Noordkaapnk 20140730

16
Tel (053) 831 2331 Woensdag 30 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Lecrecia Prins en Unique Jacobs WISKUNDE hoef nie meer Grieks vir leerlinge te wees nie met die nuwe My Maths Buddy-woorde- boek wat aan skole versprei word om “dié taal” beter te verstaan. Petra Diamonds ondersteun die wiskunde-en-wetenskapprojek as deel van sy maatskaplike en arbeidsplan en het ’n vennootskap met die Wiskunde-sentrum van Suid-Afrika aangegaan om wiskundevaardighede in die hoërskole in gemeenskappe nader aan die myne te ontwikkel. Hierdie projek het ten doel om onderwysers, leerlinge en ouers toe te rus met leermateriaal en programme sodat ’n hoër bevoegd- heid in wiskunde, wetenskap en tegnologie ontwikkel word. Die toetsprojek het Dinsdag plaasgevind en as dit positiewe resultate het, sal dit in die volgende jaar na ander skole uitgebrei word. Onderwys Afrika het laat in 2012 op die My Maths Buddy- woordeboek afgekom en besef dat dit die potensiaal het om leerlinge te help om die peil van hul wiskunde te verbeter. Die Maths my Buddy: Een boek, een leerling- projek is dus so ontwikkel. Die projek stel nie net die boek aan leerlinge en onderwysers bekend nie, maar bied ook werksessies aan wat die basiese begrip en toepassing van wiskun- de omvattend bespreek. Sandra Keith, graadhoof vir wiskunde en wiskundige gelet- terdheid aan die Hoërskool Greenpoint, sê die werksessie was leersaam. “Ons het basies ’n metode gekry wat wiskunde realistieser maak, nie so abstrak nie.” Keith sê in die handboek is ’n duidelike uiteensetting van die terminologie in wiskunde en daar word ook met behulp van illustra- sies verduidelik. “Dit maak dit beter vir die kinders om te verstaan. Hulle sien nou wiskunde binne konteks en as iets wat hulle in hul alledaagse lewe kan gebruik. “Dit is ’n goeie projek en ’n goeie begin. Oor die algemeen is wiskunde ’n probleemgebied en wiskundige geletterdheid word dan afgedwing. Dié projek kan ’n positiewer gesindheid teenoor wiskunde kweek.” Megan Pienaar, onderwyser in fisiese wetenskap en wiskundige geletterdheid aan die Hoërskool Greenpoint, sê ’n kind verstaan iets beter wanneer hy dit sien pleks van dat hy dit net hoor. Pienaar meen as leerlinge die terminologie van fisiese weten- skap en wiskunde verstaan, hulle dit sal kan toepas. “Hierdie woordeboek is ’n makliker manier om die komplekse gedeeltes van fisiese wetenskap te verstaan. Wetenskap is lewe en die leerlin- ge gaan dit interessanter vind as hulle die ‘taal’ verstaan.” John-William Olivier, ook ’n wiskunde-onderwyser aan Green- point, sê die woordeboek is dinamies in die sin dat dit wiskunde betekenisvoller maak vir die leerlinge aangesien dit ’n duideliker uiteensetting gee van wiskunde veral in terme van die geskiedenis daarvan. Praat dié taal 100% Wiskunde-woordeboek help om begrip vir vak te verbeter PREVIN COETZEE en Chanel Goeieman van die Hoërskool Greenpoint is bly dat hulle nou wiskunde-woordeboeke gekry het om hul werk beter te kan verstaan. Foto: Lecrecia Prins

description

Noordkaapnk 20140730

Transcript of Noordkaapnk 20140730

Page 1: Noordkaapnk 20140730

Tel (053) 831 2331 Woensdag 30 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Lecrecia Prins enUnique Jacobs

WISKUNDE hoef nie meer Grieksvir leerlinge te wees nie met dienuwe My Maths Buddy-woorde-boek wat aan skole versprei wordom “dié taal” beter te verstaan.

Petra Diamonds ondersteun diewiskunde-en-wetenskapprojek asdeel van sy maatskaplike enarbeidsplan en het ’n vennootskapmet die Wiskunde-sentrum vanSuid-Afrika aangegaan omwiskundevaardighede in diehoërskole in gemeenskappe naderaan die myne te ontwikkel.

Hierdie projek het ten doel omonderwysers, leerlinge en ouerstoe te rus met leermateriaal enprogramme sodat ’n hoër bevoegd-heid in wiskunde, wetenskap entegnologie ontwikkel word.

Die toetsprojek het Dinsdagplaasgevind en as dit positieweresultate het, sal dit in dievolgende jaar na ander skoleuitgebrei word.

Onderwys Afrika het laat in2012 op die My Maths Buddy-woordeboek afgekom en besef datdit die potensiaal het om leerlingete help om die peil van hulwiskunde te verbeter. Die Mathsmy Buddy: Een boek, een leerling-projek is dus so ontwikkel.

Die projek stel nie net die boekaan leerlinge en onderwysersbekend nie, maar bied ookwerksessies aan wat die basiesebegrip en toepassing van wiskun-de omvattend bespreek.

Sandra Keith, graadhoof virwiskunde en wiskundige gelet-terdheid aan die HoërskoolGreenpoint, sê die werksessie wasleersaam.

“Ons het basies ’n metode gekrywat wiskunde realistieser maak,nie so abstrak nie.”

Keith sê in die handboek is ’nduidelike uiteensetting van dieterminologie in wiskunde en daarword ook met behulp van illustra-sies verduidelik.

“Dit maak dit beter vir die

kinders om te verstaan. Hullesien nou wiskunde binne konteksen as iets wat hulle in hulalledaagse lewe kan gebruik.

“Dit is ’n goeie projek en ’ngoeie begin. Oor die algemeen iswiskunde ’n probleemgebied enwiskundige geletterdheid worddan afgedwing. Dié projek kan ’n

positiewer gesindheid teenoorwiskunde kweek.”

