Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons...

26
Spreuke 31:10-31 – Agtiende Sondag in Koninkrykstyd – 23 September 2018 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................1 1.2 Fokusteks: Spreuke 31:10-31.................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................6 2 Erediens........................................................6 2.1 Tema........................................................6 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................6 2.3 Liturgie....................................................6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus.........................................................6 3.2 Liedere.....................................................9 4 God praat met ons en ons luister...............................16 4.1 Familie-oomblik............................................16 4.2 Preekriglyn................................................17 5 God stuur ons om te leef.......................................20 6 Volgende erediens..............................................20 1 Oorsig Vandag se sleutelteks, Spreuke 31, beskryf 'n wyse vrou wat in die Ou-Testamentiese wêreld kon uitstyg bo die kultuur van die dag. Dit bied ook daarmee saam 'n korrektief op patriargale en chauvinistiese lewensbeskouings van daardie tyd. Psalm 1 stel die wysheid van regverdige gehoorsaamheid aan die wet van God op teen die vernietigende uiteinde van dwaasheid of goddeloosheid. Vandag se Jakobusteks sit sy wysheidsbetoog voort en waarsku teen selfsug en 1

Transcript of Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons...

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Spreuke 31:10-31 – Agtiende Sondag in Koninkrykstyd – 23 September 20181 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................1

1.2 Fokusteks: Spreuke 31:10-31................................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................6

2 Erediens.........................................................................................................................................6

2.1 Tema.....................................................................................................................................6

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................6

2.3 Liturgie..................................................................................................................................6

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................6

3.1 Rus........................................................................................................................................6

3.2 Liedere..................................................................................................................................9

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................16

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................16

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................17

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................20

6 Volgende erediens.......................................................................................................................20

1 OorsigVandag se sleutelteks, Spreuke 31, beskryf 'n wyse vrou wat in die Ou-Testamentiese wêreld kon uitstyg bo die kultuur van die dag. Dit bied ook daarmee saam 'n korrektief op patriargale en chauvinistiese lewensbeskouings van daardie tyd. Psalm 1 stel die wysheid van regverdige gehoorsaamheid aan die wet van God op teen die vernietigende uiteinde van dwaasheid of goddeloosheid. Vandag se Jakobusteks sit sy wysheidsbetoog voort en waarsku teen selfsug en vra vir nederigheid en bedagsame integriteit. Die Markusteks beklemtoon nederigheid en diens in teenstelling met selfverheffing vir volgelinge wat aan Jesus behoort.

1.1 Ander tekstePsalm 1Die Here lei die regverdiges1 Dit gaan goed met die menswat nie die raad van goddelosesvolg nie,

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

nie met sondaars omgaanen met ligsinniges saamspan nie,2maar wat in die woord van die Heresy vreugde vind,dit dag en nag oordink.3Hy is soos ’n boomwat by waterstrome geplant is,wat op die regte tyd vrugte draen waarvan die blare nieverdroog nie.Hy is voorspoedig in alleswat hy aanpak.4So is die goddeloses nie.Hulle is soos kaf wat deur die winduitmekaar gewaai word.5Daarom sal goddeloseshulle nie kan handhaafwanneer die Here oor hulle oordeel nieen sondaars nie ’n plek hêin die vergaderingvan regverdiges nie.6Waarlik,die Here lei die regverdigesop hulle pad,maar die pad van die goddeloseslei tot ondergang.

Jakobus 3:13 - 4:3, 7-8aHemelse wysheid teenoor aardse en demoniese wysheid13Is daar ’n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. 14Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. 15Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 16want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 17Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.

Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed4 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ’n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.

4Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ’n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ’n vyand van God is. 5Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy:“God weerstaan hoogmoediges,maar aan nederigesgee Hy genade.” e

2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

7Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8Nader tot God en Hy sal tot julle nader.

Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. 10Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Markus 9:30-37Jesus kondig die tweede keer sy dood en opstanding aan(Matt 17:22–23; Luk 9:43–45)

30Toe het hulle daarvandaan weggegaan en deur Galilea gereis. Jesus wou nie hê dat iemand anders dit te wete moes kom nie. 31Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: “Die Seun van die mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.”32Hulle het dit nie verstaan nie, maar hulle was te bang om Hom daaroor uit te vra.

Wie is die belangrikste?(Matt 17:24; 18:1–5; Luk 9:46–48)33Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?”34Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. 35Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”36Toe het Hy ’n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: 37“Elkeen wat so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”

1.2 Fokusteks: Spreuke 31:10-3131 Die woorde van koning Lemuel van Massa.

Sy moeder het vir hom

dié voorskrif gegee: 2My seun, my kind wat ek

in die wêreld gebring het,

oor wie ek 'n gelofte gedoen het, 3moenie jou krag op vrouens

vermors nie,

moenie jou lewe verspil met hulle nie;

hulle bring konings tot 'n val. 4Dit pas konings nie

om te drink nie, Lemuel,

dit pas hulle nie,

dit pas mense met gesag nie om hulle

aan drank oor te gee nie.

