PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is...

36
2016 PARSBOEK

Transcript of PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is...

Page 1: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

2 0 1 6PA R S B O E K

Page 2: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

BESTELLINGS, AFLEWERINGS EN BETALING01

DIE ANCHOR WYNGIS SPAN02

WAT IS DIE EFFEK VAN RAPIDASE® EXTRA COLOR EN RAPIDASE® EXTRA FRUIT OP DIE KWALITEIT VAN ROOIWYNE?18

CLARISTAR: NIE SLEGS VIR TARTRAAT STABILITEIT NIE, MAAR OOK DIE VERBETERING VAN WIT-, ROSÉ- EN ROOIWYNE22

‘N PROTOKOL VIR DIE FERMENTASIE VAN SAP MET HOË SUIKER KONSENTRASIE: ROOIWYN PRODUKSIE06

EK WIL NIE ENSIEME IN MY KELDER GEBRUIK NIE, WANT…20

FINAL TOUCH® POP: HOE OM JOU VONKELWYNE PERFEK TE MAAK25

WITWYN BEREIDING VAN SONGEBRANDE DRUIWE26

ROOIWYN BEREIDING VAN SONGEBRANDE DRUIWE28

OENOTOOLS®: DIE GEKOSE WYN SAKREKENAAR VIR WÊRELD WYNMAKERS30

NEWWORLDWINEMAKER.COM32

IN DIE KOLLIG… NT 5004

SWEEF SOOS ‘N SKOENLAPPER, STEEK SOOS ‘N BY MET WE 37208

ALCHEMY RED OP DIE HORISON11

ONS IS BESIG OM DIE FAMILIE UIT TE BREI…12

ANCHOR GIS SE OENOLOGIESE TANNIEN EKSPEDISIE14

TIOLE EN DOPKONTAK16

Page 3: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Bestellings kan via e-pos, faks of telefonies geplaas word by Kathy of Sebastian. Indien tegniese ondersteuning verlang word voor die bestelling geplaas word, kan ‘n Tegniese Konsultant jou bystaan. Gebruik asseblief die amptelike Anchor bestelvorms.

Bestelnommers, of die naam van die persoon wat die bestelling plaas, is verpligtend. Vir aanvanklike bestellings, dui asseblief ‘n week aan waarin ons kan aflewer. Ons kan nie alle bestellings op ‘n Maandag, die mees gewilde dag, aflewer nie. Die afleweringstrokke word vinnig vol bespreek op ‘n Maandag.

Ons waarborg nie ‘n 24 uur afleweringsdiens nie, maar sal alles in ons vermoë doen om bestellings so gou as moontlik af te lewer.

Geen KBA bestellings sal afgeweler word sonder betaling by aflewering of ‘n vooraf elektroniese betaling nie. Aflewerings te Malmesbury, Riebeek Kasteel, Riebeek Wes en Porterville is elke Dinsdag via die Anchor Gis Bakkery trok. Grabouw, Hermanus, Bredasdorp, Elim en Caledon sal aflewerings ontvang op ‘n Donderdag. Vêrgeleë areas soos Lutzville, Vredendal en Calitzdorp ontvang aflewerings elke tweede week op ‘n Vrydag. Ander roetes sal aflewerings ontvang op ‘n daaglikse basis. Indien dit ‘n noodgeval is, kontak ons gerus en ons sal ons beste doen om te help.

Indien u nie reeds ‘n rekeninghouer is nie, open asseblief ‘n rekening voor die aanvang van die seisoen. Anchor benodig genoegsame tyd om ‘n volledige kredietondersoek te doen soos gestipuleer deur die nuwe kredietwet. Anchor Gis neem geen ongebruikte produkte terug na die seisoen nie. Alle produkte word geproduseer met genoegsame rakleeftyd en kan die volgende jaar gebruik word indien korrek gestoor.

Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op: www.oenobrands.com/en/non-gmo

BANK BESONDERHEDE

Volle naam van rekening:

RYMCO (PTY) LTD T/A ANCHOR YEAST

Bank: NedbankTak: IndustriaTakkode: 198765Tipe rekening: LopendRekeningnr: 196-328-3910

ANCHOR WYNGIS KANTOORAlle navrae: 021 534 [email protected]

Verwysing:Indien u ‘n rekeninghouer is, dui asseblief u Anchor rekeningnommer aan (wat met die letters SA begin) as verwysing, soos aangedui op u staat. Indien u ‘n kontant by aflewering (KBA) kliënt is, gebruik asseblief die faktuur nommer as verwysing. MOET NIE u maatskappy naam of persoonlike naam gebruik nie.

Let asseblief daarop:Ons betalingsvoorwaardes is streng 30 dae vanaf staat. Laat betalings sal tot gevolg hê dat die rekening eers tydelik gesluit word en eventueel permanent gesluit word. Verseker asseblief dat u finansiële departement kennis dra van hierdie informasie.

> Bestellings, Afleweringsen Betaling

1

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 4: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

MMULE MASALESA(B.Sc)

Tegniese Konsultant

082 882 [email protected]

BERNARD MOCKE(M.Sc)

Tegniese Konsultant

082 881 [email protected]

Wanneer jy die praktiese sy van wynbereiding kombineer met die chemie en wetenskap, produseer

jy iets magies.

Die lewe is nie ‘n resies nie. In die soeke na perfeksie, is tyd en geduld die naaste aan my hart.

Alles begin met ‘n droom. Ek voel asof myne op dreef

is en ek die kruin van ‘n reuse golf ry.

MARGARET FUNDIRA(M.Sc MBA)

Biotegnologie Eenheid Direkteur

082 883 [email protected]

Die Anchor Wyngis Span>

2

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 5: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

KATHY KEDZIOR

Uitvoere Administrateur

021 534 [email protected]

SEBASTlAN PETERSEN

Bestellings en Aflewerings

021 534 [email protected]

LlDA MALANDRA(M.Sc)

Internasionale Handelsmerk Bestuurder

082 907 [email protected]

‘n Lus vir die lewe is wat my op my tone hou. Ek kan nooit ydelik staan en kyk hoe alles my verby gaan nie.

ELDA LERM(M.Sc)

Tegniese Konsultant

082 903 [email protected]

Die genot wat ek daaruit put om elke dag met mense te werk, vuur my aan. Ek voorsien ‘n blink toekoms.

As ‘n integrale deel van ‘n goed ge-oliede masjien, is ek altyd gereed om in te spring, maak nie saak wat nie.

Om ons produkte betyds by ons kliënte te kry, is my motivering om elke oggend op te spring.

3

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 6: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Aangesien ons hier by Anchor Gis nog altyd daarin glo om jou die nuutste en mees gevorderde oplossings vir die wynbereidingsproses te bring, het ons besluit om ‘n getroue werkesel weer in die kollig te plaas… NT 50. In die afgelope parsseisoen het menigte wynmakers gesukkel met steek- of sleep alkoholiese fermentasies as gevolg van een baie spesifieke faktor – die glukose:fruktose verhouding (GFV). Die magiese nommer is 1:10. Sodra die verhouding skeeftrek ten gunste van die fruktose konsentrasie, het jy probleme.

Alhoewel die GFV slegs een van menigte faktore is wat kan lei tot sleep- of staak fermentasies, blyk dit die hoofrede te gewees het die afgelope seisoen wat kon lei tot ‘n eindproduk met ‘n ongewensde organoleptiese profiel. Daarbenewens lei hoë residuele suiker konsentrasies tot ‘n wyn

wat meer vatbaar is vir mikrobiese bederf en wat mikrobiologies- en chemies onstabiel is. ‘n Wanbalans in die GFV is gewoonlik ‘n reaksie op verskeie stres kondisies, of dit nou voedingstof-verwant is soos ‘n gebrek aan stikstof, suurstof, vitamiene of minerale; weens inhiberende komponente soos etanol of swamdoders; of fisiese faktore soos temperatuur of mosverheldering. Daarbenewens bevoordeel die sisteme vir die vervoer van suiker in die gissel die vervoer van glukose en is hierdie meganismes baie etanol sensitief. As gevolg hiervan is meeste kommersiële giskulture geneig om glukofilies te wees by lae suiker konsentrasies. Tyd vir NT 50! As ‘n Saccharomyces cerevisiae hibried, is NT 50 bewys as ‘n fruktofiliese gis wat hoë suiker konsentrasies kan fermenteer (Figuur 1). Kom ons laat die nommers vir hulself praat…

In die kollig…

Figuur 1. ‘n Vergelyking van die fruktose verbruik van NT 50 en ander kommersiële giskulture in ‘n mos met 24°Balling en 30 g/L meer fruktose as glukose.

0  

5  

10  

15  

20  

25  

NT  50   Komm.  kultuur    (S.  cerevisiae)  

Komm.  kultuur    (S.  cerevisiae)  

Komm.  kultuur    (S.  cerevisiae)  

Komm.  kultuur    (S.  bayanus)  

Residu

ele  suiker  (g/L)  

Residuele  suiker  teen  22°C   Residuele  suiker  teen  28°C  

4

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

>

Page 7: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Dit is duidelik dat NT 50 ‘n gevorderde oplossing lewer vir die wynbereidingproses waar fermentasies onder uitdagende kondisies moet geskied. Alles terwyl dit steeds ‘n intense aromatiese profiel lewer met goeie mondgevoel eienskappe. Hou hierdie gis in die kollig in jou kelder… glo my, jy sal nie spyt wees nie!

Saccharomyces cerevisiae hibried

ANCHOR WYNGIS, KAAPSTAD, SUID-AFRIKATEL +27 21 534 1351 EPOS: [email protected]

www.anchorwineyeast.comWINE YEAST

THE LEADING NEW WORLD WINE YEAST BRAND

’n Gis vir die produksie van vrugtige rooiwyne

OORSPRONGNT 50 is die produk van die gishibridisasie program van die LNR Infruitec-Nietvoorbij, die wingerd- enwynnavorsingsinstituut van die Landbounavorsingsraad, Stellenbosch, Suid-Afrika.

