Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature:...

12
Nuusbrief #24 1 Aug 2019 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale Kantoor, Gladiatorstraat 56, Rhodesfield, Kemptonpark. Pligte: Die Bestuurder is verantwoordelik en aanspreeklik teenoor die Sinodale Dienskommissie vir die administrasie van die beleide wat die SDK gemaak het of geag gemaak te wees onder die beheer van die SDK en: 1. oefen algemene toesig oor die sake van die Sinodale Kantoor uit; 2. vestig en handhaaf ‘n doeltreffende en effektiewe bestuurstruktuur vir die Sinodale Kantoor 3. hou as rekenpligtige amptenaar toesig oor die administratiewe en finansiële sake van die Sinodale Kantoor en bestuur dit met deursigtigheid; 4. raadpleeg alle strukture van die SDK en adviseer dit dienooreenkomstig; 5. hou toesig oor die versorging van die eiendom van die Sinode; en 6. handhaaf ‘n behoorlike standaard van dissipline vir personeel binne die Sinodale Kantoor. Posvereistes: Minstens ʼn B-graad met ʼn bewese rekord van bestuur en administrasie. Salaris: Onderhandelbaar tot die maksimum TKVI van die boonste kerf van die Algemene Sinode se riglyne vir ʼn predikant se vergoedingspakket. Kontakbesonderhede: Rig navrae aan dr. AL Bartlett [email protected] en stuur CV’s aan [email protected] Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Augustus 2019 Datum van aanstelling: 1 Oktober 2019 of so gou moontlik beskikbaar. Die SDK hou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. ***

Transcript of Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature:...

Page 1: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

Nuusbrief #241 Aug 2019

1

NG Kerk Sinode HoëveldVakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor

ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale Kantoor, Gladiatorstraat 56, Rhodesfield, Kemptonpark.

Pligte: Die Bestuurder is verantwoordelik en aanspreeklik teenoor die Sinodale Dienskommissie vir die administrasie van die beleide wat die SDK gemaak het of geag gemaak te wees onder die beheer van die SDK en:

1. oefen algemene toesig oor die sake van die Sinodale Kantoor uit;2. vestig en handhaaf ‘n doeltreffende en effektiewe bestuurstruktuur vir die Sinodale Kantoor3. hou as rekenpligtige amptenaar toesig oor die administratiewe en finansiële sake van die

Sinodale Kantoor en bestuur dit met deursigtigheid;4. raadpleeg alle strukture van die SDK en adviseer dit dienooreenkomstig;5. hou toesig oor die versorging van die eiendom van die Sinode; en6. handhaaf ‘n behoorlike standaard van dissipline vir personeel binne die Sinodale Kantoor.

Posvereistes: Minstens ʼn B-graad met ʼn bewese rekord van bestuur en administrasie.

Salaris: Onderhandelbaar tot die maksimum TKVI van die boonste kerf van die Algemene Sinode se riglyne vir ʼn predikant se vergoedingspakket.

Kontakbesonderhede: Rig navrae aan dr. AL Bartlett [email protected] en stuur CV’s aan [email protected]

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Augustus 2019

Datum van aanstelling: 1 Oktober 2019 of so gou moontlik beskikbaar.

Die SDK hou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.

***

Page 2: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

2

Leraars verjaarsdae5 Aug Ds. André Kloppers Forest Hill

7 Aug Ds. Marius Gertzen Impalapark

Hartlik geluk met elkeen van u se verjaarsdae! Hoop u dag is gevul met die mooiste, soetste en lekkerste oomblikke!

Page 3: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

3

Page 4: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

4

Lees in die Kerkbode van 2 Augustus ...

Bybel se vertaalgoggas

In die jongste Kerkbode berig ons oor Bybelvertaling ná ‘n dominee ‘n boek geskryf het wat 150 interessante verskille tussen vertalings lys en bespreek.

Ons praat ook met kerkleiers oor Manenberg op die Kaapse Vlakte, waar die weermag nou help om die vrede te bewaar te midde van bendegeweld. “Hierdie gemeenskappe het ons as kerk en geloofsgemeenskappe nou, meer as ooit, nodig om lig en sout te wees,” sê dr Llewelyn MacMaster, moderator van die VGK.

Op die middelblaaie, in ons gereelde Op Die Kerkstoep-rubriek, skryf dr Chris van Wyk oor die onderskeid tussen ware en valse kerk.