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

5As hulle drink, vergeet hulle

wat die wet bepaal

en laat hulle nie reg geskied

aan al die minderbevoorregtes nie. 6Gee drank aan dié wat besig is

om onder te gaan,

laat dié wat swaar ly, drink; 7as so 'n mens drink,

vergeet hy van sy armoede

en dink hy nie meer

aan sy moeilikheid nie.8Praat jý vir dié wat self nie

hulle sê mag sê nie,

kom op vir die reg van dié

wat te gronde gaan;9praat, en lewer regverdige uitsprake,

laat reg geskied aan die armes

en ellendiges.10'n Knap vrou is baie werd,

baie meer as edelstene. 11Haar man steun op haar

en pluk die vrugte van haar werk. 12sy bring vir hom net voordeel,

nie nadeel nie,

haar hele lewe lank. 13Sy maak wol en vlas bymekaar

en geniet dit om dit te verwerk. 14Sy is soos die handelskepe,

sy bring die kos van ver af in. 15Sy staan op as dit nog nag is

en maak kos vir haar huisgesin;

ook haar slavinne kry hulle deel. 16Sy oorweeg die waarde

van 'n stuk grond en koop dit,

sy sit dit onder wingerd

met geld wat sy self verdien het. 17Sy pak die werk aan met krag,

haar hande staan vir niks verkeerd nie.

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

18Sy stel vas of die wins goed is,

haar lamp bly heelnag brand. 19Sy werk met die spinwiel,

haar hande bly besig met die weefstoel. 20Sy het 'n oop hand vir die armes,

sy is vrygewig teenoor die behoeftiges. 21Sy is gerus oor haar huisgesin

as dit sneeu:

hulle dra almal warm klere. 22Sy maak self vir haar dekens

en sy dra klere van linne en wol. 23Haar man is welbekend

by die stadspoort

waar hy saam met die leiers beraadslaag. 24Sy maak klere en verkoop dit,

sy lewer gordels aan die handelaars.25Alles aan haar spreek van 'n sterk

en edel persoonlikheid;

sy ken geen kommer oor die toekoms nie. 26As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde. 27Sy hou goeie toesig

oor haar huishouding;

lui is sy nie. 28Haar kinders prys haar,

haar man bewonder haar: 29"Daar is baie knap vrouens,

maar jy oortref hulle almal!" 30Uiterlike skoonheid hou nie,

'n mooi voorkoms is nie alles nie;

as sy die Here dien,

dán verdien 'n vrou om geprys

te word. 31Gee haar wat haar toekom

vir alles wat sy doen;

laat haar werk haar roem wees

in die stadspoorte.

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

1.3 Eksegetiese opmerkingsTeks en konteks

Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondGrafika bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg. Geknip met Picasa III. Beskikbaar by

https://www.google.com/search?lr=&tbm=isch&q=beautiful+woman+%26+abstract&chips=q:beautiful+woman+%26+abstract,online_chips:watercolor&sa=X&ved=0ahUKEwi2mcHyzaDdAhVUW8AKHVi8ApUQ4lYIKSgC&biw=1920&bih=974&dpr=1#imgrc=qs4Etd-OPPZMAM:

2.3 LiturgieRUSToetrede VONKK 6 of Flam 299 of Psalm 1Votum Psalm 1:1-3, 6 uit die BDVSeëngroet

Lofsang Flam 9 [bekend] of Lied 451 VerootmoedigingLied Flam 7 of VONKK 166 of Lied 247 Geloofsbelydenis HOORGebed VONKK 203 [bekend: Be thou my Vision] Skriflesing Spreuke 31:10-31Familie-oomblikPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Flam 438 of VONKK 229 of Lied 489 SeënRespons VONKK 6 of Flam 222

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetrede

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

VONKK 6 Geseënd Wie Goddelose Raad (Psalm 1) [kan ook as epiklese gesing word] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-0006/ ofFlam 299 Dit Gaan Goed Met Die Mens (Psalm 1) [refrein kan as epiklese herhaal word] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f299/ ofPsalm 1

VotumPsalm 1:1-3, 6 uit die BDV

Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddelose mense volg, nie op die pad van sondaars staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie, maar wat vreugde in die wet van die HERE vind en sy wet dag en nag prewelend opsê.So iemand sal wees soos 'n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie ve verdor nie. Alles wat so ‘n mens aanpak, gedy. Ja, die HERE sorg vir die pad van regverdiges, maar die pad van goddelose mense loop dood.

Seëngroet

LofsangFlam 9 Ons Redding Kom Van Ons God [bekend – Salvation belongs to our God] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f009/ ofLied 451 Hemelse Vader, ons bring U eer

VerootmoedigingJesaja 1:17:

Leer om weer goed te doen,sorg dat daar reg geskied,gaan die verdrukker teë.Laat reg geskied aan die weeskinders,behartig die regsake van die weduwees.

“Weeskinders en weduwees” verwys na almal wat weerloos en uitgelewer is. Dit is diegene wat veral gebuk gaan onder die magtiges se misbruik en nié self kan sorg dat reg geskied nie.