TOEPASSINGNT 50 bevorder rooi bessie- (aarbei, framboos en kersie), swart bessie- (braambessie en swartbessie) enspesery aromas in rooiwyne. Dit is geskik vir wyn met of sonder houtveroudering. Dit is veral geskik vir diefermentasie van Shiraz (Syrah), Cabernet franc, Zinfandel, Grenache, Pinot noir, Pinotage en Gamay noir.

FERMENTASIE EIENSKAPPESterk fermenteerder: temperatuur beheer word aanbeveelOmsettingsfaktor: 0.57 - 0.62

TEGNIESE EIENSKAPPEKoue toleransie: 13˚C - geskik vir pre-fermentasie koue maserasieOptimum temperatuurreeks: 14 - 28˚C. Temperature moet nie 30˚C oorskry nieOsmotoleransie: 26.5˚BallingAlkohol toleransie by 20˚C: 16.5%Skuimproduksie: gemiddeld

METABOLIESE EIENSKAPPEGliserol produksie: 11 - 13 g/LVlugtige suur produksie: oor die algemeen laer as 0.3 g/LSO2 produksie: laagStikstof behoefte: gemiddeld

FENOTIPEfeitisop:relliK

Kaneelsuurdekarboksilase aktiwiteit: positief of negatief (POF +/-)

DOSIS30 g/hL

VERPAKKING

NT 50 is vakuumverpak in 1kg pakke. Stoor in ’n koel (5 - 15˚C), droë plek, verseëlin die oorspronklike verpakking.

NT 50‘n Baie robuuste gisras vir die produksie van aromatiese rooiwyne.

Proe notas: afgeronde wyne, met gestruktureerde tanniene en goeie kleur stabiliteit.

Shiraz: swartbessie en blomme. Cabernet Sauvignon: swartbessie en spesery. Pinot noir en Grenache: bessie. Merlot: blomme.Pinotage: sjokolade, gedroogde pruim, effense vanilla en kersie.

Geneig om skuim te vorm: help om die doppekoek klam te hou tussen oorpompe.

Hoë suiker en alkohol toleransie vir volledige fermentasie onder stresvolle kondisies (Figuur 1).

Baie hoë konsentrasies lei tot verhoogde mondgevoel en sagtheid in die wyn. Perfek vir wyne wat vroeg vrygestel word en maklik is om te drink.

Nuttig teen enige killer sensitiewe, inheemse giste steeds teenwoordig in die fermentasie.

5

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 8: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

‘n Protokol vir die fermentasie van sap met ‘n hoë suiker konsentrasie: rooiwyn produksie

>

‘n Gids om jou kanse te verhoog op suksesvolle en volledige alkoholiese- en appelmelksuur gisting onder uitdagende kondisies (gebaseer op informasie vanuit: http://www.wineland.co.za/technical/how-to-handle-high-sugar-musts).

OES VERMINDER DIE RISIKO VIR MIKROBIESE BEDERF

VERHOOG KLEUR -, TANNIEN - EN AROMA EKSTRAKSIE

BEPAAL DIE VOEDINGSTOF BEHOEFTE

YAN = FAN + Ammonium

VERMY OKISDASIE EN VERHOOG TANNIEN STRUKTUUR

Vroeë oggend oes verseker dat die druiwe by die kelder arriveer teen koel genoeg temperature om te verwerk.

• Verseker genoegsame SO2 konsentrasie; minder in die geval van ko-inokulasie (30 ppm).

• Pas pH en suurvlakke aan voor fermentasie.

• Vermy verlengde dopkontak en koue masserasie.

Analiseer die YAN konsentrasie om genoegsame voedingstowwe te verseker.• SCOTT’TAN FT Rouge (20-50 g/hL)

• Rapidase® Extra Color (3 g/hL)• Rapidase® Extra Fruit (3 g/hL)

6

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 9: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Fermentasie

Afronding

• NT 50 teen 30-40 g/hL:- hoë etanol toleransie- lae voedingstof behoefte- fruktofilies- lae/geen SO2 produksie

VERBETER DIE FINALE WYNPROFIEL

Gebruik ‘n afrondings tannien om geroosterde karakters by te dra, kleur te preserveer en wynkompleksiteit te verhoog.• SCOTT’TAN Tannin Refresh (3-20 g/hL)

Verbeter die mid-palet, kompleksiteit en vrugtige karakters. • SCOTT’TAN Tannin Estate (5-30 g/hL)

Volg die rehidrasie aanwysings en gebruik ‘n rehidrasie nutriënt• Anchorferm (20 g/hL)

Streng temperatuur beheer: 20-25°C.Gedurige monitering van suiker konsentrasies; glukose en fruktose.

Ko-inokulasie van die gis en die bakterieë op dieselfde dag• Anchor Co-Inoculant Bacteria (1 g/hL)

Gebruik ‘n komplekse, vitamien-verryke nutriënt; helfte van die dosis 12-24 uur na die gis inokulasie en die ander helfte halfpad tydens die fermentasie.• Nutrivin Super (40 g/hL)

Voeg detoksifiserende gisselwande by om te verseker die fermentasie maak klaar; voeg by tydens die finale derde van die fermentasie.• Extraferm (40-60 g/hL)

7

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 10: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Eienskap Notas

Spesie Geselekteerde Saccharomyces cerevisiae ras

Fermentasie tempo Matig

Optimum temperatuur 18-28°C

Osmotoleransie 24.5°Balling / Brix

Alkohol toleransie by 20°C

15%

Skuim potensiaal Laag

Gliserol produksie 10–12 g/L

Vlugtige suur produksie Gewoonlik laer as 0.3 g/L

Suksiensuur formasie Kan moontlik ± 1 g/L in hoë pH sap vorm (>3.5)

SO2 produksie Geen tot baie laag

Stikstof behoefte Gemiddeld

Killer aktiwiteit Positief

Hidroksiesinamiel dekarboksilase aktiwiteit

Bevorder die produksie van stabiele pigmente

Mens kan net eenvoudig nie die meer matige WE 372 met ‘n kragtige gis soos NT 50 vergelyk nie, maar een van die mees gesogte eienskappe van WE 372 is sy matige fermentasie tempo. Wynmakers verkies partykeer ‘n stadiger fermentasie, aangesien daar ‘n groter venster periode is waartydens hoofsaaklik gunstige tanniene en ook aroma komponente uit die doppe ge-ekstraheer word. Die voedingstof behoefte tydens fermentasie is “gemiddeld tot laag”, wat moontlik te wyte is aan ‘n meer matige fermentasie, wat kenmerkend is van WE 372.

Tabel 1. Eienskappe van WE 372.

Sweef soos ‘n skoenlapper, steek soos ‘n by met WE 372

>

In die vorige parsboek het ons ‘n bietjie teruggetree en VIN 13 weer van nader bekyk. Terwyl hierdie baie populêre witwyn gis baie positiewe eienskappe het, behoort mens nie net alle fermentasies met dieselfde gis aan te pak nie. Vergeleke met VIN 13, kan mens WE 372 heel aan die ander kant van die gis spektrum vind. As mens nou boks persoonlikhede met die bogenoemde giste sou wou vergelyk, sou ek sê dat Mike Tyson soos VIN 13 is en Muhammad Ali soos WE 372. Ali was eenvoudig net nie so sterk soos “Iron Mike” nie, maar in die kryt was daar geen gelyke vir sy dodelike akkuraatheid en vaardigheid nie.

Dié akkuraatheid en vaardigheid is juis hoekom WE 372 so ‘n lojale groep aanhangers oor die jare opgebou het. Dit is ‘n welbekende feit dat daar talle rooiwyn giste tot wynmakers se beskikking is. So die vraag moet gevra word: “Wat maak WE 372 so ‘n spesiale rooiwyn gis?”

Eerstens, kom ons doen ‘n bietjie hersiening van sommige van die basiese eienskappe van WE 372, wat ‘n produk is van die gis seleksie program van LNR Infruitec-Nietvoorbij (meer spesifiek Die Wingerd en Wyn Navorsings Instituut van die Landbou Navorsings Raad, Stellenbosch, Suid-Afrika). Tabel 1 toon sommige van die gis se eienskappe.

8

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 11: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

WE 372 is waarskynlik mees bekend vir die aromatiese en soepel rooiwyne wat met dit gemaak kan word. ‘n Wynmaker het dit eenkeer as “die grasieuse ou dame” beskryf. Nie net het hy na die rustige fermentasie verwys nie, maar ook die delikate en komplekse aromas (rooi bessie- en blomagtig) wat hy verkry het wanneer hy rooiwyn met die gis gemaak het.

‘n Ander wynmaker het genoem dat WE 372 die beste in sy druiwe na vore laat kom én dat dit ook die ‘terroir’ na regte laat kom. WE 372 is verseker ‘n uitstekende, veeldoelige gis wanneer dit by rooiwyn fermentasies kom, maar watter aromas word spesifiek in verskeie kultivars beklemtoon? In Cabernet Sauvignon en Shiraz word rooi bessie- en blom aromas geproduseer, terwyl rooi bessie (aarbei, kersie en framboos) en swart bessie aromas in Merlot geproduseer word. In Figuur 1 word aroma profiele getoon van Merlot wyne wat met verskeie wyngiste, insluitende WE 372, gemaak is. Soos vroeër beskryf, kan

mens sien hoe rooi en swart bessie aromas beklemtoon word met die gebruik van WE 372. Ander kultivars wat ook gunstig vertoon met WE 372 gebruik is Pinotage, Pinot noir en Cabernet franc.

