklik wortelskiet.

Sout offer sigself op. Sout werk net, as dit uit die soutpot gegooi word. Sout bestaan nie ter wille van sout self nie, maar ter wille van die wêreld. Sout gee sy eie geborgde bestaan in die soutpot prys om die wêreld te dien.

Soutlose sout?

In die destydse Palestina was die kwaliteit van sout wisselvallig. Nie alle sout was ewe goed, ewe smaakvol of bederfwerend nie. Die swak sout gaan af, dit het bymengsels wat onbruikbaar is en geen krag het nie. Dit word weggegooi en vertrap.

Jesus gebruik die beeld van sout wat verslaan om die godsdiens van baie van sy Joodse tydgenote te beskryf. Jesus kon sien hoe die Fariseërs en die Skrifgeleerdes godsdiens op 'n manier bedryf het wat sy krag verloor het. Teenoor die ware dien van God, en die lewe van gehoorsaamheid en toewyding, soos die Ou Testamentiese profete dit beskryf het, het hulle godsdiens in mensgemaakte, wettiese prosedures verval. Dit deug nie, word uitgegooi, en vergaan.

Mens kry tot vandag toe mense wat die dien van die Here verwar met 'n rigiede lewensstyl wat meer om tradisie, as wat dit om toewyding aan God, en om mense en hul genesing gaan. Dit is mense wat die splinter in 'n ander se oog sien, maar die balk in hulle eie oog miskyk. Ten diepste is dit 'n selfgesentreerde vorm van godsdiens wat in selfregverdiging belangstel, eerder as die uitgiet van jou lewe in diens van ander.

Daar is ook mense wat godsdiens in polities-korrekte en tydsgebonde modegiere verander. Dit het geen krag nie. Dit bring geen lig nie.

Lig vir die wêreld

Lig is soos sout, alledaags en bekend, maar lig dien as metafoor met ’n ryker betekenis en word onder andere met mense, waardes en met God vergelyk. Daar is 'n ryke verskeidenheid van maniere waarop die Bybel oor lig praat:

God is lig (Ps 18:29); ook Israel, God se wet (die Tora) en die tempel word met lig vergelyk.

15

Page 16: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Paulus beskryf dinge waarop die Jode roem, soos: “Jy is daarvan oortuig dat jy ’n gids vir blindes is, ’n lig vir dié wat in die duisternis is” (Rom 2:19)

Lig dui ook in die Bybel op ware kennis van God (Ps 36:9; Matt 6:22, 23); goedheid, regverdigheid en waarheid kom uit lig na vore (Ef 5:9); lig dui ook ware blydskap aan (Ps 97:11).

Lig kan soms een kwaliteit beskryf, of dit het ’n kollektiewe inhoud. Lig kan as samevatting dien van al die gawes van verlossing en redding (vgl. Ps. 27:1; Lukas 1:77-79). In hierdie sin is die gelowiges, wat met die lewende Lig geseënd is, ook God se manier om hierdie lig na die res van die wêreld te versprei.

Matteus 4:16 bevestig op grond van die profesie van ’n groot lig (Jes 9:1) dat Jesus die Messias is. Christus self is die ware, oorspronklike Lig vir die wêreld. (Joh 8:12; 9:5)

Jesus is die Bron van lig. Volgelinge van Jesus is ligdraers wat nie sonder die Bron kan skyn nie. Ons is 'n tweede kategorie van lig. Jesus is die son, volgelinge is soos die maan wat die son se lig reflekteer.

Om lig uit te straal

Jesus volgelinge behoort sigbaar te wees en lig uit te straal. Dit is waarom Jesus die stad met sy lig op ’n heuwel plaas en die lamp op ’n staander.

Die lig is sigbaar maar ook kwesbaar. Die lig word nie beskerm nie, dit kan op die lampstaander omval en deur wind en weer doodwaai. Tasker skryf dat Jesus se volgelinge hulself nooit mag wegsteek nie, maar leef en werk in plekke waar hulle die mees sigbare sal wees. Die lig is nie bedoel om onsself te verlig of onsself in glorie te laai baai nie. Ander moet die lig van egte Christelike goedheid sien, wat uitdrukking vind in praktiese dade van liefdevolle goedheid en diens. Mense herken hierdie soort lig as lig wat direk van God kom, en sal God daarvoor verheerlik.

Vervulling van die wet

Jesus het nie gekom om die wet of die profete ongeldig te maak nie, maar hulle sy volle betekenis te laat kry.

Opvallend genoeg maak Jesus hierdie uitspraak direk nadat hy sy dissipels sout vir die aarde wat nie laf moet word, en lig vir die wêreld wat nie weggesteek mag word nie, genoem het. Jesus kritiseer die manier waarop die Joodse godsdienstige leiers die wet verswak het deur dit vas te vang in menslike tradisies en uiterlike tekens. Hy kritiseer die manier waarop die krag van die Ou Testamentiese profetiese boodskap afgewater is, deur dit te verander in uiterlike prosedures en handelinge.

In die Ou Testament stuur God profete na die volk om die volk die ware betekenis van die wet (Tora) te leer. Die wet gaan nie bloot oor uiterlike godsdienstige reëlings nie. Die wet kom tot uitdrukking deur 'n gehoorsame, toegewyde hart wat konkrete liefde, barmhartigheid en die doen van wat reg is, najaag.

Dink bv. aan Miga 6: 8-12:

16

Page 17: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Om die Here te dien, dit is wysheid. Die Here roep die stad; luister, leier en julle almal wat aanhou roof: Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? Moet Ek die eienaar van 'n onbetroubare weegskaal vryspreek, een met 'n sak vol vals gewigte?Die stad se ryk mense pleeg geweld, sy inwoners lieg en hulle bedrieg.