Wanneer ons aan diesulkes dink, moet in SA veral aan vroue en kinders dink. Bykans daagliks hoor ons nóg berigte van ’n vrou of kind wat aangerand, verkrag of vermoor is. Statistieke wissel, maar daar word bereken dat daar elke vier minute ’n vrou in SA verkrag word. Verder word daar bereken dat daar in Suid-Afrika elke agt ure ’n vrou vermoor word deur haar lewensmaat.

1 Kor. 12:26 sê “wanneer een lid ly, ly al die lede saam” (1 Kor. 12.26). Daarom verootmoedig ons ons saam voor God:[verskillende lidmate kan beurte maak om die “liturg” gedeelte te lees]

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Liturg: Here, ons bely ons aandeel aan die bou van ‘n wêreld waar reg nie geskied nie, waar vroue en kinders selfs in hul eie huise nie veilig is nie. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.Liturg: Ons bid vir die veiligheid van elke vrou en kind in ons land, dat hulle vry kan beweeg in hul huise en in die openbaar, sonder om bang te wees. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.Liturg: Ons bid vir alle gelowige mans, dat hulle Christus se omgee-liefde sal beliggaam; dat hulle nooit ’n hand teen enige vrou sal lig nie, maar vroue sal respekteer as mede-lede Christus se liggaam. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.Liturg: Ons bid vir elke oorlewende van seksuele en huishoudelike geweld. Mag hulle genees word, fisies en emosioneel. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.Liturg: Ons bid vir die Kerk, U liggaam, dat ons die oorlewendes van seksuele geweld liefdevol sal versorg en saam met hulle sal staan teen alle magte wat hulle wil stilmaak of beskaam. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.Liturg: Ons bid vir die mans wat hierdie gruwelike misdade pleeg, dat God hulle sal vergewe, maar ook dat reg en geregtigheid sal geskied. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.Liturg: Ons bid vir die regering, dat hulle hierdie misdade sal sien vir die gruweldade wat dit is en dat hulle sal werk om ’n veilige, regverdige samelewing te vestig. Wees ons genadig.Gemeente: Kyrie Eleison of Wees ons genadig of Stil gebed.

LiedFlam 7 Here, Ek Vergeet So Gou refrein http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f007-here-ek-vergeet-so-gou/

Heer, vergewe, wees genadig.Jesus, wees genadig.Heer, vergewe, wees genadig.Christus, wees genadig.

Of VONKK 166 Jesaja Het Lank T’rug http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00166/ ofLied 247 Heer, wees ons genadig

Geloofsbelydenis Deur ‘n lidmaat of drie gelees. Ons verwerp alle vorme van liefdeloosheid en haat, geweld en ontmensliking omdat ons glo in God die Vader. Die Een wat die wêreld geskep het en wat dit daagliks onderhou.Die God wat alle mense as gelykes geskep het en wat in besonder medelye betoon met hulle wat arm of vreemd is. Ons erken die menswaardigheid van alle mense omdat ons Glo in Jesus Christus. Die Een wat die pyn en lyding van hierdie wêreld op homself geneem het. Die God wat die lyding ken van hulle wat leef in situasies van geweld en oorlog.Ons praat en leef profeties

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

omdat ons glo in die Heilige Gees.Die Een wat ons roep vanuit ons magteloosheid.Die God wat aan ons ’n stem gee en wat ons roep tot handelinge van medelye. Hoop, vrede, vreugde en liefde is moontlik omdat ons God ken as Vader, Seun en Gees. Amen.(Samevoeging van twee gebede deur Charlene vd Walt geskryf en opgeneem in Woord & Fees 2013-2014)

3.2 LiedereVONKK 6 Geseënd Wie Goddelose Raad (Psalm 1)Psalm 1 Teks: Driekie Jankowitz 2008 (Pro Deo) Melodie: KAMEELDORING – Jacus Krige 2008 © 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Klassiek -- Voorbereiding om God se Woord te hoor / Wil van God / Geloof en Vertroue

1. Geseënd wie goddelose raadnie volg tot in ‘n doodloopstraat. Wie leef uit God se wyse raad,oordink dit en vermy die kwaad. Die Here sal jou veilig lei,sy goedheid sal jou pad verbly.Die Here sal jou veilig lei,sy goedheid sal jou pad verbly.

2. Wie leef in vreugde uit Gods woord,bring altyd goeie vrugte voort;groei welig soos ‘n lewensboom,gewortel by ‘n waterstroom.Die Here sal jou veilig lei,sy goedheid sal jou pad verbly.Die Here sal jou veilig lei,sy goedheid sal jou pad verbly.

F299. Dit Gaan Goed Met Die Mens (Psalm 1)(RUBRIEK: Flam – Geloof en Vertroue / Toetrede / Gebed) Teks en musiek: Braam Hanekom © 2001 MAR Gospel Music Publishers

1. Dit gaan goed met die mens wat sy vreugde vindin die Woord van God hom verbly.Dit gaan goed met die mens wat dit bly oordinken sondaars en spotters vermy.Soos ’n boom geplant by ’n waterstroomsy vrugte gee op sy tyd.En sy blare bloei onbeperksy voorspoed lê wyd.

RefreinMaak my regverdig Heer en lei my weerop die regte pad en laat my sing.

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Laat my hulde bring, laat my naderkomaan u heiligdom en lei, lei my weer.