As jy beplan om semi-soet witwyn in die komende pars te maak, mag WE 372 dalk ‘n goeie opsie wees. Die koue toleransie is 16°C en fermentasie brieke kan maklik aangedraai word deur die temperatuur na 10°C te verlaag.

Nog ‘n baie handige eienskap van WE 372 is dat dit baie lekker saamspeel met appelmelksuur gisting (AMG). As jy dalk daaraan dink om ko-inokulasie die komende pars ‘n kans te gee, probeer gerus ‘n kombinasie van WE 372 en ons Anchor Ko-Inokulant. Daar is talle voordele, insluitende AMG wat gouer klaarmaak en ‘n verbeterde aroma profiel (beide die gis en die bakterieë dra by tot aroma). Indien jy enige verdere informasie oor die Anchor Ko-Inokulant benodig, kontak ons gerus.

Figuur 1. Aroma produksie deur WE 372 en ander wyngiste in Merlot (wynebereiding gedoen by LNR Nietvoorbij).

9

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 12: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Duidelik is daar baie voordele verbonde aan fermentasies met WE 372. Nog nie oortuig nie? Kyk dan gerus wat die volgende wynmakers oor dié gis te sê het:

Abrie Beeslaar, Kanonkop

“Ons gebruik WE 372 op Pinotage en Cabernet Sauvignon. Naas WE 14 is dit een van die giste wat van die stadigste aanvang van gisting gee. Ons het oop kuipe en al die suurstof veroorsaak gewoonlik dat gisting baie vining wegtrek, maar met WE 372 wen ons gewoonlik ‘n halwe dag op ons totale gistings tyd. WE 372 gee ook vir ons

minder gistings aroma en die druif se natuurlike karakter kom beter deur.

Chris Albrecht, Bouchard Finlayson

“Ek gebruik WE 372 al vir 10 jaar oor ‘n wye reeks kultivars en ervaar volledige en effektiewe gistings, selfs teen lae dosisse.

Die gis kan relatief hoë gistingstemperature weerstaan en is nie geneig tot VS of H2S

produksie nie.

Juan Slabbert, Stellenbosch Hills

“Daar is ‘n hele paar redes hoekom ek WE 372 gebruik. Die gis is konstant en lewer keer op keer dieselfde resultate. Ek weet nou al dat WE 372 ‘n matige gistingstempo vertoon reg deur gisting. Verder is dié gis taamlik vrug

gedrewe, wat dan ‘n mooi volheid aan die wyn verskaf. WE 372 het ‘n lae voedingstof behoefte

en is verseker my beste waarde vir geld rooiwyngis. Daarom gebruik ek dit op omtrent al

my rooi kultivars.

Armand Lacomme, Allesverloren

“WE 372 is ‘n sterk gis wat baie goed vaar met die kultivars wat ek gebruik. Die geurprofiel wat WE 372 bied is reg in die kol vir ons styl van wyn. Ek gebruik minimaal kos en het nog nooit ‘n probleem gehad met steek gisting nie. As ek

net een gis kon kies sou dit sonder twyfel WE 372 wees.

10

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 13: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

ALCHEMY REDop die horison

>

0  

1  

2  

3  

Vegetaal  (groenpeper)  

Donker  vrug  

Gedroogde  vrug  

Vegetaal  (blare)  

Balsamies  

Rooi  vrug  

Gisversnit  1  

0  

1  

2  

3  

Vegetaal  (groenpeper)  

Donker  vrug  

Versuikerde  vrug  

Vegetaal  (blare)  

Spesery  

Aroma>ese  kruie  

Blomag>g  

Rooi  vrug  

Gisversnit  2  

0  

1  

2  

3  

4  

Gedroogde  vrug  

Balsamies  

Vegetaal  (blare)  

Spesery  

Aroma>ese  kruie  

Blomag>g  

Rooi  vrug  

Sitrus  

Gisversnit  3  

Anchor Gis, in samewerking met die Australiese Wyn Navorsings Instituut (AWRI), is besig om navorsing te doen oor nuwe unieke gisversnitte vir die verbetering van rooiwyn karakters. Hierdie studie is gebasseer op dieselfde konsep as Alchemy; dat verskillende spesies, sowel as verskillende rasse van dieselfde spesies, ‘n wye verskeidenheid van geure en aromas kan produseer. Hierdie aroma-aktiewe komponente sluit in esters, vlugtige vetsure en vlugtige swawel komponente wat gebruik kan word om wynstyle te skep met spesifieke aromatiese profiele.

Deur die gebruik van nie-geneties gemodifiseerde tegnieke kan unieke variante van ‘n bestaande gisras nuwe uiteenlopende geur- en aroma profiele skep, wat dan saam in ‘n versnit, die kompleksiteit en vrugtigheid van rooiwyne verbeter.

In 2013 is drie verskillende gisversnitte ge-evalueer deur die AWRI in Merlot, elkeen bestaande uit ‘n aantal verskille gisrasse in verskillende verhoudings. Die verskillende gisversnitte is vergelyk met die doel om nuwe Alchemy produkte te ontwikkel wat kan lei tot die ontstaan van spesifieke en kenmerkende aroma profiele; soortgelyk aan dit wat ons bereik het met Alchemy I en II in witwyne. Na sensoriese evaluerings, is die drie gisversnitte geherformuleer en hierdie versnitte is toe ge-evalueer deur VITEC in Spanje in 2014 in Cabernet

Sauvignon en Tempranillo druiwe. Soortgelyke resultate is verkry in beide kultivars, met Gisversnit 1 wat beskryf word as meer blomagtig en met intense donker vrug karakters; in vergelyking met Gisversnit 3 wat meer gekonsentreerde rooivrug karakters gegee het (Figuur 1).

Figuur 1. Beide Alchemy Red 1 en 3 gisversnitte is op die proef gestel in die 2015 parsseisoen in Suid-Afrika met baie positiewe terugvoering. Die twee versnitte word huidiglik in die Noordelike Halfrond se pars ge-evalueer en ons sal jou op hoogte hou van enige nuus aangaande hierdie opwindende nuwe gisversnitte!

0.0  

0.5  

1.0  

1.5  

2.0  

2.5  

3.0  

3.5  

4.0  

Vege

taal  (g

roenp

eper)

 

Donk

er  vru

g  

Gedroo

gde  v

rug  

Balsa

mies  

Versu

ikerde

 vrug

te  

Vege

taal  (b

lare)  

Spese

ry  

Arom

aCese

 kruie

 

Blomag

Cg  

Rooi  

vrug  

Sitrus

 

Gisversnit  1   Gisversnit  2   Gisversnit  3  

11

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 14: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Anchor Gis was die eerste verskaffer in die wêreld om vir jou ‘n gemengde bakterieë kultuur vir appelmelksuur gisting (AMG) te bring. Met die kommersiële vrystelling van die Anchor Co-Inoculant kultuur in 2010, was ons die pionier met twee baie unieke konsepte:

• ‘n AMG kultuur bestaande uit beide Oenococcus oeni en Lactobacillus plantarum.

• ‘n Kultuur wat spesifiek ontwikkel is vir die verandering wat dit teweegbring in die aroma profiel tydens ko-inokulasie (Figuur 1).

Die kultuur is ontwikkel vir die bereiding van hoë kwaliteit rooiwyne met hoë pH vlakke en ons het dus geen oplossing gehad vir wynmakers wat graag hoë kwaliteit rooiwyn en witwyn onder meer uitdagende

kondisies, soos laer pH, wou berei nie. Hierdie uitdagende kondisies sluit onder meer in: hoë alkohol konsentrasies, hoë SO2 konsentrasies, lae pH kondisies en wyne met ‘n lae voedingstof inhoud.

Ons het besluit om voort te bou op die suskesvolle konsep van die Anchor Co-Inoculant Bakterieë met die ontwikkeling van ‘n splinternuwe bakterieë kultuur! Hierdie produk is ‘n gemengde kultuur bestaande uit O. oeni en L. plantarum en spesifiek ontwikkel om AMG te voltooi in moeilike kondisies tydens ko-inokulasie. Ko-inokulasie op sigself laat jou toe om baie faktore wat sleep- of steek AMG kan veroorsaak, te vermy:

• Daar is meer as genoeg voedingstowwe beskikbaar vir die bakterieë, omrede die

Ons is besig om die familie uit te brei…

>

0  

0.5  

1  

1.5  

2  

2.5  

nerol  (lelie)   α-­‐terpineol  (lelie)  

roos  oksied  (roos)  

µg/L  

Aroma  Verbindings  

Monoterpeen  produksie  

Spontane  AMG   Anchor  Lae  pH  Kultuur  

0  

2  

4  

6  

8  

10  

linalool    (sitrus  en  laventel)  

geraniol    (geranium  en  

roos)  

citronellol  (sitrus)  

µg/L  

Aroma  verbindings  

Monoterpeen  produksie  

Spontane  AMG   Anchor  Lae  pH  Kultuur  A) B)

12

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 15: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

0  

0.1  

0.2  

0.3  

e(el  dekanoaat  (vrug(g)  

e(el  heksanoaat  

(aarbei)  

e(el  oktanoaat  

(ryp  vrugte)  

e(el  butanoaat  (blomme)  

E"el  esters  (mg/L)  

Spontane  AMG   Anchor  Lae  pH  Kultuur  

0  

0.5  

1  

1.5  

2  

2.5  

3  

3.5  

Spontane  AMG   Anchor  Lae  pH  Kultuur  

mg/L  

Bakterieë  behandelings  

Diase5el  konsentrasie  (bo8erig)  

C) D)

Figuur 1. Die nuwe lae pH kultuur genereer ook ‘n unieke aroma profiel. In studies waar die aroma produksie van die nuwe lae pH kultuur vergelyk word met spontane AMG in ‘n Pinot noir in Duitsland, het die Anchor bakterieë kultuur beduidende toenames in die monoterpeen (A en B) en etiel ester (C) konsentrasies gelewer. Terselftertyd het die verminderde diasetiel produksie (D) wyne gelewer wat baie minder botterige eienskappe het.

alkoholiese fermentasie nog nie voltooi is nie.• Die bakterieë het tyd om aan te pas by die

toenemende alkohol konsentrasie.• Die bakterieë gebruik die hitte wat deur die

alkoholiese fermentasie gegenereer word.