Megan Pienaar, onderwyser infisiese wetenskap en wiskundigegeletterdheid aan die HoërskoolGreenpoint, sê ’n kind verstaaniets beter wanneer hy dit sienpleks van dat hy dit net hoor.

Pienaar meen as leerlinge die

terminologie van fisiese weten-skap en wiskunde verstaan, hulledit sal kan toepas. “Hierdiewoordeboek is ’n makliker manierom die komplekse gedeeltes vanfisiese wetenskap te verstaan.Wetenskap is lewe en die leerlin-ge gaan dit interessanter vind ashulle die ‘taal’ verstaan.”

John-William Olivier, ook ’nwiskunde-onderwyser aan Green-point, sê die woordeboek isdinamies in die sin dat ditwiskunde betekenisvoller maakvir die leerlinge aangesien dit ’nduideliker uiteensetting gee vanwiskunde veral in terme van diegeskiedenis daarvan.

Praat dié taal 100%Wiskunde-woordeboek help om begrip vir vak te verbeter

PREVIN COETZEE en Chanel Goeieman van die Hoërskool Greenpoint is bly dat hulle nou wiskunde­woordeboeke gekry het om hul werk beterte kan verstaan. Foto: Lecrecia Prins

Page 2: Noordkaapnk 20140730

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

Prices apply toGame Kimberley store only.

We check 1000’s of prices every weekto make sure you

always get the LOWEST PRICES on your favourite products.

If you’ve found any item cheaper elsewhere, remember,

we will BEAT THAT PRICE! *See www.game.co.za for terms and conditions

Low Price Guarantee View this catalogue online at game.co.za

Prices valid 30 JULY - 3 AUGUST 2014

the

GroundBeefMix

3990per kg

per pack3790

Festive 8 PieceBraaipack

R

30per kg

LargeOrangePocket

R

17per pack

Potatoes 7kg

2590

Veg Hamper4.5kg

R

29per pack

for4

R

20KameelhoutBoerewors4990

per kg

Selati White Sugar2.5kg

2290

NutriDayYoghurt 1kgt "TTPSUFE

each

R

20

each

R

21Clover UltraPasteurizedMilk 2l

+ +

All Gold TomatoSauce 700ml,Mrs Ball’sChutney 470gt "TTPSUFE andCrosse& BlackwellTangyMayonnaise750g

BUNDLE

DEAL

R

48

SunfoilSunflower Oil 2l

2890

PorkPack3990

per kg

) Nocci is hosting theirWomen’s Day Gala Dinner atthe Horseshoe Inn on 8 Augustat 18:00 for 18:30.

Stefan Ludik is the guestperformer. The dress code is

formal. Tickets are R280. Forbookings contact the Noccioffice on 053-831-1081.) The St Cyprian’s GrammarSchool invites the public toattend their Women’s Day TeaParty on Saturday, 9 August. Itwill be held at the St Cyprian’sChurch hall from 10:00 to 12:00.

There will be a specialappearance by the localcomedian Mark Kotze (Mark

My Words) as well as a fewtreats for the women. Ticketscan be purchased at the StCyprian’s Grammar School at 4Park Road at R50 per person.For information contact theoffice on 053-831-5066.) Optimystic Bikers AgainstAbuse MCC present theirfourth Annual Women’s DayJol at Die Wilgers in Ritchiefrom Saturday, 9 August, to

Sunday, 10 August.Costs are R80 including a

cloth badge. Everyone shouldtake their own tent to campout.

Funds raised are used toassist victims of domesticviolence and child abuse.

For further information,contact Celeste at [email protected] or call her on079-534-1641 or BBM 23BEA3C0.

Karin Muller

OM hou vir hou passievol oor iets te bly isnie iets waarin ons almal altyd slaag nie.Een van min mense wat kan spog dat hydit wel reggekry het, is Don Lee, afgetredekrieketskeidsregter van Kimberley.

Min mense is so entoesiasties oor sporten selfs op die rype ouderdom van 81 jaarvolg hy steeds elke sporttoernooi optelevisie.

“Ek het dit geniet om enige sport te doen,net solank daar ’n bal by betrokke was,”vertel Don.

“Krieket, hokkie en tennis was my grootliefdes.”

Donald Lee is op 29 April 1933 in Vryburggebore. Ná sy laerskooldae is hy na Boys’High in Kimberley terwyl sy ouers steedsgeboer het.

“Ek het juis stad toe gegaan, omdat diegeleenthede vir sport daar beter is,” sê Lee.

“Al die sportsoorte was vir my lekker enek het vroeg besef ek sou graag ’n sportbe-roep wou volg. In ’n stadium wou ek ’nelektrisiën word, maar dit het nooitgerealiseer nie. Ook maar goed,” sê hy enlag.

Ná skool het Lee hom by De Beersaangesluit en in die X-straalafdeling beginwerk. Nie net het hy vir Griekwaland-Wes-se krieket en hokkie gespeel nie, hy het ooktwee jaar vir die Vrystaatse krieketspangespeel.

Hy is selfs in 1956 na die Springbok-hok-

kieproewe genooi. Ná sy hokkieloopbaanhet hy plaaslik meisies- en seunshokkieafgerig.

Hy was 29 jaar president van die Grie-kwa-krieketskeidsregtervereniging. In 1975is hy tot die Suid-Afrikaanse Paneel vanKrieketskeidsregters verkies.

“Dit was ’n baie groot voorreg. Daardiedae het ons nie internasionaal meegeding

nie, maar die wenprovinsie van die Currie-bekerreeks het teen die res van Suid-Afrikagespeel. Dit was ’n groot belewenis om daardie skeidsregter te kon wees.”

Lee skud sy kop wanneer hy vertel hoetye verander het.

“ ’n Driedagwedstryd het op ’n Vrydag,Saterdag en Maandag plaasgevind. Ons soudit nie eens oorweeg het om op ’n Sondagte speel nie.”

Dit is vir hom onmoontlik om uit tesonder of om self te speel of om skeidsreg-ter te wees vir hom die lekkerste was.

