Nou kom die dagga liefhebbers met hul argumente. teen nee ...

2
Umphakathi Okhathazekile Concerned Young People of South Africa 032 481 5742 [email protected] www.cypsa.org.za DAGGA VERNIETIG N GESONDE VERSTAND Umphakathi Okhathazekile Concerned Young People of South Africa Nou kom die dagga liefhebbers met hul argumente. Hulle sê dat ons nie opgevoed is in die ware kennis van dagga nie. Die vraag is: Watter agenda versteek hulle agter hierdie argumente? Hulle weet baie goed dat: dagga-verkopers miljoene kan maak uit jong leerders wat daarvan hou om met alles om hulle te eksperimenteer. as ons land se wette nie in plek is om die kwesbare jeug te beskerm nie, kan hulle die geleentheid skep vir oop markte om biljoene rande se dagga in ons skole en gemeenskappe te verkoop. hul eie gemak-sone sal net meer gemaklik word, soos ons jeug meer ‘zombie-agtig’ word – slawe van dwelms, diefstal, roof, moord en op soek na die volgende “fix”. En hulle gee nie om nie! Moet ons nie saamstaan en nee sê teen die wettiging van dagga in ons land nie? Ons wil nie hê ons generasie moet in die geskiedenis geken word as ‘dagga-zombies’ nie, maar as mense met gesonde verstand, integriteit en die vermoë om die verantwoordelikheid te dra as toekomstige leiers van ons land. Se nee teen wettiging Om deel te wees van die geveg teen wettiging of vir ‘n nuwe benadering om hulp te kry, bel: 032 481 5742 Dagga Sal ons jeug vernietig

Transcript of Nou kom die dagga liefhebbers met hul argumente. teen nee ...

Page 1: Nou kom die dagga liefhebbers met hul argumente. teen nee ...

Umphakathi Okhathazekile

Concerned Young People of South Africa

032 481 5742

[email protected]

www.cypsa.org.za

DAGGA

VERNIETIG ‘N GESONDE

VERSTAND

Umphakathi Okhathazekile

Concerned Young People of

South Africa

Nou kom die dagga liefhebbers met

hul argumente.

Hulle sê dat ons nie opgevoed is in die

ware kennis van dagga nie.

Die vraag is: Watter agenda versteek

hulle agter hierdie argumente?

Hulle weet baie goed dat:

dagga-verkopers miljoene kan maak uit

jong leerders wat daarvan hou om met

alles om hulle te eksperimenteer.

as ons land se wette nie in plek is om

die kwesbare jeug te beskerm nie, kan

hulle die geleentheid skep vir oop markte om biljoene rande se dagga in

ons skole en gemeenskappe te verkoop.

hul eie gemak-sone sal net meer gemaklik word, soos ons jeug meer

‘zombie-agtig’ word – slawe van

dwelms, diefstal, roof, moord en op soek

na die volgende “fix”. En hulle gee nie

om nie!

Moet ons nie saamstaan en nee sê

teen die wettiging van dagga in ons land nie? Ons wil nie hê ons generasie

moet in die geskiedenis geken word as

‘dagga-zombies’ nie, maar as mense

met gesonde verstand, integriteit en die vermoë om die verantwoordelikheid te

dra as toekomstige leiers van ons land.

Se nee teen wettiging

Om deel te wees van die geveg teen

wettiging of vir ‘n nuwe benadering

om hulp te kry, bel:

032 481 5742

Dagga Sal ons jeug

vernietig

Page 2: Nou kom die dagga liefhebbers met hul argumente. teen nee ...

Miskien het die gebruik van dagga alreeds hulle

denkwyse vertroebel en hulle vermoë om logies

te redeneer, vernietig. Ons wat in die armer

gemeenskappe woon, weet dat dagga ‘n skadelike dwelm is. Ons het nie wetenskaplike

bewyse nodige nie. Ons sien daagliks die

verwoesting wat dagga in ons lewens, huise,

buurte en skole bring. Ons almal weet dat:

Sodra ‘n kind of tiener dagga begin rook,

verloor hy alle motivering om te presteer in

sy studies.

Sy verantwoordelikheid-sin, harde werk en

inspanning om doelwitte te bereik, vloei met

die badwater uit, en hy word ‘n persoon wat

hunker na onmiddelike bevrediging.

Sy skoolwerk gaan agteruit, hy begin druip of

hy verlaat selfs vroeg die skool.

Hy begin stry of raak selfs geweldadig met sy

ouers en onderwysers.

Hy toon nie meer respek aan die ouer lede

van die gemeenskap nie.

Hy raak verslaaf aan dagga en begin steel

selfs uit sy eie huis en van familie.

Hy verval in depressie en raak nou ‘n

persoon wat hulp benodig.

Die gebruik van dagga maak hom nie meer

bang vir dwelms nie en hy raak betrokke

met erger dwelms.

Dagga veroorsaak geestelike versteurdheid en baie sal nooit weer ‘n normale lewe kan

lei nie.

Ons sien daagliks dié tekens by dagga

gebruikers. Ons werk met hulle wat uit die wêreld van verslawing kom en

hulle het baie te vertel.

“Ek het deur die dagga-hek geloop,

op ‘n pad wat reguit na ‘crack’ ko-kaïne en heroïne verslawing gelei het.

As ek nooit begin het met dagga nie,

sou ek nooit ‘n geharde dwelmverslaafde geword het nie”, sê

‘n voormalige dagga-roker.

‘n Ander een het erken: “As ek nie

dagga begin rook het nie, sou ek

vandag ‘n ingeneur gewees het.”

Het jy geweet dat planne beraam word wat

jou hoop op ‘n normale, blink toekoms kan

vernietig?

Middeljarige, welgestelde mense konkel

op hierdie oomblik om wanhoop en

moedeloosheid in jou jong, lewenslustige lewe te veroorsaak. Hulle sit in hul gemak-

sone met jou toekoms in hulle hande.

Volgende jaar, 31 Julie 2017, sal hulle in die

hof verskyn om te veg teen ons grondwet.

Hulle wil hê dat dagga gewettig word.

Hulle wil dagga rook, koop en verkoop

sonder om gearresteer te word.

Die wette teen dagga maak hulle

ongemaklik, maar dit is hierdie wette wat

jou beskerm teen mense soos hulle.

DAGGA veroorsaak

Permanente

geestesversteurdheid

wat ongeneeslik is

Dagga VERNIETIG ‘N GESONDE

VERSTAND