2. Dit gaan goed met die mens wat ’n pad kan loop – reguit, soos deur God bepaal.Dit gaan goed met die mens wat ligsinnigheid vreesen sy gedagtes deur God laat vertaal.Soos ’n boom geplant by ’n waterstroomsy vrugte gee op sy tyd.En sy blare bloei onbeperksy voorspoed lê wyd.

Refrein:

3. Soos kaf in die wind, uitmekaar gewaai,is die sondaar in u oë.Met skuld belaai, neer geboë, staan die spotter voor u oë.Hy probeer vergeefs sy plek behou in die volmaakte kringvan regverdiges deur U geleiwat steeds ’n loflied sing.

Refrein:

F9. Ons Redding Kom Van Ons God(RUBRIEK: Flam – Lof / Verwondering) Oorspronklike titel: Salvation belongs to our God Teks en musiek: Adrian Howard en Pat TurnerAfrikaanse vertaling: 2005 Faani en Hanneke Engelbrecht © 1985 Restoration Music, Ltd.

1. Ons redding kom van ons Godwat heers vanaf Sy hemeltroon.Hy is die Lam. Wysheid, heerlikheid, sterkte en mag,lof, dank en eer net aan Hom.

Refrein: Hy is die Heer vir ewig en ewig,En Hy regeer vir ewig en ewig.Hy is ons Heer vir ewig en ewig.Amen.

2. En ons, die verlostes, getuig,deur Woord en Gees lei Hy ons.En ons roep dit uit:Wysheid, heerlikheid, sterkte en mag,lof, dank en eer net aan Hom.

F7. Here, Ek Vergeet So Gou

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

(RUBRIEK: Kruisfuur – Skuldbelydenis) Oorspronklike titel: Lord, Have Mercy Teks en musiek: Steve MerkelAfrikaanse vertaling: 2005 Breda Ludik © 2000 Integrity’s Hosanna Music (Opgeneem op FLAM, vol 1)

1. Here, ek vergeet so gouu woorde en beloftes,en die vuur wat in my hart gebrand het, is nou flou.Met ’n hart vol ongeloofbedink ek aardse wysheid.Vergewe tog my louheid,ontvlam my hart se vuur.

Refrein:Heer, vergewe, wees genadig.Jesus, wees genadig.Heer, vergewe, wees genadig.Christus, wees genadig.

2. Ek het soms ook neergeknielvoor mensgemaakte godeen gegaan op paaie watmy ver van U wegneem.Maar ek keer terug na Uen pleit om u genade.Vergewe tog my sondeen neem my in u huis.

Refrein:

3. Ek het terug verlang na U,u liefde en genade;na die stroom van goedheidwat vloei van waar U woon.Nou kom buig ek voor U neer,want U is nog my Vader.Ek is nog ’n kind van U;ek kan U nie vergeet.

Refrein:

F438. ’n Verlange So Diep In My Wese (Ek Weet U’s Lief Vir My)(RUBRIEK: FLAM – Verwondering / Geloof en vertroue) Teks en musiek: Emmille Steyn en Saskia Smith Kopiereg: © MAR Gospel Music Publishers

1. ’n Verlange so diep in my wese,’n begeerte na U wat my lewe deurdring.U is die bron van my lewe

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

en my hart sal vir ewig u liefde besing.

Refrein:(En ek) weet dat, ek weet dat, ek weet U is lief vir my.En ek weet dat, ek weet dat, ek weet U is hier by my.

2. ’n Lewe wat spreek van u liefde,’n lewe wat alles as offer wil gee.U’s die Waarheid, die Weg en die Leween my hart sal vir ewig u almag besing.

Refrein:

Brug:U’s my liefde, my vreugde, my Koning, my ewige Rots,my lewe, my vrede, my wysheid,ek lewe vir U.Ek weet U is lief vir myen ek weet dat, ek weet dat, ek weet U is hier by my. (x2)

Refrein:

Einde:En ek weet dat, ek weet dat, ek weet U is hier by my. (x2)

F222. Die Here Seën Jou(RUBRIEK: Flam – Seënbede) Oorspronklike titel: De Here zegent jou Teks en musiek: Marcel ZimmerAfrikaanse vertaling: 2007 Johan Engelbrecht © 2001 Celmar Music (Num 6:24-27)

Die Here seën jouen Hy beskerm jou.Hy skyn sy lig oor jou lewe. Hy sal genadig weesen altyd naby wees.Hy gee jou elke dag sy vrede.

VONKK 229 Wysheid Begin Met Die Dien Van Die HeerUit die Spreuke van Salomo Teks: Jacques Louw 2012 © Musiek: VIR FRANCOIS – Jacques Louw 2012 ©Kantoryverwerking: Jacques Louw 2012 © Musikale verryking: Gerrit Jordaan 2012 © 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Meditatief – Onderwysing / Bevestiging van Ampsdraers /Aflegging van Geloofsbelydenis / Kindwees

1. (Spreuke 4:4) Wysheid begin met die dien van die Heer;dis meer as kennis, verstand.My kind, jy moet luister wat God van jou vraLaat Hy jou lewe beheer.