“Ek het albei ewe veel geniet,” sê hy.Nadat hy in 1992 sy uittrede as krieket-

skeidsregter aangekondig het, het hy gevoeldat hy eintlik nog moes aanbly.

“My vrou, Eithne, het in daardie stadiumborskanker opgedoen en ek wou haar graagondersteun. Sy het my baie in my loopbaanbygestaan. Sy het nooit gekla nie – selfs nieeens toe ons kleintjie gebore is en ek eers’n dag later opgedaag het omdat ek inBloemfontein hokkie gespeel het nie.”

Ná sy uittrede as krieketskeidsregter hethy 15 jaar by die Groot Gat se kaartjieskan-toor gewerk.

Dit was egter nie vir hom die einde vansy loopbaan as werkende man nie. Daarnahet hy by ’n ouetehuis uitgehelp en syloopbaan aan die Tegniese Hoërskoolafgesluit waar hy los werkies gedoen het.

“Ek het myself belowe ek sal aftreewanneer ek 80 jaar is en dit is wat ekgedoen het.”

Sport sy groot liefde

DONLEE is ’n afgetrede krieketskeidsregter.Dié 81­jarige is baie entoesiasties oor sport.

Foto: Karin Muller

COBUS DE KOCK is vandeesweek diewenner van Noordkaap en die DiamondPavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie.

Hy wen ’n geskenkbewys van R200. Hykan die geskenkbewys by die kantoor in diesentrum gaan afhaal.

Mense wat aan die kompetisie deelneem,moet seker maak dat hulle ook die kompeti-sie-antwoord (die bladsynommer waarop dielogo verskyn) verskaf. ’n Paar deelnemershet ongelukkig vergeet om dit te doen enkon dus nie vir die trekking van diewenner oorweeg word nie.

Onthou ook dit moet die logo weeswaarin ’n klein diamantjie verskyn.

Hou volgende week se uitgawe dop vir dievolgende ronde van die kompetisie waarinjy ook ’n geskenkbewys van R200 kan wendeur net na die Diamond Pavilion ShoppingMall se logo in die koerant te soek.

Soek logo enwen

Page 3: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 3

PORKY BANGERSAVER

R24.90

1 EGG, PORK BANGER,GRILLED TOMATO, SMALLCHIPS AND TOAST

TERMS & CONDITIONS APPLY

MAXI’S KIMBERLEY053 832 7111

André Botha

’n VROU se handsak is soos die lap of leerwat verpersoonlik wie sy is.

Wie is jy? Dit is die vraag wat met humor,warmte, oorspronklikheid en ’n tikkie patosbeantwoord gaan word in Langpad enLipstieks met Lizz Meiring.

Dit is deel van die Gariep Kunstefees op 28Augustus by die Flamingo-casino.

Dit gaan jou vermaak, verras en opnuutlaat kyk na ons “verbysterende menslikheiden die dinge wat ons met ons saamsleep”,beloof die fees se organiseerders.

“ ’n Vereiste vir jou toegang is dus joutekkies vir die langpad, jou lipstiek virselfvertroue en natuurlik jou handsak. Binnejou handsak pak jy iets obskuurs of unieks,iets vreemds of lagwekkends waarsonder jynie kan klaarkom nie.

“Ons wil dit sien en weet hoekom jy ditronddra.”

Lekker pryse is ook op die spel.Daarby wil die organiseerders ook vir

minder bevoorregte meisies ’n iets vrouliksen lekkers insamel.

“Jy kan besluit wat en ons maak ’n jongdame se hart bly met ’n geskenk uit jou

handsak.”Padkos word bedien en daarmee saam ’n

lekker kuier saam met Lizz Meiring.“Tekkies, lipstieks en handsakke sal nooit

weer dieselfde wees nie . . . daarvan maakLizz Meiring seker soos nét sy kan.”

Drag is netjies informeel of sommerwerkdrag. Die “vertrek” op dié reis is om09:00 en sitplekke moet om 08:45 ingeneemword. Kaartjies kos R150 per persoon. BelBernice Sutton by 053-832-5014/7 om seker temaak dat jy die reis kan meemaak.

Langpadmet Lizz

LIZZ MEIRING

Unique Jacobs

STEPHANUS PRETORIUS is Noordkaapse profielfokus vir die week. Die Grie-kwas-stut is in Nelspruit gebore. Hy is 23jaar oud en het aan die LaerskoolJordania in Bethlehem begin rugby speel.Pretorius bewonder Carl Hayman, omdathy ’n sterk skrumskakel is.

Voordat hy vir die Griekwas beginspeel het, het hy vir die Blou Bulle seo.19- en o.21-spanne gespeel. Hy speel virdie Poubloues, omdat dit ’n goeie unie isen om as ’n speler te verbeter.

Die hitte in Kimberley was vir hom ’ngroot aanpassing, maar hy sê die mense isbaie vriendelik. Hy wil graag in dieCurriebeker- en die Super-rugbyreeksspeel.

Een snaaksheid wat met hom gebeurhet, was toe hy in ’n o.13-eindronde in ’ngat getrap en geval het. Dit het voor aldie toeskouers gebeur, nog voordat diewedstryd begin het. Ná sy rugbyloopbaanwil die Griekwa graag boer.

Ná rugbywil hy boer

STEPHANUS PRETORIUS, ’n Griekwas­stut. Foto: Emile Hendricks

André Botha

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID is eenvan die kenmerke van die Gariep Kunstefeesen vanjaar word die hand weer wyd oopge-maak om minderbevoorregtes te help.

’n Splinternuwe idee vanjaar is om hongermae tot lank ná die fees te stil.

Hiervoor word ’n blikkieskosprojek saammet Stuttaford Van Lines begin.

’n Beroep word op feesgangers gedoen omelk ’n blikkie kos saam te bring fees toe endit in die houers by die hekke op die feester-rein en by die teaters se ingange te plaas.

Die organiseerders hoop om sommer tonneblikkieskos ná die fees aan organisasies virminderbevoorregtes te kan uitdeel.

Die 1 000-Kidz-vir-die-Kunste-projek is ookvanjaar weer deel van die fees.

