NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp...

5
. Die eerste skoolweek van 2020 lê reeds op sy rug en die Wonnies is volstoom aan die gang! Die nuwelinge in die "grootskool" maak haasbekkie-pragtig reeds hul merk in die graad 1-klassies. In graad R is daar hope opwinding en "Woelig" is 'n baie konserwatiewe beskrywing vir die spannetjie nuwelinge! Baie welkom aan elke nuwe Wonnie wat hul plekkies so waardig vas staan volgens ons leuse! Ons glo dat elkeen se reis deur ons pragtige skool kosbare leerervaringe en baie mooi herinneringe sal oplewer! Baie welkom aan die nuwe personeel wat by die Wonnies aangesluit het. Ons weet julle sal sommer vinnig deel wees van die Wonnie-familie: Graad 1/32: Marisia Strauss (aflos) Graad 5/13: Sumari Swanepoel Graad 5/24: Liezl Roodt (aflos) Graad 6/52: Louwrens Pieterse Graad 7/23: Retha van der Merwe (aflos) Assistente: Bianca Möller, Mekaela Pelzer, Mnr. Aerton Helena, Carmen de Clerk, Janneke Erasmus en Monique Gerke. Finansies: Reinette Luyt Snoepwinkel: Jolene Coetzer Geniet die dag en durf om te droom! L.M. Kruger op die Wonniewerf BEMARKINGSVRYWARING: Laerskool Wonderboom wys u graag daarop dat enige persone wat in die Nuusbrief of op advertensieborde adverteer, dit op eie basis, teen ʼn vergoeding aan Laerskool Wonderboom doen. Laerskool Wonderboom kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige bewering, voorstellings of fooie wat aan hierdie persone betaal word, op grond van hulle advertensie nie. Dit bly u as ouer se prerogatief om seker te maak dat die adverteerder wel oor die vermoë beskik om die dienste te lewer, en selfs die agtergrond van die adverteerder na te gaan voordat u met die adverteerder kontrakteur. Nuusbrief 2 23 Januarie 2020 Baie dankie vir al die skenkings wat ons ontvang. Wonnies het voorwaar omgee-harte! Slegs verlore klere is voor die Klerekas opgehang en is op die staaltafel uitgepak. Die Klerekas aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore klere wat nie gemerk is nie. Doen asseblief navraag vir verlore sakke by mev. Hanecke Collins aangesien dit in die Klerekas gestoor word. Skenkings moet asseblief by mev. Hanecke Collins self ingedien word. Ons rig ‘n vriendelike dog dringende versoek aan ouers om asseblief alle kledingstukke duidelik te merk.

Transcript of NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp...

Page 1: NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp grzqordg sks .olhn rs glh s\owmlh odqjv ³3ohdvh vhohfw´ .lhv /dhuvnrro :rqghuerrp

.

Die eerste skoolweek van 2020 lê reeds op sy rug en die Wonnies is volstoom aan die gang! Die nuwelinge in die "grootskool" maak haasbekkie-pragtig reeds hul merk in die graad 1-klassies. In graad R is daar hope opwinding en "Woelig" is 'n baie konserwatiewe beskrywing vir die spannetjie nuwelinge! Baie welkom aan elke nuwe Wonnie wat hul plekkies so waardig vas staan volgens ons leuse! Ons glo dat elkeen se reis deur ons pragtige skool kosbare leerervaringe en baie mooi herinneringe sal oplewer!

Baie welkom aan die nuwe personeel wat by die Wonnies aangesluit het. Ons weet julle sal sommer vinnig deel wees van die Wonnie-familie: Graad 1/32: Marisia Strauss (aflos) Graad 5/13: Sumari Swanepoel Graad 5/24: Liezl Roodt (aflos) Graad 6/52: Louwrens Pieterse Graad 7/23: Retha van der Merwe (aflos) Assistente: Bianca Möller, Mekaela Pelzer, Mnr. Aerton Helena, Carmen de Clerk, Janneke Erasmus en Monique Gerke. Finansies: Reinette Luyt Snoepwinkel: Jolene Coetzer

Geniet die dag en durf om te droom!