Die nuwe bakterieë kultuur het sy ontstaan gehad by die Instituut vir Wynbiotegnologie by die Stellenbosch Universiteit. Die projek het gefokus op die seleksie van ‘n O. oeni en L. plantarum kultuur wat AMG suksesvol kan voltooi onder baie lae pH kondisies; en steeds ‘n positiewe bydrae maak tot die aroma en mondgevoel eienskappe van die wyn. Dit is ‘n baie robuuste kultuur en resultate wat tot op hede toe gegenereer is, dui aan dat die kultuur ‘n totaal van 9-13 dae neem om

beide alkoholiese- en appelmelksuur gistings te voltooi, afhangende van die kondisies. Die volgende fermentasie parameters is vasgestel in instituut- en kelder proewe sedert die projek geloods is in 2013:

• Temperatuur toleransie: 15°C• pH toleransie: >3.1• Totale SO2 toleransie: 50 ppm

Die nuwe lae pH bakterieë kultuur vir ko-inokulasie word in wydverspreide proewe ge-evalueer tydens die Noordelike Halfrond parsseisoen. Beide instansie- en industrie proewe word gedoen in onder meer Duitsland, Frankryk, Spanje en Italië.

13

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 16: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Anchor Gis se oenologiese tannien ekspedisie

>

Tabel 1. Fermentasie-, verouderings- en afrondings tanniene.

Tannien Bron Wyn Teiken

FT Rouge Eksotiese hout en kastanje neut

Witwyn Verbeterde kleurstabiliteit en mondgevoel, anti-oksidatief, inhibisie van oksidatiewe ensieme (lakkase).

FT Rouge Soft Versnit van ellagiese (eikehout) en pro-antosianidien tanniene

Rooiwyn en vrugtewyn

Verbeterde kleurstabiliteit, struktuur, mondgevoel en afronding. Vermindering van bitterheid.

FT Blanc Gal neut Witwyn, rosé, rooiwyn, vrugtewyn en cider

Vrot (Botrytis) : inhibisie van lakkase ensiem, anti-oksidatief. Proteïen stabilisering (Sauvignon blanc) en verhoogde mineraliteit.

FT Blanc Soft Gal neut Witwyn, rosé, rooiwyn, vrugtewyn, cider en heuningwyn

Selfde as met FT Blanc, maar met verbeterde sagtheid en mondgevoel. Verbeterde tekstuur en persepsie van soetheid (wit- en rósewyne). Meer mineraliteit.

Tannin Estate (verouderings tannien)

Pro-antosianidien tanniene vanaf druiwe (sade en doppe) en ellagiese tanniene (eikehout)

Rooiwyn Verbeterde middel palet en kompleksiteit sonder “droogheid”, anti-oksidatief, verbeterde vrugtige karakters.

Tannin Refresh(verouderings tannien)

Franse eikehout Witwyn, róse en rooiwyn

Bydrae tot hout (geen rokerige of geroosterde aromas), veral in wyne wat in ouer vate verouder word. Sterk anti-oksidatief, kleur preserverend en verhoogde kompleksiteit.

Tannin Riche (afrondings tannien)

Geroosterde Franse eikehout

Witwyn, róse en rooiwyn

Verbeterde kompleksiteit, bydrae tot kokosneut en vanilla karakter.

Tannin Riche Extra (afrondings tannien)

Amerikaanse eikehout

Witwyn en rooiwyn

Bydrae van kokosneut en vanilla karakter, maar vanillien eikehout karakter is meer intens. Beter afronding.

Pars 2015 was ietwat van ‘n geskiedkundige geleentheid vir Anchor Gis, siende dat ons die eerste keer die oenologiese tannien arena betree het. Die feit dat Scott Laboratories reeds ‘n verspreider van Anchor Gis in Noord-Amerika was, het die besluit

om hul tanniene plaaslik te begin versprei, soveel makliker gemaak. Scott Laboratories het self hul reeks fermentasie- en verouderings tanniene ontwikkel en hierdie produkte het al ‘n taamlike reputasie opgebou sedert hulle dit begin verkoop

14

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 17: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Charl Myburgh, Nuy Wynkelder

“Ons het ‘n eksperiment op geselekteerde wyne met Tannin Estate van Scott Laboratories

gedoen. Die wyne het meer kompleksiteit, struktuur en lengte gekry. Omdat ons groot hoeveelhede tonne van ons wingerde afhaal,

mis ons gewoonlik daardie struktuur en kompleksiteit, maar die tannien toevoeging het

baie gehelp om dit aan te vul!

André Scriven, Rooiberg Wynkelder

“Ek het Scott’tan FT Rouge gebruik op sekere rooi kultivarblokke, wat ek weet uit vorige jare se ondervinding, sukkel met kleur en mondgevoel. Ek het dit tydens die eerste oorpompe van die rooiwyne bygevoeg, maar ook ‘n klein dosering na AMG. Die byvoeging tydens gisting het veral ‘n groot rol gespeel in kleurstabilisering deurdat die druif se natuurlike tanniene behoue gebly het. Dit het dan ook weer ‘n invloed gehad op mondgevoel. Die klein dosering direk na AMG het gehelp om die wyn te beskerm teen

oksidasie as gevolg van die afwesigheid van SO2 tot op dié stadium. Ek was baie gelukkig met hierdie hoë kwaliteit produk en dit het werklik gedoen waarvoor dit bedoel was.

”Werner Barkhuizen, Eeerste Hoop Wynkelder

“My ondervinding met die Scott’tan fermentasie tanniene (FT Rouge Soft en

FT Blanc Soft) was baie positief. Dit is maklik om te gebruik en dit doen wat dit se op die

“pakkie”. Dit was met afmaal toegedien, veral by druiwe wat nie gewens was vir kwaliteit wyn maak nie, maar ook by van ons beste druiwe. Ons ondervind baie positiewe resultate op ons eindproduk en dié tanniene sal op my bestel

vorm wees vir pars 2016.

het. Gelukkig vir die Anchor Gis wynspan, kon Kathy McGrath (Scott Laboratories, VSA) ons hier in Suid-Afrika kom ondersteun aan die einde van 2014. Behalwe vir die opleiding wat Kathy vir ons oor die gebruik van die tanniene gegee het, het sy ook ‘n baie interessante tannien aanbieding én wynproe by ons laaste tegniese dag aangebied. Verder het sy ons ook plaaslik met tannien eksperimente by wynkelders die afgelope winter kom ondersteun.

Baie is al gesê oor wat oenologiese tanniene is en hoe hulle werk (verwys gerus na ons 2014 parsboek, die artikel in die September 2015 uitgawe van die Wineland tydskrif, asook die mees onlangse NEW WORLD WINEMAKER nuusbrief), so Tabel 1 bevat ‘n vinnige opsomming van die verskillende Scott Laboratories tanniene. Vele wynmakers

het al in die verlede proewe met tanniene gedoen, maar dit het sommige met ‘n bitter smaak in die mond gelaat (verskoon die woordspeling). Dit is waarom die regte keuse van tannien op die regte tyd en teen die optimale dosis so belangrik is. Een manier om die tannien kwessie te benader is kleinskaalse proewe, veral wat verouderings en afrondings tanniene aanbetref. En hiér sal die Anchor Wyngis span heel hulpvaardig wees. Kontak ons gerus sodat die tegniese konsultant in jou area na jou kelder toe kom om ‘n banktoets saam met jou te doen op die wyne wat jy geselekteer het. Die wyne kan dan ‘n paar dae later (of selfs ‘n paar weke later) geproe word en ‘n besluit kan dan gemaak word. Dis so maklik soos dit!

Ter afsluiting, kyk gerus wat die volgende wynmakers oor die Scott Laboratories tanniene te sê gehad het:

15

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 18: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Vlugtige tiole is verbindings wat verantwoordelik is vir ‘n wye reeks van aromas: vanaf pomelo tot ‘boxwood’ en grenadella. Hierdie aromas is tipies van baie witwyne (bv. Sauvignon blanc) en sommige rooiwyne (bv. Cabernet Sauvignon en Grenache).

Die reuklose voorloper molekules van hierdie aroma komponente kom in die druiwe voor, veral in die doppe. Die gebruik van ‘n spesifieke dopkontak ensiem soos Rapidase® Expression Aroma om hierdie voorlopers vry te stel en sodoende die aroma potensiaal van die mos te optimiseer, is ‘n onontbeerlike hulpmiddel vir enige wynmaker. Aangesien analises ‘n essensiële manier is om die effektiwiteit van ‘n spesiefieke tegniek te evalueer, het Anchor Gis ‘n eksperiment geloods op industriële skaal om die effek van dopkontak ensieme te ondersoek.

Sauvignon blanc en Colombard druiwe van die Gaillac AOC (Frankryk) is ge-oes by optimale rypheid en verdeel in homogene behandelings vir die eksperiment. Dit het bestaan uit pre-fermentasie

dopkontak by 18°C vir 6 ure met drie verskillende metodes (elke behandeling is vier maal herhaal): ‘n ensiem-vrye behandeling (kontrole; geen dopkontak ensiem), ‘n behandeling met Rapidase® Expression Aroma en ‘n derde behandeling met die byvoeging van ‘n nie-spesifieke dopkontak ensiem.