Die wet en die profete handel nie bloot oor godsdienstige reëlings nie. Dan word die wet en die profete soos sout wat laf geword, en 'n ligstaander wat omgeval het. Jesus verstaan die wet anders as die godsdienstige leiers van sy dag, anders as sommige mense vandag.

Die wet gaan ten diepste oor gehoorsame liefde en geregtigheid, en oor die wil van God. "Die dieper bedoeling van die wet oortref die tradisionele verstaan daarvan, God vra méér as uiterlike gehoorsaamheid" (Van Niekerk).

"Die heerlike is dat Christus ook die wet absoluut vol evangelie maak! Want by Hom is die wet nie meer verpligtinge en vereistes wat ons móét nakom ten einde salig te word nie, maar uitnodigings, toelatings en toerustings: nou word Christene toegerus om volgens hierdie riglyne te kan lewe, só wonderlik dat dit selfs lyk asof hulle volmaak is" (Janson).

Dit is soos kragtige sout en helder lig lyk.

Wie ons reeds is

Die opdrag op sout en lig te wees, bou op die feit dat God ons sout en lig maak. Ons is reeds sout en ons is reeds lig. Ons is dit, wat ons is nuut gemaak in Jesus Christus. Daarom maak ons teks 'n stelling, en roep ons dan op om te wees wat ons reeds in Christus is.

Sout en lig in ons teks is nie 'n reseppie vir moralisering nie. Dit wil nie vra wat sal gebeur as ons tog maar net sout en lig sal wees nie. Ons is dit reeds. Ons het dit as gawe van God ontvang. Ons word opgeroep om te wees wat God ons gemaak het.

Lééf die woord en maak ’n verskil! Prof Dirkie Smit skryf:

Deur Jesus Christus se verlossingswerk is ek en jy één met Hom gemaak. Dit is die doel van my en jou lewe: om in ons een-wees met Hom só te leef dat ons werklik ’n verskil maak en nuwe lewe bring – ook in ons land. Dis waarvoor ons gemaak is. Dit is wat Hy in en vir ons geskep het. Dit is waarin ek en jy ons vervulling vind: om in hierdie eenwees met Jesus Christus te leef elke dag. Om in hierdie eenwees met Hom (as Sout en Lig) die doel van ons bestaan voluit uit te leef"

Mense wat die wêreld verander

Die Bybel is vol mense wat as sout en lig geleef het, en so hulle wêreld verander het:

17

Page 18: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Barnabas het 'n stuk grond verkoop om die verspreiding van die evangelie te dien. Hy het Paulus in Tarsus gaan haal toe die gemeente in Antiogië hom nodig gehad het. Hy het brûe gebou tussen mense.

Die slawedogtertjie deur wie daar vir Naäman genesing van sy melaatsheid gekom het, was 'n ligdraertjie by uitnemendheid.

Dorkas het intensief omgegee vir mense wat versorging nodig gehad het.

Die weduwee van Sarfat het die profeet Elia versorg.

Priscilla het haar oor Apollos ontferm.

Die koms van die koninkryk van God is op soveel plekke en maniere kragdadig gedien deur gewone mense wat sout en lig was. Dit maak mens opgewonde oor wat die Here vandag deur ons en ons gemeente doen as ons bloot gaan wees wat ons reeds in Christus is.

5 God stuur ons om te leefGebed

GeloofsbelydenisGeloofsbelydenis ahv Kolossense 1Ek glo in God die Vader-God wat self nie gesienkan word nie,God wat deur die Seun alles geskep hetwat in die hemel en op die aarde is:alles wat gesien kan worden alles wat nie gesien kan word nie,konings, heersers,maghebbers, gesagvoerders.God het besluitom met sy volle wese in die Seun te woonen om deur Hom allesmet Homself te versoen.Deur die bloed van sy Seunaan die kruishet Hy die vrede herstel,deur Hom het Hy alles op die aardeen in die hemelmet Homself versoen.

Ek glo in die Seun, Jesus Christus-Die Seun is die beeld van God,Die Seun is die Eerste,verhewe bo die hele skepping.Voor alles was Hy al daar,en deur Hom bly alles in stand.Hy is die hoof van die liggaam,

18

Page 19: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

van die kerk.Hy is die oorsprong daarvan,Hy is die Eerste,die Een wat uit die doodopgestaan het,sodat Hy die eerste plekin die heelal inneem.

Ek glo in die Heilige Gees.Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,die gemeenskap van die heiliges;die vergewing van sondes;die opstanding van die vleesen ’n ewige lewe.

Offergawes

Wegsending Lied 488 Helder skyn U lig vir die nasies vs 1,2,3,4

Seën“Wat die oog nie gesien

en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ’n mens

nie opgekom het nie,dit het God gereed gemaak

vir dié wat Hom liefhet. (1 Kor 2)13Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige

Gees sal by julle almal wees.

Musikale Amen F361. Laat Dit So Wees (Amen)(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)

Teks en musiek: Neil BüchnerKopiereg: Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.Heer, laat ons leef soos U leerHere, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.

6 Volgende erediensMatteus 5:21-37.

Liturgie: Wicus Wait

19

Page 20: Preekriglyne · Web viewsal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. 11Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke

Powerpoint: Rethie van NiekerkPreekversorging: Danie MoutonProsesbestuur, Familie-oomblik en ekstra stof: Chris van Wyk

20