PENS & POTE REG VIR EET - Meerkatplaats · restaurante, maar vroeër was dit altyd afval,” sê...

1
SKILPADJIES, POFADDER EN VLERMUISE meslemmetjie van die fyn hare op die kop afskeer,” verduidelik Fran. “Daarna word die kop met baie pienksout ge- smeer om te keer dat dit sag word. Dit is hoe jy die vel lekker hard kry. Jy los hom so twee uur teen 220 °C.” Hierdie eksklusiewe gilde met sy meer as 160 lede kom een keer per maand by- een om weg te lê aan lekkernye soos pens, pootjies en natuurlik varkkop. “Baie mense gril vir die idee van afval, maar as jy hulle vra of hulle dit al probeer het, sê hulle gewoonlik nee. Hoe kan jy dan sê jy hou nie van afval nie?” vra hy. F RAN maak vir sowat 20 gilde- lede op ’n slag kos. “Die lede kom van oor die hele land,” sê hy. Party Kapenaars kom eet net een keer in ses jaar by hom, want dis al wanneer hulle by Muldersdrift uitkom. Vanmiddag is dit die Gautengers wat hulle verlustig. Willem Slabber, ’n konsul- tant van Pretoria, is die huidige president van die Afvalgilde en lui die feesmaal in. Dit is sy eer en voorreg om eerste te sny, en hy gaan reguit vir die wangvleis. “Dis die lekkerste,” sê hy terwyl hy die kop kerf. “Die vleis is lekker sag en die velletjie ’n lekker crackling.” Willem het grootgeword in ’n huis met groot waardering vir afval. “Toe ons klein was, was daar een oggend oorlog in die huis oor ’n skaap- kop,” onthou hy. “Ons sou dit op Kersdag eet, maar toe besluit ons kinders al die vorige aand om die murg skelm met ’n lepel uit die kop te eet. “Pandemonium het daai Kersoggend uitgebreek,” sê hy en lag. “Dit verklaar baie; die ou mense het altyd gesê murg kan jou mal maak,” skerts Carl Coetzee, ’n prokureur van Pretoria en voormalige gildepresident. Hier vier die samesyn hoogty en kame- raadskap word met afval gesmee. “Ons keuringsproses is streng,” sê Fran, een van die gilde se stigterslede. “Lede is almal lekker ouens wat goed met mekaar oor die weg kom en geen pretensie het nie. Jy moet ander in ag neem en ook ’n liefde vir afval hê.” Een van die lede is geskors nadat hy te gulsig was toe dit by die skaapbrein kom. “Die ou het die hele brein opgeëet nog voor ons opgeskep het. Die res van die lede het nie ’n enkele harsing gesien nie. Ons het hom net daar geskors,” sê Fran. Nadat die varkkop verorber is, hoor jy dit was net die voorgereg. In die kombuis is Fran en sy vrou, Cynthia McLoughlin, met die hoofgereg doenig: ’n keuse van tradisionele kerrie- afval of beesstert. “Beesstert is nou ’n gesogte gereg in restaurante, maar vroeër was dit altyd afval,” sê Fran. “Mense het die stert gewoonlik weggegooi, en deesdae betaal jy deur jou nek daarvoor.” Al langer as ’n dekade kom die klomp byeen om hul eiesoortige eetlus te ver- sadig. “In 2002 het ek vir ’n vriend begin afval maak nadat hy vir my gesê het hoe lief hy daarvoor is. Hy het van sy vriende daarvan vertel en toe daag nog mense by my op,” vertel Fran. Die afvaleters het so baie geraak dat Fran ’n gilde gestig het. Die 160 lede word in groepe verdeel sodat 20 op ’n slag kans PENS & POTE REG VIR EET Liefhebbers kom van heinde en ver om by gildesaamtrekke weg te lê aan afval Deur JACQUES MYBURGH Foto’s: MARTIN DE KOCK LINKS: Die kake- bene van vorige varkkoppe wat by die Afvalgilde gesneuwel het. Fran, die afval- kok, spot graag dis sy “Krismis- versierings”. HEEL LINKS: Knipmes in die hand sny lede van die gilde stukkies vleis uit die varkkop. D IE manne vorm ’n half- maan om die gebakte varkkop. Met ’n appel in die mond staar die ge- dierte na hulle. Die lem van ’n knipmes kom blitsig te voorskyn. Met een harde stamp word die lem tussen die vark se oë inge- boor om by die sagte vleisies uit te kom. Dan eet almal lustig saam en die vet drup tot net die kalkwit van die skedel eenkant oorbly. Voor jy dink dit is ’n makabere toneel uit ’n Jan Rabie-verhaal, dink weer. Dit is net die Afvalgilde wat vergader. Prokureurs, ouditeurs en sakelui het