Die blink sap is afgetrek en onder identiese kondisies gefermenteer (selfde temperatuur, gisras en stikstof toediening). Gas chromatografie analise is gebruik om elke wyn se aroma profiel vas te stel en aroma komponente te kwantifiseer.

Die resultate het beduidende verskille getoon in die opbrengs van die persfraksie sap en hoe maklik die breiproses was om later uit te voer, asook in die analise van die aroma komponente.

Tiole en dopkontak>

16

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 19: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Aroma komponent Persepsie drempelwaarde Aroma beskrywing

4-merkapto-4-metielpentan-2-oon (4MMP) 0.8-3 ng/L Swartbessie, ‘Boxwood’

3-markaptoheksan-1-ol (3MH) 60 ng/L Pomelo, Grenadella

3-merkaptoheksan-1-ol asetaat (3MHA) 4 ng/L Grenadella, Koejawel

Pers opbrengs Hoeveel tyd (sekondes) om 40 L/100 kg te

ekstraheer

Mos turbiditeit (NTU)

Kontrole 71.3 195 36

Rapidase® Expression Aroma 76.4 78 42.2

Dopkontak ensiem X 77.7 100 36.7

Die positiewe effek van ‘n spesifieke ensiem soos Rapidase® Expression Aroma, is duidelik sigbaar deur die tiool konsentrasies te analiseer. In teenstelling hiermee, is bitter min verkry deur hierdie komponente te ekstraheer met ‘n nie-spesifieke ensiem (dopkontak ensiem X).

Tiool konsentrasie (nm/L)

Kontrole 8.4

Rapidase® Expression Aroma 10.4 (+24% i.v.m. kontrole)

Dopkontak ensiem X 8.6 (+2% i.v.m. kontrole)

Rapidase® Expression Aroma was die mees geskikte ensiem vir die bereiding van die wyn met die hoogste konsentrasie van aroma voorlopers. In kombinasie met die korrekte gis, laat hierdie aroma voorlopers jou toe om elke wyn se kultivar spesifieke aromas die beste ten toon te stel.

Tabel 1. Die aroma beskrywings wat geassosieer word met die belangrikste vlugtige tiole wat in wyn gevind word.

17

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 20: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Wat is die effek van Rapidase® Extra Color en Rapidase® Extra Fruit op die kwaliteit van rooiwyne?

>

‘n Spesiale fokus op suur en pH Die impak van Rapidase® Extra Color en Rapidase® Extra Fruit op die kwaliteit parameters – pH, totale wynsteensuur, kalium, polifenole en kleur – van ‘n tipiese Tempranillo is ondersoek by VITEC (Falset, Spanje).

Wynbereiding en behandelingsTempranillo druiwe (DO La Rioja) is ontstingel, afgemaal en opgedeel in 50 kg homogene behandelings in vlekvrye staaltenke. Rapidase® Extra Color of Rapidase® Extra Fruit is bygevoeg teen 3g/100 kg en 25 g/hL NT 202is geïnokuleer. Die temperatuur tydens dopkontak is behou by 24°C en daaglikse oorpompe is gedoen. Elke vierde dag is die hele inhoud van een van die tenke van elke behandeling gedreineer en gepers. Fermentasie en dopkontak is voltooi na 12 dae en die finale wyne is gedreineer en gepers volgens standaard rooiwyn bereidingstegnieke.

Die effek van dopkontak ensieme op wyn pH en suur Dit is wel bekend dat lang dopkontak tye lei tot die deurlopende vrystelling van kalium wat kan lei tot wyne met lae totale wynsteensuur konsentrasie en hoër pH. Die hoofdoel van hierdie studie was om te ondersoek of die gebruik van Rapidase® Extra Color of Rapidase® Extra Fruit enige impak het op hierdie negatiewe tendens. Interessant genoeg het die gebruik van dopkontak ensieme vir die 4 en 8 dae behandelings gehelp om wyne met

‘n hoër suur (Figuur 1) en laer pH (Figuur 2) te verkry. Na ‘n langer dopkontak tyd van 12 dae, het ‘n hoër ekstraksie van kalium (Figuur 3) hierdie effek geneutraliseer en die finale wyne het soortgelyke suur en pH vlakke gehad, of effens hoër in die geval van Rapidase® Extra Color.

Figuur 1. Totale wynsteensuur konsentrasies in die vry afloop sap vir elke dopkontak tydperk.

Figuur 2. Die pH van die vry afloop sap tydens dopkontak van Tempranillo druiwe in die afwesigheid van (kontrole) of met die byvoeging van 3 g/100 kg Rapidase® Extra Color of Rapidase®

Extra Fruit.

0.0  

2.0  

4.0  

6.0  

8.0  

10.0  

12.0  

4  dae   8  dae   12  dae  

Totale  suu

r  (g/L)  

Kontrole   Rapidase  Extra  Fruit   Rapidase  Extra  Color  

3.3  

3.4  

3.5  

3.6  

3.7  

3.8  

4  dae   8  dae   12  dae  

pH  

 

Kontrole   Rapidase  Extra  Fruit   Rapidase  Extra  Color  

18

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 21: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Dieselfde tendens is gesien in beide die pers- en vry afloop sap.

Effek van dopkontak ensieme op die Totale Polifenol Indeks (TPI) en Kleur Na 12 dae van dopkontak in die teenwoordigheid van Rapidase® Extra Fruit of Rapidase® Extra Color, het die wyne hoër TPI waardes (Figuur 4) en tannien inhoud (Figuur 5) as die kontrole wyne getoon. Hierdie hoër polifenol inhoud het natuurlik gelei tot meer intens gekleurde wyne (Figuur 6) en beter gestruktureerde wyne wanneer dopkontak ensieme soos Rapidase® Extra Fruit en Rapidase® Extra Color gebruik word.

Die gebruik van Rapidase® Extra Color en Rapidase® Extra Fruit vir dopkontak tydens Tempranillo wynbereiding, laat jou toe om wyne te produseer met hoër polifenol inhoud, hoofsaaklik as gevolg van hoër tannien konsentrasies. Verder het die twee ensieme wat getoets is ook geen negatiewe impak gehad op die totale suur of pH van die wyne nie, veral waar korter dopkontak tye toegepas is. Kalium konsentrasies het wel toegeneem na 12 dae se dopkontak in die teenwoordigheid van ensieme, maar dit het nie gelei tot noemenswaardige veranderinge in die pH of suur nie. Hierdie oënskynlike teenstrydigheid kan verduidelik word deur die ekstraksie van meer organiese sure. Hierdie resultate sal ondersoek word in ‘n verdere studie.

Figuur 6. Kleur intensiteit en absorbansie parameters van die vry afloop sap na 12 dae van dopkontak in die afwesigheid (kontrole) of teenwoordigheid van dopkontak ensieme.

Figuur 3. Kalium konsentrasies (mg/L) van die vry afloop sap tydens die dopkontak van Tempranillo druiwe in die afwesigheid van (kontrole) of met die byvoeging van 3 g/100 kg dopkontak ensieme.

0  

500  

1000  

1500  

4  dae   8  dae   12  dae  

Kaliu

m  (m

g/L)  

Kontrole   Rapidase  Extra  Fruit   Rapidase  Extra  Color  

Figuur 4. Totale Polifenol Indeks waardes van die vry afloop sap na 12 dae van dopkontak in die afwesigheid (kontrole) of teenwoordigheid van dopkontak ensieme.

30  

40  

50  

Kontrole   Rapidase  Extra  Fruit  

Rapidase  Extra  Color  

Na  12  dae  

TPI  

Figuur 5. Antosianien en tannien inhoud van die vry afloop sap na 12 dae van dopkontak in die afwesigheid (kontrole) of teenwoordigheid van dopkontak ensieme.

0  

1  

2  

3  

Antosianiene   Tanniene  

g/L  

Kontrole   Rapidase  Extra  Fruit   Rapidase  Extra  Color  

0  1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  

Kleur  Intensiteit  

A420  nm   A520  nm   A620  nm  

Kontrole   Rapidase  Extra  Fruit   Rapidase  Extra  Color  

19

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 22: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Ek wil nie ensieme in my kelder gebruik nie, want…

>

In hierdie artikel ondersoek ons die redes waarom sommige wynmakers ensieme gebruik tydens die wynbereidings proses en ander nie. Ons kyk dan verder na mites rondom ensiem gebruik en hul werking, asook waarom sekere wynmakers ensieme as onontbeerlik beskou in hul bereidingsproses.

Mite 1 – “Dit bied geen voordele nie!”Wynmakers wat Rapidase ensieme gebruik vir die bereiding van witwyne, sien verhoogde opbrengs van vry afloop sap en meer kompakte moer, sowel as tydsbesparing in vergelyking met die natuurlike afsak proses. Die gebruik van ensieme verhoog die sap opbrengs per tonnemaat druiwe en verminder the hoeveelheid moer wat verwyder of behandel moet word. Hierdie proses vind plaas omdat die Rapidase ensieme die druif selwand binnedring wat dan pektiene hidroliseer en meer sap lewer; laasgenoemde lei dan tot vinniger en meer effektiewe afsak.

‘n Wynmaker met wie ons onlangs gesels het is gretig om ensieme te gebruik en verstaan die voordele wat dit kan bring. Hy sukkel egter om die kelder eienaar te oorreed dat die effense ekstra koste die algehele wyn produksie sal verhoog en die probleme wat hul tans met filtrasie ondervind, verminder. Die eienaar teken gewoonlik links en regs fakture vir filtrasie materiaal, maar kon nie die voordele insien vir die gebruik van ensieme om filtrasie probleme reeds tydens die vroeër produksie stadia aan te spreek nie. ‘n Rapidase proef is opgestel en ons sien uit daarna om die resultate te deel na die pars seisoen.