Deur die projek, wat saam met die ProteaHotel Kimberley en OFM aangebied word,word 1 000 minder bevoorregte kinders diekans gebied om die fees te kan bywoon enhulle word ook met ’n kospakkie en ’ngeskenkpakkie bederf.

Dit is kinders wat andersins nooit diegeleentheid sou gehad het om die fees by tewoon nie.

Carnival Funfairs maak ook seker dat diekinders kan deel in die pretpark se pret.

A-Ticket-2-The-Show word saam met TotalKimberley en Bonjour onder leiding vanGerrit de Boer aangebied.

Dit behels dat ’n groep minder bevoorregtekinders kaartjies na kindervertonings en ook’n verrassingspakkie kry.

’n Groep bejaardes sal ook as deel van dieprojek ’n vertoning bywoon, met ’n lekkervleisbraaiery en kuier ná die tyd.

Die Laerskool Eureka het sy skoolbus virdie vervoer van die bejaardes beskikbaargestel.

Fees ploeg terug in gemeenskap

Page 4: Noordkaapnk 20140730

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

’n GOEIE span laat hom nieonderkry nie. Die Griekwas is’n sprekende voorbeeldhiervan. Dié rugbyspan het náverlede jaar se tydeliketerugslag teruggeveg en weerdie agtste gleuf in 2014 seCurriebeker-premierligalosgespeel.Die span het sy herinsluiting

met ’n sege van 57-12 oor dieSWD-Arende in die naweek sebeslissende kwalifiserendewedstryd beklink. Dit volg opsy verowering van die Voda-combeker in 2014.Op die rugbyveld is die

Vrystaat-Cheetahs en dieNoord-Kaapse Griekwasgedugte teenstanders, maar indie Superrugbyreeks sesentrale Cheetah-span snoerhulle en die Noord-VrystaatseGriffons hul kragte saam.Die kruisbestuiwing tussen

spanne is noodsaaklik virvoortgesette rugbygehalte in

die streek.Die afwesigheid van die

Griekwas in die Curriebeker-reeks sou ook ’n slag virSuid-Afrikaanse rugby geweeshet. Die Poubloues is immersteen wil en dank ’n voedings-bron vir die “groot” rugbybon-de. Willie le Roux en LourensAdriaanse is die laaste van dielang lys onlangse Springbokkewat hul treë na groter rugby-roem in Poublouland met syunieke Griekwa-rugbykultuurkom gee het.Met Hawies Fourie, Cheetah-

agterlyn-afrigter in Superrug-by, aan die stuur kan dieGriekwas hom weer deeglik inCurriebeker-rugby laat geld.Die uitdaging is om weer dieuitspeelrondes te bereik.Peter Engledow, hulpafrigter,

en Wayne Stevens, kaptein,het in die Vodacombeker-reeksgewys hulle kan saam metFourie aan ’n wenspan werk.

Korrelkop se lewenslesseHannes Nöeth

HY was ’n regte ou korrelkop, ’n Water-berg-boer. Hy vertel hy word nie vertel nie.Hy sê hy word nie gesê nie. Maar hy weetvan die lewe.Laat dit nou geen geheim wees nie, sy

ervaring kan jy nie in boeke lees of op dieinternet soek nie. Net die lewe leer ’n mensso wys as wat hy was. Daarom kon jy maarluister as hy praat.Sy ervaring en sy kennis het gesag gedra.

Ek het graag na hom geluiter. Sy kenmer-kende Waterberg-Afrikaanse dialek wasbesonders. Uniek aan daardie wêreld enuniek aan hom as mens.Na aanleiding van ’n besondere gebeurte-

nis het hy een middag ’n baie eenvoudigewysheid gedeel: “ ’n Mens moet altydonderskei tussen twee dinge – groeipyne enbeginselfoute.”Groeipyne is goed en aanvaarbaar.

Groeipyne is presies wat dit sê, pyn terwyljy groei, maar deur die pyn groei jy ook. ’nMens moenie bang wees om jou hele lewedeur te groei nie. Seer bring ook groei.Deur seer groei ’n mens. Maar beginselfou-te – dit is ’n ander ding. So vertel ou oom

Korrelkop: beginselfoute laat ook groei,maar dit is onnodige groei.Dit is seer wat jy kon voorkom. Daarom

sy stukkie raad: Groeipyne gaan daar altydwees. Beginselfoute ook. Maar hoe minderbeginselfoute jy maak, hoe makliker maakjy dit vir jouself. Daarom is dit die grootsteen belangrikste ding wat ’n mens in alleomstandighede moet onthou. Hy dink lankvoordat hy dit sê, asof hy dink.Asof hy huiwerig is om te praat. Asof sy

luisteraars dit gering gaan skat, asof hullegaan mors met sy ervaringspad wat hy algeloop het. Ek ken hom goed om te weethier kom nie iets moeiliks nie, nie ietsingewikkelds nie, ’n eenvoudige sinnetjiewat jou lewe kan verander as jy daarnaluister. En toe voorwaar, toe is dit so. Syeen sinnetjie is: Dink voor jy doen.Van die mense om hom sug amper. Is dit

al? Hy antwoord hul ongeloof: Dit is diebelangrikste reël van jou lewe: Dink voor jydoen. Toe is hy klaar gepraat. Genoeg gesê.