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

2. (Spreuke 2:1-5)Maak oop jou hart vir die raad van die Heer.Luister en doen wat Hy vra.So sal jy leer hoe om God reg te dien.Só sal jy God kan leer ken.

3. (Spreuke3:3-4) Moet nooit dat liefde en trou jou ontbreek;leef elke dag daarmee saam.So sal jy guns by die Here verkry;dit sal jou lewe versier.

4. (Spreuke 3:5,7)Moet nooit vertrou op jou insig alleen;ken God in als wat jy doen.My kind, dien die Heer en vermy alle kwaad.Dan sal sy seën met jou wees.

5. (Spreuke 3:8)Dien en vereer God met als wat jy het,gee van jou beste vir Hom.My kind, so sal jy God se goedheid ervaar;sal jy sy guns ondervind.

6. (Spreuke 4:23)Waak oor jou hart en wat als daarin leef.Dit gaan jou lewe bepaal.My kind, dink tog mooi oor wat jy begeer.Dit gaan jou lewe beheer.

7. (Spreuke 15:1)Woorde wat sag is laat woede bedaar,krenkende woorde maak kwaad.Kies dan versigtig jou woorde, my kind;dink tog eers mooi voor jy praat.

8. (Spreuke 16:3)Raadpleeg die Here in als wat jy doen;hou by sy raadsplan vir jou.Hy sal jou voornemens so laat geluken jou sy vrede laat smaak.

9. (Spreuke 23:4)Moet jou nie afsloof om ryk te wil wees;

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

rykdom kan so gou verdwyn.Moet nooit jou sin vir wat reg is, verloor;moet nooit dat geld jou beheer.

10. (Spreuke 20:1; 23:29-35)Wyn maak ’n mens tog so dapper en slim,drank laat jou slinger en val.My kind, wees versigtig wat drank aan jou doen;dit kan jou lewe verwoes.

11. (Spreuke 22:1 en 3)Let op jou naam, dit is so baie werd,veel meer as rykdom en roem.Aan hul wat God dien en wat nederig leef,gee God sy goedheid en guns.

12. (Spreuke 28:13)Hy wat sy sonde vir God wil verberg,hy sal niks goeds kan verwag.Maar dié wat hul sonde bely en laat staan,sal Sy genade ontvang.

13. (Spreuke 29:23 en 22:2)Hoogmoed en trots kan jou bring tot ’n val;need’righeid bring vir jou eer.Voor God, die Heer, is ons almal gelyk,Hy het ons almal gemaak.

14. (Spreuke 9:10, 4:9)Wysheid begin met die dien van die Heer.Dit het meer waarde as goud.Hou vas aan dít wat die Here jou leer.Dit sal jou lewe versier. VONKK 203 Wees U, O Here, My Uitsig, My HoopTeks: Be Thou my vision – E18; Engelse vertaling 1905: Mary E Byrne (1880-1931) en Eleanor H Hull (1860-1935); Afrikaanse weergawe: Hannes van der Merwe 2010/2012 © Melodie: SLANE – tradisionele Ierse melodieOrrelbegeleiding en kantoryverwerking: Tradisioneel © Teks: 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie en orrelbegeleiding: Openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Geloof en Vertroue

1. Wees U, o Here, my uitsig, my hoop.Kom breek tog die toekoms, geleenthede oop.En wat ook mag kom in die dag of die nag,wees U dan my herder en hou U die wag.

2. Wees U die wysheid, die lig op my pad,

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

En, Heer, as ek struikel, neem my aan die hand.Wees U tog my Vader en maak my u kind –net in u versorging is vrede te vind.

3. Wees U my skuiling, my redder, my krag, want net deur u hand kan ek uitkoms verwag.En wees U my vesting, my skild en my swaard.Heer, skenk tog u vrede – ook hier in my hart.

4. Wees U die eerste en laaste vir my,want niks op die aarde kan my so verbly.Wees U dan my lofsang, my bede, my seën;net op U vertrou ek, Heer, op U alleen.

VONKK 166 Jesaja Het Lank T’rug Nav Jesaja 11:6-9 en 55:10-12 Teks: Isaiah the Prophet has written of old – Joy F Patterson 1982; Afrikaanse weergawe: Hannes van der Merwe 2004/2012 © Melodie: ISAIAH – Onbekend Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2012 (Pro Deo) © Teks: 1982 en hierdie vertaling. © The Hymn Society (Admin. Hope Publishing Company, Carol Stream, IL 60188) www.hopepublishing.com Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. © Melodie: Openbare besit © Orrelbegeleiding: 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Kontemporêr – Advent / Hoop en Voleinding

1. Jesaja het lank t’rug profeties gesienwat God vir sy kinders wil hê.In plaas van die onreg en haat en geweldsal die wolf by die lammers kom lê – hy sien:Die wolf sal by lammers kom lê.

2. Die berge en heuwels sal lofsange singen vrede sal kom vir sy volk.En net soos die waters die seebodem dek,word die aarde vol kennis van God – hy sien:Die aarde vol kennis van God.