L.M. Kruger

op die Wonniewerf

BEMARKINGSVRYWARING: Laerskool Wonderboom wys u graag daarop dat enige persone wat in die Nuusbrief of op advertensieborde adverteer, dit op eie basis, teen ʼn vergoeding aan Laerskool Wonderboom doen.

Laerskool Wonderboom kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige bewering, voorstellings of fooie wat aan hierdie persone betaal word, op grond van hulle advertensie nie. Dit bly u as ouer se prerogatief om seker te maak dat die adverteerder wel oor die vermoë beskik

om die dienste te lewer, en selfs die agtergrond van die adverteerder na te gaan voordat u met die adverteerder kontrakteur.

Nuusbrief 2

23 Januarie 2020

Baie dankie vir al die skenkings wat ons ontvang. Wonnies het voorwaar omgee-harte! Slegs verlore klere is voor die Klerekas opgehang en is op die staaltafel uitgepak. Die Klerekas aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore klere wat nie gemerk is nie. Doen asseblief navraag vir verlore sakke by mev. Hanecke Collins aangesien dit in die Klerekas gestoor word. Skenkings moet asseblief by mev. Hanecke Collins self ingedien word. Ons rig ‘n vriendelike dog dringende versoek aan ouers om asseblief alle kledingstukke duidelik te merk.

Page 2: NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp grzqordg sks .olhn rs glh s\owmlh odqjv ³3ohdvh vhohfw´ .lhv /dhuvnrro :rqghuerrp

..

Stappe om op Remind te registreer: 1. Laai die Remind ‘app’ op jou foon se Play store af. 2. Skep vir jouself ‘n rekening deur al die stappe te volg. 3. Wanneer jy ingaan op die remind ‘app’ kies join a class. 4. Kies die toepaslike klas en tik die class code in.

Klaskodes: Gr. 4/12: @412etienne Gr. 4/14: @414sulandi Gr. 4/22: @422marli Gr. 4/34: @434carlene Gr. 4/35: @435jani Gr. 4/39: @439werner

2019-trofees moet asseblief voor einde Februarie aan die skool terugbesorg word. Sport: Mev. Maryke Badenhorst en Akademie en Kultuur: Mev. Elsabé Swart

Ons wil u aanmoedig om School Communicator af te laai op u rekenaar. Dit is ‘n gratis forum waar ons belangrike gebeurtenisse en inligting aan ouers oordra op ‘n deurlopende basis. Om die program af te laai, kan u die volgende stappe volg:

Tik “communicator” in by Google soek Kliek op: Downloads – School Communicator OF Tik hierdie adres in op u browser program http://www.school-communicator.com/download.php Kliek op die pyltjie langs “Please select” Kies Laerskool Wonderboom Kliek op Mac of Windows Volg dan die installasieproses volgens die skerms

Alle leerders moet ‘n Afrikaanse praatjie voorberei as deel van hulle formele assessering vir 2020. Assessering het reeds op 22 Januarie in die klas begin.

Slegs 4-5 leerders in die graad sal gekies en uitgenooi word na die Interne Redenaarsaand in Kwartaal 1.

Temas (kies slegs een van die volgende temas en bepaal jou eie onderwerp):

Graad 4-5 Graad 6-7 letters toekoms voetspore liefhê voel afronding

Let asseblief op na die volgende: • Die praatjie moet 2-3 minute lank wees. • 3 bronverwysings (nie ouer as 2 jaar nie) moet na verwys word. • Goeie inleiding en slot is ‘n MOET. • Die praatjie moet beredenerend wees. • Die tema moet figuurlik gebruik word – nie letterlik nie. • Oogkontak moet met die gehoor gemaak word. • Maak asseblief kaartjies as hulpmiddel. • Leer jou praatjie – moenie dit kom aflees nie. • Praat met gevoel, hard en duidelik. • Idiome is altyd ‘n treffer!

Afrigting begin 4 Februarie tot 2 November. Kontak Lelanie van der Westhuizen by 084 034 3119 / [email protected].