DIE stigtingsgeskiedenis van die huidigeLaerskool Dutoitspan loop hand aan handmet die vestiging van die NG Kerk in dieDiamantveld. Die eerste skool in die huidi­ge Beaconsfield was ’n tentskool in dieself­de tent waarin Sondae kerk gehou is. Klas­se het in 1872 begin. Dit was op die plaasDorstfontein wat later Du Toit se Pan ge­word het. ’n Kommissie is benoem om dieoprigting van ’n dagskool te ondersoek. Dieamptelike opening van die skool was in1883 en daar was 22 leerlinge. Die eerstepermanente skoolgebou was op die hoekvan Rose­ en Dyerplek, op die terrein waardie NG kerk Dutoitspan nou is. Dié gebouis in 1885 in gebruik geneem. Dit was egterduidelik dat die kerk nie die koste van dieskool sou kon dra nie en in dieselfde jaarhet die departement van onderwys dieskool oorgeneem. Dit het toe die Beacons­field Public School, met onderrig in Engelsen Nederlands, geword. In April 1902 is diehoeksteen vir ’n nuwe gebou op die hoekvan Sentraalweg en Herculesstraat (foto)gelê. Die leerlingtal het vinnig toegeneemen het ná 1940 tot 800 gestyg. In Januarie1956 het die Herlear Primary School afge­stig om die Engelse leerlinge te huisves. In1957 het die skool se naamnadie LaerskoolDutoitspan verander met net Afrikaans asonderrigtaal. Die leerlingtal het steeds toe­geneem. In 1963 is die Laerskool Staatspre­sident Swart (nou Laerskool Staats) in Klis­serville begin om die druk te verlig. Tweeskole het dus uit die Laerskool Dutoitspanontstaan. Die bestaande gebou was egtersteeds ontoereikend. In 1969 is begin metdie bou van ’n nuwe skoolgebou. Dié ge­bou, opgerig teen R480 000, is in 1972 inge­wy. Dit was die eerste laerskool in Kimber­ley met sy eie biblioteek.

Foto: Emile Hendricks en Africana-biblioteek

Só het skoolontstaan

Karin Muller

VAN tyd tot tyd kruis jou padiemand anders s’n op presies dieregte oomblik.Sonder dat dit voor die tyd so

beplan is en sonder enigewaarskuwing.Slegs deur ’n sameloop van

omstandighede ontmoet jullemekaar op ’n unieke manier. Op ’n uniekeoomblik. So ’n ontmoeting het ons verledeweek op ’n plaas buite De Aar ervaar.Onverwags. Vreemd. Onseker.Wat oorspronklik 20 minute in werkver-

band met een persoon sou wees, het gelei tot’n ontmoeting en samesyn van mense wat ’nhalfuur vantevore nie van mekaar sebestaan bewus was nie.Ons word ná die gesprek vir middagete

genooi en geen teëkanting word aanvaar nie.Ek staan stil in die reuse-oopplankombuis engesinsvertrek rond en wil graag help met diedek van die tafel waarvoor daar reeds meeras genoeg hande is.Die geskarrel en oor-en-weer beduie na

waar nog sopkommetjies en lepels gebêre is,

laat my ingedagte glimlag.Ek besef dat ek as buitestan-

der-dog-betrokkene, vreemde-ling-dog-vriend aan hierdieruim tafel gaan aansit.Met ’n heerlike pot heilsame

sop, port, tuisgebakte brode enblokkies ingevoerde sjokoladeis daar ’n gevoel van sameho-righeid aan tafel.

Daar word geëet. Daar word gelag. Daarword beduie. Daar word staaltjies uit dielewe van unieke mense vertel. Dit voelamper soos ou vriende met wie jy ’n tydlank nie gekommunikeer het nie. ’n Knuswarmte wat in jou hart kom nesskop. ’nOntspanne rustigheid. ’n Soort veiligheid.Wanneer ons uiteindelik die lang pad

terug Kimberley toe moet aandurf, sou onsuitvind dat ons motor intussen ’n pap bandopgedoen het.En wanneer ons nuutgevonde vriend fluks

die motorband namens ons ruil, hoop ekheimlik ons pad kruis vorentoe weer – al isdit net om hulle weer te bedank vir hulbesondere gasvryheid en ’n inspirerendedag.

Vreemdeswat vriendeword

Die Griekwas vegterug ná terugslag

Page 5: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 5

Page 6: Noordkaapnk 20140730

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

VRYDAG om 18:30 vir 19:00 biedKansa ’n skouspel in die TabernaDei Diamantstad aan.

Toegang vir volwassenes is R50en R30 vir leerlinge. Vir meer

inligting bel Adri Basson by082-305-7878. Kaartjies is byKansa-kantore en Dream Blindsen kunstenaars te koop. Dieprojek is ten bate van Kansa.

ACACIAPARK biedop 16 Augustus ’nvroueoggend metManuel Escorcioas gaskunstenaaraan.

Daar word ook ’nsjampanje-ontbytbedien.

Die drag vir diegeleentheid isformeel.

Kaartjies kosR120 per persoonen is by Acacia-park of die Anni-que-skoonheidsalonte koop. ’n Praatjiedeur Corné Wiidvan Annique wordaangebied. Daar isook geskenke engelukstrekkings.

Die geleentheidsal om 09:30 vir10:00 begin.

Kansa bied skouspel aan Oggendnet virvrouegehou

Page 7: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 7

YOUR NO. 1 DESTINATION FOR ALLYOUR FAVOURITE NETWORKS

Valid until 06 August 2014. Terms and conditions apply.

OPTIONAL INSURANCE @ R95PM INCLUDES 500MB DATA PM

R279 R199

Samsung Galaxy S4 Mini

from only

R279PMx24

Apple iPad Mini 16GB Wi-Fi

+ Huawei E5220 MiFi Router

from only

R199PMx24

52664/MortimerHarvey/E

You’ve got the tablet or the modem – now get the data (SIM ONLY).

R39*PMx24

*Also available on Top Up

R39PMx24

R39PMx24

R69*PMx24

*Also available on Top Up

R69PMx24

R69PMx24+ 2GB Midnight DATA

R99*PMx24

*Also available on Top Up

R99PMx24

R99PMx24+ 3GB Midnight DATA

500MB 1GB 2GB

Router

+

Unique Jacobs

“OUR aim is to improve Maths and Scienceat school and university level.”

These are the hopes of three universitystudents from Kimberley who prefer to usetheir time doing something positive.

Moonga Sichimwi, Alvin Bezuidenhout and

Prinsloo Legoshe are all 20-year-old studentsstudying Physics and Civil Engineering atthe University of the Free State (UFS),University of Pretoria (UP) and Central

University of Technology (CUT) respectively.Almost a month ago they decided to start a

tutoring business to help struggling matricu-lants and university students make sense of

Mathematics, Physics and Engineeringsubjects.