Mite 2 - “Dit is te duur!”Die vraag wat regtig gevra moet word is: wat is die koste opgeweeg teen die voordele wat

verkry word met die gebruik van enige Rapidase produk? Rapidase, ‘n gesiene ensiem verskaffer, produseer produkte van uiters hoë kwaliteit, wat getoets en gevalideer is, met baie hoë ensiem aktiwiteit. Daar is natuurlik ‘n koste verbonde aan die aankoop van hierdie hoë kwaliteit produkte, maar dit is minimaal in vergelyking met die merkbare voordele verkry tydens die produksie proses.

Figuur 1: Vergelyking van ensieme op grond van afsak parameters. Moer kompaksie en mos turbiditeit. Chili, Pedro Ximenez.

0  

10  

20  

30  

40  

50  

%  moer   Turbiditeit  NTU  

Rapidase®  Clear,  2  ml/hL,  3  ure   PekBnase  3  ml/hL,  7  ure  

Figuur 2: Vergelyking van ensieme op grond van pers parameters. Suid-Afrika, Worcester. Kontaktyd tussen ensiem en druiwe; opvul van die pers in 2-3 ure. Laer druk was nodig om soortgelyke sap opbrengste te behaal. Druif kultivar: Hanepoot.

0  

20  

40  

60  

80  

Vry  afloop  sap   Totale  sap  opbrengs  

Rapidase®  Extra  Press,  33  ml/T   PekBnase  30  g/T  

+  12,5%  

20

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 23: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Rapidase produksieplant in Secline (Frankryk)

Aspergillus niger

In die gedurige toenemende mark en met die verhoogde kompetisie vir uitvoer markte, moet enige beskikbare hulpmiddel gebruik word om verhoogde sap opbrengs en wyn kwaliteit te verseker. In gevalle waar die weersomstandighede lei tot laer oeste, maak dit nog meer sin om die beste opbrengs te verkry. Natuurlik is dit ‘n gulde geleentheid om jou opbrengste te verhoog met die gebruik van Rapidase ensieme.

Mite 3 – “Dit is ‘n mors van my waardevolle tyd!”Alhoewel die gebruik van ensieme tot ‘n ekstra stap in die wynbereidingsproses bydra, is die byvoeg van ensieme baie eenvoudig. Ensieme is beskikbaar in vloeistof- of korrel vorm en kan maklik in enige produksie proses ingesluit word, maak nie saak hoe groot of klein die operasie is nie. Die byvoeging van ensieme kan dan so eenvoudig wees soos om ‘n volume af te meet uit ‘n bottel en by die wyn of sap te voeg – definitief nie ‘n tydrowende proses nie.

Die eintlike tydrower (en ook waar ekstra koste kan insluip), is die filtrasie proses, veral as die wyn troebel is of pektiene bevat wat filters kan blokkeer en die filtrasie proses kan vertraag. Dit is al bewys in menigte proewe – beide in kelders en navorsingsinstansies – dat die gebruik van pektolitiese ensieme die filtrasie proses dramaties kan bespoedig en vergemaklik, in vergelyking met geen ensiem gebruik, meestal deur pektiene te verwyder wat moontlik die filter kan blokkeer.

Mite 4 - “Ek wil nie enige iets onnatuurlik by my wyn voeg nie!”Ensieme is proteïene wat natuurlik voorkom en word in alle biologiese sisteme gevind. Ook bekend as die “natuur se kataliste”, sonder ensieme, sal alle biologiese prosesse in die wêreld tot ‘n stilstand kom. Almal verstaan dat die gis op ‘n wonderbaarlike manier suiker in druiwesap omskakel na etanol en wyn produseer, maar minder mense verstaan dat dit eintlik ensieme binne die gissel self is wat die magiese proses moontlik maak!

Rapidase produkte wat in wynbereiding gebruik word is slegs geselekteerde ensieme (hoofsaaklik pektolitiese ensieme), wat die eindproduk is van die fermentasie van ‘n nutriëntryke medium deur swam spesies soos Aspergillus niger, onder baie higiëniese en gekontroleerde kondisies. DSM, as ‘n vooraanstaande produsent van voedsel ensieme, is kwaliteit ge-akkrediteerd en bereid

om enige nodige dokumentasie te verskaf om korrekte produksie kondisies en verpakking te demonstreer, soos Sertifikate van Analises, MSDS ens.

Mite 5 – “Daar is geen ondersteuning nie!”Anchor Gis, as ‘n kwaliteit verskaffer van wynbereidings ensieme, het al die nodige kundigheid om:

• Die beste ensiem aan te beveel vir jou doel.• ‘n Protokol te verskaf vir die optimale gebruik van ‘n

spesifieke ensiem in ons Rapidase portfolio.• Bystand te lewer met proewe in die kelder om die

beste resultate van die ensieme te verkry.• Ondersteunende laboratorium bystand te lewer.• Seminare of opleidings sessies aan te bied wat

die onlangse ontwikkelings in ensiem toepassings bespreek.

• Te dien as ‘n betroubare bron van produkte wat wêreldwyd beproef is.

Daar is ‘n aantal wynmakers wat nie die nodigheid sien in die gebruik van ensieme tydens die wynbereidings proses nie en wat vele redes verskaf waarom hulle nie ensieme gebruik nie. In plaas daarvan, sit hulle met afsak of filtrasie probleme en afname in opbrengs en kleur kwessies wat maklik en op ‘n goedkoop manier kon voorkom word deur die gebruik van natuurlike ensiem produkte. Die gebruik van ensieme is ‘n reuse hulp om die wynbereidingsproses te vereenvoudig deur die sap opbrengs te verhoog, filtrasie probleme te verminder, aroma komponente vry te stel en meer kleur vanaf die doppe te ekstraheer deur polisakkariede soos glukane af te breek. Ons Rapidase ensieme vergemaklik die werk van duisende wynmakers en help om beter kwaliteit wyne te produseer sedert dit meer as 50 jaar gelede aan die industrie bekendgestel is.

21

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 24: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

In 2007 is dit bewys dat Claristar ‘n onmiddellike effek het op die kalium tartraat stabiliteit in wit-, rosé- en rooiwyne.

Hierdie hoogs oplosbare produk is ‘n mannoproteïen fraksie wat tydens die interaksie met tartraat mikrokristalle, voorkom dat hierdie kristalle groei en beperk hul dus so tot ‘n grootte wat onsigbaar is vir die blote oog. Claristar het geen eweknie as dit kom by alternatiewe vir eksogene en skadelike stabilisasie tegnieke nie, alles te dankie aan die bydrae van die mannoproteïene tot die kolloïed balans.

‘n Analitiese verwysings metode (die Würdig-Montagnani metode gebaseer op die Checkstab analise) is geskep om die volgende te bepaal:

• Die vlak van tartraat onstabiliteit in enige stilwyn: wit, rosé en rooi.

• Die verlangde Claristar dosis nodig om stabiliteit in terme van kaliumbitartraat teweeg te bring (KHT).

• En bevestiging dat die wyn stabiel is met gebruik van die aanbevole dosis.

Die kaliumtartraat stabiliteit wat verkry word met die inisiële Claristar dosis is effektief oor ‘n lang tydperk (vir ten minste 24 maande).

Die vloeistof formulasie fasiliteer ‘n onmiddellike stabiliserende effek, wat perfekte homogenisering toelaat en dus filtrasie onmiddellik na toediening. In terme van die tartraat stabiliseringsproses, lei Claristar gebruik tot ‘n gemiddelde agt dae vermindering in die tydsduur van die proses.

Claristar bied ook addisionele voordele soos behoud van die wyn aroma, kleur en natuurlike suur.

Die gebruik van Claristar vir tartraat stabiliteit help dus ook die wynmaker om sy wyn oor langer tydperke beskikbaar te stel, terwyl hy steeds die vars, aromatiese profiel behou.

Menigte wynmakers regoor die wêreld ondervind reeds die voordele van Claristar en kan getuig tot die toegevoegde waarde. Hierdie innoverende vloeibare bestanddeel is maklik om te gebruik, met eenvoudige gebruiksaanbevelings.

Nie slegs vir tartraat stabiliteit nie, maar ook die verbetering van wit-, rosé- en rooiwyne

>

22

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 25: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

‘n Vergelyking tussen mannoproteïen produkte vir hul effektiwiteit op KHT stabiliteit‘n Vergelyking tussen die effektiwiteit van Claristar en kompeterende mannoproteïene Vergelykende effektiwiteits toetse van verskillende mannoproteien produkte is gedoen op ‘n groot aantal rooiwyne by VITEC (Falset, Spanje). Hier wys ons ‘n voorbeeld van so ‘n toets gedoen op ‘n rooiwyn versnit van die Priorat area. Die wyn is geselekteer vir sy gemiddelde KHT onstabiliteit: delta µS = 83.4 met mini kontaktoets (Checkstab). Claristar is vergelyk met twee ander mannoproteïene wat bemark word vir KHT stabiliteit (Manno1 en Manno2).

Impak op wyn turbiditeit: Claristar en die kompeterende produk Manno1, beide toegedien teen ‘n baie hoë dosis, het geen noemenswaardige impak op die turbiditeit van hierdie rooiwyn gehad nie, teenoor Manno2 wat ‘n onmiddelike toename van 5 NTU teweeg gebring het (A). Turbiditeit toename is weens die interaksie van sommige peptied fraksies met polifenole.

KHT stabiliteits toetse: Verskillende dosisse van die drie mannoproteïen produkte is getoets met die Mini Kontaktoets en Würdig-Montagnani toets. Vir onmiddellike vergelyking, is alle dosisse omgeskakel na hul droë materiaal ekwivalente (20% Claristar). Claristar en Manno2 het soortgelyke effektiwiteit volgens die Mini Kontaktoets, in vergelyking met Manno1 wat minder effektief is (B). Die resultaat van die Würdig-Montagnani toets, wys dat Claristar teen die laagste dosis tartraat stabiliteit gee aan die wyn. Manno1 was die minste effektief van die drie produkte.

