Nuwe Drome.ppt
Transcript of Nuwe Drome.ppt
Learning
Community
EenDie volmaakte storm:
Lees die tekens van die tyd!
Play1m
Die volmaakte storm
Storm 1Postmodernisme
Storm 2Post-Christelikheid
Storm 3Globalisering
Modernisme
• Modernisme = beheer en kontrole• Modernisme = analitiese denke• Modernisme = meganisasie• Modernisme = indiwidualisme
Postmodernisme
Play4m10
TweeKerke se reaksie:
Laertrek – of vorentoe reis?
Play2m05s
Heilige Koeie
• Geboue• Manier van Organisasie• Ampsbegrip• Teologiese opleiding• Metastruktuur van denominasies• Ander…..
“Miskien moet ons oorweeg om eerder van Jesus ‘n spreekwoordelike “heilige koei” te maak as ons“Heilige Here”….
Op daardie wyse sal Hy dalk die aandag kry wat Hy verdien by Sy Kerk, en word Hy dalk net ‘n gereelde agendapunt op vergaderings, en ‘n faktor in besluitneming.”
-opmerking op Blog
DrieHoop vir die kerk:
Ontluikende kerke as prototipes
www.mindofafox.com/conversation.php
Modernistiese strukture raak vasgevang in hierdie deel.
Hierdie deel vereis waarderende ondersoek.
VierKenmerke van ontluikende kerke:
Ou geloofspraktyke word nuut geleef
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
1. Identifiseer met die lewe van Jesus Christus en fokus sterk op die koninkryk van God.
Die vraag is nie of Jesus beindruk is met hoe jul gemeente lyk, of wat jul doen nie. Die vraag is eenvoudig of Hy tuis voel in Sy liggaam, en wat dit in jul omgewing verpersoonlik.
Hoe en waar kan leierskap Jesus meer verpersoonlik?
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
2. Transformeer die sekulere lewe deur afstand te doen van die skeiding tussen die geestelike en die fisiese.
Ons, of ons gemeentes, voel dikwels baie tevrede met ons ‘geestelikheid’.
Vraag is egter: hoe beleef die gemeenskap jul ‘menslikheid’?
Op watter maniere kan die kerk sy ‘menslikheid’ herwin?
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
Gesels oor jou verstaan van Nelus se voorstelle:
• Die heiliging van plesier as ‘n missionêre bate.• Die verlossing van die alledaagse as die wesenlike
taak van ‘n gemeente.• Die heiliging van die nie-so-heilige.• Bybelse vorming van dissipelskap.
– Sien ook die vrae op Bl 79.
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
3. Beklemtoon kerklike gemeenskap
Geen byeenkoms van mense konstitueer outomaties verhoudinge nie – nie in ‘n groot of klein groep nie. Dit impliseer bloot gedeelde behoefte of intensie. Ons benodig ‘n nuwe teologiese ontwaking van verhoudinge – nie die beklemtoning van ‘n teologie van groepering of samekoms nie.
Bespreek die praktiese implikasies van bg stelling.
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
4. Openheid en gasvryheid teenoor mense
Jesus het vir ons gewys dat ware gasvryheid beteken om hulle te ontvang wat anders as jy is… wat jy ongemaklik laat voel… wat nie in jou omgewing tuishoort nie. Hoe kan ons gasvryheid heens vreemdelinge aanmoedig, eerder as om net gasvryheid teenoor ons eie aan te prys?
- Sien die punte op bl 96 & 97
Bespreek bg uitdaging in ons SA rasse konteks.
9 Ou Geloofspraktyke word nuut5. Oorvloedige diensbaarheid sonder bymotiewe
Die hele aspek van ‘betrokkenheid’ is nog altyd een van die grootste uitdagings van enige gemeente. Talle programme is al ontwikkel om dit te verbeter.
Waar is die program of strategie wat leraars en leiers betrokke kry by die daaglikse wêreld van die mense, buite die geboue, vergaderings en projekte?
Bg is ‘n direkte leierskaps-kwessie. Bespreek dit as realiteit.
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
6. Deelname deur gemeentelede
Bestudeer die tabel op bl 107. Die meerderheid van kerke het nog nie verby die Geskrewe Kultuur era beweeg nie (1950!!). Dit gaan ook nie gebeur as die leierskap nie ‘n nuwe rol inneem nie.
Deel praktiese idees om die skuif te help maak.
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
7. Klem op Kreatiwiteit
Bespreek die voorkoms [aldan nie] van die 4 sleutels vir kreatiewe verandering op bl 121 in jou lewe / gemeente en konteks.
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
8. Leierskap deur netwerke en nie deur hierargiese strukture nie
Met die tabel op bl 136 oop voor jou, bespreek die skeppende vraag: ‘Hoe ontwikkel ons leiers vir die Christelike beweging?’
9 Ou Geloofspraktyke word nuut
9. Antieke geloofswaarhede in ‘n byderwetse kleed
Die kuns is om antieke geloofswaarhede uit te leef binne elk van die vorige 8 Geloofspraktyke. ‘n Teruggryp na waarhede wat die realiteit van die vorige 8 praktyke ignoreer verval net weer in ‘n sisteem van vrome doen-godsdientigheid.
Bespreek die stelling.
VyfDie groot storie in die ontluikende kerk
Om ‘n gestuurde kerk te weesPlay
7m30s
Die groot storie in die ontluikende kerk
Om ‘n gestuurde kerk te wees
Kom ons begin ons eie stories vertel!!!!!
Die mees energieke, kreatiewe, dinamiese en uitdagende ontluikende kerkwees is hier onder ons verteenwoordig….
Leef ‘n verhaal – en vertel dit dan!