In their free time these youngsters eitherparticipate in sports such as hockey, cricketand chess, or they spend their time readingand socializing.

Interested students can contact them on074-585-5145 or at [email protected].

Brainy trio help students

THREE universitystudents who usetheir time tutoringMathematics, Phy­sics and Enginee­ring subjects. Fromthe left are AlvinoBezuidenhout,Moonga Sichimwiand Prinsloo Logo­she.

Page 8: Noordkaapnk 20140730

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

FOKUS OP LANDBOUWEG

LIUGONG is in 1952onder Javanti Tra-ding gestig.

Dié onderneming issedert 2011 in Land-bouweg, maar be-staan al sedert 2001.LiuGong verkoop nu-we grondverskui-wingstoerusting en-onderdele en versiendit. Hy verhandel ookgebruiktemasjiene enversien masjiene vanLiuGong-kliënte indie omgewing.

LiuGong is die wê-reld se grootste ver-vaardiger van wheelloaders en verkoopmasjiene aan delwersin die omgewing. Se-dert die begin vanMeihet hy al meer as 25masjieneverkoop.Dieeienaars is Jacquesvan Tonder en JuaanMyburgh.

Saak boervooruit

SONDRE-GAS spog met die titel as dieenigste verskaffer van Shell-smeermiddelsin die Noord-Kaap.

Sondre-gas het hom in 2009 in Landbou-weg gevestig en verskaf al sedert 2001Shell-smeermiddels en alle produkte wat

Shell bied. Klante kan ook gasbottels hierhervul en die onderneming verhuurvurkhysers en bied vervoerdienste aan.

Daar is 12 werknemers van wie Groene-wald Steyn die eienaar is en DawieBoshoff die bestuurder.

Verskeidenheid hier te kry

SONDRE­GAS is die enigste verskaffer van al Shell se smeermiddels in die Noord­Kaap.Van links is, voor: Groenewald Steyn (eienaar) en Adriaan Steyn; agter: Waldi Steyn enDawie Boshoff (bestuurder). Foto: Lecrecia Prins

KIMTHATCHERS lewer al 15 jaar ’n diens indie Noord­Kaap en Vrystaat. Danie Meijersis die bestuurder en eienaar. Kimthatchersvervaardig tuinornamente en sit ook gras­dakke by lapas en lodges op. Hy is ook diegrootste paaldepot in die Noord­Kaap. Kim­thatchers sit ook grasdakke oor die landheen op. Hendry Boekhouer (links) is die be­stuurder van die perseel in Landbouweg enHenk Boekhouer is sy assistent.

Foto: Lecrecia Prins

Lewer gehalte-diens

Page 9: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 9

FOKUS OP LANDBOUWEG

WHETHER you’re a first-time builder, aseasoned contractor, or just looking atrenovating your home or building,Bricktile Magic’s specialist team canadvise you on all aspects of yourbricktile application project fromarchitectural planning, building materi-als and quantity estimation. For archi-tects, developers and interior designersthe knowledgeable team can advise on

architectural designs that require themost absolute attention to detail. Theyprovide a spot-on cost structure for yourBricktile Magic application project.They offer a complete bricktile mat-

ching service which allows you to selectthe right specification and appearance tocoordinate with the building structureyou have in mind. They are situated inLandbou Road, Kimberley.

Your tiling needs sorted

ARCY DIESEL in Landbouweg is ’nolie-depot en verkoop sedert 2001 ookdiesel.Diesel (500 ppm en 50 ppm) word teen

afslagpryse aan die publiek gebied. Hullehet ook gewone sleepwaens, bees-sleepwa-ens en wild-sleepwaens wat verhuur word.Die eienaars is Louw de Klerk en Larry

Schoeman.Op dieselfde perseel is ook Sizwe Strong,

wat tralies vir bakkies, hekke en selfsjagstoele maak.Hul sake-ure is Maandae tot Vrydae van

06:00 tot 19:00, Saterdae van 07:00 tot 17:00en Sondae en openbare vakansiedae van08:00 tot 13:00.

Diesel hiér te koopARCY DIESEL se depot in Landbouweg, Kimberley. Foto: Verskaf

Page 10: Noordkaapnk 20140730

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

FOKUS OP LANDBOUWEG

EAGLE TRANSPORT andself-storage was establishedin 1998 as a small furnituredelivery service and hasgrown into a competitivefurniture removal companyin Landbou Avenue, Kimber-ley.

In 2007 they added self-storage facilities to theirrange of services.

With all their localremovals, regardless of size,a package will be tailored to

your specific needs. Special-ised advice will be given tomove the most cost-effectiveway without compromisingthe safe moving of yourvaluables.

Although they are based inKimberley, they do nationalremovals, regardless of size.

They are also able toexpertly plan and organisean office removal with theleast disruption to officetime.

GWK-VEILINGS is ’n kommersiële vei-lingsbesigheid wat op die uitbreiding vandie kopersmark vir lewendehaweprodusen-te fokus.

Veilings word weekliks by GWK seveilinggeriewe aangebied.

Elke Dinsdag om 10:00 vind die veilingvan kleinvee plaas en om 12:00 wordgrootvee opgeveil.

GWK is betrokke by vee-, stoetery- enwildveilings.

Veeverkryging en die fasilitering vantransaksies tussen produsente is ook deelvan die dienste wat deur die maatskappyaangebied word.

Deon Klopper is GWK-veilings seveilingbestuurder in Kimberley.

Transport tailoredto your needs

Lewende hawehier opgeveil

Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.