Ons sien baie uit na die kamp wat vanaf 31 Januarie tot 2 Februarie plaasvind. Kampgelde beloop R1 100 en is voor die koorkamp in aanvang neem, betaalbaar. Gebruik kode 367 vir inbetaling van gelde. Skeurstrokies moet asseblief hierdie week by juf. Elsabé in kamer 20 ingehandig word. Die eerste oefening is Woensdag, 22 Januarie, om 07:00 in die BO-klas.

Ons wil graag ‘n Ouer-Verversingskomitee stig om van tyd-tot-tyd gedurende funksies en byeenkomste (soos daar ‘n behoefte is) behulpsaam te wees. Indien u belangstel, e-pos asseblief u naam en kontaknommer aan Tinka Heckroodt ([email protected]).

Page 3: NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp grzqordg sks .olhn rs glh s\owmlh odqjv ³3ohdvh vhohfw´ .lhv /dhuvnrro :rqghuerrp

.

Alle aansoeke moet persoonlik by mev. Annette Carr afgehaal en ingedien word: GRAAD R KOM NIE IN AANMERKING VIR VRYSTELLING OF KORTING NIE.

Aansoek om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld kan ingevolge die Skolewet gedoen word. Hierdie aansoeke, pleegsorg ingesluit, moet jaarliks aan die Beheerliggaam op die voorgeskrewe vorm gerig word. Vorms is by mev. Annette Carr beskikbaar en moet voor of op 1 MAART van elke skooljaar ingehandig word om in aanmerking te kom vir die vrystelling/gedeeltelike vrystelling. Geen laat of onvolledige aansoeke sal sonder skriftelike redes oorweeg word nie.

Baie dankie vir die pragtige opkoms by ons oueraande wat reeds plaasgevind het. U betrokkenheid by u kind en die positiewe gesindheid is vir ons 'n riem onder die hart en ons weet dat die jaar vir u en u kind goeie dinge sal inhou!

Baie dankie vir elke ouer wie se rekening vir Januarie maand op datum is. Ons wil egter elke ander Wonnie-ouer herinner dat skoolgeld en naskoolgeld vooruitbetaalbaar is.

Rekeningstate wat op 20 Januarie 2020 uitgestuur is moet reeds ‘n NUL SALDO toon, anders is u reeds agter met u skoolfonds. Maak dus asseblief seker dat u rekening gedurende hierdie week op datum gebring word. Indien u nie ‘n rekeningstaat op 20 Januarie 2020 ontvang het nie, kontak ons dringend by [email protected] sodat ons ‘n regstelling kan maak.

Debietorders vir Februarie 2020 gaan op Maandag, 3 Februarie, en Maandag, 17 Februarie, af as gevolg van die naweke. Maak asseblief voorsiening vir julle debietorders.

Ons is baie opgewonde oor ons nuwe Wonnie Teatro jaar. Die groep is al drie jaar oud en ons sien uit na die groei en ontwikkeling vir 2020. Die aktiwiteite sluit in: drama ontwikkeling, tegnieke, blootstelling aan verskillende genres, werkswinkels, moontlike drama-projekte en produksies! Die groep word tussen die graad 6’e en 7’s gekies. Daar is 20 plekke. • Die oudisies word op Woensdag, 29 Januarie, vanaf

17:00 tot 18:30 in juffrou Michelle se klas (K53) gehou.

• Die leerders hoef geen voorbereiding te doen vir die oudisie nie.

• As hulle klaar is met die oudisie, kan hulle gaan en hoef nie tot 18:30 te wag nie.

Wees deel van die Wonnie Teatro en ontdek jou innerlike akteur / aktrise! Kom gee jou kreatiwiteit vlerke! Indien jy belangstel, kom gee jou naam voor Woensdag, 29 Januarie, by Juffrou Michelle Meyer in K53 op. Oefentye gaan Woensdae van 17:00 tot 18:30 in die saal wees.

Dit is weer tyd vir Eisteddfod en drama!!

Graad 4 tot 7 Oudisies vind Maandag, 3 Februarie en Dinsdag, 4 Februarie, vanaf 14:00 tot 15:30 in K53 plaas. Berei een gediggie/leesstuk voor vir die oudisie. Kom gee jou naam by juffrou Michelle Meyer in K53 op.