In die geval van ‘n rooiwyn wat gemiddelde tartraat onstabiliteit toon en wat geskik is vir stabilisering met mannoproteïene, is Claristar bewys as die beste opsie van al die kommersiële produkte getoets: dit het volle tartraat stabiliteit verleen teen 80 ml/hL met geen noemenswaardige interaksie met polifenole nie. Hierdie dosis is die gemiddelde dosis wat in kelders op hul

Claristar Manno1 Manno2

Dosis vir stabiele rooiwyn volgens Würdig-Montagnani toets

80 ml/hL(ekwivalent aan 16 g/hLdroë materiaal)

25 g/hL 20 g/hL

40  

50  

60  

70  

80  

90  

0   8   12   16   20  

delta

 µS  

Dosis  g/hL  (ekwivalent  as  droë  materiaal  vir  Claristar)    

Claristar   Manno1   Manno2  

0  

2  

4  

6  

8  

10  

Na  1  uur   Na  18  ure  

Turbidite

it    (N

TU)  

Kontrole   Claristar  teen  125  ml/hL    

Manno1  teen  250  mg/L   Manno2  teen  200  mg/L  A)

B)

rooiwyne gebruik word. Soortgelyke resultate is verkry in alle wyne wat getoets is. Proe sessies wat Claristar en ander mannoproteïen produkte vergelyk word later hierdie jaar uitgevoer!

23

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 26: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Ons is opgewonde om julle in kennis te stel dat die analise wat gepaardgaan met Claristar gebruik, nou by die Anchor Gis kantore in Epping Industria gedoen gaan word.

Hierdie analitiese metode is gebaseer op opeenvolgende geleiding metings. Die doel van die analise is om die dosis te bepaal wat jou SPESIFIEKE ROOI-, WIT- OF ROSÉ WYN stabiel gaan maak. Die resultaat van hierdie analise sal aan jou meedeel of die wyn geskik is vir Claristar behandeling en ook wat die presiese dosis is waarby jy tartraat stabiliteit sal verkry.

Benewens die voordeel van tartraat stabiliteit, sal Claristar as ‘n suiwer mannoproteïen fraksie ook:

• Die natuurlike suur van jou wyn behou.• Die aroma profiel van die wyn verbeter.• Die sensasie van volume en rondheid op die palet

bevorder. • Die aromatiese varsheid en langdurigheid van die wyn

bewaar tydens die opberging- en verouderingsperiode.

Vir alle Claristar-verwante navrae, sowel as informasie met betrekking tot die analises en reëlings vir monster insameling, kontak asseblief jou spesifieke area bestuurder of bel ons op 021 534 1351.

Claristar analises word nou gedoen by ons kantore in Epping…

>

24

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 27: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Tydens opberging ondergaan wyn ‘n natuurlike verouderingsproses wat oor tyd die sensoriese profiel nadelig kan beïnvloed. Een van die grootste bekommernisse van ‘n vonkelwyn produsent is die feit dat hulle die kwaliteit van hul produk moet kan verseker regdeur die bemarkingsproses in ‘n baie kompeterende mark. Oenobrands, ‘n wêreldkenner op die gebied van mannoproteïene en die toepassings in wyn, stel bekend Final touch POP, ‘n unieke vloeibare mannoproteïen oplossing spesifiek ontwikkel vir die kwaliteit verbetering van vonkelwyne. Final touch POP bestaan uit mannoproteïene met spesifieke eienskappe, wat bydra tot die wyn se kolloïed balans, wat help om die sprankelende sagtheid van die wyn te verbeter en die uitdrukking en langdurigheid van die aroma profiel te bevorder (A). Verder bevorder dit ook ‘n opmerklike verbetering in die organoleptiese kwaliteit van die wyn, meer varsheid, elegansie en balans, sowel as verbeterde opbruising (B). Hierdie verbeteringe is reeds merkbaar net na toediening.

Verder kan die gebruik van Final touch POP ook die kommersiële rakleeftyd (en dus bemarkings geleenthede) verleng. Final touch POP is ‘n vloeibare produk wat onmiddellik

reageer. Die produk versprei en meng maklik en is ten volle oplosbaar in enige vonkelwyn. Die positiewe effek van Final touch POP is sigbaar teen ‘n dosis van 10-40 ml/hL, met toediening na die tweede fermentasie: onmiddellik voor bottelering (Charmat metode), of in die ‘dosage’ of likeur wat bygevoeg word na ‘degorging’ (Methode Cap Classique).

Final touch® POPHoe om jou vonkelwyne perfek te maak

>

Paolo Zocca, kommersiële direkteur van Corimpex Service Srl, Italy

“Final touch POP is die eerste mannoproteïen wat onmiddellik die gevoel van varsheid verhoog wanneer dit by die wyn gevoeg word. Final touch POP is effektief op baie aromatiese wyne omdat dit die aroma stabiliseer en op gestresde wyne verfris en vernuwe dit die neus. Final touch POP bring ook volume en

soetheid tot die mondgevoel.

Figuur 1. Analitiese resultate van kommersiële wyne – Prosecco. Die aantal kere wat ‘n aroma parameter genoem word (A). Sensoriese profiel na 8 maande (B).

0  

2  

4  

6  

8  

10  Balans  

Aroma  intensiteit  

Suurheid  

Warmte  Borrel  finesse  

Bi:erheid  

Rondheid/Soetheid  

Kontrole   Final  touch  POP  

0  

5  

10  

15  

20  

25  

Wit  vrugte   Sitrus  vrugte  

Ekso3ese  vrugte  

Mineraliteit   Bo9er  nuanses  

Heuning  

Aantal  keer  w

at  aroma-

ese  

parameter  gen

oem  word  

Kontrole   Final  touch  POP  A)

B)

25

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 28: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Witwyn bereiding van songebrande druiwe

>

OES ONTVANGS VAN DRUIWE AFMAAL

Beperk oksidasie.

Voeg droë ys of vloeibare CO2 by om die druiwe af te koel en oksidasie te verhoed (10 kg droë ys sal die temperatuur van 1 ton druiwe met 1.7°C afbring).Voeg dopkontak ensieme so vroeg as moontlik by.

Verseker maksimum opbrengs.

Rapidase Extra Press => 20 ml/Ton om vroeë depektinisering te verseker, die opbrengs van vry afloop sap te verhoog en vermy enige hoë druk stappe.Lae swawel dosis < 50 mg/L

Verhoed die verlies van kultivar-spesifieke aroma weens hitte.Vermy ongewensde fenoliese karakters.

Oes die druiwe tydens die vroeë oggend ure.Voeg Scott’ tan FT Blanc by om oksidasie te verhoed.

INISIEER ALKOHOLIESE FERMENTASIE

BESTUUR ALKOHOLIESE FERMENTASIEAFTREK

Verkry die maksimum fermentasie aroma profiel deur die mos aan te vul met vry vetsure en essensiële mikronutriënte.

Begin alkoholiese fermentasie met die toediening van Natuferm => 20-30 g/hL

Verseker die fermentasie (indien FAN laag is en onder 150 mg/L) en vul die mos aan met vitamiene en stikstof.Verbeter gis lewensvatbaarheid om die verbruik van residuele suikers te verseker tydens die laaste derde van fermentasie.

Fermentasie onder standaard temperatuur kondisies (13-20°C).Voeg Maxaferm by teen 20-30 g/hL by 12.5°Balling / Brix.Extraferm => 20-30 g/hL by 5°Balling / Brix.

Trek wyn van die moer af wanneer die fermentasie voltooi is.

Ethanol

Ethanol

EthAnOl

EthAnOl

EthAnOl

EthAnOl

EthAnOl

26

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 29: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

OPVUL VAN MASERASIE TENK PERS

Optimiseer die ekstraksie van kultivar-spesifieke aroma komponente.

Rapidase Expression Aroma => 20 g/Ton in die geval van dopkontak.Aanbevole kondisies vir dopkontak: 2 ure by 16°C tot 6 ure by 12°C.

STATIESE AFSAK EN FLOTASIE

AFTREKEN GIS INOKULASIE

Verseker maksimum opbrengs en vermy die beskadiging van die druiwe.Verbeter opbrengs met minder druk, beperk die ekstraksie van kruidagtigte (‘herbaceous’) voorlopers en fenole. Verseker voldoende suur konsentrasie.

Kombineer vry afloop sap en eerste perssap fraksie.Meet suurvlakke en pas aan met wynsteensuur indien nodig.Oorweeg dit om die vry afloop sap en die perssap fraksie apart te behandel.Voeg PVPP by en verdere breimiddels.

Vir perssap: Rapidase Clear => 1.5 g/hL of Rapidase Clear Extreme => 1 g/hLAanbevole afsak kondisies : 12-18 h by 10-16°C

Vir perssap: Rapidase Flotation => 1.5 ml/hLFlotatasie met standaard breimiddels (gelatien, PVPP, ...)

Vermy verbruining deur die verwydering van oksideerbare fenoliese verbindings.Vermy kruidagtigheid en afgeure met doeltreffende afsak.

Geen verdere ensiem byvoegings is nodig vir vry afloop of eerste perssap fraksie nie.

Vinnige en veilige alkoholiese fermentasie.Selekteer ‘n gis met hoë etanol toleransie.

Trek die sap af wanneer die turbiditeit < 80 NTU.Neem monster vir FAN analise.Inokulasie met ‘n geselekteerde aktiewe droë gis => 25 g/hL om fermentasie te verseker.Selekteer ‘n gis wat lae vlakke VS en SO2 produseer, tolerant is vir hoë etanol, lae NTU’s en vrugtige esters produseer.Anchor Alchemy I, Anchor Alchemy II, Anchor Vin 13, Anchor NT116, Fermicru LVCB, Fermicru 4F9.