Page 11: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 11

Page 12: Noordkaapnk 20140730

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Page 13: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 13

OPEL het die wêreld gewys hoe sy nuweCorsa gaan lyk. Foto’s van die nuweling isbekend gemaak voor dié model se ampteli-ke wêreldbekendstelling in Oktober opParys se motorskou.Die vyfdegeslag-Corsa sal einde vanjaar

in Europa beskikbaar wees, maar behoorteers vroeg volgende jaar na Suid-Afrika tekom.Sedert die eerste Corsa meer as twee

dekades gelede die lig as gewilde stadsmo-tortjie gesien het, het hy stelselmatig grotergeword.Wat die groter Corsa betref: Hy sal steeds

as ’n vyfdeurvoertuig te kry wees. Dienuweling se neus strek skerp na onder,terwyl die voorruit lekker skuins agtertoeleun. Dit gee hom ’n vaartbelynde profiel.Die sierrooster is diep en breed en het ’n“glimlag”-voorkoms, amper soos die Mazdasvan ’n paar jaar gelede.Opel het die nuwe Corsa op ’n nuwe

onderstel gebou wat volgens hom stewigeras die bestaande model s’n is.Die groot nuus is die opknapping aan die

enjinreeks wat Opel in die nuwe Corsagaan bekend stel. Die bestaande 1,2- en1,4-liter- enjins, wat normaal geaspireer is,sal weer oorsee ingespan word, maar Opelsê hy het intussen aan die enjins gewerkom hulle skoner te laat brand en beterverbruik te bied. ’n Bekende kragbron, die1,4-liter-turbo (73 kW, 200 Nm), sal weer syverskyning in die Corsa-reeks maak.Nog ’n nuutjie is die groep se 1,0-liter-

Ecotec, ’n driesilinder-enjin wat in dievoetspore van Ford, Fiat, Volkswagen enRenault se soortgelyke enjins volg.Almal gebruik ’n turbo-aanjaer om met

woema te help, maar oorsee sal ’n menstussen ’n makker (66 kW) en ’n frisser(85 kW) weergawe kan kies. Wringkrag is inalbei gevalle 170 Nm.Opel het nog nie die amptelike verbruik-

syfers bekend gemaak nie, maar op papiervergelyk die enjin heel goed met dié van symededingers.Opel gaan ook weer sy 1,3-liter-turbodie-

sel in die Corsa inspan, maar sê dié enjinis opgeknap om ook suiniger verbruik enskoner uitlaatgasse te lewer.Vir ratskakeling sal een van twee nuwe

stelsels gebruik word – ’n sesgang-handrat-kas of ’n sesgang- outomatiese ratkas.In nog ’n poging om jonger kopers te lok

is die binneruim modern afgewerk. Op diepaneel is ’n groot raakskerm waarop jy diesatnav, lugversorging, radio en ritrekenaarkan beheer.Die stelsel sal koordloos met ’n slimfoon

verbind kan word.Opel gaan verskeie apps bekend stel wat

jy kan aflaai om ekstra inligting uit joumotor te haal. Wanneer jou foon gekoppelis, sal jy ook jou musieklêers en adressemet stem-opdragte kan beheer soos om ’nliedjie te speel of iemand te bel.Die Corsa sal voortaan ook ’n skakelaar

hê wat jou stuuraksie gemakliker maakwanneer jy moet parkeer.

Opel wys sy nuweling

OPEL se nuwe Corsa word in Oktober in Parys gewys. Hy kom vroeg volgende jaar naSuid­Afrika. ’n Nuwe eenliter­turbo sal deel van die modelreeks wees. Foto: Verskaf

Page 14: Noordkaapnk 20140730

14 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

CONSOLIDATION:Loan online.Up to R23 000.Low credit score is [email protected]

TE KOOP

ALLERLEI

1655

AANDAG ALLE BOERE:Ek verkoop immergroenRussiese gras en is opsoek na skape, bokke en oubakkies te koop vir kon-tant. 072 604 5219www.russiangrass.co.za

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE.TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. 082 388 0307of 053 832 9194.

EIENDOMME

TUINWOONSTELLE

TE HUUR

3265

BELGRAVIA: Sit-/slaap-kamer, kombuis, badkamervir enkellopende.Ongemeubileerd.Koopkrag, R2 500 p.m.Skakel na 17:00.053 832 6378.

Elsona Steyn

Ons almal weet dievere maak nie dievoël nie, maar aan ’nmens se naam wordjy geken. Ek isgedoop Elsie SophiaJohanna, mynoemnaam is Elsona,vir my kollegas is ek Steyntjie en vir mykinders is ek Buksie en my troetelnaam isBilly Boy.

Byname is nie nuut in die Afrikaansetaalgebruik nie. Die gee van byname is ’nskeppende tradisie, veral op die platteland.

Nou verwys ek nie na Scalla van Schalk-wyk, Bossie Boshoff, Jorrie Jordaan of WollieWolmarans nie. ’n Tipiese bynaam sou weesJan Bloubaadjie (hy was ’n verkeersbeampte)of Shoes van Rooyen (met verwysing na synr. 12-voete).

In rugbykringe is byname volop. Jy sal niesommer skoor soek met ’n Os du Randt,Vleis Visagie, Bees Roux of Ghriespomp vander Merwe nie, want hul name vertel jou diemanne is groot én sterk.

Arme Anna Susanna Hendriena Christina(alias Annatjie) moes op skool baie spotverduur en het sy, wanneer haar naamuitgeroep is, sommer hier by die Susanna alvorentoe getree.

In ons familie is byname wat die lagspiereprikkel of die wenkbroue laat lig. BontstokMinnaar se rooi hare en sproete het hom sybynaam gegee. Daar is ook Boebsa (Heleen),Wikkie (oom Willie) en Kootjie (Kobus).

Selfs diere word nie gespaar nie. ’ngrootvoet-great dane af in ons straat heetTekkies, die chows ’n bietjie verder af isWhiskey en Champagne en die foksterriërwat duidelik sy blaf ken, is Keffer.

Onderwysers is ook sagte en gewildeteikens vir die gee van byname. Pinocchiowas ons rekeningkunde-meneer. Hy het sooor sy neus gevryf asof hy ons met diégebaar wou waarsku. Clutchkop Marais wasmy gunsteling, maar ek kon nooit verstaanwaar hy aan sy bynaam gekom het nie, wantmet dié oulike onnie se kop het daar niksgeskort nie. Peet Bal het die eerste rugby-span afgerig – hy het sy bynaam gelateaanvaar en dikwels met homself gespot.