Stuur vir ons stories of wenke uit jou gemeente en streek na [email protected]. En hou www.kerkbode.co.za dop vir vars nuus deur die week.

Die Bybelgenootskap van SA nooi gemeentes om deel te hê aan die feestelike dinee wat op 23 Augus-tus 2019 in Kemptonpark gehou sal word. In 2020 word die Bybelgenootskap 200 jaar oud. ‘n Nuwe Zulu

Bybel asook die nuwe Afrikaanse Bybel word in dié jaar bekendgestel. Ter voor-bereiding van die ‘Jaar van die Bybel’, word gemeentes en indiwidue vriendelik genooi om ‘n heerlike aand van goeie kos en musiek te kom deel.Vir navrae en kaartjies, kontak asb Marina Stebbing 011-970 4010 of ds Johan Peyper 082 335 1722.

Page 5: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

5

Beste NG Kerk-familie

Die uitdaging om nuwe bronne van inkomste vir CLF, die Christelike Lektuurfonds te vind is in vandag se ekonomiese landskap, nog moeiliker.

Statistieke toon dat besteebare inkomste krimp en die kompeterende nie- winsgewende organisasies by die dag vermeerder, wat die uitdaging om nuwe dona-teurs se harte vir CLF se missie en bedieninge te wen, daagliks groter maak.

Daarom het die Christelike Lektuurfonds verskeie inisiatiewe ondersoek om CLF se volhoubaarheid te bevorder en CLF in staat te stel om voort te gaan om die Boodskap van die Bybel deur gratis en bekostigbare literatuur aan mense te bring.

CLF werk saam met die Helpcor Trust, ’n NPO wie se uitsluitlike doel dit is om fondse in te samel en te voorsien aan NGO’s/NPO’s. CLF het daarom as ’n begunstigde by die Helpcor Trust geregistreer. Die Helpcor Trust / ENGO Vrystaat is ook ’n goedgekeurde Artikel 18A organisasie, wat vir u as donateur belastingvoordelig is.

Ons nooi u hiermee uit om deel te word van die oplossing

Enige individu of instansie kan ’n bydrae lewer deur ’n debietordervorm te teken en dan ook ander te inspireer om betrokke te raak by die werwing van fondse vir die Christelike Lektuurfonds.

Vir elke debietorder wat u werf kry u ’n kontant-terug-bonus, gebaseer op die maandelikse debietorderbedrag, om dankie te sê. Daar is drie tipe bonusse:

Brons Bonus: Fondswerwers verdien brons bonus wanneer hulle self iemand gekry het om ook ’n debietorder ten gunste van CLF te teken. 3% van hierdie debietorder word as ’n kontant-terug-bonus uitbetaal aan die fondswerw-er. Daar is geen beperking op die hoeveelheid mense wat op hierdie manier gewerf word nie.

Silwer Bonus: Fondswerwers verdien silwer bonus wanneer die persoon wat deur hulle gewerf is ook ander kry om betrokke te raak by die saak deur debietorders te teken. 5% van hierdie debietorders word as ’n kontant-ter-ug-bonus uitbetaal aan die oorspronklike werwer. Daar is ook geen beperking op die hoeveelheid mense wat so gewerf kan word nie.

Goue Bonus: Goue bonus is die hoogste bonus wat ’n fondswerwer kan bereik. Dit gebeur wanneer die persoon wat deur hom/haar gewerf is silwer bonus bereik. Die oorspronklike fondswerwer se kontant-terug-bonus is 7% van elke debietorder wat deur sy silwer fondswerwer gewerf is. Sy kontant-terug-bonusse is steeds 3% vir persone gewerf op Brons bonus en 5% vir persone gewerf op Silwer bonus asook verdere 7% en totaal van 15%. Weereens is daar geen beperking van die hoeveelheid mense wat graag betrokke wil raak op hierdie manier nie.

Die fondswerwer sal ook elke jaar ’n IT3 sertifikaat ontvang vir inkomste-belastingdoeleindes.

Indien u ’n bestaande donateur van CLF is, het u nou twee opsies, naamlik:1. Om voort te gaan met u huidige donasie bydrae (welke dit per debietorder is of ad hoc direkte inbetaling), of2. Om op die nuwe debietordervorm aan te dui dat u wil oorskakel na die “gedifferensiëerde debietorderpro-

gram” en wil deel uitmaak van ’n netwerk mense wat fondse vir CLF werf.