3. Maar steeds sien ons onreg en haat en geweldwaar mense selfsugtig bly leef.En nes in die tyd van Jesaja van oudsword die wil van die Here vergeet – ons sien:Die wil van die Heer word vergeet.

4. O Here, voltooi nou die werk reeds begin;bring u wil volkome tot stand.Laat wysheid en reg in ons harte regeer,laat u vrede ook kom in ons land – ons bid:Laat u vrede ook kom in ons land.

15

Page 16: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

4 God praat met ons en ons luisterGebedVONKK 203 Wees U, O Here, My Uitsig, My Hoop [bekend: Be thou my Vision] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00203/

SkriflesingSpreuke 31:10-31

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblikDie woord wat hier vertaal word as “knap” is hayil. Wanneer Boas dieselfde woord gebruik om Rut te beskryf, vertaal die BDV dit as “deugsaam” – of in die ’83 vertaling as “goed”. Dieselfde woord word gebruik om Boas te beskryf in Rut 2:1, wat daar vertaal word as “vermoënd”. Die woord beteken sterk, dapper of wys. (2428 ַחִיל, ֵחיֵלְך [chayil /khah·yil/] n m. From 2342; TWOT 624a; GK 2657 and 2662; 243 occurrences; AV translates as “army” 56 times, “man of valour” 37 times, “host” 29 times, “forces” 14 times, “valiant” 13 times, “strength” 12 times, “riches” 11 times, “wealth” 10 times, “power” nine times, “substance” eight times, “might” six times, “strong” five times, and translated miscellaneously 33 times. 1 strength, might, efficiency, wealth, army. 1A strength. 1B ability, efficiency. 1C wealth. 1D force, army. - Strong, J., 1995. Enhanced Strong’s Lexicon.) Dis ook hoe dit gewoonlik vertaal word. Dis net wanneer dit na vrouens verwys, wat dit as “goed” of “deugsaam” vertaal word.

Daar is al baie navorsing gedoen en geskryf oor hoe belangrik dit is vir meisies om sterk (wat ons kan noem hayil!) rolmodelle te hê. Gebruik dus vandag om stories van dapper vroue te vertel. Daar is ’n magdom om uit te kies! Gaan maak ’n draai by A Mighty Girl vir ’n lang lys sterk karakters wie se stories jy kan vertel. Kate T Parker het asemrowende foto’s geneem vir haar boek “Strong is the new pretty”. Ek hou veral van hierdie en hierdie en hierdie foto.

Daar is pragtige stories oor sulke vroue uit die Reformasie. Lees bv. stories van hul “Onverskrokke dapperheid en onwrikbare liefde”. Die volledige stories – met groter inkleurprente as in hierdie artikel – is elektronies in Bybel-Media se “Saamkleurpret: Die Vyf Solas”.

Uit ons eie (kerk)geskiedenis kan jy lees in “Die hart van God: Verhale van vroue in sending” – onder redaksie van Lisel Joubert en Isabel Murray, beskikbaar by CLF. Daarin vertel Carin van Schalkwyk bv. van Ella Botes, of te wel “Botie van Magwero”. Hierdie meisie van die Vrystaat was ’n ywerige student wat in 1912 as sendeling in Noord-Rhodesië (vandag Zambië) begin werk het. Hier ontmoet sy ’n groep blinde kinders wat elke dag, terwyl die ander kinders skoolgaan, op die stoep sit. Botie vind uit dat hul mense hulle verstoot omdat hulle blind is. Hulle lot gryp haar so aan dat sy Braille aanleer. Snags sit sy voor ’n Braille-tikmasjien en vertaal die Evangelie van Johannes in hulle taal, Nyanja. Sy word later ’n skoolhoof wat evangelis-onderwysers oplei, maar vergeet nie van die blindes nie. Al meer blindes daag op vir haar “stoep-skool”. Mettertyd begin sy blindes oplei as sendelinge en stuur hulle regoor die land om die lot van blindes te verander. Sy leer blindes lees en handwerk doen, sodat hulle selfversorgend kan wees. Sy het later selfs ’n skool vir dowes begin. Deur haar werk het mense se gesindheid teenoor blindes en dowes vir altyd verander en leef blindes en dowes vandag nog ’n beter lewe. Hier is ’n foto van Botie in haar later jare, asook ’n artikel oor haar lewe en werk (as dit nie reg oopmaak nie, klik links onder “Ella Botes”).

16

Page 17: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Sluit af deur almal te herinner aan die dapper vroue in die Bybel, soos Miriam. Ragab. Jael. Debora. Rut. Naomi, Tamar. Ester. Elisabet. Maria, Jesus se ma. Hanna. Lydia. Priscilla. Marta. Maria, die eerste onder die apostels. Dorcas, ook bekend as Tabita. Loïs en Eunice en nog baie ander. Nooi hulle uit om weer daardie vroue se stories te gaan lees.

Jy sou nog ander lyne in die teks in kon kies. So kan jy hulle help om te verstaan dat ons almal baie meer werd is as edelstene. Julle kan verskillende edelstene vergelyk. Jy kan half-edelgesteentes saambring. Laat kinders daaraan vat en dit bewonder. Herinner hulle aanmekaar dat hulle meer werd is as die stene. Kinders kan dan tydens die preek plastiek steentjies gebruik om armbandjies te maak, wat hulle herinner dat hulle kosbaar is.