Wat my soms dronkslaan, is die lief-des(by)naampies wat vir mekaar gegee word.Ek wil asseblief niemand se Parra, Gogga,Varkie of Pokkel wees nie. Noem my danmaar liewer Mevrou.

Wat is in’n naam?

Karin Muller

SOOS ek by dievoetoorgang wag,sien ek tweeseuntjies wat nabydie verkeerslig opdie grootstormwaterpyp sit.Die oudste een isseker om en by sewe en die boetie twee ofdrie jaar jonger.

Die ouboet het my volle aandag. Hy sitkruisbeen en hou ’n reghoekige kartondosiespringmielies op sy skoot. Die springmielieswat mens net koop as jy ’n fliek gaan kyk.Met sy klein vingertjies grawe hy diep indie kartonhouer. Hy krap op die bodemrond. Dan draai hy die springmielieboksieeffens skeef en beloer die inhoud wat nouskraps raak. Hy lek sy vingerpunt nat, drukdit weer in die houer en bring een stukkiegebreekte springmielie te voorskyn. Hy sitdit in sy mond en maak sy oë vir ’noomblik toe. Sy gesigsuitdrukking vertelalles. Dit is asof dit die heel eerste warm,sagte, vars springmielie is wat hy eet.

Hy maak sy oë oop en draai die boksiekloksgewys in die rondte. Met sy vingervolg hy die opskrifte op die karton. Al indie rondte. Dan draai hy dit anti-kloksge-wys en volg weer noukeurig met sywysvinger die letters terug tot by diebeginpunt. Hy steek weer sy handjie totonder en begin rondvroetel na nog ’nstukkie gebreekte springmielie. Sorgvuldigstoot hy die pitte in een hoek en kry diestukkie springmielie waarna hy op soekwas. Hy sit dit versigtig in sy mond.

My motor se neus kies koers huis se kanttoe, terwyl ek oor die afgelope paar minutenadink. Oor die algemeen dink ek onsprobeer hard om dankbaar te wees vir ditwat ons het. As jy die dag waardering kanhê vir die laaste gebreekte springmieliestussen die pitte, dán is jy ’n dankbare mensen dít is ons beslis nie.

Waardeerdit wat jy het

Page 15: Noordkaapnk 20140730

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 15

Page 16: Noordkaapnk 20140730

16 NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

RIKUS ZWART (met bal) van die Hoërskool Noord­Kaap is in diegroep van 55 Cravenweekspelers ingesluit wat aan die Suid­Afri­kaanse skoleproefwedstryde deelgeneem het. Dié proewe is op 26Julie in Kemptonpark gehouwaarna ’n groep van 28 spelers aange­wys sou word. Die finale span was teen druktyd nog nie bekendnie. Foto: Verskaf

OP die nasionalenetbalkampioen­skappe wat die va­kansie plaasgevindhet, is Jessica duPlessis (met bal) vandie HoërskoolNoordkaap in dieSuid­Afrikaanseo.17­span ingesluit.Die span toer inSeptember na Por­tugal. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Diamantveld seo.14­netbalspan het die derdeplekopdieCoca­Cola­toernooiin Potchefstroom behaal. Dietellings was soos volg: KlopWaterkloof 21­12, klop PotchGim 15­13, klop Piet Potgieter20­4, klop Nelspruit 16­8, ver­loor teen Ben Vorster 12­14 enklop Rustenburg 14­11. Vanlinks is, voor: Karla van Heer­den, Beàtha Groenewald, Tha­rien van der Walt en Moniquevan der Westhuizen; agter:Mari­Nel Roets, Janneke Pie­naar, Beate Stemmet (afrig­ter), Rochelle van Zijl, DedréBotes, Micke Engelbrecht enEsmarie Posthumus.Foto: Verskaf

DRIE van die HoërskoolNoord­Kaap se netbalspannehet as die nommereen­spanin hul ouderdomsgroepe ge­eindig en verteenwoordig dieprovinsie op die Suid­Afri­kaanse skole­netbalkampi­oenskappe wat Vrydag enSaterdag in Boksburg plaas­gevind het. Die o.18­span isvan links, voor: Ellen Kotze,Eliz­Mari Havenga, JomariMyburgh (kaptein) en CeciliaFiedler; agter: Elsje van derMerwe (afrigter), Janel Ma­rais, Joy Morkel (onderkap­tein), San­Mari de Jager, Jes­sica du Plessis en Magda My­burgh (afrigter). Afwesig isBenita Kruger (afrigter).

DIE Suid­Afrikaanseo.19­pluimbaltoernooihet die vakansie inBloemfontein plaasge­vind. Die leerlinge watdeel van die Noord­Kaapspan was, is vanlinks, voor: Corni Coet­zee, Juanique Botha,Chanel Williams enCarmen Haasbroek;agter: Pieter Brand,Pieter Hattingh (kap­tein) en Anrich Ebing.Pieter Hattingh en Jua­niqueBotha het die ge­mengde plaatdubbelsgewen. Foto: Verskaf

ALTESAAM 11 o.15­rugbyspelers van die Hoër­skool Diamantveld het in die vakansie vir die Kim­berley­o.15­rugbyspan aan die Griekwa­streek­toernooi deelgeneem. Die span het die toernooigewen. In al drie wedstryde is Diamantveld­spe­lers as speler van die wedstryd aangewys. Dag1: Kimberley o.15 klop Kimberley­uitnodiging­span 48­3; speler van die wedstryd: Charles Willi­ams. Dag 2: halfeindstryd, Kimberley o.15 klopPixley 55­0, speler van die wedstryd: Renier vanZyl. Dag 3: eindstryd, Kimberley o.15 klop VanDruten 43­0, man van die wedstryd: JJ van Zyl.Van links is Charles Williams, Renier van Zyl enJJ van Zyl

Verdien pluimpie