almal dié middag hul program onder- breek om by die gastehuis Meerkatplaats op Muldersdrift byeen te kom. “Dis net ’n klomp vriende wat lief is vir afval en bymekaarkom om ’n bietjie te kuier,” sê Fran van Niekerk (59), die afval- kok en eienaar van Meerkatplaats. Bo Fran se kop, in die takke van ’n doringboom, hang die kakebene van varkkoppe wat by vorige geleenthede deel van die gilde se feesmaal was. “Ek spot altyd en sê vir gaste die bene is my Krismisversierings wat ek vergeet het om af te haal,” sê hy. “Gewoonlik moet jy nog met ’n skeer- HOOFFOTO: (Van links) Fanie Lategan, Fran van Niekerk en Willem Slabber by die varkkop wat voorgesit word. REGS: Fran en sy vrou, Cyn- thia McLoughlin, in hul kombuis. HEEL REGS: Af- val met rys en pampoen. REGS ONDER: Afval- gildelede is reg om te smul. kry om hierdie maaltye by te woon. “Soms sal ons hoenderpote pleks van varkkop as voorgereg maak. Jy kook dit ’n bietjie sag in hoenderaftreksel en laat dit afkoel. Daarna meng ek dit met meel en kruie en kook dit in olie. Dis beter as KFC,” sê hy. Toe die manne vir die hoofgereg aansit, vertel Frans van Niekerk, ’n ouditeur, ons oor die penarie waarin hy hom bevind. “Vandag is my verjaardag en ek gaan saam met die familie uiteet, maar ná hierdie gesonde bord kos weet ek nie hoe ek ’n eetlus gaan hê nie.” Toe die feesmaal tot ’n einde kom, Mense wat oortuig is afval is net ’n grille- rige affêre vir dié met murg in hul pype, kan gerus weer dink. “Dit is ’n kuns om goeie afval te maak,” sê die afvalkok Fran van Niekerk. “Afval is or- gane en snie wat mense nie gewoonlik eet nie. Soos die niere, hart, lewer, derms, pens, kop en pote.” Gewilde braaivleiskos soos “skilpadjies” en “pofadder” is niks anders as afval nie en Fran maak dit gereeld. Skilpadjies is fyn gemaalde lewer wat met speserye en uie in vet toegedraai word. Pofadder is nie satan se kind wat jy braai nie; dis die vetderm van ’n skaap wat gestop is met hart, niere en lewer. “Vlermuise” is nog ’n spesialiteit waar- aan jy by Fran kan weglê. Dit is heel lewer wat in vet toegedraai en op die vuur ge- braai word, dalk met pynappel daarby. Die eksklusiewe Afvalgilde in Gauteng is nie enig in sy soort nie, want ons land is vol afvalsmulpape. Sulke byeenkomste word onder meer op George in die Suid-Kaap gehou, Bloemfontein het sy eie Skaapkop- gilde, en die Rabie Restaurant in Rand- burg, Johannesburg, hou spesiale geleen- thede vir afvallieebbers. moet ’n paar formaliteite eers afgehandel word. ’n Nuwe president word elke jaar aangewys, en dis nou weer sulke tyd. Lukraak word “demokraties” besluit Roy Banks, wat by ’n make- laarsfirma werk, sal die nuwe president wees. “Dit is ’n eer om gekies te word,” verklaar Roy onder luide toejuiging van sy kame- rade. “Ek sal my bes doen om die gilde se belange op die hart te dra.” Jy kan sommer agterkom dit is nie ’n stywe affêre nie. ’n Mens wonder dalk watter afval die beste is . . . “Kerrie,” sê Fran. “My geheim is ek maak egte boerekos met ’n Durbanse geur. “Mense gooi sommer kerriepoeier by, maar dit werk nie, want dit is flou,” ver- duidelik hy. “Ek maak my afval soos my ma my ge- leer het, met regte Durbanse kerrie.” Natuurlik het hulle ook hul uitskiet- afvalgeregte. “Jy kan skaapkop in tinfoelie ’n uur en ’n half op die vuur sit tot hy lekker bruin is,” vertel Frans. “Beespens is ook heerlik. Die enigste bloed wat jy gaan proe, is dié van jou eie vingers,” lag hy oor die vingerlek wat gepaardgaan met ’n goeie afvalmaaltyd. Die herfssonnetjie begin die veldgras in goud tooi toe die lede begin groet. Die manne reik mekaar die hand voor hulle die lang pad terug Johannesburg en Pre- toria toe aandurf. Ná ’n middag van goeie geselskap, ’n paar drankies en heerlike kos is hulle weer uitgerus en vol krag vir hul besige leefstyl. Tot hulle weer oor ’n volgende varkkop of beespens bymekaarkom. S 310 | 30 MAART 2017 huisgenoot.com huisgenoot.com 30 MAART 2017 | 311 HG NUUS