“Ek wil deel wees van die oplossing!” Indien dit u antwoord is, wonderlik en baie dankie!

Voltooi die debietordervorm in die CLF/Helpcor Trust brosjure (aangeheg), merk “Ja, Ek wil betrokke raak by die gedifferensiëerde debietorderprogram”, skeur die vorm af en pos dit aan CLF vir aandag Ina Willemse.

Indien u navrae het kontak gerus vir Ina Willemse by 021 873 7134 of stuur ’n e-pos aan [email protected]://youtu.be/JCtE80hAq38

Page 6: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

6

VBO Lenteweek 2019Bedieningsbegeleiding van die

NG Kerk Vrystaat bied hierdie

geleentheid aan wat vanaf

1 - 4 September 2019 by die

NG Studentekerk (Kopanong

Ouditorium op die UV Kampus),

h/v Nelson Mandela- en DF Mal-

herbestraat, gaan plaasvind. Die

tema is Uitverkiesing en Hoop /

Election and Hope, met verskeie

sprekers wat hieroor gaan praat.

Die inskrywingsvorm moet as-

seblief volledig voltooi en terug-

gestuur word, tesame met die bewys van betaling (NB! verwysing: NAAM&VAN+VBO2019), aan Lisma

Liebenberg by [email protected]. Vir enige navrae in hierdie verband, skakel vir Lisma op 051 406 6700.

Word opgelei as spirituele begeleier

Die kursus word in 7 blokke van 3 dae aangebied oor ’n tydperk van 15 maande. Die klem lê op ervaring en inoefening. Meestal by Stellastraatge-meente van die NG Kerk in Brooklyn, Pretoria, en gedeeltelik by Origins retreatsentrum naby Rustenburg.

Dit val onder toesig van die NG Ring van Suidoos-Pretoria en is ook met Excelsus van die NG Kerk gekoppel. Predikante kan 150 VBO-punte verdien. Daar is sewe aanbieders betrokke. Volgende jaar se kursus sal die elfde een wees.Aansoeke sluit 30 September 2019 en die kursus begin op 17 Februarie 2020.Navrae kan gerig word aan Dr. Willem Nicol: [email protected] / 083 966 7831.Kliek hier vir meer inligting oor die kursus.

Page 7: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

7

Page 8: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

Winter HOPE - Giving Hope and Warmth in 2019

MES Kempton Park would like to say thank you to everyone supporting us with this year’s winter drive. We were once again astounded by the amount of goodwill and sense of community that is being created by something as simple as the freezing cold and the donations we have received, shows that the people of South Africa have caring hearts.

In 2019, we had 150 collection points nationwide. During the campaign we collected 2473 blankets, 2780 shopping bags, filled with clothing, 852 shopping bags, stocked with groceries and 1612 beanies. In addition, shelter* has been provided to 7573 people (*totals based on the bed occupancy per night). If you want to read more about the different success stories, please visit our website, Facebook and Instagram page.

The project’s media campaign included programmes on kykNET Ontbytsake, RSG and local radio stations, as well as coverage in the Beeld Newspaper and local newspapers. There were 17 broadcast programmes, 40 newspaper articles and 14 online articles. Furthermore the team was very active on social media and we currently have 1067 Facebook followers. We have also redesigned the website, www.winterhoop.org and launched an Instagram page.

The campaign certainly affected many people’s hearts and as a team we really could make a difference, with every outreach and donation to those who needed it. However, this would not have been possible without God’s active involve-ment and blessings and we praise Him for His mercy and love.

Vir MES Kempton Park se Julie nuusbrief, gevul met baie inspirerende stories, kliek hier.

8

Page 9: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

Program: 3de Kwartaal13 – 14 AugustusHerontdek die Bybel se missionale stemModule 2: Die nuwe Testament se missionale stem• NGKerkStellastraat,Pretoria• 25VBO-punte• Aanbieder:LeonWesthofKliekhiervirdieinskrywingsvormenvirmeerinligtingoordiewerkswinkel.