Die leerders wat die oudisie slaag, sal ook dramalesse saam met die Eisteddfod-oefening ontvang. Indien die leerders die oudisie slaag sal die leerders weer ‘n oefentyd kan skeduleer op Maandae, Dinsdae of Woensdae. Oefening begin Maandag, 10 Februarie. Die oefentye gaan soos volg wees:

Oefentye Maandae Groep 1 13:45-14:45 Groep 2 14:45-15:45 Dinsdae Groep 3 13:45-14:45 Woensdae Groep 4 13:45-14:45 Groep 5 14:45-15:45

Al die oudisies vir graad 1 en nuwe leerders in graad 2 en 3 is afgehandel. Die leerders wat geslaag het asook bestaande koorlede sal deur die loop van volgende week briewe ontvang om hulle deelname te bevestig. Ons eerste oefening is op Woensdag, 5 Februarie 2020, om 13:30 in die skoolsaal.

Page 4: NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp grzqordg sks .olhn rs glh s\owmlh odqjv ³3ohdvh vhohfw´ .lhv /dhuvnrro :rqghuerrp

Beheerliggaamaanstellings

1. NW en SW (graad 4 en 5) vanaf 1 Maart 2020 Die geskikte kandidaat moet oor ‘n 4 jaar erkende

onderwyskwalifikasie beskik met hoofvakke NW en SW. Die onderstaande is van toepassing:

Aansoeke vergesel van ‘n aansoekbrief/inleiding kan gestuur word aan [email protected] voor 31 Januarie 2020 om 12:00.

Indien u geen terugvoer teen 10 Februarie 2020 van die skool ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

SACE-registrasie is verpligtend en kandidate met buitemuurs-kundigheid sal voorkeur geniet.

‘n Volledige CV, gewaarmerkte ID, kwalifikasies, polisieklaring-sertifikaat asook moontlike verwysings moet die aansoek vergesel. Indien u reeds ‘n polisieklaring het, stuur dit asseblief ook saam.

2. Naskooltoesighouerspos Laerskool Wonderboom beskik oor ‘n toesighouerspos vanaf Februarie 2020 by die Naskoolsentrum. ‘n Volledige CV, met dekblad, moet by die kantoor ingehandig word of u kan dit na [email protected] e-pos. Die sluitingsdatum is Vrydag, 31 Januarie. Onderwys- en/of vorige naskool-ervaring sal tot aansoekers se voordeel strek.

Baie sterkte aan al die atlete wat vandag aan die eerste Prestige byeenkoms hier by ons deelneem. Die atlete moet asseblief getrou die oefeninge bywoon. Volgende week, 30 Januarie, se byeenkoms is by Laerskool Monumentpark en die inligting sal Maandag aan al die atlete deurgegee word.

Oefentye is soos volg: Sessie 1: 13:45 tot 14:30 Sessie 2: 14:30 tot 15:15 Spiesgooi en diskus: 15:30 tot 16:15 Aflosoefening is om 07:00. Alle atlete moet asseblief by die oefeninge uitkom.

Die nuwe atletiekkouse is by die Klerekas teen R60 per paar beskikbaar.

Netbaloefening begin, 3 Februarie. Oefentye is soos volg:

Maandae, Dinsdae en Donderdae 0/7, 0/8 en 0/9 vanaf 14:00 tot 15:00 0/10 vanaf 14:00 tot 15:15 0/11, 0/12 en 0/13 vanaf 15:15 tot 16:30 Doeloefening vind op Woensdae vir 0/10 tot 0/13 se doele vanaf 13:45 tot 14:45 plaas

Op 18 Februarie vind daar 'n redenaarswerkswinkel om 18:00 in die skoolsaal plaas. Kaartjies is R20 per persoon. Daar gaan plek wees vir 120 persone. Stuur die geld, in 'n koevert, na juf. Louise in kamer 8. Maak gerus gebruik van die geleentheid om toegerus te wees om u kind se eie toesprake te skryf.