Transcript of PENS & POTE REG VIR EET - Meerkatplaats · restaurante, maar vroeër was dit altyd afval,” sê...

Page 1: PENS & POTE REG VIR EET - Meerkatplaats · restaurante, maar vroeër was dit altyd afval,” sê Fran. “Mense het die stert gewoonlik weggegooi, en deesdae betaal jy deur jou nek

SKILPADJIES, POFADDER EN VLERMUISE

meslemmetjie van die fyn hare op die kop afskeer,” verduidelik Fran. “Daarna word die kop met baie pienksout ge­smeer om te keer dat dit sag word. Dit is hoe jy die vel lekker hard kry. Jy los hom so twee uur teen 220 °C.”

Hierdie eksklusiewe gilde met sy meer as 160 lede kom een keer per maand by­een om weg te lê aan lekkernye soos pens, pootjies en natuurlik varkkop. “Baie mense gril vir die idee van afval, maar as jy hulle vra of hulle dit al probeer het, sê hulle gewoonlik nee. Hoe kan jy dan sê jy hou nie van afval nie?” vra hy.

FRAN maak vir sowat 20 gilde­lede op ’n slag kos. “Die lede kom van oor die hele land,” sê hy. Party Kapenaars kom eet net een keer in ses jaar by hom, want dis al wanneer hulle by

Muldersdrift uitkom. Vanmiddag is dit die Gautengers wat

hulle verlustig. Willem Slabber, ’n konsul­tant van Pretoria, is die huidige president van die Afvalgilde en lui die feesmaal in. Dit is sy eer en voorreg om eerste te sny, en hy gaan reguit vir die wangvleis.

“Dis die lekkerste,” sê hy terwyl hy die kop kerf. “Die vleis is lekker sag en die velletjie ’n lekker crackling.”

Willem het grootgeword in ’n huis met groot waardering vir afval.

“Toe ons klein was, was daar een oggend oorlog in die huis oor ’n skaap­kop,” onthou hy. “Ons sou dit op Kersdag eet, maar toe besluit ons kinders al die vorige aand om die murg skelm met ’n lepel uit die kop te eet.

“Pandemonium het daai Kers oggend uitgebreek,” sê hy en lag.