SugarSugar

Sugar

Ethanol

Yeast Yeast

Ethanol

EthAnOl

CO2

27

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 30: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

OES ONTVANGS VAN DRUIWE AFMAAL EN ONTSTINGEL VUL MASERASIE TENK

Beperk oksidasie.

Gebruik Scott‘tan FT Rouge om oksidasie te verhoed.Lae swawel dosis < 40 mg/L.

Verbeter die ekstraksie van polifenole en kleur. Stabiliseer kleur. Verseker voldoende suur konsentrasie.

Rapidase Extra Color of Rapidase Extra Fruit teen 30 g/Ton Selekteer die korrekte ensiem-gis kombinasie.

Meet suurvlakke en pas aan met wynsteensuur indien nodig. Neem monster vir FAN analise.

Verhoed die verlies van kultivar-spesifieke aroma weens hitte. Vermy ongewensde fenoliese karakters.

Oes die druiwe tydens die vroeë oggend ure.

Verbeter gis lewensvatbaarheid om die verbruik van residuele suikers te verseker tydens die laaste derde van fermentasie.

Extraferm => 20-30 g/hL by5°Balling / Brix.

Moniteer AMG tot voltooid.

Mikro-oksigenase en tanniene kan gebruik word om bitter karakters te

verminder.

EINDE VAN AFEINDE VAN AMG DREINEER EN PERS

Ethanol

Ethanol

EthAnOl

EthAnOl

EthAnOl

EthAnOl

EthAnOl

28

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Rooiwyn bereiding van songebrande druiwe

>

Page 31: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

GIS INOKULASIE INISIEER ALKOHOLIESE FERMENTASIE

Vinnige en veilige alkoholiese fermentasie. Selekteer ‘n gis met hoë etanol toleransie.

Inokulasie met ‘n geselekteerde aktiewe droë gis => 25 g/hL om fermentasie te verseker.

Selekteer ‘n gis wat lae vlakke VS en SO2 produseer, maar vrugtige aromas vrystel.

Selekteer die korrekte ensiem-gis kombinasie:Met Rapidase Extra Color : Anchor NT202, Anchor NT50, Fermicru XL, Collection Cépage Cabernet and Merlot.

Met Rapidase Extra Fruit : Anchor EXOTICS SPH, Anchor NT50, Fermicru VR5, Collection Cépage Cabernet.

Vinnige en veilige alkoholiese fermentasie.

Inokuleer met die Anchor Co-Inoculant Bacteria

(1 g/hL) op dieselfde dag as gis inokulasie.

Verseker die fermentasie (indien FAN laag is en onder 180 mg/L) en vul die mos aan met

vitamiene en stikstof.

Fermentasie onder standaard temperatuur kondisies (20-26°C), laer temperature sal

vrugtige aromas bevoordeel.Voeg Maxaferm by teen 20-30 g/hL by

10°Balling / Brix.

Beperk bitterheid en die ekstraksie

van harde tanniene vanaf die

druifpitte.

Beperk die dopkontak tydperk en verwyder pitte

so gou as moontlik.

KO-INOKULASIE VIR AMG

FERMENTASIE BESTUURAFTREK

SugarSugar

Sugar

Ethanol

Yeast Yeast

Ethanol

EthAnOl

CO2 29

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 32: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Die selfoon app: ‘n Volledige wyn sakrekenaar in die palm van jou hand

Elke dag, met behulp van Oenotools®, kan wynmakers regoor die wêreld die volgende binne sekondes bereken:• SO2 toedienings.• Eenheid omskakelings.• Berekende produk dosisse.• Versuring en ontsuring.• Spesifieke toedienings van

etanol.• Verwydering van O2 of CO2.• Tenk volume.• Koue temperature nodig vir

dopkontak, afsak of verkoeling.• Swawel verwydering, en

menigte ander.

Met ‘n ewig groeiende basis van verbruikers in meer as 60 lande regoor die wêreld, het Oenotools® ons wildste verwagtinge oortref. Hierdie app is die wêreld leier in wynbereidings berekeninge. Sedert die ontwikkeling in 2011 tesame met Olivier Zebic, het Oenotools® wêreldwye erkenning verwerf, met meer as 10 000 professionele wynmakers as gebruikers en as ontvanger van verskeie industrie toekennings vir innovasie. Die nuwe generasie wynmakers maak die grootste

gedeelte uit van Oenotools® gebruikers, 60% van hulle is onder die ouderdom van 35 en 85% onder 45.

Trots op hierdie sukses, tesame met ons wil om altyd te verbeter, word hierdie app gereeld opgedateer met nog berekeninge, tot by die huidige 3.0.2 weergawe. Die nuutste weergawe is ten volle toegerus vir gebruik met die nuutste selfoon sisteme soos iOS 8. en Android 4.4.

Oenotools®: die gekose wyn sakrekenaar vir wêreld wynmakers!

>

30

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 33: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Die iPad app: ‘n Mini sagteware app om jou by te staan tydens die bereiding van wyn versnitte

Die doel van hierdie tablet app is om alle berekeninge te doen tydens die bereiding van ‘n versnit, sodat die wynmaker ten volle kan fokus op die sensoriese aspekte.

Hierdie iPad app is maklik om te gebruik en ‘n gerieflike manier om die proses van versnit bereiding te vergemaklik.

• Dit dra by tot die proe sessie deur die proef volumes te bereken.

• Die kan onmiddellik die volumes gebruik in die proe skakel met die volumes beskikbaar in die kelder.

• Dit bereken die moontlike nuwe analitiese parameters van die versnit.

• Dit bereken die oorblywende volume wyn van elke komponent en die volume van die versnit wat berei is.

Oenotools® BLENDS, ontwikkel deur Oenobrands, tesame met Olivier Zebic en Nyseos, is vrygestel in Januarie 2014.

Deel in ons suksesOns wil graag almal bedank wat gereeld terugvoering gee aangaande julle behoeftes, idees of net om dankie te sê. Die wêreldwye sukses van Oenotools® is ook jul sukses. ‘n Wynmaker aan die ander kant van die wêreld mag jou dalk net bedank vir die idee of verbetering wat jy voorgestel het.

Via die handelsmerke en oplossings wat ons bied, streef Oenobrands daarna om interaksie te bewerkstellig en om die wyn industrie by mekaar uit te bring. So voel vry om ons te kontak by [email protected] vir enige voorstelle vir nuwe funksies of verbeteringe.

Oenotools® en Oenotools® BLENDS is beskikbaar in vyf tale: Engels, Spaans, Frans, Italiaans en Duits. Laai nou jou volledige, gratis weergawe af!

31

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016 >

anchorwineyeast.com >

Page 34: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

Die newworldwinemaker.com webblad het ‘n lojale en gretige gevolg van oor die 6000 wynmakers regoor die wêreld, almal gretig om by te bly met die nuutste ontwikkelinge in moderne wynbereiding.

Na die einde van die 20ste eeu, het revolusionêre wynbereidingspraktyke in die wêreld die lig begin sien. Wynmakers het begin fokus op die ontwikkelende smaak van verbruikers en hul dors na intense, aromatiese, vars wyne. Nuwe wêreld wyne en hul intense vrug karakters was ‘n treffer.

Maklik om te drink wyne, met voorspelbare en interessante geure, sowel as bekostigbare pryse, was ewe skielik verskriklik populêr. Australië was die eerste en is kort daarna gevolg deur Chili, Argentinië, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en die VSA. Hierdie lande het sedertien bekend begin staan as die “nuwe wêreld wynlande” en hul wynmakers sinoniem met nuwe en innoverende wynstyle. Dit was nie

meer nodig om ‘n duur bottel Franse wyn te koop en dan te bêre vir baie jare nie. ‘n Vinnige stappie na jou naaste supermark en ‘n goeie bottel Nieu-Seeland Marlborough Sauvignon blanc was joune!

Die verkope van nuwe wêreld wyne het dramaties gestyg. Jong universiteit gegradueerdes wou deel wees van die aksie. Nuwe eksperimentele tegnieke is ontwikkel. Die konsep van “reisende wynmakers” het begin, studente, sowel as professionele wynmakers het geen probleem gehad om te reis van een land na die volgende vir die parsseisoen nie. Alle lande, insluitende die mees tradisionele, het gedeel in die opwinding en het begin om wynbereidingtegnieke te deel, uit te ruil en aan te pas.

Hoekom hierdie webblad?Anchor Gis, een van die eerste maatskappye om gis te produseer vir die nuwe wêreld styl van wynbereiding, het in 1995 besluit om newworlwinemaker.com te stig, ‘n webblad wat gemik is op hierdie wêreldwye, innoverende, toonaangewende wynmakers. Hoekom? Omrede ons hoogs gekwalifiseerde en ervare wyngis span nuwe wêreld wyngiste beskou as ‘n passie, eerder as ‘n produk.

• Tegniese artikels• Innovasies• Onderhoude met wynmakers• Sosiale platforms

NEWWORLDWINEMAKER.COM>Vir die nuutste nuus en tegnologie wat die vooruitgang, bestuur en bereiding van kwaliteit nuwe wêreld wyne bevorder

32

ANCHOR GIS PARSBOEK 2016>

anchorwineyeast.com>

Page 35: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L
Page 36: PARSBOEK - Advanced Winemaking Solutions · Alle sertifisering soos nie-GMO, MSDS en Allergeen is beskikbaar op:  BANK BESONDERHEDE ... Gliserol produksie 10–12 g/L

newworldwinemakerblog.com facebook.com/NewWorldWinemakerfacebook.com/Oenobrands

[email protected] twitter.com/wineyeast newworldwinemaker.comanchorwineyeast.com

oenobrands.com

BLOG

WWW