Jy sou ook met hulle kon gesels oor wat ’n mens belangrik/gewild/goed maak. Geld, dat jy die regte klere dra, die regte speelgoed / selfoon het (wat ook al op die oomblik “in” is by julle), dat jy slim is, goed is in ’n spesifieke sport, beroemd is, mooi is, ens. Laat almal voorbeelde noem van dinge wat mense dink belangrik is. Onderstreep dat God sê wat belangrik is, is dat ons hom dien. Gesels op ’n toepaslike manier oor wat dit beteken om die Here te dien.

4.2 PreekriglynOns teks kom uit die laaste hoofstuk van die Spreukeboek.

Dit val op hoe die boek omraam word deur

die pa in gesprek met sy seun (hfs 1-9) aan die begin van die boek, en

hier die ma in gesprek met haar seun (hfs 31) aan die einde van die boek.

Dit wys nie net hoe ewewigtig die boek aan mekaar gesit is nie, deur aan albei ouers se onderrig aandag te gee, maar ook hoe noodsaaklik beide ouers se onderrig en leiding in 'n kind se lewe geag word.

Twee waarskuwings

Dit is opvallend hoe die ma haar seun se onderskeidingsvermoë juis oor vrouens wil opskerp, maar op 'n ander wyse as wat die pa vroeër gedoen het. Waar die pa baie uitgebrei het oor hoe vreeslik dit is om te val in die hande van die vreemde vrou (in drie al hoe langer en uitgebreide gedeeltes), en min gesê het oor die waarde van die regte vrou, doen die ma dit andersom.

Sy is duidelik oor wie hy moet vermy, maar doen dit kort en kragtig in 2 verse (31:2-3). Sy sê net dit is 'n vermorsing van sy krag. Hy het beter dinge om te doen. Sy is eintlik meer bekommerd oor drank, as oor die vreemde vrou, want dit rig regtig skade aan. Sy gebruik 3 keer meer verse daarvoor (31:4-9)!

Let ook op hoe sy haar onderrig verbind aan 'n gelofte wat sy oor haar kind afgelê het, 'n verbintenis aan hom wat sy voor die Here gedoen het. Haar onderrig is deel van haar manier om dié gelofte na te kom.

Drank is vir dié wat besig is om onder te gaan, dié wat swaar ly, want as hulle drink vergeet hulle van hulle armoede en moeilikheid (31:6-7). Die koning moet egter nooit van hulle nood vergeet nie, en daadwerklik iets daaraan doen.

'n Knap vrou

17

Page 18: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Teenoor die kort aandag wat die ma aan die vreemde vroue verleen (2 verse) , staan die lied oor die regte vrou wat in 'n oorvloedige sin, in 'n fyn uitgewerkte gedig, die lof van die regte vrou besing, dié een met wie die koning sy lewe moet deel.

Hierdie soort gedig staan as 'n akrostiese gedig bekend. Elke versreël begin met die volgende letter uit die Hebreeuse alfabet. Daar is 22 verse en dus 22 versreëls.

Die ma brei uitvoerig uit oor die geweldige voordele wat só 'n vrou vir hom sal hê. Hy kan en moet haar op geen manier mis nie! Dit is die tipe onderrig wat verandering bring, omdat dit uitnooi na 'n baie beter toekoms met 'n helder aantreklike visioenêre prentjie daarvan!

Voordele

Mens bloos by die lees van hierdie gedig, want dit voel geen man of vrou kan by hierdie standaarde uitkom nie.

Só 'n knap vrou het volgens die gedig 22 voordele:

1. Sy is baie kosbaar, meer werd as edelstene – 31:10.

2. Sy is 'n steunpilaar vir haar man wat die vrugte van haar werk pluk – 31:11.

3. Sy bring net voordeel haar lewe lank – 31:12.

4. Sy is vaardig met die verwerking van ru-stowwe, wol en vlas – 31:13.

5. Sy sorg dat daar (eksotiese?) kos is – 31:14.

6. Sy maak kos – 31:15.

7. Sy dryf handel met grond en wingerd – 31:16.

8. Sy doen alles met passie, haar hande staan vir niks verkeerd nie – 31:17.

9. Sy dryf 'n begroting, al moet haar lamp laatnag aan die brand bly – 31:18.

10. Sy produseer goedere met die spinwiel – 31:19.

11. Sy is vrygewig en sorg vir die armes – 31:20.

12. Sy sorg dat haar gesin klere het teen die koue – 31:21.

13. Sy maak self beddegoed en klere van linne en wol – 31:22.

14. Sy sorg dat haar man met die leiers kan beraadslaag – 31:23.

15. Sy dryf handel met produkte soos klere en gordels – 31:24.

16. Sy het 'n sterk en edel persoonlikheid – 31:25.

17. Sy praat met wysheid en gee leiding met liefde – 31:26.

18. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding – 31:27.