“Dit verklaar baie; die ou mense het altyd gesê murg kan jou mal maak,” skerts Carl Coetzee, ’n prokureur van Pretoria en voormalige gildepresident.

Hier vier die samesyn hoogty en kame­raadskap word met afval gesmee.

“Ons keuringsproses is streng,” sê Fran, een van die gilde se stigterslede. “Lede is almal lekker ouens wat goed met mekaar oor die weg kom en geen pretensie het nie. Jy moet ander in ag neem en ook ’n liefde vir afval hê.”

Een van die lede is geskors nadat hy te gulsig was toe dit by die skaapbrein kom.

“Die ou het die hele brein opgeëet nog voor ons opgeskep het. Die res van die lede het nie ’n enkele harsing gesien nie. Ons het hom net daar geskors,” sê Fran.

Nadat die varkkop verorber is, hoor jy dit was net die voorgereg.

In die kombuis is Fran en sy vrou, Cynthia McLoughlin, met die hoofgereg doenig: ’n keuse van tradisionele kerrie­ afval of beesstert.

“Beesstert is nou ’n gesogte gereg in restaurante, maar vroeër was dit altyd afval,” sê Fran. “Mense het die stert gewoonlik weggegooi, en deesdae betaal jy deur jou nek daarvoor.”

Al langer as ’n dekade kom die klomp byeen om hul eiesoortige eetlus te ver­sadig. “In 2002 het ek vir ’n vriend begin afval maak nadat hy vir my gesê het hoe lief hy daarvoor is. Hy het van sy vriende daarvan vertel en toe daag nog mense by my op,” vertel Fran.

Die afvaleters het so baie geraak dat Fran ’n gilde gestig het. Die 160 lede word in groepe verdeel sodat 20 op ’n slag kans

PENS & POTE REG VIR EET

Liefhebbers kom van heinde en ver om by gildesaamtrekke weg te lê aan afval Deur JACQUES MYBURGH Foto’s: MARTIN DE KOCK

LINKS: Die kake­bene van vorige varkkoppe wat by die Afvalgilde gesneuwel het. Fran, die afval­kok, spot graag dis sy “Krismis­versierings”. HEEL LINKS: Knipmes in die hand sny lede van die gilde stukkies vleis uit die varkkop.

DIE manne vorm ’n half­maan om die gebakte varkkop. Met ’n appel in die mond staar die ge­dierte na hulle.

Die lem van ’n knipmes kom blitsig te voorskyn. Met een harde stamp

word die lem tussen die vark se oë inge­boor om by die sagte vleisies uit te kom.

Dan eet almal lustig saam en die vet drup tot net die kalkwit van die skedel eenkant oorbly.

Voor jy dink dit is ’n makabere toneel uit ’n Jan Rabie­verhaal, dink weer. Dit is net die Afvalgilde wat vergader.

Prokureurs, ouditeurs en sakelui het almal dié middag hul program onder­breek om by die gastehuis Meerkatplaats op Muldersdrift byeen te kom.

“Dis net ’n klomp vriende wat lief is vir afval en bymekaarkom om ’n bietjie te kuier,” sê Fran van Niekerk (59), die afval­kok en eienaar van Meerkatplaats.

Bo Fran se kop, in die takke van ’n doringboom, hang die kakebene van varkkoppe wat by vorige geleenthede deel van die gilde se feesmaal was.

“Ek spot altyd en sê vir gaste die bene is my Krismisversierings wat ek vergeet het om af te haal,” sê hy.

“Gewoonlik moet jy nog met ’n skeer­

HOOFFOTO: (Van links) Fanie Lategan, Fran van Niekerk en Willem Slabber by die varkkop wat voorgesit word. REGS: Fran en sy vrou, Cyn­thia McLoughlin, in hul kombuis. HEEL REGS: Af­val met rys en pampoen. REGS ONDER: Afval­gildelede is reg om te smul.

kry om hierdie maaltye by te woon. “Soms sal ons hoenderpote pleks van

varkkop as voorgereg maak. Jy kook dit ’n bietjie sag in hoenderaftreksel en laat dit afkoel. Daarna meng ek dit met meel en kruie en kook dit in olie. Dis beter as KFC,” sê hy.