Daar is op Maandag, 27 Januarie, oudisies vir die graad 1’s en nuwe leerders. Om vir elke kindjie ‘n regverdige kans te gee, versoek ons dat ouers asseblief buite die saal sal wag. Klawerklitsie-oefening begin op Woensdag, 29 Januarie. Al die maats wat ‘n pienk brief ontvang het, oefen vanaf 15:00 tot 16:00 in die saal. Leerders mag eers om 14:55 voor die saal kom aantree vir oefening. Hulle moet tot dan op die paviljoene wag en asseblief nie voor die saal nie. Ouers moet leerders om 16:00 voor die saal kom afhaal. Indien u kind in die naskool is, moet u ons asseblief laat weet sodat ons hulle kan stuur. Indien u kind saam met ‘n bussie ry, reël asseblief met hom/haar waar hy/sy die bussie moet kry en laat weet ons van die reëlings. Ons sien uit na ‘n wonderlike jaar!

Die swemliga vir Afrikaanse skole het na Kwartaal 4 geskuif. Wonnies het daarvolgens ons hele swemseisoen na Kwartaal 3 en 4 geskuif. Daar is dus geen swem in dié kwartaal nie, behalwe die Montana-liga in Februarie. Ou en nuwe swemmers begin weer in Augustus voorberei vir die swem.

Ons het die ligabepalings ontvang en die liga begin op 3 Februarie. Spelers sal op 24 Januarie die ligabepalings by hul afrigters kry. Oefentye sal deurgegee word. Skakel gerus vir Manie Booyens by 076 976 2538 in verband met privaatafrigting.

Page 5: NUUSBRIEF 2 - 23 JANUARIE 2020 - Wonderboom...qr fkg 9qppkgygth ... kwws zzz vfkrro frppxqlfdwru frp grzqordg sks .olhn rs glh s\owmlh odqjv ³3ohdvh vhohfw´ .lhv /dhuvnrro :rqghuerrp

Oefening begin op 20 Januarie en die oefentye is soos volg:

Maandae en Dinsdae 0/9 tot 0/10: 16:15 tot 17:15 0/13: 16:15 tot 17:15 0/11: 17:00 tot 18:00

Die spelers wat aan atletiek deelneem sal van die oefening verskoon word. Die volledige jaarprogram is op Communicator beskikbaar.

Die vergadering is op Dinsdag, 28 Januarie, om 18:00 in die Personeelkamer.

‘n Warm-hart-dankie aan die OOG (Ouer-Omgee-Groep) van Laerskool Wonderboom vir die wyse waarop hulle die afgelope tien jaar die leerders asook die ouergemeenskap van ons skool in tye van nood ondersteun. Ons wil diegene wat alreeds vertrek het (na hoërskole) asook die ouers wat tans lede is van die OOG, hartlik en opreg bedank vir die wyse waarop elkeen van u ‘n verskil maak in die lewe van ons leerders.

Die vertrekpunt vir die suksesvolle funksionering van die OOG is vrywillige inskakeling van bereidwillige ouers van Laerskool Wonderboom. Daarom rig ons ‘n uitnodiging aan al ons ouers wat daarin belangstel om ondersteuning te bied aan die OOG – hetsy deur inskakeling by die Broodjieprojek of enige van die ander projekte van die OOG – om die komende vergadering op 28 Januarie by te woon. Finansiële borgskappe wat dit vir die OOG moontlik maak om hulle hulpverleningsprojekte suksesvol deur te voer, is ook baie welkom.

Mev. Michelle van Heerden is die OOG-Koördineerder en u kan haar gerus by 082 435 1518 vir meer inligting kontak. U betrokkenheid kan 'n kind se lewe aanraak en dit ten goede verander.

Ons sien baie uit na die kamp wat vanaf 24 tot 26 Januarie te Konka plaasvind. Die inbetalingskode is 484 en die geld moet asseblief voor die kamp inbetaal word. Gebruik u kind se naam en van as verwysing. Oefening begin op Maandag, 27 Januarie.

Ons het ‘n pragtige snoepie wat daagliks aan u as ouer en u kind se behoeftes ten opsigte van koeldrank, lekkernye en ‘n verskeidenheid etes voldoen. Leerders kan gerus voor skool ‘n kospakkie vir buite-muurse aktiwiteite bestel. Ons sal dit dan betyds gereed hê sodat hulle heerlik daaraan kan smul voordat hulle aan ‘n aktiwiteit deelneem of met die bus vertrek.