19. Sy is haar kinders se trots, haar man bewonder haar – 31:28.

20. Sy is voortreflik onder die knap vrouens – 31:29.

21. Sy leef in ontsag vir die Here – 31:30.

22. Sy word in die gemeenskap geëer – 31:31.

18

Page 19: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Ideale vrou

Natuurlik is die skets die prentjie van 'n ideale vrou. Maar dit wil eintlik net 'n prentjie gee van wat moontlik is as potensiaal toegelaat word om te ontwikkel. En na watter tipe eienskappe gekyk moet word in 'n toekomstige lewensmaat. Dit is ook so dat hier baie min van liefde en die verhoudingskant van die huwelik gesê word. Daarvoor het ons Hooglied om die prentjie nog deegliker in te vul.

Mens wag ook vir die prentjie van die ideale man ... !

Oordeelkundige uitleg

Ons is deesdae baie bewus van die uitbuiting van vroue en kinders in die samelewing, die wat in baie kulture as swakkeres gesien word.

Die gevaar is dat 'n teks soos hierdie gebruik kan word om vroue uit te buit. Die vrou wat hier geteken word, is die vrou wat in die huwelik aan 'n man verbind is. Haar nut is dat sy 'n goeie vrou vir die man is. Haar identiteit en bruikbaarheid word aan haar lewensmaat verbind. Behalwe haar positiewe nut vir man en kinders het sy – word gesê – nie juis waarde nie.

In 'n patriargale, manlik-gedomineerde samelewing, kan die hoofdoel van 'n vrou se lewe maklik gesien word as haar diens aan haar man.

Verder stel ons teks die standaarde ook so hoog, dat geen vrou regtig hierby kan uitkom nie. Hierdie is 'n supervrou van formaat.

Ons moet ons egter aan die teks steur. Dit is deel van die Here se Woord, wat gesagvol oor ons lewens is. Ons moet dit egter verantwoordelik uitlê.

Diensbaarheid gevier

Die teks help ons verstaan dat die sin van die lewe grootliks bestaan in die dien van die ander. In hierdie geval van die eggenoot en die gesin.

Die vraag is dan waar die lewensmaat is wanneer die vrou vroeg opstaan, voor sonop, om die belange van haar gesin te dien. En: waar is die kinders? Is die man en kinders ook vlytig aan die werk om die beste voordeel van die gesin te soek?

'n Verantwoordelike uitleg van hierdie teks sal die onselfsugtige diens aan die ander lede van die gesin beklemtoon.

Waar ouers dikwels kinders skade aandoen, of kinders ouers; waar mans hul vroue skade aandoen, of vroue hul mans, beklemtoon hierdie teks dat ons mekaar moet opbou en ondersteun. Geen wonder die moeder beklemtoon in haar onderrig van haar seun dat hy moet opstaan vir die reg van diegene wat geen mag het nie (8).

Dien van die Here

Ons teks verbind ook die sin van die lewe met die dien van die Here (30):

Uiterlike skoonheid hou nie'n mooi voorkoms is nie alles nie;As sy die Here dien,Dan verdien 'n vrou om geprys te word.

Dit is van almal waar: mans, vroue en kinders.

19

Page 20: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Vrou Wysheid

'n Mens kan die gedig oor hierdie vrou ook as 'n verdere verpersoonliking van Vrou Wysheid in Spreuke sien. Dit beteken dan dat Vrou Wysheid nie net by die Skepping teenwoordig was nie (Spr 8), nie net almal uitnooi om van haar wyshede te geniet nie (Spr 9), maar haar woning by ons in die werklike lewe kom maak, as't ware die metgesel van 'n werklike persoon word (Spr 31).

Soos iemand dit so pragtig stel:

She is not some lofty, remote ideal for those initiated into her mysteries, but a practical, ever-present, faithful guide and lifelong companion for all who choose her ways. Her origins are with God (8:22–30) and her teaching wins blessings from God (8:35). But her home is in this world. This is the way Wisdom herself wanted it. Even while she was beside the Creator, playing before him, she was also, in her own words from 8:31: rejoicing in his inhabited world and delighting in the sons of men.

Sal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend.

5 God stuur ons om te leef

Gebed

Dankoffer

SlotsangFlam 438 ’n Verlange So Diep In My Wese (Ek Weet U’s Lief Vir My) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f438/ ofVONKK 229 Wysheid Begin Met Die Dien Van Die Heer http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00229/ ofLied 489 Waak, Christen, staan in die geloof

SeënDie Here sal julle seën en julle beskerm;Die Here sal tot julle redding sal verskyn en julle genadig sal wees.Die Here sal julle gebede verhooren aan julle vrede gee. Amen

ResponsVONKK 6 Geseënd Wie Goddelose Raad (Psalm 1) refrein http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-0006/ ofFlam 222 Die Here Seën Jou http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f222-in-f/

6 Volgende erediensEster 7:1-6, 9-10

20

Page 21: Preekriglyne – vir eredienste€¦ · Web viewSal ons nie almal sulke soort mense vir ons medemens word nie. Deugsaam, dienend, opbouend, gevul met wysheid, ondersteunend. God stuur

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van NiekerkPowerpoint: Wicus WaitPreekriglyn: Danie Mouton en Chris van WykProsesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

21