21 Augustus Sweef soos ‘n arend.Inleiding tot Spirituele wysheid/intelligensie • NGKerkStellastraat,Pretoria• 6VBO-punte• Aanbieder:HenryEagleton

3 – 4 SeptemberDaar is lewe vóór én ná aftrede. Kursus gerig op predikante in die afrondingsfase van hulle bedieningModule 2: Sinvol besig tot en met aftrede• NGKerkStellastraat,Pretoria• 25VBO-punte

17 – 19 SeptemberLentekonferensieTema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te leef.• Hoofsprekers:-ProfThuliMadonsela -ProfChristivanderWesthuizen -MnrGielieHoffmann• NGKerkUniversiteitsoordenNagraadseSentrum,UniversiteitvanPretoria• 30VBO-punteKliekhiervirmeerinligting.

9

Page 10: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

Weltevreden se stories van hoop en omgee...

Winterhoop

Gemeentelede is gevra om warm baadjies, skoene en kom-berse af te gee by die kerkkantoor wat ons dan aan die gereelde haweloses en minderbevoorregtes uitgedeel het wat altyd kom kospakkies haal.

Mandeladag

Ons Mandeladagprojek het so gegroei oor die afgelope 3 jaar! Hierdie jaar het ons sowat 250 beanies en 160 serpe en ‘n klompie pare handskoene ontvang wat gebrei, gehekel of gekoop is. Ons het hier-die items saam met sop en broodjies op Donderdag 18 Julie uitgedeel aan minderbevoorregtes in ons omgewing. Vorige jare het ons gewag vir mense om op te daag, en hierdie jaar was daar reeds sowat 50 mense wat gewag het terwyl ons uitgepak en opgestel het! Dis wonderlik dat hierdie mense nou al weet dat NG Weltevreden omgee vir hulle en altyd iets spesiaals doen op Mandeladag. Ons Direkteur Versorging, Alda Boer en Ds Hettie Wessels het ook ‘n “care package” gaan afgee by die Weltevreden Park Kliniek die oggend. Lekker bederfgoedjies vir die personeel wat elke dag so hard werk om ander weer te help. Hulle was so verras gewees dat ons juis vir hulle iets bring op Mandeladag en ons is bly ons kon hulle dag ook bietjie opvrolik. Daarna het van ons personeel saam met 2 manne wat gereeld kospakkies kom afhaal by die kerk, met die kerk se bakkie gery en van die ekstra Winterhoop klere en skoene gaan uitdeel in die gemeenskap. Dit was ook vir hulle ‘n wonderlike ervaring om te kan gee en nie net te ontvang nie.

Dit was ‘n ongelooflike geseënde dag gewees vir die gemeente en die mense wat betrokke was. Ons probeer elke dag om ons leuse Lewe vir die Stad uit te leef en glo dat ons as gemeente geseën is om te seën!

Tanya Krause10

Page 11: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

datumlys

aflospredikante

n Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

Kliek hier vir ʼn lys van aflospredikante.

pastorale beraders

Ons kry navrae vir Pastorale Beraders.

Indien u wel ‘n Pastorale Berader is, kan u asseblief vir my u kontakbesonderhede stuur. As u nie is nie, maar weet van iemand, stuur dan vir my die kontakbesonderhede en ek sal direk met hul kontak maak.

Ons wil graag ‘n databasis skep om sodoende ‘n addisionele diens te verskaf.

Stuur u besonderhede aan Natassja Marais [[email protected]].

Kliek hier vir ‘n lys van Pastorale Beraders.

vakaturesKlik hier vir Kerkbode se lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies.

Organisasie / Instansie Vakante pos SluitingsdatumNG Kerk Sinode Hoëveld Bestuurder 16 Augustus 2019NG Randburg-Suid Leraar 16 Augustus 2019NG Kerk Vrystaat Uitvoerende Amptenaar van Vennote in

Getuienis30 Augustus 2019

Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, kliek hier.

11

brugpredikante Kliek hier vir ʼn lys van brugpredikante.

Page 12: Nuusbrief #24 1 Aug 2019 vanaf...Nuusbrief #24 1 Aug 2019 1 NG Kerk Sinode Hoëveld Vakature: Bestuurder van die Sinodale Kantoor ʼn Pos is beskikbaar vir die Bestuurder van die Sinodale

VRYWARING

Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk Sinode Hoëveld nie. Dus weer-spieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Kerk Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Kerk Sinode Hoëveld nie, verteen-woordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Kerk Sinode Hoëveld nie.

NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

Die NG Kerk Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, oortreding van die Outeursreg Wet 98 van 1978 soos gewysig, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 394 0891.

12