Toe die manne vir die hoofgereg aansit, vertel Frans van Niekerk, ’n ouditeur, ons oor die penarie waarin hy hom bevind. “Vandag is my verjaardag en ek gaan saam met die familie uiteet, maar ná hierdie gesonde bord kos weet ek nie hoe ek ’n eetlus gaan hê nie.”

Toe die feesmaal tot ’n einde kom,

Mense wat oortuig is afval is net ’n grille­rige affêre vir dié met murg in hul pype, kan gerus weer dink.

“Dit is ’n kuns om goeie afval te maak,” sê die afvalkok Fran van Niekerk. “Afval is or­gane en snitte wat mense nie gewoonlik eet nie. Soos die niere, hart, lewer, derms, pens, kop en pote.”

Gewilde braaivleiskos soos “skilpadjies” en “pofadder” is niks anders as afval nie en Fran maak dit gereeld.

Skilpadjies is fyn gemaalde lewer wat met speserye en uie in vet toegedraai word. Pofadder is nie satan se kind wat jy

braai nie; dis die vetderm van ’n skaap wat gestop is met hart, niere en lewer.

“Vlermuise” is nog ’n spesialiteit waar­aan jy by Fran kan weglê. Dit is heel lewer wat in vet toegedraai en op die vuur ge­braai word, dalk met pynappel daarby.

Die eksklusiewe Afvalgilde in Gauteng is nie enig in sy soort nie, want ons land is vol afvalsmulpape. Sulke byeenkomste word onder meer op George in die Suid­Kaap gehou, Bloemfontein het sy eie Skaap kop­gilde, en die Rabie Restaurant in Rand­burg, Johannesburg, hou spesiale geleen­thede vir afvalliefhebbers.

moet ’n paar formaliteite eers afgehandel word.

’n Nuwe president word elke jaar aangewys, en dis nou weer sulke tyd. Lukraak word “demokraties” besluit Roy Banks, wat by ’n make­laarsfirma werk, sal die nuwe president wees.

“Dit is ’n eer om gekies te word,” verklaar Roy onder luide toejuiging van sy kame­

rade. “Ek sal my bes doen om die gilde se belange op die hart te dra.”

Jy kan sommer agterkom dit is nie ’n stywe affêre nie.

’n Mens wonder dalk watter afval die beste is . . . “Kerrie,” sê Fran.

“My geheim is ek maak egte boerekos met ’n Durbanse geur.

“Mense gooi sommer kerriepoeier by, maar dit werk nie, want dit is flou,” ver­duidelik hy.

“Ek maak my afval soos my ma my ge­leer het, met regte Durbanse kerrie.”

Natuurlik het hulle ook hul uitskiet­afvalgeregte.

“Jy kan skaapkop in tinfoelie ’n uur en ’n half op die vuur sit tot hy lekker bruin is,” vertel Frans.

“Beespens is ook heerlik. Die enigste bloed wat jy gaan proe, is dié van jou eie vingers,” lag hy oor die vingerlek wat gepaardgaan met ’n goeie afvalmaaltyd.

Die herfssonnetjie begin die veldgras in goud tooi toe die lede begin groet. Die manne reik mekaar die hand voor hulle die lang pad terug Johannesburg en Pre­toria toe aandurf.

Ná ’n middag van goeie geselskap, ’n paar drankies en heerlike kos is hulle weer uitgerus en vol krag vir hul besige leefstyl.

Tot hulle weer oor ’n volgende varkkop of beespens bymekaarkom. S

310 | 30 MAART 2017 huisgenoot.com huisgenoot.com 30 MAART 2017 | 311

HG NUUS